Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Shemot / Name, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 1, 23, 39;

Eksodus 1:1-6:1;

Jesaja 27:6-28:13, 29:22-2;

Matteus 2:1-12;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


24 Desember, 2021


Profesie 1, Oordeel Begin By Die Huis Van YAHUVEH!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu 31 Desember 1996

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Dit is 'n vreesagtige en verskriklike ding om in die hande van 'n lewende GOD te val. MY toorn kan net so groot wees soos MY liefde, maar niemand praat van dit nie. In die jaar 1997, sal EK MYSELF openbaar nie net as 'n GOD van Liefde nie, maar vir hulle wie MY krag bespot en ontken of MY liefde weier, en probeer om MY Skape mislei ... hulle sal weereens die dae van Ananias en Saffira beleef. Wysheid is die Vrees van YAHUVEH! Baie van MY eie Skape neem MY as vanselfsprekend aan. Hulle doen dinge en dink dit word deur genade bedek. Hulle doen dinge wetende dat dit onheilig is en MY beledig.

Maar hulle dink EK IS blind en doof. Die jaar 1997 sal EK bewys EK is 'n GOD van vuur en dit wat in MY Dienaars se weg staan sal deur MY woede verteer word. Hulle wie dit waag om die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH te keer sal die ergste ly. EK kom vir 'n kerk sonder vlek of rimpel en EK sê weer vir julle, waarsku die kerk. Die kerk is nie die pastoor nie, dit is nie die gebou nie. Die kerk is die mense, MY Skape. EK het genoeg gehad van mans wat bedienings na hulself benoem; hulle het geen reg om hierdie afskuwelikheid te doen nie. Hulle het nie die hoogste prys betaal nie; hulle is nie heilig genoeg om dit te doen nie. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH, het die prys op Golgota betaal.

Tensy hulle sondeloos en volmaak is, het hulle geen reg om 'n bediening na hulself te benoem nie. EK alleen is volmaak en sondeloos, nie 'n mens nie, "Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van YAHUVEH!" Julle is sondeloos voor MY aangesig omdat MY Bloed julle sondes wegwas. Dit is nie omdat julle sondeloos is nie. Julle is sondaars, gered deur MY genade en barmhartigheid. Die Bloed op Golgota was julle sondes weg, dis waar. Maar 'n bediening verteenwoordig MY, julle Vader YAHUVEH en die bediening moet vir heiligheid benoem word nie 'n mens nie.

EK profeteer weereens deur jou en sê pasop. Waarsku hulle, want as die onperfekte mens val (en hy sal), sal die bediening wat sy naam dra, val en die skape versprei na die vyande se kamp toe. Vertel vir hulle, MY Diensmaagd. Waarsku hulle. Moenie meer hierdie afskuwelikheid voor MY aangesig pleeg nie. Want EK het gesê, "Wees Heilig want EK is Heilig". Selfs die top profete en bedienaars wie MY salwing het is geklik trots en hulle noem dit wat nie hulle s'n is nie, die gesalfde bedienings, na hulself. Hulle sal val deur dit te doen. EK sal daar wees om hulle op te tel nadat hulle gekasty was.

Maar waarsku hulle, dit is soos 'n kind wat slae kry, maar baie maal gewaarsku was. EK kasty diegene wie EK liefhet. EK is 'n lam vir hulle wie MY Bloedgeskenk op Golgota aanvaar. EK is 'n LEEU uit die stam van Juda vir MY vyande. Ek is 'n kryger en nie 'n papperd nie. EK het eenmaal die ander wang gedraai. Maar wanneer EK weer na MY vyande toe kom, bring EK MY woede. Ellende wag op hulle wie hulself MY vyande noem en dit durf waag om die goeie werke te vernietig wat EK deur MY diensknegte verrig. 'n Leeu skeur en verskeur voordat dit sy prooi verslind. So ook die arend, wat julle Hemelse Vader verteenwoordig. Julle sal in 1997 MY woede aanskou.

Maar MY Kinders het niks om te vrees nie, hulle wie MY waarlik liefhet, aanbid en MY eerste in hul lewens stel. EK gaan die tempels skoonmaak. Ek gaan bewys dat EK 'n GOD is wat grootliks gevrees moet word. EK is nogsteeds 'n GOD wie Heiligheid van MY Kinders eis. EK praat nie van uiterlike voorkoms nie; dit is ydelheid en mensgemaakte heiligheid. Ware Heiligheid kom van binne. Daar kom 'n burgerloorlog na Amerika en dit het alreeds begin.

Maar daar beter nie 'n burgeroorlog in MY kerke wees nie. Hulle moet liewer nie bevooroordeeld wees nie, of dit uiterlike voorkoms of ras is. Want as MY Kinders mekaar sien, moet hulle liewer ROOI sien, MY BLOED! Hou op om julle kerke volgens kleur te verdeel. EK sien geen kleur raak nie. EK is alle rasse in een. Hou op om mekaar op uiterlike voorkoms te oordeel. Want waar die gees van vooroordeel is, sal MY RUACH ha KODESH nie bly of inwoon nie. Instede daarvan sal bosegeeste toegelaat word. Julle is gewaarsku.

Elisheva jy het nie geweet wat jy woord na woord sou tik nie. Gee hierdie profesie vir almal van hulle wie ore het om te hoor, laat al die ander doof bly. EK kom terug vir 'n kerk sonder vlek of rimpel. Wat MY terughou is die eintlike ding wat MY moet terugbring. MY kerk! MY mense! MY pastore! MY leraars! EK haat trots! Dit is een van die 7 dodelike sondes, nogtans dink MY eie pastore, wie MY salwing dra, dat hulle die kerk bou, hulle besit die kerk en hulle moet die skape beheer. EK alleen is die enigste Goeie Herder. Julle taak is om die vinger te wees wat die weg moet aanwys na MY, YAHUSHUA toe.

Trots, geweldige trots, het selfs in die tempels ingesluip waar EK MY salwing uitgestort het. Wie het die grootste gemeente, die meeste geld? Dit maak MY siek. Wie wen die meeste siele? Die jaloesie en afguns is in MY eie tempels. Dit maak MY siek. Julle sê, "Wanneer kom YAHUSHUA weer?" EK sê, "EK wag vir die kerk, die tempels, om hulself te reinig". Hou op om onder julleself te kibbel. Ontbloot die wolwe wat MY Skape verslind. Hulle is agter die kansels en elkeen is so besorg oor hul eie kerke, niemand gee om vir die skape nie.

Wie kan groter tempels bou? Wie kan die meeste mediadekking kry? Wie is die nommer een evangelis, profeet, pastoor, kerk? EK sê vir julle deur hierdie Profetes, luister na haar. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH! Dan sal EK met die heidene deel. Dit maak MY siek. EK verlang daarna om julle in MY arms te troetel, en instede daarvan kibbel en beledig julle mekaar as gevolg van julle geslag. EK kies wie om te gebruik wie EK kies om te gebruik. EK sal die nederiges op 'n kragtige manier gebruik.

EK verkies om hierdie kruik te gebruik omdat sy dink sy is die swakste van die klomp, maar EK sê weereens, EK sal die nederige en die swakke gebruik, hulle wie niemand dink EK sal gebruik nie want MY krag word die beste vertoon in swak mense. Ander weet dit is nie uit hulle nie en hulle spog nie. Want hulle weet dit is slegs MY salwing wat elke juk, boei, ketting, skakel en slawerny verbreek. Dit is nie deur julle mag of krag nie maar deur MY Gees. So spreek YAHUSHUA, "EK het gekies om as 'n baba te kom, die swakste van almal om te wys, moenie na die uiterlike kyk nie, kyk na die innerlike. Die salwing ken geen geslag, ras of ouderdom nie."

Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gebruik gewillige, gehoorsame erdekruike, nie hulle wat skree, "Gebruik my want ek is so pragtig, ek is meer heilig as die res", nie. EK sal nie hulle gebruik wie dink hulle is goud nie; EK gebruik hulle wat weet hulle is gebreekte erdekruike maar magtige krygers vir YAHUSHUA ha MASHIACH. In 1997, sal EK uitreik na hulle wie bedienings gehad het en nederig gebly het of wat nie vir die oorgrote meerderheid bestaan het nie. Hulle vir wie EK nie net geroep het nie maar hulle wat gekies was, gekies terwille van hulle geloof waarvan EK die outeur en voleinder is. EK begin nie iets en misluk dan nie. EK is julle GOD wat nie kan misluk nie.

Wees gereed, want EK sê vir julle die rykdom van die bose sal in 1997 na die hande van die regverdiges gedraai word deur MY NAAM en MY Bloed, YAHUSHUA ha MASHIACH s'n. Dit sal MY Skape wees wat die rykdomme en die poste het. Die vyande se kinders sal dit sien en hulle tande kners uit woede en jaloesie, maar EK doen dit om te bewys dat MY skrifte geen leuen is nie. Deut 28 se seëninge is nogsteeds gereserveer vir MY Kinders en EK ken hulle by die naam en deur die hare op hulle hoof.

Wees gereed want vir MY Kinders is dit die grootste uitstorting van MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) ooit. EK sal hulle gebruik wie dink hulle is nie gewild, pragtig, of gebrek aan opleiding het, hulle wat weet hulle kan niks doen sonder MY salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie. Hulle wat weggegooi, mishandel, geìgnoreer is en gesê is om op te gee, dit is nie die moeite werd nie.

Hulle wie nie die finansies gehad het nie sal na die Almagtige GOD kyk en EK sal die vensters van die Hemel oopmaak en hulle so oorvloedig seën dat hulle verplig sal wees om aan ander uit te deel sodat hulle ook oorvloedig geseënd sal wees. En dit sal soos 'n kettingreaksie wees. MY Woord sê, "Geliefdes, EK wens dat julle in alle dinge voorspoedig mag wees en dat julle gesond is, soos dit met julle siele goed gaan."

EK gaan bewys dat MY Woord nooit leeg na MY toe terugkeer nie. Pasop wie julle verwerp as waardeloos. Want dit is die pastoor wie die kleinste kudde het, maar aandring dat die RUACH ha KODESH volle beheer het, ongeag hoeveel van die skape die kerke verlaat waar daar geen tekens, wonders, wonderwerke is nie, want daar is ook geen oordeling van die RUACH ha KODESH nie.

Pasop om die evangeliste te verwerp wie in julle oë onbekend is en hulle eie fiansies gebruik om die evangelie te versprei en siele te wen. Pasop om die profeet te spot, te mishandel en te ignoreer wat na julle toe kom met 'n profesie en omdat julle nie die profesie wil glo nie omdat hulle van die verkeerde geslag is of omdat hulle niemand is nie en nie beroemd is nie. Pasop om die jonges te beledig wie EK oprig om te profeteer en ja, die oues te waarsku om na die stem van die Almagtige GOD te luister.

Hou op om trots te wees. Omdat hulle die eintlike persone is wie EK stuur. Wanneer julle hulle beledig, beledig julle die GOD wie hulle stuur. Hulle is slegs MY Boodskappers, so moenie die boodskapper stenig nie. Dit is die 'nobodies' wat EK oprig, die onbekendes deur wie EK MY tekens, wonders en wonderwerke doen en 'n woordvoerder is vir YAHUVEH. Want hulle is nie 'n 'nobody' nie. Slegs in die oë van die hoogmoediges. Hulle is iemand vir MY want EK kan en sal hulle magtiglik gebruik vir MY Lof, Eer en Glorie. Want hulle sal dit nie van MY steel soos ander probeer het nie.

Julle het nie hierdie suksesvolle bedienings gebou nie. Dit was deur die krag en salwing van die RUACH ha KODESH dat dit 'n sukses was. Hou op om MY Glorie te steel. Julle is nie die geneser, verlosser nie; dit is die Almagtige YAHUVEH alleen wat verlos. Die boodskap aan die kerk van 1997 is, raak nederig voor YAHUVEH. Hierdie boodskap is vir die Profete, Evangeliste en Pastore. Julle het geen krag sonder MY salwing nie. EK is 'n jaloerse GOD. Haal die mens se naam van MY bedienings af. Julle is gewaarsku. Gee die lof, erkenning aan die enigste een wie 'n reg het om 'n bediening na homself te vernoem, julle Heer en Verlosser, die een wie julle proklameer om te dien en te aanbid. EK deel MY Glorie met geen mens nie.

Daar is 'n valse leerstelling wat in hierdie eindtye rondgaan in sommige van MY kerke waar MY salwing uitgestort was. 'n Gees van trots en godsdiens het die leuen versprei dat die pastore sê 'net ons het die outoriteit om te sê wie kan bid en wie kan nie bid nie. Julle word verbied om vir mekaar te bid sonder ons toestemming'. Nie eens YAHUVEH Almagtig, Skepper van Hemel en Aarde sal so iets sê nie.

MY Woord sê eenvoudig, 'Bid vir mekaar.' EK ag niemand hoër as 'n ander nie. So hoekom sal EK so 'n ding toelaat. Jaag hierdie valse herder uit MY huis uit. Sê vir hulle julle ken die Woord van YAHUVEH. Hou op om hierdie leuen te glo en te versprei. Ja, daar is mense wie sal probeer om julle te vervloek in plaas van te seën, maar die vloeke sal slegs op die hoof van die een wat hierdie vervloeking, vermom as 'n gebed uitspreek, neerkom. Die okkultiese gees wie probeer om MY Skape te vernietig, sal boemerang op die een wat dit stuur.

Die RUACH ha KODESH is heeltemal instaat om hulle te beskerm vir wie daar gebid word. Hou op om te probeer doen wat julle nie veronderstel was om te doen nie. Dit is die RUACH ha KODESH se taak. Dit is die Goeie Herder se taak en EK alleen is die Goeie Herder; EK is in staat om almal te versorg wat MYNE is. Haal die balk uit julle eie oë voordat julle oordeel of iemand waardig is om vir 'n ander te bid. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH. EK gaan in 1997 op 'n magtige manier kom huis skoonmaak, voordat EK die heidene oordeel. Sonde is sonde. Onheiligheid is nogsteeds onheilig. EK is nie 'n GOD wat saam met julle tye verander nie. EK is dieselfde, gister, vandag en tot in ewigheid. Omdat pastore weier om in dapperheid op te staan en te sê bely en YAHUVEH se woord sê dit is sonde. Hulle is bang om hulle belastingvrystellingstatus te verloor, en laat toe dat die regering hulle stilmaak terwille van vrees. Nou sal hulle iemand anders hê om te vrees, EK, YAHUSHUA. Omdat julle stilgebly en nie gepraat het en gesê het bely of anders sal die Hel se vuur julle verteer nie. Dit sal julle teken wees dat hierdie profesie van MY af kom want julle sal dit sien gebeur. Promosie kom van nêrens anders as uit die Noorde nie, en dit is Hemel.

Dit is EK wat een verhoog en 'n ander demoveer. Baie sal in 1997 gedemoveer word wie winste gemaak het deur gawes van die RUACH ha KODESH te verkoop. Dit was nie julle eiendom om te verkoop nie. Hulle wie tot die bediening toegetree het en gedink het dit is 'n manier om vinnig ryk te word, en sommige top bedienings is nou baie gulsig. Hulle sal of bely of val. Julle sal dit sien gebeur. Leraars wie in die geheim sondig, sal ontbloot word soos jare tevore en beskaam word vir die hele wêreld om te sien. Want die gees wat in die geestelike leier is, is ook die gees in die gemeente. EK moet 'n openbare vertoon maak en hulle bestraf wie die Woord van YAHUVEH verkondig, maar geen vrees vir MY het nie, wie dink EK is verblind deur hulle goeie werke. Dit is nie deur goeie werke wat julle Hemel toe gaan nie, sodat geen mens kan spog nie. Aan wie baie gegee is, word baie verwag.

Pastore, Evangeliste, Profete, Leraars, MY Kinders ... julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Sommige weet meer as ander, maar dan word hulle meer verantwoordelik gehou want hulle weet van beter as om MY te beledig. Ondersoek julleself in 1997 en versaak sondige leefstyle en die geeste van trots en rebellie. Omdat EK 'n GOD is wat alles weet, sien en hoor. Hulle wie hulself MY Skape en leraars noem, sal verantwoordelik gehou word vir wat hulle weet is Heilig en onheiligheid praktiseer.

Hierdie pastore wie slegs voorgee om die skape lief te hê en te versorg, maar eintlik nie meer omgee nie, sal teruggesit (demote) word. As hulle daar is deur gulsigheid, sal hulle armoede ken. Oordeel sal in 1997 op 'n magtige wyse in die huis van YAHUVEH begin en as julle wie regverdig is skaars gered word, hoeveel meer het die heidene om te vrees. Toets die Gees wat spreek en julle sal sien dit is die stem van die RUACH ha KODESH wat uit hierdie Profetes spreek om die heiliges van YAHUVEH te bestraf, te seën en te stig en blaas die trompet van verdoeming vir die vyande van die evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH.

Raak MY gesalfdes nie aan nie, moet ook MY Profete geen leed aandoen nie. Moenie hierdie boodskapper stening omdat sy MY boodskap bring nie, omdat skade oor die een sal kom wie 'n woord teen MY Boodskapper rig. Toets MY en kyk of EK nie 'n GOD van verterende vuur is nie. Die hel se vuur is MY woede wat aangesteek is. Moenie dat dit teen julle aangesteek word nie.

Kopieer hierdie en gee dit aan almal van hulle wie ore het om te luister. Laat al die ander doof bly. Net omdat hulle nie glo nie, beteken nie EK sal nie doen wat EK gespreek het nie, dit sal gebeur. Esegiel 3:17-21 sê, waarsku hulle en as hulle nie luister nie, sal die bloed nie op julle hande wees nie. As julle hulle nie waarsku en hierdie profesie aanstuur nie, dan sal hulle sterf in hulle sonde maar die bloed sal op julle hande wees. EK stuur my profete om te waarsku voordat die verdoeming kom. EK stuur MY Profete om te sê 'n seën gaan kom, voor die seën kom.

* * * * * * *

Gegee op hierdie dag 31 Desember 1996 aan Eerw. Elisheva Eliyahu toe sy dit die minste verwag het terwyl sy aan iemand geskryf het om hulle te bedank vir gebed.



Profesie 23, Kerk Van Die Geveinstes...Laat MY Mense Gaan!!!


Soos dit gespreek is, soos dit geskryf is, onder die salwing van die RUACH ha KODESH, gespreek deur hierdie diensmaagd Elisheva Eliyahu op 26 Augustus 1998


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Kosbare YAHUSHUA, spreek 'n woord tot U mense hierdie dag. U het 'n profesie in my Gees geplaas dat U met die wolwe in skaapsklere gaan praat en ek vra in die naam van YAHUSHUA, laat dit voortkom. Laat dit die wolwe wegjaag van U skape in vrees. Ek vra in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, laat hulle nie my stem hoor nie, maar hulle U stem hoor. Ek vra in die naam van YAHUSHUA, spreek nou voort tot U mense en laat geen woord voortkom uit hierdie lippe deur die vlees nie. Maar laat dit waarlik van die RUACH ha KODESH wees. In YAHUSHUA se naam...Amen

* * * * * * *

"LAAT MY MENSE GAAN!" 'n Nuwe Profesie kom na vore hierdie dag. 'n Waarskuwing aan die wolwe in skaapsklere wat staan in die amp van die apostel, profeet, evangelis, pastoor en leraar wat daarop uit is om MY Skape te verslind om hulle te misbruik, dood te maak of te vermink, te beheer, te mislei, of weg te jaag. "LAAT MY MENSE GAAN!" Soos in die dae van Moses, toe EK met die Bose Farao gepraat het en EK gesê het "LAAT MY MENSE GAAN!" So sê EK vir julle hierdie dag, aan die wolwe wat voorgee om MYNE te wees, maar nie eens weet wie EK is nie! Hulle wat voorgee om MY lief te hê en MY te dien en MY Woorde aanhaal, en nogtans nie eens weet wie EK is nie! EK sê vir julle hierdie dag "LAAT MY MENSE GAAN!"

Daar is baie wolwe in skaapsklere, hulle doen wonderwerke en tekens en wonders. Hulle sê hulle doen hierdie wonderwerke in MY Naam. Hulle is op julle televisies en radiostasies en tog sê EK dit vir julle, dit is nie deur die krag van MY RUACH ha KODESH wat hulle hierdie dinge doen nie. Dit is deur die Krag van die hel self. Moenie mislei word nie. Moenie op 'n dwaalspoor gelei word nie. Want die antichris gaan hierdie doen en soveel meer. Pasop MY onskuldige kinders. Daar is diegene wat nou hier lees wat nie sal luister nie, maar julle sal later hierdie woorde onthou wat EK gespreek het. Nie almal wat tekens, wonders en wonderwerke doen is van MY nie. Daar is altyd 'n vervalsing, onthou dit. satan vervals slegs die ware salwing en gawes van MY RUACH ha KODESH.

Maar EK beveel hierdie wolwe hierdie dag wat MY Skape mislei en hulle op 'n dwaalspoor lei met vals leerstelings, gedagtebeheer, gedagtemisleiding, gedagtemanipulasie, leuenagtige - en misleidende geeste. "LAAT MY MENSE GAAN!" EK is 'n God wat nie langer BESPOT sal word nie. Julle het hulle tiendes en offergawes gesteel. Dit wat bedoel was om heilig te wees en nou sê EK hierdie vir julle, julle sal aanspreeklik gehou word vir alles wat julle gedoen het. Want julle het dit gedoen in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle het voorgegee om MYNE te wees maar tog is julle harte ver van MY af. Daarom, sê EK vir julle hierdie dag, "Wolwe in skaapsklere, oordeel begin by die huis van YAHUVEH, selfs vir die kerk van die geveinstes.

Een laaste maal "LAAT MY MENSE GAAN!" Julle het MY Skape en MY Lammers mishandel, julle wreedaardige bose herders, wolwe in skaapsklere en wolwe in 'n skaaps masker. Julle het hulle genadeloos geslaan. Julle het hulle laat dink julle is 'n god wat aanbid en vereer moet word en net julle kan van MY hoor. Julle het vir hulle gelieg en gesê dat selfs hulle 'n god is, hulle is ‘n klein messias. Julle verdraai MY Skrifte en lei hulle op 'n dwaalspoor. Die gees van die pastoor is die gees van die kerk. Julle bose herders, julle vat MY heilige tiendes en offergawes en julle laat die mense dink dit moet gaan vir herdekorering of 'n nuwe gebou en julle vul julle sakke met hulle goud en julle dink hulle het geen reg om te weet waarvoor dit regtig gaan nie. Julle het MY kudde kaal geskeer. Julle bose herders onderrig nie tussen reg en verkeerd nie.

NEE, O NEE, julle mag dalk jul tiende of gemeentes verloor as julle die waarheid praat dat onbelyde sonde, onbekeerdheid en nie weg te draai van sonde nie Hel toe lei. Julle vertel nie vir hulle dat seksuele losbandigheid hel toe lei as hulle nie wegdraai nie. Julle leer hulle nie dat aborsie MOORD is en na die Hel toe lei as daar nie bekeer word hiervan nie. Julle leer hulle nie dat homoseksualiteit en owerspel sonde is en na die hel toe lei as daar nie hiervan bekeer word nie. Julle leer hulle nie wees heilig want EK is heilig nie, nee, julle stel julself op vir MY gramskap. Julle is bang om teen die regering te praat want julle is bang julle verloor julle belastingvrystelling-status. Julle spreek nie teen ander leraars wat die kudde mislei nie of dat hulle versigtig moet wees nie, want dit mag ander teen julle laat draai. Wanneer julle wel vir ander vertel om heilig te leef lewe julle self soos die duiwel. Julle, wat dink EK is blind en EK kan nie hoor of sien wat julle sê en hoe julle MY bespot nie en ook alles wat heillig is, PASOP! Want as julle nie BEKEER nie sal EK kom wanneer julle dit die minste verwag en julle sal slegs geskik wees vir MY TOORN!

"LAAT MY MENSE GAAN!" EK sê dit nog ‘n keer vir julle! "LAAT MY MENSE GAAN!" Voordat die STAF uit die Hemel neerkom en julle werkers van onheil en sonde vernietig. Die Groot God, “EK IS” sal nie langer gespot word nie. Kerk van die geveinstes PASOP! Pastore van die kerk van die geveinstes PASOP! Apostels, profete, leraars en evangeliste van die kerk van die geveinstes, PASOP DIE STAF VAN MY TOORN KOM! Draai weg van boosheid. EK is nie 'n godsdiens nie; EK is 'n verhouding met julle Skepper en Verlosser. Julle preek dit, leef dit nou. EK is nie 'n God wat bespot moet word nie. NIKS LANGER SAL EK BESPOT WORD NIE! Julle sit in hierdie kerke en julle vul hierdie kerkbanke en nogtans ken julle MY nie eens nie. Julle staan agter die preekstoele en hoor MY Woorde en preek MY Woord en sluit julle ore. Want julle ken MY nie eens nie. Hoe kan julle ander na MY toe lei en verwag dat hulle gered moet bly, as julle MY nie eens ken nie? EK sê weer vir julle, "LAAT MY MENSE GAAN!"

Julle is wrede en gulsige pastore. Julle sê moenie teen mekaar praat nie. Julle bedek mekaar se sondes, nogtans slaan julle MY Mense genadeloos met julle woorde, aksies, liefdeloosheid en onbetrokkenheid. Julle het 'n dubbele maatstaf en wanneer hulle 'n pastoor in sonde sien, of ander in die bediening, moet hulle hul ore en oë sluit en dit nie waag om 'n woord te sê nie want om dit te doen word vir hulle vertel; dit is ‘n sonde om die pastoor se sondes te ontbloot. Oordeel het begin by die huis van die Here en met die geestelike leiers, selfs hulle wat voorgee om geestelike leiers te wees en vir hulle wat MY Mense op ‘n dwaalspoor lei, julle word aanspreeklik gehou hierdie dag.

Oordeel het begin by die Huis van YAHUVEH vir die dinge wat julle bose herders gedoen het. O, EK sal die heidene oordeel en EK het begin om die heidene te oordeel terwyl die plae uitgegiet is. Maar JULLE, JULLE, JULLE, wat so vroom daar sit julle wat daarop aanspraak maak om MY Woord te ken. Julle wat MY Woord aanhaal, julle wat sê: "In YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam" en MY nogtans nie eens ken nie. "LAAT MY MENSE GAAN!" Hierdie dag waarsku EK julle vooraf want groot plae gaan op julle neerkom dit wat hierdie wêreld nog nie gesien het nie, soos toe EK die Israeliete en die Egiptenaars geskei het, maar hierdie keer, hierdie keer sal dit nie net die heidene wees wat gestraf word nie.

Hierdie keer wanneer hierdie nuwe plaag uitbreek sal dit neerkom op hulle wat daarop aanspraak gemaak het dat hul MYNE was maar tog ken hulle MY nie. Hulle het die tiendes en offergawes gesteel. Hulle maak daarop aanspraak om MYNE te wees en tog ken hulle MY nie eens nie. Hulle gee nie eens om nie. Hulle het MY Skape geslaan en hulle weggedryf en toe hulle hul nie kon beheer nie het hulle hul monde gesnoer en hulle het hulle geslaan tot onderdanigheid en hulle weggedryf. O, kom na MY toe, julle Here, julle God, julle Verlosser My Skape en Lammers want EK is die enigste GOEIE HERDER. EK sal julle wonde versorg, en EK sal julle rus gee.

O, o, o kan julle MY DROEFHEID hoor! EK het dit nie aan julle gedoen nie, MY geliefdes. EK het dit nie aan julle gedoen nie MY skape, MY lammers, MY Kinders, MY Bruid! O, die wolwe gaan boet, want die STAF sal op die wolwe neerkom in 'n magtige manier hierdie dag. EK sal uitwys en EK sal die wolwe ontbloot en EK sal hierdie werktuig gebruik wat nou hier spreek en sy sal in MY krag die maskers van julle gesigte afruk en die skape sal julle sien vir wat julle is. Eers sê julle julle is 'n skaap en sit een masker op, maar daaronder het julle 'n ander masker en dit is die masker van die wolf. Maar EK sê vir julle onder daardie masker is die ware gesig want dit is die gesig van 'n demoon wat hierdie leuens spreek en dit kom presies uit die put van die Hel!

O, o, o EK sê weereens vir julle voordat julle totaal beset word deur die demoon, wolwe in skaapsklere, kry nou bevryding. Erken wat julle gedoen het voor die ganse Hemel en aarde, HARDLOOP, HARDLOOP, HARDLOOP want EK is die Here God ALMAGTIG YAHUSHUA ha MASHIACH vir wie julle GESPOT HET! Julle sê julle is nie 'n bediening nie en gee nogtans voor om te bedien of julle gee voor om 'n bediening te wees en julle stroop nogtans MY kudde. EK sal die een wees wat julle met MY STAF verjaag en EK rig 'n leërmag van Elias en Jeremias en Johannes die Dopers op en hulle sal agter julle aankom, in MY Naam en in MY KRAG vir MY GLORIE ALLEENLIK!

Julle sê EK praat nie van oordeel nie. Julle sê EK praat nie van toorn nie. Julle sit MY Heilige Profete af en julle sê “Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)?” Ag, jou arme skat, jy ontbreek!” Maar EK sê vir julle bose mense hierdie dag. EK praat van oordeel en EK praat van toorn en JULLE, JULLE, JULLE wat in MY Naam gespreek het. JULLE, JULLE JULLE wat MY skape en MY lammers misbruik het julle wat MY Bruid, MY klein babatjies in YAHUSHUA mishandel het. JULLE, JULLE JULLE, JULLE sal MY Toorn op 'n magtige wyse voel terwyl die oordeel op julle neerkom, hierdie einste dag.

O ja, julle sal 'n droewige les leer. O ja, julle bose herders julle sal dit deeglik leer as julle nie op hierdie einste dag bekeer nie. Dit is wat EK wél sê. Hierdie is nie 'n speletjie wat julle besluit het om te speel nie. Julle het MY kudde kaal gestroop en hulle op 'n dwaalspoor gelei, maar EK sal julle laat betaal. O, julle gaan betaal. HARDLOOP WOLWE HARDLOOP! Hardloop weg van dit wat julle van plan was om te doen. Hardloop weg van dit wat julle gedoen het, hardloop weg, BEKEER! Gaan op julle knieë, en roep uit om genade vir dit wat julle gedoen het. Roep om genade wat nog steeds kan kom. Julle maak MY Ware Profete en apostels stil. Julle sê "As julle nie die goeie kan spreek en my laat goed voel nie, as dit nie stig, en bemoedig, en jou opbou nie", sê julle, "NEE” Julle wil geen profesieë van hulle hoor nie. Julle noem hulle vals profete en sê "Gaan Weg!"

Waarlik, die RUACH ha KODESH spreek nie vandag deur julle voort nie. Alhoewel EK hulle keer-op-keer stuur en WAARSKU en WAARSKU en WAARSKU en julle jul ore sluit en julle voorgee dat EK nie eens praat nie, maar in julle hart vrees julle dat ander mense sal hoor. Hoeveel het julle laat afdwaal? Vir hoeveel het julle gelieg? Hoeveel het julle oortuig dat hulle 'n god is en hulle het voor MY gestaan, en EK moes sê GAAN WEG! Dit is as gevolg van julle, julle bose leiers dat EK moes sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid EK het julle nooit geken nie en Hel toe om te bly". Julle vat MY Woorde en julle verdraai dit om dit te beteken wat EK nie bedoel het nie.

Julle bose leiers, julle het hulle gif gevoer terwyl MY Woord eerder soos 'n Heuningkoek is, Soet, o, so soet. Dit is bedoel om aangenaam te wees en nogtans kragtige vleis. Die melk is bedoel om eenvoudig te wees, selfs vir die eenvoudigste babatjie en tog verander julle dit in gif met die leuens wat julle gespreek het. Julle leer hulle dat EK nie weer sal kom nie. Julle sê vir hulle sedert die tyd van Noag was hierdie reeds gesê. In plaas daarvan leer julle hulle om te spot en julle leer hulle om te lag vir alles wat MY RUACH ha KODESH doen en alles wat gesê is. Julle leer hulle dat aborsie reg is en dat homoseksualisme liefde is en dat EK nie hierdie sonde sal oordeel nie, maar kan julle nie sien dat EK alleen rein en heilig is nie en dat die gruwel van benede kom en nie van bo nie. Dit is waar, EK het die sondaar lief. Dit is waar, EK haat die sonde. Dit is 'n GRUWEL in MY oë en elkeen wat luister kan MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) binne-in hoor.

O! HOOR MY! O, HOOR MY! O, HOOR MY, julle predikers en leiers wat MY kudde op ‘n dwaalspoor gelei het. O! HOOR MY! O! HOOR MY! O, HOOR MY, wolwe gee pad van MY kudde af hierdie dag anders sal EK julle neerwerp in julle bloeityd. EK sal julle in julle kansels platslaan. Daar gaan sterfgevalle wees. Onder diegene wat dit gewaag het om MY uit te daag hierdie dag. EK sal julle geheime sondes ontbloot in 'n groter mate as julle gedink het julle het dit tot dusver gesien; wag net want EK het pas begin.

Julle wat ongelyk gejuk is EK sê vir julle hierdie dag, LUISTER AANDAGTIG! Neig julle ore tot elke woord wat EK sê. O, daar is soveel huwelike wat EK nie georden het nie. Daar is so baie huwelike en in MY oë sê EK dit vir julle, EK kan die vlek van die sonde wat MY Bruid bedek nie verduur nie want hulle is diegene wat hierdie gedoen het. EK sê vir julle dit, luister aandagtig wat EK nou gaan sê.

EK praat met die heidene waarmee hulle getroud is, wat hulle bedek met elke soort van perversiteit, boosheid, skuldgevoel en sonde. LAAT MY BRUID GAAN! Julle het haar besoedel met SEKSUELE SONDE! Julle is daar buite besig om te hoereer en dan kom julle na haar toe. EK sê vir julle dit: julle manlike eggenote wat op ‘n dwaalspoor gelei was. EK sê vir julle dit, julle wat mans het wat gaan hoereer het. satan wil MY Bruid besmet, dit wat veronderstel is om Vlekloos en Wit te wees en EK vertel dit nou op hierdie oomblik vir julle. EK SAL DIT NIE LANGER VERDRA NIE! EK sê dit nou op hierdie oomblik vir julle; EK SAL DIT NIE LANGER VERDRA NIE! EK vat MY Swaard en EK verdeel huwelike. Die wat Godvresend is sal bly staan; die wat nie is nie, sal val. EK is nie in EGSKEIDING nie dit is net groter bindings.

EK kom om MY kinders vry te maak en dit is wat dit presies gaan wees. O, julle wat daarop aanspraak maak om MYNE te wees en getroud is met Godvresende vrouens, en nogtans deursoek julle die internet vir sonde en pornografie. Julle besoedel julle oë, en julle pleeg egbreuk met julle gees en siel en tog dink julle niemand gaan weet nie. Wel, EK het nuus vir julle en glo MY EK sê vir julle en dit is waar want EK is 'n God wat nie kan lieg nie vir hierdie sonde as julle nie bekeer nie, sal JULLE STERF want julle het MY Bruid besmet! Die huwelik is bedoel om Heilig te wees. Verstaan julle nie? Die huwelik is bedoel om Heilig te wees. Dit is tussen 'n vrou en 'n man. Die huweliksbed is bedoel om Heilig te wees want dit verteenwoordig die EENHEID in MY.

Want wanneer julle saam is, werklik Verstand, Ligaam, Gees en Siel, dan is julle een met MY en die Heilige Drie-Eenheid. Maar hoe kan julle een wees met iemand wat gaan rond hoereer? Hoe kan julle een wees wie se gedagte aan elke vorm van sonde dink? Hoe kan julle een wees wat MY einste Naam haat? O EK sê vir julle dit en EK sal dit baie eenvoudig maak. EK sal dit nie langer duld dat MY Bruid besoedel word deur seksuele sonde nie. EK sal dit nie langer duld nie en julle beter hierdie woorde ernstig opneem, want julle sien, EK is nie 'n God wat bespot kan word nie en julle ken MY einste stem en EK sê vir julle dit, of julle die man of die vrou is, julle verraai nie vir hulle nie, julle verraai YAHUSHUA ha MASHIACH! Veral julle sogenaamde Christen mans wat daarop aanspraak maak om MYNE te wees en nogtans kan julle MY Gees nie hoor nie en julle geestelike oë is blind. Julle het nie net daardie man verraai nie en julle het nie net daardie vrou verraai nie. EK sê dit vir julle, weereens het julle YAHUSHUA ha MASHIACH verraai! EK gaan julle uitlig tot openlike SKANDE! Dit was die begin toe die President van hierdie nasie voor die mense gekom en gesê het "Alhoewel ek verkeerd gedoen het, is dit nie julle besigheid nie" en die mense het saamgestem.

Wel, EK sê hierdie vir julle, hierdie dag. Dit is die Here God ALMAGTIG se besigheid want EK waarsku julle hierdie dag. Kerk van die geveinstes luister aandagtig na wat EK sê. Selfs al gee julle voor om MYNE te wees, selfs al gee julle voor soos hierdie leier van hierdie nasie voorgee om MYNE te wees sal EK julle uitlig tot OPENLIKE SKANDE soos EK met hierdie leier gedoen het en EK sal dit weer doen. Julle wat beweer om MYNE te wees, julle sluip weg agter julle huweliksmaat se rug en julle gaan knoop owerspelige verhoudings aan en pleeg seksuele sondes en wellus, julle het geen tekort nie. Maar EK sê vir julle terwyl julle in die daad van owerspel besig is die presiese volgende keer, onthou dit, die presiese asemteug wat julle inasem, die presiese volgende hartklop is MYNE, julle sal nie weet watter dag of tyd nie. EK gaan die huweliksmaat laat weet presies wat julle is. Die wêreld gaan hulle kopskud en hulle gaan nie verstaan hoekom PROSTAATKANKER so algemeen by mans voorkom nie. Maar EK gaan presies wys wat EK van seksuele sonde dink en EK gaan wys en julle is gewaarsku hierdie dag dat julle aanspreeklik gehou word vir dit wat julle nou weet.

Julle beter BEKEER en op julle aangesigte en knieë neerval en julle beter BEKEER nie net voor julle Almagtige Here YAHUSHUA ha MASHIACH nie en EK sal julle vandag vergewe, maar dan moet julle bely voor julle huweliksmaat vir wie julle aanstoot gegee het en verraai het. Want EK sê vir julle dit, EK gaan nie bespot word nie, nee nie nog 'n dag langer nie. Julle mag in die daad van owerspel besig wees en dink dat julle weggekom het daarmee. Maar EK sê vir julle dit; EK die Here God sal julle laat DOOD neerslaan en julle weet nie wanneer EK dit gaan doen nie en julle sal op jul eie SPERM tot in die HEL gly! EK sê dit vir julle want EK is 'n God van genade, jy luister en jy luister mooi. Julle is geleer "Ag wel, ek is net 'n man. Ek kan doen wat ek ookal wil solank my vrou dit nie sien nie dan is alles goed."

Maar julle vergeet julle het 'n Hemelse Vader selfs al gee julle voor om MYNE te wees, ken EK julle o so goed en julle sogenaamde Christen vrouens wat beweer om MYNE te wees is niks beter nie. Julle glip weg hoeveel dae en julle dink solank as my man nie weet nie dan is alles reg. Maar EK sê vir julle op hierdie dag, EK hou julle aanspreeklik en ook julle weet nie wanneer EK julle lewe gaan neem nie! Ook julle sal deur kankers geplaag word en daar sal geen genesing wees nie. Neem MY op MY Woord want hierdie woorde wat julle weet julle hoor is van MY RUACH ha KODESH en vrees het oor julle gekom. Want julle weet met wie EK praat. Dit is JY en JY en JY! Julle kan al die wette uitvaardig wat julle wil, en probeer sê dat dieselfde-geslag huwelike heilig is.

Maar o, hierdie state wat hierdie wet uitvaardig gaan dit berou, want EK sal nie bespot word nie. Want die instelling van die huwelik was opgestel om Heilig te wees! Dit simboliseer die eenheid van die Vader, Seun en HEILIGE GEES. Ons is een en wanneer julle trou, is julle een. As julle met 'n heiden trou gaan daar altyd 'n stryd wees hetsy dit lig is wat duisternis probeer oorneem of duisternis wat lig probeer oorneem. Maar EK het die krete van MY Kinders gehoor wat in ongelyk gejukte bindings is en EK sê vir julle hierdie dag deur hierdie Profeet [Elisheva Eliyahu], EK spreek dit voort op 'n magtige manier!

EK gaan die lewe eis van die een wat aanhou om MY Bruid te besoedel van YAHUSHUA ha MASHIACH! MY Kinders diegene wat MY waarlik ken julle moet in hierdie wêreld lewe maar nie soos hierdie wêreld word nie. Wees julle Heilig soos EK Heilig is, lewe Heilig, praat Heilig, dink Heilig en handel Heilig! Verwyder van alles wat onheilig is. Onheiligheid moet geen plek binne-in julle hê nie. Kinders bid in die Naam van YAHUSHUA want EK sal julle vrymaak! Julle moet dan geloof hê dat dit gedoen is en glo net.

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van RUACH ha KODESH op 26/8/98
10:42 vm.
Aan hierdie Kind, Vegter, Bruid, Diensmaagd
Apostel Elisheva Eliyahu



Profesie 39, Gesalfde Heilige Arende, Kom Navore!

Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu Donderdag 10 Augustus 2000
Dringend- SOS



Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

******

Gesalfde Heilige Arende kom navore. Hierdie is 'n Arends-roep. Baba Arende kom navore. Aandag alle Hindoes en Buddiste en al die ander godsdienste, Die God van die Skepping roep julle om te luister na hierdie profesie. Ons staan saam of val saam al ons godsdiens-vryheid word bedreig. Ons aanbid 'n ander god maar op hierdie gebied van godsdiens-vryheid, wanneer een gevat word, sal almal gevat word. Gesalfde Heilige Arende, verrys. Kom na vore in YAHUSHUA se Naam! Veg teen die aanvalle van die onheilige aasvoëls! Gesalfde Heilige Arende van MY, EK het julle veilig weggesteek vir die wêreld se oë, weg van die kerk stelsels. EK het julle weggesteek en geleer om te vlieg en te sweef vir 'n tyd soos hierdie. Julle was buite die nes en is nie meer baba Arende nie, maar julle is geestelik volwasse, onderskei met die oë van die arend, en julle ken MY stem.

Diegene wat hier lees en nogsteeds baba Arende is, moenie bekommerd wees nie. Die meer geestelik volwasse Heilige Arende sal julle versorg en julle beskerm en selfs onderrig hoe om in die geestesryk oorlog te voer, in 'n hoër ryk as wat julle voorheen gesweef het. Gesalfde Heilige Arende wees gewaarsku! Die onheilige aasvoëls versamel teen julle en gaan probeer om julle te verslind as prooi. Maar julle sal hulle nie ten prooi val as julle MY aangesig soek en julself verneder en bid vir MY instruksies nie en hoër sweef wanneer EK julle aansê om te sweef en op die vyand af te duik wanneer EK julle aansê om te duik. Húlle sal die prooi wees in MY Heilige Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH. Gesalfde Heilige Arende van MY, EK het julle weggesteek en onderrig vir 'n tyd soos hierdie. Soek MY aangesig op 'n nuwe manier. Glo dat julle MY stem gehoor het in die wildernis want EK het geroep en julle het geweet wat om te doen wanneer die tyd sou kom.

Gesalfde Heilige Arende, EK het julle die skerp visie van 'n Arend gegee. Julle kan jul vyand en prooi van ver af onderskei. EK het julle vlymskerp kloue gegee wat MY tweesnydende swaard dra. Gebruik dit tot MY eer. Dink niks is onmoontlik wanneer julle MY NAAM YAHUSHUA aanroep nie. Wat voorheen onmoontlik was sal nie meer wees nie, as julle net glo sal julle met jul eie oë sien. Die onheilige aasvoëls vergader teen julle en wil die lewens noodsaaklikhede weg neem van julle af soos water, voedsel, hitte, skuiling, finansies, elektrisiteit, gas, petrol, olie, klere, kommunikasies. Die onheilige aasvoëls wil julle godsdiens-vryheid wegneem van julle af. Hulle kyk na julle en bespot die God wat julle dien. Gesalfde Heilige Arende, hulle wil julle neste vernietig wat EK so liefdevol bou met MY eie hande. Hulle wil julle jongelinge verslind. Die onheilige aasvoëls verslind nou julle jongelinge en julle het bygestaan en toegekyk terwyl julle elke jaar meer vryheid verloor, terwyl julle kinders dit geleer word wat EK hulle nie geleer het nie. Nie alle kennis is voordelig vir die jongelinge nie.

Julle jong kinders word gemors gedwang-voed wat hulle verstand, liggame, geeste en ja, siele vergiftig! MY gesalfde Heilige Arende het gesê,"Wat moet ek doen, want dit is buite my beheer?" Julle het geroep na MY, die Vader Arend, en EK sê vir julle, vat terug wat die vyand gesteel het. Vat terug wat die onheilige aasvoëls gesteel het en besig is om te steel. EK het julle die vooruitsienendheid gegee hoe om dit te doen. Julle het gesê dit is te moeilik. Is dit nie moeilik om te kyk hoe julle kinders hel toe gelei word nie? Julle het jul reg verloor om julle kinders te dissiplineer en julle staan daar terwyl die staat vir julle dikteer hoe om julle kinders op te voed en watter moraliteit om vir hulle te gegee. Is dit enige wonder dat die jonger generasie nou in rebellie is? Het EK julle nie vooraf gewaarsku dat dit sou gebeur nie deur die profete en apostels? Het EK julle nie vooraf gewaarsku dat dit gaan gebeur nie deur MY Heilige Woord? Hoekom beveg julle nie die onheilige aasvoëls nie? Is dit omdat julle dink hulle getalle is meer as julle s’n?

Gesalfde Heilige Arende, julle moet vergader en vas en bid vir hierdie wêreld. Die onheilige aasvoëls wil nie net een godsdiens as prooi hê nie, die onheilige aasvoëls wil nie net een nasie of land of provinsie hê nie. Die onheilige aasvoëls wat teen julle vergader wil die HELE WÊRELD verderf en beheer. Daar is geen godsdiens wat in 'n God glo wat die onheilige aasvoëls nie as prooi sal wil verslind nie. Dit is nie net MY Kinders vir wie die onheilige aasvoëls wil verslind nie maar waarsku diegene wat MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH nie aanbid nie! Die onheilige aasvoëls wil ook en sal die Boeddiste, Hindoes onder ander godsdienste verslind alhoewel hulle nie aan MY gesag onderwerp nie terwyl hulle hul godsdiens-vryheid verloor sal julle ook as julle nie nou vergader en veg teen die onheilige aasvoëls wat teen julle almal versamel nie.

Wanneer een hul godsdiens-vryheid verloor, verloor julle almal dit. Almal sal hul vryheid verloor om te aanbid. Sal julle nou omgee vir mekaar? Julle het die goud en silwer om afgode te maak, gebruik dit om die onheilige aasvoëls te beveg. Die afgode kan nie praat of oorlog voer nie maar diegene wat julle teëstaan sal teen julle praat en oorlog maak. Gebruik die middele wat EK vir julle gegee het, nie net geestelik nie maar wetlik en finansieel. satan wil MY tydsberekening vooruitgaan. satan wil verwoes voor die tyd wat EK daargestel het. EK sal dit toelaat as julle nie versamel en bid dat julle nie kos word vir die onheilige aasvoëls nie. Moenie toelaat dat ras, geloof, taal of geloofsbelydenis julle verhoed om teen hierdie dier te veg nie wat in die gedaante van 'n onheilige aasvoël kom, maar 'n groot ondier van massiewe afmetings is. Want dit is soos 'n vetgemaakte gedierte en dit het stukkie-vir-stukkie van julle vryheid weggevreet op elke manier totdat die woord vryheid nie meer spreek van vryheid nie, maar slawerny in vermomming is.

Die onheilige aasvoëls kom in hierdie gedaante om MY RUACH ha KODESH te bespot, wat in die gedaante van 'n duif gekom het. Die onheilige aasvoëls vergiftig selfs die lug wat julle inasem en sal julle merk op maniere wat julle die minste verwag, julle skei van ander, want hulle weet wie MY Gesalfde Heilige Arende is en wie die jongelinge van die onheilige aasvoëls is. Pasop julle eie bloed sal julle verraai en gedwing word om uit te roep en te identifiseer wie julle is. Geen ras of nasionaliteit sal geheim gehou word wanneer die bloed eers gedwing word om uit te roep nie. Wees versigtig vir alle chirurgiese prosedures want julle eie liggame sal uitroep en julle verraai. Leer aangaande MY natuurlike medisyne en soek die versteekte Gesalfde Heilige Arende wat EK opgelei en versorg het en opgerig het vir 'n tyd soos hierdie. Moenie hulle wysheid minag nie, want dit is EK, YAHUVEH, wat hulle geleer het hoe om julle lewens te red wanneer julle nie meer na die geneeshere kan gaan nie want hulle sal nie meer deel sal wees van die Heilige Arende nie maar sal behoort aan die onheilige aasvoëls sodat hulle medisyne kan praktiseer.

Dit sal raar wees as die dokters nie doen wat die onheilige aasvoëls hulle beveel om te doen nie. Julle was gewaarsku. Pasop vir enige soort inspuitings want die onheilige aasvoëls beplan om dit as 'n wapen teen julle en julle jong Arende te gebruik. Moenie mismoedig word nie en glo wanneer EK julle beveel om te sweef soos 'n Arend sweef en iewers heen te vlieg. Moet MY nie bevraagteken nie. Beweeg net wanneer EK sê beweeg. Kan 'n Arend stilstaan in die lug? NEE, en ook kan julle nie. Al MY Gesalfde Heilige Arende sal mekaar volg en nie eens verstaan wat hulle doen nie terwyl hulle in perfekte formasie vlieg sal geen vlerk 'n ander vlerk oorvleuel nie almal sal sirkel om dieselfde prooi die onheilige aasvoëls en sal onderskei wie 'n gesalfde Heilige Arend is en wie is 'n onheilige aasvoël.

Die baba Arende wat nie alleen kan vlieg nie sal gedra word op die vlerke van die meer geestelik volwasse Gesalfde Heilige Arende. EK sal meer hieroor spreek wanneer julle dit kan hou wat EK reeds hier gespreek het. Nog een ding, onthou dit en moet dit nie ligtelik opneem nie. Julle moet MY Seën en beskerming vra van hierdie oomblik af vir elke krieseltjie kos wat julle eet en elke drankie wat julle drink, dank MY daarvoor. Kom nou in die gewoonte want daar kom 'n tyd wat julle dit sal nodig vind om te eet wat julle eerder nie wil eet nie en drink wat julle eerder nie wil drink nie maar alles sal tot seën vir julle liggame wees. Ja, selfs dit wat EK julle voorheen gewaarsku het onrein is sal MY Seun YAHUSHUA se Bloed reinig wanneer dit nodig is!

Leer nou om dankbaar te wees in die klein dingetjies en neem niks wat EK julle gee as vanselfsprekend aan nie. Selfs julle vrugte en groente het nie dieselfde voedingswaarde soos EK hulle geskape het nie. Die water en lug het hulle besoedel en die grond is gestroop van die nodige minerale. Julle weet nie eers meer hoe 'n vrug of 'n groente behoort te smaak nie. Dit is seldsaam as julle wel weet. Wat vleis aanbetref, weer sê EK julle verstaan nie dit wat julle geeët het het die onheilige aasvoëls vergiftig op soveel maniere. Die water wat julle drink julle besef nie eers hoekom julle liggame nie meer daarna smag om water te drink soos EK dit geskape het om te dors nie. Dit is omdat selfs die water nie meer is soos EK dit geskape het nie. Dit is hoekom julle seëninge moet bid oor alles wat julle gebruik in die Naam van MY Seun YAHUSHUA. Vra MY om die kos en drank te seën sodat dit 'n seën vir julle liggame sal wees en nie 'n vervloeking daarvoor nie.

Laastens, sê EK dit vir julle al sal almal nie verstaan nie, maar MY Gesalfde Heilige Arende moet MY eer op die ware Sabbat! EK sal met hulle praat op hierdie dag as hulle MY sal erken en MY aanbid op 'n spesiale manier op hierdie dag. Sit julle werk eenkant op hierdie dag en wees lief vir MY en Eer MY meer as op enige ander dag van die week. Laat dit ons tyd saam wees. EK is so jaloers vir julle tyd. Selfs diegene wat MY werk doen, sit hierdie tyd opsy vir MY. Dit is gesond nie alleenlik vir jou verstand, gees en siel nie, maar ook vir jou liggaam. Vra MY wat EK wil hê julle op hierdie dag moet doen en sluit MY in want saam is dit ons dag van rus. Elkeen het 'n ander manier van rus in MY maar sluit MY net in op die Sabbat. EK is die Here van die Sabbat en moet dit nie vergeet nie! EK sal terugkeer op die Sabbat. Ook nie die een wat die onheilige aasvoëls verklaar het nie. (Sondag).

Neem nou hierdie woorde en verteer hulle as voedsel vir jou verstand, ligaam, gees en siel. Meer sal voortkom maar luister wanneer EK die woorde voortspreek deur MY ander Gesalfde Heilige Arende, want geen Gesalfde Heilige enkel Arend het al die antwoorde nie. Julle het mekaar nodig en moet nooit dat EK sien 'n beseerde Heilige Arend word verslind deur 'n ander Heilige Arend nie. Help mekaar om hoog in die lug te sweef en geloof te hê. Psalm 91 is julle geheime nes waar EK woon.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf, gegee aan een van MY Gesalfde Heilige Arende,
[Elisheva Eliyahu]


DRINGEND!
ASSEBLIEF HEILIGE ARENDE STAAN OP EN VERGADER IN GEBED OM GEESTELIK DIE AASVOËLS WAT TEEN ONS VERGADER TE BEVEG! 10/8/00


Op 9/9/99 was ek in Quebec Kanada en dit is toé dat die HERE my vertel het dat alles opgestel is vir die Merk van die Dier-sisteem! Dit wag net vir die regte tydsberekening! Ons is nou een jaar later en GOD beveel my om die alarm te laat weergalm en gereed te maak vir geestelike oorlogvoering en die aasvoels en hulle planne te stop. Ek is niemand spesiaal nie glo my ek dink nie ek is nie. Ek het geen idee hoekom die RUACH ha KODESH my hierdie boodskappe gee om aan die mense te gee terwyl hy iemand meer gewild en bekend kan stuur na wie die mense sal luister nie. Ek gehoorsaam net en spreek voort omdat ek weet ek sal aanspreeklik gehou word vir dit wat ek weet GOD vir my gesê het.

As julle eenstemmig is dat hierdie waarskuwings belangrik is sal julle dan asseblief vra vir gebedsintersessie en bid dat krygswet nie geїmplimenteer sal word nie, ook dat ons eiendomsreg nie weggeneem sal word nie, en ook dat geen wêreldregering, bedoelende Verenigde Nasies, skole, lande, polisie, noodsaaklike dienste ensovoorts sal oorneem nie en kontantlose samelewing nie in Oktober 2000 in werking sal kom nie. Vanselfsprekend kan ek nie op die webwerf dieper op hierdie inligting ingaan nie. Bid ook asseblief dat GOD die maatskappye op wie ons vir dienste staatmaak, soos die telefoon, water, elektrisiteit, riool en gas, sal stop om pryse so te verhoog dat die gemiddelde persoon dit nie kan bekostig nie. Dit is DRINGEND! Lees ons gasteboek. 'n Suster in YAHUSHUA, het my ingelig dat dit alreeds gebeur in Kalifornia. In Suid-Kalifornia, het 'n ander suster aan my gesê dat die waterrekening verdubbel het. Lees ook die droom op Die Rooiplaag Droom bladsy oor ons Suster wie se man in die tronk gegooi is omdat hy daarvan beskuldig is dat hy NIE sy waterrekening betaal nie.

Ek verstaan nou dat YAHUSHUA ons sal beskerm maar ek weet ook dat HY veilige hawens het wat sal beskut vir 'n tyd, buite bereik van die dier-stelsel. Aangesien ek van Joodse afkoms is dink ek aan die groot menseslagting (Holocaust) en die Jode wat daar gesit en geglo het YAHUVEH sal hulle beskerm. Ek is bedroef en wonder hoekom het HY nie. Ander het HY beskerm deur vir hulle te vertel om te vlug. Jy sien geliefde wanneer GOD die wolk van Verheerliking stuur moet ons bedags beweeg, en wanneer GOD die vuurkolom in die nag stuur, moet ons beweeg, ons moenie net daar sit en niks doen en net aanneem dit is wat GOD wil hê nie. Daar is grond van veilige toevlugsoorde vir 'n kort tyd. Ek probeer so hard om uit te vind waar dit nou is. Ek weet GOD het vir my gesê daar waar die berge en oseane bymekaar kom....nie veel van 'n leidraad nie ek weet... matige klimaat wat nie te warm of te koud is nie, meer van 'n afgeslote gebied, en daar kom iemand wat meer antwoorde as ek het.

Glo my, ek sal weet as daardie man opdaag, want hy is 'n vegter in die geestesryk en vol van die wysheid van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) op so baie gebiede. Terwille van ons almal, stem asb saam dat hierdie man nou na vore sal kom. Vreemd, want GOD sê ek is soos Nehemia op die Tempelmuur en ek moenie afkom weens die vyand se aanvalle nie. Ek voel gelei deur die HERE om dit met julle te deel.

Vir diegene wat glo hulle het geestelike openbaring en onderskeiding, instruksies, e-pos my asb gou want ons tyd is kort om te doen wat ons moet doen. Bid asb ook vir die losmaak van finansies aangesien ek aangesê is om te help met die versorging van die profete en diégene wat gestuur is en het tans geen ekstra finansies om dit te doen nie. As julle, terwyl julle bid, glo dat julle weet waar die kortstondige veilige toevlugsoorde geleë is weg vanwaar die Dier-stelsel opgestel word, kontak my dadelik. Ek moet bely dat ek so besig is om die aanvalle uit alle oorde af te weer dat dit voel asof ek nie volkome kan fokus om hiervoor te bid soos ek moet nie. Ek wend my nou tot julle vir intersessie nie net vir hierdie dienaar en bediening nie, maar ook vir wysheid van die HERE YAHUSHUA ha MASHIACH. Want die Bybel sê, "As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van ELOHIEM bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. (Jak 1:5). So, laat ons ALMAL saam vra en dat iemand sal hoor wat ons moet weet en mag al die gawes van die RUACH ha KODESH aangewakker word terwyl julle hierdie lees. "Wanneer die vyand kom, soos 'n saamgeperste stroom sal ELOHIEM ‘n standaard teen hom oprig". (Jes 59:19).

Liefde, julle Suster in YAHUSHUA ha MASHIACH

Eerw. Elisheva Eliyahu