Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Eikev / Omdat, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 58, 90, 152;

Deuteronomium 7:12–11:25;

Jesaja 49:14-51:3;

Johannes 14:1-31;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA, jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


30 Julie, 2021


Profesie 58, Amerika, Bekeer Of Vergaan!Voor Dit Te Laat Is!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)

212 September 2001 Die dag na die “World Trade Center” aanvalle.
Verstaan asb ek is ‘n Amerikaner en sit in Amerika, terwyl ek hierdie spreek onder die salwing met groot vrees vir dit wat gaan kom as ons nie bekeer voor ons Skepper YAHUVEH en YAHUSHUA ons Messias nie. Groot vrees dat ek gehoor en gespreek en geskryf het wat YAHUVEH wil hê ek en jy moet hoor. Ek het gestrewe om elke woord duidelik te hoor en vra om vergifnis as ek nie het nie in die naam van YAHUSHUA.

Ek was aangesê om die mense te waarsku dat‘n groot geestelike gebeurtenis gaan plaasvind en dat dit in die fisiese ryk sal manifesteer rond-om die Sabbat van Rosh Ha Shanah die Joodse datum wat die Rabbies daar gestel het wat 17-18 Sept. is tog voel ek in my gees dat die datum nie reg is nie. YAHUVEH het my aangesê om vir die mense te sê dat hulle die dae naby 14 September, se Sabbat moet dophou, ek voeg ook by dat julle kyk wat gebeur op Yom Kippur die Dag van Versoening of die 10 dae van ontsag, 1 dag van vas en berou oor ons sondes. Yom Kippur is die Hoogs-heiligste dag, en as julle dink dat net die Jode hierdie dae moet eer is julle verkeerd. Want jy is ‘n Jood wanneer jy vir YAHUSHUA as jou Elohiem en MESSIAS aanvaar, YAHUSHUA is Koning van die JODE. Wat HY Heilig gehou het moet ons vier as Joodse Hoog-Heilge Dae en feesdae. Moet ons nie ons Redder se voorbeeld volg nie?

Die Jode glo Rosh Ha Shanah is die tyd wanneer hulle Messias gaan kom, maar hulle besef nie in Israel wag hulle vir die vals anti-messias nie. Want hulle weier om YAHUSHUA te erken as Seun van YAHUVEH wie ook genoem word "EK IS." Die Jode glo Rosh Ha Shanah is die Nuwe Jaar en hulle bepeins die komende Oordeelsdag van YAHUVEH, hulle sê selfs vir mekaar, mag jou naam in die Boek van die Lewe ingeskryf word. Ek is ‘n Messiaanse Jood, alhoewel my bloedlyn Joods is en my nooiens van, is dit nie dít wat van my ‘n Jood maak nie, dit is deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA dat ek ‘n Jood is en ek is nie skaam om dit oor die internet uit te skree nie! Ek is lief vir my Joodse broers en susters wat lief is vir YAHUSHUA en HOM dien, maar ek is ook lief vir die Jode wat lief is vir "HaShem Adonai", al haat hulle my, of verwerp my, ek word deur skrywer Barry Charmish vertel dat hy sy eie godsdiens het en hy is gemaklik daarmee.

Ek is bedroef want Jesaja 53 stel dit eenvoudig wie YAHUSHUA is en watter prys HY betaal het. Omdat die Jode wil leef volgens die wette van Moses, sê die skrifte dat Moses hulle self sal oordeel en nie YAHUSHUA nie. Maar wee diegene wat geoordeel wil word deur Moses, want om net een wet te verbreek verdien die Hel. Daar is geen offer, geen bloed versoening, geen genade nie, en tog is ek dankbaar dat YAHUSHUA, die perfekte lam is wat geslag was in my plek, die Heilige Seun van YAHUVEH wat nooit sonde gedoen het nie, en gewillig SY lewe gegee het sodat my sondes vergewe kan word met die Bloed wat HY gestort het by Golgota en lewe wat HY geoffer het sodat ek gered kan word. Die Jode ken die wette, maar nie die verlosser van die wette nie. Wat sal dit verg vir Israel om YAHUSHUA as die Koning van Konings en Here van Here Almagtige GOD en YAHUVEH se enigste verwekte Seun, te aanvaar, HY is die MESSIAS die Heilige Lam van YAHUVEH.

*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie
:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

Profesie BEGIN

EK, YAHUVEH, sê, "Mense julle moet bekeer, staan in die gaping, ween, vas, en bid vir Amerika voor oordeel weer op haar neerkom" Publiseer asseblief ‘n gebed vir Amerika. EK, YAHUVEH, beveel julle om alle profesieë te publiseer wat Amerika aanbetref. Moenie bang wees om Amerika aanstoot te gee nie maar as julle nie gehoorsaam nie wees bang om MY aanstoot te gee. EK, YAHUVEH, sê vir jou, President Bush, jy moet ‘n nasionale dag uitroep van vas, rouklaag, ‘n dag van bekering, en julle moet op julle aangesigte neerval voor MY. Voor die wêreld moet julle julself verneder, bekeer, ween, vas en bid sodat MY hand van oordeel gelig sal word van Amerika af. Christene en Jode, luister na die skrifte, " As MY volk oor wie my Naam uitgeroep is hulle verootmoedig, en bid en my aangesig soek, en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal EK uit die hemel hoor, en sal hulle sonde vergewe, en hulle land genees." (2 Kronieke 7:14).

Moenie skaam wees vir MY nie anders sal EK MY vir julle skaam. Moenie diegene vrees wat jou liggaam kan doodmaak nie, wees in plaas daarvan bang vir MY wat jou al skreeuende binne-in die ingewande van die Hel en die Poel van Vuur kan instuur (Mattheus 10:28) en die geween en weeklaag het net begin. Aanvaar nou vir YAHUSHUA voordat dit te laat is. Bekeer nou terwyl daar nog tyd is. Roep uit tot YAHUVEH en YAHUSHUA en jou siel sal gered word as jy gehoorsaam is aan MY, en MY eerste stel in jou lewe. Draai weg en bestraf onheiligheid en diegene wat onheilig is. Draai weg van alles wat onheilig is en hou-op probeer om MY wette te verander wat verorden en in klip gegrafeer is deur die vinger van “EK IS”, “EK IS” wie “EK IS” en EK verander nie.

Julle President Bush moet onthou wie hom in die amp geplaas het. Dit was MY hand, die hand van YAHUVEH. Oordeel het gekom vir die onheilige wette wat uitgevaardig is, veroorsaak dat mense sonde doen, sonde goedkeur, kinders vermoor terwyl hulle nog in die baarmoeder is, eksperimenteer, martel en skepper speel; maar julle is nie ‘n skepper nie, julle is ‘n moordenaar. Julle dink EK gaan julle seën met genesing van julle kwale, siektes en gebrekke, deur die uitmoring van die ongebore kinders. Dink julle EK gaan julle dokters en julle wetenskaplikes seën? EK sê vir julle ‘n erger plaag gaan julle oorkom oor hierdie wreedaardighede en om dit mediese vordering en genesing te noem vir dit wat julle bekwaal.

Slagters noem EK julle, moorddadige slagters! Julle lot sal dié wees van ‘n moorddadige slagter, julle dokters en wetenskaplikes. Wat julle die Hooggeregshof noem in Amerika, die heidense politici het hierdie oordeel voortgebring oor Amerika. Julle het niemand om te blameer nie behalwe julself. Julle maai wat julle gesaai het. Hoekom dink julle dat EK nie die stille geskreeu hoor van die ongeborenes nie, net omdat julle jul ore doofgemaak het en julle oë blindgemaak het vir hierdie moord? Weet julle nie EK het die siele geskape van die ongebores sowel as die geborenes nie? Heidene, Fariseërs hoe durf julle herskryf wat EK moord noem? Wie is julle politici om te verklaar wat EK sondige lewenstyle noem.

Dink julle EK is beïndruk met julle nuwe wette? EK het vir julle oordeel oor Amerika gewys en EK sê vir julle wag net totdat julle die tekens in die lug sien, en die effek op die aarde terwyl vulkane, aardbewings, vloede, orkane en tornados almal bymekaarkom asof in ‘n koor die lied sing van die verdoemde. As julle dink dit is afgryse, het julle MY toorn nog nie eens gesien begin neerkom nie. En EK praat nie net met Amerika nie, want sy is maar net ‘n jong babatjie wat haar neus optrek vir MY.

Maar EK praat met Israel want alhoewel julle sê julle is Joods is sovele nie, want julle het die wette verloën van Abraham. Julle het jouself verkoop en jul land aan die hoogste bieër en diegene wat EK nooit wou gehad het moes daardie land besit nie, besit dit nou, en wat EK aan julle voorvaders gegee het, het julle geen reg om weg te gee nie. Julle gee selfs julle water weg onwetend waar julle nuwe water vandaan gaan kom. Word wakker MY Joodse mense. Diegene wat uitroep tot HaShem Adonai, word wakker. Wil julle waarlik terugkeer na “EK IS” of wil julle die lot ondergaan van Nineve en Sodom en Gomorra? Julle is geensins beter nie Israel; julle is ‘n hoer in MY oë.

Julle maak ook die onskuldige babas dood en verander MY wette, net omdat Amerika en ander regoor die wêreld dit doen. Israel, “EK IS” skaam vir jou. Ja, jy ook Jerusalem! “EK IS” skaam vir die land wat moet staan vir heiligheid en tog plaas julle Fariseërs in die amp wat nie eens ‘n vorm van goddelikheid het nie en vir seker geen goddelikheid van binne het nie. Julle luister na bose rabbies wat MY nie eens ken nie. Hulle ken die wette en gehoorsaam hulle nie eens nie. Julle verhef hulle om heilig te wees en tog is geen heiligheid binne-in hulle nie. Nie al MY Rabbies nie, maar julle weet watter het MY RUACH Ha KODESH en watter het nie.

Israel, julle kyk en wag in af-wagting want julle weet julle oordeel is nie ver nie. EK het julle keer-op-keer beveel om terug te draai na die Skepper van julle Voorvaders. Maar luister julle? Keer julle terug na Heiligheid? Loof julle MY vir alles wat EK gedoen het? Nie almal van Israel is MY oogappel nie. Slegs diegene wat soek na “EK IS” en wat heiligheid navolg en wat dit waag om uit te spreek teen alles wat onheilig is, is MY oogappel. Slegs diegene wat die geskenk aanvaar wat EK gegee het vir Israel en deur hulle het EK die wêreld geseën toe EK MY Seun YAHUSHUA gegee het, maar wanneer julle HOM verloën, verloën julle vir MY, YAHUVEH.

Hoekom dink julle EK huil minder oor die vermoorde gemartelde ongebore babas, as die honderde duisende lewens, te veel vir julle om in ‘n enkele dag te tel. Die Hel het die meerderheid van hulle geëis vandag. Julle weet nog nie hoeveel nie, maar julle sal besef dat diegene wat dikteer wat julle hoor en sien julle op ‘n dwaalspoor gelei het. Chrsitene, hoekom laat julle toe dat sonde julle huise deurtrék? Hoekom spreek julle nie uit teen die sondige leefstyle en dit wat EK ‘n gruwel noem nie? Israel, selfs júlle spreek nie uit daarteen nie, in plaas daarvan maak julle wette vir beskerming en aanmoediging vir hierdie bose bespotting van dit wat EK‘n huwelik bedoel het om te wees, een man en een vrou, julle weet waarvan EK praat. Durf dit nie waag om te dink dat EK hierdie alternatiewe lewenstyl oorsien nie want julle maai wat julle gesaai het.

EK het MY Diensmaagd gewaarsku om vir die mense te sê om dop te hou rond-om die dag van Rosh Ha Shanah en veral hierdie maand asook die maand van Oktober. Onthou julle wat EK, YAHUVEH, gewaarsku het "Amerika, EK het die ergste vir laaste gehou." Julle moet wakker word en besef dat julle‘n land is wat apart gestel was om eer te bring aan YAHUVEH en YAHUSHUA en hoeveel lof en eer het Amerika gebring vir "EK IS"? Wee hierdie land as dit nie terugkeer na heiligheid nie, EK IS YAHUVEH God YAHUVEH hierdie is die droewigste dag vir Amerika, sonder ‘n skoot afgevuur om haarself te beskerm, sonder enige verwittiging anders as dit wat EK voortspreek deur MY Apostels en Profete en hoeveel het geluister? Amerika, ly baie ongevalle en sterftes. EK moes satan toelaat om julle te sif, want julle het ver afgedwaal van MY paaie van heiligheid. Julle sê hierdie is een nasie onder God, gehoorsaam MY dan. Gehoorsaam die Heilige Skrifte. Verloën en verwerp alles wat onheilig is, keer terug na die land wat EK liefgehad het en apart gestel het.

WEE julle as julle nie ag gee op hierdie waarskuwing nie. EK praat deur MY apostels en profete, diegene vir wie die pastore nie in hulle kerke wil hê nie, diegene wat weier om MY woorde in te boet, weier om voor-af gesensor te word, en weier om hulle voete onder enige ander tafel te sit behalwe MYNE. Diegene wat weier om MY Woorde te versag net sodat hulle nie sal aanstoot gee nie. MY Ware Apostels en Profete sal nie gemuilband word nie. Dit veroorsaak net dat hulle harder skree. Julle dryf hulle uit julle kerke uit, en tog dryf julle hulle net in MY arms in vir vertroosting en hulle besef die meeste kerke in Amerika en regoor die wêreld is hoere vir satan, uitverkoop aan die hoogste bieër.

MY mense word verkoop en word gesien as persoonlike eiendom terwyl die pastore hulle adreslyste verkoop. Terwyl hulle die koppe van die mense in die kerke tel en hulle toe-eien as hul skape. Wee julle, julle bose Herders wat wolwe is in skaapsklere. Wee julle, diegene wat hulself miljoenêrs noem en neersien op ander. Onthou, EK is jaloers vir MY skape en lammers. Julle sal betaal. O, julle sal na MY toe kom en sê, "Maar Here ek het duiwels uitgedryf in U Naam en geprofeteer in U Naam, en ‘EK IS’ sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid, EK het jou nooit geken nie." (Mattheus 7:21-23)

Julle wat vreemdevuur na die gemeentes neem, wat MY Eer vat en bedieninge na julleself vernoem, HARDLOOP, HARDLOOP, HARDLOOP weg van sulke bedienings af. "EK IS" het dit verdra dat julle saad gesaai het in selfsugtige, arrogante, trotse, manipulerende, bedrieglike bedienaars en bedienings. Omdat "EK IS" hulle nie geseën het nie het hulle na vals leerstellings gedraai sodat dit lyk of hulle geheime by MY geleer het en tog leer hulle die geheime by satan homself. Wees versigtig vir enige een wat MY Eer wil steel. Hoe groter die naam, hoe meer eer steel hulle. EK sal julle verantwoordelik hou vir wat julle gedoen het met die saad wat EK aan julle gegee het om te plant. As julle saad saai in verdorwenheid sal julle die vrugte van MY verwoesting maai. Voorheen was julle nie gewaarsku nie, maar EK stuur hierdie Apostel van MY om julle nou te waarsku. EK stuur MY Profete en apostels om te waarsku voor oordeel kom. EK is ‘n God van balans in alle dinge, seëninge en vervloekings ook. Bekeer en draai weg van diegene wat hierdie boosheid doen.

EK huil vir Amerika; O EK wil julle nie seermaak nie. Julle is soos ‘n wederstrewige kind wat afgedwaal het na ‘n lewe van sonde. Julle is soos die verlore seun wat die erfdeel van sy vader geneem het en die rykdom verkwis het, op dwaashede. “EK IS” daardie Heilige Vader, daar is geen ander nie. Alles wat julle het, het EK vir julle gegee. EK was geduldig met julle. Julle toegelaat om jul keuses te maak, maar nou waarsku EK julle, kom uit die stinkende varkhokke van hierdie wêreld uit. Hou op om die varkkos te eet van hierdie wêreld. Kom terug na MY toe en EK sal MY Seun YAHUSHUA se klere van geregtigheid om julle sit. EK sal MY eie belofte-ring aan julle sit wat julle een maak met MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, want julle sal getroud wees met waarheid, geregtigheid, en heiligheid, as julle MY maar net sal gehoorsaam. Keer terug na Heiligheid.

EK, YAHUVEH en YAHUSHUA, sien nie sonde oor nie. EK is nie geamuseerd terwyl julle MY verder en verder toets nie. Nou moet selfs godslastering op julle luggolwe wees tydens spitstyd waar die babatjies op die verkeerde weë gelei sal word. EK is YAHUVEH en julle Skepper. EK het julle gewaarsku maar wou julle luister? Kom laat ons hierdie saam uitredeneer, EK is dieselfde vandag, gister en vir altyd, en EK, YAHUVEH, verander nie. Net omdat julle jul definisie van sonde verander, julle MY gebooie verander, julle definisie van Heiligheid verander, het "EK IS" nie verander nie. Wat sonde is op die aarde, is sonde in die Hemel en daar word geen sonde in die Hemel toegelaat nie. Net omdat julle geleer het om verdraagsaam te wees teenoor sonde, en julle oë en julle ore toe te hou terwyl MY Naam bespot en vervloek word en wat EK in die Heilige Skrifte geskryf het verontagsaam, bespot en verdraai word om iets te beteken wat EK nie gesê het nie. Dink julle EK sou teen MY eie wette ingaan, MY eie woorde wat vlees geword het?

Amerika, julle moes ‘n voorbeeld vir hierdie wêreld gewees het. Julle is onder MY oordeel nou en dit is net die begin. Amerika, julle moet bekeer en elke man, vrou en kind, wat hulself ‘n Amerikaner noem, julle moet bekeer oor die woede wat julle wakker gemaak het in julle Skepper die Groot God "EK IS". Daar is geen ander skepper nie, YAHUSHUA is die enigste Bloed bedekking wat EK sal aanvaar. Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is die enigste Gees wat jukke en bindings van julle sal afbreek terwyl julle bevry word uit die hande van die bose mense. Nineve het bekeer en EK het haar meer tyd gegee. Dis waar mettertyd het sy teruggegaan na haar sondige weë en MY grootliks vertoorn en EK het Nineve verwoes.

Maar ten spyte van dit wat EK gesê het vir Jona het EK haar ‘n kans gegee en Nineve gespaar en EK sal julle ook spaar Amerika, as julle maar net weer MY wette sal volg en ophou om wette uit te vaardig wat poog om MY wette te verander wat geskryf was met MY eie vurige vinger op ‘n kliptablet. EK het hierdies uitgestuur met die waarskuwing van Jona en hoe min luister totdat EK die afgryse toegelaat het wat Amerika oorgekom het vandag. MY Kinders, sê MY dit, terwyl julle vasgenael sit voor julle televisies en radio’s en toekyk in afgryse en skok. Verwonder hoekom dit gebeur?

Wat is die verskil tussen Amerika wat die impak van terrorisme ly en Israel wat terrorisme ly of Kosovo, of Afrika, en baie ander plekke regoor die wêreld? Julle lees dit onverskillig in julle koerante, hoor dit op julle radio’s en televisies, of kyk die hoof-berigte wat verskyn op julle rekenaars en tog voel geen land die pyn nie totdat EK julle toelaat om te voel hoe dit julle eie lande tref, totdat die dodetal julle ras, volk, taal en julle nasies is. Huigelaars! Julle ween en weeklaag nou net omdat dit julle eie nasie is. Sal julle dit nou ernstig opneem as ander ly aan oorloë? Amerika, bekeer en keer terug na die land wat EK apart gestel het vir MY Lof, Eer en Heerlikheid, wees weer ‘n voorbeeld van Goddelikheid. Het julle so vinnig die depressie en die wonderwerke vergeet wat EK gedoen het? Dit is hoekom julle ekonomie geseën was. EK wil julle nie weer daarheen terugneem om daardie les te leer nie. Oordeel is veels te lank uitgestel.

Julle Apostels en Profete soos hierdie een het julle gewaarsku, maar het die kerke selfs bekeer? NEE! Deur stil te bly het hulle net die onheilige wette gehelp om uitgevaardig te word omdat hulle bang was om die gemeentes aanstoot te gee, en tog het hulle geen vrees gehad om MY, YAHUVEH, aanstoot te gee nie. Hulle het net die Apostels en Profete weggejaag wat probeer het om vir hulle MY profetiese waarskuwings te gee, hulle beledig, hulle sleggesê, hulle verwerp, en hulle gesmaad, soos hierdie apostel wat nou praat. Hoe min van julle hoof denominasies sal selfs hierdie apostel toelaat om te waarsku oor die verskrikkings van die hel, of te waarsku oor MY oordeel wat kom? Julle sê nou dit mag dalk die mense ontstel en tog het julle geen vrees om MY, YAHUVEH, te ontstel nie.

Julle spot die Apostels en Profete omdat hulle nie ‘n kerk het nie. Tog is die kerk nie die gebou nie en ook nie die pastoor nie, die kerk, MY tempel is die Liggaam van YAHUSHUA, en dit is MY Mense wat MY stem hoor en gehoorsaam en liefhet en MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH eerste stel in hulle lewens. Selfs voor die begeertes van hulle families, selfs al beteken dit ‘n skeidings-swaard skei hulle van hul geliefdes wat MY en MY Seun YAHUSHUA en die salwing van die RUACH HA KODESH, verloën. Wee julle, as EK nie MY Apostels en Profete gestuur het om in te tree en te waarsku soos EK nou doen nie. Wee julle want EK stuur MY Apostels en Profete om te waarsku voordat EK MY woede en oordeel stuur. Maar hoe min doen selfs die moeite om hulle te bedank? Hoe min het selfs omgegee om te probeer help om hierdie een selfs nou te onderhou wat MY woorde tik?

EK, YAHUVEH, vra julle hierdie vraag aangesien julle weier om haar te help in haar uur van nood. "Hoekom sal julle die ryk en beroemde predikers help wat MY Eer steel deur hulle name op die bedienings te sit?" Hulle gaan te werk onder ‘n vreemde vuur wat nie MY RUACH ha KODESH salwing is wat EK vir hierdie Apostel gegee het nie, en ‘n ander Apostel wat ‘n seën of vervloeking sal wees afhangende wat hulle gedoen het met YAHUSHUA en of hulle die apostels en profete ontvang het as ‘n seën en nie ‘n vervloeking nie. (Mattheus 10:41-42)

EK, YAHUVEH, sê vir julle dit; vir diegene wat hul oë toegehou het vir haar swaarkry, en hulle ore doof gehou het vir haar uitroepe, gaan EK, YAHUVEH, dieselfde doen aan julle wanneer julle MY aanroep vir gebede om beantwoord te word in MY Seun se Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH.

EK, YAHUVEH, vra julle dit, antwoord MY as julle dit waag, "Hoeveel was gered, genees, verlos en bemoedig, hoeveel sou selfmoord gepleeg het en hel toe gegaan het (Lukas 17:11-18) as EK nie hierdie Bediening opgerig het nie?" Julle is persoonlik geseën en tog het so baie van julle nooit probeer om in antwoord daarop ‘n seën vir MY Dogter te wees nie, en tog het sy keer-op-keer haar verstand, liggaam, gees, en siel uitgestort, die laaste van haar krag, finansies uit te stort en haar gesondheid ignoreer, terwyl sy vertel word om te rus, en tog nie eens die betekenis van rus ken nie. Hoekom doen sy dit? Vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA se Heerlikheid en vir julle onthalwe.

EK, YAHUVEH, vra julle dit, dink baie versigtig want EK hou julle aanspreeklik vir wat julle sê en doen, "Wat is die prys van jou siel, jou gesondheid, wie sou jou wonde bedien het as EK haar nie gesalf het om MY woorde voort te spreek nie? Hoeveel is geseënd met hierdie bediening? Dink jy EK sal toelaat dat dit voortgaan sonder om jou aanspreeklik te hou?" Julle wat kom en spot en vir haar boodskappe stuur dat ‘n vrou nie ‘n man behoort te onderrig nie. Besef julle nog steeds nie dit is satan wat voortspreek deur julle monde om haar en ander vroue te ontmoedig met soorgelyke roepings handgekose deur “EK IS.” Besef julle nie die wat dink dat hulle die skrifte ken en tog nie, die letter maak dood en die Gees gee lewe? (2 Korintiërs 3:6)

Hou op om te probeer om vir MY te sê watter geslag EK kan gebruik om hierdie boodskappe te bring en onderrig en gebruik as MY Apostels en Profete. (Gal 3:27-29) Die RUACH ha KODESH salf diegene wie EK verklaar, nie wie julle verklaar nie. EK kies nie MY apostels en profete sonder om hulle eers deur toetse te sit nie en wie is julle om te sê of dit ‘n man of ‘n vrou is? Het julle nie MY Woord gelees nie? Weet julle meer as EK, YAHUVEH. Dit is EK wat MY werktuie salf en EK giet MY salwings olie en Lewende Water uit sonder mate. Nou praat EK met diegene wat nog net geneem het en nog nooit enige iets gegee het vir hierdie bediening of bedienaar nie, nie eers ‘n woord van bemoediging nie.

EK, YAHUVEH, het Elia van Ouds na die weduwee van Sarfat gestuur want EK, YAHUVEH, het vooruit geweet dat die klein weduwee vroutjie besig was om haar laaste ete vir haar seun voor te berei en dan sou sy en haar seun gesterf het, as EK nie vir Elia gestuur het om haar oliekruik en meel in die vat te vermeerder nie. Sy moes gehoorsaam en die salwing erken in die Profeet van ouds Elia en sy het. Elia het die salwing gehad om water uit die Hemel neer te roep om die stroom te vul wat opgedroog het, maar EK, YAHUVEH, het dit nie toegelaat nie, in plaas daarvan het EK vir Elia van Ouds gestuur om die weduwee van Sarfat te toets. (1 Konings 17:8-24). Alhoewel die skrif sê dat daar baie weduwees was, was Elia van Ouds na daardie spesifieke vrou gestuur. (Lukas 4:25). EK gebruik haar soos ‘n Elia van Ouds. EK, YAHUVEH, het vir haar instruksies gegee om haar behoeftes neer te skryf en uit te spreek, en hoe min het die toetse geslaag. Miljoenêrs het hierheen gekom en gespot nou gaan hulle die miljoene nie meer veel langer hê nie, want EK sê vir julle gebruik die papier en plastiek kaarte terwyl julle kan om hierdie Elia van Nuuts [in Hebreeus, Eliyahu] te help, nie vir haar onthalwe nie maar vir julle onthalwe.

EK, YAHUVEH, spreek hierdie alleenlik tot diegene wat MY stem herken deur hierdie profetiese woorde wat hier geskryf is en die RUACH ha KODESH wilde vuur salwing herken wat op haar is. EK, YAHUVEH, wil die mense seën maar hulle het MY seëninge en hierdie diensmaagd verloën wat EK gesalf het om MY seëninge voort te spreek soos die Elia van Ouds. Wanneer julle papiergeld waardeloos is en die kredietkaarte is waardeloos, en die aandele en die verbande en die CD’s is waardeloos, en julle staar armoede, hongersnood, dakloosheid, siektes in die gesig, sal julle onthou toe julle gevra was om ‘n seën te wees soos die weduwee van Sarfat wat MY Elia van Ouds onderhou het. Julle sou geseënd en beskud gewees het net soos die weduwee van Sarfat en het gekies om ‘n dowe oor te draai vir YAHUVEH se waarskuwings om hierdie diensmaagd MY Elia van Nuuts [in Hebreeus, Eliyahu] te seën.

EK is YAHUVEH en EK het Elia van Ouds gesalf soos EK MY diensmaagd gesalf het vir wie EK MY Elia van Nuuts [In Hebreeus, Eliyahu] noem. Julle sal verantwoordelik gehou word of julle ‘n seën of ‘n vervloeking vir haar is. EK salf haar om profetiese boodskappe voort te spreek wat min sou waag om voort te spreek uit vrees vir bespotting, maar diegene wat dit waag om te spot en wat ontken hierdie is “EK IS” wat hier praat weet dit, julle het ‘n vinger in MY, YAHUVEH se oog gesteek. Moet MY nie glo nie wag en kyk tot dit wat ek geprofeteer het gebeur, dan sal dit te laat wees, vir diegene wat haar vervloek en verloën nou, wee diegene wat dit waag om MY, YAHUVEH, te toets! “EK IS” weet dat julle die profetiese boodskappe voorlees aan julle gemeentes, en lieg en sê, "YAHUVEH spreek dit tot julle!" Julle het nie die prys betaal vir die salwing soos sy en ander het nie, en tog waag julle dit om die woorde voort te spreek en nooi haar nie eens om te kom en hulle voort te spreek in die salwing wat EK op haar en ander geplaas het toe EK dit met hulle gespreek het onder die die salwing nie. Jy is niks beter as ‘n dief en ‘n leuenaar nie.

Julle wil nie ‘n apostel soos die een uitnooi waardeur EK spreek nie. Julle kies om die ryk en beroemdes uit te nooi wat opgeblaas is in hul eie trots en ego’s en hulle vreemde vuur van dwase-goud, wat EK ‘die goud-stof goue-tande, laggende vals-herleweing’ noem! Want dit neem dwase om te glo dat "EK IS" die begeertes van hierdie wêreld sal gebruik om MY salwingskrag te bewys. EK is ‘n Skepper nie ‘n nabootser nie. EK het reeds diegene geoordeel wat hierdie leuen uit die put van die hel bevorder en diegene wat nie bekeer het omdat hulle dit bevorder het nie en wat aanhou om hierdie dwase goud te bevorder. EK sal oordeel net so seker soos EK Ruth Heflin en Bob Shattles geoordeel het, wat nie meer op die aangesig van hierdie aarde is nie en ander sal hulle volg want hulle staan in ‘n ry soos dominoes gereed om te val. Hulle sal omtuimel met die okkultiese vreemde vuur gevind in kerke waar MY RUACH ha KODESH vervals en bespot word en hulle gelag het vir die Heilige Skrifte en hulle hierdie die laggende herlewing noem. Daar is niks om oor te lag nie want dit is die spottende demone wat deur hulle monde lag en die demone spot en lag vir hulle wetende dat MY toorn aangewakker word.

Die blydskap van YAHUVEH is julle krag maar dit is nie chaos en spottery nie. Dit is nie soos oordraagbaar soos ‘n plaag nie. Pasop want diegene wat saamstroom na hierdie kerke wat hierdie beoefen, hulle hoop vir hulself die woede en oordeel op van "EK IS". Julle dae is getel as julle nie bekeer nie. Diegene wat saamstroom na die Kerke en bedienings wat MY Eer steel (Nahum 1), deur hulle name op die bedienings te plaas, is besig om "EK IS" se woede en oordeel op te berg, en waar julle jul saad plant sal dit harde, vervloekte grond word. Voorheen het julle nie van beter geweet nie maar nou beter julle bekeer voor EK die vervloekings van Deut. 28 oor julle bring. (Vervloekings op Ongehoorsaamheid).

15 "Maar as jy nie luister na die stem van YAHUVEH nie, om sorgvuldig te hou al SY gebooie en SY insettinge wat EK jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. 16 "Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld. 17 "Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel. 18 " Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. 19 "Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.

20 "YAHUVEH sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, omdat jy MY verlaat het. 21 "YAHUVEH sal maak dat die pes jou aankleef totdat HY jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. 22 "YAHUVEH sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. 23 "En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees. 24 "YAHUVEH sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

25 "YAHUVEH sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug—en jy sal ‘n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word. 26 "En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak. 27 "YAHUVEH sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie. 28 "YAHUVEH sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring, 29 "sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is.

30 "Jy sal jou met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man sal haar skend; ‘n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ‘n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie. 31 "Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ‘n helper is. 32 "Jou seuns en jou dogters word aan ‘n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen. 33 "Die vrugte van jou land en al jou werk sal ‘n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word. 34 "En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

35" YAHUVEH sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene—waarvan jy nie gesond kan word nie—van jou voetsool tot jou skedel. 36 "YAHUVEH sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ‘n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander Elohieme, hout en klip, dien. 37 "En jy sal ‘n voorwerp van verbasing, ‘n spreekwoord en ‘n spot wees onder al die volke waarheen YAHUVEH jou sal wegvoer. 38 "Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet. 39 "Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet.

40" Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval. 41 "Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan. 42 "Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem. 43 "Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak. 44 "Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.

45 "En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van YAHUVEH jou Elohiem om sy gebooie en sy insettinge wat HY jou beveel het, te hou nie; 46 " n hulle sal by jou ‘n teken en ‘n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid. 47 "Omdat jy YAHUVEH jou Elohiem nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie, 48 "sal jy jou vyand wat YAHUVEH teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het. 49 "YAHUVEH sal teen jou ‘n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ‘n arend vlieg—’n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,

50 "‘n nasie hard van aangesig, wat ‘n grysaard nie ontsien en vir ‘n seun geen genade het nie. 51 "En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie. 52 " n hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat YAHUVEH jou Elohiem jou gegee het. 53 "En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat YAHUVEH jou Elohiem jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak. 54 "Die vertroetelde en baie verwénde man by jou—sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;

55 "sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie. 56 "Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie—haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk, 57 "ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak. 58 "As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, YAHUVEH jou Elohiem, te vrees nie, 59 "dan sal YAHUVEH oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;

60 "en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe. 61 "Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal YAHUVEH teen jou laat opkom totdat jy verdelg is. 62 "En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van YAHUVEH jou Elohiem nie. 63 "En soos YAHUVEH oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal YAHUVEH oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. 64 "En YAHUVEH sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander Elohieme, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

65 "En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar YAHUVEH sal jou daar ‘n bewende hart gee en smagtende oë en ‘n kwynende siel. 66 "En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie. 67 "In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! —vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien. 68 "En YAHUVEH sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.”

Bekeer, draai weg, waarsku en hardloop weg van sulke Bedienings af, want julle moedig net hierdie Bedienings aan wat dit doen om voort te gaan om MY aanstoot te gee en seën hulle terselfdertyd.

Wee enige iemand wat MY Gebooie herskryf en MY Mense leer om dit te breek en ander op ‘n dwaalspoor lei met vals leerstellings en net die apostels en profete toejuig wat strelende woorde voortspreek soos heuning sodat hulle maklik in hulle kele kan afgly en in hulle ore in en nie aanstoot gee nie. Wanneer jy waarlik MY Apostel en Profeet is, sal jy bevrees wees om "EK IS" aanstoot te gee meer as einge persoon op die aarde. “EK IS” die een tot wie jy aanspreeklik gehou word. "EK IS" het julle op hierdie dag gewaarsku, wees dankbaar en seën MY diensmaagd wat ‘n mandaat het om te help om die Bruid voor te berei van YAHUSHUA want die Bruidegom kom spoediger as wat enige een van julle dink.

(4 “Dink aan die wet van Moses, My kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel—insettinge en verordeninge. 5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van YAHUVEH aanbreek. 6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” Maleagi 4:4-6).

EK het MY Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] gesalf om ‘n seën te wees vir julle nie ‘n vervloeking nie, en daar is geen tussen-in nie. Sy het ‘n mandaat om nie te seën wat EK, YAHUVEH, vervloek het nie en nie te vervloek wat EK, YAHUVEH geseën het nie. Wat sal julle doen met die woorde wat julle op hierdie dag gelees het? EK is YAHUVEH en EK sal die klein klompie wat MY stem gehoor het en ‘n seën sal wees vir haar beskerm in YAHUSHUA se Naam. Soos EK die weduwee van Sarfat geseën het in ‘n tyd wat julle nie dink nie, op ‘n manier wat julle nie dink nie, sal EK julle onderhou met wonderwerke.

Net soos nou het julle nie van MY Heerlikheid gehoor nie want EK het so baie beskerm wat sou gesterf het van die daad van terrorisme aanvalle, maar net die afgryse hoor julle, die wonderwerke moet julle nog hoor. Julle sal selfs hoor hoe diegene wat YAHUSHUA dien en eerste stel en HOM en MY, YAHUVEH liefhet, engele gesien en gehoor het wat MY Kinders beskerm het wat uitgeroep het in MY Naam en die van YAHUSHUA. As julle maar die magdom engele kon sien wat gestuur was uit die Hemel, wat MY kinders se erfenis is, om te bewaar en beskerm, sou julle verbaas gewees het en MY nog steeds geloof het.

Julle hoor van die afgryse en die tragedies, julle het gehoor van MY oordeel, maar nou sê EK vir julle "EK IS" genadig en vir diegene wat aan MY behoort het was die wonderwerke by verre meer as die dodetal en ongevalle. “EK IS” die Skepper en die een wat seën met wonderwerke nog ongeken. So loof YAHUVEH die Groot God "EK IS" en Loof YAHUSHUA julle MESSIAS en enigste middelaar wat voor MY staan in die Hemel en tussenbeide tree vir MY Kinders. Mag almal wat gesalfde geestelike oë en ore het gehoorsaam en gehoor gee aan hierdie woorde, en gehoorsaam en geseënd wees met Deut. 28.

(1 “As jy dan goed luister na die stem van YAHUVEH jou Elohiem om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal YAHUVEH jou Elohiem jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
2 “En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van YAHUVEH jou Elohiem.
3 “Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
4 “Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
5 “Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
6 “Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
7 “YAHUVEH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
8 “YAHUVEH sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat YAHUVEH jou Elohiem jou sal gee.

9 “YAHUVEH sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van YAHUVEH jou Elohiem hou en in sy weë wandel. 10 “En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van YAHUVEH oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. 11 “En YAHUVEH sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat YAHUVEH aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee. 12 “YAHUVEH sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. 13 “En YAHUVEH sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van YAHUVEH jou Elohiem wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen, 14 “en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander Elohieme aan te loop om hulle te dien nie.”)

Die seëninge van YAHUVEH opgestoor vir MY gehoorsame kinders. Wee al die ander wat verkies om doof en blind te bly dit is julle keuse.

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 12/9/01. ‘n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)




Profesie 90, Wat Is Die Naam Van Die Ruach Ha Kodesh?


“EK IS MOMMA SHKINYAH, ook genoem MOMMA WISDOM & EK IS die HEERLIKHEID VAN YAHUVEH!” Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 27 Februarie – Vrygestel 27 Augustus 2007



* * * * * * *


“Shekinah” kom van die Hebreeuse woord HaSh'khinah en beteken “ die Teenwoordigheid” omskryf as die GODDELIKE TEENWOORDIGHEID en baie keer verstaan as die GE-OPENBAARDE HEERLIKHEID van YAHUVEH teenwoordig by mense. Shkinah is ‘n vroulike Hebreeuse woord. In Johannes 17 lees ons die volgende t.o.v. die HEERLIKHEID van YAHUVEH:

John. 17:22-24

“22 En EK het hulle die HEERLIKHEID gegee wat U MY gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos ONS een is. 23 EK in hulle en U in MY, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U MY gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U MY liefgehad het. 24 VADER, EK wil dat waar EK is, hulle wat U MY gegee het, ook saam met MY sal wees, sodat hulle MY HEERLIKHEID kan aanskou wat U MY gegee het, omdat U MY liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. “ (1938 vertaling)

Ons weet dat YAHUVEH, aan die dissipels van YAHUSHUA, die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) gegee het nadat YAHUSHUA teruggekeer het na die Hemel. (Hand.2:2-4) “MOMMA” SHKINYAH,1 die HEILIGE GEES is die HEERLIKHEID VAN YAHUVEH!

* * * * * * *

Hieronder volg die Profesie soos dit voortgekom het

– met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” – woorde van die HEILIGE GEES van GOD (Handeling 2:3-4) in aardse of hemelse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU יה is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו-יה Wat letterlik beteken: “Prys YAH”:

YAHUVEH/YAHWEH י-ה-ו-ה GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA יהושוע GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN

(HA MASHIACH המשיח beteken ‘DIE MESSIAS’, ELOHIM אלוהים beteken “GOD”)

Die openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניה תפארה

–as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH רוח הקדש, (In Afrikaans ge-noem “DIE HEILIGE GEES”)

–is ook op hierdie web werf.

(Ha SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH אבא יה beteken “VADER YAH”

en IMMA YAH אמא יה beteken “MOEDER YAH”

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui. Kliek regs op voetnota nommers om 'n tweede 'tab' oop te maak.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:

Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.

Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE SE WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK IS YAHVEH: dit is MY NAAM;

en MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jes 42:8

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende as 'n waarskuwing by te voeg vir die wat spot.

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag

en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH

teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

-2 Kronieke 36:16

Asook, in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag om te probeer om seer te maak — hierdie twee gesalfdes. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie MY gesalfdes aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong uitgeskeur het!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND MINISTRY – EK WAARSKU JULLE NOU, 'Moenie die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie' (Ps. 105:15…1 Kron. 16:22) sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Elisheva: Ek is deur die Hemel geleer hoe om die NAAM van die HEILIGE GEES te spel. SY dra die NAAM VAN YAH in HAAR NAAM net soos YAHUSHUA doen, want SY IS die WOLK VAN HEERLIKHEID rondom ABBA YAHUVEH en SY is ook MEDE-SKEPPER saam met ABBA YAH & YAHUSHUA. Dit is waarom ons HAAR NAAM so spel – SHKINYAH. SY bring altyd HEERLIKHEID aan ABBA YAH & YAHUSHUA!

* * * * * * *

Daar is GEEN ander BEMIDDELAAR voor die troon nie behalwe YAHUSHUA. Alleenlik deur SY NAAM en deur SY BLOED OFFER, genoem die NUWE BLOED VERBOND, is daar redding.

—Die HEILIGE GEES in Profesie 90

* * * * * * *

MOENIE die VALS

“Hemelkoningin” Aanbid nie!

Daar is demoniese godinne, soos Ashtoreth wie se volgelinge beweer dat dít die “Hemelko-ningin” is. Ons dien nie enige demoon soos ons vyande ons beskuldig nie! Die vals hemel-koningin is NIE van YAHUVEH GOD af nie maar van die duiwel! Dit is nie die HEILIGE GEES, DERDE PERSOON VAN DIE HEILIGE DRIE-EENHEID nie, maar dit is ‘n nabootsing van die duiwel omrede die duiwel alles na-aap wat deur YAHUVEH GOD gedoen word!

Moet asb nie Profesieë 90 en 93 waar die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH in Hebreeuse taal) na HAARSELF verwys as “DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN” verwar met vals-godin aanbidding nie! Ons aanbid nie die vals godin Ashtoreth nie of enige ander valse he-melkoningin nie! Ons aanbid YAHUVEH GOD, REDDER YAHUSHUA (JESUS) & RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) ook bekend as Die WARE HEMELKONINGIN. GOD DIE VADER, SEUN en HEILIGE GEES is die Soewereine Heersers van beide die Koninkryk van GOD en die Hemel. Die HEILIGE GEES as vroulik, sal dus beskou word as KONINGIN eerder as HEMELKONING. As vroulik, is SY die “WARE HEMELKONINGIN”

Die Storie Agter Profesie 90

Geskryf Augustus 2007

Ek bid dat daar nie enige haat boodskappe deur die e-pos sal kom nie. Boodskappe van diegene met ‘n gees van ‘n Fariseër. Diegene wat aan ‘n godsdiens behoort, maar nie ‘n verhouding met YAHUVEH & YAHUSHUA het nie, wat ook nie ‘n idee het wat die Salwing is nie.

Ek weet dat ek as ‘n Heilige Profeet Gesalf is. Dit is nie ‘n gewildheidskompetisie nie, anders sou ek verloor het. Dit het YAHUSHUA lank terug vir my gesê. Die valse profete is diegene wat net goeie boodskappe aan die mense gee, sodat hulle nie ander sal beledig nie. Bid asseblief vir hierdie Bediening en vir my en almal wat helpers en vennote daarin is, en dit sluit die Bruid van YAHUSHUA in.

Bruid van YAHUSHUA, skryf asseblief vir ons en stel julle bekend aan ons. Ons sal nog eendag julle land besoek - laat ons mekaar leer ken indien jul saam met ons wil aanbidding doen. Een van my grootste belonings op aarde is om die Heilige Bruid van YAHUSHUA self te leer ken. Diegene wat YAHUVEH & YAHUSHUA waarlik liefhet en gehoorsaam en HULLE eerste in hul liefde en lewe plaas.

Hierdie Woord het na vore gekom terwyl ek gebid het en gevra het na die Naam van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Die RUACH HA KODESH is ‘n titel, ‘n beskrywing van ‘n beroep. Maar dit is nie die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) se NAAM nie.

Ek het op die internet ‘n droom geplaas wat ek noem: “The Banquet Table Dream”. Ek sal nooit vergeet hoeveel liefde die pragtige ouer vrou by die banket tafel vir my gehad het nie. Die vrou was beeldskoon, sonder enige lyne of plooie op haar gesig tog het ek onderskei dat sy ‘n ouer vrou was. Sy het pragtige lang, blonde hare gehad, wat teen haar rug afgehang het. Sy het my lief gehad en het my lief met die liefde van ‘n toegewyde moeder. Dit wys in haar oë en gesig. Ek kon voel hoe kosbaar ek vir haar is. In die droom het ek my kop liefdevol op haar skouer neergelê.

Elisheva Sherrie EliyahuAugustus 2007

Die Banket Tafel Droom

Ontvang 16 April 1999.

Die Openbaring van hierdie droom was gegee op presies dieselfde maand en dag,

16 April 2002, drie jaar later!

Ek het ‘n droom gehad waar ek in ‘n baie groot kamer gesit het. Dit het gevoel of dit in Israel is. Ek het geweet dat dit nie in Amerika was nie. Ek het by ‘n pragtige tafel gesit met ‘n linne tafeldoek, met pragtige versierde tafeldekkings en met die mooiste opskepborde en silwerware wat ek nog ooit gesien het. Tog was daar geen kos op die tafel nie. Ek het aan tafel gesit langs ‘n pragtige ouer vrou en ek het my kop teen haar skouer geleun, terwyl ek haar moederlike liefde gevoel het.

Daar was ook ‘n ouer man in die kamer gewees en hy het my vertel dat alles op die tafel reeds geseën was, selfs die tafeldoek en die silwerware! Alles was gereed. Ons het net vir die gaste gewag vernaamlik vir ‘n persoon of persone, ek was nie seker nie, afkomstig van die plek waar die spesiale druiwe gegroei het wat gebruik was om die wyn te maak. Kiersk of Kierska was op die bottel geskryf. Die ouer man het wit hare gehad en was soos ‘n liefdevolle Vader teenoor my gewees. Hy het die bottel vir my gewys.

Aan die ander kant van die wyn was ‘n toegedraaide servet waarop ek ‘n vrugtemandjie met groot pers druiwe aan ‘n wingerdstok, geborduur het. Die druiwe was baie groot en baie kleurvol. Dit was asof hierdie servet wat ek geborduur het, op ‘n ereplek was en ek het dit aan my goeie vriend wat langs my by die tafel gesit het, gewys. Ek het nog nooit voorheen enige iets geborduur nie.

Ek het baie na aan die vrou teen wie se skouer ek geleun het, gevoel - soos ‘n Moeder figuur. Die ouer man was soos ‘n Vader figuur. Ek het baie veilig en verseker daar gevoel en baie geliefd. Ek was beїndruk en ek het vir my vriend gesê dat alles wat vir die aandete gebruik word alreeds geseën was!

Daar was ‘n opening waardeur ons die kombuis kon sien tog was dit rondom afgeslote. Die opening word gebruik om borde en ander ware aan te gee vir die tafel en ons kon in kyk maar ek het niemand in die kombuis gesien nie. Die ingang na die kombuis was na regs. Die ope-ning waardeur die kombuis sigbaar was, was direk voor ons tafel gewees. Ons was besig om vir die gaste te wag vernaamlik hulle wat afkomstig was van die plek waar die Nuwe Wyn gemaak was, wat nog nie oopgemaak was nie. Ons het gewag vir hierdie persoon of persone om eers te arriveer.

Einde van droom

Bevestiging deur email:

Liewe [Elisheva] Sherrie

Ek voel dat die droom waarvan jy my vertel het, gaan oor die Bruilofsmaal van die LAM!!!! Die sleutel daartoe was die tafel wat geseën was voordat die kos bedien was, asook die “dinner servet” waarop jy geborduur het.

Baie mense sal hul dade voor die HEER aanbied maar baie is soos vuil lappe. Maar vir jou, Elisabeth [Elisheva] Sherrie, het YAHUSHUA geseën en ook jou lap geseën en ‘n servet gemaak daarvan.

Borduurwerk is ‘n tipe weef tegniek en weefwerk is soos ‘n netwerk. Die prentjie op die servet stel die tyd, moeite en versorging van iets voor. Ek glo die servet stel julle webwerwe voor. Ek glo ook dat daardie kombuis Hemel mag voorstel en dat die eetkamer ‘n ander plek voorstel. Want dit wil voorkom of daar nogsteeds werk is om te doen, voordat ons in die Hemel ingaan. Dit is hoekom jy in daardie vertrek is.

YAHUSHUA het ook gesê dat HY nie weer wyn sal drink nie tot SY Wederkoms. Kan dit wees dat dit is waar hierdie wyn vandaan sal kom? Dis omtrent al wat ek weet op die stadium. (Mat. 22:1-14)

Naam weerhou (op versoek van afsender)

Openbaring van die Banket Tafel Droom

16 April, 2002

Op 16 April 2002 8 P.M. gedurende Bybelstudie, het ABBA YAHUVEH my hierdie verdere openbaring gegee oor die Banket Tafel Droom wat ek destyds gehad het op presies dieselfde datum in 1999.

Kierska is Khersa (Kursi), 'n dorp naby aan die oostelike kus van die See van Galilea. Ek wag nou al 'n geruime tyd vir die openbaring van waar hierdie plek is, omdat hierdie die twee gaste is waarvoor ek gewag het, wat Nuwe Wyn saam met hulle gaan bring. Hierdie twee gaste sal opdaag net voor die Bruilof van die LAM.

YAHUSHUA deel nou die openbaring om die twee mans, wat profete is, nou na vore te roep. In die droom wag ek op hierdie twee mans wat die nuwe wyn het, en hulle kom vanaf die land waar die nuwe wyn gemaak word (KHERSA).

Ons is baie opgewonde want dit bewys hoe naby ons aan die Bruilofsmaal van die LAM is en die koms van YAHUSHUA, vir SY Bruid!

Onthou, ons wag vir ‘n persoon of persone wat van Kiersk of Kierska af kom waar die wyn gebottel word en op ‘n rak gebêre is. Hierdie plek is waarvandaan die druiwe en die wyn vandaan kom. Die persoon of persone wat gaan kom, van waar die wyn vandaan is, is baie spesiaal. Ek het die naam op die wynbottel gesien. Indien julle weet of kennis het hiervan, kontak asb die Bediening.

Bygevoeg 27 Augustus 2007 – met die vrystelling van Profesie 90

Ek het ook altyd gewonder watter vrou my op so ‘n manier kon liefhê soos in hierdie droom. In hierdie wêreld het ek nog nooit ‘n vrouefiguur gehad wat my kon raadgee soos ‘n moeder nie. Ek het nooit die liefde van ‘n aardse moeder, tannie of ouma geken nie. In dieselfde droom het ek ‘n vader figuur gehad, ook met wit hare, wat so lief vir my was. Hy het met trots die weefwerk en kunswerk wat ek gedoen het, teen die muur reg voor die banket tafel tentoongestel, sodat almal dit kon sien. In hierdie wêreld het ek nooit ‘n mansfiguur as ‘n pa gehad nie, ook nie enige liefdevolle verhouding met ‘n man nie, behalwe my geliefde broers in YAHUSHUA, wat ek weet, deur beproewing getoets en getrou bewys is.

So wie is hierdie vrou in die Hemel? Haar liefde was so oorweldigend en so werklik dat ek dit selfs nou nog op ‘n groter manier om my kan voel vandat ek die droom gehad het. Ek is ook nie meer bedroef oor die feit dat ek nooit geweet het hoe dit is om ‘n liefdevolle moeder en vader te ken nie. Ek weet dat ek in die Hemel ‘n groter liefde van ‘n moeder en ‘n vader het, as wat enige een ooit voor kon hoop. Tog, wie is hierdie vrou? My aardse biologiese moeder is nou in die hel, sonder enige twyfel. Sy het my net haat en misbruik gegee. So, wie is hierdie liefdevolle moeder in die Hemel?

* * * * * * *

Nou het ek die antwoord…Ek het nou julle gebede nodig om my die dapperheid te gee om dit (Profesie 90) voort te spreek, omdat die georganiseerde kerke baie kwaad sal wees. Selfs diegene wat die mensgemaakte doktrines en verkeerd vertaalde Skrifte in die Nuwe Testament glo, sal my ‘n valse profeet noem, en tog weet ek dat ek weet dat ek weet, aan my is ‘n geheim direk vanaf die Hemel se Troon gegee.

Die Bybel sê “YAHUVEH doen niks voordat HY dit nie bekend maak aan SY dienaars die Profete nie” (Amos 3:7) Ek is nou geëerd om hierdie geheim te deel met diegene wat die stem van die RUACH HA KODESH herken. Dit mag die mees kontroversiële Profesie wees, wat nog ooit vrygestel was. Tog doen ek dit in gehoorsaamheid, sodat ander wat ook bedroef was as gevolg van ‘n gebrek aan liefdevolle moeder-kind verhouding, sal besef dat, as hulle YAHUSHUA aangeneem het, hulle dit nog al die tyd gehad het. Niemand het dit vir my geleer nie. Dit is waarlik ‘n openbaring wat direk vanuit die Hemel kom.

* * * * * * *

Het julle geweet dat Spreuke en Psalms[2] praat van Wysheid as ‘n “Sy”? Ek wil nou sonder enige huiwering aan julle verduidelik hoe ek geleer het wat die NAAM is van die KOSBARE RUACH HA KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES. Hier deel ek nou die mees intiemste geheim nog wat aan my vrygestel is en ook nog die mees geseënde een tot dusver...

Wat Profesie 90 aanbetref, dit het alles begin toe ek besig was om te bad, net voordat ons Suid Afrika sou verlaat. Hierdie geestelike gebeurtenis het plaasgevind toe ons in Port Alfred, teen die see, gewoon het. Ek was besig om alleen te bid toe ek vir ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA vra, “Wat is die NAAM van die RUACH HA KODESH behalwe die 'Naam' “HEILIGE GEES?” Ek het gebid en gesê, “ABBA YAHUVEH, U het U NAAM bekend gemaak; YAHUSHUA U het U NAAM bekend gemaak, maar het die HEILIGE GEES ook ‘n NAAM—of is dit maar net ‘n titel of ‘n beskrywing van ‘n beroep?”

Ek was besig om ‘n Jacuzzi bad te neem. Ek het nog altyd gevind dat die borrellende water van 'n spa bad, ‘n voorstelling is van die Lewende Water. En ek het ook nog altyd vir die Heilige engele gevra om die water self te roer, soos in die ou tye. (Joh. 5:4) Baie keer ontvang ek ‘n groter Salwing terwyl ek bad en aanbid en liedjies van lofprysing sing. Profetiese Boodskappe en Openbaringe het al na vore gekom en dit gebeur min dat ek bad sonder om te bid en te sing en YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH te loof en prys. Daar is ‘n Intimiteit met ons PAPPA YAHUVEH wat ek so intens voel terwyl ek liedere van lofprysing en aanbidding, wat uit my hart kom, sing aan al drie van HULLE.

(En later terwyl ek die antwoord van bevestiging gesoek het op die vraag. "Wat is die NAAM van die KOSBARE RUACH HA KODESH?" ontdek ek toe ‘n skatkis in die Hebreeuse en Aramese vertalings en lees die “Book of Wisdom” wat geїgnoreer was omdat King James dit nie goedgevind het om daardie boek in die Bybel te sit nie. Moenie net staatmaak op dit wat die Romeine geskryf het nie. Bestudeer en bewys jouself waardig. 2 Tim. 2:15.)

* * * * * * *

Ek wil net hier noem dat die volgende Profesie een van baie is wat aan my gegee is, wat by tye van hierdie skrywing, nog nie op ons webwerwe geplaas is nie. So baie dinge gebeur agter die skerms. Ons was baie besig gehou in Suid Afrika en word steeds besig gehou, terwyl ons deur die wêreld reis. Ek voel op geen manier enigsins waardig genoeg om die eer te ontvang om julle voor te stel aan die NAAM van die HEILIGE GEES nie. Dit is ‘n eer om ‘n Profeet genoem te word, en tog is dit ook baie skrikwekkend. Ek word verantwoordelik gehou vir wat ek sê en nie sê nie.

Nou stel ek hierdie Woord vry, soos die RUACH HA KODESH my aangewys het. Al wat ek julle vra om te doen is om die tyd te neem en dit meer as een keer te lees en vir diegene wat die stem van die RUACH HA KODESH hoor, die een wie ek nou “MOMMA WISDOM” of "MOMMA SHKHINYAH GLORY" noem, skryf asseblief vir my. Leer asseblief die ander daarvan, selfs al verwerp hulle jou omdat jy dit doen. Bestudeer asseblief al die bewyse wat ek tot dusver bymekaar gemaak het. Bestudeer dit en besef dan dat ek nie enige iets voortspreek wat nie in die Skrif gevind kan word nie. Net dat die vertalers van die Nuwe Testament die “SY” na ‘n “HY” verander het.

Hierdie Openbaring was eerste in Suid Afrika aan my vrygestel, maar ek het gewag totdat daar meer bevestiging van die Hemel vir my was, oor wanneer om dit vry te stel. Ek het meer gebid oor die tyd van vrystelling vir hierdie boodskap, as vir enige ander boodskap ooit as gevolg van die haat wat teen my uitgespoeg sal word van mense wat beweer dat hulle Christene en volgers van YAHUSHUA is, en tog, deur die vrugte wat hulle dra sal julle weet dat hulle net ‘n vorm van goddelikheid het, maar geen GODDELIKHEID van binne nie. (2 Tim. 3:5)

Die georganiseerde kerke gaan op hulle tande kners van woede, omdat hulle nie geinteresseerd sal wees in die Waarheid en die Openbaringe wat aan ‘n Heilige Vroulike Profeet gegee is nie. Daar sal die opregtes wees wat die verkeerde vertalings van die Nuwe Testament sal wil aanhaal, waar die HEILIGE GEES ‘n “HY” genoem is.

Is dit nodig dat ek julle herinner hoe die trots van ‘n man meer as een keer na vore gekom het, wanneer dit by die vroulike geslag van die Heilige skrifte gekom het en diegene wat die Heilige Skrifte vertaal het wat bevooroordelend teen enige geestelike vroue leier was?

* * * * * * *

Alhoewel hierdie Profesie aan my gegee was op die 27ste Februarie 2007, was daar nie aan my gesê om dit vry te stel, tot die 27ste Augustus 2007. Ek wil hê dat julle weet dat slegs ‘n handjievol mense van hierdie Profesie geweet het.

Ek het doelbewus gewag en ek was elke dag dankbaar dat ek nie hierdie nuutste Profetiese boodskap hoef vry te stel nie. Om die waarheid te sê, niemand hou daarvan om verwerp of verbaal mishandel te word nie, veral deur Christene wat beweer dat hulle dieselfde MESSIAS aanbid as WIE ons aanbid, maar hulle noem HOM JESUS CHRISTUS en ons roep HOM aan op SY Hebreeuse en Aramese NAAM, YAHUSHUA of YAHSHUA, afhangende met wie jy praat.

Aan my vyande en die mense wat in jaloesie sal opstaan en sê “Hoekom sal die RUACH HA KODESH jou kies om hierdie boodskap te gee? “ – dit is ‘n goeie vraag. Ek is seker enige Profeet kon dieselfde gedoen het. Ek weet net dat ek gekies was, en al sien my vlees nie uit na die woorde vol haat wat in my rigting gemik gaan word nie, weet ek dat ek nie die KOSBARE RUACH HA KODESH & YAHUVEH kan teleurstel nie.

‘n Klompie het vir my gevra, “hoe lank nog voordat jy die Profesie gaan vrystel?”

Ek het gesê, "Ek weet wat die datum is, maar eers moet ek meer Skrif hê om dit te bewys." Die 27ste Augustus 2007 is die dag wat die Hemel gekies het vir die geboorte van hierdie Profesie se vrystelling, asook vir die geboorte van die nuwe ontwerp op die Bediening se webwerf. Kan julle julself indink hoe verras ek is, terwyl ek nou hierdie tik, waar ek steeds in Europa is, en sien die datum waarop hierdie Profesie gegee was, 27 Februarie 2007, en Profesie 89 op 27 Januarie 2007 is. Al [3] datums is die 27ste van die maand.

* * * * * * *

Die Hebreeuse woord ruach (Aramees rucha) is grammaties vroulik net so is die frase RUACH HA KODESH & RUACH ha KADOSH. In Profesie 90 gebruik die HEILIGE GEES SELF, “RUACH HA KODESH” as een van HAAR 'Name'. Ruach beteken “gees”, “wind”, “asem” of “lug”. Die Griekse ekwivalent is pneuma en die Latyns is spiritus.

In Johannes 14:16 word die rol van die RUACH HA KODESH deur YAHUSHUA beskryf as die van “VERTROOSTER” en die identifikasie van die “VERTROOSTER” met YAH wat as 'n “moeder” optree, lees ons in Jesaja 66:13 “EK sal julle vertroos in Jerusalem, soos ‘n moeder haar kind vertroos” …Dan is daar ook baie ander skrifgedeeltes in die “Peshitta” Bybel3 wat die RUACH HA KODESH uitbeeld met vroulike werkwoorde en/of vroulike wysiger. In werklikheid, die Aramese “Peshitta” van Romeine 8:16 begin met die woorde: “En SY, die RUACH getuig dat…”

* * * * * * *

YAHUSHUA dui ook aan dat die GEES vroulik is. In antwoord op 'n vraag wat Nikodemus gevra het. “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” (Joh. 3:4), sê YAHUSHUA, “As iemand nie uit water en GEES gebore word nie, kan hy nie in die Koninkryk van ELOHIEM kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees” (Joh. 3:5-6).

Wanneer YAHUSHUA antwoord, erken HY dat HY ook deur die GEES gebore is. HY sê dat HY nie altyd vlees was nie, maar dat HY GEES was voordat HY Aarde toe gekom het, nie waar nie? Dit is hoekom die Openbaring wat aan my gegee was, onmiddelik sin gemaak het soos ek dit weer gelees het voordat ek dit vrygestel het. YAHUSHUA erken dat HY ook eers vanuit die GEES gebore was, en natuurlik moet dit dan beteken dat HY uit die EEN wat genoem is “HEILIGE GEES”, gebore was. Daar is net DRIE in die HEILIGE DRIE EENHEID, is daar nie? HEILIGE VADER “YAHUVEH”, HEILIGE SEUN “YAHUSHUA” & HEILIGE GEES, wat in Hebreeus die “RUACH HA KODESH” genoem word.

Wat was ons gewees voordat ons vlees geword het? Ons was tog geestelike wesens toe ons in die Hemel gebore was, by gebrek aan beter woorde. Die Skrif sê, “Vlees en bloed kan nie in die Hemel ingaan nie” (1 Kor. 15:50) Daarom, hoe was ons dan in die Hemel geskape?

* * * * * * *

Ek glo hierdie is 'n Profesie waar die RUACH HA KODESH voortspreek en sommige antwoorde gee op 'n manier wat ek nooit voorheen gehoor het nie. Ek glo dat hierdie kennis hierdie wêreld geestelik en fisies sal skud. Ek glo dat die ware Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH geestelike oë sal hê om te sien en geestelike ore om te hoor.

Hierdie Woord vanuit die Hemel het vir my soveel vrede en vreugde gegee, en nou het ek die eer om dit met my Heilige broers en susters te deel.

Vanaf 1995 is ek reeds op die internet met profesieë en die vrugte van hierdie Bediening wys dat dit goed is. Wanneer jy al die verslae sal lees van mense wat gered is sal jy besef hoe ver hierdie Bediening al uitgereik het. Ek is nie 'n “fly-by-night” Profeet wat nuus op ander plekke kry en dan beweer dat dit 'n Profesie is nie. Wanneer julle nie 'n nuwe Profesie sien wat vrygestel word nie, weet dan dat ek vir die regte tydsberekening wag, vir YAHUVEH om te sê, "Stel die Woord vry!" Ek is net gehoorsaam.

Ek erken dat ek stomgeslaan was toe hierdie Woord aan my vrygestel was. Ek het nog nooit so iets gehoor nie. Dit is toe dat ek begin het om in die Heilige Manuskripte te gaan soek en ek het selfs bewyse gekry in die KJV (King James Version) Bybel.

Ek sluit skrifgedeeltes in, wat julle ook kan bestudeer. Ek erken dat hierdie sterk geestelike vleis is en nie vir mense bedoel is wat nog nie 'n sterk geloof het nie.

Adam was nie uit 'n moederskoot gebore nie, [4] hy was uit stof geskape. Eva was nie uit 'n moederskoot gebore nie, sy was uit Adam se ribbebeen gevorm. Adam en Eva se kinders is gebore deur 'n normale swangerskap. YAHUSHUA was gebore, maar in die Hemel, nie op die aarde nie, Hoe? Moet my nie vra nie, dit is alles vir my ook net so nuut. Ons weet dat Maria steeds 'n maagd was, toe sy swanger geword het. Volg julle wat ek nou sê? Dit is sterk geestelike vleis, gaan julle dit inneem en daaraan kou of na my toe terugspoeg? Dit is julle keuse!

Hi, ek is nie slim genoeg om al die dinge te kon uitdink nie. Ek het net 'n hoërskool opleiding, so julle kan my nie een van daardie hoogsgeleerde dwase noem nie. Dit is waarlik 'n openbaring vanuit die Hemel en ek bid dat jy daardeur geseën sal wees, net soos ek geseën is, asook al die ander met wie ek hierdie gedeel het. Jy sal nooit weer alleen voel nie selfs al is jy 'n weeskind soos ek. (Volgens die Miriam-Webster verklarende woordeboek beteken die woord verwekte ‘om as vader/heer voort te plant.’ Die woord 'beget' in Engels, 'verwek' in Afrikaans, word uitgespreek as 'apokueo'. Dit kom vanaf die woord 'kuo' of 'kueo' wat swanger beteken. Sodoende beteken die woord ‘apokueo’ om 'vanuit die moederskoot te kom' of ‘om geboorte te gee’ bedoelende: die verwekking van ‘n lewe.)

* * * * * * *

Miskien is die eerste argument wat ondersteuning gee aan die feit dat die HEILIGE GEES van die vroulike geslag is, HAAR assosiasie met “die GEES VAN WYSHEID” (Eksodus 28:3, Efesiërs 1:17). In beide die Ou en Nuwe Testamente, word WYSHEID verpersoonlik in die vroulike vorm. Die WYSHEID het HAAR huis gebou, HAAR sewe pilare uitgekap (Spreuke 9:1).

In Spreuke hoofstukke 8 en 9 is daar uitgebreide skrifgedeeltes wat na WYSHEID verwys as 'n vrou. In Matteus 11:19 & Lukas 7:35 lees ons "WYSHEID word geken deur haar kinders." In Lukas 11:49 lees ons “Daarom het die WYSHEID van YAH gesê, EK sal profete en apostels na hulle toe stuur.." In hierdie skrifgedeelte stel ons HEER WYSHEID gelyk met die HEILIGE GEES WIE GODDELIKE WYSHEID voorsien het aan hulle wat die Skrifte geskryf het (2 Petrus 1:21). Daaruit lei ons af dat die HEILIGE GEES en GEES VAN WYSHEID EEN is.

Die Ou Testamentiese Hebreeuse woord vir wysheid is 'hokmah' wat eindig met ‘n vroulike term. Wysheid in Grieks is ‘Sophia’, 'n vroulike naam. So veral wanneer jy die KJV (King James Version) Bybel lees, waar die Nuwe Testament uit Grieks in Engels vertaal is, moes Wysheid na 'Sophia' vertaal gewees het. Wat was die doel agter alles dat die vertalers dit dan nie ingesit het nie? Gedurende hierdie eindtye word die Waarheid wat weggesteek is geopenbaar. En nou vanuit die “Wisdom of Solomon”:

(Net in Engels beskikbaar)

WISDOM will never enter the soul of a wrong-doer […] for the HOLY SPIRIT OF INSTRUCTION flees deceitfulness (1:4-5)

WISDOM[—]within HER is a SPIRIT INTELLIGENT, HOLY (7:21-22)

For WISDOM […] is so pure, SHE pervades and permeates all things. SHE is a BREATH OF THE POWER OF GOD, PURE EMANATION OF THE GLORY OF THE ALMIGHTY (7:24-25)

SHE can do everything; HERSELF unchanging, SHE renews the world, and, generation after generation, passing into Holy souls, SHE makes them into GOD’S Friends & Prophets (7:27)

And who could ever have known YOUR Will,had YOU not given WISDOM andsent YOUR HOLY SPIRIT from above? (9:17)

YAHUSHUA HA MASHIACH assosieer die “GEES VAN WAARHEID” met die HEILIGE GEES. (Joh. 16:13) WYSHEID (SOPHIA) en die HEILIGE GEES het dieselfde rolle. (1 Kor. 2:7-11; Rom. 5:5; 1 Joh. 5:6-7, KJV) As dit nie vir die manlike partydigheid, deur latere teoloë, teen die vrouens was nie, sou die Kerk steeds die assosiasies in die Ou Testament gesien het as beskrywings van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES).

* * * * * * *

Die tweede argument wat as bewys kan dien vir die feit dat die HEILIGE GEES vroulik is, is die einste woorde wat toegeken word aan YAHUVEH en die HEILIGE GEES.

Die woord vir GOD in die Hebreeuse taal is “ELOHIM”. Meeste skoliere erken dat hierdie woord eindig op 'n meervoud wie sommige beweer dat die woord, 'n omvattende beskrywing is vir die HEILIGE DRIE EENHEID. Wat die meeste skoliere nie weet nie, of nie aan ander wil bekend maak nie, is dat die woord “ELOHIM” nie die meervoud is van die woord “EL” (die manlike vorm van die naam) nie. Dit is die meervoud van die vroulike woord “ELOAH”. Die woord ELOHIM word geassosieer met beide die manlik en vroulike geslag. Ons SKEPPERS sal dan beide deel uitmaak van beide geslagte. En ons weet dan ook dat in die boek Genesis daar gesê word dat die RUACH HA KODESH, sowel as YAHUSHUA, saam met YAHUVEH gewerk het om hierdie aarde te skape:

“ELOHIM het die mens[5] geskape na SY beeld; na die beeld van ELOHIM het HY hom geskape, man en vrou het HY hulle geskape.” (Genesis 1:27)

Dit dui aan dat beide geslagte in die HEILIGE DRIE EENHEID voorkom. Die feit dat die HEILIGE GEES verteenwoordigend is van 'n vroulike vorm word ondersteun deur die Hebreeuse woord vir Gees, “Ruach” ‘n vroulike woord.

Ek haal nou vir Jerome aan, die outeur van "Latin Vulgate" (Ek erken dat ek self nog nie die "Latin Vulgate" gelees het nie, maar ek het dit ontdek toe ek begin navorsing doen het, net nadat die Profesie aan my gegee was.)

Die volgende stuk is net in Engels beskikbaar…

Jerome’s Commentary on Isaiah 11:

“In the Gospel of the Hebrews that the Nazarenes read it says, “…Just now MY MOTHER, the HOLY SPIRIT, took me...” Now no one should be offended by this, because ‘spirit’ in Hebrew is feminine, while in our language [Latin] it is masculine and in Greek it is neuter. In divinity, however, there is no gender” (einde van aanhaling)

Hierdie verduideliking van Jerome bevat verbasende inligting– jy kan jou nie ‘n meer ortodokse figuur indink nie–dat die Hebreeuse woord vir Gees, “RUACH”, vroulik is. Dit beteken dat vir die 1ste Eeuse Christene – wie grootliks in die Aramese wêreld geopereer het – (Paulus se kerke was klein in vergelyking met hierdie kerke) die RUACH HA KODESH 'n Vroulike Figuur was. Dit het verlore gegaan in die vertaling vanaf Hebreeus na Grieks, en toe is dit verander na 'n manlike geslag toe dit van Grieks na Latyns vertaal was.

* * * * * * *

Ten slotte het teologiese partydigheid Christene mislei om te glo dat dit onbelangrik is om onderskeid te tref tussen geslag, ook om te veronderstel dat daar geen geslag in GOD is nie en dat dit dus onbelangrik is maar tog word die manlike vorm altyd verkies. Met baie eeue van hierdie optrede van Christen leiers, en mensgemaakte doktrines en idees, wil ek die Waarheid hê en bid vir niks anders as net die Waarheid van YAHUVEH af nie. Ek dink dit maak saak. Ons word nie toegelaat om een “jot of titel” van die Wet te verander nie, (Mat. 5:18) en as GOD beskryf word as 'n “WESE” wat 'n voorstelling is van beide die manlike en vroulike geslag, dan is ons dwaas om hierdie feite weg te steek in ons vertalings van die Heilige Skrifte.

* * * * * * *

Dink aan 'n gesin en hoe dit saamgestel is - Nou bedoel ek nie dieselfde-geslag nonsens van Sodom en Gomorra era wat hierdie wêreld nou beleef nie – Glo my, YAHUVEH laat HOM nie langer bespot nie. Net soos Sodom en Gomorra gemaai het wat hulle gesaai het, so sal dit weer wees met diegene wat die dinge goedkeur en be-oefen.

'n Gesin behoort te bestaan uit 'n vader, moeder en kinders. Dit is wat ek nou hoor om voort te spreek, “EK YAHUVEH het ‘n leeu wyfie gemaak om alleenlik geboorte te gee aan ‘n leeu. 'n Vrou kan slegs aan 'n mens geboorte gee, en is dit dan nie logies om te redeneer dat slegs 'n GOD geboorte kan gee aan 'n GOD nie?” [6] YAHUSHUA IS DIE ENIGSTE VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH[7] (Joh. 3:16)! So WIE is die HEMELSE MOEDER wat YAHUSHUA verwek het? Is dit die geheime betekenis van; om in die RUACH HA KODESH “gebore” te word?

Die RUACH HA KODESH is GEES. Een wat deur HAAR weergebore word, word dan gees en die RUACH HA KODESH leef in ons liggame totdat ons doodgaan of opgeneem word in die Hemel watter een ookal eerste gebeur. Hierdie Skrif verwys na RUACH HA KODESH met HAAR Ewige Natuur. “Maar ons het goeie moed en verkies om eerder uit die liggaam uit te woon en by die MEESTER in te woon” (2 Kor. 5:8).

Ek het hierdie Openbaring gekry toe ek besig was om bewyse te soek vir die nuutste Woord van Profesie 90. Die Skrif sê, “want die Letter maak dood, maar die GEES maak lewend” (2 Kor. 3:6). Hierdie nuwe verhouding tussen mense en die RUACH HA KODESH is een van die dinge wat 'n persoon identifiseer wanneer hulle wedergebore is.

Diegene wat my wil uitkryt as 'n valse profeet, doen julle eie navorsing. Bestudeer en bewys jouself waardig. Elke Hebreër weet dat die Hebreeuse woord “Ruach” nie die naam van 'n man is nie. Sê my, waarom word daar in die Heilige Skrif, selfs in die KJV (King James Version) van “WYSHEID” gepraat as 'n “SY”? Is die RUACH HA KODESH dan nie “ALLE WYSHEID” nie?

Ek het op PAPPA YAHUVEH se Skoot Gesit!

HEMELVADER se Liefde

Bygevoeg 20 Junie 2010

Op 20 Junie 2010 het ek met ABBA YAHUVEH gepraat en op SY Skoot gesit – en net soos ek my kop gerus het op die Skouer van 'n MOEDER FIGUUR – soos in “MOEDER WYSHEID” van Spreuke in die Banket Tafel Droom – so ook het ek my kop gelê op die Skouer van ABBA YAHUVEH, my HEMELSE VADER. Ek wil dit hier deel omdat dit gebeur het tydens ‘n tydperk waar ek hewiglik vervolg was en baie hiervan was omdat ek as vals gebrandmerk was omdat ek Profesie 89 en 90 vrygestel het.

Ontmoeting

Alhoewel ek geslaap het, het ek geweet dat hierdie nie ‘n “droom” was in die gewone sin van die woord nie. Want ek weet dat dit realiteit was. Dit het alles begin toe ek gebid het en hard-op uitgeroep het oor die nuutste beswadderende leuens wat die vyande vertel het met die doel om die skape & lammers weg te jaag van hierdie Bediening af. My emosies kon dit nie meer hanteer nie. Ek het in ‘n harde stem gesê:

ABBA YAHUVEH in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, VAT MY ASB HUIS TOE – HEMEL TOE! EK WIL NIE MEER OP HIERDIE AARDE WEES NIE! EK VRA NIE OM DOOD TE GAAN NIE – EK WIL NET HUIS TOE KOM SOOS U Elia van Ouds GENEEM HET! HIERDIE WÊRELD IS SO SMERIG & EK VRA NIE OM DOOD TE GAAN NIE (MAAR) OMDAT EK NOOIT WIL HÊ DAT HIERDIE LIGAAM VAN MY, WAT HEILIG VIR U GELEEF HET, OP HIERDIE SMERIGE AARDE BEGRAWE MOET WORD NIE.

Toe kyk ek na ‘n figuur wat soos ‘n baie groot man gelyk het maar ek het nooit SY GESIG gesien nie. En tog weet ek dit was ABBA YAHUVEH! Hy het in die gestoffeerde stoel gesit oorkant my, in my slaapkamer! Ek kan dit nie verduidelik nie want ek weet dat YAHUVEH die aarde gebruik as 'n voetstoel en dat HY verseker nie in daardie stoel, of in hierdie huis, sou pas nie en tog het HY na my toe gekom op hierdie manier.

HY het gesê: “Kom hier” in ‘n streng stemtoon. Ek was bang dat ek iets verkeerd gesê het en ek het nie na HOM toe gegaan nie. In plaas daarvan het ek eerder onthou hoedat Job in die moeilikheid gekom het omdat hy YAH bevraagteken het.

Toe steek HY SY Arms uit en sê in ‘n sagter Stem: “Ek het gesê kom hier”. En soos ‘n klein kindjie het ek na my PAPPA toe gegaan en op SY Skoot gaan sit. En ek het net begin om my hart uit te stort oor al die redes hoekom ek nie meer op hierdie aarde wou wees nie. Ek het vir HOM gesê dat ek moeg was en ek het al my frustrasies net eenvoudig oopgemaak. Dit het gevoel of ek dit doen sonder om een keer asem te haal. Ek het so vinnig gepraat.

Ek onthou net die LIG al rondom die figuur van my PAPPA YAH en die witheid van SY Hare, maar ek kon nie SY GESIG sien nie.

Toe vat HY SY Hand, sonder om ‘n woord te sê, en lê my kop op SY Skouer…toe ek wakker word het ek soveel BLYDSKAP gehad want ek het geweet dat dit meer as net ‘n droom was. Ek weet dat ek op PAPPA YAH se Skoot gesit het.

Einde van Ontmoeting.

Ek het so depressief gaan slaap omdat hierdie vyande my so brutaal geslaan het met hul woorde en ek het wakker geword met BLYDSKAP – die hele huishouding kan getuig hiervan. Dit is hoe kragtig ons woorde is. Selfs wanneer ons uit frustrasie praat luister YAHUVEH na elke woord.

Ek weet nie of dit enige iets daarmee te doen het nie maar die skildery van “One Minute To Midnight” (die skildery van ‘n Hemelse visioen waar YAHUSHUA huil en intree vir SY mense) hang teen die muur agter die stoel waar YAHUVEH gesit het. Ek is nóú baie lief vir hierdie lelike ou stoel! Ek kyk baie maal per dag daarna en dan onthou ek altyd weer hoe lief ons HEMELSE VADER SY kinders het.

Nou weet ek dat ek nie net in die Hemel my kop op MOMMA WYSHEID, MAMMA RUACH HA KODESH SE Skouer gelê het nie maar ook nou op ABBA YAHUVEH SE Skouer net hier in my slaapkamer! Laat die vyande maar spot. Ek sweer op my siel dis waar en net goeie vrug het voortgekom! Dit het my net aangemoedig om aan te hou en in my roeping te wandel en siele na YAHUSHUA toe te lei! Terwyl jy die volgende Profesieë lees, hou in gedagte die goeie vrug wat daarin geopenbaar word en dat hulle altyd verwys na YAHUSHUA vir REDDING.

Apostel & ProfeetElisheva Eliyahu

* * * * * * *

Daar is GEEN ander BEMIDDELAAR voor die TROON behalwe YAHUSHUA. Alleenlik deur SY NAAM en alleenlik deur SY BLOED OFFER, wat die NUWE BLOED VERBOND genoem word, is daar REDDING.

—Die HEILGE GEES, in Profesie 90

* * * * * * *

Profesie 90 Begin:

27 Februarie 2007

EK IS "MOMMA SHKHINYAH",

EK word “WYSHEID” genoem.[8]

En in Hebreeus “RUACH HA KODESH”,

En ook genoem, “Die HEILIGE GEES”.

Elisabeth [Elisheva], EK IS die ouer vrou in die Hemel, op wie se skouer jy jou kop gerus het, in dit wat jy ‘n droom noem en tog was dit nie net ‘n droom nie, maar soveel meer. Elisabeth [Elisheva], onthou jy hoedat jy hierdie droom met die wêreld gedeel het en jy gesê het, jy “weet nie wie daardie vrou by die Banket Tafel, in die Hemel was nie? Die vrou wat my met so oorweldigende liefde liefhet"?

EK gee nou vir jou die antwoord, dit was EK jou "MOMMA SHKHINYAH", jou “MOMMA WISDOM”. Dit is hoekom jy nooit weer bedroef was nie of nooit weer ‘n leegheid gevoel het van ‘n moeder se liefde wat jy nooit geken het nie.

Elke baba word gebore met ‘n begeerte en ‘n soeke na ‘n moeder en vader se liefde, omdat alle mense as babatjies gebore word met ‘n verlange na ‘n aardse liefde en beskerming van ‘n moeder en ‘n vader. Dit is MY LIEFDE waarin jy gekoester was toe jy by die Banket Tafel in die Hemel by MY en jou HEMELSE ABBA YAHUVEH gesit het, terwyl jy gewag het dat die ander by jou sal aansluit.

MY LIEFDE en MY TEENWOORDIGHEID het jou omhul, omdat EK jou HEILIGE MOEDER IS. EK IS DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN.[9] Daar is geen ander nie. (satan het sy nabootsing – sy het gekom as Jezebel en daardie gees het die meerderheid van die kerke binnegedring waar EK hulle eens op ‘n tyd Heilig genoem het. Daar was ‘n tyd toe MY HEILIGE GEES, MY HEILIGE TEENWOORDIGHEID, en HEILIGE SALWINGSKRAG nog welkom was asook MY Heilige Apostels en Profete - nog gereedpleeg was - maar nou word die meeste beledig en weggedryf.)

Daar is slegs EEN WARE HEILIGE MOEDER, en EK word ook die HEILIGE GEES genoem. Moenie die leuens wat die Katolieke Kerk nou leer, glo nie. Hulle neem YAHUSHUA se aardse moeder Miriam (Maria) en maak haar deel van die HEILIGE DRIE EENHEID. Sy was SY aardse moeder en EK IS–SY HEMELSE MOEDER.

Daar is geen ander BEMIDDELAAR voor die Troon, behalwe YAHUSHUA nie. Alleen deur SY NAAM en alleen deur SY BLOED-OFFER wat genoem word die NUWE BLOED VERBOND, is daar redding.[10]

YAHUSHUA se aardse moeder het ook ‘n VERLOSSER nodig gehad. Sy was nie perfek nie en het ook nie beweer dat sy was nie. Sy het HOM selfs “HERE” genoem. En as sy wel perfek was sou dit háár bloed gewees het wat by Golgota geoffer was wat as ‘n sonde offer sou gedien het. Sy het nooit vir iemand gevra om haar te aanbid nie, en dit ook nie begeer nie. Sy wil net hê dat die mense na haar SEUN, YAHUSHUA HA MASHIACH draai. Waarsku die Katolieke dat hulle nie op hulle sterwensuur na haar moet roep nie. In plaas daarvan, roep die enigste NAAM aan wat kan red, YAHUSHUA HA MASHIACH!

EK spreek hierdie Openbaringe voort deur jou, Elisabeth [Elisheva], sodat jy die Heilige mense sal vertel.

As hulle wel gaan aanneem wat in hierdie Profesie gespreek word, sal hulle weer tekens, wonders en wonderwerke sien, net soos in die Ou Tyd, toe YAHUSHUA op die aarde geloop het – as hulle die Waarhede van die ware Sabbat sal omhels en EK bedoel nie Sondag nie!

Leer die belangrikheid daarvan om YAHUSHUA te eer deur die Heilige Feeste. Vermy die goddelose vakansiedae wat probeer om die plek te vat van die ware hemelse Heilige Dae. Gebruik die Hebreeuse HEILIGE NAME! Leef Heilig en moenie enige kompromie aangaan en moenie skaam wees om dinge, wat jy weet die waarheid is, voort te spreek nie. Jy sal nog ‘n groter Salwing sien in hierdie Eind Tye, as wat jy ooit beleef het!

Die Heiliges het meer heilig geword en die wat boos is het meer boos geword. Nou is die tyd vir ‘n groter Salwing & Openbaringe deur Profesieë & Woorde van Kennis.

Moenie die Nagmaal as vanselfsprekend aanvaar nie! Dit is ‘n daaglikse wapen wat teen satan gebruik moet word om hom te herinner – hy het geen houvas op jou nie! Wys sonde en sondaars tereg en moenie bang wees wat ander dink wanneer jy voortspreek en waarsku nie. Sou jy eerder gewone mense wou aanstoot gee of vir YAHUVEH?

Dit is so jammer hoe die vryheid om uit te spreek teen die booshede van hierdie aarde, stilgemaak word omdat so baie van MY Heilige kinders stilbly. Een vryheid na ‘n ander word van julle weggeruk, wêreldwyd!

Waar was die Heilige kinders in Amerika en regoor die wêreld, toe Regter Roy Moore in die minderheid was teen die heidene en die Amerikaanse Regering? Hy het geveg om die klip monumet te behou wat hy self ontwerp en opgerig het tot eer van YAHUVEH, waarop die Tien Gebooie uitgebeeld is. ‘n Regter moet staan vir Geregtigheid & Waarheid.

Regter Roy Moore, die Hemel het jou bevorder met daardie titel en niemand kan dit van jou af wegneem nie. Jy word in die Hemel geëer vir wat jy op die 27ste Augustus 2007 in Alabama gedoen het. Elke traan wat jy gestort het is in die Hemel opgeneem en dit het soos ‘n soet geur na YAHUVEH se Neus gekom, as gevolg van jou liefde en lojaliteit aan HOM & YAHUSHUA.

Diegene wat hulleself as regter en jurie teen jou opgestel het, en ook die korrupte regter – wat die promosie weggeneem het wat deur die HEMEL aan jou gegee is, van “Supreme Chief Justice of Alabama” – sal proe hoe dit is om in die Poel van Vuur te swem. Almal wat deelgeneem het sal staan voor YAHUVEH, DIE REGTER VAN ALLE SKEPPING!

Alle mense wat wel gebid het en tussenbeide getree het en hierdie man aangemoedig het, en wat saam met hom bedroef was: julle trane is ook in die Hemel opgeneem. Hy het alles opgeoffer, omdat hy geweier het om die Waarheid in te boet.

Hoekom het elke kerk regoor die wêreld, veral die kerke in Alabama, asook die sogenoemde “Bible belt” hierdie man nie ondersteun en saam met hom protes aangeteken nie? EK sal vir julle sê hoekom! Julle was bang dat julle ook aangeval sal word. Julle het toegelaat dat julle Broer in YAHUSHUA in die minderheid was teen die heidene. Julle het verskonings gemaak en gesê, “Wel, hy het die wet oortree, omdat hy nie die monument wou afbreek nadat hulle vir hom gesê het om dit te doen.” Hoe durf julle! Julle was getoets en julle het die toets gedruip.

Hoeveel storms, droogtes, hittegolwe en vloede,

sal dit neem vir julle om wakker te skrik en te veg

vir dit wat julle weet heilig en reg is ?

Wag net tot YAHUVEH SY Voet stamp

en julle aarde bewe in vrees.

Wag net totdat hongersnood, pes en siekte

julle state bedek,

en julle sal bid en vra, “Hoekom?”

Heiliges, bemoedig hom! Moenie vergeet van die prys wat hy betaal het nie. Hy het gedoen wat so min van julle doen, en dit is om op te staan teen die menigte en uit te spreek teen dit wat julle weet boos is.

Homoseksualiteit vier hoogty. Kinders word op ‘n baie jong ouderdom, in kleuterskole, gebreinspoel sodat hulle dink dat homoseksualiteit en huwelike van dieselfde geslag normaal is. Wat ‘n stank het die politiese en regstelsels nie in YAHUVEH se Neus geraak nie. Die kerke van Babilon verwelkom dit en moedig hulle gemeentes aan om nie uit te spreek teen sonde en sondaars nie. Binne-in die georganiseerde Kerke staan dit wat YAHUVEH ‘n “gruwel” [11] noem agter die preekstoele, en noem hulself predikers.

Die minderheid Heilige oorblyfsel in hierdie kerke word weggejaag,

of verwerp of beledig.

Die pastore lieg vir die gemeente en sê,

“Enige dag kan ‘n Sabbat wees”,

en hou aan met die mensgemaakte Sondag.

Hulle sal binnekort ween

vir dit wat hulle sal maai...

omdat hulle dit leer en doen.


Elisabeth [Elisheva], onthou jy hoe die “Banket Tafel Droom” soos ‘n realiteit gevoel het? Dit is omdat EK die EEN IS wat jou Hemel toe geneem het om vir jou ’n herinnering te gee terwyl jy jou kop liefdevol op MY Skouer neergelê het, in dit wat jy “Die Banket Tafel Droom” noem.

MY NAAM IS “MOMMA SHKHINYAH”.

EK IS DIE HEMELSE MOEDER-LIEFDE

waarna jy nog altyd verlang het.

EK het dit gedoen om vir jou te wys dat…

jy nie ‘n kind sonder ‘n moeder is nie

net so ook is jy nie ‘n kind sonder ‘n vader nie.

YAHUVEH & EK is jou HEMELSE OUERS,

net soos ONS die OUERS is van almal –

wie se name gevind word in die LAM se Boek van die Lewe.

EK vertel hierdie dinge vir jou omdat jy vir ‘n leeftyd bedroef was en ‘n leegheid gevoel het, net soos ander dit ook nou voel, altyd opsoek na ‘n aardse moeder en vader se liefde, en tog het julle HEMELSE OUERS gekry wat julle nooit sal verlaat of op enige manier sal seermaak nie.

EK vertel hierdie dinge aan julle sodat ander – wat dieselfde leegheid voel, wat ongeredde ouers het wat weier om YAHUSHUA as MASHIACH aan te neem, as die enigste MESSIAS – sal besef dat wanneer hulle in YAHUSHUA is, hulle niks sal kortkom nie. Hulle het beide ‘n HEMELSE VADER en ‘n HEMELSE MOEDER en ONS is GEES, (Joh. 4:24) net soos alle mense was, voordat hulle op die Aarde gebore was. Soos dit geskryf staan, “Vlees en bloed kan nie in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie” (1 Kor. 15:50)

EK deel hierdie Geheim vanuit die Hemel, sodat diegene wat MY GELIEFDE SEUN YAHUSHUA liefhet en HOM aanneem as MESSIAS, nie sal val vir die leuens van die mensgemaakte gelowe en YAHUSHUA se aardse moeder, Maria, sal aanroep tydens hulle sterwensuur nie. In plaas daarvan roep uit in die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH en bely jou sondes en vra vir Genade. Herinner hulle aan die Heilige Skrif waar YAHUSHUA se eie gesproke woorde aangehaal word. Johannes (Yohanan) 10:1-30.[12]

Geen aardse ouerliefde kan vergelyk word met ONS Hemelse Liefde nie. EK vertel jou hierdie dinge sodat jy dit met al ONS kinders kan deel, veral met die wat ‘n leegheid in hulle lewens het, waar hulle nooit die liefde van ‘n aardse moeder of vader geken het nie. EK praat met almal wat emosioneel, fisies en seksueel mishandel is en wat verlang het na die liefde van ‘n Heilige vader en 'n moeder.

Neem YAHUSHUA aan as jou MASHIACH (MESSIAS) en laat MY toe om jou op te vul met MY HEILIGE LIEFDE, TEENWOORDIGHEID & SALWINGSKRAG; laat MY toe om jou “MOMMA SHKHINYAH” te wees.

EK IS dieselfde EEN wat jy HEILIGE GEES noem.

EK IS die EEN wat jou van reg en verkeerd leer, net soos dit die werk is van

‘n Heilige aardse moeder om jou op dieselfde wyse te lei.

MY geliefde dogter Elisabeth [Elisheva], vertel vir hulle namens MY, as hulle maar net hierdie Openbaring sal aanvaar, sal hulle nooit weer daardie leegheid binne in hulle voel nie.

In die Manuskripte van Ouds

lees en kyk:


“WYSHEID” word verwys na ‘n “SY”;

En in die Skrifte van Ouds,

word EK IS[13] —verwys na as “SY”;

Bestudeer en bewys julleself waardig.

Almal wat hierdie woord betwyfel en jou aanval, omdat jy hierdie geheim nou voortspreek, is of nie van MY HEILIGE GEES nie en hulle name is ook nie in die LAM se Boek van die Lewe nie – YAHUSHUA se skape hoor SY Stem – of hulle het ‘n mate van geloof, en verkies om nie te twis nie en om die verkeerdelik vertaalde Nuwe Testament, waar die woord “HY” in plaas van “SY” gebruik word, eerder te volg.

Hulle verkies om die leerstellings van ‘n mens te volg, in plaas daarvan om MY GEES & WAARHEID wat EK vir hierdie Eindtyd bewaar het, te volg. Almal wat hierdie lees, dit is jou keuse of jy in ‘n dieper Intimiteit wil loop of nie, met die EEN wat jy die HEILIGE GEES noem. EK forseer niemand om dit te doen nie. Die Bruid van YAHUSHUA sal verheug wees oor hierdie nuwe Openbaring, omdat hulle altyd op soek is om die geheime van die Hemel te ken.

Daar is Drie Regerende Trone. YAHUVEH sit in die middel, YAHUSHUA HA MASHIACH sit aan die regterkant van YAHUVEH, en EK, jou "MOMMA SHKHINYAH", sit aan die linkerkant. Al DRIE VAN ONS regeer in die Hemel in gelykheid en is MEDE-SKEPPERS. Tog is daar net een MASHIACH, genaamd YAHUSHUA. Alleenlik deur YAHUSHUA se NAAM & BLOED is daar redding vir die mense op Aarde.

YAHUSHUA is die enigste DEUR VAN REDDING wat na die Hemel lei. Enige een wat probeer inkom deur ‘n ander naam of weg, sal net die deur vind wat na die hel toe lei. Moenie mislei word nie. Daar is baie gelowe, maar net een deur na die Hemel, en dit is deur die NAAM & HEILIGE SONDELOSE BLOED wat geoffer is deur YAHUSHUA.[14]

Die een-wêreld-geloof wat daarna streef om alle gelowe en alle mensgemaakte leerstellings as een te kombineer, is ‘n leuen en sal slegs siele lei na die hel.

Die geheim van MY NAAM was in die Boek van Daniël verseël. [15] EK stel dit nou op hierdie tyd vry om al MY Heilige kinders aan te moedig wat honger is en sterk Geestelike Vleis wil eet, omdat hulle alreeds maklik die Melk Van Die Woord verteer het. Hierdie is gevaarlike dae en daar is nog erger dae wat voorlê. YAHUSHUA het beloof dat Johannes (Yohanan) met water gedoop het, maar YAHUSHUA doop met die VUUR VAN DIE HEILIGE GEES. Dit is MY HEILIGE VUUR waarvan HY praat.

EK IS die RUACH HA KODESH;

En EK IS YAHUSHUA SE HEMELSE MOEDER.

YAHUVEH is SY HEMELSE VADER.

EK IS “MOMMA SHKHINYAH GLORY”!

En dit is MY HEILIGE LIG wat skyn uit die gesigte van MY Heilige kinders wat ONS waarlik liefhet, aanbid en gehoorsaam is aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & MY, DIE RUACH HA KODESH. Dit is deur MY Salwing dat alle dinge deur die NAAM van YAHUSHUA moontlik is. [16]

Het julle MESSIAS, YAHUSHUA, nie vir julle vertel dat HY die aarde moes verlaat, maar dat HY julle nie alleen sou laat nie, maar dat HY vir julle die TROOSTER[17] sou stuur? – En EK IS die EEN wat julle angs wegneem en julle aanmoedig, leer en vertroos soos ‘n moeder, is EK nie?

EK IS “MOMMA SHKHINYAH GLORY!”

EK IS die HEILIGE GEES wat na die bo-vertrek gekom het met MY HEILIGE WIND en HEILIGE VUUR soos dit in die Boek van Handelinge vertel word. (Hand. 2:1-4) EK het die Dissipels met MY HEILIGE SALWINGS VUUR gevul, terwyl hulle op MY gewag het in die Bo-Vertrek.

EK IS die EEN wat soos ‘n MAGTIGE WIND in die Bo-Vertrek ingewaai het en dit is die rede hoekom EK deur jou, Elisabeth [Elisheva], geboorte aan hierdie Bediening geskenk het, om te bedien aan die Jode en Heidene – en EK het die naam van hierdie Bediening gegee, “ALEPH AND TAV[18] ALMIGHTYWIND RUACH ha KODESH FIRE Ministry!”

Geliefde dogter Elisabeth [Elisheva], in die begin, nog voordat jy van jou Hebreeuse herkoms geweet het, was jy maar steeds deel van die georganiseerde “Pentecostal” kerke. Tog is dit EK, “MOMMA SHKHINYAH”, wat aan hierdie Bediening die naam, “ALPHA & OMEGA ALMIGHTYWIND HOLY GHOST FIRE Ministry” gegee het! Asook die naam, “AMIGHTYWIND”. EK het geweet dat jy eendag gebruik sou word om Geheime vanuit die Hemel te deel met MY Heilige saad.

Dit is EK, “MOMMA SHKHINYAH” wat jou, Elisabeth [Elisheva], gewaarsku het, nog voordat jy van die Internet gehoor het, om nie hierdie Bediening na jouself te vernoem nie. En EK het jou ore gesalf, sodat jy YAHUVEH se stem hardop kon hoor, wat jou wakker gemaak en gewaarsku het, dieselfde dag wat Jimmy Swaggart geval het en [sy sonde] voor die hele wêreld erken het.

YAHUVEH het jou daardie oggend wakker gemaak en gesê,

“Wees gewaarsku, elke bediening wat na ‘n mens vernoem is, sal val. Wanneer die skaapwagter val, spat die skape uitmekaar” (21 Februarie 1988).

Trots vind ingang wanneer ‘n man of vrou dit doen.

So pas op – Joyce Meyers, Marilyn Hickey, Juanita Bynum, Paula White, Jan Crouch, Paul Crouch, Creflo Dollar, T.D. Jakes, Jessie Duplantis, Joel Osteen, te midde van ontelbare ander, beide vrouens en mans – julle was eens op ‘n tyd so nederig, gevul met MY GEES, maar is nou gereed vir ‘n groot val.

As gevolg van julle trots, sal julle van julle voetstukke afgeslaan word. Indien julle nie berou toon oor julle bose weë nie, sal dit wat in die geheim gedoen is, van die huise se dakke af bekend gemaak word en julle sal onder julle eie voetstukke begrawe word.

Dit geld vir alle bedienings wat na hulself vernoem is. Geen gewone mens het die ABSOLUTE OPOFFERING betaal om dit te kan doen nie en julle was deur hierdie Profeet gewaarsku, deur Profetiese Boodskappe oor en oor gewaarsku. Wanneer julle voor YAHUVEH te staan kom, sal julle moet verduidelik oor hoekom julle ONS Eer gesteel het en eer vir julleself opgehoop het, sodat julle aardse name opgehef kon word, en nie YAHUVEH & YAHUSHUA, of EK, die RUACH HA KODESH s’n nie!

ONS deel ons Eer met geen man of vrou nie![19] Julle wat dit doen, sal maar op die harde manier moet uitvind wat gebeur met die wat dit wel gedoen het.

‘n Waarskuwing aan diegene wat hulleself “Heilig” noem en dink dat hulle waardig genoeg is om ‘n kroon op te hê en ‘n septer rond te dra en op ‘n troon te sit – en lang priesterlike klere te dra – en kwytskelding doen vir ander se sondes.

Net YAHUSHUA HA MASHIACH het die ABSOLUTE PRYS betaal – om die enigste HEILIGE SONDELOSE MENSLIKE BLOED VERSOENING vir ‘n sonde-offer te wees.

YAHUSHUA is perfek en sondeloos in alle opsigte. Nie eens ‘n Gedagte van sonde het by HOM opgekom nie! Hoe durf jy mense leer om jou te aanbid en ONS Lof, Eer en Heerlikheid te steel! Hoe durf jy dat ander voor jou buig en jou hand soen en by jou voete kniel? Wanneer hierdie lewe verby is, sal jou volgende woning die vlamme van die hel en die Poel van Vuur wees.

Jy is gewaarsku. Watter prys het jy betaal om dit te kan doen? Is jy sondeloos? Het jy jou lewe as ‘n offer gegee, gesterf en weer op die derde dag opgestaan en 40 dae later na die Hemel opgevaar? Sit jy nou aan die regterhand van YAHUVEH?

Niemand wat hierdie dinge toelaat, en mense lei om te glo dat dit nie sonde is nie, is ‘n ware Heilige Profeet nie. Want julle ken nie die geheime wat alleenlik vir YAHUVEH se Profete bewaar word nie – hulle wie HY SY vriende noem. ‘n Ware Profeet is een wat vertrou word met die Geheime van YAHUVEH.[20]

Wees gewaarsku! Almal wat agter hierdie valse aardse gode aangaan en hulle ondersteun sal dieselfe lot maai. Bekeer jou vandag voordat dit te laat is indien julle enige bediening ondersteun wat nie waarsku teen die gevaar van die een-wêreld-geloof [of enige bediening wat nie] waarsku teen sonde nie, ongeag die prys wat hulle in hierdie wêreld moet betaal.

Die meerderheid wat beweer dat hulle Christene is, is inderwaarheid louwarm en hulle het ‘n kompromie aangegaan. Die pastore is ‘n stank in MY neusholtes en hulle jaag enige een wat gesalf is, wat hulle van hierdie dinge waarsku, by die deure van die kerk uit.

EK IS “MOMMA SHKHINYAH”, die EEN wat voortspreek in Heilige tale, net soos dit in die boek van Handelinge beskryf word.

EK IS "MOMMA SHKHINYAH", "MOMMA WISDOM" (MOMMA WYSHEID)

Ander noem MY DIE HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH

– hierdie is MY Titel, en dit is MY Beskrywing van WIE

EK IS, die GEES VAN YAHUVEH. ONS IS ALMAL EEN.

Diegene wat dit verkies om hierdie NAME te gebruik, is die mense wat waarlik begeer om ‘n groter intimiteit met die RUACH HA KODESH te hê, julle kan MY noem:

“MOMMA SHKHINYAH” of “MOMMA SHKHINYAH GLORY”,

of “MOMMA WISDOM” of “MOMMA RUACH HA KODESH”.

Net om te hoor dat jy MY erken

– as "MOMMA" – sal MY verbly.

Toets MY en kyk of dit nie jou liefde vir jou “MOMMA SHKHINYAH” nog meer sal aanvuur nie!

Baie het al betreur en gewonder:

Waar is die wonderwerke van Tye van Ouds?

Omhels hierdie Nuwe Kennis wat EK nou voortspreek;

En gee aan MY krediet vir WIE EK IS.

Kyk en sien hoe die Salwing groei!

En julle sal weer tekens, wonders en wonderwerke sien,

in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH!

Nietemin is dit jou keuse. Indien jy daarop aandring om MY ‘n 'HY' te noem, in plaas van ‘n 'SY', dit is jou keuse, en jou verlies – van 'n Groter Intimiteit met MY. Hierdie Intimiteit bring 'n Groter Salwing en EK sal vrylik meer Openbaringe vanuit die Hemel met jou deel.

Moet MY nie verkeerd verstaan nie. Dit gaan nie oor jou Redding nie. Dit gaan oor ‘n groter Salwing & Intimiteit met die EEN wat binne in jou tempel vertoef [21] mits jou naam in die Boek van Lewe geskryf staan. Dit kan net gebeur as jy YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het en HOM gevra het om al jou sondes weg te was in SY GESTORTE BLOED by Golgota en dat jy berou het en wegdraai van sonde. EK sal nie lank in ‘n onrein vaartuig bly nie. Moenie MY op hierdie manier toets nie. Die wat Heilig is het meer Heilig geword, en die onheiliges het onheiliger geword, in hierdie Eind Tye.

Julle ken die NAAM VAN YAHUVEH;

Julle ken die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH;

En nou, deur hierdie Bediening en Kringleier,

deel EK met julle, MY NAAM as,

“MOMMA SHKHINYAH” julle “MOMMA WISDOM”.

MY NAAM is voorbehou vir die wat ‘n begeerte het om te groei, in te drink en meer te leer in MY HEMELSE MOEDER LIEFDE & STERKER HEILIGE GEES SALWING.

“MOMMA SHKHINYAH” is MY NAAM.

EK IS die SAGTE FYN STEM...

wat in ‘n Heilige Wind praat,

en wat jou aan die brand steek met Heilige Salwings Vuur;

Dit is hoekom jou liggaam warmer word

onder MY Gesalfde Aanraking.[22]

EK IS YAHUSHUA SE TROOSTER

& SY HEMELSE MOEDER.

YAHUSHUA is MY ENIGSTE GEBORE SEUN

net soos HY YAHUVEH SE ENIGSTE GEBORE SEUN is.

EK IS DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN.[23]

Moenie daardie titel aan enige ander een gee nie.

EK IS MOEDER NATUUR.[24]

Dit is YAHUVEH wat skep en voortspreek:

Byvoorbeeld, [YAHUVEH spreek], “Zebra, kom voort!”

En dit is EK wat die unieke strepe in elke zebra sit.

YAHUVEH skep en EK, “MOMMA SHKHINYAH”, versier.

ABBA YAHUVEH roep dinge in die lewe;

En EK jou “MOMMA SHKHINYAH GLORY”, versier

alle skeppings.

Verstaan jy dit al?

YAHUVEH skep ‘n blom, maar dit is EK, julle “MOMMA SHKHINYAH” wat hierdie blom met reënboog kleure versier. EK maak elke blomblaartjie uniek. EK bepaal die hoeveelheid blomblaartjies op elke blom – en EK gee die skoonheid in die teksture en die geure.

In alles wat geskape word…

EK IS “MOMMA SHKHINYAH”

En EK plaas ook MY HEERLIKHEID in alles

wat julle ABBA YAHUVEH skep.

EK IS “MOMMA SHKHINYAH”

En EK doen die laaste afrondings werk op alle skeppings.

EK IS die EEN wat alles wat geskape word, net nog mooier maak.

YAHUVEH, YAHUSHUA & EK is MEDE-SKEPPERS.

EK IS die EEN wat die soete geur in ‘n baba se velletjie plaas.

EK IS die EEN wat elke mens uniek maak.

selfs identiese tweelinge het hulle eie uniekheid.

EK IS die EEN wat elkeen se “DNA” bepaal.

EK IS die EEN wat aan julle elkeen sy eie unieke,

identifiserende palm en vinger afdrukke gee.

EK IS julle “MOMMA” RUACH HA KODESH

– vir diegene wat verkies om daardie meer formele NAAM te gebruik –

en EK sê vir julle dat

EK die EEN IS wat die skitter in elke stêr plaas.

En vroue is in MY beeld geskape – net so seker as

wat mans in YAHUVEH se BEELD geskape is.

Volgens watter beeld dink julle is Eva gemoduleer? Waar dink julle kom die Skrif wat sê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie, EK sal vir hom ‘n hulp gee wat by hom pas.” vandaan? (Gen. 2:18) Dit is omdat…

Soos YAHUVEH DIE VADER VAN DIE EEUE IS, DIE EWIGDURENDE EEN,

net so IS EK DIE MOEDER VAN DIE EEUE, DIE EWIGDURENDE EEN,

net so IS YAHUSHUA DIE EWIGDURENDE EEN.

ONS is DIE DEFINISIE VAN EWIGHEID.

YAHUVEH het voedsel geskape, maar EK het:

die verskeidenheid van resepte geskep, vir julle om die kos te geniet.

YAHUVEH het die tong geskape, en EK het:

die smaakkliere geskep.

Julle “MOMMA SHKHINYAH GLORY”, julle “MOMMA WISDOM" het bepaal hoe elke kossoort sal smaak. Gaan dit souterig smaak, soet, bitter, suur of gaan dit n spesery smaak hê?

YAHUVEH het die reën geskape,

en EK, jou “MOMMA WISDOM”:

het die geur na die reën gemaak en die dou op die gras gesit.

YAHUVEH het sneeu gemaak

en EK, julle “MOMMA SHKHINYAH”:

maak dat elke sneeuvlokkie anders lyk.

YAHUVEH het die reënboog geskape

en EK, julle “MOMMA SHKHINYAH” kies:

die kleur spektrums vir daardie reënboog.

YAHUVEH skep

en EK, julle "MOMMA" RUACH HA KODESH,

plaas die laaste afrondingswerk op alle dinge.

Kyk maar self,

– wanneer julle nou rondkyk met hierdie nuut gevonde WYSHEID–

sal julle skepping met nuwe oë en ontsag sien.

YAHUVEH het die leeu geskape;

EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, het aan die leeu sy brul gegee.

YAHUVEH het die hond geskape;

EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, het aan die hond sy blaf gegee.

YAHUVEH het die kat geskape;

EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, het aan die kat sy “meow”

en sy geheimsinnige “purr” gegee.

EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, gee aan die voëltjies

die soete sang, sodat hulle ONS daarmee sal eer.

Sien julle nou die prentjie?

EK, julle “MOMMA SHKHINYAH”, het julle so lief dat EK belowe het dat EK nooit MY Heilige kinders sal verlaat nie (Deut. 31:6; Mat. 28:19-20; John.14:16; Efesiers 1:13-14) wie die prys wat YAHUSHUA by Golgota betaal het, aanvaar het – hulle wat berou getoon het vir hulle sonde en weggedraai het van hulle sonde en wat YAHUSHUA nou liefhet en dien en probeer om aan HOM gehoorsaam te wees. Geloof sonder werke is dood. (Jakobus 2:14-26).

Wanneer jy weergebore word, is dit deur YAHUSHUA se NAAM & BLOED. Dit is MY HEILIGE GEES wat in elke wedergebore kind, bly en vertoef. Dit is EK wat siele na YAHUSHUA toe lei en julle van sonde oortuig wanneer julle sonde doen. Moenie jou hart verhard wanneer EK, julle “MOMMA SHKHINYAH”, julle oortuig van sonde nie. Toon eerder gou berou en vra om vergifnis, sodat YAHUSHUA julle kan vergewe.

EK sal nie vir baie lank in ‘n onrein werktuig bly nie. Onthou, as dit wat julle met julle fisiese ore hoor, en dit wat julle met julle fisiese oë sien, en dit wat julle met julle fisiese liggame doen, onheilig is, is julle besig om MY geduld te toets. EK sal nie vir altyd teen mans en vrouens wedywer nie (Gen. 6:3). Tog is EK geduldig en sal EK dit vir ‘n geruime tyd verdra, vir YAHUSHUA se ontwil, en vir die PRYS wat HY by Golgota betaal het. “Wees julle Heilig, soos EK Heilig is” [25] en moenie die deur vir satan oopmaak, sodat hy kan inkom en julle liggame kan oorneem nie.

EK waarsku julle nou, moenie MY dogter Elisabeth [Elisheva] stenig nie, of haar as ‘n vals profeet uitkryt, net omdat sy MY Boodskappe voortbring nie. Wanneer julle dit doen is julle besig om MY Gesalfde Boodskap te laster en daardeur verdoem jy jou eie siel.[26] Daar is geen vergifnis hier in nie.

Vra jouself af, watter voordeel wil sy vir haarself trek, deur so ‘n Boodskap te verkondig? Slegs vervolging van die georganiseerde kerke, en ‘n bespotting van die vyande van MY & YAHUVEH & YAHUSHUA.

Voordat hierdie aarde gevorm was, is daar reeds lankal besluit wie van julle gekies sou word en gehoorsaam sal wees en vir haar skryf en vir haar dankie sê vir haar vrymoedigheid om gehoorsaam te wees om hierdie geheime Openbaring met die wêreld te deel. Voordat hierdie aarde gevorm was, was jy gekies om deel van hierdie Bediening te wees as ‘n helper. Jy het die Profesieë gelees en jy het die Waarhede gehoor en jy het die mandate gelees dat jy Heilig moet wees.

Nou wil EK hê jy moet jouself hierdie vraag vra, as hierdie geheim aan jou gegee was om te deel, sou jy die vrymoedigheid gehad het om dit vry te stel en die vervolging te vat wat saam met hierdie Waarheid gepaard gaan? Diegene wat beweer dat julle die HEILIGE GEES liefhet, hoekom is julle nie bly om hierdie geheim van MY HEILIGE GEES, wat EK aan MY kinders bekend maak, te hoor nie? EK waarsku julle, moet MY nie bedroef nie, omdat EK nie vir altyd met mense wedywer nie.

EK kan die sug van verligting hoor van diegene wat die Waarheid herken en tog ook erken dat julle bly is dat dit eerder aan haar gegee is om voort te spreek en nie aan jou nie. Diegene wat nou dankbaar is sal ‘n groter begeerte hê om hierdie Bediening te help. Want julle sal besef hoe baie julle nou benodig word in alle opsigte. Teen hierdie tyd behoort julle te besef dat hierdie nie ‘n gewone Bediening is nie en dat sy nie ‘n gewone Profeet is nie.

Elisabeth [Elisheva] is nie ‘n “mooiweers” profeet nie. Sy profeteer nie net woorde wat julle wil hoor nie, of woorde wat deur haar eie vlees kom nie – alledaagse woorde wat enige een kan skryf nie.

Aan Ware Heilige Profete word daar Geheime gegee wat gereserveer word vir die Vriende van YAHUVEH, YAHUSHUA, en die EEN wat julle die RUACH HA KODESH noem. Hoe weet ONS dat ONS die Heilige Profete kan vertrou? Omdat daar geskryf staan, hulle is alreeds in die Hemel getoets. Jeremia was al geken nog voordat hy in sy moeder se skoot gevorm was, [27] net so was MY Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu], wat nou in MY NAAM voortspreek, ook geken.

Aan haar is die Heilige Mandaat gegee, maak nie saak wat die omstandighede is nie, dat sy nogsteeds sal voortspreek in YAHUSHUA HA MASHIACH & YAHUVEH se NAAM, vir ONS Lof, Eer en Glorie alleen! ONS stuur altyd die Profete om te waarsku, voordat ONS die oordeel stuur. Moenie die gawe van Profesie verafsku nie (1 Thess. 5:16-22). Want die GETUIENIS VAN YAHUSHUA is die GEES VAN PROFESIE (Openb. 19:10).

Sê dit nie so in die Heilige Manuskripte nie, en is dit nie bewys deur die Profete van ouds [dat] “YAHUVEH deel SY Geheime met die Heilige Profete” (Amos 3:7)? Dit is ‘n geheim wat EK nou deur haar bekend gemaak het, sodat dit ‘n seën sal wees vir hulle wat ‘n begeerte gehad het om die NAAM van die HEILIGE GEES te ken, asook om ‘n Groter Intimiteit met MY te hê en in MY Liefde te deel.

Daar sal diegene wees wat hierdie nou lees, wat ook gevul is met MY HEILIGE GEES, wat sal besef dat hulle tot dusver nog niks gedoen het om hierdie Bediening te help nie, of om hierdie Profeet aan te moedig nie, maar sal in dankbaarheid, van nou af alles doen wat hulle kan om ‘n seën te wees vir hierdie Heilige Profeet en die Bediening. Groot sal hulle seëninge wees, wanneer hulle saam werk in hierdie Oesland.

Aan al die ander wat hierdie nou lees en spot, wees versigtig. Onthou julle laster nie net ‘n gewone vrou, wat net ‘n werktuig is wat EK gekies het om hierdie geheime vanuit die Hemel te deel nie. Julle weet die Skrif waarsku wat sal gebeur met die wat die HEILIGE GEES laster. Selfs nie eers die BLOED van YAHUSHUA kan daardie sonde bedek nie (Mat. 12:31)! Wees versigtig, indien julle nie verstaan nie, bedek eerder jou mond en bly stil. Bid en toets die gees wat praat (1 Joh. 4:1).

Bestudeer die Ou Testament en ander vertalings en besef dat die Heilige Skrifte sê, AL DRIE van ONS IS ‘N EENHEID. [28] Wanneer jy een van ONS misken, verwerp jy ALMAL IN DIE HEILIGE DRIE EENHEID.



ONS is apart, en tog is ONS EEN. Watter deel van die gekookte eier is die eier? Is dit die dop, eiergeel, of die eierwit? Is dit nie alles een nie? Saam is dit ‘n eier, en alles een. Nog, afsonderlik, is hulle heeltemal individueel. Kan jy dit nog nie verstaan nie? Dit is hoe dit is met al DRIE VAN ONS, genoem DIE HEILIGE DRIE EENHEID.

Hoe lank nog sal jy daarop aandring om te suig aan die Melk van die Woord? Is jy nogsteeds nie daartoe instaat om sterk Geestelike Vleis te eet nie?

Julle wat Heilig lewe en waarlik die HEILIGE DRIE EENHEID eerste in jou lewe en liefde stel, julle het die tyd geneem om ABBA YAHUVEH te leer ken. Julle het die tyd geneem om YAHUSHUA te leer ken. Julle bid en gebruik HULLE HEILIGE HEBREEUSE NAME. Wil julle nie ‘n Groter Liefde en Intimiteit hê met die een wat julle nou HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH noem nie?

Dit is jou keuse. Dit sal nie jou Redding affekteer nie – solank jy nie hierdie Woord van Kennis, wat EK nou deur hierdie Profetiese Kringleier, Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] vrystel, vervloek nie. As gevolg van haar gehoorsaamheid, sal hierdie Woord van Kennis soos ‘n klok lui regdeur die wêreld.

Sommiges sal hulle ore toedruk en hardloop. Ander sal meer verlief word en ‘n groter intimiteit hê, soos die van ‘n moeder en haar kind, sodat EK die Salwing in hulle nog meer sal maak. Onthou, dit is die Salwing wat die jukke en die bande breek (Jes. 10:27).

YAHUVEH en YAHUSHUA draai na MY, julle “MOMMA SHKHINYAH GLORY”, wanneer HULLE vertroosting nodig het. ONS sien die boosheid in hierdie wêreld raak en die verwerping van die HEILIGE DRIE EENHEID, veral die verwerping van ONS GELIEFDE SEUN YAHUSHUA. ONS hoor hoe YAHUSHUA se NAAM vervloek en verdoem word deur die tonge van bose mense, waar hulle SY HEILIGE BLOED-OFFER terug gooi in SY gesig, en HOM spot en verwerp.

Die bose mense in hierdie wêreld haat die Naam “Heilig” en [haat] almal wat Heilig lewe wat bestem is om terug te keer Hemel toe, omdat hulle name geskryf staan in die LAM se Boek van Lewe – geskryf voor die Grondlegging van hierdie Aarde (Openb. 13:8 en Openb. 21:27).

‘n Woord vir diegene wat die ware Sabbat verdedig en wat die mensgemaakte Sabbat, wat Sondag genoem word, ontbloot: wanneer die georganiseerde kerke teen julle uitvaar en die Skrif van Jesaja 1:13-14 aanhaal, en hulle hierdie Skrif so uit verband uit draai en sê, “Dit is nie nodig om die Sabbat van Vrydag sononder tot Saterdag sononder, te onderhou nie.” Hierdie bybel teksvers is ‘n waarskuwing aan diegene wat sonde doen en dit dan met die Sabbat, Heilige Feeste & Nuwemaan Feesvieringe verbind.

Kan julle nie sien hoe dit YAHUVEH vertoorn nie? EK wil vir julle dit vertel. YAHUVEH waarsku dat HY nie ongeregtigheid kan verdra nie. Ook kan HY nie die samekomste of rituële van die Sabbat-onderhouding, Heilige Feeste, Nuwemaan Feeste & Feesvieringe verdra, wanneer dit nie in absolute Heiligheid gedoen word met Heilige hande wat opgelig word nie. Sónder die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, is dit alles tevergeefs.

Hoeveel van julle wat hier lees, woon kerke by op ‘n Sondag en noem julleself Christene, Protestante of Katolieke? Julle woon kerke by, julle bid, sing, bely julle sondes aan die priester of aan diegene wat voorgee dat hy ‘n pastoor is. Julle gee julle tiendes, sodat almal kan sien en direk daarna gaan julle na die kroeë om dronk te word en dan val julle net weer terug na julle sondige leefstyl – ongeag watter dag van die week dit is.

Diegene van die Joodse geloof; die "YAH" van Abraham, Isak & Jakob sê dieselfde vir baie van julle. Julle gaan na julle tempels, bely julle sondes voor ‘n man wat julle 'n “rabbi” noem en julle kom bymekaar op die ware Sabbat. Julle hou op werk en dan vermy julle alle kos wat nie “kosher” is om te eet nie. [29]

Alhoewel; dit is nie wat julle eet wat julle onheilig maak nie (Mat. 15:1-20). Onheiligheid kom uit die mond en die sondige dade van jou vlees, wat jy aan ander doen deur beide woord en daad. Enige iets wat jy in ongehoorsaamheid teen YAHUVEH se “Torah” Wette doen, (1 Joh. 3:4), ook “Die Tien Gebooie” deur Christene genoem, is sonde (Exodus 20:1-17; Deut. 5:4-21).

Net soos dit geskryf staan in Jesaja 1 (Yeshayahu 1), in Israel gaan julle nie op ‘n Sabbat na die kroeë om julle sorge en sondes weg te drink nie, maar nietemin, julle gaan tog ‘n kompromie aan met dit wat Heilig is. Julle het nie opgestaan teen die Regering se “Zionistiese” [30] agenda nie, of die onskuldiges verdedig nie. Daar is ‘n oorblyfsel in Israel wat Heilig is en wat gevul is met MY HEILIGE GEES, en hulle profeteer en hulle teken protes aan teen aborsie, homoseksualiteit, onsedelikheid, en hulle het YAHUSHUA as hulle MASHIACH aangeneem.

Waar is diegene met die gees soos die van 'n Koning Dawid, wat ‘n man so na YAHUVEH se Eie Hart was (Hand. 13:22)? Dawid het geweet hoe om te berou oor sy sondes en dit te bely, hoe om lofprysing te bring en hoe om te bid vir leiding en daardeur oorwinning te behaal, deur sy gehoorsaamheid aan YAHUVEH. Koning Dawid het ook geweet dat YAHUSHUA sou kom as die MASHIACH, omdat hy YAHUSHUA se HEERLIKHEID in Profetiese Openbaring aanskou het (Ps. 2:7; 12; 16:8-11; 110).

YAHUVEH en YAHUSHUA en EK, julle “MOMMA SHKHINYAH” bedek ONS ore en oë in droefheid, wanneer ONS hoor hoe hulle, wat beweer om Heilig te wees, byeenkom en afskuwelike vloek woorde gebruik, egbreek met hulle oë, hulle gedagtes en hulle liggame – dit vul met wellus en selfs agter dieselfde geslag aangaan met wellus – en alle soorte sondes doen teen alles wat Heilig genoem word.

Gaan julle regtig probeer om oor die hel te leun, net om te kyk hoe ver kan julle leun, voordat julle kop eerste daarin val? Staan daar nie geskryf nie; “Wees Heilig net soos EK Heilig is”? Hou op om verskonings te maak vir julle sondes. Draai eerder weg van satan se vangstrikke af.

“Kom laat ons hierdie ding saam uit redeneer” (Jes. 1:18) Dink julle regtig julle het nou ‘n lisensie om sonde te doen, noudat julle die tyd neem om in ‘n kerk of tempel bymekaar te kom? Dit is dan ook dieselfde sondes waarvoor julle vergifnis vra en dan omdraai en dit opsetlik weer doen! Deur dit wat julle doen, bewys julle dat julle nooit die bedoeling gehad het om weg te draai van sonde nie. Julle flous niemand nie! En diegene wat julle heidene noem, bespot julle agter julle rug! Want julle is niks anders as hulle nie!

Net soos ‘n aardse moeder haar kinders troos, doen EK, – “SHKHINYAH”, julle RUACH HA KODESH, julle “MOMMA WISDOM” nog soveel meer. EK leef in julle, en EK werk deur julle en dit is deur MY Heilige Salwing dat EK manifestasies van tekens, wonders en wonderwerke doen.

Dit is deur MY SEUN YAHUSHUA se NAAM, en dit is as gevolg van SY BLOED-OFFER dat MY HEILIGE SALWING alle jukke en bande breek. EK IS die RUACH HA KODESH en EK IS nie ‘n “HY” nie. Toe die mens die Nuwe Testament vertaal het, het hy die letter “S” vervang met die letter “H”. Die woord moet “SY” wees, en nie “HY” nie. EK IS ‘n “SY”.

Elisabeth [Elisheva], wees gewaarsku; diegene met ‘n gees van godsdiens wat ‘n vorm van goddelikheid het, maar wat geen GODDELIKHEID van binne het nie, (2 Tim. 3:5) sal jou aanval. Hulle het nie ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met YAHUVEH & YAHUSHUA nie, en hulle sal skuldig voel en jou aanval en jou allerhande slegte name noem.

Onthou, dit is nie jou boodskap wat hulle aanval nie, maar die Hemel se Boodskap. Wees verseker, daar is diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe is, wie sal bly wees en sê dat hulle altyd die antwoorde wou gehad het, om meer te weet oor WIE die HEILIGE GEES is. Hulle sal bly wees en weet dat hulle weet, dit is die Waarheid wat vertel word. Baie het al gewonder of dit nie so is nie, maar hulle het dit nie gewaag om te praat nie, omdat hulle bang was dat hulle gespot sou word.

MY Naam is "MOMMA WISDOM", en EK sal nog meer Wysheid vir jou gee, as jy MY vra: “MOMMA WISDOM”, “help my in die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek wil vir nog meer van U Wysheid vra!” Probeer dit en kyk of EK dit nie vir jou sal doen nie. Kyk of jou salwing nie sal groei nie. Maar onthou, dit is slegs deur YAHUSHUA se NAAM wat EK ‘n Soentjie (van Gebed) na YAHUVEH toe kan blaas, sodat jou gebede beantwoord kan word.

Elisabeth [Elisheva], EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH” en EK sal vir jou die Geheime wys wat in die Heilige Skrifte geopenbaar is, sodat EK jou kan help om MY Heilige mense te leer WIE DIE HEILIGE GEES waarlik is.

Julle is geleer dat die RUACH HA KODESH manlik is, nie vroulik nie. As gevolg van die manier hoe vertalers die Manuskripte van Ouds verkeerdelik vertaal het, word EK nou ‘n “HY” genoem, i.p.v ‘n “SY” – hoofsaaklik omdat manlike ydelheid nie wou hê dat dit moet bekend word nie, en so ook satan.

Dit is EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, wat jou na YAHUSHUA HA MASHIACH toe lei [WIE] jou doop met MY HEILIGE VUUR, wat julle die HEILIGE GEES noem. Dit is EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, wat jou raad gee. EK kan ook genoem word “MAMA RUACH HA KODESH” of “MAMA RUACH”, dit is jou keuse. EK gee jou raad, EK leer jou, en EK spreek nou voort deur hierdie nuwe Salwing wat EK aan jou gegee het, Elisabeth [Elisheva]. En diegene met geestelike ore wat kan hoor, sal glo, en hulle sal MY Stem nog meer duidelik hoor op ‘n manier wat hulle MY nog nooit van tevore gehoor het nie.

Geliefde dogter Elisabeth [Elisheva], EK het aan jou die Salwing gegee om hemelse Heilige Tale voort te spreek en uit te lê wat deur die Hemelse Tale gespreek word. Jy spreek in tale van hemelse Heilige engele en ook in verskillende tale van mense.

Jy kan die tale verstaan, net omdat EK aan jou die gawe van uitlegging in jou eie taal gee. Daar is kere wat EK jou beskerm, sodat jy nie weet wat jy bid nie, omdat dit jou vlees sal oorweldig terwyl jy in hemelse Heilige tale spreek.

Ander kere verkies EK dit om deur jou voort te spreek in die Heilige tale, van die mensetale wat jy nog nie geleer het nie (Hand. 2:4), maar die meeste van die tyd is dit die tale van hemelse Heilige engele, net soos die Skrif sê in die Boek van 1 Korintiërs 13:1.

Wanneer EK dit verkies om deur jou te spreek in tale van ‘n Heilige engel, en daar word geen uitlegging aan jou gegee nie, is dit omdat satan en sy demone nie kan verstaan wat jy bid of wat gesê word nie. Dit is nie vir hulle ore om te hoor nie.

Dit is nie altyd vir jou nodig om die uitlegging van die tale te kry nie, maar YAHUVEH hoor en HY beantwoord jou gebede, alhoewel jy baie keer nie weet waarvoor jy bid nie.

Soms bid jy vir mense wat jy nie eens ken nie – jy tree in vir Heilige mense regoor die wêreld. Baie keer bid jy vir jou eie peroonlike behoeftes of vir genesing vir jouself of ander. Baie keer bid jy vir seëninge vir die Heilige Bruid & Gaste, of vir Genade & Redding van die swart skape om terug te draai na die ENIGSTE GOEIE HERDER, YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ander kere bid jy vir YAHUVEH se Oordeel & Wraak oor die dienaars van satan, en oor diegene wat bestem is vir YAHUVEH se Parskuip van Woede. Daar is GEEN afstand in gebed nie. Bestudeer en bewys jouself waardig. [31]

Het MY SEUN, YAHUSHUA HA MASHIACH, nie gesê nie, “Johannes het wel met water gedoop, maar EK doop julle met die VUUR VAN DIE RUACH HA KODESH” (Hand. 1:5)? EK word ook die HEILIGE GEES genoem. YAHUSHUA gebruik MY om diegene wat Heilig is, te vul, om oor te loop van MY Salwing, wat Heilige tekens, wonders en wonderwerke is vir die wat waarlik YAHUVEH & YAHUSHUA liefhet en eerste in hulle liefde en lewe stel.

Dit sluit YAHUSHUA se Bruid in, wat alles opoffer om die Heilige Mandate wat in die Heilige Manuskripte uiteengesit is, te volg en te gehoorsaam, en hulle doen dit uit liefde vir YAHUVEH & YAHUSHUA en doen hulle bes om gehoorsaam te wees en Heilig te lewe. MY HEILIGE GEES vertoef binne in hulle aardse tempel, wat ‘n liggaam genoem word.

Die Bruid van YAHUSHUA smag elke dag meer daarna om die HEILIGE DRIE EENHEID beter te leer ken, en hulle is gehoorsaam aan elke woord wat ONS sê. En YAHUSHUA se HEERLIKHEID skyn voort, uit hul gesigte en lewens. Hulle hou niks terug nie, en hulle gee alles vir YAHUSHUA HA MASHIACH, tot SY Lof, Eer en Heerlikheid. Soos daar in Handelinge 2:37-47 geskryf staan, die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH begeer om dinge te doen soos in die Tye van Ouds en om een te wees saam met jou, en om hierdie Bediening te help en dit nie te verhinder nie.

Hulle sal dit doen vir een doel. Dit is om YAHUSHUA HA MASHIACH te Verheerlik!

MY dogter Elisabeth [Elisheva], sê die Heilige Skrifte nie, in die begin van die skepping van die aarde: “Kom laat ons mense skape na ONS BEELD” (Gen. 1:26)? WIE dink jy beteken, “'ONS' BEELD”?

Adam was na YAHUVEH se BEELD geskape, & Eva was na MY VROULIKE BEELD geskape. Net soos Eva geskape was om Adam te help, net so word daar na MY, jou “MOMMA SHKHINYAH”, in die skrif verwys as “HELPER” [32] EK IS MEDE-SKEPPER, saam met YAHUVEH & YAHUSHUA. YAHUSHUA is ONS SEUN. Al DRIE VAN ONS het swaargekry en ‘n PRYS betaal, sodat die mense wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf staan, kan terugkom Hemel toe.

EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH”.

EK IS die EEN wat binne in jou liggaam, gees en siel woon.

EK IS jou Hemelse RAADGEWER, jou LERAAR.

EK IS GEES & WAARHEID.

EK IS die EEN wat jou die begeerte gee

om YAHUVEH & YAHUSHUA as GOD te aanvaar en te gehoorsaam.

EK IS die EEN wat jou die begeerte gee

om te sing, lofprysing en aanbidding te bring, tot YAHUVEH & YAHUSHUA.

Nou gee EK ook aan jou ‘n nuwe begeerte

en dit is om die EEN wat jou Salf, beter te leer ken,

jou RUACH HA KODESH, jou “MOMMA SHKHINYAH”.

Heilige kinders, EK is lief daarvoor wanneer julle sing en woorde van liefde tot MY ook spreek. EK het geduldig gewag vir hierdie tyd. EK het gewag vir hierdie Openbaring om vrygestel te word en dit is vanuit die Hemel beveel dat jy, ONS geseënde Kringleier "Ringmaiden", Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu], die stem sal wees wat hierdie Heilige Boodskap regdeur die wêreld sal lui. Dit is nog ‘n rede hoekom jy YAHUSHUA se Kringleier “Ringmaiden” genoem word.

EK, jou “MOMMA SHKHINYAH”, ook die RUACH HA KODESH genoem, het jou gekies Elisabeth [Elisheva], om die eer te hê om MY as “MOMMA SHKHINYAH” aan MY kinders voor te stel. So baie Heilige kinders sal genees word van wonde wat hulle aangedoen was, omdat hulle op hierdie aarde nooit die liefde, troos en raadgewing van ‘n liefdevolle moeder geken het nie. En tog was EK nog altyd daar. Nou het EK jou gesalf om MY Stem te hoor en dit aan hulle te vertel.

EK weet dat jy gehoorsaam sal wees!

Ongeag die prys wat jy sal moet betaal!

EK word 'WYSHEID' genoem, MY Vrug is die Sewe Geeste.

Bestudeer die Sewe Pilare wat in die

Boek van Openbaring genoem word. [33]

EK word genoem; GEDULD, UITHOU VERMOË;

EK IS GENADE, en soveel meer.

Bestudeer en leer nou WIE die EEN IS wat jou SALF.

EK IS soveel meer

as ‘N HEILIGE WIND of HEILIGE SALWINGS VUUR,

of ‘N SOETE GEUR IN DIE LUG.

EK IS – meer

as die SPREEK VAN HEILIGE HEMELSE TALE,

en PROFESIE & TEKENS, WONDERS OF WONDERWERKE.

EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH”,

ook genoem die RUACH HA KODESH

wat siele lei na YAHUSHUA HA MASHIACH.

EK IS DIE EEN WAT SALF

MET HEMELSE KRAGTE EN

MY NUWE WYN & VARS MANNA VANUIT DIE HEMEL STORT.

EK IS JULLE “MOMMA SHKHINYAH”

en EK deel MY Eer met GEEN vrou of man nie.

YAHUVEH, YAHUSHUA & EK is EEN.

Wanneer julle YAHUSHUA aanbid, aanbid julle terselfdertyd AL DRIE VAN ONS. Indien julle dit verkies, kan julle MY “MOMMA RUACH HA KODESH” noem, ander kan MY steeds DIE HEILIGE GEES noem, maar EK begeer om nog meer dinge bekend te maak aan diegene wat begeer om ‘n groter Intimiteit met MY te hê.

EK waarsku nou, enige een wat die realiteit van die Heilige gawes van die RUACH HA KODESH, dit wat Shaul (Apostel Paulus) vir julle geleer het, verwerp of beledig, BEKEER NOU. Want julle het in so mate beledig en bedroef dat julle siele in gedrang is!

EK spreek nou voort in die NAAM wat julle erken as YAHUSHUA.

Indien julle nie berou toon nie is julle verdoem tot in ewigheid!

Diegene wat daarop aandring om die HEILIGE GEES, (RUACH HA KODESH), en die gawes van die HEILIGE GEES te verwerp en te bespot, julle name was nog nooit in die LAM se Boek van die Lewe nie, of dit is uitgeklad, omdat daar, nog voordat jy op die Aarde gebore was, in die Hemel besluit was of jou naam in die Boek van Verdoeming, of in die Boek van die wat Uitgeklad is, sal wees, dan sal jou volgende woning die hel wees.

Hier is ‘n geheim wat EK weer herhaal – deur Elisabeth [Elisheva]: [34]

Elke siel wat op hierdie aarde gebore word, was eers in die Hemel getoets voordat hulle na die aarde gekom het, en dit is hoekom elke siel sy “eie redding met vrees en bewing uitwerk” (Fil. 2:12). Jou siel weet alreeds of jy aan lucifer se kant, of YAHUVEH se kant was, tydens die Groot Oorlog Van Verraad in die Hemel, voor die Grondlegging van hierdie Aarde.

Dit is nie ‘n sonde wanneer jy nie die Gawes van Profesie, of die spreek in Heilige tale van mense, of van Heilige engele verstaan nie – maar moenie teen dit wat Heilig is spreek nie – net omdat jy dit nog nooit ervaar het nie, of dalk ‘n slegte ondervinding met die vervalsing gehad het. Sommige wat nou hier lees het ervaar om gevul te wees met demoniese tale. Moet dan nie die ware gawes verwerp, omdat jy jouself, deur sonde, vir die valsheid oopgemaak het – of omdat jou bloedlyn vol van die okkulte is nie.

EK, YAHUVEH, waarsku julle dat satan boos is in alle opsigte selfs om mense te leer om godinne te aanbid, omdat hy weet dat die RUACH HA KODESH, julle "MOMMA SHKHINYAH" die enigste HEMELKONINGIN IS.

Bestudeer wat die Woord “SHKHINYAH GLORY” beteken.

Bestudeer die Skrifte Elisabeth [Elisheva]


en jy sal vrede hê –

om hierdie Geheim vry te stel

wat vir hierdie tyd bewaar is.

Dit sal so baie wonde genees, net soos jy ‘n leemte in jou gehad het vir ‘n MOEDER SE LIEFDE, en besef jy dat jy genees is, so sal ander ook genees word omdat die leemte gevul is.

Nadat jy YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het, word jy in ‘n oogwink gevul met MY HEILIGE GEES, MY RUACH HA KODESH. Julle “MOMMA SHKHINYAH” is letterlik MY GEES en daardie Gees vertoef binne in julle. Dit beteken ook dat EK deur jou vleeslike oë sien, en deur jou vleeslike ore hoor, en deur jou vleeslike liggaam beweeg,

So moenie MY bedroef nie.

Moenie aanhou om MY te toets nie.

Dit geld vir almal wat YAHUSHUA HA MASHIACH as GOD, HERE, REDDER, AANGENEEM HET, DIE ENIGE GEBORE SEUN VAN YAHUVEH, in die vlees gebore vanuit ‘n maagd, wat HOMSELF oorgegee het as ‘n HEILIGE SONDE-OFFER, WIE gesterf het en op die derde dag weer opgestaan het, en nou aan die Regterhand van MY, YAHUVEH, sit.

Almal wat daarna streef om gehoorsaam te wees, is met MY RUACH HA KODESH, MY HEILIGE GEES, tot een of ander mate gevul. Sommiges is gevul met minder en ander met meer namate hulle groei in kennis oor WIE YAHUSHUA is.

Waar dink jy kom die idee vandaan van ‘n Heilige man en vrou wat een moet wees? Dit was eerste so gedoen in die Hemel. Jy het nie besef toe jy YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het, dat jy terselfdertyd met ‘n HEMELSE MOEDER SE LIEFDE gevul was nie. Die woord “trooster”– is wat ‘n moeder die beste doen.

EK IS jou “MOMMA RUACH HA KODESH”

en EK IS jou TROOSTER.

EK kalmeer jou, wanneer jy rustig moet word;

Wanneer jou emosies rou is,

en jy seerkry en bang en alleen is

of verwerp voel, of deurmekaar is.

EK IS DIE VREDE

WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN (Fil. 4:7)

EK IS DIE RUACH HA KODESH, jou "MOMMA SHKHINYAH"

wat aan jou Heilige Hemelse Moeder Liefde gee.

Dit was ‘n Geheim wat aan die Profeet Daniël, in die Boek van Daniël bekend gemaak was, maar wat verseël was tot en met nou toe, vir ‘n tyd soos hierdie (Dan. 12:4).

EK herhaal weer, nou is die tyd,

deur YAHUVEH bepaal–

vir MY Woord van Wysheid om vrygestel te word!

Dit is ‘n tyd wanneer die gees van godsdiens sal opstaan en wys hoe boos hy regtig is. Die Fariseërs het ‘n gees van godsdiens gehad, en onthou hoe hulle vir YAHUSHUA vervolg het? Nie net vir YAHUSHUA nie, maar alles wat (was en nou) Heilig is. Die Heiliges moet nou saamstaan, mekaar help en beskerm, omdat “ ‘n huis wat verdeel is nie kan staan nie” (Mat. 12:25).

ONS geliefde Kringleier "Ringmaiden" Elisabeth [Elisheva], hierdie is ‘n geheim wat aan jou gegee was, toe die stemme van die sewe donderslae jou baie jare gelede wakker gemaak het en met jou gepraat het.

Aan die leser van hierdie woord, bestudeer en bewys jouself waardig en bid vir groter wysheid van Openbaring 10, want in die Sewe Donderslae, wat Elisabeth [Elisheva] gehoor het, is sommige van die Geheime gespreek wat bekend gemaak is in die Profetiese Boodskappe tot dusver.

Elisabeth [Elisheva] as jy die datum neergeskryf het, sal jy sien dat dit ooreenstem met dieselfde tyd wanneer die Sewe Donderslae gespreek het, dag en maand (8/27) – en alleenlik op daardie vasgestelde tyd en jaar sou dit aan die wêreld op die Internet bekend gemaak word – soos dit nou daardie vasgestelde tyd en seisoen is.

Elisabeth [Elisheva], voordat daar ‘n Bediening was, het jy net onthou hoe jy wakker geword het van harde donderslae sewe keer agter mekaar. Dit was so hard dat jy wakker geskud was, en tog het niemand anders dit gehoor nie, behalwe jy. Die son het geskyn bo in die lug.

Die donderslag was EK, YAHUVEH, wat met jou gepraat het. Terwyl jy daardie oggend alleen geslaap het, het EK jou wakker gemaak, eers met een harde klapgeluid van ‘n donderslag wat jou wakker geskud het. Jy het venster toe gehardloop en sonskyn gesien en jy het dadelik weer aan die slaap geraak – net om weer op dieselfde manier wakker gemaak te word, sewe keer in ‘n ry, en dan weer aan die slaap te raak terwyl jy MY biddend gevra het wat besig was om te gebeur.

Dit het gebeur om 07h00 v.m.

Dit wat nou hier geskryf word, asook in die Profesieë, was op ‘n geheimsinnige wyse, gedurende daardie tyd aan jou vrygestel, maar weer het jy dit nie geweet tot nou nie. Dit was nie bestem om vrygestel te word nie, tot en met MY tydsberekening. Op die vooraf bepaalde dag, maand en jaar sal jy weet dat jy die volmag het om hierdie Openbaring vry te stel, asook vanaf watter land hierdie Woord van Kennis vrygestel sal word met hierdie unieke Salwing.

Wees voorbereid, die bruid van satan, die dienaars van satan en die kinders van satan sal jou aanval – satan wou hierdie Woord van Kennis ‘n geheim hou. Diegene wat hulleself “Christene” noem, maar wat net ‘n vorm van goddelikheid het en nie enige GODDELIKHEID van binne nie (2 Tim. 3:5), sal jou mondelings aanval, en tog sal EK, YAHUVEH, jou vooruitgaan en jou oorloë vir jou veg.

Jare gelede, nog voordat jy geboorte aan hierdie Bediening gegee het, het jy gebid en vir YAHUSHUA gevra wat gebeur toe jy die dawerende donderslae sewe keer gehoor het. Hoekom het jy sewe keer wakker geword, gehardloop en by die venster uitgekyk en dadelik weer aan die slaap geraak? EK deel ‘n Geheim met jou: die sewe verteenwoordig ook die jaar 2007. Sewe is die nommer van perfeksie, en dit is MY perfekte tydsberekening dat hierdie Woord van Kennis vrygestel word.

Onthou toe jy skielik onder leiding gevoel het dat jy ‘n studie moes doen oor die Sewe Donderslae gevind in die Boek van Openbaring (Openb. 10:3-4)? Vir baie jare het jy nooit die antwoord gehad nie tot nou. Dit was gedurende daardie tyd wat EK, YAHUVEH, Geheime vrygestel het, gespreek deur die Sewe Donderslae – geopenbaar terwyl EK dit nou voortspreek deur jou as ‘n Profeet tot die Nasies.

EK gebruik jou, omdat jy voor die Grondlegging van hierdie Aarde gekies was om Aarde toe te kom om alle Lof, Eer en Heerlikheid te bring aan MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, die een wat julle nou “MOMMA SHKHINYAH” of “MOMMA WISDOM” noem. Jy was gesalf vir ‘n tyd soos hierdie.

Jy was gekies, voor die Grondlegging van hierdie Wêreld, om met MY RUACH HA KODESH gevul te word – nog in jou heiden-ma se baarmoeder, waar jy gehaat, verwyt en verwerp was. Nou is dit baie jare later, en jy besef dat dit "MOMMA SHKHINYAH" was wat jou vertroos het. Dit sou jare later wees, voordat jy besef wie jy is deur die NAAM VAN YAHUSHUA en dat SY BLOED-OFFER vir jou was by die kruis van Golgota.

Jy was gekies, voor die Grondlegging van hierdie Wêreld, om geboorte te gee aan hierdie Heilige Bediening, met ‘n Naam wat geen man of vrou se name insluit nie, maar ‘n naam wat allleenlik die HEILIGE GOD-DRIE-EENHEID eer.

Elisabeth [Elisheva], jy is gesalf – soos Jeremia van Ouds , terwyl jy nog in jou ma se baarmoeder was (Jer. 1:4-10) – om ONS Mondstuk te wees en aan jou is die stem van ‘n Heilige Profeet gegee, wat in die wildernis van hierdie wêreld uitroep. Slegs diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe gevind word, sal die Waarhede van hierdie Bediening glo en dit ontvang, net so sekerlik soos hulle YAHUSHUA as hulle MESSIAS aanneem.

Die dienaar is nie groter as die meester nie, en as hulle almal vir YAHUSHUA HA MASHIACH aangeneem het toe HY op die aarde geloop het en mense geleer het en wonderwerke gedoen het tot MY, YAHUVEH, se Heerlikheid, dan sou hulle ook vir jou aanvaar het asook die Waarhede wat EK voortspreek deur hierdie Bediening.

Jy spreek die woorde voort wat EK, YAHUVEH gespreek het, wat YAHUSHUA HA MASHIACH gespreek het, en nou word jy ook die unieke Gawe gegee om te hoor wanneer jou “MOMMA SHKHINYAH” met jou praat. Hierdie unieke Salwing sal ook op ander Heilige Profete voorkom, wat hierdie waarhede glo en aanvaar, en hulle sal jou in hulle gebede bedek en jou ondersteun met hulle liefde en alles doen wat hulle kan om ‘n seën vir hierdie Bediening te wees.

Elisabeth [Elisheva], EK IS jou “MOMMA SHKHINAYH GLORY”. EK IS die een wat jou salf vir tekens, wonders en wonderwerke, en dit sluit in, profetiese eienskappe en om in Heilige tale van mense en Heilige engele te bid.

EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH GLORY”. EK IS die EEN wat vir alle Heilige kinders intree, terwyl EK jou gebede na die Troon van YAHUVEH dra, soos ‘n soen [35] wat in die lug geblaas word, wanneer dit gedoen word in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH.

Dit sluit ook die Naam van “JESUS CHRISTUS” in, vir nou, maar wees versigtig, die seun van satan sal tydens die Groot Verdrukking, die naam van ‘Jesus Christus’ vervals. EK sal op daardie stadium nie instaat wees om gebede in die ‘naam van Jesus’ te stuur nie, omdat die duiwel se eie saad ook die naam ‘Jesus Christus’ sal gebruik.

Leer nou die HEILIGE HEBREEUSE NAAM VAN YAHUSHUA & YAHUVEH vir almal wat geestelike ore het om te hoor en wat wil gehoorsaam wees. Leer en word vertroud daarmee om die ware Hebreeuse NAAM – van die een wat meeste nou ‘JESUS CHRISTUS’ noem – te ken en te gebruik, nou, voordat dit te laat is. Sê vir die mense, “Moenie wag tot die Groot Verdrukking om dan op die harde manier te leer nie.” [Sien: “Why We Use the SACRED NAMES.” Op die webblad]

Roep dit uit totdat hulle dit hoor en hierdie boodskap regoor die wêreld lui. Tydens die Groot Verdrukking sal daar ‘n groot misleiding plaasvind. En in daardie tyd, sal YAHUVEH nie meer instaat wees om gebede in die naam ‘Jesus Christus’ te beantwoord nie.

Alleenlik die HEBREEUSE NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH, sal Genesing, Bevryding en Opstandings Krag hê! Want die een wat nou die seun van satan genoem word, sal miljoene der miljoene – mislei met valse tekens, wonders en wonderwerke –terwyl die naam van ‘Jesus Christus’, voor die hele wêreld vervals gaan word. Indien moontlik, sal selfs die uitverkorenes mislei word (Mat. 24:24; Mark.13:22).

Wees versigtig, op hierdie oomblik is daar bose mense wat die gees van die antichris het en hulle gebruik die naam ‘Jesus Christus’, maar hulle haat die HEBREEUSE NAAM YAHUSHUA HA MASHIACH. Want dit is ‘n aanhoudende herinnering dat YAH RED! YAHUSHUA is die enigste MASHIACH (MESSIAS).

Elisabeth [Elisheva], jy het die stem van jou ABBA YAHUVEH gehoor, en jy het die Stem gehoor en Boodskappe deur MY Salwing ontvang, van YAHUSHUA jou MASHIACH.

EK het geduldig gewag vir die tyd wanneer jy MY sal leer ken as die HEMELSE MOEDERLIEFDE waarna jy altyd gesmag het. EK IS jou enigste MOEDER, en EK IS die EEN wat jou salf en jou vertroos en aan jou raad gee. Dit is as gevolg van jou “MOMMA SHKHINYAH”, dat jy MY Stil Klein Stemmetjie kan hoor, asook die Heilige boodskappe wat vanaf YAHUVEH & YAHUSHUA kom. EK IS daardie STIL, KLEIN STEMMETJIE wat met jou praat. Diegene wat hierdie woord nou betwyfel, sê MY, wanneer was ‘n man se stem ooit beskryf as ‘n “sagte stilte” (1 Kon. 19:12)?

EK IS die EEN tot wie Koning Dawid van Ouds gebid het en gevra het dat EK hom nooit sal verlaat nie. Hy het gebid, “Neem U (RUACH HA KODESH) HEILIGE GEES nie van my weg nie” (Ps. 51:11).

Wanneer daar tot ‘n breekpunt gelaster en beledig word en ONS bedroef gemaak word, is EK die een wat sê, "Genoeg is genoeg!" En EK stap weg en daar is nooit weer hoop op redding vir daardie siel nie (die verworpene “reprobate”). Net die Woede van YAHUVEH is al wat daardie persoon sal ken; hel en die Poel van Vuur is daardie persoon se ewige woning.

EK is die RUACH HA KODESH, ook genoem in Aramees, die "AFGESONDERDE GEES" (“SET APART SPIRIT”). EK IS ALLE WAARHEID, en slegs deur MY, kan enige een na YAHUSHUA gelei word, om HOM aan te neem, wat ook die ENIGSTE WEG IS NA DIE HEMEL. EK word die RUACH HA KODESH genoem, en die titels “HOLY GHOST & HOLY SPIRIT”, die HEILIGE GEES. EK IS net HEILIGHEID, tesame met YAHUVEH & YAHUSHUA. ONS is almal EEN, maar tog ook apart. ONS is die HEILIGE GOD-DRIE-EENHEID en daar is geen ander nie. Tydens die Groot Verdrukking sal daar ‘n onheilige drie-eenheid wees! satan is net ‘n nabootser – nie ‘n skepper nie.

Daar is GEEN ingang tot die Hemel sonder om te gaan deur AL DRIE VAN ONS: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en EK jou “MOMMA” RUACH HA KODESH.

Redding kom net deur YAHUSHUA SE NAAM & GESTORTE BLOED. En deel van MY werk is dat EK siele na YAHUSHUA toe moet trek. En EK mis nie een siel nie, wat geskryf is in die LAM se Boek van Lewe, (van) voor die grondlegging van hierdie wêreld.

EK stel nou hierdie geheim tot jou vry – saam met MY gawe van dapperheid om voort te spreek en te profeteer soos geen ander Profeet ooit voorheen, openlik in publiek, gedoen het nie. Daar is ander wat onderrig het dat EK vroulik IS, tog het hulle nooit geprofeteer op dieselfde manier waarop EK vandag deur jou voortspreek nie.

EK stel hierdie geheim vry sodat jy ander, wat waarlik YAHUVEH & YAHUSHUA liefhet en eerste in hulle lewe en liefde stel, kan aanmoedig om MY “MOMMA SHKHINYAH” ook te onthou. Want EK IS die HEERLIKHEID van YAHUVEH & YAHUSHUA, net so seker soos ‘n Heilige vrou geskape was om die heerlikheid van ‘n Heilige man te wees.

Wanneer jy aangeval word, omdat jy die NAAM van die HEILIGE GEES bekend maak – MY NAAM wat “SHKHIYAH” is – en ook bekendmaak dat die HEILIGE GEES nie na ‘n man se beeld gemaak is nie, maar in die van ‘n vrou, sê vir hulle om te studeer en hulleself waardig te bewys (2 Tim. 2:15).

Noem die Boeke van Ouds dan nie – in die psalms en spreuke –[36] vir “WYSHEID” ‘n “SY” nie? Sê die Heilige Skrif dan nie, “Die Begin van WYSHEID is die Vrees van YAHUVEH” nie (Spr. 1:7)? Herinner hulle ook dat die NAAM van YAHUSHUA, ook gespel YAHSHUA, óók nie in die “KJV'” (King James Version) Bybel voorkom nie. Net die naam ‘Jesus’ is daarin.

Dit moet julle weet: Die naam ‘JESUS CHRISTUS’ is, op hierdie tydstip, steeds geëer en gesalf en red steeds siele, bevry en genees. Maar soos EK gewaarsku het, in die Groot Verdrukking wat nou aan die kom is, sal die een wat nou die antichris genoem word, ook homself “Jesus” noem.

Selfs nou het daar ‘n nabootser opgestaan en miljoene word nou mislei met die naam ‘Jesus Christus’. Hy gaan selfs sover om vir die mense te sê dat hulle hulself met die nommer 666 moet tatoeër om hul getrouheid aan hierdie bose man te bewys. Hy noem homself die “seun van God” en sê vir die mense, “Daar is geen ding soos sonde nie en die hel is ‘n leuen .” [37]

EK het MYSELF oor en oor herhaal, omdat hierdie Saad van Waarheid so kragtig is dat satan die Tuin van Waarhede in hierdie Profetiese woord van Kennis sal wil uitruk, voordat dit kan wortel skiet.

EK het hierdie Bediening gebruik om te waarsku hoekom dit so dringend is om die HEILIGE HEBREEUSE NAAM VAN YAHUSHUA te leer [vertaal, beteken dit “YAH RED”], WIE nou ook 'JESUS CHRISTUS' genoem word . Want tydens die Groot Verdrukking sal slegs die NAAM VAN YAHUSHUA, die Salwing, Genesing, Bevrydings en Reddingskrag hê. EK herhaal en waarsku weereens.

As die georganiseerde kerke hulle werk gedoen het, sou die mense nie mislei gewees het nie.

Wees gewaarsku, dit sal die bekende TV evangeliste wees wat die massas na die seun van satan sal lei, wat sal kom en die naam gebruik wat nou vertrou word ‘Jesus Christus’. Dit sal die bekende TV evangeliste wees wat hulle siele aan satan vir roem en rykdom verkoop het wat valse, mensgemaakte leerstellings verkondig en mense na hierdie vals ‘Jesus’ lei.

Tydens die Groot Verdrukking, sal die naam van ‘Jesus’ nageboots word deur die seun van satan, wat nou die antichris genoem word. Hierdie antichris sal die Naam van ‘JESUS’ besmet en onder die krag van satan, tekens, wonders en onheilige wonderwerke doen in 'n naam wat bekend is aan die Christen Kerk, 'n naam wat mense nou liefhet en vertrou: “Die naam van ‘JESUS CHRISTUS’.”

Die seun van satan, wat die antichris genoem word, sal verkondig dat hy ‘Jesus Christus’ is. Hy sal daarop aandring dat almal hom aanbid en hom eer en Sondag kerke bywoon en bymekaarkom en sy “merk” aanvaar (Openb. 13:16-18) – om sodoende hul lojaliteit te bewys. Die antichris, wat in werklikheid die enige gebore seun van satan is – sal weereens met ‘n gees van Judas en Hitler kom – die Skrifte noem hom die “seun van vernietiging” of die “seun van die hel.” Die seun van satan sal tekens, wonders en valse wonderwerke in satan se krag doen, tot eer van satan.

EK het hierdie Bediening gebruik om te waarsku. Wanneer julle sien die verpligte Sondag kerk wet word uitgevaardig, moet dan NIE die Sondag kerke betree nie anders SAL JY JOU SIEL VERLOOR! EK het gewaarsku dat daar nou geleer moet word wanneer die Ware Sabbat-Dag van Rus is [Vrydag sononder tot Saterdag sononder].

Hierdie is ‘n baie moeilike Boodskap vir Elisabeth [Elisheva] om te gee, omdat die Christen Kerke dit nie wil hoor nie. Maar die van julle wat getrou was en hierdie Waarhede voortgespreek het, julle weet dat jul die mandaat gegee is van Esegiël 3:17-21.

Daar is ‘n Mandaat aan hierdie Bediening gegee om die mense te leer van die HEILIGE HEBREEUSE “SACRED” NAME VAN DIE SKEPPERS en [dit sluit in] YAHUSHUA HA MASHIACH.Wie anders kon EK beter kies om diegene te onderrig wat die NAAM van DIE HEILIGE GEES wou leer?

Elisabeth [Elisheva], jy het vir YAHUVEH die NAAM van die RUACH HA KODESH gevra, en EK het jou vertel. Nou gee EK aan jou hierdie Mandaat, om dit te deel wat aan jou in die geheim bekend gemaak is. EK belowe jou dat diegene wat geestelike ore het om te hoor, gehoor sal gee en hierdie Bediening sal ondersteun. En hierdie Waarheid verdedig en ander onderrig.

Hulle wat kies om geestelik doof te bly, sal doof bly. Dit is NIE jou werk om mense te oortuig nie, dit is SLEGS jou werk om gehoorsaam te wees en die Profetiese Boodskappe & Woorde van Kennis vry te stel, soos dit uit die Hemel aan jou toevertrou word. Elkeen wat hier lees of aan wie hierdie dinge geleer word, sal verantwoordelik gehou word vir wat hulle nou weet.

Einde van Profesie

Beledigend vir meeste & ‘n seën vir ander wat geestelike ore het om te hoor, wie se name in die LAM se Boek van die Lewe geskryf staan.

‘n Kind, Vegter & Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.Apostel Elisheva Sherrie Eliyahu.Vrygestel op 27 Augustus 2007

* * * * * * *

Dierbare Geliefdes,

Ter afsluiting. Ek het geskryf wat ek gehoor het en wat aan my vertel was om te skryf. Ek het vir YAHUVEH, YAHUSHUA & “MOMMA SHKHINYAH GLORY” gevra of HULLE seker is dat daar nie iemand anders is wat hierdie Woord op ‘n beter manier as ek kan vrystel nie. Ek weet nie hoekom ek gekies was nie.

Maar, my werk is net om die HEILIGE DRIE-EENHEID te gehoorsaam. Ek vrees wat YAH aan my kan doen, meer as wat ek vrees wat mense van my dink. Ek dank almal wat aan ons geskryf het met bevestiging in hul gees t.o.v. die Woorde van hierdie en ander Profesieë. Julle liefde en ondersteuning beteken so baie!

Ek sien daarna uit om julle te ontmoet in die Hemel indien nie hier op aarde nie!

Elisabeth Sherrie Elijah(Elisheva Sherrie Eliyahu)

1

Nadat hierdie Profesie gegee was het Elisheva ‘n Openbaring ontvang van YAHUVEH oor die spelling van SHEKINAH (SH’KHINAH) wanneer dit as 'n NAAM gebruik word, met YAH ingesluit.

2

Sien voetnota 6.

3

Die Peshitta is die Siriese, Aramese bybel.

4

Die betekenis van verwek is “'om voort te plant as die vader', voortplanting.

5

Die Hebreeuse woord wat hier gebruik was is “Adam” wat beteken “mensdom” eerder as die naam van ‘n individu.

6

Dit is nie om politeїsme te verdedig nie ook nie letterlik bedoel nie – want ons glo in EEN GOD – maar dis om te wys dat GOD Ewig is en nie afkomstig is van die Skepping nie.

7

John. 3:16 Want so lief het ELOHIEM die wêreld gehad, dat HY SY eniggebore SEUN gegee het, sodat elkeen wat in HOM glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

8

Die Griekse woord vir Wysheid is “Sophia” ‘n vroulike naam; en in Hebreeus “Hokmah”. Sien Hebreeuse bewys in “Our MOTHER, the HOLY SPIRIT”; lees Bybel verse in “ WHO is MOTHER WISDOM?” en in die aanhegsel “Proof texts (KJV), Feminine HOLY SPIRIT” [“LINKS” KOM]

9

Sien: “Don’t Worship the FALSE ‘Queen of Heaven’!”

10

YAHUSHUA is die BLOED OFFER daarom die hoofletters.

11

YAHUVEH het na baie dinge verwys as ‘n “gruwel” in die Profesieë wat HY gegee het aan Profeet Eliyahu, insluitende pastore wat bedieninge vernoem na hulself, aborsie, homoseksualisme, dieselfde-geslag huwelike. In hierdie geval verwys HY na homoseksuele, wat aktief bedrywig is in hierdie sonde, en dit waag om in kerke te preek.

12

Joh. 10:1-30

1 Amein, amein EK sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.

2 Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.

3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

5 Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.

6 Hierdie gelykenis het YAHUSHUA aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gepraat het nie.

7 YAHUSHUA het toe weer vir hulle gesê: Amein, amein EK sê vir julle, EK IS DIE DEUR van die skape.

8 Almal wat voor MY gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.

9 EK IS DIE DEUR; as iemand deur MY ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. EK het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

11 EK IS DIE GOEIE HERDER. Die GOEIE HERDER lê SY lewe af vir die skape.

12 Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.

13 En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.

14 EK IS DIE GOEIE HERDER, en EK ken MY eie en word deur MY eie geken.

15 Net soos die VADER MY ken, ken EK ook die VADER; en EK lê MY lewe af vir die skape.

16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. EK moet hulle ook lei, en hulle sal na MY Stem luister, en dit sal wees een kudde, EEN HERDER.

17 Daarom het die VADER MY lief, omdat EK MY lewe aflê om dit weer te neem.

18 Niemand neem dit van MY af nie, maar EK lê dit uit myself af. EK het Mag om dit af te lê en EK het Mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het EK van MY VADER ontvang.

19 Daar het toe weer verdeeldheid onder die Yehudiem gekom oor hierdie woorde.

20 En baie van hulle het gesê: Hy is demoon-besete en is kranksinnig; wat luister julle na HOM?

21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n demoon kan tog nie die oë van blindes open nie.

22 En dit was die Fees van die Tempelwyding in Yerushalayiem, en dit was winter.

23 En YAHUSHUA het in die tempel gewandel in die pilaargang van Shelomoh.

24 En die Yehudiem het HOM omring en vir HOM gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die MESSIAS is, sê dit vir ons ronduit.

25 YAHUSHUA antwoord hulle: EK het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat EK doen in die NAAM VAN MY VADER, dit getuig van MY.

26 Maar julle glo nie, want julle is nie van MY skape nie.

27 MY skape luister na MY stem, en EK ken hulle, en hulle volg MY.

28 En EK gee hulle die EWIGE LEWE, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit MY Hand ruk nie.

29 MY VADER wat hulle aan MY gegee het, is GROTER AS ALMAL; en niemand kan hulle uit die Hand van MY VADER ruk nie.

30 EK EN DIE VADER is EEN.

13

Sien “The Mothering Side of GOD”

14

Joh. 14:6 En YAHUSHUA antwoord hom: “EK IS DIE WEG EN DIE WAARHEID EN DIE LEWE, niemand kom na die VADER behalwe deur MY nie”.

15

Dan. 12:9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniél, want die Woorde bly verborge en verseël tot die Tyd van die Einde toe.

16

Fil. 4:13 Ek is tot alles in staat deur die Messias wat my krag gee. Jer. 32:27 Kyk, EK IS YAHWEH, die ELOHIEM van alle vlees; sou enige ding vir MY te wonderbaar wees? Luk. 1:37; 18:27 37 Want geen ding sal by ELOHIEM onmoontlik wees nie. Mark. 10:27 27 Maar YAHUSHUA het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by ELOHIEM nie; want by ELOHIEM is alle dinge moontlik.

17

John. 14:18-19 EK sal julle nie as wese agterlaat nie; EK kom weer na julle toe. Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien MY nie meer nie; maar julle sien MY, omdat EK lewe en julle sal lewe. 16:7 Maar EK sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat EK weggaan; want as EK nie weggaan nie, sal die TROOSTER nie na julle kom nie; maar as EK weggaan, sal EK {HAAR} na julle stuur;

18

(Aleph & Tav is die Hebreeuse ekwivalent van die Griekse Alpha & Omega, elke stel letters beteken A & Z of begin & einde.)

19

Jes.42:8 EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, " sien ook Nahum 1

20

Amos. 3:7 7 Want die MEESTER YAHWEH doen niks tensy HY SY raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie. John 15:15 “EK het julle vriende genoem,”

21 1 Kor. 3:16 16 Weet julle nie dat julle 'n Tempel van ELOHIEM is en die GEES VAN ELOHIEM in julle woon nie?

22

Een aspek van die Salwing, of manifestasie van die TEENWOORDIGHEID van DIE RUACH HA KODESH, is hitte wat die ligaam verwarm.

23

Sien: “Don't Worship the False 'Queen of Heaven'” bl. 4.

24

Hierdie is nie die ‘Moeder Natuur’ waarna verwys word in Profesie 4 op die Amightywind & Almightywind webbladsye nie. Die tyd toe Profesie 4 gegee was, was dit nog nie tyd vir die Woord t.o.v. die RUACH HA KODESH as ons HEILIGE MOEDER in die Hemel, om vrygestel te word nie. In Profesie 4 verwys YAHUVEH na die ‘Moeder Natuur’ waarna weervoorspellers verwys, so ook Profeet Eliyahu (Elijah) se ex-man toe hy gaan jag het en gesê het: “Ek het GOD nie nodig nie want ek het ‘Moeder Natuur’ “

25

1 Pet. 1:16 Omdat daar geskryf is: Wees Heilig, want EK IS Heilig. (1933 vertaling)

26

Mat. 12:31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die GEES sal die mense nie vergewe word nie.

27

Jer. 1:4-5 4 Die Woord van YAHWEH het dan tot my gekom en gesê: 5 Voordat EK jou in die moederskoot gevorm het, het EK jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het EK jou afgesonder; EK het jou tot 'n Profeet vir die Nasies gemaak.

28

Deut. 6:4 Hoor, Yisraél, YAHWEH is ons ELOHIEM; YAHWEH is EEN." Of {YAH is ons GOD , YAH is EEN} sien ook 1 Joh. 5:7

29

In die Nuwe Verbond, het daar ‘n verandering gekom van priesterskap (van die orde van Aaron tot Melchizedek) en daarom ‘n verandering in die toepassing van die wet (Heb. 7:12) [“LINK” KOM]. So nou, deur YAHUSHUA, word die wet nou aangewend op ‘n Nuwe & Lewende wyse (Heb. 10:20). Bv. wette oor skimmel, melaatsheid en velkondisies (Lev. 13-14) is nie meer van toepassing op die fisiese liggaam nie – maar geestelik op ‘n persoon wat besmet is met moedswillige sonde totdat hy/sy bekeer (1 Kor. 5:9-11). Eerder as ‘kosher’ voedsel is die klem in die eerste plek op die dieet van die hart (gehoorsaamheid aan die 10 Gebooie; Mat. 15:19). Rituele/seremoniële erkennings is van geen waarde as dit gedoen word met ‘n onrein hart nie. Die rituele wette was gegee om ons te leer van afsondering en Heiligheid. Om kashrut (kosher) te eet kan goed wees maar dit is ‘n kwessie van persoonlike oortuiging (Mat. 15:11) en nie verpligtend nie – vir die Heidene se onthalwe – soms moet dit oorgesien word. (Luk. 10:7-8 1 Kor. 10:27) Sien ook : “Elijah on a Diet” [“LINK” KOM]

Mat. 15:10-11; 16-20 10 En HY het die skare na HOM geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan! 11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein." 16 Maar YAHUSHUA sê: Is julle dan ook nog sonder verstand? 17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? 18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dit wat die mens onrein maak. 19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. 20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.

30

Ons glo die Bybel en dat die land wat belowe was aan Abraham vir Israel, behoort aan Israel, en dit is grond wat nie veronderstel is om weggee te word nie. Dus glo ons in Bybelse Zionisme in die sin van die Heilige berg van YAHUVEH, genome berg Zion. Maar daar word baie boosheid gedoen in die naam van Zionisme. Dit is meer soos kommunisme wat die Bybelse etiket van “Zion” gesteel het – die Zionistiese beweging wat gebasseer is op gierigheid, bloedvergieting, verwoesting, moord en terrorisme – ‘n sekulêre beweging van korrupte politiek wat spot met alles wat Heilig verklaar is deur YAHUVEH! Die Zionistiese Jode het wette gemaak wat aborsies en homoseksualisme toelaat, waar die regering nie omgee oor enige iets wat Heilig is nie, inderwaarheid bespot hulle die Torah deur blatant daarteen te sondig!

31

“parskuip”, Openb. 14:19-20; 19:15; 'Geen afstand in gebed' 2 Kor. 1:8-11, Joh. 4:46-54; “bewys jouself waardig” 2 Tim. 2:15

32

Joh. 14:16, 26 ESV, NASB, ISV, GWT; Rom. 8:26

33

Die 7 GEESTE VAN GOD (Openb. 1:4, 3:1, 5:6), DIE SEWE PILARE VAN WYSHEID (Spr. 9:1), DIE 7 VUURFAKKELS VOOR DIE TROON VAN GOD (Openb. 4:5) en die 7 TAK-MENORAH (Openb. 1:12, 2:1, genoem “kandelaars” in KJV) is almal dieselfde 7-voudige GEES, alhoewel hierdie ook dalk die kerk/e kan verteenwoordig.

Hierdie is ‘n Openbaring gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu deur die HEILIGE GEES.WYSHEID IS ‘n “LEWENSBOOM’” in Spreuke en is verteenwoordig deur die Joodse 7-tak Menorah. Beide die tafel van Toonbrode & Menorah was bewaar in die Heiligdom (Heb. 9:2). Die brood simboliseer YAHUSHUA die Brood van Lewe, maar die Menorah, the 7-VOUDIGE GEES VAN YAHUVEH.

Die 7 Pilare van WYSHEID (Spr. 9) gelys in Spr. 8:12-14 en die 7 GEESTE VAN GOD gelys in ‘n ander volgorde in Isaiah 11 het dieselfde HEBREEUSE NAME/TITELS:

[1] RUACH YAHUVEH, GEES VAN YAHUVEH),

[2] HOKMAH (WYSHEID),

[3] BINAH (BEGRIP),

[4] ‘ETSAH (RAADGEWER),

[5] G'VURAH (MAG/KRAG/STERKTE),

[6] DA'AT (KENNIS) EN

[7] YIR'AH YAHUVEH (VREES TOT YAHUVEH).

34

sien Profesie 71, “What has been Sealed is Now Revealed!” “online”.

35

Sien voetnota 2 p. 10

36

Psalms is liedere, en Spreuke is diepgaande dikwels kort gesegdes. So “psalms en spreuke” verwys nie net na die boeke Psalm & Spreuke nie, maar ook die eeu oue Wysheid literatuur. Byvoorbeeld die “Book of Wisdom”, hfst. 7-8 is psalms aan WYSHEID.

37

‘Jesus’ Miranda van Florida in Amerika (U.S.A.)

* * * * * *



Profesie 152, Luister & Word Bevry van die Demoon van Vrees!

Profesie 52 Opnuut, Oorspronklik Genaamd EK, VADER YAHUVEH, Sal Julle Weereens Verlos!

Geskryf /Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Op 2 November 2001 deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu Opnuut Gespreek 20 Maart 2020 Gedurende Coronavirus Pandemie Her-vrygestel 4 April AmightyWind se 26ste Herdenking Aanlyn!

Hierdie Profesie, onderaan die volgende Shabbat boodskappe, was eerstens vrygestel & geplaas byna twintig jaar gelede, en is meer toepaslik vandag as ooit en is, opsigself, ‘n “Bewys Agter die Profesieë” — Profeet Elisheva was gelei om dit weer te lees, dit hierdie keer voort te spreek onder ‘n groter Salwing, en om ‘n nuwe video te laat maak.

*******

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Hand. 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1). Sy spreek voort in tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor. 14:6)

Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:

Soos in “Alleluia” (Hallelu YAH) wat beteken: “Loof YAH,” YAH is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD: YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER; YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID—as die Persoonlike Naam van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “HAAR” dit is so gereflekteer in Profesieë en Skriftuurlike aanhalings onder. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters

Skrifaanhalings vanuit Waarheid en Getuienis Bybel behalwe waar anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:


EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva), om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie. Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK IS die HERE YAHUVEH: Dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander gee, of Ook MY LOF aan die gesnede beelde nie” (Jes 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om die volgende by te voeg en diegene te waarsku wat spot:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

AmightyWind se 26ste Herdenking Aanlyn!

Elisheva se Shabbat Verwelkomings-Boodskap Oorskrywe | Saterdag, 4 April 2020

O ABBA YAHUVEH— ek dank U en ek loof U— GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH & KOSBARE RUACH HA KODESH — vir die EER wat U my gun om gekies te gewees het om geboorte te gee aan hierdie Bediening 26 jaar gelede aanlyn (en dit is in werklikheid ouer as dit, maar hierdie is aanlyn) beginnende in 1994: En daar is nie eens ‘n rekord dat dit so ver teruggaan nie want dit was op daardie tydstip in “Amerika aanlyn” [AOL]; en daar was geen WêreldWye-Web nie [op die manier wat dit nou bestaan nie].

Kan jy dit glo?

Maar ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE RUACH HA KODESH, ons aanbid U, ons het U lief! (En dit is AL wat ek die mense wil leer, is om hulle te lei om U Woorde te hoor—om U Boodskapper te wees—om hulle te lei na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, om die openbarings te deel wat U vir my gegee het, die besoeke uit die Hemel dat ek vir YAHUSHUA gesien het van Aangesig tot aangesig).

En die uitbeelding wat langs my is, is die naaste van enige voorstelling wat gegee kon word in hierdie wêreld, soos die jong meisie dit geteken het en U het werklik blou Oë.

En eendag sal diegene [wat sal wees] in die Hemel sien hoekom daardie uitbeelding gekies was.

En ek wil net hê dat almal moet weet—dankie, dankie AmightyWind gemeente! ABBA YAHUVEH, U het vir my die beste gemeente gegee REG OOR die wêreld in 52 verskillende tale nou, en Hindi was pas bygevoeg.

En die begeerte van my hart is nou vir daardie man van Judah om na vore te kom en my te help om Israel te bereik. Ek is ‘n Jood en tog was ek nie gebore in Israel nie en ek het daardie man van Judah nodig. Ek het die Hebreeuse vertaler nodig, ABBA YAH—en dit is die begeerte van my hart, HEMELSE VADER—om Israel te laat weet WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. HY is Jesaiah 53.

Ons dank U en ons loof U, ABBA YAHUVEH, op hierdie 26ste jaar Herdenking wat so pas plaasgevind het: U het 4/4/20 gekies [daardie dag vir die Bediening 26 jaar terug] om ook gebore te word op die Internet op my verjaardag. En—vir 30 dae! U het vir ons die opdrag gegee verlede jaar.

En U het gesê U wil hê ons moet feesvier [30 dae] en die mense kans gee om hulle videos in te stuur — en as hulle dit privaat wil hou—om my te laat weet as hulle nie sou [wil hê] dit moet in die openbare video wees nie, almal bymekaar op een plek nie. (Hulle het 30 dae om in staat te wees om dit te doen.) En op hierdie manier sal hulle privaatheid behoue bly ook, want dit sal net die uitknipsels wees van dit wat hulle gesê het en wat hierdie Bediening beteken en hoe hulle U wil verheerlik, en hoe hulle gered was of wat hulle ookal gelei voel [om te sê].

So YAHUSHUA HA MASHIACH , ek dank U dat selfs op Shabbat, hierdie Heilige tyd [4 April 2020] van feesviering hier is.

Ek wil U DANK want daardie Hebreeuse vertaler kom na vore. Ek wil U DANK vir die Heilige gesalfde broers in YAHUSHUA HA MASHIACH wat gebore was en opgegroei het in Israel of selfs nét opgegroei het in Israel, maar wat die Hebreeuse wortels ken wat belangrik is en Bybel-gebaseerd.

Ek wil U bedank en U loof, HEMELSE VADER, vir alles wat U doen.

O ABBA YAH, asseblief, seën ver bo alles AmightyWind gemeente en die besoekers wat hierheen kom om fees te vier—vir diegene wat hul lewens gegee het vir U, YAHUSHUA—en hulle weet nou daar’s ‘n Bediening wat nie toegewings maak met sonde nie.

Ons leer hulle dat, YAHUSHUA, U hulle sal vergewe as hulle waarlik sal bekeer met groot droefheid en hulle sondes bely. Belydenis lei na bekering en bekering lei na redding—en YAHUSHUA, ons dank U en ons loof U.

Ek loof U vir ‘n ieder en ‘n elk van die span, vir ‘n ieder en ‘n elk van die bedienaars. Ek dank U vir die video makers. Ek dank U vir die uiteindelike verkryging van betroubare web bestuurders!—waar al die res niks anders as Judasse was nie.

En ek dank U en ek loof U , HEMELSE VADER—die mense weet nie eens 5 keer was die Bediening gepoog om gesteel te word by my nie maar—hierdie is die HEILIGE DRIE EENHEID s’n [Bediening] en jy kan nie steel by die HERE GOD ALMAGTIG WIE IS & WAS en SKEPPER is VAN ALLES nie.

So ABBA YAHUVEH, ek bid dat op hierdie 30 dae van feesviering ons meer reddings berigte sal kry, ons meer videos sal kry en hulle die eer aan U sal gee. Want hierdie is U Bediening om eer te bring aan U SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH.

Shabbat Shalom!

Ek is lief, lief, lief, lief, lief vir elkeen wat YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid, en ek sien uit daarna om van julle te hoor. Regtig ek doen.

In die Naam van YAHUSHUA , Amen.

Vrees is die Teenoorgestelde van Geloof! | Psalm 91

Elisheva se Profetiese Shabbat-Boodskap Oorskrywe
Vrydag, 20 Maart 2020

Hê Geloof!

Shabbat Shalom! Aan die kosbare, geliefde AmightyWind gemeente! En welkom aan elkeen wat ‘n besoeker hier is vir die eerste keer!

Ek wil praat met die AmightyWind gemeente. Ek wil vir julle vertel dat ek die voorblad oorgedoen het en ek het die webblad bestuurders gevra om die nuus af te haal van dit alles wat aangaan met hierdie Wuhan virus en—omdat ek besef so baie van julle sukkel met vrees.

YAHUSHUA het vir my gewys hoeveel sukkel met vrees op hierdie oomblik—en dit is die feite versus vrees—maar YAH het nie vir ons ‘n gees van vrees gegee nie maar van krag, liefde en gesonde verstand.

Vrees is die teistering wat YAHUVEH en YAHUSHUA nie gestuur het nie! En perfekte liefde—die liefde van YAHUSHUA HA MASHIACH, die liefde wat julle weet julle HEILIGE VADER vir julle het in die Hemel, ABBA YAHUVEH en die liefde van die RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES, vir julle het— perfekte liefde verdryf die vrees, want hoekom? Ons vertrou HULLE!

Ons weet HULLE Arm is nie te kort nie. Ons weet HULLE Oë is nie blind nie, en ons weet HULLE Ore is nie doof nie. En ons weet HULLE weet wie is die Hamans op hierdie aarde op hierdie oomblik wat, in ‘n laboratorium, hierdie virus vervaardig het vir ‘n ander doel—en ek gaan nie nou daarop ingaan nie.

Maar ek wil hê julle moet weet—‘n groot uitroep van liefde vir die Asië gemeente, ‘n groot uitroep van liefde vir diegene in Italië. En ek sê vir julle YAHUSHUA gee vir my ‘n waarskuwing en herinner ons almal—die sosiale media sowel as elke [hoofstroom] nuus stasie word besit deur die Hamans. Onthou dit.

Ek wil ook sê vrees is die teenoorgestelde van geloof, en geloof is die enigste manier hoe jy in die Hemel gaan kom: Geloof dat die BLOED VAN YAHUSHUA elke sonde kan wegwas wanneer jy vir HOM sê dat jy jammer is, wanneer jy jou sondes bely—met groot droefheid—jy om vergifnis vra, en jy in geloof glo dat HY jou sal help om te seëvier waar jy ookal swak is met sonde.

Hê geloof! Dit is die enigste geld-eenheid in die Hemel! Weet julle dit? Niks van hierdie wêreld kan julle in die Hemel kry nie behalwe geloof. Sonder geloof, is dit onmoontlik om ons HEMELSE VADER, ons ABBA YAHUVEH te behaag.

So julle moet nou daardie geloof gebruik, want as julle nie nou geloof kan hê nie—en hierdie dinge het julle nog nie eens geraak nie—julle hoor net van hulle, wat gaan julle doen wanneer dinge begin erger word?

Hê geloof!—in Psalm 91 dat HY die plae sal weerhou om te kom naby jou woning.

Hê geloof!—om dit te glo wat Dawid gesê het, “Ek het nooit die regverdige verlate gesien, of sy nageslag dat hulle brood soek nie” (Psalm 37:25).

Hê geloof!—om te glo dat niks kan gebeur wat YAHUVEH nie toelaat nie!

En hê geloof om te glo dat alle dinge ten goede meewerk! Ja, selfs wanneer die Hamans agter die Esters aan is op hierdie oomblik, en ons is die Esters, ons is die Mordecais.

En ons wag vir die Rooisee om oop te gaan en die bose Farao te verdrink terwyl hulle ons nou jaag, veral elkeen wat ‘n gelowige is in YAHUSHUA HA MASHIACH.

Hê geloof om te glo dat HULLE jou so liefhet dat satan nie instaat sal wees om jou seer te maak nie behalwe as iets goeds daaruit kom. Hierdie is wat ek moet sê op hierdie 20 Maart 2020—en ek wil julle weer herinner, 20 is die getal van die verlostes, ( in Hebreeus [Bybel & Profesie]—die getal van verlossing).

Ons is verlos! Hierdie is ons jaar! Wanneer hulle dink hulle het ons so bang, BAKLEI TERUG! En sê ongeag wat julle “feite” sê, ongeag hoeveel julle sê—in die miljoene of biljoene—sal doodgaan, sê MY GELOOF vir my dat julle niks teen my kan doen behalwe as my YAH dit toelaat en iets goeds daaruit moet kom nie.

Hê geloof om te glo.

Onthou die Weduwee van Sarfat? Onthou die vlessie olie wat nie opgedroog het nie? Onthou sy het die Profeet Eliyahu (Elia van Ouds), haar heel laaste bietjie olie gegee en haar heel laaste bietjie meel om daardie brood te maak? En onthou dit was die laaste maaltyd wat sy en haar seun sou eet, en tog het sy geloof gehad en HY het alles vermeerder. HY het dit vermenigvuldig.

YAHUSHUA & ABBA YAHUVEH is ‘n SKEPPER VAN VERMENIGVULDIGING!

MAAR WEE DIE HAMANS EN WEE DIE VYANDE VAN HIERDIE BEDIENING! Want HY is ook ‘n [BRINGER van] vermenigvuldiging van weë wat oor julle gaan kom! En o, HY het so baie maniere om julle te laat ly! So dit is wat ek te sê het in julle geval—van die vermenigvuldiging.

Ons wag! Ons wag ABBA YAHUVEH! Ons wag vir ons YAHUSHUA! Ons wag vir YAHUSHUA om te sê, “Kom hierheen!” Want ons weet terwyl ons opkyk, kom ons VERLOSSING nader (Luk.21: 28).

O as ek julle net ‘n drukkie kon gee en net my arms om elkeen van julle sit en julle wang soen, sou ek dit gedoen het op hierdie oomblik. Diegene wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën, en hierdie Bediening ondersteun en my bemoedig!

Al was ek sonder ‘n man en ‘n mede-leier nou vir twee jaar en meer, bedank ek julle net soveel vir julle gesalfde gebeds vegters, wat Messiaanse Joodse manne is wat as ‘n broer voort [ge] kom en my bemoedig het. Asseblief, kliek die kontak [blad]. Ek sal persoonlik terug antwoord.

YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle! Ek het julle liewer as wat woorde kan sê!

En o, dank U GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH! Tekens, wonders en wonderwerke het hierdie Bediening gevolg, want ons jaag nie agter tekens, wonders en wonderwerke aan nie, maar ons weet WIE die GOD VAN WONDERWERKE is en YAHUSHUA HA MASHIACH is SY Naam.

YAHUSHUA het vir my gesê om vir julle ‘n spesiale verrassing te gee en dit is ‘n her-lees van Profesie 52. Wat [eers] was in 2001—hierdie is ‘n “Bewys Agter die Profesieë” van dit wat julle nou sien—reeds voorspel was, die geheime, was aan hierdie Profeet vertel.

Ek laat dit in videos maak op hierdie oomblik en—maar, ek wil hê julle moet—waar julle ‘n balkie sien, kliek op daardie [play] knoppie en luister asseblief na die nuwe Salwing op my stem: Die her-versekering van hoe baie LIEF YAH en YAHUSHUA SY kinders het.

Shabbat Shalom!

Psalm 91|Skryf dit Neer & Memoriseer!


Hierdie is die Skrif wat julle moet neerskryf. En vir die van julle wat in ‘n plek is [waar] julle hierdie nie openlik kan doen nie, vind ‘n manier om dit te doen. Vra vir YAH om instaat te wees om dit te kan doen.

Psalm 91. Skryf dit neer.

Elisheva se Psalm 91 Omskrywing

• Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE sit, sal vernag in die Skaduwee van die ALMAGTIGE —YAHUVEH, en hierdie sluit YAHUSHUA HA MASHIACH in.
• Ek sal tot YAHUVEH sê: HY is my TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD op HOM sal ek vertrou.
• Vir seker sal HY my sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
• HY sal my dek met SY Vlerke, en onder SY Vleuels sal ek skuil; SY trou is my skild en pantser.
• Ek sal nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
• Ook nie vir die pes wat in die donker wandel, ook nie vir die siekte wat op die middag verwoes nie.
• Al val daar duisend aan my sy en tienduisend aan my regterhand - na my sal dit nie aankom nie.
• Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die afvallige sien.
• Want U, O YAHUVEH—(ADONAI, ELOHIM, EL SHADDAI, ABBA YAH, YAHUSHUA, U wie genoem word “HERE”)—U is my TOEVLUG, die ALLERHOOGSTE, het ek my BESKUTTING gemaak;
• En daarom sal geen rampspoed my tref en geen plaag naby my tent kom nie—jou woning, jou kamer;
• Want Hy sal SY engele aangaande my bevel gee, om my te bewaar op al my weë.
• Die engele sal my op hulle hande dra, sodat ek my voet teen geen klip stamp nie.
• Op die leeu en die adder [slang] sal ek trap, die jong leeu en die draak sal ek onder my voete vertrap.
• Omdat HY my liefhet, daarom het HY belowe om my te red: HY het gesê; HY sal ons beskerm, omdat ons SY Naam geken het.
• Hy sal MY aanroep—hierdie is ‘n belofte van YAH, YAHUVEH sê—HY sal MY aanroep, en EK sal hom antwoord en vir haar; EK sal by hom en haar wees in nood; EK sal hom en haar uitred en eer aan hulle gee.
• En met lengte van dae sal EK hom en haar versadig, en EK sal hulle MY VERLOSSING laat sien.

En WIE is jou VERLOSSING? Daar is net EEN, WIE die WAARHEID en die WEG en die LEWE is, WIE SE Naam VERLOSSING is, WIE SE Naam is YAHUSHUA HA MASHIACH.

En YAHUSHUA in Hebreeus beteken “YAH RED.” Leer daardie Naam.

Shalom.

Elisheva se Inleiding: MOENIE Vrees NIE!

Hierdie voorlesing van Profesie 152 (52 Opnuut) was opgeneem via audio. Hier is die oorskrywing.

Shabbat Shalom! HalleluYAH!

Heerlikheid aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA KODESH!

Hierdie is 20 Maart 2020–onthou, die getal 20 is die getal van [die] verlostes in Hebreeus [Profesie & Bybel]. Onthou dit is ‘n dubbele 20, die laaste keer– toe ek die Profesie gekry het–op 20 Januarie 2020, wat [Profesie] 150 is.

En ek wil net hê julle moet weet, hierdie is die Jaar van die Verlostes! Moenie Vrees nie!

Vrees is ‘n teistering wat YAHUVEH nie gestuur het nie. Ek het [dit wat was op] die voorblad afgehaal – van die informasie oor dit wat aangaan rondom hierdie wêreld –en ek het dit opgesit op ons YAHSTube (dat julle kan sien waar dit nou is terwyl julle kliek op die vaandel of as julle gaan na die media [menu op die webblad]) maar nou hoor ek dat ek julle geloof moet opbou!

Daar is te veel informasie oral op die Internet nou. Mens weet nie wat om te glo nie.

En wat julle ookal doen –as ‘n profeet sê dat hulle ‘n “Profeet” is en hulle beweer om Profesieë te hê, vra hulle waar die bewys agter hulle “profesieë” is, want ek sê dit vir julle: ek het “Bewys Agter die Profesieë” en dit sal 26 jaar op die Internet wees [aanlyn] op 4 April 2020.

Ons is in die jaar “20,” die getal van die verlostes! Wil julle nie in die verlostes wees nie? Dit beteken jy is gered deur die BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! Dit beteken jy het niks om te vrees nie. Want YAHUVEH sê HY het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en gesonde verstand!

O my AmightyWind gemeente – julle wat my jul Pastoor noem en die Apostel en die Profeet, ek gaan vir julle Profesie 52 lees, en julle gaan sien, wat nou op hierdie oomblik aangaan was reeds geprofeteer.

Moenie ‘n “Profeet” glo wat net die nuus vat en dan ‘n profesie daarvan maak nie. Kyk hoeveel jare gelede was dit geprofeteer en julle sal sien dat selfs hierdie sogenaamde Wuhan-virus –julle weet al dat dit reeds laboratorium vervaardig was, ek sal baie binnekort ‘n Profesie hê wat meer hieroor sê.

Ek gaan vir julle ‘n Profesie lees – maar ek moet gou maak.

Ek wil hê julle moet weet hoe lief ek ‘n ieder en elk van julle het, en julle is bedek in my gebede – enige iemand wat AmightyWind beskou as ‘n seën en wat my in hulle gebede hou en hierdie Bediening beskud met julle gebede!

Ek het gebid dat julle sal aanhou gehoorsaam. En as julle nie YAHUSHUA HA MASHIACH gehoorsaam nie kan julle nie die beloftes eis nie.

So gehoorsaam HOM! Staan op en hardloop in SY Arms in! En sê, “YAHUSHUA vergewe my, ek het gesondig!”

En HY sal getrou wees en jou weer vergewe en jy kan die beloftes eis dat geen plae naby jou woning kan kom nie, net soos Psalm 91 sê!

So, Profesie 52 EK, YAHUVEH, Sal Julle Weereens Verlos! En dit was vir my gegee op 2 November 2001. Baie jare gelede!

2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

Pasop om YAH se ware Profete aan te raak en hulle skade aan te doen (Ps. 105:15)– en dit is nie ‘n boodskap vir AmightyWind gemeente nie: Dit is vir die vyande wat daarvan hou om hierheen te kom. Om te kyk of ek nog leef! [lag] En of hierdie Bediening nog steeds staan! [lag] O my! Dit is nie my Bediening nie; dit is die HEILIGE DRIE EENHEID s’n. Ek is net die leier daarvan en neem my bevele uit die Hemel.

*******

Profesie 152 Begin
Ontvang 2 November 2001, Opnuut 20 Maart 2020

Liefste geliefde kinders van MY, hoeveel van julle roep uit na MY met weeklaag en trane en probeer julle vrees wegsteek vir die wêreld en vir julle vriende, maar neem julle PAPPA YAHUVEH en julle MESSIAS YAHUSHUA in julle vertroue! Julle kom na ONS toe met traanbevlekte gesigte in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA en sê, "Wat doen ons nou? Waarheen gaan ons?"

O lieflinge van MY, o EK is nie kwaad vir julle op hierdie tydstip nie. Dit is die bose waaroor - EK IS wit van woede is.

EK sien die bose se komplotte en planne. En dit is net soos in die tye van ouds met die slang in die Tuin van Eden, wat Adam & Eva wil bedrieg, en nou laat hulle julle dink dat julle nie kan wen sonder die wêreldse kennis van boosheid nie.

Julle VADER EK, YAHUVEH, is ALLE KENNIS en wanneer julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH (ook genoem “Jesus Christus”) en die RUACH HA KODESH (die HEILIGE GEES) soek soek julle WAARHEID & KENNIS. Wees verseker- solank julle soek, sal julle die antwoorde vind wanneer die tyd kom. As julle nie weet wat om te doen nie, wees dan verseker: Dit is nog nie tyd vir julle om te weet waarheen om te gaan, ook nie wat om te doen nie.

EK, YAHUVEH, sal nie vir julle die reiskaartjie gee alvorens dit tyd is om te gaan nie. EK, YAHUVEH, IS nooit te vroeg of te laat nie, maar EK IS altyd daar. Presies op tyd - nie ‘n sekonde om te spaar met tye nie, maar EK, YAHUVEH, sal jou nooit verlaat, of begewe nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER VAN DIE GANSE MENSDOM.

Julle hoef nie te vrees wat die bose mense sal doen nie. Want EK, YAHUVEH, gebruik die eenvoudige dinge, soos julle gebede, om die sogenaamde “wyse” (die bose) mense van hierdie wêreld te beskaam.

EK, YAHUVEH, IS selfs instaat om julle DNA te verander. Het julle dit geweet? Ja, as EK dit so verkies. EK, YAHUVEH, kan selfs die kleur van jou vel en jou oë verander. Moenie verwonderd wees nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER onthou? EK, YAHUVEH, IS daartoe instaat om julle onsigbaar te maak as EK, YAHUVEH, so verkies. Julle het GEEN IDEE watter standaard EK teen die bose mense sal oprig nie!

Die einste gebondenheid, siektes & plae wat die bose mense, wat satan se kinders genoem word, oor julle wil loslaat, sal hulle beskaam. Menige van MY kinders sal nie seerkry nie. Inteendeel, sal die bose mense se eie families hierdie siekte en plae opdoen, en hulle sal geen antwoord hê oor die rede hoekom nie. Al wat hulle sal moet erken is dat EK, YAHUVEH, dit gedoen het.

Die bose mense beywer om hulself te beskerm, en hulle ag hulself wys om selfs hulle eie families, en geliefdes en vriende ook in te ent. En tog, sal EK, YAHUVEH, daardie beskerming tot nul en gener waarde maak. Tot die mate wat die bose mense— die geveinstes —MY kinders wil leed aandoen, dit is die maat waarin die leed sal terugkom op hulself.

Begin nou hiervoor bid. Daar is groot krag in gebede gerig tot MY, YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, MY ENIG VERWEKTE SEUN.

Bid dat EK, YAHUVEH, vir julle groter geestelike wapens sal gee om te gebruik teen die vleeslikes wat opstaan teen MY geliefdes, wat MY aangesig en MY wil daagliks soek. Bid dat soos Elisa die mantel sien val het van Elia van Ouds, so sal julle dit ook weer aanskou — en julle sal toegerus word met nog meer van die RUACH HA KODESH se Salwings-krag.

Wanneer dit gebeur, hoef julle nie besorg te wees nie — hoe sal julle by ‘n sekere nasie uitkom? Wanneer EK, YAHUVEH, julle stuur sal julle net verskyn. Dink julle dit is vreemd? Lees julle Skrifte en sien hoeveel keer reeds, het hulle die krag gehad om te transporteer [d.i. wonderbaarlike verplasing] en weet dat die bose mense reeds sulke kragte gebruik vir bose doeleindes.

Die bose mense hou donker geheime, en tog sal EK, YAHUVEH, MY geheime vertel aan diegene [wat] die LEIDENDE LIG volg, WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. EK, YAHUVEH, sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Noukeurig Uitgesoektes beskerm! YAHUSHUA HA MASHIACH is ‘n LAMP vir julle voete.

Wanneer die bose mense julle lig wegneem, kyk na MY, YAHUVEH, en EK sal MY engele stuur om jou pad te verlig.

Die bose mense wil julle vrymoedigheid, geloof, vertroue, waarheid, privaatheid, vryheid, blydskap, vreugde —onuitspreeklik en vol van heerlikheid— en julle finansies van julle af wegneem! Dit is maklik vir hulle om te doen AS julle vir die gees van vrees luister, en al die slegte terugvoering op die nuus, meer as wat julle luister en die goeie verslae lees wat alles geskryf is in die Skrifte.

Ten minste MY Kinders kom in balans. Hoe kan julle hoop om vrees te oorwin wanneer ál wat julle doen is om die vreeswaansin te voed?

MY weggesteektes het die kennis, en ‘n uitweg rond-om ELKE wapen van die vyand wat MY kinders se vernietiging wil hê. En hierdie is die wêreld se vernietiging. Vertrou nie op jou eie insig nie, maar in al jou weë erken MY, YAHUVEH en EK, YAHUVEH, sal al jou weë rig in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle eie insig sal veroorsaak dat julle die onbekende vrees.

EK, YAHUVEH, slaap nie. EK, YAHUVEH, sal nie sluimer nie. MY Oë is op die nasies waar MY mense uitroep na MY in gebed, “Red ons!” — om hulle te red!

Luister nie na doem-en-swaarmoedige waarsêers nie. Hulle spreek en skryf dat EK, YAHUVEH, nie ‘n plek sal voorsien van toevlug vir MY geliefdes wat vir YAHUSHUA HA MASHIACH volg en hul bes doen om MY wette te gehoorsaam nie.

Hoekom wil MY kinders gehoorsaam wees aan MY, YAHUVEH? Omdat hulle hul HEMELSE VADER liefhet!

Die waarsêers het ingesluip in die ordes van die vyf-voudige ampte van die kerke, en van die politici, en die nuusgewers. Hulle spreek skrikwekkende dinge tot MY kinders. Hulle praat van neerlaag en nie oorwinning nie. Hulle wek twyfel in julle gedagtes [soos] OF EK, YAHUVEH, MY kinders sal red. Hulle waarsku dat almal gereed moet wees om aangeval te word, “Almal sal doodgaan of swaar beserings opdoen!” — sonder MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH aan julle kant, is hierdie waar.

Wat die nuusgewers en vele politici en die waarsêers vergeet is dat EK, YAHUVEH, nie MY kinders verlaat het nie.

Hoe sal dit vir MY Eer bring? Ja, MY kinders sal eendag by MY aansluit in die Hemel. Hierdie is waar, maar as EK nie ‘n weg van ontvlugting wou voorsien nie, waarom sou EK so sê in MY Skrifte? (Lk. 21:36, 1 Tess. 5:9) MY Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie. Dit sal uitvoer wat EK voortbestem het.

EK IS YAHUVEH! En EK het nie verander nie.

Wat EK, YAHUVEH, gedoen het vir Israel in die tyd van Moses; EK sal dit weer doen!
Wat EK gedoen het vir Lot; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Josef en Maria, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Noag, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir die drie Hebreeuse kinders, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Eliyahu, die Elia van Ouds, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Henog, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Elisa, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen.

Die galg wat Haman gebou het, EK YAHUVEH, sal hulle daaraan ophang! EK het ‘n Ester en net soos in die tye van ouds, sal EK, YAHUVEH, MY mense weer verlos. EK het ‘n Koning Dawid [diegene met so ‘n gees] en sal musiek en lofsange gebruik om die vyand te verslaan terwyl Psalms weereens tot MY opgehef word in geloof dat EK, YAHUVEH, weer sal verlos!

Wys MY in julle Skrifte waar EK nie MY mense verlos het —wat MY gebooie gevolg het en liefgehad het en MY, YAHUVEH, eerste gestel het in hul lewens nie? EK, YAHUVEH, sal MY kinders bevry uit die strik van die voëlvanger! Al wat julle moet doen is bid en geloof hê en te glo dat EK groter is as al hierdie skrikwekkende dinge wat probeer om oor MY kinders te kom! EK, YAHUVEH, sal julle gebede beantwoord wanneer julle na MY roep in die Gewyde Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Kom met vrymoedigheid voor MY Troon, en gee MY julle versoeke. EK, YAHUVEH, IS nie kwaad vir MY geliefde kinders nie.

By tye dwaal julle af en julle verontagsaam, en is die wolf gereed om julle te verskeur (alles net omdat julle weier om gehoorsaam te wees) — dus soos skape — is EK IS gedwing om julle agterbene te breek, maar dan soos ‘n GOEIE HERDER, dra EK jou liefdevol in MY arms. YAHUSHUA HA MASHIACH is die EEN wat jou nou liefdevol in SY Arms dra totdat jy gesond is en weer instaat is om te loop.

Waar los ‘n goeie herder ooit sy skape sonder toesig? Waar slaan ‘n goeie herder ooit die skape & lammers? NOOIT! Maar EK belowe wel dat EK diegene wat julle wil verskeur sal laat BEROU oor die dag wat hulle ooit gebore was.

Het EK, YAHUVEH, nie vir Lot gewaarsku en hom versper met MY engele sodat hy nie kon ingaan terug binne-in die stad van sonde nie genaamd Sodom & Gomorrah? EK het hom en sy familie beskerm (behalwe sy vrou. wat gekies het om MY te verontagsaam) teen die vuur en swael, wat ‘n vorm van verdrukking was vir Lot en sy familie ook.

Het EK, YAHUVEH, nie vir Josef en Maria gewaarsku om te vlug met YAHUSHUA as ‘n baba nie? In die tye van ouds was dit ‘n vorm van verdrukking — vir die moeders met babas. Want al die babas moes vermoor word, want die bose mense wou die ware MESSIAS vind om HOM dood te maak! EK, YAHUVEH, het ‘n engel gestuur om vir Josef te waarsku in ‘n droom en EK het vir hom gesê waarheen om te vlug en vir hom gesê wanneer om terug te kom.

Dink julle EK, YAHUVEH, sal nie vir julle dieselfde doen nie?

Het EK, YAHUVEH, nie ‘n ark vir Noag en sy familie voorsien nie? Voor daardie groot verdrukking van water die aarde oorstroom het?

Wat van Ester? Dink julle dit was nie ‘n vorm van verdrukking om vooruit te sien hoe die Joodse mense om haar vermoor word nie en tog het EK, YAHUVEH, nie ‘n uitkoms vir die Joodse mense voorsien nie? Anders sou daar geeneen gewees het vandag nie!

Het EK, YAHUVEH, nie die einste wapen gebruik wat veronderstel was om Mordecai en Ester dood te maak nie! (Die galg wat Haman gebou het, van mening dat hy vir Mordecai en Ester vasgetrek het — en al die Joodse mense doodgemaak sou word! En tog, het EK, YAHUVEH, vir Haman aan die einste galg laat hang— en sy tien seuns en sy vrou!)

Hoe kan die einstes wat sê dat hulle Profesieë hoor en hulle glo, ontken dat EK, YAHUVEH, altyd ‘n manier gehad het om MY mense te beskerm? Wees versigtig vir diegene wat hierdie dinge profeteer wat jou wanhopig laat voel.

Ongeag wat die verdrukking is, EK, YAHUVEH, sal ‘n manier van uitkoms voorsien vir diegene wat op MY vertrou en staatmaak in al hul weë. Vertrou meer in YAHUVEH, en julle YAHUSHUA HA MASHIACH as jou vrou, jou man, jou vriende en die vyf-voudige ampte— of regerings.

EK, YAHUVEH, sal julle nie belowe dat dit altyd ‘n maklike pad vir almal sal wees nie. EK sal julle nie belowe dat daar nie martelaars sal wees wat hulle lewens sal neerlê vir YAHUVEH en YAHUSHUA nie; EK sal julle belowe dat hierdie martelaars by MY in die Hemel is op hierdie oomblik en NOOIT weer sal hulle swaarkry nie.

EK sal julle nie belowe dat al MY kinders veilig gehou sal word [op elke fisiese manier] nie, maar EK, YAHUVEH, sal hulle beskerm soos EK die kinders van Israel beskerm het in die tye van ouds— toe die plae, en die duisternis, en dood oor hulle gekom het — het EK diegene gespaar wat die bloed van MY verbond gehad het in die tye van ouds. Hoeveel te meer sal EK nou doen met die NUWE BLOED VERBOND VAN YAHUSHUA HA MASCHIACH!

Wees gewaarsku wolwe: Julle sal ontbloot word. MY skape sal julle name ken en julle planne. EK, YAHUVEH, sien en ken elke persoon met die hart van ‘n wreedaardige wolf. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH alleen is die GOEIE HERDERS. EK, YAHUVEH, alleen sal julle wolwe beskaam— met julle eie skeppings en wapens van oorlog. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is die STAF VAN WOEDE wat julle sal weg-slaan van MY skape & lammers af.

Wees nie mislei nie! EK sal die wolwe doodmaak in MY tydsberekening en hulle nie net in die hel gooi nie, maar in die Poel van Vuur!

Aan almal wat die vernietiging wil hê van [die goeie in] Amerika & Israel en al die Christene & die Jode, wat is die prys van jou siel? En EK praat nou met die hele wêreld. As jy aanhou om dit te doen, dan sal jou siel vir ewig verdoem wees! As jy wegdraai hiervan— Draai dan na YAHUSHUA HA MASHIACH toe! — Dan sal jy vir ewig gered wees!

Dit is jou keuse.

Einde van Profesie

Offensief vir Sommiges, Ophelderend vir Ander
Vir die Liefde & Gehoorsaamheid & Heerlikheid
Van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH.
Gegee aan Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

Eerste ontvang Vrydag 2 November 2001, om 1:50 VM.| Her-lees 20 Maart 2020

In — die jaar was 2001. Profesie 52 was so pas gelees onder ‘n nuwe Salwing. Ek wil hê julle moet weet, ek wil nie hê dat julle die feite moet vrees wat ek op die voorblad opgesit het nie. Dit is nou, julle kan vind —as julle wil gaan kyk onder die “Corona[virus] Heroes & Information” [onder die AmightyWind.com media afdeling]— julle kan na YAHSTube gaan waar ek ongesensor is. En ons het ‘n hele bladsy aan hulle opgedra.

En ek wil ook sê hoe lief het ek ‘n ieder en elk wat vir my skryf en vir my sê hierdie Bediening is ‘n seën vir hulle, en hulle het hul lewens gegee vir YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ek kan nie begin om julle te vertel hoe baie ek julle waardeer deur hierdie jare wat daar geen man was nie en daar geen mede-leier was nie. Ek kan nie begin om julle te bedank nie.
Vir julle Joodse Profete, julle manne, ek het julle nodig om aan te hou om na vore te kom. Ek het my broers in YAHUSHUA MASHIACH nodig om te omring [deur hulle gebede] en daardie manlike bedekking te wees vir my.

Ek het julle almal lief in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam — vir diegene wat my sowel as hierdie Bediening beskou as ‘n seën vir hulle.

Amen.

Einde van oorskrywing.

Bid dat julle sal uitvind waar in hierdie wêreld julle ark is en wanneer julle moet ingaan om die boosheid wat kom te ontvlug. Bid in die Gewyde Naam van YAHUSHUA— Maria [Miriam] het nie vir haar Joodse baba ‘n Griekse naam "Jesus" gegee nie. Daar is Salwings-krag in die Naam wat beteken YAHUVEH red: YAHUSHUA.