Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Sukkot Shabbat Chol Hamoed, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 10, 63, 120;

Eksodus 33:12-34:26;

Esegiël 38:18-39:16;

Johannes 7:31-43;




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


24 September, 2021


Profesie 10, Neem Terug Wat Satan Gesteel Het!

Gegee aan Pastoor Elisheva Eliyahu 4 Desember 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

*******

Profesie Begin

O Magtige Krygers, eendag sal julle hoor, "Goeie en getroue kind, kom nou in en rus nog 'n klein rukkie langer en julle Bruidegom kom." Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Hou styf vas en moenie laat los nie. Al raak julle uitgeput en moeg, dit is terwille van MY dat julle swaarkry. Want hierdie is nie julle werk, julle bediening nie, maar MYNE. Dit is terwille van YAHUSHUA (Jesus) dat julle swoeg en julle arbei nie tevergeefs nie. Want, Kosbare Geliefdes, hoor die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) wat vir julle sê.

Daar is nie een luuksheid wat julle verbeur het wat julle nie sal terugkry nie, ingedruk, saamgeskud en oorlopends toe. Sal EK dit nie in julle boesem gee en maak dat mense gee en dit ondersteun wat van MY af is en nie van julle nie? Want julle rykdom is nie van hierdie wêreld nie, maar vir die wêreld wat kom, so spreek YAHUVEH.

Julle rykdom, MY Geliefdes, word vir julle opgegaar in die Hemel julle rykdom is die siele wat julle na MY toe gebring het, julle rykdom is die gawes wat EK vrylik vir julle gegee het, julle rykdom is die magtige gebedsvegters wat julle beskerm en ondersteun met hulle gebede, julle rykdom is om MY stem duideliker te hoor, julle rykdom is om te weet dat julle omring word deur 'n wolk van getuies en hulle kyk na alles wat julle doen en sê, dit is vir MY heerlikheid en MY onthalwe wat julle gebrek ly.

Julle het baie vervolging geken, maar weet dit, die vyande wat teen julle opstaan het EK nie gestuur nie. EK het nie deur hulle gepraat nie, moenie mislei word nie, as hulle jou nie oplig nie, is hulle besig om jou af te druk. As diegene wat sê ek is jou vriend jou tog nie ondersteun in geringe kwessies nie, sal hulle ook nie in belangrike kwessies lojaal wees nie, pasop nie almal wat sê Here is MY kind of dienskneg nie. Nie almal wat sê vriend is jou vriend nie.

Daarom sê EK vir julle, julle is omring deur diegene wat sê, “Maar ek is jou vriend” en tog weet hulle nie wat die woord vriendskap en lojaliteit is nie. Hulle is Judasse wat gestuur is om julle te verraai, maar EK waarsku julle nou deur julle suster, hierdie Profeet, sodat julle waaksaam kan wees. Hulle het hul eie doelwitte; hul eie agendas om hulself te bevorder. Pasop want julle sal nou duidelik sien wat julle nie voorheen duidelik gesien het nie. Julle is nou 'n nuwe gawe gegee op hierdie dag en spreek EK dit nou voort deur hierdie suster van julle, MY werktuig gevul met MY RUACH ha KODESH.

Wat sy spreek sal gebeur terwyl julle hierdie brief lees goddelik bestuur in julle hande in. MY geliefdes EK gee julle 'n nuwe salwing sodat julle in die dieptes van mense se siele kan sien. Julle sal 'n groter gawe van onderskeiding ken as vantevore. Maar julle sal nie hou van dit wat julle sien nie, want daar kom diegene wat jy gedink het jy kon vertrou en jy sal vind dat jy hulle glad nie kan vertrou nie. Hulle is Judasse in vermommings. Pasop want hulle sal so ver gaan as om toe te sien dat bose dinge met julle gebeur. Maar EK sê vir julle, wanneer julle dit sien, bestraf hulle in MY Naam en jy sal die vyand sien vlug in sewe verskillende rigtings. Hulle sal hardloop vir skuiling want EK gee ook op hierdie dag vir julle 'n groter gawe van dapperheid.

Want EK is nie net 'n Almagtige GOD van liefde nie maar ook van oorlog en EK het oorlog verklaar teen MY vyande. EK gaan julle gebruik om die [mense] te bestraf wat opstaan teen MY en alles wat Heilig is. Hierdie woorde is nie en sal nie julle eie woorde wees nie, want julle sal weet wanneer om te praat, en wanneer om nie te praat nie. Julle sal aanhou om MY Kinders te versamel, terug te neem wat die vyand gesteel het en hulle aan MY voorlê.

Julle is 'n lewende offer vir MY. Die werk wat julle doen word nie in jul krag en mag gedoen nie, maar onder MY krag en mag. Al word julle baie keer moeg, onthou om jou op MY krag, MY dapperheid, te beroep. Onthou om jou op MY waagmoed, MY gawes, te beroep want julle sal bose magte teëkom. Diegene wat boosheid beoefen en tot ander gode bid en nogtans sal julle hul vloeke oorwin deur MY Bloed wat vir julle gestort was op Golgota met die woord van julle getuienis en met die woord van MY Getuienis.

Wanneer krag aan julle gegee word, die krag van MY Naam, Woord en Bloed gebruik dit om die vyand te oorwin. Bestraf die vyand in MY Naam. Moet hulle nie ignoreer nie. Want om hul te ignoreer dien net tot hulle versterking. Ontbloot die vyand en al die skelmstreke van die vyand en julle sal floreer op maniere waarvan julle nie weet nie.

MY Geliefdes, o, hoe verlang EK om julle in MY arms toe te vou en EK sal eendag. Want wanneer julle die eensaamheid aanvoel is wanneer EK die naaste is. EK staan by julle terwyl julle vir MY staan. Die poorte van die hel sal nie seëvier teen MY Kerk nie. Julle is MY Kerk. Wanneer julle verlate en vergete voel al kan julle MY nie sien nie, sal julle weet dat EK daar is. EK sal julle nooit verlaat of begewe nie en EK het julle lief met 'n liefde waarmee geen mens kan begin om te vergelyk nie. EK ken MY Kinders, MY Krygers en MY Bruid. Julle is alles hiervan en soveel meer, EK profeteer nou tot julle deur MY Diensmaagd wat nie weet wat sy volgende gaan sê nie.

EK neem julle na 'n hoër vlak as wat julle voorheen was. Maak gereed, want wanneer die vyand julle omring, weet dit, dit is omdat die vyand weet julle is nie van hierdie wêreld nie, maar slegs in hierdie wêreld en julle is in hierdie wêreld om MY te dien, besig om MY wil te doen, terwyl EK die gawes van MY RUACH ha KODESH vrylik oor julle uitstort. Wat voorheen moeilik was sal maklik word. Wat voorheen maklik was, sal julle dink het moeilik geword.

Maar dit is omdat EK julle hoër opskuif as wat julle voorheen was. Julle sal soos Petrus wees en EK sal sê, "Gooi julle net dieper in die see in," en julle sal sê, "Maar Vader, ek het dit nog nooit vantevore gedoen nie, of was nie voorheen daar nie." En EK sal sê, "Maar Geliefde, die vis is oorvloedig aan die ander kant. Gooi julle net aan die ander kant. Gaan in die gebiede in waar julle nog nie gewaag het nie. Moenie vrees nie, want EK is die Meester-Visserman. Ek weet watter aas om te gebruik wanneer EK julle in die see ingooi. Julle sal nie met leë hande terugkom nie vertrou MY net EK sal julle lei en aanvoer om selfs groter vissers van mense te wees.

Wat sy in MY Naam gespreek het, sal gebeur. EK begin nie met iets goeds en maak dit nie klaar nie. Die bediening waaraan julle vandag toevertrou word sal met rasse skrede groei. Die ganse hel sal sidder want hulle sal julle al dieper in hul gebiede sien ingaan en gevangenes terugneem terwyl julle hul vrymaak in MY Naam.

Lees hierdie profesie hardop, want die krag is nie net in die geskrewe woord nie maar die gesproke woord. Lees hierdie vir ander sodat hulle in akkoord kan staan. Moenie verbaas wees oor die afguns en begerigheid wat rondom julle sal verrys nie, want EK gaan nou die skille van julle oë laat afval en dit wat julle geweier het om te erken sal julle nou duidelik sien, dit wat julle nie wou hoor nie, sal julle nou duidelik hoor.

MY Geliefdes, weet dit; alles wat gebeur word georkestreer deur die hande van die Meester. Alhoewel dit boos voorkom, sal EK dit ten goede omswaai. Selfs satan se planne sal EK omswaai en julle op so 'n magtige manier verlos. Mense sal moet erken dat die GOD wat julle dien, YAHUSHUA ha MASHIACH, steeds regeer en heers en leef en dat daar niemand soos EK is nie.

Wanneer julle bid, sal blinde oë oopgaan, dowes sal hoor, die dooies sal weer lewe. Siele sal gered word, vyande sal val, net so seker as wat Dawid vir Goliat verslaan het. Die vyande sal val deur MY hand alleenlik. Maar EK sal die woorde van bestraffing uitspreek wanneer hulle teen julle kom met hulle vloeke. Julle sal sê, "Die GOD wat EK dien, YAHUSHUA ha MASHIACH, is groter as enige boosheid wat julle aan my kan doen, en HY sê dat geen haar van my hoof sal val as ek nie vrees nie en ek vrees geen mens of duiwel nie, want ek het die sleutels tot die Hemel, YAHUSHUA is daardie Heilige Sleutel."

Profeteer hierdie tot hulle, so spreek YAHUVEH van die Leërskare, “Dit sal die vyande wees, wat opstaan teen my en my lewe en die vernietiging van hierdie bediening verlang wat sal omkom. Deur die hand van die Lewende GOD wat sê, moenie mislei word nie EK word nie maklik bespot nie. Hulle sal maai wat hulle gesaai het maar MY dienskneg sal nie omkom nie maar lewe om MY werke te verkondig.” So spreek YAHUVEH van die Leërskare want dit is 'n vreeslike ding vir MY vyande om te val in die hande van 'n Lewende GOD. Maar daar is skuiling en liefde daar vir julle MY geliefdes.

Doen soos wat EK julle op hierdie dag beveel het om te doen, soos EK aan MY Dogter die woorde gegee het vir julle om te sê MY Geliefdes en gaan voorwaarts en geniet oorwinning in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Alpha & Omega AlmightyWind Holy Ghost Fire Ministries.

Gegee aan ‘n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA
Profeet Elisheva Eliyahu 4/12/97


Profesie 63, O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer?


Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu 16 September 2002


Elisabeth:

[Praat in tale]…O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer? [praat in tale].

Op die 16de September het ek wakker geword met hierdie woorde…[praat in tale]…en die Here het vir my vertel om dit neer te skryf…[praat in tale]…gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah…[praat in tale].

*******

O Israel, …[praat in tale]…O EK huil, ja EK, YAHUVEH, Skepper van alles, Skepper van tyd. EK huil, omdat EK MY liefde uitgestort het, MY genade uitgestort het, omdat EK MY beste gegee het, MY geliefde Seun YAHUSHUA. EK YAHUVEH het YAHUSHUA gegee, wie selfs SY Bloed uitgestort het om die sondes van Adam en Eva vry te koop. O Israel, die Bloed van YAHUSHUA deurweek steeds julle grond. Hoekom dink julle dan satan haat julle so? Hoekom dink julle dat hy julle meer haat as enige mense of enige nasie? Omdat EK, YAHUVEH na julle toe gekom het in die vlees, deur MY Seun YAHUSHUA, MY geliefde Seun.

Abraham het slegs gedink dat hy vir Isak moes offer. Abraham moes slegs daardie gevoel van hartseer en bedroefdheid ervaar, terwyl hy ‘n mes bokant sy geliefde seun gehou het en nie gedink het dat daar enige ram as ‘n offer, as ‘n bloed offer, sou verskyn nie. Maar hy het geloof gehad en geglo dat EK, YAHUVEH, sy seun Isak sou oprys uit die dood, as dit sou nodig wees. Net soos EK MY Seun YAHUSHUA opgerys het. Dit is as gevolg van wie, EK, YAHUVEH is. As gevolg van wie, EK, YAHUVEH, is, omdat MY liefde geen begin en geen einde het vir die wat MY kinders genoem word nie. Slegs die wat MY kinders genoem word, roep MY in die naam van MY Seun YAHUSHUA. Net EK het Abraham verhoed om sy seun Isak te offer. EK het ‘n ram voorsien. Hy was weggesteek van Abraham se gesig, totdat die regte oomblik aangebreek het.

Abraham was nie perfek nie. So ook nie Isak nie. Israel betaal die prys van Abraham se sonde, wat Ismael en die saad van Ismael voortgebring het. Abraham het ook ‘n bloed offer nodig gehad. Dit is die ram wat gesimboliseer was, wat in die bos vasgesit het. Dit simboliseer MY geliefde Seun YAHUSHUA, die enigeste Lam van YAHUVEH, die perfekte lam, sonder sonde of vlek. Die ram was in die bos vasgevang. MY geliefde Seun YAHUSHUA het uitgeroep na MY. HY was ook vasgevang in die bos van MY wil. "Vader, as dit enigsins moontlik is…neem hierdie beker weg vanaf my…maar nie soos ek wil nie…maar soos U wil gedoen moet word." YAHUSHUA was gesimboliseer as daardie ram, as daardie bloed offer wat Abraham daardie dag gehad het, in die plek van Isak.

YAHUSHUA se bloed offer is die enigste offer wat heilig genoeg is om die sondes van die mensdom weg te was. As die mensdom maar net hierdie nuwe bloed verbond wil aanvaar en daaraan gehoorsaam wees. Die bloed verbond wat EK by Golgota gegee het, deur MY geliefde Seun YAHUSHUA, dit is MY belofte aan MY getroue kinders wie lief is vir YAHUSHUA en die nuwe bloed verbond aanvaar. Net soos EK MY geliefde Seun nie in die graf gelos het nie. Waar EK HOM opgerys het uit die dood en waar HY opgevaar het na die Hemel. Net so sal EK dieselfde vir julle doen. Al wat MY kinders moet doen, is om te ontvang, te glo, lief te hê, en om hulle bes te probeer om MY Gebooie te gehoorsaam. Is dit so moeilik?

EK praat met diegene wie MY Seun YAHUSHUA, as Messias WEIER…waar is jou bloed offer? Almal weet dat daar ‘n bloed offer moet wees vir die vergifnis van sondes. Watter dier is perfek? Watter mens? Niemand behalwe MY Geliefde Seun YAHUSHUA nie. EK, YAHUVEH het die ou bloed verbond gekanselleer, om vir die mensdom ‘n beter bloed verbond te gee. Dit is die enigste manier hoe EK julle sondes kan vergewe. Daar is geen ander weg na MY troon nie…Vir MY om julle gebede te beantwoord nie…behalwe deur die naam van YAHUSHUA, deur SY gestorte Bloed by Golgota, vir die vergewing van julle sondes. Daar is geen ander wat voor MY tussenbeide tree nie, behalwe MY Seun YAHUSHUA. Mohammed kan julle nie red nie. As julle roep op Abraham, sal julle nie gered word nie. Allah kan julle nie red nie. Net as jy roep op die Naam YAHUSHUA, sal jy gered word.

EK het voorheen deur hierdie handgemaakte Diensmaagd gepraat. Diegene wat dink dat hulle gered sal word deur net die "Torah" te hou, moet besef dat hulle gesondig het en dat hulle nie MY Glorie sal ontvang nie. [Romeine 3:23]. Om een Gebooie te breek is dieselfde om al die Gebooies te breek. Julle het ‘n Redder nodig. YAHUSHUA is daardie Redder. Diegene wat weier om YAHUSHUA as hulle Here en Redder te aanvaar, die Messias van die hele mensdom sal nie geoordeel word deur YAHUSHUA nie, maar sal eerder voor Moses staan, wie die Boek van Oordeel sal oopmaak sonder genade. Hy het vir Israel gewaarsku dat daar’n nuwe verbond sou kom, ‘n nuwe bloed verbond. Hy het geweet dat dit nie MY woede sou kon kalmeer nie. Dit was slegs tydelik vir die diere offers.

O Israel, EK het daardie nuwe bloed verbond gestuur om op julle grond gebore te word. EK het wonderwerke deur YAHUSHUA gedoen. EK het HOM gebruik om ‘n menslike offer te wees, ‘n menslike bloed offer, die enigste perfekte bloed versoening vir sonde. En EK het HOM uit die dood uit laat oprys, uit die grond van Israel.

Op die eerste dag van Yom Kippur, 2002, praat EK met Israel en EK sê vir hulle, EK hoor julle gebede van berou, waar julle MY om vergifnis vra. EK sien hoe julle vas. EK voel julle vrees, wanneer julle besef dat julle sondes ‘n stank in MY neus is. O Israel, julle weet EK is Adonai, en EK sal julle oordeel oor die werke van julle vlees. O Israel, julle weet daar is geen bloed offer nie. Julle verlang om daardie tempel met mure te bou, sodat julle weereens kan offers van diere gee, vir die vergifnis van sondes, waar julle hoë priester hardop kan uitroep vir genade, tog weier julle om die geskenk wat EK aan julle gegee het, te aanvaar, ‘n Tempel sonder mure wat met die RUACH HA KODESH gevul is, wat met MY liefde en genade gevul is, met MY wonderwerke en MY oordeel. ‘n Tempel wat nie met mensehande gebou is nie, ‘n perfekte, heilige, sondelose tempel. SY Naam is YAHUSHUA. MY Naam [JAH] is in SY Naam. Die krag is in SY Heilige Naam, die krag is in ONS Heilige Name.

YAHUSHUA is daardie Tempel! YAHUSHUA is die enigste bloed offer wat EK sal aanvaar. YAHUSHUA het na Israel gekom as ‘n baba. YAHUSHUA was julle bloed offer. YAHUSHUA is die enigste heilige bloed offer. O Israel, luister na MY! YAHUSHUA se Bloed het binne in Israel se grond ingevloei. SY Bloed het ook al vier hoeke van die Aarde gevul. O Israel, luister na MY, omdat julle hierdie nuwe bloed verbond geweier het, het EK dit ook vir die nie-Jode gegee, waar EK hulle in die tak ingeënt het, en wag dat julle berou het en YAHUSHUA as julle Messias aanvaar. O Israel, wat sal dit neem? EK het so min van die oorblyfsel in Israel. Terwyl EK hierdie woorde praat deur hierdie Diensmaagd, gaan daar nuwe dissipels optaan en hierdie woorde in Israel inneem. EK sê nou vir julle, daar is ‘n bewys wat voortvloei vanuit julle eie klaagmuur, dit is ‘n simbool van MY Lewende water wat uitvloei.

Waar kom die Lewende water vandaan? EK, YAHUVEH, gee hierdie geskenk weer aan julle, terwyl die RUACH HA KODESH in Israel vrygelaat was deur YAHUSHUA. Nou vloei dit voort deur ‘n muur waar Israel kniel, huil, ween en bid. Aanvaar YAHUSHUA as julle Messias. Terwyl die Tempel muur uitstaan en vernietig word voor julle oë.

O Israel, kan julle nie sien dat die ou verbond nou verby is nie? EK begeer nie meer diere offers hê nie. Slegs die Bloed van MY Geliefde Seun YAHUSHUA, wie vanaf die Juda stam kom, kan Israel se bloed verbond wees, en ook die hele wêreld se bloed versoening van sondes. Daar is slegs een sonde wat nie vergewe kan word nie…dit is om YAHUSHUA en die lewe en die bloed wat HY opgeoffer het by Golgota, te verwerp. Wees gewaarsku, om die RUACH HA KODESH te bespot en te verwerp, is godslasterlik. Daar is geen vergifnis vir hierdie sonde nie. Net YAHUSHUA se lewe en SY bloed en deur SY naam is daar vergifnis van sonde. EK het hierdie geskenk vir julle en die wêreld, by Golgota gegee. En Israel, op hierdie Hoog Heilige dag, praat EK, YAHUVEH, deur hierdie Joodse Diensmaagd…O Israel, julle wie die apostels en profete gestenig, gemartel en vermoor het, julle wie MY kinders doodgemaak het, wie EK as getuies na julle gestuur het. O Israel, selfs die bloed van die martelare deurweek julle grond. Net EK weet, O Israel, hoeveel daar van julle eie bloed eers moet vloei, voordat julle die enigste Messias sal aanvaar wat julle kan red. YAHUSHUA huil steeds, net soos HY gehuil het in die Tuin van Getsemane.

Die oë van die wêreld is op julle vasgenael, O Israel. EK haal nooit MY oë van julle af nie. Die reddings krag is in die naam wat julle verwerp, die hoeksteen van die tempel wat julle verwerp. Maar julle moet YAHUSHUA as julle Messias aanvaar. Dit is deur YAHUSHUA se woord, naam en bloed. YAHUSHUA sal vir Israel red. O Israel, YAHUSHUA het veertig dae en veertig nagte vir julle gevas. Dink julle regtig een dag van vas is genoeg om julle sondes te bedek? MY kinders, wie YAHUSHUA as hulle Here, God en Messias aangeneem het, is verheug, omdat daar ten volle vir hulle sondes betaal is by Golgota.

EK, YAHUVEH wag vir julle, O Israel. O Israel, julle wie die Joodse feeste en heilige dae hou en onthou, sien julle nog steeds nie dat YAHUSHUA in ALMAL van hulle is nie? O Israel, draai na MY in heiligheid. Draai weg van julle sondes deur berou te hê in die naam van MY Seun YAHUSHUA. O Israel, EK huil vir julle pyn. Maar onthou, net soos EK heilig is, so moet julle apart gestel en heilig wees.

Wil julle regtig geoordeel word volgens die wette wat EK vir Moses gegee het. Moses sal julle oordeel sonder enige genade. Omdat julle die enigste tussenganger verwerp, die enigste perfekte Lam van YAHUVEH, YAHUSHUA sal, aan diegene wat op die ou bloed verbond staatmaak om gered te word, die volgende sê. Wees versigtig, diegene wat op die ou bloed berbond staatmaak! HY sal sê, "Julle verkies om deur die ou bloed verbond veroordeel te word, Moses sal julle veroordeel." Wee oor diegene wat veroordeel sal word deur Moses, aangesien niemand perfek is nie. Niemand sal gespaar word nie. Hel en die Poel van vuur sal julle ewigdurende huis wees. Elkeen maak sy eie besprekings vir die ewigheid.

Niemand is gewaarborg vir ‘n tweede lewe nie. Almal wie by MY, YAHUVEH se genade is, vandag is die dag van julle redding.

Môre kan dalk te laat wees.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie eerste dag van Yom Kippur, 16 September 2002.

Gegee aan hierdie dienares, Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

*******

Mattheus 10:18-42
18 En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ‘n getuienis vir hulle en vir die heidene.
19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.
21 Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
24 ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
26 Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
27 Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
29 Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.
36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
40 Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
41 Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker kou water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

Mattheus 12:50
50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

Mattheus 21:42-46
42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
43 Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.
46 En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.

Mattheus 23:29-39
29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;
30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
32 Maak die maat van julle vaders dan vol!
33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,
35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
36 Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

Mattheus 26:26-29
26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.

Lukas 12:49-53
49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!
50 Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!
51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.
52 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.
53 Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.

Hebreërs 9:11-22
11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,
12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.
13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,
14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.
15 En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
16 Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;
17 want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.
18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;
19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel
20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.
21 En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.
22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

--------------------------------------------------------------------------------

Soos YAHUSHUA ons van die laaste dae vertel het, "en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom."

Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede van hierdie ministerie, om met die profetiese boodskappe te waarsku, asook om aan te moedig en om verlore siele na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS, te lei.

As jy YAHUSHUA aangeneem het as jou Redder, maar jy is nog steeds louwarm in jou liefde, gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik om vergifnis vra vir HOM, asook vir die heropvulling van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees). Jy moet nie net berou hê nie, maar ook wegdraai vanaf jou sondes, en vir YAHUSHUA vra dat HY jou sondes sal wegwas in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou onmidddelik vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH HA KODESH.

As jy nog nooit vir YAHUSHUA as jou Redder aangeneem het nie, maar jy het wel deur die Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe begin besef dat HY wel bestaan, en dat SY koms baie naby is, en jy wil SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel aanvaar, sê dan hierdie reddings gebed hieronder op en bedoel dit met jou hele hart…YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, berou het daaroor en wegdraai daarvan, in die naam van YAHUSHUA. Vra HOM om in jou hart in te kom en om SY lewe binne in jou te kom lewe, dat HY jou sal gebruik vir YAHUSHUA en YAHUVEH se Glorie.

Reddings gebed in engels

Dear YAHUSHUA, I accept you now as my Lord and Savior, You are the God I love. I believe you paid the price for my sins at Calvary, you died and arose from the dead on the third day. I ask you to come into my heart, forgive me of my sins, wash me clean of all unrighteousness. I am sorry I have sinned, and I turn away from those sins. Thank you for filling me with your Holy Spirit, and giving me the desire to serve you all the days of my life, and live your life in me, YAHUSHUA, so you will be Glorified! Thank you for giving me the desire to read your Bible, and give me he wisdom to understand it, Thank you for Loving me and Saving my soul, causing my Faith to grow, so one day I will be with You in Heaven. Fill me with your Holy Spirit Now and deliver me from the evil one in your name YAHUSHUA I pray! Help me YAHUSHUA to remember All have sinned and fall short of the Glory of YAHUVAH, and you came to save US sinners, that's why your called our Savior. Amen.

Lees hierdie gebed, lees dit dan weer, hierdie keer moet jy dit nie met kennis van die verstand lees nie, maar met kennis van die hart, glo dit deur GELOOF, en onthou, YAHUSHUA is nie net God nie, maar HY is jou beste vriend! HY gee baie om vir jou, HY het jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die SONDAAR, so lief!

YAHUSHUA het die prys betaal vir jou sondes, jy hoef nie meer skuldig of veroordeeld te voel nie! Bely jou sondes by YAHUSHUA! Noem jou sondes vir HOM, sê vir HOM dat jy jammer is, vra vir HOM dat HY jou sal vergewe! Al jou sondes in die verlede en in die toekoms. ‘n Sonde is enige iets wat jy gedoen het of nou doen, wat ons Heilige YAHUVEH ongelukkig maak. Niemand is perfek nie. Onthou dit!

Lees die Nuwe Testament en begin om te leer wie YAHUSHUA is. 1 Johannes 3:16. Die Bybel sê dat jy HOM moet bely as Here en Redder, sodat hy jou sal bely voor die Vader. Moenie skaam wees vir YAHUSHUA nie, HY is nie skaam vir jou nie. Vertel vir iemand dat jy vir YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, op hierdie dag aangeneem het! Al die engele in die Hemel is verheug, omdat daar nog ‘n naam in die Lam se Boek van die Lewe bygevoeg is!

Laat ons verheug wees. As jy ‘n pastoor nodig het, het ons meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA! ONS SIEN UIT DAARNA OM JOU IN DIE HEMEL TE ONTMOET, INDIEN ONS NIE OP DIE AARDE GAAN ONTMOET NIE.

Stuur ‘n e-pos aan Elisabeth en vertel haar van die geskenk van die ewige lewe, indien jy dit so pas vanaf YAHUSHUA ons MESSIAS ontvang het!

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!



Profesie 120, Moenie Moed Opgee Nie! Moenie Tou-opgooi Nie!

Profesie 116 Opnuut, Oorspronklik Genoem: Julle Moet Geloof Water-Lopers Wees! Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang 19 Oktober 2011


Hierdie Profesie het die Salwing van restourasie, krag en vrymoedigheid. So as jy moeg geveg en oorlaai is, laat YAHUSHUA jou verfris met hierdie Sukkot Profesie van restourasie aan almal wat YAHUSHUA aanbid en Heilig lewe. Dit het ‘n Salwing van restourasie - verstand, ligaam, siel en gees, gesondheid, finansies en in alle opsigte!

Ons loof U ABBA YAHUVEH vir die Salwing op hierdie Profesie wat jukke sal breek tot U Lofprysing, Eer en Glorie.

Alle wedergebore, HEILIGE GEES vervulde Gelowiges, wat YAHUSHUA Die ALMAGTIGE HERE GOD EN REDDER, dien en gehoorsaam, almal wat vervolg, misbruik, verwerp, gehaat – julle wat moeg is daarvan dat boosheid aanvaarbaar verklaar word en dat goed as boosheid bestempel word; moenie opgee nie Heilige Gebeds-Bemiddelaars, Bruid van YAHUSHUA. Moenie opgee nie selfs wanneer die stres en probleme van hierdie wêreld jou laat voel asof jy oorweldig is, wanneer satan aanval, wanneer vyande in die meerderheid is! Moenie moed opgee nie, moenie ophou nie! Hierdie wêreld is nie ons Tuiste nie! Moenie opgee nie in die naam van YAHUSHUA! Julle sál die oorwinning hê!

Dit gaan so baie van die troepe herstel wat geslaan is. Die moraal van die troepe het nodig om opgebou te word. Daar is geen verdraagsaamheid in Israel vir diegene wat in YAHUSHUA glo en HOM volg nie.

Elisheva sê, "Dit het 'n vervolgde Jood gevat om die salwing in hierdie vervolgde Jood wakker te maak. " As jy moeg en neergeslaan is, lees asseblief en luister. Daar is 'n Salwing van restourasie hierin. Daar is 'n groter Salwing in die Woord wat Gespreek word. Luister asseblief na die klankopname in die video of lees dit hardop as jy kan.

Let op die einde, daar was ‘n wonderwerk t.o.v die bandopnemer. Die bandopnemer het net genoeg batterykrag gehad om die Woord te kon opneem. As die telefoongesprek van die begin af opgeneem was, sou die hele Woord nie tot die einde toe opgeneem kon word nie. Maar Prys YAHUSHUA, die opname het in YAHUVEH se perfekte tydsberekening begin en die hele Woord is opgeneem!

* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES verklaring gee aan hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva spreek in tale wat die Profesie voortbring (1 Kor 14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”

Wat letterlik beteken: “Prys YAH”

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”

ELOHIM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie web werf.

(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH beteken “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”

Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis vertaling mits anders aangedui

* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesië:
ELISABETH [ELISHEVA], EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU
OM HIERDIE BEDIENING NIE NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE,
SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS, HET EK DIT IN JOU GEES GEPLAAS,
WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HANDE TOT STAND GEKOM NIE,
NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.
DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH DAT GEBOORTE GEGEE WAS HIERAAN.
DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.
DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH JOU IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.
AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL MISLUK HET.
DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI,
DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING,
DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE ANDERS SOU DIT LANKAL MISLUK HET.
“EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM:
EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE,
OF
OOK MY LOF AAN DIE GESNEDE BEELDE NIE.” (JESAJA 42:8)

(PROFESIE 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel om die volgende by te voeg as waarskuwing vir diegene wat spot:

“MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN ELOHIEM UITGELAG,
SY WOORDE VERAG
EN MET SY PROFETE GESPOT TOTDAT DIE GRAMSKAP VAN YAHWEH
TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE.”

2 KRONIEKE 36:16

Dan, in Julie 2016:

WEE ENIGEEN WAT PROBEER WAAG OM HIERDIE TWEE GESALFDES TE BENADEEL. JY SAL DIE DAG BEROU DAT JY OOIT GEBORE WAS. RAAK MY GESALFDES NIE AAN EN DOEN GEEN KWAAD AAN HIERDIE TWEE PROFETE NIE (SIEN PS 105:15; 1 KRON 16:22 – 1953 VERTALING). DIT SAL BETER WEES VIR JOU AS EK, ABBA YAHUVEH JOU TONG SOU UITSKEUR!

(PROFESIE 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal – die wat teen hier Bediening kom EN HIERDIE PROFESIEE en Elisheva en ek, al die Bedieners van AmightyWind Bediening – ek waarsku julle nou, 'Raak YAH se Gesalfdes nie aan en doen geen kwaad aan SY Profete nie (PS 105:15; 1 KRON 16:22) anders sal die Wraak van die Staf van YAH oor julle kom. Maar vir die wie geseend is en n seen vir hierdie Bediening is, en getrou is, en wie die Profesiee ontvang, baie seeninge sal oor julle kom – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm, in die Naam van YAHUSHUA.

* * * * * * *
Hierdie Profesie was opgeneem deur ‘n video opname. Hier is die oorskrywing.

[Elisheva:) ….jou voete. Ek wil dit herhaal: Ek sien jou voete (in 'n visioen) en YAHUSHUA sê...

Orals waar jy trap - op jou skoensole en die sole van jou voete - is die BLOED VAN YAHUSHUA want jy volg in SY Voetspore. HY loop in jou skoene en die Salwing van die RUACH ha KODESH is op jou. Dit is oor jou aangesig, jou gesig. Dit is in jou oë.

[Profesie 120 Begin:]

19 Oktober 2011

Jy behaag MY, MY kind. Moenie huiwer om MY die HERE GOD ALMAGTIGE te noem nie, want MY GEES is in jou.

JY IS MYNE! JY IS BLOEDGEWAS!

JY IS MET BLOED GEKOOP! EN JY’S MYNE!

-LIGGAAM, SIEL, GEES EN VERSTAND BEHOORT AAN

YAHUSHUA HA MASHIACH! EK IS JOU MESSIAS!

Elisheva: “O, ek is aan die brand!” (Die Heilige Vuur Salwing van die RUACH HA KODESH manifesteer dikwels op hierdie manier.)

En EK vul jou nou met Vars Nuwe Olie vanuit die Hemel, om in 'n groter Salwing te loop, om met groter vrymoedigheid te praat, net soos Johannes die Doper.

VAN DIE KROON VAN JOU KOP TOT OP DIE SOLE VAN JOU VOETE!

EK GEE VIR JOU VARS MANNA UIT DIE HEMEL OM TE EET!

JY IS MY GELIEFDE! MY GELIEFDE IS MYNE!

O, MY KOSBARE EEN! HELP MY, HELP MY, HELP MY!

VOED MY SKAPE EN LAMMERS! WERK SAAM MET HIERDIE PROFEET.

WANT DIE TYD IS SO MIN!

MY BLOED deurweek die grond in Israel. Net een druppel is al wat nodig is om sondes weg te was. Dankie dat jy nie skaam is vir MY nie. Dankie dat jy gewillig is om terwille van MY vervolg te word! Dankie dat jy MY aanvaar, alhoewel dit beteken dat jou familie wegdraai! Hulle wat jou bloed-familie is, maar nie MY BLOED-familie nie!

MY BLOED-familie omhels jou soos wat EK hierdie profeet en suster van jou, jou vandag laat bel het. MY BLOED-familie, diegene wat die wil van die HEMELSE VADER doen, omhels jou en is lief vir jou - herken jou vir wie jy is in MY! Onthou dit altyd. EK is lief vir jou! En EK bedank jou! Ja, die HERE jou GOD, jou VERLOSSER, jou MESSIAS is lief vir jou! Moet nooit, nooit, nooit, nooit dat iemand dit van jou af wegneem nie!

EK praat met jou in die stilte van die nag. EK gee vir jou Openbaringe. En jy sal nog groter Openbaringe hê!

Onthou MY geliefde een, “Judasse” sal kom en “Judasse” sal gaan. EK het MY “Judasse” gehad. Jy het joune. Elisabeth [Elisheva] het hare. Almal, almal, almal wat MY volg en hulle word nie terwille van MY NAAM vervolg nie, moet hulself afvra, “Hoekom nie?” Want die dienskneg is nie groter as die MEESTER nie. (John 13:16) Dit is almal......almal het MY nie lief nie [Nie almal is lief vir MY nie]. Moenie verwag dat almal jou sal liefhê nie - net soos EK nogsteeds vervolg word. In hierdie wêreld word EK meer gehaat as wat mense MY liefhet! EK word meer bespot as wat EK aanvaar word! Maar EK het die PRYS op Golgota betaal. En Israel – O, Israel - hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank moet EK nog wag vir jou om MY te aanvaar, om MY lief te hê?

O! EK weet hoe lank dit nog sal wees! En EK weet wat die prys is wat Israel sal betaal! En dit sal 'n prys wees wat so groot is - want hulle word meer verantwoordelik gehou. Want EK het in die strate van Jerusalem geloop. Die land word deurdrenk met MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED. O! hoe treur EK! Hoe rou EK!

Maar daar is 'n oorblyfsel! EK het 'n oorblyfsel! EK het ALTYD 'n oorblyfsel! Hulle is min, maar hulle is MYNE! En net soos wat EK vir jou het, so is daar ook ander in Israel. En hulle is reg oor die wêreld versprei en hulle sal opstaan en hulle sal verdedig! En hulle verdedig dit wat Heilig is! En hulle ontbloot en bestraf alles wat onheilig is en waarsku dat die vals messias oppad is - maar dit sal nie gebeur voordat EK MY ware Bruid weggevat het nie.

So EK gebruik net hierdie oomblik om te se, “Dankie”. EK stuur MY Profeet om te se, “Dankie”. Nie een traan wat julle terwille van MY NAAM gestort het, is nie in 'n kosbare bottel, beslaan met edelstene en juwele van alle soorte, in die Hemel gestoor nie (Ps 56:8). En hoe groter die vervolging- EK sê dit vir julle MY geliefdes, MY geliefde Bruid - hoe sterker die geur. Die aroma is in daardie bottel met trane. Dit was 'n offergawe aan MY, julle YAHUSHUA, julle HEMELSE VADER en die KOSBARE RUACH HA KODESH.

Ag! hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank het EK gewag om in staat te wees om MY Bruid te omhels! Maar dit sal nie meer baie langer wees nie! Dit sal nie meer baie langer wees nie! Julle sal in MY arms wees! Julle sal MY stem hoor!

Moet net nie moed opgee nie! Moet net nie tou-opgooi nie! Want julle het so ver gekom! Moenie moed opgee nie! Julle moenie opgee nie! Moenie ‘n kompromie met die wêreld se leuens aangaan nie!

Hoe meer die wêreld vir julle vertel dat julle onheilig is, weet dat julle Heilig is! Hoe meer hulle julle bespot en lag - omdat julle die Torah-wette volg - weet dat julle MYNE is!

Hoe meer julle die Sabbat, die Shabbat, verdedig en sê: "Dit is nie 'n Sondag nie", weet net dat julle MYNE is! Moenie opgee nie. Moenie ophou nie. Al is die vervolging so groot en al gaan dit nog groter word, onthou terwille van WIE SE NAAM julle vervolg word! Onthou terwille van WIE julle gehaat word!

O, hulle sal julle naam gebruik en julle naam sal beswadder word en allerhande bose dinge sal teen dit gesê word, maar dit is nie regtig julle naam wat hulle haat nie. Dit is WIE julle verteenwoordig. Dit is wie julle is in MY. Dit is die Boodskappe wat julle bring wat direk uit die Hemel kom.

So moenie moed opgee nie! Moenie ophou nie!

Want EK gaan Wraak neem op hierdie vyande! En hulle sal bid dat die berge hulle verberg - van HOM WAT OP DIE TROON SIT (Openb 6:15-17) en die HEILIGE LAM wat geslag en gekruisig was en weer opgestaan het! YAHUSHUA HA MASHIACH IS MY NAAM!

En EK sê vir julle - MOENIE MOED OPGEE NIE! EN MOENIE OPHOU NIE! WANT EK IS met julle!

Bereik MY mense. Bereik MY mense. EK praat nie net met die mense in Israel nie, maar EK praat met al die mense van die wêreld. Bereik MY mense. Hou aan om MY Skape en Lammers te voed. Hou aan en moenie skaam wees vir jou getuienis nie want jou getuienis is nie wie jy is nie, jou GETUIENIS is WIE EK IS - in jou! Dit is wat die duiwel haat! Dit is wat jou vyande haat!

Maar daardie einste GETUIENIS bewys wie EK IS - want Ek verander lewens! En groot, groot, groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat wag – in die Hemel - vir die wat gewillig was, gewillig was om hulle reputasies neer te lê, hulle name neer te lê, wie gewillig was om vervolg te word om MY NAAM ontwil! Groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat vir julle in die Hemel wag.

My geliefde, jy sal aanskou. Julle sal MY HEERLIKHEID, MY HEERLIKHEID aanskou. Met julle eie oë! Julle sal aanskou!Dis nie ver weg nie! Moenie mismoedig word wanneer julle die datum-bepalers sien kom en gaan nie. Luister net en julle sal sien. Nuwe Openbaringe sal na julle toe kom.

Staan op vir mekaar! Dis nie nou die tyd om alleen te staan nie. Ek bring MY Bruid saam van een kant van die wêreld na die ander kant deur die Internet, anders sou julle twee wat nou praat, nooit ontmoet het nie. Nogtans is dit asof julle in dieselfde kamer is want julle is een Gees.

Julle sal weet wie MYNE is. Hulle sal saam met julle veg. Hulle sal alles wat Heilig is verdedig. Hulle sal die wolwe in skaapsklere ontbloot. Moenie mislei wees nie. Almal wat beweer hulle praat in “die Naam van 'JESUS CHRISTUS'”, praat nie [almal] werklik van MY nie. Enigeen wat teen hierdie Heilige Bediening staan, 'n Bediening deur YAH self georden..... Ellende wag op die vyande wat opstaan teen alles wat Heilig is! Want julle staan op teen GOD ALMAGTIG!

So MY Geliefde, weet dat EK jou gekies het. Weet dat jy die Hebreeuse vertaler is en daar is nog wat moet kom, maar hulle het uitgestel. So hierdie is jou beloning vandag. Jy wou 'n Woord gehad het... jy het 'n Woord gekry.

Elisabeth [Elisheva] jy't gesê, "Ek weet nie wat ek gaan sê nie!" Dis reg MY dogter, want hierdie is nie woorde vanuit jou vlees nie! Hierdie Woorde kom uit die Hemel uit - om die Hebreeuse vertaler te seën, wat MY Woorde na die Hebreeuse mense toe sal neem, en wat ywerig sal werk. En EK sal [die vertaler] grootliks seën!

EK is lief vir julle! EK is lief vir julle! Moet nooit, nooit, nooit, nooit, nooit vergeet dat EK julle liefhet nie. EK weet van ELKE traan wat julle ALMAL gestort het! EK weet van ELKE LIEWE keer wat julle naam vervloek word op die aarde, maar dit is nie deur MY nie.

Want EK stuur vir julle seëninge!

Ek berei vir julle 'n tafel voor IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN JULLE vyande(Ps 32) EN EK SEËN JULLE!!!! En die GANSE hel is WOEDEND, want hulle KAN NIE die Stem van julle LEWENDIGE ALMAGTIGE YAHUVEH STILMAAK NIE!

SO [VYANDE] KNERS JOU TANDE IN WOEDE!!!!

EK IS NIE MEER DAARDIE OFFERLAM

WAT GEMARTEL WAS NIE!

DIT WAS DAARDIE EENKEER!

NOU IS EK DIE LEEU UIT DIE STAM VAN JUDAH

EN EK KOM OM MY VYANDE TE VERSLIND!!!!!

WANT EK & DIE VADER IS EEN!

ONS ALBEI SEËN EN ONS ALBEI VERVLOEK!

DEUTERONOMIUM 28, DIE SEËNINGE EN DIE VLOEKE:

DIE SEËNINGE VIR DIE WAT GEHOORSAAM IS!

DIE VLOEKE VIR DIE WAT ONGEHOORSAAM IS!

Julle wandel in MY seëninge. Diegene wat die Wil van die HEMELSE VADER doen wandel in MY Seëninge.

EK is besig om te toets. EK weet alreeds wie waardig is om die Groot Verdrukking te ontsnap. Almal van julle word getoets! Jy het nou 'n splinternuwe Profesie, Elisabeth Elijah[Elisheva Eliyahu]. Jy het gewag en gewag en die vyande het gevrees, maar EK het gewag en EK het gewag todat jy die stem hoor - die stem van die Hebreeuse vertaler - om die salwing in jou wakker te maak.

WANT ISRAEL, EK IS LIEF VIR JOU.

HOOR JY MY, O ISRAEL?

EK IS LIEF VIR JOU. EK BEGEER OM JOU TE RED.

DIT IS JOU KEUSE.

DIT SAL VERVOLGING KOS

SOOS DIE EEN MET WIE JY NOU PRAAT,

AL VERVOLG IS EN SOVEEL MEER.

MAAR EK HET MY BRUID IN ISRAEL.

HULLE IS MY VERSTEEKTE BRUID.

DAAR IS NIE NET FISIESE ISRAEL NIE,

DAAR IS GEESTELIKE ISRAEL.

EN EK HET MY BRUID.

WANT MY GEESTELIKE ISRAEL IS IN ISRAEL OOK.

O! MY KOSBARES!

LEES DIE HOOGLIED VAN SALOMO.

AANSKOU MY LIEFDE VIR JULLE. AANSKOU MY LIEFDE VIR MY BRUID.

JULLE WEET NIE HOE GRAAG EK JULLE TEEN MY SY VAS WIL TREK NIE!

EN DIT SAL NIE MEER LANK WEES NIE! DIT SAL REGTIG NIE MEER LANK WEES NIE!

EK SIEN JULLE TRANE. EK HOOR JULLE VERDRIET. EK KYK WANNEER JULLE HUIL EN WEEKLAAG:

"EK WIL NIE MEER OP HIERDIE AARDE WEES NIE."

JULLE IS OMRING DEUR KWAAD AAN ALLE KANTE.

MAAR HOE DINK JULLE VOEL EK ?

WANNEER MY EINSTE NAAM VERAG WORD?

DIT SAL NIE LANK WEES NIE.

MOET NET NIE MOED OPGEE NIE! MOENIE OPHOU NIE!

DIE GOEIE WERK WAT EK BEGIN HET, SAL EK KLAARMAAK.

Einde van Profesie

[Elisheva]: HalleluYAH! Prys YAHUSHUA! Yeay! [vreugdevolle gelag] O! ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, KOSBARE RUACH ha KODESH! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Almal het gewag en almal het gesê: "Elisabeth [Elisheva], dis so lank gelede dat daar nog 'n Profesie was. Waar is die Profesie? Jy het Profesieë opgestoor."

Maar ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA, ons dank U en ons loof U nou! Hierdie is die volgende Profesie en dit het 'n Hebreër uit Israel gekos om dit los te maak in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! HalleluYAH! Ai tog, ek's aan die brand! Loof U YAHUSHUA! Woo hoo! Ek weet nie wat dit sê nie, wat sê dit?

[Die gesprek gaan vir nog ‘n paar oomblikke gedemp voort totdat die battery heeltemal pap is].

Elisheva: O! Ok, die battery flikker dat dit pap is - maar maak seker die boodskap is daar... Ag asseblief ALMAGTIGE GOD! ...”

Opname eindig hier.

Voortgespreek uit 'n dienaar van klei, maar 'n magtige soldaat vir YAHUSHUA.

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie 19de Oktober 2011, in die middernagtelike uur.

* * * * * * *