Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Chayei Sarah / Lewe Van Sarah, hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 41, 82, 120;

Genesis 23:1–25:18

1 Konings 1:1–31

Johannes 4:3-14




AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesie


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA, jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


13 November, 2020


Profesie 41, Sal My Ware Bruid Asseblief Opstaan!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
17 September 2000

Terwyl Profesie 41 gespreek en geskryf is op 17 September 2000, het ek 3 polisiemanne gehad wat my huis omsingel het in ‘n ongemerkte wit motor voor my huis stilgehou. Ek het die hoof van polisie herken wat aan my deur geklop het. My seun het ‘n ander een agter die huis en nog een langs die huis gesien. Hy het gesê dat hy gekom het na aanleiding van vier “ 911” oproepe van daardie adres af. Ek het vir hom gesê dat ek dit vreemd vind, want daar was niemand behalwe my seun nie en ek was op daardie tydstip besig om met ‘n ander vriend oor die foon te praat. Dit het in werklikheid plaasgevind minute nadat ek die foon neergesit het, nadat ek die profesie gelees het van “Moenie Deel Wees Van die Vals Bruid nie!”. Bid asseblief vir my beskerming.

Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu).

*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


* * * * * * *

MY Bruid kan nie ingaan sonder die geur van MY salwing nie. Julle kan nie die geur van MY salwing oordoen nie. Julle behoort hierdie hoër salwing te soek. Laat dit bekend word dat geen man of vrou julle hierdie salwing kan gee nie; slegs MY Soete RUACH ha KODESH kan julle met hierdie soet parfuum van MY salwing reinig gereserveer vir MY Bruid. Maak gereed om huis toe te gaan en julself te deurweek in die krag van die RUACH ha KODESH se salwing. Trek julle trougewaad aan. Dit is MY kleed van geregtigheid. EK het ‘n kroon van dorings gedra. Julle sal ‘n tipe tiara dra ‘n kroon van MY Heerlikheid wat op julle hoof geplaas is. Soos Ester haarself voorberei het vir die koning, maak julle julself gereed vir Die KONING van KONINGS, Die HERE van HERE, JULLE HERE GOD ALMAGTIG, YAHUSHUA IS MY NAAM EN EK IS JULLE SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM!

Soos ‘n huweliks-aankondiging uitgestuur word, en uitnodigings gestuur word, stuur EK ook MY aankondiging deur Gabriël wat die shofar blaas, en slegs diegene wat MY Bruid is sal die aankondiging vir MY Bruid hoor. Dit sal te laat wees om te dink om dan gereed te maak, wees dus gereed vir die komende aankondiging, jy sal dit óf self doen óf deur MY Apostels en Profete. Gee ag op MY waarskuwing! Gee ag op die waarskuwing wat sê EK kom. Dit is ‘n wegglip, net omdat die Bruidegom verseker weet. Gaan nou uit, moenie skaam wees nie en gee die uitnodiging. Moenie verbaas wees oor hoe baie dit sal weier nie. Maar moenie bedroef wees nie, want hulle was nie geskik nie en het ook nie die vrae of die lojaliteits-toets geslaag nie, die liefdes-toets, die opofferings-toets of die gehoorsaamheids toets nie. Daarom is hulle ongeskik om MY Bruid genoem te word. Daar sal diegene wees wat die uitnodiging sal vat en hulle opskeur, daar sal hulle wees wat die uitnodiging sal vat en dit op die rak neersit vir ‘n lang tyd en dit nooit gebruik nie. Nie een van die twee sal EK MYNE noem nie.

MY Bruid het angstig vir MY gewag en EK kom om MY Bruid op te eis. EK sien nooit ras of godsdiens nie. Maak nie saak wat jou ras of jou godsdiens is nie, EK soek verhouding met MY en EK kyk na een ding, wat die kleur rooi is wat MY gestorte Bloed op Golgota is. Daarom sê EK weer MY woning in die Hemel sal binnekort julle woning wees. Julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet om langs MY sy te wees terwyl julle leef. MY voete sal nie die grond van hierdie bose wêreld raak soos dit nou is nie, so wees gereed MY Bruid om opgeraap te word terwyl julle leef. Laat hulle tart en spot, EK staan by die deur en EK sal klop. Al wat hulle hoef te doen is om die deur van hulle harte oop te maak en te bekeer en MY in te nooi en EK is getrou en EK sal al hulle sondes vir hulle vergewe.

Vra vir hulle, hoekom wil hulle in die hel gemartel word of in die Poel van Vuur gebrand word? Dit was nie vir hulle gemaak nie. Dit was gemaak vir die bose. EK het die prys op Golgota betaal om uit te pluk uit die hand van satan se greep vir die ganse mensdom om bevry te word. Maar EK is ‘n ware heer. EK sal nie die deur afbreek nie. EK klop net en wag om ingenooi te word. So nog een keer, sal EK vir hulle sê YAHUSHUA ha MASHIACH ander noem MY Here Jesus Christus, kom weer. Sê vir MY Bruid EK kom weer om haar huis toe te neem. Maak gereed om huis toe te kom want MY huis is julle huis. Maak gereed om huis toe te kom, want EK kom om MY Bruid huis toe te neem! Binnekort behoort julle Gabriël se ramshoring te hoor en julle sal opgeraap word om aan MY sy te wees wanneer EK julle vorentoe roep as MY Bruid. Julle sal die woorde ‘kom op hierheen’ hoor soos ‘n stem van die aardsengel terwyl hy die shofar horing blaas. Maak gereed om huis toe te gaan want EK kom vir MY Bruid! Een sal geneem word die ander sal agtergelaat word.

*******

Geskryf op 17 September 2000 @ 6:15 nm.

So is dit gespreek, so is dit geskryf. Gegee aan hierdie diensmaagd Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu).



Profesie 82, Laaste Roeping Van Die Bruid Van Yahushua Messias!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel Elisheva Eliyahu 15 Februarie 2006 9:00 vm. tot 9:50 vm.
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)


* * * * * * *

Lees Brief van Bemoediging Van Elisabeth (Elisheva)

HOE HIERDIE PROFETIESE BOODSKAP VOORTGEBRING IS…

Ek, Elisabeth (Elisheva), was voorgestel aan Luigi wie in Suid Amerika woon, deur 'n ander geliefde lid van die Bruid, Adam in Kanada, en het met Luigi oor die telefoon begin praat, September 2005 en begin van Januarie 2006.

Luigi het ons vertel dat, hy, Adam en ek verheerlikte liggame sou kry en weggeraap sou word – opgeneem word na die Hemel – op 20 Februarie 2006. Ek sou een week gehad het om die Bruid van YAHUSHUA in kennis te stel en selfs as ek hulle nie kon in kennis stel nie, sou hulle in die gees weet.

Luigi het ook gesê dat een week voor 20 Februarie 2006, die engel Gabriël eerste sou kom en dan sou Aartsengel Migael kom om dit eerste aan my te bevestig. Luigi het ook gepraat van die bruilofsmaal wat sal plaasvind in die Hemel en vir 7 jaar sal aanhou, terwyl die Groot Verdrukking op die aarde sal plaasvind, en hy het gesê dat ons bo in die Hemel sal wees en sigare sal rook en whiskey sal drink by die Bruilofsmaal van die Lam.

Dit was 'n onmiddelike rooi vlag en ek het geweet dit was nie waar nie, maar ek het nie vir Luigi op daardie tydstip bestraf nie. In stede daarvan het ek dadelik vir Adam gebel nadat ek met Luigi gepraat het, en vir Adam gevra of Luigi rook en drink, omdat hy hom persoonlik geken het en omdat Luigi saam met hom gebly het vir 'n kort rukkie in Kanada.

Adam het gesê, Ja, Luigi het gesê dat YAHUSHUA hom vertel het dat hy moes begin rook het. Ek het vir Adam vertel dat die Bruid nie so 'n ding sal doen in die Hemel nie. Ek het nie 'n getuie gekry dat Luigi so iets moes doen op aarde nie. Adam het my vertel dat hy Luigi sal konfronteer en my bekommernis sal deel. Een week later het ek weer met Adam oor die telefoon gepraat. Hy het gesê dat hy vir Luigi gekonfronteer het en dat Luigi daarop aangedring het dat YAHUSHUA hom vertel het om dit te doen en dat ek die rede sou weet hoekom hy gesê was om dit te doen.

Ons het teruggestaan en nie vir Luigi gekonfronteer nie. Ons wou almal sien of dit wat Luigi gesê het sou waar word, eerstens waar die Heilige Engele sou kom op 13 Februarie, alhoewel ons geen getuie daarvan gekry het nie, omdat dit nie is wat YAHUVEH vir ons vertel het deur die profesieë en hoorbare woorde wat aan my gegee is nie. 20 Februarie is nie op 'n Heilige Fees Dag of selfs op die Sabbat nie. Van alle dinge is 20 Februarie Presidents Dag genoem.

Ons weet deur die Profesieë wat aan my gegee is, dat YAHUSHUA sal terugkom vir SY Bruid op ’n Sabbat en op 'n "Rosh Hashanah". Toe ons die datum 20 Februarie geplaas het en die profete gevra het om te bid om te sien of hulle enige iets spesiaal kon agterkom vir daardie dag, het e-posse en telefoon oproepe gekom, waarskuwings van 'n vals wegraping. Dit is nou nie dat daar 'n valse wegraping was nie, maar satan het vir Luigi gelieg en gesê dat daar ‘n wegraping gaan wees.

Luigi het 11 jaar van sy lewe gegee, alles opgeoffer, waar hy oral oor die wêreld gegaan het en die evangelie gepreek het en gewaarsku het om te berou, dat die Koninkryk van die Hemel naby is. Maar hierdie man, alleen in Argentinië op die voorste linies, 61 jaar oud, was deur 'n demoon getref wat vir hom gelieg het en is deur daardie demoon vertel dat hy daardie leuen moet aanstuur na my en Adam.

Maar, ek het weer 'n bedroefdheid in die Gees gevoel en geweet dat dit nie sou gebeur nie. Ek het aanhoudend vir Adam en Luigi gesê dat ons die Gees moet toets wat praat. As dit nie gebeur nie, Luigi, sal jy moet erken dat jy deur satan mislei was. Wat hierdie ondervinding gedoen het was om hom nederig te maak en nou het hy ‘n gees wat gewillig is om te leer, wanneer ons hom vertel dat alles in lyn moet wees met die Heilige Skrif en dat 'n profeet onderdanig is aan 'n ander profeet. Ek was diep bedroef oor dit gewees, omdat ek nie Luigi wou seermaak nie, want hy wou so graag hê dat ons Messias moes kom en hy en Adam het die dae afgetel tot 20 Februarie 2006.

Luigi het my vertel, toe ek hom gevra het wat sal gebeur met hierdie Bediening, ek het nie gevoel dat ons werk klaar was nie, en Luigi het gesê my werk was verby. Ek het geweet die werk was nog nie klaar nie, daar is ander dinge wat moet plaasvind met "Yisrael" voor die Bruid van YAHUSHUA weggeneem word, soos eerste vrugte vrygekoop van die Aarde soos in Openbaring 14. Luigi is so alleen in hierdie vreemde land, dat alhoewel hy nooit gerook het nie, het hy geglo dat YAHUSHUA met hom gepraat het en gesê het dat dit reg was, want YAHUSHUA het hom die begeerte van sy hart gegee. Mense, dit is nie die tipe begeerte van die hart wat YAHUSHUA ons belowe nie.

Op 15 Februarie 2006, terwyl ek gebid en gevra het, hoe kon Luigi, wie sê dat hy 'n Heilige man en profeet is, so mislei word, het die woord hieronder voortgekom. Op Sabbat, 2.18.2006, het ek hierdie profetiese boodskap vir Luigi in Argentinië, oor die foon vanaf 'n opnemer, gespeel. Luigi het trane gestort van jammerte en berou en my gevra wat moet hy volgende doen? Ek het hom die instruksies gegee, natuurlik, om die duiwel te bestraf en op te hou rook en alkohol te drink en om sy lippe te salf met salwings olie.

Hy het so 'n nederige en liefdevolle Gees, en toe ek vir Luigi vertel dat iets goeds uit hierdie slegte misleiding gekom het waaronder Luigi was, dat ander vir my geskryf het met soortgelyke probleme en vrae oor rook, drink, pornografie, dwelms…en al is hulle lief vir YAHUSHUA, wil hulle steeds weet, kan hulle die Bruid wees? Ek het vir YAHUSHUA gewag om my die antwoord te gee, en hieronder is die antwoord. Weereens as dit nie gebeur het nie, sou hierdie woord hieronder nie voortgekom het nie.

Ons bid terwyl jy dit lees, die wat waarlik begeer om YAHUSHUA se Bruid te wees, as julle enige iets doen wat YAHUSHUA beledig, dan sal julle dit nou stop voor dit te laat is en julle agter gelaat word in die Groot Verdrukking. Sommige van julle wat hierdie lees was geroep om YAHUSHUA se Bruid te wees, maar het versuim om dit wat YAHUSHUA aanstoot gee, op te gee. Die Skrif sê, "Want baie is geroep, maar min uitverkies". (Mattheus 22:14)

Ek voel gelei deur die RUACH ha KODESH (Heilige Gees), om julle te vra om asseblief nie vir Luigi te oordeel nie, omdat sommige van julle wat hierdie lees, gedoen het, wat Luigi deur satan bedrieg was om te doen, en jyself doen dieselfde ding of nog erger. Die hoof ding is om te berou en om satan te bestraf en enige iets wat YAHUSHUA aanstoot gee te verlaat en wat jou daarvan kan weerhou om SY Bruid te wees. Dit is dit mense, dit is waarlik die laaste uitroep vir die Bruid van YAHUSHUA. Moenie enige tyd meer mors nie. Niks anders maak saak nie, behalwe dit wat ons doen vir ons geliefde YAHUSHUA MESSIAS, ons spoedig komende Bruidegom. HY wag by die deur vir SY Bruid, wees Heilig net soos HY Heilig is!

Ons sien dinge so vinnig gebeur, en die stukke van die legkaart kom bymekaar. Hierdie jaar sal wees soos geen ander jaar nie. Hou julle oë op "Yisrael"!

* * * * * * *

Prophecy 82

LAASTE UITROEP VIR DIE BRUID VAN YAHUSHUA MESSIAH!

Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
15 Februarie 2006
9:00 vm. tot 9:50 vm.

* * * * * * *

[Elisabeth (Elisheva) begin om te bid, "O, Heilige, Heilige, Heilige, YAHUSHUA wat is dit wat U wil sê?"]

YAHUSHUA ha MASHIACH sê,

Elisabeth [Elisheva], EK wys jou 'n visioen. Aanskou MY Bruid.

Sy staan daar in skitterende wit, Heilig en onbesmet. Dit is die Bruid vir wie EK kom; sy is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie. Daar is 'n verskil tussen haar en ander wie haar heiligheid vermy. Ander wie nie van MY Gees is nie, ander spot haar heiligheid, want sy weier om deel te neem aan die sondes in hierdie wêreld. Sy is getrou, heilig aan MY, sy gaan nie ‘n kompromie aan met sonde nie, sy kyk nie hoe ver sy kan oorleun oor die hel, voordat sy inval nie. Sy wil geen deel hê van hel nie. Sy wil geen deel hê van satan nie, sy wil geen deel hê van satan se “vices” nie. Die vrede waarna sy smag, sy draai net na MY, die Prins van Vrede.

Kyk nou na hierdie visioen. Dit verander nou. Nou aanskou die vyand van julle siel, MY Heilige Bruid en sê, “ek moet haar besmet, sy kan nie daar staan sonder vlek of kreukel nie”. So hy sit 'n sigaret in haar mond, sodat sy die stank het van rook. Hy sit die giftige drinkgoed in haar hand, sodat sy rondsteier soos 'n dronkaard. Aanskou nou MY Bruid, waar pornografie in haar hande gesit is, sê die vyand, "Moenie bekommer nie, niemand kan hierdie geheim sien nie, kruip net weg". Nou is MY Bruid, wat eens so Heilig was, so besmet. So EK draai weg, want EK kan nie kom vir 'n Bruid soos hierdie nie.

MY Bruid het nie die stank van 'n sigaret nie. MY Bruid steier nie soos 'n dronkaard nie. MY Bruid lees nie pornografie agter die deure nie. Dit is 'n vals Bruid en EK aanvaar net die ware een. So EK gee julle 'n keuse, want die enigste geur wat enige een rondom jou moet ruik is die geur van MY salwingsolie, die parfuum wat EK jou gegee het. Julle kleed kan nie sonder heiligheid wees nie, die kleed van MY geregtigheid klee julle, hulle kan nie eens 'n vlek of ‘n kreukel hê nie. Hulle kan nie enige rede hê vir hierdie wêreld om jou aan te kla van sonde nie.

Besef julle nie, wat julle oë aanskou, aanskou MY oë? Besef julle nie dat julle liggame die Tempel van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie? Moenie mislei word nie, omdat sonde geen deel in julle kan hê nie. Julle wonder of julle MY Bruid is. Julle bid regoor die wêreld, "Is ek U Bruid"? Jy wil weet, Elisabeth [Elisheva], hoe iemand wat jou van 'n sekere datum vertel wanneer EK kom vir MY Bruid en tog is die Woord wat gegee is nie in lyn met MY Heilge Skrifte nie. Dit is die begin van die misleiding wat ingetree het.

Hoeveel keer het EK al gesê, as dit nie in lyn is met MY Heilige Woord nie, want EK is die Heilige Woord, EK is die lewende "Torah", selfs wanneer hulle kom van 'n Engel van die lig, moenie aanvaar wat nie van MY is nie. Hoeveel keer het EK al gesê, “Toets die gees wat praat?” Jy wil weet hoe julle broer mislei was? Dit beteken nie dat hy MY nie liefhet nie. Dit beteken nie dat hy nie begeer om MY te dien nie, maar dit beteken dat dit die eerste stap is toe hy weg geloop het, en misleiding ingetree het. Wanneer satan 'n houvas op hom gekry het en vir hom gesê het, "Moenie na die Heilige Woord luister nie". Instede het hy begin luister na 'n stem wat nie van MY was nie.

EK is nie 'n man dat EK kan leuens vertel nie. MY Woord is Waarheid. Wat EK sê, gebeur. Die Heilige Engel het nie gekom nie, want Elisabeth [Elisheva], waar het EK jou ooit vertel dat EK ander sal vertel, om die “Ringmaiden” te vertel en sê, verwag dat YAHUSHUA op hierdie dag sal kom vir SY Bruid. Hoekom sal EK jou nie eerste vertel nie? Dit is waarom EK oor en oor gesê het. Toets die Gees wat spreek. Wie gaan luister na een wat 'n getuienis het wat lyk en ruik soos die wêreld? Moenie meer enige verskonings maak vir hom nie. My mense het agter ander Gode aangegaan, maar beteken dit dat EK julle geroep het om vreemde afgodsdienaars te wees? Die mense is dronk van giftige drinkgoed. Beteken dit dat EK jou geroep het om 'n dronkaard te wees? Die mense het na ander bronne van vrede gedraai, maar beteken dit dat EK wil hê dat jy na 'n skoorsteen moet ruik of opskiet soos 'n dwelm verslaafde?

Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid! EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad! Hoeveel van julle wie begeer om MY Bruid te wees, wie EK geroep het om MY Bruid te wees, het Heiligheid verlaat? Hoeveel van julle maak verskonings vir sonde? Hoeveel van julle weet MY Woord sê, eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig en tog maak julle die kerke vol op Sondag.

Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, MY Bruid sal geen deel hê aan hierdie dwaasheid nie. EK het gesê, julle moet Heilig wees soos EK Heilig is. MY Bruid sal Heilig wees of EK sal geen deel van haar hê nie. Julle wil weet wie die dwase maagde is? Julle wil weet hoekom hulle nie genoeg olie in hulle lampe gehad het nie? Hulle het nie genoeg Heiligheid gehad nie.

Hulle het geweet dat EK kom, maar hulle het nie voorberei nie.

Dit is nie genoeg om MY net lief te hê nie, dit is nie genoeg om MY net te dien nie, dit is nie genoeg om net MY Woorde te preek nie.

EK vereis Heiligheid.

Soos [met ‘n Heilige] man [aan ‘n Heilige vrou], sou EK geen deel van jou wou hê as jy nie Heilig was nie. Hoeveel meer van 'n standaard van Heiligheid het EK. Hou op om verskonings te maak vir sonde. Elisabeth [Elisheva], jy weet EK het oor en oor gesê, “Toets die gees wat praat.” Hou op om verskonings te maak vir jou broer. Dit beteken nie dat EK hom nie liefhet nie, maar dit beteken dat hy die gees van misleiding toegelaat het om in te kom. Toe hy geglo het dat EK gesê het, tel op die sigarette en drink daardie drank, hoe kon mense die verskil tussen MY Gees en die vyand s'n sien, want Hy preek MY Woord, maar hy ruik soos die wêreld.

EK het toegelaat dat dit gebeur, trots gaan voor 'n val. Luigi moet 'n gees hê wat nog geleer kan word; hy moet berou en erken dat EK nie 'n man is wat kan jok nie. Waar hy eens net my stem gehoor het, maar die vyand het bietjie vir bietjie ingekruip, so Ek het dit toegelaat dat jy moes tussenbeide tree en dat jy moes bid, want soos jy vir hom gebid het, het jy ook vir ander gebid wat begeer om MY Bruid te wees. Soos jy die misleiding aanskou het wat hom om die bos gelei het, net so het jy die misleiding aanskou in ander, wie MY Bruid wil wees.

Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van 'n Bruid wat daar staan in glinsterende wit? Nou, kan jy daardie kleed voorstel met nikotien vlekke? EK sit nie MY Kinders; Ek sit nie MY Bruid in knegskap nie. Kan jy 'n prentjie skilder van MY Bruid waar elke woord wat uit haar mond kom Heilig is? Nou, kan jy jou voorstel die stank van alkohol in haar asem? Haar vingers gevlek met nikotien? Kan jy 'n prentjie skilder waar MY Bruid Heilig daar staan, waar sy net wag om die skoonheid van MY te aanskou? Nou, kan jy jou dieselfde Bruid voorstel, waar sy agter toe deure wegkruip, met wellus in haar oë, terwyl sy na pornografie kyk, met haar gedagtes gevul met vuilheid?

Gaan weg van MY, moenie waag om julleself MY Bruid te noem nie. Dit beteken nie dat jy nie geroep is nie, dit beteken net dat EK jou nie sal aanvaar as jy nie soos 'n Ester voor MY VADER kan staan nie, Heilig en rein en gehoorsaam voor MY en MY VADER YAHUVEH. Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van MY Bruid wat daar in glinsterende wit voor MY staan, elke woord wat weer uit haar mond gaan is Heilig met Lof vir MY op haar lippe, elke woord vol aanbidding en liefde. Skilder nou 'n prentjie met dieselfde een wat voor MY staan met lastering op haar lippe, vuil taal wat kom asof dit kom van 'n riool. Sê MY Woord nie dat jou mond uit jou hart uit praat nie? Moenie verskonings maak hoekom jy vloek nie. Elke woord wat uit jou mond kom, elke woord wat uit MY Bruid se mond kom, moet Heilig wees.

EK IS WOEDEND!!!

Jy wil weet hoekom die Heilige Engele nog nie gekom het nie, Elisabeth [Elisheva]? Jy het alreeds geweet, EK het jou gesê EK sou jou vertel. EK het vir jou gesê dat jy die “Ringmaiden” is, EK het nooit vir jou gesê dat jy vir ander moet luister nie. EK het jou gesê dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Feeste. EK het jou gesê dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Woord. Toe jy uitgevind het dat dit wat aan jou gesê was deur 'n ander, nie in lyn was met MY Heilige Woorde nie, hoekom het jy nie dit wat jy gehoor het, bestraf nie? EK het dit toegelaat om te veroorsaak dat jy meer vrymoedig sal wees, omdat jy geweet het dat jy nie kan glo wat vir jou vertel was nie.

EK sal 'n Bruid hê, sy is alreeds geseël, en die dwase kyk om verskonings te maak om te sondig, maar EK het 'n Bruid. Dit is hoekom EK jou oor en oor vertel het, EK vereis Heiligheid. Hierdie Bediening staan vir Heiligheid. Hierdie “Ringmaiden” moet Heiligheid verwag. Dit beteken nie dat EK nie die ander liefhet nie. Maar EK het maar net een Bruid. Soos EK jou vertel het Elisabeth [Elisheva], en jy nie vrymoedig genoeg was om dit te spreek nie, maar nou sal EK.

Op "Rosh Hashanah", in 2005, toe jy gebid het, "O maak my waardig om U Bruid genoem te word soos in Openbaring 14, omdat ons weet dat net hierdie alleen, YAHUSHUA, U Bruid is". En EK het gesê, "Luister Elisabeth [Elisheva], as EK kies om te beskerm en EK kies om te seël en EK vat sekeres van MY Bruid, soos Openbaring 14 dit stel, vrygekoop van hierdie aarde, geseël en beskerm op hierdie manier, en EK kies om sekeres van MY Bruid te los, soos gespreek in Openbaring 7, geseël en beskerm, maar EK los hulle in hierdie wêreld om aan te hou om MY Woorde te preek, om die standaard teen die bose te wees, beskerm en seël EK dan nie steeds MY Bruid nie?"

Wat bemoei dit jou oor hoe EK al MY Bruid beskerm en seël? Sommige van hulle is soos Openbaring 14, en hulle is MY eerste vrugte, Elisabeth [Elisheva]. EK het jou alreeds vertel dat dit die groep is, waarin jy sal gaan. Sommiges is MY Skild Krygers en Skild Maagde in Openbaring 7 en hulle is alreeds geseël, hulle wag net dat dit moet gebeur, wat EK gesê het moet gebeur, maar hulle is geseël en geen leed sal enige een van hulle aangedoen word nie. Albei is MY Bruid. EK het net een Bruid. EK verkies net om sekeres eerste huis toe te neem, en EK verkies om sekeres op hierdie aarde te los.

Nou, sal jy voortspreek wat EK jou vertel het om in vrymoedigheid te sê?

Hoeveel van MY Bruid het gesê, "Ek voel net nie dat ek hierdie aarde al gaan verlaat nie." Dit is omdat hulle van Openbaring 7 is, omdat EK 'n vegtende Gees in hulle gesit het, 'n Gees van oorlewing. Die ander in Openbaring 14 smag na MY om te kom. Hulle sien hulself nie veg op hierdie aarde nie, maar EK sal kom vir die Openbaring 7 Bruid, net so seker soos EK sal kom vir die Twee Getuies. Die Twee Getuies, EK herhaal weer vir julle, is deel van die Bruid van Openbaring 14 en hulle sal eerste geneem word, soos die eerste vrugte, en dan sal hulle terug kom. Die gaste van die Bruilofsmaal van die Lam sal uit die Groot Verdrukking kom. Hulle sal die wees wat hulle klere in MY Gestorte Bloed gewas het.
Daar kom 'n vals wegraping. . Die duiwel se voorneme is om MY te terg in alle weë. Dit is hoekom dit so baie belangrik is om die woord daar buite te kry sodat mense nie mislei word nie.

Wees versigtig vir die evangeliste op TV. Hoekom dink julle is hulle so ryk en so beroemd? Omdat hulle siele na die anti-messias gaan lei, hulle het die prys betaal, hulle is gekoop. Wees versigtig vir die evangeliste op TV, wanneer hulle julle nie die Joodsheid van MY leer nie.

O, hoe maklik word hierdie wêreld mislei. As hulle nie leer dat mense moet wegdraai van sonde nie, dat hulle moet berou, op hulle gesigte moet val voor MY, dan is hulle nie van MY nie. Dit is meer as om net te sê, "O Jesus, kom binne in my hart in." Dit word genoem, wegdraai van sonde, afstand doen van satan, berou, en MY toelaat om binne in hulle te woon. Wees versigtig vir hierdie predikers wat net julle jukkende ore wil sagmaak. Dit is hoekom EK bedieninge soos hierdie opgerig het, wie die waarheid in Heiligheid preek. Wees versigtig vir enige een wat sê die Tien Gebooie het verander, ons kan gaan en ons kan aanbid en kan enige dag die Sabbat Dag noem.

Dit is die boodskap wat EK op hierdie dag vir julle los, en niks van hierdie boodskap sou na vore gekom het nie as EK nie ‘n Luigi na julle toe gestuur het nie, omdat hy mislei was. Dit beteken nie dat hy nie aan MY behoort nie. Dit beteken dat hy op sy gesig moet val voor MY. Hy moet homself nederig maak en dit verlaat, wat EK hom nie vertel het om te doen nie. EK gee nie net hierdie boodskap vir hom nie, EK gee dit vir almal van julle. Uit hierdie hele wêreld, noem EK net 288,000 MY Bruid, uit hierdie hele wêreld. Maar dit beteken nie dat EK nie liefhet en EK nie red nie, dit beteken net dat 'n baie klein oorblyfsel alleen waardig is om MY Bruid genoem te word.

Hoeveel julle MY liefhet, kan julle meet aan hoeveel van ‘n begeerte jy het vir Heiligheid, want dit is waarna EK kyk. MY Bruid sal haarself nie prostiteer voor ander Gode nie, maar EK en MY VADER YAHUVEH sal nommer een wees. EK en MY VADER is EEN. Onthou dit wanneer jy wil weet, "YAHUSHUA, is ek U Bruid?" Antwoord dit vir jouself. EK het 'n hoë standaard vir Heiligheid vir MY Bruid.

Elisabeth [Elisheva], EK sal nooit iemand anders vertel om jou te vertel wanneer jy moet verwag dat daardie Heilige Engele gaan kom nie. EK sal nooit iemand anders vertel watter dag EK kom nie, want EK het vir jou gesê dat EK jou eerste sal vertel, MY “Ringmaiden”, sodat jy kan sê, "Berei die weg voor, die Bruidegom gaan kom."

Sodat die nuus kan uitroep en lui, na MY Bruid, ver en wyd. Wanneer die Heilige Engele na jou toe kom, sal MY Bruid weet terwyl hulle tussenbeide tree, help en bid vir jou, MY Bruid sal weet, omdat MY Bruid 'n begeerte het om een met jou te wees, want jy is een met MY. Enige een wat hierdie Bediening haat is nie deel van MY nie, want hoe kan hulle deel van MY wees en Heiligheid en gehoorsaamheid haat?

Wees versigtig vir enige profeet wat hulle self 'n profeet noem, al lyk dit of MY Woorde uit hulle lippe kom, selfs al lyk dit of dit in lyn is met MY Woord, as hulle uiterlik sondig, uiterlik veroorsaak dat daar 'n stank kom oor hulle getuienis. EK vra julle dit, “Waar het EK ooit in die Heilige Skrifte MY Profete beveel, of waar het ABBA YAHUVEH SY Profete beveel, om op enige ander manier behalwe HEILIG op te tree?” Het ONS nie altyd die Profete apart geplaas om Heilig vir ONS te wees nie?

So julle moet enige iemand bestraf wat na julle toe kom en verskonings maak vir sonde en sê dat EK, YAHUSHUA of YAHUVEH hulle vertel het om sonde te doen. EK herinner julle aan dit. Enige een wat dink hulle stel datums en gestuur is om julle te sê wanneer die wegraping van die Bruid sal kom, EK het hulle nie gestuur nie. Dit is hoekom EK jou die “Ringmaiden” noem en EK het jou alreeds vertel dat EK sal terugkom op 'n Sabbat, en enige een wat sê dat dit op 'n Sondag sal wees, weet dat hulle nie van MY is nie. Enige een wat sê dat dit op enige ander dag behalwe die Sabbat is, weet dat dit nie van MY is nie want EK is nie 'n man wat kan leuens vertel nie. Leuenaars sal kom, en hulle sal na jou toe kom, net soos ‘n engel van lig. Hoekom dink jy het die Woord soveel keer uitgegaan, hierdie dag, daardie dag, die wegraping sal kom, maar dit is nie in lyn met wat EK jou gesê het nie?

Bestudeer en lees die profetiese boodskappe wat EK jou reeds gegee het, en as dit nie in lyn is nie, gooi dit uit. Want jy is MY “Ringmaiden”, en net soos die roeper uitgeroep het, "Berei die weg voor, die Bruidegom gaan kom." Net so sal EK jou vertel, en die ware Heilige Engele sal kom. Maar jy het niemand nodig om jou die datum te vertel nie. Die Heilige Engele sal net opdaag en die vyand onverhoeds vang. Nou Elisabeth [Elisheva], hoef jy nie langer meer die las te dra wanneer mense vir jou skryf en sê, "Is ek die Bruid?" Nou kan hulle hierdie profetiese boodskap direk uit MY mond hoor en hulle self kan weet deur wat die woorde gesê het, "Is ek YAHUSHUA se Bruid?" Pasop vir die vervalste bruid. Aanskou MY Ware Bruid. Hierdie is die laaste uitroep vir MY Bruid.


* * * * * * *


Beledigend vir sekeres, ophelderend vir ander, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH,
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
15 Februarie 2006

N.S. Voel asseblief vry om te kopieer en met ander te deel, al wat ons vra is, los asseblief die hele boodskap onveranderd, ingesluit die verduideliking van hoe die profetiese boodskap na vore gekom het. Baie dankie aan almal wie ‘n hulp is vir hierdie Bediening en my.


* * * * * * *



Profesie 120, Moenie Moed Opgee Nie! Moenie Tou-opgooi Nie! Sukkot Restourasie Profesie!

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu, Ontvang 19 Oktober 2011

Hierdie Profesie het die Salwing van restourasie, krag en vrymoedigheid. So as jy moeg geveg en oorlaai is, laat YAHUSHUA jou verfris met hierdie Sukkot Profesie van restourasie aan almal wat YAHUSHUA aanbid en Heilig lewe. Dit het ‘n Salwing van restourasie - verstand, ligaam, siel en gees, gesondheid, finansies en in alle opsigte!

Ons loof U ABBA YAHUVEH vir die Salwing op hierdie Profesie wat jukke sal breek tot U Lofprysing, Eer en Glorie.

Alle wedergebore, HEILIGE GEES vervulde Gelowiges, wat YAHUSHUA Die ALMAGTIGE HERE GOD EN REDDER, dien en gehoorsaam, almal wat vervolg, misbruik, verwerp, gehaat – julle wat moeg is daarvan dat boosheid aanvaarbaar verklaar word en dat goed as boosheid bestempel word; moenie opgee nie Heilige Gebeds-Bemiddelaars, Bruid van YAHUSHUA. Moenie opgee nie selfs wanneer die stres en probleme van hierdie wêreld jou laat voel asof jy oorweldig is, wanneer satan aanval, wanneer vyande in die meerderheid is! Moenie moed opgee nie, moenie ophou nie! Hierdie wêreld is nie ons Tuiste nie! Moenie opgee nie in die naam van YAHUSHUA! Julle sál die oorwinning hê!

Dit gaan so baie van die troepe herstel wat geslaan is. Die moraal van die troepe het nodig om opgebou te word. Daar is geen verdraagsaamheid in Israel vir diegene wat in YAHUSHUA glo en HOM volg nie.

Elisheva sê, "Dit het 'n vervolgde Jood gevat om die salwing in hierdie vervolgde Jood wakker te maak. " As jy moeg en neergeslaan is, lees asseblief en luister. Daar is 'n Salwing van restourasie hierin. Daar is 'n groter Salwing in die Woord wat Gespreek word. Luister asseblief na die klankopname in die video of lees dit hardop as jy kan.

Let op die einde, daar was ‘n wonderwerk t.o.v die bandopnemer. Die bandopnemer het net genoeg batterykrag gehad om die Woord te kon opneem. As die telefoongesprek van die begin af opgeneem was, sou die hele Woord nie tot die einde toe opgeneem kon word nie. Maar Prys YAHUSHUA, die opname het in YAHUVEH se perfekte tydsberekening begin en die hele Woord is opgeneem!

* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES verklaring gee aan hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva spreek in tale wat die Profesie voortbring (1 Kor 14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”

Wat letterlik beteken: “Prys YAH”

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”

ELOHIM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie web werf.

(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH beteken “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”

Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis vertaling mits anders aangedui

* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesië:
ELISABETH [ELISHEVA], EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU
OM HIERDIE BEDIENING NIE NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE,
SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS, HET EK DIT IN JOU GEES GEPLAAS,
WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HANDE TOT STAND GEKOM NIE,
NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.
DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH DAT GEBOORTE GEGEE WAS HIERAAN.
DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.
DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH JOU IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.
AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL MISLUK HET.
DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI,
DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING,
DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE ANDERS SOU DIT LANKAL MISLUK HET.
“EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM:
EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE,
OF
OOK MY LOF AAN DIE GESNEDE BEELDE NIE.” (JESAJA 42:8)

(PROFESIE 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel om die volgende by te voeg as waarskuwing vir diegene wat spot:


“MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN ELOHIEM UITGELAG,
SY WOORDE VERAG
EN MET SY PROFETE GESPOT TOTDAT DIE GRAMSKAP VAN YAHWEH
TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE.”

2 KRONIEKE 36:16

Dan, in Julie 2016:

WEE ENIGEEN WAT PROBEER WAAG OM HIERDIE TWEE GESALFDES TE BENADEEL. JY SAL DIE DAG BEROU DAT JY OOIT GEBORE WAS. RAAK MY GESALFDES NIE AAN EN DOEN GEEN KWAAD AAN HIERDIE TWEE PROFETE NIE (SIEN PS 105:15; 1 KRON 16:22 – 1953 VERTALING). DIT SAL BETER WEES VIR JOU AS EK, ABBA YAHUVEH JOU TONG SOU UITSKEUR!

(PROFESIE 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal – die wat teen hier Bediening kom EN HIERDIE PROFESIEE en Elisheva en ek, al die Bedieners van AmightyWind Bediening – ek waarsku julle nou, 'Raak YAH se Gesalfdes nie aan en doen geen kwaad aan SY Profete nie (PS 105:15; 1 KRON 16:22) anders sal die Wraak van die Staf van YAH oor julle kom. Maar vir die wie geseend is en n seen vir hierdie Bediening is, en getrou is, en wie die Profesiee ontvang, baie seeninge sal oor julle kom – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm, in die Naam van YAHUSHUA.

* * * * * * *
Hierdie Profesie was opgeneem deur ‘n video opname. Hier is die oorskrywing.

[Elisheva:) ….jou voete. Ek wil dit herhaal: Ek sien jou voete (in 'n visioen) en YAHUSHUA sê...

Orals waar jy trap - op jou skoensole en die sole van jou voete - is die BLOED VAN YAHUSHUA want jy volg in SY Voetspore. HY loop in jou skoene en die Salwing van die RUACH ha KODESH is op jou. Dit is oor jou aangesig, jou gesig. Dit is in jou oë.

[Profesie 120 Begin:]

19 Oktober 2011

Jy behaag MY, MY kind. Moenie huiwer om MY die HERE GOD ALMAGTIGE te noem nie, want MY GEES is in jou.

JY IS MYNE! JY IS BLOEDGEWAS!

JY IS MET BLOED GEKOOP! EN JY’S MYNE!

-LIGGAAM, SIEL, GEES EN VERSTAND BEHOORT AAN

YAHUSHUA HA MASHIACH! EK IS JOU MESSIAS!

Elisheva: “O, ek is aan die brand!” (Die Heilige Vuur Salwing van die RUACH HA KODESH manifesteer dikwels op hierdie manier.)

En EK vul jou nou met Vars Nuwe Olie vanuit die Hemel, om in 'n groter Salwing te loop, om met groter vrymoedigheid te praat, net soos Johannes die Doper.

VAN DIE KROON VAN JOU KOP TOT OP DIE SOLE VAN JOU VOETE!

EK GEE VIR JOU VARS MANNA UIT DIE HEMEL OM TE EET!

JY IS MY GELIEFDE! MY GELIEFDE IS MYNE!

O, MY KOSBARE EEN! HELP MY, HELP MY, HELP MY!

VOED MY SKAPE EN LAMMERS! WERK SAAM MET HIERDIE PROFEET.

WANT DIE TYD IS SO MIN!

MY BLOED deurweek die grond in Israel. Net een druppel is al wat nodig is om sondes weg te was. Dankie dat jy nie skaam is vir MY nie. Dankie dat jy gewillig is om terwille van MY vervolg te word! Dankie dat jy MY aanvaar, alhoewel dit beteken dat jou familie wegdraai! Hulle wat jou bloed-familie is, maar nie MY BLOED-familie nie!

MY BLOED-familie omhels jou soos wat EK hierdie profeet en suster van jou, jou vandag laat bel het. MY BLOED-familie, diegene wat die wil van die HEMELSE VADER doen, omhels jou en is lief vir jou - herken jou vir wie jy is in MY! Onthou dit altyd. EK is lief vir jou! En EK bedank jou! Ja, die HERE jou GOD, jou VERLOSSER, jou MESSIAS is lief vir jou! Moet nooit, nooit, nooit, nooit dat iemand dit van jou af wegneem nie!

EK praat met jou in die stilte van die nag. EK gee vir jou Openbaringe. En jy sal nog groter Openbaringe hê!

Onthou MY geliefde een, “Judasse” sal kom en “Judasse” sal gaan. EK het MY “Judasse” gehad. Jy het joune. Elisabeth [Elisheva] het hare. Almal, almal, almal wat MY volg en hulle word nie terwille van MY NAAM vervolg nie, moet hulself afvra, “Hoekom nie?” Want die dienskneg is nie groter as die MEESTER nie. (John 13:16) Dit is almal......almal het MY nie lief nie [Nie almal is lief vir MY nie]. Moenie verwag dat almal jou sal liefhê nie - net soos EK nogsteeds vervolg word. In hierdie wêreld word EK meer gehaat as wat mense MY liefhet! EK word meer bespot as wat EK aanvaar word! Maar EK het die PRYS op Golgota betaal. En Israel – O, Israel - hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank moet EK nog wag vir jou om MY te aanvaar, om MY lief te hê?

O! EK weet hoe lank dit nog sal wees! En EK weet wat die prys is wat Israel sal betaal! En dit sal 'n prys wees wat so groot is - want hulle word meer verantwoordelik gehou. Want EK het in die strate van Jerusalem geloop. Die land word deurdrenk met MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED. O! hoe treur EK! Hoe rou EK!

Maar daar is 'n oorblyfsel! EK het 'n oorblyfsel! EK het ALTYD 'n oorblyfsel! Hulle is min, maar hulle is MYNE! En net soos wat EK vir jou het, so is daar ook ander in Israel. En hulle is reg oor die wêreld versprei en hulle sal opstaan en hulle sal verdedig! En hulle verdedig dit wat Heilig is! En hulle ontbloot en bestraf alles wat onheilig is en waarsku dat die vals messias oppad is - maar dit sal nie gebeur voordat EK MY ware Bruid weggevat het nie.

So EK gebruik net hierdie oomblik om te se, “Dankie”. EK stuur MY Profeet om te se, “Dankie”. Nie een traan wat julle terwille van MY NAAM gestort het, is nie in 'n kosbare bottel, beslaan met edelstene en juwele van alle soorte, in die Hemel gestoor nie (Ps 56:8). En hoe groter die vervolging- EK sê dit vir julle MY geliefdes, MY geliefde Bruid - hoe sterker die geur. Die aroma is in daardie bottel met trane. Dit was 'n offergawe aan MY, julle YAHUSHUA, julle HEMELSE VADER en die KOSBARE RUACH HA KODESH.

Ag! hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank het EK gewag om in staat te wees om MY Bruid te omhels! Maar dit sal nie meer baie langer wees nie! Dit sal nie meer baie langer wees nie! Julle sal in MY arms wees! Julle sal MY stem hoor!

Moet net nie moed opgee nie! Moet net nie tou-opgooi nie! Want julle het so ver gekom! Moenie moed opgee nie! Julle moenie opgee nie! Moenie ‘n kompromie met die wêreld se leuens aangaan nie!

Hoe meer die wêreld vir julle vertel dat julle onheilig is, weet dat julle Heilig is! Hoe meer hulle julle bespot en lag - omdat julle die Torah-wette volg - weet dat julle MYNE is!

Hoe meer julle die Sabbat, die Shabbat, verdedig en sê: "Dit is nie 'n Sondag nie", weet net dat julle MYNE is! Moenie opgee nie. Moenie ophou nie. Al is die vervolging so groot en al gaan dit nog groter word, onthou terwille van WIE SE NAAM julle vervolg word! Onthou terwille van WIE julle gehaat word!

O, hulle sal julle naam gebruik en julle naam sal beswadder word en allerhande bose dinge sal teen dit gesê word, maar dit is nie regtig julle naam wat hulle haat nie. Dit is WIE julle verteenwoordig. Dit is wie julle is in MY. Dit is die Boodskappe wat julle bring wat direk uit die Hemel kom.

So moenie moed opgee nie! Moenie ophou nie!

Want EK gaan Wraak neem op hierdie vyande! En hulle sal bid dat die berge hulle verberg - van HOM WAT OP DIE TROON SIT (Openb 6:15-17) en die HEILIGE LAM wat geslag en gekruisig was en weer opgestaan het! YAHUSHUA HA MASHIACH IS MY NAAM!

En EK sê vir julle - MOENIE MOED OPGEE NIE! EN MOENIE OPHOU NIE! WANT EK IS met julle!

Bereik MY mense. Bereik MY mense. EK praat nie net met die mense in Israel nie, maar EK praat met al die mense van die wêreld. Bereik MY mense. Hou aan om MY Skape en Lammers te voed. Hou aan en moenie skaam wees vir jou getuienis nie want jou getuienis is nie wie jy is nie, jou GETUIENIS is WIE EK IS - in jou! Dit is wat die duiwel haat! Dit is wat jou vyande haat!

Maar daardie einste GETUIENIS bewys wie EK IS - want Ek verander lewens! En groot, groot, groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat wag – in die Hemel - vir die wat gewillig was, gewillig was om hulle reputasies neer te lê, hulle name neer te lê, wie gewillig was om vervolg te word om MY NAAM ontwil! Groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat vir julle in die Hemel wag.

My geliefde, jy sal aanskou. Julle sal MY HEERLIKHEID, MY HEERLIKHEID aanskou. Met julle eie oë! Julle sal aanskou!Dis nie ver weg nie! Moenie mismoedig word wanneer julle die datum-bepalers sien kom en gaan nie. Luister net en julle sal sien. Nuwe Openbaringe sal na julle toe kom.

Staan op vir mekaar! Dis nie nou die tyd om alleen te staan nie. Ek bring MY Bruid saam van een kant van die wêreld na die ander kant deur die Internet, anders sou julle twee wat nou praat, nooit ontmoet het nie. Nogtans is dit asof julle in dieselfde kamer is want julle is een Gees.

Julle sal weet wie MYNE is. Hulle sal saam met julle veg. Hulle sal alles wat Heilig is verdedig. Hulle sal die wolwe in skaapsklere ontbloot. Moenie mislei wees nie. Almal wat beweer hulle praat in “die Naam van 'JESUS CHRISTUS'”, praat nie [almal] werklik van MY nie. Enigeen wat teen hierdie Heilige Bediening staan, 'n Bediening deur YAH self georden..... Ellende wag op die vyande wat opstaan teen alles wat Heilig is! Want julle staan op teen GOD ALMAGTIG!

So MY Geliefde, weet dat EK jou gekies het. Weet dat jy die Hebreeuse vertaler is en daar is nog wat moet kom, maar hulle het uitgestel. So hierdie is jou beloning vandag. Jy wou 'n Woord gehad het... jy het 'n Woord gekry.

Elisabeth [Elisheva] jy't gesê, "Ek weet nie wat ek gaan sê nie!" Dis reg MY dogter, want hierdie is nie woorde vanuit jou vlees nie! Hierdie Woorde kom uit die Hemel uit - om die Hebreeuse vertaler te seën, wat MY Woorde na die Hebreeuse mense toe sal neem, en wat ywerig sal werk. En EK sal [die vertaler] grootliks seën!

EK is lief vir julle! EK is lief vir julle! Moet nooit, nooit, nooit, nooit, nooit vergeet dat EK julle liefhet nie. EK weet van ELKE traan wat julle ALMAL gestort het! EK weet van ELKE LIEWE keer wat julle naam vervloek word op die aarde, maar dit is nie deur MY nie.

Want EK stuur vir julle seëninge!

Ek berei vir julle 'n tafel voor IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN JULLE vyande(Ps 32) EN EK SEËN JULLE!!!! En die GANSE hel is WOEDEND, want hulle KAN NIE die Stem van julle LEWENDIGE ALMAGTIGE YAHUVEH STILMAAK NIE!

SO [VYANDE] KNERS JOU TANDE IN WOEDE!!!!

EK IS NIE MEER DAARDIE OFFERLAM

WAT GEMARTEL WAS NIE!

DIT WAS DAARDIE EENKEER!

NOU IS EK DIE LEEU UIT DIE STAM VAN JUDAH

EN EK KOM OM MY VYANDE TE VERSLIND!!!!!

WANT EK & DIE VADER IS EEN!

ONS ALBEI SEËN EN ONS ALBEI VERVLOEK!

DEUTERONOMIUM 28, DIE SEËNINGE EN DIE VLOEKE:

DIE SEËNINGE VIR DIE WAT GEHOORSAAM IS!

DIE VLOEKE VIR DIE WAT ONGEHOORSAAM IS!

Julle wandel in MY seëninge. Diegene wat die Wil van die HEMELSE VADER doen wandel in MY Seëninge.

EK is besig om te toets. EK weet alreeds wie waardig is om die Groot Verdrukking te ontsnap. Almal van julle word getoets! Jy het nou 'n splinternuwe Profesie, Elisabeth Elijah[Elisheva Eliyahu]. Jy het gewag en gewag en die vyande het gevrees, maar EK het gewag en EK het gewag todat jy die stem hoor - die stem van die Hebreeuse vertaler - om die salwing in jou wakker te maak.

WANT ISRAEL, EK IS LIEF VIR JOU.

HOOR JY MY, O ISRAEL?

EK IS LIEF VIR JOU. EK BEGEER OM JOU TE RED.

DIT IS JOU KEUSE.

DIT SAL VERVOLGING KOS

SOOS DIE EEN MET WIE JY NOU PRAAT,

AL VERVOLG IS EN SOVEEL MEER.

MAAR EK HET MY BRUID IN ISRAEL.

HULLE IS MY VERSTEEKTE BRUID.

DAAR IS NIE NET FISIESE ISRAEL NIE,

DAAR IS GEESTELIKE ISRAEL.

EN EK HET MY BRUID.

WANT MY GEESTELIKE ISRAEL IS IN ISRAEL OOK.

O! MY KOSBARES!

LEES DIE HOOGLIED VAN SALOMO.

AANSKOU MY LIEFDE VIR JULLE. AANSKOU MY LIEFDE VIR MY BRUID.

JULLE WEET NIE HOE GRAAG EK JULLE TEEN MY SY VAS WIL TREK NIE!

EN DIT SAL NIE MEER LANK WEES NIE! DIT SAL REGTIG NIE MEER LANK WEES NIE!

EK SIEN JULLE TRANE. EK HOOR JULLE VERDRIET. EK KYK WANNEER JULLE HUIL EN WEEKLAAG:

"EK WIL NIE MEER OP HIERDIE AARDE WEES NIE."

JULLE IS OMRING DEUR KWAAD AAN ALLE KANTE.

MAAR HOE DINK JULLE VOEL EK ?

WANNEER MY EINSTE NAAM VERAG WORD?

DIT SAL NIE LANK WEES NIE.

MOET NET NIE MOED OPGEE NIE! MOENIE OPHOU NIE!

DIE GOEIE WERK WAT EK BEGIN HET, SAL EK KLAARMAAK.

Einde van Profesie

[Elisheva]: HalleluYAH! Prys YAHUSHUA! Yeay! [vreugdevolle gelag] O! ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, KOSBARE RUACH ha KODESH! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Almal het gewag en almal het gesê: "Elisabeth [Elisheva], dis so lank gelede dat daar nog 'n Profesie was. Waar is die Profesie? Jy het Profesieë opgestoor."

Maar ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA, ons dank U en ons loof U nou! Hierdie is die volgende Profesie en dit het 'n Hebreër uit Israel gekos om dit los te maak in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! HalleluYAH! Ai tog, ek's aan die brand! Loof U YAHUSHUA! Woo hoo! Ek weet nie wat dit sê nie, wat sê dit?

[Die gesprek gaan vir nog ‘n paar oomblikke gedemp voort totdat die battery heeltemal pap is].

Elisheva: O! Ok, die battery flikker dat dit pap is - maar maak seker die boodskap is daar... Ag asseblief ALMAGTIGE GOD! ...”

Opname eindig hier.

Voortgespreek uit 'n dienaar van klei, maar 'n magtige soldaat vir YAHUSHUA.

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie 19de Oktober 2011, in die middernagtelike uur.

* * * * * * *