Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Shemini Atzeret / Agtste Dag van Vergadering, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 18, 69, 120;

Deuteronomium 14:22-16:17; Numeri 29:35-30:1;

1 Konings 8:54-8:66;

Matteus 17:1-9; Markus 12:28-33;



Profesie 18
Profesie 69
Profesie 120

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


7 Oktober, 2023



Profesie 18 Pasop Vir Die Sluier Van Duisternis Wat Van Die Hel Kom!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 26 Maart 1998 3:54

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Liefste familie van YAHUSHUA,

Ek het vandag hierdie ontvang terwyl ek gister gehuil het oor die jong kinders wat vermoor is vir geen rede andersins as dat die ander jong kinders deur bose gees van moord en chaos beset was nie. Hierdie 11 jarige en 13 jarige verstaan nie eers wat hulle gedryf het om onskuldige kinders van hulle eie ouderdom te skiet nie, diegene saam met wie hulle gespeel en gelag het en vir wie hulle nou vermoor het soos 'n takbok in 'n woud maar selfs die takbok het 'n kans om te hardloop en weg te kruip. satan homself het in hierdie kinders gemanifesteer op 'n manier wat ons nie kan verstaan nie.

Ja bid, maar bid dat hierdie regering wat die enigste beskerming verban het wat hierdie wêreld het, SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH en die Heilige Bybel vinnig teruggebring sal word in die skole. Die Tien Gebooie weereens in die publieke skole sal hang. Jy mag nie doodslaan nie. Ons sê dit en dan vertel die regering vir ons kinders dat hulle onskuldige babas kan vermoor solank niemand dit sien nie, solank die baba veilig in die moederskoot weg van nuuskierige oë is; dit wettig is om daardie hulpelose onskuldige baba te vermoor. Dat dit die moeder se keuse is.

* * * * * * * *

So spreek YAHUVEH…

"HOE DURF JULLE! HOE DURF JULLE! HOE DURF JULLE! Julle vra MY hoe EK so 'n iets kon toelaat. Julle sê waar is YAHUVEH toe hierdie moorde op hierdie babas plaasgevind het? Maar EK was uitgesit uit julle publieke skoolstelsel. MY Naam word nie genoem nie behalwe in vloekwoorde. Hoekom word MY beskerming verlang terwyl MY teenwoordigheid nie verlang word nie? Hoekom beskou julle dit enigsins 'n groter afgryse as 'n onskuldige baba wat huil in die ma se baarmoeder wat gemartel word in die daad van aborsie? Is dit omdat net EK hulle stille krete kan hoor? Terwyl die gille van die babatjies op die skoolgrond oral gehoor was kan julle nie sien dit is dieselfde ding nie?

Die gees van moord het in die kinders gevaar wat in satan se gebied gespeel het. Het EK nie gesê wat ookal in julle harte is geopenbaar sal word nie. Kinders word bloeddorstigheid en bloed gevoer met dwang-voeding op televisie deur die rolprente en speletjies wat hulle speel. Kinders word met dwangvoeding geweld, dood, vernietiging, homoseksualiteit, pornografie, haat en rebellie gevoer om maar net 'n paar te noem. Hulle word geleer dat Heiligheid nie meer nodig is vir vandag nie. Julle sê vir MY hoekom het EK dit toegelaat? Dit sou nie gebeur het as die kinders net geleer was om in MY Naam uit te roep nie.

Diegene wat hierdie chaos waargeneem het sal getuig toe hulle tot MY uitgeroep het, was EK daar. MY engele het vir hulle geveg en hulle bedek met hul vlerke. Hierdie babas is almal in die Hemel, ja diegene wat geaborteer was en hulle wat op daardie skoolgrond gesterf het. Maar EK het dit toegelaat om te wys wat met die publieke skoolstelsel gebeur terwyl die gees van die antichris besig is om alles wat Heilig is uit die skool te skuif.

Jy betaal 'n prys Amerika en al die nasies wat haar voorbeeld volg. Hierdie dinge sal aanhou totdat die sinnelose aborsies ophou. EK sal satan toelaat om in julle kinders te manifesteer wie nie geleer was om MY aan te roep nie. EK sal satan toelaat om die musiek en media te gebruik om julle kinders te verdorwe en hulle van MY af weg te neem en van julle af weg te neem en hulle sal toegelaat word om oorlog te verklaar teen ouers, volwassenes en gesaghebbendes. Want toe julle hul geleer het om dit wat Heilig is nie te respekteer nie en wat MY Wette is nie het julle hulle oopgestel vir satan om hulle met sy bose geeste te vul wat Amerika en die skoolstelsel sal verwar en beskaam.

Speletjies wat begin het as onskuldig en prettig, wat kinders geleer het hoe om met ander klaar te kom hits nou een teen die ander aan om te sien wie kan mekaar vermoor. Sê MY Woord nie wanneer julle in jul hart sondig, het julle teen MY gesondig nie?" Julle verbeelding is nie julle s'n nie, elke denkbeeld, elke gedagte moet gevange geneem word vir MY inspeksie. As dit teen jou broeder sondig is dit sonde. Die grootste van al die Tien Gebooie is om jou naaste lief te hê soos jouself.

Dit sluit ook in dat jy nie mag moord pleeg nie. Maar in julle kinders moor hulle en hulle vermoor die goeie sowel as die bose in speletjies. Pasop, soos EK voorheen deur hierdie diensmaagd gevra het, "Wat is satan besig om julle kinders vanaand te voer deur die media, deur hulle maats, deur die speletjies of boeke wat hulle lees en deur hulle musiek?" Pasop, satan weet EK het as 'n onskuldige kindjie in hierdie wêreld ingekom en nou wil hy die kinders straf, om hulle siele te verdorwe en hulle uiteindelik saam met hom hel toe te neem.

Julle babas raak swanger en word dan meegedeel dat alles reg is, kry net 'n aborsie word vir hulle vertel. Nie een gedagte aan die onskuldige kind wat nooit geleer was dat multi-seksuele gedrag 'n SONDE is wat tot korrupsie van die siel lei nie. Nie een gedagte aan die marteling van daardie onskuldige baba terwyl dit in die ma se baarmoeder lê nie. Alhoewel die moeder self nog 'n jongeling mag wees, sondig sy teen MY, Almagtige God YAHUVEH en sy sondig teen haar ongebore baba wat net gebore wou word, terwyl sy dit laat teregstel. Daar is geen verskil tussen 'n vuurwapen wat gebruik word vir moord en 'n dokter wat gebruik word vir moord nie. Dit is alles moord in MY oë. Die moeder sondig ook teen haar liggaam, siel en Gees. Haar verstand sal nooit vergeet nie, alhoewel EK kan vergewe as sy MY vra en wegdraai van hierdie boosheid.

EK profeteer nou iets so afskuwelik om te bepeins maar die moorde gaan meer algemeen word. Die ouers sal hulle kinders vrees. Die kinders sal hulle ouers beheer aangesien hierdie rebellie toegelaat was om te groei. Die state sal sê ‘hulle besit julle kinders.’ Die state sal wette uitvaardig wat verhoed dat julle kinders deur die ouers gedissiplineer word. Ouerlike regte is stukkie vir stukkie afgestroop totdat julle ouers binnekort geen regte meer sal hê nie. Moenie dat hierdie voortgaan nie! satan kan nie vat wat julle nie vir hom gee nie. Vat terug julle kinders in MY Naam! Vat julle kinders uit hierdie hole van ongeregtigheid; julle is besig om hulle te onderrig ten koste van hulle siele.

Soek MY terwyl EK nog maklik te vinde is en EK sal vir julle 'n ander weg wys om julle kinders te onderrig, beide die dinge in die geestelike en fisiese ryk. EK sal weer vir hulle die begeerte teruggee na heiligheid en vir moraliteit. Daar is 'n sluier van duisternis wat neergedaal het oor die publieke skoolstelsels en die mantel van duisternis het uit die putte van die hel gekom en dit bedek baie van die jeug van hierdie nasie, wat MY nie aanbid as hulle Heer en Verlosser nie. Die kinders ly as gevolg van die ouers se sonde om nie vir hulle te vertel wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie! EK is hulle enigste beskerming! satan was verwelkom in julle skole en onheiligheid vier hoogty in hulle.

Staan op ouers; haal julle kinders uit skole uit wat nie MY heiligheid wil toelaat om deel te wees van die opvoeding van julle kinders nie. Staan op ouers en sê vir die regering hierdie kinders het julle die reg om te dissiplineer. EK dissiplineer diegene wat EK liefhet! Hulle moet weereens die vrees van Almagtige God YAHUVEH ken en die vrees vir hulle ouers. Goddelike, respekvolle vrees wat karakter bou en die siel voed wetende dat daar reëls is en as jy hierdie reëls breek sal jy betaal.

Die skole betaal nou. Die regering betaal nou. Die ouers betaal nou. Hulle wil wette uitvaardig en dit sal gebeur, net as julle dit toelaat, dat julle verbied sal word om julle kinders pak te gee. Meeste van alles, die jeug van hierdie nasie en wêreld betaal nou. Hulle het MY nodig en tog leer so min ouers hulle dat EK die enigste weg, waarheid en lewe is. Heiligheid is noodsaaklik en dit moet in hierdie eindtye beklemtoon word. Vrees hierdie wet! Beveg hierdie wet! Want as julle dink julle kinders is nou rebels het julle nou net 'n vlugtige kykie van hierdie rebellie gehad. Die bloed is nie alleenlik op die hande van hierdie kinders wat gemoor het nie, die bloed is op die Raad van Onderwys. Die bloed is op die ouers se hande wat nie hulle kinders heiligheid geleer het nie. Die bloed is op die regering se hande. Die bloed is op Amerika en dit is nie die Bloed van MY Seun, YAHUSHUA ha MASHIACH wat nou hierdie nasie bedek nie, maar die onskuldige bloed van die miljoene babas wat daagliks, 24 uur per dag vermoor word.

Toe julle gesê het dit is wettig om die babas te vermoor solank hulle in die ma se baarmoeder is en ons nie hulle stille krete en geweeklaag kan hoor wat EK alleen kan hoor nie. Sê EK vir julle dat die gille en geweeklaag sal kom van die kinders wat julle kan hoor, kinders van die heidene, kinders wat julle kan sien, kinders wat so onskuldig is maar nie anders as die babas in die baarmoeders wat vermoor word nie. Een moord is dieselfde, een rebellie is dieselfde, en die gees van onheiligheid is dieselfde. EK sien alles! EK hoor alles! Mits hierdie nasie bekeer oor die vermoorde kinders, sal julle meer vermoorde kinders sien. Moenie dink EK is 'n God wat langer bespot sal word nie.

Julle kerke verkondig MY liefde en nogtans wil hulle nie MY Kinders leer dat EK ook 'n God van Almagtige liefde en Almagtige wraak is nie! In die tye van ouds het EK kinders voor die dorpsplein laat stenig. Rebelse kinders wat ouers nie kon beheer nie en wat net tot meer rebellie gelei het, EK het laat die ouers die eerste klip gooi. Nou is daar wette wat die kind beskerm om selfs nie eers pak te kry op 'n agterstewe wat EK vir hierdie doel geskape het nie. Nou, is daar wette wat die kinders kwytskel met 'n piets op die gewrig na ‘n kortstondige inperking. Verstaan dit, EK sê dit vir julle, hierdie kinders sal weer moor want daardie bose gees is nogsteeds in hulle en volgende keer sal dit 'n groter omvang hê as hierdie gees nie uitgedryf word nie. Julle jeug huise het YAHUSHUA nodig om die demone weg te dryf van hierdie kinders af. Hulle verstaan nie eens dat dit nie hulle is wat die snellers getrek het, of die planne beraam het nie, hulle was pionne in 'n skaakspel en hulle het slegs die bewegings ervaar.

Amerika, bekeer oor die sluier van duisternis wat uit die hel kom wat julle laat dink wat julle in die geheim doen sal nie ontbloot word nie. Homoseksualisme is net nog 'n ander lewenswyse wat julle wil onderrig, maar dit is die duisternis van die hel wat verhoed het dat julle die lig van die waarheid sien. Hierdie is 'n gruwel vir MY! EK het vir julle VIGS gestuur as 'n wekroep en julle het MY geïgnoreer en genesing probeer vind. EK stuur 'n baie erger plaag as dit. SWART KOKENDE BLOED PLAAG! Dit sal kom oor almal wat julle kinders die gees voer van homoseksualisme deur dwangvoeding op silwer lepels. Dit begin by Ellen Degenerate (Degeneres) en dit het in die Withuis ingegaan. Julle bespot MY!

Julle dink omdat EK onsigbaar is kan EK nie hoor of sien wat julle gesê en gedoen het nie. Julle dink die heilige instelling van die huwelik moet bespot word. Julle dink MY Tien Gebooie is van geen waarde vir hierdie tyd en era nie. EK is KWAAD en EK sê vir almal wat julle onheiligheid pronk in MY gesig. Julle sal sien dat EK nie 'n God is wat bespot moet word nie. Julle sal ly! Julle kinders sal ly! Julle land sal ly! Maar nie diegene wat aan MY behoort nie, EK sal al MY Kinders beskerm, beskut, seën en lei wat hulle harte, lewens, Gees en siele aan die God van die skepping en God van Verlossing gegee het.

Julle heidene wat gruwels in MY oë doen, en dit op die media sit en selfs in julle liedere, julle wat wil hê dat elkeen 'n keuse moet hê vir aborsie, genadedood en homoseksualiteit, julle wat die regte van ouers wegneem om hulle kinders op te voed met 'n Goddelike vrees en respek. Julle sal uitvind EK is YAHUVEH (God) en EK is woede in gelyke balans met liefde en julle sal sien wat gebeur wanneer hierdie straf op julle neerkom van nêrens anders as MY hand nie. Nêrens om heen te vlug as na MY toe nie. Hierdie nuwe plaag het reeds geweldige moegheid begin, hoë koors, julle bloed sal lyk of dit swart is, geen immuniteit, julle bloed sal uit julle monde stroom. Oormatige Bloeding!

Want julle bespot die Heilige Bloed wat vir julle op Golgota gestort was en nou sal EK julle terugspot met bloed wat die onheiligheid in julle bloed wys. Julle sal bid om dood te gaan maar die dood sal nie maklik kom nie. BEKEER NOU! Hou op om MY ongebore babas te vermoor. Hou op om die jeug en hierdie wêreld met julle stank van onheiligheid te verdorwe. BEKEER NOU Amerika! Kyk hoe diegene vir wie julle as leiers aansien nie meer leiers is nie. BEKEER NOU! Die ladings uit die hel wat alles vervloek wat Heilig is op julle media, wat die kleintjies na-sê en nie eers verstaan hoe kwaad hulle MY maak nie moet stop. EK gaan julle slaan met MY ROEDE van Toorn totdat julle bekeer.

Hulle wie MYNE is en julle weet wie julle is, julle het 'n verhouding met julle Verlosser en julle het MY lief en stel MY eerste in alles wat julle doen. Julle herken die vervalsing terwyl satan MY bespot in Garland, Texas. Julle is nie mislei nie, julle weet julle YAHUSHUA kom spoedig weer en wanneer die bespotting en vervalsing plaasvind sal julle nie mislei word nie. Julle MY Geliefde skatte waardevoller as wat woorde kan sê julle weet op watter Naam julle vertrou om julle en jul siele te verlos. Julle kinders is veilig en beskut in die palm van MY hand en MY ander hand bedek hulle asof hulle 'n pasgebore kuiken is. EK sal diegene beskerm wat aan MY behoort, hulle wat begeer om aan MY te behoort, EK wag vir julle. EK het geen begeerte om julle met MY ROEDE van teistering te slaan nie. MY ROEDE en staf is om julle te vertroos om julle te beskerm en te lei.

MY ROEDE is om MY Kinders te beskerm terwyl EK wraak uitstort op hulle vyande en MYNE. MY ROEDE word ook gebruik as tugtiging soos julle julle kinders moet pakslae gee so moet EK MYNE met tye pakslae gee wanneer nodig. MY ROEDE van woede is net gereserveer vir hulle wat in uiterste rebellie is. Pasop die ROEDE kom na Amerika toe. Pasop die ROEDE van Toorn is oppad na ander nasies van die wêreld wat bepaal het dat hulle 'n ander god sal dien. MY begeerte is EK wil julle met MY Herderstaf lei wat julle beskerm en julle rig en slegs die vyande wegslaan, die wolwe wat in vermomming kom as die goeie en in plaas daarvan boos is.

My geliefde kinders weet dat godsdiens hulle nie gaan red nie slegs 'n liefdevolle verhouding met YAHUSHUA ha MASHIACH, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH sal hulle red. Slegs die waarheid daar is geen verlossing behalwe deur die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, die Bloed wat EK vir julle op Golgota gestort het en die Heilige Woord kan julle red wanneer dit gespreek word in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH! Slegs bekering en wegdraai van sonde en ‘n strewe om 'n lewe van heiligheid te leef en MY te gehoorsaam kan julle red. Wetende dat julle nie perfek is nie maar dat julle daagliks werk om MY te behaag en doen wat julle weet EK wil hê julle moet doen. Vir al die ander sê EK, HOE DURF JULLE?

Hoe durf julle MY blameer vir die onheil wat julle oor julself gebring het en dié van julle kinders? Julle het die duisternis van die hel gemaai en daar is geen verlossing nie behalwe deur die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota. EK is julle enigste bron van lig maar hoeveel sal MY aanroep sodat hulle gered kan word? EK spreek weereens hierdie waarskuwing voort deur MY profetiese diensmaagd Pastoor [Elisheva Eliyahu] nie oor wie sy is nie maar oor wie “EK IS!” EK, die Groot Almagtige God YAHUVEH, het gespreek! Hulle met ore om te hoor luister en leer en hulle wat doof en blind is sal net geestelik blinder en dower word.

* * * * * * *

26/3/98 3:54 NM gegee aan hierdie nederige werktuig van klei Profeet Elisheva Eliyahu

Terwyl ek dit aan my webbestuurder voorgelees het het ek 'n koue rilling deur my voel trek terwyl ons oor die foon praat toe ek by die deel van die nuwe plaag kom wat hierdie wêreld erger gaan tref as VIGS. Toe begin tale, tale van oorlogvoering. Toe, terwyl my oë gesluit was, het ek donderwolke gesien, swarter as swart. Ek het besef dat dit die donderwolk van SY woede was en dat HY nou net SY woedende woorde deur my mond gebulder het. Volgende kom die weerlig! HY sal SY teikens tref! Wee die opstandiges wat nie hierdie waarskuwing herken nie. YAHUSHUA stuur my uit as SY spreekbuis om hierdie waarskuwing voort te spreek terwille van SY genade sodat hulle kan bekeer. Dan kom die verdoeming. Pasop vir die ROEDE van Almagtige YAHUVEH! Draai terug na die God van ons voorvaders. Draai terug na YAHUSHUA ha MASHIACH, Amerika, voordat dit te laat is.

Hieronder is nog 'n profesie om te bevestig wat YAHUVEH deur die jongste profesie gespreek het wat HY aan my gegee het, "Pasop die sluier van duisternis het gekom." Die onderstaande woord was deur iemand anders aan my deurgegee. 'n Kleed van duisternis op ons skole: YAHUVEH het vir my gewys dat 'n kleed van duisternis uit die duisternis op ons skole gegooi is.

Ons moet bid en vas vir die wegneem van hierdie kleed, want YAHUVEH sê ...EK hoor die gebede van MY volk wanneer hulle met hulle hele hart bid. Daar is meer verwoesting wat sal verskyn tensy ons bid en dit in die geestelike ryk beveg, nie die fisiese natuurlike ryk nie. Wat doen die vyand om ons te vernietig? Hy werk van binne. Ons het meer om oor besorg te wees huishoudelik as oor bedreigings van buite. Bid en tree nou in vir hierdie generasie. Dit is goed om 'n spesiale dag van gebed opsy te sit, maar MY intersessors moenie wag nie want dit is nou die tyd vir die swaard van die Gees wat MY Woord is om getrek te word en die gebede in die Gees om te begin terwille van hierdie kleintjies van MY.

Het EK nie vir julle gesê dat dit beter is vir ‘n mens dat 'n meulsteen om sy nek gehang word en in die see gegooi te word as om een van hierdie kleintjies wat in MY glo, te laat struikel nie? Vegters trek julle wapenrusting aan en gaan veg want dit is MY, YAHUVEH se geveg, en EK, YAHUVEH sal daardie beskikbare werktuie gebruik daardie werktuie wat oop is gereed om MY Gees te ontvang in mate uitgestort om julle te bekragtig om in die geestesryk te veg. Moenie bang of verslae wees nie want EK, YAHUVEH, julle God het voor julle uitgegaan en EK stuur beskermengele vooruit in massa getalle wat julle nie kan tel nie, om hierdie kleintjies te beskerm en MY Kinders te bewaak, so spreek YAHUVEH.

Ek het 'n droom gehad op 3/9/92, wat ek glo op 'n ander blad geplaas sal word. YAHUSHUA het alreeds vir my van hierdie plaag vertel wat gekom het maar ek het dit nie verstaan nie en ek sal die droom deel terwyl ek dit van my notas af kopieer. Ek beweer nie dat ek die volle openbaring het nie. As die RUACH ha KODESH aan een van julle die volle betekenis wys, e-pos my asseblief en ek sal die betekenis plaas soos die RUACH ha KODESH lei.



Profesie 69 “Daar Is ‘n Koms Van Die Verandering Van Die Wagte!”

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 31 Desember 2002 Vrygestel op 1 Januarie 2003

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Op 31/12/02 het ons (AmightyWind Bediening-span) gebid vir persoonlike antwoorde op sommige vrae wat ons gehad het. Omdat ons nie die boodskappe sensor van ons Hemelse Vader YAHUVEH of ons Messias YAHUSHUA nie deel ons selfs die gedeelte wat persoonlik is. Dalk sal dit iemand anders help.

Selfs wanneer ek tereggewys word deur YAHUVEH erken ons nederig dat ons ook foute maak en nie beter is as enige van YAHUEH se kinders nie. Hierdie is ook op die hoorbare band so dit is hoekom ons tydens oorskrywing dit insluit op die geskrewe oorskrywing. Ons het probeer om hierdie te plaas op die internet op 31 Desember maar ons het onder hewige geestelike aanvalle gekom en kan hierdie nou eers vrystel. YAHUVEH het geweet hierdie sou gebeur so dit moet deel wees van SY plan.

* * * * * * *

(Persoonlike Woord) MY Kinders, bring vir MY een vraag op 'n slag. [Elisheva] jy jaag in so baie treë, in soveel tree. In soveel verskillende rigtings. Kan jou voete in twee verskillende rigtings gaan of vier verskillende rigtings terselfde tyd? Dit is hoekom EK aanhou beklemtoon een tree op 'n slag. Goed (ek wat lag) ons sal weer vra, "Watter vraag wil U hê moet ons eerste vra Vader?" (ek het tydens gebed en spreek in tale omtrent 4 of 5 persoonlike vrae gevra.) O Wow! [Ek lag steeds, ons behoort altyd net die volgende tree te wil hê en ek wil twintig hê ten minste, maar ek leer.] [Ek het begin lag en bid in tale, nie besef dat 'n profesie voortkom nie.] Pappa God YAHUVEH wat is die volgende stap? Goed, ek bekeer dat ek in te veel rigtings tegelyk probeer loop. Wat is die volgende stap vandag? [Biddend in Hemelse tale] Ek hou aan om ‘n gedeelte te hoor van 'n profesie wat U probeer voortspreek en Vader ek hoor ook ons persoonlike behoeftes en ek raak deurmekaar omdat ek nie weet watter een U eerste wil voortspreek nie. Hulle wag vir 'n woord om te hoor van U Vader, ons ook" (biddend in tale). Profesie 69 kom voort.

* * * * * * *

Profesie 69

Terwyl julle ingaan in die jaar van 2003 gaan die spotters en skimpers julle omring. Hulle gaan sê, "Waar is hierdie YAHUSHUA wat jy sê wat kom?" Maar EK het 'n woord vir julle. EK herinner julle aan die spotters en skimpers wat vir Noag omring het. Hierdie dinge moet gebeur. Dit is MY manier om die kaf te skei van die koring. Spot MY as julle durf. Hierdie is die boodskap wat EK gee vir die vyande, want enige vyand van julle is 'n vyand van MY. ‘n Vyand is enige iemand wat hulself stel teen die boodskappe wat EK gee vir jou, want waarlik het EK jou gesalf as MY woordvoerder. Wanneer die vyande spreek teen hierdie boodskappe wat direk uit die Hemel kom, spreek hulle teen MY, YAHUVEH, en MY Geliefde SEUN YAHUSHUA.

Dink nie dat hulle jou verwerp nie MY Dogter, want hulle verwerp MY. Want selfs die vals profete neem hierdie boodskappe wat EK jou gee en hul bestudeer hulle en hul kopieer hulle om hulle te laat lyk asof die woorde wat EK tot jou spreek van hulle af kom. Moenie verbaas wees nie MY Dogter, want weet selfs die duiwel nie dat die waarheid uit jou mond voortgaan wanneer dit EK, YAHUVEH, is wat die woorde in jou mond sit nie. Die vervalsde verrys en die mense is mislei, sodat hulle die woorde kan neem en hulle verdraai in dit wat EK nie bedoel het nie.

Daar is ‘n koms van die verandering van die wagte. Hierdie is in 2003 wat julle sal sien. Die verandering van die wagte in julle polisie, in julle regering, polities en geestelik kom dit, die verandering van die wagte. Hulle is die bose wagte wat kom; hulle neem die beroepe weg van die wagte wat EK oorspronklik daar geplaas het. Hulle is satan se handlangers wat julle vryhede sal wegneem en veroorsaak dat MY Kinders sal uitroep na MY en ween en in vrees sal wees, so baie sal sê, "O YAHUVEH waar kan ons U vind O salwing van die RUACH ha KODESH hoekom spreek U nie?" Waar sal julle MY vind MY Kinders want hoe min kerke het MY Gees binne-in hulle.

EK sal vir julle sê waar julle MY kan vind; dit sal ‘n persoonlike een-tot-een wees met MY. Julle beter styf vashou aan die soom van YAHUSHUA se kleed, want baie van julle sal deur die modder gaan, baie van julle sal deur die vriesende sneeu gaan, baie van julle sal gaan deur die hitte van die son. Wat maklik was vir baie van julle in 2003 sal julle moeilik vind. Vele is MY Kinders wat luister en MY stem herken deur MY Diensmaagd maar hulle wil hier-en-daar ‘n woord wegneem om dit gelykvormig te maak aan hulle manier van dink, asof dit MY Woorde kon uitkanselleer en hulle ongeldig maak.

Wat EK profeteer sal gebeur! MY ware gebedsbemiddelaars het verrys en gevra vir ‘n vertraging. Julle het MY gevra, "Hoekom het hierdie gebeur met Richard Eby, hierdie is die woorde wat EK nou het om te te sê, Richard het moeg geword terwyl sy gesondheid agteruit gegaan het. Richard het verlang en getreur elke dag om weer die Hemel se poort te sien. Elke dag wat hy wakker geword het, het hy verlang om in die Hemel te wees, want julle sien MY Kinders julle gebede het die koms van YAHUSHUA vertraag. EK het nie Richard se wil teëgegaan nie, want hy het MY gesmeek dag-na-dag. Daar was niks meer waaraan hy verbind wou word tot hierdie aarde nie, want hy het MY heerlikheid aanskou en hy wou dit weer hê. Nie eens die liefde van sy familie en vriende nie, nie eens die missie wat EK hom bestem het om te doen nie en dit was om te wag vir YAHUSHUA om te kom; nie langer wou hy daarby gehou word nie.

Maar waarlik MY Kinders, neem kennis, skryf alles neer want die einste dag toe hy gesterf het en voor MY aangesig verskyn het in die Hemel, neem notisie van wat gebeur het op die aarde, want waarlik was hy 'n temperatuur, ‘n barometer en satan weet hierdie, dit is hoekom hy sy hand gewys en gespog het voor die wêreld ek kan nou die mens kloon. Julle sien wat in die geheim gedoen was vir jare verskyn nou eers voor die wêreld se ore. Julle weet MY Kinders dit is waarlik die einde wanneer die mens sê, "ek het god geword" want niemand behalwe die groot Skepper EK, YAHUVEH, kan 'n gees en 'n siel in 'n mens sit nie, so hierdie is siellose skeppings wat slegs onder MY toorn is. Dit is satan wat daardie kennis gegee het om MY weereens te bespot. Maar EK sê vir julle dit MY Kinders, niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie.

Want diegene wat waag om te spot en te sê die hel is nie ‘n werklikheid nie, dit is net ‘n fragment van julle verbeelding, hulle sal nie net die hel smaak nie maar hulle sal swem in die Poel van Vuur. Vir diegene wat dit waag om die 2de koms te bespot van YAHUSHUA, EK sê vir julle eenmaal en EK sal weer vir julle sê, HY kom nie vir die Kerk nie. HY kom nie vir enige georganiseerde Kerk nie. HY kom die volgende keer vir SY Bruid. En nie net enige iemand word YAHUSHUA se Bruid genoem nie, is hulle lojaal, is hulle waaragtig, is hulle getrou. Sal hulle kies om HOM te gehoorsaam Wandel hulle Heilig voor MY Is MY Naam op hulle lippe daagliks Roep hulle uit in die Naam van YAHUSHUA Of gooi hulle MY Tien Gebooie neer, vertrap hulle onder hul voete totdat hulle verkrummel in stukkies op die grond Sê hulle vir die mense luister nie na die maniere van ouds nie want ons doen dinge op 'n nuwe manier, ons doen dinge op ons manier?

Dit is MY teken MY Kinders, terwyl EK julle nou apart gestel het, want diegene wat alreeds gemerk is húlle het MY seël van beskerming. Die engele het julle gemerk vir die jaar 2003. Boosheid sal menige oorval wat hulself noem by MY Seun se Naam en hulle sal wonder hoekom. Dit is as gevolg van hierdie rede, omdat julle dit waag om te spot, omdat julle dit waag om dit uit te gooi wat EK voortgespreek het, want julle kyk na die boodskapper en nie die boodskap nie. Julle sien net 'n enkel vrou, en omdat julle nie MY gesig van toorn kan sien nie kan julle jul woorde na haar toe slinger, maar EK wil hê julle moet weet, nie een woord wat julle gespreek het het nie voor MY ore gekom nie terwyl julle haar aangeval het het julle ook 'n naald in MY oë gesteek, so wanneer julle uitroep in pyn, sal EK julle einste stemme verafsku.

Julle wat leef in praal en glorie, roem en rykdom, julle sien neer op MY Profete en Apostels, want julle het julle mae gevoed, die beste klere word oor julle rue gelê, julle het julle inkomste ver bo alles, julle was geseënd. Maar julle sien julle het nie die woord swaarkry geken nie. Maar in 2003 sal julle. Dit sal die begin wees van die swaarkry vir diegene wat dink hulle is bo MY woede verhewe. MY woede sal op hulle uitstort. EK sal nie MYSELF weer herhaal, om vir julle te sê hoe die aarde gaan sidder en bewe nie want terwyl YAHUSHUA nader kom het EK reeds geprofeteer die aarde gaan sidder en bewe want selfs die aarde bewe in vrees. O dwase man en vrou. Wanneer selfs die aarde sidder en bewe in vrees en julle spot en ontken EK is hier.

Julle draai na wetenskap vir jul god Julle draai na die politiek om in jul behoeftes te voorsien Dwase, Dwase, Dwase generasie! Julle draai na die kennis van hierdie wêreld en julle ontslaan MY Boek as oud, die Boek wat gevul is met alle waarheid en kennis, die Boek wat die Profete voorspel het. Weg, Weg, Weg van MY af, gaan weg van MY af met julle lasterlike aanbidding terwyl julle hierdie kerkbanke vul op Sondag en julle die ware Shabbat aanbidders wegjaag. EK sal julle weereens wys, oordeel begin waarlik by die huis van YAHUVEH. Terwyl YAHUSHUA weereens die geldwisselaars sal pakgee en hulle reguit by die deur uitjaag.

Nou EK het julle gewaarsku oor ongelyk-gejukte huwelike, maar julle dring daarop aan om vas te klou aan daardie maat. Wetende dat hulle MY einste Naam en die Naam van YAHUSHUA verafsku, verfoei en haat. So klou vas aan julle maats. Doen wat EK julle verbied het om te doen. Julle sien nog nie MY Kinders, dat EK die beste het wat wag vir julle nie. Dit wat EK nie saamgevoeg het nie, dit wie se naam nie gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Dit wat jy steeds eis om jou man of vrou te wees, hulle sal jou verkoop aan die hoogste bieër in die komende bose tye vorentoe. Dit sal MY Kinders wees wat nie sal besef hulle was verkeerd nie totdat hulle hul koppe verloor het.

Hoeveel van julle hardloop weg van julle roepings af En sal luister na hierdie Apostel wat praat en sê, "Ek staan agter hierdie bediening maar ons tiendes en offergawes sal ons steeds hou" Besef julle selfs nog nie om te praat is goedkoop as julle nie help nie, hinder julle, nemende die woorde wat EK spreek, en julle sal staan voor MY op Oordeelsdag en EK sal julle vra, "Het jy haar gehelp op enige manier?"

Plae kom en as julle draai na die Regering vir beskerming, as julle draai na die mediese gemeenskap vir beskerming, het EK reeds voorspel wat sal gebeur. Niks kan gebeur nie MY Kinders wat EK nie eers vir MY Profete en Apostels vertel nie. Selfs die booswigte hoog op die heuwel luister, alhoewel hulle MY nie volg nie, bewe hulle in vrees om te weet dat EK MY geheime voortspreek wat geen mens vertel het nie. Hoeveel van julle hardloop weg van julle roeping af Hoeveel van julle laat ander die evangelie vertel Hoe min van julle wat selfs hierdie lees of luister is selfs daarbuite in die oeslande of help selfs om hierdie eindtyd-oes in te samel.

Ja, EK sal martelaars hê want net so seker as wat Stefanus se bloed in die grond ingevloei het het daar 'n man gestaan genaamd Saulus, van wie EK sy naam verander het na Paulus. Terwyl Stefanus se bloed gespat het op hom, terwyl hy sy jas vasgehou het, het die salwing op Stefanus gekom oor Saulus wat Paulus geword het. So wat sê EK wanneer EK hierdie sê ‘n Martelaar se bloed word nooit vermors nie. Dit laat net meer Stefanusse verrys, meer Saulusse wat Paulusse geword het. Vir MY geliefde vertrouelinge gevul met MY salwing wat na MY toe opkyk elke dag en bid, 2003 sal vir julle seëninge inhou terwyl EK die onsuiwerhede wegbrand. Want die beproewinge van julle geloof MY Kinders is kosbaarder as enige goud. Leer om MY te loof MY Kinders, ongeag wat jou lewe inhou.

EK hoor die gebede van diegene wat na MY toe kom met 'n dankbare hart. Hierdie is die gebede wat MY behaag. Net soos in die dae van Moses is hierdie die Kinders vir wie EK sal voorsien en voed. So hierdie boodskap is nie vir diegene wat spot en skimp nie. Hierdie boodskap is nie vir almal nie, slegs diegene met geestelike ore om te hoor, slegs diegene met geestelike oë om te sien sal MY stem hoor spreek.

EK stuur hierdie woord uit na Israel, EK stuur hierdie Apostel na julle toe om vir julle te sê, pasop vir diegene wat kom as ‘n vriend, hulle hand is in jou sak, hulle sakkerol jou. Met hulle ander hand is daar 'n dolk en hulle sê, "Doen wat ek vir jou sê om te doen", maar EK plaas jou in herinnering Israel, as julle net sal uitroep na die God van Abraham, Isak en Jakob, EK, YAHUVEH. As julle net sal ophou luister na die rabbies wanneer hulle vir julle sê om nie MY Heilige naam te spreek nie. Want EK het MY Gesalfdes wat sit daar reg binne-in Jerusalem gevul met MY RUACH ha KODESH. Hulle aanvaar YAHUSHUA as die MESSIAS en hulle roep en bemiddel tot MY. Dit is hoekom Israel gespaar was tot dusver. Want alhoewel jy Israel eens die appel van MY oog was, het jy ook nou 'n wurm binne-in.

Israel nie langer kan die wêreld na jou kyk in Heiligheid nie. Want jy het die aborsies, jy het die homoseksuele, jy het pornografie, daar is geen sonde wat nie vir Israel deurtrék het van binne nie. Fariseërs regeer nou jul regering en tog het hulle nie eens die gedaante van goddelikheid nie. EK gaan oordeel in 2003 die state, die nasies wat lyk soos ‘n Sodom en Gomorra vir MY. EK gaan nie eens spreek wat gaan gebeur in 2004 nie, want as julle gedink MY oordeel het neergekom in 2002 en die wêreld hou hul asem op vir 2003, sou die woorde so vreesaanjaend wees selfs hierdie Apostel sou te bang wees om te praat.

So aan MY geliefdes EK het hierdie boodskap vir julle. Neem een tree op 'n slag, neem een dag op 'n slag, want voorwaar in 2003 vernaamlik is hierdie al wat julle kan hanteer. Luister na MY, luister na MY Woorde, leer om MY te soek vir jouself. Die woorde wat EK voortspreek uit hierdie diensmaagd sal EK weereens bevestig. Neem enige iemand selfs notisie hoe vinng dinge gebeur nadat die woorde gespreek is uit hierdie mond. Dit is omdat dit nie net 'n blote vrou se woorde is nie; dit is die Groot God “EK IS!”

Weer sê EK, julle sal mekaar nie ken deur mekaar se naam nie. Julle sal nie omgee oor mekaar se verlede nie. Julle sal jul ware familie herken van YAHUVEH en YAHUSHUA deur die salwing wat binne-in is. Veral met die Apostels en Profete praat EK, EK het julle eenkant gesit want julle neig jul ore tot MY, 24 uur per dag vra julle MY, "O Vader God YAHUVEH watter woorde wil U sê" Julle het jul liggame 'n Tempel gemaak van Opoffering. Julle was gewillig om vervolg te word vir MY Seun YAHUSHUA se onthalwe. Moenie dink dat EK enige iets as vanselfsprekend aanvaar het, van al die opofferings wat julle maak nie. Groot, groot, groot sal julle belonings wees in die Hemel, maar EK sal nie vergeet om julle net hier te seën op aarde nie. Niks het julle opgeoffer wat EK nie 7 voudig sal vervang nie maar dit is waar MY Kinders dit kom met vervolging terwyl jy die spotters en skimpers terwyl jy diegene wat jou lewe bedreig aanskou.

EK het die een gesalf wat praat. Hulle sal weet waarheen om te gaan en wat om te doen, vernaamlik in hierdie jaar van 2003. EK sal nie dat hulle julle op ‘n dwaalspoor te lei nie; dit sal wees net soos in [Elisheva] se droom. (sien Missiel-Droom). (Ek het ook 'n droom gehad jare gelede waar ons 'n groot konvooi voertuie padlangs gelei het te veel voertuie om te tel, ons het onlangs 'n openbaring oor die droom gehad maar dit is nie nou die tyd om dit te deel nie.) (Sien ook die Meteoriet-Droom.)

Want die waarheid was voortgespreek uit hierdie bediening. Daardie waarheid is wat gaan red, want die waarheid kom in YAHUSHUA se Naam. Vir die van julle wat hierdie profesieë kopieer en optree asof dit is EK, YAHUVEH is, deur jou mond wat spreek, julle sal die prys moet betaal vir die salwing wat sy betaal het, net EK sal dit vermeerder een honderd duisendvoudig. Want julle het iets gesteel en het nie die prys betaal nie, soos EK vir MY Diensmaagd gesê het, hoe groter die salwing, hoe groter die opoffering.

So MY Kinders terwyl julle ingaan in die jaar 2003 diegene wat EK waarlik noem MY geliefde Kinders, Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, hou julle net aan om op te kyk na MY. Hou julle net aan om MY Woorde te aanskou. Hou julle net aan om te gehoorsaam en te glo en jul geloof sal julle nie net heelmaak nie, julle geloof soos julle aanhou om geestelik te groei sal behaaglik wees vir MY. Roep MY Naam aan wanneer julle die aarde voel sidder en bewe. Roep die Naam van YAHUSHUA aan (sommige noem hom JESUS), die enigste Naam wat kan red. Plaas MY in herinnering van Psalm 91 sodat plae nie naby julle woning kom nie; versteek MY Woord in jou hart, sodat dit nie net 'n Boek is nie maar van jou liggam ‘n deel. EK het julle lief MY Geliefdes. Bruid maak gereed want jou Bruidegom kom. Diegene wat nie gevoel het hulle kan die prys van 'n Bruid betaal nie, in plaas daarvan net vir haar kyk en ween. Dit is waar MY Kinders daar is maar een Bruid. Gehoorsaamheid is beter selfs as opoffering.

Richard Eby het nie gelieg nie. Hy het net moeg geraak oor die sondes van hierdie wêreld. Hy sal beloon word vir die jare wat hy spandeer het maar hy het nie die missie voltooi van wat EK hom gestuur het nie. Stel jou geloof nie in enige vrou of man nie, maar staan alleenlik in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. Stel julle geloof in die woorde, die woorde in MY Heilige Boeke, dit is hoe julle weet YAHUSHUA kom weer. Die mens kan misluk selfs wanneer EK hulle terugstuur op 'n missie. Julle sien MY Kinders, EK het hom toegelaat om te misluk, om nie daardie missie te voltooi nie. Om julle almal 'n les te leer sal julle geloof steeds bly Vir die van julle soos MY Dogter wat gebid het dat Richard Eby weer lewendig moet word, hy het nie gekies om terug te kom aarde toe nie.

Julle het die waarskuwing; hy was die temperatuur en barometer op die einste dag wat hy gesterf het. Terwyl julle aanskou hoe die Sodoms en Gomorra's voortspreek, terwyl julle die bose sien verrys het. Tel nou af tot Oordeelsdag. Verdoeming vir MY vyande en julle s’n, alhoewel hulle dink hulle is die koppe, is hulle waarlik minder as die stert. Die koms van die veranderende wagte MY Kinders, diegene wat posisies beklee vir so lank, diegene wat julle wette geskryf het, bevind hulself nou sonder ‘n werk. Treur en huil MY Kinders, terwyl julle die verandering sien van die wagte. Want diegene wat Heilig was sal vervang word en word vervang met diegene wat onheilig is. Diegene wat julle kon vertrou, hetsy dit jou bankier of polisieman is, jou posman, die wagte verander. Julle dokters, die wagte verander. Julle regerings die wagte verander. Julle Geestelike leiers pasop vir die verandering van die wagte.

O maar julle sien o vyande van MY. Pasop vir die verandering van MY Wagte. EK posisioneer diegene met ‘n groter salwing. Diegene wat nederig is voor MY aangesig. Hulle is MY geheime versteektes; hulle weet hoe om MY Woorde en MY aangesig te aanskou. Hulle staan in die gaping, hulle roep uit in YAHUSHUA se Naam. Aan die vyande van MY reg rondom hierdie wêreld, Pasop vir MY verandering van MY Wagte. Want hulle het net Heiliger geword. Hulle het net meer vasberade en onverskrokke geword. Hulle sal Heiligheid preek en hulle sal hierdie wêreld bestraf. So pasop vir die verandering van MY Wagte wat geklee is in MY volle wapenrusting (Efesiërs 6), wat nie na julle toe kom in hulle naam nie maar kom in die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA. Wat nie wapens dra van oorlogvoering wat vleeslik is nie, maar MY verandering van MY Wagte het die geestelike wapens wat nog ongekend is.

Hulle het die arsenaal van die ganse Hemel en al wat hulle hoef te doen is om uit te roep na MY in YAHUSHUA se Naam. Hulle gaan julle verandering van die wagte beskaamd laat. So spot MY as julle durf. Terwyl julle booswigte julle wagte verander, want pasop EK sê vir julle MY vyande, EK het ook MY Wagte verander. Hulle is wie julle die minste verwag, die geringste van die mans en vroue en selfs Kinders. EK spreek voort tot hulle nie net deur profesieë wat gebeur nie maar ook in drome en visioene. Hierdie gawes gaan net sterker word terwyl EK MY Wagte verander wie EK bevorder gooi EK ook uit.

Pasop Kerke wat gewaarsku was die Verandering van die Wagte het gekom en hulle sit in julle einste kerkbanke en hulle konfronteer die onheiligheid in julle, die ongehoorsaamheid in julle. EK is dieselfde YAHUVEH en EK verander nie, nie vir enige iemand nie. MY woorde keer nie leeg tot MY toe terug nie, nie vir enige iemand nie. Omdat MY dogter ingetree en gehuil het en gebid het voor MY toe sy gehoor het van die dood van Richard Eby, omdat so baie van julle geskryf en gevra het en soveel meer nog wil skryf en vra, "Het Dr. Richard gelieg vir my?" Nee hy het nie. Sy enigste sonde was dat hy ongeduldig en moeg geraak het, maar EK fouteer hom nie.

*******

So was dit gespreek hierdie dag op 31 Desember, die laaste dag van 2002. YAHUVEH en YAHUSHUA wees asseblief genadig oor ons terwyl ons in die jaar 2003 ingaan.

Ophelderend vir sommiges, ‘n aanstoot vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.

Ek bly julle Suster Apostel Elisheva Eliyahu

Dit het geeïndig 6:45 in die oggend.

Einde van profesie. Verduideliking volg.

* * * * * * *

Ek was wakker gemaak 5:00 die oggend en YAHUVEH het vir my gesê om SY aangesig te soek, om te kom voor SY TROON en bid. Terwyl ek begin het om dit te doen, het ek gesê "Ek moet in tale bid so ek sal sitkamer toe gaan." Ek het begin bid...

Dit is hoekom hierdie woord voortgekom het- pleitend en biddend en ek het ‘n hele lys dinge in gebed geneem soos die behoefte aan ‘n RV, wat die reisende toevlugs-oord moet wees, waarvoor ons glo in geloof, en al ons persoonlike behoeftes, en ek het te veel vrae op een slag gevra. Soos julle kan sien was ek voor die hele wêreld tereggewys. Want die eerste ding is hierdie boodskap moes na vore kom. YAHUVEH het vir ons gesê dat dit die eerste ding is wat ons veronderstel was om te soek. Ek is heeltemal eerlik met julle ek sê vir julle ons het geen idee gehad dat hierdie woord voortkom nie. Ons het geweet nog ‘n boodskap was oppad want gister op 30 Desember was die okkultiese aanvalle wat teen my gekom het, heel moontlik die sterkste tot dusver. Maar soos julle kan sien is die geveg YAHUVEH en YAHUSHUA s’n en die Oorwinning is ons s’n. Want vandag het die nuwe woord na vore gekom, om te bemoedig, te bestraf en hopelik om geloof te bou in diegene wat geloof nodig het, en vir diegene wat nodig het om te bekeer om op hul aangesigte te val en te bekeer en ‘n nader verhouding en wandel te soek met YAHUVEH en YAHUSHUA voor dit te laat is, en dit hulle koppe kos.

Kopieer asseblief en waarsku ander en stuur aan ander webwerwe en tree asseblief in vir ons in gebed. Asseblief oorweeg dit biddend of julle vennote moet word van hierdie bediening waar ons sal deel in dieselfde belonings.

Liefde en seëninge in YAHUSHUA se Naam.

Apostel Elisheva Eliyahu



Profesie 120 Moenie Moed Opgee Nie! Moenie Tou-opgooi Nie!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu, 19 Oktober 2011

6de dag van Sukkot d.m.v. Nuwe Maan waarneming; of 7de dag, Hoshana Rabbah d.m.v. offisiële Israelitiese Kalender

Hierdie Profesie het die Salwing van restourasie, krag en onverskrokkenheid. So as jy gevegs-moeg en afgemat is, laat YAHUSHUA jou verkwik met hierdie Sukkot Profesie van Restourasie aan almal wat YAHUSHUA aanbid en Heilig lewe. Dit het ‘n Salwing van restourasie - verstand, ligaam, siel en gees, gesondheid, finansies en in alle opsigte!

Ons loof U, ABBA YAHUVEH vir die Salwing op hierdie Profesie wat jukke en bindings gaan breek tot U Lof, Eer & Glorie.

Alle Wedergebore, HEILIGE GEES gevulde Gelowiges wat YAHUSHUA ALMAGTIGE HERE GOD & REDDER, aanbid, dien en gehoorsaam, alle vervolgde, misbruikte, verwerpte, gehate – julle wat moeg is vir boosheid wat aanvaarbaar genoem word en goed wat boosheid genoem word; moenie opgee nie Heilige Gebeds-bemiddelaars, Bruid van YAHUSHUA. Moenie ophou nie selfs wanneer die bekommernisse en probleme van hierdie wêreld jou oorweldig laat voel, wanneer satan aanval, wanneer vyande jou oortref in getal! Moenie opgee nie, moenie ophou nie! Hierdie wêreld is nie ons Tuiste nie! Moenie jou geloof opgee nie in YAHUSHUA se Naam! Julle sál oorwinning hê!

Hierdie gaan soveel van die troepe herstel wat so papgeslaan was. Die moraal van die troepe het nodig om opgebou te word. Daar is geen verdraagsaamheid in Israel vir diegene wat glo in en vir YAHUSHUA volg nie.

Elisheva sê, "Dit het 'n vervolgde Jood geverg om die salwing aan te wakker in hierdie vervolgde Jood." As jy moeg en neergeslaan is, lees asseblief en luister. Daar is 'n Salwing van restourasie hierin. Daar is 'n groter Salwing in die Gesproke Woord. Luister asseblief na die klankopname in die video of lees dit hardop as jy in staat is.

Kyk asb. op die einde, was daar ‘n wonderwerk met die bandopnemer. Die battery was gevul met net genoeg krag om die lengte op te neem van die Woord self. As die telefoongesprek opgeneem was van die begin af, sou die hele Woord nie opgeneem gewees het tot die einde toe nie. Maar Loof YAHUSHUA, die opname het begin in YAHUVEH se perfekte tydsberekening en die hele Woord was opgeneem!

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee aan hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie voortbring (1 Kor 14:6)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”

Wat letterlik beteken: “Loof YAH”

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”

ELOHIEM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- is ook op hierdie webwerf.

(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH beteken “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”

Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis vertaling mits anders aangedui

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesieë:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het

EK is YAHWEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

(van Profesie 105)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte uit 2 Kronieke, by te voeg as ‘n waarskuwing vir diegene wat spot:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Profesie 120 Begin:

19 Oktober 2011

Jy behaag MY, MY kind. Moenie huiwer om MY die HERE GOD ALMAGTIG te noem nie, want MY GEES is in jou.

Jy is MYNE! Jy is Bloed-gewas!

Jy is Bloed-gekoop! En jy is MYNE.

- verstand, liggaam, gees en siel behoort aan

YAHUSHUA HA MASHIACH! EK IS jou MESSIAS!

Elisheva: “O, ek kry warm!” (Die Heilige Vuur Salwing van die RUACH HA KODESH manifesteer dikwels op hierdie manier.)

En nou vul EK jou met Vars Nuwe Olie uit die Hemel om te wandel in 'n groter Salwing om te spreek met ‘n groter onverskrokkenheid, soos Johannes die Doper.

Van die kroon van jou kop tot die einste sole van jou voete!

Vars manna uit die Hemel, gee EK vir jou om te eet!

Jy is MY geliefde! MY geliefde is MYNE!

O, MY kosbare een! Help MY, help MY, help MY!

Voed MY skape en lammers! Werk aan hierdie Profeet se sy.

Want die tyd is so kort!

MY BLOED deurweek die grond in Israel. Net een druppel is al wat dit verg om die sondes weg te was. Dankie vir jou om nie skaam te wees vir MY nie. Dankie vir jou om gewillig te wees om vervolg te word vir MY! Dankie vir jou vir die aanvaarding vir MY, selfs al beteken dit jou eie familie draai weg, diegene wat van jou bloed-familie is, maar nie MY BLOED-Familie nie!

MY BLOED-Familie omhels jou soos EK hierdie Profeet suster van jou, jou laat bel het hierdie dag! MY BLOED-Familie, diegene wat die wil doen van die HEMELSE VADER, omhels jou en het jou lief - herken jou vir wie jy is in MY! Onthou hierdie altyd. EK het jou lief! En EK bedank jou. Ja, jou HERE GOD, jou VERLOSSER, jou MESSIAS het jou lief! Moet nooit, nooit, nooit, nooit dat enige iemand dit wegneem nie!

EK praat met jou in die stilte van die nag. EK gee vir jou Openbarings. En groter Openbarings sal jy hê!

Onthou MY geliefde een, “Judasse” sal kom en “Judasse” sal gaan. EK het MY “Judasse” gehad. Jy het joune. [Elisheva] het hare. Almal, almal, almal wat volg agter MY aan, as hulle nie vervolg word in MY NAAM nie, beter hulself afvra, “Hoekom nie?” Want die dienskneg is nie groter as die MEESTER nie. (Joh 13:16) Dit is almal... almal het MY nie lief nie [Nie almal het MY lief nie]. Moenie van almal verwag om jou lief te hê nie – terwyl EK steeds vervolg word — in hierdie wêreld! EK IS meer gehaat as wat EK geliefd is! EK IS meer bespot as wat EK aanvaar is! Maar EK het die PRYS betaal by Golgota. En Israel – O, Israel - hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank moet EK wag vir jou om MY te aanvaar — MY lief te hê?

O! EK weet hoe lank dit sal wees! En EK ken die prys wat Israel sal betaal! En dit sal 'n prys wees wat so swaar is - want hulle word meer aanspreeklik gehou. Want EK het die strate bewandel van Jerusalem. MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED is deurweek in die land. O hoe treur EK! Hoe rou EK!

Maar daar is 'n oorblyfsel! EK het 'n oorblyfsel! EK het ALTYD 'n oorblyfsel! Hulle is min, maar hulle is MYNE! En net soos EK vir jou het so ook is daar ander in Israel. En hulle is versprei reg oor die wêreld en hulle gaan opstaan en hulle gaan verdedig! En hulle verdedig dit wat Heilig is! En hulle ontbloot en bestraf alles wat onheilig is en waarsku dat die vals messias oppad is - maar dit sal nie gebeur voordat EK MY ware Bruid wegneem nie.

So EK neem net hierdie oomblik om te se, “Dankie”. EK stuur hierdie Profeet van MY om te se, “Dankie”. Nie een traan wat jy gestort het vir MY NAAM’s ontwil, is nie gestoor in die Hemel nie in 'n kosbare bottel, omkors met edelstene en juwele van alle soorte (Ps 56:8). En hoe groter die vervolging - EK sê vir julle dit MY geliefdes, MY geliefde Bruid - hoe sterker die geur. Die aroma is in daardie bottel van jou trane. Dit was 'n offer aan MY, jou YAHUSHUA, jou HEMELSE VADER en die KOSBARE RUACH HA KODESH.

O hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank het EK gewag om in staat te wees om MY Bruid te omhels! Maar dit sal nie veel langer wees nie! Dit sal nie veel langer wees nie! Jy sal in MY Arms wees! Jy sal MY Stem hoor!

Moet net nie opgee nie! Moet jy nie ophou nie! Want jy het so ver gekom! Moenie opgee nie! Moet jy nie ophou nie! Moenie skik met die wêreld se leuens nie!

Hoe meer die wêreld vir jou sê dat jy onheilig is, weet dat jy Heilig is! Hoe meer hulle spot en hulle lag -omdat jy die Torah wette volg- weet dat jy MYNE is!

Hoe meer jy die Sabbat verdedig, die Shabbat en sê: "Dit is nie 'n Sondag nie" — weet net dat jy MYNE is! Moenie opgee nie. Moenie ophou nie. Alhoewel die vervolging so swaar is en alhoewel dit swaarder gaan word, onthou vir WIE SE NAAM jy vervolg word! Onthou vir WIE jy gehaat word!

O, hulle sal jou naam gebruik en jou naam sal hulle skend en allerhande boosheid spreek daarteen, maar dit is nie regtig jou naam wat hulle haat nie. Dit is WIE jy verteenwoordig. Dit is wie jy is in MY. Dit is die Boodskappe wat jy bring wat kom direk uit die Hemel.

So moet jy nie opgee nie! Moet jy nie ophou nie!

Want EK gaan Wraak neem op hierdie vyande! En hulle sal bid vir die einste berge om hulle te verberg - van HOM WIE OP DIE TROON SIT (Openb 6:15-17) En die HEILIGE LAM wat geslag was, gekruisig en weer opgestaan het! YAHUSHUA HA MASHIACH IS MY NAAM!

En EK sê vir jou - MOENIE OPGEE NIE! EN MOENIE JY OPHOU NIE! Want EK IS met jou!

Bereik MY mense. Bereik MY mense. EK praat nie net met die mense in Israel nie, maar EK praat met die mense van die wêreld. Bereik MY mense. Hou aan om MY Skape en Lammers te voed. Hou aan om nie skaam te wees vir jou getuienis nie want jou Getuienis is nie wie jy is nie, jou GETUIENIS is WIE EK IS - in jou! Dit is wat die duiwel haat! Dit is wat jou vyande haat!

Maar daardie einste GETUIENIS bewys wie EK IS - want EK verander lewens! O groot, groot, groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat wag vir diegene – in die Hemel – wat gewillig was, gewillig om hulle reputasies neer te lê, hulle name neer te lê, gewillig was om vervolg te word vir MY NAAM’S ontwil! Groot, groot, groot, groot, groot is julle belonings wat wag vir julle in die Hemel.

Jy sal sien MY geliefde. Jy sal MY HEERLIKHEID, MY HEERLIKHEID sien. Met jou eie oë! Sal jy sien! Dis nie ver weg nie! Moenie ontmoedig word terwyl jy die datum-bepalers sien kom en gaan nie. Luister net en jy sal sien. Nuwe Openbarings sal kom na jou toe.

Staan op vir mekaar! Nou is nie die tyd om alleen te staan nie. EK bring MY Bruid bymekaar van een uithoek tot die ander [van die] wêreld deur hierdie Internet, andersins sou julle twee wat nou praat, nie ontmoet het nie. En nogtans, is dit asof julle in dieselfde kamer is want julle is een Gees.

Jy sal weet wie is MYNE. Hulle sal veg aan jou sy. Hulle sal alles verdedig wat Heilig is. Hulle sal die wolwe ontbloot in skaapsklere. Moenie mislei wees nie. Al diegene wat eis hulle spreek in “die Naam van 'JESUS CHRISTUS'” is waarlik nie [almal] sprekend van MY nie. Enige iemand wat staan teen hierdie Heilige Bediening, die einste Bediening geordineer deur YAH ... Wee hierdie vyande wat staan teen alles wat Heilig is! Want julle staan teen ALMAGTIGE GOD!

So MY geliefde, weet dat EK jou gekies het. Weet dat jy die Hebreeuse vertaler is en daar is nog meer wat kom, maar hulle het getalm. So hierdie is jou beloning hierdie dag. Jy wou 'n Woord gehad het. Jy het 'n Woord gekry.

[Elisheva] jy het gesê, "Ek weet nie wat ek gaan sê nie!" Dis reg MY dogter, want hierdie is nie woorde van jou vlees nie! Hierdie is Woorde wat kom uit die Hemel - om die Hebreeuse vertaler te seën wat MY Woorde sal neem na die Hebreeuse volk, [en] ywerig sal werk. En EK oorvloedig sal seën!

EK het jou lief! EK het jou liefgehad! Moet nooit, ooit, ooit, ooit, ooit vergeet EK het jou lief nie. EK ken IEDER & ELKE traan wat ALMAL van julle gestort het! EK ken IEDER & ELKE keer wat jou naam vervloek word op hierdie aarde, maar dit is nie deur MY nie.

Want EK stuur vir jou Seëninge!

Ek berei 'n tafel voor jou IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN JOU vyande (Ps 32) EN EK SEËN JOU!!!! En die GANSE hel is VERWOED want hulle KAN NIE die STEM STILMAAK van jou ALMAGTIGE LEWENDE YAHUVEH nie!

So [vyande] kners julle tande in woede!!!!

EK IS nie daardie OFFERLAM

wat meer gemartel word nie! Dit was eenmaal!

Nou IS EK die LEEU uit die Stam van JUDAH

En EK KOM OM MY vyande te VERSLIND!!!!!

WANT EK & DIE VADER IS EEN!

ONS beide seën en ONS beide vervloek!

Deuteronomium 28, die Seëninge en die Vloeke:

Die Seëninge vir diegene wat GEHOORSAAM!

Die Vloeke vir diegene wat VERONTAGSAAM!

Julle wandel in MY seëninge. Diegene wat die Wil doen van die HEMELSE VADER wandel in MY Seëninge.

EK toets. EK weet reeds wie is waardig om die Groot Verdrukking te ontvlug. Almal van julle is in ‘n toets! Jy het nou 'n splinternuwe Profesie [Elisheva Eliyahu]. Jy’t gewag en jy’t gewag en die vyande het gevrees maar EK het gewag en EK het gewag todat jy hierdie stem gehoor het - van die Hebreeuse Vertaler - om die salwing aan te wakker binne-in jou.

Want ISRAEL, EK het jou lief.

Hoor jy MY, O Israel?

EK het jou lief. EK begeer om jou te red.

Dit is jou keuse.

Dit sal vervolging verg

— soos die een waarmee jy praat nou,

vervolg was en soveel meer.

Maar EK het MY Bruid in Israel.

Hulle is MY Versteekte Bruid.

Daar is nie net fisiese Israel nie, en

— daar is Geestelike Israel.

En EK het MY Bruid.

Want MY Geestelike Israel is in Israel ook.

O MY Skatte!

Lees die Hooglied van Salomo.

Sien MY Liefde vir julle. Sien MY liefde vir MY Bruid.

Julle weet nie hoe graag EK julle wil trek aan MY Sy nie!

En dit sal nie lank wees nie! Dit sal regtig nie lank wees nie!

EK sien julle trane. EK hoor julle treur. EK hou dop terwyl julle huil en weeklaag:

"Ek wil nie lewe op hierdie aarde meer nie."

Julle is omring deur boosheid aan alle kante.

Maar hoe dink julle voel EK?

Wanneer MY einste naam verag word?

Dit sal nie lank wees nie.

Moet net nie opgee nie! Moet julle nie ophou nie!

Die goeie werk wat EK begin het, sal EK voltooi.

Einde van Profesie

Elisheva: HalleluYAH! Loof YAHUSHUA! Yeay! [vreugdevolle gelag] O ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, KOSBARE RUACH ha KODESH! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Almal het gewag en almal het gesê: "[Elisheva], dit was so lank vandat daar nog 'n Profesie was. Waar is die profesie? Jy het Profesieë gehad wat opgestoor was."

Maar ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA, dank ons U en loof ons U nou! Hierdie is die volgende Profesie en dit het 'n Hebreër geverg uit Israel om dit los te maak, in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! HalleluYAH! O man, ek kry warm! Loof U YAHUSHUA! Woo hoo! Ek weet nie wat dit sê nie, wat sê dit?

[Die gesprek gaan voort, antwoord gedemp vir ‘n paar oomblikke langer totdat die battery heeltemal pap is].

Elisheva: O Ok, die battery flikker dat dit pap is - maar maak seker die boodskap is daar... O asseblief GOD ALMAGTIG ...”

Opname eindig hier.

Voortgespreek uit 'n werktuig van klei, maar 'n magtige vegter vir YAHUSHUA.

So is dit gespreek, so is dit geskryf hierdie dag 19 Oktober 2011, in die middernag-uur.

* * * * * * *