Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Tzav / Gebooie, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 31, 35, 95;

Levitikus 6:1–8:36;

Maleagi 3:4-4:6

1 Korintiërs 15:1–58




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA, jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


26 Maart, 2021


Profesie 31, Julle Pasga Woon Waar Julle Geloof Woon!

Gegee aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] 30 Maart 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * * *

“Nogtans het HY ons krankhede op HOM geneem, en ons smarte - dit het HY gedra; maar ons het HOM gehou vir een wat geplaag, deur Elohiem geslaan en verdruk is. Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op HOM, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Jesaiah 53:4-5

* * * * * * *

EK het dit teen jou Amerika! Jou leier is nie net 'n hoereerder nie, maar 'n oorlog-lustige. Jou strate vloei nie met genoeg perversiteit en genoeg bloedvergieting nie nou moet julle dit na ander nasies toe neem. Die ongeborenes slag julle met minder genade as die diere wat julle dood vir voedsel! Julle toon meer agting en meegevoel teenoor die skepsels as wat julle doen vir die babas wat daagliks uitmekaar geskeur en lewendig verbrand word.

EK het dit teen jou Amerika. Julle was 'n nasie afgesonder deur MY Goddelike Hand om die Here God Almagtig te verheerlik wie se Naam is “EK IS.” Julle wat eens bekend was vir Goddelikheid, is nou niks meer as 'n leë dop nie. Julle giet jul wraak uit op 'n nasie waarop julle geen reg het om jul oordele uit te stort nie. “EK IS” die enigste een wat hierdie reg het want die wraak is MYNE, sê die Here. Hoe kan julle splinters uit hulle oë haal terwyl julle 'n balk het in jul eie oë? Haal eers die balk uit jul eie oë en help dan iemand met 'n splinter.

Hoe kan julle skree diktator terwyl julle jul eie diktators het? Amerika EK het dit uit die Hemel bepaal, as julle nie op jul knieë val en julle sondes erken, soos EK die waarskuwing vantevore deur hierdie diensmaagd uitgeroep het nie, sal EK dit weer deur haar spreek sowel as ander profete. "Amerika BEKEER want julle sal nooit weer nog 'n oorlog wen nie!" Julle sal maai wat julle saai. Die maat van verwoesting wat julle nou uitgiet en die maat van dood wat julle uitgiet sal julle uit MY beker van toorn drink totdat daar niks meer oor is nie. Amerika, julle was eens 'n nasie wat vertrou en gerespekteer was maar nou is julle 'n bespotting van alles wat Heilig is. Julle mense het eens op ‘n tyd gestaan vir sedelikheid en julle leiers ook, maar nou word julle mense en julle leiers regoor die wêreld geken vir onsedelikheid en onbetroubaarheid. Julle verdedig die onreg en dit wat reg is wil julle stilmaak.

Julle bombardeer 'n land wat ten minste 'n God aanbid. Selfs 'n heidense God is beter as niks. Want selfs 'n heiden nasie erken hulle is nie oppermagtig nie. Amerika EK het dit teen julle. Julle dien geen God nie! Julle buig jul knie voor geen God nie, alhoewel julle geld eenheid sê: "In God We Trust, vertrou jy op geen God nie. Julle Amerika, het 'n vorm van Goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. Amerika jy sal maai wat jy saai.

Julle wat sendelinge stuur na ander lande en EK seën daardie sendelinge met MY salwing en heidense lande leer YAHUSHUA ken as Heer en Verlosser. Tog bespot julle eie land dieselfde boodskap. Nie almal doen dit nie want EK het 'n volk. EK het 'n oorblyfsel wat nie beweeg sal word nie. Hulle sal nie hulle knie buig voor satan en die doktrines van die antichris nie maar ag so min. O EK ween, so baie dwaal af. Menigtes wat luister na vreemde vuur leringe, vreemde vuur demonstreer in hul kerke en selfs vreemde vuur gebede bid. Kom uit tussen hulle. Luister na die stem van MY RUACH ha KODESH julle ken die stem van julle Goeie Herder. Toets elke aksie met die woord van YAHUVEH. Toets die Gees wat praat. In hierdie tyd en seisoen lyk die vals profete so goed. Hulle spreek woorde wat sê alles is wel en vorentoe is daar net seëninge.

Ja want MY Kinders sal EK beskerm. Maar onthou vir Moses en leer die les van die kinders van Israel. Die plae het nie naby diegene gekom wat hul vertroue gestel het in MY, die God van Abraham, Isak en Jakob nie. Maar hulle het die plae gesien wat oor die ander gekom het. EK stuur MY Geliefde SEUN YAHUSHUA, julle MESSIAS om te kom en om MY Bruid weg te voer. Het EK nie vir julle tekens in die Heilige Skrifte gegee waarvoor om te wag en te kyk nie? Het julle nie hierdie dinge sien gebeur nie? Het EK nie gesê waarlik, hierdie geslag wat hierdie dinge sien gebeur sal sekerlik nie verbygaan sonder dat julle die SEUN VAN GOD, YAHUSHUA se wederkoms sien nie. Hoekom betwyfel julle MY? Hoekom glo dan net 50 persent van julle wat beweer dat julle MY liefhet en dien dat EK MY Geliefde SEUN YAHUSHUA stuur om diegene te red wat nie bestem is vir MY toorn wat gaan kom nie? Vir die van julle wat weier om julle geloof te gebruik om te glo in hierdie Salige Hoop EK het nuus vir julle HY kom nie vir julle nie.

Net soos julle nie gered kan word sonder geloof daarin om te glo dat dit die waarheid is nie, net so, sal julle ook nie waardig geag word om YAHUSHUA se Bruid te wees as julle nie geloof het nie. As julle leef asof MY SEUN YAHUSHUA nie kom nie, jare vooruit beplan alleenlik geïnteresseerd in wêreldse dinge en besittings dan het EK nuus vir julle. Julle is nie ingesluit in die Bruidegom se lys wie verseël is om SY Bruid te wees nie. Nie almal is geskik om 'n Bruid van YAHUSHUA genoem te word nie. Sommige is slegs geskik om die Gaste te wees. Dit beteken nie dat jy op een of ander tyd nie gered sal word nie. Dit beteken totdat julle gewandel het in 'n wêreld wat geskik is net vir MY toorn sal julle sien wat julle gemis het, sal julle op 'n nuwe manier met 'n nuwe geloof dan na MY toe draai.

Dan is daar ander wat waardig is om MY Bruid te wees (ek glo hierdie spreek tot die 7de Dag Adventiste geloof) en tog het satan julle mislei om julle te laat dink julle doen MY 'n guns om agter te bly in die Groot Verdrukking om te bly om die mense te bedien. Julle geloof is julle wat sê "Ek sal hier bly en die groot bruilofsdag misloop sodat ek ‘n hulp vir ander kan wees!" Waar julle geloof is daar sal julle bly. Dink julle nie dat EK ander kan oprig wat hierdie tugtiging nodig het om hulle gereed te kry vir die Hemel nie? Dink julle regtig EK het nodig om MY Geliefde Bruid agter te laat wie EK in MY Heilige Skrifte gesê het bid dat julle waardig geag sal word om die toorn te ontvlug wat gaan kom. Nogtans sê julle julle is waardig en is trots daarop om agter gelaat te word. Wees gewaarsku waar julle geloof is so sal julle bly. Sommige sal wandel in die tye van Groot Verdrukking omdat hulle dit so verkies het. Nie MY keuse nie maar hulle s'n. EK sal doen wat hulle glo en sal hulle beskerm soos hulle geloof MY toelaat om dit te doen. Soveel lyding sou onnodig gewees het as hulle nou net bekeer daarvan om so te praat en te dink.

Onverdun en in volle maat sal hierdie wêreld maai wat dit gesaai het. EK het die bose Farao gewaarsku en EK waarsku MY vyande weer. BEKEER! Draai weg van Boosheid. EK het Ninive gewaarsku en hulle was gespaar maar teen die einde het hulle weer teruggedraai na boosheid en EK moes vernietig wat EK vooruit beskik het om te vernietig. Want EK ken die harte van die verworpeling. Diegene soos die Bose Farao wat praat asof hulle jammer is en hulle bose wee sal stopsit net om in die boosheid saam te voeg in die volgende asem deur vir MY en MY Mense te lieg. In die verworpeling daar’s geen waarheid in hulle nie. Ongeag wat EK aan hulle doen hulle sal MY nie dien of MY aanbid nie.

EK het 'n boodskap vir MY geliefde wederstrewige dogter Israel. Geliefde Israel jy is nie veronderstel om te gee wat EK nie vir julle gegee het om te gee nie. Julle het heeltemal te veel weggegee EK het julle 'n land van melk en heuning belowe. EK, die God van Abraham, Isak en Jakob het belowe om julle land te seën met skoonheid en voorspoed, het EK dit nie gedoen nie? Nogtans is die leiers van hierdie land soos swak vroue wat vreesbevange ineenkrimp in 'n hoek teen die hande van 'n mishandelende maat. Israel glo die leuens van 'n boelie. Israel bid tot die God “EK IS” en vra vir bevryding maar wys deur hulle handelinge dat hulle nie glo “EK IS” kan en sal 'n land beskerm waar MY SEUN YAHUSHUA eendag baie spoedig SY voete op die Olyfberg sal sit nie. Israel weier om te glo die God van Abraham, Isak en Jakob het reeds MY liefde vir hulle bewys deur vir hulle hul MESSIAS te stuur hulle VERLOSSER, YAHUSHUA is SY Naam!

MY Geliefde Joodse Mense, EK het MY SEUN gestuur as een van jul eie, HY is nie 'n Verlosser alleenlik vir die Heidene nie maar ook vir julle geliefdes. MY begeerte is beide Jood en Heiden word soos een in YAHUSHUA. Hoekom wag julle vir 'n ander Verlosser? Terwyl EK MY beste vir julle gegee het. satan wil julle verlei met sy beste. EK stuur MY Profete en EK stuur hulle weer om vir jou te vertel o pragtige en wederstrewige dogter van MY, luister na julle eie skrifte. Kyk met nuwe oë van onderskeiding na julle eie Feeste en feesvieringe. Moenie net helfte van MY liefhê nie wees lief vir MY as geheel.

Julle wat sê julle behoort aan die God van Abraham, Isak en Jakob en EK het 'n oorblyfsel wat dit doen, net soos in ander dele van die wêreld, maar julle moet alles van MY aanvaar.
Want YAHUSHUA is MY Geliefde SEUN wat doodgemaak was as 'n perfekte vleklose offerlam vir almal wat die Reddende Bloed by Golgota sal aanvaar vir die kwytskelding van sondes. SY Bloed het die grond op Golgota deurdrenk maar terwyl dit in die grond ingevloei het het dit ook Jerusalem met genade bedek. “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie, is vir julle ook.” EK het meer geduld met jou gehad geliefde wederstrewige kind wat MY wil behaag en nogtans MY Geskenk op Golgota van die hand wys. Die enigste weg na die Hemel is deur YAHUSHUA; daar is geen ander naam wat kan red nie behalwe SYNE.

EK wou julle jaloers maak en het hierdie insig vir die Heidene gegee, diegene wat nie eens na 'n MESSIAS soek nie. Nou kom EK terug na julle toe deur hierdie profeet en ander wat EK stuur en EK sê moenie vir YAHUSHUA weggooi nie. HY is nie net 'n MESSIAS vir die Heidene nie maar HY was eerste gestuur na die Joodse mense vir wie EK liefhet met 'n liefde wat julle nie eens kan begin verstaan nie. Was YAHUSHUA nie, gebore uit die lendene van 'n Joodse diensmaagd nie? Jy Israel moenie die reuse in die land vrees nie. Hoekom vergeet julle dat EK belowe het om diegene te beskerm wat afgesonder en verlos is?

Jy Israel moenie meer enige grond weggee wat EK nie vir julle gegee het om weg te gee nie. EK het hierdie vir julle gegee deur julle voorvaders. Hierdie land kan nie gevat word nie maar julle kan en was geboelie om te dink dat die reuse die land sal besit en hulle kan nie vat wat julle nie vir hulle gee nie. MY Mense roep uit vir 'n “Pasga van die bose Farao weereens.” MY Mense, “EK IS” beveel die RUACH ha KODESH om diegene te kry wat glo “EK IS” 'n God wat nie verander nie en dieselfde bly en almal sal beskerm wat sê dit wat MYNE is, is joune wat joune is, is MYNE. Moet net nie voor 'n ander god neerbuig nie, Israel! Israel, moenie buig voor die heiden mans wat nie 'n god is nie maar net stof is wat onder julle voete vertrap moet word.

Moenie luister na die strelende woorde van die vyande wat sê gee vir ons 'n bietjie meer grond, dan sal ons weggaan en julle in vrede laat nie. EK het MY Kinders in die Heilige Skrifte beveel om te bid vir die Vrede van Jerusalem. Vandag, deur hierdie profeet, spreek EK weereens hierdie woorde. Moenie diegene vertrou wat soos reuse 'n klein kindjie kom intimideer nie. Julle is nie 'n klein kindjie nie, Israel. EK het MY salwing op julle land uitgestort. Gebruik dit tot Eer van “EK IS.” Julle traan bevlekte Tempelmuur is altyd voor MY. Julle uitroepe weerklink in MY ore. O EK verlang om MY arms om julle te vou en julle te troos en EK sal. Maar moenie langer wegdraai van MY Geskenk wat EK op Golgota vir julle gegee het nie, SY Naam is YAHUSHUA. HY alleen is julle Verlossing.

Moenie net die gebede opsê wat julle spreek nie Israel, maar glo die gebede wat julle opsê. Moenie net Pasga vier nie glo dit is julle Pasga “Passover”. Dit geld vir al MY geliefde Kinders wat MY wil behaag, wat MY gehoorsaam, wat MY dien, MY aanbid, MY die groot God “EK IS” en YAHUSHUA eerste stel bo alle dinge. EK stuur hierdie boodskap uit en het dit alreeds gespreek tot menigtes deur MY RUACH ha KODESH. As julle 'n Pasga verlossing verlang uit die hande van die vyande, dan moet julle fees vier en glo en mekaar bemoedig. Dit is julle Pasga en julle sal waardig geag word om die toorn van “EK IS” te ontvlug wat gaan kom. Die plae sal “Passover” bo-oor julle verbygaan en julle nie raak nie, al die plae, soos in die tyd van Moses so sal dit weer wees maar julle sal 'n weg van ontvlugting hê. Julle sal weereens 'n Pasga hê. Die Bloed van YAHUSHUA is julle Pasga. As julle hierdie lees word julle aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet. Wat sal julle daarmee doen?

Die Pasga is julle belofte! Die God van Abraham, Isak en Jakob, die groot God “EK IS” sal julle weereens verlos op maniere wat julle nie dink nie as julle net kan glo. Waar julle geloof is dit is waar julle Pasga is. Diegene wat in Amerika woon en EK het die toorn wat kom geprofeteer, hierdie is waar maar diegene wat glo “EK IS” die Pasga en soos Moses, sal EK ‘n weg van ontvlugting vir julle voorsien, julle sal nie beskaamd wees omdat julle geglo het nie. EK sal bewys die groot God “EK IS” kan en sal nie vir julle lieg nie. Waar julle geloof is daar sal julle Pasga wees.

MY geliefde moenie dink dat EK sê geeneen van julle sal ly nie, want in hierdie wêreld is daar pyn en lyding maar EK het 'n weg van ontvlugting gestuur. EK stuur MY SEUN soos EK belowe het. Maar dit beteken nie sit nou agteroor en doen niks nie. Nou is die tyd dat julle die eindtyd-oes moet insamel terwyl daar nog tyd is. Gebruik julle papier en plastiek as saad om aan MY Eer te bring. Ondersteun met julle gebede en aalmoese, bedienings waarvoor EK julle laat intree en mee saamwerk. Nie sodat hierdie bedienings rykdom op aarde kan opgaar nie, vir hierdie bedienings wat dit doen, sal EK persoonlik toesien dat alles wat hulle doen stoppels word net vir vernietiging.

Eet die brood van smarte wat matzoh genoem word. Eet dit nie net omdat dit 'n simbool is van wat die Israeliete geëet het toe hulle gevlug het voordat die brood kon rys nie. EK wil ook hê julle moet deelneem aan die dae van ongesuurde brood en die brood van smarte eet as ‘n herinnering aan YAHUSHUA en hoe HY die prys betaal het as die brood van smarte. HY was geteister ter wille van julle. Die brood is hard want die prys wat HY vir julle betaal het het nie maklik gekom nie. Neem deel aan die HERE se Laaste Avondmaal soos YAHUSHUA gedoen het. Doen dit in herinnering aan die Bloed wat YAHUSHUA gestort het sodat julle gered kon word en die Brood wat in die Bloed gedoop was, want YAHUSHUA is die Brood van Lewe en SY Liggaam was geoffer sodat julle gemeenskap kon hê met “EK IS” en die kwytskelding van sonde sodat julle 'n weg van ontvlugting kon hê van die vlamme van die hel. satan het geen aanspraak op hulle wat waarlik MYNE is nie.

Elke keer wanneer julle bid onthou nou is die tyd om te bid dat julle waardig geag sal word om die oordeel te ontvlug wat gaan kom op die aarde. Die toorn van “EK IS” is nie net 'n humeur-uitbarsting nie, dit het opgebou en dit is ‘n vreeslike ding om in die hande van 'n Lewende God te val. Maar MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes hoef nie te vrees nie. EK sal julle net oorlaai met MY seëninge en nie MY toorn nie. Ween oor dit wat Amerika en haar bondgenote nou doen. Ween want selfs die heidene aanbid 'n god. Ween want sommige is julle broers en susters in YAHUSHUA, op wie die bomme val. Hierdie bloed wat vergiet word en wraak wat afgemeet word en “EK IS” kyk toe en dit word tot dusver toegelaat want diegene wat daaraan deelneem, is net besig om verwoesting op te hoop oor hul eie lande en oor hulself. Moenie deelneem aan hierdie oorlog nie moenie die propaganda wat uitgespreek word glo nie, die verskonings wat gemaak word nie. Die regerings het hul eie motiverings en om die Groot God “EK IS” te behaag is nie een van hulle nie. Om die vertraptes te red is nie een van die redes nie. Om op te tree in arrogansie en hoogmoed is een van die redes. Bid dat julle leiers sal bekeer van hierdie boosheid voor dit te laat is.

Protesteer, spreek uit teen hierdie oorlog. Amerika, julle het dit oor julself gebring deur julle hoogmoed en julle dominerende gees. Julle het dit wat gaan kom gebring oor 'n nasie wat EK persoonlik met MY hand beskerm het tot nou toe. Oorlog het nie na julle kuslyne toe gekom nie maar sal. Ter wille van MY geliefdes sal EK die hand van die laksman vir nog 'n kort rukkie [af]wend maar o so 'n kort rukkie. Julle stuur oorlog na ander nasies toe. Julle sal oorlog smaak in julle nasie vir optrede in arrogansie. Julle praat teen 'n ander nasie en tog hoor julle nie die ego van dit wat julle sê terugkeer na jul eie ore nie. Want dit is die woorde waarvan julle ander beskuldig wat julle leiers hulself doen in die geheim. Elke Amerikaner behoort te sidder oor dit wat gedoen word. Julle leiers beide polities en geestelik beter bekeer en wegdraai van dit wat hulle doen. As MY Volk wat hulself volgens MY Naam benoem hulself verootmoedig en op hul knieë val en bekeer, sal EK hulle land genees! EK sal hulle vergewe. O maar hulle is hardnekkig en eiesinnig, sê hulle sondig nie en tog sien die hele wêreld die sonde behalwe die Amerikaanse politici en diegene wat die booswigte navolg wat hierdie dinge doen.

As Amerika nie bekeer nie sal “EK IS” hulle land vernietig, sal EK 'n bespotting maak van die land wat eens bekend was as die vrye en die onverskrokke. Vir al MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes wat hierdie lees, draai nie teen Jerusalem nie. Draai nie teen Israel nie. Bid vir die vrede van Jerusalem sodat EK julle kan seën. Bid vir die nasies teen wie die hand van oorlog gestuur was deur NATO. Bid MY Volk en rou oor dit wat gedoen word. Weereens word MY Heilige Dae besoedel deur die heidene. EK is nie 'n God wat gespot moet word nie. Al diegene wat 'n PASGA verlang vir MY toorn gee EK dan hierdie bevel wat nog nooit verander het nie, onderhou en bid vir julle PASGA om te kom. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH en bid dat julle waardig geag sal word om MY toorn en verdrukking te ontvlug wat gaan kom. Berei 'n vlugsak ingeval julle dit benodig voor julle MESSIAS kom vir jullle. Daar is diegene wat hier lees wat deur die vuur van MY toorn en verdrukking sal loop. Sommige sal dit doen en EK sal hulle beskut op 'n manier wat julle nie dink nie.

Ander sal hier lees en die diensmaagd spot wat hierdie boodskap bring. Pasop, hierdie is nie haar woorde wat julle bespot nie so pasop weereens. Hierdie woorde wat julle nou bespot sal terugkeer en by julle spook want julle bespot die Groot God “EK IS” nie Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] se woorde nie. As hulle net haar woorde was sou hulle net asem dampe gewees het, maar wanneer dit MY Woorde is wat gespreek word is dit woorde van lewende krag en EK sal doen wat EK spreek. EK stuur MY Profete en apostels uit om te profeteer voordat EK die Verdoeming of seëninge stuur. Die van julle wat spot sal MY toorn smaak wat gaan kom. Sy was beveel om MY Woorde te spreek ongeag of dit strelend op julle ore is of nie. Sy sal aanspreeklik gehou word indien sy terughou en skik as gevolg van vrees vir wat julle of ander in outoriteit sal sê. Al MY Profete wat die Groot God “EK IS” hoor enige van julle wat geskik het en net woorde wou spreek strelend vir ore en tog baie droefheid sal bring wanneer dit wat julle spreek nie gebeur nie. Julle is bekommerd oor wat jul Profeteklub te sê het en nie wat die Groot God “EK IS” spreek nie. Julle vergelyk notas en onderskei deur jul wysheid en openbaring, nie MY wysheid en openbaring nie.

Pasop diegene wat hulself MY Profete noem en nooit die woord BEKEER spreek en wegdraai van sonde nie. Pasop diegene wat net praat van onheil wat kom en tog nie vir MY Kinders hoop gee nie! “EK IS” is nie in hierdie profesieë nie. Daar is altyd 'n weg van ontvlugting vir MY geliefde Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes. EK sal 'n weg voorsien wanneer dit lyk of daar niks is nie. Net omdat julle dit nie nou weet nie, dit is soos 'n mens met 'n reiskaartjie, hulle het nie die kaartjie nodig nie totdat dit tyd is om te vertrek. Julle het nie nou die wysheid nodig nie want as EK nou vir MY Profete sou vertel van MY maniere van ontvlugting dan geliefdes, sal die vyand ook weet. EK het MY 'Verborgenes' dit is al wat julle nou nodig het om te weet. Nie almal sal aangesê word om te Vlug nie. As julle MY dit nie hoor spreek en bevestig en dit in jul Gees getuig nie, dan sal EK julle beskerm waar julle is. As EK nie nou vir julle sê waarheen om te vlug nie, dan sal EK vir julle sê wanneer dit tyd is om te gaan.

Soos in die tyd van Lot en Moses so sal dit weer wees, “EK IS” sal vir julle jul Pasga stuur. YAHUSHUA is julle Pasga. Moenie dat sononder verbygaan sonder om te bid vir julle Ware Pasga, YAHUSHUA, om te kom nie. Onderhou hierdie dag nie in wettisme nie maar doen wat julle kan. Leer en bewys julself as beproef om te weet wat om te doen op hierdie dag. Is dit werklik te veel gevra van julle om vir 8 dae nie Suurdeeg te eet nie? Om die Brood van Smarte te eet om julle te herinner aan die een wat die prys betaal het as die Brood van Smarte om aan julle jul Pasga te bring.

EK het bestem dat die Israeliete nie sou tyd hê vir die brood om te rys nie. EK het dit bestem want hulle het dit nie geweet nie maar dit was geen ongeluk dat EK toegelaat het dat hulle gevlug het sodat dit sou gebeur nie. Want weer het die Jode deelgehad en was die Brood van Smarte eerste aangebied wat Matzoh Brood genoem word, en nou gee EK die kennis hulle was dit gegee selfs destyds, want dit was YAHUSHUA wat sou kom, gegee as 'n herinnering. YAHUSHUA is beide Jood en Heiden se Pasga. Daar was en is geen ander perfekte Offerlam wat geslag kan word vir die kwytskelding van sondes nie, hulle wegwas asof hulle nooit eers een was nie. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH, SY Naam is VERLOSSING! HY alleen is julle Pasga. Vier dit en leer die ware betekenis van die Pasga wat was en die Pasga wat gaan kom.

Eer die Sabbat Dae, so ook die Hoog Heilige Dae, 1 April, 2 April. Eer al die Sabbat Dae wat op Vrydag sononder tot Saterdag sononder is...nie Sondag nie terwyl so baie MY op ‘n Sondag gedenk en lewe soos die duiwel op Vrydag- en Saterdagaande deelneem aan die wêreldsheid op die dae wat afgesonder is vir ons Sabbat. Bid vir die Pasga van die toorn wat gaan kom oor hierdie wêreld. Bid dat julle waardig geag sal word en dat hierdie skale en basuine van MY toorn by julle verby sal gaan en julle waardig geag sal word om te ontvlug. Want “EK IS” is 'n God wat nie kan of sal lieg nie, EK profeteer wat gaan gebeur deur MY Profete sodat niemand kan sê “EK IS” het nie die mense gewaarsku nie.

Wanneer julle Oorgaan “Passover” na die anderkant toe sal dit Hemel wees of hel en vervloekings? Wanneer julle Pasga kom, sal julle Wegraping ervaar of Groot Verdrukking soos hierdie wêreld nog nooit geken het of nooit weer sal ken nie. Wat sal julle doen met hierdie profetiese boodskap van “EK IS”? Sal julle dit laat Verbygaan en dit vergeet dit afmaak as dwaasheid of gekskeerdery? Of sal julle voorberei vir julle Pasga wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is? Bid vandag vir almal wat dit lees en nie weet hoe om gereed te wees sonder vlek of kreukel nie. Skryf aan hierdie Pastoor. Sy sal julle aan die ware Pasga Lam voorstel wat geslag was en weer opgestaan het uit die dood op die 3de dag. Wat SY lewe gewillig neergelê het vir jou sodat jy gered kon word deur al jou sondes weggewas te hê met die perfekte Bloed van die ware Pasga perfekte sondelose lam van God, Seun van “EK IS” wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is HY alleen is julle MESSIAS vir diegene wat “EK IS” se Pasga geskenk op Golgota aanvaar het.

Vir hulle wat “EK IS” liefhet, dien, hard probeer om “EK IS” se gebooie te gehoorsaam, wetende indien julle misluk het julle 'n PasgaLam wie se Bloed by Golgota gestort was vir julle sondes, tog weet julle ook dat julle MY nie kan toets en opsetlik sondig omdat julle dink jul kan nie. “EK IS” word nie bespot nie en elke persoon moet sy eie heil uitwerk met vrees en bewing want net “EK IS” ken jou ware hart en motiewe en intensies. Nou het EK gepraat Wat gaan julle doen met jul Pasga? Vir baie van julle wat hier lees sal daar geen kanse meer wees om die Pasga te vier nie. Dit is tyd vir jou om te besluit, dit is jou keuse. Pasop EK weet reeds wat julle gekies het. Sal julle MY eer op hierdie Pasga?

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 30 Maart 1999 4:26 vm, deur MY Diensmaagd Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu], onder MY salwing van die RUACH ha KODESH wat alle bande en jukke sal breek.

* * * * * * * *

Persoonlike boodskap van Eerw. Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu). Voel asseblief vry om te bemoedig en vir mekaar aan te stuur om te onderrig en te bemoedig, ook om te waarsku. Ek het hierdie boodskap gespreek en geskryf wat soos 'n vuur in my beendere opgesluit was wagtend vir die tyd en seisoen. Hierdie Pasga soek ek verlossing van die Bose Farao's wat probeer het om my en hierdie bediening te vernietig en ook vir die geliefde gemeente. Ek verwag om verlos te word van al die onheilige jukke en bande.

EK vier vir die eerste keer Pasga soos wat baie van julle deur die RUACH ha KODESH gelei is. Hierdie jaar van 1999 is die onsekerste jaar wat ons tot dusver in die gesig gestaar het. Maar deur die dae van ongesuurde brood en die Pasga te gedenk kan ons verseker weet ons het ons God YAHUVEH en YAHUSHUA se aandag. Ek wil hê die bose moet verbygaan en nie myself of my geliefdes, bediening of hulle wat deel is van hierdie gemeente, aanraak nie. Skryf asseblief en laat weet ons waarvan julle verlossing soek gedurende hierdie Pasga. As julle dit goedkeur sal ons julle behoeftes voor ander plaas sodat hulle ook kan bid. Ons almal benodig verlossing van iets of iemand.

Vir hierdie bediening sien ek ook uit na 'n Pasga vir vryheid van die bande van skuld. Ons werk nou agter die skerms om nog 'n blad op te rig en aan die gang te kry vanaf ISP in Israel. Hierdie is 'n groot stap in geloof en die duurste onderneming ooit. EK het 'n mandaat om dit te doen want as die ‘magte wat is’ my wil stilmaak in een gebied in die wêreld sal ons aanhou spreek vanuit ander gebiede van die wêreld. “EK IS” het vir my die mandaat gegee om dit te doen alhoewel die mensdom dit as dwaasheid mag beskou gehoorsaam ek God en nie mense nie. Indien iemand deur die RUACH ha KODESH gelei voel om my met hierdie stap in geloof behulpsaam te wees e-pos of skryf vir my. Ons het nou persele in Kanada, VSA en binnekort in Israel. Nog een daarna, indien die Here vertoef om te kom, sal in Afrika wees. Voel asseblief vry om te kopieer en te versprei aan hulle wie nodig het om die waarheid te hoor wat hulle sal vrymaak. Al wat ek vra is om geen gedeeltes uit te haal of te verander nie, om die volle boodskap in geheel te lewer selfs die laaste deel wat ek skryf. Ek gee niemand toestemming om hierdie Heilige Boodskap te plaas indien dit bedoel is om my of hierdie boodskap te bespot nie.

Ek is verootmoedig om weereens gebruik te word om die Almagtige GOD se boodskappe uit die Hemel af te lewer. Om 'n profeet te wees is beide 'n beloning en tog kan dit soms voel soos 'n vloek want ons almal vrees wat as ons GOD nie korrek hoor nie? Het ek alles gespreek wat GOD wou sê? Ek vra nou om vergifnis as ek ooit die doel mis ek doen die beste wat ek kan om te hoor wat YAHUVEH met die RUACH ha KODESH in my spreek. Ek moet die boodskappe aflewer en nie toegee deur toe te laat dat die gees van vrees inkom nie.

'n Werktuig van Klei maar magtige Vegter in YAHUSHUA, Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)



Profesie 35, Verraai Met 'n Soen!

Gegee deur Eerw. Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu) 16 Mei 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Hierdie was geskryf op 16 Mei 1999 direk na die derde dag van my Jerigo-Mars om 7:00 vm. Enige muur van boosheid, verhinderende geeste, of enige bindings wat teen hierdie bedienaar en hierdie bediening staan, moet val soos die mure van Jerigo! Diegene wat my vernietiging wil hê en hierdie bediening se vernietiging, sal nie staande bly nie! Ek is in eenstemming met al my broers en susters wat hierdie woord en pastoor ontvang het in liefde, en die Jerigo-Marse doen vir die mure van boosheid, bindings wat hulle op enige manier verhinder om te val, soos die mure van Jerigo sal dit inmekaar stort! Ek glo dat die DAG VAN PINKSTER 'n dag van groot oorwinning sal wees vir diegene wat alreeds of nog steeds persoonlike Jerigo-Marse doen vir OORWINNING! Dieselfde God wat ons nou dien is dieselfde God wat die mure van Jerigo laat neerstort het! Dieselfde God wat Ragab gespaar het omdat sy die twee Israeliete versteek het, is dieselfde Almagtige God wat homself “EK IS” noem. HY het dit eenmaal gedoen en HY sal dit weer doen. Glo net en vertrou en julle sal oorwinning sien!

* * * * * * *

MY Geliefde Kinders “EK IS” is die Here julle God. Dit is MY Naam en MY Heerlikheid, en EK sal nie vir ‘n ander gee nie, ook nie MY lof aan gesnede beelde nie. Kyk die vorige dinge gebeur, en nuwe dinge verklaar EK voordat dit ontstaan vertel EK julle daarvan. Diegene met geestelike ore om te hoor sal luister al die ander bly doof en stom. Onthou vir Simson en Delila. MY vyande wil julle krag steel, wat julle geloof in MY is. MY vyande wil julle vryheid, finansies en lewens neem. MY vyande wil julle siele vernietig, dit aan satan oorhandig as 'n offer. Hulle dreig julle, intimideer julle, vervolg julle en menigte sal hulle lewens neerlê omdat hulle nie hul geloof prysgee nie.

“EK IS” het julle gesalf en in hierdie Bediening geplaas om op elke manier ‘n helper vir hierdie Bediening te wees. As julle hierdie woorde van MY glo dan moet julle hierdie woorde deel wat EK aan hierdie Profetes gegee het. Julle moet hierdie Profetes bedek, en intree vir haar en ander Profete en Apostels waarvan EK in jul gees praat. Hierdie Profetiese boodskappe help om die verlorenes in die Koninkryk van die Hemel in te bring deur aan hulle te bedien deur beide stigting en bestraffing. MY Kinders word bemoedig en MY vyande word gewaarsku en MY verlore seuns en dogters keer terug.

Julle moet daar wees om hierdie Profetes se hande op te lig wanneer sy te moeg raak om dit op te lig in tye van stryd. “EK IS” sal aanhou om diegene te beskerm wat help, bemoedig, bid en ondersteun soos EK deur MY RUACH ha KODESH lei miskien 'n bemoedigende woord of 'n bemoedigende profesie is al wat EK julle sal lei om tot hierdie Bedienaar te spreek. Vra MY wat julle kan doen om te help. Vra vir haar wat julle kan doen om te help. Sy is maar net een stem. Voeg julle stemme by hare en help haar om hierdie wêreld te bereik met MY Woorde. Julle sal MY seën deur te gehoorsaam en al die boodskappe te help versprei wat aan haar gegee was.

“EK IS” sal julle name op die poorte van MY mure skryf. Julle sal aanhou skyn soos juwele geset in die Hemel se beste. Al MY Ware Profete en Apostels het julle hulp nodig insluitende hierdie een. Hulle word op verskeie maniere aangeval, sommige liggaamlik, sommige verstandelik, sommige emosioneel, sommige finansieel, sommige geestelik. MY Diensmaagd word daagliks aangeval op elkeen van hierdie maniere. Nogtans hoor “EK IS” die magtige gebede van intersessie en “EK IS” verhef MY swaard van die RUACH ha KODESH en so seker as wat Goliat geval het so sal ook die vyande wat hierdie boodskapper spot wat gestuur is om die profetiese boodskappe af te lewer. Soos Goliat deur Dawid gewaarsku was spreek “EK IS” hierdie waarskuwing hierdie dag. Al spot julle, bly MY Woord dieselfde, “Raak MY gesalfdes nie aan en doen MY profete geen kwaad nie.” (Psalm 105:15 en 1Kronieke 16:22)

“EK IS” sal elke woord oordeel wat gespreek word teen hierdie diensmaagd, en MY ander Apostels en Profete net omdat hulle voortspreek wat “EK IS” spreek. “EK IS” sal diegene seën wat ore het om te hoor en luister en sal diegene vervloek wat dit wat Heilig is onheilig noem. “EK IS” ken die name en harte van diegene wat soos 'n vriend kom en gekom het en beweer het om 'n seën te wees en toe het hulle weggedraai en die masker het geval en Judas was daaronder. Wee die Judasse wat wil aansluit of die vernietiging wil hê van hierdie Bediening en die mond van hierdie Profetes wil ontmoedig wat hier praat deur haar stil te maak of die RUACH ha KODESH binne-in haar te bedroef. Julle sien slegs die vrou, EK sien die RUACH ha KODESH binne-in en ken die hart van hierdie Profetes soos EK ook weet wie EK gelei het deur MY RUACH ha KODESH om hierdie profetiese woord nou te lees. Aan die bokke sê EK, "BEKEER, DRAAI WEG VAN JULLE BOSE WEË” voordat daar geen tyd vir bekering is nie!

Aan MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sê “EK IS”, "Geseënd noem EK julle en sal bewys dat EK diegene beloon wat ywerig na MY soek en daarna strewe om MY wette te gehoorsaam. Geseënd is hulle wat daarna strewe om Heilig te wees soos “EK IS” Heilig is. Geseënd is hulle wie hul skatte in die Hemel opgaar en nie op Aarde nie. Wat hardloop na die doelwit van die hoë roeping. Om MY Bruid te word is die hoogste roeping van alles". Dit is die grootste skat van alles. Daar is gaste en daar is Bruide. Strewe daarna om MY Bruid te word. Ek noem nie almal, MY Bruid nie, alleenlik diegene wat eenkant gesit is vir MY Heerlikheid sal MY Bruid genoem word.

MY Bruid ken mekaar, 'n vreemdeling ken hulle nie. Hierdie is 'n bediening gestuur om te bedien en MY Bruid voor te berei. Diegene wat spot pasop, want julle gespottery en bestraffing sal terugkeer na julle eie ore. Wie is julle om te sê wat “EK IS” kan doen en nie doen nie? EK stuur MY Profete om te waarsku oor verdoeming voor dit kom. Sê MY Woord nie "As my volk oor wie MY Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal EK uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en HULLE LAND GENEES". nie. (2 Kronieke 7:14).

O BEKEER julle bose generasie want EK het julle gespaar toe EK julle lank gelede moes vernietig het. EK het julle gespaar van MY toorn maar net vir ‘n klein rukkie. Julle is sekondes weg van middernag af en julle tart en bespot MY SEUN se wederkoms. Julle tart en bespot die afgryse wat gaan kom. Julle tart en bespot diegene wat geestelik voorberei vir daardie tyd en uitkyk vir hul Verlosser om te kom en hul weg te neem van die vasgestelde tyd van Verdrukking. Julle tart en spot selfs wanneer EK 'n datum gee vir rampspoed wat kom en as gevolg van die trane, vas en gebede kom die ramp nie, dan bestempel julle daardie profeet as vals. Daar is baie vals profete maar as daardie profeet of apostel julle lei na verlossing en Heiligheid en die waarheid onderrig en nie leuens nie, hoe kan hulle dan vals wees?

As 'n profeet of apostel julle weg lei van die Hemel af en hel toe dan is hulle inderdaad 'n vals profeet. As hulle julle na 'n ander god toe lei of 'n vals teken, wonder of wonderwerk doen dan is hulle inderdaad 'n vals profeet of apostel of leraar. As 'n apostel of profeet, of leraar julle leer om MY ou Wette en Boeke te verwerp is hulle inderdaad 'n vals profeet of apostel! (Psalm 1:2) Julle moet MY wette oordink dag en nag. Selfs as 'n engel kom en 'n ander weg na die Hemel verkondig of vir julle sê om nie na die Ou Boek te luister nie en net die Nuwe Boek te lees, PASOP want “EK IS” is die OU BOEK wat VLEES geword het in MY SEUN YAHUSHUA want nie alleenlik was die ou boek gelees nie maar was GESIEN! MY WOORD was gesien in WOORD en DAAD en nou MY Ware Kinders, so moet die wêreld ook MY WOORD sien beide die NUWE en OU Testament behoort in JULLE gesien te word!

Wees bekommerd oor julle eie siele as gevolg van die ontmoediging van MY Ware Apostels en Profete wat woorde van waarskuwing voortspreek en julle het julself gehang deur jul eie woorde net so seker as wat Judas homself gehang het. Wat is die prys van jou siel? Sien julle dit nog nie? MY vyande wil uitvind waar julle krag is. Julle vyande wil julle krag wegneem, jul begeerte om MY te dien, om julle te vernietig en ja selfs te dood as dit moontlik is. Julle vyande wil julle verwar en laat twyfel soos Petrus toe EK hom beveel het om op die water te loop. Het Delila vir Simson verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN in die naam van liefde het sy hom verraai nadat sy sy bron van krag ontdek het. Het Judas MY SEUN verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN. Net so sal julle vyande wat in jul eie huise en families woon ook sê, “ek wil jou net help” en verraai julle dan met 'n SOEN van die DOOD tot jul vryheid en lewens as EK dit so toelaat.

Die vyande van MY Evangelie sê hulle glo maar hulle het geen ideë wie is “EK IS” nie. “EK IS” is iemand van wie hulle gelees het, nie iemand vir wie hulle lewe nie. “EK IS” is dieselfde gister, vandag en vir altyd. EK verander vir geen man of vrou of kind nie. “EK IS” is nie geamuseerd terwyl EK sien hoe MY skape saam met bokke woon nie. “EK IS” sal die skape van die bokke skei. Vir diegene wat in huise gebly het en 'n getuienis was vir die bokke met die hoop dat hulle sal begeer om 'n skaap te word. Dinge het verander in hierdie eindtye. "EK IS” bring 'n swaard wat tereg die kaf sal skei van die koring, die koring van die onkruid. "EK IS” word bedroef en word vertoorn wanneer EK die trane sien van MY skape en soos in die dae van ouds sal “EK IS” diegene verlos wat verlos wil word en wat gesukkel het teen die geeste van goddeloosheid wat teen hulle opgestaan het in slawerny. Waar daar geen uitkoms was nie, sal EK julle na die uitgang lei.

Het EK nie in MY Woord gesê jou grootste vyande sal in jou eie huis gevind word nie?" Het EK nie gesê MY SEUN, YAHUSHUA sal skei met 'n swaard nie! Lees MY Woord. Bestudeer MY Woord. Die Swaard van MY RUACH ha KODESH is die Swaard van Waarheid en MY vyande wil nie die waarheid weet nie, maar glo eerder die leuens wat streel soos 'n vinger in 'n jukkende oor of oog. Wanneer MY vinger van oortuiging op die goddeloses neerkom, wil hulle eerder daardie vinger van oortuiging terug draai in julle rigting en verander dit in 'n vinger van beskuldiging, deur julle te beskuldig van veroordeling of kranksinnigheid, of onnoselheid. Julle vyande beskuldig julle van haat-misdaad terwyl EK geen gees van haat in julle gesit het nie behalwe vir satan en goddeloosheid.

Die skape sal dit moeiliker vind as ooit vantevore om vreedsaam te woon in huise of families waar die bokke is. Want julle sien, sê MY Woord nie in hierdie laaste dae sal die Heiliges Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word nie. Julle is 'n helder lig wat voort-skyn. Die sondes word in die donker gedoen. Die kinders van die duisternis wil nie hê hul sondes moet as sondes ontbloot word nie. Want die van julle in huise waar julle was, is daardie lig bo-op 'n heuwel vir almal om te sien. Vertel vir diegene wat MY as HERE ontken en weier om vir MY te lewe of om Heilig voor MY te lewe, dat die God wat julle dien “EK IS” en YAHUSHUA nou diegene wat gevul is met die Hemel se waarheid gaan wegneem van die duisternis, hulle gaan agterlaat in duisternis met hul sondes, en dit was hulle gewees wat MY kinders is wie EK My Skape noem, dat hulle die rede was hoekom die bokke wat saam met hulle woon nie MY toorn gevoel het nie. Wanneer die skape weggeneem word sal die bokke MY toorn in volle maat ervaar.

“EK IS” spreek hierdie waarskuwing voort soos MY vyande swaarde gelig het teen Simson en hom gemartel en verblind het, so ook lig “EK IS” MY SWAARD en sal die bande sny waarmee die goddelose julle vasgebind het! “EK IS” sal MY swaard gebruik om MY vyande op baie verskillende maniere dood te maak.“EK IS” sal MY vyande agtervolg en hulle sal vreesbevange in sewe verskillende rigtings hardloop. “EK IS” sal die gevangenes vrylaat wat uitroep na MY vir hulle Pasga! “EK IS” sal die oë verder verblind en die ore verder verdoof van diegene wat weier om te luister al was hulle oor-en-oor gewaarsku, hulle wil blind wees daarom sal hulle dan net soos die bose farao sewe maal erger daarvan afkom totdat die laaste erger as die vorige sal wees en hulle sou beter-af gewees het as hulle nie geweet het nie sodat hulle nie MY Apostels en Profete kan spot wat EK stuur nie. Nie langer sal die skape tevrede wees om by die bokke te lê nie. Die tyd het gekom dat dit groot gevaar inhou om dit dus te doen. Bid vir 'n weg om te ontsnap. Kyk hoe die mure van boosheid inmekaar stort net soos die mure van Jerigo. Marsjeer vir julle oorwinning soos Joshua gedoen het, elkeen vir sy eie behoeftes.

Moenie mismoedig raak nie, julle wat in slawerny was. Want net soos Saulus (Paulus) gesalf was om met MY Mense te praat, was dit as gevolg van sy lofprysing, alhoewel hy gely het, was hy getoets en gebruik om voort te spreek uit sy smarte. Net so seker as wat EK Saulus uit sy tronk bevry het deur 'n engel so ook sal EK diegene bevry wat uitroep na MY vir bevryding van die bokke saam met wie hulle woon. “EK IS” sal julle verlos terwyl julle dit in geloof voortspreek en julself nie gemaklik maak in die nabyheid van die goddelose wat hulself familie noem, maar geen familie hoegenaamd is nie. Julle ware familie is gelowiges en liefhebbers van “EK IS”, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Diegene met 'n begeerte om Heilig te lewe en Heilig te wees en die hele woord liefhet wat vlees geword het, Sy naam is YAHUSHUA.

Daar is geen ander naam wat julle kan red nie behalwe die Naam YAHUSHUA! Geen ander manier om met vrymoedigheid voor MY Troon te kom nie buiten YAHUSHUA nie! Dra nie jul eie vuil vodde nie, maar kom met vrymoedigheid in die klere van geregtigheid waarmee YAHUSHUA julle bedek! MY SEUN se Naam is YAHUSHUA en in Jesaja 53 in die OU BOEK vertel EK vir julle vooruit van SY koms, SY koms geprofeteer. Net soos menigtes toe nie geglo het 'n Verlosser sou kom nie, net so is daar ook nou baie wat nie Johannes 3:16 in die NUWE BOEK glo nie, YAHUSHUA het gekom en diegene gered met geestelike ore om te hoor en te luister en diegene met geestelike oë om te sien.

Vir hulle wat glo en in hul harte sê en lewe asof HY enige oomblik gaan kom julle sal nie teleurgesteld wees nie. Watter bruidegom ken nie sy ware Bruid nie? Daar sal geen sluier wees wat julle gesigte bedek nie, alles sal geopenbaar word op daardie dag. Die gaste sal huil van droefheid wanneer hulle besef op daardie dag kon hulle ook die Bruid gewees het. Diegene wat die uitnodiging geweier het om YAHUSHUA aan te neem sal op hul tande kners van pyn en vir ewig betaal met hul siele. Watter een sal jy wees? “EK IS” wie “EK IS” en “EK IS” weet alreeds!

So is dit gespreek, so is dit geskryf op 16 Mei 1999. Geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH en toevertrou aan hierdie Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA.


Profesie 95, YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapen, EK LEWE!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) Ontvang Sabbat 12 April 2008 Vrygestel Sabbat 19 April 2008
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Elisabeth (Elisheva) bid in Heilige Tale en Engels:


Dit is die rede hoekom, omdat die TROOSTER gekom het. YAHUSHUA U het ons nie alleen gelaat nie, U het die TROOSTER gestuur. Die MOEDER van alle moeders. U eie Hemelse MOEDER. Dank U geliefde YAHUSHA ha MASHIACH. Ag mag ons waardig geag word om U Bruid genoem te word. Ons is nooit, nooit selfvoldaan daarmee nie. Ons sien hoe baie langs die pad val. Hou ons styf teen U bors vas. Moet asseblief nie eers toelaat dat daar ‘n blaaskans vir satan sal wees om in te kom nie. Trek ons nader aan U, YAHUSHUA op hierdie Sabbatdag. Eer ons terwyl ons in U teenwoordigheid bid. Ons is U s’n. satan het geen reg op ons nie. Dit is alles net oor wat U op Golgota gedoen het. Dit is waarlik ons enigste wapen wat ons in hierdie wêreld het. Daar is geen ander wapen behalwe die Naam en die Bloed en die Liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie. Daar is geen ander wapen nie. Daar is niks, niks, niks wat die boosheid in hierdie wêreld kan beveg behalwe een ding nie. Dit is hoekom U gesê het om die nagmaal (communion) met U te hou. Heilig, Heilig, Heilig, Heilig. U het ons so kragtig geseën. Hierdie Bediening het geen gebrek meer nie. Wys ons net wat ons moet doen ABBA YAHUVEH. Wys ons die land wat ons moet aankoop, o ABBA YAHUVEH.

* * * * * * *

Profetiese Woord:

Nou begin julle dit verstaan MY Kinders! Nou verstaan julle hoekom EK gesê het daar is ‘n wapen soos geen ander wapen wanneer julle gemeenskap (communion) hou met MY nie. Die woorde wat jy gespreek het Elisabeth (Elisheva) is nie jou eie woorde nie, want MY Woorde is hoër as enigiets wat jy ooit kan dink. Elke keer as jy gemeenskap (communion) hou, elke keer as jy een word met MY, gee EK jou MY ore. Gee EK jou MY oë. Spreek EK voort uit jou mond. EK besny jou hart terwyl jy jou hande aan MY offer om MY wil te doen. En jou voete aan MY sodat EK jou in die voetspore van die Heilige kan lei.

Nou verstaan jy Elisabeth (Elisheva). Ag hoe haat satan dit. Het EK nie gesê hoe meer jy nodig het om geseën te word, hoe meer jy verlossing van die vyand nodig het, dit gaan nie net oor vergifnis nie, dit gaan oor oorwinning in alle areas van jou lewe. Vertel hulle MY Kinders. Vertel hulle namens MY.

Hoe baie georganiseerde godsdienste sal net ‘n wafelkoekie in hulle mond sit? ‘n Droë wafelkoekie wat niks anders as ‘styrofoam’ kan wees nie. Hulle vergeet die prys wat EK betaal het. Daar is geen vooraf berou oor sonde nie. Hulle drink van die wyn en hulle herhaal woorde aan uit gewoonte. Daar word geen hart aan MY gegee nie. En die vermetelheid wanneer iemand anders ‘n wafelkoekie in die ander se mond plaas en homself ‘n Biskop noem. En hy noem homself die pous. Jy kan dit nie vir iemand anders doen nie! ‘n Nagmaal is een tot een. Nou praat EK nie met hulle wie invalides is nie, hulle wie die hulp van ander nodig het om die brood in hul mond te sit of die beker na die lippe te bring nie. Want hulle harte is op die regte plek solank die een wie die nagmaal bedien, se hart op die regte plek is. Sê vir hulle, voed MY skape. Sê vir hulle. Neem hierdie wapen op wat vir baie lank verwerp is, maar moet dit nie met vuil lippe doen nie. Moenie dit met ‘n gees van onberou doen nie. Moenie dit as net ‘n ritueel doen nie. Woorde wat deur ‘n ander mens geskryf is nie. Gee MY jou hart. En EK sal MY Woorde uitspreek. Moenie dit doen terwyl jy in sonde lewe nie! Anders drink jy vernietiging oor jouself! Waar is die vrees? Waar is die vrees?

Hoe baie sien EK en hulle het geen vrees meer nie. Hulle bly in hulle sonde. Hulle neem die nagmaalsbeker met sondige lippe. EK is getrou om te vergewe. Maar moet dit nooit doen met ‘n onberouvolle hart nie want julle drink net verdoemenis. Julle drink net vloeke. Kom na MY toe met ‘n berouvolle hart. Vra MY om julle van julle sondes te vergewe. EK is getrou en EK is vol genade en net een druppel van MY Bloed, net een druppel van MY Bloed kan die hele mensdom red as hulle MY net aanvaar het. Net een druppel van MY Bloed. En kyk hoe baie meer het EK gegee. Dit is wat EK wil hê julle moet vir hulle sê. Dit is die nuwe Boodskap wat EK vir jou gee. Dit is die Boodskap wat vir die hele wêreld bedoel is. Dit is die enigste wapen wat julle het. Vertel vir hulle. “So spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,” wanneer julle die wapens uit so baie verskillende rigtings na julle sien mik, lig die enigste wapen op wat EK vir julle gegee het.

Diegene wat aan MY behoort. Hulle wie hul lewe vir MY gegee het. Hulle wie MY gevra het om in hul harte in te kom. Hulle wie daarna strewe om MY te gehoorsaam. Hulle wie daarna strewe om MY te behaag. Hulle wie MY aanbid en MY eerste in hulle lewens en hul liefde en in hul huwelik plaas, lig hierdie wapen op voor die vyand. Slegs MY Naam en MY Bloed, slegs deur MY Liggaam, kan enigiemand gered word! Slegs deur die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, kan enigiemand gered word! Daar is geen naam op hierdie ganse aarde, in die ganse heelal waardeur enigiemand gered kan word nie behalwe deur MY Bloed en deur die prys wat EK met MY Liggaam betaal het, soos EK MY Lewe neergelê het.

YAHUSHUA het gewillig SY Lewe gegee aan die kruis. Geen mens het MY lewe geneem nie! Geen mens kon MY doodmaak nie! Maar EK het dit gewillig gegee. Dit is EK wat gesê het, “Dit is volbring.” Dit is EK wat MY Gees beveel het om te gaan. Maar julle het geen idee wat EK gedurende hierdie tyd gedoen het nie. Julle het geen idee nie want alhoewel MY Liggaam gesterf het, het EK opgestaan. En EK het ‘n openbare vertoon aan satan gemaak, die een wat eens Lucifer genoem was en EK het hom laat weet en EK het die ganse hel laat weet, EK lewe! En EK het die sleutels van die hel en die doderyk uit sy hande geneem! En hy kan niemand hel toe stuur tensy dit deel van MY plan was nie, tensy hulle name nie gevind was in die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van die wêreld nie.

En EK kan nie een verloor nie. EK verloor nie een nie. Almal, almal almal wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf gevind is voor die grondlegging van hierdie aarde af, almal, almal, almal, almal sal in die Hemel wees. Diegene wie se name uitgewis is! Soos wat hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY op aarde. Maar selfs daardie naam was voor die grondlegging van hierdie aarde uitgewis. Soos hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY op aarde. Almal van julle werk julle eie verlossing uit met vrees en bewing want julle siele weet waarheen julle sal gaan. Julle herhaal slegs wat alreeds gedoen is.

Julle sien hierdie predikers langs die pad val. Julle sien hulle verraai die skape en die lammers. Julle sien hulle verkondig ‘n ander evangelie as wat EK beplan het. Maar soos hulle MY nou verraai, so het hulle MY toe verraai. Want EK vertel vir julle iets in Waarheid wat julle nie geweet het nie en Elisabeth (Elisheva), selfs nou sukkel jy om nou hierdie Woorde uit te spreek, maar daar nie soiets soos ‘n nuwe siel nie. Want die hele aarde en al die tye van die aarde was gevul met ou siele. Dit is hoekom EK die getal hare op elkeen van julle hoofde ken. Dit is hoekom EK elkeen van julle se name ken, of dit vriend of vyand is. Dit is hoekom EK weet toe EK MY Bruid op aarde gekies het, het EK alreeds geweet wie lojaal was in die Hemel. Dit is hoekom EK weet en EK vir Jeremia laat weet het terwyl hy in sy moeder se skoot was, soos wat elke dag van sy lewe opgeteken was, het EK geweet dat EK hom as profeet georden het want EK het geweet wie EK kan vertrou.

Pasop! Pasop! Pasop! Pasop! Pasop o Skape en Lammers van MY,vir hulle wie hulself oppof met roem en rykdom en julle luggowe vul. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop vir hulle wie weier om die Boodskap van bekering te preek, wie nie ‘n lewe van bekering lewe nie, wie weier om ‘n lewe van Heiligheid te leef, wie weier om die sondaars te waarsku teen sonde. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop, o Skape en Lammers! Want hulle is nie MYNE nie en soos hulle MY vantevore verraai het, so verraai hulle MY nou weer! O gulsige pastore, julle weet julle behoort nie aan MY nie! Julle is ‘n klug! Julle is ‘n vervalsing! MY GEES is nie in julle nie! EK het die name voorheen deur hierdie Bediening genoem! En daar is so baie meer wat EK nie genoem het nie. Maar hou hulle dop, o Skape en Lammers. Het hulle hulle siel verkoop soos ‘n goedkoop hoer net om die belastingvrystellingstatus te kry? Pasop, MY Skape en Lammers, vir hulle wie probeer om al die godsdienste saam te voeg as een! Vir die Een Wêreld Godsdiens! Daar is maar net een YAH. Julle het net EEN SKEPPER. YAHUVEH is SY Naam. Ander spreek dit uit as YAHWEH. Maar daar is maar net EEN. Daar is maar net EEN MASHIACH. MY Naam is YAHUSHUA. Noem MY YAHSHUA. Maar moenie die Naam YAH uithaal en dink julle hoor van MY GEES nie.

Julle wie julself Messiaanse Jode noem, julle doen so baie dinge reg maar waar julle ‘n kompromie aangaan en julle nie langer MY lig het nie, het julle die Naam YAH uit MY Naam gevat om die Ortodokse Jode te paai want hulle ken die SKEPPER se Naam. Hulle glo die Rabbies se leuens. Maar lees jul eie Torah. Lees die Bybel. Hoeveel maal is dit geskrywe, “In MY Naam, sal julle duiwels uitdryf. In MY Naam, sal julle hande op die siekes lê,” slegs in MY Naam. Sê die Bybel nie dit nie?

En in die Torah, in die Tanakh hoeveel maal sê dit, “In YAHUVEH se Naam”? Wat sal julle met Psalm 91 doen, julle Ortodokse Jode? Julle lees so getrou die Torah en die Tanakh maar julle neem die krag weg wanneer julle nie julle SKEPPER, julle BESKERMER se Naam noem nie. En julle het geen beskerming wanneer julle nie MY Liggaam en MY Bloed aanvaar nie want EK is die Eniggebore SEUN van ABBA YAHUVEH. EK is die Eniggebore SEUN en MY MOEDER word genoem die RUACH ha KODESH. SY is MOEDER van WYSHEID.

Die tyd is nou so kort. Die lammers word oornag skape. EK stort MY Waarheid uit. EK laat hulle opgroei want daar is nie meer tyd om langer babas te bly nie. EK vereis Heiligheid meer as ooit tevore want boosheid woed oral rond. EK kyk vir die sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY VADER op hierdie aarde neerkyk. Kyk, hulle wie aan MY behoort sprankel soos die helderste edelgesteente, soos MY lig op hulle skyn. Maar waarlik, julle is in en word omring met die vullis (feces) van onmenslikheid. En EK soek vir die sprankel van die edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en EK kan selfs vanuit die Hemel die meer kosbaarste van MY juwele waarneem. Dit is almal van julle wie MY eerste in jul lewens en jul liefde plaas, wie daarna strewe om te alle koste te gehoorsaam. Wie satan bestraf en hom laat verstaan hy het geen deel aan julle nie. Julle is MY kosbare juwele.

O die stank, die stank, die stank wat van die aarde af kom! O die stank, die stank, die stank van menslikheid, omring deur onmenslikheid! Selfs MY eie Heilige engele roep uit, “Kan ons nog nie weggaan nie?” Maar hulle is soontoe gestuur om diegene te beskerm wie se name in die Lam se Boek van Lewe opgeskryf gevind word.

Sommige van julle het julle grootste gevegte in jul eie huise. Julle kom op elke manier oor die weg met julle gades behalwe wanneer dit kom by die Waarheid van wat EK sê. Dit is julle toets. Dit is julle beproewing. Wie sal julle meer liefhê. Wie begeer julle om meer te behaag? Wie sal julle gehoorsaam? Sal julle na die woorde luister wat hulle sê? Of sal julle die Woorde gehoorsaam wat EK sê? Wat is die prys van jou siel? Want as julle nie nou hierdie besluit maak nie, waarborg EK julle, julle sal nie die regte besluit in die komende Groot Verdrukking maak nie. Dit is jou siel. Watter vrou, watter man is jou siel werd? EK het MY Liggaam en MY Bloed gegee. EK het weer opgestaan uit die dood vir almal om te sien dat satan nie oorwinning oor MY het nie. Sodat julle nie langer ongelyk gebind hoef te wees nie.

Dit is die Woorde wat EK jou vandag laat sê. Jy het gesê, “Gee my iets om U Skape en Lammers mee te voed.” Elisabeth (Elisheva) dit is wat EK wil hê jy moet sê. Dit is wat EK wil hê jy moet skryf. Dit is wat deur Katherineyah oorgeskryf moet word. YAHUSHUA se Demon Stompers, o MY kosbare Kleintjies, Intersessor Gebed Vegters, Heilig voor MY! O julle sukkel net soos enigeen. Versoekings kom van links en regs na julle toe. Maar julle weet om die wapenrusting van Efesiërs 6 aan te trek. Julle weet om sterk te staan in MY Naam deur MY Bloed. Hierdie is ‘n Bediening wat EK vir julle gegee het om magtige gebedsvegters te wees! Skilddraers om Amightywind Bediening te bedek, om Elisabeth (Elisheva) te bedek, om mekaar in Waarheid te bedek.

Ervare vegters kom na vore! Sluit aan by hulle in die gevegslinies. MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH kom na vore! Sluit by ons aan in die gevegslinies! Want daar is oorwinning. Hoe meer julle verlossing nodig het, hoe meer julle seën nodig het, hoe meer julle genesing nodig het, hoe meer julle vergifnis nodig het..... hoe meer, hoe meer, hoe meer, moenie jul enigste wapen verwerp nie, dit wat julle nagmaal (communion) noem. En EK sê vir julle, moenie dit met ‘n sondige mond, ‘n sondige hart neem nie, bely voor julle dit doen en belydenis is nie eenvoudige woorde wat oor lippe kom nie. Belydenis is wegdraai van dit wat julle weet boos is! Want EK is getrou en EK is eg en wanneer julle julle hart vir MY gee en julle lê hierdie belydenis voor MY, sal EK julle vergewe. En die van julle wie hier lees en hierna luister, julle het nog nie julle lewe vir MY gegee nie, maar julle kom hier en julle lees die Woorde wat EK deur hierdie Profetiese “Ringmaiden” uitspreek, EK herinner julle hieraan, moenie wag tot julle volmaak is nie. Moenie wag tot julle dink, “O nou is ek Heilig nie”. Want dit kan nie so gebeur nie.

Eers aanvaar julle MY as julle MASHIACH. Eers vra julle vergifnis vir julle sondes. Eers vra julle MY om MY lewe in julle te lewe, om die bose begeertes in julle weg te neem, om julle met MY gestorte Bloed skoon te maak en dan maak EK julle skoon. Dit is soos ‘n baba wat gebore word. Wanneer daardie baba uitkom, is dit oordek met die liggaamsvloeistof van die moeder. Dit moet afgewas word. Dit moet geslaan word voor dit asemhaal. Asem in o kleintjie, kom na MY toe. Laat EK hierdie wêreld se sonde van julle afwas. EK kasty diegene wat EK liefhet sodat julle in MY kan asemhaal, sodat MY Gees in julle kan lewe, die RUACH ha KODESH in julle kan lewe.

MY kosbare, kosbare, kosbare kleintjies. EK begeer, EK begeer, EK begeer om julle te verlos. Moenie, moenie, moenie toelaat dat hierdie wêreld julle vertel daar is nie so iets soos sonde nie, want sondaars kan nie die Koninkryk van die Hemel beërwe nie. Maar sondaars wat vergewe is kan. Kom na MY toe amal wat vermoeid en belas is met die sorge en die laste en die sondes van hierdie wêreld. Gee dit vir MY want EK sal vir julle rus gee. Elisabeth (Elisheva), hierdie is die Woorde wat EK wil hê jy moet vandag, op hierdie Sabbat sê.

Sê vir hulle die Tien Gebooie bestaan nog. Geskryf deur ABBA YAHUVEH se eie vurige hand. Hulle is op ‘n tafel van klip geskrywe, nie geskryf op ‘n papier of ‘n rol om uitgevee of verander te word nie. Wat toe sonde was is nou sonde. En pasop vir enige leier wat vir julle iets anders vertel. EK het meer te sê maar dit sal op ‘n ander dag wees want die Heiliges sal Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word en wie wie is in Hollywood is waarlik wie is wie in die hel. Moenie die maniere van hierdie wêreld naboots nie want alhoewel julle in hierdie wêreld is, is julle nie deel van hierdie wêreld nie.

EK het meer te sê maar die Woorde wat EK te sê het, sal nie vir die wêreld wees om te hoor nie. Dit is vir julle vyf. O MY geliefde Kleintjies, julle het ‘n “Passover” nodig. Diegene wat hierdie Woorde lees, diegene wie hierdie Woorde sal hoor, julle het ‘n “Passover” nodig. Julle het nodig om van julle laste verlos te word, van julle vyande. Maak nie saak hoe ‘n nederige “Passover” julle doen nie, doen dit net. Erken net die feit dat julle ‘n “Passover” nodig het. Julle het ‘n nuwe begin nodig. Julle het wonderwerke uit die Hemel nodig. Julle het verlossing van die vyande se hande nodig want EK waarsku julle, julle grootste vyande is julle eie regerings en julle eie land. EK waarsku julle hieroor. Amerka, julle is gedoem. EK het dit weer en weer en weer en weer geprofeteer. So Amerika, EK gaan vir julle ‘n leier volgens julle hart gee. Julle is ‘n afknouer/bullebak. Julle is brutaal. Julle was eens so geseënd en nou is julle ‘n vloek vir MY en almal wie in Amerika se voetspore volg, al julle nasies, EK praat deur hierdie Profetiese Diensmaagd, sodat julle ‘n vloek voor MY sal wees. Sodat julle ‘n vloek voor MY is. EK het jou gewaarsku Kanada, moenie in jou suster se voetspore volg nie. Maar jy het jouself verkoop, O Kanadese, die regering van Kanada het hulself vir die prys van goud verkoop. Omhels nou immoraliteit, omhels die gees van ateïsme.

O Engeland, O Verenigde Koninkryk, daar is niks verenig aan jou nie. Jy het eens vir moraliteit gestaan, daar is niks moreel meer oor jou nie. Julle laat julle politici toe om alles te omhels wat EK verafsku.

Julle Heiliges wie in Amerika sit en julle sê vir die eerste keer is daar niemand om voor te stem nie, EK het alreeds vir julle die enigste kandidaat gegee wat gestaan het vir moraliteit en sy naam is Ron Paul. So, selfs al sou jou stem nie tel nie, plaas jou stem in die Hemel. Skryf jou stem op aarde, die van julle wat kan. EK ken julle hart. Maar moenie ‘n kompromie aangaan nie. Obama is ‘n afskuwelikheid voor MY. EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê.

John McCain is die seun van Kain. EK het dit eenmaal gesê, EK sê dit weer. Hillary Clinton, jou siel is so swart soos swart kan wees. Daar is nie ‘n minder bose een wat vir president staan nie. Almal van julle in boos in MY oë. En die enigste hoop wat daar was, wil die media nie eers aandag aan gee nie. Julle sien, EK het altyd ‘n volk en hulle is die verborgenes. Ag hoe min Regter Roy Moores het EK, want hulle wil nie praat soos hy doen nie. Amerika, ag hoe anders kon dit gewees het as die een wat julle Regter Roy Moore noem, julle president kon wees, maar daar is geen begeerte meer vir moraliteit of Heiligheid nie en dit gaan van die een nasie na die volgende!

EK het deur hierdie Diensmaagd van MY geprofeteer, wat in die minderheid was, sou in die meerderheid gewees het as julle nie hierde sonde beveg het nie en kyk nou na die gees van homoseksualitteit, waar het dit nog nie ingesypel nie want julle glo ‘n leuen. EK het lank gelede vir hierdie Diensmaagd van MY gesê, in die begin was dit Adam en Eva (Adam and Eve), dit was nooit Adam en Steve nie (Adam and Steve). Dit moes nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit so gewees het nie en daarom sal die swart bloed plaag losgelaat word (boiling black blood plague). Julle het nou nie meer lank nie. Almal wat hierdie gees van homoseksualiteit vryspreek, of wie stilgebly het en gesê het, “Laat hulle net hul eie ding doen.” Julle sal ‘n plaag beleef (sufferrr) soos geen ander nie! Hulle wie aan hierdie afskuwelikheid voor MY deelneem, julle sal swaaaaaarkry soos geen ander nie! En dié van julle wie weet dit is verkeerd, selfs al behoort julle nie aan MY nie, julle het wegvlug van hierdie sonde af en dit sal nie op julle kom nie. Praat nou uit! Terwyl julle nog ‘n stem het! Julle pastore wie die homoseksualiste omhels het sodat julle hulle nie hoef te konfronteer nie, wag en kyk wat EK aan julle gaan doen, want julle sal deel hê in dieselfde plaag! (Dream of Boiling Black Blood Plague)

Diegene wie aborsies omhels het, nie teen dit gepraat het nie, pastore, julle wie julle selfs leiers noem en nie MY leiers is nie, julle sal die pynnnnn van daardie baba voel. Julle sal hul geskree vir ewig in julle ore hoor terwyl dit soos julle eie vel voel wat in daardie soutoplossing gebrand het. Dit sal voel asof julle liggaam uitmekaar geruk en losgemaak word. Dit sal voel asof julle koppe afgekap word. Julle het nie ‘n idee wat EK met julle gaan doen nie! Julle moeders wie julle babas aborteer, julle het geen verskoning voor MY as julle nie berou het oor hierdie gruweldaad nie. Die bloed sal nooit van julle hand afkom nie! Want die geskree van die ongeborenes eggo in die Hemel se ore en alhoewel hulle veilig huis toe geneem word, wil hulle steeds oordeel hier onder hê. Dit is wat gedeeltelik van gepraat is wanneer julle in die Bybel lees dat die siele onder die altaar wil oordeel hê en hulle roep uit en hulle sê, “Hoe lank nog? Hoe lank nog?” (Open 6:10). Hierdie is nie net die martelare wat hulle lewens neergelê het vir MY nie, hierdie is die ongeborenes wat gebore sou word en wie Heilig voor MY sou wees. Dit is wat EK in die geheim vir julle vertel wat ander profete nie van praat nie. Dit is julle vars manna uit die Hemel. Kou nou aan dit wat EK vandag vir julle gesê het.

En almal van julle, almal van julle, almal van julle wat luister, almal van julle, almal van julle, almal van julle wie ontvang, moenie vergeet julle het ‘n “Passover” nodig nie en vir so baie van julle, as julle maar net die eenvoudigste kan doen sal EK dit eer terwyl nog ‘n “Passover” naderkom.

Julle georganiseerde kerke, EK lag vir julle. Julle het MY Opstanding voor die ‘Passover’. Geklike, geklike mensgemaakte godsdienste. Geklike, geklike mensgemaakte godsdienste, hoe baie siele is hel toe as gevolg van julle? Maar EK sê weer, EK sal nie een verloor wie se naam geskryf gevind is in die LAM se Boek van die Lewe voor die grondlegging van hierdie aarde nie.

Geen ander planeet het ‘n VERLOSSER nodig nie behalwe een, die planeet waarop Lucifer neergewerp is. Dink daaroor, want julle loop bo op die hel. Dink daaroor. Want satan strewe daarna om die aarde so na aan die hel te maak as wat hy kan, om julle na sy beeld te vorm. Dink daaroor. En loof MY, want as EK nie daardie prys op Golgota gegee het nie, waar sou julle wees?

Vir die van julle wie nie aan hierdie Bediening deur wie EK praat, geskryf het nie, julle het geweet, julle het geleer, julle het die Woorde ontvang wat EK gespreek het, julle lewens het verander! Julle begeer Heiligheid waar julle gewoond was om sonde te begeer, waarvoor wag julle? Hoekom het julle julself nog nie voorgestel nie? Hoekom het julle nog nie deel geword van die Heilige vegters op die muur nie? Het EK nie lank gelede deur hierdie “Ringmaiden” van MY, gesê,”Daar is nie meer eensame swerwers (lone rangers) nie”. Julle het mekaar nodig. Glo MY. satan se bruid is voltooi. Julle kan van een punt van die wêreld na die ander punt gaan en julle sal hulle vind. Sy netwerke is oraloor versprei. EK gebruik hierdie Bediening om MY Heilige Bruid bymekaar te vergader want hulle is Heilig voor MY. Waarvoor wag julle? O julle sê, “Ek het eenmaal vir hulle geskryf, maar hulle het nie teruggeskryf nie.” Sien, EK hou tred. Waarvoor wag julle?

Einde van Woord

Elisabeth (Elisheva): Dank U YAHUSHUA. Dank U. Wat is die datum vandag?

[12 April. Het begin om 2.40 nm. Geëindig om 3.40 nm.]

Elisabeth (Elisheva): Sjoe, dit is Sabbat! Saterdagmiddag en ek was besig om te bid. EK het wakker geword besig om te bid en ek het geweet daar was ‘n Woord aan die kom en ek het aanhou wag en wag en wag vir die Woord en ek het die duiwel bestraf en HOM geprys en toe, meteens het HY die Woord gegee, “Gehoorsaam MY, en hou nagmaal.” Ons het nog nie eers by die nagmaal uitgekom nie, en die Woorde het na vore gekom! So ek kon hoor en dit is al wat dit was en dit is hoe dit begin het. Totaal onverwags. En ons loof U YAHUSHUA ha MASHIACH en op hierdie datum het U U Skape en Lammers gevoed. EK weet die skape en die lammers het vir so lank sonder dit gegaan en ek weet hulle het ‘n Woord nodig gehad en ek het gebid vir dit en HY het nie deur my gepraat totdat ons gehoorsaam het en ons daardie nagmaalbrood en wyn in ons hande geneem het nie, en dit is ‘n les in gehoorsaamheid. Dit is al wat ek te sê het. Soos ons uitsien na ons “Passover” Dag wat soos geen ander “Passover” gaan wees nie, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Amen.

Aanvallend vir die Meeste, Verligtend vir Ander

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

As hierdie Profesie ‘n seën vir jou was epos my asseblief en laat my weet.