Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Chukat / Wet of Bevel, Balak, Een Wat Verwoes , hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 5, 131, 132;

Numeri 19:1 - 25:9;

Miga 5:6-6:8;

Matteus 21:1-11;



Profesie 5
Profesie 131
Profesie 132

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


30 Junie, 2023



Profesie 5 Julle Is My Verborge Skat, Julle Is My Verborge Wapen!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu 14 Maart 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Ek het in die RUACH ha KODESH se tale begin bid en die volgende ding wat ek weet, het YAHUVEH my gesalf en die onderstaande boodskap het uitgekom. Alhoewel ek gedink het dat dit net vir Daniël sou wees, het dit geblyk dat dit vir baie bedoel is. Wees geseënd terwyl julle hieronder lees en kyk of die RUACH ha KODESH nie vir julle wys dat dit vir julle ook is nie.

As julle aanhou om MY aangesig te soek en vir MY vra, "Wanneer sal U my gebruik?" Dit is vir wie hierdie boodskap is. As julle MY stem in hierdie profesie hoor, dan is hierdie boodskap vir julle, MY Seuns en Dogters. MY Gees sal in julle bevestig of hierdie boodskap vir julle is. Want dit sal tot die gees in julle getuig. Al die ander sal doof bly en dit sal slegs woorde wees. Hulle sal twyfel of dit regtig YAHUVEH is wat deur hierdie Diensmaagd spreek. Julle is reg, as dit is hoe julle voel, is dit nie vir julle bedoel nie.

* * * * * * *

MY Liefste Kinders, julle is soos 'n verborge skat, julle is soos 'n verborge pylkoker met pyle, wanneer hulle slegs 'n boog sien. EK sal julle gebruik om kragdadig te spreek en julle sal doen wat julle suster nou doen, julle sal waarsku oor die komende oordeel. Julle is ook 'n wagter op die muur. Kyk vir die tekens in die lug, soos Elia gedoen het, want julle sal gewaarsku word en gee dit dan aan ander deur. MY Kinders, EK het julle gesalf om die gawes wat EK vir julle gegee het, te deel. Julle het nog nie die vrymoedigheid gehad om dit te doen soos wat EK julle gesalf het om te doen nie. Maar EK het op hierdie dag bepaal dat julle MY Diensmaagd ontmoet en haar gawes en julle gawes het een geword. Julle het mekaar se gawes opgewek. Moenie dink dit is toevallig nie, want julle is een in MY Gees.

MY Woord wat in julle is brand soos 'n vurige swaard. Die tweesnydende swaard sal diep sny. Daar is baie vuur in julle beendere opgesluit en julle weet nie wat om daarmee te doen nie. Begin dit uitspreek. MY Woorde kan nie leeg na MY terugkeer nie, dit moet doen waarvoor EK dit uitgespreek het om te doen. EK het vir julle baie in die geheim vertel en julle het dit nie met ander gedeel nie. Dit is nou tyd om die trompet te blaas en te waarsku oor die komende oordeel oor hulle wat spot en ignoreer. Maar 'n tyd van seëninge vir hulle wie gehoorsaam en MY aangesig nederig soek, hulle wie luister vir MY stem en MY Skape ken MY stem en gaan na geen vreemdeling toe nie. Hulle het niks om te vrees nie.

Alhoewel die dood hulle omring, en jy hulle vertel, sal dit nie diegene benadeel wie MYNE is nie en as hulle martelare word sal die bloed in die grond ingaan en slegs meer Paulusse voortbring wie eers Saulusse was en meer Stefanusse sal gebore word. Julle is soos 'n Stefanus; julle is MY geheime wapen wat EK weggesteek het. EK sê weer, julle ken MY stem en julle het vanaand bevestiging ontvang van een van MY ander Profete. Julle sal en word kragdadig gebruik vir diegene wat julle alreeds aangeraak het. Moenie die begin van klein dingetjies verag nie want selfs 'n magtige eikeboom het as 'n klein saadjie begin. Julle is soos 'n magtige eikeboom van geregtigheid, MY geregtigheid. Julle is nie opgepof met trots nie, en EK sal dit ook nie toelaat nie, want EK sal julle van jul troontjie af slaan as julle selfs net probeer. Julle het nederig voor MY gebly en EK het julle so baie lief, want EK sien julle studeer tot laat in die nag, EK voel julle alleenheid aan as julle wonder waar julle hoort.

Die voetstappe van die Godvresendes is deur YAHUVEH georden. Hou aan om in MY voetspore te volg en lei ander na MY toe. Volg MY voetstappe en lei ander na die kruis op Golgota. Volg MY voetstappe en lei ander na die poorte van die Hemel. EK het julle geleer, nie 'n mens nie. EK het julle georden, nie 'n mens nie. Julle is MY verborge skatte, MY verskuilde wapen en EK sal julle kragdadig begin gebruik in hierdie eindtye, en moenie mislei word nie, dit ìs die eindtye. Maar nie die einde vir MY Kinders nie, vir hulle is dit 'n wonderbaarlike nuwe begin.

'n Tuiskoms gaan plaasvind en kyk na al MY Kinders wat rondom die bankettafel vergader is. Ja, MY Seuns en Dogters, julle sal rondom die bankettafel vergader, gouer as wat julle weet of dink. Eers begin die insameling van die oes, want dit is so groot en die arbeiders is so min. Die spottery word harder soos wat EK hoor hoe leraars, wie voorheen MY Evangelie gepredik het, nou hulle eie evangelie verkondig. Hulle noem hulself gode. EK sal aan hulle bewys wie GOD YAHUVEH is. Hulle sal dit berou omdat hulle dit ooit gepredik het want baie het afgedwaal as gevolg van hierdie leuen. Baie het gesterf en was verbaas omdat hulle MY nie ontmoet het nie; instede daarvan is dit die bose een wat hulle sien. Maar moenie mislei word nie, want EK word nie maklik bespot nie. Baie leuens is vertel deur hierdie geestelike leiers vir wie julle eens kon vertrou. Hulle sal verantwoordelik gehou word vir wat hulle weet. Hulle verkondig opstandigheid en het dit as evangelie geëtiketeer. EK vertel vir julle, hulle sal op 'n kragdadige manier boet. Want hulle noem MY Vader en weet nie eers wie EK is nie. Maar nie julle nie, MY Seuns en Dogters. Nie diegene wie MY stem herken deur die profetiese boodskappe wat EK deur MY Diensmaagd spreek nie.

MY Skape sal MY stem ken. Alhoewel die vreemdeling se stem wat hulle hoor van 'n gerespekteerde pastoor kom, of 'n geestelike leier, wat julle in die verlede kon vertrou, maar nie meer nie. Moenie na 'n mens kyk as julle geestelike leier nie maar kyk slegs na YAHUSHUA alleen. Is dìt wat hierdie geestelike leiers sê, in lyn met die Heilige Woord van YAHUVEH of neem hulle dit en verdraai dit om die mens se beeld te pas? Julle moet na die RUACH ha KODESH draai en hy sal julle in die waarheid lei en vir julle geestelike oë en ore gee om te hoor. Vertrou 'n leier net totdat die RUACH ha KODESH sê nie meer nie. Baie bedienings is besig om reg voor julle oë te val. Dit is slegs die begin van die jaar en wat EK geprofeteer het is besig om plaas te vind en meer sal val voordat hierdie jaar eindig. Moenie oor die gevalle bedienings of leraars treur nie, want hulle was gewaarsku.

Treur oor die skape wat mislei was en MY nou nie meer vertrou nie. Treur oor die skape wat in die wolwe se lêplekke instroom en hulle sal verslind, omdat hulle 'n masker van 'n skaap dra. Hulle sal hulle verslind want die skape word weereens in die vyande se kampe verstrooi deur hulle jeukende ore. Bewaar julle ore MY Kinders. Bewaar julle oë. Moenie mislei word deur wat 'n tong spreek nie, want al klink dit so glad soos heuning, onderskei die Gees wat dit uitspreek. Onderskei met julle oë, is dit in lyn met die Woord van YAHUVEH? Dink hulle, 'aha, ek het nou so baie gestudeer, ek het 'n nuwe openbaring' en daardie openbaring bring julle nie nader aan MY nie, maar veroorsaak dat julle weggaan van MY af. 'n Ware geestelike leier sal julle nader bring, bemoedig en versterk. 'n Ware geestelike leier is nie opgepof met trots nie.

Hulle weet hulle is nie 'n GOD nie, nie eers 'n kleintjie nie. Hulle weet wie hulle is; hulle is na MY beeld geskape, bedoelende hulle het 'n neus, oë en ore. Komaan; kyk in die spieël, julle weet wat 'n weerkaatsing is.

Moenie toelaat dat hierdie dwase onderwysers julle mislei nie. Julle is aangeneem, EK het slegs een Eniggebore Seun, het EK nie? Maar alhoewel julle aangeneem is, het EK julle net so lief soos wat EK MY Eniggebore Seun het. Vertel vir ander waarvan EK vanaand praat want alhoewel dit begin het vir een, het dit verander in woorde vir baie. EK is YAHUVEH, julle GOD en EK mors niks nie. Selfs hierdie gesprek was vooraf bepaal. Julle ontmoeting was vooraf bepaal.

EK sê nou vir julle, YAHUSHUA kom vir SY Bruid, en hulle wie HOM nie verwag nie, sal AGTERGELAAT word! Hulle wie leef asof HY nie enige dag gaan terugkom nie, sal AGTERGELAAT word. Raak doenig met MY dinge en doen die werk waarvoor EK julle geroep het om te doen. Maak nie saak of hulle glo of nie, los dit tussen hulle en MY. Hulle het ook nie in die dae van Noag geglo nie. Soos in die dae van Lot het hulle nie geglo nie, maar moenie mislei word nie, die stem in hierdie profesieë spreek tot MY Kinders, en EK sal nie toelaat dat hulle mislei word nie, tensy hulle so verkies.

Hoe meer tekens EK van MY toorn stuur, hoe groter sal die woede opstyg teen die Profete wie hierdie boodskappe uitspreek. Maar weet dit, EK stuur altyd die Profete om te waarsku, terwille van MY liefde en genade. EK wil nie hê dat enigiemand moet swaarky of omkom of ewige verdoemenis ly nie. So, blaas weereens die trompet, hulle wie geestelike ore het om te hoor, sal MY stem duidelik hoor en al die ander sal doof en blind bly. Dit is hulle keuse nie julle s'n nie.

* * * * * * *

Gegee aan hierdie erdekruik op 14 Maart 1997.

KOM YAHUSHUA, KOM!

Eerw Elisheva Eliyahu



Profesie 131 Donald Trump Spring Op Soos Springmielies!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Elisheva Eliyahu

Ontvang 29 Junie – Vrygestel 9 Julie 2016

* * * * * * *

Die Profesie volg hieronder soos wat dit uitgekom het – deur Profete Ezra en Elisheva se “Heilige Tale”, terwyl GOD se GEES uitleg gee (Hand. 2:3-4) oor hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1. Elisheva spreek in tale en bring Profesie (1 Kor,. 14:6). Ezra begin bid met intersessor-tale (Rom. 8:26:26-27); (1 Kor. 14:15).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD

YAH/YAH is GOD se HEILIGE, ... NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik “Loof/Prys YAH” beteken:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER:

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGGEBORE SEUN-

(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”, ELOHIM beteken “GOD”);

Terwyl die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” –

as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) – ook hierin genoem word.

(HA SH’KHINYAH (SHEKINAH) is Hebreeus vir

GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Bykomend, beteken ABBA YAH “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”

Skrifgedeeltes is uit die Ou Afrikaanse Vertaling (OAV) tensy anders aangedui. Kliek regs op die voetnota-nommers om ‘n tweede ‘tab’ te open.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:

ELISABETH (ELISHEVA), EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU

OM NIE HIERDIE BEDIENING NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE.

SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS HET EK DIT IN JOU GEES GEPLAAS.

WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HANDE TOT STAND GEKOM NIE.

NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH JOU IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL MISLUK HET.

DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI, DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE, ANDERS SOU DIT LANKAL MISLUK HET.

EK IS die HERE, dit is MY NAAM; en

MY eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY lof aan die gesnede beelde nie

(Jesaja 42:8) (1933/1953 Afrikaanse vertaling)

(PROFESIE 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word aan hulle wie spot:

MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN GOD UITGELAG EN SY WOORDE VERAG EN MET SY PROFETE GESPOT, TOTDAT DIE GRIMMIGHEID VAN DIE HERE TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE. – 2 Kron. 36:16

Toe in Julie 2016:

ELLENDE WAG VIR ENIGEEN WAT DIT DURF WAAG OM HIERDIE TWEE GESALFDES LEED AAN TE DOEN. JULLE SAL SELFS DIE DAG BEROU WAT JULLE GEBORE WAS. RAAK MY GESALFDES NIE AAN NIE EN DOEN HIERDIE TWEE GESALFDES GEEN KWAAD NIE. (Vry vertaal en sien ook Ps. 105:15; 1 Kron.16:21-22.) DIT SOU VIR JOU BETER GEWEES HET AS EK, ABBA YAHUVEH, JOU TONG UITGESKEUR HET!

(PROFESIE 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Dienaars van AmightyWind Bediening is,- ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se Staf op julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.

* * * * * * *

Hierdie Profesie was via opnemer opgeneem. Hier is die transkripsie.

(Ezra bid in Heilige Tale...)

Elisheva : ABBA YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA (bid ons).

Ezra: HEMELSE VADER ek vra U vir ons om onsigbaar te wees – om ons toe te maak ABBA YAHUVEH – in die fisiese realm en in die geestelike realm, om toegemaak te wees met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA wat die wapen bo alle wapens is (2 Kor. 10:3-5; Openb. 12:11). Ons vra U ABBA YAHUVEH om dit vir ons te doen in die NAAM VAN U HEILIGE SEUN YAHUSHUA.

En satan ek praat nou direk met jou en al jou vorste en die demone wat aan jou gebind is, ek bind julle uit hierdie byeenkoms. Ek bind julle van hierdie Internet konneksie. Wat ek ookal op aarde bind is ook in die Hemel gebind, (Matt. 18:18) daarom is julle is nou op hierdie aarde gebind, in hierdie plek in YAHUSHUA se NAAM.

Ek vra U, ABBA YAHUVEH om hom terug te stuur waar hy hoort, na die plekke wat U vir almal van hulle, vir hom en sy demone (2 Petr.2:4)) voorberei het tot die dag van oordeel, in YAHUSHUA se NAAM.(Matt. 8:29)

Elisheva & Ezra : Amen.

(Ezra bid in Heilige Tale; Elisheva sluit aan).

Elisheva :(Fluister) Wat is dit wat U wil sê ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil sê YAHUSHUA?

(Heilige tale....)

Elisheva: Wat is dit wat U wil sê ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil sê YAHUSHUA? Hallelu YAH! (Heilige tale ....)

ABBA YAHUVEH in die NAAM van YAHUSHUA, ek dank U en ek prys U nou. (Fluister). Gee asseblief vir my ‘n Woord oor Donald Trump in die NAAM VAN YAHUSHUA. (Heilige tale....)

Ons wag vir U MAMMA (RUACH HA KODESH). Ons wag vir U. Wat is dit wat U wil sê? Wat is dit wat u wil sê? (Intensiewe tale....)

PROFESIE 131 BEGIN:

29 Junie 2016

EK, YAHUVEH sê EK HET vir Donald Trump opgerig vir ‘n tyd en uur soos hierdie!

Elisheva: O My!

Profesie Gaan Voort:

Die sataniese elite wat die Withuis vol maak het so baie bloed aan hulle hande (Ps. 94:20-23) – die bloed van ‘n moordenaar, die bloed van die ongeborenes – maar EK het Donald Trump opgerig, wie die heiligheid van lewe waardeer. En dit is sy begeerte, en EK het hom hierdie begeerte gegee: Om daardie bloed van die hande af te was! Om die aborsiewette te verander! Om die regte terug te gee vir die state!

PSALM 94:20: HET DIE REGTERSTOEL WAT ONHEIL STIG, MET U GEMEENSKAP; WAT MOEITE VERSIN TEEN DIE INSETTINGE IN? 21 HULLE BESTORM DIE LEWE VAN DIE REGVERDIGE EN VEROORDEEL ONSKULDIGE BLOED. 22 MAAR DIE HERE IS ‘N ROTSVESTING VIR MY, EN MY GOD DIE ROTS VAN MY TOEVLUG. 23 EN HY LAAT HULLE ONGEREGTIGHEID OP HULLE TERUGKEER EN VERDELG HULLE IN HUL BOOSHEID; DIE HERE ONSE GOD VERDELG HULLE.

Elisheva, EK het jou hart verander!

Jy het hom net gesien waar vloekwoorde sy mond vul. Jy het hom gesien waar hy ‘n man is wat die materiële dinge van hierdie wêreld aanbid. Maar toe soos EK jou in ‘n droom gewys het, die Profesieë, waar hy sou kom en sou lees – en EK trek hom selfs nou terwyl jy praat!

OM SY KNIE VOOR MY TE BUIG!

-EK, YAHUSHUA-

Alhoewel ander (met negatiwiteit) na hom kyk en voordat jy die gebeds-intersessors aangesê het om vir hom te bid, het jy ook - net die gemors gesien wat uit sy mond kom – maar EK rig hom op en EK gebruik ‘n man wie nog nie geregtigheid ken nie. En tog het EK in hom die begeerte na geregtigheid geplaas. (Matt. 5:6)!

MATT. 5:6: SALIG IS DIE WAT HONGER EN DORS NA DIE GEREGTIGHEID, WANT HULLE SAL VERSADIG WORD.

Hy wil doen wat reg is. Hy wil die slagting van die ongeborenes stopsit! Hy wil die reg op vryheid van spraak - weer terug hê! Hy wil nie die gelykgeslagtelikheid agenda (homoseksualisme) hê nie! Dit is ‘n gruwel!

Hy het baie vervolging verduur – terwyl hy poog om ‘n reguit pad te loop sodat hy hierdie verkiesing kan wen – daarom hou hy so baie van sy gedagtes vir homself. Maar wanneer EK vir hom sê, en dit kom, om nie langer om te gee wat mense dink nie en “Hou op om daardie reguit pad te loop. Sê reguit wat jy dink” – gaan [1] julle ‘n veranderde man sien!

Want hierdie man het nie bloed van 'n moordenaar aan sy hande nie! Inteendeel, hy wil daardie mense in die Withuis agter tralies sit!

Elisheva: Ek sien ‘n visioen van springmielies. Hy gaan...hy is soos dit. Jy sit die pitte in ‘n pan en YAHUSHUA sê HY gaan hulle skud. HY skud daardie pan. En waar daar net ‘n paar pitte van waarheid toegelaat was, gaan dit daardie pan tot oorlopens toe vul - met springmielies, want dit is soos dit is – en hy maak groot “geraas”! ABBA YAH sê...

Profesie Gaan Voort:[2]

Hy is gesalf om die geraas te maak! Julle kan hom nie stilmaak nie! - hulle het probeer.

Hulle het probeer om hom te intimideer! Hulle probeer om hom te beskaam! Hulle het hom gespot! Hulle het sy reputasie besoedel! Hulle het probeer om hom te laat lyk of hy laer by die stembusse is. Hy is in werklikheid hoër.

Elisheva: Om die waarheid te sê dit is ABBA YAHUVEH wat hom geseën het! Want YAHUSHUA sê weereens....

Profesie Gaan Voort:

Moenie na hom kyk met die oë van die verlede nie. Besef dat EK sy hart gedurende hierdie tyd verander – selfs met die geboorte van sy kleinkind.

Elisheva: Ek sien sy begeerte is om te herskryf

– YAHUSHUA sê vir my...

Profesie Gaan Voort:

Sy begeerte is om so baie wette te herskryf en die mag/gesag terug te gee – aan die state – wat nooit weggeneem moes wees nie. Daarom Elisheva, gee EK jou hierdie mandaat vandag. Jy en Ezra! Ag, maak nie saak wie aanstoot gaan neem nie, julle gaan vir hulle vertel.

Daar is niemand anders nie!

Net soos ek uit die mond van 'n donkie gepraat het (Num. 22:22-35; 2 Petrus 2:16)[3] en MY wil het geskied[4] – weet EK, YAHUVEH hoe om hom nederig te maak - selfs al lyk dit of hy so ‘n ‘hoë toon inslaan’![5]

Kry daarom die mense wie AmightyWind Bediening as ‘n seën beskou om vir hom te begin bid. Want Ezra, net soos jy deur gebede getrek was (as gevolg van almal oor die wêreld) toe EK vir Elisheva die mandaat gegee het om vir Kaleb te bid om te kom – (sy het gevra, “Wat is sy naam?” en EK het gesê, Jy kan hom net Kaleb noem,” maar nou weet sy jou naam is Ezra) en sy verstaan nou – dieselfde mandaat gee EK vandag vir hierdie Bediening: Bid vir Donald Trump! Om alles te doen wat hy kan! Om die bloed uit die Withuis te was![6]

Elisheva: Daar is so baie bloed! HY gee my ‘n visioen.

Profesie Gaan Voort:

Hulle dien die god van molok (Lev. 18:21; Deut. 12:31)[7] Hulle offer die ongeborenes. En wat in Amerika gedoen was, was soos 'n kettingreaksie deur die hele wêreld.

LEVITIKUS 18:21 EN JY SAL NIE DAT ENIGE VAN JOU SAAD DEUR DIE VUUR VIR MOLOK GAAN NIE, OOK SAL JY NIE DIE NAAM VAN JOU GOD BESOEDEL NIE : EK IS DIE GOD YAHUVEH. (OAV) Afr en Vry vertaal).

DEUT. 12:31 SO MAG JY NIE HANDEL MET DIE HERE JOU GOD NIE; WANT ALLES WAT VIR DIE HERE 'N GRUWEL IS, WAT HY HAAT, HET HULLLE VIR HULLLE GOD GEDOEN; WANT SELFS HULLE SEUNS EN HULLE DOGTERS VERBRAND HULLE MET VUUR VIR HULLE GODE. (OAV)

Elisheva: Ek het nou hierdie vreemde visioene, Ezra. Ek sien hom weer met 'n (vuur)tuinslang[8] Dit is die begeerte wat YAH in sy hart gesit het, om daardie Withuis skoon te maak! En ek sien hom met 'n (vuur)tuinslang! En Ek weet nie – so baie bloed! Hy het 'n (vuur)tuinslang en hy was die vloere van die Withuis en bloed kom net by die deure uit! GOD is besig om hom op te rig!

GOD, ABBA YAHUVEH sê....

Profesie Gaan Voort:

EK het – EK [9] is besig om sy hart te verander! EK het alreeds begin!

En Elisheva, as Ek selfs meer Woorde sou spreek – en EK sal wanneer dit die regte tyd is, maar as EK meer moet sê van wat EK jou wys – sou dit teen hom gebruik word. Want hy is teen alles waarvoor “obamanation”[10] gestaan het. Hulle bespot hom oor die geboortesertifikaat.[11] Hulle bespot hom oor sy standpunt oor gelykgeslagtelikheid.

Maar EK, YAHUVEH sê, EK het gedurende al hierdie tyd sy hart verander – terwyl hy voor die mense gestaan het, terwyl hy opreg omgee vir die mense – EK, YAHUSHUA sê, EK was sy hart, EK was sy hart! Hy het nog nie totaal oorgegee aan MY nie. Maar onthou die mandaat wat EK vir hierdie Bediening gee:

BEGIN BID!

Ezra onthou jy was nog nie eers gered toe EK vir Elisheva daardie droom gegee het, toe EK haar daardie liefde vir jou gegee het nie! Kyk wat het EK vir jou gedoen! Kyk hoe het EK jou gepromiveer!

Kyk hoe EK jou hart verander het!

En EK sê dit, terwyl die gebede van die mense – hulself verootmoedig en op hulle knieë val en bely: Dit is die gebede van die regverdiges wat baie vermag. (Jak.5:16). Dit is slegs deur MY Hand alleen dat hy nog lewe. Want EK het Heilige engele gestuur om te verseker dat hy oorleef! Want daar was alreeds aanslae (op sy lewe) wat vrugteloos was – nooit bereik het wat die duiwel wou laat gebeur het nie.

Onthou dit! EK is nie klaar met Donald Trump nie.

Toe hy gespot was omdat hy nie die Bybel geken het nie, het hy in die Bybel gaan soek. Hy het na Skrifgedeeltes gesoek. En sommige van hulle het hy in sy hart gebêre. (Psalm 119:11), en dit is toe dat die skoonmaak begin het.

Psalm 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen u nie sal sondig nie.

Toe die ondervraer gesê het, “Gee vir ons 'n paar Skrifgedeeltes! Jy sê jy is 'n Christen!” moes hy gaan soek het. En EK het hom gelei waar EK wou hê hy moes lees. En Elisheva, die droom wat EK jou gegee het: Hy gaan daardie Profesieë lees. Hy sal die betekenis wil weet. Hy sal vra.

EK het jou hart verander Elisheva, waar jy voorheen net na hom gekyk het en jy gesê het, “Hy is 'n gruwel! Kyk na hom! So vol van trots! Hy gebruik vloekwoorde[12] – na elke ander woord.

Maar EK herinner jou Elisheva, EK, YAHUSHUA het daardie PRYS op Golgota vir Donald Trump betaal!

Dit is EK, YAHUSHUA wat die hart skoonmaak. En jou gebede - toe jy dit vir “YAHUSHUA se Demon Stompers” gegee het, moes EK jou hart verander na 'n hart van liefde vir Donald Trump voordat jy vir hom kon intree en bid.

Jy sien, dit gaan nie net daaroor om Amerika te verander nie. Amerika het die wêreld besoedel! Dit gaan nie daaroor om Amerika weer groot te maak nie! Want Amerika sal nooit weer groot wees nie. Hulle is besmet met sonde.

Maar dit gaan oor die gebede van die regverdiges wie uitroep na MY en wie vra, “ABBA YAHUVEH doen iets! Help ons staatkundig. Gee ons 'n stem om hierdie wette te verander!”

Waar dit eens net die minderheid was wat geglo het – en nou dwing hulle dit om te lyk of dit die meerderheid is en dit gaan oor alles tot aborsie, tot homoseksualisme, tot gelyke geslagte, (wette teen) die moraliteit, die vryheid van spraak – die leuens, Donald Trump wil terugdraai na die waarheid! Hy wil hê die waarheid moet gespreek word.

En daar is bewende knieë! Want hy het waarlik die feite! Om so baie van die politikusse agter tralies te sit – en dit is waarlik 'n begeerte van sy hart.

Daarom, EK eindig dit nog eenmaal.

Soos jy teen Obama gewaarsku het, Elishiva. Jy het gewaarsku en jy het gewaarsku – voordat die man selfs verkies was – en 'n verandering het gekom, maar dit was 'n verandering tot agteruitgang. En Amerika was op 'n manier vervloek soos nog nooit tevore nie.

Nou gee EK jou hierdie mandaat – met Ezra aan jou sy, beide van julle, kry die mense wie AmightyWind Bediening as 'n seën beskou bymekaar – om vir Donald Trump te begin bid. Dat hy in die voorhoede sal bly!

Want hy is in 'n perderesies en nie eers die nuus openbaar die waarheid oor hom nie: hoeveel mense ondersteun hom! Hoekom? Omdat die Withuis die media besit! Maar selfs dit gaan verander.

Elisheva: (Sien 'n visioen). Ek sien regtig 'n perderesies en dit lyk waarlik of hy in die eerste plek is. Hy is waarlik. ABBA YAHUVEH ek het nooit, ooit, ooit gedink dat ek ooit so 'n gebed sou bid nie!

Maar ons bid regtig met ons hele harte vir die verlossing/redding van Donald Trump; dat hy regtig in daardie Withuis sal wees (en alhoewel hy eens op 'n tyd oortref was in getalle – maar U sê vir my – selfs die negatiewe pers het hom gehelp om in die eerste plek te kom.)

Daarom staan ek in ooreenstemming -

Profesie Gaan Voort:

Hy gaan na hierdie Bediening toe kom. HY sal die Profesieë hoor, veral dié wat opstaan vir die heiligheid van lewe. Hy is so teen aborsie. Hy is waarlik lief vir daardie klein babatjies in die baarmoeders.

Elisheva: Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Ons glo in geloof dat U hom in daardie Withuis gaan plaas. U sal vir hom daardie (vuur)tuinslang gee! En hy gaan daardie bloed uitwas!

Profesie Gaan Voort:

Dit is nie net die bloed van die ongeboreres nie! Dit is al hierdie oorloë wat begin is! Dit is al hierdie – ag! So baie bloed! So baie bloed (Ps. 106:37; Pr. 1:16)! Ag, ag, hoe boos, hoe boos is die politikusse!

PSALM 106: 37 BOWENDIEN HET HULLE HUL SEUNS EN HUL DOGTERS AAN DIE DUIWELS GEOFFER 38 EN ONSKULDIGE BLOED VERGIET – DIE BLOED VAN HUL SEUNS EN HUL DOGTERS WAT HULLE AAN DIE AFGODE VAN KANAÄN GEOFFER HET – SODAT DIE LAND DEUR BLOEDSKULD ONTHEILIG IS.

SPREUKE 1:16: WANT HULLE VOETE HARDLOOP NA DIE KWAAD EN HAAS HULLE OM BLOED TE VERGIET. (OAV).

Elisheva dit is hoekom ek vir jou sê Donald Trump speel nie die spel van 'n politikus nie Hy spreek die woorde wat die mense sal wil sê – hulle wat enige moraliteit oor het. En hulle wie hulle land liefhet. Hy praat nie soos 'n politikus nie.

Elisheva: Daar is so baie meer wat ek nou sou wou sê, maar as EK doen sou hy verloor! (Elisheva lag.) Dit is al wat EK gaan sê! Daar is sommige dinge wat 'n Profeet nie toegelaat word om te sê nie. Ek sal dit nie doen nie!

Maar ABBA YAH het vir my dinge rakende hom gewys. En Donald Trump is waarlik, waarlik, waarlik na YAHUSHUA toe getrek. Um...die Judaisme waarin sy dogter getroud is.[13] - hy het 'n liefde vir die Joodse mense. En dis wat ABBA YAH my toestemming gee om te sê.

Profesie aan Voort:

Hy is waarlik lief vir Israel. Hy sal waarlik - Hy sal waarlik, waarlik 'n vriend vir Israel wees -

Elisheva: - ABBA YAH sê –

Profesie Gaan Voort:

-en dit is sy dogter wie hom gelei het om daardie liefde vir Israel te hê -

Elisheva: En ek hou net aan om hierdie een Skrifgedeelte te hoor, “En 'n klein kindjie sal hulle lei” (Jes. 11:6)

Wel ABBA YAH is daar enigiets anders wat U wil sê? Ons staan vandag, watter datum dit ook al is, in ooreenstemming. Ons sal iets opsit – vertel U vir ons, vertel Ezra wat om te skryf. En ek sal in ooreenstemming staan want hy is 'n man van min woorde.

Elisheva: (Spreek wat sy van die Hemel hoor om te sê) En ons sal in ooreenstemming staan. En ons sal die mense vra en ons sal dit in 'n video sit – dat AmightyWind Bediening vir Donald Trump ondersteun met ons gebede. EERSTE vir sy verlossing en dan dat U, ABBA YAH hom kan gebruik – om die bloed uit die Withuis te was.

Einde van Woord.

Elisheva: Dit is wat ek hoor.

Ezra: Dank U! Ons prys U, ABBA YAHUVEH! Dank U YAHUSHUA! Dank U IMMAYAH vir die bevestiging dat hy die President is wat U opgerig het. En ek het met Elisheva gepraat en vir haar vertel en dit het uitgekom. En dit is die waarheid!

Elisheva: Ja!

Ezra: Daarom ondersteun ons hom 100% ABBA YAHUVEH, want dit is U wil dat hy 'n president moet wees – om al die gemors wat in daardie Withuis gedoen is, skoon te maak. Daarom dank ons U ABBA YAHUVEH vir hierdie Openbaring en vir die Woord aan die publiek. Ons seën U HEILIGE NAAM ABBA YAHUVEH in YAHUSHUA se NAAM! Amen.

Elisheva: En ons bid net VADER, dat mense sal verstaan – dit is U plan. Dit is, dit is, dit is U plan. Ons gaan vermink hier uit VADER. Ek het vooruit geweet, ek het geweet, ek het geweet, ek het geweet van die “obamanation” en het vir die mense gesê.

Maar nou VADER, bid ons vir die verlossing van die Donald Trump se siel. Mense moet dit baie, baie ernstig opneem en waarlik vir hierdie man bid! Want hy het alreeds – hy het die begeertes wat U in sy hart geplaas het en hy besef nie eers hoeveel hy alreeds verander het nie, in die NAAM VAN YAHUSHUA.

Daarom is dit... (lag) daarom sê 'n deel van my, “Ag VADER ek het alreeds 'n bewerige mankheid met die nuwe leierskap (aankondiging),” en U sê net, U sê net, “Gaan 'n bietjie verder uit op daardie mankheid, Elisheva & Ezra!” Maar prys YAHUSHUA, U is die EEN WIE die mankheid beskerm sodat dit nie breek nie! Daarom gee ons U die Eer VADER! Ons dank U en ons prys U!

Kosbaar – elkeen, elkeen wie AmightyWind Bediening as 'n seën beskou, maak nie saak watter taal u praat nie, dankie dat julle begin om te bid – te bid dat ABBA YAH se wil sal geskied in Donald Trump en dat die man sy knie gaan buig en YAHUSHUA as MESSIAS gaan aanneem!

Want wanneer hy doen, sal hy 'n President wees soos geen ander nie. En dit sal – dit sal 'n effek hê– dit sal die lande oor hierdie aarde affekteer!

En ons dank U ABBA YAHUVEH in die NAAM VAN YAHUSHUA. Ons prys U, ons prys U, ons prys U! Ons prys U ABBA YAHUVEH dat U 'n man oprig wat niemand ooit sou kon verwag nie! En U doen dit! En ek hou aan om hierdie perderesies te sien, VADER en hy is definitief voor, in YAHUSHUA se NAAM! En dit is wat ek te sê het!

Ezra: Amen.

Elisheva: Wat het jy - ? Ag ja! Kathrynyah het visioene gehad!

Meer Visioene

Kathyrynyah: Ek het vir haar gevra (Elisheva) of ek moes deel wat ek gesien het, net 'n paar dinge. Ek het haar (Elisheva) gesien buig voor YAHUSHUA en HY het Sy Hand op haar hoof gehad.

Elisheva: Ag ! Dankie! Ek het dit nodig gehad!

Kathrynyah: En toe.......

Elisheva: Wel, Ezra is hier, waar ek ook al is.

Kathrynyah: Daarom luister ek en ek sien 'n witbrood met die bokant en dit het (swart) peper op dit. Dit is afgekrap op die bokant. Ek dink dit verteenwoordig Donald Trump – soos die bokant, miskien 'n halwe duim grote stuk is afgekrap en dit is wit daaronder. Maak dit sin?

Elisheva: Ja! Dit vat 'n laag peper -

Kathrynyah: —maar daar is peper op die bokant wat donker kolle is, jy weet?

Elisheva: Ja, wel ja.

Kathrynyah: Maar onder dit is wit. So ons, ons lig hom op na U toe VADER.

Elisheva: VADER ek bid net in die NAAM VAN YAHUSHUA – U ken die geheime droom wat ek nie gaan vrystel voor die wêreld nie. Ons kan moontklik die datum (van die droom) uitvind, maar toe ek die YDS aangesê het om te begin bid.

Ek gaan nie. Ek gaan nie....Donald Trump het 'n geheim wat U aan my toevertrou het. Ek bid VADER dat daardie droom waarlik waar sal word in die NAAM VAN YAHUSHUA.

En Donald Trump sal 'n vriend van hierdie Bediening word. En hy gaan deur die Profesieë leer wat hy nie voorheen geweet het nie, in YAHUSHUA se NAAM. En ek ontvang elke gedeelte van daardie droom in YAHUSHUA se NAAM!

Ezra: Amen! Amen!

Elisheva: Ontsaglik (awesome)! Ontsaglik Ontsaglik! Ontsaglik!

Wie sou kon dink dat dit sou gebeur!

Einde van Opname.

Ek wil hierdie byvoeg. Dit was afgesny op die audio. Bid en stem - en ondersteun hom.

So is dit gespreek, so is dit geskryf in die NAAM VAN YAHUSHUA,

29 Junie 2016

Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

* * * * * * *

1 familiaar tot “gaan” en van 'n gevoel van opgewondenheid of dringendheid byvoeg.

2 Elisheva is so gesalfd dat dit met tye moeilik kan wees wanneer sy hoogs gesalfd is om te sê of dit sy is wat praat versus YAHUVEH wat deur haar praat. Daarom wanneer sy praat, dat “Profesie Gaan Voort” baie keer in hierdie transkripsie voorkom.

3 As YAH selfs deur 'n donkie kon praat, bewys dit dat HY enigiemand kan gebruik wie HY verkies, of dit Donald Trump, of Elisheva & Ezra is! Maak nie saak wat ander verwag nie, maak nie saak of ander hulle waardig ag of nie!

4 YAH noem Bileam se donkie en die idioom ''n hoë toon aanslaan”, naby mekaar. Want volgens Bybelse vergelyking, kan donkies simbole van vrede en nederigheid wees (Sag. 9:9). - terwyl perde oorlog, mag en trots simboliseer. (Sag. 9:10). Die storie van “Bileam se esel” d.i. Donkie (Num. 22) gaan oor 'n trotse man wat YAH verneder het. Selfs nadat hy geweet het YAH wou nie hê dat hy Israel moes vervloek of na die koning van die Moabiete moes gaan nie (verse 12-13) – het hy nogtans volhard en gegaan (v19). GOD was kwaad (Num.22), maar het Bileam toestemming gegee om te gaan om hom 'n les te leer: YAH het 'n engel gestuur en om vir Bileam te verhinder en te verneder – en 'n nederige eselin gebruik wat die vermoë ontvang het om te praat. (Vers 28-30). Sy het YAH gehoorsaam, nie Bileam nie (Verse 22-35). Later was die heidense koning Balak nie instaat om Israel deur Bileam te vervloek nie, wie instede daarvan gedwing was om Israel driemaal te seën (Num. 23:7-10;18-24; 24:3-9). Hulle het waarlik YAH se oppermag en Heiligheid geleer (Num.23:19-21) en in instede daarvan het 'n Profesie uitgekom dat Israel die finale oorwinning oor Moab sou hê deur die MESSIAS - “Daar sal Een uit Jakob kom”. (Num. 24:14-19). Dus het YAH se wil geskied soos in daardie Profesie 126 aangedui word – albei op daardie tyd en later. Later toe Bileam totaal op die verkeerde weg afgedwaal het (Num.31:16; Judas. 1:11; Openb. 2:14) was dit toe YAH se wil om hom te veroordeel. (Jos.13:22; 2 Petr.2:15).

5 “High horse”('n hoë toon inslaan) is 'n algemene Engelse idioom vir 'n hardkoppige, arrogante houding van superioriteit oor ander. YAH sê dit is slegs huidiglik hoe Trump “voorkom” en later sê YAH ook “hy is in 'n perderesies”. In daardie geval, is die mees magtigste resiesperd nodig om te wen. Ja, Bileam is as 'n voorbeeld van 'n trotse man gebruik wie GOD maklik instaat was om te verneder en YAH sê HY weet hoe om vir Trump te verneder en HY sal. Nogtans, let daarop dat YAH ook vergelyk dat HY uit Ezra, Elisheva & Donald Trump praat soos om deur die nederige donkie te praat – nie trotse Bileam wie eintlik meer soos die opponente is wie Israel sal vervloek en al GOD se mense vervloek as hulle die kans kry.

6 Hierdie kan verskeie betekenisse hê, dat ons:(1) vir Donald op dieselfde wyse sal bid as vir Kaleb om na vore te kom en om in die algemeen vir hom te bid soos gelei word; en ook (2) spesifiek sal bid dat Trump alles vir geregtigheid sal kan doen wat hy kan: en spesifiek bid om geestelik die Withuis skoon te maak van onskuldige bloed. Deur dit anders te beskryf as “Bid vir Donald Trump om alles wat hy kan te doen om die bloed uit die Withuis te was, sou die bedoeling daarvan beperk tot slegs die laaste gedeelte. Bid op beide maniere.

7 'molok = naam van 'n outydse Kananitiese godheid wat kinderoffers vereis het en wie die sataniese elite steeds dien en aanbid.

8 Profeet Elisheva het 'n groot hoë vuurslang gesien, nie 'n klein tuinslang nie.

9 Ek het – ek is besig om, is beide reg. “Ek het (verledetyd) en Ek is (teenswoordige tyd) sy hart verander, want dit het alreeds begin.

10 'n 'pun' is woordspelling (samestelling van woorde) wat twee of meer betekenisse voorstel. Obama-Nation is 'n spel van gruwelikheid. Hier verwys YAHUVEH na die gruwelikheid van wette wat in Amerika toegepas was (waar Obama president is), deur homoseksualisme en selfdegeslag-huwelike te aanvaar as iets om te verdra, terwyl dit in der waarheid gruwelik is. YAHUVEH het die nasie as 'n gruwel begin sien weens die ongoddelikheid onder Obama.

11 dit is die twispunt rondom Obama se geboortesertifikaat.

12 “praat vloekwoorde” (mouths off curse words)” as 'n werkwoord bv. 'n samestelling (woordspelling) van 'gebruik/praat vloekwoorde.

13 dit is: sy is met 'n Jood getroud.

* * * * * * *



Profesie 132 Israel Ek Het Jou Lief, Ek Bestraf Jou!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 16 Julie – Vrygestel op Simchat Torah 25 Oktober 2016

Die amp van Profeet het nie tot ‘n einde gekom nie. Maleagi was nie die laaste Profeet nie en inteendeel deur hom het YAHUVEH belowe om meer Profete & Boodskappers te stuur (Mal 3:1; 4:4-6; Opb 11).

Hierdie Profesie (onderwerp hieronder) het lewendig na vore gekom saam met die gemeente ( Gen 17:3-5; Jes 60:3-4; Joël 2:27-32; Handelinge 2:17-22) —name verwyder uit transkripsie— gedurende Shabbat oggendiens 16 Julie 2016 na die lees van die Torah parsha/gedeelte (Num.19:1-22:1 & haftarah (Rigters 11:1-33), tesame met Profesie 63, O! Israel Waar Is Jou Bloedoffer? Oorspronklik aan Elisheva Eliyahu gegee op 16 September 2002.

(Gen) Bereshit 17: 4

“Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word.

(Jes) Yesha’yahu 60: 3

En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang. 4 Slaan jou oë rondom op en kyk—hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.

(Joël) Yoel 2: 27

En julle sal weet dat EK in die midde van Israel is, en dat EK YAHUVEH JULLE GOD IS, en niemand anders nie; en MY volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. 28 En daarna sal EK MY GEES uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. 29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal EK in dié dae MY GEES uitgiet. 30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. 31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE (ADONAI) kom. 32 En elkeen wat die NAAM VAN DIE HERE (YAHUVEH) aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE (YAHUVEH) sal roep.

(Hand) Maasei 2

5 En daar het in Jerusalem [vir Shavu’ot] Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.

6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;

7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?

8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië,

10 Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,

11 Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. 12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?

13 Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.

14 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre. 16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: (Hoofstuk 2)

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” terwyl GOD se GEES uitlegging gee (Handelinge 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva praat voort in tale en bring Profesie (1 Kor. 14:6).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD.

YAH / YAHUVEH is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,” Wat letterlik “Prys YAH” beteken: YAHUVEH / YAHWEH is GOD DIE VADER;

YAHUSHUA / YAHSHUA is GOD SE ENIGGEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIM beteken “GOD.”)

Die Openbaring van “SH'KHINYAH GLORY” as die PERSOONLIKE NAAM van RUACH HA KODESH, (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) wat ook hier op die webblad voorkom.

(HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD se DURENDE, GEESTELIKE / GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Bykomende beteken, ABBA YAH “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH”.

Skrifgedeeltes kom uit die 1933 en 1933/1953 Afrikaanse Vertaling tensy anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n bediening was. EK het dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan het deur jou hand tot stand gekom nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor die aarde waai. Die HEILIGE WIND van HERLEWING, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit lankal misluk het.

“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word aan hulle wie spot:

Maar hulle het die Boodskappers van GOD uitgelag en SY Woorde verag en met SY Profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. – 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Dit was via audio/video opgeneem.

Hier volg die transkripsie—meeste name verwyder.

[ Na die lees van Profesie 63; Almal bid in Heilige tale; Shofarhoring is geblaas, die duiwel is gebind en gemeente voer oorlog in gebed (Rom.8:26-27; 1 Kor 14:15)....]

Elisheva: Dank U, Dank U, Ek dank U......Ons vra vir die gawe van uitlegging van tale (Jes. 28:11; 1 Kor. 12:10; 14:13) op hierdie oomblik van wat gepraat [was]. Het enige—weet julle? Wat is die Woord wat uitgespreek is? As enigiemand dit hoor, laat ons weet.

Romeine 8:26

Die GEES help ook ons swakhede: want ons weet nie waarvoor ons moet bid soos ons moet nie: maar die GEES self doen intersessie vir ons met onuitspreeklike versugtinge.

Jes. 28:11

Want HY sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk praat.

1 Korintiërs 12:7-10

Maar aan elkeen word die openbaring van die GEES gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die GEES 'n woord van wysheid gegee en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde GEES.

1 Korintiërs 14:13

[…] daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

[ Gemeente lid hoor, “HOOR O Israel.”; en ‘n ander, “Israel waar is jou bloedoffer? (Lev. 17:11) met “MY BLOED deurweek die grond in Israel” ]

Levitikus 17:11

Want die siel van die vlees is in die bloed, en EK het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

Dit is wat my nou oorweldig, weet nie hoe ek selfs nou die Woorde gaan uitspreek nie – die droefheid wat YAHUSHUA voel. Het iemand anders iets gehoor? –voor Heilige [intersessie] tale (Ro 8:26-27; 1Ko 14:15). [...]

Dank U, ABBA YAHUVEH… ek weet nie wie almal dit weet nie, maar hulle gaan almal op hierdie oomblik weet terwyl dit losgelaat word – en almal gaan weet (wie is) die goddelose (reprobate) vyande wie probeer om te vernietig - hierdie vyand (wie) hierdie Profeet probeer stilmaak).

Dit is YAHUSHUA wat weer gaan kom wanneer die mense sal sê, die goddeloses (reprobate) sal sê “O Berge val op ons, verberg ons van die aangesig van HOM WIE OP DIE TROON SIT en vir die Toorn van die LAM” (Openbaring 6:16-17). 2 En dit is hoe NABY ons op die oomblik aan die begin van die Groot Verdrukking is.

En (vroeër) toe ek gehoor het dat Profesie [63] wat in 2002 aan my gegee is– daar was nog nooit 'n meer gesalfde leeswerk van dit wat ons nou net gedoen het [gedurende hierdie vergadering].

Dit was so lank gelede, ek het nie op daardie stadium opnames gemaak nie of daar was maar min – en so [voordat ek hierdie nuwe Profesie uitspreek] moet julle in daardie tale bid wat gaan maak dat die demone in 7 verskillende rigtings hardloop en hulle vrees wanneer julle bid.

Gemeentelid: Ek hoor die Salwing praat met my en [is besig om te]sê,

Profetiese Woord:

Israel julle het nie die Woorde van My Profete gehoor nie. Dit was in Jesaja geprofeteer en dit is in al

al in die Ou Testament dat YAHUSUA sou kom en Israel het nie gehoor nie, en het nie na die Woorde van die Profete geluister nie. En dit is wanneer die PROFEET VAN PROFETE, YAHUSHUA gekom het. Hulle het HOM nie ontvang nie.

En Israel moet die Woord van YAHUVEH ken en hulle moet die Woorde van die Profete ken en hulle moet die Torah ken en hulle moet glo en aanvaar dat YAHUSHUA die MESSIAS is en die SEUN VAN YAH.

Einde van Woord.

[ Elisheva spreek voort in tale wat Profesie bring (1 Ko 14:6) ]

Profesie 132 Begin:

Shabbat – 16 Julie 2016. Video begin hier.

EK sê weer vir julle O Israel, terwyl jullle die Tyd van Jakob se Benoudheid (Jer. 30:7) nader, die Smart van alle Smarte (Matt. 24:8-9) weet julle nie?

—TOE

Ek trane van bloed gestort het, (hematidrosis), (Luk. 22:44) het EK vir julle gehuil!

Jeremia 30:7

Wee, want die dag is groot sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.

Matt. 24:7

Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 8. Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte. 9. Dan sal hulle julle aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van MY NAAM.

Lukas 22:44

En toe HY in 'n sware stryd kom, het HY met groter inspanning gebid, en SY sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.

Julle doen al die tradisies. Julle is getrou aan die Shabbat. Julle is getrou aan die Joodse Feeste. Julle lees die Torah. Maar EK IS selfs in julle eie Torah daar. Moshe praat van MY. (Deut. 18:15 ens) , EK IS daar!

Deuteronomy 18: 15-19

15 'n PROFEET uit jou midde, uit jou broers soos ek is, sal die HERE (YAHUVEH) jou GOD vir jou verwek; na HOM moet julle luister.

16 Net soos jy van die HERE (YAHUVEH) jou GOD by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het “Ek kan die stem van die HERE (YAHUVEH) my GOD nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.

17 Toe het die HERE (YAHUVEH) vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het.

18 'n PROFEET sal EK vir julle verwek uit die midde van hulle broers soos jy is en EK sal MY woorde in SY mond lê, en HY sal aan hulle sê alles wat EK HOM beveel.

19 En die man wat nie luister na MY Woorde wat HY in MY NAAM spreek nie, van hom sal EK self rekenskap afeis.

EK het trane van BLOED vir jou gehuil, O Israel en dit was nie genoeg nie. EK het MY LIEFDE bewys TOE EK gekruisig was

nie net vir die sondes van die hele wêreld nie (vir hulle wie die BLOED op Golgota sal aanvaar), maar O Israel, EK HET JOU GROND GEKIES! MY BLOED was vir jou uitgestort! Omdat EK jou liefhet!

O EK huil en EK verkeer in barensnood. Want die Skrifte sal vervul word en die bloed sal tot aan die perde se stange kom. (Jes 63:3; Openb. 14:20)!

Jesaja 63:3-4 EK het die pers alleen getrap en van die volke was niemand by MY nie; want EK sal hulle vertrap in MY Toorn en hulle vertrap in MY Grimmigheid, sodat hulle lewensap op MY Klere sal spat en EK sal MY hele gewaad bevlek. 4 Want die Dag van Wraak is in MY Hart en die jaar van MY verlossing kom.

Open. 14:19-20 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die Grimmigheid van GOD. 20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver.

O Israel!

Die wêreld DRAAI TEEN JOU – SELFS DIT,die enigste een wie jy jou VRIEND KON NOEM — DIE Verenigde State van AMERIKA VERRAAI jou oor en oor! Julle is nie DIE TERRORISTE NIE,EN tog beskuldig die wie die terroriste is, jou!

EK, YAHUSHUA, huil oor jou!

Jy het die Profesie [63] gehoor , wat gegee is deur MY Profeet, Elijah van Nuuts, in 2002, maar nou O Israel, in 2016 kom die gees van Eliyahu en die gees van MOSHE—DIE VOLHEID VAN DIE SALWING (MAL 4:4-6) EN VOORTAAN—AAN almal wie YAHUSHUA, MY, YAHUSHUA SE BLOED wat op Golgota gestort is, aanvaar vir die verlossing van julle sondes sodat julle gebede deur julle ABBA YAHUVEH verhoor kan word, EK sê vir julle dit: Moenie net die Profete van Ouds bestudeer nie, maar bestudeer die PROFETE — PROFESIEË WAT DEUR ELISHEVA ELIYAHU UITGESPREEK WORD. WANT DAAR IS NOU MEER SALWING.

Dit is ook simbolies: EK, YAHUSHUA, verenig met jou, O Israel!

EK wil nie doen wat EK moet doen nie! Kom na MY toe! O Bruid van Israel! Staan nou op! Kom na MY toe! EK verlang na jou! Kom na MY toe!

WANT EK HET SO LANK GEWAG – MET ELKE TORAH GEDEELTE—“SOEK en jy sal vind” (Jer. 29:13-14); Matt. 7:7; Luk. 11:5), 'n Profesie gegee deur hierdie Elisheva Eliyahu.

Jer. 29:11-14 Want EK weet watter gedagtes EK aangaande julle koester, spreek YAHUVEH, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee. 12 Dan sal julle MY aanroep en heengaan en tot MY bid, en EK sal na julle luister. 13 En julle sal MY soek en vind as julle na MY vra met julle hele hart. 14 En EK sal MY deur julle laat vind, spreek YAHUVEH, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen EK julle verdryf het, spreek YAHUVEH; en EK sal julle terugbring na die plek vanwaar EK julle in ballingskap weggevoer het.

Matt. 7:7-12 : (Sien ook Lukas 11:5-13) 7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle al vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee? 10 en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee? 11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle VADER WAT IN DIE HEMEL IS goeie dinge gee aan die wat HOM bid? 12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen, want dit is die Wet en die Profete.

O Israel!

EK sê weer, waar is jou bloedoffer? Die 'Smarte van Smarte' is amper op jou! Jy sien die wêreld. Hulle draai om en bespot jou. Hulle het jou finansiële reddingstou afgesny.

Maar O Israel!

EK begeer om jou te seën! EK sal jou nooit begewe of verlaat nie (Deut. 31:6; Hebr. 13:5) as jy MY maar net wil erken! Eis daardie BLOED wat vir jou op Golgota gestort is! Niks van hierdie Torah lesing kan jou red nie! Jy het sulke lieflike maniere waarmee jy ABBA YAHUVEH eer, maar jy het 'n INTERSESSOR nodig! (Jes. 64:6).

Deut. 31:6

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou GOD wat saam met jou trek; HY sal jou nie begewe of verlaat nie..

Hebr. 13:5

Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want HY het gesê: EK sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Jesaja 64:6

en ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons ongeregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

NIEMAND is waardig om voor die ABBA YAH se Troon te kom, behalwe in MY – YAHUSHUA JOU MASHIACH SE—NAAM!

EK het die PRYS vir jou op Golgota betaal! Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van ABBA YAH se Heerlikheid (Rom. 3:23; Pred.7:20); NIEMAND is volmaak nie (Ps 130:3)!

Romeine 3:23

Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van GOD.

Prediker 7:20

Want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.

Psalm 130:3

As U, YAHUVEH die ongeregtighede in gedagtenis hou, O ADONAI wie sal bestaan?

EK het na jou toe gekom! EK het jou geleer! Die tekens en wonders, die wonderwerke is net ‘N BAIE KLEIN GEDEELTE, WAT SELFS, DAAR (IN DIE BYBEL) GENOEM WORD. EK het die dooies opgewek!

O Israel, kom na MY toe! EK huil oor jou. EK huil oor jou!

En hierdie Bediening begin nou, begin net nou in die volheid van die Salwing te loop. Toe die duiwel gespot het en gesê het “Elisheva Eliyahu se Bediening is verby.” “Amightywind is verby.” Want sy het saam met 'n “Judas” [Iskariot] gebly (Ish-Kariyot , Mark. 3:19, ook Handelinge 1:16) vir 7 jaar en dit nie geweet NIE!

Markus 3:19

En Judas Iskariot, wie HOM ook verraai het: en hullle in die huis gegaan.

O, MAAR EK vir jou sê, O Israel! Aanvaar MY BLOED wat op Golgota vir jou gestort is! Besef dat EK NIE DOOD IS NIE! EK het op daardie derde dag weer opgestaan (Matt. 16:21, 1 Kor. 15:4). En EK het meer tekens, wonders en wonderwerke gedoen wat enige boek ooit kon wys, terwyl EK vir 40 dae op daardie aarde geloop het en het voor getuies opgevaar na die Hemel toe. (Hand. 1:3, Markus 16:19).

MATT. 16:21

VAN TOE AF HET YAHUSHUA BEGIN OM SY DISSIPELS TE TOON DAT HY NA JERUSALEM MOES GAAN EN VEEL DEUR DIE OUDERLINGE EN OWERPRIESTERS EN SKRIFGELEERDES MOES LY, EN GEDOOD EN OP DIE DERDE DAG OPGEWEK WORD.

1 KOR. 15:4

EN DAT HY BEGRAWE IS, EN DAT HY OP DIE DERDE DAG OPGEWEK IS VOLGENS DIE SKRIFTE.

HAND. 1:3

AAN WIE HY OOK, NA SY LYDE, HOM LEWEND VERTOON HET DEUR BAIE KENTEKENS, TERWYL HY GEDURENDE 40 DAE AAN HULLE VERSKYN HET EN OOR DIE DINGE VAN DIE KONINKRYK VAN GOD GESPREEK HET.

MARKUS. 16:19

NADAT DIE HERE (ADONAI YAHUSHUA) DAN MET HULLE GESPREEK HET, IS HY OPGENEEM IN DIE HEMEL EN HET GAAN SIT AAN DIE REGTERHAND VAN GOD (YAHUVEH).

O Israel! O Israel! EK hou jou meer verantwoordelik. Want jy praat al die regte woorde (Jes. 29:13) maar tot jy jou hart vir MY gee, tot jy die GESTORTE BLOED op Golgota aanvaar (Sag. 12:10, 13:1), kan EK jou nie vergewe nie!

Jesaja 29:13-14, 24

13 En die Here (ADONAI) het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en MY eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van MY hou, sodat hulle vrees vir MY 'n aangeleerde mensegebod is.

14 daarom sal EK voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.

24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.

Sagaria 12:10

Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal EK uitgiet die GEES VAN GENADE EN SMEKINGE; en hulle sal opsien na MY VIR WIE HULLE DEURBOOR HET, en hulle sal oor HOM rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor HOM ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.

Sagaria 13:1

In die Dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.

O Maar wanneer hierdie Woord uitgespreek word, is daar vandag 'n nuwe Salwing en O so baie sal hoor en hulle sal na MY toe hardloop! Hulle sal soos 'n klein kindjie aangehardloop kom! Hulle sal van blydskap spring!

Want julle sien, hierdie Bediening is nie 'n gewone bediening nie soos ek die leierskap saambring. En nou bring EK jou, O Israel.

O Israel! Jy sal gehaat word en jy word gehaat omdat jy so opsy gesit is, maar jy is nie meer Heilig nie! Kyk wat het jy toegelaat!

LOSBANDIGE (GAY) SPOGPARADES? ABORSIES! HOE KAN JY DIE TORAH GEDEELTE LEES? SONDER OM OP JOU KNIEË NEER TE VAL EN VOOR ABBA YAHUVEH TE BELY NIE! HOE KAN JY HIERDIE TRADISIES VOLG? WAT SO HEILIG LYK! EN NIE BELY VIR WAT JOU LAND DOEN NIE?

EN EK WEEN, EK WEEN! EK WEEN! WAAR IS DIE MORALITEIT IN ISRAEL! WAAR IS DIE STANDAARD VAN HEILIGHEID!

WEG, WEG, WEG! WEG VAN MY! TERWYL JY NIKS ANDERS AS DIE TORA LEES NIE EN TOG SIT JY NIE BELYDENIS DAARIN NIE

BELY!

Roep uit vir jou land, O Israel!

WAAR IS DIE LEIERSKAP? NETANYAHU! JY WAS AS 'N PROFEET GESTUUR NA DIE [DIE 2015 V.S.A.) KONGRES! [7] JY WAS AL WAT EK KON VIND! Maar HOEKOM het jy teruggekeer na Israel en vir hulle gesê om nie hulle sondes te bely nie!

DIE BLOED VAN DIE ONGEBORENES! DEURDRENK JOU HANDE! DIE ABORSIES! WEET JY NIE —HIERDIE BABAS, hierdie onskuldiges klein FETUSSE, IS GEOFFER AAN DIE GOD MOLEK (LEV. 18:21)? AAN SATAN GEOFFER!

Levitikus 18:21

En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die NAAM VAN JOU GOD nie ontheiliig nie. EK IS DIE HERE YAHUVEH.

O ISRAEL, O ISRAEL! DIE STAF VAN YAH SE TOORN KOM! Want EK tugtig hulle wie EK liefhet. (Deut. 8:5; Spreuke. 3:11-12; Hebr. 12:6-8; Openb. 3:19)

Deuteronomium 8:5

Erken dan in jou hart dat die HERE jou GOD jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig.

Spreuke 3:11-12 11

My seun verag die tug van dieHERE nie en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie. 12 want die HERE tugtig hom wat HY liefhet ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.

Hebr. 12:6-8. 6

Want die HERE tugtig hom wat hy liefhet, en hy kasty elke seun wat HY aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel GOD julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

Openb. 3:19

Almal wat EK liefhet, bestraf en tugtig EK. Wees dan ywerig en bekeer jou.

En ek gaan jou slaan (Eseg. 5:7-9)! En EK gaan toelaat dat die wêreld jou slaan. (Sag. 14:1-3) Totdat jy uiteindelik op jou knieë neerval en sê: “Geseënd is HY wie kom in die NAAM van die HERE YAHUSHUA!”

(PS 118; MATT.21:9; 23:38-39)!

Eseg.5:7-9 7

Daarom, so sê die Here HERE (YAHUVEH ELOHIEM): Omdat julle opstandiger is [jou bose dade] as die nasies wat rondom julle is, in MY insettinge nie gewandel en MY verordeninge nie betrag het nie – selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie; 8 daarom, so sê die Here HERE (YAHUVEH ELOHIEM): Kyk EK het dit teen jou, ja, EK! En EK sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies 9 en om al jou gruwels ontwil sal EK aan jou doen wat EK nooit gedoen het nie, en wat EK so nooit weer sal doen nie.

Sag. 14:1-3 1

Kyk, daar kom 'n dag van die HERE (YAHUVEH): dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, O Jerusalem! 2 Want EK sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. 3 En die HERE (YAHUVEH) sal uittrek en stryd voer teen diè nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.

Psalm 118:25-26

25 Red [HOSEA] Ag, HERE (YAHUVEH) gee tog heil;

26 Geseënd is HY wat kom in die NAAM van die HERE (YAHUVEH): ons seën julle uit die huis van die HERE (YAHUVEH).

Matt. 23:38-39

38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!

39 Want EK sê vir julle: Julle sal MY van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is HY wat kom in die NAAM van YAHUVEH.

Weereens, O Israel, staan op vir moraliteit. Staan op vir die standaard van Heiligheid!

Julle sê die Tien Gebooie op! Julle sê die Torah Wette op! Maar hoeveel volg hulle? Hoe baie sal opstaan vir moraliteit? YDEL WOORDE – IS IN JOU MOND. (JES. 29:13; PSALM 50:15-16)! En EK sal dit nie seën nie!

Psalm 50:15-16

15. ...en roep MY aan in die Dag van Benoudheid; EK sal jou uithelp, en jy moet MY eer.

16 Maar aan die goddelose sê GOD: wat vertel jy nog MY insettinge en neem jy MY Verbond in jou mond?

Kom na MY toe! Met berou en trane! Dit is hulle wie EK gaan red! Dit is hulle wie EK sal beskerm! Hou op om te kompromitteer! Hierdie wêreld sal jou haat, MAAR EK—O ISRAEL, EK, YAHUSHUA —EK HET JOU LIEF! Jou ABBA YAH het jou lief!

Hou op om die NAAM van jou HEMELSE VADER te vrees!

Het jy nie Psalm 91 (v 14-16) gelees nie? EK HOOR DIT! En tog durf julle om tevergeefs MY NAAM te gebruik deur nie toe te laat dat dit selfs gespreek word nie. Julle dink dit eer MY terwyl EK oor en OOR SÊ – ABBA YAH, oor en oor vir julle sê “IN MY NAAM!” “IN MY NAAM!” “IN MY NAAM!” (PS 89:24; 1 SM 17:45; JES 50:10).“ROEP UIT IN DIE NAAM!” (JL 2:32).Moenie die NAAM van YAHUVEH vrees nie!

Psalm 91:14-16

14 “Omdat hy MY liefhet”, sê YAHUVEH, “sal EK hom red; EK sal hom beskerm, want hy erken MY NAAM.

15 Hy sal MY aanroep en EK sal hom antwoord; EK sal by hom wees in moeiliheid, EK sal hom uitred en eer aan hom gee.

16 Met 'n lang lewe sal EK hom versadig en hom MY redding wys. [Yeshuati]. (Vry vertaal). [9]

Moenie die NAAM van YAHUSHUA vrees nie! “YAH” is in MY NAAM!

O Israel, O Israel!

EK ween oor jou! EK verkeer in barensnood vir jou! Trane van BLOED was uitgestort vir JOU (HEMATIDROSIS, LK 22:44).

Waar het satan my versoek (Matt. 4:1-11; Markus 1:12-13; LK 4:1-13) [10] —ANDERS AS in Israel? Daarvoor neem EK vandag tyd om vir jou te sê, O Israel, KOM NA MY TOE.

Kom na MY toe! Want die Tyd van Jakob se Benoudheid en Smart is op jou!

Kom na MY toe! Leer van MY! EN WEES GEWAARSKU – SELFS HIERDIE WOORD KOM NOU NA VORE. Dit wat as die vals messias gaan kom (Sag. 11:17; Dan. 7:7-8; 24-25; 8:23-24; 9:27) is SO baie, baie naby! Moenie mislei word nie! Kom nou na MY toe!

Sagaria 11:17

Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word.

Daniël 8

23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.

24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges[...]

Kom na, MY, YAHUSHUA toe! En EK belowe EK sal MY Arms om jou slaan! Jou sondes sal sover verwyder wees soos die ooste van die weste! EK sal jou bedek met MY BLOEDVERBOND! EK sal 'n ring aan jou vinger sit! EK sal jou vul met die RUACH HA KODESH! Kom na MY toe O Israel!

Psalm 103:12

So ver as die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder HY ons oortredinge van ons.

O MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED! Selfs net een druppel kon die HELE Israel gered het! Dit kon die HELE werêld gered het! Net een druppel! Tog het EK alles uitgestort!

Niemand het 'n verskoning waar hulle kan sê hulle ken nie MY NAAM nie. Dit is die Woorde wat EK vandag op my hart het O Israel.

IMMAYAH wil julle bymekaar maak en haar (Israel) onder HAAR vlerke hou. (Want SY is die 'MOEDER AREND'! SY is nie 'n 'kuiken' nie)

[SIEN GRIEKSE MT 23:37 & LK 13:34, ORNIS IS LIT. "BIRD"])! [13]

SY wil julle beskerm! Dit wie julle die SOETE HEILIGE GEES NOEM, DIE RUACH HA KODESH wil julle vul.

Matt. 23:37

(Sien ook Lukas 13:34) O Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou EK jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

Kom na MY toe O Israel! Aanvaar die BLOED wat EK vir jou op Golgota gestort het!

DIE SPYKERS – DIE penne wat in MY Hande,Voete geslaan is! Die doringkroon was op MY Kop gesit. EK was vir jou geslaan O Israel! Alles wat EK deurgemaak het was nie net vir hierdie wêreld nie nie, [hulle] sou dit aanvaar het, maar O Israel, EK het jou gekies! EK het jou gekies om die aarde te bewandel wat EK bewandel het. EK het jou gekies!

O Kom na MY toe O Israel! Jy wil GOD ABBA YAHUVEH, DIE VADER eer? Eer MY dan. Want jy kan nie Hemel toe gaan nie, jy kan nie na ABBA YAH toe gaan sonder om deur MY NAAM & MY BLOED te gaan nie!

O Israel! Staan weereens op vir moraliteit! Die wêreld wil jou haat? Gee hulle dan 'n rede: [14] Staan jý op vir moraliteit! Staan jý op vir geregtigheid! Doen jý wat geen ander nasie of land op hierdie aarde doen nie. Jy is weereens opsygesit vir Heiligheid! Jý was die bloed van die aborsies van jou hande af!

O waar is die leier wie se hart aan MY behoort? Wie nie BANG IS! OM TE sê, O“ISRAEL DRAAI WEER TERUG!” Na dit—wat Moshe gepreek het! Na Heiligheid! Na geregtigheid!”

Daar is 'n NUWE BLOEDVERBOND en dit is MY BLOED wat vir jou gestort was—soos wat EK dit vir almal gestort het wat dit sal aanvaar. —Maar.op hierdie. oomblik. Israel. Praat EK met JOU!

Keer terug!

Keer terug. Keer terug na dit wat die Dissipels van Ouds, die Apostels, geleer het! Draai terug. Moenie net die Torah Wette opsê nie—gehoorsaam hulle! Gehoorsaam hulle.

Want EK het jou so lief!

EK waarsku jou weer terwyl jy sien wat aan die gang is in hierdie wêreld, terwyl jy selfs sien hoe wette uitgevaardig word wat Israel etiketteer as “terroriste” en die haat wat na jou toe kom en die politieke leiers wie sê hulle is vriende en hulle is in werklikheid vyande, maar daar is 'n man wie nie eers MY Gebooie onderhou nie—maar sy naam is Donald Trump —en hy is waarlik lief vir Israel! Hy sal 'n vriend vir jou wees.

Want EK is reeds nou besig met hom. Dit is hoekom hy die vise-president gekies het (JN 6:70-71) wat hy saam met hom wil hê, indien hy die verkiesing sou wen, maar dit kan nie gebeur as genoeg mense nie bid en aksie agter hulle gebede sit en uitgaan en stem nie!

EK sê nou vir jou.

Toe EK met Elisheva Eliyahu gepraat het en sy die gebedstryders opgekommandeer het om te bid [spesifiek met Profesie 131] vir Donald Trump (alles as gevolg van 'n droom wat EK vir haar gegee het, en 'n verandering van haar hart) om hierdie man in gebed toe te maak) kyk watse keuse hy gemaak het

(JN 6:70-71)—'N MAN WIE OOK [OP SY VLAK] WAARDE HEG AAN “LEWE” “EVANGELIES” "—[ALHOEWEL SLEGS IN VOORKOMS(JN 12:6)]— 'N MAN SO “NEDERIG,” die teenoorgestelde van Donald Trump se trots.

Johannes 6:

70 YAHUSHUA antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!

71 En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.

Johannes 12:

4 TOE SÊ EEN VAN SY DISSIPELS, JUDAS ISKÁRIOT, DIE SEUN VAN SIMON, WAT HOM SOU VERRAAI:

5 WAAROM IS HIERDIE SALF NIE VIR DRIE HONDERD PENNINGS VERKOOP EN DIE GELD AAN DIE ARMES GEGEE NIE?

6 EN DIT HET HY GESÊ, NIE OMDAT HY OOR DIE ARMES BESORG WAS NIE, MAAR OMDAT HY ‘N DIEF WAS EN DIE BEURS GEHAD HET EN DIE BYDRAES GENEEM HET.

dit was EK, YAHUSHUA wat dit in sy hart geplant het [om evangelies te ondersteun]. Want EK trek hom. EK trek hom. Hy wil nie die politieke spel speel nie. En hy moet so baie vir homself hou.

Net soos NETANYAHU – HY heg waarde aan die heiligheid van die huwelik, maar hy kompromitteer! Hy kompromitter terwille van politiek! Hy wil nie die 'gay'-spogparades of dieselfde-geslag 'huwelik' hê nie! Kompromitteer! Kompromitteer! Dit is waaroor die politiek van hierdie wêreld gaan, alles OOR—VREES om te sê wat hulle werklik glo.

Maar vandag roep EK uit na jou O Israel. EK, YAHUSHUA, het in barensnood verkeer vir jou terwyl EK op hierdie aarde was. En ABBA YAHUVEH roep uit na jou! Sit aksie agter daardie Torah Woorde! Wanneer jy die Torah Wette opsê, sit aksie agter dit. Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).

Jakobus 2: 17-19

17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

18 Maar iemand sal sê: jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.

19 Jy glo dat GOD één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook en hulle sidder. 20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?

21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?

22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

23 En die Skrif vervul wat sê: En Abraham het GOD geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n Vriend van GOD genoem.

VAN NOU AF —PRAAT EK met die leierskap van hierdie Bediening en EK sê vir julle DIT – SAAM MET DAARDIE Torah gedeeltes , wanneer julle praat van die Profete van Ouds, moet julle ook die Profesieë verkondig wat EK vir Elisheva Eliyahu gegee het. Want dit is vir hierdie tyd en hierdie uur.

Want dit sal die mense van Israel na MY, YAHUSHUA toe lei!

O Israel, jy het altyd aardbewings gehad maar jy kan nie glo wat gaan gebeur: wanneer EK, YAHUVEH & EK, YAHUSHUA & EK, IMMAYAH, DIE RUACH HA KODESH VOETE STAMP regoor Israel! Om hulle te tugtig! Wanneer julle monde so gebars is omdat julle geweier het om die LEWENDE WATER, MY, YAHUSHUA, te aanvaar EN EK DIE LUGRUIM TOESLUIT! EN EK laat MY Twee Getuies uitvaardig dat geen reën meer sal val nie!

EK waarsku julle nou. EK waarsku julle nou. Dit is alles deel van die tugtiging!

Ontvang die LEWENDE WATER nou en julle sal nooit weer dors hê nie, O Israel. Eet van die HEMELSE MANNA en julle sal nooit weer honger word nie, O Israel.

EK kan jou onsigbaar maak (Jer. 36:26; Psalm 27:5; 31:20) te midde van 'n skare net soos EK gedoen het toe EK die aarde in Israel bewandel het. (Sien Lukas 4:29-30; Joh 7:30; 8:59; 10:39). EK het tussen hulle geloop wie vyande was en niemand het MY eers raakgesien nie! Die regerings dink hulle het julle biologiese data. O! Maar EK, YAHUSHUA kan julle DNA verander.

EK kan so baie dinge doen O ISRAEL – OM JOU TE BESKERM as jy maar net jou knie voor MY wil buig. EK kan jou op maniere wegsteek waarvan jy nooit gedroom het moontlik is nie. Psalm 91 is 'n belofte wat EK gegee het aan JOU ,MAAR jy moet in die NAAM van YAHUSHUA en deur die BLOED van YAHUSHUA kom.

EK begeer om julle te beskerm O ISRAEL – HULLE WIE EK MY kinders sal noem, die verlostes, die verlostes – die oorblyfsel hulle sal kom!

Hulle sal hierdie Profesie hoor en hulle sal hardloop, hardloop, hardloop na MY toe! En EK sal hulle verwelkom want EK het jou so lief O Israel! Hoeveel van julle buig nou julle hoofde en bid self vandag op hierdie Shabbatdag? En tog is julle so ver van MY af. Julle weier om MY te aanvaar, MAAR DIT SAL VERANDER – WANT EK HET 'N BRUID in ISRAEL.

En wanneer hulle hierdie Woorde hoor, sal hulle hul MESSIAS herken en hulle gaan die GESKENK aanvaar wat EK op GOLGOTA gegee het en hulle sal met MY BLOED skoongemaak word.

En die Hebreeuse vertalers sal na vore kom en hulle sal help met die vertaling! Hulle sal hierdie geskenk vrylik gee en help om hierdie Woorde in die Hebreeuse taal te kry.

Hierdie is die Woorde wat EK vandag op hierdie Shabbatdag te sê het na die lees van die Torah gedeelte. Maak seker dit sluit die Profesieë in wat EK vir Profeet Eliyahu gegee het.

Einde van Woord – Deel 1

Elisheva: Prys YAHUSHUA!

[ Applous, Lofprysing ]

…in die NAAM van YAHUSHUA. Dank U ABBA YAH. Dit is al [wat ek hoor].

So ek wil net sê Dank U ABBA YAHUVEH! Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Dank U IMMAYAH! Terwyl hierdie Profesie (63) wat in 2002 gegee is, gelees is “O Israel Waar is Jou Bloedoffer” , o, het ek net gevoel YAHUSHUA huil en verkeer in barensnood.

En HY het selfs Woorde gespreek hoekom HY daardie trane van BLOED gestort het, en ek het selfs nie geweet of ek woorde gehad het om in staat te kon wees om te praat nie want die emosie was so groot. Maar ek Dank U vir hierdie Heilige tale

die Boodskap kon na vore te kom.

[Die gemeente aanbid en ‘n uur later spreek YAH meer voort…]

Elisheva: Ek hoor 'n Woord na vore kom vir amal —HOE, Ek weet nie hoe om julle lofprysing te onderbreek nie. Ek weet nie wat om te doen nie. Wil julle gaan [Grappies, Gelag] of wil julle die Salwing aanwakker (met die gawe van tale]?

Reg, begin julle te bid. Wag 'n minuut, laat ek eerste bid.

HEMELSE VADER – DIT WAS SO 'N PRAGTIGE LOFPRYSING – GELIEFDE YAHUSHUA. ABBA YAHUVEH, GELIEFDE YAHUSHUA & KOSBARE IMMAYAH, ONS KOM—ONS KOM bymekaar in U TEENWOORDIGHEID. Ons kom voor U Troon met danksegging en lofprysing want U het gesê dit is die enigste manier dat ons gebede werklik gehoor word (PS 95:2; 100:4; 1 TH. 5:17-18). En ons verhoog en onsAANBID, [AUDIO SPRING] ONS DANK U! ONS PRYS U.

Psalm 95:2

Laat ons SY aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange HOM toejuig!

Psalm 100:4

Gaan SY poorte in met lof, SY voorhowe met lofgesang; loof HOM, prys SY NAAM.

1 Thessalonicense 5:17-18

Bid sonder ophou. 18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van GOD in YAHUSHUA oor julle.

SELFS DIE ENGELE PRYS U 24 UUR 'N DAG (SIEN OP. 4:8; JES. 6:2-3) U SÊ SELFS DIE KLIPPE SAL UITROEP AS ONS U NIE LOOF NIE. (HAB.2:11; LUK. 19:40 SIEN OOK JOS. 24:27) EN ONS DOEN, WANT U IS SO WAARDIG OM GEPRYS TE WORD!

Habakuk 2:11

Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.

Lukas 19:40

En HY het geantwoord en vir hulle gesê: EK sê vir julle, as hulle swyg sal die klippe onmiddelik uitroep.

Terwyl ons U aanbid het YAHUSHUA, het ek gehoor 'n Woord kom na vore en ek het nie geweet hoe om dit te onderbreek nie, hoe ek instaat sal wees om dit te noem nie, toe die Salwing so sterk op my kom. Daarom vra ek nou terwyl ons lofsing, vra ek dat daardie Woord weer voortkom om U geliefde kinders te seen. Ek vra dit tot U Eer ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en KOSBARE IMMAYAH!

So, gaan julle voort en begin bid.

[Gemeente sluit vir ‘n kort rukkie aan, bid in Heilige tale] [Heilige tale] [Elisheva bid in Heilige tale]

Profesie 132 Deel 2 Begin:

O! MY geliefde, MY geliefde, MY geliefde, MY geliefde, My geliefde Bruid! AG HOE - AG hoe verheug EK MY vandag in julle! Julle skuif julle planne opsy wat julle kon gemaak het! In plaas daarvan kom julle en julle AANBID MY! JULLE LEER van MY!

[HUIL EN VREUGDEVOLLE KLANKE] EN EK VERTEL JULLE DIT.

IMMAYAH is in daardie aanbidding en daardie lofprysing (PS. 22:3)! Want selfs terwyl julle gedink het julle staan net daar of sit net daar, ja, EK sê julle: ALMAL van julle was voor MY Troon! ALMAL van julle en as hulle na die aanbidding en die lofprysing luister terwyl julle hier [Profesie] deel en hulle harte is berouvol voor MY en hulle is skoongewas met MY GESTORTE BLOED!

Psalm 22:3

Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel.

Daar is nie een ding wat EK van julle sal weerhou nie (Ps. 84:11), nie een versoek wat julle voor MY gelê het (Matt. 7:11) – SOOS dit in lyn is met die wil van die VADER – EK sal dit vir julle doen en selfs oorvloediger en ver meer as wat julle kan dink om te droom of voor te vra (Ef. 3:20)!

Psalm 84: 11

Want YAHUVEH ELOHIM is 'n SKILD & PANTSER: YAHUVEH sal eer en glorie gee: geen goeie ding sal HY weerhou van hulle wat opreg wandel nie.

Matt 7:11

As julle dan wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle VADER WAT IN DIE HEMEL IS, goeie dinge gee aan die wat HOM vra?

Ef 3:20

En aan HOM wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk.

Dit is wat gebeur wanneer julle met na MY toe kom met aanbidding en LOFPRYSING (MET GEHOORSAME HARTE)!

Julle het gesien wat EK gedoen het en hoe vinnig EK gedoen het! Daarom sê EK vir julle, EK is nie 'n aannemer van persone nie. (Deut. 10:17; Hand. 10:34; Rom. 2:11)! Bly getrou aan MY! Hou julle oë gefokus op MY! Want EK begeer om julle te seën! En EK sal julle seën! En baie meer en oorvloediger as wat julle kon droom of voor vra!

Deut. 10:17

Want YAHUVEH julle GOD is die GOD VAN ALLE GODE & HERE VAN AL DIE HERE, 'N GROOT GOD, 'N MAGTIGE GOD, EN 'N GEDUGTE GOD wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie.

Hand. 10:34

En Petrus het sy mond oopgemaak en gesê: Ek sien waarlik dat GOD geen aannemer van die persoon is nie.

Rom. 2:11

Want daar is geen aanneming van die persoon by GOD nie.

Weet julle jul aanbidding vandag toe julle jul stemme opgehef het na MY—JULLE HET NIE NET JULLE STEMME OPGEHEF NIE – JULLE hef julle harte op, julle het julle siele opgehef! En die Heilige engele en die wolk van getuies het saam met julle aanbid!

SO JULLE WIE ORE HET OM TE HOOR (MT 13:16-17; LK 8:18)WIE NIE DAAR IS NIE, JULLE DOEN DIESELFDE. EK BELOWE JULLE DIT: Julle sal Hier voor die Troon wees! Selfs al is julle liggame op aarde, daar is een deel van julle gees en siel wat ook terselfdertyd voor die Trone in die Hemel is! Voor julle ABBA YAHUVEH! VOOR MY YAHUSHUA! En ja, selfs voor IMMAYAH!

Dit is die seën wat EK vir julle het! VAT JULLE VERSOEKE – EN bring dit vir MY, selfs nou terwyl EK praat. Gee dit in die geheim vir MY, maar onthou om te sê “As dit in ABBA YAH se wil is.” Gee dit vir MY. GEE DIT VIR MY, EN dit sluit AL julle laste in (Ps. 55:22; 1 Pet. 5:6-7) Gee dit vir MY en wag en kyk wat EK sal doen.

Psalm 55:22

Werp jou sorge op die HERE (YAHUVEH), en HY sal jou onderhou; HY sal nooit die regverdige laat wankel nie.

1 Petrus 5:6-7

Verneder julle dan onder die Kragtige Hand van GOD, sodat HY julle kan verhoog op die regte tyd. 7 Werp al julle bekommernis op HOM, want HY sorg vir julle.

WANT HIERDIE EER VAN AANBIDDING – EN JULLE HARTE VAN AANBIDDING EN JULLE SIELE WAT AANBID – WAS 'n seën vir MY! Dit is hoekom EK die musiek gestop het en EK wil net sê hoe baie lief EK julle het, hoe baie EK, YAHUSHUA begeer om by julle te wees! En dit sal gou wees!

O Bruid van YAHUSHUA hoor MY! EK het verlang na julle! EK het na julle gesmag! EK het oor julle getreur! EK het oor julle geween! SOOS WAT ELISHEVA VRYGEMAAK IS— SO IS OOK DIE BRUID VAN YAHUSHUA, AS hulle dit maar net wil ontvang!

KOM WEG —van ongelyke verbintenisse (Deut.7:3-4)! Wat het 'n bok en 'n skaap in gemeen (Deut. 22:10); Matt. 25:32-33)?

Deut. 7: 3

Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie – jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie. 4 want hy sal jou seun van MY afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die Toorn van die HERE (YAHUVEH) teen julle ontvlam en HY jou gou verdelg.

22:10

Jy mag nie met 'n os en 'n esel gelyk ploeë nie. [d.i. Moenie hulle saamvoeg nie].

Matt. 25:32-33

32 en voor HOM sal al die nasies versamel word, en HY sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei.

33 en HY sal die skape aan SY Regterhand en die bokke aan SY Linkerhand sit.

Sê MY Woord nie, “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie” (2 Kor. 6:14) O MY geliefde kinders, soos julle MY geseën het, seën EK, YAHUSHUA julle nou!

2 Kor 6:14

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?”

Elisheva: Ek het 'n visioen gehad. Ek het gesien Moshe lei die Kinders van Israel.

Profesie gaan voort:

En EK sê vir julle dit. Die Israel, die Heiliges wat SAL OPSTAAN – HULLE wat weet dat sonde VERGEWE IS – HULLE SAL nie langer stilbly wanneer hulle hierdie Profesie hoor wat vroeër uitgekom het nie.

(ELISHEVA: WANT YAH SÊ…)

HY gaan hierdie [AmightyWind] Bediening gebruik en die twee Salwings, met die gees van Eliyahu & Moshe SAAM gebruik om Israel tot BELYDENIS te lei (sien Ezra 37)! Want dit is die enigste manier hoe Israel gered sal word (sien Sag. 7-14; Jer. 30; Mi. 5:5-6; Rom. 11:1; 11-12; Openb. 7-19)!

En dit gaan 'n sterk leier vat, een wie sal weier om terwille van 'n politieke loopbaan te kompromitteer! Hy sal meer vrees hê vir sy siel!

En net soos 'n Regter Roy Moore, ten spyte van die omstandighede, ten spyte van die vervolgings en BESKULDIGINGS—SAL DIE LEIER IN ISRAEL, YAHUVEH roep nou na hom in die NAAM VAN YAHUSHUA, JY weet wat is reg of verkeerd! Wat is die prys van jou siel (Matt. 16:26)? Want die Heiliges en die verlostes in Israel sal opstaan! En hulle soek 'n leier wie nie sal kompromitteer nie!

Matt. 16: 26

Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

EN “YAHUSHUA SE DEMON STOMPERS,” soos julle opgekommandeer is om vir Donald Trump te bid, sê EK, YAHUVEH nou ook vir julle, julle moet bid vir daardie leier in Israel om na vore te kom! Om terug te keer na die standaard van Heiligheid!

Hulle praat daarvan in die Torah! Hulle ken die Torah Wette! Hulle sê die Tien Gebooie op! [Elisheva] YAHUSHUA sê nou :.....EK wag vir hulle om dit te gehoorsaam! En geen kompromieë meer nie! O Israel!

(Elisheva: Ek hoor YAHUSHUA weer sê,)

Profesie gaan voort:

EK het jou lief. En EK begeer weereens vir jou. Staan vir Heiligheid! En jy sal eendag daardie “’HEILIGE’ LAND wees. “

Want EK gaan vanaf Israel heers en regeer (Ps. 2:6-12; Ps. 110:1-2; Jes. 9:6-7; Jer. 23:5; Ezra 43:7; Dan. 7:13-14; Sag. 6:12-13; 14:4; Luk. 1:32-33; Open. 19:15-16; sien ook Jer. 33:6-18 ens)!

Psalm 2:6-12

6 ÉK tog het MY KONING gesalf oor Sion, MY Heilige Berg.

7 EK wil vertel van die besluit:

Die HERE (YAHUVEH) het aan MY gesê: U is MY SEUN, vandag het EKSELF U gegenereer.

8 Eis van MY en EK sal nasies gee as U erfdeel en die eindes van die aarde as U besitting.

9 U sal hullle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.

10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku o regters van die aarde!

11 Dien die HERE (YAHUVEH) met vrees en juig met bewing.

12 Kus die SEUN dat HY nie toornig word en julle op die weg vergaan nie, want gou kan SY toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by HOM skuil.

Psalm 110

1 Die HERE (YAHUVEH) het tot MY HERE [ADONI] gespreek: Sit aan MY Regterhand, totdat EK U vyande maak 'n voetbank vir U Voete.

2 U Magtige Septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van U vyande.

3 U volk sal baie gewillig wees op die Dag van U Krygsmag; in heilige feesgewade, uit die Moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van U jong manskappe.

4 Die HERE (YAHUVEH) het gesweer, en dit sal HOM nie berou nie: U is Priester vir ewig volgens die Orde van Melgisédek.

5 Die HERE (YAHUVEH) aan U Regterhand verbrysel konings op die Dag van SY Toorn.

6 HY sal 'n strafgerig hou onder die nasies: HY maak dit vol dooie liggame; HY verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.

7 Uit die stroom sal HY drink op die pad; daarom sal HY die hoof ophef.

Jesaja 9:5-6

5 Want 'n KIND is vir ons gebore, 'n SEUN is aan ons gegee; en die heerskappy is op SY Skouer, en HY word genoem: WONDERBAAR, RAADSMAN, STERKE GOD, EWIGE VADER, VREDEVORS –

6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die Troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE (YAHUVEH) VAN DIE LEËRSKARE sal dit doen.

Jeremia 23:5

Kyk daar kom dae, spreek die HERE (YAHUVEH), dat EK vir Dawid 'n REGVERDIGE SPRUIT sal verwek; en as KONING sal HY regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.

Esegiël 43:7

En hy het vir my gesê, mensekind, dit is die plek van MY Troon en die plek van MY Voetsole waar EK vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal MY HEILIGE NAAM nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings by hulle dood.

Daniël 7:13

Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die Hemel het EEN gekom soos die SEUN VAN DIE MENS [d.i. Die MESSIAS wat soos 'n mens voorgekom het], en HY het gekom tot by die OUE VAN DAE, en hulle het HOM nader gebring voor HOM. 14 En aan HOM is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het HOM vereer; SY heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en SY koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Sagaria 6:12

en sê vir hom, So spreek YAHUVEH van die LEËRSKARE, kyk die MAN wie se NAAM die SPRUIT is, en HY sal uit sy plek uitspruit en HY sal die tempel van YAHUVEH bou. 13 Ja, HY sal die Tempel [19] van YAHUVEH bou en HY sal majesteit verkry en sit en heers op SY Troon, [En HY sal ‘n PRIESTER wees op SY Troon:] en die raad van vrede sal tussen hulle TWEE bestaan.

Sagaria 14:4

En SY Voete sal op daardie Dag staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê aan die Oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander na die suide..

Lukas 1:32

HY sal groot wees en die SEUN VAN DIE ALLERHOOGSTE genoem word; en die HERE GOD (YAHUVEH ELOHIEM) sal aan HOM die Troon van SY vader Dawid gee. 33 En HY sal KONING wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid en aan SY koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Openbaring 19

15 En uit SY Mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY sal hulle met 'n ysterstaf regeer en HY trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van GOD DIE ALMAGTIGE.

16 En HY dra op SY Kleed en op SY heup die NAAM wat geskrywe is : DIE KONING VAN DIE KONINGS & HERE VAN DIE HERE.

So dit is wat gebeur wanneer julle in aanbidding en lofprysing voor MY kom! Weer vir die tweedemaal, het EK hierdie Profesie aan MY ‘Ringmaiden’, MY Elisheva gegee. Want julle het die salwing aangewakker. Dit is alles te danke aan julle aanbidding en julle liefde!

Einde van Woord.

Elisheva: [Ek kyk nou na die monitor {Voetnota is verlore] en ek weet nie of iemand die lig aangeskakel het nie en wat aangaan nie, maar ALMAL van julle – ek sien daar is so 'n lig! Ek weet nie of dit in die geestesREALM IS NIE – EK WEET NIE OF EK, (FISIES)

dit sien nie? Het iemand 'n lig of iets daar aangeskakel?

Ek het nie klank nie. As julle met my praat, is daar geen klank nie. Het iemand 'n lig daar aangeskakel? […]Ek sien dalk....miskien sien ek in die geestesrealm, maar julle het 'n lig in daardie vertrek wat nie voorheen daar was nie! SHKINYAH HEERLIKHEID LIG is oor elkeen van julle in die NAAM VAN YAHUSHUA!

Alles reg! Dit is al wat ek hoor!

* * * * * * *

1 Medies gesproke is dit bekend as hematidrosis, 'n seldsame toestand veroorsaak deur ernstige angs (Matt. 26:38; Markus 14:34) waarin 'n mens bloed sweet. (Lukas 22:44) en in uiterste gevalle trane van bloed mag hê.

2 Gen 16:7, 13; 18:1-2; 19:24; 22:11-12, 15-18; 31:11-13; 32:24, 29-30; 49:10; Eks 3:2-4; 23:20-21; Eks 24:9-12; Num 24:14, 17-19.

3 Die amp van Profeet het nog nie opgehou nie. Maleagi was nie die laaste Profeet nie, inteendeel deur hom, het YAHUVEH belowe om meer Profete & Boodskappers te stuur (Mal. 3:1; 4:4-6).

4 RUACH HA KODESH dit is “HEILIGE GEES” in Hebreeus, is grammaties vroulik. HA SHKHINAH, bedoelende DIE GODDELIKE TEENWOORDIGHEID is verpersoonlik in Judaism as die SABBAT BRUID & GOD SE KONINGIN, 'n HEMELSE MOEDER-YAH, 'IMMA-YAH' – en onder WIE se Beskerming/Vlerke daar skuiling is, (sien “Kanfei al RUACH” [Ps 18:10] letterlik “Vlerke van die GEES/WIND” - die GEES VAN YAH, IMMAYAH het vlerke). Vergelyk ook met Psalm 91 en baie ander Skrifgedeeltes (Eks. 19:4; Deut. 32:11-12; Ps. 17:8; Ps. 36:7; Ps. 57:1; Jes. 31:5) waar YAH beskryf word as soos 'n arend.

5 Kuiken of arend? GOD behoort nie met 'n kuiken vergelyk te word nie. YAH maak 'n sarkastiese vergelyking na 'n paar dikwels misverstane Skrifgedeeltes (Matt. 23:37; Lukas 13:34) – waar misvertalings, dit lyk asof GOD vergelyk word met 'n kuiken wat vir haar klein kuikentjies sorg, “soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak” (Lukas 13:34) maar vergelyk dit met Grieks Matt. 23:37 & Lukas 13:34 waar (ornis) voël beteken (soos in opvaar in die lug – “Strong” G3733) & ss/ss (nossia/nossian), jong broeisel of voëltjies.

'n Meer gepaste vertaling mag nader wees aan: “soos 'n wyfie voël haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak”. (Hen,” soos hier vertaal beteken in Afrikaans enige vroulike voël van enige spesie en so ook “kuiken”, enige nuutgebore voël, maar “kuiken/s” is almal 'n beïnvloedbare vertaling aangesien die Griekse term nie eksklusief huishoudelike voëls of kuikens aandui nie.

'n Moeder arend? Alhoewel mag verwys na enige tipe voël, insluitende kuikens, die variasie mag na 'n arend en klein arendjies verwys – van (oros) berg en 'n (airo) om te lig/ op te lig, verwys na 'n oorspronklike Griekse begrip van voël wat beide vlieg, en miskien in 'n hoë berg woon. Dit is soos in Psalm 91: 1,4 Hy wat in die skuilplek van die ALLERHOOGSTE [ELYON] sit, sal vannag in die Skadu van die ALMAGTIGE (SHADDAI)..[...] HY sal jou bedek onder SY Vlerke en onder SY Vleuels sal jy skuil” waar die ALLERHOOGSTE GOD vergelyk word met 'n arend wat op 'n hoë berg woon, waar sy kleintjies, in die skuilplek van 'n hoë nes ook onder hul moeder en vader wegkruip.

Sien ook dat SHADDAI (Ps. 91), verwant aan woorde soos bors, berg en vrugbare velde (Gen. 28:3; 35:11; 49:25) vroulike NAME VAN GOD is wat die HEILIGE GEES aandui. As die VROULIKE EWEBEELD van YAHUVEH (sien voetnota 12), SY is meer soos 'n moeder-arend, as 'n kuiken.

Laastens, “kuiken” soos in Engelse idiome gebruik, verwys dikwels na 'lafaard'. Daarom gebruik YAH dit as 'n woordspeling om te sê dat die RUACH HA KODESH, SHADDAI is nie net 'n GOD van seëninge nie, maar ook ALMAGTIG in toorn en vernietiging (Jes. 13:6; Joël 1:15)! 'n Moeder-arend kan beide teer teenoor haar kleintjies wees, tog verwoestend vir haar vyande, hulle wie haar baba-arendjies wil seermaak;

6 Dit praat van die oorblyfsel van Israel, “Die hele Israel sal gered word” (Rom. 11:26); die toekomstige Israel, Sag. 13:8-9; Jes. 10:20-25; Jes. 27:31-32.

* * * * * * *