Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        
Aftel van die Omer saam ons tot Pentecost

Shabbat Shalom !

Welkom to Metzora / Besmette Een, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 102, 106, 121;

Levitikus 14:1-15:33;

2 Konings 7:3-20;

Markus 1:35-45;



Profesie 102
Profesie 106
Profesie 121

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


8 April, 2022



Profesie 102, “YAHUSHUA Sê, "Dis Net 'n Kwessie Van Tyd"

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
17 Oktober 2008 Gedurende Sukkot


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Hierdie was vanaf 'n oudioband oorgeskryf:

Elisabeth [Elisheva]: 17 Oktober 2008. Ek kon nie slaap nie. Baie is op die oomblik in ons lewens aan die gang. Haat kom vanaf so baie rigtings na my toe, dit voel net soos 'n wapen en ek weet die vyand gaan my haat, maar wat die meeste seermaak, is hulle wie beweer hulle het JESUS (YAHUSHUA) lief en tog stuur hulle hul wapens van haat. En haat is 'n gees of mens dit weet of nie en wanneer jy haat, stuur jy 'n bose gees uit, veral wanneer dit teenoor iemand is wie YAHUSHUA liefhet.

In elkgeval, ons was in gebed en ek het hierdie visioen gehad wat ek oor en oor en oor sien. Ons het in die Bruid se Heiligdom oor iets persoonliks in ons lewens gebid, want die aanvalle was hewig, veral sedert ons daardie $6,500 spandeer het net om in staat te wees om die Waarheid teenoor hulle te spreek wat rense.com sou lees. Ons kry briewe van die terug gevallenes wat teruggekeer het en die nuwe bekeerlinge wat hulle lewe vir YAHUSHUA MASHIACH gegee, het, maar ons ontvang ook haatlike, haatlike, haatlike briewe. En ellende wag op julle wie hierdie haatlike briewe stuur. Die snaakste deel is ons hoor ook van vreemdelinge 'aliens' maar ons sal nie nou daarop ingaan nie, omdat hulle regtig nie snaaks is nie en ons weet hulle is waar. Dit is net dat hulle selfs dink hierdie Bediening is 'n bedreiging.

So, hier is my visioen terwyl ek saam met Kathrynyah in die vertrek was. Ons het gebid en dit is die visioen wat ek oor en oor gesien het. Ek het nog nooit so 'n visioen gehad nie omdat ek dit kon vashou. Ek kon dit vashou sodat ek kon sien wat daar was en toe het ek my oë oopgemaak en ek het met Kathrynyah gepraat en ek het weer my oë toegemaak en dit was weer terug. Dit het 3 keer gebeur en ek wil dit altyd onthou. Dit is 'n tyd van Sukkot. Dit sal vanaand die derde aand wees, so dit sal 'n Sukkot Boodskap wees. Wat ek gesien het was 'n reghoekige venster en dit het beslis gelyk asof dit in 'n tronksel was. Dit het 5 dik tralies voor gehad. Ek het gekyk en ek het die tralies getel. Dit was swart, dik, swaar tralies. Terwyl ek by die venster uitkyk kon ek vaagweg 'n boom uitmaak. Ek het toe gesê, "Wat is dit wat ek sien? O, dit is 'n boom." Skielik het YAHUVEH die tralies weggeneem en ek kon duidelik sien. Daar was 5 baie groot, sterk, gesonde, 'n mens kan dit Immergroen Bome noem, maar ek hoor aanmekaar die woord "denne" (fir) boom, wat in 'n ry staan, lieflike bome. Toe maak ek my oë oop en ek sê vir Kathrynyah, "Whoa, kyk wat het ek nou net gesien". Ek is nie een wat maklik sulke visioene kry nie, gewoonlik het hulle so vinnig gekom en gegaan, maar dit was 'n langdurige visioen. HY wou hê dat ek dit moet sien. Elke keer wat ek my oë oopgemaak en weer toegemaak het en ons op 'n ander onderwerp was, en whoa, ek sien weer die tralies. Toe sien ek hulle is weg en toe sien ek weer die 5 bome.

Ek het agterna hieroor gepeins. Ek het gesê, "Bid asseblief hieroor. Ek weet nie wat dit beteken nie, dit pla my en ek sal nie vrede hê voordat ek die betekenis van hierdie visioen het nie." Terwyl ons begin bid het, was dit skielik so maklik en 'n Woord het na vore begin kom. So, nou gaan ek in geloof glo dat ABBA YAHUVEH dit vir my gaan teruggee, die betekenis van die visioen en die Woord wat HY het.

Ek het alreeds gevra en ek het alreeds die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH oor my lippe gepleit. Ek het alreeds 'n slot en grendel op hulle gesit. Ek het HOM alreeds daaraan herinner dat HY die SKEPPER van hierdie lippe is en HY is die enigsteEEN wat kan verhoed dat hierdie lippe enige woord sal spreek wat nie van HOM af is nie. Ek moedig enigeen aan wie glo dat hulle die gawe van 'n profeet het, dat hulle dieselfde moet doen, omdat daar werklik op hierdie oomblik oral vals profete is en dan is daar diegene wie vals profeteer en tog het hulle YAHUSHUA lief en ek betwyfel dit nie. Maar die dinge wat hulle profeteer kom nie uit nie en hulle was deur 'n bose gees mislei of hulle het uit hul vlees gespreek. Hulle was in beide gevalle mislei en tog het YAHUVEH gesê hulle is nie "vals profete" nie, maar hulle profeteer valslik. 'n Vals profeet is iemand wat opsetlik mense mislei vir hul eie beweegredes, en sal hulle na 'n ander waarheid lei, na 'n ander god.

Ek lag nou want ek dink aan 'orgone' en 'n sekere vals profeet genaamd Sherry Shriner wie jou geloof in 'orgone' wil plaas, wie nou die mees afskuwelike leuens teen my en hierdie Bediening sê, maar nou ja, wat kan jy van 'n vreemdeling (alien) verwag? So, in elkgeval, ek vra nou vir ABBA YAHUVEH om hierdie Woorde aan my terug te gee.

In die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH. So, ABBA YAHUVEH, ek vra U weer of U asseblief aan my sal herhaal of dit U was wat hierdie Woorde gespreek het, herhaal dit dan weer aan my, wat was die tronktralies wat ek gesien het? Hoekom was hulle verwyder en hoekom het die 5 sterk bome daar gestaan, die dennebome?

* * * * * * *

Elisabeth [Elisheva] praat in Heilige Tale:


O ABBA YAHUVEH, gee dit asseblief weer vir my. Ek is so jammer dat ons nie gereed was nie. Gee dit asseblief vir my terug. Toe ek gesê het ons is nie gereed nie, het ons nie batterye in die bandopnemer gehad nie en die Salwing is so broos.

Die Profetiese Woord Begin.....


O' MY kosbare Bruid, MY kosbare Bruid, My kosbare Bruid, in hierdie tyd van feesviering gedurende Sukkot gee EK vir julle hierdie Boodskap van hoop. EK praat met hulle wie MY eerste stel in hulle liefde, in hulle lewe. Wie nie skaam is vir die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH nie. Al die ander gaan net voort en bly doof en bly blind. Hierdie Woord is nie vir julle in hierdie tyd nie.

Elisabeth [Elisheva] EK wys vir jou 'n visioen van 'n tronkvenster met 5 tralies. MY kosbare Bruid, julle word verteenwoordig deur die 5 Wyse Maagde in die Gelykenis in die Heilige Skrifte. Die vyand sal probeer om julle te vang en op te sluit op 5 verskillende maniere. Daar is net een uitweg. Daar is net een uitsig.

Want EK verwyder daardie tralies reg voor jou oë Elisabeth [Elisheva], want dit is MY belofte aan MY Bruid en julle sal soos daardie denneboom staan wat geplant is by water, die LEWENDE WATER en EK spreek gesondheid, en EK spreek voorspoed en EK spreek die seëninge wat in Deut 28 gereserveer is vir hulle wie gehoorsaam. En die 5 bome verteenwoordig die 5 Wyse Maagde wie MY Ware Bruid verteenwoordig.

EK sal altyd vir julle 'n weg voorsien om te ontsnap, selfs wanneer julle dink die vyand het julle ingeperk en EK het dit keer op keer vir Elisabeth [Elisheva] gesê, julle wandel in geloof en nie deur sig nie. Pasop MY kosbare Bruid, 5 verskillende maniere, die vyande van hierdie wêreld en die vyande wat na hierdie wêreld toe kom, sal op 5 verskillende maniere probeer om julle toe te sluit.

EK waarsku julle nou, soek MY, bid waar julle Ark is. Bid wanneer dit nie meer vir julle veilig is om te bly waar julle nou is nie, bid dat EK vir julle 'n plek van veilige bewaring (safe house) oprig, 'n veilige heiligdom. EK sê vir julle voor die tyd wat die vyand beplan om te doen.

Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.

Weeg julle woorde versigting. Geliefde Bruid, raak gewoond daaraan om oor julle rug te kyk want selfs hulle vir julle liefhet, sal aanval as hulle nie gered is nie. Pasop MY Bruid. Bewaar julle tong. So was dit in die vroeë dae. Jammer om te sê hierdie dae het vir sommige aangebreek. Vir andere sal dit later aanbreek.

Die vyand spioeneer op julle. Hulle probeer om elke beweging van julle dop te hou. Hulle draai julle woorde asof dit 'n dolk is om in julle hart te druk. MY geliefde Bruid, daar is nie meer soiets soos vryheid vir julle op hierdie aarde nie, tensy dit deur MY is nie. In MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH, daar is vryheid in MY. So verberg julleself vir 'n kort rukkie totdat MY woede en MY raserny en MY toorn oor hulle wie net goed genoeg is om MY vyande te wees, verbygaan. Want die haatlike woorde en dade wat aan julle gedoen is, want die vervolging wat na julle toe kom, is omdat hulle MY in julle sien.

Hulle kan MY nie aanraak nie. Maar omdat julle in die vlees is, weet die vyand waarheen hulle hul wapens kan gooi. Julle leef in 'n bose, bose, bose tyd waar goed boos genoem word en boos goed genoem word, waar seksuele sonde onbeheersd rondwoed en die al moraliteitsgrense verduister is; selfs in die meerderheid kerke weier hulle om te praat oor wat moraliteit/sedelikheid is! Hulle vrees die regering meer as vir YAHUVEH! En hiervoor gaan julle pastore boet. Julle het julle siele verkoop vir hierdie belastingvrystellingstatus. Hoe julle geldelik beloon kan word deur van MY te preek.

Sommige van julle het bely want julle het nie geweet wat julle doen nie. Sommige van julle het gesê, "Vat hierdie belastingvrystellingstatus (Elisabeth [Elisheva] sê, "Goed, ek sal dit sê") en druk dit waar die son nooit skyn nie!" Julle behaag MY. Julle is vergewe. Julle het die verkeerde reggemaak.

Maar vir die ander pastore van die ander kerke wie hierdie omkopery van die regering gevat het en 'n slot en grendel op julle lippe geplaas het, (Elisabeth [Elisheva] sê, Ai tog, my hand is gevoelloos!") sê EK, 'Weg van MY af! EK het julle nooit geken nie! MY GEES is nie in julle kerke gevind nie.”

Joel Osteen, jy het 'n prys om te betaal. Met jou siel, sal jy betaal! Jy is niks meer as die Orator (Spreker) nie. Jy staan agter 'n kansel maar daar is niks Heiligs in jou of jou vrou en die gemeente wat hierdie vertrek volmaak en die kerkbanke ry vir ry volmaak nie, EK ken niemand van julle nie! Julle is nie Heilig nie.

Julle kom net om julle ore te vul met dìt wat julle die begeertes van julle harte gee. Julle wil van niks weet wat met julle gees te doen het nie, behalwe om blymoedige gedagtes te koester en gelukkig te wees nie! Julle is onder verdowing, julle verkeer onder 'n illusie! Julle is onder verstandbeheer, julle is onder verstandmanipulasie! Julle vul die offersakke tot oorlopends toe, en hoop die rykdom op van iemand wie homself (Elisabeth [Elisheva] begin probleme ondervind om te praat. Die duiwel wil nie hê sy moet praat nie en val haar stembande aan) as 'n keiser beskou.

Joel Osteen, en EK praat met al die pastore wie in sy voetspore volg, EK gaan die goue kalf reg voor julle oë van julle af wegruk! Julle sal die vloeke van Deut 28 soos 'n tweede vel dra, want julle het die mense mislei. Die blindes lei die blindes. Julle het hul oë op die rykdom van hierdie wêreld gefokus sodat hulle nie die armoede in hul eie siele sal raaksien nie!

Wees bemoedig MY kosbare Bruid. Julle gaan sien hoe hierdie vyande val. EK waarsku julle MY kosbare Bruid, julle grootste vyande sal in julle eie huishouding gevind word. Hulle wie nie hul lewens en hulle liefde aan my oorgegee het nie, hulle wie MY nie eerste in hul lewens en hul liefde plaas nie, hulle wie weier om die Waarhede in die Heilige Skrifte te glo, hulle wie weier om te erken dat daar net een weg na die Hemel is, deur MY Naam en gestorte Bloed, hulle wie weier om te glo daar is 'n hel om te betaal vir die gevolge van onbelyde sonde .

Julle grootste vyand sal in julle eie huishouding gevind word, want dit is hulle wat die meeste pyn kan toedien. Dit is hoekom EK MY skeidingswaard bring! Dit is niks nuuts nie. Lees die Woord. EK beskerm julle want daar kom 'n dag en dit is net 'n kwessie van tyd, dat diegene na wie julle opsien as julle geliefdes, julle sal verraai, julle aan die geregshowe van die land sal offer, aan die beloning op julle koppe gehoor sal gee wanneer hulle vra, "Waar is hulle?"

Dit is hoekom EK dit nou vir julle sê, wees voorbereid want Bruid voordat EK julle huis toe neem na die Hemel, voordat julle weggeraap word saam met MY, gaan EK julle moet leer hoe om te hardloop en weg te kruip, hoe om weg te kruip vir die oë van die vyande, maar dit is in orde, MY geliefdes, want dit is net 'n kwessie van tyd.

Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Terwyl julle in julle Sukkhas slaap, onthou dan dat dit net 'n tydelike tabernakel is, net soos hierdie sterflike vlees 'n tydelike tabernakel is. En net soos wat EK julle veilig bewaar in julle Sukkhas, hoeveel te meer sal EK vir julle doen terwyl julle MY op die Heilige Feeste eer, terwyl julle die feesdae van hierdie wêreld vermy, terwyl julle aan MY vasklou soos aan 'n Geliefde wie se omhelsing julle nie wil verlaat nie, hoeveel te meer sal EK julle vashou? Hoeveel meer sal EK julle liefkoos?

(Elisabeth [Elisheva] sê, "Oe, ek wil net sê, die Salwing is so intens!")

O, hoe lief het EK julle. Soos wat julle daarna verlang dat EK moet kom, hoeveel te meer verlang EK om na julle toe te kom! Ek vang elke traandruppel van julle op. Die flessies word hier in die Hemel gestoor en wanneer julle na MY uitroep omdat julle vervolg word, vang EK elke traandruppel van julle op! Goue flessies wat met juwele omhul is en julle het elkeen 'n verskillende een. Elkeen het 'n ander skoonheid. Dit hang af van die lyding wat julle namens MY gely het, hoe gewillig julle was om vervolg te word en allerhande bose name genoem is, hoeveel julle gely het en gewillig was om dit tot MY Eer te doen. Dit is hoe lieflik julle flessie is. Hoeveel julle vir MY opgeoffer het. Hoe die van julle julle 'weduwee se laaste bydrae' (widow's last mite) vir hierdie Bediening gegee het, verstaan julle nie? Niks was gemors nie.

Vir hulle wie opgeoffer en opgestaan het vir moraliteit, julle lê julle lewens neer om die ongebore kind te beskerm. Julle was gewillig om verneder te word en in die tronk gegooi te word om teen aborsie, gelyke geslag huwelike te protesteer. Op soveel verskillende maniere, afhangende van waar julle in die wêreld is. Sommige was mishandel; sommige was gemartel; sommige was toegesluit. O MY geliefdes! Afhangende van die vervolging, afhangende van die lyding wat julle moes ly, dit is die beskrywing van julle lieflike flessie wat julle trane bevat wat soos 'n soete geur in MY neusgate opkom en EK omhels daardie flessies liefdevol want EK weet watter prys julle terwille van MY betaal! En MY lieflste Bruid, dit gaan nie makliker raak nie! (YAHUSHUA huil deur Elisabeth [Elisheva]). Want satan haat julle so! Hy haat julle! Hy haat julle! Want MY lof is voortdurend in julle mond! Hy sê woedend, "Prys my! Aanbid my!" Maar in plaas daarvan sê julle, "Ons bestraf jou satan! Gaan weg! Die gestorte Bloed van YAHUSHUA is teen jou!" En hy krimp ineen en hy hardloop!

EK het vir julle ons Gewyde Name geleer. EK het vir julle die belangrikheid van die Heilige Feeste gewys. EK het vir julle gesê om op te staan vir Heiligheid en nooit ‘n kompromie aan te gaan deur te doen wat julle weet verkeerd is nie! Julle treur en julle huil wanneer EK julle families skei, wanneer EK 'n man beveel om van 'n vrou te skei of 'n vrou om van 'n man te skei. Moenie hierdie Profeet haat wat hier praat nie, want sy praat niks wat nie in MY Heilige Woord is nie. Die Heilige Woord sê, "Moenie ongelyk gekoppel wees nie". Hierdie is die Eindtyd.
(2 Kor 6:14) (Mattheus 10:34 Handel oor swaard wat skeiding bring.)

Dit is net 'n kwessie van tyd.....

Alles wat deur hierdie Bediening geprofeteer was, sal gebeur!

Die gevalle engele gaan opstaan. Die gevalle engele sal sê "Moenie langer in hierdie Bybel glo nie, dit is verouderd! (passé) Dit is net 'n boek vol feëverhale! Hierdie is die 'Moderne eeu'.' Homoseksualiteit en gelyke geslaghuwelike ..... hulle sal skree hulle is reg om die ongebore baba in die moederskoot dood te maak.

Die politieke leiers wie se harte satan oorlopens toe gevul het, sal te kere gaan en skree, "Julle wie in hierdie YAHUSHUA glo, julle koppe sal rol!"

Dit is net 'n kwessie van tyd.

En nou praat EK nie met die Bruid nie. EK praat met hulle wie die Gaste by die Huweliksmaal van die LAM sal wees. Julle moet gewillig wees om julle lewe neer te lê vir MY. Julle sal in die Groot Verdrukking wees. Vir julle wie sê, "Dit is te moeilik, te hard om te lewe, om Heilig te wees, ek sal dit in die Groot Verdrukking regkry." EK wil vir julle dit sê, as julle dit nie nou kan doen nie en daar was tot dusver geen opoffering wat julle moes maak nie, julle was nie gesê om julle lewe neer te lê nie, om julle kop onder die guillotien te plaas nie, wat laat julle dink julle kan dit dan doen as julle dit nie eers nou kan doen nie? Wat laat julle dink dat julle dan meer geloof sal hê wanneer julle hongersnood en dood en verwoesting en onbegryplike euwels rondom julle sien gebeur? Wanneer julle deur paaie vol bloed moet strompel? Wat laat julle dink dat julle dan meer geloof sal hê? Nou kos dit julle niks anders as om 'n “Bybelstamper” (Bible thumper) genoem te word nie.

En EK praat nie nou met die lande waar dit julle baie meer kos nie, EK praat met die oorgrote meerderheid op hierdie aarde waar hulle gesê het, 'O, dit is vir my te moeilik om Heilig te lewe! O, die duiwel versoek my so met pornografie! O, ek kan nie die sigarette op die altaar neerlê nie! O, ek kan nie die drinkgoed neerlê nie! O, dit is te hard om Heilig te lewe! Ek kan nie die vloekwoorde keer wat uit my mond kom nie! Ek kan nie Heilig lewe nie! Bid vir my, ek kan nie Heilig lewe nie!" Wat laat julle dink dit gaan dan makliker wees?

(Fil 4:13 Ek is tot alles instaat deur YAHUSHUA wie my krag gee)

Nou, is julle mae vol! Nou, is julle tonge is nie uitgedroog van dors nie! (YAHUSHUA huil deur Elisabeth [Elisheva].) En nogtans kan julle MY nie nou Loof nie? Wat laat julle dink dat dit dan makliker gaan wees?

Julle spot Profete soos hierdie! Julle sê, "Moenie dit waag om van die hel en die gevolge van sonde te praat nie!" Julle spot Bedieninge soos hierdie ! Julle sê, "Julle is niks anders as wanhoop (‘doom and gloom’) nie." EK sal vir julle wanhoop wys!

En nou praat EK met die vyande van hierdie Bediening en hulle wie (on)heiligheid verkondig. EK sal vir julle wanhoop wys. EK sal vir julle wys wat dors is. EK sal vir julle wys wat honger is! Diegene wie hulle oë op die Goue Kalf van hierdie wêreld vestig, EK sal vir julle wys wat honger is! Julle sal julle eie tonge weens honger kou! Julle wie so ryk en magtig is, julle vertrap en trap op diegene wie nie in julle inkomstegroep val nie, EK sal vir julle wys. EK sal vir julle wys wat gebeur met daardie Goue Kalf. EK sal vir julle wys!

Kyk, EK was net eenmaal daardie geslagte LAM. EK het die vyand toegelaat om MY gesig te slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het die vernedering van hierdie wêreld verdra! Maar dit was net eenmaal..... EK het aan daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het gedors na julle! EK het dors gehad vir julle ongeregtighede! EK was honger vir julle! EK was gespot en EK was verag! Dit (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op hierdie aarde! En hoe min het dit eers erken! Hulle sal 'n heidense vakansiedag vat wat toegewy is aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) wat direk uit die put van die hel is en hulle gee vir MY daardie verjaarsdag? Maar hoe min eer MY in hierdie tyd van Sukkot? Hoe min eer die prys wat EK betaal het?...

O, maar EK het my getroue Bruid. EK het die prys betaal, maar dit was slegs eenmaal! EK moes slegs eenmaal sterf! En geen mens het MY lewe geneem nie! Dit was EK en net EK, YAHUSHUA wat gesê het dit is volbring! En dit was MY tyd! EK het nie op 'n mens se tyd gesterf nie! EK het nie op 'n mens se tyd opgestaan nie! EK het in YAHUVEH se tyd opgestaan!

So, EK sê vir julle dit, O vyande van MY, julle wie hierdie lasterlike leuens oor hierdie Profeet en Bediening skryf, dit is net 'n kwessie van tyd, EK gaan op julle trap! EK het julle vervloek net so seker as wat EK die vyeboom vervloek het wat nie vrugte gedra het nie! Dit is net 'n kwessie van tyd! So, gaan voort en gooi julle towerkragte. Gaan voort en probeer die Profeet wat hier praat, vernietig. Julle sien, EK sal haar net keer op keer oprig! En sy sal net terug kom en weer MY Woorde uitspreek. Julle kan nie haar lewe neem nie! Dit behoort nie aan julle nie! satan het geen deel aan hierdie Bediening nie! Gaan voort en gooi hierdie Bediening omver! Beskuldig haar dat sy "te Heilig" is, "te regverdig". Gaan voort en bespot hierdie Bediening wat sê julle moet die Tien Gebooie gehoorsaam en Heiligheid lewe soos wat YAH Heilig is. Gaan voort en spot...

EK het die Farisieërs gespot. EK het hulle "slange" genoem en EK het hulle "adders" genoem. EK het gesê hulle is net geskik vir die hel! En nou sê EK dieselfde vir julle!

Dit is net 'n kwessie van tyd!

EN die hel en die poel van vuur sal julle siele eis. Julle het een kans; dit is nadat julle hierdie Boodskap gehoor het. Sal julle bekeer? En die van julle wat bid en julle sê daar is net een Naam en SY Naam is J-E-S-U-S, JESUS, EK het nooit gesê daar is in hierdie tyd geen krag in daardie Naam nie. In hierdie Profetiese Boodskappe het EK weer en weer gepraat en gesê daar is vergifnis, genesing, verlossende krag in die Naam van JESUS CHRISTUS.

Maar dit is net 'n kwessie van tyd en wanneer die Groot Verdrukking aanbreek en die man van verderf daar staan, Judas het weereens teruggekeer, sal hy alles wat Heilig is bespot. Hy sal sê hy is "Jesus Christus". Hy sal die Naam van YAHUSHUA vermy want die Naam van YAH is in daardie Naam. Wat sal julle dan doen! Want wanneer julle in die naam van Jesus Christus bid en hy sy hand opsteek en hy sê, "Hier is ek", wat sal julle dan doen?

Want julle weier om MY Hebreeuse Naam te gebruik! Julle sê, "Enige naam sal doen". En dan praat EK met diegene wat aanhou sê "Yeshua", EK het oor en oor gesê "YAH" is in MY Naam. YAHUVEH is MY VADER. EK is SY Eniggebore SEUN. EK het vir julle gesê EK gee nie om of julle YAHUVEH of YAHWEH sê nie, maar laat ons dit nie nou tot die uiterste neem nie, want enige naam sal nie deug nie.

O die haatlike, haatlike, haatlike, haatlike briewe, hoe durf julle, hoe durf sommige van julle julself MYNE noem? Wanneer julle hierdie Boodskap hoor, beter julle op julle aangesigte neerval voor MY. Julle beter bekeer en julle beter 'n brief aan hierdie Bediening skryf en probeer om die wonde te versag wat julle toegedien het omdat sy durf waag om oor die hel te waarsku, omdat hierdie Bediening van Heiligheid preek, omdat hierdie Bediening oor die gevolge van sonde waarsku, omdat hierdie Bediening die toekoms vooruit profeteer.

Wat dink julle is 'n Profeet? En vir hulle wie lag en spot en sê, "Daar is nie soiets soos Profesieë nie;" "Daar is nie meer sulke goed soos Profete nie," wat sal julle met MY Heilige Skrifte doen? Besef julle nie dat EK die GEES VAN PROFESIE is nie! Wat sal julle met MY Heilige Skrifte doen?! EK is PROFEET VAN DIE PROFETE! EK is PROFESIE! Die Profete het geprofeteer dat EK sou kom! As daar nie soiets soos Profete was nie wat gaan julle met die boek van Openbarings doen! Hoe dwaas, hoe dwaas, hoe dwaas is so baie van julle, want Johannes die Openbaarder het geprofeteer wat gaan kom.

Openb. 1:1
dat dit "Die openbaring van Yahushua ha Mashiach is, wat Yahuveh aan hom gegee het om Sy diensknegte te wys wat gou moet gebeur.

Openb. 1:1-2
Die openbaring van Yahushua ha Mashiach..... Hy het dit bekend gemaak deur sy engel na sy kneg Johannes te stuur, wie van alles getuig wat hy gesien het -- wat die woord van Yah en die getuienis van Yahushua ha Mashiach is.

Openb. 19:10
Want die getuienis van Yahushua ha Mashiach is die gees van profesie." En die profesie wat Yahushua ha Mashiach aan ons gegee het is die boek van Openbaring:

Openb. 22:16
"EK, Yahushua het my engel gestuur om vir jou hierdie getuienis te gee om aan die gemeentes oor te dra.


Ellende wag op hulle wie nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende wag op hulle wie nie waardig geag word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Julle weet nie wat julle gedoen het nie. Julle weet nie wat julle gedoen het nie! Maar dan sal julle. Sommige sal die Gaste wees. Ag, hoe baie het julle hierdie Bediening gehaat! Julle sal in daardie tyd huil en julle sal bely vir die gees van verwoesting wat julle gestuur het. O, julle sal bely, maar dit gaan julle jul lewe kos. En julle gaan Elisabeth [Elisheva] in die oë moet kyk in die Hemel en julle sal moet erken hoe lief EK haar het. En julle sal haar bedank vir die prys wat sy betaal het. En almal wat wat hierdie Waarheid verkondig. Julle sal almal vir wie julle gespot en verag het in die oë kyk en hulle om verskoning vra.

Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd…

Dit is net 'n kwessie van tyd dat die reuse uit die lug sal val. (YAHUSHUA huil dwarsdeur hierdie laaste gedeelte).

O!, satan spot en hy sê, "Die ruimteskip sal op hierdie datum kom." Hy spot wetende dat dit MY tyd is en nie syne nie. En die reuse sal uit die lug val.

EK laat nie toe dat enige droom op hierdie Bediening geplaas word nie. Hierdie is Heilige Intersessors. En EK het vir hulle drome na drome gegee wat vooruit waarsku oor wat uit die lug sal kom, wanneer die mens na die lug sal kyk en hulle harte sal beswyk weens vrees. Julle het geen idee nie! Julle het geen idee wat hierheen gestuur word nie! So, wanneer julle leuens hoor wat uitgespreek word, godslasterlike leuens wat teen hierdie Profeet en hierdie Bediening gespreek word, onderskei die vrug waarvandaan dit kom en julle sal sien dat EK dit vervloek het.

Hierdie Bediening lê alles neer, elke finansie, offer na offer op maniere wat julle nie kan begin om te verstaan nie, net om iedere siel te bereik op maniere wat niemand van julle sal weet nie. Hoeveel van julle het gehelp? Hoeveel van julle het selfs 'n weduweesbydrae (widow's mite) gegee? Hoeveel kan sê hulle is deel van hierdie Bediening? Hoeveel van julle kom selfs terug en sê "Dankie"? Dit is nie anders toe EK tien melaatses genees het en net een teruggekom het om "Dankie" te sê nie. Julle sien, wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun sodat dit kan voortgaan om te doen wat EK dit geroep het om te doen, doen EK dit nie net om hulle te seën nie, EK doen dit omdat EK julle wil seën! Julle wat nou hier lees, julle wie luister, julle moes niks opoffer nie, julle moes nie 'n prys betaal nie, want met elke Profesie wat deur Elisabeth [Elisheva] gespreek word, is daar 'n prys om te betaal, want hoe groter die Salwing hoe groter is die prys wat betaal word. Ware Profete weet wat lyding is.

Die Lammers word ter slagting gelei. Die Slagpale sal die Sondag kerke wees. In die Groot Verdrukking sal hierdie die Slagpale wees. Martelare sal soos nagmaalbrood gevoer word. Die wyn in hul glase sal die bloed van die martelare wees. EK het julle gewaarsku wat die Merk van die Dier is. Die Waarheid is hier. Hoeveel van julle sal julle ore toedruk? Hoeveel van julle sal julle oë bedek? Hoeveel van julle sal sê, "Ek wil dit nie hoor nie?"

Maar, EK praat nou met die Gaste. Die Groot Verdrukking is op die horison. Julle staan op die rand van die kloof. En julle sal daar wees. En dit is net 'n kwessie van tyd. Dan praat EK met die Gaste. Julle beter nou julle geloof baie fyn instel, want as julle nie nou genoeg geloof het om MY in die klein dingetjies te vertrou nie, hoe kan julle my in die Groot Verdrukking vir groter dinge vertrou? Sal julle die geloof hê om vir 'n klip in MY Naam te sê dit is brood? Vir hulle wat EK wegsteek en vir hulle vir wie EK voorsien, sal dit soos manna wees, soos doudruppels op die gras in julle agterplase. Maar slegs julle oë sal aanskou en dit is net as julle geloof het en in MY glo. Julle beter julle geloof nou fyn instel. Anders gaan julle geloof net genoeg wees om julle lewe te gee.

Openb. 14:12
Hier verg dit geduldige lydsaamheid van die heiliges wie Yahuveh se gebooie gehoorsaam en getrou bly aan Yahushua ha Mashiach.

Openb. 12:17
Toe het die draak weggegaan om oorlog teen die oorblyfsel te maak, hulle wie Yahuveh se gebooie gehoorsaam en die getuienis van Yahushua ha Mashiach hou.


Dit is net 'n kwessie van tyd.

Dit is net hulle wie nou na MY uitroep wat beskerm word teen die Verstandbeheergolwe wat in die lug is. Hulle beheer julle verstand deur die water en deur die kos wat julle eet. Hulle plant die skyfies wanneer julle dit die minste verwag, om julle soos 'n hond te volg om presies te weet waar julle is. As dit nou so sleg is, kan julle dink hoe dit in die Groot Verdrukking sal wees?

Dit is net 'n kwessie van tyd.

Maar aan My Bruid, aan MY kosbare, kosbare Bruid, EK het vir julle die tronktralies gewys. EK het vir julle gewys hoe hulle dink hulle julle in 5 verskillende maniere gaan toesluit en EK het vir julle die visioen gewys toe EK die tralies wegneem, en julle daar sal staan, julle wie MY Vyf Wyse Maagde verteenwoordig, julle BRUIDEGOM kom! Julle BRUIDEGOM kom! En EK bring MY belonings saam met MY! En EK bemin elkeen van julle liefdevol!. Julle BRUIDEGOM kom!

Hou styf vas aan die soom van MY kleed! Moenie, moenie deur die oë van die vlees kyk nie! Kyk deur die oë van julle kosbare RUACH HA KODESH, julle IMMAYAH! Kyk deur die oë van julle MOEDER WYSHEID! Bid vir meer Wysheid! Bid vir meer Wyshied want julle het dit nou nodig! En o, julle wie die Gaste is, bid vir meer Wysheid! Bid vir groter onderskeiding want julle het dit nie net nou nodig nie, julle gaan dit nodig hê in die tyd van Jakob se Benoudheid (Jer 30:7). Julle gaan dit nodig kry in die Groot Verdrukking wanneer 'n blote mens aanbid en vereer gaan word! O, die wêreld het nou hulle afgode. Julle noem hulle rolprentsterre of bose demoniese politici, maar EK vertel vir julle dit, daar kom 'n man wie die seun van die verderf gaan wees, die werklike seun van satan. Pasop! Julle is gewaarsku! Wees gewaarsku! Wees versigtig! Wees baie versigtig! Wees op julle hoede! As hulle wie julle dink julle kan vertrou nie vol van MY GEES is nie, as hulle nie hul knie voor MY gebuig het nie, as hulle nie gehoorsaam voor MY lewe nie, as hulle hart nou gevul is met opstandigheid, dink net hoeveel erger dit sal wees. Julle is gewaarsku!

Julle kla omdat EK huwelike opbreek, maar dit is huwelike wat EK nooit georden het nie. Dit was julle vlees wat julle saamgevoeg het. En vir die veiligheid, vir die veiligheid van MY Bruid, vir die veiligheid van selfs die Gaste, vat EK MY skeidingswaard en EK skei moeder en vader en kinders, hulle wat hulself mans en vrouens noem, susters en broers, lede van die familie en vriende, EK skei hulle wie ongelyk gekoppel is in besigheide, op alle maniere. Julle kan net dié vertrou wie MY Naam aanroep.

Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.

EK sal MY Bruid bymekaar maak, beide Openb. 7 en 14, o julle sal aan MY sy wees, maar verberg julleself nog vir 'n klein tydjie. Verberg julleself vir 'n klein tydjie totdat MY toorn oorgaan. Want YAHUVEH sal nie aanhoudend gespot word nie.

Dit is net 'n kwessie van tyd.

En dink aan die belonings wat julle sal verdien het en dit alles sal verbygaan en julle sal weet dit was alles die moeite werd, watter lyding julle ookal bestem was om te ly, doen dit net asof vir MY. Wanneer julle om MY Naam ontwil vervolg word, besef dat hulle MY in julle sien.

Dit is net 'n kwessie van tyd.

En julle sal sien MY Liefde vir julle is so 'n werklikheid. So, neem MY Genade(Grace) en neem MY Goedertierenheid (Mercy). Neem MY hand. Laat EK julle omhels! O, hoe baie dank EK julle dat julle MYNE is, dat julle gewillig is om die prys te betaal om YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid genoem te word.

Einde van Woord


Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Sukkot 17 October 2008

Elisabeth [Elisheva]: Dit is al wat EK hoor. Ek dank U vir hierdie eer, geliefde YAHUSHUA dat U deur hierdie lippe van klei gespreek het en ek is net 'n spreekbuis vir U en ek bid dat ek elke Woord gehoor het net soos wat U dit gespreek wil hê. Ons dank U vir hierdie Boodskap van Sukkot 2008. Ons dank U vir hierdie eer. Ons bid dat dit beide die Bruid en die Gaste sal bemoedig en ons bid dat dit vrees in die vyande sal veroorsaak. Ons dank U. Ons prys U. Ons aanbid U. Ek weet dat ek gebruik word om sommige aanstoot te gee, ok, baie aanstoot gee en sommige verlig, maar dit is tot U Eer en U Eer alleen. Dank U Geliefde YAHUSHUA. Dank U. Dank U. Dank U. En die GEES en die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH sê, "Kom! O kom! YAHUSHUA, kom asseblief! Kom gou! Ons wag vir U! En tog weet ons dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is dit.

Oor en uit. Ek het twee gevoellose hande! Voel enigiemand anders dit?

Nota: Toe hierdie Woord gegee was, het Elisabeth (Elisheva) se hande gevoelloos geraak! Wanneer YAHUSHUA SY stem verskeie kere verhef het, het Elisabeth (Elisheva) gesê dit was asof 'n Krag van Bo soos 'n stamp in haar liggaam gestuur is! Haar liggaam het letterlik gespring toe dit voorgekom het! En sy het energie gevoel na hierdie Woord ontvang is. Maar die Salwing was so strerk, ons het deur twee stelle batterye gegaan om hierdie Woord op te neem en daarna te luister! Die Salwing speel vinnig klaar met batterye se krag!

Openb. 6:9:
Ek het onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die woord van Yahushua en die getuienis wat hulle gehad het...

Die Man van Wetteloosheid

1. Aangaande die koms van ons Yahushua ha Mashiach en ons wat bymekaar gemaak gaan word vir hom, vra ons julle, broeders, 2: Moenie maklik verward of verskrik raak deur enige profesie, verslag of brief wat veronderstel is om van ons af te kom , wat sê die dag van die Here het alreeds gekom nie. 3. Moenie laat enigiemand julle op enige manier mislei nie, want (daardie dag sal nie aanbreek nie) totdat die opstandigheid voorkom en die man van wetteloosheid geopenbaar is, die man bestem vir vernietiging. 4. Die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Is die man van wetteloosheid die letterlike seun van satan, op die punt op geopenbaar te word? Sal die mense van hierdie aarde hom as hulle God kies? Sal hy eers verkies word en dan later sy eis dat hy God is, aankondig en vereis dat hy aanbid word? Die goddeloses sal neerbuig en hom as hulle Messias aanbid, maar niemand sal dit doen tensy hulle name nie in die Boek van die Lewe opgeskrywe is nie, wie voor die grondlegging van die wêreld opgeskryf is nie. Moenie bang wees nie, julle kan nie per ongeluk die Merk van die Dier neem nie. Net die wie Yahushua ha Mashiach ontken sal die een aabid wat die anti-christ genoem word.




Profesie 106, Ek, YAHUVEH, Sê, “maak Skoon Jou Huis”!!!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 4 Januarie 2009

Hierdie Profesie was via audioband opgeneem. Hier is die transkripsie.

EK het vir jou gesê in 2009 gaan alles en enigiets geskud word wat geskud kan word. Moenie verbaas wees nie, Elisabeth [Elisheva] want julle gaan hulle, wat julle die YDS noem, geskud sien word, ons sal sien hoe duidelik hulle van MY afkomstig is, ons sal sien hoeveel die prys wil betaal om MY Bruid genoem te word. Ons sal sien, soos julle gesien het wat in New Zealand gebeur. Dit is maklik, dit is so maklik as daar geen beproewing is nie, dit is so maklik om te sê, U wil geskied O YAHUVEH. Nogtans wanneer MY wil dan teen julle wil gaan, sal julle nog steeds sê, U wil geskied, O YAHUVEH?

EK sal hulle wat weier om heilig te wandel, selfs hulle wat EK deur MY eie hand bymekaar gebring het, met MY eie hand verdeel. EK praat nie net met hierdie huishouding nie, maar met almal wat beweer hulle behoort aan MY. (Lukas 12:51-53) Wil julle agtergelaat word in die Groot Verdrukking? Wil julle hel toe gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie eenvoudiger stel as dit nie. Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet julle is niks anders as stof nie en dat EK deur MY genade daardie stof gevat het en ‘n man geskape het en EK het asem in daardie man ingeblaas. (Psalm 111:10)

Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moet MY nie langer toets nie want hierdie Bediening is ‘n Bediening van Heiligheid. (Handelinge 5:9)

Te midde van die YDS; sal EK dit wat EK in New Zealand openbaar het, die boosheid ontbloot het wat weggesteek was, so sal EK ook doen met hulle wat beweer dat hul deel wil wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van hierdie Heilige Bediening, maar julle sien, dit is soos jy gesê het, geliefde seun Sylvester, op die oppervlak lyk dit so. Solank die leierskap nie weet nie kan ons doen wat ons wil doen in die geheim, maar EK waarsku julle, hulle wat EK die YDS noem; hulle wat genooi is na die YDS forum om byeen te kom, julle word meer verantwoordelik gehou.

Wees verseker in 2009 sal alles wat verborge is, geopenbaar word. (Mattheus 10:26) Enige sonde wat julle dink julle weggesteek het, sal deur die salwing van die RUACH ha KODESH geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie eindtye groei die bose boser, maar MY Heiliges moet meer Heilig groei en enigiemand wat ‘n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid van binne nie, sal ontbloot word. EK sal hulle nie toelaat om deel van hierdie Bediening te wees nie. EK sal dit nie toelaat nie. (Prediker 12:14) So, dit is nou julle keuse, wie kies julle regtig om te dien? Die bose van hierdie wêreld? Of die Heiligheid van die Hemel? So, jy sien Elisabeth [Elisheva], EK het ‘n ander rede waarom jy na jou seuns toe moet gaan.

MY Geliefde Seun, hierdie is niks wat EK nie kan vergewe nie, maar jy moet kies, jy moet vandag kies. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese vader wil jou net hel toe neem saam met hulle.

EK skud hierdie ganse aarde. Oordeel begin by MY huis. (1 Petrus 4:17) Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. ‘n Berouvolle gees is nie iemand wat net met hulle mond bely nie, dit is iemand wat met hulle kop en hulle hart bely en vasberade is om MY nie te mishaag nie. EK het vir julle (hierdie wêreld) gesê julle staan op die punt van ‘n menseslagting (holocaust). Wil julle hê EK moet julle wegsteek? Wil julle hê EK moet julle beskerm? Wil julle hê EK moet julle seën? Want geen vyand kan julle uit YAHUVEH se hand ruk nie, of wil julle hê EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle hê EK moet JULLE VERBRYSEL? Wil julle hê EK moet JULLE BREEK? Wil julle hê EK moet julle met MY eie hand in die vlamme van die hel werp?

Wil julle hê EK moet julle liefhê? Wil julle hê EK moet julle troos? Wil julle hê EK moet julle mentor? Wat wil julle regtig hê? Wil julle soos Sadrag, Mesag en Abednégo wees, wandel soos hulle gewandel het en in die gloeiende vuuroond gegooi was? (Daniël 3). Nogtans het EK nie eers toegelaat dat dit waarmee hulle gebind was gebrand het nie. EK het nie toegelaat dat hulle klere geskroei het nie, hulle eie klere wat hulle gebind het nie, want julle sien, dit was die vyande wat verbrand het. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind het, wat verbrand het. Wil julle soos ‘n Sadrag, Mesag en Abednégo wees wat in die gloeiende vuuroond geloop het maar die 4de man was daar en daardie 4de man is YAHUSHUA julle MASHIACH.

Wil julle soos Daniël wees toe hy in die leeukuil gegooi was? Hy was nie opgevreet nie, alhoewel die leeus wreedaardig was. (Daniël 6) Dit is julle keuse. Wil julle MY beskerming hê? Wil julle soos die weduwee van Sarfat wees? (1 Konings 17:10) Die een na wie EK Elijah van Ouds ook gestuur het. Wanneer dit by julle laaste krummeltjie brood kom, wil julle hê EK moet dit vir julle vermenigvuldig sodat julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY te Verheerlik.

Hulle sê dit is hierdie jaar 2009, volgens hoe die mens die tyd merk. Julle sien EK vra nie net vir julle hierdie vrae nie, EK vra hierdie vrae aan almal wat glo dat die Waarheid uit hierdie Bediening voortkom en dat EK voortspreek. Wat wil julle hê moet EK doen? Wil julle hê EK moet weer die Rooi See kloof sodat julle veilig na die oorkant kan deurgaan wanneer die vyande julle agtervolg? (Exodus 15:4) Wil julle hê dat die vyande moet verdrink sodat hulle julle nie skade kan aandoen nie? Wat wil julle hê moet EK doen?

EK is YAHUVEH en die mate van (julle) beskerming hang af van julle dade. EK speel nie speletjies nie. Wil julle onder die beskerming van MY vleuels wegkruip soos Psalm 91 sê? Julle sê julle het MY lief en EK praat net met hulle wat sê hulle het MY lief. EK praat net met hulle wat sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, MY eniggebore Seun. EK spreek dit nie voort tot die heidene wie se name nie in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is nie. Julle is slegs geskik vir oordeel. Julle is slegs geskik vir die hel. Julle is verworpenes “reprobate”. Julle is verworpe silwer.

Maar EK praat nou met hulle in die jaar wat julle merk as 2009, MAAK SKOON JULLE HUIS! Julle huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH (1 Korintiërs 6:19). Julle huis is die fisiese sowel as die geestelike. Enigiets wat MY aanstoot gee, gooi dit uit. EK spreek deur hierdie Elijah van Nuuts (In Hebreeus, Eliyahu) en EK spreek die woorde wat Elijah van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu) gespreek het, kies julle vandag watter God julle sal dien. Bely en val op julle aangesigte voor MY, maar EK wil nie net woorde hê nie, EK wil aksie agter daardie woorde sien. Geloof sonder werke is dood. (Jakobus 2:20) EK wil nie langer verskonings hoor nie. EK het genoeg van julle verskonings gehad oor hoekom julle sondig. Wat se tipe voorbeeld is julle?

As die wêreld van die verworpenes vandag ‘n hofsitting moes hou, sou daar genoeg bewyse wees dat julle MY dien? Dat julle siele na YAHUSHUA toe bring? Dat julle Heilig vir MY lewe? Sal julle moet sê, “Ek pleit skuldig op al hierdie dinge” omdat dit is wat EK verwag? Is julle gewillig om julle lewe vir YAHUSHUA neer te lê soos wat HY gewillig was om SY lewe vir julle neer te lê?

Hoekom is julle oë op die dinge van die vlees soos pornografie?

Weet julle nie dat dit die trotses is wat neergewerp word nie. Trots kom voor ‘n val. (Spreuke16:18) Ag, hoe baie van julle wat dit sal hoor en dit lees is so opgepof met trots en sê, “O, Ek sal nie beweeg word nie, wanneer YAH in 2009 hierdie wêreld skud, sal ek nie geskud word nie”. Dit is deur die genade en Bloed van YAHUSHUA alleen dat julle nie geskud sal word nie en dit hang af van wat julle gedoen het. (Kolossense 1:13-20) Het julle geheime sonde? Dink julle niemand weet nie? MY oë gaan heen en weer. EK sien tot binne-in jul hart. EK weet wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK weet wie probeer nie eers nie en maak verskonings vir hul sondes.

EK weet wat julle wil hê EK moet doen en nou het EK vir julle vertel wat EK van julle verwag. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag is want julle is omring daarmee. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle aan die plae en EK herinner julle oor hoe dit nie op die kinders van Israel gekom het nie. Dit het net op MY vyande gekom. Steek julself weg in die klere van MY geregtigheid. Steek julself weg teen MY toorn. Vir hulle wie EK MY kinders noem as julle maar net daarna wil strewe om te gehoorsaam en waarlik, waarlik bely en wegdraai van boosheid. EK sal julle wegsteek. EK sal julle troos. EK sal julle Seën. EK sal vir julle voorsien. EK sal julle salf, as julle maar net elke woord wil gehoorsaam wat EK sê en ophou om verskonings te maak vir sonde.

EK weet alreeds watter pad julle gevat het. Die pad na die hel is so breed, so wyd. Daar is net ‘n smal weg na die Hemel. Hoe baie van julle wat dit lees en hierna luister sal die smal pad kies? (Mattheus 7:13-14) Dit is nie net ‘n reguit pad nie, dit is ‘n kronkelende pad en toets na toets sal kom, want die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (Een Petrus 1:7)

EK is die een wat julle op die proef stel. EK bring julle na hierdie Bediening want dit het ook ‘n Jeremia 6 (27-30) roeping daarop. Dit is ‘n beproewer van metale. Hoe baie het hierdie leierskap gesien kom. Hoe baie het hulle gesien val. Hoe baie, hoe baie, hoe baie trane het Elisabeth [Elisheva] gestort terwyl hulle wie sy so seker is nie sal val nie, hulle wie sy seker is Heilig voor MY wandel en hulle val. Hoe baie staan nooit weer op nie.

(Jer. 6:27-30) “EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur kom is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word genoem: 'Verworpe silwer’; want YAHUVEH het hulle verwerp.”)

Waar is jou lojaliteit? Is dit regtig tot MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy regtig die RUACH Ha KODESH, jou IMMAYAH in jou? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of luister jy na die dwaasheid van satan self? Dit is jou keuse.

Kyk, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal nie hierdie leierskap toelaat om ‘n woord te verkondig wat hulle nie self navolg nie. Elisabeth [Elisheva] weet sy beter doen wat sy verkondig. Die res wat deel is van hierdie Bediening weet hulle moet doen wat hulle verkondig anders sal satan hulle tot klein flentertjies verskeur.

Julle wie julself YAHUSHUA se Demon Stompers en gebedsintersessors noem, sommige van julle het geheime sondes. EK het dit nog nie bekend gemaak nie, maar wees verseker, dit sal geopenbaar word as julle nie vinnig bely nie. Julle moet vandag kies wie julle wil dien. Hierdie geheime sonde mag dalk ‘n maat wees waaraan julle vasklou waar EK vir julle gesê het om te laat gaan, terwille van jul eie siele, terwille van julle eie lewens. Waar julle meer lojaliteit aan hulle betoon het as wat julle aan MY betoon het.

Julle geheime sonde is om die werk, waarvoor EK jou geroep het, nie te doen nie. Wanneer EK vir julle ‘n taak gee en EK sê “Doen dit om die taal van jou mense te bereik” en jy sê, “Ag nee, ek het nou te veel van my eie persoonlike probleme” en jou oë is meer gevestig op die heidene as op die siele, meer as die skape en die lammers wat nodig het om gevoed te word. Dit is sonde in MY oë, want jy het jou hand aan die ploeg geslaan en teruggekyk. Jy het jou hand van die ploeg afgehaal. Jy het opgehou om die grond te bewerk en te besaai en hierdie Woorde in jou eie taal te spreek sodat ander gevoed kan word. Die gees van selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie EK praat. Julle weet watter vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie aanhou wag nie. EK sal iemand anders oprig om jou plek in te neem. (Op hierdie stadium het Elisabeth [Elisheva] ‘n visioen gesien met die woord China).

Pasop vir enigiemand wat hierdie Bediening haat, want hulle haat werklik dit wat Heilig is. Die duisternis vrees die lig.

EK praat nou met hulle wat die waarheid liefhet wat van hierdie Bediening afkom. Julle weet EK, YAHUVEH, spreek voort. Julle weet julle MASHIACH YAHUSHUA spreek voort. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, Moeder Wysheid, spreek voort. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die lig en julle laat YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste begeleidende lig te wees. (1 Petrus 2:9)

Aan hulle wat teen hierdie Bediening praat, aan hulle wie Elisabeth [Elisheva] ‘n vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisabeth [Elisheva] en die Bediening se vrugte). Maak hulle verskoning om te sondig? Maak hulle verskoning om nie die Torah se wette n ate kom nie, soos MY Sabbat? Ondersoek hulle vrugte, julle antwoord lê daarin. Pof hulle hulself op met trots en sê, “Niemand gaan vir my vertel wat om te doen nie”. Julle sien, EK het vir julle toestemming gegee om vrugte-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK het julle alreeds vooruit gewaarsku, julle grootste vyande kan in jul eie fisiese bloedlyn gevind word.

EK spreek MY oordele voort deur hierdie Profeet. (Hosea 6:5) EK spreek MY liefde en MY leiding voort deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede voort deur hierdie Bediening wat nie die naam van ‘n man of ‘n vrou dra nie, maar slegs die Naam van die Heilige Drie-Eenheid. EK sal altyd ‘n woordvoerder (mondstuk) hê. (Amos 3:7) EK het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY woordvoerder te wees. Die Profeet bo alle Profete want YAHUSHUA julle MASHIACH is die ware Gees van Profesie.

Vir die van julle wat sê julle wil ‘n profeet wees. Is julle gewillig om die prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY geheime aan die Heiliges vertel.

So dit is die Woorde wat EK te sê het. Moenie verbaas wees oor wie volgende gaan val nie want hulle kan staande bly solank hulle nie getoets word nie, maar wanneer die toetsing kom, vir julle wat speletjies gespeel het, julle sal val. Maar julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig. Dit is SY Bloed wat julle afwas, maar onthou dit, as die verlore seun nie teruggekeer het nie, sou hy hel toe gegaan het. (Lukas 15:11-32)

Moenie MY genade en MY barmhartigheid vat en moenie die Bloed van YAHUSHUA onder julle voet vertrap nie, en dit onheilig maak en ongeoorloof terwyl julle weer en weer sondig en dink HY is net ‘n verskoning om te sondig. EK weet wie speel speletjies en EK weet wie is opreg. EK weet wie ‘n seën vir die Koninkryk van die Hemel is en EK weet wie dit is wat skande gebring het alhoewel hulle dit in YAHUSHUA se Naam gedoen het.

Daar is niks wat julle kan wegsteek nie, daar is geen plek waar julle kan wegkruip nie, want EK, YAHUVEH is daar. EK het julle geskape en MY oog is vir ewig op julle. (Psalm 139)

Kies julle vandag watter God julle waarlik wil dien, nie net met julle monde nie maar met julle dade, want dit spreek harder as julle woorde.

Want wat julle in Israel sien, gebeur met die geestelike Israel. Julle word gebombardeer, missiele word vanuit die hel gestuur om julle te probeer vernietig. Om julle uit te wis. Julle sal slegs staande bly in die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA, julle een en enigste MASHIACH.

Einde van Woord

Elisabeth [Elisheva] begin bid:

Dank U Abba YAHUVEH vir hierdie Woorde wat onverwags (gekom het) terwyl ons vir ‘n ander gebid het wat in die moeilikheid is, een wie ons ons seun in YAHUSHUA noem. Abba YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons bring lof aan U, ons het U lief, ons bewonder U. O, Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep uit, asseblief, asseblief, asseblief laat ons waardig wees soos ‘n Henog. Laat ons asseblief hierdie aarde verlaat met ‘n getuienis dat ons U behaag het. Daar is geen hoër begeerte nie en ek praat nie net vir myself nie maar vir die res van die ware Bruid wat Heilig voor U is.

Onheiligheid, ons is nie geïnteresseerd daarin nie. Dit trek ons nie aan nie. Die dinge van hierdie wêreld, die pornografie, die gemors van hierdie wêreld, die dwelms, die alkohol, dit lok ons nie. Ons het een begeerte, een brandende begeerte, een begeerte wat nooit geles kan word nie en dit is net een, meer as die begeerte om ons geliefde te plesier, en dit is die begeerte om U te behaag, YAHUVEH. Om U te behaag YAHUSHUA ha MASHIACH en alle Lof, Eer en Heerlikheid aan U te bring. Daar is geen groter begeerte as om te weet dat ons weet dat ons weet ons doen alles wat ons kan doen, deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH om die bose te verslaan, om sonde te verslaan. Om nie toe te laat dat dit enige deel van ons lewe wees nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U vergifnis te vra en weg te draai van dit wat U aanstoot gee.

Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Ringleier “Ringmaiden” roep uit na U en sê, “Kom, YAHUSHUA, Kom”. Hierdie (wêreld) is ‘n vieslike afval-put maar terwyl ons hier is wil ons vir U skitter. Gee ons ‘n salwing om te skitter, U het vir my ‘n droom gegee dat hierdie wêreld niks anders as ‘n mishoop is nie, niks anders as mis nie, niks anders as ontlasting nie. Dit is hoe dit lyk wanneer U afkyk op die aarde. Behalwe, U het klein skitterende edelgesteentes, klein sprankelende juweeltjies, wat te midde van hierdie ontlasting verborge is en ons sprankel uit die Hemel (Elisabeth [Elisheva] het hier bedoel om te sê aarde en nie Hemel nie) vir U.

Ons konstante gebed is ons wil voortgaan om waardig genoem te word in die oë van YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie liggame sal aanraak nie. Dat ons sal wees onder hulle wat U eerstevrugte noem van Openbaring 14 en Openbaring 7 en opgeneem sal word om U in die lug te ontmoet. Dit is ons hartsbegeerte, ons wil skitter vir U. O, asseblief poleer hierdie juwele want U het gesê dit is wat ons is, ons is U juwele. Poleer ons asseblief sodat ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer ons asseblief so helder dat die sprankel die oë van die vyande sal verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U, die Bruid van YAHUSHUA en ek glo ek is een van hulle, ons vra U, stuur asseblief ons vyande, hulle wat die vernietiging van die Heiliges soek, na die wynpers van U toorn tereg hier op hierdie aarde, stuur hulle na die wynpers van U toorn.

Hierdie Bediening behoort aan U, die Aleph en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U s’n. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, dit is U s’n. Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring. Ek praat nou namens al die getroues en al die opregtes. Wys vir ons hoe ons U meer kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane van U oë kan afvee wanneer U seergemaak is. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan vertroos. U is ons Pappa, U is ons Pappie, ons het niemand anders nie.

My hart is nou so oorvol as ek een na die ander sien wat ek geglo het nie sou val nie. Op die oppervlakte het hulle Heilig voorgekom maar toe ons ‘n bietjie dieper grawe, toe U (hulle) blootgestel het, is dit is soos ‘n vrug, ek sien ‘n visioen van ‘n vrug en o, dit lyk so mooi en dan, wanneer jy ‘n diep genoeg hap in daardie vrug gee, sal jy sien dit is binne verrot. Of jy sal ‘n wurm in daardie appel vind. Ons het dit gesien en ek het dit al so lank gesien dat ek u gesmeek het, moet ek aanhou om dit te sien? Vir hulle wat ons vertrou, vir hulle in wie ons glo.

O Abba YAHUVEH, die pyn wat na vore gekom het soos geboortepyne asook die trane wat gestort is oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek sê, “Hoeveel meer pyn moet ek nog verduur?” Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het Heilig is en ek sien hoe hulle voor my oë val. Net U is instaat om daardie verlore dogter terug te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind wat gesterf het, te blaas. En soos Elijah van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] gebruik was om lewe in daardie kind te blaas, noem U my U Elijah van Nuuts [In Hebreeus, Eliyahu]. (1 Konings 17:17-24) Ek vra dit, dat hierdie nuutste profesie weer lewe in daardie kind sal blaas. ‘n Begeerte om Heilig te wees, nie net ‘n woord van berou uit haar mond nie maar ‘n wegdraai van die bose wat haar reguit na die put van die hel lei en haar hele familie saam met haar vat.

Abba YAHUVEH, ek vra dat U my soos daardie Elijah van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] sal gebruik om my liggaam op hulle te lê wie ons ons seuns en dogters in YAHUSHUA noem. Ek vra U, blaas lewe in hulle, blaas lewe in hulle wat begin het om U te volg. Wat begin het om Heiligheid na te streef. Wat begin het om sonde te beveg. Ek vra U Abba YAHUVEH gebruik hierdie Elijah van Nuuts [In Hebreeus, Eliyahu]. Laat hierdie woord lewe in hulle blaas met ‘n groter vasberadenheid as ooit tevore om sonde te versaak, om satan te versaak, om boosheid te versaak, om enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is die begeerte wat U in my hart plaas om te bid.

Want ek weet dit is U woorde, omdat ek nooit so iets sou gespreek, of gedink het nie. Gebruik nou hierdie liggaam om hulle te bedek. Gebruik nou hierdie woorde om lewe in hulle te blaas. Gebruik nou hierdie woorde sodat hulle die waarheid kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid sal hulle vrymaak. Want U Woord sê, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sal nie vir ons sê om dit te doen as dit onmoontlik was nie.

Dank U dat U my gebed hoor. Ons geliefde seun wat weggedwaal het, dank U omdat U hom terugbring soos die verlore seun. Dank U Abba YAHUVEH.

Vir hulle wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle hart ingenooi het nie, hulle het nie geweet hoe om U in hul hart in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag vir hulle ‘n begeerte sal gee en dat dit hulle oë gaan oopmaak en die skille sal van hul oë afval en die was sal uit hul ore kom en hulle gaan geestelik hoor, hulle gaan fisies sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle lewe vir U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan lewe.

Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening tot ‘n groter mate as wat U ooit tevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir U Glorie.

Dank U Abba YAHUVEH. Dank U, Dank U, Dank U.

Ek het hierdie gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart dat ons werk nie tevergeefs is nie. Laat ons van julle hoor. Laat ons van julle hoor. Laat ons weet. Laat ons weet hoe baie deur hierdie woord geraak is tot Eer van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Julle wie die verlore seuns en dogters is, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug. Kom huis toe. Kom huis toe. Hierdie wêreld is nie julle woning nie. Moenie toelaat dat sonde julle langer in die versoeking bring nie. Moenie toelaat dat onheiligheid julle meer mislei nie. Kom huis toe. Abba YAHUVEH dwing julle deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH, dwing julle. Verlore seuns en dogters, kom huis toe. Laat julle getuienis al die Glorie aan YAHUSHUA ons MASHIACH bring. Onthou saam met daardie getuienis kom toetse op alle vlakke en net sodra julle een slaag, sal YAH ‘n ander een op julle bring, maar dit is dit werd.

Amen

Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
4 Januarie 2009




Profesie 121, Is YAHUSHUA Net Julle Redder Of Is Hy Here God Almagtig Van Julle Lewens?

Dit is ook `n Woord vir Sielsgenote Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang, 10 Mei 2011 – Vrygestel 29 Desember 2012


Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit lankal misluk het.

Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese dat die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie geplaas moet word:

2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *
YAHUSHUA het hierdie Woord gespreek vir ‘n geliefde dogter in YAHUSHUA, die duiwel was besig om haar te prober skei van haar sielsgenoot. As gevolg van seerkry in die verlede, was daar in die Gees, doringdraad om haar hart wat haar verhinder het om liefde te gee en te ontvang, maar sy moes self vir YAHUSHUA vra om die geestelike doringdraad te verwyder. Niemand anders sou dit vir haar kon doen nie.

Deur hierdie volgende pragtige, kragtige en gesalfde Woord van YAHUSHUA was sy bevry van jukke en bindings, maar slegs as sy dit vrywillig sou ontvang en aan YAHUSHUA gehoorsaam sou wees … en prys YAH, sy het!

Daar was ‘n lang telefoniese gesprek met ons geliefde dogter in YAHUSHUA voordat hierdie Woord voort gekom het. Hier volg die woorde wat gesê was net voordat die Woord van YAHUSHUA begin het.

Kathrynyah: Kosbare HERE, ons bid genesing nou vir U geliefde dogter se hart in die naam van YAHUSHUA MASHIACH asook vir die hart van haar sielsgenoot.

Elisabeth [Elisheva]: Ek hoor iets. Ek hoor iets op hierdie oomblik waar sy besig is om te bid, jy alleenlik kan dit doen geliefde dogter. Jy is die enigste een wat dit op hierdie oomblik kan doen. Jy het daardie tweesnydende swaard om te neem, daar is doringdraad om jou hart gesit sodat mense nie te naby kan kom nie, en jy kan ook nie naby hulle kom nie want doringdraad sal altwee uitmekaar hou. Verstaan jy? Dis soos jy gesê het jy’t jouself “onder kwarantyn” geplaas, maar daar is doringdraad, YAHUSHUA sê, jy moet dit nou neem en sien jouself - as jy dit regtig, regtig kan doen- sien jouself die doringdraad af-sny van jou hart af. Kan jy dit doen?

Geliefde Dogter in YAHUSHUA: Ek kan

Kathrynyah: Sal jy dit nou kan sê?

Geliefde dogter in YAHUSHUA: Nou goed ek vat my Heilige gesalfde doringdraad skêr en ek sny al die drade af wat binne-in my hart is, asook die dorings en enige iets wat my hinder om naby ander mense te kom of wat ander mense hinder om naby my te kom. Gee my ‘n hart van vlees YAHUSHUA.

Elisabeth [Elisheva] en Kathrynyah: Amen!

Kathrynyah: ABBA YAHUVEH ek dank U dat U daardie gebed verhoor. Ek bid dat ons gevolglik wonderwerke sal sien gebeur in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Elisabeth [Elisheva]: En ons bid dieselfde vir sielsgenoot want hy het dieselfde gedoen en dit is hoekom hulle sielsgenote is. Hy het dieselfde gedoen. Hy het doringdraad om sy hart en ek gaan vir hom dieselfde sê.

Kathrynyah: Wel, daar het jy dit.

Elisabeth [Elisheva]: So, ek sou nie die openbaring gekry het as ons nie daardie gebed gebid het nie. En geliefde dogter ek weet daar kom bevryding. Maar hierdie is die begin daarvan, nou, op hierdie oomblik. Reg so? So ek gaan nou jou geliefde sielsgenoot skakel, en ek wil nie die foon oproep met haar be-eindig nie , dis hoe lief ek haar het. Dit is nie net my liefde nie…

Elisabeth [Elisheva]: begin in Heilige Tale spreek…

* * * * * * *
Profetiese Woord Begin:

MY geliefde dogter vanaand het jy MY behaag deur jou vlees neer te lê en te sê: “Nie my wil nie maar U wil geskied, YAHUSHUA. Ek sal nie my eie pad loop nie, maar ek is vasbeslote om U pad te loop YAHUSHUA.” MY geliefde, jy behaag MY. Want dit is waar, niemand kan jou liefhê soos EK jou liefhet nie, maar hierdie feit moet jy nie betwyfel nie, dat EK MY liefde vir jou in ander sit. En hoeveel meer sal EK kan doen deur jou eie sielsgenoot as julle altwee MY sal toelaat om MY liefde te laat manifesteer deur julle. Enige iets wat satan so hard beveg - MY geliefdes, verstaan julle nie hoe groot dit is, dat dit MY wil is, dat dit gedoen moet word. Want hy veg net teen MY planne. Hy probeer dit verdeel, wat EK gesê het, EK saamgevoeg wil hê, maar EK sal nie enige een van julle twee se wil teëgaan nie. Maar ook gaan EK dit nie langer toelaat om die heiligdom te verdeel nie, luister vir jul geestelike moeder. Want verenig sal jul staan maar verdeeld sal julle val - so bly verenig, julle het mekaar nodig. Julle weet nie wat hierdie jaar gaan gebeur nie....

Maar MY geliefde dogter dit is EK wat dié woorde in jou mond sit: ”Ek bly in die ark want dis hier waar ek veilig is.” Dit beteken geensins dat storms nie teen jou deur gaan hammer nie, en jou probeer verdrink nie, maar wat dit wel beteken is dit: EK IS in die ark saam met jou. En EK sal nie die storms toelaat om jou te verdrink nie.

satan is bevrees wanneer een van julle bid, hoeveel te meer wanneer almal wat EK daar bymekaar gemaak het, saam bid - want elke een is gesalf. Maar nog steeds moet EK sê: niemand met die gees van rebellie kan bly nie. Want rebellie is soos ‘n vorm van heksery en indien enige iemand sou sê:”Ek dring aan om dit te doen soos ek wil” dan sal EK hulle moet wegstuur want dit is soos melaatsheid. So, My geliefde dogter, jy het geveg teen die gees van rebellie. Almal van julle veg teen die gees van rebellie, en weet dat alleenlik deur MY NAAM en MY BLOED kan julle die geveg wen teen die gees van rebellie. Want satan is die eerste een wat gerebelleer het; lucifer het gesê hy sal dit op sy manier doen. Nou probeer hy hulle , wie MY kinders is, korrup met die vuil stank van die gees van rebellie. Saam met die spesifieke gees kan ‘n legioen demone kom om te pynig, besit te neem en te onderdruk.

Moenie die gees van rebellie toelaat om binne te kom nie. Wanneer jy dit opmerk, dryf dit uit! Lag in die duiwel se gesig. Julle sal sien! Julle sal sien! Julle sal sien! En dit geld vir al die YDS. EK spreek hierdie Woord uit: Lag in die duiwel se gesig!

“Toets elke gees wat praat” beteken : hou elke gedagte gevange! Is dit EK YAHUSHUA, wat hierdie woorde sou voortspreek? Is dit EK YAHUSHUA wat julle hierdie gedagtes sou gee? Julle sal sien my skatte, hoeveel keer julle sal moet erken dat dit of jul vlees was of satan. Maar in beide geval, as EK dit nie sou spreek nie, moet jul dit nie ontvang nie. O, hoe lief het EK julle. EK het julle al so baie gegee, en EK het so baie meer om te gee as julle MY net sal vertrou.

Seun, lê neer jou trots. Wees gewillig om die doringdrade af te sny van jou hart af. Want dit is MY begeerte om julle twee bymekaar te bring om hand aan hand saam te bedien. Dit is MY begeerte om al hierdie paartjies te gebruik om ander pare te bedien. Almal van julle was voortgebring deur MY eie Hand. Almal van julle het gely vir MY Naams ontwil. Almal van julle het saam geveg, saam gelag, saam gehuil. EK het so baie belê. Daar was nie een ongeluk wat na daardie heiligdom toe gekom het nie.

Van vanaand af, as elkeen sal gehoorsaam: Sal EK , YAHUSHUA, siele daarheen trek.

MY liefling dogter, geen liefde kan so bevredig soos MYNE nie, maar laat MY toe om jou lief te hê deur ander. Moet nooit dink dat waneer twee sielsgenote bymekaar kom dat dit perfeksie op aarde is nie. Want daar is geen perfeksie op aarde in ‘n verhouding nie – mits dit EK is wat voortspreek - EK wat toegelaat word om te manifesteer, mits dit MY liefde is wat voort-kom, gekombineer met julle liefde. Deur julle self sal julle woorde spreek van haat. Deur julself sal julle woorde spreek van pyn. Deur julle self is julle selfsugtig.

Lê neer jul eie begeertes en kyk na die ander deur MY oë. EK sal geen minagting teen die Bruid duld nie! Moenie mekaar minag nie want julle betaal so 'n groot prys om aan MY te behoort. Almal van julle het dieselfde begeerte om MY Bruid te wees, om 'n getuienis soos Enoch te hê sodat EK julle kan trek tot aan MY sy!

Vergewe soos EK julle vergewe. Neem ‘n uitveër. Moenie die ander se sonde in ink skryf nie. Laat dit in potlood wees. Vee dit nou uit. Sien jouself, hoe jy dit uitvee, asof dit nooit bestaan het nie. Is dit nie dieselfde nie - hoedat EK jou sonde uitwis met MY gestorte BLOED, so ver soos die ooste verwyder is van die weste? Sê EK vir julle: “Onthou, op so en so dag, op hierdie tyd en hierdie uur, het jy teen MY gesondig?

EK het geen rekord as jy eers gesê het: “Vergewe my” en jy bedoel dit en het berou en draai weg van daardie boosheid. Hou op om kinders te wees en te sê: “ek soek my eie wil” Het EK dit so gedoen? Het EK nie die voorbeeld gestel nie, selfs na die kruis gegaan? Het EK nie gesê nie: “O, VADER laat U wil geskied, maar as dit nogtans moonlik is…”[ O, my VADER as dit moonlik is , laat hierdie beker by MY verbygaan: maar nogtans, laat nie MY wil nie maar U wil geskied. Mat. 26:39] En hierdie beker kan nie by MY verbygaan nie, EK wil hê dat U wil geskied en nie MYNE nie.”

Hierdie is ‘n geheim - om as deel van die Bruid genoem te word!

Niemand is MY Bruid indien hulle nie hierdie gedeelte regkry nie. As hulle nie hul vlees kan neerlê nie, hoe kan hulle dan in die Gees wandel? Hoe kan hulle die Kosbare HEILIGE GEES hoor wat in hul woon? As jy jou ore toe hou en jou oë toe hou en jy sê: “Ek wil nie hoor wat U vir my sê nie , en ek wil nie sien wat U my wys nie. Ek wil nie sê wat U wil hê ek moet sê nie, ek wil nie gaan waarheen U wil hê ek moet gaan nie. Ek wil nie doen wat U my beveel om te doen nie”… GAAN DAN WEG VAN MY jy is nie MY Bruid NIE! So, daarsy! EK het dit gesê! Op hoeveel maniere moet EK sê: “ Gaan weg van MY jou sogenaamde ongehoorsame bruid!”? Die wêreld wil dit nie hoor nie! Die ge-organiseerde kerke wil dit nie hoor nie!

EK IS nie net daardie ge-offerde LAM nie. EK IS nie net die liefde van jou lewe nie . EK moet gevrees word ook! Jy wil nooit die woede van die LAM smaak nie (Openbaring 6:16). Ek het jou lief genoeg om te waarsku! Die koms van die dae van verdoeming is naby. Jy sal nie wil agterbly nie. Niemand kan vergelyk met MY liefde wat ek vir jou het nie, en MY liefde is die VADER se liefde, en MY liefde is die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) se liefde. ONS is ALMAL gekombineer. Niemand kan vergelyk met ONS liefde vir jou nie. Maar moenie mislei word nie. Want niemand kan ook met ONS woede vergelyk word nie. Hulle wil dit nie preek nie , daarom het EK hierdie bediening tot stand gebring om dit te spreek. EK plaas in elke een van MY Bruid 'n vrees - om (MY) nie aanstoot te gee nie. Wanneer hulle berou het, is dit met trane. Hulle sê: “YAHUSHUA ek wil U nie seermaak nie.”

Die vyande sê: “jy kan genade nie weg sondig nie”. Die vyande lieg. Hulle toets MY weer en weer, keer op keer. Hulle sê: “want ons kan nou enige iets doen , net wat ons wil! Dit gaan alles oor wat aan die kruis gebeur het. Jy mag my nie oordeel nie. Jy mag nie vir my sê my siel is verlore nie!“ en hulle ken MY nie eers nie. Dis die letter wat doodmaak en die gees wat lewe gee. Hulle het nie eers die Gees nie. Die HEILIGE GEES is nie in hulle nie. Hulle het die Woord gelees. Hulle het dit gememoriseer. Hulle probeer aanspraak maak op MY as hul REDDER maar hul sê: “Gaan weg as HERE” ! Hulle sê: “ ek wil geen meester oor my hê nie, hierdie is my lewe en ek gaan dit leef soos ek wil!” O, maar ek het U lief Jesus. O, ek prys U! Johannes 3:16! Sien daar word dit gesê al wat ek hoef te doen is net glo. Ek hoef nie gehoorsaam te wees nie! AmightyWind Ministry (Bediening) gaan weg ! Ek kan sondig soveel ek wil , wie is jy om te sê? Dit gaan nie oor wat ek doen nie - dit gaan oor wat Jesus gedoen het. Niemand kan regverdig wees nie, sien, dit staan hier. 'Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die geregtigheid van GOD.' (Rom. 3:23) “

Maar dit sê EK vir julle, die gebed van 'n regverdige vermag baie (Jakobus 5: 16) want julle is geregverdig deur MY want julle is soos 'n David en wanneer julle onwetend teen MY sondig, [en julle besef dat jul sondig] is julle vinnig om te berou. Julle is nie bang om te berou nie. Julle weet , dat EK sê, jy bewys dat jy MY liefhet deur gehoorsaamheid aan MY. (John.14:15) Ek sê dit vir julle, niemand anders wil dit preek nie, so daarom spreek EK dit deur hierdie erdekruik. EK kan nie net ‘n REDDER wees nie, EK moet jou HERE GOD ALMAGTIG wees. Dit is alles saam as een. Dit is waarom hierdie bediening heilig is. Dis nie net gestuur na die laaste-kansers nie . Dit is nie net gebruik as ‘n smelters-oond nie. Dit word gestuur na hulle wat geroep word om MY Bruid te wees. Selfs hierdie nag het jul 'n woord sien voortkom. Elisabeth [Elisheva] kon nie, in haar eie tyd, jou skakel nie want hierdie Woord was nog nie daar nie. EK het nodig gehad om haar 'n droom te gee. EK het nodig gehad om hierdie woorde te spreek hierdie nag.

My geliefde dogter dit was nodig dat jy dit ontvang. Dit was nodig dat jy jou vlees neerlê en sê: ‘ Ek sal dit doen soos YAHUSHUA dit wil hê” en jy het en jy het die woorde gesê en as gevolg van jou, MY liefling dogter, het hierdie Woord voortgekom. Maar EK het geweet dit sal. Hierdie (afgelope) naweek was nie die tyd nie. Dit was nie die tyd vir hierdie Woord om geboorte te gee nie daarom het EK toegelaat dat die foon verbindings af was. Andersins, Elisabeth [Elisheva], jy was in sulke desperaatheid - jy wou dit net alles afhandel terwyl jy die ergste verwag het. Wanneer het jý ‘n gedagte gevange geneem, vir jou om te dink die ergste sal gebeur? Want die ergste het nie gebeur nie maar die beste het gebeur! En jy het gebind met jou dogter deur trane, en doringdraad was gesny, en sy het die begeerte na haar sielsgenoot want EK het dit daar geplaas. Omdat EK vir haar, haar sielsgenoot gegee het. Daar is geen ander.

Nou sal EK jou lippe salf om tot die ander helfte uit te spreek. Onthou MY skat, MY juweel, soos geen ander, want almal van julle glinster teen verskillende grade. Almal van julle, almal van julle glinster. Party van julle moet gepoleer word, en die manier waarop EK poleer, is met trane, trane, trane en pyn en smart. Want kyk na 'n klont steenkool, hoe hard dit gedruk moet word voordat dit in 'n diamant verander. Almal van julle, almal van julle, almal van julle was so hard onder druk geplaas maar dit was nie te vergeefs gedoen nie. Al hierdie het voort gekom omdat EK vanaand 3 gehad het wat gehoorsaam was. Elisabeth [Elisheva] jy het MY stem gehoor terwyl jy geslaap het. Kathrynyah jy was daar vir Elisabeth [Elisheva] om te help om die salwing te vermeerder, en geliefde dogter, EK gaan nie jou naam sê nie , maar jy weet wie jy is, jy moes ontvang. Jy moes jou hart oopmaak. Jy het nodig gehad om te begeer om die woorde te hoor wat EK te sê gehad het. Jy moes voorberei word. EK het jou lief.

EK het elkeen van julle lief. Die van julle wat YAHUSHUA se “Demon Stompers” is, julle beteken so baie vir MY! Julle is vernoem na MY! EK het vir julle jul eie temalied gegee! [I’m Going To The Enemy's Camp] want julle gaan na die vyande se kamp en neem alles terug wat die duiwel gesteel het, en vanaand dogter vat jy alles terug wat die duiwel gesteel het want satan is ONDER JOU VOETE! En die vyande is verslaan! Moenie gaan op dit wat jou oë aanskou nie! Jy het geen idee wat EK aan die vyande se kamp gedoen het nie!

Julle is so spesiaal, diegene wat bly in YAHUSHUA se “Demon Stompers” asook hulle wat nog moet kom. Julle is so spesiaal dat EK MY Heilige Engele gestuur het om die geboorte aan te kondig van hierdie spesiale uitspruitsel van Bediening en die vyande tart en spot en hulle sê: “niemand kan Heilig wees nie”. Hulle oordeel julle volgens wat húlle is omdat daar geen Heiligheid in hulle is nie. Hulle begeer nie Heiligheid nie. Hulle verlang nie om MY Stem te hoor nie. Hulle druk hul ore toe wanneer hul dit hoor en hul noem hierdie Profeet allerhande bose name, so ook enige iemand anders wat die Woorde wat EK sê, herhaal.

Maar nie julle nie MY geliefdes, nie MY ware Bruid nie, julle ken MY woorde. Julle herken dit. En EK het julle lief. En groot, groot, groot, groot, groot is julle belonings in die Hemel. Al wat julle moet doen is om te oorwin. Wees oorwinnaars en neem elke gedagte gevange. En wanneer jy 'n gedagte hoor wat jy weet is nie van MY af nie, met 'n stem wat nie van MY af is nie, vat dit asof jy dit met jou hande gryp en, in die naam van YAHUSHUA, bestraf dit. Daardie leunagtige misleidende gees! En bestraf satan en sien jouself met daardie gedagte, wat nou verander het in die demoon wat die gedagte gestuur het, en sny die ding se hande af! Sny dit af met MY tweesnydende swaard! En gooi dit weg en werp dit en sê: “Ek sal geen leuens van jou aanvaar nie satan!” Want die planne wat EK vir jou het is ten goede en nie ten kwade nie. Almal wat MY stem kan hoor en dit geld vir die gaste ook.

Roep MY aan. Vertrou MY! Moenie vertrou op jou eie insig nie maar erken MY in al jou weë en EK sal jou paaie rig. Vertrou MY! Hou op om dit op jou manier te doen en doen dit op MY manier, jou HERE, jou REDDER, jou MEESTER, jou REGEERDER. EK gaan nie een verloor nie! EK ken elkeen wie se naam geskryf staan in die LAM se BOEK van LEWE voor die grondlegging van die aarde, en EK sal nie een naam verloor nie.

So wanneer vyande kom en vyande gaan. Judasse kom en Judasse gaan. Wanneer julle alles doen wat julle kan, jy stamp jou kop teen die muur maar jy kry daardie persoon net nie so ver om op sy knieë voor MY te val nie, en te erken, dat EK nie net veronderstel is om hul REDDER te wees nie- EK is veronderstel om hul MEESTER te wees - EK IS GOD ALMAGTIG, YAHUVEH se Eniggebore SEUN en julle behoort MY voetspore te volg, nie jul eie nie. As jul in jul eie voetspore volg sal dit jou reguit hel toe lei, dis waarom EK na hierdie wêreld toe gekom het, om vir julle voetspore te gee om te volg.

So, hierdie is die Woorde wat EK te sê het,'n onverwagte geskenk aan MY kosbare YDS. Want julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle werk so hard in hierdie saai-land. Die werkers is so min maar julle murmereer nie. Elisabeth[Elisheva] sal sê:” Dit moet gedoen word en dat moet gedoen word” en nie een van julle kla nie. Julle slaan jul hand aan die ploeg en dit maak nie saak wat na jul kant toe kom nie , julle is oorwinnaars! Alleenlik oorwinnaars is YAHUSHUA se Demon Stompers. Onthou dit . Die wat misluk kon nie die maatstaf handhaaf nie.

So EK laat julle met hierdie Woorde om vir jul ‘n seën te wees. EK het julle lief. Dit sal nie lank wees voor EK julle sien nie. Hou net styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie los nie! Dit maak nie saak wat jy sien in hierdie wêreld nie, moenie los nie. Hou net styf vas. Moenie dat die gees van godsdiens steel wat EK julle gegee het nie. Moenie dat die gees van twyfel, bekommernis, vrees, of paniek steel wat EK julle gegee het nie.

Geen godsdiens gaan jou red nie! Geen! Geen! Geen! Alleenlik 'n liefdevolle gehoorsame verhouding met MY, YAHUSHUA ha MASHIACH sal jou siel red.

Dankie dogter. Dankie dat jy die salwing aangeroer het in hierdie 'Ringmaiden' (Diensmaagd) van MY - Ek weet Elisabeth[Elisheva] dat jy selfs gehuiwer het om daardie woorde te sê want die woorde was besmet met leuens van satan, maar jy is MY 'Ringmaiden'(Diensmaagd) en die Woorde en die Profesieë lui/word gehoor, reg rond-om die wêreld. En satan jy weet dit. Jy kan dit nie stop nie want EK het dit besluit. En meer tale sal voortkom. MY dogter vanaand het EK jou Gesalf op 'n nuwe manier. EK salf jou nou met 'n nuwe hart en die doringdraad is weggesny. Moenie dat dit ooit weer groei nie. Moenie terug kyk nie, kyk vorentoe en soos jy aanhou om jou wil neer te lê, soos jy aanhou om elke gedagte gevange te hou, hou ook elke begeerte gevange! Sien as dit van MY af kom sal jy groei in die Salwing van die RUACH HA KODESH en dit geld vir almal wat nou na hierdie Woord luister.

Einde van Woord

Elisabeth [Elisheva]: Sug, dis dit! Dit was heeltyd asof ek nie asem gehaal het nie. Dis hemelse suurstof…

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]

Affronteer meeste en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid

van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS

* * * * * * *