Profesie 95

YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapen, EK IS LEWENDIG!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang Sabbat 12 April 2008 Vrygestel Sabbat 19 April 2008

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Elisheva biddend in Heilige Tale en Engels:

Hierdie is die rede hoekom, omdat die TROOSTER gekom het. YAHUSHUA U het ons nie alleen gelaat nie, U het die TROOSTER gestuur. Die MOEDER van alle moeders. U eie so Hemelse MOEDER. Dank U geliefde YAHUSHA ha MASHIACH. O dat ons waardig geag mag word om U Bruid genoem te word. Nooit, nooit is ons selfvoldaan daarin nie. Ons sien hoeveel afval langs die kant. Hou ons styf vas teen U bors. Moenie eens dat daar ‘n asemhaling-spasie is vir satan om in te kom nie. Trek ons nader aan U, YAHUSHUA op hierdie Sabbatdag. Vereer ons terwyl ons bid met U teenwoordigheid. Ons is U s’n. satan het geen aanspraak op ons nie. Dit gaan alles oor wat U gedoen het by Golgota. Hierdie is waarlik ons enigste wapen wat ons het in hierdie wêreld. Daar is geen ander wapen buiten die Naam en die Bloed en die Liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie. Daar is geen ander wapen nie. Daar is niks, niks, niks wat die boosheid kan beveg in hierdie wêreld nie behalwe een ding. Dit is hoekom U gesê het om die nagmaal saam met U te doen. Heilig, Heilig, Heilig, Heilig. U het ons so magtiglik geseën. Hierdie Bediening is nie meer behoeftig nie. Wys ons net wat ons moet doen ABBA YAHUVEH. Wys ons die grond wat ons moet aankoop, o ABBA YAHUVEH.

* * * * * * *

Profetiese Woord:

Nou snap julle dit MY Kinders! Nou verstaan julle hoekom EK gesê het dat hierdie ‘n wapen is soos geen ander wapen wanneer julle nagmal hou vir MY nie. Die woorde wat jy gespreek het [Elisheva] is nie jou eie woorde nie want MY Woorde is hoër as enigiets wat jy ooit kan dink. Elke keer as jy nagmal hou, elke keer wat jy een word met MY, gee EK vir jou MY ore. Gee EK vir jou MY oë. EK spreek voort uit jou mond. EK besny jou hart terwyl jy jou hande vir MY aanbied om MY wil te doen. En jou voete vir MY sodat EK jou kan lei in die voetspore van die Heilige.

Nou verstaan jy [Elisheva]. O hoeveel haat satan hierdie. Het EK nie gesê nie hoe meer jy nodig het om geseën te word, hoe meer jy verlossing van die vyand nodig het, dit gaan nie net oor vergifnis nie, dit gaan oor oorwinning in alle areas van jou lewe. Vertel hulle MY Kinders. Vertel hulle namens MY.

Hoeveel georganiseerde godsdienste sal net ‘n wafelskyfie in hulle mond sit? ‘n Droë wafelskyfie wat niks meer as styrofoam kan wees nie. Hulle vergeet die prys wat EK betaal het. Daar is geen bekering van sonde vooraf nie. Hulle drink van die wyn en hulle het woorde gesê uit roetine repetisie. Daar word geen hart aan MY gegee nie. En die vermetelheid wanneer ‘n ander een die wafelskyfie in die ander se mond insit en hy noem homself ‘n Biskop. En hy noem homself die pous. Jy kan dit nie vir ‘n ander doen nie! ‘n Nagmaal is een-tot-een. Nou praat EK nie van diegene wat invalides is nie, diegene wat die hulp nodig het van ander om die brood in die mond te sit of die beker na die lippe te bring nie. Want hulle harte is op die regte plek solank die een, wat die nagmaal gee, se hart op die regte plek is. Sê vir hulle, voer MY skape. Sê vir hulle. Neem op hierdie wapen wat vir baie lank weggegooi was maar moet dit nie doen met onrein lippe nie. Moet dit nie doen met ‘n gees van onbekeerlikheid nie. Moet dit nie doen as ‘n blote ritueel nie. Woorde geskryf deur ‘n ander mens nie. Gee vir MY julle harte. En EK sal MY Woorde voortspreek. Moet dit nie doen terwyl julle in sonde is nie! Anders drink jy veroordeling oor julself! Waar is die vrees? Waar is die vrees?

Hoe baie sien EK en hulle vrees nie meer nie. Hulle bly in hulle sonde. Hulle neem die nagmaalbeker met sondige lippe. EK is getrou om te vergewe. Maar moet hierdie nooit doen met ‘n onbekeervolle hart nie want julle drink net veroordeling. Julle drink net van vloeke. Kom na MY toe met ‘n bekeervolle hart. Vra MY om julle te vergewe van julle sondes. EK is getrou en EK is genadig en net een druppel van MY Bloed, net een druppel van MY Bloed kan die ganse mensdom red as hulle MY net aanvaar het. Net een druppel van MY Bloed. En kyk hoeveel meer het EK gegee. Dit is wat EK wil hê jy vir hulle moet sê. Hierdie is die nuwe boodskap wat EK vir jou gee. Hierdie is die boodskap wat bedoel is om voor die hele wêreld te wees. Hierdie is die enigste wapen wat julle het. Sê vir hulle. “So spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,” terwyl julle die wapens sien op julle gerig in soveel verskillende rigtings, lig op die enigste wapen wat EK vir julle gegee het.

Diegene wat aan MY behoort. Diegene wat hul lewe vir MY gegee het. Diegene wat MY gevra het om in hul harte in te kom. Diegene wat daarna strewe om MY te gehoorsaam. Diegene wat daarna strewe om MY te behaag. Diegene wat MY aanbid en MY eerste stel in hulle lewens en hul liefde en in hul huwelik, lig op hierdie wapen voor die vyand. Alleenlik MY Naam en MY Bloed, net deur MY Liggaam, kan enige iemand gered word! Net deur die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, kan enige iemand gered word! Daar is geen naam op die aangesig van hierdie aarde, op die aangesig van hierdie heelal, wat enige iemand gered kan word nie behalwe deur MY Bloed en deur die prys wat EK betaal het met MY Liggaam, terwyl EK MY Lewe neergelê het.

Geen mens het MY lewe geneem nie! Geen mens kon MY doodmaak nie! Maar EK het dit vrywillig gegee. Dit is EK wat gesê het, “Dit is volbring.” Dit is EK wat MY Gees toegeprys het om te gaan. Maar julle het nie ‘n idee wat EK gedurende hierdie tyd gedoen het nie. Julle het geen idee nie want alhoewel MY Liggaam gesterf het, het EK opgestaan. En EK het ‘n openbare vertoon aan satan gemaak, die eens genaamde Lucifer en EK het hom laat weet en EK het die ganse hel laat weet, EK leef! En EK het die sleutels van die hel en die doderyk gevat uit sy hande! En hy kan nie enige iemand hel toe stuur tensy dit deel was van MY plan nie, tensy hul naam nie gevind is in die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van die wêreld nie.

En EK kan nie een verloor nie. EK verloor nie een nie. Almal, almal almal wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie aarde, almal, almal, almal, almal sal in die Hemel wees. Diegene wie se name uitgewis is! Soos hulle MY verraai het in die Hemel, verraai hulle MY op aarde. Maar selfs daardie naam was uitgewis voor die grondlegging van hierdie aarde. Soos hulle MY verraai het in die Hemel verraai hulle MY op aarde. Almal van julle werk julle eie heil uit met vrees en bewing want jou siel weet waarheen jy sal gaan. Jy herhaal net wat reeds gedoen was.

Julle sien hierdie predikers afval langs die kant. Julle sien hulle die skape en die lammers verraai. Julle sien hulle ‘n ander evangelie preek as wat EK beplan het. Maar soos hulle MY nou verraai, het hulle MY destyds verraai. Want EK vertel vir julle iets in Waarheid wat julle nie geweet het nie en selfs nou [Elisheva], sukkel jy om hierdie Woorde voort te spreek, maar daar is geen so ding soos ‘n nuwe siel nie. Want die ganse aarde en die ganse tyd van die aarde was gevul met ou siele. Dit is hoekom EK die aantal hare ken op elkeen van julle hoofde. Dit is hoekom EK elkeen van julle se name ken, hetsy dit vriend of vyand is. Dit is hoekom EK weet toe EK MY Bruid gekies het op aarde, EK reeds weet wie was lojaal in die Hemel. Dis hoekom EK weet en EK vir Jeremia laat weet het terwyl hy gevorm was in sy moeder se skoot, terwyl elke dag van sy lewe uitgekaart was, het EK geweet EK het hom georden as ‘n profeet omdat EK geweet het wie EK kan vertrou.

Pasop! Pasop! Pasop! Pasop! Pasop o Skape en Lammers van MY, vir diegene wat hulself oppof met roem en rykdom en julle luggolwe vul. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop vir diegene wat weier om die Boodskap van bekering te preek, weier om ‘n lewe van bekering te lewe, weier om ‘n lewe te leef van Heiligheid, weier om die sondaars te waarsku oor sonde. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop, o Skape en Lammers! Want hierdies is nie MYNE nie en soos hulle MY vantevore verraai het, verraai hulle MY nou weer! O pastore van hebsug, julle weet julle behoort nie aan MY nie! Julle is ‘n klug! Julle is ‘n swendel! MY GEES is nie in julle nie! EK het die name genoem voorheen deur hierdie Bediening! En daar is soveel meer wat EK nie genoem het nie. Maar hou hulle dop o Skape en Lammers. Het hulle hul siel verkoop soos ‘n goedkoop hoer net om die belastingkwytskelding-status te kry? Pasop, MY Skape en Lammers, vir diegene wat probeer om al die godsdienste saam te voeg as een! Vir die Een Wêreld Godsdiens! Daar is maar een YAH. Julle het maar EEN SKEPPER. YAHUVEH is SY Naam. Ander spreek dit uit as YAHWEH. Maar daar is maar EEN. Daar is maar EEN MASHIACH. MY Naam is YAHUSHUA. Noem MY YAHSHUA. Maar moenie die Naam YAH uithaal en dink julle hoor van MY GEES nie.

Julle wat julself Messiaanse Jode noem, so baie dinge het julle reg maar waar julle inboet en julle nie langer MY lig het nie, het julle die Naam YAH uit MY Naam gehaal om die Ortodokse Jode te paai want hulle ken die SKEPPER se Naam. Hulle glo die Rabbies se leuens. Maar lees jul eie Torah. Lees die Bybel. Hoeveel keer is dit geskryf, “In MY Naam sal julle duiwels uitdryf. In MY Naam sal julle hande lê op die siekes,” net in MY Naam. Sê die Bybel nie hierdie nie?

En in die Torah, in die Tanakh hoeveel keer sê dit, “In YAHUVEH se Naam”? Wat sal julle doen met Psalm 91 julle Ortodokse Jode? Julle lees so getrou die Torah en die Tanakh maar julle neem die krag weg wanneer julle nie julle SKEPPER, julle BESKERMER se Naam sê nie. En julle het geen beskerming wanneer julle nie MY Liggaam en MY Bloed aanvaar nie want EK is die enig verwekte Seun van ABBA YAHUVEH. EK is die enig verwekte Seun en MY MOEDER word genoem die RUACH ha KODESH. SY is MOEDER van WYSHEID.

Die tyd is so kort nou. Die lammers word skape oornag. EK giet MY Waarheid uit. EK maak hulle groot want daar is nie tyd om babas te bly vir lank nie. EK eis Heiligheid meer as ooit vantevore want boosheid woed oral rond. EK kyk vir die sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader op hierdie aarde neerkyk. Sien, diegene wat behoort aan MY sprankel soos die helderste edelsteen, terwyl MY lig skyn op hulle. Maar waarlik is julle in en omring rond-om met die ontlasting van onmenslikheid. En EK soek vir die sprankels van die edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en selfs uit die Hemel kan EK die kosbaarste van MY juwele aanskou. Dit is elkeen van julle wat MY eerste stel in jul lewens en jul liefde, wie strewe om te gehoorsaam ten alle koste. Wie vir satan bestraf en hom laat verstaan hy sal geen deel hê aan julle nie. Julle is MY kosbare juwele.

O die stank, die stank, die stank wat van die aarde af kom! O die stank, die stank, die stank van die mensdom, omring deur onmenslikheid! Selfs MY eie Heilige engele roep uit, “Kan ons nog nie weggaan nie?” Maar hulle is daarheen gestuur om diegene te beskerm wie se name gevind word opgeskryf in die Lam se Boek van Lewe.

Sommige van julle het jul grootste gevegte in jul eie huishoudings. Julle kan oor die weg kom met julle gades op elke manier behalwe wanneer dit kom by die Waarheid van wat EK sê. Hierdie is julle toets. Hierdie is julle beproewing. Wie sal julle liewer hê. Wie begeer julle om meer te behaag? Wie sal julle gehoorsaam? Sal julle luister na die woorde wat hulle sê? Of sal julle die Woorde gehoorsaam wat EK sê? Wat is die prys van jou siel? Want as jy nie hierdie besluit nou kan maak nie, waarborg EK jou, jy sal nie die regte besluit maak in die Groot Verdrukking wat kom nie. Hierdie is jou siel. Watter vrou, watter man is jou siel werd? EK het MY Liggaam en MY Bloed gegee. EK het weer opgestaan uit die dood vir almal om te sien dat satan nie oorwinning oor MY gehad het nie. Sodat jy nie langer ongelyk gejuk sou wees nie.

Hierdie is die Woorde wat EK jou hierdie dag laat sê. Jy het gesê, “Gee my iets om U Skape en Lammers te voer.” [Elisheva] dit is wat EK wil hê jy moet sê. Dit is wat EK wil hê jy moet skryf. Dit is wat oorgeskryf moet word deur Kathrynyah. YAHUSHUA se Demon Stompers, o MY kosbare Kleintjies, bemiddelings-Gebeds Vegters, Heilig voor MY! O julle sukkel soos enige iemand. Versoekings kom na julle toe van links en regs. Maar julle weet om die Efesiërs 6 wapenrusting aan te trek. Julle weet om sterk te staan in MY Naam deur MY Bloed. Hierdie is ‘n Bediening wat EK vir julle gegee het om magtige gebedsvegters te wees! Skilddraers om Amightywind Bediening te bedek, om [Elisheva] te bedek, om mekaar te bedek in Waarheid.

Beleë vegters kom na vore! Sluit aan by hulle in die gevegslinies. MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH kom na vore! Sluit by ons aan in die gevegslinies! Want daar is oorwinning daar. Hoe meer julle bevryding nodig het, hoe meer julle seën nodig het, hoe meer julle genees nodig het, hoe meer julle vergewe nodig het..... hoe meer, hoe meer, hoe meer, moet julle nie wegdoen met jul enigste wapen nie, dit wat julle nagmaal noem. En EK sê vir julle dit, moet dit nie met ‘n sondige mond neem nie, ‘n sondige hart nie, bekeer voor julle dit doen en bekering is nie blote woorde wat uit lippe kom nie. Bekering is om weg te draai van dit wat julle weet is boos! Want EK is getrou en EK is waaragtig en terwyl jy jou hart vir MY gee en jy hierdie bekering neerlê voor MY, sal EK jou vergewe. En die van julle wat luister en hierdie lees, julle het nog nie julle lewe vir MY gegee nie maar julle kom hierheen en julle lees die Woorde wat EK voortspreek uit hierdie Profetiese Ringmaagd, EK herinner julle hieraan, moenie wag om perfek te word nie. Moenie wag tot julle dink, “O nou is ek Heilig nie”. Want dit kan nie so gebeur nie.

Eers aanvaar julle MY as julle MASHIACH. Eers vra julle om vergifnis vir julle sondes. Eers vra julle MY om MY lewe te leef binne-in julle, om die bose begeertes weg te neem in julle, om julle te reinig met MY gestorte Bloed en dan maak EK julle skoon. Dit is soos ‘n baba wat gebore word. Wanneer daardie baba eers uitkom is dit bedek met die liggaamsvloeistof van die moeder. Dit moet afgewas word. Dit moet geklap word vir dit om asem te haal. Haal asem o kleintjie, kom na MY toe. Laat EK jou skoonwas van hierdie wêreld se sonde. EK tugtig diegene wat EK liefhet sodat jy kan asemhaal in MY, sodat MY Gees kan leef binne-in jou, die RUACH ha KODESH kan leef in jou.

MY kosbare, kosbare, kosbares. EK begeer, EK begeer, EK begeer om julle te verlos. Moenie, moenie, moenie toelaat dat hierdie wêreld julle vertel daar is nie so iets soos sonde nie want sondaars kan nie die Koninkryk van die Hemel beërwe nie. Maar vergewe sondaars kan. Kom na MY toe amal wat arbei en swaar belas is met die sorge en die laste en die sondes van hierdie wêreld. Gee hulle vir MY want EK sal vir julle rus gee. Hierdie is die Woorde [Elisheva] wat EK jou laat sê hierdie dag, op hierdie Sabbat.

Sê vir hulle die Tien Gebooie staan steeds. Geskryf deur ABBA YAHUVEH se eie vurige hand. Hulle was geskryf op ‘n tablet van klip, nie geskryf op ‘n papier of ‘n boekrol om uitgevee of verander te word nie. Wat sonde is destyds is sonde nou. En pasop vir enige leier wat vir julle enige iets anders vertel. EK het meer te sê maar dit sal op ‘n ander dag wees want die Heiliges sal Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word en wie’s wie in Hollywood is waarlik wie’s wie in die hel. Moenie die maniere van hierdie wêreld naboots nie want alhoewel julle in hierdie wêreld is, moet julle nie deel wees van hierdie wêreld nie.

EK het meer om te sê maar die Woorde wat EK te sê het sal nie vir die wêreld wees om te hoor nie. Dit is vir julle vyf. O MY geliefde Kleintjies, julle het ‘n Pasga nodig. Diegene wat hierdie Woorde lees, diegene wat hierdie Woorde sal hoor, julle het ‘n Pasga nodig. Julle het nodig om van julle laste verlos te word, van julle vyande. Ongeag watter nederige Pasga julle doen, doen dit net. Erken net die feit dat julle ‘n Pasga nodig het. Julle ‘n nuwe begin nodig het. Julle wonderwerke uit die Hemel nodig het. Julle verlossing van die vyande se hande nodig het want EK waarsku julle hieroor, julle ergste vyande is julle eie regerings en julle eie land. EK waarsku julle hieroor. Amerka, jy is verdoem. EK het dit weer en weer en weer en weer geprofeteer. So Amerika, EK gaan vir jou ‘n leier gee volgens jou eie hart. Jy is ‘n boelie. Jy is brutaal. Jy was eens so geseënd en nou is jy ‘n vloek vir MY en almal wat in Amerika se voetspore volg, al julle nasies, EK praat deur hierdie Profetiese Diensmaagd, so sal julle ‘n vloek wees voor MY. So is julle ‘n vloek vir MY. EK het jou gewaarsku Kanada, moenie in jou suster se voetspore volg nie. Maar jy het jouself verkoop, die regering van Kanada, o Kanadese, het vir die prys van goud ditself verkoop. Omhels nou immoraliteit, omhels die gees van ateïsme.

O Engeland, O Verenigde Koninkryk, daar is niks verenig omtrent jou nie. Eens het jy gestaan vir moraliteit, daar is niks meer moreel omtrent jou nie. Alles wat EK verfoei, laat julle jul politici toe om te omhels.

Julle Heiliges wat sit in Amerika en julle sê vir die eerste keer is daar niemand om voor te stem nie, EK het reeds vir julle die enigste kandidaat gegee wat gestaan het vir moraliteit en Ron Paul is sy naam. So ewenwel, jou stem nie getel sal word nie, werp jou stem in die Hemel. Skryf jou stem op aarde vir die van julle wat kan. EK ken jou hart. Maar moenie skik nie. Obama is ‘n gruwel vir MY, EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê.

John McCain is die seun van Kain. EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê. Hillary Clinton, jou siel is so swart soos swart kan word. Daar is geen minder bose een wat meeding vir president nie. Almal van julle in boos in MY oë. En die enigste hoop wat daar was, sal die media nie eers aandag aan gee nie. Julle sien EK het altyd ‘n volk en hulle is die verborgenes. O hoe min Regter Roy Moores het EK want hulle sal nie uitspreek soos hy doen nie. Amerika, o hoe anders sou dit gewees het as die een wat julle noem Regter Roy Moore, hy jul president sou wees maar daar is geen begeerte meer vir moraliteit of Heiligheid nie en dit gaan van die een nasie na die volgende!

EK het geprofeteer deur hierdie Diensmaagd van MY, wat in die minderheid was, sou die meerderheid wees as julle nie hierde sonde beveg nie en kyk nou na die gees van homoseksualitteit, waar het dit nie ingesypel nie omdat julle ‘n leuen geglo het. Lank gelede het EK vir hierdie Diensmaagd gesê van MY, in die begin was dit Adam en Eva, dit was nooit Adam en Stefan nie. Nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit moes hierdie gewees het nie en daarom sal die swart bloed plaag [boiling black blood plague] losgelaat word. Julle het nie veel langer nou nie. Al diegene wat die gees van homoseksualiteit goedkeur of wat stilgebly en gesê het, “Laat hulle net hul eie ding doen.” Julle sal ‘n plaag lyyy soos geen ander nie! Diegene wat deelneem aan hierdie gruwel voor MY, julle sal lyyy soos geen ander nie! En diegene van julle wat weet dit is verkeerd, selfs al behoort julle nie aan MY nie, van hierdie sonde het jul weggevlug en dit sal nie oor julle kom nie. Spreek uit nou! Terwyl julle nog ‘n stem het! Julle pastore wat die homoseksueles omhels het sodat julle hulle nie hoef te konfronteer nie, wag en kyk wat EK doen aan julle want julle sal deel in dieselfde plaag! [Dream of Boiling Black Blood Plague]

Diegene wat aborsies omhels het, nie daarteen uitgespreek het nie, pastore, julle wat julself leiers noem en geen leiers van MY is nie, julle sal die pynnnnn voel van daardie baba. Julle sal die gille hoor in julle ore vir ewig terwyl dit sal voel of jou eie vel gekook word met daardie soutoplossing. Dit sal voel asof julle liggaam uitmekaar en middeldeur geruk word. Julle einste koppe sal voel asof hulle afgekap word. Julle het nie ‘n idee wat EK aan julle gaan doen nie! Julle moeders wat julle babas aborteer, julle het geen verskoning voor MY as julle nie bekeer oor hierdie gruweldaad nie. Die bloed sal nooit van jou hand afkom nie! Want die gille van die ongeborenes eggo in die Hemel se ore en alhoewel hulle veilig huis toe geneem word, wil hulle steeds oordeel hê hieronder. Dit is wat gedeeltelik van gepraat word wanneer julle lees in die Bybel die siele onder die altaar wil Oordeel hê en hulle roep uit en hulle sê, “Hoe lank nog? Hoe lank nog?” (Open 6:10). Hierdie is nie net die martelaars wat hulle lewens neergelê het vir MY nie, hierdie is die ongeborenes wat gebore sou word en wat Heilig sou gewees het voor MY. Dit is wat EK vir julle vertel in die geheim wat ander profete nie spreek nie. Hierdie is julle vars manna uit die Hemel. Kou nou aan dit wat EK vir julle gesê het hierdie dag.

En almal van julle, almal van julle, almal van julle wat luister, almal van julle, almal van julle, almal van julle wat ontvang, moenie vergeet julle het ‘n Pasga nodig nie en vir so baie van julle, as julle maar net die nederigste kan doen sal EK dit eer terwyl nog ‘n Pasga naderkom.

Julle georganiseerde kerke, EK lag vir julle. Julle het MY Opstanding voor die Pasga. Dwase, dwase mensgemaakte godsdienste. Dwase, dwase mensgemaakte godsdienste, hoeveel siele is hel toe geneem as gevolg van julle? Maar nie een verloor EK wie se name gevind word opgeskryf in die LAM se Boek van Lewe nie, weer sê EK, voor die grondlegging van hierdie aarde.

Geen ander planeet het ‘n VERLOSSER nodig nie behalwe een, die planeet waarop Lucifer neergewerp was. Dink daaroor, want julle loop bo-op die hel. Dink daaroor. Terwyl satan strewe om die aarde so na aan die hel te maak as wat hy kan, om julle gelykvormig te maak aan sy beeld. Dink daaraan. En loof MY, want as EK nie daardie prys gegee het by Golgota nie, waar sou julle wees?

Vir die van julle wat nie geskryf het vir hierdie Bediening waaruit EK voortspreek nie, julle het geweet, julle het geleer, julle het die Woorde ontvang wat EK gespreek het, julle lewens was verander! Julle begeer Heiligheid waar julle gewoonlik sonde begeer het, waarvoor wag julle? Hoekom het julle nie julself voorgestel nie? Hoekom het julle nie deel geword van die Heilige vegters op die muur nie? Het EK nie lank gelede gesê deur hierdie Ringmaagd van MY,”Daar is nie alleenlopers nie”. Julle het mekaar nodig. Glo MY. satan se bruid is voltooi. Julle kan van een uithoek van die wêreld na die volgende uithoek gaan en julle kan hulle vind. Hulle is versprei oraloor, sy netwerke. EK gebruik hierdie Bediening om MY Heilige Bruid saam te vergader want hulle is Heilig voor MY. Waarvoor wag julle? O julle sê, “Ek het eenmaal vir hulle geskryf, hulle het nie teruggeskryf nie.” Sien, EK hou tred. Waarvoor wag julle?

Einde van Woord

Elisheva: Dank U YAHUSHUA. Dank U. Wat is die datum vandag?

[12 April. Het begin om 2.40 nm. Geëindig om 3.40 nm.]

Elisheva: Wow, dit is Sabbat! Saterdagmiddag en ek was biddend. EK het biddend wakker geword en ek het geweet daar was ‘n Woord wat kom en ek het aanhou wag en wag en wag vir die Woord en ek het die duiwel bestraf en HOM geloof en toe ewe skielik het HY die Woord gegee, “Gehoorsaam MY, en hou nagmaal.” Ons het nog nooit eens daarby uitgekom om die nagmaal te doen nie, en die Woorde het na vore gekom! Sodat ek kon hoor en dit is al wat dit was en dit is hoe dit begin het. Totaal onverwags. En ons loof U YAHUSHUA ha MASHIACH en hierdie datum het U U skape en lammers gevoed. EK weet die skape en die lammers was vir so lank daarsonder en ek het geweet hulle het ‘n Woord nodig gehad en ek het gebid daarvoor en totdat ons gehoorsaam het en ons daardie nagmaal brood en wyn in ons hand gehad het, het HY nie deur my gepraat nie en dit is ‘n les in gehoorsaamheid. Dit is al wat ek te sê het. Terwyl ons uitsien na ons Pasga Dag wat soos geen ander Pasga vantevore gaan wees nie, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Amen.

Aanstoot vir Meeste, Verligtend vir Ander

Apostel Elisheva Eliyahu

As hierdie Profesie vir jou ‘n seën was epos my asseblief en laat my weet.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred