Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Rosh HaShanah / Begin Van Die Jaar, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 41, 76, 82;

Genesis 21:1-22:24; Numeri 29:1-6;

Jeremia 31:1-19; Matteus 24:29-36;

1 Tess 4:13-18; 1 Kor 15:51-54;



Profesie 41
Profesie 76
Profesie 82

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


16 Sept, 2023



Profesie 41 Sal My Ware Bruid Asseblief Opstaan!

Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu 17 September 2000

Terwyl Profesie 41 gespreek en geskryf is op 17 September 2000, het ek 3 polisiemanne gehad wat my huis omsingel het in ‘n ongemerkte wit motor voor my huis stilgehou. Ek het die hoof van polisie herken wat aan my deur geklop het. My seun het ‘n ander een agter die huis en nog een langs die huis gesien. Hy het gesê dat hy gekom het na aanleiding van vier “ 911” oproepe van daardie adres af. Ek het vir hom gesê dat ek dit vreemd vind, want daar was niemand behalwe my seun nie en ek was op daardie tydstip besig om met ‘n ander vriend oor die foon te praat. Dit het in werklikheid plaasgevind minute nadat ek die foon neergesit het, nadat ek die profesie gelees het van “Moenie Deel Wees Van die Vals Bruid nie!”. Bid asseblief vir my beskerming.

Elisheva Eliyahu

*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

MY Bruid kan nie ingaan sonder die geur van MY salwing nie. Julle kan nie die geur van MY salwing oordoen nie. Julle behoort hierdie hoër salwing te soek. Laat dit bekend word dat geen man of vrou julle hierdie salwing kan gee nie; slegs MY Soete RUACH ha KODESH kan julle met hierdie soet parfuum van MY salwing reinig gereserveer vir MY Bruid. Maak gereed om huis toe te gaan en julself te deurweek in die krag van die RUACH ha KODESH se salwing. Trek julle trougewaad aan. Dit is MY kleed van geregtigheid. EK het ‘n kroon van dorings gedra. Julle sal ‘n tipe tiara dra ‘n kroon van MY Heerlikheid wat op julle hoof geplaas is. Soos Ester haarself voorberei het vir die koning, maak julle julself gereed vir Die KONING van KONINGS, Die HERE van HERE, JULLE HERE GOD ALMAGTIG, YAHUSHUA IS MY NAAM EN EK IS JULLE SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM!

Soos ‘n huweliks-aankondiging uitgestuur word, en uitnodigings gestuur word, stuur EK ook MY aankondiging deur Gabriël wat die shofar blaas, en slegs diegene wat MY Bruid is sal die aankondiging vir MY Bruid hoor. Dit sal te laat wees om te dink om dan gereed te maak, wees dus gereed vir die komende aankondiging, jy sal dit óf self doen óf deur MY Apostels en Profete. Gee ag op MY waarskuwing! Gee ag op die waarskuwing wat sê EK kom. Dit is ‘n wegglip, net omdat die Bruidegom verseker weet. Gaan nou uit, moenie skaam wees nie en gee die uitnodiging. Moenie verbaas wees oor hoe baie dit sal weier nie. Maar moenie bedroef wees nie, want hulle was nie geskik nie en het ook nie die vrae of die lojaliteits-toets geslaag nie, die liefdes-toets, die opofferings-toets of die gehoorsaamheids toets nie. Daarom is hulle ongeskik om MY Bruid genoem te word. Daar sal diegene wees wat die uitnodiging sal vat en hulle opskeur, daar sal hulle wees wat die uitnodiging sal vat en dit op die rak neersit vir ‘n lang tyd en dit nooit gebruik nie. Nie een van die twee sal EK MYNE noem nie.

MY Bruid het angstig vir MY gewag en EK kom om MY Bruid op te eis. EK sien nooit ras of godsdiens nie. Maak nie saak wat jou ras of jou godsdiens is nie, EK soek verhouding met MY en EK kyk na een ding, wat die kleur rooi is wat MY gestorte Bloed op Golgota is. Daarom sê EK weer MY woning in die Hemel sal binnekort julle woning wees. Julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet om langs MY sy te wees terwyl julle leef. MY voete sal nie die grond van hierdie bose wêreld raak soos dit nou is nie, so wees gereed MY Bruid om opgeraap te word terwyl julle leef. Laat hulle tart en spot, EK staan by die deur en EK sal klop. Al wat hulle hoef te doen is om die deur van hulle harte oop te maak en te bekeer en MY in te nooi en EK is getrou en EK sal al hulle sondes vir hulle vergewe.

Vra vir hulle, hoekom wil hulle in die hel gemartel word of in die Poel van Vuur gebrand word? Dit was nie vir hulle gemaak nie. Dit was gemaak vir die bose. EK het die prys op Golgota betaal om uit te pluk uit die hand van satan se greep vir die ganse mensdom om bevry te word. Maar EK is ‘n ware heer. EK sal nie die deur afbreek nie. EK klop net en wag om ingenooi te word. So nog een keer, sal EK vir hulle sê YAHUSHUA ha MASHIACH ander noem MY Here Jesus Christus, kom weer. Sê vir MY Bruid EK kom weer om haar huis toe te neem. Maak gereed om huis toe te kom want MY huis is julle huis. Maak gereed om huis toe te kom, want EK kom om MY Bruid huis toe te neem! Binnekort behoort julle Gabriël se ramshoring te hoor en julle sal opgeraap word om aan MY sy te wees wanneer EK julle vorentoe roep as MY Bruid. Julle sal die woorde ‘kom op hierheen’ hoor soos ‘n stem van die aardsengel terwyl hy die shofar horing blaas. Maak gereed om huis toe te gaan want EK kom vir MY Bruid! Een sal geneem word die ander sal agtergelaat word.

*******

Geskryf op 17 September 2000 @ 6:15 nm.

So is dit gespreek, so is dit geskryf. Gegee aan hierdie diensmaagd Elisheva Eliyahu.



Profesie 76 Geliefde Bruid Van YAHUSHUA, Staan Op En Maak Julleself Gereed!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 12 September 2004

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

YAHUSHUA Het Vir My Gesê Om Vir Die Ganse Bruid Te Sê,

"Gelukkige Rosh Hashanah!"

Dit is 'n geskenk van HOM aan SY Bruid, gegee 3 dae voor Rosh Hashanah

Deel asseblief met diegene wat julle weet YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet. Stuur hierdie asseblief presies soos dit vir my gegee was. Ek besef dit is 'n lang Woord, maar dit is defnitief jou tyd werd. Daar is Sterk Geestelike vleis nie bedoel vir die geestelik Swakke nie om geleer te word in bykans elke paragraaf. Ek het saam met julle geleer, terwyl YAHUSHUA hierdie woorde met my gespreek het.

Tyd tussen: 10:30 vm en 12:00nm.

* * * * * * *

GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA, VERRYS EN MAAK JOUSELF GEREED, WANT JOU BRUIDEGOM KOM!

O, MY geliefde “Ringmaiden”, jy roep uit na MY en sê, "Wie is ek om so 'n boodskap vry te stel, want ek voel nie waardig om hierdie eer te hê nie. Wie sal glo hierdie boodskap is uit die Hemel Gestuur?" Maar EK sê vir jou MY geliefde, dit is nie of jy jouself waardig ag om hierdie boodskap voort te spreek tot die ganse Bruid nie. Die enigste ding wat saak maak is EK het jou waardig geag en jou opinie van jouself of wat ander sê is van geen belang nie, net dat jy gehoorsaam is en skryf en voortspreek wat EK jou beveel om te sê. Moet MY nie redigeer op enige manier nie. In die vele jare wat jy MY gedien het, het jy die angel gevoel van die Godsdienstige demone wat jou beswadder met woorde en dade. Maar hierdie nuwe woord sal die demoon van Jezebel ontbloot in diegene wat hulleself ag as Heilig en tog geen heiligheid in hulle het nie. Hulle sal jou aanval en tog sal EK, YAHUSHUA, jou beskerm want jy is MYNE.

Net soos Elia van Ouds beskerm was teen Jezebel en Ahab, so sal jy ook wees, so sal die ganse Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH beskerm word. Nou is die tyd vir die Skild-Meisies om na vore te kom en jou te bedek in hulle gebede, liefde en ondersteuning, want hulle sal ook aangeval word terselfde tyd terwyl hulle na vore tree in geloof en jou kontak. EK gee hulle nou die mandaat: Diegene wat herken dat hulle die Bruid van YAHUSHUA is kom na vore en vergader saam met hierdie “Ringmaiden” uit wie EK hierdie woord vrystel. Skerm haar met julle bemiddelings gebede, bemoedigende woorde, en ondersteuning en kom bymekaar sodat sy julle ook kan bemoedig en versorg en ondersteun teen die aanvalle van die vyand van jul gedagtes, liggaam, gees en siel. Hier is 'n geheim: Net soos EK 'n Bruid het, so ook het satan en wanneer die Heilige Goue Arende vergader, so ook sal die aasvoëls vergader.

Bruid van YAHUSHUA, julle het mekaar nodig, want julle vyande is groot in getal. Baie jare gelede het EK vir hierdie Diensmaagd 'n boodskap gegee in twee drome, agtermekaar. "Versamel die Troepe op die muur." Hierdie is nou daardie vasgestelde tyd; moenie jul dag van samekoms misloop met mekaar nie. Nou, [Elisheva], wees dapper soos Elia van Ouds [Eliyahu] en spreek voort die woorde wat EK jou beveel het om te skryf en te spreek, en kwel jouself nie met diegene met dieselfde geeste soos die van 'n Jezebel en Ahab nie. Maar weet dat diegene wat jou aanval omdat jy MY gehoorsaam dieselfde lot sal ly as ‘n Jezebel en Ahab en die profete van Baal, want diegene wat jou aanval val die een aan wat jou salf om voort te spreek. Pasop julle met die gees van die Fariseërs voordat julle MY geliefde aanval. Julle beter julle eie harte ondersoek. Wie ookal nie saamstem met hierdie Profetiese Woord nie, neem dit na die Regter van die ganse Skepping, want MY geliefde het net gehoorsaam. Hierdie is nie haar woorde nie maar MYNE en diegene met geestelike ore om te hoor en luister, EK vra julle om haar te bemoedig en laat haar weet.

Verrys Bruid van YAHUSHUA, soos die 5 wyse Maagde in die gelykenis wat EK gegee het in Mattheus 25:1-13 en maak julself gereed, want jul spoedig komende BRUIDEGOM en MESSIAS kom o so gou. Bid dat julle waardig geag sal word om die Bruid genoem te word van YAHUSHUA ha MASHIACH. Neem hierdie nie as vanselfsprekend nie. Moenie opgeblase raak met trots nie, want sommige sal uitvind hulle is die Gaste en nie die Bruid nie vir hierdie rede. Te veel word gegee, baie meer word verwag.

EK, YAHUSHUA, is die Goeie Herder en MY Bruid sal nie na enige ander Meester toe gaan nie. Soos dit geskryf is, vertel EK MY geheime aan die Profete en so deel EK geheime nou met MY Geliefde Bruid en die Geëerde Gaste wat uitgenooi sal word na die Bruilofsmaal van die Lam. En net diegene wat sal bywoon, hulle name word gevind in die Lam se Boek van Lewe, ingeskryf voor die grondlegging van hierdie wêreld.

Ondersoek en bewys julself as beproef terwyl jul mediteer oor hoekom Henog, Elia en Elišha van groot belang is. EK, YAHUSHUA, leer julle nou dat dit van belang is vir die Bruid van YAHUSHUA. EK spreek hierdie openbaring voort. Kyk dit is 'n nuwe ding. Die boek van Henog was nie ingesluit met die Boeke wat in die Bybel is nie en tog gee EK vir julle hierdie mandaat om hierdie boek te vind en dit te bestudeer en YAHUVEH toe te laat om vir julle waarhede te leer selde onderrig, want daar is boeke wat ingesluit moes gewees het in die Heilige Bybel en opsetlik uitgelaat was omdat hulle te konfronterend sou wees. Nie alles wat die verlore boeke van die Bybel genoem word nie, maar sommige. Julle moet onderskeiding gebruik watter boeke is van die Heilige Gees en Waarheid en watter is mensgemaak. Vra julself waarom sou die Skepper 66 boeke in die Bybel sit, want hierdie is nie 'n heilige getal nie. Ses is die getal van die mens, 666 is die getal wat geassosieer word met die antichris.

EK spreek hierdie tot diegene wat Geestelike ore het om te hoor en luister, alle ander sal doof bly en bespot wat hulle nie verstaan nie. Voorwaar EK sê vir julle, EK gee julle sterk geestelike vleis om te eet. Dit is nie bedoel vir die Geestelik Swakkeres nie! Elia van Ouds was maar net 'n heenwysing van die wegvoering van die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH. Elia van Ouds het geweet watter missie hy moes klaarmaak en het geweet hy sou nie sterf op daardie tydstip nie. Elia van ouds het geweet watter dag, uur en minuut YAHUVEH die Vurige Strydwa sou stuur om hom weg te voer Hemel toe. En Elia van Ouds het voor die tyd geweet wie die eer sou hê om dit met hulle eie oë te aanskou en die man se naam was Elišha. Elia van Ouds was Hemel toe geneem, met Hemelse vervoermiddele en so ook sal die Bruid van YAHUSHUA weggevoer word wanneer EK, YAHUSHUA, persoonlik kom vir julle MY geliefde Bruid. (2 Kon. 2:1-14)

Herlees al die Profesieë en julle sal sien vir baie jare het EK [Elisheva] MY Elia van Nuuts [Eliyahu] genoem. Ja, haar wettige nooiensvan is Elijah [Eliyahu], maar dit is nie die rede hoekom EK hierdie gedoen het nie. Sy het net onlangs die rede geleer en dit is meer as om haar te stuur na die weduwees van Sarfat om hulle te toets. En hulle weet dit nie want hulle hongersnood het nog nie gekom nie, dit is nie net hierdie rede soos uiteengesit in baie van die profesieë wat EK deur haar gespreek het nie. EK het hoorbaar met haar gepraat op Pasga, 5 April (een dag na haar verjaardag), en vir haar gesê, haar wakker gemaak met die woorde wat sy nie verstaan het nie en net deur hierdie boodskap meer ten volle sál verstaan "Jy is MY “Ringmaiden”

Voorwaar EK sê vir haar en vir julle met geestelike ore om te hoor en luister. EK YAHUSHUA noem haar MY Elia van Nuuts [Eliyahu] en onthul hierdie geheime openbarings gegee aan haar direk uit die Hemel om 'n seën te wees vir haar asook die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH. Net soos Elia van Ouds geweet het wanneer om YAHUVEH se perdgedrewe Strydwa van Vuur te verwag om hom weg te voer Hemel toe en hy die presiese tyd en dag geweet het en voorbereid was en Elišha vooraf gewaarsku het om hom dop te hou. Elia van Ouds is die heenwysing van wat sal gebeur met die Bruid, so hoekom sou EK enige iets minder doen vir die Bruid van YAHUSHUA?

EK sal eerste vir Aartsengel Migael stuur om te kom en die pad oop te maak vir die Engel Gabriël om te kom om haar te vertel. EK het vir haar gesê om te wag vir die geboorte van die aankondiging van die datum wat YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid, dan sal een van haar mandate wees as MY “Ringmaiden” om hierdie nuus te laat weerklink rondom hierdie wêreld aan al die Elite genoem Die Geliefde Bruid van YAHUSHUA. Geliefde vra jouself hierdie vraag en lees weer Mat 25:6-7 en hoor dit nou met Heilige ore want dit sê, "En middernag was daar 'n geroep gehoor, kyk die bruidegom kom; gaan uit hom tegemoet. Toe het al daardie maagde opgestaan en hulle lampe gereed gemaak." Voorwaar EK sê vir julle iemand was gekies om daardie boodskapper te wees om die roep te laat weerklink wat die Ganse Bruid van YAHUSHUA sal hoor. En EK het hierdie “Ringmaiden” gekies om hierdie eer te hê.

Wat YAHUVEH gedoen het vir MY Moeder Miriam (Maria) toe EK, YAHUSHUA, aarde toe gekom het, sal EK doen vir MY Bruid en die Engele stuur na [Elisheva] om te proklameer die Bruidegom kom. Maak julself gereed en wag vir MY op hierdie datum, want EK kom om weg te glip met MY Bruid. Weer, sê EK vir julle, Elia van Ouds was 'n heenwysing van MY Bruid wat weggevoer word, en MY Bruid sal toegerus word met 'n nuwe uitstorting van 'n salwing terwyl hier op hierdie aarde as 'n standaard teen die bose wat sal kom teen julle soos geen ander gegee vantevore nie. MY ganse Bruid sal weet hierdie boodskap is waar, want sommiges het geweet hierdie sou gebeur en het gewag vir die aankondiging om te kom na die 4 hoeke van die aarde waar EK MY Bruid versteek het.

Hierdie datum sal gespreek word in die geheim en net aan MY Ware Bruid sal sy hierdie spreek. Julle sal hierdie nooit gepubliseer sien nêrens nie behalwe as dit gedoen word sonder MY toestemming, en wee die Judas wat so 'n ding sou doen, pogend om MY Bruid in gevaar te stel. Jy wat sal probeer om dit te doen sal dieselfde lot ly as Judas. Moenie dink [Elisheva] het gevra hiervoor nie, want waarlik sê EK vir julle, EK het baie Profete na haar toe gestuur na Profesie 74 en 75 om vir haar te sê hierdie sou gebeur, en sy het gesê sy is nie waardig vir hierdie eer nie.

[Bedienings werkers] en sy het geantwoord, hierdie Bediening wou nooit 'n wegrapings datum-bepaler gewees het nie en voorwaar EK sê vir julle altwee, julle is nie die datum bepaler nie. Niemand sal die woord hoef te neem van die berekeninge gegee aan 'n blote man of vrou nie. Engele sal gestuur word van MY Troon af om die Datum aan te kondig, sodat MY Bruid sal wees soos die 5 wyse maagde en gereed sal wees vir haar MESSIAS Bruidegom om te kom. Aan diegene wat sê, "Maar daar staan geskryf dat geen mens moes weet watter dag of uur nie," hierdie is waar, toe die skrif geskryf was meer as 2000 jaar gelede, watter nut sou dit gehad het? Hoekom sou ABBA YAHUVEH duisende jare vooruit die datum vrystel wanneer EK, YAHUSHUA, sou kom vir MY Bruid soos van gespreek in Matheus 25:1-13.Watter doel sou dit gedien het om diegene te frustreer wat sou moes wag?

Onthou Geliefde, selfs die 5 dwase maagde het geweet die Bruidegom kom maar was onverhoeds betrap. Die Gelykenis wat gespreek word wys die 5 dwase Maagde wat nie die salwing gehad het nie en gewaak en gewaak en gewag het saam met diegene met die salwing om te weet wanneer die Bruid se Bruidegom sou kom. Hierdie gelykenis wys ook hoe EK die 5 dwase maagde waarsku wat gedink het die salwing van die Bruid kon gekoop word met geld, wat nie te koop is nie en die Bruid weet hierdie, en spot diegene wat dink YAHUVEH se gawes is te koop.

Toe die 5 dwase maagde teruggekeer het, het die Bruidegom en Bruid weggeglip. Toe hulle gehamer het aan die Hemel se deure om ingelaat te word saam met die Bruidegom en Bruid, was hulle huilende weggestuur terwyl die Bruidegom gesê het, "Gaan weg van my, ek het julle nooit geken nie!" Nie elkeen is geskik om die Bruid te wees nie; daar is streng kwalifikasies. En die 5 dwase het EK nie herken as MY Bruid nie. Maar, EK los vir hulle 'n waarskuwing en dit is die 5 dwase Maagde nie weet wanneer EK sal terugkeer vir die Gaste nie, en hulle beter gereed wees mits EK, YAHUSHUA, DIE MESSIAS/BRUIDEGOM weer kom en die Gaste aan die slaap vind of sonder olie in hulle lampe. (Matt 25:1-13)

Al 5 die dwase maagde sal getoets word in die vuur van beproewing en sommiges sal anderkant uitkom soos goud, sommige sal gemartel word, sommige sal oorbly, en sommige sal saam met MY weggevoer word. Sommige van die 5 dwase maagde is gaste en was nie geskik gevind om die Bruid te wees van YAHUSHUA nie.

EK sal nie MY ware Bruid onverhoeds betrap nie, want sy sal die Shofar Horing hoor blaas en sy sal wakker word van die Geroep wat EK sal laat weerklink uit hierdie “Ringmaiden” van MY. Onthou, satan wil MY vooruit gaan, so moenie geflous word met die vals datum nie en wee enige een wat hulself MY “Ringmaiden” noem buiten die een wat EK gesalf het, wat EK nou gebruik om voort te spreek as MY mondstuk. Daar sal 'n salwing wees wat nie in staat sal wees om vervals te word wanneer die Engele hierdie boodskap bring nie sodat die Ware Bruid van YAHUSHUA geboorte sal gee aan 'n uitstorting van 'n salwing uit die Hemel soos geen ander tot dusver nie. Dit sal die vroeë-en-laat reën salwing wees bymekaar gevoeg, gekombineer met die dubbele porsie van die Elia-salwing. Selfs julle Skaduwees sal die GODDELIKES genees, want MY genesings balsem van Gilead, sal in MY ganse Bruid wees. EK het hierdie woorde hoorbaar gespreek met [Elisheva] jare gelede: "Gawe van Genesing, Klank van Basuin". Sy het nooit die betekenis van hierdie woorde geken nie tot nou.

Net soos die Shofar Horing geblaas word by 'n Joodse Troue om die koms aan te kondig van die Bruidegom, so ook sal EK, YAHUSHUA, die Shofar Horing laat blaas om MY koms aan te kondig want MY geliefde Bruid, luister vir die Shofar Horing, dit is nie ver weg nie. EK het geprofeteer deur hierdie “Ringmaiden” dat EK sou terugkom op 'n Sabbat en EK het tot haar gespreek, "Wat AS Rosh Ha Shanah die dag is wanneer EK sal kom" jy weet nog nie watter een nie." EK het ook geprofeteer deur haar en hoorbaar met haar gepraat, "Eers een wegraping en dan 'n ander vir diegene wat EK liefhet." Die gaste sal in daardie tweede wegvoering wees in die gelykenis van die tien maagde; die tweede kans word gegee aan die dwase sogenaamde Bruid dit is wanneer EK vir hulle sê om dus te waak, want julle weet nie watter uur EK weer sal kom nie.

Elia van Ouds moes ook sy liggaam verander gehad het in 'n oogwink, want sterflike liggame moet beklee word met die onsterflike liggame om in te gaan in die Koninkryk van die Hemel in so ook sal MY Bruid. Elia van Ouds het sy Mantel (gebeds mantel) laat val, sy gewaad van kleding wat hy gedra het. (2 Konings 2:12-13) Net soos julle wat die Bruid is van YAHUSHUA, nie nut sal hê aan jul aardse kleding nie wanneer EK julle klere verander in die pragtigste, skitterende, reënboog kleurige, Wit Gewaad waarmee geen aardse gewaad of kledingstuk kan begin vergelyk nie. Want julle sal glinster soos die skitterendste helderste diamant wat die wêreld nog gesien het. EK sal 'n Tiara plaas op die vroue se hoofde terwyl MY Geliefde Bruid versier word en die mans sal 'n kroon hê gevul met kosbare gesteentes wat niks op hierdie aarde kan vergelyk nie.

Hierdie is geheime wat EK met julle deel soos die boek van Daniël wat EK verseël het tot die eindtyd generasie. Vra van MY en EK sal vir julle meer vertel want EK deel hierdie geheime met MY Bruid en EK gee nie al MY openbarings aan een persoon of profeet nie, so deel met hierdie Boodskapper wat My boodskap voortspreek as 'n seën vir julle. Seën haar terug en laat haar weet hoeveel julle MY salwing onderskei het en die openbarings wat EK aan julle gegee het. Vir sommige het EK drome gegee en ander visioene en ander profetiese woorde. Nou is die tyd vir die Bruid om bymekaar te kom. EK vaardig 'n Wekroep uit. As julle nie bymekaar kan kom in die vlees nie, kan julle op ander maniere. E-pos of skryf vir haar. Daar is diegene wat hierdie lees wat iemand onderskei wat hulle weet is die Bruid van YAHUSHUA en tog kan daardie persoon dit dalk nie sien nie, so deel hierdie met daardie persoon en laat hulle skryf vir MY diensmaagd, want sy sal die gawe hê om te onderskei wie is die Bruid en wie is die Geëerde Gaste nadat die Engel Gabriël aan haar verskyn het EK het met tye reeds vir haar vooruit gewys hiervan.

Elia van Ouds het 'n salwing gehad wat die profete van Baäl doodgemaak het asook die vyande wat hom agtervolg het en so sal julle ook. Die Ware Bruid van YAHUSHUA sal daardie selfde salwing hê om die Vuur uit die Hemel te roep wat julle vyande sal verteer. Julle, die Ware Bruid van YAHUSHUA sal ook veg teen en die oorlog wen teen die Jezebel demone. Die lot van diegene wat probeer om MY ware Profete en die Buid te vernietig deur te probeer om hulle uit te put met die demoniese Geeste van Jezebel en Ahab sal dieselfde lot ly as die profete van Baäl, sowel as Elia van Ouds se vyande. Julle, die Bruid van YAHUSHUA sal doen wat Elia van Ouds gedoen het selfs meer voor julle hierdie aarde verlaat. En nadat julle terugkeer uit die Hemel, word julle toegerus met nuwe kragte met julle Hemelse Opdragte om uitgevoer te word soos gedeeltelik genoem in Openbaring 14. Die res is geheim vir nou; ons hoef nie die vyande vooruit te laat weet nie. Julle MY geliefde Bruid, sal 'n lied sing soos geen ander en EK sal dit SELF vir julle leer.

Die Bruid van YAHUSHUA sal die eerstelinge wees verlos van hierdie aarde voor die groot dag van YAHUVEH se grimmigheid genoem die Groot Verdrukking. Julle wat die Bruid van YAHUSHUA is is ewig getrou en trou aan julle MESSIAS en Bruidegom. Julle die Bruid van YAHUSHUA sal ook die gawe hê om te verplaas enige plek in die wêreld en sal geen behoefte hê aan aardse vervoer nie. Moet EK julle herinner hoe sommige van MY dissipels van ouds nie 'n verheerlikte liggaam gehad het nie en tog kon hulle dieselfde doen? (Handelinge 8:27-40) Die Bruid van YAHUSHUA kan verskillende voorkomste hê soos EK, YAHUSHUA, gehad het na MY opstanding. MY eie Apostels het hulle Meester nie herken nie.

Voorwaar EK sê vir julle, net soos Elišha getuie was met sy eie oë en gesien het Elia van Ouds word in die lug weggevoer in die perdgedrewe wa van vuur, omdat Elišha geweier het om hom te verlaat en aan sy sy was toe hy weggevoer was, het hy 'n dubbele porsie van salwing ontvang soos Elia van Ouds geprofeteer het. Hier is 'n geheimenis: Het julle gewonder hoekom Elišha geskei was en nie geneem was deur die Wa van Vuur saam met Elia van Ouds nie? (2 Konings 11). Dit is omdat Elišha 'n heenwysing was na die 12 Stamme van Israel in Openbaring 7 en Elia is 'n heenwysing na MY Bruid in Openbaring 14. So ook sal die verseëlde 144,000 van die 12 stamme van Israel ook beskerm en verseël word op hierdie aarde soos dit geskryf is in Openbaring 7 deur 'n Engel uit die Hemel. Wapens van die mens sal hulle nie seermaak nie ook sal die plae nie naby hulle kom nie, want hulle is nie bestem vir YAHUVEH se grimmigheid nie. Hulle sal bly onder YAHUSHUA se Genade, die bloedlyn wat YAHUSHUA getrek het by Golgota en satan kan nie daardie bloedlyn oorsteek nie. Hierdie 144,000 sal die Bruid se mantel aanskou terwyl die salwing op hulle val op 'n manier wat hulle nie vantevore geken het nie.

Voorwaar EK sê vir julle dat Henog 'n Heenwysing was van die Bruid van YAHUSHUA. Want Henog was weggevoer Hemel toe, omdat hy hierdie getuienis gehad het. Hy het nie gesterf nie maar was na die Hemel geneem omdat hy behaaglik gevind was vir YAHUVEH. So ook sal julle die Bruid van YAHUSHUA ook weggevoer word, want julle sal ook hierdie getuienis hê dat julle YAHUVEH die Vader van die ganse Skepping behaag asook vir MY, YAHUSHUA, SY Seun, omdat julle gehoorsaam het en julself Heilig hou sonder vlek of kreukel. Dit is hoekom EK vir [Elisheva] gesê het in 'n droom om Hebreërs 11:5 te memoriseer. Julle die Bruid van YAHUSHUA, sal vir YAHUVEH en vir MY, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, ook deur sommige genoem HEILIGE GEES, geen skande bring nie. MY Bruid julle gehoorsaam nie net die 10 Gebooie nie, want watter uitdaging is daar in dit? EK sal vir julle sommige van die belangrike kwalifikasies vrystel oor hoe julle sal weet of julle MY Bruid is en of julle die Geëerde Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam in hierdie eindtyd boodskap vir MY Bruid en die Geëerde Gaste. Hierdie boodskap is nie vir die heidene nie behalwe om hulle te waarsku.

Pasop vir enige iemand wat beweer om MYNE te wees, en tog hierdie Profetiese woord aanval, want hulle bewys van watter bose gees hulle is en bewys die demoniese gees van Jezebel val MY “Ringmaiden” aan wat EK gesalf het om MY Stem te hoor sodat MY Bruid sowel as die gaste van die Bruilofsmaal van die Lam geseën en bemoedig sal word. satan is die enigste een wat sy wolwe sou stuur geklee soos skape om MY Apostoliese Profetiese “Ringmaiden” aan te val, genaamd [Elisheva Eliyahu]. EK gebruik haar volle naam vir MY eie redes wat niemand aangaan nie buiten die vyande wat haar vernietiging wil hê, wat haar name gebruik terwyl hulle vloeke stuur.

Voorwaar EK sê vir julle, enige iemand wat sê hulle Aanbid en stel YAHUVEH en YAHUSHUA eerste stel in hul lewens en liefde, en tog sukkel om die Torah/Wette te gehoorsaam wat die 10 gebooie insluit, het 'n ernstige geestelike probleem en beter besef hierdie is jou siel wat op die spel is. Voordat jy MY aanvaar het as MESSIAS en MY gevra het om in jou hart in te kom en jou lewe oor te neem, het jy 'n verskoning gehad. Maar nou het jy geen. Bekeer nou voor dit te laat is. Versoeking is nie sonde nie maar pasop, want sonde kom eerste in deur die gedagte en dan deur die aksies van jou liggaam. MY Bruid, julle is Heilig en leef Heilig as 'n voorbeeld van julle MESSIAS. Julle praat Heilig en julle gedagte is konstant op die Liefde van julle lewe en dit is ABBA YAHUVEH en EK, YAHUSHUA. MY Bruid, julle doen nie opsetlik sonde nie, want julle wil MY nie bedroef nie en ook nie satan 'n rede gee om julle aan te kla of vir MY skande te bring nie.

MY Geliefde Bruid, julle bestaan uit beide manlik en vroulik. Julle word 'n maagd genoem, omdat julle uitgekom het uitgekom uit die mensgemaakte leerstellings en gevlug uit die kerke van Babilon. MY Bruid, julle is nie bang om boosheid te ontbloot nie, selfs wanneer dit in die kerke is en ontbloot die kompromiserende Pastore van die kerke en diegene wat hulself Rabbis noem wat ook toegewings maak. Hierdie is boosheid in MY oë. Julle, MY Bruid, sal nie stilbly nie en hoe meer die heidene en die Fariseërs en die Louwarm Christene en die 6 kerke genoem in Openbaring probeer om julle te snoer, hoe harder skree julle. MY geliefde Bruid, julle wat loof, aanbid, liefhet, vereer, en bo alles begeer om 'n glimlag op ABBA YAHUVEH se gesig te sit om HOM sowel as julle MESSIAS en spoedig komende Bruidegom te behaag. MY Bruid, julle weet gehoorsaamheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA is Liefde en julle bewys julle liefde en lojaliteit deur gehoorsaamheid aan YAH se opdragte.

Wat is die prys van jou siel? Daar is vals leraars in die wêreld wat julle vertel dit is onmoontlik om die Tien Wette te gehoorsaam EK sê vir julle hierdie vals leraars gestuur deur satan om julle op 'n dwaalweg te lei in die hel in. Hoekom noem julle MY Meester en gehoorsaam MY nie? Is dit nie geskyf nie, "Wees Heilig want EK is Heilig"? Het EK nie die voorbeeld gestel vir julle nie? Dit is die salwing wat alle jukke en bindings breek en EK het die trooster genaamd RUACH ha KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES, om julle in volle waarheid in te lei en om julle te leer asook om julle te oortuig wanneer julle in oortreding is. Dit is die RUACH ha KODESH wat julle sal weerhou om te sondig teen MY.

Die Bruid van YAHUSHUA sukkel nie om die Tien Gebooie te onderhou nie. Instede daarvan bewaak julle hulle en verdedig hulle met die wete dat YAHUVEH hierdie Tien Wette geskryf het op 'n tablet van klip met SY eie vinger en HY het nie die Wette verander en ook nie enige van hulle weggegooi nie. Die mens verander die Wette, nie ABBA YAHUVEH nie wie die Skepper is van die wette gegee aan Moses by berg Sinai. YAHUVEH is die Skepper van die Sabbat en het die ganse skepping beveel om dit te eer toe HY gerus het op die 7de dag na die skaping van ganse Skepping. Die Sabbat is ewigdurend, nimmer eindigend, en sal selfs geëer word in die Heerskappy van die Millenium.

Voorwaar EK sê vir julle, die Ware Bruid van YAHUSHUA, julle weet al hierdie en julle enigste begeerte is om YAHUVEH se iedere woord te gehoorsaam en EK is daardie Woord wat Vlees geword het. EK is die Lewende Torah. Voorwaar, EK sê vir julle dat julle, die Bruid van YAHUSHUA gehoorsaam wil wees en die ekstra myl loop, wat dit ookal verg om ABBA YAHUVEH te gehoorsaam, om te doen wat ander dwaas ag soos om die Heilige Fees Dae waar te neem en die ware Sabbat te hou en te vlug van mensgemaakte-godsdiens wat die Sabbat verander het na 'n Sondag. MY Bruid julle weet enige iets wat korrup of pervers is is nie Heilig nie en is 'n gruwel vir YAHUVEH soos aborsies, homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike. MY Bruid, julle bly nie stil nie maar protesteer hierdie dinge luidkeels en veroordeel enige iemand wat dit nie doen nie, noem hulle 'n lafaard en huigelaar.

Is dit enige wonder dat die Jode en die Israeliete nie wil luister na die Christene nie, want hulle weet geen Seun van YAHUVEH wat sê HY is Koning van die Jode en MESSIAS sou die Sabbat weggooi en onderrig dat enige dag voldoende sal wees nie, terwyl dit die 7de dag was waarop YAHUVEH en EK gerus het nadat die Skepping gemaak was? Hoekom ontheilig julle wie julself Christene noem MY deur die verbreking van die Torah Wette gegee aan Moses en eer nie die Heilge Dae bepaal deur YAHUVEH om Heilig vir HOM te wees nie? Het EK nie gesê dat EK nie gekom het om die wette van die profete van ouds te kanseleer nie maar om hulle te vervul?

Voorwaar EK sê vir die van julle wat julself Christene noem, julle benadeel MY,YAHUSHUA, meer as wat julle MY help wanneer julle so optree. Wat sal julle verskoning wees wanneer julle voor MY staan, 'n wan vertaalde en misverstaande skrif? Die Ware Bruid van YAHUSHUA sal nie inboet wat sy weet die waarheid is nie. Sy is getrou aan die YAH wie sy dien. Voorwaar EK sê vir julle, MY Bruid moet geestelik volwasse wees, oud genoeg om te trou. EK praat nie van julle biologiese ouderdom nie maar julle geestelike ouderdom. Afhangende van julle geestelike groei en dit is selfs nie eers om die dae te tel vandat julle MY as julle MESSIAS aanvaar het nie, want kinders groei en raak volwasse teen verskillende tempo, sommige is geestelik volwasse in 'n kort tydjie ander neem baie jare om volwasse te word, selfs Pastore en ander word steeds nooit volwasse nie, hulle is net tevrede met die melk van die woord leer nooit enige iets nuuts nie.

Volwassenheid vir jou MY Bruid hang af van hoe vinnig julle besef julle verlang meer as net geestelike melk van MY Woord, maar benodig Geestelike Vleis om te eet. Julle voel die honger pyne van uithongering as julle dit nie gereeld kry nie. Julle wat die Bruid van YAHUSHUA is het geestelike tande van 'n leeu en verorber vinnig gesalfde geestelike vleis soos hierdie profetiese woord wat julle herken as MY Stem en is nooit tevrede met blote aardse kennis nie, maar soek en vra vir meer Hemelse kennis, om YAHUVEH te ken op die manier wat Abraham het. MY Bruid julle wil die ware geheime van YAHUVEH ken wat gereserveer is vir diegene wat HY en EK kan vertou.

MY Bruid, julle is versprei regoor die wêreld nou. MY Bruid, julle bestaan uit die eerstelinge soos genoem in Openbaring 14. Julle is die beste vrugte wat EK sal verlos van die aarde voor die Groot Verdrukking. MY Bruid, julle roem alleenlik in wie julle dien en julle bly nederig, begryp nooit ten volle hoekom EK, YAHUSHUA, julle sou kies nie, maar voel geëerd dat julle gekies was en aanvaar dit nooit as vanselfsprekend nie en bid steeds dat julle waardig geag sal word om MY Bruid genoem te word. MY Bruid verstaan die belangrikheid om die Heilige Dae waar te neem wat haar Joodse Messias Bruidegom gehou het. MY Bruid, julle het alles neergelê op die offer altaar en hou niks terug nie en sal julle MESSIAS volg en alles gehoorsaam wat EK sê. Die uitroep op julle lippe is Heilig.

MY Bruid, julle het nie net ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA lief nie maar is hartstogtelik verlief op ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, net soos in die Hooglied van Salamo. MY Bruid, julle stel beide die Skepper en die Messias gelyk eerste in julle lewens en liefde. Alle ander hetsy hulle eggenoot, kinders, familie, vriende, besigheid of plesier is kom tweede in julle liefde en lewe. MY Bruid, julle sal bereid wees om julle lewe neer te lê indien nodig, as hierdie YAH se wil was. MY Bruid, julle het al julle aardse gerief verlaat toe EK gesê het, "Kom en Volg MY!"

MY Bruid, julle sal nie alleenlik MY naam op julle voorhoofde geskryf hê nie maar die naam van ABBA YAHUVEH sodat almal sal sien wat Openbaring 14 duidelik verklaar. MY Bruid, julle het 'n las om die waarhede voort te spreek wanneer slegs 'n oorblyfsel regtig begeer om te hoor en gehoorsaam. MY Geliefde Bruid, julle sal eerder die naam van julle geliefde ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, op julle lippe hê sprekend van ONS in liefde en mediterend oor wie ONS is en hoe om ONS te behaag en Hemelse Dinge bestudeer en profetiese dinge wat kom en julle verag nie die gawe van profesie nie en spot ook nie die gawes van die RUACH ha KODESH nie. Julle weet al die gawes van die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) is van waarde en begeer hulle almal. Julle leer alles wat julle kan oor julle Hemelse woning en bewaar die Heilige Skrifte in jul hart. MY Bruid, julle weet hierdie aarde is nie julle tuiste nie; julle beweeg slegs deur tot die werk waarvoor EK julle gestuur het om te doen, klaar is. MY Bruid, julle verlang om daardie Shofar Horing te hoor wetende dat julle MESSIAS Bruidegom sal verskyn direk na die geklank van die Shofar om julle persoonlik weg te dra na julle Hemelse woning. 'n Herehuis wat EK vir julle gebou het wag, saam met julle belonings wat vir julle bewaar word in julle pakhuise.

MY Bruid, julle verlang na MY op die manier wat EK verlang het om fisies by julle te wees en dit is nie meer so ver weg nou nie. Neem vertroosting, MY geliefde, en op hierdie volgende Rosh Ha Shanah 2004, praat met MY op die manier wat julle met 'n geliefde eggenoot sal praat wanneer julle wil hê hy moet terugkom na julle toe omdat hy weggegaan het op 'n lang reis. Huil vir MY terugkoms uit liefde en verlange, nie uit vrees nie. EK verlang om julle woorde van passie en liefde te hoor vir MY en so doen ons Abba YAHUVEH.

EK het vir julle MY woorde van liefde gelaat in die Hooglied van Salomo. Hierdie gaan nie oor 'n seksuele liefde nie maar 'n liefde wat min kan verstaan behalwe MY Bruid doen. Lees hulle met Geestelike onderskeiding en vra MY en EK sal die gelykenis sonnette verduidelik, want dit is meer as net Salomo se liefde wat beskryf word, MY Bruid is versteek in hierdie verse. Kan julle dit vind? EK deel nog 'n geheim met die Bruid van YAHUSHUA. MY “Ringmaiden” [Elisheva], dra alreeds 'n geestelike trouring. Sy sal weet aan wie EK hierdie ringe gegee het. Elkeen van MY Bruid sal 'n unieke trouring dra wat 'n refleksie is van die prys wat hulle betaal het om MY Bruid te word. Geen twee ringe sal dieselfde wees nie.

Geliefdes, wanneer die Bruid en die Gaste almal arriveer, dan sal die Bruilofsmaal van die Lam 'n aanvang neem. EK, YAHUSHUA sal nie net dans en juig saam met MY geliefde Bruid nie maar ook saam met MY geliefde Geëerde Gaste. Geseënd is almal wat uitgenooi is na die Bruilofsmaal van Die Lam soos dit geskryf is in Openbaring 19:9. Die uitnodigings was uitgestuur aan elkeen in hierdie wêreld en tog hoe min weet watter eer dit is om MY Bruid genoem te word of om die uitnodiging te ontvang as 'n Geëerde Gas. Min verstaan die Prys wat EK betaal het om julle uit te nooi. Sommige uitnodigings het verlore geraak, sommige weggegooi en as rommel bestempel, sommige uitnodigings gaar stof op, sommige uitnodigings is vervals en sommige Gaste verstaan nie dit is alleenlik 'n RSVP uitnodiging nie. Net diegene wat reageer en MY, YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar sal die Bruilofsmaal van die Lam bywoon en slegs diegene wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie wêreld.

Wee die vyande wat hierdie “Ringmaiden” Bruid van MY wil bespot, diskrediteer, seermaak, beswadder of doodmaak of hierdie Bediening wil vernietig. Waarom kners julle jul tande in raserny? Julle met 'n gees soos 'n Fariseër, julle wat Judasse in vermomming is, weet julle nie die letter maak dood en die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) gee lewe aan my Woorde nie? Waarom gee al die bogenoemdes om, want nie een van julle is of MY Bruid of MY Gaste nie, en waarheen julle bestem is sal daar geween en gekners wees van tande. Julle wat 'n gedaante het van Goddelikheid en geen Goddelikheid van binne en geen Heiligheid van binne nie, het lank gelede verdoemenis gekies in plaas van redding. Niemand behalwe die Ware Bruid van YAHUSHUA, sal die Jaar, Dag of Uur ken wat EK, YAHUSHUA, sal kom om my Bruid weg te voer nie.

Aan diegene wat hierdie boodskap spot, dit was nie vir julle oë om te sien of julle ore om te hoor nie. (1 Korinthiërs 2:9-16). Net die Bruid van YAHUSHUA en slegs die wat bestem is om die Bruilofsfees van die Lam by te woon sal herken hierdie is die stem van die enigste MESSIAS en spoedig komende Hemelse Bruidegom. Hulle sal weet, alle ander sal blind en doof bly. Net soos 'n geliefde man vir SY Bruid, omgee, beskerm en koester, hoe sou EK dan enigsins minder doen vir MY Bruid maar meer.

EK, YAHUSHUA, kom, maak julself gereed, dit is nie genoeg om net gewas te wees in my Bloed, wat vir julle gestort was by Golgota nie, want die Gaste is gewas in die versoenings Bloed, by Golgota. Maar MY Bruid is vlekloos, sonder vlek of kreukel op haar uitrusting, skitterend wit, bring MY geen skande nie. Verrys MY Bruid, luister vir die Shofar Horing, laat julle lig skyn voor almal. Julle Bruidegom kom gou.

En die Gees en die Bruid sê, " Kom, YAHUSHUA ha MASHIACH, kom." En laat enige een wat hoor sê kom. En laat enige een wat dors het kom; en laat enige een wat wil die water van lewe neem verniet. En HY wat dit getuig sê, Ja EK kom gou!" Amen, Selah.

* * * * * * *

Gegee aan hierdie “Ringmaiden”, moet asseblief nie hierdie Boodskapper stenig nie, maar as julle dit doen sal dit wees tot Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Apostel Elisheva Eliyahu

(Apostel beteken 'Uitgestuurde een')



Profesie 82 Laaste Roeping Van Die Bruid Van Yahushua Messias!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Elisheva Eliyahu

15 Februarie 2006 9:00 vm. tot 9:50 vm.

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Lees Brief van Bemoediging Van Elisabeth (Elisheva)

HOE HIERDIE PROFETIESE BOODSKAP VOORTGEBRING IS…

Ek, Elisabeth (Elisheva), was voorgestel aan Luigi wie in Suid Amerika woon, deur 'n ander geliefde lid van die Bruid, Adam in Kanada, en het met Luigi oor die telefoon begin praat, September 2005 en begin van Januarie 2006.

Luigi het ons vertel dat, hy, Adam en ek verheerlikte liggame sou kry en weggeraap sou word – opgeneem word na die Hemel – op 20 Februarie 2006. Ek sou een week gehad het om die Bruid van YAHUSHUA in kennis te stel en selfs as ek hulle nie kon in kennis stel nie, sou hulle in die gees weet.

Luigi het ook gesê dat een week voor 20 Februarie 2006, die engel Gabriël eerste sou kom en dan sou Aartsengel Migael kom om dit eerste aan my te bevestig. Luigi het ook gepraat van die bruilofsmaal wat sal plaasvind in die Hemel en vir 7 jaar sal aanhou, terwyl die Groot Verdrukking op die aarde sal plaasvind, en hy het gesê dat ons bo in die Hemel sal wees en sigare sal rook en whiskey sal drink by die Bruilofsmaal van die Lam.

Dit was 'n onmiddelike rooi vlag en ek het geweet dit was nie waar nie, maar ek het nie vir Luigi op daardie tydstip bestraf nie. In stede daarvan het ek dadelik vir Adam gebel nadat ek met Luigi gepraat het, en vir Adam gevra of Luigi rook en drink, omdat hy hom persoonlik geken het en omdat Luigi saam met hom gebly het vir 'n kort rukkie in Kanada.

Adam het gesê, Ja, Luigi het gesê dat YAHUSHUA hom vertel het dat hy moes begin rook het. Ek het vir Adam vertel dat die Bruid nie so 'n ding sal doen in die Hemel nie. Ek het nie 'n getuie gekry dat Luigi so iets moes doen op aarde nie. Adam het my vertel dat hy Luigi sal konfronteer en my bekommernis sal deel. Een week later het ek weer met Adam oor die telefoon gepraat. Hy het gesê dat hy vir Luigi gekonfronteer het en dat Luigi daarop aangedring het dat YAHUSHUA hom vertel het om dit te doen en dat ek die rede sou weet hoekom hy gesê was om dit te doen.

Ons het teruggestaan en nie vir Luigi gekonfronteer nie. Ons wou almal sien of dit wat Luigi gesê het sou waar word, eerstens waar die Heilige Engele sou kom op 13 Februarie, alhoewel ons geen getuie daarvan gekry het nie, omdat dit nie is wat YAHUVEH vir ons vertel het deur die profesieë en hoorbare woorde wat aan my gegee is nie. 20 Februarie is nie op 'n Heilige Fees Dag of selfs op die Sabbat nie. Van alle dinge is 20 Februarie Presidents Dag genoem.

Ons weet deur die Profesieë wat aan my gegee is, dat YAHUSHUA sal terugkom vir SY Bruid op ’n Sabbat en op 'n "Rosh Hashanah". Toe ons die datum 20 Februarie geplaas het en die profete gevra het om te bid om te sien of hulle enige iets spesiaal kon agterkom vir daardie dag, het e-posse en telefoon oproepe gekom, waarskuwings van 'n vals wegraping. Dit is nou nie dat daar 'n valse wegraping was nie, maar satan het vir Luigi gelieg en gesê dat daar ‘n wegraping gaan wees.

Luigi het 11 jaar van sy lewe gegee, alles opgeoffer, waar hy oral oor die wêreld gegaan het en die evangelie gepreek het en gewaarsku het om te berou, dat die Koninkryk van die Hemel naby is. Maar hierdie man, alleen in Argentinië op die voorste linies, 61 jaar oud, was deur 'n demoon getref wat vir hom gelieg het en is deur daardie demoon vertel dat hy daardie leuen moet aanstuur na my en Adam.

Maar, ek het weer 'n bedroefdheid in die Gees gevoel en geweet dat dit nie sou gebeur nie. Ek het aanhoudend vir Adam en Luigi gesê dat ons die Gees moet toets wat praat. As dit nie gebeur nie, Luigi, sal jy moet erken dat jy deur satan mislei was. Wat hierdie ondervinding gedoen het was om hom nederig te maak en nou het hy ‘n gees wat gewillig is om te leer, wanneer ons hom vertel dat alles in lyn moet wees met die Heilige Skrif en dat 'n profeet onderdanig is aan 'n ander profeet. Ek was diep bedroef oor dit gewees, omdat ek nie Luigi wou seermaak nie, want hy wou so graag hê dat ons Messias moes kom en hy en Adam het die dae afgetel tot 20 Februarie 2006.

Luigi het my vertel, toe ek hom gevra het wat sal gebeur met hierdie Bediening, ek het nie gevoel dat ons werk klaar was nie, en Luigi het gesê my werk was verby. Ek het geweet die werk was nog nie klaar nie, daar is ander dinge wat moet plaasvind met "Yisrael" voor die Bruid van YAHUSHUA weggeneem word, soos eerste vrugte vrygekoop van die Aarde soos in Openbaring 14. Luigi is so alleen in hierdie vreemde land, dat alhoewel hy nooit gerook het nie, het hy geglo dat YAHUSHUA met hom gepraat het en gesê het dat dit reg was, want YAHUSHUA het hom die begeerte van sy hart gegee. Mense, dit is nie die tipe begeerte van die hart wat YAHUSHUA ons belowe nie.

Op 15 Februarie 2006, terwyl ek gebid en gevra het, hoe kon Luigi, wie sê dat hy 'n Heilige man en profeet is, so mislei word, het die woord hieronder voortgekom. Op Sabbat, 2.18.2006, het ek hierdie profetiese boodskap vir Luigi in Argentinië, oor die foon vanaf 'n opnemer, gespeel. Luigi het trane gestort van jammerte en berou en my gevra wat moet hy volgende doen? Ek het hom die instruksies gegee, natuurlik, om die duiwel te bestraf en op te hou rook en alkohol te drink en om sy lippe te salf met salwings olie.

Hy het so 'n nederige en liefdevolle Gees, en toe ek vir Luigi vertel dat iets goeds uit hierdie slegte misleiding gekom het waaronder Luigi was, dat ander vir my geskryf het met soortgelyke probleme en vrae oor rook, drink, pornografie, dwelms…en al is hulle lief vir YAHUSHUA, wil hulle steeds weet, kan hulle die Bruid wees? Ek het vir YAHUSHUA gewag om my die antwoord te gee, en hieronder is die antwoord. Weereens as dit nie gebeur het nie, sou hierdie woord hieronder nie voortgekom het nie.

Ons bid terwyl jy dit lees, die wat waarlik begeer om YAHUSHUA se Bruid te wees, as julle enige iets doen wat YAHUSHUA beledig, dan sal julle dit nou stop voor dit te laat is en julle agter gelaat word in die Groot Verdrukking. Sommige van julle wat hierdie lees was geroep om YAHUSHUA se Bruid te wees, maar het versuim om dit wat YAHUSHUA aanstoot gee, op te gee. Die Skrif sê, "Want baie is geroep, maar min uitverkies". (Mattheus 22:14)

Ek voel gelei deur die RUACH ha KODESH (Heilige Gees), om julle te vra om asseblief nie vir Luigi te oordeel nie, omdat sommige van julle wat hierdie lees, gedoen het, wat Luigi deur satan bedrieg was om te doen, en jyself doen dieselfde ding of nog erger. Die hoof ding is om te berou en om satan te bestraf en enige iets wat YAHUSHUA aanstoot gee te verlaat en wat jou daarvan kan weerhou om SY Bruid te wees. Dit is dit mense, dit is waarlik die laaste uitroep vir die Bruid van YAHUSHUA. Moenie enige tyd meer mors nie. Niks anders maak saak nie, behalwe dit wat ons doen vir ons geliefde YAHUSHUA MESSIAS, ons spoedig komende Bruidegom. HY wag by die deur vir SY Bruid, wees Heilig net soos HY Heilig is!

Ons sien dinge so vinnig gebeur, en die stukke van die legkaart kom bymekaar. Hierdie jaar sal wees soos geen ander jaar nie. Hou julle oë op "Yisrael"!

* * * * * * *

Prophecy 82

LAASTE UITROEP VIR DIE BRUID VAN YAHUSHUA MESSIAH!

Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

15 Februarie 2006

9:00 vm. tot 9:50 vm.

* * * * * * *

[Elisabeth (Elisheva) begin om te bid, "O, Heilige, Heilige, Heilige, YAHUSHUA wat is dit wat U wil sê?"]

YAHUSHUA ha MASHIACH sê,

Elisabeth [Elisheva], EK wys jou 'n visioen. Aanskou MY Bruid.

Sy staan daar in skitterende wit, Heilig en onbesmet. Dit is die Bruid vir wie EK kom; sy is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie. Daar is 'n verskil tussen haar en ander wie haar heiligheid vermy. Ander wie nie van MY Gees is nie, ander spot haar heiligheid, want sy weier om deel te neem aan die sondes in hierdie wêreld. Sy is getrou, heilig aan MY, sy gaan nie ‘n kompromie aan met sonde nie, sy kyk nie hoe ver sy kan oorleun oor die hel, voordat sy inval nie. Sy wil geen deel hê van hel nie. Sy wil geen deel hê van satan nie, sy wil geen deel hê van satan se “vices” nie. Die vrede waarna sy smag, sy draai net na MY, die Prins van Vrede.

Kyk nou na hierdie visioen. Dit verander nou. Nou aanskou die vyand van julle siel, MY Heilige Bruid en sê, “ek moet haar besmet, sy kan nie daar staan sonder vlek of kreukel nie”. So hy sit 'n sigaret in haar mond, sodat sy die stank het van rook. Hy sit die giftige drinkgoed in haar hand, sodat sy rondsteier soos 'n dronkaard. Aanskou nou MY Bruid, waar pornografie in haar hande gesit is, sê die vyand, "Moenie bekommer nie, niemand kan hierdie geheim sien nie, kruip net weg". Nou is MY Bruid, wat eens so Heilig was, so besmet. So EK draai weg, want EK kan nie kom vir 'n Bruid soos hierdie nie.

MY Bruid het nie die stank van 'n sigaret nie. MY Bruid steier nie soos 'n dronkaard nie. MY Bruid lees nie pornografie agter die deure nie. Dit is 'n vals Bruid en EK aanvaar net die ware een. So EK gee julle 'n keuse, want die enigste geur wat enige een rondom jou moet ruik is die geur van MY salwingsolie, die parfuum wat EK jou gegee het. Julle kleed kan nie sonder heiligheid wees nie, die kleed van MY geregtigheid klee julle, hulle kan nie eens 'n vlek of ‘n kreukel hê nie. Hulle kan nie enige rede hê vir hierdie wêreld om jou aan te kla van sonde nie.

Besef julle nie, wat julle oë aanskou, aanskou MY oë? Besef julle nie dat julle liggame die Tempel van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie? Moenie mislei word nie, omdat sonde geen deel in julle kan hê nie. Julle wonder of julle MY Bruid is. Julle bid regoor die wêreld, "Is ek U Bruid"? Jy wil weet, Elisabeth [Elisheva], hoe iemand wat jou van 'n sekere datum vertel wanneer EK kom vir MY Bruid en tog is die Woord wat gegee is nie in lyn met MY Heilge Skrifte nie. Dit is die begin van die misleiding wat ingetree het.

Hoeveel keer het EK al gesê, as dit nie in lyn is met MY Heilige Woord nie, want EK is die Heilige Woord, EK is die lewende "Torah", selfs wanneer hulle kom van 'n Engel van die lig, moenie aanvaar wat nie van MY is nie. Hoeveel keer het EK al gesê, “Toets die gees wat praat?” Jy wil weet hoe julle broer mislei was? Dit beteken nie dat hy MY nie liefhet nie. Dit beteken nie dat hy nie begeer om MY te dien nie, maar dit beteken dat dit die eerste stap is toe hy weg geloop het, en misleiding ingetree het. Wanneer satan 'n houvas op hom gekry het en vir hom gesê het, "Moenie na die Heilige Woord luister nie". Instede het hy begin luister na 'n stem wat nie van MY was nie.

EK is nie 'n man dat EK kan leuens vertel nie. MY Woord is Waarheid. Wat EK sê, gebeur. Die Heilige Engel het nie gekom nie, want Elisabeth [Elisheva], waar het EK jou ooit vertel dat EK ander sal vertel, om die “Ringmaiden” te vertel en sê, verwag dat YAHUSHUA op hierdie dag sal kom vir SY Bruid. Hoekom sal EK jou nie eerste vertel nie? Dit is waarom EK oor en oor gesê het. Toets die Gees wat spreek. Wie gaan luister na een wat 'n getuienis het wat lyk en ruik soos die wêreld? Moenie meer enige verskonings maak vir hom nie. My mense het agter ander Gode aangegaan, maar beteken dit dat EK julle geroep het om vreemde afgodsdienaars te wees? Die mense is dronk van giftige drinkgoed. Beteken dit dat EK jou geroep het om 'n dronkaard te wees? Die mense het na ander bronne van vrede gedraai, maar beteken dit dat EK wil hê dat jy na 'n skoorsteen moet ruik of opskiet soos 'n dwelm verslaafde?

Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid! EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad! Hoeveel van julle wie begeer om MY Bruid te wees, wie EK geroep het om MY Bruid te wees, het Heiligheid verlaat? Hoeveel van julle maak verskonings vir sonde? Hoeveel van julle weet MY Woord sê, eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig en tog maak julle die kerke vol op Sondag.

Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, MY Bruid sal geen deel hê aan hierdie dwaasheid nie. EK het gesê, julle moet Heilig wees soos EK Heilig is. MY Bruid sal Heilig wees of EK sal geen deel van haar hê nie. Julle wil weet wie die dwase maagde is? Julle wil weet hoekom hulle nie genoeg olie in hulle lampe gehad het nie? Hulle het nie genoeg Heiligheid gehad nie.

Hulle het geweet dat EK kom, maar hulle het nie voorberei nie.

Dit is nie genoeg om MY net lief te hê nie, dit is nie genoeg om MY net te dien nie, dit is nie genoeg om net MY Woorde te preek nie.

EK vereis Heiligheid.

Soos [met ‘n Heilige] man [aan ‘n Heilige vrou], sou EK geen deel van jou wou hê as jy nie Heilig was nie. Hoeveel meer van 'n standaard van Heiligheid het EK. Hou op om verskonings te maak vir sonde. Elisabeth [Elisheva], jy weet EK het oor en oor gesê, “Toets die gees wat praat.” Hou op om verskonings te maak vir jou broer. Dit beteken nie dat EK hom nie liefhet nie, maar dit beteken dat hy die gees van misleiding toegelaat het om in te kom. Toe hy geglo het dat EK gesê het, tel op die sigarette en drink daardie drank, hoe kon mense die verskil tussen MY Gees en die vyand s'n sien, want Hy preek MY Woord, maar hy ruik soos die wêreld.

EK het toegelaat dat dit gebeur, trots gaan voor 'n val. Luigi moet 'n gees hê wat nog geleer kan word; hy moet berou en erken dat EK nie 'n man is wat kan jok nie. Waar hy eens net my stem gehoor het, maar die vyand het bietjie vir bietjie ingekruip, so Ek het dit toegelaat dat jy moes tussenbeide tree en dat jy moes bid, want soos jy vir hom gebid het, het jy ook vir ander gebid wat begeer om MY Bruid te wees. Soos jy die misleiding aanskou het wat hom om die bos gelei het, net so het jy die misleiding aanskou in ander, wie MY Bruid wil wees.

Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van 'n Bruid wat daar staan in glinsterende wit? Nou, kan jy daardie kleed voorstel met nikotien vlekke? EK sit nie MY Kinders; Ek sit nie MY Bruid in knegskap nie. Kan jy 'n prentjie skilder van MY Bruid waar elke woord wat uit haar mond kom Heilig is? Nou, kan jy jou voorstel die stank van alkohol in haar asem? Haar vingers gevlek met nikotien? Kan jy 'n prentjie skilder waar MY Bruid Heilig daar staan, waar sy net wag om die skoonheid van MY te aanskou? Nou, kan jy jou dieselfde Bruid voorstel, waar sy agter toe deure wegkruip, met wellus in haar oë, terwyl sy na pornografie kyk, met haar gedagtes gevul met vuilheid?

Gaan weg van MY, moenie waag om julleself MY Bruid te noem nie. Dit beteken nie dat jy nie geroep is nie, dit beteken net dat EK jou nie sal aanvaar as jy nie soos 'n Ester voor MY VADER kan staan nie, Heilig en rein en gehoorsaam voor MY en MY VADER YAHUVEH. Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van MY Bruid wat daar in glinsterende wit voor MY staan, elke woord wat weer uit haar mond gaan is Heilig met Lof vir MY op haar lippe, elke woord vol aanbidding en liefde. Skilder nou 'n prentjie met dieselfde een wat voor MY staan met lastering op haar lippe, vuil taal wat kom asof dit kom van 'n riool. Sê MY Woord nie dat jou mond uit jou hart uit praat nie? Moenie verskonings maak hoekom jy vloek nie. Elke woord wat uit jou mond kom, elke woord wat uit MY Bruid se mond kom, moet Heilig wees.

EK IS WOEDEND!!!

Jy wil weet hoekom die Heilige Engele nog nie gekom het nie, Elisabeth [Elisheva]? Jy het alreeds geweet, EK het jou gesê EK sou jou vertel. EK het vir jou gesê dat jy die “Ringmaiden” is, EK het nooit vir jou gesê dat jy vir ander moet luister nie. EK het jou gesê dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Feeste. EK het jou gesê dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Woord. Toe jy uitgevind het dat dit wat aan jou gesê was deur 'n ander, nie in lyn was met MY Heilige Woorde nie, hoekom het jy nie dit wat jy gehoor het, bestraf nie? EK het dit toegelaat om te veroorsaak dat jy meer vrymoedig sal wees, omdat jy geweet het dat jy nie kan glo wat vir jou vertel was nie.

EK sal 'n Bruid hê, sy is alreeds geseël, en die dwase kyk om verskonings te maak om te sondig, maar EK het 'n Bruid. Dit is hoekom EK jou oor en oor vertel het, EK vereis Heiligheid. Hierdie Bediening staan vir Heiligheid. Hierdie “Ringmaiden” moet Heiligheid verwag. Dit beteken nie dat EK nie die ander liefhet nie. Maar EK het maar net een Bruid. Soos EK jou vertel het Elisabeth [Elisheva], en jy nie vrymoedig genoeg was om dit te spreek nie, maar nou sal EK.

Op "Rosh Hashanah", in 2005, toe jy gebid het, "O maak my waardig om U Bruid genoem te word soos in Openbaring 14, omdat ons weet dat net hierdie alleen, YAHUSHUA, U Bruid is". En EK het gesê, "Luister Elisabeth [Elisheva], as EK kies om te beskerm en EK kies om te seël en EK vat sekeres van MY Bruid, soos Openbaring 14 dit stel, vrygekoop van hierdie aarde, geseël en beskerm op hierdie manier, en EK kies om sekeres van MY Bruid te los, soos gespreek in Openbaring 7, geseël en beskerm, maar EK los hulle in hierdie wêreld om aan te hou om MY Woorde te preek, om die standaard teen die bose te wees, beskerm en seël EK dan nie steeds MY Bruid nie?"

Wat bemoei dit jou oor hoe EK al MY Bruid beskerm en seël? Sommige van hulle is soos Openbaring 14, en hulle is MY eerste vrugte, Elisabeth [Elisheva]. EK het jou alreeds vertel dat dit die groep is, waarin jy sal gaan. Sommiges is MY Skild Krygers en Skild Maagde in Openbaring 7 en hulle is alreeds geseël, hulle wag net dat dit moet gebeur, wat EK gesê het moet gebeur, maar hulle is geseël en geen leed sal enige een van hulle aangedoen word nie. Albei is MY Bruid. EK het net een Bruid. EK verkies net om sekeres eerste huis toe te neem, en EK verkies om sekeres op hierdie aarde te los.

Nou, sal jy voortspreek wat EK jou vertel het om in vrymoedigheid te sê?

Hoeveel van MY Bruid het gesê, "Ek voel net nie dat ek hierdie aarde al gaan verlaat nie." Dit is omdat hulle van Openbaring 7 is, omdat EK 'n vegtende Gees in hulle gesit het, 'n Gees van oorlewing. Die ander in Openbaring 14 smag na MY om te kom. Hulle sien hulself nie veg op hierdie aarde nie, maar EK sal kom vir die Openbaring 7 Bruid, net so seker soos EK sal kom vir die Twee Getuies. Die Twee Getuies, EK herhaal weer vir julle, is deel van die Bruid van Openbaring 14 en hulle sal eerste geneem word, soos die eerste vrugte, en dan sal hulle terug kom. Die gaste van die Bruilofsmaal van die Lam sal uit die Groot Verdrukking kom. Hulle sal die wees wat hulle klere in MY Gestorte Bloed gewas het.

Daar kom 'n vals wegraping. . Die duiwel se voorneme is om MY te terg in alle weë. Dit is hoekom dit so baie belangrik is om die woord daar buite te kry sodat mense nie mislei word nie.

Wees versigtig vir die evangeliste op TV. Hoekom dink julle is hulle so ryk en so beroemd? Omdat hulle siele na die anti-messias gaan lei, hulle het die prys betaal, hulle is gekoop. Wees versigtig vir die evangeliste op TV, wanneer hulle julle nie die Joodsheid van MY leer nie.

O, hoe maklik word hierdie wêreld mislei. As hulle nie leer dat mense moet wegdraai van sonde nie, dat hulle moet berou, op hulle gesigte moet val voor MY, dan is hulle nie van MY nie. Dit is meer as om net te sê, "O Jesus, kom binne in my hart in." Dit word genoem, wegdraai van sonde, afstand doen van satan, berou, en MY toelaat om binne in hulle te woon. Wees versigtig vir hierdie predikers wat net julle jukkende ore wil sagmaak. Dit is hoekom EK bedieninge soos hierdie opgerig het, wie die waarheid in Heiligheid preek. Wees versigtig vir enige een wat sê die Tien Gebooie het verander, ons kan gaan en ons kan aanbid en kan enige dag die Sabbat Dag noem.

Dit is die boodskap wat EK op hierdie dag vir julle los, en niks van hierdie boodskap sou na vore gekom het nie as EK nie ‘n Luigi na julle toe gestuur het nie, omdat hy mislei was. Dit beteken nie dat hy nie aan MY behoort nie. Dit beteken dat hy op sy gesig moet val voor MY. Hy moet homself nederig maak en dit verlaat, wat EK hom nie vertel het om te doen nie. EK gee nie net hierdie boodskap vir hom nie, EK gee dit vir almal van julle. Uit hierdie hele wêreld, noem EK net 288,000 MY Bruid, uit hierdie hele wêreld. Maar dit beteken nie dat EK nie liefhet en EK nie red nie, dit beteken net dat 'n baie klein oorblyfsel alleen waardig is om MY Bruid genoem te word.

Hoeveel julle MY liefhet, kan julle meet aan hoeveel van ‘n begeerte jy het vir Heiligheid, want dit is waarna EK kyk. MY Bruid sal haarself nie prostiteer voor ander Gode nie, maar EK en MY VADER YAHUVEH sal nommer een wees. EK en MY VADER is EEN. Onthou dit wanneer jy wil weet, "YAHUSHUA, is ek U Bruid?" Antwoord dit vir jouself. EK het 'n hoë standaard vir Heiligheid vir MY Bruid.

Elisabeth [Elisheva], EK sal nooit iemand anders vertel om jou te vertel wanneer jy moet verwag dat daardie Heilige Engele gaan kom nie. EK sal nooit iemand anders vertel watter dag EK kom nie, want EK het vir jou gesê dat EK jou eerste sal vertel, MY “Ringmaiden”, sodat jy kan sê, "Berei die weg voor, die Bruidegom gaan kom."

Sodat die nuus kan uitroep en lui, na MY Bruid, ver en wyd. Wanneer die Heilige Engele na jou toe kom, sal MY Bruid weet terwyl hulle tussenbeide tree, help en bid vir jou, MY Bruid sal weet, omdat MY Bruid 'n begeerte het om een met jou te wees, want jy is een met MY. Enige een wat hierdie Bediening haat is nie deel van MY nie, want hoe kan hulle deel van MY wees en Heiligheid en gehoorsaamheid haat?

Wees versigtig vir enige profeet wat hulle self 'n profeet noem, al lyk dit of MY Woorde uit hulle lippe kom, selfs al lyk dit of dit in lyn is met MY Woord, as hulle uiterlik sondig, uiterlik veroorsaak dat daar 'n stank kom oor hulle getuienis. EK vra julle dit, “Waar het EK ooit in die Heilige Skrifte MY Profete beveel, of waar het ABBA YAHUVEH SY Profete beveel, om op enige ander manier behalwe HEILIG op te tree?” Het ONS nie altyd die Profete apart geplaas om Heilig vir ONS te wees nie?

So julle moet enige iemand bestraf wat na julle toe kom en verskonings maak vir sonde en sê dat EK, YAHUSHUA of YAHUVEH hulle vertel het om sonde te doen. EK herinner julle aan dit. Enige een wat dink hulle stel datums en gestuur is om julle te sê wanneer die wegraping van die Bruid sal kom, EK het hulle nie gestuur nie. Dit is hoekom EK jou die “Ringmaiden” noem en EK het jou alreeds vertel dat EK sal terugkom op 'n Sabbat, en enige een wat sê dat dit op 'n Sondag sal wees, weet dat hulle nie van MY is nie. Enige een wat sê dat dit op enige ander dag behalwe die Sabbat is, weet dat dit nie van MY is nie want EK is nie 'n man wat kan leuens vertel nie. Leuenaars sal kom, en hulle sal na jou toe kom, net soos ‘n engel van lig. Hoekom dink jy het die Woord soveel keer uitgegaan, hierdie dag, daardie dag, die wegraping sal kom, maar dit is nie in lyn met wat EK jou gesê het nie?

Bestudeer en lees die profetiese boodskappe wat EK jou reeds gegee het, en as dit nie in lyn is nie, gooi dit uit. Want jy is MY “Ringmaiden”, en net soos die roeper uitgeroep het, "Berei die weg voor, die Bruidegom gaan kom." Net so sal EK jou vertel, en die ware Heilige Engele sal kom. Maar jy het niemand nodig om jou die datum te vertel nie. Die Heilige Engele sal net opdaag en die vyand onverhoeds vang. Nou Elisabeth [Elisheva], hoef jy nie langer meer die las te dra wanneer mense vir jou skryf en sê, "Is ek die Bruid?" Nou kan hulle hierdie profetiese boodskap direk uit MY mond hoor en hulle self kan weet deur wat die woorde gesê het, "Is ek YAHUSHUA se Bruid?" Pasop vir die vervalste bruid. Aanskou MY Ware Bruid. Hierdie is die laaste uitroep vir MY Bruid.

* * * * * * *

Beledigend vir sekeres, ophelderend vir ander, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH,

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

15 Februarie 2006

N.S. Voel asseblief vry om te kopieer en met ander te deel, al wat ons vra is, los asseblief die hele boodskap onveranderd, ingesluit die verduideliking van hoe die profetiese boodskap na vore gekom het. Baie dankie aan almal wie ‘n hulp is vir hierdie Bediening en my.

* * * * * * *