Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Nitzavim / Jy Staan hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 61, 76, 146;

Deuteronomium 29:9-30:20;

Jesaja 61:10–63:9;

Romeine 10:1–21;



Profesie 61
Profesie 76
Profesie 146

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


20 Sept, 2025



Profesie 61 Waar Is Al MY Heilige Manne Wat Hulle Heilige Hande Ophef Na MY, YAHUVEH!

11 September 2002, 11:45 vm, Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Ek is wakker. Ek is besig om wakker te word op die 11de September. Vader het met my gepraat terwyl ek nog geslaap het. HY het my wakker gemaak met hierdie woorde. En nou, nou op hierdie oomblik, selfs terwyl my oë nog toe is, gaan ek nou in-tree vir hierdie land op die 11de September. Ek sal die woorde voortspreek wat HY wil hê ek moet sê. [Begin praat soos met die uitlegging van tale.]

*******

[Elisheva], EK gee jou hierdie verantwoordelikheid om hierdie woorde voort te spreek nou. Dat hierdie Bediening nou hierdie waarskuwing gaan voortspreek. Selfs terwyl [Elisheva} geslaap het, het EK met haar gepraat om vir haar te sê wat om te sê, selfs terwyl haar vlees nou steeds begeer om te slaap. Selfs terwyl haar oë nog toe is, spreek EK hierdie woorde voort. Dit is 11 September 2002. En terwyl EK oor die mensdom kyk om te sien wat hulle gedoen het met hulle beskore tyd, die ekstra tyd wat EK die aarde gegee het, wat is dit wat EK sien? Wat is dit wat MY oë aanskou? Want EK beantwoord die gebede van die regvergdiges wat uitroep in MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, MY Seun. Hulle roep na MY en sê, "Gee ons meer tyd om die verlore siele te bereik" en so het EK dit gedoen.

Dit is wat MY oë aanskou. Mans wat by mans lê, vrouens wat by vrouens lê, babas vermoor in die baarmoeders, die mens geneig om boser te wees elke dag. Dit is geensins anders as in die dae van Noag toe EK die aarde vernietig het nie. Maar EK het die regverdiges gespaar, die gehoorsames, Noag en sy familie. So weereens sê EK en EK waarsku. EK sal alleenlik die regverdiges spaar. Van 11 September 2001 word daar gepraat regoor die wêreld, maar net oor die tragedie, net oor die verwoesting. Hoe min gee MY die Eer, want EK het lewens gered wat nie eers redding verdien nie. Maar in plaas daarvan om hierdie dag te gedenk om aan MY Heerlikheid te bring vir al die wonderwerke wat EK gedoen het, hoor EK eerder hoe MY Naam beswadder word, "Hoe kon God dit gedoen het?"

Selfs MY eie predikers wat MY Woorde spreek praat asof EK geen reg gehad het om oordeel oor hierdie aarde te bring nie. EK is die Skepper. Julle vergeet julle is die skepsels, en daarom is EK bedroef op hierdie dag terwyl EK dit hoor keer-op-keer. Vergeet julle wie is die regter van die ganse skepping? Van wanneer af moet die skepsels die Skepper oordeel? EK kyk na die woord "huwelik". EK sien wat dit vir julle verteenwoordig. EK het Adam en Eva geskape. Waarom trou mense van dieselfde geslag dan? Alles wat EK gesê het ‘n gruwel is, hoekom verhef hierdie aarde dit nou? Asof in trots neem hulle die sondes van hierdie aarde en gooi dit in MY gesig en waag dit nou om te sê, "Ons is die skeppers, ons sal ‘n nuwe mense-ras skep."

Waar is al MY Heilige manne wat hulle heilige hande ophef na MY? Hoekom is hulle nie die geestelike hoofde van die huishoudings nie? Hoekom regeer die vrouens die huwelike? Hoekom is die mans ineengekrimp in die hoeke? Weereens moet EK die Deborahs regoor hierdie wêreld oprig om die werk te doen wat die mans veronderstel is om te doen. Dit is die vrouens wat MY Woord ken, nie almal nie, maar in so baie gevalle is dit die vrouens wat sê, "Hierdie is die ware Sabbat dag, ons sal dit eerbiedig." Dit is die vrouens wat die kinders neem en hulle geestelik grootmaak en dan wonder julle hoekom ‘n huis wat verdeeld is val. Julle wonder hoekom die oortredings van die jeug styg, julle wonder hoekom julle skole ‘n plek is wat selfs die mees geharde krimineel sou vrees. Julle wonder hoekom die kinders die ouers regeer. Dit is omdat julle MY stemme nie wil hoor nie. MY stem wil julle nie hoor nie.

MY Goeie Boek word verwys na as net nog ‘n boek. Die Wette word verwys na as oudtyds. EK neem waar vandag, wat doen MY kinders met die nuwe kennis wat hulle nie voorheen gehad het nie. Want julle word aanspreeklik gehou vir wat julle weet. As julle nie geweet het hierdie Heilge Feeste is Heilige Dae vir MY nie, dan was julle nie aanspreeklik gehou nie. Maar EK wys nou vir julle hoe hierdie Hoogs- Heilige Dae, hoe die Heilige Fees Dae goed genoeg was vir MY Seun, YAHUSHUA, om te vier. Hoeveel te meer behoort julle hulle te hou.

MY Seun YAHUSHUA is die Here van die Sabbat, die Here van die Shabbat, selfs al ken julle die regte dag, vul hoeveel van julle steeds die kerke op ‘n Sondag? Julle predikers gaan aanspreeklik gehou word, keer-op-keer het EK gesê, "Julle eer die mens se Sabbat en stoot MY ware Sabbat opsy." Dit is goed genoeg vir die Skepper, maar die skepsels dink hulle het ‘n uitnemender weg.

So op hierdie dag van 11 September kyk EK oor die aarde en as dit nie was vir die gebede van die regverdiges wat baie vermag het nie, sou verwoesting na die aarde toe gekom het hierdie dag. Maar in plaas daarvan het EK vir julle meer beskore tyd gegee, alhoewel EK MY ware kinders hoor sê, "O kom YAHUSHUA, kom vinnig, vandag." Hierdie aarde is uiters vasbeslote, selfs die aarde sidder en bewe in vrees, want die aarde weet die regter van die ganse skepping gaan hierdie aarde oordeel en gaan vinnig verskyn. Julle waters is besoedel as gevolg van mensgemaakte sonde, julle wis diere spesies uit omdat julle net eenvoudig wil moor of omdat julle hul habitat wil uitwis vir julle eie dwase doelstellings. Maar EK het elke spesie in die Hemel bewaar, spesies wat hierdie aarde nie meer sien nie en MY Kinders wie se tuiste in die Hemel sal wees, wees verseker, hierdie spesies word vir julle bewaar.

EK het julle lief MY geliefde kinders, diegene wat nou nie bang is om alles te doen wat EK sê nie, diegene wat die Heilige Dae respekteer, diegene wat uitroep en verlang na YAHUSHUA om te kom. Hulle roep soos die vyf (5) wyse maagde. Hulle het die olie in hulle lampies terwyl hulle wag en hulle het ook ekstra olie boonop want hulle weet nie watter uur of watter dag nie. Hulle weet HY [YAHUSHUA] sal terugkeer op ‘n Shabbat, maar watter Shabbat? EK het vir hierdie diensmaagd gesê dit sal op ‘n Rosh Ha Shanah wees en sal een (1) koms sal wees, maar watter Rosh Ha Shanah?

MY woord sê HY kom in die middernag uur maar watter middernag uur? So, terwyl MY geliefdes probeer bereken watter uur MY Seun sal kom, MY dierbares, hierdie is dwaasheid. In plaas daarvan werk net vir MY en vertoef, hou julle lampe verlig, werk om die enigste skat te bring wanneer jy die aarde verlaat. Want niemand gaan weet nie, soos ‘n dief verskyn in die nag, so sal die Liefde van jou lewe. Maar sal HY jou vind sonder vlek of kreukel?

Want vroue-gades julle simboliseer die Bruid, manlike-gades julle simboliseer die Bruidegom. Dit is hoe julle sal weet as julle behaaglik is vir MY. Die vroue wat goddelike mans het, wat uitroep in YAHUSHUA se Naam wat alles doen wat hulle kan om MY en MY Woord te gehoorsaam. EK vra julle dit, “Doen julle alles wat julle kan om gehoorsaam te wees aan daardie gelowige man?” EK vra hierdie vir die mans wat die Bruidegom simboliseer, “Doen julle alles wat jul kan om haar lief te hê en te beskerm, om die kop te wees en nie die stert nie? Verdien julle hul respek dat sy begeer om aan jou gehoorsaam te wees op die manier wat die Bruid van YAHUSHUA aan HOM gehoorsaam behoort te wees? Bid jy saam met jou familie? Is jy op jou knieë saam met jou vrou? Hou jy haar hand vas wanneer jy bid? Seën jy jou kinders? Hou jy MY Heilige Dae? Eer jy MY op die ware Sabbat, of het julle maar net julle plesiertjies en julle manier? Is jy ‘n voorbeeld van die goddelikheid?”

Hierdie is vrae wat EK julle vra hierdie dag. Staan julle op vir heiligheid en geregtigheid of soek julle vir pornografie op die internet? Dink julle julle sonde is weggesteek in die geheim selfs diegene wat agter kansel staan? Is jy waardig vir die respek van die woord ‘manlike eggenoot’ want jy staan vir die Bruidegom wat kom? MY Seun regeer met liefde en barmhartigheid. Dink julle julle gaan jul huishouding regeer met niks anders as brute krag nie? Bekeer vandag, diegene wat hulself manlike eggenote noem, want so baie van julle is nie die respek waardig van julle vroue nie. Maar vir die mans wat‘n weerspieëling is van die spoedig komende Bruidegom, julle is daardie respek waardig en julle moet daarop aandring dat julle huishouding alles respekteer waarvoor julle staan. En hulle sal jou liefhê en hulle sal jou eer en hulle sal begeer om te gehoorsaam net so seker as die Bruid van YAHUSHUA begeer om te gehoorsaam.

So in plaas daarvan, om op hierdie 11de September, om julle Skepper te beskuldig of te luister na diegene wat julle Skepper beskuldig, laat sak julle koppe in skaamte, want die geskape een wat EK gevorm het uit stof, net ‘n grondklont in‘n hand, en EK het daarin geblaas en die mens geskape, het geen reg of plek om die Almagtige God YAHUVEH, die Skepper, te oordeel nie. Oordeel gaan weer neerreën. Oordeel het reeds begin. Eerstens het dit begin by die Huis van die Here, diegene wat genoem word by YAHUSHUA se Naam, en as EK nie MY eie huis spaar nie, hoeveel te meer sal EK die heidene oordeel vir die stank van hulle sondes.

So het EK gespreek hierdie dag tot hierdie diensmaagd, en sy het MY gehoorsaam en gee nou vir julle hierdie woorde op 11 September 2002, so is dit gespreek, so sal dit geskryf word. Hoeveel van julle sal MY toelaat om julle kleed vlekloos en wit te kry voor EK MY Seun stuur. Watter Bruid sal in haar trougewaad staan oortrek met vlekke en kolle? Vra julself hierdie vrae af wanneer julle MY Seun smeek om te kom. Sal jy gereed gevind word? Is jou bruids-kleed rein en skoon? Is daar genoeg olie in jou lamp om aan te hou wag op HOM [YAHUSHUA]? Of sal jy wees soos die vyf (5) huilende en weeklaende dwase maagde wie se olie opraak in hul lampies, wat moeg word van die gewag? Wees nou gereed my Kinders want die middernag uur is laat!

* * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH Ha KODESH, op 11 September 2002, begin 11:45 vm. en geëindig 12:13 nm.

Ek bring hierdie soos dit aan my gegee was en ek lê dit nederig aan julle voor, en ek bid net dat diegene met ore sal luister.

Apostel Elisheva Eliyahu



Profesie 76 Geliefde Bruid van YAHUSHUA, Staan Op en Maak Julle Self Gereed want Julle Bruidegom Kom!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 12 September 2004

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUSHUA Het My Vertel Om Vir Die Hele Bruid Te Sê,

“Gelukkige Rosh Hashanah!”

Dit is ‘n geskenk van HOM aan SY Bruid,

gegee 3 dae voor Rosh Hashanah.

Deel asseblief met die, wie julle weet, YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet. Stuur dit asseblief presies net soos dit vir my gegee was. Ek besef dat dit 'n lang Woord is, maar dit is definitief jou tyd werd. In omtrent elke paragraaf is daar Sterk Geestelike vleis, nie bedoel vir die wat geestelik Swak is nie. Ek het saam met julle geleer, soos YAHUSHUA hierdie woorde met my gepraat het. Tyd tussen 10:30 vm. en 12:00 nm.

* * * * * * *

GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA, STAAN OP EN MAAK JULLE SELF GEREED, WANT JULLE BRUIDEGOM KOM!

O, MY geliefde “Ringmaiden”, jy roep uit na MY en sê, "Wie is ek om so 'n boodskap vry te stel, ek voel nie eers waardig om hierdie eer te hê nie. Wie sal glo dat hierdie boodskap van die Hemel Gestuur was?" Maar EK sê nou vir jou, MY geliefde, dit is nie of jy jouself waardig ag om hierdie boodskap vir die hele Bruid voort te spreek nie. Die enigste ding wat saak maak is dat EK jou waardig geag het, en jou opinie van jouself of wat ander sê, is van geen belang nie, net dat jy gehoorsaam is en skryf en voortspreek, wat EK jou vertel om te sê. Moenie MY op enige manier wysig nie. In die baie jare wat jy MY gedien het, het jy die angel van die Godsdienstige demone gevoel, hoe hulle jou beskinder het met woorde en dade. Maar hierdie nuwe woord sal die demoon van "Jezebel" ontbloot, binne in die wat hulleself Heilig hou en tog geen heiligheid in hulle het nie. Hulle sal jou aanval, en tog sal EK, YAHUSHUA jou beskerm, want jy is MYNE.

Net soos Elia van Ouds, beskerm was teen "Jezebel" en Ahab, net so sal jy, so sal ALMAL van die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH beskerm word. Nou is die tyd dat die "Shield Maidens" na vore kom en jou omhul in hulle gebede, liefde en ondersteuning, omdat hulle ook op dieselfde tyd aangeval sal word, wanneer hulle na vore sal tree en in geloof sal kom en jou kontak. EK gee hulle nou die volmag: Die wie agterkom dat hulle die Bruid van YAHUSHUA is, KOM NA VORE en vergader saam met hierdie “Ringmaiden” deur wie EK hierdie woord vrystel. Bedek haar met julle intersessor gebede, bemoedigende woorde en hulp, en kom saam sodat sy julle kan bemoedig en koester en ondersteun teen die aanvalle van die vyand van jou verstand, liggaam, gees en siel. Hier is 'n geheim: Net soos EK 'n Bruid het, so het satan ook een. En wanneer die Heilige Goue Arende vergader, net so sal die aasvoëls vergader.

Bruid van YAHUSHUA, julle het mekaar nodig, omdat julle vyande groot in getal is. Baie jare gelede het EK hierdie Diensmaagd 'n boodskap in twee drome gegee, na mekaar "Maak die troepe op die muur bymekaar." Dit is nou daardie aangeduide tyd; moenie julle dag van besoek met mekaar mis nie. Nou Elisabeth [Elisheva], wees dapper soos Elia van Ouds [In Hebreeus, Eliyahu] en spreek die woorde voort wat EK jou beveel om te skryf en te spreek, en moenie jou bekommer oor die met geeste soos ’n "Jezebel" en Ahab nie. Maar nou sal die wat jou aanval omdat jy aan MY gehoorsaam is, dieselfde noodlot ly soos "Jezebel" en Ahab en die profete van Baäl, want die wie jou aanval, val ook die EEN aan wat jou salf om voort te spreek. Pasop, julle met die gees van die Fariseërs, voordat julle MY geliefde een aanval! Julle moet eerder julle eie harte ondersoek. Wie ookal nie met hierdie Profetiese Woord saamstem nie, neem dit na die Regter van alle Skeppings, want MY geliefde was net gehoorsaam. Hierdie is nie haar woorde nie, maar MYNE, en die met geestelike ore om te hoor en te luister, EK wil julle vra om haar te bemoedig en haar te laat weet.

Staan op Bruid van YAHUSHUA, net soos die 5 wyse maagde in die gelykenis wat EK gegee het in Mattheus 25:1-13 en maak julleself gereed, want julle komende BRUIDEGOM en MESSIAS, kom o so gou! Bid dat julle waardig geag sal word om die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH genoem te kan word. Moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie. Moenie opgepof raak van trots nie, omdat sommiges sal uitvind dat hulle die Gaste is en nie die Bruid nie, vir hierdie rede. So baie word gegee, baie meer word verwag.

EK, YAHUSHUA, is die GOEIE HERDER en MY Bruid sal nie na enige ander meester gaan nie. Net soos dit geskryf is, vertel EK MY geheime aan die Profete en so deel EK MY geheime nou met MY Geliefde Bruid en die Geëerde Gaste wat uitgenooi sal word na die Bruilofsmaal van die Lam. En net die wat dit sal bywoon, hulle name word gevind in die Lam se Boek van Lewe, wat ingeskryf was voor die grondlegging van hierdie wêreld.

Bestudeer en wys jouself waardig, terwyl julle mediteer oor hoekom Henog, Elia en Elisha van groot belang is. EK, YAHUSHUA, leer julle nou dat dit relevant is vir die Bruid van YAHUSHUA. EK spreek hierdie openbaring nou voort. Aanskou, dit is 'n nuwe ding. Die Book of Enoch (Henog) was nie ingesluit in die Boeke wat in die Bybel is nie en tog gee ek julle die mandaat om hierdie boek te vind en te bestudeer en toe te laat dat YAHUVEH julle die waarhede leer wat maar selde geleer word, want daar is boeke wat moes ingesluit gewees het in die Heilige Bybel en met opset uitgelaat was, omdat hulle te konfronterend sou wees. Nie almal wat die verlore boeke van die Bybel genoem word nie, maar sekeres. Julle moet onderskeiding gebruik watter boeke van die HEILIGE GEES en die Waarheid is, en watter mensgemaak is. Vra jouself, hoekom sou die Skepper 66 boeke in die Bybel sit, want dit is nie 'n heilige nommer nie. Ses is die nommer van 'n mens, 666 is die nommer wat geassosieer word met die antichris.

Dit spreek EK nou, aan die met Geestelike ore wat hoor en luister, al die ander sal doof bly en dit tart wat hulle nie verstaan nie. Voorwaar, EK sê vir julle, EK gee julle nou sterk geestelike vleis om te eet. Dit is nie bedoel vir die wat Geestelik Swak is nie! Elia van ouds was maar 'n skaduwee van die WEGNEMING VAN DIE BRUID VAN YAHUSHUA JULLE MESSIAS! Elia van ouds het geweet watter missie hy moet klaar maak en hy het geweet dat hy nie op daardie tyd sou doodgaan nie. Elia van ouds het geweet watter dag, uur en minuut, YAHUVEH die Strydwa van Vuur "Chariot of Fire" sou stuur om hom weg te neem na die Hemel. En Elia van ouds het voor die tyd geweet wie die eer sou hê om dit met sy eie oë te kon aanskou…en die man se naam was Elisha. Elia van ouds is na die Hemel geneem, met Hemelse Vervoer, en so sal die Bruid van YAHUSHUA Weggeneem word, wanneer EK YAHUSHUA persoonlik kom vir julle, MY GELIEFDE BRUID! (2 Konings 2:1-14)

Lees weer die Profesieë, dan sal julle sien dat EK al vir baie jare, Elisabeth, [Elisheva] MY "Elia van nuuts" noem. Ja, haar wettige naam is Elijah "Elia", maar dit is nie hoekom EK dit doen nie. Sy het nou onlangs die rede geleer, en dit is meer as om die twee weduwees van Sarfat na haar te stuur, om hulle te toets. En hulle weet dit nie, omdat hulle hongersnood nog nie gekom het nie, dit is nie net hierdie rede nie, soos dit gestel is in baie profesieë, waar EK deur haar gepraat het nie. EK het hoorbaar met haar gepraat op Pasga "Passover", 5 April (een dag na haar verjaarsdag), en haar vertel. Waar EK haar ontwaak het met woorde wat sy nie verstaan nie…en net deur hierdie boodskap, dit makliker verstaan…"Jy is MY Diensmaagd" ("You are MY RING MAIDEN")

Voorwaar, EK sê vir haar, en vir julle met geestelike ore om te hoor en te luister. EK YAHUSHUA noem haar "MY Elia "Elijah" van nuuts" en openbaar hierdie geheime openbaringe wat vir haar gegee is, direk vanaf die Hemel, om 'n seën te wees oor haar en die WARE BRUID VAN YAHUSHUA JULLE MESSIAS. Net soos Elia van ouds geweet het wanneer om YAHUVEH SE PERDE GEDREWE STRYDWA VAN VUUR te verwag, om hom weg te neem na die Hemel en hy die presiese tyd en dag geweet het en hy voorbereid was en Elisha vroeg genoeg gewaarsku het om na hom te kyk. Elia van ouds is die Skaduwee van dit wat sal gebeur met die Bruid, so hoekom sou EK enigsins iets minder doen vir die BRUID VAN YAHUSHUA?

EK sal eerste die Aarts Engel Migael stuur om te kom en die pad oop te maak vir die Engel Gabriël wat sal kom om haar te vertel. EK het haar vertel om te wag vir die geboorte van die aankondiging van die datum wanneer YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid. Dan sal een van haar opdragte wees, as MY Diensmaagd, om hierdie nuus regoor die wêreld te versprei aan al die Hoog Geagtes, genaamd DIE GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA! Geliefdes, vra julleself die vraag en lees weer Mattheus 25:6-7, en hoor dit nou met Heilige ore, omdat dit sê, "En middernag was daar 'n GEROEP: Daar kom die Bruidegom; gaan uit en gaan hom tegemoet!" "Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed." Voorwaar, EK sê vir julle, iemand was gekies om daardie boodskapper te wees, om die GEROEP te versprei, sodat die hele Bruid van YAHUSHUA dit sal hoor. En EK het hierdie Diensmaagd gekies om die eer te hê.

Wat YAHUVEH vir MY Moeder (Maria) gedoen het toe EK YAHUSHUA na die aarde toe gekom het, dit sal EK vir MY Bruid doen en die Engele na Elisabeth (Elisheva) stuur om aan te kondig dat die BRUIDEGOM SAL KOM! Maak julleself gereed en wag vir MY op hierdie datum, omdat EK sal kom en wegloop met MY BRUID! Weer sê EK vir julle, Elia van ouds was 'n skaduwee van MY BRUID WAT SAL WEGGENEEM WORD, en MY BRUID sal toegerus word met 'n nuwe uitstorting van salwing, soos nog nooit tevore gegee is nie, terwyl hulle op die aarde is, wat sal dien as 'n standaard teen die bose wat teen hulle sal kom. Almal van MY BRUID sal weet dat die boodskap waar is, omdat sommiges geweet het dat dit sal gebeur en gewag het vir die aankondiging om te kom na die 4 hoeke van die aarde, waar EK MY BRUID weggesteek het.

Die datum sal in die geheim gespreek word, en sy sal dit NET aan MY WARE BRUID vertel. Julle sal dit NOOIT êrens anders gepubliseer sien nie, behalwe as dit gedoen is SONDER MY TOESTEMMING, en wee oor die Judas wat so iets doen, wat probeer om MY BRUID in gevaar te stel. Julle wie dit sal probeer, sal dieselfde noodlot ly as Judas. Moenie dink dat Elisabeth [Elisheva] vir dit gevra het nie, waarlik EK sê vir julle, EK stuur MY Profete na haar, na Profesie 74 en 75, om haar te vertel dat dit sou gebeur, en sy sê sy was nie waardig vir hierdie eer nie.

[Ministerie werkers] en sy het geantwoord, hierdie Ministrie wou nooit ’n wegraping datum insteller wees nie, en voorwaar sê EK sê aan julle, julle is nie die datum insteller nie. Niemand hoef ooit die woord te vat van berekenings van 'n gewone man of vrou nie. Engele sal gestuur word vanaf MY TROON om die Datum aan te kondig, sodat MY BRUID, net soos die 5 wyse maagde sal wees en voorbereid vir haar MESSIAS BRUIDEGOM OM TE KOM! Aan die wat sê, "Maar daar staan geskryf dat geen mens sal weet watter dag of uur nie," dit is waar, toe die skrif 2000 jaar gelede geskryf was, wat se waarde sou dit gehad het? Hoekom sou ABBA YAHUVEH die datum duisende jare gelede voor die tyd vrygestel het, vir wanneer EK, YAHUSHUA sou kom vir MY BRUID, soos dit geskryf was, in Mattheus 25:1-13. Watter doel sou dit gedien het, om dié te frustreer wat sou moes wag.

Onthou Geliefdes, selfs die 5 dwase maagde het geweet die Bruidegom kom, maar was onverwags gevang! Die gelykenis waarvan gepraat word, wys die 5 dwase Maagde wat nie die salwing gehad het nie en gekyk het en gewag het vir die met die salwing, om te weet wanneer die BRUIDEGOM sou kom. Die gelykenis wys ook hoe EK die 5 dwase maagde waarsku, die wat gedink het die salwing van die BRUID kon gekoop word met geld. Dit is nie te koop nie en die BRUID WEET DIT, en koggel die, wat dink dat YAHUVEH SE GESKENKE TE KOOP IS!

Nadat die 5 dwase maagde teruggekeer het, het die BRUIDEGOM en BRUID alreeds vertrek. Toe hulle aan die deur hammer om ingelaat te word saam met die BRUIDEGOM en BRUID, was hulle huilend weggestuur, terwyl die BRUIDEGOM gesê het, "GAAN WEG VAN MY, EK KEN JULLE NIE!" Nie almal is geskik om die Bruid te wees nie; daar is stywe kwalifikasies. En die 5 dwase het EK nie as MY Bruid erken nie. Alhoewel, EK los vir hulle 'n waarskuwing, en dit is dat die 5 dwase Maagde nie sal weet wanneer EK SAL TERUGKOM vir die GASTE nie, en hulle sal gereed moet wees wanneer EK, YAHUSHUA, DIE MESSIAS\BRUIDEGOM terug gaan kom, en die Gaste dalk aan die slaap vind of hulle lampe sonder olie. (Mattheus 25:1-13) Al die 5 dwase maagde sal getoets word met die vuur van teistering, en sommiges sal as goud uitkom. Sommige sal gemartel word, sommige sal agterbly, en sommige sal saam met MY weggeneem word. Sommige van die 5 dwase maagde is gaste, maar was nie geskik om die Bruid van YAHUSHUA te wees nie.

EK sal nie MY Bruid onverwags vang nie, sy sal die "Shofar" horing hoor, wat sal blaas. Sy sal wakker word van die Geroep wat sal voortlui vanaf MY Diensmaagd. Onthou, satan wil voor MY gaan, so moenie geflous word met die nagemaakte datum nie. Wee oor enige een wat hulleself MY Diensmaagd noem, behalwe die een wat EK gesalf het, wat EK nou gebruik om voort te spreek as MY mondstuk. Wanneer die Engele die boodskap bring, sal daar 'n salwing wees wat nie moontlik sal wees om na te maak nie, wanneer die WARE BRUID geboorte sal gee aan 'n uitstorting van 'n salwing vanaf die Hemel, soos geen ander tot dusver nie. Dit sal die vroeë en latere reën salwing wees wat saam is, saamgebind met die dubbele porsie van die Elia "Elijah" salwing. Selfs julle Skaduwees sal die GODSVRESENDES gesond maak, omdat MY genesingsbalsem van "Gilead", binne in MY hele BRUID SAL WEES! EK het jare terug hierdie woorde, hoorbaar aan Elisabeth [Elisheva] gespreek: "GAWE VAN GENESING, KLANK VAN DIE TROMPET". Sy het nooit die betekenis van hierdie woorde geken tot nou toe nie.

Net soos die "Shofar" Horing geblaas word by 'n Joodse troue, om die koms van die Bruidegom aan te kondig, net so sal EK, YAHUSHUA die "Shofar" Horing laat blaas, om MY KOMS VIR MY GELIEFDE BRUID aan te kondig! Luister vir die "Shofar" Horing, dit is nie meer so ver weg nie. EK het deur hierdie Diensmaagd geprofeseer dat EK sal terugkom op 'n Sabbat en vir haar gesê, "Wat AS Rosh Ha Shanah, die dag is wanneer EK sal kom, julle weet net nie watter een nie."EK het ook deur haar geprofeseer en hoorbaar aan haar gespreek, “Eers een wegraping, dan ‘n volgende een vir die wat ek liefhet” Die gaste sal in die tweede wegneming wees! In die gelykenis van die tien maagde, word daar 'n tweede kans aan die dwase (so-genoemde) Bruid gegee, dit is hoekom EK hulle vertel om op hul hoede te wees, omdat hulle nie sal weet watter uur EK weer sal kom nie.

Elia "Elijah" van ouds se liggaam moes binne 'n oogwink verander word, omdat sterflike liggame onsterflik moet word om in die Koningkryk van die Hemel in te gaan, net so sal MY BRUID ook verander. Elia "Elijah" van ouds het sy Mantel (gebeds tjalie) en kledingstukke wat hy gedra het, neergelê. (2 Konings 2:12-13) Net so soos diegene wat die Bruid van YAHUSHUA is, nie hulle aardse klere nodig sal hê nie, wanneer EK julle aardse klere sal verander in die pragtigste, skitterende, reënboog kleurige, Wit Kleed, waarmee geen aardse kleed eers amper mee vergelyk kan word nie. Julle sal skitter soos die skitterendste, mees geslypte diamant, wat die wêreld nog gesien het. Terwyl MY GELIEFDE BRUID versier word, sal EK 'n Tiara op die vrouens se hoofde sit en die mans sal krone kry wat gevul word met waardevolle stene wat met niks op die aarde vergelyk kan word nie.

Dit is die geheime wat EK met julle deel, net soos die boek van Daniël wat EK geseël tot en met die eind tyd generasie. Vra MY en EK sal julle meer vertel, omdat EK hierdie geheime met MY BRUID sal deel, en EK gee nie al MY openbaringe aan een persoon of profeet nie, so deel met hierdie Boodskapper, wat MY boodskap voortspreek, wat 'n seën is oor julle. Seën haar ook en laat haar weet dat julle MY salwing en die openbaringe wat aan julle gegee word, aanvaar. Aan sommige het EK drome gegee, en aan ander, visioene, en aan ander, profetiese woorde. Nou is die tyd vir die BRUID OM BYMEKAAR TE KOM. EK LOOTS NOU DIE ROEP VAN 'N TROMPET. AS JULLE NIE IN DIE VLEES BYMEKAAR KAN KOM NIE, KAN JULLE OP ANDER MANIERE. E-pos haar, of skryf vir haar. Daar is die wat dit nou lees en besef dat iemand wat hulle ken, ook deel is van die Bruid van YAHUSHUA, maar dalk kan daardie persoon nie hierdie sien nie, so deel dit met daardie persoon en laat hulle vir MY Diensmaagd skryf, omdat sy die gawe sal hê om te onderskei wie die Bruid is en wie die Geëerde Gaste is nadat die Engel Gabriël aan haar verskyn het, het EK al verskeie kere, dit vooruit aan haar gewys.

Elia "Elijah" van ouds het 'n salwing gehad wat sy vyande en die profete van Baäl, doodgemaak het, net so sal julle ook dit hê. Die WARE BRUID van YAHUSHUA sal dieselfde salwing hê, om die Vuur van die Hemel voort te roep om hulle vyande te verteer. Julle, die WARE BRUID van YAHUSHUA, sal ook teen die Demone van "Jezebel" veg, en die oorlog wen. Die wat probeer om MY ware profete en die BRUID te vernietig, deur hulle moeg te maak met die demoniese Geeste van "Jezebel" en "Ahab", sal dieselfde noodlot hê as die profete van Baäl, en Elia "Elijah" van ouds se vyande. Julle, die BRUID van YAHUSHUA, sal doen wat Elia "Elijah" van ouds gedoen het, selfs meer, voordat julle die aarde verlaat. Nadat julle gaan terugkeer van die Hemel, sal julle met nuwe kragte toegerus word, en Hemelse Bevele hê, wat uitgevoer moet word, soos dit gedeeltelik genoem is in Openbaring 14. Die res is 'n geheim vir nou; ONS hoef nie die vyande vooruit te laat weet nie. Julle, MY GELIEFDE BRUID, sal 'n lied sing soos geen ander nie, en EK SELF sal dit vir julle leer.

Die BRUID van YAHUSHUA sal die eerste vrugte wees wat verlos sal word van die aarde, voor die groot dag van YAHUVEH se WOEDE, genaamd die Groot Verdrukking. Julle, die BRUID van YAHUSHUA, is Ewig getrou en eg aan julle MESSIAS en BRUIDEGOM. Julle, die BRUID van YAHUSHUA, sal ook die gawe hê om na enige plek in die wêreld heen te reis, en sal geen aardse vervoer nodig hê nie. Moet EK julle herinner hoe sommige van MY dissipels van ouds, nie 'n glorieryke liggaam gehad het nie, en tog kon hulle dieselfde doen? (Handelinge 8:27-40). Die BRUID van YAHUSHUA sal verskillende aangesigte hê, net soos EK, YAHUSHUA gehad het na MY opstanding. MY eie Apostels het nie hulle Meester herken nie.

Voorwaar, EK sê vir julle, net soos Elisha getuie was met sy eie oë en ELIA "ELIJAH" van OUDS gesien het, waar hy met 'n perdewa van vuur opgeneem was, en omdat Elisha geweier het om hom te verraai, en by Elia "Elijah" was, toe hy weggeneem was, het hy 'n dubbele porsie van die salwing ontvang, net soos Elia "Elijah" van ouds geprofeseer het. Hier is 'n geheim: het julle gewonder hoekom Elisha geskei was van Elia "Elijah" van ouds, en nie opgeneem was met die Perdewa van Vuur nie? (2 Konings 11). Dit is omdat Elisha 'n skaduwee was van die 12 Stamme van Israel (Openbaring 7) en Elia "Elijah" 'n skaduwee was van MY BRUID. (Openbaring 14). Net so sal die geseëlde 144,000 van die 12 stamme van Israel, beskerm en geseël sal word op hierdie aarde –soos dit geskryf is in Openbaring 7—deur 'n Engel van die Hemel. Wapens van 'n mens sal hulle nie seermaak nie, ook sal geen plaag naby aan hulle kom nie, omdat hulle NIE uitgewys is vir YAHUVEH se woede nie. Hulle sal in YAHUSHUA se GUNS bly, die bloedlyn wat YAHUSHUA getrek het by Golgota, en satan kan nie hierdie lyn kruis nie. Hierdie 144,000 sal die mantel van die BRUID aanskou, terwyl die salwing op hulle neerdaal, op 'n manier wat hulle nog nie voorheen geken het nie.

Voorwaar, EK sê vir julle, Henog was 'n Skaduwee van die Bruid van YAHUSHUA. Toe Henog na die Hemel geneem was, was sy getuienis dat hy nie doodgegaan het nie, maar na die Hemel geneem was omdat hy YAHUVEH baie tevrede gestel het! Net so sal julle, die BRUID van YAHUSHUA, geneem word, omdat julle ook hierdie getuienis het dat JULLE YAHUVEH, DIE VADER VAN ALLE SKEPPINGS EN YAHUSHUA, SY SEUN, tevrede stel, omdat julle gehoorsaam was en julleself Heilig gehou het, sonder Vlek of Kreukel. Dit is hoekom EK Elisabeth [Elisheva] in 'n droom vertel het om Hebreërs 11:5 te memoriseer. Julle, BRUID van YAHUSHUA, sal vir YAHUVEH en vir MY, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), geen skaamte bring nie! MY BRUID, julle is meer as net gehoorsaam aan die 10 gebooie, watter uitdaging is daar in dit? EK sal aan julle die hoof kwalifikasies vrystel, hoe julle sal weet of julle MY BRUID is of die Geëerde Gaste, by die Bruilofsmaal van die Lam. Die hoof kwalifikasies word vrygestel in die eind tyd boodskap vir MY BRUID en die Geëerde Gaste. Hierdie boodskap is nie vir die heidene nie, behalwe om hulle te waarsku.

Wees versigtig vir enige een wat voorgee dat hy MYNE is, en tog die profetiese woord aanval, deurdat hulle bewys van watter bose gees hulle is, en ook bewys dat dit die demoniese gees van "Jezebel" is, wat MY Diensmaagd aanval, die een wie gesalf is om MY STEM te hoor, sodat MY BRUID en die GASTE van die Bruilofsmaal van die Lam geseën en aangemoedig kan word. satan is die enigste een wat sy wolwe, geklee in skaapklere, sal stuur om MY Apostoliese Profetiese Diensmaagd, genaamd Elisabeth [Elisheva] Sherrie Elijah [Eliyahu] , aan te val. EK gebruik haar volle name vir MY eie redes wat niemand aangaan nie, behalwe die vyande wat haar verwoesting soek, en haar name gebruik terwyl hulle vloeke uitspreek.

Voorwaar, EK sê vir julle, enige een wat sê hulle Aanbid YAHUVEH en YAHUSHUA, en HULLE eerste in hul lewe en liefde plaas, en tog steeds sukkel om gehoorsaam te wees aan die "TORAH\LAW", wat die 10 gebooie insluit, het 'n ernstige geestelike probleem en moet eerder besef dat hul siel op die spel is. Julle het eers 'n verskoning gehad, voordat julle MY aanvaar het as julle MESSIAS, en MY gevra het om in julle harte te kom en julle lewe oor te neem. Maar nou het julle geen! Berou nou, voordat dit te laat is! Versoeking is nie sonde nie, maar wees versigtig, omdat sonde eers deur die verstand kom en dan deur die aksies van jou liggaam. MY BRUID, julle is Heilig en julle lewe Heilig, net soos 'n voorbeeld van julle MESSIAS. Julle spreek Heiligheid, en julle verstand is konstant gevestig op die LIEFDE VAN JULLE LEWE, en dit is ABBA YAHUVEH en EK, YAHUSHUA. MY BRUID, julle doen nie aspris sonde nie, omdat julle MY nie bedroef wil maak nie en ook nie satan 'n rede wil gee om julle aan te kla en skaamte na MY te bring nie.

MY GELIEFDE BRUID, julle bestaan uit beide man en vrou. Julle word 'n maagd genoem, omdat julle uit die mensgemaakte leerstellings gekom het en gevlug het van die kerke van Babilon. MY BRUID, julle is nie bang om die bose te ontbloot nie, selfs al is dit in die kerke, julle ontbloot ook die Pastore van die kerke wat ’n kompromie aangaan, en die wat hulleself "Rabbis" noem wat ook ‘n kompromie aangaan. Dit is boos in MY oë. Julle, MY BRUID, sal nie stilbly nie, en hoe meer die heidene en die Fariseërs en die louwarm Christene en die 6 kerke wat genoem word in Openbaring, probeer om julle stil te maak, hoe harder skree julle! MY GELIEFDE BRUID, julle wie lofprys, aanbid, liefhê, vereer, en bo alles begeer om 'n glimlag op ABBA YAHUVEH se gesig te sit en om HOM tevrede te stel, asook julle MESSIAS en vinnig komende BRUIDEGOM. MY BRUID, julle weet, gehoorsaamheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA, is LIEFDE, en julle bewys julle lojaliteit deur gehoorsaam te wees aan YAH se bevele.

Wat is die prys van jou siel? Daar is valse leraars in die wêreld wat jou vertel dat dit onmoontlik is om gehoorsaam te wees aan die Tien Gebooie. EK sê jou dat die valse leraars gestuur is vanaf satan om julle op die verkeerde pad na die hel te lei! Hoekom noem julle MY Meester, maar is nie gehoorsaam aan MY nie? Is dit nie geskyf nie, "Wees julle Heilig soos EK Heilig is"? Het EK nie 'n voorbeeld vir julle gestel nie? Dit is die salwing wat al die gebindes en bande sal breek, en EK stuur die Trooster, genaamd die RUACH HA KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES, om julle na alle waarhede toe te lei en te leer, asook om julle aan te kla, wanneer julle foute begaan. Dit is die RUACH HA KODESH wat julle sal weerhou om teen MY sonde te doen.

Die Bruid van YAHUSHUA sukkel nie om die Tien Gebooie te onderhou nie. Instede, hulle hou wag daaroor en verdedig dit, met die wete dat YAHUVEH hierdie Tien Wette op tablette van steen geskryf het met sy eie vinger, en HY het nie enige Wette verander of weggevat nie. 'n Mens verander die wette, nie ABBA YAHUVEH nie, wie die Skepper van die wette is, wat vir Moses op die berg Sinai gegee is. YAHUVEH is die Skepper van die Sabbat, en het alle skeppinge beveel om dit te eer, wanneer HY op die 7de dag gerus het na al SY Skeppings. Die Sabbat is ewigdurend, wat nooit ophou nie, en sal selfs geëer word in die Regering van die Millenium.

Voorwaar, EK sê vir julle, Die Bruid van YAHUSHUA, julle weet al die dinge en julle Grootste begeerte is om al YAHUVEH se woorde te gehoorsaam, en EK is die Woord wat Vlees geword het. EK is die Lewende "Torah". Voorwaar, EK sê vir julle, die Bruid YAHUSHUA wil gehoorsaam wees en sal 'n ekstra myl loop, wat ookal dit neem om aan ABBA YAHUVEH gehoorsaam te wees, om te doen wat ander as dwaas beskou, soos om die Heilige Fees Dae waar te neem en die ware Sabbat te hou en te vlug van mensgemaakte gelowe wat die Sabbat verander het na 'n Sondag. MY Bruid, julle weet dat enige iets wat korrup of pervers is, nie Heilig is nie en 'n afskuwing vir YAHUVEH is, soos aborsie, homoseksualiteit en huwelike van dieselfde geslag. MY Bruid, julle bly nie stil nie, maar maak hardop beswaar teen hierdie dinge, en veroordeel enige een wat nie dieselfde as julle doen nie, en julle noem hulle lafaards en skeinheiliges.

Is dit nie geen wonder dat die Jode en die Israeliete nie wou luister na die Christene, omdat hulle geen Seun van YAHUVEH ken wat sê dat HY die Koning van die Jode is nie, die MESSIAS, en omdat hulle die Sabbat wegwerp en leer dat enige dag sal doen, wanneer dit die 7de dag was waarop YAHUVEH en EK gerus het, nadat enige Skeppings voltooi is nie? Hoekom ontheilig julle MY, julle noem julleself Christene, maar julle breek die "Torah" Wette wat aan Moses gegee is, julle eer ook nie die Heilige Dae wat YAHUVEH besluit het, is Heilig vir HOM nie? Het EK nie gesê, dat EK nie gekom het om die wette wat aan die profete gegee is, te kanseleer nie, maar om dit te VERVUL?

Voorwaar, EK sê vir julle, die wat julleself Christene noem, wanneer julle op so 'n manier optree, maak julle MY, YAHUSHUA eerder seer as wat julle MY help. Wat sal julle verskoning wees, wanneer julle voor MY staan? Die Skrif wat verkeerd verstaan en vertaal was? Die Ware BRUID van YAHUSHUA SAL NIE N KOMPROMIE AANGAAN MET DIT WAT SY WEET WAAR IS NIE! Sy is getrou aan YAH, wie sy dien. Voorwaar, EK sê vir julle, MY BRUID moet geestelik volwasse wees, oud genoeg om te trou. EK praat nie van julle biologiese ouderdom nie, maar van julle geestelike ouderdom. Afhangende van julle geestelike groei, dit is nie eers die dae ingesluit vandat julle MY as MESSIAS aanvaar het nie, kinders groei en word volwasse teen verskillende snelhede, sommige word geestelik volwasse binne 'n kort tydjie, ander neem jare om volwasse te word, selfs Pastore en ander word nooit volwasse nie, hulle is slegs tevrede met die melk van die woord en sal nooit enige iets nuuts leer nie.

Volwassenheid vir jou MY Bruid, hang af hoe vinnig julle agterkom dat julle soek na meer as net geestelike melk van MY woord, en dat julle Geestelike Vleis nodig het om te eet. Julle ly honger en begin die honger pyne voel, as julle dit nie gereeld kry nie. Julle, wie die Bruid van YAHUSHUA is, het geestelike tande van 'n leeu en verorber vinnig die geestelike, gesalfde vleis, soos die profetiese woord wat julle ken as MY STEM, en is nooit tevrede met slegs aardse kennis nie, maar soek en vra vir meer Hemelse kennis om YAHUVEH te ken soos Abraham HOM geken het. MY BRUID, julle verlang om die ware geheime van YAHUVEH te bekom, dit wat verberg is vir die wie HY en EK kan vertou.

MY BRUID, julle is nou regoor die wêreld versprei. MY BRUID, julle bestaan uit die eerste vrugte, wat in Openbaring 14 genoem word. Julle is die beste vrugte wat EK sal wegraap, voor die Groot Verdrukking. Julle spog slegs oor die, wie julle dien, en julle bly nederig, alhoewel julle nie volkome verstaan hoekom EK, YAHUSHUA julle gekies het nie, maar voel geëerd dat julle gekies is en moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie, en bid steeds dat julle waardig geag sal word om MY BRUID genoem te word. MY BRUID verstaan die belangrikheid om die Heilige Dae waar te neem, die wat haar Joodse Messiaanse Bruidegom gehou het. MY BRUID, julle het alles neergelê op die altaar van opoffering en hou niks terug nie, en sal julle MESSIAS volg en sal gehoorsaam wees aan alles wat EK sê. Die roeping op julle lippe is HEILIG!

MY BRUID, julle het nie net ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA lief nie, maar is hartstogtelik verlief op ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, net soos in die liedjies van Salomo. MY BRUID, julle plaas beide die SKEPPER en die MESSIAS eerste in julle lewe en liefde. Alle ander, al is dit nou julle eggenoot, kinders, familie, vriende, besigheid of plesier, dit kom tweede in julle liefde en lewe. MY BRUID, julle sal bereid wees om julle lewe neer te lê, indien nodig, en indien dit YAH se wil is. MY BRUID, julle het alle aardse gemaklikhede verlaat, toe EK gesê het, "Kom en Volg MY!"

MY BRUID, julle sal nie net MY naam op julle voorhoofde gegraveer hê nie, maar die naam van ABBA YAHUVEH ook, sodat almal sal sien wat Openbaring 14 verklaar. MY BRUID, julle het 'n las om die waarhede voort te spreek, wanneer slegs 'n oorblyfsel dit begeer en gehoorsaam. MY GELIEFDE BRUID, julle sal eerder die naam van julle geliefde ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, op julle lippe hê, waar julle praat van ONS in liefde, en mediteer oor wie ONS is en hoe om ONS bly te maak, en bestudeer die Hemelse Dinge en profetiese dinge wat nog kom, en julle kraak nie die gawe van profesie af nie en spot ook nie die gawes van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) nie.

Julle weet al die gawes van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) is van waarde en begeer dit alles. Julle leer alles wat julle kan oor julle Hemelse Huis en steek die Heilige Skrifte weg in julle harte. MY BRUID, julle weet hierdie aarde is nie julle huis nie; julle is slegs maar besig om deur te gaan, totdat die werk waarna EK julle gestuur het om te doen, klaar is. MY BRUID, julle verlang na die geluid van die "Shofar" Horing, wetende dat julle MESSIAS BRUIDEGOM sal verskyn, direk nadat die "Shofar" Horing geblaas het, en dat HY julle dan persoonlik sal dra na julle Hemelse Huis. 'n Herehuis wat EK vir julle gebou het, wag vir julle, tesame met julle belonings wat vir julle geberg word in julle stoor huise.

MY BRUID, julle verlang na MY op 'n manier waarop EK verlang, om fisies by julle te wees, en dit is nie meer so ver nie. Wees vertroos, MY geliefdes, en praat met MY, op die volgende Rosh Ha Shanah 2004, op 'n manier waarmee julle met 'n geliefde eggenoot sal praat, wanneer julle wil hê hy\sy moet terugkom, omdat hy\sy op 'n lang reis weg was. Huil vir MY koms, uit liefde en verlange, nie uit vrees nie. EK verlang om julle woorde van passie en liefde van MY, te hoor, en so ook Ons ABBA YAHUVEH.

EK het vir julle MY woorde van liefde in die liedjies van Salomo agtergelaat. Dit is nie 'n seksuele liefde nie, maar 'n liefde wat min kan verstaan, behalwe MY BRUID. Lees dit met Geestelike onderskeiding en vra MY, dan sal EK die gelykenis sonette verduidelik, omdat dit meer is as net Salomo se liefde is wat beskryf word, MY BRUID is versteek in die verse. Kan julle dit vind? EK deel nog 'n geheim met die BRUID van YAHUSHUA. MY Diensmaagd Elisabeth [Elisheva], dra alreeds 'n geestelike trou ring. Sy sal weet aan wie EK hierdie ringe gegee het. Elkeen van MY BRUID sal 'n unieke trou ring dra, wat 'n refleksie is van die prys wat hulle betaal het om MY BRUID te wees. Geen een van die ringe sal dieselfde wees nie.

Geliefdes, wanneer die BRUID en die Gaste almal arriveer, dan sal die Bruilofsmaal van die Lam begin. EK, YAHUSHUA sal nie net Dans en bly wees saam met MY GELIEFDE BRUID NIE, MAAR OOK SAAM MET MY GELIEFDE GEËERDE GASTE. GESEËND IS ALMAL WIE DIE BRUILOFSMAAL VAN DIE LAM BYWOON! Soos dit geskryf is in Openbaring 19:9. Die uitnodigings was gestuur aan elkeen in die wêreld, tog weet so min, watter eer dit is om MY BRUID genoem te word, of om 'n uitnodiging te ontvang om 'n Geëerde Gas te wees. Min verstaan die Prys wat EK betaal het om julle te nooi. Sommige uitnodigings het verlore geraak, sommige is weggegooi en as gemors bestempel, sommige uitnodigings vergaar net stof op, sommige uitnodigings is nagemaak, en sommige Gaste verstaan nie dat dit alleenlik 'n "Antwoord so gou as moontlik” (RSVP) uitnodiging is nie. Slegs die wat reageer en MY, YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar, sal die Bruilofsmaal van die Lam bywoon en slegs die wie se name geskryf is in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE, voor die fondasie van die wêreld.

Wee oor die vyande wat probeer om die Diensmaagd BRUID van MY te terg, te minag, seer te maak, sleg te sê of dood te maak, of om die Ministerie te vernietig. Hoekom kners julle jul tande in woede? Julle wie 'n gees het van 'n Fariseër, julle wie 'n Judas in vermomming is, weet julle nie dat die brief doodgemaak het nie, en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) LEWE GEGEE HET AAN MY WOORDE NIE? Hoekom gee al diegene wat hierbo genoem is om, want nie een van julle is MY BRUID of MY GASTE nie, en waar julle is, is daar wening en die gekners van tande. Julle, wie 'n vorm van Goddelikheid het, maar geen Goddelikheid van binne het nie, en ook geen Heiligheid van binne het nie, julle het lank terug al verdoemenis gekies, in plaas van redding. Niemand, behalwe die WARE BRUID van YAHUSHUA, sal die Jaar, Dag of Uur weet, wanneer EK, YAHUSHUA sal kom om my bruid weg te neem nie!

Aan die wie hierdie boodskap tart, dit was nie vir julle oë om te sien en julle ore om te hoor nie! (1 Korinthiërs 2:9-16). Net die BRUID van YAHUSHUA en slegs die wat bestem is om die Bruilofsmaal van die Lam by te woon, sal herken dit is die stem van die Enigste MESSIAS EN VINNIG KOMENDE HEMELSE BRUIDEGOM! Hulle sal weet, al die ander sal blind en doof bly. Net soos 'n geliefde man vir SY BRUID omgee, beskerm en koester, hoe sal EK dan enigsins minder doen. Inteendeel, EK sal baie meer vir MY BRUID doen!

EK, YAHUSHUA GAAN KOM, MAAK JULLESELF GEREED, DIT IS NIE NET GENOEG OM IN MY BLOED, WAT GESTORT WAS BY GOLGOTA, GEWAS TE WEES NIE, DIE GASTE IS GEWAS IN DIE GESALFDE BLOED, BY GOLGOTA. MAAR MY BRUID IS VLEKLOOS, SONDER ENIGE VLEK OF KREUKEL OP HAAR KLEED, SKITTEREND WIT, WAT MY GEEN SKAAMTE BRING NIE! STAAN OP MY BRUID, LUISTER VIR DIE "SHOFAR" HORING, LAAT JULLE LIG VOOR ALMAL SKYN. JULLE BRUIDEGOM GAAN VINNIG KOM!

En die GEES en die BRUID sê, "KOM YAHUSHUA HA MASHIACH, KOM!" Laat almal wat hoor sê KOM. Laat almal wat dors het, kom, en laat enige een wat wens, die water van die lewe, verniet neem. En die een wat die dinge getuig, sê…"JA, EK KOM VINNIG!" AMEN. "SELAH"

* * * * * * *

Gegee aan hierdie Diensmaagd. Moet asseblief nie hierdie Boodskapper stenig nie, maar as julle dit doen sal dit vir die Glorie wees van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 9/12/04

(Apostel beteken 'Gestuurde een')

* * * * * * *



Profesie 146 YAHUSHUA Ons Wag Vir U Om Ons Te Kom Wegraap!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH)

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 2000 | Vrygestel 3 Oktober 2019

Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:

Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word vir hulle wie spot:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

En van Profeet Caleb:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND BEDIENING – EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie (Psalm 105:15…1Kron16;22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in Die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

“Vader God, hierdie biologiese kieme oorlogvoering, siektes Vader. U weet Vader God, ag, as dit maar net ‘n koeël was wat hul lewens sou beëindig, Vader God. Maar HERE God, daar is so baie maniere om dood te gaan. En Vader U ken die bose, Vader God. U weet hoe hulle martel, U ken die manier waarop hulle wil hê dat iemand moet ly. U weet Haloween is op hande. U weet dit is ‘n sataniese dag. Dit is ‘n tyd van die hoogste onheiligheid. Daar is niks heiligs aan daardie dag nie. Dis die mees onheiligste tyd Vader.

Maar U het gesê, HERE GOD, Vader God , U het gesê dat ons elke dag moet jubbel en dat ons moet weet dit is U wat ons elke dag wakker maak, dit is U wat ons die krag gee om aan te gaan. Daarom dank ons U en ons Loof U. Want U weet wat ons nodig het en dis net een rots in ons hand om Goliat te verslaan. Dis wat U my op hierdie oomblik vertel, ons het net een rots in ons hand nodig om Goliat te verslaan. En dit is die Lewende Rots, DIT IS DIE LEWENDE ROTS! En ons het die Lewende Rots en ons hou vas aan die Lewende Rots. Dit is U, YAHUSHUA ha MASHIACH. U is die Lewende Rots.

U is die oopgekloofte Rots van alle eeue, en ons gee U nou net Lofprysing, Eer en Heerlikheid. Want U sal U mense beskerm en U sal gebruik word om hierdie Goliat, wat teen ons kom, te verslaan.

Hulle dink dat hulle almal sal doodmaak wat glo en vertrou in YAHUSHUA ha MASHIACH en in U, Vader GOD, YAHUVEH. Maar hulle het ‘n wrede ontnugtering wat wag, want Goliat het ook na Dawid toe gekom en hom ‘n hond genoem , en tog, wat het Dawid vir hom gesê? “Vandag sal die God wat ek dien jou in my hand oorlewer.”

Daarom , Vader, roep ek uit vir al die Christene. Vader, vir die Pakistanse Bedienaars, Vader dat ons sy vrou se smeking aan George W. Bush sal stuur, asof hy gehoor sal gee, Vader.

Maar Here God sy is daar, sy is in Pakistan, asook haar man en syself en al die Christene terwyl hierdie bose Muslims, wat ons nie eens boos mag noem nie omdat ons heelwaarskynlik beskuldig sal word van haat misdaad as ons dit doen Here. Maar hulle is in vrees, hulle skuil in hul huise en die Christene word oral afgemaai, Vader net omdat ons in Amerika gesit het, en ons het dit nie gesien nie.

O, vergewe ons, God, want ons het ons oë blind gehou vir dit wat in die wêreld aangaan, want nou is dit voor ons eie deur en ons sien die gevaar in ons eie land. Maar Hemelse Vader ek roep nou uit. Ek vra nou en Wendy stem saam, God, stuur ‘n spervuur van engele uit die Hemel. Ons sien die spervuur van engele, die gevegs-engele uit die Hemel, legioene op legioene op legioene om nou uit te gaan in hierdie wêreld in, om U kinders nou te beskerm. Om diegene te beskerm wat uitroep in die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, wat uitroep in die Naam van YAHUVEH. Beskerm hulle, beskerm hulle. beskerm hulle.

O, ek dank U en ek loof U vir die koepels, die koepels bo-oor al die huise, Vader, wat aan U behoort, nie net op die deurposte nie, God, ook nie sommer enige ou lam se bloed nie, nee, hierdie is die Lam van God, YAHUVEH. Hierdie is die Heilige, Onbevlekte, Vleklose Lam wat vir ons geslag was en weer opgestaan het. Dit is U, YAHUSHUA ha MASHIACH.

U is die Een wat ons huis bedek en beskerm. Ons gee U die Lof, Eer en Heerlikheid. Nie net vir Wendy en myself nie maar vir al ons broers en susters reg oor die wêreld. Ek weet U sal martelaars hê maar ek dank U en ek loof U omdat U meer sal hê vir wie U beskerm, as wat daar sal wees wat sal sterf in U Naam. Ek glo in geloof, Vader God, want hoe kan die vyand sê dat ons anders is as hulle, wat slagting pleeg, Vader. As U nie die tipe wonderwerke doen wat U gedoen het in die tyd van die kinders van Israel nie, toe die bose Farao hulle agterna gesit het.

As U nie wys nie, Vader God, in die tye van ouds, Vader God, oor en oor, het U bewys met Shadrac, Meshach en Abednego wat in die vuuroond gegooi was en Daniël wat in die leeukuil gegooi was. O, HalleluYah, Vader God, ons loof U en ons dank U, dieselfde God wat Jona laat uitspoeg het uit die maag van die walvis. U is dieselfde God, Vader, dat Noag en sy familie gespaar gebly het terwyl almal in die hele wêreld gesterf het. U is dieselfde God, Vader.

Wat al hierdie dinge gedoen het selfs al het die water die hele wêreld oordek, Vader God. As die Mississippi rivier gaan oorstroom en al hierdie verskriklike dinge, God, en Here ek word vertel dat die einste State daaronder sal wees, Vader. En Here ek gee U die Lofprysing, Eer en heerlikheid. U het ‘n ark, U het ‘n ark gehad vir Noag. U sal ‘n ark hê vir U kinders...(sy begin bid in Hemelse tale.)

Want U is ‘n God wat beloof om vry te maak, U is ‘n God wat beloof om te red. Hoe kan dit aan U Lofprysing, Eer en Heerlikheid bring as ons net doodgaan en die vyand bewys dat hy ‘n Dawid kan doodmaak net wanneer hy wil. Daarom dank ek U vir die Lewende Rots wat U in ons hande gesit het, ek dank U YAHUSHUA ha MASHIACH dat dit U sal wees wat hierdie bose manne sal verslaan. Want hul dink dat hulle maar net teen gewone Christene en Messiaaanse Jode kom en teen hulle wat na U uitroep, maar hulle besef nie dat hulle teen die God van die Skepping te staan kom nie, U Vader God YAHUVEH, U YAHUSHUA ha MASHIACH en U Kosbare Ruach ha Kodesh, die Gees van die Lewende God YAHUVEH en YAHUSHUA.

Daarom gee ons U nou die Lof, Eer en Heerlikheid dat die beskerming op die mense is. Dat nie een enkele wedergebore, Heilige Gees vervulde Christen, Messiaanse Jood, by watter naam hul ookal genoem word, solank hul wedergebore is, dat nie een van hulle, Vader God, geaffekteer sal word deur die gasse, nie een van hulle geaffekteer sal word deur die siektes, nie een geaffekteer sal word deur die antrax, nie een geaffekteer sal word deur pokke nie. Nie een van hulle geaffekteer sal word deur hierdie sogenaamde wapens nie, Vader God, kiem oorlogvoering, Vader God, nie een van hulle nie Vader God.

Ek glo, ek glo, ek glo en verklaar vandag dat U Bloed, YAHUSHUA ha MASHIACH, U bloed wat bedek en ons beskerm gaan ons bedek en beskerm. Ek glo, ek glo, ek glo Vader God met alles binne-in my, dat U ‘n standaard opgerig het teen hierdie bose een, alhoewel ons dit nie kan sien nie, en alhoewel ons sal hoor hoe die VN praat en ons alles sal hoor wat hulle beplan om te doen om te eis dat hulle ons gaan beskerm. Ons Dank U en ons Loof U dat ons beskerming nie lê by hulle wapens nie. Ons beskerming sal lê in die sterk arm van die Here God YAHUVEH. Ons loof U en dank U omdat die bose Farao’s sal ondergaan asook al hulle troepe.

Ek roep nie net uit terwille van Amerika nie, ek roep uit vir Israel en ek roep uit vir almal reg oor die wêreld. O, Vader daar is selfs Christene wat sit in Afghanistan, Vader. Hulle noem hul die ongelowiges maar dit is hulle wie die ongelowiges is. Vader God ek dank U en ek loof U vir die beskerming van hulle wat ons broers en susters is in YAHUSHUA. Ons gee nou aan U die Lof, Eer en Heerlikheid.

O, as U maar net sou kom en U Bruid versamel en ons huis toe neem YAHUSHUA. O, ons het gewag en en ons het verlang en ons staan onder die hoopla en wag vir U. Ons wag vir ons Bruidegom, ons het ons trougewaad aan, Vader, selfs die tiaras op ons koppe. So, ons wag vir U, ons wag vir U. Ons het die olie in ons lanterns, die lamppitte is kort geknip en ons wag vir U en ons is wakker en ons wag en ons wag. En waar is U? Waar is U? YAHUSHUA ha MASHIACH, ons wag vir ons Bruidegom , ons het liefde vir U, ons wag vir U. Ons arms is uitgestrek en ons kyk na die noorde, ooste, suide en weste en ons sê, “YAHUSHUA ha MASHIACH, U is ons Bruidegom, ons is U Bruid!”

Ons wag vir U! Ons roep nie net uit omdat ons bang is nie. Nee, ons het iets veel groter as dit, as rede hoekom ons vir U wag. Dit is omdat ons U liefhet, omdat ons U aanbid, omdat ons U bewonder, elke hartklop van ons is vir U, ons is bereid om ons lewens vir U neer te lê, ons het U nodig, ons wil U hê, ons smag na U, ons dors na U, ons is honger vir U verskyning. Kan U nie U Bruid hoor nie? Gaan U haar by die altaar laat staan vir ‘n ander dag? Ons wag vir U. Waar is U? Ek roep uit, Vader God, in die naam van die hele Bruid. Laat my stem Vader God, staan vir die hele Bruid. Ons roep uit na U, ons huil vir U.

Laat my stem, Vader God, staan vir die hele Bruid. Ons roep uit vir U, ons huil vir U, ons voel hoe die vyand se troepe oral rondstaan op hierdie dag wat veronderstel is om ons troudag te wees. Waar is ons Bruidegom? Ons sien die gewere op ons gerig. Ons sien die grinnike op hul gesigte. Hulle dink dat hulle ons sekerlik gaan doodmaak, om ons uit te wis onder die mensdom.

En daarom kyk ons uit vir ons Bruidegom. Ons sien die bose, hulle lag vir ons want hulle sien nie die Bruidegom kom vir die Bruid nie. So, hoe lank voor U kom? Wanneer gaan U ons vergader aan U sy? Ons is U metgesel ons is U geliefde. Vader God YAHUVEH. Wanneer gaan U, U Seun stuur? Wanneer gaan ons die woorde hoor, “Kom hierheen!”? Wanneer sal ons die stem hoor van ons Here God Almagtig YAHUSHUA met die stem van ‘n aartsengel. Waar is U?

Trane stroom oor ons wange . Ons wag vir U. Ons verlang na U. Ons het U lief. Kom, Kom, Kom, O asseblief Geliefde. Ons hart en gees roep uit, ons verstand en liggaam roep uit. Kom haal U bruid. Maak ons een, maak ons een, YAHUSHUA, maak ons een. O, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na die bose mense, hulle rig hul wapens op ons, hulle oorlog wapens.

Hulle probeer ons skiet, die koeëls vlieg oor ons koppe na links en regs, maar HalleluYah, hulle oorlog wapens is vleeslik. Want ons gebruik geestelike wapens in verweer. En ons probeer nie eens om die krag in ons geestelike wapens te verstaan nie, dit is kragtiger as enige mens. Selfs Dawid het nie die wapens van mense gebruik nie, want hy kon die uitrusting, wat deur mense aan hom gegee was, nie aantrek nie. Hy het sy uitrusting, wat deur YAHUVEH aan hom gegee was, aangetrek daardie dag. Hy het die wapens van mense neergegooi. Hy het vyf gladde klippies opgetel en dit het net een geneem om Goliat dood te maak daardie dag. Toe het hy ‘n menslike wapen gebruik om Goliat se kop af te kap daardie dag.

Maar dit was net vir een rede en dit was ‘n bewys dat U sou doen wat U gesê het U sou doen op daardie dag. So laat ons die koppe kry van die vyande net so seker as wat die vyand die kop geneem het van Johannes die doper. Laat ONS die kop van Goliat afkap met die twee snydende swaard. Want U weet dat ek nou ‘n nuwe visie het. Ek kyk en wat sien ek?

Maar die twee snydende swaard is in die hand van elke bruid, en op die lem sien ek dat dit in bloed gedoop is, maar dis die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH wat ons beskerm met daardie swaard. Ek sien ons met daardie swaard, ons swaai dit na links en na regs terwyl die vyand probeer staan. Maar nou weet hulle dat hulle nie net te staan kom teen enige vrou of enige man nie. So dit is wat ons gaan doen terwyl ons vir U wag op hierdie huweliksdag. Ons gaan net aanhou veg. In U heilige en U regverdige en U gesalfde YAHUSHUA se naam.

Want julle sien, ons dra nie sommer net enige trougewaad nie, maar ons staan in die volle wapenrusting van God YAHUVEH. En ek kyk rond en nou sien ek nie net die vyand weghardloop nie maar ek sien ook engele, legioene en legioene van engele wat U gestuur het vandag terwyl ek bid. Dit is hulle wat veroorsaak dat die vyand in sewe verskillende rigtings hardloop. En daarom sal ons hier bly staan, want U Woord sê as mens alles gedoen het wat jy kan doen, moet jy net bly staan, so daarom sal ons hier bly staan en ons sal wag vir ons Bruidegom ongeag hoe lank dit neem. Ons weet U is nooit te vroeg nie en nooit te laat nie.

Daarom gaan ons hier staan. Ons gaan nie eens aan die slaap raak nie. Ons gaan nie eens sit nie. Ons gaan staande bly selfs as hulle lag en spot. Ons gaan hier staan en wag vir ons Bruidegom, wie die Lewende Rots genoem word. Maar ons het die trane. En al veg ons nog teen die vrese, dit maak nie saak hoeveel jare nie, ons sal hier staan met die olie in ons lanterns. En met die lamppit kort geknip, en ons gaan hier staan en wag vir ons Geliefde om te kom.

Ons het U lief, ons het U lief, ons aanbid U, ons bewonder U. Ons hart sou nie eens geklop het as dit nie was vir die feit dat U dit laat klop het nie. Ons verlang na U, ons smag na U soos ‘n persoon wat dors ly in die woestyn. Dank U vir U Lewende Water, maar dit kan nie die dors wegneem wat na U verlang nie, wat smag na U nie, wat ons laat treur, “Waar is ons Bruidegom?”

Sal U spoedig kom? Sal dit vandag wees? Sal U kom en U Bruid wegneem? Ons staan onder die ‘hoopla’ en ons kyk steeds na die noorde, ooste, suide en weste, en gaan probeer om ‘n glimlag op te sit alhoewel ons soveel hartseer voel. Maar dit is nie net omdat ons die slegte nuus hoor nie, want laat ons onthou wie se verslag ons gaan glo? Hierdie keer gaan ons, ons vertroue plaas in die geseënde Hoop en weet dat ons baie spoedig met ons Bruidegom sal opstyg om Hom lewendig te ontmoet en ons sal baie, baie, baie spoedig gaan.

Dankie, dankie Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH, dankie dat U my toelaat om te spreek namens die bruid hierdie keer. Dankie dat U elkeen van ons gebede verhoor. O, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. Ons dank U omdat U al ons sondes vergewe, om nooit weer daarna te kyk nie. Laat ons net U stem hoor, laat ons net U stem hoor, laat ons net U stem hoor, lei ons net en rig ons en vertel ons wat om te doen dis al wat ons van U vra. Laat ons nie voor die wolk van Heerlikheid uit gaan nie, en laat ons nie agter raak nie, laat ons altyd reg onder dit wees. Gebruik die vuurkolom, die Ruach ha Kodesh vuur, om ons pad te verlig. Laat ons nooit in totale duisternis wees nie, maar gebruik die vuurkolom daardie dag wanneer ons nie op elektrisiteit kan staatmaak nie.

Wees U die Een wat ons verwarm sodat ons nooit te koud word nie. Wees U die Een wat ons afkoel sodat ons nooit te warm word nie. Wees U die Een wat ons voed. Wees U die Een waaraan ons vashou, die Een wat ons die Lewende Rots noem. Wees U die arms waarin ons aan die slaap raak. Wees U die arms wat ons styf vashou. Wees U die Een wat ons kalmeer wanneer vrees ons in die nag oorval. Wees U die Vrede wat alle verstand te bowe gaan wanneer ons nie in hierdie wêreld kan vashou nie. O, Vader God YAHUVEH, ek roep tot YAHUSHUA, U Enig Verwekte Seun.

Beskerm ons asseblief teen hierdie bose mense. Laat hierdie gebede vrug dra vandag. En laat die Bruid bemoedig word op ‘n spesiale manier. Laat hulle U liefde voel, dat hulle nie verlaat is nie. Ons wag net vir U omdat ons weet dat U sal kom, want hierdie wêreld is nie ons tuiste nie. O, ons verlang na ons Hemelse tuiste. Maar ons gaan hier bly en vertoef en die doel bereik waarvoor U ons hier gesit het selfs al beteken dit dat sommige sal leef en sommige sal sterf. Dank U, dank U my Geliefde YAHUSHUA. Dank U.

Weet julle dat ons wapenrusting wit is? Julle weet, mense dink aan ons asof in ‘n bruidsgewaad, maar in werklikheid is ons...ek sien ‘n visioen en ons staan in ons wapenrusting in skitterende wit. Dank U, dank U, dank U. Lees Effesiërs 6 wat die wapenrusting van ons Vader YAHUVEH is waarin ons staan. HalleluYah, HalleluYah. Vir U heerlikheid sal ons staan ten spyte van die vervolging deur mense. U Heerlikheid. Ons sal wag. Ons weet U is nie te vroeg is nie en weet dat U nie te laat sal wees nie. Om te weet dat U by U Bruid wil wees net soveel as wat ons by U wil wees. En daarom sal ons staan. En daarom sal ons wag. Dank U Vader.

Goed. Kan jy dit alles onthou? [gerig aan Wendy aan die ander kant van die lyn]

Wendy: Ek sal probeer.

Ek sien ‘n visioen van wapenrusting dit is ...voorheen het ek dit altyd beskou as...in ‘n vloeiende syagtige rok soos dié waarin mens trou. Maar jy sien dit is onprakties vir die doel van Sy Bruid. Dis wat die Here my nou vertel. Dis nie prakties nie. Dis wêreldse wapens soos my seun gesê het, dit is wêreldse wapens. Ons het ‘n geestelike wapen. Effesiërs 6 sê...en almal behoort te lees wat staan in Effesiërs 6. Jy beter elke enkele stukkie van jou wapenrusting aan hê, jy beter nie een stuk verwyder nie. Maar ek sien hierdie wapenrusting en dit skitter en dit lyk asof dit goud afgee. Dit is anders as enige materiaal wat mens op aarde sal vind. Dit is iets wat geen wapen kan binnedring nie en tog, terselfde tyd so lig dat jy nie eens weet dat jy dit aan het nie.

En dis nie lomp nie en dit is nie ‘n groot soort wapenrusting nie. Dit is baie, baie pragtig en dit is baie...ek glo, ek gaan dit sê Vader want ek verstaan dit nie, dit is amper soos ‘n kleurmengeling [‘n speling van diep reënboog agtige kleure] dis soos ‘n kleurmengeling, dit is so pragtig. Ek weet nie. Ek hoor die woord kleurmengeling. Ek sal die woord kleurmengeling moet opkyk. Ek weet nie wat kleurmengeling is nie.

Wendy: Dis soos...jy weet soos ‘n seeskulp. Soort van pêrel agtig...soos naelpolitoer met al die kleure daarin.

Ek hou baie van daardie tipe naelpolitoer.

Wendy: Waar mens al die verskillende kleure daarin kan sien.

Dit is hoe dit is. Mense moet verstaan, en die mans moet dit verstaan. Wat dit is, dat mans wat die bruid genoem word, altyd gewonder het hoe hulle sal lyk in ‘n trougewaad. “Nou maar goed, God U noem my ‘n bruid.” Maar die Here doen dit sodat mans kan verstaan. Die uitrusting is iets wat goed lyk aan mans en vroue net soos dit ons sal pas. Dit pas ons anders as wat dit die mans sal pas as gevolg van die kurwes. Jy weet ons is anders gevorm, kom ons wees openlik. Maar dit is van dieselfde materiaal en dit is absoluut pragtig, en wanneer die sonlig daarop val, gloei dit net, daarom dank ek U en ek loof U.

En Wendy, weet jy wat? Ek kan nie nag sien nie selfs al is dit dalk donker daar buite...terloops dit is 9:10 so ek weet nie hoe laat daardie boodskap begin het nie, maar ons moet regtig begin om die tye te onthou...maar dit is nou 9:10 nm....watter dag is dit? Is dit September?

Wendy: Oktober.

Ons is in Oktober...9 Oktober. Ons is in 9 Oktober en dit is na 9h00. Nege is die nommer van bevryding soos ek gehoor het. Wow. Wel, in elk geval...maar in elk geval die belangrikste is dat hulle dit moet verstaan en ek dink dit sal hulle seën om te weet dat hulle nie daar staan in ‘n ragfyn wit nagrok nie. Dis die wapenrusting van God in Effesiërs 6 en dit is absoluut pragtig.

Ek het begin om te sê dit is so mooi, selfs al is dit nag, is daar geen nag nie. Ek het gesien hoe die sonlig afkom en die wapenrusting vang, so selfs al is dit nag en selfs as Hy in die middernag uur kom, selfs terwyl ons wag, sal dit rondom ons lyk of dit lig is, want ons sal instaat wees om duidelik te sien wanneer ons Meester kom, dit is wat die Here gesê het.

Al kom EK in die middernag uur, simboliseer die lig rondom julle dat julle nie in die donker betrap sal word nie. Julle sal nie onverhoeds betrap word soos met ‘n dief nie. Hy het gesê julle sal lig hê reg rondom julle. Nie afhanklik van die lig nie. Maar dit is wat die lig is, dit is die lig van God. En soos HY nader kom word dit net al helderder, en julle sal die Here enige wapen vra wat teen die vyand opgerig sal word, dit is presies wat Hy my nou vertel. Ons gaan duideliker verstaan en suiwer openbarings kry, duidelike aksies en vinniger woorde van Hom, ons het wapens wat aan ons gegee was.

Hierdie is splinternuut en niemand sal instaat wees om dit te stop nie. Hulle kan baie dinge wegneem, maar hul kan HOM nie stop nie, die stem van YAHUVEH. Maar die Here sê nou; Laat die mense weet wanneer hulle hierdie dinge sien begin gebeur, hoor hulle duideliker en sien hulle duideliker.

Maar wanneer dit lyk of daar orals net duisternis is in die middernag uur, gaan ons duidelik die lig van GOD hê op ‘n magtige manier op daardie dag. Dit bid ek in die naam van YAHUSHUA. Amen. Daarsy