Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Vayishlach / En HY Het Gestuur, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 7, 109, 117;

Genesis 32:3-36:43;

Hosea 11:7-12:12; Obadja 1:1-21;

Matteus 2:13-23;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


19 November, 2021


Profesie 7, Hou Styf Vas Aan Die Soom Van My Kleed!

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Dit is nie meer genoeg om net die Soom van MY Kleed aan te raak nie. Hou aan om aan MY deur te klop, en as die antwoord nie vinnig genoeg kom nie, hamer. As julle moeg raak, hou aan om te vra, te soek en julle sal vind, maar moenie ophou tot julle van die Hemel hoor nie.

Want, MY Kinders, EK het vir julle brood belowe en nie die krummels van hierdie wêreld nie. Want julle sien, oordeel het na die huis van YAHUVEH gekom en dit is nie so maklik soos raak MY soom aan, of klop saggies vir julle antwoorde nie, julle beter voorbereid wees, dit mag 'n worsteling kos vir julle seëninge, soos Jakob. Maar dit bewys slegs julle geloof en maak dit sterker, wat nodig is in hierdie eindtye. So hou aan om te sê, geen krummels meer nie. Dit sal julle nie ontsê word nie. Want julle is die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH wat met Bloed gekoop is.

EK sal julle antwoord en verlos. EK lieg nie. Want julle is nie die krummels van hierdie wêreld belowe nie, maar die Brood van Lewe, die kinders se brood van genesing, verlossing, voorspoed, lewe in oorvloed en vol van heerlikheid. Want YAHUSHUA is julle Brood van die Lewe en EK wil sien of julle MY nogsteeds sal eer en aan julle geloof vashou, alhoewel EK nie dadelik antwoord nie. EK is nie altyd 'n mikrogolf-GOD nie.

Ja, EK weet van mikrogolwe, wie dink julle het vir julle die uitvinding gegee? Julle het die skrifte om op te staan, lees Matt 15: 22-28 van die Kananése vrou se geloof. Sy het YAHUSHUA aanbid, tog het HY haar geignoreer en toegelaat dat die dissipels haar bestraf, haar 'n hond noem en gesê het dat die seëning vir 'n ander was en nie vir haar nie. Julle sê, "Hoekom YAHUSHUA, hoekom het U al hierdie dinge gedoen?" Omdat in hierdie laaste dae, sal al hierdie dinge met MY mees betroubare volgelinge gebeur, hulle wat MY aanbid, dit sal deur ander in MY NAAM gedoen word.

Julle sal beledig, verwerp, vervolg word, maar as julle aanhou om vas te hou aan julle geloof, alhoewel EK nie dadelik verlos nie, dan sal julle net soos hierdie Kananése vrou beloon word. Want EK sal sien hoe groot julle geloof is. Want in hierdie eindtye berei EK MY Liggaam op hierdie manier voor, wanneer EK weer kom, hoeveel sal aan hulle geloof vasgehou het? Hoeveel sal wegdraai wanneer hulle in gebed uitgeroep het vir 'n behoefte en EK het nie dadelik geantwoord nie?

Jy moet vir hulle vertel om bereid te wees om met MY te worstel vir hulle seëninge net soos Jakob gedoen het. Want EK begeer om te seën. EK wil slegs toets en kyk hoe ernstig julle hierdie seën soek. Sal julle MY steeds aanbid as EK nie dadelik antwoord nie? Dit is nie MY kastyding wat dit veroorsaak nie, want die vrou het aan MY voete neergeval en MY aanbid. Julle aanbid by MY voete. Maar oordeel het begin by die huis van YAHUVEH en een van die dinge wat EK toets, is hoe sterk is julle geloof?

Hoe lojaal en hoeveel sal julle op MY staatmaak? Net soos die Kananése vrou, sal julle geloof en lojaliteit beloon word want julle sal dit wat julle begeer, aanskou, en EK sal MY seëninge selfs meer oortreflik en meer oorvloediglik neerstort soos 'n rivier wat oorloop. Julle sal soveel vreugde hê en EK sal julle so baie seën dat julle verplig sal wees om vir ander ook te gee. Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Hou aan om te klop totdat die deur oopgaan na julle seëninge waarvoor julle gevra het. EK sal uiteindelik antwoord. Moenie op julle eie insig staatmaak nie, maar ken MY in al julle weë en EK sal julle paaie gelykmaak.

Onthou, die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. Hou julle oë op julle Verlosser en nie op die ontstuimigheid van die see nie, anders sal die golwe julle verdrink. Maar EK is hier om julle te red. Want EK is julle Redder en Verlossser, is EK nie? EK sal julle nie begewe of julle verlaat nie. EK weet hoeveel druk EK op die klei moet sit voordat dit breek, hoeveel hitte julle moet deurstaan voordat julle verteer word. Die golwe van vertwyfeling sal julle nie verdrink nie. Want EK is hier om julle te red en te verlos, nie net julle siele nie, maar julle verstand, liggaam en Gees. Vertrou MY en julle sal dit sien gebeur. Onthou dan wie julle verlos het, dit was nie 'n man of vrou nie, maar julle GOD wat julle geskape het.

Tog is dit EK wie julle geroep sal antwoord, want EK weet wat julle nodig het, voordat julle selfs vra. In die geestelike realm is dit volbring, maar julle moet wag vir MY perfekte tydsberekening om in die fisiese realm te manifesteer. Julle geloof dra by om dit te laat gebeur. Sê MY Woord nie, sonder geloof is dit onmoontlik om YAHUVEH te behaag, nie? Julle behaag MY deur julle geloof te wys in 'n GOD wat omgee en alles hoor en weet.

Julle bewys julle geloof as julle besef julle kan julle self nie verlos nie, maar MY nodig het, julle Verlosser om julle te verlos, en EK sal. Want is EK nie julle Meester en Verlosser nie? Is die GOD wat julle dien, doof? Nee. Is MY arm te kort om julle te verlos? Nee. Word julle geloof getoets? Ja. Begeer EK om julle te seën? Ja. Sal julle een van dié wees wat stewig vashou aan die soom van MY kleed en wat sal aanhou klop? Sal julle een van die wees wat staan en wag vir MY bevryding en die seëninge wat ek julle belowe het? Dit is julle keuse. EK het op hierdie dag deur hierdie Diensmaagd gespreek, sodat julle sal verstaan hoekom sommige beloftes nog nie in vervulling gegaan het nie. Hou aan om vas te hou aan die mate van geloof wat EK vir julle gegee het en julle sal spoedig verlossing aanskou.

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu

* * * * * * *

Hierdie is die jongste profesie wat aan my gegee is om aan te gee en YAHUVEH se Skape te voed. Hou stewig vas aan die soom van SY kleed. Alhoewel my lang blonde hare in die modder sleep terwyl HY deur die skare beweeg, is my aangesig opgehef na SYNE, en ek gaan nie laat los nie. Wanneer julle hierdeur gaan, en ek moes dit lees toe ek dit gedoen het, om dit te ontvang sodat ek hierdie aan andere kon deurgee wat wou weet hoekom hulle gebede nie dadelik beantwoord word nie.

Is YAHUVEH doof? Nee. Is SY arm te kort om ons te bereik? Nee. Soos YAHUSHUA gesê het, ons geloof word getoets, nie 'n aangename ervaring nie, is dit? Maar nodig om te groei. Op die oomblik is ek, nes Jakob, besig om met GOD te worstel totdat HY my seën met die bevryding wat HY my belowe het. Maar ek het grond onder my voete en ek het vir my Meester YAHUSHUA gesê dit sal my nie geweier word nie, want HY het vir my belowe, geen krummels meer nie. Die wêreld gee krummels, maar vir ons is die Brood van die Lewe belowe, die kinders se brood van genesing, verlossing en voorspoed. Ons is lewe en lewe in oorvloed belowe. MY kneukels is seer van die gehamer. My gesig is dof van geween. Maar ons moet volhard. Wanneer YAHUSHUA weer kom, hoeveel sal HY vind wat nog geloof het? Ek wil by daardie getal getel word, wil jy nie ook nie?

'n Gebroke erdekruik in diens van die Meester, Verlosser YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar 'n magtige kryger in YAHUSHUA, Pastoor Elisheva Eliyahu. So as julle nog nie getoets is deur 'n gebed waarvoor julle al so lank wag en dit nog nie sien gebeur nie, (ek het 21 jaar gewag) dan sal julle nie verstaan waarvan ek praat nie. Maar ek is gestuur na hulle wie se gebede nog nie vervul is in die fisiese realm nie, alhoewel dit in die geestelike realm belowe was. Dit is hoekom YAHUSHUA selfs in hierdie eindtye gesê het, "Sal HY geloof vind wanneer HY terugkom?" Ek moet die mense waarsku. Nou moet julle die mense waarsku. Sodat hulle sal verstaan en nie opgee op YAHUSHUA en terugdraai na die wêreld vir antwoorde of na die gees van die antichris draai nie.



Profesie 109, Ek, YAHUVEH, Sê, Dankie Vir Julle Getrouheid!


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah 27 Maart 2009


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Oorgeskryf vanaf ‘n oudioband:

Elisabeth [Elisheva] sê:

Ek het gehoor dat iets veronderstel was om op 27 Maart te gebeur. Daar is ‘n film wat by die teater gaan wees, wel, maar elkgeval, so ek het gedink, o daar was ‘n aftelling op dit, en het gedink dit gaan op TV wees.

Maar die hoofsaak is dat dit nie dit was nie. Daar was iets spesiaal vandag, dit was nadat ons [Amightywind leierskap] nagmaal gehou het en ons gevra het of [na] die winkel kon gaan om ‘n paar goedjies te kry, want dit eer Vader en HY beskerm hom as ons vra. Skielik het HY (YAHUVEH) begin praat oor geloof en HY het gesê hoe HY ons beloon wanneer jy iets doen wat YAHUVEH jou gesê het om te doen en dit vat ‘n groot stap van geloof om dit te doen. Jy moet jou vlees beveg, jy moet jou vrees beveg, jy moet omstandighede beveg, maar jy sal gehoorsaam wanneer YAHUVEH vir jou sê om daardie stap van geloof te vat. HY sê wag en kyk of EK jou nie meer sal seën as waarvan jy ooit gedroom het moontlik sou wees nie.

Die volgende wat HY toe vir my gesê het, HY het gesê dit was net soos ons nog nooit ‘n lekker huis gehad het om in te woon nie. Ons was altyd net, o my genade, ons sal nie eers op die kort termyne ingaan in plekke waar ons gebly het en wat die verhuurders aan ons gedoen het nie of toe ons in ‘n bus gebly het of altyd van een plek na die volgende moes hardloop nie. Dit was aaklig. Ons was nie geseënd toe ons in Amerika gewoon het nie. Behalwe toe ons die grootste stap van geloof geneem het, wel in my oë was ons nie [geseënd in Amerika] nie, ons het nietemin ons grootste stap van geloof geneem en ek het gedink alles binne-in my-dit was een plek waar ek geen deel aan wou hê nie. Ek het in elkgeval my grootste stap van geloof geneem toe ek daardie oggend wakker word, ek sou dit nooit gedoen het as YAHUSHUA nie vir my gesê het nie en HY het gesê ons moes Alaska toe gaan. Deur trane heen het ek vir [die leierskap span] gesê dat YAH gesê het ons moet Alaska toe gaan.

Alhoewel ek nooit daardie houthuis vir 6 maande as ‘n seën beskou het nie, moet ek sê goeie dinge het daaruit voortgekom omdat HY iemand opgerig het, Cathy O.
[Hierdie volgende paragraaf was per ongeluk uitgevee op die oudioband toe [ons] daarmee gewerk het om dit te plaas. So, hierdie volgende paragraaf is nie op oudioband nie-ons vra om verskoning daarvoor.

Alhoewel sy nou ‘n vyand is en ons was eerstens in staat, ons het eerstens nie geweet hoe ons die geld in die hande sou kry om te gehoorsaam om Alaska toe te gaan nie. HY het ‘n ander vrou opgerig om die geld te stuur, wat ons totaal verras het. Daardie jong vrou wat pas gered was en pas die waarheid ontdek het deur hierdie Bediening en dit is hoe ons Alaska toe kon gaan en dit was ‘n reuse stap van geloof om Alaska toe te verhuis. Toe ons aangesê is ons moet Alaska verlaat en ons nie verstaan het waarheen ons moes gaan nie, wat ons gaan maak nie, het HY vir Cathy O. opgerig en weer was dit ‘n reuse stap van geloof om Amerika te verlaat.

(Op stroomband oudio, weer Deel 2)


Toe het HY net vir my gesê terwyl ek gebid het, HY het gesê dat ek waarlik, die seëninge het waarlik nie voortgevloei totdat ons ‘n stap van geloof geneem het toe HY gesê het, “Julle sal nooit weer terugkeer na Amerika toe nie, julle moet nooit weer teruggaan Amerika toe nie.” Ek weet nie, ek glo in vertroue dat HY nooit sal toelaat dat iemand ons dwing om dit te doen nie, maar deur ons eie wilskrag (wil) sal ons nooit teruggaan Amerika toe nie. Dit is, dit is ‘humungous’, ek bedoel al ons families is daar, biologiese families is daar en om te weet dat ons nooit ooit daarheen sal teruggaan nie. Maar HY het gesê, “EK het MY seëninge uitgestort” en HY het. HY het ons uitermate en oorvloediglik geseën sedert ons daardie reuse stap van geloof geneem het en Amerika verlaat het.

Net soos met Kathrynyah, toe het HY met my oor Kathrynyah begin praat en haar reuse stap van geloof. Kyk nou waarmee sy beloon was, sy het haar geliefde Adam en ons kosbare suster wou baie graag ons net ontmoet en nou bly sy by ons en sy het daardie reuse stap van geloof geneem. Ek bedoel, elkeen van ons en dit is die les vandag op 27 Maart. YAH het ‘n belofte gemaak, wanneer jy ‘n reuse stap van geloof neem wat HY jou sê om te doen, sal HY jou uitermate en oorvloediglik meer seën as wat jy ooit gewaag het om van te droom of te vra. Dit is wat ek vandag op 27 Maart 2009 geleer het.

HY herinner my ook aan my reuse, reuse, reuse stap van geloof. Vir my, my ‘humungous, humungous’ stap van geloof was om ooit weer ‘n ander man te vertrou, ag om mee te begin, ek het nooit ‘n man vertrou nie, tot Adam [my broer en mede bedienaar]. Ek het gesê, “Wel YAH ek gehoorsaam U” en ek het nog nooit ooit ooit enige van dit berou nie. Ek Dank U net, ABBA YAHUVEH vir U belofte, solank ons U waarlik hoor en U ons aansê om daardie stap van geloof te neem, U moet getrou wees en ons beskerm en U sal dit doen en U sal ons uitermate en oorvloedig seën.

(Stroomband oudio Deel 3 begin hier)

Ek het ‘n stap van geloof omdat ek gehoorsaam was. So, dit is al wat ek te sê het oor dit. Ons gee net vir U die Eer ABBA YAHUVEH. U is so getrou.

Elke keer-na die winkel toe, elke enkele keer buite hierdie deur het ons geloof [om] weer veilig terug te keer. Ons juig by daardie deur, ons neem dit nie doodluiters aan nie, omdat YAH gesê het ons moenie. So PAPPA YAH ons dank U net en ons Loof U. Ons gaan dit nou in gebed opneem of ons ‘n paar dinge mag kry want PAPPA sê, “Elke keer as ons dit doen,” ABBA YAHUVEH sê dit eer HOM en dit behaag HOM dat ons gehoorsaam en dit nie doodluiters aanneem nie. So dit is wat ek te sê het.

(Ek het dit nie op die band gesê nie maar een van my grootste stappe van geloof was toe ABBA YAHUVEH vir ons gesê het ons moet Afrika toe gaan. NEE, NEE, NEE ek wou GLAD NIE Afrika toe gaan nie. Dit was selfs erger as om Alaska toe te gaan. Ek het visioene in my kop gehad van om in ‘n grashut te woon met geen lugreëling nie en ek was so ontsteld. Maar toe het ons Geliefde YAHUVEH my ‘n Woord gegee en HY het my daaraan herinner dat HY my SY “lugreëling baba” noem en dat HY na ons sou omsien en ons seën omdat ons gehoorsaam. YAHUVEH is so getrou want dit is toe ons werklik geseën begin word het en ons het aangehou om elke dag meer geseën te word omdat ons gehoorsaam is. Hoe groter die stap van geloof is, hoe groter is die seëninge. O ja, ons het ook oral lugreëling gehad waar ons ook gebly het. PRYS YAHUSHUA!)

[Elisabeth (Elisheva) begin in tale praat:]

Julle het MY bedank vir MY getrouheid MY Geliefdes, maar EK Dank julle vir julle getrouheid. Vir al 5 vir julle getrouheid, want al 5 van julle het MY julle lewe gegee en gesê, “Gebruik dit soos U wil, gebruik dit om U Eer te bring, gebruik dit om U SEUN YAHUSHUA Eer te bring.” Al 5 van julle is lewende offergawes vir MY. EK is aanhoudend in julle gedagtes. Julle plaas MY in julle planne. Julle sê, “Wat wil U hê moet ek doen ABBA,” en dit behaag MY. Julle streef getrou, getrou daarna om MY te gehoorsaam en te behaag op elke manier en bereik siele vir die Eer van MY SEUN. Julle aanbid en prys getrou. Julle neem ONS nie as vanselfsprekend nie.

En nou praat EK nie net met julle nie, maar EK praat met die getroue YDS’e (YAHUSHUA se Demon Stompers, gebedsintersessors) want hulle doen dieselfde. Dit is die merk; dit is die seël van hulle wie die Bruid van YAHUSHUA genoem word. Hulle is getrou. Hulle is lojaal. Hulle sal nie ‘n kompromie aangaan nie. Hulle sal nie terugval nie. Hulle sal staan vir wat reg is. Hulle sal bestraf wat verkeerd is.

Watter tipe huwelik sou julle [mans en vrouens] gehad het as julle nie geweet het die ander een is getrou nie? EK hoef nie begaan te wees dat julle oog na ‘n vals god sou draai nie want EK weet julle is getrou. So julle Dank MY vir MY getrouheid. EK Dank julle vir julle getrouheid.

EK dank julle vir al die kere wat julle julle planne maak en sê, “Ek sal dit of dat vandag doen,” en EK dank julle vir julle getrouheid selfs wanneer EK julle planne omverwerp en sê, “Nee MY Kinders, julle gaan dit op hierdie manier doen.” Julle gee MY getrou nogsteeds die lof en sê, “Abba YAHUVEH maak soos U wil.” Julle streef getrou daarna om te behaag en te gehoorsaam. So nou vra EK vir julle hierdie vraag, MY Kinders. Hoekom sal EK julle nie oorvloediglik op elke manier wil seën nie? Wanneer EK vir julle vra om die grootste stap van geloof te neem, hoekom sal EK julle nie getrou beskerm, julle seën solank julle dit volgens MY manier doen nie?.

EK spreek hierdie boodskap aan almal, almal, almal wie MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en die Kosbare RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH eerste in julle lewe en julle liefde plaas. EK praat met al die Bruid van YAHUSHUA. Dankie vir julle getrouheid. Dankie vir julle getrouheid, dat julle satan aanhoudend bestraf. Julle sal nie met sonde ‘n kompromie aangaan nie. Julle oë is altyd op die Hemel. Dankie vir julle getrouheid en wees verseker soos julle getrou is aan MY so is EK aan julle getrou. MY oog is altyd op julle. MY oor neig altyd tot elke woord wat julle spreek.

Net omdat EK nie julle gebede dadelik beantwoord op die manier wat julle dink EK moet nie, moenie dink dat EK julle nie hoor nie. EK sal antwoord, soms is dit ja, soms is die antwoord nee en baie maal is die antwoord wag dit is nog nie MY tyd nie. Maar wees verseker EK is nie doof nie, EK, YAHUVEH is nie blind nie en enigiets wat julle aangaan, gaan MY aan. EK, YAHUVEH, is julle Skepper en EK weet wat die beste is vir julle, selfs wanneer julle nie weet wat die beste vir julself is nie. Soos julle MY getrou vertrou, so getrou sal EK julle nie in die steek laat nie.

So, EK wil weer sê, Dankie vir julle getrouheid. Hou aan om in MY te glo. Hou aan om nie op julle eie begrip staat te maak nie. Selfs wanneer julle nie verstaan wat in die wêreld aangaan nie, selfs wanneer julle nie weet wat om te doen nie. Hou aan om getrou te bly dat EK julle sal wys wat om te doen. Selfs wanneer julle val, MY Kleintjies, is EK daar om julle getrou op te tel en julle wonde te verpleeg. EK is getrou om MY toorn op julle vyande uit te giet, MY Kleintjies. Net omdat julle eie oë nie sien wat EK doen nie, moenie dink dat EK nie getrou is om julle te verdedig nie. Bly getrou en weet dit, die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH sal nooit sy krag verloor nie, die genesende, verlossende, vergewende, opwekkende krag. Weet dit; die Woord wat vlees geword het, kan nie jok nie Elke Woord in die Heilige Geskrifte is ‘n “ja” en ‘n “amen”. MY Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie, dit sal doen wat EK dit geroep het om te doen.

So EK wou net sê en op hierdie dag van 27 Maart 2009 gee EK julle ‘n nuwe Profetiese boodskap vir hulle wie soos ‘n hert smag na water. Hulle kom na hierdie Bediening vir vars LEWENDE WATER. EK kan sê en profeteer oor dit wat gaan gebeur, maar julle het nie nodig om dit nou te hoor nie. Julle het net nodig om te hoor, maak nie saak wat gebeur nie. Maak nie saak wat julle sien nie. Maak nie saak wat in die lug verskyn nie. Maak nie saak wat die aarde skud nie. Maak nie saak wat se wapen teen julle gebruik word nie, of dit deur die hand van die duiwel, of dit deur die hand van ‘n mens, of dit deur die hand van ‘n vreemdeling (alien) is nie. Weet dit; EK sal diegene getrou beskerm wie MYNE is. Roep MY aan in die tyd van benoudheid. Roep MY aan. Roep MY aan in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH. EK is getrou om julle uitroepe te hoor. EK is getrou om julle te verlos en te regverdig (vindicate).

Julle gaan dit hierdie jaar nodig kry. Julle gaan dit nodig kry om herinner te word, maak nie saak wat gebeur nie, EK is getrou. YAHUSHUA julle MASHIACH is getrou. Die soete RUACH ha KODESH julle IMMAYAH, SY is getrou. Aan hulle wie getrou is aan ONS, ONS sal vir julle ‘n weg voorsien waar dit lyk of daar geen weg is nie. Moenie julle oë op die branders en op die storm hou nie, anders sal julle verdrink. Moenie julle vertroue in die geldleenheid van julle nasie plaas nie, anders sal julle neergevel word. Hou julle geloof in MY. Hou julle geloof in YAHUSHUA julle MASHIACH. ONS is julle Voorsieners. ONS is julle beskutting. Dit is ONS wat julle manna uit die Hemel voer. Dit is ONS wat julle die LEWENDE WATER gee om te drink.

En EK wil weer sê, Dankie vir julle getroudheid dat julle hierdie Boodskap ontvang. Dankie vir julle getrouheid dat, ten spyte van die feit dat julle nie die Hemel met julle fisiese oë kan sien nie, julle steeds glo, want ONS beloon hulle wie ywerig na ONS soek. ONS beloon hulle wie ONS ywerig dien. ONS beloon hulle wie ONS ywerig gehoorsaam. Daar is belonings vir Heilig wees en daar is gevolge vir onheilig te wees. EK IS YAHUVEH en EK sal getrou wraak neem op MY vyande. Moenie dink hulle kom weg daarmee om MY te bespot nie. Hierdie wêreld sal binnekort sien wat gebeur met ‘n mens wat MY verlaat en bespot. Maar MY Geliefde Getroues, kyk op, kyk op Bruid van YAHUSHUA; kyk op want waarlik julle verlossing is naby.

Einde van Woord.

Dank U, Dank U, Dank U, Dank U, Dank U, Halleluyah, Prys U Heilige Naam ABBA YAHUVEH. Prys U Heilige Naam Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH. Prys U Heilige Naam Soete HEILIGE GEES ons IMMAYAH ons Geliefde MAMMA WYSHEID. Prys, o Prys, o Prys, o Prys U Heilige Naam.

U hou aan om vir my te sê en hou aan om vir my te sê en vir my te sê “27 Maart, 27 Maart” en ek het gesê, Wat het op 27 Maart gebeur? Wat is veronderstel om op 27 Maart te gebeur? Toe ons dit die minste verwag het nadat ons nagmaal gehou het, het ons PAPPA ons ‘n lieflike Woord gegee en ons hou vas aan U getrouheid ABBA YAHUVEH. Maak nie saak hoe U hierdie wêreld skud nie, ons glo getrou dat U nie sal toelaat dat ons geskud word nie. U sal nie toelaat dat ons geloof geskud word nie. Ons glo, getrou, getrou, getrou ABBA YAHUVEH dat U ons sal beskerm.

O Dank U Pappa vir hierdie Woord. Dank U dat U diegene bemoedig, Hemelse VADER wie hulle werk verloor het, diegene, Hemelse VADER wat nie hulle rekeninge kan betaal nie, diegene wat nie weet waar hulle gaan woon nie, diegene waar siekte en ongesteldhede en kwale hulle huisgesinne oorgeneem het, Hemelse VADER en hulle so swak is en hulle nie weet wat om te doen nie. Dank U vir U getrouheid, ABBA YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH. Op hierdie oomblik gaan geloof nou in hulle kom Hemelse VADER, diegene wat nie weet wat om te doen nie. Diegene wat in ‘n huwelik is wat ongelyk gebind is en hulle weet nie wat om te doen nie, Hemelse VADER. Hulle is op die punt van ‘n egskeiding, Hemelse VADER en hulle weet nie wat om te doen nie, Hemelse VADER. Ons dank U vir U getrouheid, Hemelse VADER in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIAHCH dat U die skeidingswaard sal gebruik in die huwelike wat geskei moet word, Hemelse VADER en dat U die huwelike bymekaar sal bring wat bymekaar gebring moet wees deur die liefde van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Dank U vir U getrouheid, Hemelse VADER om die kinders terug te bring, VADER wie eens op ‘n tyd die pad van Heiligheid gewandel het, Hemelse VADER. Dank U vir U getrouheid Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH vir die gestorte Bloed van YAHUSHUA en verlossing wat na die huise van diegene kom wie gebid het vir die verlossing van hulle geliefdes. Dank U vir U getrouheid, ABBA YAHUVEH dat U ons beskerm teen die regerings, die korrupte regerings van hierdie nasies, Hemelse VADER. ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH, Dank U vir U getrouheid en U kragveld wat ons beskerm, Hemelse VADER en ons onsigbaar maak, Hemelse VADER deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH sodat die vyande ons nie kan sien nie en ons sal weggesteek wees en ons sal onsigbaar wees.

Dankie omdat U die papierwerk vernietig wat die vyand teen ons het Hemelse VADER. Dank U en Prys U ABBA YAHUVEH op hierdie oomblik. U weet van watter papierwerk ek praat, Hemelse VADER. U ken die geheime wat die regerings besit, Hemelse VADER. Ek praat van die papierwerk, Hemelse VADER wat teen enigeen gehou word wie Heilig is, Hemelse VADER terwyl hulle gevolg word en hulle name geregistreer word, ABBA YAHUVEH, in ‘n databasis Hemelse VADER, gemerk om uitgewis te word VADER. Dank U ABBA YAHUVEH vir Heilige Skakel-Engele (linking angels) op hierdie oomblik om hulle te omring en te beskerm en koepels oor hulle wonings, Hemelse VADER. Dank U ABBA YAHUVEH, net so seker soos wat U vir Lot gespaar het, net so seker soos wat U vir Noag en sy familie gespaar het, net so seker soos wat U vir Daniël in die leeukuil gespaar het en Sadrag, Mesag en Abednego in die vuuroond. Ons dank U vir u getrouheid, ABBA YAHUVEH om al diegene te beskerm wie waarlik, waarlik, waarlik aan YAHUSHUA ons MASHIACH behoort.

Dank U vir U getrouheid om ons te beskerm terwyl hulle die gif in die lug versprei, Hemelse VADER, deur wat genoem word ‘chemtrails’ oor die hele wêreld om die populasie te verminder. Hulle dink dit wat hulle in die geheim doen is nie bekend nie. Terwyl U, ABBA YAHUVEH gesê het, “wanneer julle hierdie dinge sien, pleit die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, bid die wapen terug op die vlieënier, bid die wapen terug op die een wie hierdie gifstowwe vervaardig het, bid die wapens terug op die regerings wat dit toelaat, wat dit stuur”. Laat die Bloed van YAHUSHUA, ons Geliefde MASHIACH soos ‘n teenmiddel wees. Verwar die vyand, ons Dank U en ons Prys U, ons stuur verwarring in die vyande se kamp. Hulle dink hulle het die teenmiddel en hulle gee dit vir hulle vriende en hulle familie, o maar ABBA YAHUVEH, U sit die dood in daardie inspuitings. U sit dood in daardie pille. In plaas daarvan is dit die Heiliges wat beskerm is, want hulle kan ons geen skade aandoen tensy U dit toelaat nie. So getroues, wanneer julle die gif ‘chemtrails’ in die lug sien, onthou om die gebed te bid, “Ek pleit die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH oor dit. Ek stuur hierdie wapen terug na die vlieënier, die apteker wat dit vervaardig het en die regerings wie dit stuur.”

Want YAHUVEH is getrou en wanneer hulle die kos vergiftig en die water en selfs die luggowe stuur dood, siektes. Ons dank U vir ABBA YAHUVEH se getrouheid dat ons beskermd sal wees teen dit alles. Maar dit is die een wat hierdie wapens uitstuur na wie dit sal terugkeer op hulself, want daar is geen beskerming teen die wraak van ABBAYAHUVEH nie, want HY het belowe om ons getrou te beskerm en om wraak te neem op ons vyande.

Dank U U Pappa YAHUVEH, omdat U ons onder U vleuels weggesteek soos Psalm 91 sê. Dank U ABBA YAHUVEH met ons oë sal ons die vergelding van die bose sien. Enige vyand van U ABBA YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, is ‘n vyand van ons. Enigeen ABBA YAHUVEH, wat onheiligheid verdedig, wat sonde kwytskeld of hulle dit weet of nie, hulle dien satan en hulle is ‘n vyand van die Heilige Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Ons sal U getrou dien, ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH, al die dae van ons lewens op hierdie aarde en tot in ewigheid in die Hemel. Net soos ons U hier Prys en Loof so sal ons U vir ewig in die Hemel Prys en Loof. Ons vra ABBA YAHUVEH en ek staan nou namens die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH en ons vra dat dood nie hierdie liggame sal aanraak nie, dat ons ‘n getuienis soos Henog sal hê en voor hy in die Hemel opgeneem was, het hy ons ABBA YAHUVEH behaag.

Ons beloof getrou om elke dag daarna te strewe om U daagliks meer te behaag ABBA YAHUVEH. Om U al die Prys, Eer en Glorie te bring deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH. Ons Aanbid U. U is ons Majesteit. Ons Aanbid U. Ons het U lief. Ons Bemin U. Ons Prys U, ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH, ons IMMAYAH, ons MAMMA WYSHEID ons MAMMA SHKHINYAH, ons MAMMA GLORIE. U is al hierdie dinge, o Kosbare HEILIGE GEES en ons Aanbid U.

Ons dank U vir die Salwing wat U vandag op my geplaas het om U stem te hoor op hierdie onverwagte manier net om vir U geliefdes te sê, “Dankie vir julle getrouheid”. Dit het alles begin toe ons U gedank het vir U getrouheid en U geëindig het om ons te bedank.

Dank U. Amen. My hand is gevries.

Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
27 Maart 2009.


Profesie 117, Ek, YAHUVEH Sê, “oordeel Is Vasgestel!”

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Gegee 6 Junie 2008 – Vrygestel 3 Februarie 2010



Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die Shkhinyah Glorie se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

Ek is YAHVEH,dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gesê om die volgende vanaf 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:

2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

1 Sam 15:22 :

22 Daarna sê Shemuél: Het Yahweh behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van Yahweh? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme

Filippense 2:12

Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie verlossing uit met vrees en bewing;

* * * * * * *
Elisabeth[Elisheva]: (Besig om te bid terwyl die salwing so intens is en sy die teenwoordigheid van YAHUSHUA aanvoel.) Wat is dit YAHUVEH? Wat is dit Geliefde YAHUSHUA? In die middel van my gebede het U begin praat en ek het die Heilige vuur in my beendere begin voel. U het my vandag wakker gemaak en U het vir my gesê dat U wil praat. Heilig, Heilig, Heilig, ons aanbid U. Ons loof U. Ons het U lief. Ons bemin U. Wat is dit geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH? Wat is dit Geliefde ABBA YAHUVEH?

* * * * * * *

Profetiese Woord begin:

O, MY Geliefdes, EK het julle vandag wakker gemaak en EK bring in herinnering wat gebeur met die vyande wat satan hierdie kant toe stuur. EK herinner jou aan name wat lank reeds vergete is, nogtans is hulle nie deur MY, YAHUVEH vergeet nie.

Om jou emosies teen hierdie verraderlike, pynlike herinneringe te beskerm, blokkeer jy dit uit. Maar net EK ken die pyn wat hulle veroorsaak het. Nogtans gebruik EK dit, Elisabeth[Elisheva], vir MY Eer, om weer en weer aan satan te bewys dat nie roem, ook nie rykdom en selfs toe jou eie lewe oor en oor bedreig was, die lyding wat jy aan die hand van satan verduur het, jy MY nogtans nie verraai het nie. Jy sal MY nie uit-verkoop nie. Jy het nie hierdie Bediening vir satan gegee nie.

Die woorde wat jou vyande spreek maak YAHUSHUA so diep seer. Hoe durf enige vyand die BLOEDLYN kruis en sê, “Hierdie Bediening dien satan,” en jou daarvan beskuldig dat jy ʼn vals profeet is en siele na satan toe lei? Jy bid dat hulle moet berou toon, maar MY liewe kind, oordeel was alreeds vasgestel! Alhoewel die vyande, veral die louwarm Christene, net profesieë wil hoor wat hul jeukende ore streel, is hulle kwaad vir jou wanneer jy MY waarskuwings uitspreek om te berou en jy sê vir hulle om op te hou met ʼn vorm van heiligheid, maar daar is geen heiligheid binne-in nie! Net soos met Koning Saul toe die gees van kranksinnigheid van hom besit geneem het toe hy aanhoudend vir Dawid van Ouds vervolg en hom probeer skade berokken het. Hierdie vyande is gevul met donker demone van haat vir hierdie Bediening en almal wat Heilig voor MY is. Die bose herders lieg en verwar en probeer MY Skape en Lammers wegdraai van jou af want jy spreek MY waarhede voort.

Ellende wag vir almal wat voor ʼn woedende YAHUVEH sal staan op die Oordeelsdag! Die Heilige Boeke sal geopen word en almal se name is gelys, soos hulle wat verraad gepleeg het probeer het om alles wat Heilig is te vernietig! Sommige van MY Kinders is martelare en word gedwing om te sterf as gevolg van die vyande wat MY haat; vir beloning het hulle lasterlike leuens verkondig. Die vyande sal nou en in wat genoem word die Groot Verdrukking, selfs familielede verraai om gedood en gemartel te word (Matt 24; Markus 13:12-13). Sommige vyande teen wie jy nou veg, sal berou toon en weghardloop van wetteloosheid af en sal gemartel word terwille van YAHUSHUA se Naam.

Jy sal bose vyande op die geestelike Berg Karmel ontmoet en beveg. Die vyande se bose werke sal geoordeel word net soos die vals profete van Baäl (1 Konings 18:17-40). Wanneer die tyd kom sal EK jou gebruik net soos EK Elia van Ouds gebruik het, want EK noem jou MY Nuwe Elia

[in Hebreeuse taal Eliyahu]

Baie van die vyande wat jou nou en in die toekoms aanval, sal net soos Judas, hulle siel vir die 30 stukke silwer verkoop en die merk van die dier ontvang vir almal om te sien (Matt. 26:14-16, Open 14:9-11). Waarsku hulle nou dat dit ʼn onvergeeflike sonde is. Siele van verworpenes, wie alles wat Heilig is bespot en haat, sal Jeremia 6:27-30 dra en MY wraak sal hulle volkome toemaak. Dit is geen ongeluk wie hierdie Bediening vind nie, sommige sal die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wees, sommige sal die Gaste by die Bruilofsmaal van die Lam wees, sommige sal die vyande van jou siel wees, want hulle is MY vyande want almal sal getoets word!

Almal, almal, almal wat na Amightywind Bediening toe kom, almal wat dit lees of na een Woord daarvan luister, word getoets. Hoe hulle jou ontvang, is hoe hulle MY ontvang. Hulle kan ander mislei maar wat hulle saai sal hulle maai! (Gal 6:7-8).

Elkeen moet bid en hierdie vraag vra, “Voldoen hulle aan die mate van Heiligheid? Is hulle in die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH toegemaak? Begeer hulle en streef hulle daarna om MY Woorde in die Heilige Skrifte en Profesieë te gehoorsaam?”

Trek hulle hul skouers op, bedek hulle ore en sê, “Gaan weg! Ek kan sondig soveel ek wil. Niemand kan my keer nie. Per slot van sake, JESUS CHRISTUS het vir my gesterf en opgestaan. As jy vir my sê ek moet berou toon en wegdraai van my sondes, sal ek jou net weer vervloek!” Kinders, besef julle nie julle vrugte verteenwoordig die manier hoe julle jul lewe vir YAHUSHUA HA MASHIACH lewe nie? (Joh 15:1-16). Julle kan nie soos die duiwel lewe nie en sê, “ek verklaar ek is ʼn Christen, so genade en guns sal my in elkgeval dek”.

EK waarsku jou nou, jy sal gehaat word en bose dinge sal van jou naam gesê word, selfs wanneer jy in waarheid en liefde bedien (Lukas 6:22-23). Die vyande en veral hulle wat hulself Christene noem, maar aan hulle bose vrugte sal jy weet dit is ʼn leuen (Matt 7:15-23), die vyande haat hierdie Profeet en hulle haat almal wat deel van Amightywind Bediening is, want EK, YAHUVEH, sal nie die Leierskap wat in MY voetspore volg, toelaat om met sonde te kompromitteer nie. YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid sal nooit kompromitteer wat hulle weet die waarheid is nie! Hulle sal voor satan staan en sy diensknegte se leuens bestraf!

MY Geliefde Kinders, dit behaag MY omdat julle sonde en sondaars bestraf het wat weier om berou te toon en weg te draai van hul sonde en julle weier om deur die sondaars se leuens beinvloed te word. EK vertel vir julle ʼn geheim, EK het ʼn goue juweelversierde boek in die Hemel wat vir elkeen van MY Heilige Kinders ontwerp is wat sonde en sondaars bestraf, wat daarna strewe om te gehoorsaam, wat satan in YAHUSHUA se NAAM bestraf. Hier is ʼn geheim (Aan Sheren wie sê hierdie Bediening het baie geheime, Die Bybel sê in Amos 3:7 “YAHUVEH deel SY geheime met die Profete”), in jou spesiale boek is daar name wat jy lankal vergeet het, wat jou gespot en vervolg het, jou sonder rede gehaat het, wanneer al wat jy vir hulle gedoen het was om te bid dat hulle hul sonde sou los.

EK, YAHUVEH, het elke traan wat jy gestort het, in ʼn juweelflessie met ʼn Heilige Engel wat dit versorg (Psalm 56:8). En wanneer jy vervolg word terwille van YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam, weet dat wanneer die bose jou probeer veroordeel en jou beskuldig, dat EK, YAHUVEH sommige venynige vyande van jou, veroordeel het terwyl jy gebid het en sal aanhou om hulle te veroordeel! Die Heiliges wat uitroep na MY, “Verlos my uit die hand van hierdie bose vyande!”, sal verlos word (Jer. 15:21)!

Elisabeth[Elisheva], baie van jou mees boosaardigste vyande is nou in die hel, want deur MY Hand het EK hulle lank genoeg laat lewe om hul eie graf met hul tong te grawe, om hulle onbelyde sonde op te hoop, totdat hulle simbolies die vlak van die hel bereik het wat EK vooruit geweet het hulle sou betree. Jy het nie weer van hulle gehoor nie want EK, YAHUVEH het jou verlos uit die hand van die vyande wat jou lewe probeer neem het, en EK het hulle van die aangesig van die aarde verwyder toe hulle dit die minste verwag het! Sommige se name ken jy (Angie Ray, Bobbie Barnes om maar net twee te noem), want jy het gehoor hulle is dood. Ander vyande wat jy teen veg, neem skrifte en verdraai dit en sê dat hierdie Bediening ʼn haatbediening is. Dwase mans en vrouens, weet hulle nie dit is nie haar haat vir sonde nie, dit is MY, YAHUVEH sn, vir sonde! Vir elke onbelyde sonde is daar ʼn prys om te betaal (Rom 6:23). Die vyande grawe nou met hulle monde (tot) die vlak van die hel wat hulle sal bewoon wanneer hulle sterwe, as hulle nie berou en wegdraai van hierdie boosheid nie!

Onthou die man wat jy ‘die geleerde gek’ genoem het? (www.amightywind.com/hell/soulbattle.htm)

Jy het sy brief voor die hele wêreld geplaas toe hy alles wat Heilig is bespot het. Jy het vir hom geskryf en vir hom gesê toe hy jou vervolg het, dat hy nie volgende jaar dieselfde tyd nog sou lewe nie. Wat jy geprofeteer het, het gebeur en hy het voor daardie tyd gesterf. EK het jou gestuur om hom te waarsku. Hy was na die Bediening toe gestuur en hy het dit ʼn vloek genoem en sy jong seun geleer dit is nie nodig om GOD te vrees nie want GOD bestaan nie. Jy het hom gewaarsku, hy het nie geluister nie en nou wens hy hy het! Die geleerde gek wat by jou gespog het met sy kollegegrade is nou in die hel en het uitgevind wat jy gesê het was waar en hy skree nou hardop, “YAHUVEH ek glo nou in U!”

EK kan in besonderhede ingaan maar dit sal geen doel dien nie. Weet net dit, jou vyande en die vyande van al YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid sal soos dominoes val en soos ʼn Goliat nooit weer opstaan nie. Jou vyande se lewens was nooit weer dieselfde nie. Vir diegene wat nog lewe, daar is nog tyd om te berou en jullself te verneder en om verskoning te vra. Want wanneer julle probeer om Heilige Bedienings soos hierdie en ander te vernietig, raak julle nie ʼn eenvoudige vrou of man aan nie, julle het die appel van MY oog aangeraak.

Julle wat soos ʼn wolf in skaapsklere optree, julle skree so hard, “Gee pad van Amightywind Bediening af!” EK sal julle veroordeel omdat julle die Skape en Lammers mislei as julle nie gou berou en verskoning vra omdat julle bose lasterlike leuens verkondig nie. Erken dat julle ʼn Heilige Bediening gehaat en aangeraak het. Dit is nie julle taak om dit te oordeel nie, want hierdie Bediening is deur MY georden. EK, YAHUVEH weier om jou, Elisabeth[Elisheva] toe te laat om verskonings vir hulle te maak terwyl hulle met sonde kompromitteer. Wanneer EK vir jou ʼn verworpe siel wys, moenie bid dat hulle sal berou nie, want hulle is slegs geskik vir MY Oordeel (Jer. 7:16, 11;14, 14:11-12; 1 Joh 5:16). Hulle sal net soos Kain, Esau en Judas hel toe gestuur word!

EK, YAHUVEH spreek nou ʼn nuwe Woord oor ʼn ander onderwerp. Wat hierdie salwing in jou opgeroer het, terwyl jy in gebed was het jy seëninge op YAHUSHUA se demon Stompers gebid. MY geliefde gebedsintersessors wat EK soos ʼn skild gebruik om die wapens te deflekteer wat teen die leierskap van die Bediening gemik was. YAHUSHUA se demon Stompers was getoets as lojaal en hulle is betroubaar op die voorste linies. O, hoeveel opofferings, hoeveel trane het hulle gestort! Hulle is MY Geliefde YDS en waarlik, hulle belonings sal hulle Hemel toe volg en al hulle gebede is vir MY ʼn seën en is uit die Hemel gestuur.

Moenie treur wanneer mense die waarhede in die Heilige Profesieë aanvaar en dan weer terugdraai na die hond se braaksel en hulle draai teen hierdie Heilige Bediening as hulle sê, “Dit is geen plesier om Heilig te lewe nie en ek (sal) liewer terugdraai na my sondige wee” (Spreuke 26:11; 2 Petrus 2:22). Nie almal is geskik om in MY Hemelse Weermag te wees nie.

EK vertel jou nou dit, sodat jy weet, EK vertel jou vooruit van vyande wat jou hierdie jaar 2008 in ʼn geestelike oorlog aanval soos nog nooit tevore nie. Moenie bekommerd wees nie. Deur die NAAM en die BLOED van YAHUSHUA sal jy oorwin! Vas, ook kommunie (nagmaal) en die Jerigo Marse is ʼn wapen wat jy nodig het, nie net vir jouself nie maar ook vir ander om die oorwinning te hê. Kommunie (nagmaal) is ʼn geheime wapen. Gebruik dit vrylik. Moenie ophou met dit wat jy weet werk nie.

Onthou MY Geliefdes, moenie julle pêrels voor die swyne werp nie (Matt 7:6). Die swyne is hulle wat weier om na die waarheid te luister. EK stuur jou voort na ander wat EK gestuur het wat sal luister en elke Woord gehoorsaam wat EK in die Heilige Profesieë spreek. EK, YAHUVEH profeteer dit alles, alles, alles, alles, die Profetiese Boodskappe wat EK uitgespreek het sal nie net in Engels wees nie maar dit sal in Samoans wees. En Elisabeth[Elisheva], die sterkste salwing wat jy ooit geken het, het EK in Maui, Hawaii op jou gesit voor ʼn kamer vol getuienisse. ʼn Buddis het erken dat Buddah nie kon doen wat hy toe gesien het JESUS CHRISTUS doen toe EK jou gesalf het nie, Elisabeth[Elisheva] en hierdie man genaamd Frank, het toe jy voor die mense in Maui, Hawaii gebid het, sy lewe daardie dag vir YAHUSHUA gegee en lei siele Hemel toe en vertel elkeen dat YAHUSHUA, JESUS CHRISTUS nie kan misluk nie!

(Sien asb Gesalf in Hawaii: http://www.amightywind.com/Elisabeth/hawaii.htm lees oor die grootste Salwing tot dusver wat op ElisabethElijah [Elisheva Eliyahu] gekom het.)

ʼn Samoaanse pastoor wie sy kerk met ʼn ystervuis regeer het, het jou gehoor profeteer en alhoewel hy enige vrou verbied het om in sy kerk te preek, moenie die dag vergeet toe EK hierdie wonderwerk gestuur het toe hy jou met ʼn nederige gees gevra het om te kom en te profeteer en by sy kerk in Maui, Hawaii te preek nie. Jy het na die Samoaanse mense uitgereik waar EK jou na daardie Samoaanse pastoor gestuur het.

Jy was gegrief omdat jy nooit die vrugte gesien het nie, deur in daardie Samoaanse kerk te bedien as die eerste vrou wat toegelaat was om dit te doen, want jy was betrokke in ʼn egskeidingsgeveg vir toesig oor jou kind en moes gaan.

EK het ʼn Profetiese woord uitgespreek dat jou stem in die Samoaanse taal gehoor sal word. EK het jou uitgestuur sodat New Zealand die waarhede kon hoor wat EK in die Heilige Profesieë gespreek het. Samoane wat luister en YAHUSHUA HA MASHIACH as ALMAGTIGE GOD, HERE en VERLOSSER aanvaar, sal geseënd wees.

EK, YAHUVEH het dieselfde deur jou mond vir Afrika geprofeteer. Die (Profetiese) Woorde sal nie net in Afrikaans wees nie. Afrikaans Die Profesieë sal deur baie regoor die wêreld vertaal word. transcribed by many around the world EK, YAHUVEH, speel met jou vyande en lag vir hulle. Sien jy die verwarring van die vyand? Hulle het hierdie sonde op hulself gebring. Het EK nie in die Heilige Skrifte gewaarsku, “Raak MY gesalfde nie aan nie en doen MY Profete geen leed aan nie”(1 Kronieke 16:22, Psalm 105:15)? Nogtans weier hulle om te gehoorsaam, maar bespot en verag eerder dit wat hulle nie verstaan nie en wat hulle nie eers probeer om jou te vra of tot MY te bid nie.

Die vyande kyk met vrees na Amightywind se Dienaars wetende dat hulle hul nie kan stilmaak nie. Die vyande kyk hulpeloos toe, hoe Almightywind Bedienige voor hulle oë floreer en groei. EK hoor hulle komplotte en planne om jou te vermoei, om die bediening op te gee. EK, YAHUVEH stuur verwarring in die vyande se kamp en EK sal hulle skei wie wetteloosheid voortspreek en dit verkondig. Dit beteken EK, YAHUSHUA waarsku EK het MY skeidingswaard en EK skei families wat ʼn gevaar is vir MY Heiliges in die spoedig komende dae (Matt 10:34-36)! Die vyande weet nie hoe om julle te keer om die Heilige Profesieë uit te spreek nie. Die vyande se kamp is gefrustreerd en verslaan terwyl EK dieselfde Profetiese Woorde in baie verskillende nasies oprig en dit is net die begin.

EK, YAHUVEH, het baie jare gelede deur Elisabeth[Elisheva] geboorte geskenk aan hierdie Bediening. As haar lyding nie groot was nie, sou hierdie Bediening nie so ʼn groot salwing gehad het nie, want die dienskneg is nie groter as die Meester nie (Joh 13:16; 15:20). YAHUSHUA is die MEESTER. Die pyn wat sy verduur het, sal niemand ooit weet nie, net EK. Die prys wat sy betaal het sal niemand weet behalwe EK nie. Selfs die man wat sy haar eks-man noem, wat nooit in die oë van die Hemel ʼn man was nie, het oor en oor aan haar gesê hy “moet hierdie Bediening stop,” en hy “moet doen wat die satan beplan het om hierdie Bediening te stop.” Hy sou haar spot terwyl hy haar misbruik het en het gesê, “ ek het jou gewaarsku om hierdie bediening te stop. Sien jy wat jou GOD my laat doen?” Maar EK het daardie bose planne van satan gedwarsboom toe EK haar lewe soveel kere gered het van hierdie bose man wat haar probeer doodmaak het.

EK het haar gebede beantwoord. Sy is getoets. En nou het EK bewys wie EK, YAHUVEH kan vertrou - wie MY sal gehoorsaam as leiers van hierdie Bediening[Ek vertrou hulle wat MY gehoorsaam]. Waar daar voorheen een vrou die leier van hierdie Bediening was wat EK georden en gesalf het, is daar nou leiers van hierdie Heilige Bediening [leierskap van AMIGHTYWIND MINISTRY] en EK noem hulle.

EK gee ʼn mandaat aan almal wat EK orden en salf om Geestelike leiers in ʼn Bediening te wees: EK vereis julle gehoorsaamheid aan MY, YAHUVEH in alle opsigte, want dit is ʼn getuienis van hoe lief julle YAHUSHUA HA MASHIACH het. Wanneer julle HOM gehoorsaam, gehoorsaam en behaag julle MY. (Joh 14:23-24).

Wanneer julle ʼn Jerigo Mars doen en vas, het julle dit vir julleself net so nodig soos wat julle dit vir ander nodig het. Neem die name van die verworpe vyande na MY wanneer julle bid en net soos EK vir Joshua by Jerigo gedoen het en die mure ineengestort het (Jos 6)! So spreek EK ook hierdie waarskuwing aan enigeen wat probeer vernietig wat EK, YAHUVEH voortgebring het. MY vyande, wat julle vyande is, sal weereens onder die geestelike mure van Jerigo vergruis word!

Hierdie jaar sal jy met jou eie ore, jy sal sien, jy sal hoor hoe EK verworpe sondaars beloon wat MY Heilige Bediening vervolg het en dit wat EK YAHUVEH goed genoem het, boos noem! Jou vyande is MY vyande en hulle haat jou omdat jy die waarheid voortspreek, want hulle verkies die leuens. Die bose mense val almal aan wat Heilig is, wat verkondig, “Bely, draai weg van sonde voor jy hel toe gaan!” Die mees gevaarlike vyande is hulle wat hulself Christene noem maar dit nie is nie (2 Kor 11:12-14). Hulle is van die sinagoge van satan! (Open 2:9; 3:9)!

Die bose vyande wat satan stuur om jou te martel, oefen elke dag hoe om MY, YAHUVEH kwaad te maak en bespot die Gestorte BLOED van YAHUSHUA jou MASHIACH! Sommige sê hulle ken MY SEUN en tog ken hulle HOM net met hulle kop en nie met hulle hart nie. Daar is geen vrees wanneer hulle weet hulle het gesondig en HOM beledig nie. Die begin van wysheid is die vrees om jou SKEPPER te beledig! Die Heiliges het Heiliger geword, die bose het boser geword. MY wraak, MY oordeel het neergekom en sal aanhou neer kom tot MY woede uitgeput is.

Heilige Bruid, julle vra vir MY Oordeel teen homoseksualiteit en hierdie bespotting van dieselfde geslag huwelike, die kloning van mense, die vermenging van ʼn menslike embrio en ʼn dier. Julle gaan MY Oordeel sien neerkom. Hou aan om hierdie dinge op te lig na MY (1 Tess 5:17). Moenie moeg raak wanneer julle bid nie (Luk 18:1-8). Marsjeer in Oorwinning en weet dat EK gaan antwoord wanneer spoedige Oordeel op hierdie vyande neerkom. Julle sal ry vir ry, reel vir reel al hierdie dinge sien gebeur.

Wanneer Elisabeth[Elisheva] sê, “Daar is nie een persoon wat ons kan vertrou nie. Ons hou aan om die vals Bruid van YAHUSHUA te ontmoet. Waar is die regte Heilige Bruid wat weier om met sonde te kompromiteer?” Het EK aangehou om vir [haar] te sê om te wag, Ek sal die ware Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH bring. Nou het EK, YAHUVEH sommige van YAHUSHUA se Bruid gebring om sy aan sy te woon. Onthou, wanneer EK na een van YAHUSHUA se Heilige Bruid kyk, sien EK terselfdertyd almal van julle.

Hulle wat YAHUSHUA se demon Stomper Gebedsvegters, die Intersessor Gebiedsvegters van hierdie Bediening genoem word, julle ken alreeds die getroues, hulle bestraf sonde en kompromitteer nie met sonde nie en maak ook nie verskoning vir onbelyde sondaars wat weier om die sonde van die vlees te beveg nie. YAHUSHUA se demon Stompers staan vegtend langs jou.

YAHUSHUA se demon Stompers is oor die hele wêreld versprei. Jy ken nie eers hulle name nie maar hulle ken joune en jy het hulle geseën deur die Woorde wat EK, YAHUVEH vir hierdie Bediening gegee het. MY kinders ontvang MY woorde van lewe wat EK in die Profesieë voortgespreek het en die Profetiese Woorde wat uitgespreek is, gemeng is met geloof in wie YAHUSHUA is, het wortel geskied en gegroei tot waar hulle wat geseënd is, groei in hulle hordes!

Mense se lewens is verander want hulle hoor die gesalfde Woorde uit die Hemel en hulle gee Eer aan YAHUSHUA HA MASHIACH. Wanneer jy jou mond oopmaak en MY toelaat om dit met MY Woorde van Profesie te vul, gee EK hulle ʼn Woord van Lewe wat beloftes vir hulle inhou. Elisabeth[Elisheva], jy sal hulle wat geseën is deur die Heilige Profesieë, in die Hemel ontmoet, as jy hulle nie op aarde ontmoet nie. Heilige Profete was vervolg terwille van YAHUSHUA se NAAM, so ook evangeliste (Joh 15:20). Groot, groot, groot is julle belonings in die Hemel! (Matt 5;11-12; Lukas 6:22-23).

Elisabeth[Elisheva], een van jou belonings is al die geseënde mense wat jou op alle gebiede ondersteun en help. Evangeliste wat siele bereik help jou om die mense na YAHUSHUA MESSIAS toe te lei. Mense wat vissers van mense is en siele na YAHUSHUA HA MASHIACH toe bring, julle sal in die Hemel beloon word hiervoor. Weereens, hierdie belofte is nie net vir Elisabeth[Elisheva] nie, maar vir alle evangeliste. Julle sal in die Hemel aan hulle voorgestel word, elke siel wat julle aangeraak en gewaarsku het, terwille van YAHUSHUA HA MASHIACH se Eer alleen. Onthou wanneer julle HOM verheerlik en HOM dien en HOM liefhet doen julle dit vir die RUACH HA KODESH en vir MY. Wanneer julle selfs net ʼn beker water vir hierdie Profeet gee, doen julle dit asof vir MY en dit geld vir almal van julle wat EK YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid noem. (Matt 10:40-42).

Elisabeth[Elisheva], EK het hierdie Profetiese Woord op jou moeder se geboortedag vrygestel, 6 Junie. Sy is nou in die hel, jy het probeer om haar na YAHUSHUA toe te lei en satan laat haar nou tallose doodsangs ly want sy het gefaal in haar pogings om jou lewe te neem voordat hierdie Bediening gebore kon word. Jy sien, EK, YAHUVEH het ʼn doel gehad en MY doel is bereik en maak nie saak hoe iemand probeer het om jou lewe te neem nie, en nogsteeds doen, EK het jou toe beskut en EK, YAHUVEH, beskut, voorsien en beskerm jou nou soos ʼn baba kuikentjie in die palm van MY hand. Maak nie saak watse wapen teen jou gesmee was nie, nie net jou lewe nie maar hierdie Bediening het oorleef (Jesaja 54:17). Maar jy lewe, tot vele ontsteltenis van jou vyande wat hulle haat wie MY gebooie gehoorsaam! En ALEPH en TAV Almightywind RUACH ha KODESH Bedienings groei steeds in die Salwing ,en lewe nie net nie, maar floreer! En EK gebruik hierdie Bediening tot Eer van YAHUSHUA HA MASHIACH om lewens te verander.

So is dit gespreek, so is dit geskryf.

Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah[Elisheva Eliyahu]

6 Junie 2008.

Tot U Eer, ABBA YAHUVEH. Amen! Amen!

* * * * * * *
Kommentaar deur Elisabeth[Elisheva]:

Weet dat YAHUSHUA jou sondes sal vergewe en dan moet jy jouself vergewe! Jy moet berou, wegdraai van sonde en glo dat deur YAHUSHUA jy ook die mag het om sonde te bestraf. Jy bid dat jy deur HOM die krag het om sonde te bestraf. Jy moet glo dat YAHUSHUA jou vergewe het en dan gaan jy weer vorentoe met ʼn skoon bladsy. (Ps 51:2-4) “Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ek ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou”.

Elke Profesie word deur die Skrif gerugsteun. Hier is die Skrifte wat dit rugsteun:

Deut 32:41 : “As EK MY glinsterende swaard skerp gemaak het en MY hand na die strafgerig gryp, sal EK wraak oefen op MY vyande en MY haters vergelde”.

Jesaja 59:19 : “Wanneer die vyand inkom, sal die GEES van YAHUVEH ʼn standaard teen hom oprig”.

1 Kor. 16:22: “As iemand YAHUSHUA HA MASHIACH nie liefhet nie, laat hom ʼn vervloeking wees! Maranata!” Kom YAHUSHUA! Kom!

1 Kor. 1:27 : “Maar YAHUVEH GOD het die dwase dinge van die wêreld gekies om die wyses te verwar; en YAHUVEH GOD het die swak dinge van die wêreld gekies om die dinge wat magtig is te verwar.”

Jer. 7:23-24 : “Maar hierdie saak het EK hulle beveel, naamlik : Luister na MY stem, dan sal EK vir julle ʼn Elohiem wees en julle sal vir MY ʼn volk wees; en wandel net in die weg wat EK julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

24 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie”.

Jer 7:27,28 : “Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel maar hulle sal nie na jou luister nie en jy moet na hulle roep maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28 Sê dan vir hulle dit is die nasie wat na die stem van YAHUVEH hulle Elohiem nie geluister het en nie en die tugtiging nie aangeneem het nie: die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond”.

Belangrike Skakels:

Die ‘geleerde dwaas’.

http://www.amightywind.com/hell/soulbattle.htm

‘Geseënd in Hawai’.

http://www.amightywind.com/elisabeth/hawaii.htm

Woensdag aand 3 Februarie 2010, is ʼn seldsame verskynsel van Vuurballe in die lug waargeneem wat Noord van Suid-Ierland getrek het na Noord Ierland waar YAHUSHUA se demon Stompers Krygers wat besig was om te vas, aan beide kante van Ierland woon. Dit was teen sononder op die laaste dag van die 21ste dag van vas waargeneem! Die vas met slegs water het op 14 Januarie vir 10 dae begin en die vas het 21 dae later op 3 Februarie 2010 geeindig. YAHUVEH het vir Elisabeth[Elisheva] gesê die YDS se Vaskrygers moet vir 21 dae vas want dit het 21 dae geneem voordat Daniel ʼn antwoord op sy gebede gekry het.

http://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-1248665/Fireball-lights-Irish-sky-extremely-rare-asteroid-falls-Earth-100-000mph.html

YAHUVEH is woedend vir die vyande van hierdie Bediening en ABBA YAHUVEH het vir Elisabeth[Elisheva] en al die YDS Krygers wat vas, ʼn teken gegee dat HY wraak sal neem op almal wat hierdie Bediening en Heilige Profeet belaster het! Dit is in SY tyd en SY manier wanneer hulle dit die minste verwag. Die ergste vyande van hierdie Bediening is nie hulle wie uiterlik boos is nie, maar dit is hulle wie voorgee om ʼn Christen te wees en in die naam van JESUS CHRISTUS bid! Hulle haat hierdie Bediening want dit weier om verskonings te maak vir sonde en sondaars en die boodskappe in al die Profesieë is : berou en draai weg van sonde, moenie soos die duiwel lewe en verwag om Hemel toe te gaan nie. Sy is allerhande bose name genoem omdat sy leer dat jy die 10 Gebooie moet gehoorsaam! Sy is ʼn vals Profeet genoem omdat sy leer dat daar ʼn hel is wat wag as jy YAHUVEH nie gehoorsaam nie!

ElisabethElijah[Elisheva Eliyahu] en al die YDS Heilige Gebedsintersessors het vir YAHUVEH gebid om wraak op SY vyande te neem en Elisabeth[Elisheva] het gebid “Bewys asb dat hierdie vas nie tevergeefs was nie en dat ABBA YAHUVEH SY oordeel op die vyande sal uitstort!” YAHUVEH het Elisabeth[Elisheva] se gebede geantwoord en die teken in die lug gesit met vuurballe wat baie raar in Ierland is en 100,000 myl per uur trek! Ellende wag vir die vyande. Die YDS het gevas en gebid dat YAHUVEH se Oordeel moet neerkom net soos toe Elia van Ouds teen die vals Profete van Baäl geveg het!

Die Rooi See Wonderwerk Vas het 21 dae geduur en ons het baie wonderwerke sien gebeur, maar dit is bo-aan die lys!

Hierdie Profesie was nie vrygestel aan die publiek nie, net 5 mense het dit gehoor. Ons het gedink dit is ʼn persoonlike Profesie wat op 6 Junie 2008 gegee is en sommige persoonlike dele is uitgelaat wat nie vir die publiek belangrik was nie. Ons mede Leraar het hierdie Profesie op 3 Februarie 2010 opgespoor toe sy vir iets anders gesoek het wat YAHUVEH deur Elisabeth[Elisheva] gespreek het. In stede daarvan het sy geweet toe sy hierdie lees dat sy vir Elisabeth[Elisheva] moes skakel. Terwyl sy hierdie Woord gelees het, het beide sy en Elisabeth[Elisheva] duidelik die salwing in dit gehoor en dit het vermeerder en dit moet vrygestel word want dit pas by die omstandighede wat hulle nou teen veg met die vals Profete van Baäl en Jesebel gees in hulle wie hulself Christene noem, maar geen Christus in hulle het nie!

YAHUVEH het gesê dit is nou tyd om dit vry te stel as Profesie 117, want niks het verander nie. Dit is dieselfde oorlog as in 2008 met die Gees van vals Profete van Baäl, Fariseers en Jesebel, net ander gesigte wat onder die Oordeel van YAHUVEH kom! ABBA YAHUVEH het gesê die 21 dae vas het die salwing verhoog en Oordeel was bepaal want dit is met almal gedeel, en veral hardop uitgespreek sodat die vyande dit kan hoor! Dit is nou in proses van handeling.

Malcom Heap, Linda NewKirk, Jack Barr, Sherry Shriner, Steve Thompson, die lys van vyande is in YAHUVEH se hande en HY het bewys deur vir Elisabeth[Elisheva], in YAHUVEH se tyd terwyl ander gebid en gevas het, dieselfde kragte as Elia van Ouds te gee toe hy gebid het en hy ʼn wonderwerk op die Berg Karmel ontvang het en YAHUVEH ʼn teken met vuur gestuur het. So het YAHUVEH dieselfde gedoen en vir ElisabethElijah[Elisheva Eliyahu] ook ʼn teken van vuur in die lug gestuur!

Die naam waaronder YAHUVEH se demon Stomper Gebedskrygers in Suid en Noord Ierland woon is nie belangrik nie, maar wat belangrik is, is die Vuurballe wat van Suid Ierland, waar die vas eerste aangekondig is, tot waar hulle beweer die meteoriete van Vuur in die lug in Noord Ierland geland het, waar ʼn Heilige mede Leraar woon en daarop aangedring het om die watervas langer as die res van die YDS Heilige Vasgebedsintersessors te doen.

Gaan voort en spot vyande, maar binnekort sal julle die vuur van YAHUVEH voel wat julle verteer in SY woede net soos hierdie Vuurballe in die lug! Hierdie Bediening behoort nie aan ʼn vrou of ʼn man nie, dit dra alleenlik net die name van die HEILIGE DRIE-EENHEID! Die Profesieë wat julle belaster is nie uit ʼn vrou nie maar van YAHUVEH, die Oue van Dae, Ewige HEMELSE VADER, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH HA KODESH wie die HEILIGE GEES is! Ons sal nie oor julle treur wanneer dit gebeur nie want julle was gewaarsku om op te hou om, dit wat goed is, boos te noem en nou sal julle maai wat julle gesaai het. In plaas van treur sal ons soos Deborah van Ouds wees en jubel want YAHUVEH het hierdie Bediening geregverdig en SY vyande vernietig net soos die vals Profete van Baäl en Jesebel!

* * * * * * *