Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Vayeshev / En Hy Het Gelewe, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 65, 66, 149;

Genesis 37:1–40:23;

Amos 2:6-3:8;

Matteus 1:18-25;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


26 November, 2021


Profesie 65, Wees Voorbereid, Die Bose Dae Is Op Julle!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 29 November 2002 eindig om 3:50 nm.

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

Hierdie is die eerste Hanukkah profesie wat ek ooit gegee was. Gedurende ‘n tyd wat ek dit die minste verwag het tydens gebede vir ons suster in YAHUSHUA wat huweliks probleme ondervind aangesien haar man besig is om die kersboom op te slaan, kon sy nie die waarhede terughou wat sy deur hierdie Bediening geleer het nie en hoe Kersfees regtig niks met YAHUSHUA te make het nie.

Ons het gebid vir vrede wat alle verstand te bowe gaan vir haar en vir die waarheid om haar man vry te maak. Terwyl ek in tale gebid het, het hierdie profetiese boodskap na vore gekom, en dit was met ‘n bandopnemer opgeneem. Ons het nie eens tyd gehad om ‘n Menorah aan te steek nie, in plaas daarvan het YAHUVEH vir my gesê dat HY vir my vars RUACH ha KODESH Salwings Olie gegee het om met die mense te deel. Nie net om ‘n olie lantern aan te steek nie maar om hierdie RUACH ha KODESH salwing te deel wat ‘n Hanukkah geskenk is aan die wêreld vir almal wat geestelike ore het om te hoor en geestelike oë het om die waarheid te sien wat hulle sal vry maak in die naam van YAHUSHUA. Een ding wat ek anders gevind het, toe hierdie profetiese boodskap deur my gespreek was; ek kon duidelik beide YAHUVEH of YAHUSHUA onderskei wat voortgespreek het met tye. Gelukkige Hanukkah! Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

*******

MAAK GEREED! MAAK GEREED! MAAK GEREED!
BEREI VOOR, WANT DIE BOSE DAE IS OP JULLE!


Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
29 November 2002, geëindig op 3:50 nm.

Maak gereed! maak gereed! maak gereed! Berei voor MY Kinders want die bose tye kom oor julle. EK stuur nie hierdie nasie uit om in ‘n oorlog in te gaan nie. As hulle ‘n oorlog wil hê, sal hulle ‘n oorlog kry, maar dit sal MY wapens wees, die wapens van die Hemel, die arsenaal van die weer, die arsenaal van die elemente. EK sal die nasies skud, die wat dit waag om MY uit te daag en spog in hulle eie krag sal sien dat hulle krag tot niks gekom het nie, leeg en kragteloos is. Die leiers van hierdie nasie worstel nie teen mense nie. Die leiers van die Verenigde Nasies worstel nie teen die mens nie; in plaas daarvan worstel hulle teen MY, YAHUVEH, die GROOT GOD “EK IS.”

Hulle sê, "ek sal dit op my manier doen en nie op YAHUVEH se manier nie." Diegene wat die mag in hierdie wêreld vashou met hul uitvindsels dink hulle kan die weer en die elemente beheer maar EK is op die punt om hulle te beskaam terwyl EK hul eie wapens teen hulle draai, hulle eie masjiene, hulle eie uitvindsels, hulle eie gif wat hulle vir ander wil gee om te drink sal hulle self drink, nie eens hul geliefdes sal beskerm wees nie al het hulle gesê dat hulle dit sou doen.

Diegene wat daarop aandring om [heidense] feeste te vier en nie Torah onderhouend is nie, om die ware Heilige Dae te ag nie, sal uitvind dat hulle MY woede sal voel op ‘n magtige manier; selfs diegene wat geroep is by MY SEUN se Naam; want hierdie waarheid het hulle vry gemaak (dat hulle moet Heilig wees soos EK Heilig is), maar in plaas daarvan dring hulle daarop om om aan hierdie heidense feesdae deel te neem en heen-en-weer te beantwoord. Dan sal hulle nie MY teenwoordigheid voel nie, hulle sal nie MY Gees met hulle hoor praat nie, hulle sal vind dat hulle nie langer in MY ark is, waar EK MY Kinders apart gesit het nie.

O MY Dogter EK weet hierdie woorde wou jy nie gespreek het nie, want diegene wat jy eens op ‘n tyd vriende genoem het sal jy vyand noem, maar weet dit jy het dit op MY manier gedoen en nie op joune nie. EK gebruik hierdie Bediening om die Bruid van YAHUSHUA voor te berei. EK het julle eenmaal gesê EK sê weer vir julle; EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie! MY SEUN kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie! Óf julle is MY Kinders of julle is nie. Lig en duisternis moet skei, EK vat MY skeidings swaard en EK skei dit wat EK nooit saamgevoeg het nie. Maar EK doen dit vir die veiligheid van MY Kinders, die wat waarlik vir YAHUVEH en YAHUSHUA wil volg, diegene wat gevul is met MY RUACH ha KODESH.

MY Kinders, die kerke onderrig ’n leuen want slegs die Heiligstes word MY Bruid genoem! Daar is vereistes om YAHUSHUA se Bruid te wees en een van hulle is alhoewel julle in hierdie wêreld is mag julle jul nie gedra soos hierdie wêreld nie. Julle moet Heilig en Rein bly voor MY, gewas in MY SEUN se Bloed by Golgota. EK het jou gesalf MY Dogter om voort te spreek vanaf hierdie bediening om te help om die Bruid voor te berei vir daardie troudag, om hulle te help om hulle lampe vol te kry met MY Heilige Olie en selfs nog meer te hê om te spaar. EK gebruik jou MY Dogter terwyl die waarheid voortgespreek word. EK gebruik hierdie magtige bediening om die kaf te skei van die koring. Ja die aanvalle was hewig gewees. O maar die belonings is soveel meer. Onthou MY Kinders, EK het gesê, "Gaan en kruip weg net vir ‘n klein rukkie, terwyl MY storm oorbeweeg". Want soos EK vir jou die drome gegee het sal tornados kom soos nog nooit van tevore gesien was nie. Die aarde sal bewe en skud terwyl EK albei MY voete vat en stamp.

Want EK is kwaad en EK is vol woede want het EK nie gesê, " Plaas geen ander gode voor MY " nie wat julle voorheen in onkunde gedoen het sal EK nie teen julle hou nie, maar dit wat MY kerk doen met kennis maak MY waarlik kwaad. Tsunami golwe sal kom; dit sal MY hand wees wat hulle opwek in die see. Keer-op-keer gee EK hierdie waarskuwings, wat sal dit verg vir julle knieë om te buig voor MY? Nie langer sal EK staan vir ‘n vorm van godsdiens nie. Diegene van die louwarm kerk julle gebede is ‘n gruwel vir MY. EK het gewaarsku en EK het gewaarsku wat EK doen met louwarmes, EK sal hulle uitspuug en braak uit MY mond uit. Julle is soos gal wat in MY keel opstoot. Julle maak MY siek en “EK IS” YAHUVEH en satan tart MY en sê, "Aanskou jou louwarm kerke wat leuens preek en hulle doen dit in YAHUSHUA se Naam en hulle bekeer nie en draai ook nie weg daarvan om die heidense weë te volg nie."

Maar MY geliefde kinders, die wat gevul is met MY RUACH ha KODESH EK is nie kwaad vir julle nie. EK omhels julle, EK oordek julle met soene, en wanneer julle val is EK daar om julle op te tel en julle af te stof en julle toe te vou in MY arms. Julle wat die waarheid soek, die algehele waarheid, en geen leuens sal ontvang nie, julle s’n MY Kinders is diegene wie se lampe EK vul tot oorlopens toe vol. Julle is diegene deur wie die Shkinah Heerlikheid helder skyn, want julle liggame is die ligte die lampe wat EK oorvol maak met die RUACH Ha KODESH en julle het nog oor om te spaar omdat julle bedien aan ander in YAHUSHUA se Naam. Julle weet hierdie olie kan nie gekoop word nie maar dit kom teen ‘n prys, en dit is om Heilig te wees soos EK Heilig is. Hou julle gedagtes Heilig, hou julle liggame Heilig voor MY en die enigste manier hoe dit gedoen kan word is deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MESSIACH van Golgota.

EK het vir MY Dogter die droom gegee hierdie dag dat sy vergiftig was en elke keer dat julle kos eet MY Kinders besef julle nie wat julle ingeneem het nie. Die hormone wat julle opneem, die pestilensie, so vra MY hoe om dit te reinig en EK sal julle wys MY Kinders want die liggaam is die Tempel van die RUACH ha KODESH en dit moet gereinig word. Julle sal uitvind dat julle selfs makliker van MY hoor. Daar is ‘n oorlog binne-in julle liggame, dit is nie net geestelik nie dit is fisies, want EK reinig nie net jul gees nie , EK reinig nie net julle bloed nie, EK sal die gifstowwe uitwas uit julle bloed, uit julle liggaam, en uit julle ingewande.

Vir dit wat kom MY Kinders, terwyl julle in hierdie sterflike liggame van vlees en bloed is moet julle voorberei word, moet julle versterk word, moet julle genees word, want siektes het oor julle gekom wat julle nie ken nie. Die lug is vergiftig en julle weet nie. Die voedsel is vergiftig en julle weet nie. Omdat julle ‘n seën gevra het oor die kos wat julle eet en die drank wat julle drink is EK getrou om julle te wys wat om te doen.
Soms MY Kinders is beskerming nie deur MY bonatuurlike hande nie maar moet julle ook deelneem daaraan in die fisiese ryk. So reinig julle liggame MY Kinders, net soos julle jul gees en siel reinig, berei julle liggame voor, MY kinders, want daar is ‘n oorlog wat kom ongeken.

Vertrou nie op die regerings van hierdie wêreld om julle te beskerm nie want julle sal geen beskerming daar kry nie! Vertrou op die God wat julle geskape het wat elke molekule, elke atoom, elke sel, elke deel van julle DNA ken en elkeen van julle is individueel maar EK ken elkeen van julle op jul God gegewe name. Bid tot MY en EK sal jou wysheid gee, EK sal ander op jou pad bring want EK het die versteektes opgerig om vir jou wysheid te gee hierdie tyd, om hierdie Tempel van die RUACH ha KODESH te versorg. Gebruik alles wat EK vir jou gegee het vir YAHUVEH en YAHUSHUA se eer terwyl jy dit nog het om te gebruik. satan wil julle kaalstroop maar moenie bekommerd wees nie MY Kinders, EK sal julle bedek. Hulle kan elke goddelose wet uitvaardig wat hulle wil julle politici en julle leiers; dit is net wat EK, YAHUVEH, toelaat wat sal gebeur.

Moenie bekommerd wees nie MY Kinders, EK sal julle nooit begewe of julle verlaat nie solank julle oor ingestel is op MY oor, en solank julle luister wanneer EK praat, solank julle gebede nie ‘n gruwel vir MY is nie, solank julle begeer om Heilig te wees soos EK Heilig is, solank julle die Torah hou en dit nie uitgooi nie. Want hierdie is nie twee boeke nie, hierdie is een boek. Die mens het verdeel, een versterk net die ander want die boek van die oue en die boek van die nuwe is waarlik een. Net soos EK, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA, EK is in MY SEUN en MY SEUN is in MY, so is dit dieselfde vir die ou Boek en die nuwe Boek. Bestudeer en wys jouself as beproef, bestudeer en wys die kennis wat EK jou gee. Die Boek was vertaal keer-op-keer soek MY om uit te vind watter vertaling om te bestudeer in meer as een taal as Grieks. Bestudeer die Hebreeus, bestudeer die Aramees, lees en luister na wat MY Woord werklik sê volg nie die heidense weë van die mens nie die heidense weë wat neerbuig voor afgode en net soos Sadrag, Mesag en Abednego, sal EK julle beskerm in die vuuroond wanneer dit kom.

*******

Ophelderend vir sommige en ‘n aanstoot vir ander, in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIACH.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

Hierdie profetiese woord het gekom op ‘n onverwagse tyd toe ons besig was om ‘n ander suster in gebed op te dra wie se huwelik verdeeld is en sy het so pas weggegaan en ons het haar net opgedra in gebed. Omdat sy begeer om die weë van YAHUVEH en YAHUSHUA te volg het hierdie salwing oor my gekom en dit is toe hierdie profesie gekom het.



Profesie 66, Blaas Die Basuin En Waarsku, YAHUSHUA Kom Nie Vir Die Kerk Nie


Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH deur Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 8 Desember 2002 In ‘n Droom en ‘n Meegaande Profesie.


6 = nommer van ‘n mens
twee 6’sse, = 2-stryd, skeiding, getuie
12 (6 + 6) = uitvoering

Uitvoering van Oordeel oor die mens, terwyl hy stry teen YAHUVEH, skeiding tussen die mens en sy Skepper. Elisabeth (Elisheva) is ‘n getuie hiervoor deur middel van die droom/profesie wat YAHUVEH aan haar gegee het om bekend te maak in die publiek.

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

VERDUIDELIKING:


Op 8 Desember 2002 het ek (Elisabeth [Elisheva]) gedroom dat ek sterre sien wat ontplof en missiele wat na Amerika toe kom! Bid dat YAHUVEH hulle nutteloos sal maak waar julle woon voor dit te laat is.

Ek het ook Profesie 66 heeltemal onverwags ontvang terwyl ek hierdie uigetik het.

Kyk op Amerikaners; verneder julself, bekeer, bid vir YAHUVEH se oordeel om uitgestel te word. Die missiele gaan binnekort kom en slegs gebed of vas kan maak dat hulle nutteloos of vertraag sal word. Neem asseblief hierdie profetiese-droom ernstig op voor dit te laat is. YAHUVEH praat in drome en visioene sowel as Profesieë.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

*******

Kopieër asseblief en stuur hierdie aan vir ander sowel as bedienings webwerwe. Niemand kan sê hulle was nie gewaarsku nie. Bid vir Wysheid van YAHUVEH vir President Bush en die twee-ster-generaals en al die mense in die regering insluitend Collin Powell. Dit is nie nou die tyd om politiek te speel nie. Bid terwyl ons nog die vryheid het om te bid. Ek het ‘n droom gehad met die uitlegging en ek het ontploffende sterre gesien en missiele wat na Amerika toe kom. Bid dat YAHUVEH dit nutteloos sal maak waar julle woon en ook regoor die hele Amerika.

Hierdie is my profetiese droom van waarskuwing. Ek wil hê julle moet die omstandighede verstaan waartydens ek aan die slaap geraak het sodat julle sal weet ek het nie te veel CNN gekyk voor slaap nie. Ek het nie aan enige terrorisme aanval gedink voor ek aan die slaap geraak het nie.

So gesê, sal ek die droom vertel.

Droom

Ek was buite en het na die sterre gekyk terwyl ek in ‘n oostelike rigting gedraai was. Ek was stomgeslaan oor hoe mooi die sterre daardie aand gelyk het. Die lug het soos ‘n swart fluweel skilderdoek gelyk en die sterre was so helder, groot en pragtig. Ek het gesê, "Kyk na die sterre, ek het hulle nog nooit so helder en mooi gesien nie." Ek het op my knieë gegaan en begin bid en YAHUVEH en YAHUSHUA geloof omdat HULLE sulke pragtige dinge geskape het— GOD YAHUVEH gedank vir die seëninge en beskerming wat ons in Amerika geken het. (Let wel: ek het nie ‘n jas aangehad nie en dit het nie gesneeu nie en waar ek tans woon het ek nog net een keer sneeu gehad en die sneeu het gesmelt en die weer was nie so koud nie).

Die volgende ding wat ek in my droom gesien het is moeilik om te verduidelik. Terwyl ek gebid en opgekyk het, het ek iets gesien wat lyk soos ‘n “Ontploffende Ster.” Een ster het eerste ontplof met ligte daar reg-rondom in allerhande kleure. Ek het aanhou bid want ek het nie geweet wat hierdie was nie – biddend en lofprysend tot YAHUVEH vir SY beskerming en seëninge en prag wat YAHUVEH GOD geskape het. Ek het opgekyk, nie meer alleen nie omdat mense begin het om my dop te hou hoe ek bid en YAHUVEH en YAHUSHUA loof. Menige mense het begin kyk na die hemelruim saam met my. Vyf vroue het langs my gekniel en aangesluit—YAHUVEH en YAHUSHUA geloof vir beskerming. Hierdie was ons eerste vriende [Bedienings-span] wat aangesluit het in die droom en hande gevat het. Menige ander het net teruggestaan en na ons gekyk, sommiges het ons gespot. Ek het na die lug gekyk en gedink die ontploffende ster sal nie weer gebeur nie. Tot my groot verbasing was daar nog ‘n ontploffende ster gewees, toe nog een. Ons het aangehou bid en meer mense het by ons aangesluit op hulle knieë en gebid.

Daar was ten minste 4 ontploffende sterre, sommige groter as ander. Ek het toe besef die mense wat by ons aangesluit het was vir ons en diegene wat geweier het om te bid en tussenbeide te tree vir Amerika, is teen ons. Ek het gewonder wat die ontploffende sterre beteken het. Ek het gesê, "Vreemd want hierdie is nie vuurwerke nie, want dit is nie die 4de Julie nie". Toe het ek ‘n kleurvolle streep in die lug gesien wat vinnig ‘n baie lang strook in die lug gevorm het.

Ek het ‘n harde geluid gehoor soos iets wat die grond getref het. Ons het nader gehardloop om te sien wat die grond getref het, daar was mense oral rond-om ‘n groot donker grys missiel wat halfpad in die grond vasgesit het met twee rooierige vinne wat uit die grond gesteek het. Mense was bang maar terwyl ons nadergegaan het, biddend, het ons ‘n wonderwerk aanskou dit was ‘n missiel wat nie ontplof het nie.

Prys YAHUVEH en YAHUSHUA. Die missiel in die grond was nutteloos. O ons het toe besef dat dit ons gebede was wat ons gered het. Net YAHUVEH en YAHUSHUA kon verhoed wat veronderstel was om te ontplof om ‘n nuttelose misiel te word. Toe het mense begin om ons te volg en hulle wou presies gaan waar ons ookal heen gegaan het omdat hulle geweet het dat hulle veilig sou wees, as hulle by ons in gebed sou aansluit, ons was mekaar se gebeds bedekking. Ek het geweet dat ons die plek waar ons gewoon het sou verlaat en ons het ook in geloof geglo vir ons veiligheid want sekerlik sou dit gevaarlik wees, want die sterre was steeds besig om in die lug te ontplof wanneer ons daarna gekyk het.

Ons het proviand vir die reis benodig. Ons het in ‘n stampvol winkel ingegaan met mense in lang rye. Mense het ons gevolg, nuuskierig oor wat ons volgende sou doen want hulle het geweet dat die missiele onskadelik sou wees waar ons ookal gegaan het. Dit was ons belofte van YAHUVEH en YAHUSHUA en ons sou beskerm en verorg word. Ek het gesê, "ek weet al diegene (die Bedienningspan) wat ons gevolg het in die winkel sou beskerm en versorg word” Ons het ‘n tree gegee en die mense het gevolg, treë reg agter ons aangegee. Die mense reeds in die winkel was gulsig en het net aan hulself gedink, gestamp en mekaar gestoot. Almal van ons, wat saam in die winkel ingeloop het, het omgegee vir mekaar se behoeftes.

Die mense in die winkel het my herken as die persoon wat die ontploffende sterre uitgewys het en wat gebid en gewaarsku het. Sommige in die winkel het van my gehou, ander nie en sommige het my geïgnoreer of hulle was ongeskik en vol haat. Terwyl ek in die ry gestaan het, het mense vir my plek gemaak voor hulle sodat ek vinniger proviant kon koop. Ek het ‘n paar items gekry en in my hande vasgehou, alles was kos items gewees en een was ‘n groot pak aartappel skyfies. Toe ek voor in die ry gekom het en die kassiere my goedere oplui wat ‘n klein bedrag was, het ek in my sak gevoel en agtergekom dat ek geen kontant gehad het nie, net ‘n $700.00 geld koepon en ‘Betaal aan ’ was oopgelaat. (Let wel: As enige iemand weet waarom dit hierdie bedrag was en hoekom dit nie ingevul was nie — ek het nog nie die uitlegging gekry nie — e-pos my asseblief as julle ‘n openbaring kry van die RUACH ha KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES.)

Nota: Terwyl my webwerf bestuurder dit gelees het, het hy ‘n verduideliking gekry. $700.00 geld koepon. 7 = Die Vader se nommer van PERFEKSIE. ‘n Tjek van die Vader wat perfek aan my verwagtinge sou voldoen. Bygevoeg: Die bedrag van $700.00 is ingevul, maar dit is aan niemand uitgemaak nie. So Vader sal vir ons ekstra geld gee sodat ons, ons benodighede kan koop, en HY alleen sal weet aan wie dit uitgemaak word.

Ek het gebid dat die kassiere genoeg geld in die geldlaai gehad het sodat sy dit kon wissel, toe het ek ‘n vinnige gebed gebid dat sy dit kon wissel. Ek het vir haar gesê, "Dit is al wat ek het. Het jy genoeg geld in die geldlaai? "Dit was in die middag gewees en ek het gebid dat sy genoeg gehad het veral omdat ek die groot aantal kliënte gesien het wat sy daardie dag gehad het. Sy het gekyk en genoeg gehad. Sy het my ID dokument gevra en ek het besef dat my vriend my beursie by hom gehad het, hy was agter in die winkel gewees en het in die ry gestaan omdat mense nie vir enige iemand plek gegee het behalwe vir my nie, en ek het gesê, "Wag net asseblief, ek moet net my bestuurderslisensie by my vriend gaan kry." Die mense wat nie van my gehou het nie, was kwaad omdat ek die ry opgehou het, die ander het verstaan. Ek het na die agterste deel van die winkel gegaan en my ID by my vriend gekry en toe teruggegaan na die kassiere toe en sy het na my ID gekyk en gesê dat sy dit nie gewoonlik doen nie maar sy het herken wie ek was en het die klein bedrag opgelui en my vir geld teruggegee vir die geld koepon. Ek het vir haar gesê dat ek baie dankbaar is. Ons het die winkel verlaat met mense wat ons steeds gevolg het waar ons ookal heen gegaan het; hulle het geweet dat daar vir ons gesorg sou word en dat ons veilig sou wees.

Einde van die droom.

*******

Uitlegging van die droom:

Ek het 10:30 die Sondag oggend wakker geword en gebid, die eerste een wat oor die ontploffende sterre gebid het. Ek het die ontploffende sterre eerste gesien in my droom en hulle uitgewys en gebid in die droom en nou terwyl ek wakker is. Ek het gesê, "Ek verstaan nie wat die ontploffende sterre beteken nie?" YAHUVEH het onmiddelik met my gepraat toe ek hierdie woorde spreek. HY het gesê, "Wat is op julle vlag?" Ek het gesê, "Sterre". YAHUVEH sê toe, "Wat verteenwoordig hierdie sterre?" Ek het gesê, "Die State". YAHUVEH het gesê, "Bid dat die missiele wat die State gaan tref, wat dieselfde aantal is as die ontploffende sterre wat jy in jou droom gesien het, almal onskadelik gestel sal word." YAHUVEH het ook gesê,

"BLAAS DIE BASUIN EN WAARSKU, YAHUSHUA KOM NIE VIR DIE KERK NIE, MAAR VIR SY BRUID!"

(Let wel: Hierdie profesie begin met ‘n bevel om vir Jim Bramlett van die "Fives Doves" bediening te vertel. Almal wat nou hier lees, gee asseblief hierdie profesie en droom aan Jim omdat ek nie dink dat hy ‘n e-pos van my sal ontvang nie. Help my asseblief om gehoorsaam te wees. Nog nooit vantevore was daar aan MY ‘n bevel gegee om ‘n profesie aan ‘n sekere persoon te gee of om hulle hulp te kry om die boodskap uit te kry nie! Ek gehoorsaam nou. Of Jim gehoorsaam sal wees en die profetiese boodskap sal aanvaar sal net die tyd leer. YAHUVEH sal jou seën as jy dit ten minste vir hom en vir ander mense stuur. Stuur asseblief vir my ‘n e-pos en laat my weet indien jy dit gedoen het en my daardeur geseën het. Dankie)

*******

Profesie 66
"Blaas Die Basuin En Waarsku, YAHUSHUA Kom Nie Vir Die Kerk Nie, Maar Vir SY BRUID!"

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
8 Desember 2002

Sê vir Jim Bramlett van die "Five Doves" Bediening, dat hy hierdie droom en profesie moet plaas en almal moet waarsku wat wil luister. Want oordeel kom na Amerika toe. Diegene wat by jou aansluit en bid sal gespaar word en die missiele sal nutteloos wees en dit sal hulle nie seermaak nie. Die mense wat vir jou ‘n seën is sal YAHUVEH en YAHUSHUA seën. Die Mense wat die boodskappe vervloek en bespot wat EK vir jou gee om te waarsku voor dit te laat is. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA sal toesien dat hierdies sonder kos en skuiling sal wees en die missiele sal kom na daar waar hulle woon en die missiele sal nie onskadelik wees nie.

EK het jou vir jare reeds uitgestuur nou en jou gestuur as MY Elia van Nuuts [in Hebeeus, Eliyahu] na die weduwees van Sarfat in Amerika en regoor die wêreld en hulle het nie geweet hulle is behoeftig nie want die tyd het nog nie gekom nie maar nou sal dit spoedig op hulle wees. Diegene in die winkel wat nie van jou gehou het en nie saam met jou gebid het, of jou gehelp het nie, in plaas daarvan die boodskappe gespot het wat EK vir jou gegee het sal diegene wees wat swaarkry wanneer die boosheid hierdie aarde gaan oorkom in ‘n manier wat dit nog nooit ten toongestel was vantevore nie.

Net diegene met geestelike oë en ore sal selfs hoor hoe jy die troepe op die mure waarsku wat EK jou beveel het om te versamel. Moet jouself nie bekommer oor diegene wat gerebelleer het teen die waarhede wat EK jou laat voortspreek het nie. Moenie bekommerd wees hoeveel mense sal ophou om jou finansieel te ondersteun nie want EK sal diegene seën wat jou seën en diegene vervloek wat jou vervloek het en sal ander oprig om ‘n hulp vir jou te wees en nie ‘n hindernis nie. Hierdie bediening is nie na ‘n man of ‘n vrou vernoem nie maar bring eerder die Eer aan YAHUVEH selfs in die naam.

Hierdie bediening het nie woorde voortgespreek vir jukkende ore nie maar eerder vir Heilige ore wat behaaglik en gehoorsaam wil wees vir YAHUVEH soos Henog en Elia van ouds gewandel het, so sal diegene doen wat luister en gehoorsaam en diegene wat YAHUVEH behaag sal YAHUSHUA se Bruid genoem word. EK, YAHUVEH, stuur nie MY Seun om die kerke weg te voer nie maar eerder die Bruid van YAHUSHUA wat die eerste vrugte is. Daar is vereistes om YAHUSHUA se Bruid te wees. EK, YAHUVEH, het dit hoorbaar vir jou gesê, "YAHUSHUA kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie." Onthou julle die 5 wyse maagde met olie in hulle lampe? Onthou die 5 dwase maagde het verontagsaam? Beide was gewaarsku die Bruidegom kom. Beide het gewag. Die Bruid sal hulle verheerlikte liggame ontvang en skaars sal die wêreld notisie neem terwyl sy weggevoer en voorberei word met mars-bevele hoe om die gaste te help en die gaste te beskerm wat nie waardig was om die Bruid genoem te word nie, want die gaste het nie daardie ekstra myle geloop wat dit verg in gehoorsaamheid en Heiligheid om die dinge van die wêreld te versaak terwille van die Koninkryk van YAHUVEH nie.

Die gaste het die Bruidegom lief maar nie genoeg om die heidense weë en vakansie seisoene te versaak nie, insluitende die kerke van Babilon en die mensgemaakte geestelike wette. Die gaste het geweet wie Jesus is maar het geweier om meer te leer oor wie YAHUSHUA is die Koning van die Jode, julle Joodse Hoë Priester wat die Hoogs-Heilige Dae en Feeste onderhou het. Die gaste het aangedring daarop om gemaklik te bly in ‘n roetine en deel te neem aan ‘n samekoms wat hulle slegs ou gemufte krummels brood gevoer het in plaas van vars manna direk uit die Hemel. Die Bruid van YAHUSHUA is besorg oor meer as net hulself maar werk om ander tot die waarhede te bring van die Koninkryk van die Hemel. Die Bruid van YAHUSHUA sal die gaste voorberei vir die bruilofs-fees soos hulle nou doen in hulle sterflike liggame en sal aanhou help om die gaste voor te berei nadat die Bruid in hulle Verheerlikte Liggame verander en sal die gaste waarsku om nie die Merk van die Dier te neem nie en sal help om hulle te beskerm beide in die fisiese ryk en die geestes ryk.

Hoeveel van julle wat nou hier lees of hoor weet EK, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA het die waarheid voortgespreek in hoorbare woorde, profesieë, drome, visioene en gesalfde leringe van MY Joodse Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) en het moedswillig julle ore toegedruk en opgehou om hierdie Bediening te ondersteun sodat julle nie beledig hoef te voel en moet erken julle het gesondig nie? Hoeveel van julle het gebly in die Kerke van Babilon om gerieflikheids onthalwe? Hoeveel van julle het die ou wyn en die nuwe wyn gemeng en wonder hoekom dit bars? Hoekom die Pastore van ander kerke nie hierdie waarhede wou ontvang toe julle hulle gekonfronteer het nie? As julle nie bekeer nie is julle die gaste of erger die Louwarm kerk wat EK uit MY mond sal braak.

EK, YAHUVEH, het hierdie Bediening gebruik om die mense te toets soos in Jeremia 6:27-30, hoe min het geluister, totdat die missiele tref, die mense sal spot maar agterna sal hulle bid vir genade, beskerming en voorsiening en sal na hierdie Bediening toe kom vir antwoorde. Op sommiges sal EK genade hê en vir ander sal EK nie. Die weduwee van Sarfat sou doodgegaan het as sy nie vir Elia van Ouds gehoorsaam het nie. EK stuur MY Apostels en Profete om te waarsku en tog hoe min sal luister of by hulle aansluit in gehoorsaamheid, bekering, aanbidding en lofprysing dat EK, YAHUVEH, almal sal spaar wat hulself verneder en vra dat die oordeel uitgestel word terwille daarvan om meer verlore siele te bereik . Hierdie tyd van die seisoen gaan alles net oor gulsigheid en selfsug en EK het vir julle gulsigheid en selfsug gewys selfs in daardie droom wat EK MY diensmaagd, Elisabeth [Elisheva] gegee het en die resultate wat dit sal wees. EK het haar beveel om die Basuin te Blaas en om die troepe op die muur te versamel. Hoe baie van julle is doof vir daardie basuin? Hoeveel sal hierdie lees en julle plekke inneem op daardie muur?

EK, YAHUVEH, belowe jou MY geliefde Dogter en al die ander wat aansluit by jou in die waarhede wat EK jou geleer het wat in lyn is met MY Heilige Skrifte. Waar jy ookal woon MY Dogter, waar ookal die getroue kinders van MY is wat hierdie waarskuwing en ander waarskuwings wat EK uit jou voortgespreek het ernstig opneem en bid en intree vir Amerika, en MY gehoorsaam in Heiligheid en volg in YAHUVH se voetspore, een tree op ‘n keer, EK, YAHUVEH, sal hulle seën en hulle beskerm. Wie ookal by jou aangesluit het in jou droom en herken dat EK jou geroep het om ‘n wagter op die muur te wees en jou gesalf het om MY troepe te versamel, help om die Bruid voor te berei vir MY Seun, YAHUSHUA se koms, en jou seën en nie vervloek nie, en doen wat hulle normaalweg nie doen nie, dit is om ‘n seën te wees vir hierdie bediening. EK sal hulle seën en beskerm en vir hulle voorsien, terwyl julle saam hande vat en bid vir die Oordeel om uitgestel te word op Amerika aangesien dit nie gestop kan word nie, anders sal EK, YAHUVEH, om verskoning moet vra vir Sodom en Gomorra onder ander wat EK vernietig het vir sondigheid en afgodery.

EK, YAHUVEH, waarsku al die mans wat hierdie boodskap sal verag en spot omdat dit uit die mond van ‘n vrou kom; moet EK julle herrinner hoe EK Deborah van Ouds gebruik het? Die troepe op die muur is magtige vroue van YAHUVEH en hulle is meer as die mans. EK gebruik die vroue om die mans te beskaam soos EK gedoen het met Barak. Net EK, YAHUVEH, weet wat dit sal verg om te maak dat die mans MY Geestelike leiers sal wees en nie die volgelinge nie. MY Magtige Vroue-Vegters wat manlike eggenote het in die oë van hierdie wêreld, wat daarop aandring om volgelinge te wees van die kerke van Babilon wat leuens onderrig, en die vlees navolg, nie die RUACH ha KODESH nie, nie leiers is van die waarheid en heiligheid nie, sal tot openlike skande gebring word.

EK vertel nie vir die vroue wat EK gesalf het soos in die Boek van Joël 2:25-28, om MY Gebooie te verontagsaam nie selfs al is dit die vrou se eggenoot wat sê sy moet haarself onderwerp aan hom. Die instruksie aan die vrou wat sê, "Vroue, wees onderdanig aan julle mans in alles" is nie bedoel vir die wat ongelyk gejuk is met ongelowiges nie. MY Woord was verdraai om ‘n vrou te dwing om gelykvormig te word aan ‘n heidense beeld wanneer dit gebruik word deur ‘n heidense man. EK gebruik MY Dogter nou om hierdie waarheid voort te spreek sodat dit julle sal vrymaak. Menige vroue worstel hiermee maar die waarheid is jy het daardie maat gekies met jou vlees en mans wat maats het wat Heiligheid en die redding van YAHUSHUA verwerp jy het daardie vrou gekies, want EK het nie en sou nie ‘n gelowige en ‘n ongelowige in YAHUSHUA saam juk nie, maar EK sal julle toelaat en het julle toegelaat om die keuses te maak. EK herinner julle aan Nehemia en Esra. (Esra 9:1-4) (Nehemia 13:23-30). Die Jode was nie toegelaat om heidene as ‘n vrou te neem nie. MY Kinders ingeënt op die tak van YAHUSHUA alhoewel julle nie biologies Jode is nie, is julle geestelik net soveel ‘n Jood. Hierdie Hebreeuse wette is ook van toepassing op julle.

As ‘n man nie vir YAHUVEH en YAHUSHUA in Heiligheid volg nie, en waarheid en daarop aandring dat die vrou die Torah verontagsaam wat al Tien die Gebooie insluit, en MY Gesalfde Vroue verhinder om YAHUVEH en YAHUSHUA se wil, eerste in hulle lewens te stel, noem EK, YAHUVEH, hierdie huwelike nie gelyke juk nie en EK, YAHUVEH, sal die huwelike verdeel waar die man weier om die vrou toe te laat of die manlike eggenoot om alles te wees wat EK hulle geroep en gekies het om te wees. EK sal doen waarvoor die man of vrou gebid het sonder ophou en in geloof. As hulle gehoorsaam is en Heilig, sal EK nie enige iets of iemand toelaat om tussen MY, YAHUVEH, die Vader en Skepper en YAHUSHUA die MESSIAS te kom nie.

As ‘n man of vrou nie inmeng met die manier waarop die man of vrou hulle Skepper en Messias in waarheid en gehoorsaamheid aanbid nie, en ‘n oop-kop het vir redding, sal EK meer verdraagsaamheid en geduld met hom of haar hê. Die vrou sal steeds wees soos ‘n Deborah van ouds en EK sal haar magtig gebruik terwyl sy tussen beide tree vir haar man solank hy haar nie op enige manier sal seermaak nie en haar ook nie verbied om MY bevele en die roeping te gehoorsaam wat EK, YAHUVEH, op haar lewe geplaas het nie. EK spreek voort, saam sal julle geestelike oorlogvoering doen om te bid en tussenbeide te tree vir die nasies en die mense van alle rasse, volke en tale om dit te volbring waarvoor EK julle uitgestuur het met die herrinnering dat baie geroep maar min uitgekies is afhangende van hoeveel julle geestelik wil groei. Hierin lê julle keuses. Sal julle die weë van die wêreld liefhê en gehoorsaam? Of sal julle MY, YAHUVEH, en MY Seun, YAHUSHUA, gehoorsaam? Dit is julle keuse. Voor die grondlegging van hierdie wêreld het EK, YAHUVEH, reeds geweet wie se naam word gevind in die Lam se Boek van Lewe.

Kontak my asseblief en laat my weet dat die werk wat ons doen nie tevergeefs is nie.

Offensief vir sommige maar verligtend vir ander in die Naam van YAHUSHUA

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)


2 Kronieke 7:13-14

13 As EK die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as EK die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as EK pes onder MY volk stuur,
14 en MY volk, oor wie MY Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal ÉK uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Esra 8:21-23
21 Toe het ek daar 'n vastyd uitgeroep aan die rivier Ahawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse ELOHIEM ten einde van HOM 'n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.
22 Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse ELOHIEM is ten goede oor almal wat HOM soek, maar SY krag en SY toorn oor almal wat HOM verlaat.
23 So het ons dan gevas en onse ELOHIEM dit gevra, en HY het ons verhoor.

Joël 2:25-29 (Lees asseblief die hele Joël 2)
25 En EK sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het--MY groot leërmag wat EK teen julle gestuur het.
26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van YAHUVEH julle ELOHIEM prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en MY volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
27 En julle sal weet dat EK in die midde van Israel is, en dat EK YAHUVEH julle ELOHIEM is, en niemand anders nie; en MY volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
28 En daarna sal EK MY GEES uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal EK in dié dae MY GEES uitgiet.



Profesie 149, Sonder die Bevrugting op Hanukkah, Kon Daar Geen Geboorte op Sukkot Gewees het van YAHUSHUA HA MASHIACH nie

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 21 Oktober, 2019, Simḥat Torah Vrygestel 26 Desember 2019, Vierde Dag van Hanukkah


Elisheva: Gelukkige Hanukkah! Woohoo! Hierdie is ‘n tyd om Hag Sameach te vier! O, o geliefdes! Ek is so opgewonde! Hierdie is Hanukkah! En as jy nie weet wat dit is nie, hierdie is die tyd van die—van nie net die feesviering van [hoe] in die Tweede Eeu BC toe die tempel in Jerusalem besoedel was; dat daar slegs ‘n groep van 5 broers was wie teen die bose Antiochus gegaan het wie homself as GOD verklaar het en enige Torah lesing verbied het, enige, enige gebods onderhouding.

En hy het eintlik nie net die Jode in die tronk laat gooi nie, maar hy het hulle gemartel en vermoor, hulle wie geweier het om hul geloof in DIE ENIGSTE HEILIGE SKEPPER te stop, so ons erken ook terwyl ons hierdie kerse aansteek, die wonderwerk van die Maccabees. En jy kan daaroor lees in die Book of Maccabees, wat jy nie sal vind in die KJV Bybel nie so jy sal dit moet aanlyn opkyk op ons Hanukkah blad [by AmightyWind.com]. Ek vertel jou presies waar dit geskryf is dat Sukkot en Hanukkah saam gaan en hulle kon nie hulle Sukkot op daardie tyd doen nie daarom moes hulle wag tot Hanukkah as gevolg van die ontheiliging van die Tempel. Hulle het gewag tot Hanukkah.

Nou weet ons dat YAHUSHUA HA MASHIACH (JESUS CHRISTUS) in die baarmoeder geplaas was met daardie tyd van Hanukkah en HY is DIE ENIGSTE EWIGE LIG (Jn 3:19, 8:12, 12:35-36,46) en daardie KLEIN BABATJIE, daardie KLEIN FETUS was geplaas in die baarmoeder van ‘n maagd, jong Hebreeuse vrou deur die Hand van die RUACH HA KODESH [Hebreeus vir HEILIGE GEES].

Om meer daaroor te sien lees Profesieë 89 & 90 wat aan my gegee was en die Jode weet dit is waar [van ‘n VROULIKE RUACH HA KODESH]. Ek wil vir almal vertel hierdie is ‘n tyd van wonderwerke. Al wat jy moet doen is bekeer! (Mt 4:17, 3:18; Hand 3:19, 20:21) Vra YAHUSHUA HA MASHIACH [vir] die vergifnis van jou sondes! En bely hulle en vertel vir HOM jy is jammer (1 Jn 3:19). HY het die PRYS betaal vir jou by Golgota HY was gekruisig vir daardie sondes!

En dit is waarom by die heel einde [van die video] gaan ek die Reddings Gebed byvoeg wat aan my gegee was sowel as die storie van "One Minute until Midnight," ‘n skildery wat onbetaalbaar is—jy sal die ope visioen sien wat ek gehad het van die Hemel en [van] YAHUSHUA HA MASHIACH.

Hierdie is ‘n tyd van wonderwerke. So wanneer jy daardie Hanukkah menorah aansteek—Hanukkiah. Dit word genoem ‘n Hanukkiah [‘n tipe van menorah]. Wanneer jy die Hanukkiah aansteek, wat jy doen is, jy is ook in gebed, onthou,—verwag wonderwerke!

Verwag wonderwerke— van vrygemaak te word van die hand van die verworpe vyande! Hierdie mense— is hulle wat YAHUSHUA van gepraat het in Johannes 10, Hulle is nie van HOM nie! Hulle was verworpenes! (Jer 6:30 KJV) Dit beteken ‘n onredbare siel (Heb 6:4-6; 10:26-31). Dit beteken ‘n onbekeerde siel (Ro 1:28-32), wie weier om YAHUSHUA HA MASHIACH te gehoorsaam (2 Pt hfst. 2). YAHUSHUA het gesê, 'Hoe kan jy bewys dat jy MY liefhet? Deur MY gebooie te onderhou' (Jn 14:15,21; 15:10; 1 Jn 5:3).

Mense het die woord genade "grace" en "mercy" geneem (omdat YAHUSHUA HA MASHIACH die ENIGSTE BLOED VERSOENING vir sondes is [Ro 3:25]) en hulle dink dat dit goedkoop genade is; dat hulle nou kan gaan en sondig net soos hulle wil; en dan teruggaan na die Kruis. Wel dit werk nie op daardie manier nie! (Ro 6:1-2,15; 1 Jn 3:8).

En op hierdie oomblik gaan ons feesvier en die video wys van almal wat op hierdie oomblik feesvier. En YAHUSHUA gaan jou wys HY is WIE HY sê HY is, en dit het alles begin by ‘n tempel. Net soos in—die Book of Maccabees sê HY, HY is daardie WONDERWERK van die olie wat nie droog geword het nie, HY is ons YAHUSHUA HA MASHIACH!
Die enigste weg na die Hemel is deur SY NAAM (Hand 4:12, 10:43)! So YAHUSHUA HA MASHIACH seën jou!

Ek is lief vir julle! Aan al AmightyWind gemeente, bid ek dat julle hierdie video en die sang geniet omdat dit alles kom van hierdie Bediening. So YAHUSHUA seën jou. Shalom. Gelukkige Hanukkah! Verwag wonderwerke! Ek weet ek doen! Amen.

* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

—met Profeet Elisheva se "Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Hand 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Ko 13:1). Elisheva spreek voort in tale wat Profesie bring (1 Ko 14:6).

Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)


* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:


Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)

(Profesie 105) http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word om hulle te waarsku wie spot:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

Profesie 149

Hierdie was opgeneem deur bandopnemer. Hier is die oorskrywing.
Foon Oproep Begin
- Hello?
- Hi geliefde Syl, hi geliefde Talia!
- Hi, geliefde Momma Rm!
- Ek was nou net in gebed met YAHUSHUA en ek wil iets met julle deel wat nuut is vir die Bediening

- Okay loof YAHUSHUA, Mom baie dankie! Ons is so gelukkig, baie dankie! Amen, dankie dat jy ons bel! Ons kan nie wag om dit te hoor nie, so gaan asseblief voort!

Elisheva: Wel dit was gedurende gebed—ek het baie hard gebid gedurende die tyd van Sukkot tabernakeling met YAHUSHUA en ek kon SY TEENWOORDIGHEID voel. Daar was selfs ‘n Sukkot Profesie. Natuurlik, is dit nog nie vrygestel nie.

YAHUSHUA het gesê, "Jy kan hierdie nie nou vrystel nie. Hierdie is ‘n tyd van feesviering." So dit is op die ys [ Gelag ]

Wat is dit? Soos 5 [Profesieë] op ys, ek dink, tenminste vir nou, maar ek het gehoor YAHUSHUA sê hierdie vir my en HY het eintlik selfs met my in my slaap gepraat en HY vertel my hoe geëerd HY was gedurende die tyd van Sukkot.

Diegene wie die videos gemaak het, HY was so geëerd—en HY het so baie liefde gevoel van een en elkeen van hulle—ALMAL van die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA YAHUVEH, en natuurlik YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, IMMAYAH. HULLE ALMAL het soveel oorweldigende liefde gevoel.

HY het net aanhou sê hoe geëerd HY was en hoe vertroos HY was dat dit nie net Sukkot was nie—wat ‘n vooruitskou is van SY verjaardag. En HY het net gesê, "Sukkot is MY verjaardag op aarde." En dis die eerste dag van Sukkot dis SY verjaardag en HY sê—

Profesie 149 Begin

MY geliefde Elisheva Eliyahu EK gee jou nuwe instruksies as DIE HOOF van AmightyWind Bediening en EK wil hê jy moet die gemeente vertel: Kyk, EK YAHUSHUA HA MASHIACH beveel jou MY geliefde Elisheva Eliyahu om ‘n nuwe ding te doen met die HEILIGE DRIE EENHEID SE Bediening, AmightyWind; en op Hanukkah, wil EK hê dat hierdie feesviering van die Fees van Hutte moet voortgaan.

EK wil hê dit moet ‘n feesviering wees net soos julle gedoen het met die sukkah in die Fees van Hutte (Sukkot) so ook [dieselfde feesviering], gedurende die tyd van Hanukkah.

Want dit is die tyd toe julle MESSIASH geplaas was deur die pragtige Hand van die RUACH HA KODESH —die Onsigbare Hand in MY geboorte moeder Miryam se baarmoeder.

Behoort julle nie dit te vier nie? Julle vier MY geboorte.
En nou vra EK julle om die tyd van Hanukkah te vier op dieselfde manier, met hierdie agt dae. Want EK IS DIE EWIGE LEIDENDE LIG (Jn 3:19, 8:12); EK IS DIE REDE waarom Hanukkah die Fees van Ligte genoem is!

Die bou van die sukkah was instruksies gegee (Lv 23), wat MY geboorte in ‘n 'stal' in Bethlehem vooruit geskou het (Lk 2:1-20).
Elisheva: (En in die Hebreeuse taal, [kan] sukkah in Engels vertaal word as 'stable'). En ons weet dat HY in Bethlehem gebore was in ‘n stal, wat regtig ook ‘n sukkah was—maar daar was geen diere daarin nie.

Profesie Gaan Voort:

EK IS DIE TEMPEL (Jn 2:19) wat besoedel was terwyl elke sonde behalwe lastering van die RUACH HA KODESH waarvoor daar geen vergifnis is nie (Lk 12:10)—elke ander sonde en siekte was op MY LIGGAAM geplaas: EK WAS ‘N PERFEKTE OPOFFERENDE LAM VAN YAHUVEH (Jn 1:29), DIE PERFEKTE BLOED VERSOENING VIR SONDES (Ro 3:25), gebore vanuit ‘n mens, maagdelike vrou.

EK IS ‘n MEDE-SKEPPER (Jn 1:3; Kol 1:16-20) tesame met ABBA YAHUVEH & DIE RUACH HA KODESH, WIE sommige ONS "DIE HEILIGE DRIE EENHEID" noem!

Elisheva: HY het my herinner aan die Skrif, Joh 2:19 YAHUSHUA het gesê, Vernietig hierdie Tempel en in 3 dae, sal EK dit weer oprig.

Profesie Gaan Voort:

EK IS DIE HER-TOEWYDING VAN DIE HEILIGE TEMPEL wat afgebreek was, gekruisig en MY Liggaam het gesterf maar op die 3de dag, het EK bewys dat satan nie kon keer dat MY Liggaam uit die dood opstaan nie—voor getuies—het EK wonderwerke gedoen in elke deel van die wêreld in 40 dae!

Dankie, MY geliefde Elisheva Eliyahu, dat jy die voorbeeld vir ander bedieninge stel.

En vertel AmightyWind gemeente, EK IS baie bly oor hulle bewys van liefde deur gehoorsaamheid en Heilig te lewe en MY verjaardag op Sukkot vir die 8 dae te vier en so getrou is aan jou as die leier van hierdie Bediening en alleenlik die DIE HEILIGE DRIE EENHEID te erken as DIE HOOF.

Daar sou nie ‘n wonderbare geboortedag op aarde gewees het sonder die swangerskap van MY maagdelike geboorte moeder nie. Laat ONS —laat MY feesviering sien vir 8 dae op Hanukkah en wees in die sukkah weereens!

Hou aan om julle MESSIAS & MY HEMELSE VADER YAHUVEH & DIE KOSBARE RUACH HA KODESH te eer, WIE MY gestuur het om die Ou Bloed Verbond te vervang (Heb 8:13).

Dit was ‘n vooruitskou van dit wat sou kom. En toe EK gekom het, was dit tyd om te sê, "Dit is volbring!” (Jn 19:28-30).

YAHUVEH het gesê die Ou Bloed Verbond was nie langer meer goed genoeg nie (Heb 10:4-10) terwyl die sondes opgehoop het—te groot. ABBA YAHUVEH moes SY ENIGSTE VERWEKTE SEUN DIE WARE OPOFFERENDE LAM SONDER VLEK gestuur het vir die vergifnis van sondes van die mense.

EK, YAHUSHUA HA MASHIACH, EK IS julle ENIGSTE PERFEKTE HOË PRIESTER—DIE ENIGSTE WEG, DIE WAARHEID & DIE LEWE (Jn 14:6) na die Hemel is deur MY NAAM & MY OPOFFERENDE BLOED—sodat julle sondes weg gewas kan word—terwyl julle glo en nie twyfel EK IS MESSIAS, EK IS MEDE-SKEPPER (Jn 1:3; Kol 1:16-20).

EK het DIE PRYS betaal vir julle sondes.

Wanneer jy al jou sondes bely en vergifnis vra (1 Jn 1:9) en dan draai jy weg van jou boosheid (Mt 3:8; 2 Tim 2:19) en jy maak los wat losgemaak kan word, met groot berou—bekeer jy jou ook voor YAHUVEH & DIE RUACH HA KODESH.

Dan sal jy BLOED-gewas en BLOED-gekoop wees (1 Pt 1:18-19).
En wie YAHUSHUA HA MASHIACH ookal vergewe, net so doen YAHUVEH & DIE RUACH HA KODESH, DIE SOETE HEILIGE GEES, IMMAYAH. Aanbid MY en gehoorsaam MY en wees dankbaar.

EK het die PRYS betaal en was gekruisig in jou plek en het gesterf en weer opgestaan op die 3de dag.

Jy het jou tempel [jou liggaam] her-toegewy (1 Kor 6:19-20), toe jy aan jouself gesterf het en jy MY jou MESSIAS gemaak het, en jy MY as HERE GOD ALMAGTIG DIE ENIGSTE VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH verklaar en MY toelaat om jou lewe te gebruik vir MY doel en MY glorie.

Draai heeltemal weg van boosheid want jy is nou wedergebore (1 Jn 3:9; 1 Pt 1:23) en skoon gewas deur YAHUSHUA HA MASHIACH SE BLOED. DIE KOSBARE RUACH HA KODESH sal in jou siel wees en waarsku en jou aankla om vining te bekeer wanneer jy sondig (Jn 16:8). Jy plaas [in plek] die vrees van YAHUVEH, wat die begin is van wysheid (Spr 9:10). Jy vrees om ABBA YAHUVEH aanstoot te gee; jy vrees om YAHUSHUA HA MASHIACH aanstoot te gee en jy vrees om die RUACH HA KODESH aanstoot te gee.
En moenie die RUACH HA KODESH bedroef nie (Efes 4:30). Want SY sal nie lank in ‘n onrein kruik bly nie . [Die] King James Version Bybel, sê selfs WYSHEID is ‘n SY (Spr 8).

Skrif Lesing

Hou van die Fees van Hutte in die maand van Kislev soos dit opgeneem is, 2 Maccabees 1:9.

Dit het gebeur dat op dieselfde dag waarop die heiligdom ontheilig was deur die vreemdelinge het die reiniging van die heiligdom plaas gevind, wat op die vyf-en-twintigste dag van dieselfde maand is, wat Kislev is.
Hulle het dit gevier vir agt dae met verblyding op dieselfde manier as die van die Fees van Hutte, dit onthou hoe nie lank tevore nie, gedurende die Fees van Hutte ([wat Sukkot is]), het hulle rond gedwaal in die berge en grotte soos wilde diere. Hulle het deur openbare edik verklaar, bekragtig deur stemming dat die hele nasie van die Jode hierdie dae sou waarneem elke jaar (2 Maccabees 10).

Profesie Gaan Voort:

Hulle het net genoeg olie gehad vir een dag en dit het vir 8 dae gehou. Weereens ‘n vooruitskouing van die geboorte van EK, YAHUSHUA HA MASHIACH.
En EK, YAHUSHUA HA MASHIACH, IS DIE ENIGSTE EWIGE, LEIDENDE LIG. Solank as wat julle aanbid en gehoorsaam en Heilig lewe soos die gelykenis van die 5 wyse maagde (Mt 25:1-13), sal daar altyd oorgenoeg Salwings olie in julle siele wees.

Net soos julle jul sukkah opgerig het gedurende die 8 dae van Sukkot (Lv 23:33-36,39), moet julle die sukkah op hou gedurende die 8 dae van Hanukkah ook. En EK, YAHUSHUA HA MASHIACH, het gesê dat hierdie ‘n verdere manier is om vir ABBA YAHUVEH & DIE KOSBARE RUACH HA KODESH te eer WIE [MY] afgestuur het, HULLE ENIGSTE VERWEKTE SEUN.

En [ONS] het HOM geplaas in SY maagdelike geboorte moeder Miryam. Want selfs YAHUSHUA SE NAAM in Hebreeus vertaal na "YAH RED.” Miryam en Joseph sou nooit hulle seun ‘n Griekse naam gegee het nie. In die King James Version Bybel, kon hulle selfs nie die naam "IMMANUEL," uitlaat nie wat beteken GOD IS MET ONS (Jes 7:14; Mt 1:23).
DIE HEILIGE DRIE EENHEID is DIE HOOF van hierdie Bediening en gee hierdie instruksies aan die enigste leier van hierdie Bediening totdat ‘n manlike leier weer by haar aansluit. En EK gee hierdie bevele aan jou my geliefde dogter, Elisheva Eliyahu, wie die Apostel, die Profeet en die Pastoor is [van hierdie Bediening] en MY RingDiensmaagd.

Einde van Profesie

Elisheva: En daardie was aan my gegee op die einde van Simhat Torah. Ek was daardie instruksies gegee gedurende gebed.

Syl: Wow awesome! Baie dankie dat [jy] dit deel! Dank U ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH vir hierdie nuwe instruksies en openbarings wat reguit vanuit die Hemel gekom het.

ABBA YAHUVEH seën asseblief U RingDiensmaagd hiervoor, deur dit voort te spreek en hierdie seëninge met ons te deel. Ek kan alleenlik sê hallelu YAH, amen. ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH alle glorie, eer en lof aan U!

-Amen.

-Baie dankie Mom dat jy hierdie met ons deel.
Elisheva: Wat ‘n Sukkot tyd het ons gehad en o die mense gaan uitsien na die Sukkot videos maar in die tussen tyd is ek veronderstel om my sukkah en my kosbare besittings daarop te wys omdat iemand wat my eens op ‘n tyd baie liefgehad het vir my elke ding op daardie tafel gegee het.

En die "One Minute to Midnight" skildery is die een en enigste oorspronklike een. Dis ‘n olieverf skildery, en dit was gedoen in die 90’s. [YAHUSHUA SE Woorde,] "Hierdie BLOED is vir jou" is waaroor dit alles gaan soos ek dit gesien het in ‘n ope visioen en YAHUSHUA was besig om trane van bloed te huil.

En HY het begin praat vir wie die trane van bloed is en dit is ‘n lering op sy eie. En dan natuurlik, dan gaan ons terug in die feesviering maar ons Sukkot—whoa, die videos! Die liedjies, en die dans en die sing en die verblyding!

YAHUSHUA wil dieselfde ding hê op die tyd wanneer die bevrugting plaasgevind het, toe ABBA YAHUVEH weer SY ENIGSTE VERWEKTE SEUN gegee het en instruksies gegee het dat daardie pragtige Hand van die RUACH HA KODESH dit binne-in ‘n maagdelike vrou se baarmoeder plaas—wat het HY haar genoem? Die geboorte moeder—ek het HOM nooit tevore haar so gehoor noem nie maar dit gaan wees "die geboorte moeder”.

En kan jy jou voorstel, hierdie KLEIN NIETIGE, KLEIN—ek kan my dit nie eens voorstel nie—maar HY HOM SELF is GOD ALMAGTIG en tog het HY SELF ingestem om te kom as daardie KLEIN NIETIGE, KLEIN FETUS en om geplaas te word binne-in die baarmoeder, aan ‘n maagd.

Weereens, ‘n wonderwerk.

Elke ding oor Hanukkah is ‘n wonderwerk tot by die—ek weet hulle was almal gefokus oor die Tempel maar WIE is die WARE TEMPEL? DIE WARE EEN, WIE [so] gesê het in daardie Skrif.
En HY het gesê dat julle al hierdie kon platslaan—daar was so baie... en hulle [die dissipels] het gekyk, onthou—na die [toekomstige] vernietiging van die Tempel (Mt 24).

En YAHUSHUA SELF het gesê, 'Vernietig hierdie TEMPEL, en in drie dae sal EK dit weer oprig' (Jn 2:19). HY was besig om te praat van SY Eie Liggaam.

HY was besig om te praat oor—ons is die tempel van die RUACH HA KODESH. Hierdie is die tempel op hierdie oomblik. Ons liggame, ons fisiese liggaam is ‘n tydelike tabernakel op hierdie oomblik, ‘n tydelike tempel. Natuurlik weet ons ons gaan verheerlikte liggame hê (Fil 3:21).

En natuurlik weet ons YAHUSHUA , HY het nie opgestaan in daardie gemartelde liggaam nie [maar dit het verheerlik geword]. Toe mense na HOM gekyk het (en HY was opgewek voor getuies), het HY SY verheerlikte liggaam gehad, behalwe dat HY steeds gehad het—onthou wat HY vir Thomas vertel het, 'Plaas jou hand in MY sy en sien waar het hulle die spies ingesteek' (Jn 20:27), so HY het steeds daardie wonde aan HOM gehad maar HY was in ‘n verheerlikte liggaam.

En HY moes HOMSELF voor die VADER IN DIE HEMEL gaan wys—dis wat HY gesê het (Jn 20:17)—om te wys wat HY gedoen het; dit was volbring.

So daardie is ons GELIEFDE YAHUSHUA! En as ons Sukkot [Hutte] gaan vier—en onthou, HY het hierdie vir my geleer. En ek sien nie dat enigiemand anders dit onderrig nie.

Die Ou Bloed Verbond is die vooruitskou van alles wat YAHUSHUA gedoen het in die NUWE BLOED VERBOND (Kol 2:17).

Dis waarom HY gesê het ‘EK het nie gekom om die Wette en die Profete te verander nie, EK het gekom om hulle te vervul' (Mt 5:17). En dis waarom in Levitikus—dit jou waarsku oor die onrein voedsel—en daardie tyd was dit van toepassing, maar daar was ‘n nuwe dag wat kom! En die NUWE BLOED VERBOND (Jer 31:31; Mk 14:24)! YAHUSHUA het gesê, dis nie wat jy in jou mond sit wat jou besoedel nie; dit is wat uit jou mond kom wat jou besoedel (Mt 15:11).

En toe YAHUSHUA op daardie Kruis gesê het—SY Laaste Woorde wat HY gespreek het—en ek wil ‘n ander openbaring deel en ‘n visioen wat ek gehad het in geval mense nie daardie gelees het nie. En dit was toe YAHUSHUA op daardie Kruis was—hoe HY al daardie marteling gedra het!

Dit het gepyn met elke asemteug wat HY geneem het.

Ons het die beskrywing op die webwerf geplaas van hoe dit is wanneer iemand gekruisig is op die manier wat HY was. Die ander was net vasgebind op die paal, op die Kruis, maar die ander twee, en tog YAHUSHUA, HY het spykers gehad—wat ons spykers sou noem, maar meer soos ysterpenne—in die Palms van SY Hande & SY Voete ingedryf.

Ons kan nie eens begin verstaan dat enigiemand soos HY gemartel was nie. En toe YAHUSHUA my gewys het waaroor HY gedink het gedurende daardie tyd, het ek so geëerd gevoel en ek wil dit deel.

Daars geen manier om te beskryf wat HY my vertel het anders as om te sê, elkeen wie se naam geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe—HY sal nie een verloor nie.

En terwyl HY op daardie Kruis was gedurende daardie 3 ure voordat daardie [pasga] offerlam geslag was (omdat onthou toe die offerlam geslag was was dit daardie presiese tyd toe HY gesê het, "Dit is volbring” (Lk 23:46)—en HY het gesterf)—maar voor dit, het HY vir my gesê, was daar—flitse en beelde van prente wat—dit het deur SY Gedagte gegaan, so vining voor SY Oë, van elkeen wie se naam geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe.

En HY was besig om te sê, "Hierdie BLOED is vir jou!" Jy sien niemand kan in die Hemel wees wat gebore is op hierdie aarde sonder om deur DIE NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA te gaan nie (Jn 3:3, 17-18). Daar is maar net EEN WEG, WAARHEID & LEWE (Jn 14:6). Hulle moes op ‘n tyd HOM [reeds] aanvaar het om in daardie LAM SE BOEK VAN LEWE te wees.

HY het vir my gesê—daar is geen manier om dit te beskryf nie—maar HY het selfs geweet—Syl en Tal, HY sou julle gesigte gesien het. HY sou die presiese dag en tyd en jaar wat julle jul lewe vir HOM gegee het gesien het, en jy gesê het, "Dis nie meer ek wat lewe nie maar dit is U, YAHUSHUA wat ek wil hê om U LEWE deur my te leef. Neem my lewe en laat dit U glorie bring! Vergewe my van my sondes!”

HY weet! HY weet wat dit geneem het om elkeen van ons te breek totdat ons op die punt gekom het waar ons uitgeroep het, "Vergewe ons! Vergewe my van my sondes! Help my om U nie weer seer te maak nie!”

Een van die redes waarom—eerste van alles sal die Bruid van YAHUSHUA nooit sonde vooraf bedink nie (1 Jn 3:6, 9). Dis nie in ons nie. Ons wil HOM nie seermaak nie. HY was alreeds in ons plek gekruisig.

As dit kruisiging sou neem om in staat te wees om by die Hemel uit te kom, hoeveel van ons sou gedoen het?—sou die PRYS betaal het wat HY gedoen het. Nee, HY het dit vir ons gedoen.

En HY sal nie een skaap verloor nie (Jn 6:39). En dis die openbaring wat HY my gegee het—dit is wat HY gesien het en ‘n spoed so—vinniger as die spoed van lig.

Ek kan nie eers voorstel waarvan HY gepraat het toe HY dit gesê het nie, maar elkeen wie se naam geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe—omdat hulle aanbid en hulle HOM MESSIAS gemaak het en HOM gevra het om hulle van hulle sondes te vergewe want niemand wie ooit hierdie aarde bewandel het was perfek nie (Ro 3:10) in die vorm van ‘n man of ‘n vrou behalwe EEN (2 Kor 5:21)—SY NAAM is YAHUSHUA.

As SY geboorte moeder Miryam perfek was, dan sou sy die een gewees het wat op daardie Kruis gehang het, maar inteendeel sy het HOM HERE genoem. En sy het ook geweet dat sy vergifnis vir haar sondes nodig gehad het, en sy was net daar om te sien hoe haar SEUN gekruisig word— wetende WIE HY was, wetende dat HY nie ‘n gewone man was nie.

So dis wat ek wou onderrig het, baie —vinnig, aan enigiemand wie my nog nie gehoor het daardie lering gee nie.

En Ek is so baie dankbaar dat julle en ek en elkeen wie—hierna sal luister—waarlik vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH & DIE RUACH HA KODESH aanbid; dat hulle werklik weet sonder enige twyfel, wanneer hulle uitroep na HOM, HY sal hulle nooit begewe, HY sal hulle nooit verlaat nie (Heb 13:5).

Wanneer hulle sê, "ek is jammer, asseblief vergewe my" met groot hartseer—ek praat nie oor hierdie ‘carte blanche’ ding dat hulle net sê, "Asseblief vergewe my van al my sondes, amen." Wanneer jy weet dat jy verkeerd gedoen het, gaan jy jammer voel! Jy gaan sê—en onthou die PRYS wat YAHUSHUA betaal het.

En vir diegene wat dink dat die Wet mee weggedoen is by die Kruis en nou kan hulle gaan sondig net soos hulle wil—'want YAHUSHUA (JESUS CHRISTUS) het die prys vir hulle sondes betaal; laat ons nou gaan lewe net soos die duiwel want ‘after all’ HY het die prys betaal vir ons sondes... dit is so gesê—!

Wel, hulle is verkeerd (Ro 6:1-2,15; 1 Jn 3:8)! SY BLOED het nie goedkoop gekom nie (1 Pt 1:18-19).

Daardie was ABBA YAHUVEH SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN en daardie BLOED het nie goedkoop gekom nie. Daardie marteling...wat op SY Fisiese Liggaam gekom het waar selfs die folteraar wie HOM 39 keer met ‘n sweep geslaan het—daardie was geen gewone sweep nie, daardie was stukke van materiale soos lood en skerp stene en wat hulle ookal op die punte van daardie kon gesit het...die slae van die sweep wat neergekom het op SY Liggaam.

Daardie was satan binne-in daardie folteraar. Dis iets anders wat YAHUSHUA my vertel het. Daardie was geen gewone marteling wat HY deurgemaak het nie.
En dit was nie genoeg net om—om gekruisig te geword het vir ons sondes nie, maar HY het die stap verder gegaan. HY het nie nodig gehad om deur daardie sweep gemartel te word nie maar HY het gesê, deur daardie 39 slae, HY het gesê DEUR HIERDIE WONDE, IS JY GENEES (Jes 53:5)!

Elke siekte, elke ongesteldheid—selfs geestesongesteldheid! Alles was in daardie slae van daardie sweep—satan sou dit nooit gedoen het as hy kon geweet het.

En HY het nie dood gebly nie maar op die 3de dag het hy weer daardie groot, geweldige groot rots weggeskuif [wat] die soldate daar geplaas het om seker te maak dat niemand kon kom en daardie Liggaam steel nie (Mt 27:64), ‘n geweldige groot rots wat soos geen ander rots steen is nie—so swaar—een man kon dit nooit geskuif het nie.

En tog, daar was YAHUSHUA. En HY het uitgekom en toe HY dit gedoen het op die 3de dag, het HY HOMSELF gewys; HY het na die dissipels gegaan (Jn 20:19); HY het onsigbaar regdeur ‘n deur geloop (Jn 20:19,26); daardie word ‘n Verheerlikte Liggaam genoem (Fil 3:21).

En die Bruid van YAHUSHUA gaan daardie soort verheerlikte liggaam hê (Kol 3:4; 1 Jn 3:2) en niemand gaan instaat wees om ons uit te hou nie—en enigiemand wie daardie Verheerlikte Liggaam het, dieselfde geld vir dit.
Daar moet gaste by die BruilofsMaal van die LAM wees (Openb 19:9). Nie almal is werd om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word nie. Ons betaal op die oomblik die prys. Ons word vervolg nie omdat, [nie] vir ons onthalwe—hulle ken ons nie eers nie—

Ek gaan aanhou doen wat ek doen en ons gaan feesvier op Hanukkah. En DIE GROOTSTE GESKENK VAN ALLES is ons MESSIAS.

Julle weet ons gee geskenke aan mekaar alleenlik omdat dit ‘n herinnering is van—die Skrif sê, as ons weet om goeie geskenke aan mekaar te gee, hoeveel te meer weet die HEMELSE VADER hoe om in staat te wees om goeie geskenke aan SY kinders te gee (Mt 7:11; Lk 11:13).

HY beloon diegene wat ywerig na HOM soek (Heb 11:6). Amen?

Syl: Amen daarop Mom, dankie!

Elisheva: Wel dit gaan ‘n spesiale Hanukkah wees en ons gaan in ‘n sukkah wees. En party mense het so baie van hul sukkah gehou hulle wou dit nog nie afslaan nie. En ek het alreeds gehoor dat ons dit gaan oopmaak.

Wanneer die Sukkot video klaar is—en ek bedoel die werklike groot een—mense gaan so geseënd wees en so baie lag, die gemeente so getrou en lojaal en liefdevol.

O my, wat het hulle nie saam met my deurgemaak nie!—en hulle het my net meer lief. Nie een kla ooit nie.

So moenie vergeet nie, sukkah tyd in Hanukkah.

Ons gee nie om wat enige ander bediening doen nie. Ons is besig om te volg wat YAHUSHUA eer, nog ‘n manier om instaat te wees om die HEILIGE DRIE EENHEID te troos.

Daar is nie meer baie wat werklik Heilig wil lewe nie, maar vir diegene wat doen julle sal uitvind hoe, deur hierdie Bediening—want dit is —ons hartsbegeerte om verblydend te wees [teenoor YAH] en ‘n getuienis te hê soos met Henog (Heb 11; Gn 5), (omdat hy nie die dood gesien het nie—hy was verander voordat dood na hom toe kon kom) en hy was na die Hemel geneem.

Daardie is wat ons noem weggeraap na die Hemel in ‘n wa van vuur! Niks minder nie! Jy kan nie daardie oortref nie. Daardie is YAHUVEH SE eie taxi wat HY vir hom gestuur het

[Gelag]. Amen?

Syl: Absoluut.

Elisheva: [ Gelag ] Reg so, YAHUSHUA seën julle! Ek het julle lief AmightyWind gemeente!

Julle kan julle videos stuur [aan die AmightyWind.com kontak blad om met my te deel] vir Hanukkah. Ek wou nie enigeen [uit] laat wie deel daarvan wil wees nie [feesvier videos].En ek kan nie belowe dat almal van hulle [altyd] daarin kom nie, maar wat ons sal kies is diegene wat kan inpas, inpas in die spasie van tyd [om klaar te maak], soos YAHUSHUA ons vertel om te doen.

Maar weet net wat jy ookal doen selfs al is dit nie in ‘n video nie—(onthou, dit kan slegs so groot wees ek bedoel so lank, en groot [ Gelag ])—weet net dat YAHUSHUA sê, HY IS baie gelukkig met elkeen wie HOM eer.

Dis ‘n eer!

En alles in die Ou Bloed Verbond—as julle net hierdie kan onthou—selfs met die Uittog, HY het hierdie vir my geleer op ‘Passover’ en die lering was: Selfs die bloed op die deurposte wat hulle daar gesit het, sodat die engel van die dood verby sou gaan (en nie instaat wees om naby hulle te kom nie en nie een van daardie vloeke wat Moses voort gespreek het wat YAHUVEH sou doen)—en dit is omdat dit ‘n vooruitskou was.

Daardie offerlam was ‘n vooruitskou van wat sou kom, en dis ons YAHUSHUA HA MASHIACH. Soos die BLOED VAN YAHUSHUA nie net ons sondes wegwas nie maar ons beskerm—‘n koepel van beskerming oor ons huise—beskerm ons gedagte, liggaam gees en siel as ons net sal uitroep na HOM.

HY IS DIE ENIGSTE MESSIAS.

HY IS DIE ENIGSTE INTERSESSOR VOOR DIE VADER.

Ons waag dit nie om voor DIE VADER te kom… [in ons eie name nie]. As ek dit sou waag om so ‘n ding te doen en sê, "ABBA YAHUVEH, ek is Elisheva Eliyahu en ek kom na U toe en ek vra hierdie gebeds versoek...”—nee, daardie sal nie werk nie. Dit is deur DIE NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA.

YAHUSHUA het gesê, jy doen dit IN MY NAAM (Jn 14:13) en die VADER IN DIE HEMEL, soos dit in lyn is met SY wil—hulle het vergeet om daardie deel in die King James Bybel te sit en in SY Tyd—dit sal vir ons gedoen word, maar ons moet dit doen in DIE [NAAM VAN DIE] ENIGSTE VERWEKTE, SEUN VAN ABBA YAHUVEH, WIE daardie PRYS betaal het vir almal van ons mense sodat ons die Troon van ABBA YAHUVEH kan nader.

Dit is die gebede van die regverdiges wat baie krag het (Jak 5:16). Dis die gebede van die onregverdiges wat geen krag het nie!

Mense verstaan nie. Ons is werklik in die Eind Tyd op die oomblik, en as jy verwag om die Groot Verdrukking wat kom vry te spring (Lk 21:36), dan het jy regtig nodig om jou lewe en jou liefde en jou aanbidding en jou gehoorsaamheid aan YAHUSHUA HA MASHIACH te gee.

Want HY is die ENIGSTE EEN WIE jou siel kan red en HY is die ENIGSTE EEN WIE jou kan beskerm. Dis deur SY NAAM & SY BLOED.

En ek pleit DIE BLOED oor hierdie Bediening en oor jou en Talia en oor almal van AmightyWind gemeente.

En as iemand besoek en na hierdie gaan luister—en ek weet ons het besoekers, en hulle wil weet waaroor dit alles gaan—en julle het die haat gehoor wat tot my gerig is, onthou net daars altyd haters.

Daars gevalle engele, daars demone, demoniese—demonies, besete mense en net gewone mense wie uitgeklad is uit die LAM SE Boek van Lewe (Ps 69:28). Hulle is in die boek van verdoemenis. Natuurlik gaan hulle nie enigiets goed oor my te sê hê nie.

Hierdie Bediening is Heilig en gaan geen kompromie aan met sonde nie, net soos YAHUSHUA ook nie. So dis wat ek te sê het.

En ek sien uit na Hanukkah, en ek sien uit na die GROOT Sukkot video wat vrygestel gaan word. O, moet dit nie mis nie! Moenie dit mis nie, AmightyWind gemeente!

En besoekers wie nou luister! Julle sal waarlik geseën wees! Ek sê, shalom. Dis ook ‘n seëning op jou gedagte, jou liggaam en jou gees en jou siel. En shalom is die vrede... en iemand baie spesiaal vir my, ‘n Joodse man het daardie net vir my geleer en ek was…

Iemand met wie ek oor die foon gepraat het vir 4 ure. Whew! Ons het net daardie Salwing heen en weer gebons soos ‘n tennisbal. Dit was so awesome. Ek gaan nie sy naam sê nie. Hy weet na wie ek [verwys] wanneer hy hierdie hoor. En julle weet ook wie hy is, Syl en Tal, en wat ‘n seëning; ek is…

Waarlik wat ‘n gesalfde man is hy. Ek het van hom geleer, hy leer van my. En hy leer ook Hebreeus sodat hy hierdie Profesieë kan vertaal. Daardie is sy hartsbegeerte en daardie is ons hartsbegeerte: Want al daardie Profesieë wat gerig is tot Israel—alhoewel Engels veronderstel is om die tweede taal [daar] te wees—weet ek ook dat ’n groot klomp van hulle nie Engels praat nie.

So YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle. Ek is lief vir julle. En ek is lief, lief, lief vir ons AmightyWind gemeente.

Ons is nou in 51 verskillende tale. Ek gaan nie die laaste een noem nie. Hierdie sal ‘n verrassing wees vir almal. En, ek wil ook sê hoe baie ek U, ABBA YAHUVEH GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH & KOSBARE RUACH HA KODESH aanbid, liefhet, loof en intens liefhet.

En dank U ABBA YAHUVEH EL SHADDAI, dat U wraak neem op die vyande, die verworpe vyande van wie U gesê het, "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE..” (Jes 54:17 OAV), van U, YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ons dank U en ons loof U, GELIEFDE YAHUSHUA. Dank U en loof U dat ons name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe. En ons neem dit nie as vanselfsprekend aan nie en ons wil U nooit seermaak nie. Help ons om meer verblydend te wees tot ABBA YAHUVEH en U, YAHUSHUA, en tot die KOSBARE RUACH HA KODESH.

Amen.

Einde van Oorskrywing

So is dit gespreek, So is dit geskryf

Hierdie dag in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH