Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Vayigash / Toe Het Hy Nader Gekom, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 37, 60, 70;

Genesis 44:18-47:27;

Esegiël 37:15-28;

Lukas 24:30-48;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


10 December, 2021


Profesie 37, Seën en Bid Vir Die Vrede Van Jerusalem!

Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu 19 Oktober 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Jesaja 52:4-5
"Want so sê die Meester YAHUVEH: In vroeër dae het MY volk afgetrek na Mietsrayiem(Egipte) om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk. Maar nou, wat vind EK hier? spreek die Here; want MY volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, sê YAHUVEH, en MY Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster".

*******

EK sal diegene Seën wat vir Jerusalem Seën. EK sal diegene vervloek wat vir Jerusalem vervloek! O Jerusalem, O Jerusalem, MY geliefde Dogter Jerusalem, jou klein benyde, mishandelde volk genaamd Israel. EK stuur MY diensmaagd om 'n boodskap van Hoop vir julle te bring. Julle ken die wette maar nou gebruik EK haar om MY Belofte vir julle te bring. EK, YAHUVEH, het julle geseën en gespaar terwille van YAHUSHUA, MY geliefde Seun. EK alleen het die Redder van die ganse mensdom gekies om gebore te word, te bedien met tekens, wonders en wonderwerke en julle MY liefde te gee. Vir julle het HY gesterf, was opgewek tot Heerlikheid, het die teenstander van julle siele verslaan herwinnend wat satan gesteel het.

YAHUSHUA sit nou aan MY regterhand as julle enigste middelaar. YAHUSHUA, MY Geliefde Seun se Heilige Bloed was in die grond van Jerusalem gestort sodat hierdie wêreld gered sou word. Alleenlik deur hierdie Heilige Bloedbedekking te aanvaar as‘n Bloed Verbond sal julle gered word. Daar is geen ander manier in MY teenwoordigheid in nie. Weg met julle fees, offers, vas, herhalende gebede en spesiale dae wat afgesonder is om "EK IS" te verheerlik. As julle NIE MY Geliefde Seun, YAHUSHUA aanvaar nie sal alles wat julle sê of doen Tevergeefs wees! EK het MY geskenk van YAHUSHUA nie net vir hierdie wêreld gegee nie, maar eerstens het EK HOM vir julle gegee.

O geliefde volk wat EK Israel noem. SY Heilige Bloed was nie net vir hierdie wêreld gestort nie maar dit was eerste uitgestort vir Israel. SY Bloed wat uitgegiet was roep uit in die grond nou en spreek "EK het dit vir julle gedoen, sal julle MY vir ewig verwerp? Sal julle vir ewig MY Naam vervloek? Wanneer sal julle sien EK is julle enigste offer wat die woede van MY VADER weereens sal laat bedaar?”

Wanneer sal julle sien dat EK toegelaat het dat julle dit aan MY doen en julle is nie te blameer nie?" O vir daardie dag wat kom wanneer julle MY jul geliefde sal noem en MY HEILIGE Naam sal eerbiedig! EK waarsku julle hieroor; nie langer sal lammers of diere offers MY Vader se woede laat bedaar of MYNE nie alleenlik deur aanvaarding van MY, YAHUVEH se Geliefde Seun. EK het MY lewe gewillig neergelê op Jerusalem se grond vir julle om gered te word. Slegs deur te erken dat EK, YAHUSHUA, aan die regterhand van YAHUVEH sit as KONING van KONINGS en HERE van HERE, sal julle gered word.

Alleenlik deur MY Naam YAHUSHUA ha MASHIACH aan te roep gedurende die komende Verdrukking sal julle gered word. Alleenlik deur MY lief te hê, te gehoorsaam en MY te soek kan julle MY Bruid genoem word wanneer EK julle gaan opraap om aan MY sy te wees. EK is die enigste verlosser van hierdie wêreld, die enigste redder, daar is geen ander. Daarom spreek EK dit nie net tot Jerusalem nie, maar tot hierdie wêreld, maak gereed vir dit wat kom julle sal nie oorleef as julle nie die Naam van YAHUSHUA aanroep nie! Om slegs MY Vader YAHUVEH lief te hê is nie genoeg nie! HY het MY nie net vir MY Joodse mense geoffer nie, maar vir mense van elke stam en taal het HY SY Enigste Seun vir hierdie nasie gegee sodat julle 'n bedekking vir julle sonde kan hê, almal het gesondig en almal ontbreek dit aan die Heerlikheid van YAHUVEH!

EK en MY Vader alleen is Heilig en volmaak. As gevolg van die val van Adam en Eva is geen geskape mens sonder die behoefte aan 'n Verlosser en MY Bloedoffer nie! Jerusalem is so geseënd want dit was in hierdie grond wat die enigste rein Heilige, genesende opwekkende, reddende Bloed van YAHUSHUA uitgestort was op hierdie grond in Jerusalem. Hoekom dink julle haat satan hierdie land so erg? Hoekom dink julle veg hierdie land vir oorlewing sedert die geboorte daarvan? Hoekom dink julle is dit oorlog geteister en elke nasie op die aangesig van hierdie aarde wil dit beheer?

Hoekom dink julle het MY Vader dit geseën op maniere wat HY geen ander nasie geseën het nie? MY Bloed was gestort en sal nou geheime skatte voortbring ongekend aan hierdie wêreld! Die bose sal byt en op hul tande kners terwyl hulle probeer die rykdom beheer. Hulle sal onder mekaar stry wie Israel op haar knieë sal bring en die rykdomme en buit sal hulle oorlog voer om in besit te neem. Maar MY Vader spreek voort en sê vir die vyande julle sal nie voortgaan om 'n nasie en 'n volk te verdeel en verslaan nie wat EK geroep het, voortbeskik het as MYNE!

Julle sal NIE daarin slaag om te steel van‘n volk nie wat EK geroep het, voortbestem het as MYNE. Hulle betaal 'n prys net om die naam van Jood te dra en EK sal hierdie nasie genaamd Israel beskerm op maniere wat niemand ooit gedroom het moontlik is nie. EK sal enigeen beskerm wat 'n liefde het vir Jerusalem! Alhoewel hulle MY Seun YAHUSHUA verloën, kom daar nou 'n tyd waar die naam van YAHUSHUA weer eerbiedig sal word. Dit is nou waarom die bose probeer om wette uit te vaardig wat selfs sal verbied dat die Naam gesê word strafbaar met tronkstraf, marteling en dood. satan beheer nou die regering van hierdie nasie en nasies regoor hierdie wêreld. Julle moet onderwerp aan die regerings alleenlik tot die mate waarin hulle hulself onderwerp aan YAHUVEH en YAHUSHUA. Want die heerskappy is op die skouers van YAHUSHUA, HY alleen het die prys betaal! MY mense moet die God wat hul dien gehoorsaam en nie die Mens nie. Bid dat die korrupte regerings verslaan sal word en die Heiliges sal verrys en terugneem wat gesteel is.

Die land Israel is verdeel, is soos MY klere, uitgeloot en verkoop aan die hoogste bieër. Maar EK, YAHUSHUA, sal teruggee aan Israel wat gesteel is en haar vyande sal vlug in sewe verskillende rigtings! O wee julle wat julle hand lig teen MY oogappel alhoewel in hierdie nasie die Naam van YAHUSHUA nou verag word, sal EK hulle terugdraai na hul eerste liefde, en dan sal hulle besef deur hul swaarkry is hulle en YAHUSHUA MY Geliede en MY Geliefde is MYNE!

Israel sal gebrek ly aan die water want hulle het gebrek aan die Lewende Water waarvoor EK ander sal stuur, om daardie Lewende Water te bring en vir almal wat daarvan drink sal die dors geles word nie alleenlik in die geestelike nie maar ook in die fisiese. Al diegene wat MY Seun YAHUSHUA weier, hulle tonge sal uithang soos 'n uitgedroogte man in die woestyn. Soos YAHUSHUA gedors het, so sal diegene wat SY Geskenk op Golgota verwerp. Hoeveel sal uitgaan soos die vrou by die put? Hoeveel sal gewillig wees om die volk van Israel MY Lewende Water aan te bied? Want hulle het dors en weet nie waarna hulle dors nie? Hulle word 'n Heilige Land genoem, tog is slegs 'n klein oorblyfsel Heilig voor MY.

EK sal nou hierdie diensmaagd uitstuur deur wie EK nou profeteer met die beker van MY Lewende Water. Sy sal gesalf wees saam met ander wat voor haar uitgaan op maniere wat hierdie wêreld nog nie gesien het nie, terwyl sy die hongeriges voed en die Lewende Water aanbied vir dié wat dors na geregtigheid. Sal jy een wees wat haar help? Sal jy een wees wat haar verhinder? Elkeen wat hier lees moet onthou as dit nie vir daardie klein nasie genaamd Israel was nie, waar sou julle Verlosser gebore geword het, bedien het, gesterf en opgestaan het? Dit was om julle onthalwe en julle onthalwe alleen dat Israel hierdie prys betaal.Want satan haat Jerusalem en Israel met 'n haat soos geen ander! Hy bring sy antichris om te heers en te regeer in Jerusalem.

Pasop want almal wat nie die enigste ware lewende God aanneem nie sal val onder die krag van die bose heerskappy wat gaan kom. Diegene wat MY Seun YAHUSHUA soek, sal verborge voedsel en verborge water hê wanneer hulle behoeftig is. MY Kinders sal verborge skatte, verborge manna uit die Hemel vind wanneer hulle in nood is. Moenie na hierdie korrupte wêreld kyk om vir julle te sorg nie, maar kyk eerder na die God van Abraham, Isak en Jakob en onthou hoe EK altyd 'n Moses gehad het wat voor MY Mense uittrek om hulle uit slawerny uit te lei, soos dit eens was so sal EK dit weer doen. Wonderwerke nog ongeken, sal jy wat aan YAHUVEH en YAHUSHUA behoort aanskou!

Moet MY nie beperk nie, moet MY nie betwyfel nie, glo net in MY Seun se Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH en roep MY aan en wonderwerke en seëninge sal EK nie van julle weerhou nie. As julle net in geloof kan glo. EK het 'n openbaring vir die sogenaamde “Heidene” as jy 'n gelowige is, YAHUSHUA liefhet, aanbid en aangeneem het as Heer en Verlosser is jy ingeënt en IS JULLE NET SO VEEL VAN ‘N JOOD SOOS MY SEUN YAHUSHUA IS. Nie langer is daar Jood of Heiden nie. Nie langer word die feeste JOODSE FEESTE en Heilige Dae genoem nie hulle sowel as die Sabbat is vir julle ook!

EK het 'n openbaring vir die volbloed ‘Jode’ hoor MY! Julle verwerp YAHUSHUA want julle dink HY is vir die Heidene maar YAHUSHUA was gebore uit 'n Joodse maagd en YAHUSHUA is 'n JOOD! O Israel, MY Naam is “EK IS!” EK het julle geseën. Moet HOM nie langer vervloek nie want “EK IS” is nie die helfte van HOM nie, ONS is een! Diegene wat MY Geliefde Seun YAHUSHUA vervloek, verwerp en verloën, vervloek, verwerp en verloën die groot God “EK IS”. Hiervoor is daar geen vergifnis van sonde nie, julle het jul eie put in die hel gegrawe waarin julle sal bly.

Diegene wat MY RUACH ha KODESH verwerp beide Vader en Seun want daar is geen manier waarop iemand gered kan word nie behalwe as MY RUACH ha KODESH julle trek in die liefdevolle bevestigende wete dat YAHUSHUA alleen red en Hemel toe is daar geen ander manier nie, geen Heiliger Naam nie. EK kom vir MY Bruid om opgeraap te word aan MY sy! Maar julle moet na MY verlang nie uit vrees nie maar uit 'n diepe LIEFDE! Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Vrees eer MY nie, julle geloof dat EK, YAHUSHUA, sal sorg vir hulle wat MYNE is, dít is wat MY eer. Omdat MY Bruid in vrees lewe en nie uit geloof en liefde uitroep nie, het EK nog nie gekom nie. EK kom vir MY Bruid met 'n rein hart, lojaliteit en motiverings, nie selfsugtige trots of gebrek aan geloof dat EK sal voorsien nie. Dit is deels waarom MY Bruid nog nie aan MY sy is nie.

Soek MY, Leer van MY, begeer MY; gehoorsaam MY, meer elke dag. Kom onder die beskerming van MY Vader se vleuels soos 'n babakuiken en julle sal MY sien. Besef dat niks kan gebeur wat MY Vader nie voortbeskik het nie. HY sal 'n uitkoms voorsien op daardie bose dag wanneer dit sal lyk asof alles verlore is. Kyk op julle verlossing is naby. Kyk op en sien MY aankom in die oosterlig. Neig julle ore en ken geen vrees nie, julle sal die rams-horing van die verlostes hoor, met jul oë sal julle MY Heerlikheid aanskou as julle net kan glo.

Gespreek, geskryf deur hierdie Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA onder die salwing van RUACH ha KODESH 7:00 v.m op 19/10/99

Eerwaarde Elisheva Eliyahu



Profesie 60, Steek Julself Weg MY Kinders,Vir Nog Net ‘n Klein Rukkie Langer!


Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 31 Augustus 2002


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

O hoeveel keer het EK berou dat EK die mens gemaak het. Ja, EK weet wat gaan gebeur. Dit is omdat EK alles weet. EK is alomteenwoordig. EK is alwetend. Dit maak dit nie makliker nie. Oooo, hoeveel keer het EK al berou dat EK die mens gemaak het. EK kyk heen oor hierdie wêreld wat MY voetstoel is. EK kyk in die harte en siele in van elke skepsel op aarde. EK kyk in die geheime plekke van hulle harte in. EK sien die boosheid daarbinne, selfs diegene wat die kerke vul, selfs diegene wat die tempels vul.

En EK kyk na hulle harte. En Oooo, hoeveel van hulle is so ver van MY af. Hoeveel het net die kennis van YAHUSHUA ha MASHIACH, maar hul harte is ver van HOM af. Hoeveel ken net die verhaal van die kruisiging, en hoe weinig het hulle eie vlees gekruisig. Hoe weinig het hul eie kruis opgeneem en MY Seun YAHUSHUA gevolg? Keer-op-keer stuur EK MY Apostels en Profete om te waarsku. O julle geharde generasie. Julle bedek julle ore. Julle ore is vol was; julle harte het yskoud geword. Julle bedek julle oë. En dan waag julle dit om julle monde te bedek sodat julle selfs nie enige iemand sal waarsku nie.

Oordeel het gekom! Weg met julle huigelagtige gebede en lofprysing. Hoe min van julle het jul knie voor MY gebuig om te bekeer hiervoor, vir die sondes, die sondes van die lande waarin julle woon. EK praat met die wêreld, nie net met Amerika nie, maar met die verste uithoeke en skuilplekke van hierdie aarde. Sonde is geen aannemer van persoon nie. Die sonde is in alle nasies, vanaf die kleinste land, provinsies, stede en dorpe. Sommiges so klein dat hulle nie eers name het nie en tog bly die sonde dieselfde.

Vermoorde klein onskuldige baba, EK is die een wat die stille uitroepe van MY Babatjies hoor, diegene wat nooit die kans gehad het om hul eerste asemteug in te asem nie. Julle vermoor hulle nie net nie, julle moorddadige slagters, julle martel hulle. EK sal sinkgate onder die aborsie klinieke sit. Die verskuiwingslyne is alreeds daar. Dit is onsigbaar vir die oog, maar in MY tydberekening sal dit wees asof ‘n reuse hand uit die aarde sal opkom en waarlik, soos my dienaar gesê het, sal hulle ingetrek word in die ingewande van die hel in en die aarde sal hulle oordek en al die bose sal daarin wees. Julle geboue wat die bose lewens-styl propageer wat julle weet EK verafsku. Julle wil weet wat dit is? Lees dan my Skrifte. EK sal dieselfde ding doen vir julle.

Die aardbewing-verskuiwingslyne is alreeds daar, maar moenie dink wanneer hierdie gebeur met ‘n gebied dat enige van die bose mense sal ontvlug nie want hulle sal onder gaan en dit sal EK wees, die GROOT God “EK IS”, wat hulle vertrap ondergrond. Maar die regverdiges wat vasstaan in MY Naam, diegene wat nie skaam is vir die NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA nie, diegene wat MY Sabbat dae eer en hulle heilig hou, diegene wat weet om MY lief te hê is om MY te gehoorsaam, diegene wat MY Skrifte liefhet en die woord bewaar in hulle hart. Hierdie is diegene wat hulle huise gebou het op die soliede rots en hulle sal nie diep in die sand in wegsink nie. Want EK skud hierdie wêreld in MY woede, en in die komende dae sal julle aardbewings sien soos nog nooit vantevore ter eniger tyd nie, want hulle sal skud in groter afmetings soos ‘n ouer wat sy humeur verloor het en daardie kind skud. Dit is hoe ek hierdie aarde sal skud en sê, "Word wakker, word wakker, word wakker!"

Hoe lank, hoe lank, hoe lank moet julle die geduld beproef van die Skepper? Hoe lank moet julle die geduld beproef van die Verlosser? EK sal my voet stamp op die grond en alles wat geskud kan word sal geskud word; alles wat ontwortel kan word sal ontwortel word. EK sal julle politici skud en EK gee nie om in watter land julle is nie, julle sal nie langer opkyk na julle regering om te voorsien nie. MY Kinders gaan weet daar is maar net Een voorsiener. Dit is dieselfde Een wat water uitgestort het uit ‘n rots, wat manna op die grond gesit het. Dit is dieselfde Een wat sê EK sal elke behoefte van julle vervul volgens MY rykdom in Heerlikheid [Fil 4:19]. En EK het geen tekort in Heerlikheid nie. In MY grimmigheid het EK MY warm asem uitgeasem nie net oor die Verenigde State nie maar ook in verskeie dele van die wêreld. Temperature het gestyg terwyl MY humeur gestyg het. Droogtes het gekom terwyl MY Lewende Water geweier was.

Het enige iemand geluister? Het enige iemand gewonder hoekom? EK staan-by en kyk na die mens se onmenslikheid teenoor die mens. Weet dit MY Kinders; julle sal nie deur die Groot Verdrukking gaan nie, diegene wat MY kan vertrou. Maar dit beteken nie dat julle die verdrukking van die mens nie sal smaak nie, die mens se onmenslikheid teenoor die mens. Die mens wat magsugtig en gulsig is en wat boos is tot in die kern, wat geregtigheid wil wegvee van die aangesig van die aarde af, wat MY Seun YAHUSHUA se Naam van die aangesig van die aarde wil wegvee.

Vanaf die begin van tyd was daar ‘n oorlog en dit is satan wat oorlog voer teen alles wat Heilig is. Sy tyd kom. Maar tot daardie tyd, sal alle vlees beproef word. Julle was alreeds getoets. Hoeveel van julle was reeds in ‘n vuur-oond op baie verskillende maniere en voor die wolk van getuies het julle steeds jul liefde en geloof behou. Terwyl die bose al boser word en die vrouens teel met demone en sielloses voortkom vol boosheid. Julle kan nie eens begin verstaan nie, want hulle het geen gewetens nie, geen konsep van reg en verkeerd nie, geen liefde vir enige iets of enige iemand nie. Julle noem dit ‘n kloon, maar dit is nie ‘n kloon nie, want ‘n kloon sou ‘n duplikaat van MY moes wees, en julle kan nie dupliseer nie, want julle is nie ‘n Skepper nie. Dit is satan wat die nabootser is deur hierdie klone.

Julle dink wanneer julle gekloonde vleis eet, dat julle jul liggame voed, maar hoe kan dit wees as daar geen lewe in daardie vleis was nie? Julle eet vervloeking vir jul eie liggame. EK het deur hierdie diensmaagd geprofeteer dat water gerantsoeneer gaan word jare gelede nou sien julle dit gebeur in plekke waar dit nog nooit voorheen gerantsoeneer was nie. Temperature gaan die hoogte in in lande waar dit nog nooit voorheen die hoogte in gestyg het nie. Die aarde skud in plekke waar dit nog nooit voorheen geskud het nie.

EK IS kwaad, maar nie vir diegene wat MY stem kan hoor nie. EK IS Kwaad vir diegene wat weier om te hoor. Want die hel was nie gemaak vir ‘n mens nie. Nie eers die Poel van Vuur was gemaak vir ‘n mens nie. EK het ‘n Verlosser gestuur, MY eie Seun, om julle uit hierdie plekke te hou. EK het MY Seun gegee, omdat EK julle so liefhet. EK het vrygekoop wat die eerste Adam gedoen het en tog is hoeveel van julle uiters vasbeslote! Hoeveel van julle is bang om te getuig teenoor julle familie? Hoeveel van julle woon in huise ongelyk-gejuk met ‘n eggenoot wat MY einste naam verafsku? Met ‘n eggenoot wat alles haat wat Heilig is? En tog sê hulle, "Ek doen dit terwille van YAHUVEH en YAHUSHUA se Naam."

Julle eer MY nie. As’t ware onteer julle MY. Want Jakob het EK liefgehad en Esau het EK gehaat. Ooo, hoe wil EK hierdie uitskree, behoort jy nie diegene te haat wat alles haat en verafsku wat heilig is nie? Behoort jy nie diegene te haat wat MY RUACH ha KODESH laster nie? Watter gemeenskap het YAHUSHUA met leuenaars, met Beelzebub s’n? Watter gemeenskap kan lig hê met duisternis, tog dring julle daarop aan om te bly in hierdie huwelike wat geen huwelik is in MY oë nie. Dit is ‘n binding wat EK verafsku, want EK het hulle nooit saamgevoeg nie en tog dink julle julle het MY ‘n guns bewys en al wat julle gedoen het was om MY siel te bedroef. Terwyl die kinders in heidense huise grootgemaak word, en EK vir julle gesê het ‘n huis wat verdeeld is kan nie staande bly nie en die eggenoot roep uit na MY, "Verlos my!" O, as hulle maar net wou luister al die tyd. As hulle maar net wou besef EK lank gelede reeds verdeel het.

So nou MY Kinders, maak gereed. EK herinner julle jy is jou broer se wagter. Vir die van julle wat omgegee het toe julle gesien dat jul broer of suster behoeftig is, onthou net dat EK notas gemaak het en dat iemand opgerig sal word wanneer jy behoeftig is. Vir die van julle wat jul oë en ore toehou vir ‘n broer of ‘n suster se geroep, onthou net hierdie, julle einste uitroepe, eendag en gebede sal EK verafsku. Julle was getoets gewees, en EK ken diegene wat die toets geslaag het. Ooooo, maar hoe rou EK oor die van julle wat beweer hulle behoort aan MY toe EK julle liefde en meegevoel getoets het. En EK het hierdie bediening keer-op-keer gebruik sowel as ander om dit te doen en tog was julle nog steeds vermis gevind, gierig en selfsugtig en net besorg oor julle eie behoeftes. En nou sal julle uitvind wat gebeur wanneer julle bid en die Hemel nie na julle sal luister wanneer julle pleit nie.

Maak gereed MY Kinders maar moenie bang wees nie. Neig julle ore MY kinders tot elke woord wat EK sê. Onderskei die geeste wat praat, want baie vals profete het opgestaan en hulle verseker julle oor vals woorde van voorspoed wat sal kom na ‘n nasie, ‘n land of ‘n staat wat verag en alles uitgegooi het, van die skole tot die regering, tot die wette, alles wat EK as Heilig verklaar het. Julle sal hierdie nasie, hierdie land, die stede, die state, die provinsies ongeag waar hulle is op die aangesig van hierdie wêreld, sien kom onder MY oordeel, kom onder MY bepalings. Wraak is MYNE, EK sal vergeld.

MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, gaan versteek julself in julle huise net vir ‘n rukkie. Gaan bout julle deure vas. Want die tyd kom MY Kinders wanneer julle vir ‘n klein rukkie sal moet wegkruip. Julle het alreeds julle huise gesalf. Staan en glo in Psalm 91 dat julle beskud is onder MY vlerke, terwyl die bose aanhou met onmenslikheid teenoor die mens, terwyl hulle aanhou om wette uit te vaardig wat dit moeilik sal maak vir MY Kinders om staande te bly. Versteek julleself MY Kinders, onder die beskutting van MY vlerke. Dit is julle gebede MY Kinders, wat MY oor sal hoor. Dit is MY hand, MY Kinders wat julle iedere traan sal afdroog. Maar vir ‘n klein rukkie MY kinders, nog net ‘n klein rukkie langer.

EK ken die name van elke een wat huil en weeklaag terwyl hulle [uitroep], "Kom YAHUSHUA kom!" Maar moet dit nie uit vrees doen nie, MY Kinders. Doen dit uit liefde, want EK skei steeds en EK verdeel steeds die skape van die bokke wêreldwyd. En die bokke sal na die ewigdurende vuur gaan en MY skape sal EK aanhou om te herder. Ja MY Kinders, hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en moenie los terwyl julle in die vuur-oonde staan nie. Onthou, EK is altyd met julle selfs tot aan die uit-eindes van die aarde. Onthou, MY Kinders, selfs die van julle wat sal sterf terwille van MY Seun se Naams ontwil, hulle kan net die liggaam doodmaak, hulle kan nie die siel doodmaak nie. En julle sal saam met MY in die Hemel wees binne-in julle ewige woning. En wanneer julle die woorde hoor, "Derde Wêreld oorlog", sal julle die ergste vlak sien van ongeregtigheid.

Bid vir Israel, moet Israel nie versaak nie. Want EK het Israel so lief. EK het MY Seun YAHUSHUA daarheen gestuur. SY Bloed was in die grond in gegiet. Moenie moed opgee met Israel nie, want EK het ‘n oorblyfsel daar.

Versteek julself MY Kinders. Ja, versteek julself selfs vir die Groot God “EK IS” se toorn. Want al is EK nie kwaad vir julle nie, gaan julle MY hoor skree, gaan julle MY hoor voet-stamp, gaan julle MY sien skud, waar selfs die aarde bevrees gaan wees en bewe. Julle gaan die vloede van MY trane sien en julle het reeds begin want toe die vloede gekom het, was dit MY trane gewees.

Ooooo, hoeveel keer het EK berou dat EK ‘n man gemaak het en ja, vroue. Maar julle vergeet EK ken die begin van die einde, en alles sal vrygemaak word. Alles sal herstel word. Dit sal weer teruggaan na die tyd van Adam en alles wat verlore gegaan het, sal EK weer vrymaak. Dit was volbring by die Kruis. Maar moenie dink dat ‘n geveg nie moet woed nie. Maar moet dit nie in jou naam doen nie, doen dit in die Naam van YAHUSHUA, want die geveg behoort aan die Here. En MY Kinders onthou hierdie, julle mag sommige gevegte verloor, julle het vir seker die wonde, maar in MY Naam en in MY Seun se Naam YAHUSHUA julle MESSIAS, sal julle hierdie eindtyd-oorlog wen.

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH vir die Lof, Eer en Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA. EK skryf die woorde soos ek hulle uitgelê gehoor het terwyl ek in daardie Hemelse taal spreek.

Apostel Elisheva Eliyahu, 31/8/02, 8 nm.




Profesie 70, Wat Sal YAHUVEH Doen Wanneer Onheil Kom Aanklop By Jou Deur?

Profesie Gegee Aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 12 Januarie 2003 11:30 namiddag

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

* * * * * * *

Geliefde Gemeente,

Dankie, uit die diepte van ons hart en siel vir almal wat geskryf het en tiendes, offerandes en liefdes geskenke gestuur het vir hierdie nuwe bedienings-behoefte. Dankie Carol B. Jy weet nie hoe baie jou offerande wat op Shabbat gekom het deur die pos ‘n antwoord was op ‘n vlies wat ek net oomblikke voor die tyd neergelê het vir die presiese bedrag geld wat jy gesaai het vir hierdie Wonderwerk Bus nie! Vandag, gedurende intense gebed op dit wat gaan vir ons derde dag van die vas, dit het begin op die 11de Januarie, het ek gebid en vir Vader YAHUVEH gevra hoekom nie meer mense opgestaan het en ons gehelp het met hierdie finansiële wonderwerk nie. Sommige het na vore gekom maar vele het nie insluitend die inskrywers op ons injesus e-pos, sommige het nie eens geskryf nie. YAHUVEH profeteer op 2de dag van vrugte en groente vas.

* * * * * * *

Profesie 70
Wat sal YAHUVEH Doen Wanneer Onheil Kom Aanklop By Jou Deur?

EK, YAHUVEH, het notisie geneem van wie hierdie bediening seën en finansiële saad nou saai en wie julle verhinder deur net te kyk om te sien of en wanneer EK hierdie finansiële wonderwerk doen vir die wonderwerk bussie. EK, YAHUVEH, sê dit vir jou EK het dit gebruik as 'n toets vir die mense wat weet dat EK, YAHUVEH, voortspreek deur jou as my gesalfde werktuig. Hierdie bediening was daar om die kinders te vertroos en te bemoedig en te waarsku wat hulself MYNE noem en nou wanneer hierdie bediening aanmoediging en seëninge nodig het neem EK notisie wie julle seën en wie nie. Hoe min het selfs by julle aangesluit in hierdie gebed en gesalfde vas wanneer dit vir hulle onthalwe ook is wat julle hierdie doen, sowel as om in die gaping te staan vir die nasies vir MY genade om MY woede uit te stel. EK het diegene dopgehou wat net kyk en nie hierdie bediening finansieel help of selfs 'n gebed aangebied het vir julle onthawe nie.
Die tyd kom o so vinnig wanneer diegene wat net agteroor gesit en kyk het en niks gedoen het nie sal sien EK, YAHUVEH, sit agteroor en kyk en doen niks terwyl onheil kom en aan hulle deure klop. Vir diegene wat hierdie bediening help en dit gehelp het wanneer onheil kom klop aan julle deure, sal EK MY engele laat waghou en beskud en bedek oor julle met MY gesalfde koepel waar boosheid julle nie sal aanraak nie. EK het al baie maal gesê EK gebruik hierdie bediening as 'n barometer hoe goed luister mense na MY RUACH ha KODESH MY HEILIGE GEES?
Sommige wat hierdie lees dink hulle is ryk, het geen behoefte aan enige iets nie maar EK sê vir julle jul is ellendig en naak voor MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA se oë. Sommige wat hier lees sê, "Ek het my skatte hier op aarde, besittings, eiendomme en bank rekeninge," maar EK sê vir julle jul is bankrot in die Hemel. Sommige bou hulle krediet op hier op die aarde, maar EK sê vir julle jul het geen krediet wanneer dit kom by die bose tye vorentoe nie en MY ore sal julle nie hoor uitroep tot MY nie, dit sal tevergeefs wees.

EK het hierdie diensmaagd gesalf om die vergadering na vore te roep om te vas en te bid vir 'n groter salwing en beskerming vir die bose tye wat nie ver is nie. Diegene wat MY stem hoor in hierdie bediening gehoorsaam en ly honger in hierdie vas, maar diegene wat moedswillig eet en hulle mae nou versadig, wanneer EK ‘n Heilige vas uitgeroep het, sal honger ly, terwyl EK, YAHUVEH , diegene wat nou honger ly sal voed wanneer die tyd van behoefte kom. Diegene wat hulle mansbeursies, beursies en tjekboeke nou wegsteek, suinig is met dit wat hulle oë kan sien, sal vind dat wanneer die tyd van nood aanbreek EK vir jou ook sal teruggee wat jy gegee het.

MY Dogter weer herinner EK jou, EK gebruik jou as 'n Jeremia 6:27-30 toets. Ek weet dit is nie maklik nie maar MY wil sal geskied. EK sal jou seën en al diegene wat gehoorsaam was en opgeoffer het en nie net toegekyk het nie, maar aangesluit het in hierdie gesalfde vas en gebed en Heilige saad gesaai het in hierdie bediening behoeftes. Diegene wat nie MY Bediening en Bedienaars help nie is teen MY Bediening en Bedienaars. Keer-op-keer het julle gehoor, "Die oes is groot en die werkers min" en nog steeds kom julle nie na vore nie. Wees gewaarsku, EK hou dop wie kyk net, wees julle daders van die woord nie net hoorders of lesers daarvan nie.

Diegene wat gevas het en hulle vloeke gestuur het teen hierdie Bedienaar en Bediening, julle wat julle vloeke van gebrek teen hierdie Bediening gestuur het, weet dit, julle vloeke het slegs teruggekeer op jul eie boesem! Julle probeer vervloek wat EK geseën het, julle veg teen die God van die ganse Skepping en EK is nie geamuseer nie.

* * * * * * *

Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie. Ek is gehoorsaam aan YAHUVEH. So is dit geskryf hierdie dag van 12 Januarie 2003
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 11:30 nm.