Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Pekudei / Tellings, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 55, 80, 103;

Eksodus 38:21-40:38;

1 Konings 7:51-8:21;

Lukas 16:1-13;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


4 Maart, 2022


Profesie 55, Waarsku Die Mense! Verwoesting kom!!!

Geskryf /Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu

[Hierdie mees onlangse profesie van YAHUSHUA sluit lesse in oor hoe om die Here ywerig te soek, ‘n droom wat HY SY Apostels en Profete roep om te lees en uit te lê, nie ‘n uitblussing van die salwing toe te laat nie, en ‘n streng waarskuwing aan diegene wat HY roep om hierdie bediening te ondersteun wat SY Stem ignoreer.]

*******



Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

MY geliefde [kinders], jul herinner MY altyd dat ek diegene tugtig en teregwys wat EK liefhet. Maar MY Geliefde, besef jy nie dat EK ook ywerig diegene beloon wat MY soek nie. Jy soek ywerig, 24 uur ‘n dag, selfs in jou slaap, soek jy ywerig na MY. Hoeveel te meer sal EK MY kinders beloon wat ywerig soek na MY iedere woord?

Verwoesting kom. Maak gereed. Verwoesting kom. Dit is hoekom EK vir MY Dogter nou sê; spreek dit voort in ‘n gesproke woord. Dit is nie net in die krag van die geskrewe woord nie. Jare gelede het EK hierdie woorde beveel om voortgespreek te word, en tog het EK geweet dat die [voormalige] webwerf bestuurders nie sou gehoorsaam nie. Nou is dit die tyd, egter. Hierdie profetiese woorde word voortgespreek. Elke dag sal ‘n nuwe een bygevoeg word. Almal van hulle sal wees waar hulle gehoor word, nie net gelees nie.

Verwoesting kom. Vind daardie droom, die mees onlangse een wat EK gegee het vir MY Dogter. Verwoesting kom. Benoem dit so. Waarsku die mense. Sê vir hulle EK stuur MY Apostels en Profete om die mense te waarsku voor die verwoesting kom. Verwoesting kom maar nie vir MY Babas nie, nie vir MY Bruid nie, nie vir MY Uitverkorenes nie en nie vir MY Noukeurig Uitgesoektes nie, EK gaan hulle beskerm net so seker soos Noag en sy familie beskerm was in die ark, as hulle net maar kan glo. Sê vir hulle, EK sal hulle beskerm van die vloed van goddeloosheid. EK sal hulle beskerm van die vloed van gevare wat wag.

Sê vir hulle, "Gaan in die Ark in". “Uit te vind waar hulle veronderstel is om te wees. Sê vir hulle om MY aangesig te soek. As hulle nie weet waar hulle moet wees nie, moet hulle vas en bid en ween en weeklaag maar uitvind waar hulle ark is. Solank hulle bewus is van waar hulle veronderstel is om te wees, solank hulle onder die sambreel van MY veiligheid is, dan is hulle in hul ark, ongeag waar hulle in die wêreld is. Maar EK sê weer vir julle, MY Kinders, roep die Apostels en Profete navore om die droom uit te lê wat EK gegee het vir [Elisheva]. VERWOESTING KOM!

Julle moet die droom plaas en EK sal aan julle een uitlegging van die droom gee. Maar roep die Apostels na vore, en roep die Profete na vore, want elkeen sal ‘n gedeelte hê as hulle maar net sal gehoorsaam en hulle sal vir jou die volle openbaring van die droom vertel. Want MY kinders die heidene bring verwoesting en EK laat dit toe. Maar diegene wat uitroep tot MY, in MY SEUN YAHUSHUA se Naam, hulle sal in die Ark van MY veiligheid wees, EK sal hulle beskerm teen verwoesting en pyn. In groot letters pen hierdie datum en tyd neer saam met die droom en sê vir hulle, net soos in die dae van Noag, net soos in die dae van Lot.

VERWOESTING KOM!!!

Julle weet nie watter uur nie. Julle weet nie watter dag nie. Maar op ‘n Sabbatdag. [Telefoongelui word gehoor in die agtergrond.] Julle beter in gebed wees! Boodskap van Verwoesting – Onderbreking Blus die Salwing – Waarskuwing [Elisheva word gesteur deur die luiende telefoon, sy hou aan om in tale te bid]. En waar jou geloof is, sal jou veiligheid wees. Julle veiligheid is nie. [‘n Boodskap word gehoor wat gelos word op die antwoord masjien.] Tugtiging Omdat Daar Toegelaat Was Dat Die Salwing Geblus Word Volgende keer, MY kinders, leer ‘n les. Ontkoppel daardie foon. Moet nooit weer die kans vat dat die salwing geblus kan word nie. [Elisheva hou aan om in tale te bid, sy sukkel om haar aandag terug te kry op dit wat YAHUSHUA tot haar spreek.]

Hierdie vertoorn MY. Volgende keer moet jy voorsorg tref. Broer ***** het nie geweet nie. Hy het nie verstaan hy het in die hande van satan gespeel nie. EK vergewe julle, maar hierdie is nog ‘n les hoe maklik die salwing geblus kan word met net ‘n steuring. Dit is hoekom EK julle beveel om in afsondering te wees Elisabeth [Elisheva], met so min steurings as moontlik. Want jy bly uiters gesalf en enige afleiding kan dit blus. EK het hierdie toegelaat om te gebeur terwyl MY dogter die woorde spreek komende van MY net om vir julle te wys hoe maklik [jou] aandag afgetrek kan word en jy nie meer van MY hoor nie. VERWOESTING KOM!!!

Waarsku net die mense dat Verwoesting kom.

Streng waarskuwing van YAHUSHUA: "Hoor jy van MY om hierdie Bediening te help en ignoreer jy wat EK jou beveel om te doen?" Wat hulle ookal vir MY gaan doen, wat hulle ookal belowe het om te doen vir MY, het EK dit op hul harte gelê om hierdie bediening te help?" Het hulle dit uitgestel en gesê, "Ag more, of dalk ‘n ander dag. Ek sal net kom en ek sal net lees, ek sal hulle nie eens kontak nie". Hulle het gawes en tog kies hulle om nie te deel nie want hulle sê, "Ag op ‘n ander dag." Maar EK sê dit vir julle, en EK spreek dit voort.

VERWOESTING KOM!!!

En wat hulle ookal gedoen het vir MY, wat hulle ookal gedoen het in MY Seun se Naam; hoe hulle ookal gehelp het vir die Goeie Nuus om geproklameer te word, hierdie is diegene EK sal hulle geroep hoor. Watter opofferings hulle ookal gemaak het, sal EK inagneem op daardie dag. EK sal notisie neem wie hulle ore toegehou het. EK sal notisie neem watter hulle oë toegehou het. EK sal notisie neem wanneer hulle jou behoeftig gesien het, en selfs toe EK dit op hulle harte gelê het, vat hande en raak getrou saam met diegene wat MY goeie saad versprei in die oesland, en hulle skud hul koppe en ontken en sê, "O, nee, HY praat nie met my nie." EK waarsku hulle nou, EK sal notisie neem. Want EK stuur haar uit soos ‘n Elia van Ouds (Eliyahu). EK stuur haar uit na die weduwees van Sarfat, alhoewel hulle dit nie geweet het nie. EK sal notisie neem op die dag wanneer verwoesting kom.

Het hulle gehelp om MY Profete te voed? Het hulle water aangebied? Het hulle ‘n woord van bemoediging aangebied? Het hulle skuiling aangebied? EK vra vir profete van ouds keer-op-keer in die Woord wat vooruitgespreek was en EK het hulle altyd gestuur met MY boodskap en dit was altyd hulle keuse hetsy die mense gehoor sou gee en of hulle in goddelike vrees sou reageer of sou hulle die profete wegjaag? Niks het verander hierdie einste dag nie.

So sê vir hulle, MY Dogter, vertel hulle vir MY sodat hulle nie sal sê hulle was nie gewaarsku nie.

VERWOESTING KOM!!!

Is hulle gereed? Vra vir hulle wat hulle vir MY gedoen het?

Einde van Profesie

*******

Profesie 55 - Droom

YAHUSHUA! Ons is U Bruid! Ons wag vir U!

Dringend, onlangse droom wat gebede alleenlik kan verhoed dat hierdie plaasvind, uitleggings aan die onderkant van die bladsy. Help my asseblief om die ramshoring van waarskuwing te blaas. As julle pastore nie wil luister nie, dan word julle aanspreeklik gehou om in elkgeval te praat. Ek het so ‘n dringendheid in my gees. Ek het ‘n duidelike droom gehad op 19 Desember 2001. Die enigste rede hoekom ek dit met julle deel is nie om vrees te veroorsaak nie, maar eerder om vir julle gebede te vra sodat hierdie droom nie plaasvind nie. YAHUVEH praat met ons in visioene drome en openbarings en ook profeties. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal hierdie droom keer om ‘n nagmerrie word. Deel asseblief met ander, en vra julle kerke om op hulle aangesigte te val en te bekeer en te smeek om genade vir Amerika weereens. As die kerke of die pastore weier, begin julle dan gebedsgroepe en tree in.

Hierdie is Dringend. Ek woon in Amerika. Hoe kan ek nie omgee nie? Is dit Amerika wat ek sien? Die land sal twee keer getref word wanneer dit die minste verwag word. Ons het sterk militêre beskerming maar slegs YAHUVEH sal instaat wees om dit wat die duiwel wil doen stop te sit of te verhinder en slegs die vurige gebede van die regverdiges sal dit verhinder of stop! Ons moet omgee. Hoeveel ongereddes ken julle?

*******

Droom met Uitgehongerde Baba

Ek het buite gestaan en na ‘n pragtige blou lug gekyk, alles was rustig. Toe ek opkyk, sien ek hoe 4 sirkels in die lug geteken word asof dit die vinger was van God YAHUVEH wat hulle stadig geteken het. Toe die 4de sirkel geteken was, het ek ‘n harde brullende geraas gehoor, in die huis ingaan, ‘n ENORME wind het gekom wat vernietig en doodmaak dit was soos ‘n kern ontploffing van die gevolge van ‘n atoombom! EK het in afgryse die dood en vernietiging aanskou. Binne-in my huis het ek ‘n vrou gesien met ‘n klein babatjie in haar arms. Ek het daarna gekyk en die baba het dood gelyk en so ondervoed. Ek het gesê: Hoekom het jy nie die baba gevoed nie?” Sy het gevoeloos na my gekyk en gesê: “Want die baba vas.”

Toe voordat ek die baba by haar kon vat, het sy die venster oopgemaak en die baba uitgegooi by die tweede verdieping venster uit. Ek het uitgehardloop in die bestraling en die verwoestende wind in, en die baba in my arms opgeraap, en die baba het weer begin asemhaal! Terwyl ek daar gestaan het, het ‘n man na my toe gekom sy gesig was baie sleg verbrand van bestraling, en dit was rooi van 3de graadse brandwonde, hy het nooit ‘n woord gesê nie, hy het net verby my geloop. Ek het teruggegaan in my huis in, ten volle beskerm teen bestraling, en ek het geweet niks kan my of die baba seermaak nie en het dit melk gevoer uit ‘n bottel.

Na ‘n ruk het die verwoestende winde opgehou. Alles het rustig gelyk. Toe het ek weer na die lug gekyk, en ek het die eerste sirkel sien begin, ek het begin uitskree Bekeer en draai julle harte na YAHUSHUA want weereens het die oordeel gekom. So min het geluister! Ek het die ander 3 sirkels almal in ‘n ry gesien, 4 altesaam, en daarna die geluid van ‘n gebrul wat ek nie instaat is om te beskryf nie. Toe kom die verwoestende wind weer, asof nog ‘n kern ontploffing afgegaan het. Ek het onderskei dat die vrou godsdiens is, en die baba is die gemeentes, die georganiseerde godsdiens honger die mense uit dwing hulle om te vas vir meer geestelike kennis en profetiese waarhede en openbarings. Ek is gewoond daaraan om die mense te voer wat uitgehonger is in hul eie kerke, die pastore offer die mense op terwille daarvan om hulself te voer met rykdom, beheer, menende dat hulle die skape besit, vergetende dat daar net een Goeie Herder is.

Waarsku asseblief almal! YAHUVEH het met my gespreek in die droom en my gewaarsku waarom HY SY heining van beskerming weereens sal lig, selfs die heidene aanbid ‘n heidense god en vir wie aanbid Amerika?

*******

In November het ek ‘n soortgelyke droom gehad.

Ek het padlangs geloop en ‘n koei, gevul met melk het my gevolg waar ek ookal gegaan het. Dit was nie my koei nie. Die boer het my beskuldig dat ek sy koei steel. Ek het gesê ek kan nie die koei keer om my te volg nie; dit was die koei se keuse. Ek het 3 vierkante gesien in ‘n ry geteken deur die vinger van YAHUVEH in die lug. Ek het ‘n geluid gehoor soos ‘n brullende geraas. Ek kan dit nie verduidelik nie. Toe het ek gesien ek was in die berge en groot rotse het in my rigting gekom. Ek het see toe gehardloop waar my huis was in die droom. Ek het in die huis ingegaan. Toe sien ek hoe die 3 vierkante weereens in die lug geteken word. Ek het in afgryse toegekyk, en probeer dink, wat was die allerminste pynlike manier om te sterf, want ek het gedink die oseaan sou die huis verswelg en alles sou verdrink as ek daar sou bly dus het ek besluit om weer na die berge te gaan. Ek het weer die brullende geluid gehoor en direk nadat die 3de vierkant geteken was het ek voor ek kon beweeg vuurwerke in die lug gesien, eers ligkleurige eentonige tipes, en toe helder kleurige vuurwerke. Dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie gehardloop nie, ek het net die vuurwerke dopgehou.

Stuur asseblief vir my julle uitleggings vir hierdie drome. Ek weet wel die koei is mense wat gevul is met melk van ander pastore se leringe, maar hulle wil meer hê. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal veel vermag, as MY volk op hul aangesigte sal val en hulself verneder, sal EK hulle gebede verhoor en hulle land genees! Neem asseblief hierdie drome ernstig op. YAHUVEH het hoorbaar met my gespreek 3 jaar gelede en 2003 sal die 4de jaar wees. HY het gesê, "In vier seisoene sal jy weet." As ons reg onderskei is vier seisoene jare. Het ons regtig nog so lank of sal die einde spoediger kom? Want te veel het die begeerte om Amerika te vernietig en het die mag en net YAHUVEH en YAHUSHUA kan dit stop. HY sal ons gebede gebruik. Wie sal ons help om tussenbeide te tree? Ons moet meer tyd hê om hierdie wêreld te bereik vir die Koninkryk van die Hemel.

Die een goeie ding is ek word beskerm. Net so sal julle ook wees as julle onder die vlerke van YAHUVEH is soos gesê in Psalm 91, die geheime plek van die AllerHoogste God. Is enige iets te moeilik vir God? Die 3 Hebreeuse kinders was in die vuuroond gegooi 7 keer warmer en niks was gebrand nie behalwe die toue wat gebruik was om hulle hande en voete vas te maak. God YAHUVEH kan ons ook beskerm van enige leed gedurende hierdie tyd.

Vertel asseblief vir ander van die reddende genade van YAHUSHUA sodat hulle gered sal word. Moenie die mens vrees wat net die vlees kan vernietig nie, maar werk eerder jou eie redding uit met vrees en bewing, met YAHUVEH wat jou vlees kan doodmaak en jou gees in die Poel van Vuur kan gooi. Omdat ek julle liefhet, waarsku ek julle. Esegiël 3:17-21 die bloed is nie op my hande nie. Onthou asseblief die ware Sabbatdag en hou dit Heilig. Om die Sabbat te hou beteken nie wettisme nie, pasop vir wettisme en gebondenheid nie, hierdie is ‘n seën en ‘n rus vir die kinders van YAHUVEH. Soos in die dae van Moses sal daar seëninge van beskerming wees vir die mense wat die Ware Sabbat hou as gevolg van die liefde van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hierdie instruksies was aan ons gegee met Adam en Eva, en Die Bybel sê die Sabbat is ewigdurend en sal nooit verander nie. Katolisisme het die ware Sabbat verander; aanbid elke dag maar nader veral op die ware Sabbat. YAHUSHUA het gekom om die Wet van Moses te vervul, nie om dit te kanselleer nie. Die huis waarin ek gehardloop het, is my ARK van veiligheid. Maak seker julle is in die Ark, wanneer hierdie gebeur onder die beskerming van Psalm 91. Onthou roep die Naam aan van YAHUVEH en YAHUSHUA. Daar is krag in die Gewyde Name.
Liefde en seënwense in die wonderlike NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

*******

Eerste Uitlegging:

Liewe [Elisheva],

Ek bid oor hierdie droom. Ek glo dit is duidelik dat die Here vir jou die hoer wys en sy is nie bereid om aan haar kind die vleis van die Here te voer nie. Daarom het die Here ‘n oordeel oor haar beslis. Drie maal het die Here met haar gepraat. Oordele begin kom en dit begin by die Hoer. Sy is die Groot Hoer waarvan daar geskryf is wat op die dier ry. God het ontelbare kere met haar gepraat en dit is nou tyd om uit haar uit te kom my volk, en vir julle om nie deel te hê aan haar sondes nie. Hoekom hou julle aan om na hoerhuise te gaan om gespeen te word op geestelike melk wat julle nie kan laat groei tot volwassenheid nie?

En nou het die Here vermaering na julle siele gestuur en steeds faal julle om uit haar uit te gaan my volk. En hoekom? Sodat julle mooi vriende mooi huise mooi karre en mooi plekke kan hê om te aanbid? Waarom sou julle al hierdie dinge hê en tog vergeet julle my vir dae-aaneen. Die Here wat julle liefgehad het en julle gered het en julle versorg het en julle gaan agter die hoer en ontug vrou aan? En hoe kan sy julle voed o julle dwase wat my vergeet vir dae sonder tal? Waarom het julle die ontug vrou en haar nes van lokvalle gesoek in plaas van die Here?

Daarom omdat julle die Ontugvrou gesoek het en nie vir my gesoek het nie en nie my stem gehoorsaam het om uit haar uit te kom nie, sal EK nie luister wanneer ek my oordele teen haar stuur nie. Aan hierdie dinge moes julle nie deel geneem het nie. Maar julle het in julself gesê, "Is daar enige ander manier? Is die weg van die ontugvrou nie die enigste weg wat ek kan gaan nie? Is daar nie geboue op elke hoek en ek kan nie vleis daar kry nie?" Maar jy het vir jouself gesê, "Wat daarvan? Ten minste het ek ‘n plek langs die pad om in te bly waar hulle my kan voed en versorg en ek kan rykdom en voorspoed ook hê!"

En die Ontugvrou het gefluister en gekoer en jou ingetrek en jy het die brood geëet in die sierlike plekke en ‘n bietjie vrede en vertroosting gevind. Maar ek het gesê, "Hierdie mense sal nie na my luister nie, ek sal ‘n sterker oproep moet uitstuur ingeval hulle die Ontugvrou te veel geniet en sy my mense aan die slaap sus." Maar toe die verwoesting kom, het ek gesê, "Kyk nou en sien, sal sy berou sal die mense hulle nood vir my sien?" Sal hulle bekeer daarvan om te leef vir hulself en hierdie huise wat gebou is in my naam. O sal hulle nou hoor dat hulle sien hulle huise wat in my naam gebou was hulle nie kan red nie, hulle nie kan beskerm nie? Sal ‘n huis van sement en klip julle beskerm my geliefde? Sal die mense, die priesters wat my naam aan julle verkoop en my leerskare sal hulle julle help wanneer ek oordeel oor haar beveel? Sal sy na jou begrafnis toe kom? Sal sy jou sterfbed vir jou voorberei? Sal sy by jou begrafnis sing? EK sê Nee!”

Want ek sal haar oordeel sê die Here en wanneer die oordeel kom sal alles wat aanstoot gee met vuur verbrand word. Elke laaste gesang waarin jy glo. Elke laaste toring en klok en musiek en instrument van musiek hulle sal vernietig word. En hoekom, sê jy? Was dit nie genoeg om op ‘n Sondag kerk toe te gaan en op ‘n Woensdag bymekaar te kom en tiendes en gawes te betaal aan die plaaslike kerk te gee nie? Het ek nie my skulde aan die Here betaal toe ek gebid het nie? Maar julle het my nie geken nie. Julle wou my nie ken nie. Julle wou nie die tyd spandeer om die een wat jou gered het te leer ken nie. Julle het jul dae spandeer om in nietigheid te lewe met ydelheid van julle gedagtes en julle het die een vergeet wat julle liefhet en vir julle gesterf het.

En nou kan ek julle nie meer verdra nie. Die dae het aangebreek vir jou om te weet dat die een wat vir julle gesterf het werklik is. As julle bekeer en wegdraai van jul sonde en voor my buig en my volg sal jy gered word. Maar EK sal self die groot Ontugvrou oordeel en verdoem is diegene wat op daardie dag in haar gevind word.

[Elisheva], dit is nie vir my verberg wat die Here wil doen nie. Ek is weg uit die Hoer al reeds jare lank. [Elisheva], die Groot Hoer is ‘n vals godsdienstige stelsel wat vir Jesus verkoop op die straathoeke en in die grootste geboue wat op aarde gebou is. Hulle verkoop Jesus vir dollers en gee vir die kinders brood, terwyl hulle hul meer kon voed. Maar hulle soek die weelde van die dollers van die mense en hulle voer die kinders melk en die melk het selfs swakker geword terwyl die gulsigheid toeneem. Alhoewel die pastore, baie van hulle die vleis en gewigtige kwessies het aangaande die woord binne-in hulle en in hulle harte, deel hulle dit nie vir hierdie rede. Hulle is bang om die mense aanstoot te gee en die volgelinge te verloor en die geld te verloor wat die geboue en programme en so aan ondersteun.

Wel dit is ‘n groot sonde en ‘n groot stank in die neusholtes van God. Hoe behoort dit die uitsondering te wees waar die ware Apostels en Profete werk om hulleself te onderhou met klein groepies volgelinge terwyl die vals huurlinge van die Afvallige kerk hulle sakke vul met die weelde van die kinders. En was dit nie ook so met Jesus se eerste verskyning nie? Hulle het duiwe in die tempel gekoop en verkoop. Nou verkoop hulle bandopnames, boeke, beeldjies, aandenkings, koffie, kos en allerhande dinge en dit nadat hulle die tiendes en die offergawes opgeneem het. Sal God nie ‘n kerk soos hierdie oordeel nie? Kan God hierdie boosheid toelaat om aan te hou? Nee, en ‘n duisend keer nee!!! Nou is die woede van die Here aangesteek teen die geveinste en hy sal haar uit sy mond uitspoeg.

Hy roep steeds die ware bruid om uit die valse ontugvrou kerk uit te kom. Dit beteken dat as julle in ‘n denominasie is kom uit. Volgers van Luther, kom uit. Metodiste, kom uit. Presbiteriane kom uit. Kom uit alles uit wat ditself bo die Here en die ware kerk verhef. Want haar sondes het die hoogtes van die hemel bereik en die Here onthou haar sondes. En God sal hierdie Hoer grootliks oordeel wat soos ‘n koningin sit en dink dat sy nooit droefdheid sal sien nie. Hoe durf sy haarself so verhef. Wie dink sy is sy dat sy en spuit en spoeg en haarself verklaar as koningin en nie ‘n weduwee sal wees nie! Kom uit haar uit my volk. Is jy katoliek? Kom uit! Kom uit! Kom uit! Ja die basuin blaas kan julle dit hoor? Die dae het reeds gevorder. Julle kan nie die Hoer verander nie. Die Hoer gaan julle verander!

Niemand kan die Hoer verander nie. As dit moontlik was sou die Here haar verander het. Maar nou gaar sy net die weelde op van MY uitgehongerde kinders en sy sal haar nie met die weelde en openbarings van my woord voed nie maar het die sondes van Judas gepleeg wat my vir dertig stukke silwer uitverkoop het. Laat hom wat ‘n oor het hoor wat die gees sê aan die kerke. Vandag is die dag om te hoor. Moenie julle harte verhard soos in die dae van versoeking toe die kinders van Israel in die wildernis geval het omdat hulle nie tevrede was met die ware brood wat uit die hemel uitgekom het nie. Kom uit. Kom uit Kom uit!!!! So sê die Here.

*******

Addisionele Uitlegging:


My uitlegging van drome is gewoonlik eenvoudig. Ek hoop ander sal ‘n dieper betekenis onderskei indien daar een is. Verwoesting gaan vinnig kom, uit die bloute, almal (behalwe diegene wat dit orkestreer) onverhoeds betrap. Die 4 sirkels verwys terug na die volgende wat op hierdie webwerf geplaas was: [Elisheva Eliyahu] het wakker geword waar Vader YAHUVEH met haar gepraat het. Dit was op 16 Oktober 1999, ongeveer 7 uur in die oggend…"Binne vier seisoene sal jy weet, gawe van genesing, geluid van die basuin!" Die 4 sirkels verwys na die Vier Seisoene [Somer, Lente, Winter, Herfs?]. Daar was eerste aan [Elisheva] gewys wat aan die einde van die vierde seisoen gaan gebeur. Die feit dat sy dit ‘n tweede keer gesien het, bevestig hierdie is waarlik ‘n profesie van YAHUVEH wat wel gaan plaasvind, ook dat daar twee golwe van verwoesting gaan wees. Die geluid van die basuin (shofar) sal YAHUSHUA se Bruid huis toe roep na veiligheid, voordat die verwoesting kom, na die BruilofsMaal van die Lam.

Selfs terwyl hierdie storm oor ons land gaan woed, sal hierdie goddelose kerke aanhou om hulle gemeentes te stroop terwyl hulle aanhou om hulle geestelik uit te honger. Die vrou is daardie kerk, wat haar uitgehongerde gemeente uit die 2de verdieping se venster gooi. [Elisheva], verteenwoordig diegene wie die waarheid leer en wie diegene voed wat na hulle draai vir hulp, (sy) voed die baba wat honger ly. Sy en die baba was geheel-en-al beskerm teen die radio-aktiwiteit binne-in haar huis as gevolg van haar getrouheid en gehoorsaamheid aan die roeping van YAHUSHUA.



Profesie 80, Bruid van YAHUSHUA, Bid Dat EK, YAHUVEH, Julle Vyande Stuur na die Parskuip van MY Woede!


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 18 Januarie 2006 - 1:40 in die oggend
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Bruid van YAHUSHUA, moenie langer julle pêrels voor die swyne van die wêreld gooi nie. Sommige swyne is weggesteek agter kansels, die ryk en beroemdes wat hulself Christene noem, selfs op julle luggolwe. Hierdie swyne is in alle denominasie godsdienste. Soos die Fariseërs nie vir YAHUSHUA verstaan het nie en HOM dood wou hê, ewemin sal diegene met die gees van godsdiens wat ‘n deel is van die kerke van Babilon jou nou verstaan. Hulle sal jou Shkhinah Heerlikheid lig vermy.

Bruid van YAHUSHUA, die jaar van 2006 moet julle bid vir die vrede van Jerusalem op 'n manier wat julle nog nie vantevore gedoen het nie. Besef terwyl julle bid vir die vrede van Jerusalem, dat julle bid vir die Prins van Vrede wie MY Seun YAHUSHUA is om SY koms te bespoedig en hierdie aarde te regeer as Koning van Konings, alles-verwyderend wat onheilig is van hierdie aarde af vir 'n vasgestelde en bepaalde tyd. Bruid van YAHUSHUA, besef terwyl EK, YAHUVEH, julle beveel om hierdie te doen, besef dat YAHUSHUA nie kan terugkom en heers en regeer totdat Yisrael grootliks ly nie. Vele geweeklaag, geween, smarte, en bloed sal voortvloei en net EK, YAHUVEH het vooruit geweet wat dit sou neem om Yisrael sover te kry om weer te wandel in gehoorsaamheid aan MY Torah Wette wat EK vir hulle gegee het deur Moses, en om MY, YAHUVEH, lief te hê, waar hulle nie meer bang is om MY Gewyde Naam voort te spreek waar daar gesalfde Krag is nie.

Hulle sal die leuens bestraf wat oorgedra was aan hulle. Yisrael sal YAHUSHUA erken as nie alleenlik YAHUVEH se Seun nie maar ook die enigste MASHIACH (Messias). Hulle sal die Heilige Bloed Offer aanvaar wat YAHUSHUA se geskenk is wat HY gegee het by Golgota, SY reddende, bevrydende, genesende, opstandingskrag in die Bloed van die enigste perfekte Lam van YAHUVEH. Yisrael sal nie die Prins van Vrede weer sien kom na hulle nasie toe totdat hierdie gedoen is nie. satan sal ‘n vals vrede stuur vir 'n kort rukkie om hulle te mislei maar dan sal dit wees asof Hel losgebreek het rondom hierdie wêreld wanneer daardie kort tydjie verby is.

Yisrael, julle sal terugkeer na julle Skepper en MY weereens liefhê en gehoorsaam. Yisrael onthou Koning Dawid van ouds en onthou wat hy gedoen het om die oorloë wat hy gewen het te oorwin. Hy het homself verneder voor MY, YAHUVEH, en Lofsang en Aanbidding is wat die oorwinning gebring het vir die Yisraeliete van ouds. Bruid van YAHUSHUA, julle moet bid dat Yisrael weer Heilige heersers begeer wat MY, YAHUVEH, liefhet en gehoorsaam. Wanneer Yisrael MY, YAHUVEH, weer gehoorsaam en liefhet, soos Abraham, Isak en Jakob gedoen het, dan sal EK teruggee wat by Yisrael gesteel was, dan sal EK Yisrael verlos uit die hande van die vyande.Yisrael is 'n beker van bewende verskrikking vir hierdie ganse wêreld want dit is waar die eindtyd geveg gestry sal word, goed teen kwaad. satan sal sy seun stuur om die wêreld te regeer vanaf hierdie een nasie want satan bespot MY en vervals alles wat EK, YAHUVEH, doen.

EK, YAHUVEH, het MY Seun YAHUSHUA gestuur met MY Gees om siele na die Hemel te lei en satan stuur sy gees om al diegene te mislei wat sal luister en die gees sal volg van rebellie teen alles wat waarlik Heilig is, wat hulle na die Hel lei, hulle verlok met 'n Merk. Soos YAHUSHUA diegene gemerk het wat waarlik aan HOM behoort, wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie wêreld, so ook het satan diegene gemerk wat aan hom behoort en sal hulle fisies weer Merk, bewysend diegene wat hom volg het hulle name in die boek van die vervloektes of die boek van die uitgewistes. Niemand wat satan se merk neem sal ooit in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie.

Yisrael sal nooit ware vrede ken nie totdat sy sê, “Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.” EK stuur die Bruid van YAHUSHUA nou om te bemiddel en te bid vir Yisrael en vir mekaar en EK, YAHUVEH, spreek ‘n bruidskat voort deur hierdie diensmaagd van 'n nuwe salwing aan julle gegee deur YAHUSHUA vir SY Bruid as hulle kan glo in geloof.

Bruid van YAHUSHUA, nou moet julle glo in geloof wat hierdie woord voortpreek, maar binnekort sal julle selfs nie meer geloof hoef te hê om dit voort te spreek nie, julle sal weet dat julle weet, want soos Elia van ouds sy vyande verteer gesien het voor sy oë, so ook sal julle dieselfde sien. Julle sal oor die as loop van die vyande van heiligheid en nie terug kyk nie.

1 Konings 18:40

Maar ElíYah sê vir hulle: Gryp die profete van Baál! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en ElíYah het hulle afgebring na die spruit Kieshon en hulle daar geslag.

EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar teen planeet aarde waar onheiligheid oorvloedig is. EK, YAHUVEH gee hierdie nuwe outoriteit nou. Wanneer gebid word tot MY in MY Seun YAHUSHUA se Naam kom onverskrokke voor MY en vra dat Yisrael se vyande in die parskuip van MY Woede gegooi word. Die tyd kom o so spoedig, so EK waarsku die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilof Fees van die Lam nou deur hierdie “Ringmaiden” van YAHUSHUA. satan sal sy vals vrede stuur, eerstens om die ware Prins van Vrede te bespot, pogend om die wêreld te mislei en te Merk met sy Merk. satan het selfs 'n dag van die week vasgestel vir hierdie Merk om gegee te word. Diegene met ore om te hoor en luister, Pasop vir die mensgemaakte Sabbat. EK het MY Profete gestuur om te waarsku die tyd sou kom wanneer almal moet kies watter GOD hulle sal dien. Daar kom baie binnekort 'n seun van verderf wat meer gaan doodmaak as julle ergste diktators. Hierdie seun van verderf sal kom in 'n vorm wat julle nie dink nie. Hierdie seun van verderf sal kom met 'n haat vir enige iemand wat 'n ander Messias erkenning gee. Hierdie seun van verderf het 'n haat vir almal wat waarlik Heilig is en YAHUSHUA aanvaar het as MESSIAS.

1 Johannes 2:18

Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antimessias kom, bestaan daar ook nou baie antimessiasse, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

Johannes 2:22

Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat YAHUSHUA die Messias is? Dit is die Antimessias wat die Vader en die Seun loën.

1 Johannes 4:3

en elke gees wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie, is nie uit YAHUVEH nie; en dit is die gees van die Antimessias waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

2 Johannes 1:7

Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antimessias.

MY Heiliges sal MY, YAHUVEH, nie verraai nie en ook nie vir YAHUSHUA ha MASHIACH nie. Net diegene met die gees soos 'n Judas sal die Merk aanvaar asook die belonings gegee deur satan wat van korte duur is. Yisrael sal altyd staan. Niemand sal haar ooit van die kaart afvee nie, want MY Seun YAHUSHUA sal SY voete plant op die Olyf Berg en heers en regeer vanuit Jerusalem. EK het 'n eed afgelê en Yisrael sal nooit heeltemal verwoes word nie. O maar hoe anders is dit wel vir diegene wat saamsweer teen Yisrael soos 'n Judas of wie gesê het hulle sal Yisrael van die aangesig van die kaart afvee. EK, YAHUVEH, is die enigste een wat die reg het om Yisrael te straf, soos 'n opstandige kind. Diegene met die gees van 'n Judas en Haman (Ester 3:1-6) moderne tyd se Hamas sal maai watter skade ookal gedoen word aan Yisrael (Ester 8:7).

Terwyl die Bruid van YAHUSHUA, wie MY Ester is, bid vir die vrede van Jerusalem, besef terwyl julle dit doen bespoedig dit alles wat voortbestem was. Die koms van die seun van satan, wat die seun van verderf genoem word, julle bespoedig ook die Groot Verdrukking, terwyl julle die koms van YAHUSHUA bespoedig om te heers en regeer uit Yisrael en te sit in die Heilige Tempel. Wanneer julle sê, "Kom YAHUSHUA, kom gou," besef die nuwe salwing terwyl julle hierdie woorde voortspreek in gesalfde gebed. Soos Haman elke Jood wou doodmaak, so ook wil sataniese heersers op hierdie aarde en hulle sal ook elke Messiaanse Jood wil doodmaak wat YAHUSHUA aanvaar het as die enigste MESSIAS. Esegiël 9 het reeds begin. My Heilige Mense word verseël deur MY hand alleen. EK waarsku nou vooraf, verwoesting is oppad vir die onheiliges en verworpelinge. EK het 'n oorblyfsel in Yisrael wat weggesteek is en tog deel is van die lede van die Bruid van YAHUSHUA. Nou is die tyd om op te staan en hierdie een te kontak uit wie EK hierdie woorde spreek, want julle is een.

Van hierdie jaar af vorentoe, sal julle die verraad sien van hierdie wêreld se regerings meer as wat julle ooit voorheen gesien het. Wat EK, YAHUVEH, ookal verklaar het as 'n gruwel vir MY sal gepronk word in MY gesig deur die verworpelinge vir die ganse wêreld om te sien. Nasies sal teen mekaar draai in woorde en oorloë met 'n dors vir mag, gierigheid en bloed, met 'n onversadigbare dors soos bloedsuiers of bloed suiende vampiere, politici wat swak verskonings maak om mekaar te vermoor en oorlog te voer. O hoe lank rebelse mense van hierdie aarde, dink julle kan julle jul vuiste bal vir MY, YAHUVEH, julle Skepper, en MY Manne en vroue van Heiligheid terwyl julle MY Heilige skrifte vertrap onder julle voete in bespotting en haat vir alles wat Heilig is? Hoe lank dink julle sal EK wag voordat julle mense van rebelsheid die lot sal ly van Sodom en Gomora?

EK, YAHUVEH, het vir julle kanse gegee om te bekeer, veral jy o Amerika, en tog vermeerder julle sondes net elke gruwel erger as die vorige een. EK, YAHUVEH het julle geskape, o Yisrael en Amerika om apart gestel en heilig voor MY te wees, seëninge oor julle en julle land uitgestort en mense het floreer en julle weer het EK geseën ter wille van julle oeste. Van hierdie jaar af vorentoe, sal EK die weer draai teen sekere dele van die aarde dit gebruik as 'n vyand teen MY vyande in 'n groter maat as in 2005. O Yisrael en Amerika, julle is 'n nasie wat geskape was om 'n leier te wees. Nou lei julle ander nasies in rebellie en gruwels.

Julle ander nasies het toegekyk en geweier om te luister en gehoorsaam te wees, so EK het julle ore bedek en julle oë toegemaak terwyl EK gepraat en gebrul het deur die vure, hael, orkane, vloede, tornados, droogtes, aardbewings, tsunamis en vulkane. Julle het geweier om te luister toe EK MY een voet op die grond gestamp het en die aarde laat bewe het in vrees so hewig nou dat die einste rotasie van die aarde steier soos 'n dronkaard. Wat sal julle sê as EK albei voete stamp in woede? Nasies wat MY Heilige mense slag asof hulle skape is wat ter slagting gelei word huil nou vir hulleself wanneer EK die aardbewings en tsunamis en oordeel stuur vir die moord van onskuldige Christene wat geen bloed op hulle hande gehad het nie, mans vrouens en kinders was en word vermoor as gevolg van een rede hulle weier om YAHUSHUA ha MASHIACH te verloën wie hulle Jesus Christus genoem het wie die MESSIAS is en MY, YAHUVEH se enig verwekte Seun.

Alle nasies insluitend Indonesië, EK het julle bloed en julle geliefdes geëis want julle het die lewens geëis en geneem van ware Heilige Christene. En so sal dit voortgaan na die mense van alle nasies van hierdie aarde. Julle sal maai wat julle saai; as julle Heiligheid en gehoorsaamheid saai tot MY Heilige Skrifte en MY, YAHUVEH, julle Skepper stel en YAHUSHUA erken as MY, YAHUVEH se Seun en julle MESSIAS, sal julle MY seëninge oes uit die Hemel. 2006 sal julle Jubeljaar wees as julle kan glo en geloof het in YAHUSHUA se Naam dat EK, YAHUVEH, julle sal verlos van MY toorn wat kom veral vir die getroue Bruid van YAHUSHUA wie EK MY Ester noem.

1 Tessalonisense 5:9

Want Elohiem het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die verlossing te ontvang deur YAHUSHUA ha MASHIACH.

Hierdie het EK, YAHUVEH, verklaar die van julle wat onheiligheid saai, verskonings maak om sondige leefstyle te leef, onskuldige bloed te vergiet, bespotting, rebellie, julle dienskneg kinders van satan wat weier om te bekeer van julle toorkunste, heksery, voodoo, satanisme, en alle vorms van die okkulte insluitend nekromansie, in MY parskuip van woede, MY vleismeule, sal julle ingaan. Julle verworpelinge wat lief is om te moor en oorlog te maak, wie die geeste aanbid van rebellie, diefstal, dood en verwoesting, moord en gierigheid. Julle verworpelinge wat stenig, vermoor, martel, wat MY Heilige Saad aanval en in die tronk gooi, hulle forseer om martelaars te word, binne-in MY, YAHUVEH se parskuip van woede, binne-in MY vleismeule sal julle gaan.

Openbaring 19:15
En uit SY mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en HY trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van YAHUVEH, die Almagtige.

EK, YAHUVEH, sal diegene seën wat 'n seën is vir MY Seun YAHUSHUA en diegene wat MY Kinders van Heiligheid seën. EK, YAHUVEH, sal diegene vervloek wat 'n vervloeking is vir MY en MY Geliefde Seun YAHUSHUA en EK sal MY vloeke stuur van Deuteronomium 28 oor al diegene wat skade berokken of die vernietiging en dood wil hê van YAHUSHUA se Bruid, MY Ester. EK, YAHUVEH, sal MY Heilige mense seën met Deuteronomium 28 seëninge gereserveer vir YAHUSHUA se Bruid, wie die RUACH ha KODESH Heilige Vuur openbaar. EK deel MY geheime met MY gesalfde en ware apostels en profete. EK, YAHUVEH, sal al MY vloeke stuur van Deuteronomium 28 oor almal wat beweer hulle dien MY Seun YAHUSHUA maar in plaas daarvan in woord en daad satan dien en weier om MY te gehoorsaam en 'n vervalsing van die salwing openbaar wat vreemde vuur genoem word en hulle siele verkoop het soos 'n Esau vir roem en rykdom, wie MY Heilige Skrifte inboet, dwaling en die duiwelse leerstellings onderrig.

Die volheid van MY RUACH ha KODESH word nie gevind in enige bedienaar wat inboet wat hulle weet is waar nie of skrifte en MY gebooie verdraai om gelykvormig te word om die mens te behaag of die Regerings van hierdie wêreld nie. Moenie mislei word nie. EK, YAHUVEH, het MY nie bedink oor wat sonde is of waar onbekeerde sondaars die ewigheid spandeer nie. Julle sedes en interpretasie van sonde mag verander maar EK is wie EK is en EK, YAHUVEH, verander nie en ook doen MY Seun YAHUSHUA nie. EK, YAHUVEH, het die twee tablette van wette geskryf genaamd die gebooie in klip met MY eie vurige vinger hulle gegraveer en EK het hulle oorhandig aan Moses (Moshe). Dwase om te dink EK het MY Seun YAHUSHUA gestuur uit die Hemel om hierdie wette te verander insluitend die wette van MY Sabbat Dag.

In 2006 en hierna, sal MY Heilige mense groei in Heiligheid hard daarna strewe om MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, te gehoorsaam, lief te hê en te dien in alle weë. MY Heilige Mense sal nie ‘n kompromie aangaan met die vyand nie. Die Bruid van YAHUSHUA het MY permissie en gesag om hulle te beroep op MY, YAHUVEH, in YAHUSHUA se Naam en MY te vra om die demone wat hulle teister binne-in MY Hemelse parskuip van woede te sit genoem MY vleismeule, demone wat gestuur was wat julle teister of julle verloste geliefdes of die verloste mense. Julle was 'n mandaat gegee om te bemiddel in gebed vir bevryding.

Bruid van YAHUSHUA, roep MY aan om julle te bevry van die menslike diensknegte van satan wat julle dood en vernietiging wil hê. Kom voor MY troon met vrymoedigheid en sonder sonde en vra MY in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, om MY julle Abba YAHUVEH in YAHUSHUA ha MASHIACH te vra om hierdie verworpeling vyande van MY en van julle in MY vleismeule, die Parskuip van MY Woede te sit. Diegene wat waag om hulle vloeke, towerspel en heksery te werp en allerhande boosheid doen om te probeer om die Bruid van YAHUSHUA wat MY verseëldes is seer te maak te verwoes of dood te maak. Wraak is MYNE, sê YAHUVEH. EK sal die vyande van die Bruid van YAHUSHUA terugbetaal en hulle fynmaal in sewe verskillende rigtings.

Bruid van YAHUSHUA, julle moenie wraak neem wanneer hierdie menslike dienaars van satan julle seermaak nie. Bruid van YAHUSHUA, vergewe julle menslike vyande maar lewer hulle oor in MY, YAHUVEH se hande. Dit is 'n skrikwekkende ding om in MY, YAHUVEH se hande te val. Julle mag nie wraak neem nie maar laat EK, YAHUVEH, wraak neem vir julle. EK, YAHUVEH, sal al julle verworpeling vyande se verstand, liggaam, gees en siel, fymaal. Daar sal niks oor wees nie behalwe die geluid van krakende bene wanneer EK, YAHUVEH, klaar is met hulle op aarde. Enige vyand van die Bruid van YAHUSHUA is 'n vyand van YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Sommige van hierdie vyande proklameer die naam van Jesus Christus en tog is die Messias se Heilige Gees nie in hulle nie. Hulle is werkers van onheil, wat net hulself flous.

Sommige wat hierdie lees sal sê, "Wie is die Bruid van YAHUSHUA?" EK sê vir julle dit; julle dade spreek harder as julle woorde. Die Bruid van YAHUSHUA aanbid, bemin en bewonder MY en MY Seun YAHUSHUA (bemin ons bo al die ander), verlangend na ons wil in hulle lewens en bid hoe om ONS te dien en ONS te behaag, hoe om 'n glimlag op die gesig te sit van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hulle weier om ‘n kompromie aan te gaan; hulle weier om satan se leuens te glo. Die Bruid van YAHUSHUA strewe om MY wette te gehoorsaam soos uitgestippel in die Heilige Bybelse Skrifte. Die Bruid van YAHUSHUA lewe Heilige lewens want hulle is Heilig. Hulle omhels die Joodsheid van YAHUSHUA terwyl hulle MY Sabbat hou en eer en die Heilige Feeste beskou as 'n seën, en hulle vier en YAHUSHUA MESSIAS hulle Bruidegom erken in almal van hulle.

Van hierdie dag af vorentoe beveel EK die Bruid van YAHUSHUA, MY Ester van nuuts, om die Fees van Purim te vier en vrolik te wees. Vier fees en loof MY vir die verlossing van Ester, want sonder haar, hoe sou die bloedlyn van YAHUSHUA voortgekom het? Daar sou nie enige Hebreërs op die aangesig van die aarde oor gewees het as Haman geslaag het nie. Wat Haman eenkeer probeer doen het sal weer gepoog word op dieselfde manier. Belonings sal geplaas word op alle Jode en gelowiges in YAHUSHUA. Daardie selfde Gees het weer gekom deur die Gees van Hitler, so sal dit weer gedoen word, wanneer die seun van verderf kom, wie die seun van satan is. Bruid van YAHUSHUA, bestudeer die boek van Ester.

Bruid van YAHUSHUA, wees weer verbly, EK, YAHUVEH, sê wees bly. Hierdie is die Jubeljaar. Moenie gefokus wees op die oordeel en wraak wat EK gaan uitgiet oor julle vyande, die verworpelinge en heidene nie. Want diegene wat MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, aanbid, liefhet, dien en gehoorsaam, julle is gered en gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA en julle is nie bestem vir MY woede nie, maar in plaas daarvan sal julle geseën word as julle maar net, in geloof, glo julle sal jul Jubeljaar ontvang.

Bruid van YAHUSHUA, so baie van julle sukkel met broos, sieklike of verouderde liggame wat oud geword het voor hul tyd, as gevolg van konstante fisiese, emosionele, geestelike aanvalle en aanslae van satan se dienskneg kinders of demoniese geeste. Julle vyande het julle uitgemergel fisies en verstandelik tog geestelik hou julle aan groei en word sterker in YAHUSHUA se Naam en deur SY gestorte Bloed by Golgota.

Wees bly Bruid van YAHUSHUA baie binnekort nou sal julle weggevoer word om YAHUSHUA lewendig te ontmoet in die lug en julle liggame sal verander word in 'n oomblik, in ‘n oogwink. En wanneer julle terugkom, sal julle nie meer verhinder word in brose aardse werktuie van klei nie, maar in plaas daarvan bonatuurlik in krag, jeuglike voorkoms en gesond op elke manier. Niks sal ontmoontlik wees vir julle nie.

Oorwinning oor al julle vyande en elke demoon. As julle kos wil eet kan julle eet soveel as wat julle wil tog is kos nie dit wat julle voeding sal gee nie. In plaas daarvan sal die salwing van die RUACH ha KODESH julle voed. Elke Geestelike Woord wat uit jul mond kom deur die Heilige Skrifte sal julle voed.

Matheus 4:4
Maar HY antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van YAHUVEH uitgaan.

Lukas 4:4

Maar YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van YAHUVEH.

As julle wil slaap kan julle, maar slaap sal nie nodig wees om julle kragte te herwin nie.

Jesaja 40:31
maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Geen tronk tralies sal julle binne hou nie; geen deure sal julle verhinder om te gaan waarheen EK vir julle sê om te gaan nie. Julle sal liggame hê wat onsigbaar kan wees soos julle dit wil hê; julle kan verskeie vorms aanneem soos julle dit wil. Geen afstand sal onmoontlik wees nie selfs al is dit Hemel toe of 'n ander planeet of na die uit-eindes van die wêreld of selfs die maan. Dit sal so maklik wees as om te dink aan 'n plek en julle sal arriveer. Geen man, vrou, demoon, nie eens satan homself sal julle kan weerhou om te gaan waarheen YAHUVEH en YAHUSHUA vir julle sê om te gaan nie.

Johannes 20:19

En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het YAHUSHUA gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!

Julle sal wees soos Elia en Henog van ouds. Die Bruid van YAHUSHUA sal liggame hê wat nie seergemaak of doodgemaak kan word nie behalwe vir MY Twee Getuies tydens daardie skriftuurlike tyd deur 'n bonatuurlike wapen uit die bodemlose put geïnspireer deur satan. Maar 3 en 1/2 dae later sal MY Twee Getuies weer lewe in daardie Verheerlikte Liggaam en sal opgeneem word om by YAHUSHUA ha MASHIACH die Bruidegom te wees.

Geliefde kinders, moenie vermoeid raak in goed doen en in gehoorsaamheid aan MY, YAHUVEH en julle Messias YAHUSHUA nie hetsy julle die Bruid is of die Gaste. Geseënd is al diegene wat genooi is na die Bruilof Fees van die Lam. Soos julle sien, die bose groei met rasse skrede. Dit bespoedig net YAHUSHUA se wederkoms.

Terwyl julle die onheilige ryk en beroemdes sien wat blote mans en vrouens is wat niks meer as illusies is nie, afgode van hierdie wêreld wat vergeet hulle liggame is maar net van stof gemaak in MY hande en in MY tydsberekening sal EK hulle klei liggame terugstuur tot stof weereens. Tog sal hulle geestelike liggame ly vir ewig in die Hel en dan in die Poel van Vuur vir die sondes wat hulle gepleeg het in hulle aardse liggame. So beny hulle nie.

Moenie mislei word nie, want daar is ‘n ewige prys om te betaal wanneer julle YAHUSHUA en MY, YAHUVEH bespot. Dit is soos om 'n naald te probeer steek in MY, YAHUVEH se oog en EK sal vergeld. En EK sal hulle fynmaal onder MY voete maalvleis maak van hulle lewens tot en met hulle laaste asem op hierdie aarde. Dan sal hierdie vyande die verterende vuur van MY woede voel in die Hel en die Poel van Vuur. EK, YAHUVEH, verdedig MY Seun YAHUSHUA se Bruid die verloste verseëldes op 'n manier wat EK nog nie vantevore gedoen het nie.

Want dit is op hierdie bestemde eindtyd en uur op 14 Januarie 2006, waar EK vir Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] wakker gemaak het en vir haar gesê het nadat 'n menslike vyand wou kom vir haar terwyl sy geslaap het pogend om haar dood te maak deur die geestes ryk, om te bid tot MY en MY te vra om haar verworpeling vyande te stuur na MY Parskuip van woede ook genoem MY Vleismeule. EK het haar gesalf gedurende gebed saam met haar [huishouding] nie net vir hulle nie, maar vir die ganse ware Bruid van YAHUSHUA hulle het ook outoriteit om MY te vra om dieselfde te doen.

Genoeg is genoeg! Die Bruid van YAHUSHUA is nie bedoel om ondervoet vertrap te word deur die dienskneg kinders van satan nie. EK, YAHUVEH, gee hierdie nuwe salwing aan die Bruid van YAHUSHUA. Die dienskneg kinders van satan en die bruid van satan, wat die Bruid van YAHUSHUA aanval, sal die vloeke van Deuteronomium 28 'n duisendvoudig maai en hulle dra soos 'n tweede vel. Hulle sal weeklaag in sielesmart en sê, “As dit nie was vir slegte geluk nie, het ons hoegenaamd geen geluk gehad nie." EK sal persoonlik hierdie vyande van die Bruid van YAHUSHUA onder MY voete vertrap en julle bloed sal vloei soos ‘n karmosyn rivier terwyl EK, YAHUVEH, die vyande van die Bruid van YAHUSHUA in die parskuip van MY woede insit.

Lede van die Bruid van YAHUSHUA, julle was 'n unieke salwing gegee. EK gee hierdie salwing aan vir julle, deur YAHUSHUA se “Ringmaiden” Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] dit te laat voortspreek deur gesalfde gebede en geskrewe woorde. Lede van die Bruid van YAHUSHUA, as julle bereid is om hierdie nuwe outoriteit onverskrokke te glo en te ontvang wat EK, YAHUVEH, vir julle gee sal EK julle onverskrokke verlos van julle en MY vyande op 'n manier wat julle nog nie voorheen aan gedink het nie. Bruid van YAHUSHUA, vra MY en kyk of EK die demone wat julle teister, nie sal stuur in YAHUVEH se vleismeule in nie wat die parskuip van MY woede is, waar EK hulle tot niet sal maak.

Bruid van YAHUSHUA, EK gee vir julle hierdie nuwe outoriteit en nuwe salwing hierdie dag wanneer julle MY vra in YAHUSHUA se Naam nie net ter wille van julle gee EK hierdie salwing nie, maar ter wille van Yisrael. Hoeveel sal kies om hierdie standaard te aanvaar teen die bose in hierdie wêreld? Dit is julle keuse. Dit is alleenlik gereserveer vir die Bruid van YAHUSHUA. Alle ander wat hiervoor bid sal geweier word.

Aanstootlik vir sommiges wat weier om te luister, ophelderend vir ander wie die stem hoor van YAHUVEH.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu), 18 Januarie 2006 om 1:40 in die oggend.


Profesie 103, Ek, YAHUVEH, Oordeel Julle Volgens Julle Vrugte!

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * *

Elisabeth (Elisheva): Ek het wakker geword met 'n baie interessante droom. Julle weet 'n Profeet is iemand wat YAHUVEH met SY Geheime vertrou maar dit sou niks baat om hierdie geheim vir myself te hou nie en ek weet dat ek veronderstel is om hierdie met diegene te deel wat waarlik, waarlik daarna strewe om ons Geliefde YAHUVEH en ons Geliefde YAHUSHUA MASHIACH en ons Geliefde RUACH ha KODESH, ons IMMAYAH, kosbare, kosbare HEILIGE GEES, ons MAMMA WYSHEID te behaag.
Ek het hierdie droom gehad (twee maal) agtermekaar en ek het dieselfde ding gesien. Ek het 'n verslagkaart gesien en in daardie verslag is dit YAHUVEH wie ons die Verslagkaart gee. Maar HY hou nie rekord soos in Amerika waar ons volgens die alfabet gradeer, A, B, C, D, E, F, nie Nee, HY het 'n hoër graad waarvolgens HY gradeer en HY gradeer op drie verskillende maniere. HY gradeer eerstens persentasiegewys, volgens die persentasie tyd wat ons HOM gehoorsaam, volgens die gesindheid waarmee ons HOM gehoorsaam. Met ander woorde, ek gaan dit weer sê : Volgens ons prestasie, volgens hoe vinnig ons optree en die houding wat ons openbaar wanneer ons vir HOM optree, wanneer ons HOM dien, wanneer ons gehoorsaam.

Julle sien, ons word gegradeer op ons verslagkaarte, en my hand begin bewe, deur ons gehoorsaamheid. Al drie van hulle gesamentlik. HY neem daardie telling en HY neem 'n persentasie en twee keer, agtermekaar het ek [‘n] Verslagkaart gesien. Dit was 93% Ek glo dat die Bruid hier-uit weggeraap word, want net soos Henog en ek was herinner hieraan en 'n Woord het begin voortkom omdat ek probeer het om alles te snap wat YAHUVEH gesê het. Henog het 100% gehad. Hoe weet ek hy het 100% gehad? Want Hebreers 11:5 [Henog was weggeneem. Hy het die dood nie gesien nie, want voor sy wegneming het hy YAHUVEH behaag]

HEY, dit is omdat YAHUVEH 100% verwag Bruid! Ons is nie hier weg nie voordat ons 100% bereik nie! So.....elke keer wanneer ek 'n Boodskap ontvang dat die Bruid nog nie gereed is nie, probeer ons om ons punte-telling te verbeter. Terwyl ek hierdie bepeins het, en deel van my graad, ek het nie my Verslagkaart gesien nie, maar deel van my graad is hoe vinnig ek 'n Woord of 'n droom sal voortspreek, selfs al dink ek dat dit iets is wat ek dink iemand nie ingenome mee gaan wees nie.

Ons sal nie 100% kry nie voordat YAHUSHUA sê "Kom na vore," julle weet, so hy weet hoeveel hy daaraan moet werk en, soos ek gesê het, die gesindheid gedeelte.

Ons kan dinge doen en ons kan net sê, "O ek moet dit doen en ek moet dat doen." Die gesindheid is wat ek dink die Bruid werklik harder aan moet werk. Dit is dat ons dit vreugdevol doen. En wat YAH ookal sê, ek meen ons vlees gaan ineenkrimp, maar wanneer HY beveel om iets te doen en julle sê, “Ag nou goed, ek sal dit doen” (wrewelrig). Raai wat mense, julle persentasie het dan sopas gedaal. Dit wil sê ons moet dit opgeruimd doen soos vir die Here.

Wanneer dit tyd word om 'n tiende te gee, sê HY om die tiende te gee, en julle gee die tiende waar jul gevoed word. Dit is net soos hierdie Bediening. Julle sal verbaas wees, verbaas, as julle weet hoe baie net eenvoudig dink dit is 'n plek waarheen hulle net kan gaan en geestelik gevoed word, maar hulle gee nie regtig om of ons gevoed word nie. Julle sal werklik, werklik verbaas wees. Dit is wat ons 24 uur per dag doen. Ons is hier om ons Geliefde ABBA YAHUVEH te dien, om SY Skape en Lammers te voed.

Hierdie webwerf gee julle nie net woorde alleen nie, en dit is nie net mooi om na te kyk nie. YAHUVEH het ons vir gesê om buitengewoon en oorvloedig meer te doen as wat julle selfs voor vra en julle het die prag daarvan. Selfs vir diegene wat nie die tyd wil neem om te lees nie, julle kan selfs net luister na die Woord. Ek meen, ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer doen wat ABBA YAHUVEH hierdie Bediening beveel het om te doen, om te doen wat HY mý beveel het om te doen.

Byna 14 jaar gelede, toe ek die eerste keer op die Internet gekom het, voor die hele wêreld, waar HY my genoem het 'n "Profeet vir die uithoeke van die aarde – voordat ek HOM gedien het, maar dit was nie [soos dit nie] – toe ek op daardie Internet gekom het [is dit wat] dit geword het. Dit is toe dat HY gesê het ek moet hierdie verharde Eindtyd generasie vermaak en ook inlig.

OK, nou het julle die mooiheid en nou kan julle selfs die Woord hoor en nou kan julle die Woord lees en wat julle daarmee doen is nie my verantwoordelikheid nie. My verantwoordelikheid is toe HY my 'n droom gegee het en vir my gesê het, en HY het hoorbaar met my gepraat en vir my gesê, "Voed MY skape." So, ons doen die beste wat ons kan om julle te vermaak sowel as om julle in te lig. Maar hoe min van julle wys selfs julle waardering, maar dit maak regtig nie saak nie, want ons graad van optrede word nie deur hierdie wêreld gegee nie. Ons graad van optrede word vanaf die Hemel gegee en ek vra nou vir U ABBA YAHUVEH en ek dank U. U het tweekeer vir my die droom gegee en U het gesê U gaan selfs my optrede gradeer oor hoe vinnig ek die droom sou vertel.

Die elementêre dinge–weet julle wat, dis nie genoeg nie. ABBA YAHUVEH [sê] “Goed jy het tot hier gevorder. Nou het EK ‘n hoër roeping vir jou.”

So wanneer YAHUVEH sê, "Gaan jy [mens] gehoorsaam of gaan jy MY gehoorsaam?" sê ek vir julle dat ek gaan [YAH gehoorsaam.] Ek glo eerlikwaar dit is 100% Bruid. Wanneer dit 100% bereik, is ons weg hiervandaan! En ek is nog steeds hier daarom weet ek dit is nog nie 100% nie.

[Elisabeth (Elisheva) praat in Heilige Tale.] O ABBA YAHUVEH, dank U, dank U, dank U vir daardie droom. Dank U. Dank U vir daardie openbaring. Niemand, niemand, niemand het hierdie openbaring nie. U het my weereens vertrou om dit vir U mense te gee, om U mense te bemoedig, om vir hulle te wys wat U van hulle verlang en verwag.

Profetiese Woord Begin:

O MY Geliefde, MY Geliefde, MY Geliefde, eers toe julle vir YAHUSHUA julle geliefde MASHIACH, in julle harte, in julle lewens aanvaar en HOM eerste in julle liefde plaas, spring julle weg deur te strewe om die Tien Gebooie, die Tien Wette te gehoorsaam. Maar dit is maar net laerskool want MY Woord sê, “Wees julle Heilig soos EK Heilig is."

Dit is waarna julle elke dag strewe maar wanneer julle in die Bruidsklas kom is dit asof julle in julle aardse opleidingskollege kom vir julle Meestersgraad, want julle wil julle MEESTERS graad hê en vir die van julle aan wie daardie Hemelse diploma op daardie dag oorhandig word, dit is wanneer julle vir MY soos ‘n Henog sal wees en julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet.

Ek praat met MY Eerste Vrugte. EK praat met diegene wat die 144,000 is. EK gradeer persentasiegewys, nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar met watter gesindheid julle het dat julle MY gehoorsaam; hoe vinnig julle MY gehoorsaam én die graad van die uitvoering, hoe volkome julle MY gehoorsaam.

Doen julle dinge in julle tyd? Of doen julle dinge in MY tyd? Wanneer EK vir julle sê dat julle iets moet doen, doen julle dit met 'n vrolike hart? Wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun, gee julle vir hulle slegs die oorskiet kleingeld, asof julle vir 'n kelnerin of 'n kelner 'n fooitjie gee? Maak julle seker dat die profete wat julle bedien, wat julle voed, gevoed en gehuisves is? Want hierdie bediening reis deur die wêreld. Hulle bly slegs in een plek totdat EK, YAHUVEH vir hulle sê om aan te beweeg. Weet julle hoe baie kere moes hulle alles agterlaat? Hoe baie van julle sal so 'n lewe kan lei? Hoe baie sal gewillig wees om hulle geliefdes agter te laat? Agter te laat in 'n land wat hulle nooit weer sal sien nie, omdat EK, YAHUVEH, so gesê het? Dit sal nie deur MY Hand wees dat hulle ooit terug sal keer nie. Elkeen, elkeen, elkeen, wat YAHUSHUA as julle MASHIACH aanvaar, elkeen wat YAHUSHUA die Eniggebore Seun van YAHUVEH noem, moet elke dag daarna strewe om MY, YAHUVEH te behaag.

Toe YAHUSHUA julle MASHIACH hierdie aarde bewandel het, het HY een, een, een begeerte gehad, dat HY MY, YAHUVEH behaag. HY het julle konstant daaraan herinner dat die dinge wat HY gedoen het, het HY gedoen om MY, YAHUVEH te behaag. Dit is wat MY Bruid doen. Dit is wat YAHUSHUA se Bruid doen. Aan die nuwe baba bekeerlinge, julle is nog maar net in die laerskool, maar net soos 'n kind in die laerskool na die nuwe graad wil gaan, so moet julle ook daarna strewe.

Onthou vir Henog. Vra MY. Wees eerlik met MY en EK sal vir julle jul persentasiegraad wys. Dit is nie sodat julle opgepof kan raak met trots nie, want niemand, niemand, niemand, nie eers die “Ringmaiden” wat hier praat, het al 100% nie. Die dag wat EK vir YAHUSHUA MY Eniggebore Seun sê, "Gaan haal JOU Bruid," sal hulle wat opgeraap word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet, daardie dag weet, hulle het 100% MY tevredenheid bereik.

Daar sal diegene wees wat hierdie Boodskap sal hoor wat net met hulle laaste asem in die Hemel sal kom. Hulle sal alles doen wat hulle kan om net die Tien Gebooie te onderhou, om op daardie manier Heilig voor MY te leef. Hulle sal op daardie dag in die Paradys wees. Maar julle sien, daar is vlakke in die Hemel en die Bruid se sielsbegeerte is om instaat te wees om direk in die Troonkamer te kom. Hulle is die 100% presteerders.

EK oordeel julle volgens die persentasie van die tyd wat julle MY gehoorsaam, weereens hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Gee julle MY julle beste? Of kom julle net-net by? Ag, hoe hartseer wanneer sommige van julle net krummels vir MY gooi. Julle sien, EK, YAHUVEH, oordeel julle hart. Ek luister nie net na julle mond nie, EK weet wanneer julle teësinnig iets vir MY doen of wanneer julle vrolik is. Net soos wat EK diegene opgerig het om helpers vir hierdie Bediening te wees, julle het begin as 'n vriend tot hierdie Bediening. Julle het gebid en as nuwe bekeerlinge het julle gebid en gebid en wou YAHUSHUA meer en meer elke dag behaag en het gesê "ABBA YAHUVEH, wat kan ek doen om hierdie Bediening te help, wat kan ek doen om my lewe te laat tel in hierdie wêreld? Gee my 'n werk ABBA YAHUVEH. Maak my lewe die moeite werd." Derhalwe het EK vir julle 'n werk gegee.

Ek praat met die een wat voorheen die briewe van hierdie Bediening hanteer het. Ek het vir jou 'n taak gegee. Jy het met vreugde begin. Jy het begin asof jy nie genoeg kon doen nie, om bewus te wees daarvan dat die briewe aangestuur moet word is ‘n werk, 'n Heilige werk wat EK vir jou gegee het. Hulle wat die briewe hanteer, hulle wat die finansies hanteer word deeglik beproef. Hulle wat aangesê word om van hulle finansies te gee om hierdie Bediening te ondersteun word deeglik beproef. Maar word jy sterker? Of word jy swakker? Verloën jy die taak wat EK jou gegee het om te doen?

Sommige het gesteel, die mense wie EK vir Elisabeth [Elisheva] gesê het dat sy hulle kon vertrou, het verraad gepleeg, want op die tydstip wanneer EK dit spreek, kan hulle vertrou word. Maar EK het nooit gesê vir hoe lank nie. Maar EK het vir haar gesê diegene in haar huishouding kan ten volle vertrou word. Julle ken julle name. Daar is diegene in YAHUSHUA se Demon Stompers, die Heilige Gebedsvegters Intersessors, hulle staan in die Voorste Linies, op hulle kan daar staatgemaak word om te vas en te bid, om Heilig voor MY te lewe, hulle kan huidiglik vertrou word.

O hoe baie rou EK oor hulle wat sê, "Gee my net 'n werk om te doen. Gee my 'n werk om te doen. Wat is my werk op hierdie aarde, ABBA YAHUVEH." En EK gee vir hulle hul werk en hulle moet geëerd voel en hulle sê hulle is geëerd en hulle begin met die regte gesindheid en dan word die beproewing te swaar en hulle vlees staan op en hulle gooi die taak terug in MY gesig en hulle verraai hierdie Bediening weereens. Weet julle nie EK oordeel julle hiervoor nie? EK oordeel julle einste hart.

Elke keer wat julle daardie brief ter ondersteuning uitskryf, oordeel EK julle en die persentasie. Wanneer 'n Woord te voorskyn kom wat die vlees aanstoot gee, net soos hierdie Woord gaan doen, oordeel EK julle hart. Bedank julle MY? Bedank julle die Boodskapper? Plaas julle aksie agter julle woorde? Doen julle enigiets om hierdie Bediening te help? EK, YAHUVEH, oordeel julle want julle sien, die Heilige Skrifte sê, julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Is julle bang om julle geliefdes se vlees aanstoot te gee, julle bure se vlees, vreemdelinge se vlees, meer as wat julle bang is om MY, YAHUVEH aanstoot te gee?

Praat julle hard en vrylik teen homoseksualiteit,'n gruwel wat julle "selfde-geslag huwelike" noem? Dit is geen huwelik nie! satan spot MY daardeur!

Verdedig julle die ongeborenes? Staan julle op vir sedelikheid? Vir wie het julle gedurende die 2008 verkiesings gestem? Gaan julle ‘n kompromie aan met sonde?

EK gradeer julle MY Kinders. En op daardie dag in die Hemel wanneer julle voor MY Troon staan en die Boek van Lewe is geopen, daar sal julle graad ook wees.

Vra vir MY. Moenie vir 'n ander vra nie. Vra vir MY, YAHUVEH om vir jou 'n droom te gee, om vir jou 'n teken te gee en as jou hart opreg is en as jy instaat is om jou graad te hanteer, en as dit jou nie mismoedig maak of jou laat ophou om te probeer nie, sal EK vir jou jou graad wys, hoe gewillig jy was om jou lewe neer te lê vir MY, vir MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se onthalwe, hoe gewillig jy was en watter gesindheid jy het wanneer jy jou Getuienis van YAHUSHUA, MY Geliefde Seun deel. Is jy 'n hulp of is jy 'n hindernis vir hierdie Bediening? Aangesien jy hierdie Boodskap van hierdie Bediening hoor, word jy nou verantwoordelik gehou. Staan jy op en verdedig? Vertel jy vir jou familie, jou vriende, waar hulle die Waarheid kan gaan hoor wat direk uit die Hemel kom?

EK het julle so lief. Vir diegene wie slegs in die laerskool is, julle ABBA YAHUVEH het julle so lief! Julle het die eerste stap geneem! Julle het julle lewe vir YAHUSHUA julle MASHIACH gegee. Maar julle kan nie in die laerskool stop nie anders sal julle net vrugte wees wat aan die wingerdstok doodgaan. Julle moet. Julle moet. Julle moet aangaan. Moenie dink julle kan ophou nie. Strewe. Strewe. Strewe daarna om in alle gevalle Heilig te wees want EK verwag meer in hierdie Eindtye. EK sal julle aan julle vrugte ken. Die ander Heiliges sal julle aan julle vrugte ken. Deur julle vrugte gradeer EK julle vir die persentasie van julle vrug, hoeveel is goed en hoeveel is sleg.

Dit is hoekom die Bruid van YAHUSHUA MASHIACH SY Eerste Vrugte genoem word, SY beste. Hulle is gestamp en geslaan en hulle is gekneus deur hierdie wêreld maar in SY oë, in YAHUSHUA se oë, is hulle die beste vrugte want hulle het daardie kneusing gevat, hulle het daardie kneusing terwille van SY Naam gevat en hulle is SY beste vrugte. Hulle is die Bruid.

En nou praat EK met die Bruid van Openbaring 7. Julle is ook goeie vrugte. Ag, maar julle gestamp en julle kneusing was nie tot die graad van die Openbaring 14 Bruid nie, maar julle vrugte behaag MY. En EK kan julle vertrou soos EK die Bruid van Openbaring 14 kan vertrou, want alhoewel julle nie 100% is nie, strewe julle elke dag daarna om dit te wees.

Derhalwe, deel EK nou hierdie geheim uit die Hemel wat niemand nog ooit vrygestel het nie. So, loof MY en vra wat jou graad is en as EK dink jy kan dit hanteer, sal EK dit met jou deel, maar weereens, EK doen dit nie om een met 'n ander te vergelyk nie, want as EK dink julle sal opgepof word met trots, want EK, YAHUVEH ken julle hart en gedagte, sal EK nie vir julle vertel nie. As EK dink dit sal gebruik word om jou deur satan in die grond in te slaan en as julle nie instaat is om dit te hanteer nie, sal EK julle nie vertel nie. Maar julle het niks om te verloor nie, vra MY net.

Onthou dit, almal van julle wat aan YAHUSHUA julle Geliefde MASHIACH, MY Eniggebore Seun behoort, is almal ‘n produk in wording. Julle almal bewerk jul pad terug Hemel toe waarheen julle belonings julle sal volg, maar dit is nie julle werke wat julle in die Hemel bring nie, buiten om die Tien Wette te gehoorsaam, dit is YAHUSHUA se werk op Golgota, toe HY SY lewe neergelê het vir julle en toe HY weer opgestaan het uit die dood. Dit is SY werk wat julle in die Hemel bring sodat geen mens kan roem nie.

Selfs julle Verslagkaarte, julle Vorderingskaarte, soos EK dit noem, is nie vir julle om oor te spog nie. Dit is deur SY Naam en SY Bloed, dit is volgens die graad wat julle die RUACH ha KODESH toelaat, julle Kosbare IMMAYAH, om deur julle te werk dat julle gegradeer word. As julle skaars die Tien Gebooie kan onderhou is julle maar net in die laerskool en as dit die enigste graadgemiddelde is wat julle kan bereik, sal EK julle in die Paradys sien, die eerste vlak van die Hemel.

Dit is waar die dief wat op Golgota bely het, heengegaan het. Dit is hoekom YAHUSHUA gesê het, "EK sal jou in die Paradys sien." Hy het niks anders vir MY gedoen behalwe dat hy YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun as die Seun van YAHUVEH erken het nie en hy het gesê, "Dink aan my in die Hemel," en julle sal hom in die Paradys ontmoet. Maar hy was die eerste een wat bely het voor YAHUSHUA opgevaar het, net voor YAHUSHUA opgevaar het. Hy het die ander een aan die kruis daaraan herinner, hy het vir die ander een gesê, "Ons verdien die prys wat ons betaal maar hierdie man het niks gedoen om dit te verdien nie." Sy tuiste is nou in die Paradys.

Derhalwe MY Geliefdes, wees aangemoedig. Nou weet julle hoe EK, YAHUVEH julle gradeer en EK ken julle aan julle vrugte. Aan die vrugte van hierdie Bediening, weet julle dit, want julle weet dit was vir julle 'n seën en EK het hierdie dag vir julle vars manna vanuit die Hemel gegee om te eet en nuwe wyn in julle uitgestort en julle het goeie vrugte geëet, vir hulle wie waarlik aan MY Eniggebore Seun, YAHUSHUA, julle MASHIACH behoort. Vir sommige van julle het die werk pas begin, vir sommige van julle kom julle taak tot 'n einde. Vra vir MY wat julle graad is en as EK dink julle kan dit hanteer, sal EK vir julle vertel.

Ter afsluiting, herinner EK julle aan die rykman wat 'n dissipel van YAHUSHUA kon word, wie geglo het hy was waardig om die Dissipel van YAHUSHUA te wees. YAHUSHUA het vir hom gesê, "Gaan en verkoop alles wat jy het (en gee dit) aan die armes en kom en volg MY." Maar EK het sy hart geoordeel. EK het na hierdie rykman se hart gekyk want in der waarheid was sy liefde vir sy rykdomme groter as YAHUSHUA. Sy begeerte na materiële dinge was groter as YAHUSHUA. Hy was nie gewillig om alles neer te lê vir YAHUSHUA, julle Geliefde MASHIACH nie en hy het hartseer weggegaan, want 'n mens kan nie twee here dien nie, hy sal die een haat en die ander liefhê.

YAHUSHUA julle MASHIACH is julle MEESTER. Vir watter persentasie was julle gewillig om alles neer te lê? Toe EK met MY Goddelike Hand huwelike verdeel het wat EK nie georden het nie, waar julle ongelyk gebonde was, wat is julle gesindheid? EK het dit vir julle eie beswil gedoen omdat hulle hulself gebind het aan satan en sy leuens. Hoeveel erger sal dit in die Groot Verdrukking wees, die Tyd van Jakob se Moeilikhede, waar daardie verraad die ander Heilige een se lewe sal kos, wat was julle gesindheid? Het julle 'n "Ag ellendige ek," gesindheid? Het jy 'n brommende, kwaad gesindheid? Wat is jou gesindheid? EK ken jou vrugte, daardeur oordeel EK jou.

Vir die van julle wat die dae aftel, en daar is 'n webbladsy “Five Doves”, hoeveel skade het julle berokken en alhoewel julle bedoel om MY te eer, bou julle mense op vir so 'n dag wat julle sê, “Die wegraping sal kom.” Julle vertel vir die mense, “Al wat julle moet doen is om YAHUSHUA as MASHIACH te aanvaar en julle is gewaarborg in daardie eerste wegraping.” Julle Amerikaners is so opgepof met trots.

Julle sê, "Voordat verwoesting oor Amerika gaan gebeur, voordat enige oorlog kan uitbreek in Amerika, voordat enige kernbom Amerika kan tref, sal ons weg wees want YAHUVEH het die Amerikaners so baie lief! Meer as enigiemand anders op die ganse aarde! Ja, ons Amerikaners, ons sal gespaar word.” Dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, DWAAS! Dink julle dat EK, YAHUVEH, dat MY Seun YAHUSHUA, Amerikaners meer liefhet as die res van die wêreld?! Waar kry julle hierdie idees vandaan?

In plaas daarvan om mekaar te bestraf, in plaas van om te sê, “‘n Leuen- en misleidende gees het uit jou droom, jou visie, jou openbaring, gespreek,” waar was die bestraffing vir Pastoor (F.M.) Riley? Waar was die bestraffing vir Jim Bramlett? En al die ander wie valslik gespreek het? Wat is fout Jim? Jy wou dit nie plaas nie. Jy wou dit nie erken nie. Hoe baie is teneergedruk? Hoeveel was verleë, verneder, het opgegee, instede daarvan om te erken dat jy verkeerd was? Pastoor Riley, EK het dit teen jou, jy wat jou formule gebruik op “Five Doves”, om in die laerskool te wees is nie genoeg nie, noem dit grammatika, kleuterskool, in jou oë, voorskool. Wanneer iemand slegs YAHUSHUA aanvaar is hulle in voorskool. Hulle het nog nie eers begin om die Tien Wette te gehoorsaam nie, tog waarborg jy hulle die Hemel?! Jy waarborg hulle die wegraping?! Jy gee 'n datum wat nie kom nie.

Hoeveel was vernietig, hoeveel sal hel toe gaan? Waar hierdie Bediening die Waarheid uitspreek en nie bang is om enige man of vrou aanstoot te gee nie. Julle moet Heilig lewe. Julle moet Heilig wees. Julle moet daarna strewe om Heilig te wees anders sal julle nie die Hemel sien nie.

Julle kan nie oor die hel leun so ver soos julle kan en dink julle sal nie inval nie! BEKEER! BEKEER! BEKEER! Almal van julle wat in Amerika is, julle is so opgeblaas met trots, julle dink oorlog sal nooit na julle kuslyn toe kom nie. Julle sê, “Ek is die grootste nasie!" Maar EK kyk na julle, o, Amerika, EK kyk na die een wat julle so pas as president verkies het en dit was nie deur MY hand nie, maar EK het julle keuse toegelaat omdat die een wat julle gekies het, die gees in Amerika openbaar en dit is niks om op trots te wees nie! DIT WYS DIE OMVANG VAN DIE STANK VAN SONDE!

En Amerika, julle wie eens (Heilige) sendelinge oorsee gestuur het, julle wie eens teen die diktators van hierdie wêreld gestaan het, julle het nou sopas vir julleself 'n diktator van diktators gekies. Julle het self sopas 'n president verkies wie vir alles staan wat EK haat!

Geniet julle ondergang Amerika. Huil en treur, O Amerika. Ag, julle kerke, wat Oprah Winfrey se “evangelie” gesluk het. Die bose geheime, geheimsinniges, sal nou die Withuis vul. EK het deur hierdie “Ringmaiden” geprofeteer. EK het julle gewaarsku oor die bose geheimsinniges. (Lees Profesie 51 oor die bose geheimsinniges). Gaan terug en kyk want mense het na haar (Elisabeth [Elisheva]) toe gekom en gesê “Wie is die bose geheimsinniges? Watse bose geheime?” EK vertel nie vir haar alles nie want dit is lank vooruit geprofeteer voordat die geheime selfs vrygestel was. Onthou die geheime is uit die hel gestuur. Daar is slegs een weg Hemel toe. Daar is slegs een weg deur MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se Bloed en Naam. Daar is slegs een weg, een Evangelie, en enigiemand wat vir julle vertel daar is ander maniere, julle beter hardloop. (Dit gaan oor Oprah Winfrey se goedkeuring oor ‘n valse nuwe evangelie genaamd “The Secret”)

Julle moet liewer wegkruip want die een wat so pas verkies is tot president vat daardie vals evangelie binne in die Withuis in en dit sal 'n stank wees en julle sal sien wat gebeur as julle 'n vyand van julle siel verkies het, en selfs diegene wie se name opgeskryf is in die Lam se Boek van die Lewe, julle het deelgeneem hieraan, wetende hy staan vir kindermoord, wetende hy is pro-aborsie, wetende sy agenda is homoseksualisme! En EK kon soveel meer sê....

Julle sal sien hoe dit is om onder 'n diktatorskap te lewe. In die vorige verkiesings het EK vir julle gesê dat Bush die kleinste van twee booshede was. EK het julle gewaarsku wat sou gebeur as Gore ingekom het. Die doodskampe vir die Christene sou gevul wees, maar EK het vir Amerika meer tyd gegee.

EK het die U.K. (Verenigde Koninkryk) gewaarsku. EK het die wêreld gewaarsku oor Harry Potter. Die toordery het nou versprei, nie net in huise nie, maar in nasies. Ek waarsku voordat EK Oordeel stuur. Hoeveel wou nie luister nie? Hoeveel van julle wie julself Christene noem, lees nogsteeds die Harry Potter boeke vir julle kinders? So, moenie verbaas wees as julle die gees van rebellie en die ergste sonde in julle kinders, die tingerigste van die kleintjies, sien manifesteer nie. EK, YAHUVEH, het julle gewaarsku. Moenie verbaas wees wanneer julle sien verwoesting kom oor julle nasie omdat julle nie opstaan vir Heiligheid nie. Hierdie is die Eindtye en EK ken julle aan julle vrugte. Aan elke nasie, aan elke leier, EK ken julle. Hoeveel is net nikswerd, vrot stank in MY neusgate!

Aan die wat MY gehoorsaam, aan die wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en julle Geliefde RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, eerste in julle lewe en julle liefde plaas, moenie stilbly nie.

Hulle (Homoseksualiste, Lesbiëns en ander) marsjeer en betoog in die strate en sê, “Ons eis die reg vir selfde-geslag huwelike! Ons eis die reg om erken te word as lesbiëns en gays. Dit is ons Konstitusionele reg.” Die voorvaders wat daardie Konstitusie geskryf het, het nooit dit bedoel nie. In MY oë het julle geen regte nie! Julle wie dit bevorder is 'n gruwel! Julle sal dieselfde lot hê as 'n Sodom en ‘n Gomorrah en die sewe stede wat ook vernietig was. Julle het geen regte nie, behalwe die hel indien julle nie berou nie. EK oordeel julle aan julle vrugte. EK ken julle aan julle vrugte.

Nou waar is MY Heiliges om op te staan en nie stil te bly nie en aan te hou om te praat teen hierdie afgryslikheid! Vir julle wat dit gedoen het en teen aborsie gestaan het, EK sal ekstra genade oor julle hê. Want weet julle nie; vir elke baba wat geaborteer word, word dit gedoen as 'n offer aan satan! Dit word voor die voete van Molok gelê! Onskuldige, onskuldige, onskuldige, onskuldige bloed word gestort! Daar is niks onskuldiger as die ongeborenes nie! Vir die van julle wat dit gedoen het, vir die van julle wie dit toelaat, as julle nie berou en wegdraai van hierdie boosheid nie, sal julle tot in ewigheid die geskreeu van die onskuldiges hoor terwyl hulle in die moederskoot vermoor was!

EK, YAHUVEH het hulle stil geskreeu gehoor! En nou is daardie kinders by MY. Maar julle, julle, julle, julle slagters, julle wie opstaan en sê, “Die vrou het die reg om die ongeborene dood te maak,” wat van die ongebore kind se reg? As julle nie gehoereer het nie, sou dit nie gebeur het nie! Dit is julle, julle moeders wat die keuse het! Dit is julle, wie julleself vaders noem, wat 'n keuse gehad het!

Lees weer die Profesieë en julle sal sien, EK het julle gewaarsku dat die moord by die ongeborenes sou begin, met die om hulle níé mense te noem nie. Waar is hulle onvervreembare regte? Waar is hulle reg tot die strewe na geluk? Waar is hulle reg om te lewe? Hoekom het julle dit weggevat? Hoekom moes julle 'n president kies wat een stap verder neem in hierdie gruwel en gedoen het wat niemand voorheen gewaag het om te doen nie en gesê het "As 'n kind aborsie oorleef, is dit die reg van daardie moeder om dit te laat doodgaan, moenie dit aanraak nie, laat dit ly in pyn en laat dit sterf.”

Dit is die hart van die een wat julle as president verkies het. Wat dink julle sal met julle gebeur? Huil, O treur, O Amerika, want julle het so pas julle ondergang verkies! Want EK ken die vrug in Barack Hussein Obama en vir die van julle wie huil en treur, wie weet dit is nie Amerika se beste uur nie, bid en vra MY wat julle moet doen en waarheen julle moet gaan voordat die gruwel Amerika oorval, want Amerika, EK ken jou vrugte! Aan jou vrugte, O Amerika, sal EK jou oordeel! Net soos die ander nasies van hierdie wêreld! Dit is die tyd waarin kwaad, goed genoem word, en goed, kwaad genoem word.

En nou eindig EK dit deur met MY Geliefde Kinders te praat. EK sluit nou af en praat met YAHUSHUA se Bruid en MY, YAHUVEH, se Bruid. Strewe elke dag daarna om beter grade met MY te maak. Strewe elke dag daarna om MY, YAHUVEH, te behaag sodat julle dieselfde Getuienis as Henog kan hê. En dit word slegs gedoen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun. Pasop vir enigiemand wat net die Naam JESUS sê en homself nou 'n "profeet" noem, want alhoewel EK gesê het dat daar nog steeds vergifnis, genesing, verlossing, opstandingskrag is in die Naam van JESUS CHRISTUS, wees versigtig en maak seker julle weet van watter Jesus hulle praat. Dit is hoekom EK altyd vir hierdie Profeet sê, wat nou met julle praat, dit is YAHUSHUA MASHIACH, YAHUVEH se Eniggebore Seun, gebore uit 'n maagd, wat gesterf en weer op die derde dag opgestaan het, die enigste losprys vir sonde is SY gestorte Bloed. Dit is dié YAHUSHUA MASHIACH. Daar is geen ander nie! En die enigste weg na die Hemel, is slegs, slegs, slegs deur SY Naam en Bloed, die enigste weg na die Hemel! So, moenie na enigeen luister wat vir julle anders vertel nie. Daar is geen ander deur na die Hemel nie! Deur na 'n ander evangelie te luister sal julle hel toe gelei word. (Oprah Winfrey se evangelie).

So het EK weereens op hierdie dag deur MY “Ringmaiden” gespreek. Wat jy met hierdie Woord doen, hang van jou af. Weet net dat julle geoordeel sal word want EK ken en onderskei jul hart selfs terwyl julle gelees en jul gehoor het. Is jy meer as ooit gedetermineerd om MY te behaag? Of sal jy jou hande wanhopig in die lug opgooi? EK ken jou vrugte. Dit is waarop EK julle gradeer. EK ken julle vrugte. Dit is of julle sal weet dat julle Hemel toe of hel toe gaan. Hierdie is ‘n nuwe dag vir baie van julle omdat julle oë oopgegaan het en nou weet julle wat MY, YAHUVEH behaag.

Einde van Woord.

Elisabeth [Elisheva]: Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U vir die eer om U Woorde uit te spreek. Dank U omdat U vir my hierdie droom kort na mekaar gegee het. Dank U dat U my vertrou om U geheime mee te deel om U Skape en Lammers te bemoedig. Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U. Vir die Glorie van ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, U Eniggebore SEUN, is ons geëerd en ons het U so baie lief. Ons aanbid U. Ons loof U. Ons sal voortgaan om die skape en die lammers te voed. Help ons asseblief om hierdie boeke uit te kry. Asseblief ABBA YAHUVEH, laat die mense opstaan. Laat hulle 'n hulp vir hierdie Bediening wees en nie langer 'n hindernis nie. O, ABBA YAHUVEH, asseblief, asseblief, asseblief rig die Heiliges op. Ons het hulle nodig. Ons het hulle gebede nodig. Ons het hulle ondersteuning nodig. Ons het hulle liefde nodig. Ons het hulle aanmoediging nodig. Ons is geëerd om U te dien ABBA YAHUVEH. Ons is geëerd dat U hierdie Bediening met U Waarhede vertrou. Dank U. Dank U.

Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
9 November 2008


1Thes 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Meester wees
Jes 40:31 Maar die wat op Yahuveh wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie
Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die Son van Geregtigheid opgaan en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Matteus 25:1-13
1: Dan sal die koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2: En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3: En toe die wat dwaas was hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
4: Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hulle lampe geneem.
5: En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
6: En om middernag was daar 'n geroep: Kyk die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7: Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
9: Maar die verstandiges antwoord en sê" Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10: En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11: Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12: Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.

Judas 1:14-15

14: En Henog; die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Meester het gekom met sy afgesonderde tienduisentalle.
15: Om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle afvallige werke wat hulle gedoen het, en oor al die harde woorde wat die afvallige sondaars teen Hom gepraat het.

Openbaring 3:10
10: Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Matteus 13
24: 'n Ander gelykenis het HY hulle voorgehou en gesê : Die koninkryk van die Hemel is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25: Maar terwyl die mense slaap , het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
26: En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
27: En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meester, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28: En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar maak?
29: Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30: Laat altwee saam groei tot die oes toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
41: die Seun van die mens sal sy boodskappers uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die wetteloosheid beoefen.
42: en sal hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
43: Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
47: Verder is die koninkryk van die hemel soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;
48: en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
49: So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die boodskappers sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei.
50: en hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Matteus 20
8: En toe dit aand geword het, sê die meester van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.
9: En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n dinarius ontvang.
10: Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen 'n dinarius ontvang.
11: En toe hulle dit ontvang, kerm hulle by die huisheer
12: en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
13: Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n dinarius nie?
14: Neem dan wat joue is en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
15: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
16: So sal die wat laaste is, eerste wees en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies

Matteus 21
40: Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen:
41: Hulle antwoord Hom: Die slegte mense - hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
42: Yahushua sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
43: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van Elohiem sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44: En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, daardie een sal hy vermorsel.

Matteus 22
1: En Yahushua het weer deur gelykenisse met hulle begin praat en gesê:
2: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het
3: en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
4: Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
5: Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.
6: En die origes het sy dienskengte gegryp en mishandel en doodgemaak.
7: Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
8: Daarop sê hy vir sy dienskengte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
9: Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10: En daardie dienskengte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het; slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
11: En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.
12: En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
13: Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
14: Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Skrifgedeeltes rakende spreek in Tale:

Markus : 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle praat..

Hand 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hand 2:11 Kretense en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van Elohiem praat.

Hand 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohiem groot maak. Toe het Petrus begin praat.

Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gepraat en geprofeteer.

1 Kor 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerlei tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

1 Kor 12:28 En Elohiem het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerlei tale.

1 Kor 12:30 Het almal bedieningsgawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?

1 Kor 13:1 Al sou ek die tale van mense en boodskappers praat, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

1 Kor 14:5 Ek wens dat julle almal in tale praat, maar nog liewer dat julle profeteer. want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

1 Kor 14:6 Maar nou, broers, as ek na julle kom en in tale praat, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle praat óf deur 'n openbaring, óf deur kennis, óf deur profesie, óf deur lering nie?

1 Kor 14:18 Ek dank my Elohiem dat ek meer in tale praat as julle almal;

1 Kor 14:21 In die Torah is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk praat, en ook so sal hulle na MY nie luister nie, sê Yahuveh.

1 Kor 14:22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

1 Kor 14:23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale praat en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?

1 Kor 14:39 Daarom, broers, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gepraat word nie.