Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Tetzaveh / Jy Sal Beveel, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 64, 108, 142;

Eksodus 27:20-30:10;

Esegiël 43:10-27

Matteus 5:13-20




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA, jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


26 Februarie, 2021


Profesie 64, Sê Vir My Kinders Om Te Vlug Uit Die Kerke Van Babilon!

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 16 Oktober 2002

Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu).

*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Ek doen dit omdat ek meer vrees het om YAHUVEH of YAHUSHUA aanstoot te gee as om julle aanstoot te gee. Ek doen dit omdat ek julle waarlik liefhet en julle in die Hemel wil ontmoet. Vergewe my hierdie is langer as gewoonlik, maar ek kan nie die RUACH ha KODESH sensor nie. Vir diegene wat my en hierdie bediening liefhet vra ek om ons asseblief te bedek in jul gebede en vas. Stuur asseblief vir ons ‘n e-pos en laat weet ons dat julle dit doen. Hierdie profetiese boodskap is bedoel om gedeel te word en veral met julle Pastore. Ek beskik ook oor ‘n Pastorale lisensie en as ek nie die waarhede in hierdie boodskap geken het nie sou ek nie die een gestenig het wat hierdie boodskap aanstuur nie ek sou daardie persoon bedank het. Dit neem ‘n nederige Pastoor om te aanvaar dat hy verkeerd was en om die Sondag Aanbidding te verander na Vrydagaand of Saterdag oggend of middag.

Terwyl ek op die foon was met ‘n Suster in YAHUSHUA genaamd Carol het hierdie profetiese boodskap heel onverwags na vore gekom. YAHUVEH roep weereens SY mense uit die georganiseerde Babiloniese kerkstelsel. YAHUSHUA sal nie weer kom alvorens SY kinders en die Bruid begin om gehoorsaam te wees nie. Kom nou uit o magtige Krygers van YAHUSHUA. Oordeel begin by die huis van die Here God YAHUVEH. Katolieke Kerke is deel van die georganiseerde Babiloniese stelsel. Dit is die Katolieke Kerk en Konstantyn wat die mens gemaakte Sabbat gemaak het wat Sondag is. As jy dink dit is nie belangrik nie sê dit dan vir my nádat jy geluister het na die nuutste profesie.

SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!
Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

16 Oktober 2002

(Elisabeth [Elisheva] Bid) Ek pleit die bloed van YAHUSHUA oor hierdie luggolwe. Ek weet dat dit so bedoel was dat ek vir Carol moes bel, Vader want ek weet nou Vader dat U die profetiese salwing wou aanwakker binne my. O Vader God YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ons dank U net en ons loof U op hierdie oomblik terwyl ons nou vergader in U Naam op hierdie oomblik in die Naam van YAHUSHUA. (Begin bid in Hemelse Tale hier deurgaans bemiddelend)

Ons bestraf en bind jou satan op hierdie oomblik weg van ons af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. EK bestraf en bind elke leuen-en-misleidende gees weg van my af op hierdie oomblik in die Naam van YAHUSHUA. Ek sal slegs die woorde voortspreek van YAHUVEH en YAHUSHUA my lippe en my tong is bedek in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ek bind my eie tong om ‘n woord uit die vlees voort te spreek in die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH. Carol ek sê vir jou die salwing is so sterk op my op hierdie oomblik dat ek skaars in Engels kan praat. Wat is dit Pappa wat U wil sê? Wat is dit?

*******

SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!

Sê vir hulle MY Dogter, sê vir hulle. Die meerderheid van die kerke is Babilon. Hulle verhonger MY baba skapies en MY lammetjies. Die pastore is niks anders nie as boos in hierdie kerke van Babilon wat MY Woorde voortspreek en tog is geen krag in hulle nie. Geen melk, geen vleis nie die enigstes wat gevoed word is die bose skaapwagters met die materiële profyt van hierdie wêreld om aan te bou aan hulle geboue reeds gebou. Om die getalle met mekaar te vergelyk terwyl hulle spog, ek het hierdie baie in my gemeente en ek het daardie baie in my gemeente maar o hoe min is gevul met MY GEES. O, MY hart is bedroef, MY Kinders!

SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!

Die wat ‘n mensgemaakte Sabbat het. O so ‘n klein oorblyfseltjie is in MY kerke. Hulle sê hulle is MY kerke en hulle behoort nie eens aan MY nie. EK het MY Mense aangesê MY ware magtige krygers om te vlug. Is MY RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) nie daartoe in staat om in hulle in te kom terwyl hulle in hul eie huise sit nie? Waarlik sê EK dit vir julle die bose het boser geword maar MY salwing het sterker gegroei in die GODDELIKES. Want demone was losgelaat en waar is die eerste plek waar hulle heengaan? Hulle vul die kerkbanke en hulle staan agter die altare, agter die podiums. Hulle staan daar opgepof in hul trots. Hulle sê ek het miljoene wat my volg. Hulle spog oor hulself op TV maar EK sê vir julle die waarheid MY GEES is nie in hulle nie.

Hardloop kinders, hardloop, hardloop, hardloop, want MY oordeel begin by die huis van YAHUVEH. Die kerke wat eens op ‘n tyd aan MY behoort het gee EK nou die instruksies vir MY kinders om te vlug. O die kleintjies hulle gaan na hierdie kerke toe net vir ‘n slukkie van die melk van MY Woord. Hulle besef nie agter die preekstoel van so baie van hierdie kerke staan daar ‘n man of vrou wat gevul is met satan se gees.
Die jeug-pastore, die aanbiddingspan-leiers, ag hoe baie is vol van satan se gees.

O EK is bedroef en EK huil vir diegene wat eers begin het om MY te volg en YAHUSHUA ha MASHIACH aanbid het, wat uitgeroep het na Jesus Christus, wat op die regte pad begin het maar wanneer moeilikheid kom en beproewing kom en hulle meer van MY salwing nodig het draai hulle na die georganiseerde kerke waar MY salwing nie gevind kan word nie, want dit is die salwing wat die jukke en bindings breek wat die gevangenes vrymaak. Maar hulle draai in plaas daarvan na ‘n georganiseeerde kerk, hulle draai in plaas daarvan na ‘n godsdiens, hulle soek MY in dooie plekke soos ‘n begraafplaas dit is wat EK hierdie seminare noem hulle is begraafplase. Maar MY magtigste krygers word nie daar gevind nie en EK stuur MY magtigste krygers om agter die klein lammetjies aan te gaan en om hulle na MY toe te lei.

So MY Kinders waarsku hulle. Gaan uit en kry MY klein lammetjies en waarsku MY skape want die bose pastore is onder MY toorn, diegene wat nie die waarheid wil preek nie, en MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor lei, diegene wat nie wil waarsku dat EK, YAHUSHUA julle MESSIAS, nie net ‘n God van liefde is nie maar ‘n God van toorn. EK was ‘n Lam net eenmaal nou kom EK terug as ‘n leeu uit die stam van Judah. Soos EK die geldwisselaars gelooi het en hulle tafels omgegooi het so sal EK dit weer doen. Maar die kerke sal nie staande gelaat word nie; die Pastore sal nie lewend gelaat word nie want EK IS jaloers vir MY lammers en MY skape.

Voor die Kristal Katedrale val, die wat deur silwer en goud gebou is sal EK, YAHUSHUA, die Skape en die Lammers uitjaag die wat MYNE is en gevul is met MY RUACH ha KODESH EK sal hulle salf vir Magtige Vegters en hulle sal die poorte van die hel afbreek in die Naam van YAHUSHUA. Hulle sal die gevangenes vrymaak in die Naam van YAHUSHUA. Hulle sal genesings doen in die Naam van YAHUSHUA.

Daar is maar net een Goeie Herder en enige pastoor wat hulle laat dink hul is die enigste goeie herder, EK sê vir hierdie bose herder wat probeer om die mense te beheer, wat vir hulle sê, doen dit op my manier en nie op julle manier nie. EK sal die bose herders doodmaak. EK sal die huise afbreek wat met hande gemaak is, gemaak met die silwer en goud wat hulle gulsig opgegaar het.Terwyl die verfoeilike tye op ons is, die verfoeilike tye op julle en hierdie wêreld is. Al wat hulle doen is om hulself te beskerm, hulle dink nie om vir enige iemand anders behalwe hulself te voorsien nie. Maar MY ware herders, diegene vir wie EK die salwing gegee het om die lammers en die skape te beskerm, wat die salwing het om hulle na MY toe te lei. Hulle het die begeerte om te voorsien en voeding en kleding te gee aan MY Baba lammetjies en skape.

Hulle het die salwing om lief te hê en om toe te laat dat die liefde van YAHUSHUA deur hulle vloei. Hulle het lief genoeg om te waarsku oor die hel. Hulle het genoeg liefde om te waarsku dat EK ‘n God van balans is. Dit is hoe jy sal weet of MY RUACH ha KODESH in ‘n herder is. Hulle pof hulself nie op met trots nie. Hulle bou nie multi-miljoen dollar kerke nie. Jy sal onderskei of MY RUACH ha KODESH inwonend is.

Maar O in hoeveel van die sogenaamde kerke, O in hoeveel van daardie sogenaamde Tempels word MY RUACH ha KODESH nie eens toegelaat daarbinne nie. Geen beweging van die GEES nie. Enige ware apostel en profeet word uitgeskop. MY RUACH ha KODESH word geblus. MY Profete het selfs permissie nodig om te profeteer. Wee oor die bose herders. Wee julle bose pastore. Julle leer vir MY Mense ‘n leuen. Julle sal nie eers vir hulle die Ware Sabbat leer nie. Julle sê vir hulle enige dag sal goed genoeg wees. Maar EK vra vir julle hierdie vraag wat goed genoeg was vir die Skepper is dit nie goed genoeg vir julle nie?

So hardloop klein Skapies en hardloop klein Lammetjies. Die wat vol is van MY salwing en MY RUACH ha KODESH, hardloop weg van die kerke van Babilon af sodat dit nie bo-op julle inmekaartuimel nie. Hardloop weg van die yskaste van die Moseleums. Sodat EK julle kan vul met MY Vuur van die RUACH ha KODESH want die kerke van Babilon sê die een godsdiens is dieselfde as die ander hulle sê vir julle God is net liefde, een wêreld godsdiens is die volgende stap na die anti-chris.

O dit is waar dat EK ‘n klein klompie kerke het, maar o so min is vol van MY RUACH ha KODESH. So min van hulle is vol van MY liefde, so min preek die waarheid, nie enige kerk op ‘n Sondag sal goed genoeg wees nie. EK praat met die mense binne-in hulle gaan nou na julle pastore toe en vertel hulle die waarheid. Herinner hulle aan die Tien Gebooie wat EK vir julle gegee het. Herinner hulle die Sabbat was ingestel vanaf die skepping toe EK hierdie wêreld gevorm het. Dan sal daardie pastoor aanspreeklik gehou word of hy die gemeente die waarheid leer.

YAHUSHUA keer terug op ‘n Sabbat. Sal julle die 5 wyse maagde wees of die 5 dwases? EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie. Daar is kwalifikasies om MY Bruid te word. O hoe bedroef is EK en o hoe huil EK oor diegene wat dink hulle is MYNE en tog is die RUACH ha KODESH die HEILIGE GEES nie eens binne-in nie. EK kyk in hierdie kerke van Babilon en EK sien niks anders as verdroogde beendere nie.

Bedrieglike Pous met sy bedrieglike septer EK kyk na een wat sit op ‘n troon, dra ‘n septer en dra ‘n kroon, vaardig sy bevele uit, word aanbid deur miljoene wêreldwyd en tog is MY RUACH ha KODESH nie binne-in nie, in plaas daarvan woon die gees van die anti-chris daar. Net soos in die tye van ouds, was lewens geëis van diegene wat hom nie wou aanbid nie, so sal dit weer wees terwyl hy ‘n verdrag met satan sluit, terwyl hy ‘n ooreenkoms maak om Israel te vat, is daar geen christus binne-in hom nie en selfs die staf wat hy dra daarvan spreek. O hoe huil EK en hoe ween EK vir die massas mense wat uitgestrek op hul aangesigte lê en aanbid by sy voete.

Kliek Hier Om te Leer van “The Significance of the Cross Held By The Pope”

Hierdie is ‘n Babiloniese geloof, die een wat die ware Sabbat verafsku. Want hierdie mensgemaakte Sabbat sal MY ware kinders vermy. Gaan na julle pastore toe en waarsku hulle as hulle nie wil luister nie, vlug dan. Want julle sal bewys het dat die RUACH ha KODESH waarlik deur julle gespreek het. Vlug weg kinders uit die kerke van Babilon want daar kom ‘n inmekaarstorting. Die Kristal Katedrale is ‘n stank vir my neusgate. Daardie pastore wat nie eers die waarheid wil praat nie, homoseksualiteit is ‘n gruwel vir MY. Aborsie is moord; seksuele omgang buite die huwelik is hoerery.

MY ware kinders verlang om MY te behaag. Wees Heilig want EK IS Heilig. Bewaar MY Woorde in jou hart. Memoriseer Psalm 91 en herinner MY aan MY Woord. Want waarlik EK kom weer en EK kom om MY Bruid weg te voer. Maar is julle lojaal, is julle getrou? EK sal nie ‘n vrou vat wat nie getrou is nie. EK sal nie ‘n vrou vat wat nie lojaal is nie. EK sal nie ‘n vrou vat wat MY nie eerste stel nie selfs al beteken dit dat dit haar lewe kos. Wees nie besorg oor wat ‘n mens aan jou vlees kan doen nie. Wees besorg oor die vernietiging van jou siel, om hel toe te gaan en die Poel van Vuur, want dit is waar die ontroues heen gaan. Dit is beter dat jou naam nooit gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie as om uitgeklad te word omdat jy ‘n ontrou vrou was.

Die bose het boser geword maar die GODDELIKES het GODDELIKER geword, hulle het meer wysheid as die bose herders wat in die kerke van sonde sit. So vlug my Kinders, vlug uit die kerke van Babilon. Diegene wat verwerp was, diegene wat uitgegooi was, die wat geïgnoreer was, diegene wat die waarheid gepraat het en die wat selfs geprofeteer het en al wat hulle gekry het was die pastoor se haat en die versmading. Diesulkes is MY ware Magtige Krygers. Dit is hulle wat EK toevou met MY arms. Dit is diegene waarin die Vuur van die RUACH ha KODESH helder brand.

Moenie meer bedroef wees nie MY Kinders diegene wat uitgeskop was uit die kerke van Babilon want julle was verwerp deur satan, nie verwerp deur YAHUSHUA julle MESSIAS nie. Julle was verwerp deur die gees van die anti-messias. So wees verheug my Kinders want dit sou nie gebeur het as MY RUACH ha KODESH nie waarlik binne-in jou was nie.

Julle is diegene wat MY stem kan hoor. Julle is diegene wat elke tree van MY wil hê. Julle is diegene wat begeer om Heilig vir MY te wees. Julle is diegene wat EK sal gebruik en groter werke sal julle doen, terwyl julle almal saam vergader, al diegene wat EK uit die kerke van Babilon uitgeroep het. Want die groot afvalligheid het alreeds gebeur in die meerderheid van die georganiseerde kerke, hulle het hulself verkoop soos ‘n hoer aan die hoogste bieër. So moenie bedroef wees nie MY Kinders wanneer EK vir julle sê om te vlug uit die kerke van Babilon nie in plaas daarvan wees verheug MY Kinders want julle hoef nie in ‘n gebou te wees om by MY voete te sit nie. EK vertel julle die waarheid MY Kinders dít is wanneer julle MY vleis sal eet.

Herinner julle pastore aan die Torah en herinner hulle die Sabbat was ingestel van die skepping af soos gesê word in Genesis. Herinner julle pastore die Sabbat is ewigdurend dit sal vir ewig wees; hierdie is in die Heilge Skrifte. EK sal nie die Sabbatdag verander vir die mens nie al was dit geskep vir ‘n heilige rus vir die ganse mensdom.

Hierdie is ‘n gewyde dag apart gestel wat nadere samesyn bring met MY ‘n dag wat restorasie bring, ‘n dag wat Heilig moet wees en apart gestel moet word van die ander dae wat julle MY dien en aanbid. EK plaas MY Seël van beskerming op my Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes wat dit doen ter herinnering van hulle Skepper YAHUVEH, en hulle enigste Verlosser YAHUSHUA.

Pastore julle word nou aanspreeklik gehou vir wat julle nou weet. Bekeer en hou op om my skape op ‘n dwaalspoor te lei. EK vergewe julle vir dit wat julle nie voorheen geweet het nie, maar nou kan julle nie langer voor MY staan en sê, “Julle het nie geweet nie.” EK sal julle pastore herinner aan die dag toe ek my Baba Lammetjies en Skape na julle toe gestuur het om julle te waarsku om die waarheid te onderrig sodat MY Kinders gereed sal wees op hulle Huweliksdag.

O MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes julle was so mislei deur wolwe wat voorgee om soos skape te lyk. Hulle het tussen julle kuddes ingesluip. Hulle verslind MY lammers aangesien die lammers nie die wolwe kan herken met die masker van ‘n skaap nie. Baie van die welbekende Pastore, Evangeliste en bevrydings-bedienaars, en baie Christene sal hulle name ken, aanbid in werklikheid iemand anders, selfs terwyl hulle die naam Jesus aanroep en tog waarlik in die geheim 33ste graad vry-messelaars is.

Hierdie bose wolwe aanbid satan en berei die lammers en die skape voor as ‘n slagoffer terwyl hulle die Heilige Skrifte lees en hulle verdraai om gelykvormig te word aan hulle beeld van hulle god en die Heilge Skrifte manipuleer verskonings maak vir hulle eie sondes. Pasop MY klein Skapies en Lammetjies! Hardloop weg van hierdie Babiloniese Pastore en evangeliste af, hulle het nie MY HEILIGE GEES binne-in nie. Hierdie bose mense het ‘n bloed-eed afgelê omdat alle 33ste graad vry-messelaars ‘n bloed-eed afgelê het aan satan, onderdanigheid aan hom sweer, selfs waag om die naam van “EK IS” te gebruik maar hulle vermy die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA en tog vrees hulle nie die naam Jesus of Christus nie.

Geliefdes dit beteken nie dat almal wat die naam Jesus Christus gebruik in plaas van MY gewyde naam van YAHUSHUA wolwe of 33ste graad vry-messelaars is nie.
Menigte van MY Kinders reg-oor die wêreld noem MY Here Jesus Christus. Moenie vrees nie, wees verseker EK weet wie MY Kinders is. EK herinner julle dat MY Heilige Skrifte waarsku oor diegene wat sal kom en sê, "Here, Here het ons nie geprofeteer in U naam nie en in U naam duiwels uitgedryf en baie wonderlike dinge gedoen nie?" En EK sal sê, "EK het julle nooit geken nie, gaan weg van MY af julle werkers van ongeregtigheid." (Mattheus 7:22-23)

Hierdie bose wolwe het die massas om die bos gelei maar pasop julle bose Pastore wat uitgesaai word op die TV stasies wêreldwyd en radiogolwe, pasop want EK word nie om die bos gelei nie, EK ken julle werke wat julle beweer om in MY Naam te doen en tog doen julle hierdie vals manifestasies onder die okkultiese kragte van satan. Julle sal maai wat julle gesaai het en dit is die hel en die Poel van Vuur. Wanneer MY Oordeel val sal dit wees asof ‘n reuse vuis julle mensgemaakte tempels platgeslaan of ingesluk het in die grond in. Verpletterende glashuise sal neerstort.

New Age Pastore julle is nie warm of koud nie en EK sal julle uit MY mond uit braak. (Openbaring 3:16) Pasop EK ken julle werke julle wil net van die Hemel praat en nie waarsku of selfs glo daar is ernstige gevolge om te sondig nie en dit is die Hel en die Poel van Vuur. Julle bose Pastore wat mense op ‘n dwaalweg lei, julle is bang om van die Hel en van die Poel van Vuur te onderrig want julle weet dit is julle volgende tuiste! Moenie mislei word nie, sê EK weer aan die Babiloniese kerke want EK, YAHUSHUA, sal julle oordeel en julle werke en julle geld en julle roem sal julle nie red in daardie komende Oordeelsdag nie. (Openbaring 2)

Julle wat satan dien en julself 33ste graad messelaars noem, julle wat julself illuminati noem daar is geen lig binne in julle nie! Die God van die skepping het die hel en die Poel van Vuur gemaak vir ‘n ander doel en dit is vir die gevalle engele en satan maar dit is julle wat daarop aangedring het om in rebellie te bly en die god van ongehoorsaamheid en rebelsheid en die anti-chris te dien julle sal die ewigheid deurbring in verdoemenis omdat julle MY Redding weier. Toets die vrugte, MY Kinders.

AS enige Pastoor nie in lyn is met MY Heilige Woord nie hardloop dan weg van hierdie Pastoor af. Die kerk is nie ‘n gebou nie; die kerk en die tempel is MY Mense wat saam vergader in MY Naam. Moenie mislei word deur roem en rykdom, deur die grootte van ‘n kerk of Tempel of gemeente nie. Moenie mislei word deur vals manifestasies wat sommige wonderwerke noem nie en tog sê EK vir julle dit is Toordery en Alchemie (chemie). EK sê vir julle dit is die okkulte wat so baie van julle kerke vul en ja, Christelike radiogolwe. Hoe lank MY Kinders, moet EK wag om te kom en MY Bruid te kom haal? EK sê vir julle hoe lank, totdat MY Bruid ophou om ongehoorsaam te wees en begin om te gehoorsaam wat hulle weet die waarheid is en begin wegvlug van die boosheid in die meerderheid van kerke wat die leiding neem. As julle MY stem hoor in hierdie profesie en nou uit die Babiloniese kerke wegvlug dan sal julle nie in die vervalste kerke sit wanneer die antichris kom in hierdie kerke en aanbid word en setel nie.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH. Moet asseblief nie hierdie boodskapper stenig nie om die waarheid te sê bedek my en hierdie bediening in gebed vir beskerming. Hierdie profetiese boodskap is slegs vir die Kinders van YAHUSHUA ook genoem Here Jesus Christus. Hierdie profetiese boodskap is vir diegene wat kan hoor met hulle geestelike ore en met hulle geestelike oë die waarheid kan onderskei wat gespreek was in hierdie profesie al die ander moenie bekommerd wees nie, hierdie boodskap was nie vir julle nie en julle is soos die bose faraoh en sal geestelik doof bly vir die woorde in hierdie profetiese boodskap.

Ek het ‘n visioen gesien terwyl hierdie woord aan my gegee was en ek het in die kerke hope dooie uitgedroogde beendere sien lê uitmekaar geraamtes op mekaar gestapel, lewe het in die dooie beendere ingekom en hulle het heel geraamtes geword springend en gehardloop terwyl vlees oor hulle beendere gekom het terwyl die waarheid oor hulle gekom het en hulle geweet het die waarheid in hierdie profesie maak hulle vry.

Ek lê hierdie nederig aan julle voor in die Naam van YAHUSHUA.

‘n Diensmaagd, Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA.

Kom YAHUSHUA kom vinnig in die Naam bo alle Name, YAHUSHUA ha MASCHIACH

(YAHUSHUA die MESSIAS)

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 12:20 na middag, 16/10/02

Deel hierdie asseblief met ander sodat die waarheid hulle ook kan vrymaak. In die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH bid ek.

So is dit gespreek, so is dit geskryf en saam bid ons; Vader God YAHUVEH dat ons waardig geag sal word om U woede te ontvlug asook die Groot Verdrukking wat gaan kom in die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH (Lukas 21:36). Om ingesluit te word in die enigste kerk wat lewendig weggevoer sal word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet soos dit geskryf is die kerk van Philadelphia genoem (Openbaring 3:7-12). Amen.



Profesie 108 Ek, YAHUVEH Sal Binnekort Die Gees Van Vernietiging Op Die Aarde Loslaat!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 15 Maart 2006 op Heilige Purim Dag teen Namiddag
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva), om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Nadat ek die Boek van Ester gelees het en toe in gebed voor die Troon van YAHUVEH saam met my geliefde suster, gegaan het, het ek vir YAHUVEH gevra of HY’n Woord het wat HY graag op hierdie Purim wou spreek. Dit is die Woord wat gespreek was.

Audioband:

Elisabeth (Elisheva): Ek hoor HOM net aanhoudend sê, EK sal praat MY dogter, maar dit is nog nie nou die tyd nie.

EK, YAHUVEH Sal Binnekort die Gees van

Vernietiging Op die Aarde Loslaat!

Want die Woorde wat EK sal spreek, sal van VUUR wees. Weet net dat julle wel voor MY skitter, almal wie in MY heiligheid en MY waarheid wandel, wie waarlik weet wat Purim verteenwoordig, waaroor dit gaan. Weet net dit, julle skitter voor MY, julle dra die fynste kledingstukke want daar kan geen fyner kledingstuk wees as die Kleed van Geregtigheid wat MY Seun YAHUSHUA om julle plaas nie. Weet net dit, soos die vyande die vernietiging van die heiliges beplan, so weet EK ook hoe EK die onheiliges sal vernietig.

Dit is nog nie nou die tyd om Woorde van VUUR uit te spreek nie MY dogter. Wees geduldig. EK gee net hierdie paar woorde van bemoediging vir jou. Dat EK, julle ABBA YAHUVEH verheug is. EK is verheug met MY geestelike Israel, hulle wie in die voetspore loop wat EK vir hulle as Heilig georden het, hulle wie se ore ingestel is op elke woord wat EK spreek. MY Kinders, MY Babas, MY Bruid, MY Uitverkorenes en MY uitverkose, julle wie nie trots is op wie julle is of wat julle bereik het nie, maar julle trots is in wat EK, YAHUVEH doen, wat EK, YAHUVEH deur MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH bereik het.

Hou net aan om te bid soos wat EK vir Mordegai die onderskeiding gegee het om te weet waar die vyande is en watter planne hulle gemaak het om die heiliges te vernietig. Bid vir onderskeiding dat EK altyd vir julle sal wys waar die vyand wegkruip selfs al is dit tussen julle. Weet net dit, enigeen wat soek om die leierskap van hierdie bediening en hulle wat deel is van hierdie bediening, te infiltreer en te verraai, hulle wat beplan om hierdie bediening te vernietig, hulle wat leuens vertel op hierdie bediening, EK sal hulle met MY eie hand vernietig, spreek YAHUVEH, net so seker soos wat EK vir Haman en sy 10 seuns vernietig het en almal wat teen diegene opgestaan het wat EK eerstehands geordineer het om veilig te hou. Julle sien in hierdie eindtye weet EK alreeds, maak nie saak wat die vyand doen nie, EK het alreeds vooruit bepaal wie EK veilig in die palm van MY hand sal hou waar geen mens hulle kan uitruk nie. Net soos in die ou dae toe EK alreeds vooruit bepaal het dat EK vir Mordegai en Ester veilig sou bewaar.

Niks het verander nie, maar wees gereed Elisabeth [Elisheva] want nog ‘n woord sal binnekort uitkom en dit sal vol van MY VUUR wees, maar weereens, dit is nie nou die tyd om dit vry te stel te nie. Weet net dit, EK, YAHUVEH, sal nooit verskoning vra vir wat EK aan Sodom en Gomorra en die ander stede wat hulle voorbeeld gevolg het, gedoen het nie en EK, YAHUVEH belowe dit, EK is op die punt om die gees van vernietiging op hierdie aarde los te laat en EK is op die punt om dinge toe te laat om plaas te vind soos wat dit nog nooit tevore plaasgevind het nie.

Maar weet dit, EK vertel dit nie vir julle om julle bang te maak nie, maar om julle weer te verseker, hulle wat waarlik aan YAHUSHUA behoort, hulle wat bedek is met MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH se gestorte Bloed, wat waarlik hulle wil en hulle lewens aan HOM oorgegee het en daarna strewe om elke opdrag vanuit die Hemel te gehoorsaam, EK gaan julle veilig bewaar. Hou net vas aan julle geloof want satan wil julle geloof hê, meer as wat hy julle lewens wil hê. So, hou styf vas aan julle geloof en kyk wat EK met die vyand doen. Kyk wat EK met hulle doen wat alles wat heilig is, wil vernietig. Kyk wat EK, YAHUVEH sal doen, want hulle lot sal baie erger wees as Haman en sy 10 seuns se lot.

Lewe elke dag julle lewe en sê, “Hoe kan ek U meer behaag, ABBA YAHUVEH? Hoe kan ek U meer behaag, YAHUSHUA my MASHIACH? Hoe kan ek U meer behaag, kosbare RUACH ha KODESH, my IMMAYAH, my MOEDER WYSHEID?” En julle MOEDER WYSHEID sal julle die wysheid gee om hierdie antwoord te weet.

Ag, hoe lief het EK julle. EK weet wie MYNE is. EK ken die name van hulle wie MYNE sal wees, wanneer hulle uiteindelikk hulle wil aan MY oorgee en die Gestorte Bloed van YAHUSHUA aanvaar om hul sondes weg te was. Maar hulle weet dit is nie genoeg nie, hulle weet hulle moet wegdraai van die bose. EK weet wie julle is.

Hierdie is die woorde van bemoediging wat EK op hierdie Purim dag van 2009 vir julle te sê het. Dit maak nie saak nie, MY kinders, moenie julleself verknies of dit hierdie dag of daardie dag is nie, want die mens het tye verander, maar EK ken julle hart. Dit vereer MY dat julle MY troon soos ‘n Ester genader het en EK hou MY Septer uit en SY Naam is YAHUSHUA, MY eniggebore Seun en EK ontvang julle en julle aanbidding en julle lof het soos ‘n soet geur na MY toe gekom. So hou aan om vir MY te skitter te midde van hierdie aardse mishoop, EK kyk uit die hemel en EK sien julle skitter en EK word geëer.

Einde van woord

(DRINGENDE WAARSKUWING: Die sprankel wat YAHUVEH sien is NIE die sprankel van die valse goudstof waarvan YAH in Profesie 32 gewaarsku het nie - Pasop vir Goudkoors Herleweing! Lees asb weer hierdie Profesie en waarsku die mense!)

Hierdie is die sprankel waarvan YAHUVEH praat. Hier is sekere uittreksels uit vorige Profesieë waar YAHUVEH gesê het SY Skatte sprankel voor HOM.

Uit Profesie 91 - John Hagee, Jy Is Gedoem, Sê EK, YAHUVEH!

MY Geliefde Kosbaarhede, die min wat EK het wat sprankel soos ‘n duur edelgesteente. EK kyk vanaf MY Troon in die Hemel en EK sien die uitskeiding (onlasting) van onmenslikheid want dit is hoe satan se kinders vir MY lyk, hope uitskeiding. Die stank reik tot aan die Hemel. Hollywood is niks anders as satan se speelgrond nie en waarlik, die hel hou “Wie is Wie van Hollywood”. Maar julle sien, EK het hierdie klein sprankelende edelgesteentes oral oor die wêreld wat MY herinner, selfs in MY woede en toorn, EK kan hulle sien sprankel, omring deur die uitskeiding oral oor. Maar julle sprankel want, MY kosbare, kosbare, kosbare Geliefde GEES is in julle en julle sprankel.

Uit Profesie 95 - YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapen, EK LEWE!

Die tyd is nou so kort. Die lammetjies word oornag skape. EK stort MY Waarheid uit. EK laat hulle opgroei want daar is nie tyd om langer babas te bly nie. EK vereis Heiligheid meer as ooit tevore want boosheid woed oral rond. EK soek die sprankeling van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader afkyk op hierdie aarde. Kyk, hulle wat aan MY behoort, hulle sprankel soos die helderste edelgesteentes wanneer MY lig op hulle skyn. Maar waarlik, julle is in en word omring met die uitskeiding van onmenslikheid. En EK soek die sprankel en die edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en selfs vanuit die Hemel kan EK die mees kosbaarstes van MY juwele aanskou. Dit is elkeen van julle wie MY eerste in jul lewens en julle liefde plaas, wie daarna strewe om ten alle koste te gehoorsaam. Wat satan bestraf en hom laat verstaan hy sal geen deel aan julle hê nie. Julle is MY kosbare juwele.

Gespreek deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)

9 Maart 2009



Profesie 142, Huil & Weeklaag, Ezra! Jy, Soos Israel, Het Bevryding Nodig Van Narcisme

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 31 Januarie 2019 | Vrygestel 4 April 2019
Profesie Volg Op Elisheva se Inleiding

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

-met Profeet Elisheva se Heilige tale soos GOD se GEES uiting gee. (Hand.2:3-4) van hemelse of aardse tale (1Kor.13:1) Elisheva spreek voort in tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor.14:6)

Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:

Soos in Alleluia (Hallelu YAH) wat beteken “Prys YAH”,”YAH is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM,”YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER YAHUSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN - (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die Openbaring van SH’KHINYAH GLORY – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jes 42:8
(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende as waarskuwing bygevoeg word vir hulle wat spot:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16


En van Profeet Caleb:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself — en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND MINISTRY – EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie

(Psalm 105:15…1Kron16;22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in Die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Inleiding van Elisheva

Hierdie was opgeneem deur audio. Hier volg die oorskrywing:

Ek wil net verduidelik waarom daar (in die video) ‘n grafiese voorstelling van ontlasting is wat veronderstel is om dit wat YAHUVEH in die Profesie gesê het te simboliseer — en dit is in verband met ‘n vervalsing [‘n vals] ‘Sions Berg’ en tog is dit net simbolies as gevolg van dit wat my geliefde man Ezra Caleb gedoen het.

Ek het Israel lief en ek is ‘n Jood net soos my geliefde man Ezra Caleb — behalwe dat hy gebore was en opgegroei het in Israel, en ek was buite Israel gebore.

So daarom is hy “Judah” van die stam van Judah en ek is “van die stam van Efraim” En toe ons getrou het, het “Judah & Efraim bymekaar gekom.”

Die Berg Sion in Israel is so pragtig, maar YAH is kwaad vir Ezra omdat hy die verskoning gebruik om die realiteit te omseil, want ek het geweier om my as sy vrou, te onderwerp, en te sê dat hy die “hoof” is van hierdie Bediening.

Ek het dit al so baie gesê, ek sal dit weer sê. Hierdie bediening sal binnekort 25 jaar oud wees [aanlyn] – 4de April en boonop nog op my verjaardag. En ABBA YAH, YAHUSHUA en die KOSBARE RUACH HA KODESH is die enigste HOOF van hierdie Bediening.

Ezra en ek is veronderstel om saam te bedien as man en vrou, as mede-leiers. Ezra het vir my ‘n boodskap getik en gesê dat sy liefde vir my nie dood is nie, maar dat hy die ‘Berg Sion’ sou gaan klim en nie met my sou praat nie, of met enige YDS, of enige iemand in die Bediening wat my nou help nie – en die YDS is die gebedsvegters.

Die einde van daardie 40ste dag, was veronderstel gewees om 25 Januarie 2019 te wees, en wat is vandag? So dit is die 20ste Februarie.

Julle kan sien dat hy gelieg het en YAH is baie kwaad in die Profesie en HY het Ezra laat weet.

Terwyl ons gebid het, het ons die woord “narcisme” gehoor en ons het nie eens geweet wat dit was nie. Een van die ander Profete het geweet [wat die betekenis is] en YAH het in die Profesie vir Ezra laat weet dat hierdie narcistiese emosionele gewelddadige optrede teenoor my, en teenoor enige iemand wat nie met hom saamstem nie en in akkoord is met my dat hy NIE die hoof van hierdie Bediening is nie.

ABBA YAH vergelyk die stank van sy optrede en al sy sonde, is soos om ‘n hoop menslike en dierlike ontlasting wat gemeng is te klim.

Ezra is nie ‘n algehele narcis nie. Algehele narciste is waarlik demonies besete. Dit is asof hulle geen hart of siel het nie. Hulle leef net om mense te vernietig, maar eers bou hulle hul op om hulle af te kraak. Eers sal hulle jou bombardeer met liefde en daarna is hulle net weg.

En die hartseer deel oor hierdie mense is, en ek het honderde artikels gelees om uit te vind waaroor dit alles gaan. Hulle wil nie ontslae raak van die demone nie en hulle sal vir seker nooit na YAHUSHUA toe kom nie want om dit te kan doen sal hulle moet bekeer.

Maar Ezra het bekeer [aanvanklik] en hy het sy lewe en liefde vir YAHUSHUA gegee ongeveer 7 jaar gelede – en nou moet hy net terugkom na die Kruis toe en daardie reddingsgebed weer bid [want hy het nie die lyn oorgesteek van verworpeling nie] – en moet bekeer met gehuil en weeklaag en verlos word van sommige demone.

YAHUSHUA het vir Ezra lief en HY wag vir my man, maar weereens wag HY om te sien of hy die daad by die woord sal voeg wat uit die hart en siel kom om te huil en te weeklaag, en ja dit sal in ‘n publieke video wees – omdat hy seergemaak het en in die openbaar dinge gesê het oor hoe ek ‘n ongehoorsame vrou is en oor hoe ek nie myself onderwerp nie.

En glo dit of nie, hy het mense weggeneem van hierdie bediening af as gevolg van sy leuens, dit alles omdat ek nie myself onderwerp nie – daardie gedeelte is waar want ek gee hom nie [die titel] van “HOOF” van hierdie Bediening nie.

YAH vergelyk die stank van sy optrede van sonde daarmee soos om ‘n hoop ontlasting te klim. Soos ek gesê het, die Profesie, dit sê menslike en dierlike ontlasting. Waarom ABBA YAH dit daarmee vergelyk, weet ek nie.

YAHUSHUA wag vir hom, en HY wag vir hom om te weeklaag, te bely en om vergifnis te vra van YAHUSHUA asook van enige iemand wat hy seergemaak het en veral van my, sy vrou. Hy het ‘n belofte aan my gemaak en dit is selfs op video op Skype, die video, “When Two Anointings Become One” – wat YAH saamgevoeg het sal niemand skei nie, geen mens sal dit skei nie.

“When the Two Anointings Become One” ‘n Uittreksel

Elisheva: En dit was die VADER se Wil, HY wil hê jy moet dit doen.

Adam: Wow.

Ezra Caleb: Ja.

Elisheva: Ons sal sy-aan-sy stap, ek sê vir jou dankie, dankie.

Ezra Caleb: Jy weet, jy weet – jy weet wat glo ek, Elisabeth (Elisheva) wat GOD saamvoeg, kan geen mens skei nie.

Adam: AMEN! Wow!

Inleiding Gaan Voort

YAHUSHUA het vir Ezra baie lief, Ezra Caleb. En Ezra weet dat net die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA by Golgota die enigste HEILIGE REIN BLOED OFFER is wat die swartste sonde kan wegwas buiten lastering, en daarvoor is daar geen vergifnis vir sondes nie.

Ons onophoudelike gebed behoort Psalm 51 te wees waar dit begin met “Skep vir my ‘n rein hart.” YAHUSHUA het gesê “EK IS DIE WEG, DIE WAARHEID EN DIE LEWE. Niemand gaan na die HEMELSE VADER behalwe deur MY nie” en dit beteken deur SY NAAM YAHUSHUA, en deur SY GESTORTE BLOED.

Daarom wou ek hierdie klein verduideliking sit onder hierdie grafiese voorstelling [wat in die video is] sodat niemand in Israel aanstoot sal neem nie aangesien dit regtig niks te doen het met die Berg Sion nie.

Dit het te doen met uiters bose mense waardeur hy [Ezra] nou omring is, en verskillende vorme van die okkulte wat hierdie idee in die eerste plek in sy kop gesit het omdat hulle ons huwelik wou verdeel – en hulle het geweet die manier om dit te doen was om in staat te wees om daarop aan te dring dat hy die HOOF van die Bediening sal wees, en ek sou nie meer die vryheid hê om te praat nie – net as hy my sou toelaat.

Dit gaan nie werk nie want my EERSTE LIEFDE is MY SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM en HY is my WARE EGGENOOT. En SY NAAM is YAHUSHUA, DIE ENIGSTE MESSIAS.

In my tale, soos hierdie Profesie gegee was, het ek nooit die woorde “My Caleb” gehad wat so maklik verstaanbaar is nie. Ek het nie die getal nie maar minstens 1000 keer, het YAH dit vir Ezra/Caleb en vir my gegee voor die nuwe Profesie voortgespreek was. Indien moontlik moet Ezra die manlike gebeds-bedekking daarvoor wees.

Omdat die Profesie voortgekom het, het YAH my steeds ‘n manlike gebeds-bedekking gegee, maar vir ekstra gebeds beskerming, het YAH, in my Heilige tale, die gesalfde woorde “MY Caleb” gebruik, dus het ek twee manlike gebeds-bedekkings gehad terselfdertyd.

Jessie, ‘n senior venoot bedienaar in Asië, het uit Taipei geskryf, toe sy die woord “Verworpeling” my hoor sê in die Profesie was daar ‘n 5.7 aardbewing wat Taiwan geskud het! YAH is woedend teenoor SY vyande!

Toe hierdie Woord omgesit was in ‘n video op 15 Februarie, het nog ‘n aardbewing met ‘n omvang van 5.0 Taiwan weer geskud as ‘n bevestiging! Dit was ook opgeneem.

Aardbewing Verslag

Apostel Profeet Elisheva Eliyahu is ‘n ware Profeet van YAHUVEH, YAHUSHUA & RUACH HA KODESH, DIE HEILIGE GEES.

Op 15 Februarie 2019, toe ek besig was om ‘n video te maak, AmightyWind Profesie Video, was YAHUVEH kwaad vir iemand, en minute later, het die aardbewing verskyn hier in Taiwan, omvang 5.0 aardbewing verskyn in Taiwan.

En toe was YAHUVEH regtig kwaad en HY het in die aardbewing gepraat. HALLELUYAH! Dit bevestig dat AMIGHTYWIND Bediening ‘n ware Bediening is van YAHUVEH, YAHUSHUA EN DIE RUACH HA KODESH, DIE HEILIGE GEES is – en Profeet Elisheva Eliyahu is ‘n ware Profeet van YAHUVEH, YAHUSHUA & RUACH HA KODESH, DIE HEILIGE GEES, IMMAYAH, HALLELUYAH! IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! AMEN!

Gebed

31 Januarie 2019

Dom: Laat ons presies weet wat U wil hê ons moet hoor, wat U wil hê ons moet doen. Ek vra dit in al U heerlikheid deur die bemiddeling van YAHUSHUA HA MASHIACH, U SEUN, perfekte LAM en ons REDDER. Amen.

Elisheva: Ek hoop hierdie is hard genoeg. Ek hoop regtig so. Goed, sal jy nou die duiwel bestraf asseblief geliefde boetie.

Dom: Ek bestraf satan, al sy demone, al die heerskappye van duisternis, al die geeste wat met hom geassosieer word in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. Wil jy hê dat ek nou in tale moet begin bid?

Elisheva : Ja.

Dom bid in Heilige Tale.

Handelinge 2: 1-4 “En toe die dag van Shavuot aangebreek het was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is elkeen vervul met die Afgesonderde Gees en het begin praat in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek”

Elisheva : Amore is liefde, [Heilige tale…] Caleb…Moshe…Liefde…Hoër (”Hi ya”)…Amore…o my. Caleb. (arbeid)…Caleb…Sober…Horrinda...Ma coyah…Ahsakayah [herhaal] Ahsakayah

Profesie Begin

KOM TERUG NA MY TOE! KOM TERUG NA MY TOE! KOM TERUG NA MY TOE!

Oh ma sah [Herhaal in Heilige tale…]

ONS, DIE HEILIGE DRIE EENHEID SÊ, ONS HUIL! ONS HUIL! ONS HUIL! ONS DIE HEILIGE DRIE EENHEID, ONS HUIL!

EK, ABBA YAHUVEH, EK YAHUSHUA & EK, IMMAYAH, DIE RUACH HA KODESH, DIE SHKINYAH HEERLIKHEID, ONS HUIL! ONS HUIL! ONS HUIL!

Maar wee jou, wee jou wanneer die woede kom! [Heilige tale…]

Jy dink jy het so baie tyd. Jy was belieg. Jy dink jy ken die tydsberekening selfs in die Bybel –julle wat die Skrifte se tye probeer bereken en sê “Hierdie kan nie gebeur voor daardie gebeur nie, dus het ons miskien nog so 10 jaar oor” en ander sal sê ‘O julle het ‘n honderd jaar, nee julle het twintig jaar, nee julle het vyf en twintig jaar” en die eindelose getalle gaan aan. [Heilige tale…]

Maar dit sê EK vir julle, IS EK nie die YAH wat tyd in MY Hande hou nie? Vir MY is daar geen tyd nie! Tyd is nie van toepassing nie! EK IS BUITE TYD!

EK kan soveel dinge laat gebeur wat julle dink in soveel jare sal wees. EK kan όf die tyd versnel soos EK julle gewys het of EK kan dit vertraag. En dit het EK bewys in die Bybel, en dit bewys in ander Heilige Skrifte.

Moet dus nie eers dink julle weet wanneer die Tyd van Smarte kom nie, die Tyd van Jakob se Benoudheid sal soos geen ander wees nie. Dit wat julle die “Groot Verdrukking” noem sal groter wees as enige verdrukking.

Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Yaakov maar hy sal daaruit verlos word.”

Julle kan dit nie eens indink nie. Daarom is dit nou die tyd! Nou is die tyd! Nou is die tyd om na MY, YAHUSHUA, toe te kom! Nou is die tyd! Moenie uitstel nie!

Vandag is die dag van redding! Môre mag dalk te laat wees! Vandag is jy lewendig! Wat as jy more dood is en jy het besluit, “Ag ek gaan net wag. Ek sal wag voor ek na YAHUSHUA toe gaan. Ek gaan wag voor ek vra vir volle bekering en belydenis van elke sonde. Ek gaan net wag.”

Wat as EK vir jou sê jy het geen tyd om te wag nie? Wat as vandag jou laaste asem is?

Jy weet nie of ‘n ongeluk vir jou wag nie. Jy weet nie watter gesondheids krisis kan gebeur nie, wanneer EK jou hart kan stop nie! Want dit is reg in die palm van MY hand!

Weet julle hoe kwaad sommige van julle MY gemaak het? En EK praat nou met diegene wat EK opdrag gegee het, wat EK aangestel het, wat EK voortbestem het [Heilige tale… “MY Caleb” “MaKah”!]

MY Caleb, kom na MY toe! STOP HIERDIE DWAASHEID! Daardie klein lammetjie wat eens op ‘n tyd so nederig was het nie geweet toe hy in Israel gebore was nie – die een wat veronderstel is om nou vir Elisheva te help en nou ‘n hindernis is, terwyl sy daar moet staan en die skande en blaam moet verduur aangesien jy weier in jou gees van narcisme en jou gees van fariseer en gees van rebellie terwyl jy daar staan en jou vuiste vir haar bal – o daardie gees van rebellie en daardie hardnekkige Jood!

Eksodus 32:9 “Verder het YAHUVEH vir Moshe gesê: EK het hierdie volk gesien en en kyk, dit is ‘n hardnekkige volk.”

Wanneer sal julle leer o Israel? Julle het die gees van ‘n narcis! Julle het die gees van arrogansie! Julle het die gees van hoogmoed!

Al hierdie dinge verag EK, sê EK, YAHUVEH, sê EK, YAHUSHUA en EK, IMMAYAH! Daardie gees van Fariseer! EK haat daardie gees van fariseer! EK haat die gees van “alwetendheid”!

JY WEET NIKS! Jy dink maar net dat jy iets weet jou geleerde dwaas!

Wat het gebeur met daardie klein onskuldige klein lammetjie wat na MY toe gekom het uit ‘n Ortodoks-Joodse familie? Wat het gebeur met daardie onskuldige een?

Ja hy was gebore in die ongeregtigheid van sondes en ja Israel julle het alles van hierdie hardnekkige-Jood en hardkoppigheid en al hierdie dinge wat EK genoem het en o soveel meer.

Hoe noem julle julself nog die “Heilige land” met die sonde wat julle toegelaat het wat julle weet EKverafsku? Die gees van groot dwalinge. Want julle dink dat julle meer is as wat julle is omdat EK julle die “uitverkore volk” genoem het.

Deuteronomium 14:2 “Want jy is ‘n volk afgesonder aan YAHUVEH jou Elohiem, en jou het YAHUVEH uitverkies om SY eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is”

Eksodus 19:5 “As julle dan nou terdee na MY stem luister en MY verbond hou, sal julle MY eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is MYNE.”

Maar selfs as ‘n uitverkore volk moes daar ‘n bloed-offer vir julle sondes gewees het – sonder die vergieting van bloed is daar geen kwytskelding van sonde nie want die eerste sonde wat gepleeg was is moord. En EK praat nie van Eva se sonde van rebellie nie.

EK praat van die eintlike [volle] sonde wat hierdie wêreld binnegekom het, waarom daar bloedvergieting moet wees vir die kwytskelding van sondes, die vergifnis van sondes. Dit is omdat Kain vir Abel doodgemaak het, ‘n regverdige man, ‘n man wat MY na aan die hart was wat MY net behaag het (Gen.4:8)

Daarom het ha satan [in Hebeeus, letterlik “die teenstander, aanklaer”] vir Kain gebruik om die vader van moord te wees, maar selfs die bloed van Abel het vanaf die grond uitgeroep terwyl dit vergiet was – net soos die BLOED VAN YAHUSHUA IN ISRAEL NOU UITROEP!

EK IS YAHUSHUA. EK IS gaan in ‘n gelykenis praat.

Die een vir wie dit bedoel is sal weet vir wie dit bedoel is, maar EK sê vir julle dit kan vir vele wees want julle sal erken met wie EK praat.

Nie alles sal op jou van toepassing wees nie maar een gedeelte in besonder sal van toepassing wees op een man van Israel, wat EK na Israel toe roep, om Israel te bereik! Maar hy kan dit nie doen met helfte van die Salwing nie!

Hy moet die volle Salwing hê en hy weet dit. Hy weet wie die ander helfte is en op hierdie oomblik werk hy met minder as die helfte!

O die dinge wat jy gedoen het! O die sondes wat so hoog opgestapel is dat dit ‘n stank is vir die Hemel! Terwyl jy jou vinger wys na Elisheva, weereens ‘n vrou, gaan EK sê, wat na MY Eie Hart is, terwyl skande en blaam na hierdie Bediening toe kom – vir diegene wat haar verraai het wat sy die meeste vertrou het! Maar sy is daar buite op die voorgrond.

Sy vat die skote van die koeëls, van die beswaddering en die skimpe. Hoekom is sy alleen? EK praat met daardie klein lammetjie wat so onskuldig na MY toe gekom het maar, tog, was dit ‘n lammetjie wat so swart was.

Hy was so verlore, maar toe hy hoor van MY, toe hy die waarheid gehoor het oor MY, YAHUSHUA, het hy alles verlaat en na die Kruis toe gehardloop- en hy het selfs gesê dat hy MY liefhet en hy het MY aanbid terwyl hy bely het – en hy het die volle gees van bekering vir MY gegee, gedink hy was selfs te vuil om skoongewas te word, maar het in geloof geglo dat EK hom sou skoonwas.

EK praat met daardie verlore klein lammetjie. Jy het weer swart geword. EK het jou skoongewas. Jy was besig om in ‘n skaap te verander. Wat het jou omgekeer en agter toe laat gaan? Terug in die Ortodoks-Joodse sisteem in?

EK roep daardie klein verlore lammetjie. EK roep die een wat gebore is en opgegroei het in Israel. EK het julle altwee uitgestuur op ‘n missie. EK het julle ‘n opdrag gegee. EK het julle aangestel. Waarom het jy satan toegelaat om jou te stop as gevolg van jou dwaasheid en narcisme en arrogansie, die gees van ‘n fariseer en rebellie, en hardnekkige Jood? [Heilige tale…]

O daardie gees van hoogmoed en narcisme, gaan EK nie nie veel langer uitstaan nie. Die gees van verhewendheid – dink jy dat jy verhewe is bo enige iemand omdat jy Hebreeus kan praat? Jy die leermeester van die Torah kan wees – in elk geval, word dit vir babas geleer selfs met heuning op die vinger in Israel, om te leer om die Woord lief te hê – selfs terwyl jy weet geen ortodokse Jood kan gered word

sonder die BLOED EN DIE NAAM VAN YAHUSHUA nie. Want die diere offers was net ‘n heenwysing na dit wat sou kom en dit was toe EK – EK YAHUVEH MY ENIG VERWEKTE SEUN gegee het, YAHUSHUA HA MASHIACH!

EK het MY NAAM (YAH) in SY NAAM gesit! HY het altyd gesê dat HY niks kon doen buiten – dit wat HY SY VADER sien doen het nie!

EK IS daardie VADER. EK IS WIE EK IS (Eks.3: 14)

Eksodus 3:14 “En Elohiem sê vir Moshe EK IS WAT EK IS . Ook sê HY so moet jy die kinders van Yisriél antwoord: EK IS het my na julle gestuur.”

EK IS YAHUVEH! En dit is MY VERWEKTE SEUN [in] WIE EK so ‘n welbehae het.

En dit is YAHUSHUA! Genoeg van hierdie “Yeshua” EK wil dit nie meer hoor nie!

Watter Bediening gaan uitstaan en voortspreek soos EK nou hierdie Profetes beveel om te doen – MY Apostel, MY Profeet, MY “Ringmaiden”, MY Bruid! Ja, sy is deel van MY Bruid! Sy is selfs meer as dit, maar EK gaan nie eens daarop ingaan nie omdat sy nederig is en sy wil nie enige van hierdie dinge herhaal nie.

EK dwing haar om hierdie dinge te sê. Want julle sien, alles wat EK opgenoem het waarvan die een wat uit Israel kom wie dink dat hy beter is as sy – dink hy hoef nie te bekeer nie, dink hy hoef nie te bely nie, wag vir haar om hom vergifnis te vra vir wat?

Vir gehoorsaamheid aan MY?!!! Vir die erkentenis dat jy net ‘n gewone mens is en nie aanbid moet word nie?!!! Dat jy nooit die HOOF van enige Bediening kan wees nie. Want as dit waarlik van YAH is, dan is dit van YAH! Wanneer dit van YAHUSHUA is, is dit van YAHUSHUA. En wanneer dit van die RUACH HA KODESH is, is dit van die RUACH HA KODESH!

Waar is jou naam in enige van daardie?!!! Waar is haar naam in enige van daardie?!!! En wee enige Bediening wat hulself vernoem het na ‘n man of ‘n vrou! Julle sal hulle inmekaar sien stort!

Net soos julle Robert Schuller s’n sien neerstort het! En EK het dit vooruit geprofeteer. EK sal dit inmekaar laat stort met MY Eie Vuis! Want geen Bediening is waardig om na ‘n man of vrou vernoem te word nie mits julle die prys betaal het by Golgota!

Waar is julle bloed wat so Heilig was om bedoel te wees as ‘n Heilige bloed offer? Daar is geen! [Heilige tale…] EK IS YAHUSHUA! [Heilige tale…]

EK, YAHUSHUA en MY VADER ABBA YAHUVEH en die RUACH HA KODESH, IMMAYAH – ONS deel ONS HEERLIKHEID met geen man en geen vrou nie. ONS is MEDE-SKEPPERS [Heilige tale…] Watter gedeelte daarvan is nodig om voor skaam te wees? Dit het al DRIE van ONS geneem [Heilige tale…] so watter skande is dit dus om ‘n mede-leier genoem te word? [Heilige tale…]

Want die dienskneg is NIE groter as die meester nie en ONS IS DIE MEESTERS! ONS is die MEESTER TUINIERS! ONS IS DIEGENE WIE die onkruid uittrek.

ONS IS DIEGENE WIE die kaf skei van die koring! ONS IS DIEGENE WIE die onkruid verbrand met die ewige vuur en dit is ONS humeur wat die hel laat aanhou brand en dit het so ‘n hoë graad van hitte bereik dat jy dit nie eens kan begryp nie [Heilige tale…]

EK praat nou met die een wat EK aanspreeklik hou.

Kom terug na MY toe! Kom terug na MY toe! Sodat EK jou kan skoon was en jou kan bad en indruk onder die GESTORTE BLOED in, MY GESTORTE BLOED, YAHUSHUA SE GESTORTE BLOED, JOU MASHIACH SE GESTORTE BLOED.

Want jy het nie net ‘n paar druppels nodig nie, jy het nodig om onderdompel te word en jy het nodig om onder MY BLOED gehou te word vir dit wat jy gedoen het. [Heilige tale…]

Kom terug na MY toe. Want EK het jou lief! EK het jou lief! EK het jou lief! Maar EK gaan jou ‘n loesing gee en ‘n loesing gee en ‘n loesing gee! Jy sal smart, op smart, op smart ken!

EK gaan dit wegneem wat jy nie wil hê EK moet aanraak nie! EK het eens gesê dat alles wat jou hand aanraak sal floreer, maar nou gee EK vir jou 1 Petrus 3: 7.

1 Petrus 3: 7 “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die guns van die lewe is- sodat julle gebede nie verhinder mag word nie:

En nou noem EK jou “man van sondes” vir dit wat jy keer-op-keer gedoen het! Hoekom luister jy [na die bose] en wie het vir jou gesê om “Op te kom na die Berg Sion”. Gaan op na Sions Berg. Sny alle kommunikasie – sny jouself af van die enigste een” wat jy weet wat jy weet wat jy weet, MY Woorde voortspreek, jou nooit op ‘n dwaalweg gelei het nie!

Totdat jy dink dit tref jou vlees! Toe het al daardie bose demone wat binne-in jou gebore was begin manifesteer. [Heilige tale…]

EK sal dit vir jou sê en EK sê dit vir almal – EK, YAHUSHUA IS DIE ENIGSTE GOEIE HERDER en MY skape ken MY Stem en hulle sal na geen ander meester toe gaan nie wat ha satan is, lucifer, wat selfs die reg op daardie naam verloor het. Want hy is geen “ligdraer” meer nie buiten in die vorm van die bose illuminati [Heilige tale…] en die “’masons” [Heilige tale…] wat hom aanbid. [Heilige tale…]

Daardie is vir ‘n ander Profesie. [Heilige tale…]

O klein verlore swart skapie, wanneer gaan jy erken dat jy weer MY vergifnis nodig het? Wanneer gaan jy daardie volle belydenis doen wat jy weet van jou verwag word?

Hoe kan EK jou gebruik Israel toe, om in ‘n nederige gees te wandel, in ‘n verslae gees, met integriteit, in volle bekering? Hoe kan EK jou gebruik om uit te spreek teen die gees van fariseer, te spreek teen narcisme, te spreek teen arrogansie, te spreek teen rebellie, te spreek teen hoogmoed?

Hoe kan EK jou gebruik o mens? EK kan jou weer was en EK sal. Want EK verlang dat jy MY Bruid moet wees.

Jy en Elisheva het ‘n werk wat EK julle ‘n opdrag gegee het om te doen. Ek het julle ‘n opdrag gegee. EK het julle aangestel voor die grondlegging van hierdie wêreld.

Dink jy – net soos EK vertel het in Jeremia 1, het EK hom gesalf en aangestel voor hy nog in sy moeder se baarmoeder was om ‘n Profeet te wees en nou sê EK dieselfde ding vir haar, EK het haar aangestel en gesalf om ‘n Profeet te wees. [Heilige tale…]

En as jy maar net sal aansluit en haar hand vat en jouself weereens verneder – dit het 7 jaar geneem om jouself te verneder, om by die Kruis uit te kom, om jou hier te kry – waar jy nou is, maar dit was nie MY Stem nie en EK praat met daardie een en hy weet wie hy is.

EK het jou NIE geroep om op te kom na [‘n vals] “Sions Berg” nie – dit was ‘n ander herder, dit was ‘n vals herder, dit was satan homself – en sê vir jou, jy sal “nie weer [met jou vrou] praat totdat jy afkom van Sions Berg nie.”

En dan lieg jy selfs [om agterna kontak te maak] bowen alles – en wie is die vader van alle leuenaars? EK vra dit vir een man. [Heilige tale…] Wie is die vader van alle leuenaars? Is hierdie jou vader? Of is ABBA YAHUVEH, wie sê dat hy nie soos ‘n mens kan wees en lieg nie.

O jy gaan ‘n loesing kry, maar dit gaan ‘n nederigheid wees. Jy het nog nooit enige iets soos dit gedoen nie. Jy het nog nooit voor enige iemand bekeer nie.

Israel, jy ken nie eens die betekenis van die woord bekering nie. Daarom gebruik EK hierdie man en EK gebruik hierdie vrou en hierdie vrou het nog net in nederigheid gewandel. Sy het nog nooit nodig gehad om met enige van daardie sondes te sukkel wat EK so pas genoem het nie – die ergste van die demone. Selfs vir moord – jy vermoor Elisheva selfs met jou tong. [Heilige tale…]

Hoekom o hoekom sal jy dit doen? EK het jou aangestel en EK het jou georden. [Heilige tale…] Wie sou vir jou so iets gesê het? [Heilige tale…] EK sal vir jou sê wie.

En sy het probeer om jou te waarsku - diegene wat mekaar sou oortref in visioene soos met 10 bladsye op ‘n slag, alles vals visioene, wat ‘n ander missie gehad het en dit was alles gestuur deur satan. Hoe kon jy anders gebluf word?

Jy wat na 600 verskillende profetiese konferensies toe gegaan het net sodat jou jeukende ore gestreel kon word, net sodat jy in ‘n ry kon staan en goeie dinge oor jouself kon hoor. Nooit ‘n bestraffing nooit ‘n waarskuwing nie – waar Elisheva nooit na een profetiese konferensie toe gegaan het nie en baie, baie, baie min mense het ooit vir haar geprofeteer.

Sy hou aan vra “Waar is die Profesieë? Waar is die Profete wat vir my kom profeteer? Ek het bemoediging nodig. Ek het nodig om te weet wat die toekoms inhou.”

In plaas daarvan hou EK net aan om dit voort te spreek deur haar mond en sy sê “ek wil dit nie uit my mond hoor nie. Rig asseblief iemand anders op.”

Val op jou aangesig! Val op jou aangesig, aan die klein swart lammetjie waarmee EK nou praat en kom en word gewas en onderdompel onder MY GESTORTE BLOED. Sodat jy weereens kan terugkeer en die werk doen waarvoor EK jou geroep het om te doen. En daar sal nie meer een wees wat daar buite staan in die voorste linies nie maar die twee sal een wees soos EK keer-op-keer geprofeteer het.

Kyk jy gaan dit όf op die maklike manier doen en jy sal dit doen want jy gaan die voorbeeld wees vir Israel – net soos jy bevry was van hierdie demone, so kan hulle ook [wees]. En hulle sal ook kom (en met belydenis en volle bekering op hulle lippe) na die Kruis op Golgota – waar EK, YAHUSHUA, hulle sal was en onderdompel onder MY GESTORTE BLOED, DIE ENIGSTE HEILIGE, PERFEKTE, SONDELOSE, PERFEKTE LAM VAN YAHUVEH.

Dit is MY BLOED VERSOENING wat julle sal skoonwas.

O, o, o, o vir daardie man van wie EK praat, of jy kan dit op die moeilike manier doen en dit sal wees soos in die tempel van die geldwisselaars (Mat.21:12) weet jy hoekom EK selfs die woord “geldwisselaars” vir ‘n voorbeeld gebruik? [Heilige tale…]

Dit sal wees asof EK weer daardie sweep opgetel het en EK sal jou kasty en EK sal sê en terwyl EK stukke van jou lyf afhaal met daardie hemelse sweep [Heilige tale…] – jy wil nie hê dat EK jou naam moet sê nie en Elisheva, jy smeek MY dat EK dit nie doen nie.

Maar hoe sou jy daarvan gehou het as EK sê [soos jy] met daardie sweep [in die hand “onderwerp jou!”] vol arrogansie?

Dit is net dat EK geen arrogansie in MY het nie! EK het veroordeling in MY wat EK nou op jou sit terwyl jy hierdie Woorde hoor, ONDERWERP JOU! ONDERWERP JOU! ONDERWERP JOU! [Heilige tale…]

Nee, in plaas daarvan wat sê EK vir jou? EK sê in ‘n sagte stem, voor EK daardie sweep op jou gebruik soos EK dit gebruik het in die geldwisselaars se tempel: Dink jy regtig toe EK, YAHUSHUA, daardie mans uit die geldwisselaars se tempels gegooi het, toe dit veronderstel was om MY VADER se Huis van Gebed te wees, YAHUVEH s’n –dink jy regtig EK het hulle net saggies teen die grond gegooi?

Vergeet jy EK IS beide VLEES VAN ‘N MENS maar EK IS GOD IN DIE GEES? Jy kan nie eens begryp hoe ver hulle die lug in geslinger was nie; hulle het deur die lug gevlieg, terwyl EK hulle met een hand daar uitgegooi het! Jy kan nie eens begryp hoe die hand voel wat getref is met MY sweep uit die Hemel nie!

Maar jy gaan as jy nie bely nie, as jy nie daardie bekering gee watter skade jy gedoen het nie. Jy het meulstene om die kleintjies gesit so jonk as een en twee jaar oud in MY, YAHUSHUA en jy het hulle verdrink in jou leuens (Mat.18:6) aangesien jy hulle sover gekry het om selfs haar naam te verafsku en haar te onteien as ‘n geestelike moeder en gesê het “Julle het net ‘n geestelike vader nodig” [Heilige tale…]

IS EK nie die EEN WIE gesê het “Moenie uitsluit nie, moenie uitsluit nie, moenie enige iemand uitsluit nie. Moet haar nie uitsluit nie. Moenie MY Profete muilband nie. Moet haar geen leed aandoen nie.”

Hoeveel keer, hoeveel keer, reëltjie doodtrek-na-reëltjie doodtrek. In die Profesieë sou hulle [doodgetrekte reëltjies wees].

Kom terug na MY toe! EK het jou lief! EK wil nie nodig hê om jou pak te gee op die manier wat EK wel gaan doen nie! [Heilige tale…] Op hierdie oomblik doen jy nie wat jy beveel was om te doen nie.

Jy is nie besig om MY te gehoorsaam op enige manier nie en tog is jy die een wat haar beskuldig van ongehoorsaamheid terwyl sy MY op elke manier gehoorsaam?! SY is eerste onder MY outoriteit! EK, YAHUVEH, EK, YAHUSHUA en EK, IMMAYAH voordat enige man ooit kan aanspraak maak op enige outoriteit!

En [jy] het net soveel outoriteit as wat jy in lyn is met MY outoriteit! Soos die Hemelse outoriteit aan jou gegee het!

Kom terug na MY toe. Erken dat jy net ‘n sondaar is. En ja, jy het ook bevryding nodig net soos Israel! Waarom dink jy het EK Efraim en Juda saamgevoeg? Dink jy, omdat Juda beter was as Efraim? Jy hét so gedink, het jy nie?

Jy het almal daarvan oortuig. En die mense in Israel dink dat hulle die “uitverkore volk” is. Dus dink hulle hulle is beter as enige iemand anders omdat MY SEUN die “KONING VAN DIE JODE” is. (Mat.2:2)

EK, YAHUVEH, sê MY SEUN, YAHUSHUA, is KONING VAN DIE JODE. [Heilige tale…] maar EK het almal gemaak wat ingeënt is in daardie WINGERDSTOK, wat MY SEUN YAHUSHUA sou aanvaar - want hulle is net die tak en HY is die WINGERDSTOK – en EK het selfs die wilde olyfbome ingeënt op die WARE OLYFBOOM [Heilige tale…] en hulle is een.

Enige iemand wat hulle sonde bely en volle bekering doen voor MY, YAHUSHUA en om vergifnis vra op hul hande en knieë en MY smeek om vergifnis vir al hulle sondes, EK, YAHUSHUA, IS getrou om te vergewe en EK sal jou weer skoonwas met MY GESTORTE BLOED. Stop net om sonde voor-af te bedink!

Stop om MY te toets! Stop om te kyk hoe ver jy MY kan dryf voor jy in die hel inval! Of [anders is] jy in die Boek van die Uitgewistes wat reeds uitgewis was voor die grondlegging van die wêreld. As jy reeds uitgewis is, is daar niks wat jy daaraan kan doen nie!

Net soos wanneer jy in die Boek van die Verlostes is, MY LAM SE Boek, die LAM SE Boek van Lewe, kan EK nie een van julle mis nie! EK sal jou kom haal, hetsy dit weggeraap sal wees in MY Arms [Heilige tale…] of jy jou laaste asemteug sal neem en jy jou oë oopmaak in die Hemel.

EK kan nie een van MY klein skapies en MY lammetjies mis nie. En geeneen sal die merk van die dier neem nie behalwe as hulle name nie geskryf staan in die LAM se BOEK van Lewe nie. [Heilige tale…]

Moet MY net nie toets nie! [Heilige tale…] EK praat met hierdie man! EK gooi jou af van jou sogenoemde. “Sions Berg” wat EK vir jou sê niks meer as ‘n hoop ONTLASTING was wat jy geklim het nie!

Jy het ‘n hoop ontlasting geklim! Weet jy dit? Dit was nie eens ‘n berg nie! Dit was nie eens ‘n heuwel nie!

DIT WAS NIKS ANDERS AS PURE ONTLASTING NIE! MENSLIKE ONTLASTING! DIERLIKE ONTLASTING! VERMENG MET DIE LEUENAGTIGE VISIOENE, LEUENAGTIGE WOORDE WAT REGUIT UIT DIE MOND VAN SATAN GEKOM HET!

WAT GESPREEK WAS UIT DIT WAT SOOS ‘N MENS LYK MAAR DIT WAS ‘N GEVALLE ENGEL IN VERMOMMING! WAT ONDER DIE ERGSTE VORME VAN DIE OKKULTE TE WERK GAAN EN TOE JY DIE VORM-WISSELAAR (SHAPESHIFTER) VOOR JOU GESIG GESIEN HET, HET JY GEWEIER OM DIT TE GLO!

Wel hoe gaan jy daarvan hou wanneer dit voor die hele internet is en die vorm-wisselaars bewys word? [Heilige tale] MOET MY NIE TOETS NIE WANT JY HET MY GROOTLIKS VERTOORN! [Intense Heilige tale…] EN HOE DURF JY SÊ, “AMIGHTYWIND.COM WAS GEKAAP. DIT IS NIE MEER ELISHEVA WAT PRAAT NIE” TERWYL ENIGE IEMAND EENVOUDIG KAN SIEN PROFESIE-OP-PROFESIE, OP PROFESIE, SAL EK SPREEK!

HULLE KEN DIE STEM! HULLE KEN MY STEM WAT VOORTSPREEK UIT HAAR! WATTER DWAASHEID JOU GELEERDE DWAAS!

JY YESHIVA [GELEERDE] – JOU GELEERDE DWAAS! WATTER GEDEELTE VAN DAARDIE ONDERWYSING, WAT JY ONDERGAAN HET, NET TERWILLE VAN EEN MAN SODAT JY HOM KON BEHAAG, GAAN JOU SIEL RED? SAL ENIGE IEMAND LEI NA DIE HEMEL TOE?

SÊ JY VIR MY! EK SAL JOU TOELAAT OM JOU SIN TE KRY. JY HET DAARDIE SKRIFGELEERDE GEWORD. HOE GAAN DIT ENIGE IEMAND HEMEL TOE LEI? WAT ELISHEVA NOU DOEN LEI MILJOENE DER MILJOENE DER MILJOENE EN MILJOENE EN ONTELBARE MILJOENE.

DIT HET VANDAT SY BEGIN HET, VANDAT SY ‘N BAIE JONG TIENER WAS –HET EK HAAR GEBRUIK – TOE SATAN HAAR EERDER ‘N BLOED OFFER WOU MAAK [Heilige tale…]

Nou is sy daar buite besig om ander daarvan te red om ‘n bloed offer te wees, te vermaan oor pedophilia, vermaan en vermaan oor “pedovore” ja kannibalisme. EK het selfs gewaarsku – EK het gewaarsku, toe EK julle selfs die eerste keer vertel het in ‘n Profesie [79] oor die Sabbatte.

EK het gesê wie [in die Sondagkerke] die vleis sou wees. Dit sal die martelaars wees vir MY, YAHUSHUA. En EK het gesê wat in die nagmaal beker sal wees en dit sal die bloed van die martelaars wees.

En nou, wat is nou anders? Wat EK geprofeteer het het reeds gebeur! O, maar o hulle doen dit in ‘n swart mis, die sataniste en die hoogste illuminatis, die “masons”.

O MY klein kindertjies, MY klein kindertjies, hoe word hulle geoffer! En sy kom na julle toe met trane, met trane smekend en soebat, “Help my! Help my! Bid vir die klein kindertjies.” Jy het jou geheime het jy nie, met die “masons.” [Heilige tale…]

O Israel jy het jou bande met die “masons” so hoog verhewe. Waar dink julle kom die god van molog vandaan? Die bloed-offer?

Waar dink julle het dit alles begin met die kinders? Hulle bloed wat gedreineer en gedrink word? [Heilige tale…] Waar dink julle het die eet van kindervlees vandaan gekom? [Heilige tale…]

Gaan terug na dit wat jy weet jy moet doen. (En vir die res van julle almal praat EK nou –julle is niks beter nie. Gaan terug na die Kruis van Golgota voor dit te laat is!) Hou op om MY te toets!

Moet nooit ‘n biologiese familie voor MY, YAHUVEH, YAHUSHUA of die RUACH HA KODESH stel nie! Nooit! Nooit! Nooit! Want hulle kan nie jou siel red nie! En moet nooit skaam wees vir ONS nie!

Jy moet bely WIE die MESSIAS is en moenie dat die anti-mashiach gees jou trek nie [Heilige tale…] en sê dat julle nou moet teruggaan Israel toe nie. [Heilige tale…] Moenie teruggaan nie [Heilige tale…] as jy nie gewas is in die BLOED VAN YAHUSHUA nie want die anti-mashiach gees is reg-oor Israel nou op hierdie oomblik.

En EK gee nie om vir die toerisme nie [Heilige tale…] of hoeveel hierdie Woorde gehaat sal word nie! Jy het die BLOED VAN YAHUSHUA nodig!

Veg teen die gees van die anti-mashiach! Die “anti-chris” is wat julle hom noem. EK noem hom die “seun van satan”. [Heilige tale…]

EK kon selfs nou op hierdie oomblik vir julle die naam gee, maar julle weet dit is nie nou die tyd nie maar die Bruid van YAHUSHUA, julle sal weet. [Heilige tale…] EK sal dit in julle gees spreek, en julle sal weet wat om te doen wanneer die tyd kom en lyk asof daar geen keuse is nie.

Jy doen dit όf op die manier van die biologiese familie – en ja, EK praat met diegene in Israel ook –of julle doen dit op MY, YAH se manier en YAHUSHUA se manier en IMMAYAH se manier. En jy bewys wie jy die liefste het.

Jy moet gewillig wees om almal op die offeraltaar te sit, hulle wat EK nie in jou lewe wil hê nie. Want het EK nie gesê EK, YAHUSHUA, kom met ‘n skeidings-swaard nie en het EK nie gekom om selfs die families te skei nie. Daardie is biologiese families. Daardie is nie die geestelike families wat MY waarlik aanbid en dien en gehoorsaam nie, wat bloed-gekoop en bloed-gewas is deur MY GESTORTE BLOED OP GOLGOTA nie. [Heilige tale…]

En weet net dat elkeen wat daarop aanspraak maak dat hulle aan MY behoort en tog ook, met dieselfde kant van hulle mond, sal sê “Moenie meer na die Profesieë luister nie. Moenie meer na AmightyWind Bediening toe gaan nie. Moenie meer luister na dit wat Elisheva Eliyahu sê nie. Want sy is oorgeneem deur ‘n bose gees omdat sy nie onder my outoriteit wil kom nie” [YAH lag…]

EK YAHUVEH lag vir jou. En jy gaan die einste klap in die gesig voel om dit te gesê het. Jy sal weet wanneer dit kom. EK gee nie om nie. Selfs wanneer jy gewas is in die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA, gaan jy steeds so geweldig gekasty word en jy gaan uitroep na … huil op, Elisheva se skouer en jy gaan huil.

En EK bedoel, jy gaan bekeer en jy sal op jou knieë wees in volle bekering net soos Moses en soos Koning Dawid gepleit het vir die lewe van sy seun by Bathsheba. En wanneer hierdie dinge met jou gebeur, soos dit nou met jou gebeur en EK alle deure vir jou toemaak.

Doen EK dit sodat jy sal sien dat daar geen prys vir jou siel is nie sodat satan nie instaat sal wees om dit te eis nie. [Heilige tale…] Want op hierdie oomblik vra hy, “Wat is die prys van jou siel?”

Hoeveel in “hellywood” wat Hollywood genoem word het alreeds hul prys gegee. Hoeveel in hierdie wêreld het alreeds hul prys vir satan gegee? [Heilige tale…] Maar in plaas daarvan sal EK kasty en EK sal tug en EK sal slaan en EK sal klap, EK sal jou baard uittrek totdat jy kaalkolle daarin het!

En jy sal weet EK, YAHUVEH, IS vertoorn! Selfs wanneer jy vergewe is. Selfs wanneer jy weer bloed-gewas is. EK kan dit nie net laat gaan nie want EK het jou gewaarsku, “Moet MY gesalfdes nie aanraak nie en moet MY Profete geen leed aandoen nie” (sien Ps 105:15; 1 Kron. 16:22).

Ek het jou gewaarsku, “Geen minagting vir MY BRUID nie!” EK het jou gewaarsku! Veral jy wat nou meer weet as die gemiddelde! Jy weet van watter man EK praat.

Jy weet want op hierdie oomblik laat die veroordeling jou letterlik sidder en bewe, “Wat is die volgende Woord wat uit haar mond gaan kom?” [Heilige tale…] Moenie muilband nie, moenie hierdie Profeet ooit weer muilband nie want EK sal so hard skree!

Daar was selfs ‘n aardbewing in Taiwan, en dit is aangeteken op die presiese oomblik wat jy die nuwe Profesie [141] hoor. Op die presiese oomblik wat jy die woord ‘verworpeling ‘ hoor waar EK ‘n waarskuwing spreek – was daar ‘n aardbewing en dit was aangeteken, en dit sal deel wees van die nuwe Profesie.

Jy kan nie keer nie - jy kan dit nie keer nie. Jy kan dit nie vertraag nie. EK het reeds die datum daar gestel. Dit is wat EK spreek in “Bone of MY Bone”, die Ouer-Bruid huweliks-seremonie. Dit is waarvan EK praat toe “YAHUSHUA’s demon stompers” in die eerste plek gebore was toe Elisheva en Aards-engel Migael –

Jy het daardie groot vlerk gehad wat bo-oor die kant van jou bed gesweef het op die datum wat “YAHUSHUA’S demon stompers” gebore was en die naam was vir jou gegee vir die nuwe Gebeds Bemiddelaars, maar moenie teleurgesteld wees nie MY jong kind, MY Elisheva, wanneer hulle kom, en hulle gaan. Sien jy nie, hulle almal – almal moet getoets word.

Is hulle waardig om “YAHUSHUA’s demon stompers” genoem te word? Is hulle waardig om die volgendes genoem te word EK sal die naam verander [na] “YAHUSHUA’s demon stompers elite” En nou hierdie een ”YAHUSHUA’s demon stompers elite,” “the best of the best.”

Moenie dit op jouself neem nie. Moenie eens begin om jouself te blameer nie. Hulle ken MY stem. Hulle weet hoeveel van die wêreld hulle wil dien. Hulle weet hoe graag hulle regtig die Bruid van YAHUSHUA wil wees. Hulle weet.

En daar is 500,000 regoor die wêreld en net wanneer jy voel asof jy so alleen is – sê EK vir jou, 500,000, selfs al bid hulle net in Heilige tale; selfs wanneer hulle nie eens die naam van hierdie Bediening gehoor het nie of selfs jou naam gehoor het nie, is hulle besig om vir jou te bid. En hulle bid vir die ander helfte van jou.

Hulle lig jou onophoudelik op en dit is waarom hierdie Profesie na vore kom.

En nou het EK ‘n broer na vore gebring wat jy vir so baie jare reeds ken en hy het jou Pastoor en Profeet genoem, maar hy was ‘n vriend soos geen ander. Daardie is ‘n man wat kan doen wat hy doen en nou staan hy, en hy bid selfs voor die Profesie omdat jy weet dat jy ‘n manlike gebeds bedekking nodig het. [Heilige tale…]

Wanneer hierdie Profesieë na vore kom gaan hulle agterkom dat ‘n stem leeg is. ‘n Stem is veronderstel om daar te wees.

En EK het nooit toestemming gegee nie, Ezra, vir jou om daardie stawwe te gaan uitdeel asof hulle lekkergoed is aan wie jy ookal wou nie. Jy weet dit. En as jy dit nie weet nie, het jy dit nie eens in gebed opgeneem en selfs gevra nie!

Nou het die verworpelinge en diegene wat in heksery is en satanisme en marine-toorkuns, hulle het stawwe. En hulle gebruik dit selfs teen die eerste een vir wie EK ooit die staf gegee het – en haar getuienis is alreeds daar.

O, die sondes, die sondes, die sondes is so hoog opgestapel! Wat jy gedoen het! Wat jy gedoen het! Wat jy gedoen het MY seun! dan wonder jy, hoekom? [Heilige tale…]

En dan, [Heilige tale…] hoekom, hoekom, hoekom? YAHSladynred, het sedert 2009 so sterk gestaan teen die vyande. En jy ken diegene wat verantwoordelik is. EK SPREEK. EK gaan hulle so laat betaal! [Heilige tale…]

Jy sien, IS EK nie dieselfde YAH WIE gesê het “Praat met die dooie bene en kyk hoe hulle weer verrys nie” (Eseg.37:4). Nou praat EK met hierdie man; en nou weet jy wie jy is; baie is reeds besig om te raai. [Heilige tale…]

Kom terug. Kom terug.

Kom weg van die Ou Verbond af. Kom terug en bestudeer die Nuwe Bloed Verbond. Kom terug! Kom terug! Kom terug! Jy dwaal te ver weg.

Jy trek aan die geestelike ribbebeen, [die verbintenis met jou vrou]. Hierdie is nie ‘n rekkie nie. Hierdie is nie ‘n toets van die tye nie – om te sien hoe ver weg jy kan gaan, terwyl jy ook aan MY verbind is nie. Jy gaan nie net van haar af weg nie jy gaan van MY af weg terwyl jy teruggaan in die Ou Bloed Verbond in.

Jy lei mense nie net om die Torah Gedeelte te lees nie maar jy laat hulle selfs die NUWE BLOED VERBOND die Torah noem. En ja, EK IS die LEWENDE TORAH. Ja, EK IS altwee – een boek –maar waarom wil jy nie meer die waarheid onderrig nie?

Waar is die onderrigting van YAHUSHUA? Waar is die onderrigting en waarskuwing oor die Hemel en die hel? Hoekom is jy bang om dit vir Israel te noem? Jy moet gereinig word met die BLOED VAN YAHUSHUA. Jy moet.

Al hierdie geeste wat in Israel is – hoe kan jy enigsins moontlik vir Elisheva help om Israel te bereik op die manier wat EK julle albei georden en bepaal en beveel het om te doen deur hierdie Heilige Bediening waaraan EK geboorte gegee het vir hierdie doel en hierdie tyd, as dit nie eerste uit jou uit gedryf word nie?!

Verneder jouself! Val op jou knieë! Kruip soos die wurm, soos Dawid was, voor MY aangesig. Hy het gesê dat hy homself verag, dit wat hy geword het.

En EK IS YAHUSHUA en EK IS getrou, en EK sê vir jou dat EK jou liefhet en EK sal nooit ophou om jou lief te hê nie. EK sê vir jou dat jou naam in die LAM se Boek van Lewe is, maar jy moet ophou!

Stop om MY te toets! Jy moet, moet stop om MY te toets! [Heilige tale…] Ek het maniere om jou te laat ly – op maniere waarvan jy nog nie eens begin het om van te droom nie.

En Ek bedoel net hier op hierdie aarde en EK praat nou met almal wat besig is om MY te toets! Wat MY wegwys, en sê ‘O ek sal YAHUSHUA aanvaar” of die een wat julle Jesus Christus noem, maar EK sê vir julle MY Naam is YAHUSHUA!

Want MY NAAM is in MY VADER se NAAM. ONS IS EEN. En IMMAYAH. Die NAAM YAH is in HAAR NAAM. MOEDER YAH is MOEDER WYSHEID. En EK weet dat die heksery dit gevat het en alles vervals het.

Daar is niks op die aangesig van hierdie aarde wat satan nie sal probeer vervals nie! EK sal vir julle ‘n voorbeeld gee. Vuur kan gebruik word, maar vuur kan gebruik word vir die goeie, om jou warm te hou. Vuur kan gebruik word om instaat te wees om jou kos te kook, maar vuur kan ook gebruik word om dood te maak, te verwoes, en ‘n huis af te brand.

Sien julle nie? Alles kan gebruik word – wat EK ooit geskape het – dit kan gebruik word vir die goeie of dit kan gebruik word vir boosheid. [Heilige tale…]

Jy het gedink om haar te muilband gaan wees omdat jy nie daar sou wees om instaat te wees om die gebed van beskerming te bid van ‘n manlike gebeds bedekking oor haar nie. EK het vir jou gesê wat EK sou doen. Ek sal altyd iemand anders oprig om daardie bedekking te wees.

Wanneer EK wil praat, gaan EK nie dat enige iets dit stop nie! En uit hierdie ganse wêreld, het EK hierdie een man gekies, ‘n broer soos geen ander broer nie, ‘n vriend, ‘n manlike vriend soos geen ander manlike vriend nie.

EK praat nie van die kinders wat haar omring nie. Hierdie moes ‘n volwassene gewees het.

Hierdie moes iemand gewees wat ‘n verhouding het met MY, wat MY behaag, wat sy beste doen – en tog maak hy nie daarop aanspraak dat hy perfek is nie, maar hierdie man wat EK nou gebruik, wat EK Dom noem, [Heilige tale…] (omdat hy nie sy naam daar buite wil hê nie – hy is nederig) – jy kan van sy nederigheid leer.

Jy kan van haar nederigheid leer, want EK het Elisheva verneder van die oomblik af wat sy verwek was. Want selfs haar eie moeder het probeer om haar te aborteer en EK het haar verberg met MY Eie Hand anders sou sy nie eens hier gewees het nie.

Haar hele lewe lank is lyding en mishandeling al wat sy geken het (totdat EK een man gebring het) om rede daar vir elke Profesie ‘n prys is om te betaal. Dink jy satan wil hierdie Woorde ge-uiter hê? [Heilige tale…]

Want kyk, selfs in die Profesie selfs nou terwyl sy in tale bid, hoor jy hoeveel kere die naam “MY Caleb” uitkom. Jy sien, dit is nie net genoeg vir hierdie een broer nie –EK gebruik jou naam ook. [‘MY Caleb” in Heilige tale…]

O my, o my, o my, o my. O wee is wee is wee. EK hou nie daarvan om MY kinders pak te gee nie, maar EK gaan vir jou dit sê.

Jy beter dit stop, en jy beter hierdie gedrag nou stop. EK gaan vir jou iemand stuur wat homself nie eens ‘n Profeet noem nie maar EK stuur hom as ‘n boodskapper. Dit is jou keuse net soos dit ‘n keuse was met Dawid toe Natan na hom toe gestuur was. Dit is jou keuse wat jy met ‘n Profeet doen.

Wanneer EK ookal ‘n Boodskapper stuur – hoef hulle nie eens ‘n amp van ‘n Profeet te hê nie, net ‘n boodskap; dit kan selfs ‘n kind wees, dit kan ‘n boodskapper wees [Heilige tale…] – dit is jou keuse hoeveel jy wil hê EK moet jou pakgee.

Hoe graag wil jy hê moet EK daardie baard van jou uittrek? Hoe graag wil jy hê moet EK daardie baard pluk en jou afgooi van dit wat jy “Sions Berg” noem en wat EK niks anders as ‘n hoop menslike en dierlike ontlasting noem nie, jy sê jy het ander saam met jou gevat?

O nee. Nee, nee, nee, nee MY seun. Hulle het jou saam met hulle gevat – leuenagtige, leuenagtige visioene direk uit die put van die hel om jou te laat dink dat jy meer is as wat jy is, ‘n gewone mens.

[Soos] wie jy is met die gees, is van die gees [m.a.w. geestelik nie letterlik nie:] Soos Elisheva die gees van Eliyahu het, maar dit maak haar nie Eliyahu op hierdie oomblik nie. Sy is ‘n vrou wat gered is en bloed-gewas is met dieselfde BLOED by Golgota soos enige iemand anders.

Die enigste verskil is, haar oor is gerig tot MYNE 24 uur per dag. As sy wakker is, is sy besig om te bid op een of ander manier, ongeag wat sy doen, sy roep uit na MY. Haar oor is ingestel op MYNE.

En tog durf julle sê – julle aanklaers – dat sy nie meer van die Hemel kan hoor nie? O! Eina! Dit gaan seer wees! Dit gaan jou seermaak!

Selfs wanneer jy by haar is, gaan dit seermaak! Selfs as jy terugkeer na dit waarvoor EK jou geroep het om te doen, gaan dit seermaak! EK gaan nie vergeet nie. EK sal vergewe maar dit is waaroor kastyding gaan. Dit is net dat jy nie in is vir ‘n kastyding nie, jy is in vir ‘n loesing!

Jy is in vir ‘n loesing. Vir almal wat dit gewaag het om ‘n oordeel oor haar te uit te roep en geroep het vir die ergste straf wat YAH vir haar kan gee! Vir elkeen wat dit gewaag het om dit te sê! Vir almal wat daarmee saamgestem het, en dit gewaag het om die NAAM VAN YAHUSHUA daar te sit, en dit gewaag het om mense te probeer wegjaag van hierdie Heilige Bediening af wat is soos geen ander op die aangesig van hierdie aarde nie! En gewaag het om ander te waarsku om weg te bly van die Profesieë af dat hulle “gemanipuleer” kon word, alles net omdat jy bang is vir wat EK nou sê.

EINA! Jy gaan seer hê!

En jy gaan skree van pyn, maar jy gaan weet dat jy elke loesing verdien wat EK, YAHUSHUA, vir jou gaan gee soos EK hulle gegee het in die geldwisselaars se tempel wat MY VADER se Huis van Gebed was, net soos hierdie Bediening is!

Dit is gelykstaande daaraan, dit is geestelik gelykstaande daaraan. Want soveel gebede kom voort uit hierdie Bediening. Dit is ook MY VADER se Huis van Gebed. Dit is MY Huis van Gebed. Dit is die onsigbare mure wat ‘n tempel sonder enige mure is.

Want dit omsluit die wêreld waar die Internet vry is om te gaan. En wanneer die boek uitkom, moet daar ‘n nuwe getuienis daar wees wat ‘n bekering sal wees, om hulle te leer hoe om te bekeer, en waarvan die persoon bevryding moes kry want hoe, o hoe, sal Israel leer as EK nie ‘n voorbeeld gee nie?

Hoe sal hulle leer dat hulle bevryding nodig het van die mees bose geeste wat EK reeds genoem het wat EK absoluut verag. EK, YAHUVEH, EK, YAHUSHUA, EK, IMMAYAH, ONS verafsku! ONS haat!

Hierdie is die bose geeste wat satan gebruik om te vernietig, te vernietig – hy kom om te steel, dood te maak en te vernietig, maar hy sal nie hierdie Bediening vernietig nie – hy sal nie die mandaat vernietig wat EK op albei jul lewens geplaas het nie – hy sal dit nie vernietig nie, maar dit beteken nie dat julle nie daarvoor sal ly nie.

As jy dit op die moeilike manier wil doen, sal EK dit vir jou op die moeilike manier gee. Dit is soos ‘n kind, en dié gaan na sy mamma of pappa toe – en die mamma of pappa sal sê, “Hoeveel houe dink jy moet ek jou gee vir dit wat jy gedoen het? En wat het jy gedoen? Ek wil hê jy moet eers bely voor ek jou dissiplineer. Wat het jy gedoen wat ‘n sonde was wat jy geweet het jy nie moes gedoen het nie my kind?”

Dit is wat belydenis is. Bekering is wanneer die kind sê, “O ek is jammer. Ek is so jammer. Ek is so jammer. Vergewe my asseblief. Ek sal dit nie weer doen nie. Vergewe my asseblief.”

Dit is die kind wat uitroep tot YAHUSHUA en EK, YAHUSHUA sal sê, “EK vergewe jou MY kind. Nou dit wat jy gedoen het – jy moet ‘n les leer sodat jy nie herhaal nie,” maar EK sal daardie sonde vat en EK sal dit sover weggooi soos die ooste is van die weste.

Maar daar is steeds ‘n straf wat daarmee sal saamgaan. Is daar nie ‘n straf vir die verbreking van enige wet nie?

So hoeveel keer moet EK jou slaan MY kind? Sal EK dit vir jou maklik maak en jou net twee houe van die sweep gee? Want jy het ‘n sweep nodig nie ‘n pakslae met die hand nie - so baie van julle wat op hierdie oomblik luister.

Want Elisheva, in haar geval, hoef EK nie eens MY Stem te verhef nie. Sy het 3 keer in haar lewe gehoor hoe EK MY Stem verhef en sy het daaruit geleer. EK hoef haar nooit pak te gee nie, maar hoeveel van julle ongehoorsame kinders wat selfs na MY toe terugkom en EK was julle skoon, sal reguit teruggaan in die mishoop in.

Grawe, grawe, grawe, grawe. Grawe, grawe, grawe in daardie ontlasting weereens. Grawe, grawe, grawe, grawe. Julle vingers weereens besmeer in daardie mishoop. En wat sê julle?

Vra julle MY vir vergifnis? Bely julle jul sondes? Gaan julle na die een toe wat julle die seerste gemaak het? Natuurlik nie. Hoekom? Omdat julle hierdie demone het en lae en lae en lae van hulle wat vir jou sê dat jy die een is wat ‘n apologie nodig het.
Dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas. So, die kind kry nou ‘n keuse. Hoeveel slae met MY sweep? Hoeveel loesings met MY sweep? Hoeveel smarte-op-smarte-op smarte en dit gaan die afsterwings wees van hulle wat gevat gaan word, maar jy het die kans om te weet dat jy ten minste Esegiel 3:17-21 gedoen het en dat jy hulle gewaarsku het.

Jy het hulle gewaarsku en EK praat nou selfs met diegene in Israel. Jy het hulle gewaarsku en julle het dit in die Hebreeuse taal gesit. Julle het hulle gewaarsku en julle het dit oorgesit in die vertaling van jul tale. Want EK het so baie vertalers opgerig, 50 [tale] en meer.

Julle het hulle gewaarsku en moenie dat die bloed op julle hande wees nie. Julle sien, al wat julle hoef te doen is om hulle te waarsku en as hulle dan in hul sonde aanhou – en hulle aanhou om MY te verloën, aanhou om MY te toets om te sien of hulle regtig hel toe sal gaan –sal die bloed nie op julle hande wees nie, maar as julle nie die waarskuwing gee wat EK gee nie, dan sal hulle in hul sondes sterf en hulle sal hel toe gaan, maar hulle bloed sal op julle hande wees.

Want jy sal altyd onthou dat jy ‘n kans gehad het om hulle te waarsku! En omdat jy so bang was om hulle vlees aanstoot te gee, het jy geweier.

So hoeveel keer? Dit is waarmee EK, YAHUSHUA, nou afsluit.

Jy sien EK wys jou ‘n kant van YAHUSHUA wat jy nie lees nie en wat jy nie sien nie, maar EK gee hierdie openbarings en EK spreek deur Elisheva. Hoekom? Want sy kan van MY hoor en EK IS in die Hemel.

En wee die een wat gesê het “sy kan nie meer van die Hemel hoor nie!” Net daar alleenlik is dit ‘n loesing op sigself!

Dit gaan voel of stukkies vlees van jou liggaam en jou siel en jou gees afkom. Wanneer die Woorde uiteindelik insink en jy besef wat jy gedoen het en jy hardloop terug na die een toe wat jy weet jy kan vertrou, nie net EK, YAHUSHUA, nie.

Jy weet o mens van wie EK praat. Moenie eens probeer om onkunde te pleit nie anders sal EK jou ‘n loesing gee daarvoor! [Heilige tale…]

Dus besluit julle kinders, wanneer julle terugkom na die Kruis by Golgota – julle afvalliges EK praat met julle. EK praat nie met julle nuwelinge nie, hulle wat diegene is wat die eerste keer van MY gehoor het.

EK praat nie met enige van julle nie. EK verwelkom julle! EK IS YAHUSHUA en EK verwelkom julle met ope arms. EK weet julle is klein verlore swart skapies. Maar EK verwelkom julle en EK soen julle en EK druk julle en EK het julle lief en EK omhels julle en EK was julle onder MY GESTORTE BLOED.

En al wat julle hoef te doen is om na MY toe te kom en te bekeer en jul sondes te bely. Dit is al wat julle hoef te doen. EK is soveel makliker met die nuwelinge. EK het julle lief! EK soen julle! EK druk julle!

Dit is diegene wat aanhou wegdwaal – wat in die wolf se lêplek ingaan, wat in die mishoop ingaan om te gaan speel en hulle vingers te besmeer terwyl hulle daarop aanspraak maak dat hulle ‘Sions berg’ gaan klim – dit is die een van wie EK die bene moet breek sodat EK die GOEIE HERDER hulle kan dra en styf vashou teen MY Bors totdat hulle leer om nie meer weg te dwaal in die duiwel se gebied in nie – en die les sal leer sodat Israel die les sal leer.

Daarom vertel EK julle dit. EK wil hierdie laaste boodskap by julle laat want EK IS YAHUSHUA. EK het julle lief. Selfs wanneer EK julle ‘n loesing moet gee. Selfs as EK julle moet kasty, pakgee, vergewe EK julle nog steeds as julle MY net sal vra.

EK sal julle steeds vergewe. Vra MY net. Bely aan MY wat jy gedoen het. Moenie soos daardie stoute kind wees wat sê, “O ek het niks verkeerd gedoen nie. Mamma en Pappa ek het niks verkeerd gedoen nie. Ek weet nie hoekom U my wil pakgee nie,” en vir MY lieg nie.

Moet dit nie doen nie. Want jy weet dat EK reeds weet wat jy gedoen het en hoe jy gesondig het – en sonde is enige iets wat teen die wil van YAH is – sonde is enige iets wat teen MY Tien Wette is wat MY VADER met SY Eie Vurige Vinger geskryf het.

En toe Moshe van Ouds die kliptafels gevat het – wat nie uit gewone klip gemaak was nie, maar die kosbaarste van die edelgesteentes, dit is waaruit dit gemaak was – en dit stukkend gegooi het op die grond, was dit sonde in MY oë (en die Vurige Vinger van ABBA YAH het dit nie weer geskryf nie, maar dit was Moshe van Ouds wat dit moes doen) maar hy het bekeer.

HY was ‘n man wat kon bekeer en hy het geweet hoe om uit te roep na MY om vergifnis, EK, YAHUVEH. En EK het hom vergewe, maar EK kon hom nie vergewe toe hy daardie rots geslaan het nie – [alhoewel] EK vergewe het sover dit die geestesryk aanbetref, maar in die fisiese ryk moes hy steeds sterf en kon nie oorgaan binne-in die beloofde land in terwyl hy geleef het nie.

Dink dus en bepeins hierdie gedagtes terwyl EK by hierdie Profesie byvoeg en dink aan die aardbewing wat Taiwan getref het. Want daar is soveel krag wanneer MY “Ringmaiden” profeteer.

En almal van julle wat probeer het om haar identiteit te steel – en selfs die naam van hierdie Bediening en neem selfs die Profesiee uit die boek en maak daarop aanspraak dat hulle joune was, en wie steel van hierdie Bediening – dit is soos om direk uit die sakke van YAH en YAHUSHUA te steel.

Beskou dit as nog ‘n loesing.

Want julle sien, EK IS die EEN WIE die houe bepaal wat EK jou gaan gee. EK IS die EEN WIE bepaal of jy net ‘n sagte teer stem van bestraffing nodig het of nie en of jy ‘n pakslae nodig het en of jy ‘n loesing nodig het.

En ‘n loesing is wat gedoen was met die sweep wat gedeeltes van MY Vlees afgehaal het, maar die hand van satan het dit gebruik en het ‘n man gebruik om gedeeltes van MY Vlees af te skeur en MY te misvorm tot waar EK skaars herken kon word as ‘n mens – en hy het binne-in ‘n man in gegaan om in staat te wees om dit te kon doen, maar EK gee nie ‘n loesing so nie en EK gee nie ‘n pakslae so nie.

EK gee jou pakslae uit liefde. EK kasty uit liefde. As EK jou nie kasty nie, dan het EK jou nie lief nie (Heb.12:6). Is dit nie beter dat EK net vir ‘n klein rukkie kwaad is nie? En dan sal EK jou in MY Arms neem en jou bedek met soene nadat jy om vergifnis gevra het en nadat jy ‘n volle bekering en belydenis gedoen het.

EK wil jou omhels so kom terug na MY toe! Almal van julle wat nou afvallig is, kom terug na MY toe! Kom laat ons die saak uitmaak! Al was jou sondes soos skarlaken, kan EK daardie skarlaken vat en EK kan jou skoner en witter was as enige sneeu.

MY BLOED wat gestort was op Golgota kan dit doen! EK sal dit doen, so lief het EK jou. EK het nie net jou plek gevat op Golgota nie. EK het soveel meer gedoen.

Die houe van daardie sweep het jou selfs gesond gemaak. EK het jou skande gedra terwyl hulle MY naak uitgetrek het en oor MY klere lootjies getrek het en in MY Gesig gespoeg het, en MY Baard uitgetrek het.

Julle weet nie eens van die marteling wat EK deurgemaak het nie – en EK sou dit alles weer oor gedoen het vir net een van julle! Een van julle wie se naam geskryf staan in die LAM se Boek van Lewe wie na hierdie aarde toe gekom het op ‘n missie vasgestel uit die Hemel en jy weet dit nog nie eens nie.

So baie sê op hierdie oomblik, “Wie ek? Het ek ‘n missie?”

Ja jy het, om ander met MY waarheid te bereik. Want hoe kan jy dit vir jouself hou? Dit is hoekom EK gesê het “Belydenis is gemaak vir redding” selfs as jy dit net aan een bely.

Moenie dwaas wees en in ‘n kommunistiese land ingaan wat jou nie sal toelaat om in staat te wees om te praat nie. Jy maak seker dat jy uitvind met watter een EK wil hê jy moet praat. Bely dit net aan iemand.

Bely dit, dat jy aan MY behoort. EK IS die enigste MESSIAS!

En pasop as enige iemand Israel toe gaan terwyl al hierdie dinge gedoen word. En wanneer die tempel gebou word, wee, wee, wee vir Israel! Die anti-mashiach gees gaan reg-oor Israel wees! Dit is waarom dit nou die dag van redding is!

Moenie eens daaraan dink om ‘n vakansie daar te neem nie behalwe as jy weet dat jy BLOED gekoop en BLOED gewas is en gehoorsaam is aan YAHUSHUA. Hierdie is nie ‘n boodskap wat Israel sal wil hoor nie, maar hierdie is ‘n boodskap wat MY kinders sal wil hoor!

En bestraf die gees van die anti-messias wat sal probeer om agter ‘n ieder en ‘n elk van julle aan te kom en julle sal laat twyfel dat EK IS WIE EK IS EN EK IS DIE ENIGSTE VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH EN EK IS DIE ENIGSTE MESSIAS, DIE ENIGSTE PERFEKTE LAM, DIE ENIGSTE EEN SONDER VLEK OF KREUKEL van enige soort sonde in gedagtes of woord of daad – en tog was EK 3 keer deur satan versoek, en tog het EK nie een keer iets anders gedoen as om Skrif te herhaal terug na hom toe nie.

En so versoek hy MY [en misluk] – hy het MY destyds versoek, hy het MY destyds versoek – hy kan MY nie meer versoek nie. Dit was net dat hy probeer het. En die liggaam van die vlees kon hy aanval en probeer om MY te versoek.

So wat laat jou dink dat die duiwel nie sal probeer om twyfel in jou te sit nie? En jou laat dink dat jy sonde kan doen soveel as wat jy wil? “Dat jy nog tyd het om te bekeer.”

Dit gee jou vlees soveel aanstoot, dat jy nie wil bekeer of bely nie. Jy wil net wag vir nog ‘n dag? Wie sê jy het nog ‘n dag?

Sommige van julle sal hierna luister en julle het nie nog ‘n dag nie. Julle beter dit ernstig opneem.

EK het daardie aardbewing laat tref vir ‘n rede. Hierdie Profesieë gaan net sterker en kragtiger word – die Woord voortgespreek deur Elisheva, terwyl sy wag vir haar ander helfte –gaan net sterker word.

En wanneer die twee weer een word, pasop wêreld! Wanneer die Profesieë kom sal jou vlees aanstoot neem, maar terwille van jou gees, verneder jouself en val op jou aangesig en huil en weeklaag – en bekeer.

EK IS getrou om jou te vergewe en daardie sondes in die see van vergetelheid te gooi, maar EK sal nog steeds diegene wat EK liefhet kasty – net soos julle wat moeders en vaders is.

As jy nie jou kinders kasty nie, dan het jy hulle nie lief nie. As jy hulle nie leer tussen reg en verkeerd nie en vir hulle sê dat daar gevolge is as hulle die reëls van hierdie huishouding breek nie, dan het jy hulle nie lief nie. Want jy gee hulle oor reg in die hand van satan.


Einde van Profesie

Elisheva: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE IMMAYAH, ek vra ook om vergifnis vir enigiets wat ek ooit gedoen het om U op enige manier aanstoot te gee – selfs vir die sonde van versuiming.

Want vandag het ek vergeet om die gebed te bid “laat daar sinkgate wees onder al die aborsie klinieke” wat U ons beveel het om te bid. En ABBA YAHUVEH ek roep uit en sê, Wat van die kinders? Wat van die kinders? Gee U nie om oor die kinders nie? Terwyl ek uitroep en ek weet dat kinders vermoor word en hulle word gemartel en hulle word tot die dood toe gesodomiseer, selfs pasgeborenes, HEMELSE VADER.

En daar is ‘n sonde wat versuiming genoem word. Versuiming beteken ons het so baie dinge om voor te bid dat – dit is hoekom niemand perfek kan wees nie.

Ons kan onmoontlik nie bid vir alles waarvoor ons moet bid nie maar ek bid vir elkeen, ‘n seën. Ek bid, HEMELSE VADER, as hulle hierdie hoor, vir diegene wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe dat hulle sal terughardloop na die Kruis van YAHUSHUA of dat hulle sal hardloop na die Kruis van YAHUSHUA as hulle nog nooit voorheen daar was nie.

En vir hulle, HEMELSE VADER, wat U so kwaad gemaak het dat U hulle ‘n loesing moet gee – bid ek, ABBA YAH in die NAAM VAN YAHUSHUA, dat hulle U net liewer sal hê en dat hulle sal uitroep en dat hulle ‘n volle bekering sal doen, veral vir die een man wat ‘n voorbeeld moet wees vir Israel. Sodat ons hulle saam kan bereik.

VADER al wat ek hulle kan leer is hoe in staat te wees om om nederig te wandel in nederigheid en ek het niks van daardie dinge wat U genoem het nie. Ek dank U en ek loof U want as dit [so] moes wees as gevolg van die lewe wat ek gely het die lyding wat ek my hele lewe lank geken het, laat dit dan so wees ABBA YAH.

Ek dank U dat U nie daardie dinge toegelaat het om in te kom nie. Want ek het U altyd gevrees vanaf die oomblik – selfs voordat ek U geken het, voor die eerste keer wat ek ‘n Reddingsgebed gebid het of ooit U NAAM geken het.

Ek het net altyd gevoel daar was ‘n – dat daar ‘n GOD moes wees daar buite wat my sou straf selfs al het ek nie eens geweet nie en ek nog nie verstaan het ten opsigte van die BLOED VAN YAHUSHUA nie. Ek het altyd geweet. Ek het altyd geweet dat daar iemand was wat ek moes gehoorsaam en dit was MY SKEPPER.

En nou bid ek vir diegene HEMELSE VADER – dat hierdie so gesalf gaan wees dat U dit bedruip met die Salwing van die RUACH HA KODESH op hierdie oomblik, dit bedruip met die olie wat direk uit die Hemel kom asook die LEWENDE WATER.

HEMELSE VADER, ek vra op hierdie oomblik, in die NAAM VAN YAHUSHUA dat die mense na U toe sal hardloop! En ons sal die Reddingsgebed daar opsit en dit sal die een wees wat ek 24 jaar gelede geskryf het.

Dit sal die een wees wat omgesit is in die Hebreeuse taal en ek dank U en ek loof U ABBA YAHUVEH dat hulle in U Arms in sal hardloop en dat U hulle sal omhels en liefhê. Terwyl hulle hul sondes bely voor U en bekeer met hul hele hart, om vergifnis vra en terwyl hulle getrou is om te bekeer, sal U ‘n ieder en ‘n elk van hulle vergewe.

En ek dank U en ek loof U ABBA YAHUVEH vir diegene wat van beter geweet het en U steeds getoets het en U getoets het en diegene wat die “geleerde dwase” is HEMELSE VADER, wat dit gewaag het om U selfs verder te toets – en aangehou het om te sondig en aangehou het om dit, wat U gesê het “goed” is, “boosheid” te noem HEMELSE VADER, dat hulle sal onthou die rede waarom hulle die prys van daardie loesing moet betaal is omdat U hulle so liefhet.

U hou hulle uit die hel uit!


En [loesing] om seker te maak dat hulle voete gegrond is op daardie vaste grond en om seker te maak dat hulle daardie missie voltooi waarvoor hulle na hierdie aarde toe gestuur was om te doen – en om seker te maak dat hulle daardie voorbeeld stel vir Israel om te weet hoe om te bekeer: om te weet hoe om te bely, te weet hoe om hulself te verneder – selfs al beteken dit dat hulle sal voel asof hulle beskaamd is en verneder was.

Ongeag wat, HEMELSE VADER, ons moet, ons moet, ons moet onderwerp aan U wil en hierdie is U wil. Daarom, in die NAAM VAN YAHUSHUA, sê ek weer, HEMELSE VADER, dank U dat U my vergewe van enige sonde van versuiming – enige sonde, enige manier waarop ek dit gedoen het, enige woord wat ek nou moes spreek wat ek dalk nie gehoor het nie, vra ek om vergifnis HEMELSE VADER.

Gebruik my asseblief. U het hierdie lippe van klei gebruik. Dit is waarvan hulle gemaak is. U het hierdie tong gevorm en U gebruik hierdie lippe om U Woorde voort te spreek.

En ek dank U dat U my nooit toegelaat het om ‘n vals Profesie te gee nie. Ek dank U ABBA YAH omdat ek U so baie vertrou. U sal [dit] nooit toelaat nie. Want my lippe is verseël met die GESTORTE BLOED van YAHUSHUA.

Ek sal eerder dat U my tong uitskeur as om my ooit toe te laat om enige van hierdie kleintjies op ‘n dwaalspoor te lei na enige ander lering buiten die lering wat die Evangelie van YAHUSHUA HA MASHIACH is – buiten die getuienis wat van YAHUSHUA HA MASHIACH is – is die enigste weg na die Waarheid en die Lewe, om na U te kom ABBA YAHUVEH, om in die Hemel te kom.

Die ander ding is DIE BLOED, DIE GESTORTE BLOED OP GOLGOTA SAL hulle sondes wegwas, maar daar is steeds vir ons ‘n prys om te betaal as ons opsetlik in ‘n ander rigting gaan as waarheen U ons gelei het.

En ABBA YAHUVEH, ek bid. Ek bid, ek bid, ek bid, ek bid dat diegene waarmee U praat, HEMELSE VADER, dat veral daardie sekere man sal besef wat hy gedoen het.

En volgende keer wanneer ek daardie gesig sien VADER, dat ek [daardie man] sal sien op sy knieë huilend en in weeklaag en dat hy ‘n gees sal hê soos Moshe van Ouds en dit is die gees van bekering!

Belydenis en bekering!

En ‘n gees soos die van Koning Dawid en dit is bekering en belydenis van sonde! Ek het nooit voorheen verstaan hoekom U gesê het dat dit ‘n gees is nie. Ek het nooit verstaan waarom U gesê het: Verrys diegene met ‘n gees soos die van Koning Dawid”. Ek het nie verstaan nie maar nou verstaan ek.

En ek bid VADER, dat Israel die voorbeeld sal volg – dat hulle sal besef dat hulle die ergste loesing en verplettering tydens die Groot Verdrukking gaan kry, die tyd van Jakob se Benoudheid genoem die Tyd van Jakob se Smarte, maar dit beteken omdat U hulle so liefhet dat U selfs weer met hulle sal trou ABBA YAHUVEH.

U gaan selfs weer met hulle trou, maar dit beteken nie dat hulle nie gaan ly nie. En hierdie wêreld sal moet ly omdat hulle alles wat U ons geleer het teëgegaan het. Want almal weet wat is reg en wat is verkeerd. Dit is letterlik binne-in ons siel geplaas.

Daarom dank ek U GELIEFDE YAHUSHUA. Ek aanbid U. U is ons MAJESTEIT. Ek aanbid U ABBA YAHUVEH. U is ons SKEPPER. U is ons MAJESTEIT. Ek aanbid RUACH HA KODESH SHKINYAH HEERLIKHEID IMMAYAH, SOETE HEILIGE GEES. U is ons MAJESTEIT.

Ons aanbid. Ons loof. Ons het U lief en bewonder U. Vir diegene van ons van wie die name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe, ons wil nie enige loesings hê nie. Ons wil nie eens hê dat U, U Stem moet verhef nie.

YAHUSHUA U het genoeg gely! Ons wil U nie meer laat ly terwyl ons skande vir U NAAM bring nie!

Asseblief, asseblief ek bid dat van al die gebede wat ek ooit gebid het, uit hierdie – vir vier-en- twintig jaar op hierdie Internet – dat hierdie die mees gesalfde gebed sal wees en dat baie miljoene in U Arms in sal hardloop terwyl dit in so baie verskillende tale omgesit word. En veral die een waarvan die baard uitgetrek gaan word, afgegooi van sy sogenoemde Sions Berg wat regtig niks anders is as ‘n hoop ontlasting nie!

Vormwisselaars! Gevalle engele [van] links na regs, so mislei dat hierdie een dink hulle is Heilig. O ABBA YAH ek roep uit! Ek roep uit! Doen iets op hierdie einste dag! Doen iets op hierdie einste dag!

En aan hulle, HEMELSE VADER, wie die verworpelinge is wat die Woorde sal vat en hulle is reeds in die Boek van die Uitgewistes. Hulle weet dit net nog nie. Hulle sal dit net vat en hulle sal die Woorde wat ek gesê het bespot.

ABBA YAHUVEH, dank U vir U wraak. U het gesê, “Die Wraak kom MY toe” (Deut 32:35) sê YAHUVEH. U het gesê “Jakob het EK liefgehad en Esau het EK gehaat” (Rom.9:13).

Ja daarom, moet ons die verworpeling haat want U haat die verworpeling en dit was Esau. En daarom, vir diegene met geeste soos die van ‘n Esau, is dit beter as jy net wegstap. Jy moes nie eers enigiets hiervan gehoor het nie. Stap net weg.

Moet dit nie byvoeg by enige van die verplettering wat jy gaan deurmaak nie. Stap weg. Vir die van julle wat nie Profesie verstaan nie, stap net weg. Bedink dit. Delf in jou Bybel.

Vind uit wat ‘n Profeet doen. ‘n Profeet bestraf en waarsku en bemoedig. ‘n Profeet het openbarings uit die Hemel. ‘n Profeet is ‘n vinger wat die weg aanwys hetsy na die Hemel of na die hel. En dit is al wat ek is – is net ‘n vinger, ‘n Boodskapper wat gesalf is en ek wys vir julle die rigting na die Hemel!

Almal wat Hemel toe wil gaan, almal wat gewillig is om hul sondes te laat staan, almal wat gewillig is om gewas te word in die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA.

En aan diegene wat Hebreeus is en gebore is in Israel, julle het die moeilikste taak van almal, om ‘n voorbeeld te wees vir Israel en om te bekeer van al daardie sondes wat ek genoem het wat HY – ABBA YAH, YAHUSHUA & IMMAYAH verafsku. HULLE haat. HULLE haat.

Ek is Elisheva Eliyahu en hierdie Profesie was gegee op 1 Februarie. Reg? Ek glo dit is 1 Februarie

Ander: Toe jy begin het was dit die 31ste.

Elisheva: Is dit nou 1 Februarie? Is dit steeds die 31ste?

Ander: Ja.

Elisheva: Dit is nog steeds die 31ste Januarie 2019 en indien hierdie Profesie jou op enige manier gehelp het skryf asseblief vir my in “kontakte”.

Sal jy asseblief die Gasteboek invul? En jou naam sal opgeskryf word in die Hemel watter seën jy ookal daar laat.

Sal jy my laat weet dat jy vandag redding gekry het en dat jy terughardloop in die arms van YAHUSHUA in? Of dalk was jy nooit in die arms van YAHUSHUA nie en jy het net vandag geleer van die reddende BLOED VAN YAHUSHUA wat alle sonde kan wegwas.

Moenie bekommerd wees nie, jy gaan nie ‘n loesing kry nie. HY gaan omhels! HY gaan soen! HY gaan jou liefhê want jy het nie van beter geweet nie. Dit is al wat ek hoor om te sê.

Dankie dat jy na my YouTube kanaal gaan wat nou herbou moet word YAHSladyinred. Ons moet dit doen en ek vra vir julle gebede want 2009, 9 jaar gelede, YAHSladynred [my oorspronklike kanaal] – en as gevolg van leuens wat musiek op-eis wat nie eers aan hulle behoort nie, op YouTube, en die een wat hiervoor verantwoordelik is gaan net ‘n loesing vat daarvoor. En tog weet daardie persoon [hy] verdien dit.

Asook die mense wat verantwoordelik is – ek praat nie met die verworpelinge nie want hulle het net gedaal na die laer vlak van die hel en hulle was ook verantwoordelik. En tog het julle almal eens op ‘n tyd gedink dat julle gered was en ek praat met die verworpelinge. Diegene wat ek eens op ‘n tyd geestelike kinders genoem het, noem ek nie meer so nie.

As’t ware, ek bid dat ek ‘n gedeelte van julle lyding sal te sien sal kry, net ‘n klein gedeeltetjie want ek kan dit nie regtig uitstaan om bloed en bloederigheid te sien nie, maar ek wil weet wat met julle gebeur vir die verraad soos ‘n Judas.

Maar vir die een wat onder die demoniese invloed gekom het van diegene wie die verworpelinge was, wat na satan se stem geluister het en dit nie geweet het nie, ek sal huil wanneer ek sien hoe jy ‘n loesing kry en ek sal troos maar ek sal nie sê dat jy dit nie verdien het nie en jy sal ook nie sê dat jy dit nie verdien het nie.

Jy sal YAHUSHUA bedank dat HY jou lief genoeg het om jou ‘n loesing te gee en selfs smart-op-smart oor jou bring want jy word meer verantwoordelik gehou as die ganse res. Die man met wie ek praat weet van wie ek praat.

Dit is al wat ek te sê het – in YAHUSHUA HA MASHIACH SE HEILIGE & REGVERDIGE NAAM –elke Woord wat ek gespreek het, het ek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH gespreek en ek weet dat nie een woord van my vlees daarin was nie.

Daarvoor gee ek aan U die Heerlikheid ABBA YAH, YAHUSHUA & IMMAYAH DIE KOSBARE RUACH HA KODESH, SHKHINYAH HEERLIKHEID, my IMMAYAH, dank U.

Dank U vir U genade en U liefde. Dank U vir Salwing en vir alles teruggee wat die vyand gesteel het. Dank U ABBA YAH vir die beste gebeds intersessors.

En aan die 500,000 wat versamel is regoor hierdie wêreld waarvan ek nie eens jul name ken nie, dan ken julle waarskynlik nie myne nie, maar ek sê vir U ABBA YAH, dat ek seëninge oor hulle bid terwyl hulle ingaan en uitgaan. HEMELSE VADER ek bid die seëninge van Deuteronomium 28 oor hulle.

Ek bid seeninge op die nuwe groep – as “YAHUSHUA’S demon stompers” en soos dinge opgeklaar word sal ons ‘n weermag van hulle hê, maar sommige dinge hou ek op hierdie oomblik so konfidensieel dat ek net diegene vertrou wat U vir MY gesê het in liefde bid, wat in liefde bid selfs vir diegene wat ‘n loesing gaan kry. Ek het julle lief.

YAHUSHUA ek bid dat die mense sal luister en dat hulle sal bekeer en dat hulle ‘n gees sal hê soos die van Koning Dawid, ‘n gees soos ‘n Moshe van Nuuts – net bedoelende op hierdie manier sodat niemand sal gaan en sê ek is Moses! Ek is Koning Dawid.

Om Hemelsnaam, kom ons maak dit duidelik. Dit beteken jy weet hoe om te bekeer. Jy weet hoe om ‘n man of ‘n vrou na YAH se Eie Hart te wees. In die NAAM VAN YAHUSHUA, Amen.

Einde van Oorskrywing


So is dit gespreek, So is dit geskryf
Hierdie dag in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH
Op hierdie 31 Januarie 2019