Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Vayetzei / En Hy Het Weggegaan, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 2, 83, 118;

Genesis 28:10-32:2;

Hosea 12:12-14:10;

Johannes 1:41-51;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


12 November, 2021


Profesie 2, My Toorn Is Groter As My Liefde!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu 8 Januarie 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

So spreek die Here GOD van die Leerskare:


EK sal bewys dat EK hulle beloon wie ywerig na MY soek. Toets MY en kyk hierdie jaar is die jaar waarop julle gewag het. Kom bymekaar rondom die wêreld deur die wonderwerk van die rekenaar, verbind met mekaar, staan saam en julle sal 'n groter uitstorting van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) sien soos nooit tevore nie.

Want julle sal mekaar se gawes opwek wat sluimerend was of selde gebruik is. Julle sal deur die Gees saamgebind word sonder om selfs op 'n vliegtuig te klim, julle sal een in MY wees deur die wonder van hierdie rekenaartegnologie wat alhoewel satan dit gebruik vir sy boosheid, EK dit selfs meer gebruik vir MY Lof, Eer en Glorie. MY Profete sal dit gebruik om MY boodskappe oor te dra, so luister aandagtig hierdie jaar sodat julle sal weet wat om te verwag voordat dit gebeur. EK sal die Profete uitstuur voordat EK MY toorn stuur.

Bid dat EK sal vind dat julle ernstig na MY soek, MY liefhet en MY Woord gehoorsaam. Want moenie sê julle het MY lief as julle MY nie gehoorsaam nie. Alhoewel julle sondes weggewas is deur die Reddende Bloed, moenie MY beproef nie want EK weet wie is gered en wie speel slegs toneel!

EK het voorheen MY Profetes aangesê om te sê dat oordeel by die huis van YAHUVEH begin! Nou het oordeel op hierdie dag van 8 Januarie 1997, by die huis van YAHUVEH begin op 'n meer kragdadige manier as ooit tevore! Kyk en luister aandagtig, wees voorbereid! Kyk hoe EK die tempels skoonmaak net soos toe MY Seun die tempel geskeur het, dit was van toekomende dinge en dit het begin. Bose herders en wreedaardige pastore, valse profete, pasop; groot en magtige toorn kom hierdie jaar julle kant toe.

Hardloop terwyl julle nog kan. Julle het dinge in MY NAAM gedoen, julle het MY klein skapies seergemaak, hulle geslag en MY Skape aan die voete van satan geoffer en julle sal hiervoor boet. Julle het die bose aangemoedig en die regverdige ontmoedig. Julle het gesê EK praat leuens en het visioene gesien, maar julle ken MY nie eers nie. So, hoe kan julle MY gesien het, of van MY gehoor het. Julle het baie mislei en selfs MY Heilige Woord gebruik vir julle eie voordeel en julle glorie.

Wees gereed om te veg want julle gaan nie net die Almagtige GOD YAHUVEH beveg nie! Maar ook MY nuwe geslag RUACH ha KODESH (Heilige Gees) vervulde krygers. Hoor hulle oorlogskrete.

Hulle is vol van die woede van YAHUVEH oor alles wat die vyand gedoen het. Hulle gaan agter die skape aan wat die vyande weggejaag het. Hulle gaan hulle na die voete van die enigste Goeie Herder, YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) van Nasaret en Golgota bring! YAHUSHUA ha MASHIACH is SY NAAM en dit is op hulle lippe, sowel as op hulle voorhoofde (verstand) en harte geskrywe.

EK gaan MY vyfvoud-bediening op maniere bekragtig wat hulle nog nie geken het nie en hulle sal die hele tyd MY stem hoor en sien dat die GOD wat hulle dien almagtig is in oorlog. MY Kinders, julle het niks om te vrees nie, want EK ken MY skape en julle ken julle Herder. Julle het niks om te vrees nie. EK sê weer vir julle, kyk op, julle verlossing het nadergekom. MY koms is nader as wat julle selfs kan dink, maar die vyand weet dit en probeer nou die boosheid bespoedig.

Onthou wanneer die vyand inkom soos 'n vloed, sal EK 'n standaard teen hulle oprig. Diegene wie agter die kansels staan en MY Skape bedien, hoor MY stem. EK het julle geroep om vegters vir YAHUSHUA te wees, nie papperds nie. Vat terug in MY NAAM, wat die vyand van julle gesteel het. satan het gekom om te steel, te slag en te verwoes. Hou op om hom toe te laat. EK sê weer, EK het julle geroep om MY Vegters te wees, nie papperds nie.

Moet aan die duiwel geen plek gee nie en die duiwel sal geen plek aan julle gee nie. Vandag moet die kerk, wat nie die gebou of pastoor is nie, maar MY Mense wie by MY NAAM geroep is, opstaan en sê, "Ons is vegters vir YAHUSHUA ha MASHIACH; ons weet ons is meer as oorwinnaars deur YAHUSHUA se NAAM. Die geveg is YAHUVEH s'n, die oorwinning is ons s'n tot Lof, Eer en Glorie van YAHUSHUA ha MASHIACH en YAHUVEH!"

Laaste maar nie die minste nie, julle sal in elke aspek sien hoe EK losmaak wat EK nie saamgebind het nie, julle het dit self gedoen. Maar dit sal slegs MY hand vat om los te maak wat nooit bedoel was om saamgebind te wees nie. Kan 'n os en 'n muis 'n wa trek? Nog erger, kan 'n os en 'n mier 'n wa vol vrugte trek? Bid tot MY en MY RUACH ha KODESH sal openbaar waar die mier of die muis aan julle vasgebind is. Aanvaar dan wat EK ookal kies en wie EK ookal kies om losgemaak te word van julle.

Want julle het gewonder hoekom julle gebede verhinder word, dit is omdat sommige van julle ongelyk saamgebind is op baie verskillende maniere. Dit sluit MY bedienaars en die bedienings in, sowel as julle persoonlike lewens. Niemand sal enigiets terwille van MY prysgee, wat EK nie ten minste dubbel sal teruggee in hierdie lewe en in die Hemel nie. Vertrou MY en wees gewillig soos Abraham was en julle moet geloof hê. Sê, "YAHUVEH, wat ookal my verhinder om volkome te wees wat EK geroep was om te wees, en alles wat ek georden was om te doen, offer ek op as 'n offergawe aan U, enigiets wat in die pad staan dat U volmaakte wil in my lewe sal geskied."

Offer alles wat julle is en alles wat julle nie is nie, aan MY en kyk hoe EK 'n magtige verlossingswonderwerk in julle lewens en dié van julle geliefdes gaan doen. EK sal julle hierdie jaar die begeertes van julle hart gee want EK weet die begeertes van julle hart is die begeertes wat EK vir julle gegee het.

* * * * * * * *

Gegee op hierdie dag, 8 Januarie 1997 aan Eerw. Elisheva Eliyahu deur die salwing van die RUACH ha KODESH vir die Glorie van YAHUSHUA, die ENIGSTE eniggebore Seun van YAHUVEH.


'n Nota van Eerw. Elisheva Eliyahu:


Bid in die krag van die RUACH ha KODESH tale dat veral die gawe van profesie in julle sal oprys. Ons Profete het ook nodig dat daar oor ons geprofeteer moet word. Ek bedien aan ander, maar so min bedien my. Miskien sal jy een van hulle wees.

Ja, daar kom 'n aardskudding na Amerika toe ook. Ek het baie drome gehad en het my staat Indiana byna verwoes gesien. Dit sal 8.9 op die Richterskaal meet en daar sal terselfdertyd tornadoes en oorstromings wees. Dit sal ten minste 15 state op terselfdertyd as Indiana tref.

Ek het GOD die Vader in my mees vreesaanjaende droom, terwyl mense opruim en dink dit is verby, hoor sê, "Einde van rondte 1, nou vir rondte 2!" Maar prys YAHUSHUA, HY het vir my in dieselfde droom gewys dat alhoewel 'n paar huise staande sal bly, sal dit soos in die tyd van Moses wees en daardie mense wie YAHUSHUA in gees en in waarheid aanbid, hulle huise en lewens sal gespaar word.

Die engel van die dood sal by hulle verbygaan en nie hulle of hul huise aanraak nie. Aborsieklinieke sal in groot sinkgate val soos wat die aarde oopmaak en hulle insluk. YAHUVEH self sal wys wat gebeur met die moordenaars van onskuldige babas wat nog in die baarmoeders is.

Homoseksualiteit is 'n perverse gees van wellus en nie 'n geboortefout nie, maar sonde en dit is deur satan gestuur om YAHUVEH se eenheid, wat genoem word die huwelik, te bespot! Maar Almagtige YAHUVEH sal weereens wraak neem op maniere wat sal bewys HY word nie maklik bespot nie. En ellende wag op hulle wie die bespotting doen, want YAHUVEH is nie net 'n GOD van genade en liefde nie, maar van toorn teenoor SY vyande!

'n Groot deel van die nasie en mense van Amerika het hulle vrees vir YAHUVEH verloor en vir hulle wie het; HY sal hulle iets gee om te vrees. Maar dié van ons, die Bruid van YAHUSHUA, het niks om te vrees nie, so lank ons ons bes doen om HOM te gehoorsaam, SY stem te hoor en HOM in Gees en Waarheid aanbid. Waarsku ander sodat die bloed van Eseg 3:17-21 nie op julle hande kom nie. Ellende wag vir hulle wie hoor en nie luister nie. Eerstens sal die oordeel op die huis van YAHUVEH wees, dan die heidene s'n.

Die rykdom en die poste van die boses sal aan YAHUSHUA se ware kinders gegee word wie HOM aanbid en geloof het en daarna strewe om HOM te gehoorsaam en HOM dien, en die Evangelie van YAHUSHUA vir die verlossing van siele versprei. Meer miljoenêrs as wat daar ooit voorheen was, sal opstaan en dit sal YAHUVEH se kinders wees wie die rykdomme, lugdiens, inkopiesentrums besit.

Ek is geroep om ook 'n kerkplanter te wees en pastoor van baie kerke. Dit kos geld wat ek nie nou het nie. maar ek glo in geloof vir dit voor die einde van hierdie jaar. Moedig asseblief julle broers en susters rondom die wêreld aan, vertel vir hulle YAHUSHUA gaan SY kerk op 'n baie groter manier as ooit tevore beskerm. Hou vas en kyk hoe die vyande val.

China gaan 'n kragtige aardbewing beleef en plae sal hulle oorval en siektes wat geen mens kan genees nie en hulle sal swaarkry omdat hulle YAHUSHUA se kinders vervolg. YAHUVEH sal weer bewys dat HY nie blind of doof is nie en HY het die krete van SY kinders gehoor. Kyk hoe die vyand sê ons YAHUVEH bestaan nie. Maar pasop satan, want verlossing is oppad vir YAHUSHUA se mense, selfs terwyl dit hier getik word.

Hulle wie die ware Christene vervolg het sal nou vervolg word. Hulle wat geeste van vernietiging, armoede, hopeloosheid en dood gestuur het, sal dié wees teen wie hierdie geeste op 'n magtige manier boemerang. Ons vyande sal vergaan as hulle nie bely voor die GOD wie almal oordeel nie. Die rykdom sal en is alreeds besig om in die hande van die regverdiges te draai deur YAHUSHUA ha MASHIACH! Dit sal slegs 'n kort tydjie wees totdat ons YAHUSHUA weer kom en hierdie geld moet gebruik word om die siele-oes in te samel.

Ons YAHUSHUA kom! Eers moet HY SY kerk gereed kry sonder vlek of rimpel. Geen trots in ons Geestelike leiers nie want dit sal deur die krag van die RUACH ha KODESH geskied sodat geen persoon YAHUSHUA se Glorie kan vat nie. Groter salwingskrag as ooit tevore sal op SY uitverkose diensknegte kom en groot tekens, wonders en wonderwerke sal na die ware aanbidders kom en hulle sal sien dat ons YAHUSHUA nogsteeds vandag op 'n magtige manier wonderwerke doen!

Sommige sal so gesalf wees dat selfs die skaduwe van sommige diensknegte die duiwel en demone sal verdryf en die siekes sal genees en die dooies opwek vir YAHUSHUA se Eer alleen. Die jaar 1997 sal 'n draaipunt vir die kerke wees, daardie kerke wat die nuwe wyn weier, sal leeg of vol okkultiese mag wees. Die RUACH ha KODESH sal nie langer afgesonderde kerke duld nie. Ons is almal een en ons moet geen kleur sien ander dan rooi nie! Ons is die mense - Bloedgewas en skoongemaak deur die reddende Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota.

Ons broers en susters, maak nie saak watter ras, bloedverwantskap of taal nie, is slegs dié wat gered, geheilig en gevul is met die RUACH ha KODESH. Ons sal hulle herken aan hulle vrugte en saam met hulle geeste getuig. satan het probeer om rasse te laat dink hulle is beter, dit is trots en YAHUVEH sê een van die dinge wat HY die meeste haat is trots.

HY ag nie sommige mense hoër as ander nie. HY weet wie SY kinders is en wie die kinders van satan is. HY sal nie toelaat dat SY uitverkorenes langer mislei word nie. Kyk hoe die vervalsing op 'n magtige manier val en YAHUVEH die egte profete, evangeliste, pastore, apostels en onderwysers oprig om die vervalsings (counterfeits) se plekke te vul.

En laasgenoemde sal meer geseënd as die eersgenoemde wees, want hulle sal erken dit is nie deur ons eie mag of krag nie, maar deur die krag van die RUACH ha KODESH alleen. Deur die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH en dit is deur SY Bloed wat verlossing sal kom. Dit is die salwing wat die jukke en kettings sal breek, deur die RUACH ha KODESH se krag.

Daar is baie vegters wat geval het. Hulle het nie meer krag of geloof nie. Die duiwel het hulle mislei en hulle dink YAHUSHUA sien nie hulle trane of hoor nie hulle krete hierdie jaar nie. Hou vas, dit is nie nou tyd om op te gee nie. Die bedienings wat aan julle gegee is sal vooruitgaan en alles waarvoor julle gewag het sal 'n realiteit word. Moenie opgee nie.



Profesie 83, Ek, YAHUVEH, Se "Maak Gereed! Die Einde Is Naby"


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die Ruach ha Kodesh deur Apostel Elisheva Eliyahu 15 Maart 2006 op Heilige Purim Dag teen Namiddag



Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Elisheva praat:

Ek het begin deur te praat in Heilige Tale oor die foon biddend saam met 'n ander lid van die Bruid van YAHUSHUA, genaamd Adam, van Kanada. Hierdie profesie het heel onverwags gekom, [dit was] opgeneem. Wanneer die regte opname gehoor word, sien ek kortstondige visioene van vreeslike dinge wat gaan gebeur asook om die woorde te hoor "Moorana, moorana, moorana." Ek weet die woorde beteken "Moord, moord, moord."

Ek weet nie watter taal dit is of hoe om dit te spel nie. Ook is die woord 'Horror' oral saam met die woord 'Horrenda.’ Ek spel hierdie nie korrek nie, maar in hierdie profetiese woord sal julle in audio dit meer as een keer hoor. As enige iemand hierdie woord in 'n ander taal herken, sal ek graag wil weet watter taal op aarde dit is. Dalk is dit net die Hemelse taal. Ons weet die spreek in Heilige tale is om te praat in tale van mense en engele sê die bybel.

Elisheva bid:

Ek smeek U, Abba YAHUVEH, laat hierdie woord nie na vore kom, as dit nie U is, as dit nie U tydsberekening is nie, laat daardie seël nie gebreek word nie. Ek smeek U, Abba YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.

EK, YAHUVEH, SE, “MAAK GEREED, DIE EINDE IS NABY”

O MY geliefde ”Ringmaiden”! Hoe lank nog?

[Lees Profesie 76 waarin YAHUVEH verduidelik waarom Elisheva SY “Ringmaiden” genoem word.]

Ek het die Bruid van YAHUSHUA toegelaat om in die gaping te staan soos Abraham in die gaping gestaan het vir Lot. Hoeveel langer dink jy moet EK wag? Hoe word EK bespot! Hoe word MY Naam gesmaad! Hoe word MY Heiliges wat MY verteenwoordig beswadder! Hoe word hulle doodgemaak om MY ontwil regoor die werêld! Net omdat EK dit weerhou het om na Amerika te kom tot dusver, hoeveel was as vanselfsprekend aanvaar! Nou sê EK vir julle om ‘n nuwe gebed te sê, want die Einde is naby.

Dit is hoekom die Bruid na MY toe moes kom op hierdie Purim en Heilig wees voor MY – voor MY oë! Dit is hoekom EK gesê het, "YAHUSHUA kry JOU Bruid gereed sonder vlek of kreukel!” Want die bose het boser geword! En die Heiliges het Heiliger geword! Voor MY oë! MY oë het heen en weer gegaan vernaamlik met hierdie tyd van Purim. In die sogenaamde Christelike kerke was hierdie Heilige tyd nie eers genoem nie– of sommige het met net 'n verbygaande kykie.

Dit is hierdie Bediening wat EK deur jou gebaar het wat die mense die betekenis geleer het van die belangrikheid van die bloedlyn van Mordecai en die gehoorsaamheid van ‘n Ester. Nou gee EK jou 'n nuwe mandaat om aan die Bruid te gee. Moenie bekommerd wees oor diegene wat wil smaad en bespot nie. Moenie bekommerd wees oor die uitdrukking op hulle gesigte nie. Julle moet net gehoorsaam en hierdie is die woorde wat EK te sê het.

EK, YAHUVEH, beveel die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag om te bid vir die Twee Getuies. Bid vir die Twee Getuies. Want die tyd kom dat EK die engele gaan stuur, o so binnekort om vir die Twee Getuies te bevestig wie hulle is in MY.

Keer-op-keer, het satan probeer om hulle lewens te neem. Net soos daar 'n Bruid is van YAHUSHUA HA MASHIACH, is daar 'n bruid van satan. Hierdie Bediening het hulle keer-op-keer teëgekom en dit nie geweet nie. Daar is diegene wat jou haat met so 'n wraak. Selfs die 200 hekse was opgerig deur die hand van satan om teen jou te bid, die een wat EK MY “Ringmaiden” noem. [Nota: Tydens Purim, op hierdie tyd wat hierdie Woord gegee was in Afrika, dit was op die nuus en internet: het 200 hekse byeengekom om hulle toordery en vloeke uit te spreek.]

Maar EK, YAHUVEH, sê! Hulle aanvalle kon nie deurkom nie want EK het die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH gekry om julle te bedek. Voordat hulle hierdie aarde verlaat, voor die Twee Getuies verlos word as die eerstelinge, sal hulle weet wie hulle is in MY. EK beveel al die lede van die BRUID van YAHUSHUA HA MASHIACH! Begin nou bid vir hierdies wat EK die Twee Getuies noem! Kyk, EK, YAHUVEH, vertel 'n geheim aan die wêreld! Kyk EK doen iets nuuts! Dit is een vrou en een man!

Omdat julle manne smaal en spot! Net soos EK Deborah opgerig het as Rigter oor die hele Israel [Rigters 4:4], so ook rig EK [hulle] op, so was dit ook voortbestem: hulle wat kom sal 'n gees hê soos ‘n Moses – hulle wat kom sal 'n gees hê soos ‘n Elia [in Hebreeus, Eliyahu]. Maar aangesien die twee nog in die sterflike vlees is, het die aanvalle gekom vir hulle– EK, YAHUVEH, beveel die ganse Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH laat elke gebed wat julle bid hulle van nou af bedek: Dat hulle in goddelikke gesondheid sal wees terwyl hulle in hierdie sterflike liggame van vlees is! Dat hulle vrymoediger sal voortspreek! Dat hulle vyande vernietig sal word reg voor hulle oë! Net soos Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] gebid het, so ook sal dieselfde Salwing op hierdie twee wees. Die vyande sal ineenkrimp uit vrees want hulle gaan herken die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is hier. So is dit met hierdie Heilige tyd van Purim. EK wys julle hoe digby is die einde naby. Want reeds sê EK vir julle om die Twee Getuies te bedek wat op hierdie aarde is. Ja, hulle is reeds hier maar hulle is so nederig en hulle sê, "Sekerlik, nie ek nie? As dit is, wil ek nie eers weet nie."

EK sê vir julle dit. En EK praat met hierdies wie EK weet die Twee Getuies is:

Julle sal weet dat julle weet, selfs voordat julle van hierdie aarde weggeneem word. Julle sal in 'n verheerlikte liggaam terugkom. Julle sal staan voor dit wat die Klaagmuur genoem word. En vlamme sal voortkom uit julle lippe! En vuur sal uit julle hakke uitkom! En julle sal verklaar wat EK vir julle sê om te verklaar! En geen man en geen vrou en geen duiwel en geen demoon sal staan nie!

Want DIE KONING VAN DIE GANSE SKEPPING WIE – EK, ABBA YAHUVEH IS, beveel die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag om te bid.

Maar onthou dit, wanneer julle herken wie hulle is sal julle dinge in hierdie aarde sien gebeur op so 'n manier terwyl EK vir hulle sê om te begin loslaat in die geestes ryk die Woorde wat EK vir hulle gegee het om te sê. So op hierdie oomblik, Bruid van YAHUSHUA, bid dat hulle sal glo en die Salwing sal ontvang wat EK op hulle geplaas het. Onthou hierdie, dit is een man en een vrou. Doen die werk wat jy het en doen dit vinnig. EK sê weer, doen die werk wat EK vir jou gegee het en doen dit vining.

Die van julle wat goud en silwer opgegaar het, die van julle wat EK geseën het met edelgesteentes– watter baat gaan dit vir jou wees wanneer dit agtergelaat word? EK het oorvloedig geseën, finansieel en in alle maniere! En tog het sommige van julle wat die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is nog nooit eens vir hierdie “Ringmaiden” geskryf nie. Tog het julle in geheim gegroei met kennis en geestelik vet geword soos julle al die kennis en Salwing opgegaar het, en julle het nie gedeel nie. En tog het EK julle geen tekort gegee nie. EK sal julle aanspreeklik hou wat julle doen vir die Koninkryk van die Hemel.

Onthou Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu]? EK het hom gestuur na ‘n weduwee van Sarfat. Al was daar baie, baie weduwees in daardie land, het EK self een met die hand uitgekies. Na wie hierdie Bediening gestuur word, na wie toe EK MY Nuwe Elia [in Hebreeus, Eliyahu] stuur – wat julle aan hulle gedoen het, so ook het julle aan MY gedoen.

En EK sê dit vir julle. EK, YAHUVEH, sê dit vir julle! Enige een wat hierdie Amightywind Bediening op enige manier aangeraak of seergemaak het, of my “Ringmaiden” op enige manier, dit is asof jy geraak het en 'n skerppunt stok in die pupil gedruk het van MY, YAHUVEH se Oë. En EK sal wraak neem! En in MY Parskuip van woede sal jy ingaan. En EK sal jou vermorsel in sewe verskillende rigtings en dit is al wat hulle sal hoor terwyl EK jou op elke manier vermorsel. Verstand, liggaam, gees en siel! [Soos bevestig in Profesie 80]

Want het EK nie gewaarsku nie. "Moet MY gesalfdes nie aanraak nie en ook MY Profete enigsins seermaak nie" (1 Kron 16:22; Ps 105:15)? Jy dink jou tong het daarmee weggekom om al hierdie lasterlike woorde te spreek? En jy het boos genoem wat EK goed genoem het in MY Oë! EK sal jou laat wens dat EK jou tong uitgesny het voordat jy toegelaat was om sulke ontlasting voort te spreek.

Maar diegene wat hierdie Bediening omhels, diegene wat hierdie waarhede omhels, diegene wie hierdie “Ringmaiden” omhels – EK omhels julle. Want hierdie is nie net 'n vrou nie, hierdie is nie net 'n blote vrou nie – hierdie is 'n tuig waaruit EK, YAHUVEH, MY waarhede voortgespreek het! Vir die van julle wat hierdie waarhede ontvang het, EK ontvang julle.

Vir die wat gesmaad en gespot het, EK, YAHUVEH, het jou verwerp. Lees Ester weer. EK is gesimboliseer in daardie Koning! Hoeveel van julle is Vasti’s? Julle dink julle is so vol skoonheid; [Dink] julle hoef nie te kom wanneer EK, YAHUVEH sê, kom nie! So EK het julle verban! In MY Koninkryk sal julle nie inkom nie! Daar is 'n GROTER BEMIDDELAAR as Koningin Ester. Dit is MY SEUN YAHUSHUA! EK vertel julle dit, o Magtige Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH. Geen goeie ding sal EK weerhou van julle nie (Ps 84:11). Daar is 'n Boek van Herinnering wat opgeskryf is en al julle name is in liefde geskryf (Mal 3:16; Ps 56:8). Julle het so swaar gekry, net om Heilig te wees. So EK wil hê julle moet weet, hoe lief EK julle het.

Dit is EK wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees. Dit is EK, YAHUVEH, wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees.

[Onthou dit, die Bruid van YAHUSHUA is nie net 'n vrou nie, maar die mans en die vroue wat sonder vlek of kreukel is – in gehoorsaamheid wandel, en op die punt is om weggevoer te word om by YAHUSHUA te wees. Bid om waardig gereken te word om een van die Bruid te wees (Luk 21:36)!]

Vir die wat MY stem ken, julle sal die GEES herken wat praat, julle is waarlik MY Lammers, julle is waarlik MY Skape. Vir die ander van julle, wat sê, "Hierdie is net [Elisheva], opgepof in trots," EK sê vir julle dit: DIS JULLE WAT EK VERAFSKU! EK sal jou eendag forseer om te erken dat hierdie Bediening die een is wat EK liefhet en al die Bedienings wat hierdie Woorde sal vat en hulle rond versprei na die vier hoeke van hierdie aarde – dit is julle wat EK sal liefhê, dit is julle wat EK omhels terwyl julle die waarhede omhels van – hierdie waarhede is gerugsteun deur MY Heilige Skrifte. En hoe durf enige iemand hierdie profesieë vals noem! Vir jou om dit te sê, noem jy MY SEUN YAHUSHUA “vals”! Want is HY nie die LEWENDE WOORD nie?

Gaan weg van MY! Gaan weg van MY! Julle hoort nie eers hier nie. Al diegene wat wil sit aan die Feesmaal Tafel en aan die waarhede smul en die geestelike kos neem en ander voed, hoort hier. Dit is MY Edik. Dit is die Bevel – wat EK uitreik vanaf MY troon in die Hemel, en EK het dit voortgespreek op hierdie dag. [ Read the Banquet Table dream ]

Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH! Bedek hierdie Bediening meer in gebed. Bedek hierdie “Ringmaiden” meer in julle gebede! Wees ‘n seën vir hulle soos hulle ‘n seën is vir julle! Of EK sal jou eendag vra waarom was jy nie.

Bedek hierdies wat EK die Twee Getuies noem. Aan die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH, as julle MY vra en as julle glo, sal EK julle die antwoord vertel – EK sal meer aan julle openbaar oor wie EK die Twee Getuies noem. Hulle het julle bedekking nodig. Hulle het julle gebede nodig. Terwyl die Twee Getuies in sterflike vlees is, probeer satan hulle lewens neem om die waarhede stil te maak wat ek gespreek het. So bedek, wie ookal die Twee Getuies is in gebed!

EK, YAHUVEH was so behaag terwyl die gebede van die Bruid van YAHUSHUA voor MY gekom het op hierdie Dag van Purim - soos 'n soet geur het hulle na MY toe gekom, soos soet wierook – die engele het hulle oopgemaak en EK is so behaag. En dit is hoekom EK meer genade gehad het en EK het gesê, "Hoeveel langer wil julle hê moet EK uitstel?" O maar die einde is naby. Wanneer die verseëlde profesie vrygestel word [78], sal een van die seëls gebreek word (Openb 6:7-8). Wee oor hierdie wêreld wanneer [Elisheva] voortspreek wat EK verberg het (Sef. 1:14-16; Amos 5:18-20). O maar vir MY Geliefde Bruid van YAHUSHUA, diegene wat die lede is van Openbaring 14 en Openbaring 7 - julle hoef nie te vrees nie. Al die Gaste wat genooi is na die Bruilofsmaal van die LAM – dit is waar dat julle sal moet ly vir HOM, YAHUSHUA. O, maar die belonings wat julle het wat kom!

Op hierdie oomblik is die wapens wat die Bruid van YAHUSHUA het in die Geestes ryk. Maar EK sê vir julle dit! In die Groot Verdrukking, net soos die Koning die edik gegee het, die bevel en gesê het, “Neem op julle wapens en verdedig julself!” net so sal dit weer wees. Maar nie vir die Openbaring 14 Bruid nie. Dit is hoekom EK hulle verlos van hierdie aarde en die Twee Getuies sal te midde van daardie getal wees en dan sal hulle terugkom.

O, maar julle kosbare Bruid van Openbaring 7, julle is reeds verseël, geliefdes. Niemand kan julle seermaak nie. Daar sal 'n kort tyd wees waar julle wapens sal opneem en verdedig en die Gaste help om satan te beveg en diegene met die merk van satan. En dan sal julle wandel in daardie verheerlikte liggaam, wanneer julle die Woorde hoor, "En die wat dood is in Christus sal eerste opstaan." (1 Thes. 4:16). Siende dat julle [die vers, met] die woord “Christus” geleer het, is dit die enigste rede dat ek dit voortspreek [op daardie manier]. Dit is diegene ”wat dood is in YAHUSHUA HA MASHIACH” wat die Twee Getuies is en die wat gemartel is in daardie tyd. Hulle is in die Tweede Wegraping en sal ook saam met die Openbaring 7 Bruid opgeneem word voor die heidene se oë.

Hierdie is die geheime wat gereserveer is vir YAHUSHUA se Bruid.

Laat die ander smaal en spot. Hierdie is die feestafel wat EK voor julle dek hierdie dag. Die met geestelike ore hoor en al die ander sal doof bly. Die met geestelike oë sal sien en al die ander sal blind bly. Hierdie is die Woorde wat EK, YAHUVEH voortspreek hierdie dag, die KONING VAN DIE SKEPPING, op hierdie Heilige Purim Dag.

EK, YAHUVEH, sê maak gereed, geliefdes, die Einde is naby! Soos EK geprofeteer het deur [Elisheva] jare gelede van die Kokende Swart Bloed Plaag [Boiling Black Blood Plague] wat sal kom as 'n teken van MY toorn – spreek EK dit nou voort deur MY “Ringmaiden”: Dit is, was reeds losgelaat. Dit het begin. Die siekte is in die broei-fase en daar sal geen genesing wees nie.

Maar geliefdes, wees verseker - almal wat Heilig voor MY is, Heilig lewe en MY, YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hulle lewe en liefde stel, en hulle bes doen om gehoorsaam te wees aan die Heilige Skrifte - die Kokende Swart Bloed Plaag sal nie oor julle kom nie! Dit sal wees soos in die tye van ouds toe die plae losgelaat is deur Moses, voortsprekend onder die Salwing van die RUACH HA KODESH. En die plae het nie die Kinders van Israel geraak nie, net die Egiptenare wat ander gode gedien en aanbid het! En so sal dit weer wees.

Soos in die dae van Moses, so sal dit weer wees. Soos in die dae van Lot, so sal dit weer wees. Aan die sondaars wat weier om te bekeer tot dusver, vandag is die dag van Redding! Julle lees hierdie afkomstig van die “Last Chance Ministry”. Môre kan dalk te laat wees. Waarvoor wag julle? 'n Godsdiens sal julle nie red nie. Slegs 'n Heilige, liefdevolle, gehoorsame verhouding met YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, sal julle red. Jy kan slegs teruggaan Hemel toe deur die Naam en Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Almal wat uitgenooi is na die Bruilofsmaal van die LAM, EK het hierdie waarskuwing vir julle, in die Groot Verdrukking die een wat kom wat algemeen die anti-chris genoem word - wat werklik die seun van satan is, die seun van verderf - hy sal kom en die naam gebruik en vervals wat wêreldwyd bekend is in elke volk en taal die naam wat Christene ken en liefhet die naam van “Jesus Christus!”

[BAIE BELANGRIK! LEES HIERDIE VOLGENDE PARAGRAAF AANDAGTIG]


Pasop! Tekens, wonders en wonderwerke word steeds gedoen en siele word steeds gered [voor die Groot Verdrukking] in die naam van Jesus Christus. Moenie vrees nie. Maar, dit was nog nie die Eindtyd nie en julle was net aanspreeklik gehou vir dit wat julle geleer was. EK, YAHUVEH, het die naam “Jesus” geëer en gesalf, alhoewel MY SEUN YAHUSHUA 'n Hebreeuse naam gegee was deur SY Hebreeuse moeder. En EK IS SY VADER; SY Naam moet MY Naam YAH bevat. Die naam van “Jesus” het MY GEWYDE NAAM uitgevee, DIE NAAM WAT BO ALLE NAME IS. MY Naam YAHUVEH en die Naam van YAHUSHUA vertaal na – 'n konstante herinnering in elke taal – YAH red! Is dit nie julle gebruik om die Seun na sy vader te vernoem nie? Hoekom dink julle is dit enigsins anders vir julle HEMELSE VADER om dieselfde te doen? Dit is 'n konstante herinnering vir julle dat, EK, YAHUVEH, en MY SEUN, YAHUSHUA, EEN is.

Dit is satan en sy dienaars wat die naam YAH vrees, maar EK ken MY Kinders se liefdevolle harte. EK vergewe julle selfs omdat julle MY ware Sabbat Rus Dag versaak, die vierde Gebod oor-en-oor breek, maar ek sal hierdie nie langer vergewe nie. Nou word julle aanspreeklik gehou vir wat julle weet. Julle word aanspreeklik gehou om ander te waarsku. Daar is 'n Hoër Gewyde Salwing in die Hebreeuse Naam van YAHUSHUA en in MY Naam, YAHUVEH. Nou is die Eindtyd naby en EK waarsku julle leer ander wat julle nou ken as waarheid. Daar is meer Salwing in ONS Heilige Gewyde Name. Gebruik hulle! Maak geen verskonings meer nie! Gedurende die Groot Verdrukking moet julle uitroep in MY SEUN se Hebreeuse Naam YAHUSHUA HA MASHIACH. MY Naam is YAH - en dit is in SY Naam – DIE NAAM BO ALLE NAME (Jes 45:23; Rom 14:11; Fil 2:9-10).

As julle dit nie nou leer nie, in die Groot Verdrukking wanneer julle bid vir bevryding, of genesing, en julle gebruik die naam ”Jesus”, onthou dat die seun van satan hierdie naam gaan gebruik as God. Hoe kan julle verwag om genees, bevry of geseën te word deur dieselfde naam te gebruik wat die seun van satan sal gebruik? Julle sal die seun van satan aanroep en dit nie weet nie. In die Groot Verdrukking, sal die seun van satan sy eie dag hê om eenkant gesit te word om aanbid te word en dit sal Sondag wees. Wanneer Sondag aanbidding verpligtend is en julle almal regoor die wêreld beveel sal word om na julle naaste Sondag kerk te gaan, pasop! MOENIE GAAN NIE.

Dit is 'n vangstrik van die seun van satan. Want elkeen wat 'n Sondag kerk bywoon gedurende die Groot Verdrukking – hulle sal die deur binnegaan betower, gevange gehou met die geeste van illusie en gedagte manipulasie en afgodery en rebellie onder baie andere kragtige demoniese geeste. Waarsku hulle nou! Hulle sal die “merk van die dier” aanvaar het en 'n kerk van verontreiniging binnegegaan het en gekies het om die “dier” te aanbid en sy fisiese sowel as geestelike merk aanvaar. Waarsku mense nou, voor dit te laat is.

Dit beteken nie dat alle Sondag kerke nou boos is nie, maar julle is so naby nou. Die Einde is naby. Julle moet die mense waarsku waar die pastore nalaat om dit te doen. Julle moet die waarheid onderrig van die Hebreeuse Gewyde Name van MY, YAHUVEH en MY SEUN YAHUSHUA, DIE ENIGSTE MESSIAS. DIE ENIGSTE BLOED WAT VERGIET IS VIR DIE MENSDOM vir die kwytskelding van sondes. EK sal geen ander bloedoffer aanvaar nie. En geen ander middelaar kan vir julle bemiddel nie! En dit sluit in geen sogenaamde dooie heiliges nie. Nie eens YAHUSHUA se EIE moeder, Miriam, ook Maria genoem, nie. Want selfs sy het YAHUSHUA nodig gehad as haar MESSIAS.

Dit is die enigste rede hoekom enige van YAHUSHUA se Bruid na ‘n Sondag kerk behoort te gaan, om die Skape en Lammers die waarheid te leer waar die pastore geweier het. Selfs al is dit een persoon op 'n keer! Hier is die goeie nuus: Net soos MY Geliefde Kinders, wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe en voortbeskik is - so ook is satan se boek van die verdoemdes.

YAHUSHUA SAL NIE EEN SIEL VERLOOR WIE SE NAME GESKRYF WAS IN DIE LAM SE BOEK VAN LEWE VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WÊRELD NIE! Julle kan nie per ongeluk kies om die “merk van die Dier” te aanvaar nie. Julle sal weet om dit nie te doen nie en eerder doodgaan voor julle dit doen.

Die enigste ware genesing, tekens, wonders en wonderwerke en opstandings kom van die Hemel. Enige ander genesing of bevryding is 'n illusie! En gedurende die Groot Verdrukking gaan daar illusies wees wat lyk of dit waarheid is, maar wat leuens is direk van die troon van satan. Leer nou! En waarsku ander nou! In die Groot Verdrukking, slegs in die Naam van YAHUSHUA – nie die naam van Jesus nie – sal ware verlossing, genesing, opstandings krag voortkom. Mense wat 'Jesus' nou liefhet en dien sal wonder hoekom hulle gebede nie beantwoord word nie. En hulle geloof sal ly en hulle sal selfs doodgaan vir hulle geloof, sonder om te verstaan hoekom bevryding nie gekom het in daardie naam nie.

Waarsku hulle. Sodat hulle gewoond sal raak om die Hebreeuse Naam YAHUSHUA, en YAHUVEH en die RUACH ha KODESH te gebruik. satan wil nie die naam YAHUSHUA, met MY Naam YAH binne-in, vervals nie.

Daar is miljoene wat hierdie lees wat die Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LAM. En geseënd sal julle wees! Maar julle sal alles of 'n gedeelte van die Groot Verdrukking sien en julle oë sal gedwing word om die afgryse te aanskou. Onthou dit, MY woede is nie bestem vir julle nie. Dit is bestem vir MY vyande.

Bly Heilig en moenie toegewings maak nie en roep die Naam van YAHUSHUA aan en vertrou op SY Krag en Salwing en hou styf vas aan jou geloof. Want dit gaan nie maklik wees nie. Omdat daar gedagte-golwe in die lug sal wees wat julle sal probeer breinspoel. Leer Heilige Skrifte nou om te gebruik as 'n wapen gedurende daardie tyd wanneer Bybels verban gaan word. Maar selfs satan sal nie in staat wees om al die bybels te verbrand nie!

YAHUSHUA sal die Heilige Engele gebruik, Openbaring 7 Bruid en Openbaring 14 Bruid, asook die Twee Getuies om te weet waar die Gaste is en om hulle te help soos benodig. Die Twee Getuies sal die Gaste verdedig en wraak neem vir hulle. Leer MY ware Sabbat want EK, YAHUVEH, sal vernaamlik diegene seën en beskerm wat MY eer op die dag wat EK, die KONING VAN DIE GANSE SKEPPING, eenkant gesit het as die Sabbat Dag van Rus. Net soos YAHUSHUA die aarde bewandel het en tekens, wonders en wonderwerke op die Sabbat gedoen het – selfs in die Groot Verdrukking, veral op MY Sabbat, MY Heilige Dae - sal dieselfde gedoen word in die naam van YAHUSHUA onder die Salwing van die RUACH ha KODESH.

Daar is geheime wat EK het wat nog nie uitgespreek mag word nie. Weet net dat EK, YAHUVEH, nooit enige iemand sal verlaat of begewe wat YAHUSHUA en MY, die KONING VAN DIE SKEPPING, waarlik liefhet, aanbid en dien nie. Leer MY Naam. Dit is YAHUVEH! Die Ewigdurende Een! YAHUSHUA is MY SEUN. YAHUSHUA HA MASHIACH is julle ENIGSTE REDDER – DIE ENIGSTE NAAM EN WEG TERUG NA DIE HEMEL! Aan al diegene wat hierdie Profetiese Woord smaad en spot, julle sal op die harde manier leer dat dit gekom het uit MY, YAHUVEH se mond, en gegee was aan hierdie “Ringmaiden”. Aan MY Skape en Lammers regoor hierdie wêreld, neem hierdie Woord soos 'n kettingreaksie en laat dit weerklink regoor die wêreld. Onthou, selfs die noukeurig Uitgesoektes [elect] sal mislei word indien moontlik (Mat 24:24) want julle pastore het die Lammers en Skape laat sterf van honger. Wanneer julle hierdie Profesieë lees, is julle besig om te smul en te eet aan Heilige geestelike vleis.

Alle ander wat hierdie Woord verloën, selfs al beweer hulle om “Jesus” lief te hê, en steeds weier om die Hebreeuse Gewyde Name, die Sabbat en Heilige Dae en Feeste te leer – hulle sal aanhou om op melk te voed want hulle wil nie geestelike tande hê om hierdie Geestelike vleis te eet nie. In die Groot Verdrukking, sal hulle onthou wat hulle gelees het. En sommige sal bekeer en weet dat hierdie Bediening werklik uit die Hemel gestuur was. Vir MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, kyk op! Julle Verlossing kom nader. Op een of ander manier sal julle weer terugkom huis toe, Hemel toe!

So was dit gespreek, so was dit geskryf op hierdie Heilige Dag van Purim op 15 Maart 2006.

Gegee aan hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH en YAHUSHUA, Apostel Elisheva Eliyahu

Persoonlike nota…

Ek is geinteresseerd om te hoor van die wat hierdie vraag vra van YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA en 'n antwoord gegee is, sal julle vir my skryf en dit met my deel? Ek weet dit, dat die Twee Getuies, wie hulle ook al is, die gebede en die liefde van die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilofsmaal van die LAM, nodig het. Ek het wakker geword met hierdie somber openbaring en uitgeroep vir die beskerming van die Twee Getuies, nadat ek hierdie woord gegee is. Openb. 11:3-13.

Voel asseblief vry om hierdie profesie te kopieer en te deel. Die oes is groot en werkers so min. Al wat ek vra is dat julle asseblief net sal terug “link” indien julle op julle webblad publiseer en hou asseblief hierdie boodskap ongeskonde, insluitend hierdie persoonlike nota wat ek deur die RUACH gelei was om te deel. Vertalers, sluit asseblief alles in wat geskryf is.

Die werk van die Twee Getuies sal wees soos geen ander werk wat gegee is nie. Ek ween vir hulle onder die Salwing, omdat die werk wat hulle moet doen nie beny moet word nie. Hulle sal meer afgryse sien as wat nog ooit op hierdie aarde gesien was. Doen asseblief soos YAHUVEH gesê het en bid vir die Twee Getuies. Bid asseblief vir seëninge op hulle op alle maniere. Terwyl hulle in hierdie sterflike liggaam is, bid dat die Heiliges vir hulle liefdevolle ondersteuning en bemoediging sal gee. Bid asseblief dat hulle die salwing wat aan hulle gegee is, sal glo en ontvang en sal gehoorsaam en alles sal doen wat hulle moet doen. Bid vir beskerming van Die Heilige Muur van vuur wat hulle sal omring van alle kante sodat geen man, vrou, demoon, duiwel, hulle sal kan seermaak terwyl hulle in daardie sterflike liggaam is nie.

Pasop Pronkende Geveinstes!

Enige een wat spog dat hulle een van die Twee Getuies is, soos die een wat homself "Elijah the Tishbite" noem, of die man Hawkins wat godslastering geskryf het in die “Book of YAHUVEH” is nie een van hulle nie selfs wanneer die Twee Getuies in die straat lê, het hy gesê hulle lê daar vir 3 ½ jaar in plaas van 3 ½ dae, ek het dit gelees met my eie oë, hierdie mans en ander wat dit doen in trots.

Die regte Twee Getuies wil nie eers daardie roeping op hulle lewens erken nie. Hulle is nederig en glo nie dat hulle waardig is vir so 'n hoë roeping nie en hou aan sê, "Sekerlik het julle iemand beter." Dit is wat YAHUVEH my gewys het, dis hoekom die skrifte sê dat hulle geklee is in sak en as. Dit is simbolies van nederigheid en rou vir die afgryse en sonde wat hulle sal sien en wat hulle nou sien.

Ek het geweet vandat ek ‘n Geestelike Staf gegee was, en my, destydse 6-jaar-oue seun, een van my identiese tweeling seuns, het dit in die Geestes ryk gesien en beskryf en ek het die gewig daarvan gevoel, 19 jaar gelede, en elke keer wanneer dit in die Geestes ryk gebruik was het dit net swaarder geword tot op 'n punt waar dit nou ander neem om my arms bo te hou, wanneer dit gebruik word onder leiding van YAHUVEH.

Hierdie Bediening het iets te doen met die opsporing van die Verbonds Ark, die 144,000 soos in Openbaring 14 en die Twee Getuies. Alleenlik soos die jare verby gegaan het, het ek begin verstaan en is daar meer openbarings gegee deur die profetiese woorde wat aan my gegee is. Daar is 'n boek wat nou geskryf word deur 'n ander lid van die Bruid van YAHUSHUA [Openbaring 14] wat al haar tyd spandeer en skenk om al die profesieë, visioene, drome en hoorbare woorde van YAHUVEH gepubliseer te kry. Bid asseblief vir haar, want hierdie is ‘n groot werk. Bid asseblief ook vir die regte uitgewer. Ons probeer om die Profesieë in verskillende tale vertaal te kry sodat hulle ook in boekvorm kan wees. Wanneer ons nie langer op die internet is nie, sal die boeke dan ten minste daar wees tydens die Groot Verdrukking.

Ons het nog steeds 'n Hebreeuse vertaler nodig onder baie andere tale. Kom asseblief na vore as jy jou tyd vrywillig wil aanbied om hierdie werk te doen. Ons het toegewyde en gefokusde vertalers nodig wat hierdie werk so ernstig sal opneem soos ek, nie verbygaande skepe in die nag nie. Bid asseblief en kyk of dit jy is.

YAHUVEH (ook gespel YAHUVAH, YAHVEH, YAHWEH) seën julle almal.

Apostel Elisheva Eliyahu



Profesie 118, Pasop! Die Groot Verdrukking Is Net ʼn Asemteug Ver!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 19 Februarie 2010 – Vrygestel op 27 Junie 2010



Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH Glorie se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:

2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *
Profetiese Woord Begin:

[Elisabeth (Elisheva)begin in Heilige Tale bid]

“Genoeg is genoeg! Judas was net toegelaat om vir so lank saam met die Apostels te wandel! Ook hy kon nie langer die huigelaarspeletjie speel nie want daar is gelowiges en daar is volgelinge.

Dit is nie genoeg om te sê “Ek glo in YAHUSHUA/JESUS. Ek glo dat daar ʼn GOD in die Hemel is wat genoem word YAHUVEH/YAHWEH. Ek glo daar is ʼn HEILIGE GEES, die RUACH ha KODESH”. Die vraag is, volg jy ONS? Dit is nie genoeg om net te glo nie!

EK ontbloot die verskuilde Judasse. EK ontbloot hulle wie hulself Christene noem en dit nie is nie! EK ontbloot wie die bruid van satan is! Vervalsers is oral om julle. Hulle veg teen MY ware Bruid! Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is in ʼn oorlog teen die bruid van satan!

Julle wil weet wie julle dodelikste vyand is? Dit is nie die heidene wie weier om MY Naam te erken nie. Dit is die Kerk van die Huigelaars!

Op hierdie dag, terwyl dit aan die wêreld uitgeskree word toe iemand genaamd Elton John opgestaan en aan almal geproklameer het, “Ek dink JESUS was ʼn deernisvolle, super intellegente homoseksuele man wat menslike probleme verstaan het. HY het aan die kruis die mense vergewe wie HOM gekruisig het en JESUS wil hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie, want die Bybel sê JESUS was sonder sonde, so dit skakel homoseksualisme uit, so dit kan nie ʼn sonde wees nie.”

Maar EK YAHUVEH het genoeg gehad! Hierdie man, Elton John, durf dit waag om MY Heilige Woorde uit te spreek en dit te verdraai! En sê JESUS CHRISTUS van die Evangelies is ʼn homoseksualis?!

Wêreld, vir hierdie afskuwelikheid sal julle van die Kokende Swart Bloedplaag drink! Maak jou gereed, wêreld! EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vervolgens, EK het genoeg gehad!!!

Hierdie siekte was uitgebroei in diegene wat homoseksualiste en lesbiers is, hierdie siekte het vir MY tydsberekening gewag om na vore te kom. Julle wie verskonings maak vir die homoseksualiste, EK het vir julle tyd gegee om te berou.....

EK sal nie vir julle die dag sê nie, EK sal nie vir julle die maand sê nie, EK sal nie eers vir julle die jaar sê wat hierdie plaag fisies sal manifesteer nie, maar EK sal nou vir julle dit sê, die Kokende Swart Bloedplaag het die Withuis bereik. EK sê vir julle niemand sal ontsnap nie!

Hoe durf enige iemand sê dat wat EK in MY Heilige Woord as ʼn afskuwelikhêid verklaar het, durf julle nou sê dat MY Eniggebore SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH, die perfekte geslagte Lam sonder ʼn merk, sonder ʼn vlek van sonde, deelgeneem het aan ʼn afskuwelikheid, genaamd homoseksualisme,ʼn bespotting van dit wat EK geskape het toe EK Adam en Eva geskape het.

Die Judasse word voor julle oë ontbloot, ja, hulle wat Skrifte aanhaal en tog so baie mislei want hulle volg nie eers die woorde van die Skrif na nie. Ellende wag op die Judasse wat sê, “Moenie die Bybel glo nie. Moenie die Heilige Skrifte glo nie. Gooi weg die Torah, dit is net deur eenvoudige mense geskryf. Skeur uit hierdie Skrif. Skeur uit hierdie bladsy. Skeur uit hierdie hoofstuk”. EK sal vir julle vertel wat EK sal uitskeur, wat EK uitgeskeur het, wat EK uitgevee het, dit is julle name in die LAM se Boek van die Lewe!

EK, YAHUVEH/YAHWEH sê, EK het genoeg gehad, die stryd woed nou lank genoeg. Het EK nie gesê, “In hierdie dae voor die tyd van Jakob se Benoudheid, die Groot Verdrukking, sal die Heiliges meer Heilig word en die onheiliges meer onheilig.’ (Profesie 90, "Wat is die Naam van die RUACH ha KODESH?")

Nou durf hulle hulself ‘Christene’ noem. Hulle sê, “Moenie bekommderd wees om te sondig nie. Ek waarborg julle in elke geval die Hemel”.

En nou probeer hierdie, goddelose, laakbare mens van wetteloosheid en met die gees van die anti-chris, Elton John, almal in die homoseksualisme gemeenskap en almal wie dit durf waag om hulself Christene te noem, gerus te stel, “Moenie bekommerd wees nie. JESUS CHRISTUS was een van julle. Homoseksualisme kan onmoontlik ʼn sonde wees want julle sien, Jesus Christus was sondeloos”. En tog praat hulle van MY en ken nie eers die Heiligheid van MY Seun YAHUSHUA nie, en hulle praat van MY Heilige Skrifte en tog dien hulle die satan met alles wat in hulle is.

Weet julle MY Kleintjies, MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK vertrou julle. EK laat die Judasse toe om in julle midde in te kom, net soos Judas Iskariot in die midde toegelaat was. Verstaan julle nie, hy het ook sy volgelinge gehad, maar EK vertel vir julle, soos EK lank gelede vir jou vertel het, Elisabeth[Elisheva], ellende wag op die Judasse wat probeer het om by hierdie Bediening aan te sluit. Hulle het begin deur die melk te drink en die geestelike vleis te eet en toe verraai hulle alles wat hulle geweet het Heilig was. Daarom verbied EK jou om oor ʼn Judas te treur, want EK doen nie!

Die Judasse wat jou op hierdie aarde verraai, verraai al MY Heilige Bruid, selfs hulle wie saam met hulle in hul eie huishoudings bly. Hoe baie het Judasse in hul eie huishoudings? Hoe baie is in ongelyk gebonde huishoudings, selfs hulle wat hulself MYNE noem? Hulle {die Judasse} het lank gelede in die Hemel in die oorlog met Lucifer verraad gepleeg. Dink julle EK is verbaas? Sê EK nie dat EK toelaat dat die koring saam met die onkruid groei nie? (Matt 13:30). Nou het EK vandag vir julle die onkruid gewys en EK sê dit vir julle, EK het vir julle gesê om die wêreld te waarsku, dit is net ʼn asemteug weg van die Tyd van Jakob se Benoudheid, die Groot Verdrukking.

MY Geliefde Seun (Amightywind Jeugleraar), jy het ʼn leerstuk (teaching) gedoen wat die leuens van die duiwel ontbloot het met betrekking tot die wegneming wat die Wegraping genoem word en hoe min wil die Waarheid weet. Die Kerk van die Huigelaars sal eerder die leuens glo, “leef soos jy wil, sondig net soos jy wil, dit is net genoeg om ander te oortuig dat jy ʼn Christen is, jy hoef nie regtig na te volg wat jy skryf, wat jy praat nie, jy hoef nie ʼn voorbeeld te wees van wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie, dit is net genoeg om voor te gee. Dit is net genoeg om te sê, “Jesus seen jou”.

Ellende wag op hierdie Judasse wat MY Skape en Lammers mislei, maar julle sien MY Skape en Lammers se name is in die LAM se Boek van die Lewe geskrywe en hulle sal weer na die GOEIE HERDER, YAHUSHUA toe terugkeer. Dit mag lyding vereis deur die vure van vervolging met ongekende kwellinge in die Tyd van Jakob se Benoudheid, dit wat julle die Groot Verdrukking noem, maar MY Skape en Lammers sal terugkeer na MY toe selfs al is dit met hulle laaste asem. Hulle geloof sal warm word deur die vuur van vervolging.

Pasop vir hulle wie louwarm is, EK het hierdie Bediening gestuur om MY Woord te spreek om julle te waarsku. EK salf MY Profeet om MY Woorde uit te spreek en omdat sy nie ʼn man met ʼn lang grys baard is nie, dank julle haar af. Julle sê, “GOD kan onmoontlik deur die mond van hierdie eenvoudige vrou spreek.” Julle wil nie hoor nie. Julle wys julle onnoselheid. Julle wys watse jeukende ore julle het.

Die ware rede hoekom julle hierdie Bediening haat is as gevolg van die oortuiging. Julle wil nie vertel word dat louwarm Christene hel toe sal gaan nie en dat julle glad nie Christene is nie en dat julle verkeerd doen wanneer julle nie die 10 Gebooie wil gehoorsaam nie. Julle wil net sê, “JESUS CHRISTUS het die prys vir my op Golgota betaal.”

Ja, YAHUSHUA ha MASHIACH het vir julle die prys op Golgota betaal, maar watter prys het julle vir HOM betaal? Is dit regtig teveel gevra dat julle gehoorsaam? Wanneer julle waarlik wedergebore en met die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES gevul is, het julle nie langer ʼn verskoning om te sondig nie, want julle het die RUACH ha KODESH in julle wat julle veroordeel wanneer julle sondig. Julle sal waarlik begeer om MY, YAHUVEH/YAHWEH te gehoorsaam met elke Woord wat EK spreek.

Ag, so baie sê die Verlossingsgebed en spog en sê, “Ek glo in Jesus,” maar hoe min beoefen wat hulle proklameer om te glo? Julle haat enige Bediening of enige persoon wat julle oor julle sonde veroordeel.

Lig en duisternis kan nie saamgaan nie. (2 Kor. 6:14). Met MY eie hand het MY Woord dit gespreek. YAHUSHUA ha MASHIACH het met ʼn skeidingswaard gekom. (Matt. 10:34). Met MY eie Woorde is dit gespreek en wat is julle reaksie?

Diegene wat nie julle ongelyk gebonde huishoudings wil prysgee sodat hulle julle nie in die Groot Verdrukking kan verraai nie, julle reaksie is, “Brandmerk haar as ʼn vals profeet. Skeur daardie Woorde uit die Bybel uit. Ignoreer dit. Wis hulle uit.” Dit is julle antwoord. “Verlei ander”. Niks het verander nie!

Dieselfde Fariseergees wat MY Heiliges, YAHUSHUA se Bruid, stenig. Hulle (YAHUSHUA se Bruid) lewe elke dag hul lewens om MY te behaag, hulle beweer nie dat hulle perfek is nie en wanneer hulle MY per ongeluk aanstoot gee, bely hulle gou met trane in hul oë en sê, “Ag help my asseblief om nie weer hierdie sonde te doen nie.” Daar is baie soorte sondes, selfs hierdie Profeet deur wie EK nou hierdie Boodskap spreek, sukkel met die sonde van uitstel. Hoe baie van julle struikel oor hierdie een? Julle weet wat om te doen, maar julle doen dit in julle tyd. Ag, julle weet wat EK wil hê julle moet doen en EK praat nie nou van die Tien Gebooie nie. Dit kan iets so gering wees, maar jy doen dit nie. Daar is baie soorte sonde.

Niemand is volmaak nie, elkeen is ʼn onvoltooide werk, maar EK sê vir julle dit, wanneer dit tyd is om YAHUSHUA se Bruid te kom haal, sal dit wees wanneer julle hemelse graderings op die hoogste vlak is, wanneer julle elke dag daarna streef om MY op elke gebied te gehoorsaam, wanneer julle julle liggame lewende offers maak, wanneer julle die eerste Torah Gebod ken, (1ste Gebod : Jy mag geen ander Gode voor MY aangesig hê nie) en dit nie eers terwille van ʼn huweliksmaat of geliefde sal verbreek nie, selfs al sou dit die einde van jou huwelik beteken. Julle besef niemand kan voor YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH kom nie.

Die sterkste en mees geseënde huwelike sal dié wees wat die Eerste Gebod onderhou en beide van hulle sal ‘uit balans’ wees in hulle liefde vir en gehoorsaamheid aan YAHUSHUA, albei sal YAHUSHUA meer liefhê as mekaar of enigiemand anders. YAHUSHUA is die Liefling van hulle lewe, siel en gees en wanneer EK praat van ‘uit balans uit’, is dit nie soos wat dit behoort te wees wanneer jy YAHUSHUA bo enigiets anders liefhet nie? Julle is vir so ʼn kort tydjie op hierdie aarde. Dit is net een asemteug in jou lewe. Ons praat van ʼn ewigheid in die Hemel.

Ag MY Geliefde Bruid, Geliefde Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, luister na MY, laat niks belangriker wees as die EEN wat jou hart laat klop, die EEN deur wie jou lewe asemhaal nie. Ag Geliefde, niemand kan jou liefhê soos EK, YAHUVEH/YAHWEH nie. Ken die een wat jy jou geliefde noem, jou huweliksmaat, die getal hare op jou kop? (YAHUVEH/YAHWEH huil deur Elisabet[Elisheva] terwyl HY dit gesê het, toe HY gepraat het van hoe lief HY SY Bruid het.) Moenie toelaat dat EK, YAHUVEH/YAHWEH en YAHUSHUA laaste op jou lippe wees nie.

O julle louwarm nare Christene, diegene wie YAHUSHUA as braaksel uit SY mond sal spoeg, dit is hoekom julle liefde yskoud geword het. Julle plaas so baie ander liefdes voor ONS, julle wêreldse welluste, vleeslike begeertes bo ONS, ja, selfs die wat hulleself MYNE noem en dit durf waag om julleself Christene te noem! En julle wonder hoekom julle nie langer die Waarheid van die leuens kan onderskei nie, maar julle stenig die Heiliges en hierdie Bediening wat praat, net so seker as wat Stefanus gestenig was. (Hand. 7:59). EK praat met die nare louwarm Christene, julle hoef nie naar en braaksels te bly nie! Dit is julle keuse!

EK het hierdie Bediening en ander Bedienings en individue gestuur, wie deel van die Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is, om julle te waarsku! EK het hierdie Nuwe Elia {in Hebreeus, Eliyahu}gestuur en EK gee nie om of julle daarvan hou om dit te hoor of nie, maar EK het MY Nuwe Elia {in Hebreeus Eliyahu} gebruik om geboorte te gee aan hierdie Bediening en dit het in Amerika begin en is nou al oor die hele wêreld, om te waarsku, te bestraf en te bemoedig. EK spreek nie net seëninge voort nie, maar EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vloeke voort. Genoeg is genoeg! EK sal nie vir Sodom en Gomorra om verskoning vra nie!

Hierdie wêreld het ʼn Sodom en Gomorra in MY oë geword. Skaam julle! Skaam julle wie nie die Heiliges verdedig wat hierdie waarskuwings uitspreek nie!

Daarom, MY Geliefdes het EK vandag ʼn Judas ontbloot. Die lot van ‘n Judas is dood en Hel. Julle sal Judasse sien kom en gaan. Ellende wag op hulle wat die Judasse volg want julle lot sal dieselfde wees! Ellende wag op enigeen wat sê om Nagmaal te neem in herinnering aan wat MY SEUN YAHUSHUA betaal het deur SY Liggaam en Bloed te gee vir hulle sondes, is kannibalisme en bloedsuiery ! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Dit is godslastering, die uiterste bespotting van YAHUSHUA se offer.

(Ons ken hierdie persoon vir ongeveer 3 jaar. Hierdie persoon was ʼn getroue ondersteuner en ons het hierdie persoon as deel van YAHUSHUA se familie beskou. Hierdie persoon het na ʼn web-adres op die internet gegaan wat sê om Nagmaal te gebruik is kannibalisties (mensvretery) en bloedsuiery(vampierisme) en die hartseer deel is, hierdie persoon het hierdie leuen van die duiwel geglo. Daarom het hierdie Judas eposse aan baie ander gestuur en probeer om hulle sover te kry om hierdie leuen te glo. Hierdie persoon het selfs probeer om vir Elisabeth[Elisheva] te oortuig van hierdie leuen. Hierdie persoon is nou ʼn Judas en hy sal dieselfde lot as Judas hê.)

Van wanneer af! Van wanneer af! Van wanneer af is dit boos as jy bid dat jy een met YAHUSHUA moet word, na gees, siel, liggaam en verstand en vergifnis vir jou sonde vra en SY Bloed was jou skoon? Wie durf so ʼn leuen verkondig? Wie durf dit waag om so ʼn leuen te glo? Die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES is nie in hulle nie! Julle het kopkennis en nie hartskennis nie. Nagmaal is belangrik en is ‘n wapen teen die vyand.

Vir julle wat sê “Nagmaal is nie belangrik nie”, YAHUSHUA se laaste woorde toe HY saam met SY dissipels was, was “Dit is MY Liggaam, doen dit in Herinnering aan MY.” (Matt. 26:26-28; Markus 14:22-24; Lukas 22:17-20; 1 Kor. 11:22-30). Van wanneer af is dit ʼn sonde? Wie anders as satan sou so iets sê? Wie sou dit durf waag om so iets te sê? Dit is die ergste belediging want julle het MY SEUN se Bloed bespot! Julle het dit wat EK volmaak genoem het, boos genoem! Hierdie is die ergste belediging en dan probeer julle leuenaars om MY Profeet deur wie EK praat, te mislei én vertel vir ander hierdie leuen. Nagmaal is die mees dominante wapen teen satan en julle het hierdie gemeenskap boos genoem en dit wat EK uitgespreek het as goed, noem julle boos?

Net so seker soos wat julle nie net vir YAHUSHUA ha MASHIACH gelaster het of vir MY YAHUVEH/YAHWEH, wie MY enigste SEUN gestuur het om SY liggaam en Bloed vir julle te gee nie, het julle ook die RUACH ha KODESH beledig. Julle het al DRIE gelaster! EK het vir julle gesê, EK het julle gewaarsku, “Pasop wanneer boos goed genoem word en goed boos genoem word.”(Jesaja 5:20).

EK stuur altyd MY Profete vooruit om MY Woorde te spreek. Die Heilige Skrifte was nie deur ʼn mens gespreek nie. Daar is geen verskil as EK nou uit hierdie erdekruik se mond spreek nie. Dit is EK, YAHUVEH/YAHWEH wat daardie Woorde in hulle gesit het om te skryf. Die ware Woorde was deur verskeie vertalers en kopieerders verrot.

EK waarsku julle, moenie net op die King James Weergawe van die Bybel staatmaak nie, want King James brand in die hel. Hy het boeke en woorde uitgelaat wat hy nie ingesluit wou hê, net soos hulle vandag doen en sê, “Hierdie Geskrifte en Torah Wette is nie meer van toepassing nie. Dit strook nie met my idee van wie God is nie. HY is nie veronderstel om te vervloek nie. HY het SY Eniggebore SEUN gestuur om die prys op Golgota te betaal en in my plek te ly en te sterwe, so ek kan doen wat ek wil, dit maak nie meer vir GOD saak nie. HY gee nie om wat ek doen nie, want HY het SY Eniggebore SEUN gestuur om die prys te betaal. Die Wet was teen die kruis vasgespyker, so ek kan doen wat ek wil. Van die Vierde Gebod sê ek, enige dag sal as Sabbatdag deug, JESUS CHRISTUS, YAHUSHUA ha MASHIACH, het gesê “HY is HERE van die Sabbat, dit maak nie meer saak nie, want hulle het daardie dag weggegooi.”

Leuenaars! Leuenaars! Leuenaars! Dink julle EK sou MY tyd mors om met MY eie vinger op ʼn kliptafel te skryf en dit vir Moses te gee en die Israeliete verdedig en hulle beveel om MY op die Sabbatdag te eer deur te rus? Deur te rus? Om nie te werk nie maar om te rus?! Leuenaars!

Julle wie voorgee dat julle Christene is en die videos opsit oor hoekom “Christene nie langer bekommerd oor die Sabbat hoef te wees nie, dit maak nie saak watter dag nie, dit maak nie saak nie, die Rooms Katolieke Kerk het dit verander.”

Leuenaars! As julle nie berou nie sal julle julself in die Poel van Vuur bevind! EK gaan nie speletjies speel nie! Die Groot Verdrukking, die Tyd van Jakob se Benoudheid is byna op julle, die tyd van weeklaag, geween, van groot lyding, meer as wat hierdie wêreld ooit geken het!

Wat dink julle hou die hel aan die brand? Die vlamme word net warmer! Dit is MY, YAHUWEH se gramskap, toorn, en woede!

EK wil MY Bruid by die huis hê! EK wil YAHUSHUA se Bruid by die huis hê! SY Bruid is MY Bruid. EK wil hulle by die huis hê.

EK kyk na hierdie riool wat aarde genoem word. Daar is oral mis en EK sien hier en daar klein flikkertjies in die mis van al die Heiliges en hulle wie die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Dit is asof hulle onder die mis begrawe is en ag, hoe baie mis! Daar is soveel stank in die ontlastings (feces), in dit wat hulself die “Christelike kerke” noem! Oordeel! Oordeel! Oordeel het gekom na dit wat julle die “Huis van die HERE” noem!!

Toe die Ikabod Christelike kerke opgehou preek het teen sonde soos aborsie, owerspel en selfde-geslag huwelike, toe julle sonde agter die kansel toegelaat het, toe julle homoseksualiste toegelaat het om agter die kansel te staan en preek en te spog oor hulle sonde, toe julle opgehou het om die sondaars te bestraf, was Ikabod op julle deure geskryf en MY RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES was daar uitgeneem! (1 Sam. 4:21).

Julle sing julle liedere en vergader op Sondag en tog is EK nie daar nie! Ag, sommige van MY mense is daar, maar MY ware Teenwoordigheid, MY RUACH ha KODESH Salwing is nie welkom daar nie. Julle gebruik julle emosies en kry julself in ekstase met liedere, maar MY ware Profete word nie toegelaat om te praat nie.

ONS word nie daar toegelaat nie. Wanneer EK sê “ONS”, bedoel EK die werklike teenwoordigheid van YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. ONS teenwoordigheid is NIE daar nie, anders sou almal op hulle aangesigte geval het!

Hulle sal berou hê vir Amerika, maar sal hulle ander waarsku teen die sonde waarin hulle verkeer? Dit is ʼn bespotting. Wil julle weet hoekom die krag van die Salwing nie soos in die Eerste Kerk is nie? Kyk en neem kennis wat EK sien. Die stank is meer as wat EK, YAHUVEH/YAHWEH kan verduur!

Die heiden kyk na hierdie sogenaamde Christene en sê, “Daar is geen verskil tussen julle en my nie.” Elton John sê, “Daar is geen verskil tussen julle en my nie. Ek kan ook die Skrifte herskryf. Mense sê“Gooi uit die Vierde Gebod,” daarom kan ek sê, “JESUS CHRISTUS is homoseksueel,” dit is geen verskil nie.”

Maar julle sien, EK het hierdie Bediening opgerig, wat weier om met sonde te kompromitteer, die Aleph en Tav (Alfa en Omega) Almightywind (ook genoem Amightywind) RUACH ha KODESH Wildfire Bediening!

MY Amightywind Bediening is ʼn magtige voortstormende wind wat deur die wêreld gaan en satan kan dit nie keer nie! Daarom laat hy almal op ʼn blote vrou konsentreer (Elisabet Elijah[Elisheva Eliyahu]).

Hulle wie haar ken en liefhet kan die verskil sien wanneer sy en wanneer EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek. Maar dit is nie ʼn blote vrou wat voortspreek nie. EK is YAHUVEH/YAHWEH en EK sê vir julle hierdie Bediening roep die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH om na vore te kom want julle het mekaar nodig. Almal van julle is aangeval. Julle is soos ʼn gewonde dier wat julle eie wonde lek, want julle kan nie enigeen vertrou nie, daarom het EK, YAHUVEH/YAHWEH hierdie groep bymekaar gebring en EK gebruik hierdie kruik wat hier praat om in die fisiese realm lewe daaraan te skenk. I, YAHUVEH het alreeds in die Geestelike realm lewe daaraan geskenk en dit is die YAHUSHUA Demon Stompers {YDS, Heilige Gebedsvegters).

Julle sal Judasse sien kom en gaan, dit is hulle keuse. EK het vir julle gesê, nie almal is geskik om die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH te wees nie, net hulle wat lojaal bly tot die einde toe. Julle sal weet wie die Bruid is.

MY Liefling Kinders, EK verbied julle om weer ʼn traan te stort oor nog ʼn Judas! EK verbied julle om te treur! Kyk liewer na al die Apostels en ware volgelinge van YAHUSHUA wie weier om met sonde te skik! Die Kerk van die Huigelaars weier om MY, YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH eerste te stel en julle is omring deur die huigelaars en hulle lot sal die van ʼn Judas wees. Dit was alreeds neergeskryf.

ʼn Judas is die uiterste vorm van besoedeling. Julle sien, hierdie Judas wou nie hierdie besoedeling (deur hierdie bediening en profeet te vertel om nagmaal te hou is van die duiwel net soos mensvretery en bloedsuiery) soos melaatsheid, vir hulself hou nie. Hulle was daarop uit om die Heilige Bruid, YAHUSHUA se ‘Demon Stompers’ en selfs hierdie Heilige een wat hier praat, te besmet en te besoedel, om hulle na die anti-chris toe te lei. Die Judasse sal dit altyd doen. Hulle wil nie die besoedeling vir hulself hou nie. Hulle wil dit deel, so moenie langer oor die Judasse huil nie!

Hierdie is ʼn somber Boodskap. Dink julle YAHUSHUA het dit geniet die dag toe HY geopenbaar het wie Judas was? Maar julle sien Geliefdes, EK sal ʼn Judas net toelaat om vir so lank weg te kruip.

Kyk oor die wêreld. Sommige het hulle vertroue in hulle werke/betrekkinge geplaas. Sommige is liewer vir hulle werke as vir MY, YAHUVEH/YAHWEH. Sommige plaas hulle vertroue in finansies. Hulle sien hoe hulle finansiële koninkryke voor hulle oë verkrummel. Sommige plaas hulle geloof in huweliksmaats en EK openbaar dinge wat julle liewer nie wil sien nie. EK skei en EK sal aanhou om iemand te skei wie MY Bruid besoedel.

EK toets julle, wie het julle die liefste, daardie heidense huweliksmaat? Hulle wie voorgee dat hulle gelyk gebonde is en tog, wanneer een van die gades sou sê, “Ek soek meer aandag van jou”, wie sal julle wys het julle die liefste? So baie wat begeer om die Bruid van YAHUSHUA te wees is in sulke huishoudings. (Matt. 10:37, Joh. 21:15-17).

EK toets. Die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (1 Pet. 1:6-7). Dit is julle beproewing, wie het julle die liefste?

Vir julle wat nie getroud is nie, julle huil en kla en sê, “ek moet ʼn maat hê.” Wie het julle die liefste? Julle weet nie wat julle vra nie. Dit is hoekom EK gesê het EK sal nie ongelyk gebonde huwelike in hierdie Eindtye saambind nie. Julle kan al die verskonings maak soos julle wil. Die huwelike wat EK saamgevoeg het, het MY ewe lief, werk vir MY, gehoorsaam MY GEES en nie hulle vlees nie. Hulle wie nie getroud is nie en huil en kla, julle weet nie watse seën EK vir julle gegee het nie. Julle hoef nie besorg te wees om enigiemand behalwe MY, YAHUVEH/YAHWEH te behaag nie.

Op die ou end sal geeneen van MY Bruid ongelyk gebonde wees nie. EK sal herhaal, YAHUSHUA ha MASHIACH sal die skeidingsswaard gebruik en voordat die Bruid van die aarde weggeneem word, sal YAHUSHUA hulle skei as hulle ongelyk gebonde is. EK sal nie toelaat dat MY Bruid besoedel word nie, dit was slegs vir ʼn vasgestelde tyd, want lig en duisternis gaan nie saam nie. Dit is ʼn oorlog, YAHUSHUA veg vir SY Bruid, die vyand kan nie wen nie.

EK sit lig by lig en die lig word net helderder. Dit is nie ʼn gesukkel om saam te wees wanneer julle YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH eerste in julle lewe en liefde plaas nie.

Het EK nie gewaarsku, “Julle grootste vyande sal in julle eie huishoudings wees”? (Miga 7:6, Matt 10:36). EK waarsku nou weer, hulle wie nie geskei wil wees nie, hulle wie hulle huweliksmaat liewer het as vir MY, YAHUVEH/YAWEH, hulle wat MY Woord terugspoeg in jou gesig en jou as ʼn vals profeet brandmerk Elisabeth[Elisheva], weet dit, hierdie is nie jou Woorde nie, hierdie is MY Woorde! En dit word in die Heilige Skrifte ondersteun!

(Profesie 111 - EK, YAHUSHUA MASHIACH, Vergun Julle ʼn HEILIGE Egskeidingsbevel, Vir Hulle Wat Dit Nodig Het.)

EK het dat ʼn ander profeet (Nehemiah, Neh. 13:23-30) die manne se baarde uit trek en hulle vervloek het en geslaan het omdat hulle ongelyk gebonde was, so, wanneer die aanvalle kom en ja, hulle sal kom, wees soos ʼn Stefanus, Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, moenie julle oë op die rotsblokke fokus wat julle gaan tref nie, hou julle oë gevestig op YAHUSHUA. Hulle stenig julle, maar stenig in werklikheid vir YAHUSHUA/JESUS en ja, EK durf praat met hulle wie dit durf waag om hulself ‘Christene’ te noem maar EK noem julle Ikabod Christene.

(Neh. 13:25: Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by ELOHIEM besweer: julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

V.27 : Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen ELOHIEM deur vreemde vroue te trou?)

Daarom los EK julle met hierdie Woorde. EK het julle gesê “Alles wat geskud kan word, sal Geskud word.”

(Profesie 105, “EK YAHUVEH Sê, “In 2009 gaan EK alles skud wat geskud kan word!”)

EK het vooraf gewaarsku hoe 2010 gaan wees. (Profesie 116, “Julle Moet Geloofs-Waterlopers wees”.)

EK, julle ABBA YAHUVEH/YAHWEH het vandag gespreek. Die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH wie hierdie Woord hoor, sal julle kontak, sal hierdie Woord bekragtig. Hulle het MY stem gehoor. Hulle sal langs julle staan, lojaal wees en julle verdedig. Hulle sal nie langer omgee wat mans en vrouens sê nie. Hulle sal dit wat hulle weet die waarheid is, verdedig.

Weet ook dit, hierdie Profesie gee net vir die vyande meer rede om julle te haat, maar dit is niks nuuts nie. YAHUSHUA was en is gehaat. Kan julle enigiets minder verwag, want julle is SY refleksie op hierdie aarde, diegene wie EK ‘YAHUSHUA ha MASHIACH se Bruid’ noem.

So is dit vandag 19 Februarie 2010, ʼn Sabbat, gespreek.

6:24 NM geëindig

Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah[Elisheva Eliyahu]

Beledigend vir baie, en ʼn seën vir ander, ʼn Kind, Vegter Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS en geen duiwel kan dit van my wegneem nie.

* * * * * * *
Hier is ʼn artikel wat van die internet geneem was met betrekking tot wat Elton John gesê het.

Elton John beweer Jesus was homoseksueel

19/02/2010

Elton John staar ʼn vyandige terugvoer van konserwatiewe Christengroepe in die gesig nadat hy in ʼn onderhoud gesê het Jesus was homoseksueel..

Die 62-jarige musieklegende het sy opmerkings gedurende ʼn onderhoud met ‘US Magazine Parade’ gemaak.

In die onderhoud, wat more (2010/02/20) in Amerika publiseer sal word, het Sir Elton gesê: “Ek dink Jesus was ʼn medelydende, super-intelligente homoseksueel wie menslike probleme verstaan het.

‘Aan die kruis het HY die mense vergewe wat hom gekruisig het. Jesus wou hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie. Probeer om ʼn homoseksuele vrou in die Midde-Ooste te wees - jy is so goed soos dood.”

Green, direkteur van ‘Christian Voice’, het hierdie gay-bewering as ‘onsin’ beskryf.

Hy het gese: “Die Bybel se Jesus was sonder sonde en dit skakel homoseksualiteit as ‘n sonde uit”.

“Hierdie is ʼn desperate uitroep vir aandag.” Mike Judge, van die ‘Christian Institute’- het die ster se sieninge afgemaak en gesê: “As ʼn senior politieke figuur hierdie opmerkings gemaak het, sou ek ʼn opinie gehad het. Maar dit is Elton John en ek dink nie enigiemand neem hom ernstig op nie.”

Gay Christen Groepe wat Sir Elton erken, wie dikwels uitgebeeld word deur ʼn kruis wat hy dra, het weer ʼn debat oor homoseksualisme en die kerk geopen .

Jeremy Marks, stigter en direkteur van ‘Courage’, ʼn Christelike organisasie vir Homoseksualiste en Lesbiers, het gesê: “Nie een van ons weet en sal ooit weet wat Jesus se seksualiteit was nie.

“Mense se persepsies oor verhoudinge tussen mans en mans en vrouens was verseker toe al verskillend en sou ook nes vandag onherkenbaar wees.

“ Ek dink hy verduidelik hoe hy Jesus in sy lewe sien en wil ander bemoedig om dit ook te sien.”

John Blowers, mede-sameroeper van die ‘Evangelical Fellowship for Lesbian and Gay Christians’, het gesê: “Wat geneig is om tydens elke okkasie te gebeur wanneer hierdie debat geopen word, is dat die debat meer gepolariseerd raak.

“Die eenvoudige feit is dat ons almal God se kinders is.”

Sir Elton se opmerkings was in ʼn wye reeks onderhoude gemaak met die hoofopskrif, “Daar Is Baie Haat In Die Wêreld”.

Hy het aan die tydskrif gesê dat roem vir hom die aantrekkingskrag verloor het.

Hy het gesê: “Prinses Diana, Gianni Versace, John Lennon, Michael Jackson, is almal dood.

Twee van hulle is buite hulle huise geskiet. Niks hiervan sou gebeur het as hulle nie beroemd was nie.

Beroemdheid trek kranksinniges. Ek het nooit ʼn lyfwag gehad nie, nooit nie, totdat Gianni dood is. Ek hou nie meer van beroemdheid nie”.

Die musikant het ook bekend gemaak hoe hy en sy burgerlike vennoot, Mnr Furnish, hulle liefde sterk hou.

Hy het gesê: “Vir 16 jaar stuur ons elke Saterdag vir mekaar ʼn kaartjie om te sê hoe lief ons vir mekaar is, maak nie saak waar ons in die wêreld is nie.

Ons was nooit jaloers nie. Ons praat oor die seksuele sy van dinge, dinge wat my voorheen normaalweg sou bang gemaak het.”

Sir Elton het ook oor sy verhouding met dwelms gepraat en gesê, “Vir sommige mense kan ʼn gram kokaine tot ʼn maand hou. Nie vir my nie. Ek moet alles neem en dan wil ek meer hê.

Aan die einde van die dag, het dit net tot hartseer gelei.”

* * * * * * *