Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Yitro / Jethro, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 8, 79, 87;

Eksodus 18:1-20:23;

Jesaja 6:1-7:6; 9:5-6

Matteus 19:16-26




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA, jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


6 Februarie, 2021


Profesie 8, Sal Julle Bewys Dat Julle My Liefhet?

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 28 Mei 1997

Hierdie kom uit Profesie 105,YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY woorde verag en met SY profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******
So spreek YAHUSHUA (Jesus Christus), so sal jy wees. Want EK sien jou hart. EK hoor jou uitroepe tot MY. EK voel jou gebrokenheid aan wanneer 'n leier vir wie jy vertrou het, jou mislei. Maar EK het jou geroep en georden. EK sal jou dra. EK, YAHUSHUA en die RUACH ha K0DESH (Heilige Gees) lei jou op. EK sal jou nie uitstuur na die voorste linies totdat jy instaat is om die teëspoed te weerstaan en te verdra wat jy sal verduur nie. Maar jou seëninge sal baie wees.

Baie siele sal na MY toe kom, terwyl EK jou geloof versterk en jy voortgaan in MY NAAM om groot werke in die NAAM van YAHUSHUA te doen en almal sal weet dit is nie jy nie, maar die RUACH ha KODESH salwing wat hierdie manifestasies van bevrydig en genesing voortbring. EK sal jou gebruik om MY Woorde te spreek en jy sal dit dapper doen, alhoewel baie beledig sal word. Dit is MY Woorde nie joune nie; jy word nie verantwoordelik gehou vir wat EK sê of die manier waarop EK dink nie. Want MY weë is hoër as jou weë, is hulle nie?

EK praat nie net met jou nie, maar EK praat weereens met al die Profete en Apostels wie in MY NAAM bedien. Die weg is nie maklik nie en dit sal ook nie makliker word nie. Maar hou styf vas aan die mate van geloof wat EK vir elkeen van julle gegee het. Want dit is ver verhewe bo dit wat julle in hierdie eindtyd sal verdra. Want jullle Bruidegrom gaan kom, ja, EK is selfs al op die horison. Julle kan MY op hierdie oomblik voel, wees gereed.

Doen wat EK julle geroep het om te doen, slaan julle hand aan die ploeg en moenie terugkyk nie, maar kyk vorentoe. Hou aan om die goeie wedloop te hardloop tot by die merk van die hoogste roeping. Moenie mislei word nie, die verdrukking het nog nie begin nie. Bid dat julle dit gespaar sal word, want die verdrukking is nie vir MY Bruid nie. Hoekom sal EK MY Geliefde Bruid aanrand en mishandel? Hoekom sal EK MY wederhelfte doodmaak, MY Bruid wat haar bruidegom inwag? MY Bruid met al haar juwele aan en keurig versier en wie slegs vir MY aanbid, slegs vir MY lewe. EK sal nie.

EK sê vir julle, enigeen wat sê, EK gaan julle toelaat om deur die Groot Verdrukking te gaan, spreek nie MY Woorde nie. Hulle spreek woorde van vrees en bedrog. EK kom vir MY Bruid om haar sagkens weg te neem en haar liefdevol te beskerm. Sy is nie MY toorn waardig nie, want sy het MY lief en gehoorsaam MY. Sy vertrou MY. Sy maak staat op MY om haar te red. Moenie vrees vir wat sogenaamde deskundiges sê nie, en hulle sê, "Julle sal hier wees vir die toorn van Almagtige GOD YAHUVEH." Dit is nie van MY nie. EK het MY Bruid, MY Kinders bo enigiets lief. EK het MY lewe gegee sodat julle gespaar kan word.

Soos julle MY vertrou om julle van die hel te bewaar, vertrou MY ook om julle van die komende euwel van die groot tye van ellende te bewaar, wat oor hierdie aarde gaan kom deur die onverdunde toorn van Almagtige YAHUVEH. MY Kinders, bid vir MY spoedige koms want oordeel moet begin by MY eie kinders en dan sal die heidene veroordeel word. Dit is die groot tye van ellende waarvan EK praat. Wat EK julle ookal geroep het om te doen, doen dit nou want binnekort sal dit te laat wees.

Hou julle oë ooswaarts gerig en weet dat MY koms naby is. Kan julle nie die opgewondenheid aanvoel nie, want julle Bruidgom gaan kom? Maar vir MY Bruid is daar geen vrees nie, slegs gejuig. Vrees vir hulle wat spot, of MY misken. Vrees vir die verlore skape. Vrees vir die goddeloses en verwerpte silwer. Soos hulle MY verwerp het, so het EK hulle verwerp. Julle sal verwerpte silwer ken; want julle sal weet die RUACH ha KODESH trek hulle nie. Die RUACH ha KODESH sal nie altyd met mense wedywer nie, veral in hierdie eindtye.

Jou Daniël het na 'n woord kom soek. Jou Daniël is op hierdie dag beloon. Weereens het EK jou gebruik om die gawes in MY Diensmaagd op te roer. Julle het albei nie geweet dat EK 'n afspraak met julle gemaak het om aanlyn te ontmoet nie, maar EK het. Hierdie boodskap is nie net vir jou nie Daniël, maar weereens Geliefde Seun, het EK jou gebruik om met al MY Kinders te spreek.

Moenie vrees nie, julle Bruidegom gaan kom. Hou styf vas aan julle geloof, want alhoewel EK stil is, toets EK hulle wat hulle liefde vir MY proklameer. Maar deur MY Skape te voed en te waarsku, sal julle julle liefde vir MY bewys. Deur gewillig te wees om vervolging te ly, haat, verwerping terwille van MY NAAM, sal julle jul liefde vir MY bewys. Deur stewig vas te hou aan julle geloof, alhoewel julle nie met julle oë die antwoord op julle gebede kan sien nie, sal julle jul liefde vir MY bewys as julle sê, "YAHUSHUA, selfs al beantwoord U nooit weer 'n gebed nie, aanbid EK U vir wie U is, vir wat U vir MY gedoen het op Golgota."

Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur gewilliglik julle reputasies neer te lê vir MY en as dit nodig is om julle lewens op te offer vir die Evangelie van YAHUSHUA. Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur MY te gehoorsaam, en MY openlik te bely en te aanbid. Dit sal julle liefde vir MY bewys. Deur die wolwe in skaapkrale te ontbloot wat kom om die skape te verslind, deur MY swaard van die RUACH ha KODESH op te neem en MY Skape te verdedig sal julle jul liefde vir MY bewys. Julle sê julle het MY lief, MY Kinders? Deur dan op te staan vir Heiligheid en vir wat reg en wat verkeerd is, deur verander te word na MY gelykenis en nie van die wêreld nie, sal julle jul liefde vir MY bewys. EK sluit af met een vraag, "Sal julle jul liefde vir MY bewys?"

EK waak en julle is omring deur 'n wolk van getuies. Selfs die vyand van julle siele kyk vreesbevange. Sal julle jul liefde vir MY bewys deur mekaar lief te hê? Julle wat dit doen, weet julle is MYNE en julle sal dit weet. Sal julle julle liefde vir MY bewys deur skuiling te bied en hulle lief te hê en julle in gebed uit te strek na hulle? Dit sal julle liefde vir MY bewys. MY Skape ken MY stem; hulle sal na geen ander herder toe gaan nie. Het julle MY stem op hierdie dag gehoor? Dit is dan vir wie hierdie boodskap is. EK het MY Liefde vir julle op Golgota bewys. Sal julle nou julle liefde vir MY bewys?

* * * * * * *

Gegee aan hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA,
Profeet Sherrie Elijah op 28 Mei 1997

JA, Ek sal MY liefde vir U bewys YAHUSHUA. Dankie dat U weereens deur hierdie gebroke Kleipot gespreek het. Asseblief RUACH ha KODESH, salf hierdie woorde magtiglik tot YAHUSHUA se Eer, bid ek. Help asseblief die skape om YAHUSHUA se stem te onderskei. Asseblief, RUACH ha KODESH, help ons om ons liefde vir ons Meester, Regeerder, Verlosser, Koning van Konings, ons spoedig komende Bruidegom te bewys. Ons Aanbid, Prys en Bemin U, YAHUSHUA ha MASHIACH. Altyd U Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid.



Profesie 79 Ek, YAHUVEH Sê, 'mense, Julle Mis Die Punt!'

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 2 Augustus 2005 om 4:00 vm.
Redakteur se Kommentaar:

Hierdie Profetiese Woord van YAHUVEH is ingesluit omdat dit ‘n geestelike fondasie gelê het waarop verdere Profetiese Woorde gespreek was. Toe hierdie Woord gespreek was het YAHUVEH se Skeidings Swaard neergekom tussen diegene wat SY Ware Sabbat van Vrydag sononder tot Saterdag sononder geëer het en diegene wat nie die mensgemaakte Sabbat van Sondag— die dag waarop die antieke Romeine hulle songod geëer het, wou opgee nie.

Op 1 Augustus 2005 het Elisheva bly hoor, “EK YAHUVEH, sê vir jou Elisheva om vir die mense te vertel, ‘Mense, julle mis die punt!” Op 2 Augustus 2005 terwyl Elisheva die (ex) webbestuurder vertel het, het ‘n magtige Salwing oor haar gekom terwyl sy begin het om in Heilige tale te bid en hierdie Profetiese Woord het voortgekom.

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie bring (1 Kor. 14:6).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU הי is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הי וללה
Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH הוהי GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA
עושוהי
GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH תישמ beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIM םיהולא beteken “GOD”

Die openbaring
van “SH’KHINYAH GLORY’ הינכש תליהת
– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH שדקה חור
In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie webwerf.
(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} הניכש
is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH הי אבא beteken ‘VADER YAH”

En IMMA YAH הי אמא beteken “MOEDER YAH’

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH SE Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:


EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH, geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHUVEH: dit is MY NAAM:
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8
(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag,
en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16

En, in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag om—hierdie twee gesalfdes te probeer seermaak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore is. Moenie MY gesalfdes aanraak nie en moet ook nie hierdie twee Profete seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sou beter vir jou gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitskeur!
(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:
Ek waarsku julle almal—diegene wie kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself, al die Bedienaars van AmightyWind Ministry—Ek waarsku julle nou, ‘Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en doen sy Profete geen kwaad aan nie’ (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22) ingeval die Wraak van die Roede van YAH op julle neerkom. Maar vir hulle wie geseënd is en wie ‘n seën is vir hierdie Bediening, en getrou, en wie die Profesieë ontvang, baie seëninge sal op jul daal—alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Profesie 79 Begin:

2 Augustus 2005

As julle MY nie nou gehoorsaam nie en as julle nou toegewings maak met die Dag wat EK eenkant gesit het as MY Heilige SabbatDag—en as julle nie dink dit is belangrik om ‘n ieder en ‘n elk van MY Gebooie te gehoorsaam nie—wat laat julle dink julle sal gehoorsaam wees tydens die spoedig komende Groot Verdrukking?

Hoekom is dit gemakliker om te luister na die mens se leerstellings, wanneer hulle MY Woorde verdraai om gelykvormig te word aan die mens se sondige beeld? Alhoewel MY SEUN YAHUSHUA julle RUS is, is HY nie julle Dag-van-Rus nie. MY SEUN YAHUSHUA is NIE 'n dag nie en MY 4de Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus, Heilig te hou.

Watter gedeelte hiervan verstaan julle nie? Ja, rus in YAHUSHUA. Want SY juk is sag en SY las is lig (Mat. 11:30), maar hierdie het niks te doen met die Sabbat Dag nie. Het YAHUSHUA nie die Sabbat gehou nie?

Het EK nie MY SEUN, YAHUSHUA, gestuur om vir julle 'n voorbeeld te wees nie? Weet julle selfs hoekom EK 'n Dag van Rus eenkant gesit het? (Gen. 2:1-3)? Weet julle nie hierdie Sabbat Dag moet vir julle 'n seën wees en nie 'n vloek nie?

MY Vierde Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus Heilig te hou. Sê die Wet nie wat EK geskryf het met MY Eie Vurige Vinger op 'n klip tablet (Eks. 31:18; Dt 9:10) en gegee het vir Moses op berg Sinai, "Eer MY SabbatDag en hou dit Heilig" nie (Eks.20)?

Weer vra EK julle, van wanneer af is MY SEUN, YAHUSHUA, 'n dag? Vra julself, hoekom sou satan die dag van Sabbat verander na Sondag toe as dit nie gebruik gaan word vir sy doel in die Groot Verdrukking nie? Moenie luister na diegene wat anders preek nie. Hierin lê die oorwinning.

Dit is geskryf in MY Heilige Woord dat EK, YAHUVEH, nie kan lieg nie.

As julle MY gehoorsaam, is daar Seëninge en Oorwinning soos uiteengesit in Deuteronomium 28. Daar is vervloekings vir diegene wat verontagsaam. Lees en bestudeer wat geskryf is in Exodus 31:12-17. Die ware Sabbat sal die teken wees tussen MY, YAHUVEH & MY mense en dit sal gebruik word om te identifiseer wie waarlik aanbid en wie MY sal dien in die Groot Verdrukking.

Sal julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA aanbid op die Ware Sabbat—Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder? Of sal julle tydens die Groot Verdrukking die seun van satan dien en aanbid op Sondag?

As julle nie MY Heilige SabbatDag nou onderhou nie, wat laat julle dink dat julle dit dan sal doen, tydens die Groot Verdrukking wat net 'n asemteug ver is?

Dit is hoekom EK nou spreek deur hierdie “Ringmaiden” van MY —wie georden is om 'n Profeet te wees vir [baie]—sodat hierdie waarskuwing regoor hierdie wêreld sal weerklink. Weet julle nie diegene wat onderrig dat dit onmoontlik is om gehoorsaam te wees en Heilig te wees vir MY maak verskonings vir hulle eie sondes nie?

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Hierdie is nie oop vir debatvoering nie. Julle sal óf doen wat EK, YAHUVEH sê, of in die Groot Verdrukking sal julle met julle siele betaal. Diegene wat in opstand gekom en gesê het, "Ek sal Elisabeth [Elisheva] se regter wees, ek sal Elisabeth [Elisheva] se jurie wees” bekeer nou of julle sal My in die oë kyk. En EK sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van onheil" (Matt. 7:23; Luk. 13:27), want EK IS YAHUVEH en EK neem nie deel aan enige debat nie. EK ALLEEN IS REGTER, EK ALLEEN IS JURIE, EK ALLEEN IS SKEIDSREGTER.

Hierdie is NIE Elisabeth [Elisheva] se woorde nie.

Julle predikers en vals profete van wetteloosheid val haar aan. Julle beswadder haar vir die Torah wat EK geskryf het met MY Eie vinger. Julle leer MY skape en MY lammers dat Ek sonde oorsien. Bekeer vandag! Want EK IS nie 'n GOD YAHUVEH wat verander het op enige manier nie. Jy wie haar oordeel, haal die balk uit jou eie oog— voor jy probeer om die splinter uit iemand anders se oog uit te haal. Jy is smerig in sonde. Jy is smerig in rebellie. Jy is smerig in ongehoorsaamheid. En jy is smerig in trots.

Val op julle aangesigte voor MY, want EK IS YAHUVEH julle SKEPPER, die EWIGE EEN. Julle waag dit om MY SEUN YAHUSHUA, te blameer as jul verskoning om te sondig! Julle waag dit om SY BLOED te vertrap onder julle voete, verskonings te maak vir julle sonde! Val op julle aangesigte voor MY voordat dit te ver gaan en daar geen weg terug na MY toe is nie (Hebr. 6:4-6)! MOENIE MY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES] bedroef NIE!

MY SEUN YAHUSHUA het nie gekom om MY Wette te kanselleer nie.

MY SEUN YAHUSHUA het gekom om MY Wette te vervul (Mat.5:17).

Wees dankbaar dat EK julle nie nou meer langer aanspreeklik hou vir 613 wette nie. EK hou julle aanspreeklik vir Tien Wette en julle gooi julle hande in die lug en sê, "Dis te veel vir my!"

Julle verkies om te luister na die mens wat MY Wette herskryf. Hulle vertel julle om onskuldige babas in die baarmoeder te vermoor is nie 'n sonde nie. Hulle wettig aborsie.

Die predikers onderrig in julle kerke, "Moenie praat teen hierdie wet nie." Die georganiseerde kerke wat vergader op Sondae het die omkoopgeld geneem van die regerings van hierdie wêreld. Hulle het die gees van vrees gevat en dit gedra soos klere.

Waar is MY Heilige Bedienaars wat nie toegegee het nie en steeds spreek teen sonde? Julle mensgemaakte wette wettig dit wat EK gesê het is ‘n gruwel —hulle noem dit "selfdegeslag-huwelike". Nie eers in die dae van Sodom & Gomorra was daar sulke “selfdegeslag-huwelike” nie. Nie eers in die dae van Sodom en Gomorra was daar sulke sondes nie alhoewel die gruwels van homoseksualiteit oorvloedig was. Maar, hulle het dit nie gewaag om dit 'n huwelik te noem nie!

Moenie die leuens glo wat leer, "Eenkeer gered, altyd gered" (Eseg. 33:12) nie. MOENIE glo dat, omdat YAHUSHUA die prys betaal het by Golgota— dit nou nie meer saak maak nie—dat jy kan sondig, dat jy kan oorleun so naby aan die afgrond van die hel so ver as wat jy wil omdat jy 'n reddings gebed gesê het nie (Matt. 7:21-23).

Julle dink julle hoef nie enige werk daaragter te sit nie en julle steeds die versekering het om die Hemel se poorte binne te gaan. Gaan weg van MY julle werkers van wetteloosheid! EK wil nie meer enige van julle verskonings hoor nie. Óf julle sal Heilig wees, of EK sal vir julle sê, "Werkers van ongeregtigheid, EK het julle nooit geken nie."

EK, YAHUVEH, sê, "Mense, julle mis die punt!"

Julle luister na hierdie manne nou en julle sit in julle kerke gelowig aan die leuens dat Sondag die Sabbat is of dit maak nie saak watter dag die Sabbat is nie. Julle glo die leuens wat beide predikers en sommige rabbies onderrig dat daar geen groter Salwings Krag is in die Hebreeuse HEILIGE NAME van YAHUVEH & YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH nie, dat enige naam sal doen.

Die predikers leer julle dat dit nie belangrik is om die Joodsheid van die MESSIAS te leer nie. Hulle sê dat as jy nie 'n Jood is nie is dit nie van toepassing nie. Hierdie wettelose predikers leer jou dat jy 'n heiden is en julle nie die wette hoef te gehoorsaam wat gegee is aan die Kinders van Israel nie. Het julle vergeet dat toe julle MY SEUN, YAHUSHUA, aanvaar het as MESSIAS het julle een geword met HOM (Rom. 11:16-21)?

Julle wonder, "Waar is die Salwings Krag van die Eerste Kerk met tekens, wonders en wonderwerke?" Julle roep uit, "Waar is die manifestasie van die wonderwerke, soos in die Dae van Ouds?"

Gaan terug en doen wat die Eerste Kerk gedoen het en julle sal hierdie wonderwerke weereens sien. Vir diegene wat nie van beter weet nie, sê EK julle word aanspreeklik gehou alleenlik vir dit wat julle geweet het. Nou word julle aanspreeklik gehou, sowel as om ander hierdie Waarhede te leer. Maar vir diegene wat reg ken en verkeerd doen, julle sal betaal met julle siel.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Julle gehoorsaam hierdie bose geestelike leiers nou wat verskonings maak vir sonde. Wat laat julle dink in die Groot Verdrukking sal julle nie dieselfde doen nie—met die seun van satan?
EK het julle vertel deur die Profesieë wat EK vrygestel het deur Elisabeth [Elisheva], dat MY SEUN YAHUSHUA terugkom vir SY Bruid op 'n Rosh Hashanah en dit sal op 'n Shabbat [Sabbat] wees. As julle nie geleer word hoe om MY Shabbat & MY Heilige Dae waar te neem nie, en om ONS HEILIGE NAME te leer en MY TORAH te gehoorsaam nie, hoe sal julle weet om MY & MY SEUN, YAHUSHUA te eer, soos EK bepaal het? Hoe sal julle weet watter dag—sonder om te ondersoek en julleself waardig te bewys—het EK, YAHUVEH, eenkant gesit om MY Shabbat te wees? Hoe kan julle gereed wees wanneer YAHUSHUA weer kom?

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

As julle nie MY Heilige Feeste eer en waarneem nie, hoe sal julle weet wat Rosh HaShanah is en wanneer dit is? Dan, wanneer julle agtergelaat word sal julle vra, "Hoekom?" So EK spreekvoort uit MY “Ringmaiden” en sê vir julle voor die tyd dat EK, YAHUVEH, profeteer deur hierdie “Ringmaiden” wie deel is van MY SEUN YAHUSHUA se Bruid.

Die Bruid van YAHUSHUA sal nie net verander word in hul verheerlikte liggame nie—en gevul met so 'n SALWING ASOF YAHUSHUA HOMSELF WANDEL DEUR HULLE & SAAM MET HULLE nie—HY sal hulle vul met so 'n SALWING dat NIKS onmoontlik sal wees vir hulle nie!

En vir 40 dae sal MY SEUN YAHUSHUA se Bruid waarsku, "Moenie die merk van die dier neem nie". Hulle sal gaan na diegene wat EK die Gaste noem en diegene wie se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe en hulle sal vir hulle sê, "Moenie ongehoorsaam wees nie. Moenie toewings maak nie, alhoewel dit jou aardse lewe mag beteken."

Julle sien, EK gebruik hierdie “Ringmaiden” nou, selfs sonder haar verheerlikte liggaam, as 'n stem wat die waarskuwing uitroep voor die tyd. Want EK het haar geroep om 'n Profeet te wees [almal]. Moenie die Merk van die dier neem nie! Sondag aanbidding en die Merk van die dier is verbind.

Pasop jy sal jou siel verloor as jy die Sondag Aanbidding-Wet onderhou tydens die Groot Verdrukking. EK sal moet om verskoning vra vir Sodom en Gomorra, wat EK met vuur en swael vernietig het, as EK hierdie aardse gruwels toelaat om nog veel langer aan te hou soos dit is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en Gomorra nie! EK sal verdelg en ‘n einde maak aan alles wat EK, YAHUVEH verafsku.

Hierdie vals predikers maak verskoning om te sondig en julle het na hulle geluister. Julle kom na hierdie Bediening toe vir julle Geestelike Voedsel: om die Salwing te proe, om die Geestelike Melk te drink en om die Geestelike Vleis te eet. Dan maak hoeveel van julle toegewings en gaan na die Sondag kerke? Julle val by julle pastoor se voete in getrouheid. En dit is daar waar julle jul tiendes en offerandes gee. Julle kan dit nie albei maniere hê nie.

Julle moet vasstel watter dag is die dag wat EK bepaal het as die Shabbat. Want soos EK bepaal het watter dag is die Sabbat, wat die Dag is waarop julle MY moet eer en rus en nader moet kom aan MY—

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

—en so sal die seun van satan diegene wat toegewings gemaak het beveel om hom te aanbid op die dag wat hy bepaal.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Soos MY SEUN, YAHUSHUA, gespreek het en HY gesê het, ‘ neem deel aan hierdie wyn en hierdie brood ter nagedagtenis aan my’ (1 Kor. 11:23-26) —in die spoedig komende Groot Verdrukking, weet julle nie dat die seun van satan sal sê aan almal wat sy merk aanvaar, ‘Doen hierdie ter nagedagtenis aan my’ nie? Hulle sal die bloed drink van die martelaars uit die bekers. Dit sal gevul wees met bloed en soos vampiere, sal hulle daardie bloed drink.

En net so seker as wat 'n Nagmaalbord aangestuur word—net so seker—sal hulle die bord aanstuur en die seun van satan sal sê, "Doen dit ter nagedagtenis aan my." Geroosterde vlees van die martelaars sal hulle eet. Hulle sal spot met MY Nagmaal & YAHUSHUA se Bruid. Hulle sal waarlik YAHUSHUA se Bruid verafsku want hulle weet die gebede van die regverdiges het die seun van satan teruggehou totdat dit tyd was om YAHUSHUA se Bruid uit te roep. Die gebede van die regverdiges vermag baie (Jak. 5:16).

EK, YAHUVEH, waarsku julle. Dit het alreeds begin.

Daar sal seksuele orgies wees in die Sondag kerke tydens die Groot Verdrukking. Dit sal op hierdie manier wees wat die seun van satan, YAHUSHUA se Bruid bespot. Want YAHUSHUA & SY Bruid is een, en AL diegene wat YAHUSHUA aanbid, wat MY SEUN gehoorsaam is een—want dit is 'n Geestelike verbintenis liggaam, verstand, gees en siel—die seun van satan sal spot tydens die Groot Verdrukking: hy sal seksuele orgies hou in die Sondag kerke.

Die begin van die groot misleiding is die homoseksuele kerke. Weer sê EK, die sonde het alreeds begin.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Hierdie is die manier hoe EK hierdie Bediening gebruik, die skape skei van die bokke, die koring skei van die wieke [onkruid]. Diegene wie se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe voor die Grondlegging van hierdie Aarde, hierdies is diegene wie se name sal bly in die LAM se Boek van Lewe. Hulle sal nie die seun van satan aanbid nie en hulle sal die merk van die dier weier, selfs as julle hierdie nou hoor of lees en julle aanhou om toegewings nou te maak, sal julle tydens die Groot Verdrukking die ware Sabbat onderhou en eer wat Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder is al mag dit julle lewe beteken en julle sal gemartel word.

Al julle name is alreeds neergeskryf want EK het reeds geweet voor julle gebore was op hierdie aarde wat julle sou doen. As julle nie nou luister nie, sal julle luister dan.

Diegene wat hierdie Boodskap lees en hoor en julle tande kners van woede vir MY “Ringmaiden”, so ook, sal julle jul tande kners van woede en julle vuis bal vir MY, YAHUVEH julle SKEPPER tydens die Groot Verdrukking, terwyl plae en vloeke oor julle kom een na die ander en tog sal julle nie bekeer van julle sondes nie. Want op daardie dag, as jou naam in die LAM SE Boek van die Lewe is, sal EK jou naam uitklad [Openb. 3:5].

So ook, almal van julle wat wonder hoekom Elisabeth [Elisheva] dit oor haarself sou bring, dit is omdat EK hierdie Bediening gebruik om die koring te skei—van die onkruid— terwyl julle dit hoor, sal julle weet of julle koring of ‘n onkruid is. Is julle ‘n onkruid om net verteer te word deur MY WOEDE, MY VERTERENDE VUUR?—alhoewel EK haar [ook] nou gebruik om uit te roep na die Bruid, soos 'n stem sal uitroep na die Vyf Wyse Maagde: “Moenie toegewings maak nie. Wees gereed. Want julle BRUIDEGOM kom vir SY Bruid op 'n Rosh HaShanah en 'n Sabbat.”

YAHUSHUA se Bruid, wees op julle knieë voor MY. Bly Heilig en bly nederig. Bid dat julle waardig sal bly om MY SEUN YAHUSHUA SE Bruid te wees wat gesimboliseer word as die Vyf Wyse Maagde, wat die eerste wegvoering is, algemeen genoem die Wegraping.

Gaste bid dat julle deel sal wees van die Tweede Wegvoering sodat julle die Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LAM (Openbaring 19:9). Die Gaste word gesimboliseer as die Vyf Dwase Maagde wat vertel word dat die BRUIDEGOM sou kom nadat die Bruid van YAHUSHUA weggevoer is.

So bly waaksaam want julle ken nie die dag of uur nie. (Mattheus 25:1-13) Teen die tyd wat MY SEUN YAHUSHUA kom om die Vyf Dwase Maagde weg te voer—sal hulle wys wees.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Wil julle weet wat julle uitsonder om die Bruid van YAHUSHUA te wees, of 'n Gas? EK vertel julle nou. Dit is hoeveel jy dit begeer, hoeveel jy dit bewys deur Heiligheid, liefde en gehoorsaamheid. Hoeveel is jy bereid om op te offer om YAHUSHUA se Bruid te wees, dinge op SY manier te doen en nie joune nie, HOM te verheerlik in alles wat jy doen?

Die Bruid weet sy moet MY Heilige Dae hou. Die Bruid weet sy kan nie toegewings maak met dit wat sy weet om waar te wees nie. Sy is dapper in die voortspreking van die Waarheid. Dit is wat haar uitsonder.

Nagmaal is ook 'n herinnering van die Huweliksverbond met YAHUSHUA. YAHUSHUA SE Bruid gebruik ONS HEILIGE GEWYDE NAME van YAHUVEH & YAHUSHUA. Dit maak nie saak oor die spelling nie want EK ken julle harte en hulle kry nie skaam nie.

Hoe baie begeer julle om YAHUSHUA se Bruid te wees? Hoeveel passie het julle vir YAHUSHUA? Hoe bewys jy dat EK, YAHUVEH & YAHUSHUA eerste is in jou liefde en lewe en in alles wat jy doen? Dit is wat julle uitsonder as YAHUSHUA SE Bruid, want EK vertel julle hierdie Geheim: die passie en die diepte van jou liefde vir YAHUSHUA is 'n bewys vir almal om te sien. Dit is die merk van YAHUSHUA SE Bruid. Hulle voel hulle kan nie genoeg doen vir MY nie.

Nou ken julle die Geheime. Julle sien MY lieflinge. Hierdie is niks wat julle kan wegsteek nie. Want EK weet wie waarlik, waarlik begeer om die prys te betaal om YAHUSHUA se Bruid te wees. Want EK sal niemand YAHUSHUA se Bruid noem as hulle nie hierdie begeerte het nie. Elke dag bid YAHUSHUA se Bruid, "Maak my Heiliger vir U". YAHUSHUA se Bruid is nederig en Heilig voor MY.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Bly getrou aan MY nou. Moenie net hoorders wees van MY WOORD nie maar wees daders van die HEILIGE WOORD (Jak 1:22). Wees Heilig net soos EK Heilig is want al is julle in hierdie wêreld, moet julle nie optree soos hierdie wêreld nie. Laat die predikers van wetteloosheid nie MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor lei nie, want elkeen moet “sy eie redding uitwerk met vrees en bewing” (Filip. 2:12). Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).

MY SEUN YAHUSHUA het SY deel gedoen by Golgota. Nou sê EK, YAHUVEH, vir julle, "Doen julle deel". Strewe om te gehoorsaam. Moenie sonde vooraf bedink nie. Moenie verskonings maak vir sonde nie. Moenie die woorde van die predikers ontvang wat wetteloosheid preek nie.

Want EK, YAHUVEH, sê vir julle, "Hoekom noem julle MY SEUN, YAHUSHUA, HERE, en gehoorsaam HOM nie?" (Luk. 6:46).

EK, YAHUVEH sê, as julle nie bekeer vir die maniere waarop julle ongehoorsaam is nie, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid", (Matt. 7:23; Luk. 13:27) [sal julle hoor] op Oordeels Dag want EK sal nie staan vir julle om YAHUSHUA SE HEILIGE BLOED te bespot nie. Julle wat julleself “predikers” noem wat verskonings maak vir MY mense om te sondig, BEKEER vandag omdat julle MY skape en MY lammers op ‘n dwaalspoor lei of die VUUR VAN MY VERTERENDE ASEM sal julle soos kaf in 'N MAGTIGE WIND wegwaai.

EK, YAHUVEH, sê as julle nie hou van hierdie Woorde wat voortgespreek is deur MY “Ringmaiden” Elisabeth [Elisheva] nie, dan sal julle die gevolge daarvan maai. Want EK weier om te debatteer.

Daar is maar EEN REGTER. Daar is maar EEN JURIE.

En EK—YAHUVEH—IS die ENIGSTE SKEIDSREGTER.

As julle nie van hierdie Profetiese Boodskap hou nie, moet dit nie na Elisabeth [Elisheva] toe neem nie, maar neem dit na MY, YAHUVEH toe. Sy is net MY Gesalfde Boodskapper.

Einde van Profesie

So was dit gespreek, so was dit geskryf op 2 Augustus 2005 om 04:00 vm. deur hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH & YAHUSHUA vir HULLE Lof, Eer en Heerlikheid.

EK bly 'n nederige diensmaagd,

Apostel Elisabeth Elijah
(Elisheva Eliyahu)


Profesie 87, Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat EK, YAHUVEH, Wil Sê!

Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat EK, YAHUVEH, Te Sê Het! Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 27 Augustus 2006

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel om dit op alle Profesieë by te voeg van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel om hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

"Sh'ma Yisrael" Deut. 6:4
"Hoor, Yisrael, YAHUVEH is ons ELOHIEM,YAHUVEH is een”
Geseënd is SY Glansryke Koninkryk vir altyd en ewig.

Profesie BEGIN

Hoor o Geliefde Israel, Jerusalem en die res van die wêreld. Kan julle nie jul Skepper hoor huil en wroeg oor hoe ver julle van MY Heiligheid afgedwaal het nie? Julle kan nie sê julle weet nie wat is reg en wat is verkeerd nie want o Israel en Jerusalem het EK nie MY Torah op julle harte geskryf nie en het EK julle nie beveel om die Torah wette vir julle kinders te leer nie? Is julle nie die saad van Abraham, Isak en Jakob nie? Het julle nie enige iets geleer van julle Koning Dawid en van Josua nie? So wat is julle verskoning?

Watter verweer het julle om die gruwels toe te laat soos homoseksuele propaganda gemik op julle jeug om hulle te verdorwe. Hoekom verwelkom julle wat EK 'n gruwel noem en 'n bespotting van die huwelik? Maak julle aanspraak op onkunde teenoor MY Tanakh? Verstaan julle nie hoe julle 'n skande bring oor alles wat Heilig is deur hierdie verdorwenheid toe te laat om in te kom in dit wat eens op 'n tyd die Heilige Stad genoem was nie?

Vir die van julle in Israel en Jerusalem wat wel huil en weeklaag vir die boosheid wat gebring was na Israel toe en julle het jul bes gedoen om te protesteer, weet dat EK julle sal beloon in die mate wat julle protesteer teen die homoseksuele gees en die bose gees van Molech genoem aborsie. Hoekom o Israel vermoor julle eie vroulike soldate die onskuldige babatjies terwyl binne-in hulle baarmoeders in plaas daarvan om eerbaar te bly? Verstaan julle nie EK sal julle nie seën nie totdat julle gehoorsaam en bekeer en wegdraai van jul bose weë en Heilig is vir MY, YAHUVEH?

O Israel en Jerusalem, waar is die vrees, gehoorsaamheid, eerbied, Heilige ontsag wat julle voorvaders Moses, Abraham, Isak, Jakob, Josef, Dawid en Josua gehad het? Is dit nodig dat EK aangaan? O manne van Israel, hoekom dink julle jul militêre krag maak van julle dapper helde? Verstaan julle nie dit is julle geregtigheid deur MY SEUN YAHUSHUA wat sal maak dat EK jul oorloë sal veg en dat julle sal oorwin nie?

O Vroue van Israel en Jerusalem, waar is die Heilige werktuie wat MY, YAHUVEH vrees, meer as wat julle vees wat mans sê? Waar is die vroue van Israel met die Heiligheid en gehoorsaamheid en geloof soos ‘n Sarah, Deborah, Rut, Ester of Miriam? Hoekom word die Delila's en die gees van Jezebel toegelaat om te besmet wat veronderstel is om Heilig te wees? Weet julle nie dat een van MY Twee Getuies 'n gees sal hê soos Deborah s'n nie wie 'n Regter was oor die hele Israel.

Hoe kan julle waag om MY te vra om Israel en Jerusalem te seën totdat julle staan vir Heiligheid? Kan julle nie sien EK is redelik in alle weë nie; EK is Almagtig in liefde en in oorlog. EK seën diegene wat gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en EK vervloek diegene wat verontagsaam. Kan julle nie sien dit is in julle eie Torah en Tanakh geskryf nie daar is heilge salwings krag in MY NAAM, wat YAHUVEH is? Sê MY Woord nie in Psalm 91 "EK sal hom verhef, omdat hy MY naam ken nie"? Hoekom ondersoek julle dit nie self en tel hoeveel keer EK seëninge uitgespreek het oor diegene wat MY HEILIGE, HEBREEUSE NAAM ken en gebruik nie? Hoekom het julle die “Rabbi's” toegelaat om hierdie seën te steel by julle? Dit is nie hoe dit altyd was nie. Watter liefdevolle Vader steek sy naam weg vir sy kind?

MY Naam is YAHUVEH en dit maak nie vir MY saak hoe julle dit spel of uitspreek nie, solank julle erken MY Naam het "YAH" daarin en so ook het MY SEUN die enigste MESSIAS SY Naam is YAHUSHUA dit maak nie saak hoe julle dit spel nie solank julle MY Naam "YAH" daarin hou. ONS Naam is nie net 'n titel soos HaShem of Here of Adonai nie. MY Naam is bo alle name en dit is YAHUVEH. Neem terug wat die “Rabbi's” van julle gesteel het. Julle gebruik MY Naam ydelik wanneer julle dit spel as G-D of dit afkort as YHVH of YHWH want hoe word daardie uitgespreek? Jy het 'n naam, wat laat jou dink dat EK jou Skepper nie 'n naam het nie? Wanneer jy bid noem MY op MY Naam, YAHUVEH. Diegene met geestelike ore sal hoor alle ander sal doof bly.

O Israel, hoekom gehoorsaam julle nie die wette wat vir julle neergelê was op die Berg Sinai nie. Het EK julle nie apart gestel vir MY heerlikheid nie? Het EK julle nie liefdevol beskerm teen die plae en vloeke wat oor julle vyande gekom het nie? Het EK julle nie veilig oor die Rooisee gebring, deur dit te skei en julle vyande, die Egiptenaars te laat verdrink nie? Is julle ooit gepla om te tel hoeveel wonderwerke EK ter wille van julle gedoen het? O Israel en Jerusalem, dink julle EK hou daarvan om julle te slaan om julle aandag te kry? Daar is niemand soos julle nasie op die aangesig van hierdie aarde nie. EK het julle soveel geseën, maar hoe het julle jul Skepper geseën en gehoorsaam? Keer terug na MY toe o Israel sodat EK julle oorvloedig kan seën. EK kan nie enige iemand seën wat in rebellie is nie. Kies julle vandag watter ELOHIM julle sal dien!

O Israel, hoe bedroef is MY hart EK is YAHUVEH, EK is die ELOHIM van Israel al was julle soos 'n uitdagende rebelse vrou. Julle doen die teenoorgestelde van wat EK julle voorvaders, Moses, Abraham, Isak, Jakob, Dawid en Josua beveel het wat MY Wil eerste gestel het om die gebooie te gehoorsaam gegee aan Moses op die Berg Sinai. Julle Koning Dawid het oorwinning gehad in die gevegte, so ook het Josua want hulle het geweet dit was nie deur hulle mag nie, ook nie deur die getalle en krag van hulle vegters en wapens nie. Die oorwinning het gekom omdat hulle MY, YAHUVEH, se Wil eerste gestel het. Hulle het na MY toe gekom met berouvolle harte, vas, gesalfde gebed, aanbidding en lofprysing. Hulle het geweet die vyande was oorgelewer in MY hande. Hulle het geweet hulle was gebruik om te veg in die gevegte maar dit was EK, YAHUVEH, wat die oorloë gewen het vir MY Lof, Eer en Heerlikheid alleen!

O Israel, julle het alle reg om julself te verdedig maar tot julle skande, maak julle nie meer staat op MY wapens van oorlog nie. Julle sal omring word aan alle kante want julle maak staat op 'n Judas genaamd Amerika vir julle Wapens. Julle moet verstaan, EK is YAHUVEH, en EK sal nie gespot word selfs deur Israel nie. Ja, EK het 'n verbond met Abraham gesluit om Israel te beskerm en te seën maar eerstens moet julle 'n seën wees vir MY. Julle moet julle deel doen en MY gehoorsaam voor julle in MY seëninge kan wandel van Deut. 28.

EK, YAHUVEH, seën diegene wat 'n seën is vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. EK kan nie die opstandiges seën nie. EK moet diegene tug wat EK liefhet anders kan EK nie sê dat EK julle liefhet nie. EK rou oor dit wat EK moet doen want net 'n oorblyfsel van Israel sal gered word. O Israel, julle straf julle vyande veel meer as wat EK bestem het, want julle vergeet dat Abraham voor MY aangesig is en herinner MY dat julle vyande ook die saad van Abraham is deur Ismael. Julle verloën MY SEUN YAHUSHUA se Heilige Reddende Bloed wat Jerusalem se grond deurweek, net soos hulle doen.

Selfs duisende jare later bedek een druppel van YAHUSHUA se Reddende Bloed die wêreld, maar julle weier om die geskenk te aanvaar wat EK vir julle gegee het as julle Bloed Offer, groter as enige dierebloed offer. EK het nie net toegelaat dat MY geliefde SEUN YAHUSHUA gekruisig word vir die sondes van hierdie wêreld en om te sterf en begrawe te word in ‘n graf nie. EK het YAHUSHUA uit die dood opgewek, as 'n teken vir Israel, nie alleenlik is daar lewe na die dood nie maar EK, YAHUVEH, het Jerusalem gekies vir YAHUSHUA om te sterf en begrawe te word op julle grond en weer op te staan. O Jerusalem, die tyd is op hande wanneer die wêreld sal sê, "Julle gaan sekerlik sterf en nie weer opstaan nie", maar wanneer Israel BEKEER en gehoorsaam, sal EK Israel weer opwek.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld. EK, YAHUVEH, het dit gedoen vir meer as een rede. YAHUSHUA simboliseer julle wonderbaarlike geboorte as 'n nasie soos YAHUSHUA apart gestel is vir MY heerlikheid. Israel is julle ook bedoel om apart te wees om vir MY, YAHUVEH Heerlikheid te bring veral in hierdie eind tye. EK het Lewende Water deur julle klaagmuur laat vloei gesimboliseer deur YAHUSHUA se trane toe HY in die Tuin van Getsemane was. HY het gehuil vir Jerusalem en Israel, soos EK, YAHUVEH, nou doen.

Hoor o Israel, EK berei MY Twee Getuies voor wat nou op hierdie aarde leef en wie binnekort weggevoer sal word Hemel toe en weer sal terugkeer toegerus met nuwe salwings Kragte uit die Hemel en 'n Verheerlikte Liggaam, nie langer onderhewig aan die gebondenheid van 'n fisiese liggaam nie. MY Twee Getuies sal weer na julle toe kom met tekens, wonders en wonderwerke, MY, YAHUVEH se Naam en Heerlikheid verkondig en die Naam van die enigste Prins van Vrede wie die enigste MESSIAS is, YAHUSHUA MY SEUN. MY Twee Getuies sal weer kom om julle te bestraf o Israel en julle waarsku om te bekeer.

Hoor o Israel en Jerusalem, omdat julle YAHUSHUA se bloed geweier het by Golgota om julle sondes weg te was, sal julle bloed hê duidelik tot bo by die perde se stange en dit sal deur julle land vloei. (Openbaring 14:20).

Hoor o Israel en Jerusalem, Jakob het geworstel met MY, YAHUVEH, en hieroor was hy kreupel en het mank geloop. (Genesis 32:24-26). Julle het met MY geworstel o Israel en julle sal kreupel word, nooit ware vrede ken nie totdat julle uitroep GESEËND IS HY WAT KOM IN DIE NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH! Dan sal julle geseën wees op maniere oorvloedig meer as wat julle durf droom of voor vra.

YAHUSHUA het die oë van blindes geopen en die skille het van hul oë afgeval en hulle het YAHUSHUA geloof vir hul sig tot Lof en Eer vir MY, YAHUVEH. Maar julle o Israel en Jerusalem, julle het ontken dat hierdie wonderwerke van die Hemel was en so is julle nou blind en het skille op jul oë en dit is hoekom julle mislei sal word deur die seun van satan wie sommige die anti-messias noem vir 3 ½ jaar sal julle mislei word en sy vals vrede glo.

YAHUSHUA ha MASHIACH het bewys Hy is MY, YAHUVEH se SEUN, terwyl HY tekens wonders en wonderwerke gedoen het regoor Jerusalem en Israel. Tog het julle HOM vervolg hiervoor en het die wonderwerke, werke van die duiwel genoem. In die Groot Verdrukking sal satan se seun (anti-messias) na julle toe kom en julle mislei met vals tekens, wonders en wonderwerke en hulle sal kragte van satan wees omdat julle die waaragtige verwerp het sal julle verkul word met die vals tekens, wonders en wonderwerke. (Openbaring 13:11)

MY Twee Getuies sal weer bedien soos YAHUSHUA gedoen het. MY Twee Getuies se skaduwees sal genees, herstel en bevry en selfs die Heilige gemartelde dooies sal opstaan. Kos sal 'n duisendvoudig vermenigvuldig word soos die broodjies en die visse was toe YAHUSHUA gebid het. Wat eens gedoen was sal weer gedoen word in Jerusalem en na wie ookal of waarheen ookal MY Twee Getuies gestuur word en ontvang en geglo word sal hierdie wonderwerke weer gedoen word in YAHUSHUA se Naam. Hulle sal bedien soos YAHUSHUA gedoen het en oordeel uitroep oor die Fariseërs. Soos YAHUSHUA geoffer was, sal MY Twee Getuies hulself offer en doodgemaak word maar 3 ½ dae later opstaan uit die dood as 'n teken dat YAHUSHUA LEEF en HEERS en REGEER uit die Hemel en HY waarlik die SEUN is van MY, YAHUVEH. (Openbaring 11:3-13).

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA gevrees was deur die heidene, beskimp, gespot, gehaat, vervolg was en mislukte pogings op SY lewe gemaak was so sal MY Twee Getuies ook dieselfde lot ondergaan. Soos YAHUSHUA die onvrugbare vyeboom vervloek het en dit verwelk en doodgegaan het omdat dit nie vrug gedra het nie, so sal MY Twee Getuies ook die onvrugbare werke en sonde vervloek van die mensdom. (Mattheus 21:18-20). Die vrugtelose vyeboom wat die heidense mensdom simboliseer sal ook verwelk en doodgaan terwyl Woorde van Vuur voortkom uit MY Twee Getuies se monde. Die vyande haat vir YAHUSHUA, Heiligheid en MY Twee Getuies en dit sal wees soos in die tye van Elia van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu) en MY vyande sal verteer word met vuur.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA die vrou by 'n put ontmoet het in Samaria en vir haar die Lewende Water gegee het by die put en sy die waarheid ontvang en teruggegaan het na haar stad en die goeie nuus en die Lewende Water van waarheid met ander gedeel het. (Joh 4). Terwyl YAHUSHUA vir die vrou by die put gesê het gaan en drink van hierdie Lewende Water en jy sal nooit weer dors ly nie. Is MY SEUN YAHUSHUA die Fontein van Lewe, YAHUSHUA is die Put van Lewende Water niemand kan na MY, YAHUVEH toe kom sonder om te drink van SY Fontein van Lewe en sonder om SY Bloed Offer by Golgota te aanvaar nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, EK stuur keer-op-keer vir julle die Lewende Water deur MY gesalfde werktuie maar julle het die Lewende Water teruggegooi in hulle gesigte. Julle het MY Profete vervolg, geslaan, verban, opgesluit en doodgemaak. Om hierdie rede sal EK MY Twee Getuies na Jerusalem toe stuur en hulle sal profeteer teen die boosheid wat julle o Israel gedoen het, besig is om te doen en nog gaan doen. MY Twee Getuies sal die hemel seël en geen reën sal val nie want julle weier en verwerp die Lewende Water van YAHUSHUA. MY Twee Getuies sal al die vloeke loslaat van Deut 28 op diegene wat ongehoorsaam is en diegene wat die godheid van MY Geliefde SEUN YAHUSHUA verloën. MY Woede sal op almal val wat YAHUSHUA se NAAM vervloek. MY onverdunde woede sal almal verteer wat die merk van die dier dra en die dier aanbid. (Openbaring 13:16-18).

Hoor o Israel, Jerusalem, en die res van die Wêreld, omdat julle weier om te luister na MY Heilige gesalfde profete wie se enigste begeerte is om gehoorsaam te wees en MY, YAHUVEH te dien, sal EK MY Twee Getuies stuur wat die salwing sal hê soos Moses en Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu]. Hulle sal gestuur word om die een wat die anti-messias genoem word wat die seun van satan is, die vals profeet en al sy dienaars wat die merk van die dier sal dra te teister, net soos Moses gebruik was om die bose Farao te teister, so sal ek ook MY Twee Getuies gebruik.

Soos Moses vloeke en oordele oor die Egiptenaars uitgespreek het as bewys van MY, YAHUVEH se krag, so sal dit ook weer wees, net soos Moses die Rooisee verdeel het sodat die Israeliete kon deurgaan hul vyande te ontvlug, so sal dit ook weer wees. Net 'n getroue oorblyfsel sal gered word in Israel en net omdat hulle teruggekeer het na Heiligheid die eerste wette onderhou wat EK, YAHUVEH geskryf het gegraveer het met MY eie vinger van outoriteit en dat hulle MY SEUN YAHUSHUA aanvaar en aanbid as hulle MESSIAS, en bekeer van hulle sondes.

EK sal alleenlik diegene beskerm wat die Naam van YAHUSHUA seën. HY was gebore op hierdie aarde uit 'n Hebreeuse maagdelike vrou sonder die saad van 'n man. Bewysend dat YAHUSHUA MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN is wie gestuur was na hierdie aarde toe met MY Woorde en outoriteit. YAHUSHUA is die Lewende Torah en julle het HOM verloën o Israel, Jerusalem en die meerderheid van die wêreld, wanneer julle HOM ontken, ontken julle MY, YAHUVEH. EK het YAHUSHUA eerste na die Jode toe gestuur en toe na die Heidene om MY Outoriteit en Heerlikheid te demonstreer.

EK sal MY Twee Getuies uitstuur een man en een vrou, om MY, YAHUVEH se outoriteit te demonstreer en om MY, YAHUVEH se oordele en vervloekings neer te roep en om gesalfde woorde voort te spreek en die Krag te wys in die Heilige Gewyde Name van MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA. Luister waarlik en hoor o Israel en Jerusalem, EK sal Israel nie seën nie totdat julle die NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA seën en totdat julle die Heiliges seën wat kom en bedien in ONS NamE.

Hoor o Israel, Jerusalem en die mense van die aarde, daar is net een weg terug Hemel toe en dit is deur die Heilige Offer gegee aan hierdie planeet aarde wat die sondes van die mense bedek en dit is deur die Naam en Bloed van YAHUSHUA. Julle moet HOM aanvaar as MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN en julle sondes sal vergewe en weggewas word deur die enigste reddende Bloed van YAHUSHUA maar dan moet julle bekeer en wegdraai van julle sondes en gehoorsaam wees. (Johannes 14:6)

Hoor o Israel, hierdie is die boodskap wat MY Twee Getuies sal voortspreek. Enige vyand van YAHUSHUA is 'n vyand van MY, YAHUVEH en as hulle nie bekeer nie is daar geen vergewing vir daardie sonde nie. Die Hel sal hulle volgende tuiste wees.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, daar is geen koninklike bloed op hierdie aarde nie behalwe deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Alleenlik diegene wie se name reeds geskryf is in die Lam se Boek van Lewe (Openbaring 17:8) voor die grondlegging van hierdie aarde kan die koninklike bloedlyn eis deur die koninklike bloed van die KONING van die HEELAL, die KONING van KONINGS, HERE van die HERE, YAHUSHUA ha MASHIACH, KONING van die Jode! Alle ander wat hulself as mense van 'n koninklike, aardse bloedlyn noem is bedrieërs en daar is niks koninklik in hulle nie. Net MY Mense wat ingeënt is deur die bloedlyn van YAHUSHUA ha MASHIACH is Koninklik in MY oë. Net YAHUSHUA se Bruid sal gekroon word in die Hemel.

MY Twee Getuies is deel van YAHUSHUA se Eersteling Bruid van Openbaring 14. Die liggaam wat hulle sal ontvang sal 'n Verheerlikte Liggaam wees. Net soos YAHUSHUA onsigbaar geloop het deur 'n skare toe die vyand HOM wou doodmaak so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. (Lukas 4:28-30)

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos satan nie vir YAHUSHUA kon dood hou nie en YAHUSHUA weer op die 3de dag opgestaan het, so ook ongeag wat satan, die vals profeet en satan se seun, die anti-messias doen, sal hulle nie kan verhoed dat MY Twee Getuies uit die dood opstaan 3 ½ dae na hul dood nie. Satan kan nie verhoed dat mense regoor die wêreld dit gaan sien en daarvan hoor nie en hul lewens en hulle siele oorgee en YAHUSHUA aanvaar as die enigste ware Messias die SEUN van MY, YAHUVEH nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos YAHUSHUA opgevaar het na die Hemel voor getuies so sal ook MY Twee Getuies opvaar na die Hemel voor getuies van hierdie wêreld. Op julle luggolwe wêreldwyd, sal hierdie gesien word. Soos dit geskryf is sal die wat ontslaap het in (Christus) YAHUSHUA MESSIAS eerste opstaan, hierdie was 'n geheim en was reeds deur hierdie profeet vrygestel. MY Twee Getuies saam met MY ander Heilige kinders wat gemartel word op dieselfde tyd hierdies sal die dooies wees wat eerste opstaan demonstrerend van die gesalfde krag wat YAHUSHUA opgewek het deur MY hand. EK, YAHUVEH, sal dit weer doen vir die wêreld om te sien.

Soos dit geskryf is, "Hulle wat oorbly in die lewe, sal weggevoer word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet", hierdies sal die Openbaring 7 Bruid insluit. Die tyd van getuienis is 3 ½ jaar gesimboliseer deur 3 ½ dae en MY Twee Getuies se liggame sal dood lê alhoewel hulle Geeste in die Hemel sal wees. 3 ½ dae later sal hul Geeste teruggeroep word in hulle liggame in soos YAHUSHUA en opstaan uit die dood en menigtes sal neerbuig, bekeer en YAHUSHUA aanbid as MY SEUN en die ware MESSIAS. (Openbaring 11)

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos dit geskryf is, die een wie julle Johannes die Doper noem, het die weg vir MY SEUN YAHUSHUA voorberei so sal dit weer wees terwyl MY Nuwe Elia [in Hebreeus, Eliyahu] die weg voorberei vir YAHUSHUA wat sal terugkeer om te heers en regeer op aarde soos HY in die Hemel gedoen het.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, MY Twee Getuies kom nie net met die salwing en die Gees soos die van Moses nie maar kom ook met die Gees en salwing soos die van Elia [in Hebreeus, Eliyahu]. Geen wapen sal hulle stop nie hetsy geestelik, mensgemaak, biologies of chemies. In plaas daarvan, watter wapen ookal teen hulle gebruik word daardie wapen sal terug boemerang op die vyande. Geen leed sal oor hulle kom nie tot die einde van 3 ½ jaar van getuienis en net wanneer EK hulle toelaat om doodgemaak te word vir MY Eer om te bewys EK sal hulle weer opwek in 3 ½ dae.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos EK, YAHUVEH, vir Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] die salwing gegee het om sy vyande met vuur te verteer so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. Net soos YAHUSHUA beheer en outoriteit gehad oor die wind en die golwe, so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. EK, YAHUVEH, sal MY Twee Getuies die krag gee om te vertaal enige plek in die wêreld. EK, YAHUVEH, sal hulle die gesag gee om MY Heilige Skape en Lammers, die Openbaring 7 Bruid, te beskerm en om die Gaste van die Bruilofsmaal van die Lam te bemoedig wie op aarde is gedurende hierdie tyd.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, hoe julle jul tande sal kners van woede o vyande wat YAHUSHUA verloën as die Ware Messias. Weet dit, MY Twee Getuies sal julle nie uit julle Sinagoges, Tempels en Kerke kan uithou nie net soos julle nie vir YAHUSHUA kon uithou uit julle Sinagoges in die tye van ouds nie. MY Twee Getuies sal aan die vyande van YAHUSHUA verskyn, MY, YAHUVEH, se woede ten toon stel. MY Twee Getuies sal selfs in die anti-messias se slaapkamer instap hom teister in sy eie huis en die vals profeet se huis en ook hy sal die teistering van MY Twee Getuies nie vryspring nie.

MY Twee Getuies sal gaan na wie ookal of waarheen ookal so dikwels as wat EK hulle stuur. Geen vyand sal instaat wees om hulle uit te hou nie of hulle te keer om die seun van satan en die vals profeet te teister en uit te tart nie tot die 3 ½ jaar van getuienis verby is. EK sal hulle direk in hulle slaapkamers instuur terwyl hulle slaap en probeer rus en eet. EK, YAHUVEH, sal die vyande vervolg soos Moses gedoen het en niks sal hulle stop nie, geen alarms, geen wagte en geen wapens sal voorspoedig wees teen MY Twee Getuies nie tot 3 ½ jaar van getuienis verby is en dit is wanneer hulle werk klaar is. Die vyand kon nie vir YAHUSHUA keer om te bedien nie mense om die waarhede te aanvaar nie en niemand sal instaat wees om ook MY Twee Getuies te keer nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, julle kon nie die mond van Johannes die Doper stil kry nie totdat EK, YAHUVEH, dit toegelaat het en alleenlik omdat sy werk op aarde van getuienis klaar was. Net soos julle nie die monde van MY Twee Getuies kan stil kry nie wat sal aanhou praat met die salwing soos Johannes die Doper. MY Twee Getuies sal MY oordeel Profeteer; vloeke neerroep soos hulle wil en praat oor dit wat gaan kom. Hulle sal bestraf met boodskappe gevul met oortuiging en bekering en met 'n salwing selfs groter as die van Johannes die Doper.

MY SEUN kan nie kom as die Prins van Vrede na Israel toe nie alvorens baie afgryslikhede plaasvind tot na die vervalsing kom. Wanneer julle bid vir die Prins van Vrede om na Israel toe te kom nou, ken julle nie die afgryse wat eers moet plaasvind nie, maar dit sal gebeur. Dit het begin om te gebeur. Want 'n trein is op loop gesit wat nie gestop sal word nie.

(Elisabeth (Elisheva) word ‘n visioen gewys: Ek sien twee treine kom en hulle besef dit nie, maar hulle gaan bots want hulle is op dieselfde spoor!)

EK tug vir Israel omdat Ek Israel liefhet maar die treine sal bots want albei van hulle is op die verkeerde spoor. Die Bruid van YAHUSHUA voel wat gebeur in fisiese Israel. Want die Bruid van YAHUSHUA is geestelike Israel. Fisiese Israel julle sal geseën word met die seëninge van Deut. 28 wanneer julle terugkeer na Heiligheid en gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en die enigste manier hoe dit gedoen word is wanneer julle YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar en erken dat HY julle enigste Bloed Offer is wat by Golgota gegee was. Die seëninge wat EK gereserveer het is vir Geestelike Israel en vir al diegene wat MY liefhet, MY gehoorsaam en MY eerste stel in hulle liefde en hulle lewe, diegene wat MY Torah gehoorsaam, diegene wat die Gewydheid van MY Heilige Naam respekteer en diegene wat YAHUSHUA as MESSIAS ontvang.
Dit is hoekom julle bedroef is terwyl julle sien en julle voel wat gebeur in Israel. Abraham is voortdurend voor my aangesig en sê: “Wat gaan U doen met die kinders van Ismael, het U nie die saad van my ander seun lief nie? Stuur u boodskapper na my saad toe en gee hulle 'n kans om te glo.” Dit is hoekom julle huil vir Lebanon want is hulle nie die saad van Abraham nie? EK het geestelike Israel wat in Lebanon sit wat YAHUSHUA aanvaar het as MESSIAS.
EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Lebanon. EK het MY Bruid in Irak en Iran. EK het MY Bruid in Sirië. Onthou om te bid vir die Bruid van YAHUSHUA ongeag waar sy verstrooi is reg oor hierdie wêreld. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in China, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Rusland, Ek het MY Bruid van YAHUSHUA in Hong Kong, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Australië, EK het MY Bruid in Amerika, Kanada, Duitsland, Frankryk en Europa, EK het hulle verstrooi regdeur die wêreld. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Indië, Indonesië, Afrika, Suid Amerika en regoor die wêreld.

Net omdat julle lande 'n ander nasie as die vyand bestempel, moet dit nie julle vyand maak nie, want die regerings van hierdie wêreld is nie van MY nie. Hulle praat nie namens MY nie, hulle respekteer MY nie en hulle wil geen deel van MY hê nie. Julle vyande is diegene wat EK verklaar is julle vyande. Die saad van satan is julle vyand. Wie is die saad van satan dit is almal wie se name NIE gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Hulle was nooit MYNE toe hulle op hierdie aarde gebore was nie.

(Bid hardop in Engels Heilig, Heilig, Heilig)

O Israel, o Jerusalem, EK huil en EK weeklaag oor julle. Julle het 'n vorm van Godsdiens maar waar is die Goddelikheid van binne? Julle wil hê die wêreld moet julle genadig wees, maar waar is julle genade o Israel? Julle het die reg om julself te verdedig maar julle het die lyn oorgesteek toe julle die wapens opgeneem het van biologiese en chemiese oorlogvoering. EK is nêrens in hierdie gevegte nie, julle roep nie uit na MY, YAHUVEH, vir hulp nie, julle probeer dit doen met julle eie hand gebruik die wapens van 'n ander land. Wanneer julle biologiese en chemiese oorlogvoering gebruik straf julle jul vyande veel meer as wat EK ooit toegelaat het. Pasop want julle sal die warrelwind van MY, YAHUVEH, se woede maai terwyl dit wat julle stuur terugkom in jul gesig. Die nasies wat hierdie wapens aan julle gee sal dieselfde lot maai.

Wanneer EK MY Twee Getuies uitstuur, stuur EK hulle na beide saad van Abraham. EK stuur hulle nie net uit na die Stam van Juda nie maar al die Israeliete, Arabiere en Heiden nasies sal hoor. Wat hulle spreek in Israel sal uitgesaai word oor die luggolwe en koerante reg oor die wêreld. EK het hierdie tyd gekies met sy tegnologie, want MY woorde sal gehoor word regoor die wêreld want daar is geen tyd soos hierdie nie.

Satan het hierdie tegnologie gebruik om sy agenda te bevorder maar EK gebruik die tegnologie om MY agenda te bespoedig. O, waar is die klaagliedere? Waar is die gehuil en weeklaag? Hoekom skud mense net hul koppe en sê, "is dit nou nie te jammer nie"? Hoekom staan die geestelike Israel nie op nie? Hoekom bid hulle nie want Ek het 'n oorblyfsel saad in Lebanon. Wat as dit julle Babas was? Wat as dit julle vrouens was, julle mans, julle geliefdes, julle families en julle bure? Wat as dit julle huise was? Waansin het sy sitplek ingeneem in die Regerings.

O Israel, o Jerusalem, julle mense huil en weeklaag, hulle hardloop in verwarring, EK huil oor almal. Dit sal net wees wanneer EK, YAHUSHUA, kom dat daar vrede sal wees tussen die Broers, die vrede op Abraham se saad. Tot en met daardie tyd soos dit nog altyd was sal julle albei probeer om mekaar van die aangesig van die aarde af te vee. Wanneer die vals vrede kom sal die woede en die haat nog steeds daar wees. Daar is geen vrede nie tot die PRINS VAN VREDE KOM (Jes 9:6), en dit is EK, YAHUSHUA ha MASHIACH!

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf gegee aan hierdie Kind van YAHUSHUA
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 27/8/06

Daar was 'n persoonlike krisis wat in my lewe ingekom het terwyl die vyand my familie op 'n ander manier getref het. Dit was om my te verhoed om hierdie profesie vry te stel. Hierdie profesie het in 2 dele na my toe gekom maar ek moet die tweede deel nog nie vrystel nie, YAHUVEH sê daar is soveel geestelike vleis hier om te verteer wat openbarings uit die Hemel is. EK het geen idee hoekom hierdie woord aan my vrygestel is nie, met 'n werks-opdrag beskrywing vir die Twee Getuies.

Daar is 'n prys om te betaal vir 'n profeet om hierdie soort openbarings uit die Hemel te ontvang, en die geestelike aanvalle was baie intens gedurende hierdie tyd, maar ons het die OORWINNING in die Naam van YAHUSHUA.