Profesie 90 :

Wat is die NAAM van die HEILIGE GEES? Wat is die NAAM van die RUACH HA KODESH? “EK IS MAMMA SHKINYAH, ook genoem MAMMA WYSHEID, EK IS DIE HEERLIKHEID VAN YAHUVEH!”

Geskryf/Gespreek onder Die Salwing van MAMMA SHKHINYAH Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 27 Februarie – Vrygestel 27 Augustus 2007

* * * * * * *

“Shekinah” kom van die Hebreeuse woord HaSh'khinah en beteken “die Teenwoordigheid” omskryf as die GODDELIKE TEENWOORDIGHEID en baie keer verstaan as die GEMANIFESTEERDE HEERLIKHEID van YAHUVEH teenwoordig by mense. Shkinah is ‘n vroulike Hebreeuse woord. In Johannes 17 lees ons hierdie aangaande YAHUVEH se HEERLIKHEID:

En EK het hulle die HEERLIKHEID gegee wat U MY gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ONS EEN is. — EK in hulle en U in MY, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U MY gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U MY liefgehad het. VADER, EK wil dat waar EK is, hulle wat U MY gegee het, ook saam met MY sal wees, sodat hulle MY HEERLIKHEID kan aanskou wat U MY gegee het, omdat U MY liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. (Joh. 17:22-24)

Ons weet dat YAHUVEH vir YAHUSHUA se dissipels die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) gegee het nadat YAHUSHUA teruggekeer het Hemel toe. (Hand.2:2-4) “MAMMA” SHKINYAH, die HEILIGE GEES, is die HEERLIKHEID VAN YAHUVEH!

* * * * * * *

Hieronder volg die Profesie soos dit voortgekom het

– met Profeet Elisheva se Heilige Tale – terwyl GOD se GEES uiting gee (Handeling 2:3-4) aan aardse of Hemelse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale wat Profesie voortbring (1 Kor.14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” Wat letterlik beteken: “Loof YAH”:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN

(HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’, ELOHIEM beteken “GOD”)

Die openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID

–as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans ge-noem “DIE HEILIGE GEES”)

–is ook op hierdie web werf.

(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH”

en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesieë:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva]

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.

Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou hande gedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,

jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK IS YAHVEH: dit is MY NAAM;

en MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jes 42:8

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg vir diegene wat spot:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag

en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH

teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

-2 Kronieke 36:16

Asook die volgende in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag — om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore was. Moenie MY gesalfdes aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong sou uitskeur!

(Profesie 128)

* * * * * * *

Elisheva: Ek was deur die Hemel geleer hoe om die NAAM te spel van die HEILIGE GEES. SY dra die NAAM VAN YAH in HAAR NAAM net soos YAHUSHUA want SY is die WOLK VAN HEERLIKHEID rondom ABBA YAHUVEH en SY is ook MEDE-SKEPPER saam met ABBA YAH YAHUSHUA. Dit is waarom ons HAAR NAAM spel as – SHKINYAH. SY bring altyd HEERLIKHEID aan ABBA YAH YAHUSHUA!

* * * * * * *

Daar is GEEN ander MIDDELAAR voor die Troon nie behalwe YAHUSHUA en alleenlik deur SY NAAM en alleenlik deur SY BLOED OFFER, wat die NUWE BLOED VERBOND genoem word, is daar REDDING.

—Die HEILIGE GEES in Profesie 90

* * * * * * *

MOENIE die VALS “Hemel-Koningin” Aanbid nie!

Daar is demoon godinne, soos Ashtoreth wie se volgelinge beweer die “Hemelko-ningin” is. Ons aanbid nie enige demoon godinne soos sommige van ons vyande ons beskuldig nie! Die vals “koningin van die Hemel” is NIE van YAHUVEH GOD af nie maar van die duiwel! Hierdie is NIE Die HEILIGE GEES, DERDE PERSOON van Die HEILIGE DRIE-EENHEID nie, maar ‘n bespotting deur die duiwel omrede die duiwel alles naboots wat YAHUVEH GOD doen!

Asseblief moenie Profesieë 90 en 93 wanneer die HEILIGE GEES (in Hebreeus RUACH HA KODESH) na HAARSELF verwys as “DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN” verwar met hierdie vals-godin aanbidding nie! Ons aanbid NIE die vals godin Ashtoreth of ENIGE ander vals Hemel koningin nie! Ons aanbid YAHUVEH GOD, REDDER YAHUSHUA (JESUS) RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), ook bekend as die WARE HEMELKONINGIN. GOD DIE VADER, SEUN en HEILIGE GEES is die SOEWEREINE HEERSERS van beide die Koninkryk van God die HEMEL. Die HEILIGE GEES as vroulik sal dus beskryf word as die “KONINGIN” eerder as KONING VAN DIE HEMEL. As Vroulik, IS SY Die “WARE HEMELKONINGIN”

Die Storie Agter Profesie 90

Geskryf Augustus 2007

Ek bid dat die haat-boodskappe nie sal kom van diegene met ‘n gees van ‘n Fariseër nie, diegene wat ‘n godsdiens het en nie ‘n verhouding met YAHUVEH YAHUSHUA nie en geen idee het wat die Salwing is nie.

Ek weet ek was gesalf as ‘n Heilige Profeet en dit is nie ‘n gewildheids-kompetisie nie anders sou ek verloor, YAHUSHUA het dit vir my gesê lank gelede. Die vals profete is diegene wat net goeie boodskappe bring sodat hulle nie sal aanstoot gee nie. Bid asseblief vir hierdie Bediening en vir my en almal wat helpers en vennote daarin is, en hierdie sluit die Bruid van YAHUSHUA in.

Asseblief, Bruid van YAHUSHUA, skryf en stel julself bekend, ons sal uiteindelik julle land besoek en as julle byeenkomste wil hou saam met ons, laat ons mekaar leer ken. Een van my grootste belonings op hierdie aarde is om die Heilige Bruid te leer ken van YAHUSHUA, diegene wat YAHUVEH YAHUSHUA waarlik liefhet en gehoorsaam en HULLE eerste stel in hulle lewe en liefde.

Hierdie Woord het na vore gekom omdat ek begin bid het en soek het na die Naam van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Die RUACH HA KODESH is ‘n titel, ‘n beskrywing van ‘n werk. Maar dit is nie die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) se NAAM nie.

Ek het op die webblad ‘n droom geplaas wat ek noem: Die Banket Tafel Droom “The Banquet Table Dream”. Ek sal nooit vergeet hoeveel liefde die pragtige ouer vrou by die tafel vir my gehad het nie. Sy was absoluut beeldskoon, sonder ’n lyntjie of ’n plooi op haar gesig tog het ek onderskei dat sy ‘n ouer vrou was. Sy het pragtige lang, wit golwende hare gehad teen haar rug af. Sy het my liefgehad en lief met die liefde van ‘n toegewyde moeder. Dit wys in haar oë en gesig. Ek kan voel hoeveel sy my koester. In die droom het ek my kop liefdevol op haar skouer gerus.

Elisheva Eliyahu

Augustus 2007

DIE BANKET TAFEL DROOM

Ontvang 16 April 1999.

Die Openbaring van hierdie droom het gekom op presies dieselfde maand en dag,

16 April 2002, drie jaar later!

Ek het ‘n droom gehad dat ek in ‘n baie groot vertrek gesit het. Ek het gevoel of dit in Israel was. Ek weet dit was nie in Amerika nie. Ek het by ‘n pragtige tafel gesit met ‘n linne tafeldoek en pragtig versierde tafeldekor op die tafel met die mooiste opdienborde en silwerware wat ek nog ooit gesien het. Maar, geen kos was op die tafel nie. Ek het aan tafel gesit langs ‘n pragtige ouer vrou en ek het my kop teen haar skouer gerus terwyl ek haar moederlike liefde gevoel het.

Daar was ook ‘n ouer man in die vertrek en Hy het flussies vir my gesê alles op die tafel was reeds geseën, selfs die tafeldoek en die silwerware! Alles was gereed. Ons het net vir die gaste gewag vernaamlik vir ‘n persoon of persone, ek was nie seker nie, afkomstig van waar die spesiale druiwe gegroei het wat gebruik was om die wyn te maak. Die woord Kiersk of Kierska was op die bottel geskryf. Die ouer man het wit hare gehad en was soos ‘n liefdevolle Vader vir my gewees en Hy het die bottel vir my gewys.

Aan die ander kant van die wyn was ‘n toegedraaide servet waarop ek ‘n vrugtemandjie geborduur het gevul met groot pers druiwe aan ‘n wingerdstok. Die druiwe was baie groot en baie kleurvol. Dit was asof hierdie servet wat ek geborduur het op ‘n ereplek was en ek het dit vir my goeie vriend gewys wat saam met my aan die tafel gesit het. Ek het nog nooit voorheen borduur nie.

Die vrou teen wie ek geleun het, het ek baie na aangevoel, soos ‘n Moeder figuur. Die man was soos ‘n Vader figuur. Ek het veilig en verseker gevoel in daardie plek en baie geliefd. Ek was beїndruk en ek het opgemerk teenoor my vriend dat alles wat vir daardie aandete gebruik word reeds geseën was!

Die kombuis het ‘n groot opening gehad waardeur ons kon inkyk, maar was steeds afgeslote rondom. Borde kon in-en-uit aangegee word en ons kon inkyk, maar ek het niemand in die kombuis gesien nie. Die ingang kombuis toe was na regs. Die opening wat in die kombuis inkyk was reg voor ons tafel gewees. Ons het net vir die gaste gewag, vernaamlik diegene wat afkomstig was van die plek waar die Nuwe Wyn, wat onoopgemaak was, gemaak was. Ons het vir hierdie persoon of persone gewag om eers te arriveer.

Einde van droom

E-pos Bevestiging:

Liewe [Elisheva]

Jou droom waarvan jy my vertel het, voel ek gaan oor die Bruilofsmaal van die LAM!!!! Die sleutel daartoe was die tafel wat geseën was voor die kos daarop was, en die “servet” wat jy borduur het.

Almal sal dade hê wat hulle aanbied voor die HERE maar hulle is soos smerige lappe, maar vir jou [Elisheva], het YAHUSHUA geseën en het jou lappie geseën en ‘n servet daarvan gemaak.

Borduurwerk is ‘n tipe weeftegniek en weefwerk is soos ‘n netwerk en die prentjie daarop stel tyd, moeite en die versorging voor van iets. Ek glo die servet stel julle webwerwe voor. Ek glo ook dat die kombuis die Hemel kan voorstel en dat die eetkamer ‘n ander plek voorstel. Want dit wil voorkom dat daar nog werk sal wees om te doen voordat ons die Hemel binnegaan dit is hoekom jy in hierdie vertrek is.

YAHUSHUA het ook gesê dat HY nie wyn sal drink tot SY wederkoms nie, kan dit wees dat dit is waar hierdie wyn vandaan sal kom? Dis omtrent al wat ek weet op hierdie oomblik. (Mat. 22:1-14)

Naam weerhou (op versoek van afsender)

Openbaring van die Banket-Tafel Droom

16 April 2002

Op 16 April 2002 8 nm. gedurende Bybelstudie, het ABBA YAHUVEH vir my hierdie verdere openbaring gegee oor Die Banket-Tafel Droom wat ek destyds gehad het op die presiese datum, in 1999.

Kierska is Khersa (Kursi), 'n Dorp naby aan die Oostelike kus van die See van Galilea.

Ek het gewag vir die openbaring van waar hierdie plek is want hierdie is die twee gaste waarvoor ek gewag het wat Nuwe Wyn saam met hulle bring. Hierdie twee gaste kom direk voor die Bruilofs-maal van die LAM.

YAHUSHUA deel nou die openbaring om hierdie twee manne navore te roep wat profete is en dat ek in my droom op hierdie twee manne wag wat die nuwe wyn het en hulle kom van die land waar die nuwe wyn gemaak word (KHERSA).

Ons is baie opgewonde, want dit bewys hoe naby ons is aan die Bruilofsmaal van die LAM is en die koms van YAHUSHUA vir SY Bruid!

Onthou, ons wag vir ‘n persoon of persone wat van Kiersk of Kierska af kom waar die wyn gebottel word en op ‘n rak staan. Hierdie plek is waar die druiwe vandaan kom en die wyn vandaan kom. Die persoon/persone wat kom waar die wyn vandaan kom is baie spesiaal. Ek het die naam gesien op die wynbottel. As julle weet of bekend is hiermee, kontak asb hierdie Bediening.

Bygevoeg 27 Augustus 2007 – met vrystelling van Profesie 90

Ek het ook altyd gewonder watter vrou my so lief kon hê in hierdie droom. In hierdie wêreld het ek nooit ‘n vrouefiguur gehad wat vir my raadgegee het soos ‘n moeder nie. Ek het nooit die aardse liefde geken van ‘n moeder of selfs ‘n tannie of ouma nie. In dieselfde droom het ek ‘n vader figuur gehad, ook met wit hare, wat my so liefgehad het. Hy het met trots die weefwerk van kuns wat ek gedoen het tentoongestel teen ‘n muur voor die banket tafel sodat almal in staat sou wees om dit te sien. In hierdie wêreld het ek nooit ‘n mans figuur as ‘n vader gehad nie, of enige liefdevolle verhouding met ‘n man nie behalwe my geliefde broers in YAHUSHUA wat ek weet deur beproewing getoets en trou bewys was.

So wie is hierdie vrou in die Hemel? Haar liefde was so oorweldigend en so werklik dat ek dit selfs op ‘n groter manier om my gevoel het sedert daardie droom. Ek is nie meer bedroef dat ek nooit geweet het hoe dit is om ‘n liefdevolle moeder en vader te hê nie. Ek weet in die Hemel het ek die grootste liefde van ‘n moeder en ‘n vader as wat enige iemand ooit voor kan hoop. Maar wie is hierdie vrou? My aardse biologiese moeder is in die hel, sonder enige twyfel. Sy het my net haat en mishandeling gegee. So wie is hierdie liefdevolle moeder in die Hemel?

* * * * * * *

Ek het nou die antwoord. Nou het ek julle gebede nodig om my die dapperheid te gee om dit (Profesie 90) voort te spreek, want die georganiseerde kerke gaan baie kwaad wees en selfs diegene wat die mensgemaakte leerstellings en verkeerd vertaalde skrifte in die Nuwe Testament geglo het sal my ‘n vals profeet noem, en tog weet ek dat ek weet dat ek weet, dat ek ‘n geheim gegee was direk van die Hemel se Troon af.

Die Bybel sê “YAHUVEH doen niks sonder om SY plan bekend te maak aan SY dienaars die Profete nie” (Amos 3:7) Nou is ek geëerd om hierdie geheim te deel met diegene wat die stem sal herken van die RUACH HA KODESH. Hierdie mag die mees kontroversiële Profesie wees wat tot dusver vrygestel was. Maar ek doen dit in gehoorsaamheid sodat ander wat ook bedroef was oor die gebrek aan ’n liefdevolle moeder-kind verhouding sal besef as hulle YAHUSHUA aangeneem het, het hulle dit nog al die tyd gehad. Niemand het hierdie vir my geleer nie. Waarlik is dit ‘n openbaring direk uit die Hemel.

* * * * * * *

In Spreuke Psalms weet julle dat Wysheid ‘n “Sy” genoem word? Sonder enige verdere huiwering, laat ek verduidelik hoe het ek die NAAM geleer van die KOSBARE RUACH HA KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES. Hier kom die medeling van die intiemste geheim wat ooit aan my vrygestel was en tog ook die mees geseënde een tot dusver...

Sover dit Profesie 90 aanbetref, het dit alles begin toe ek besig was om ‘n bad te neem voor ons Suid Afrika verlaat het. Ons het in Port Alfred gewoon teen die see toe hierdie geestelike gebeurtenis plaasgevind het. Ek het alleen gebid en vir ABBA YAHUVEH gevra in die Naam van YAHUSHUA, “Wat is die Naam van die RUACH HA KODESH buiten die 'Naam' “HEILIGE GEES?” Ek het gebid en gesê, “ABBA YAHUVEH, U het U NAAM geopenbaar. YAHUSHUA U het U NAAM geopenbaar maar het die HEILIGE GEES ook ‘n NAAM—of is dit ‘n titel of ‘n werks beskrywing?”

Ek was besig om ‘n jacuzzi bad te neem. Ek het nog altyd gevind dat die borrelende water van 'n spuit-toegeruste bad, die Lewende Water simboliseer en vra altyd vir die Heilige engele om die water te roer soos in die Tye van Ouds. (Joh. 5:4) Baie keer ontvang ek ‘n groter Salwing terwyl ek bad en aanbid en liedere sing van lofprysing. Profetiese Boodskappe Openbarings het na vore gekom en selde bad ek sonder om te bid, sing en YAHUVEH YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH te loof. Daar is ‘n intimiteit met ons ABBA YAHUVEH wat ek so intens voel terwyl ek liedere sing van lofprysing en aanbidding wat uit my hart kom, tot AL DRIE van HULLE.

(En later terwyl ek die antwoord gesoek het vir bevestiging van die vraag. "Wat is die Naam van die KOSBARE RUACH HA KODESH?" Het ek ‘n skatkis ontdek in die Hebreeus Aramese vertalings en die boek van Wysheid gelees “Book of Wisdom”, wat geїgnoreer was omdat King James dit nie goedgekeur het om in die Bybel ingesluit te word nie. Moenie alleenlik staatmaak op dit wat die Romeine geskryf het nie. Ondersoek en bewys jouself as beproef. (2 Tim. 2:15.)

* * * * * * *

Ek wil hier sê, dat die volgende Profesie een van vele is wat aan my gegee was wat nog nie op ons webwerf geplaas is by tye van hierdie skrywe nie. Soveel gaan agter die skerms aan. Ons was baie besig gehou in Suid Afrika en word steeds terwyl ons deur die wêreld reis. Op geen manier voel ek waardig genoeg om die eer te ontvang het om julle voor te stel aan die NAAM van die HEILIGE GEES nie. Dit is ‘n eer om ‘n Profeet genoem te word en tog is dit ’n baie skrikwekkende ding ook. Ek word aanspreeklik gehou vir wat ek sê en wat ek nie sê nie.

Nou stel ek hierdie Woord vry soos voorgeskryf deur die RUACH HA KODESH. Al wat ek vir julle vra om te doen is om die tyd te neem en dit meer as een keer te lees en vir diegene wat die Stem hoor van die RUACH HA KODESH vir wie ek nou MAMMA WYSHEID of MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID noem, as jy HAAR Stem hoor skryf asseblief vir my. Onderrig asseblief ander, selfs al verwerp hulle jou vir die doen daarvan. Bestudeer asseblief al die bewyse wat ek tot dusver bymekaar gemaak het. Bestudeer dit en sien, ek spreek nie enige iets voort wat nie in die Skrifte gevind kan word nie. Net die vertalers van die Nuwe Testament het die “SY” na ‘n “HY” verander.

Hierdie Openbaring was eerste in Suid Afrika aan my vrygestel, maar ek het gewag totdat daar meer bevestiging vir my gegee was uit die Hemel, oor wanneer om dit vry te stel. Ek het gebid oor wanneer om hierdie Boodskap vry te stel meer as vir enige tot dusver as gevolg van die haat wat teen my uitgespoeg sal word van diegene wat beweer hulle is Christene en volgelinge van YAHUSHUA en tog deur hul vrugte weet julle dat hulle net ‘n vorm van goddelikheid het en geen GODDELIKHEID van binne nie. (2 Tim. 3:5)

Die georganiseerde Kerke sal hul tande kners in woede want hulle is nie geinteresseerd in die Waarheid Openbarings gegee aan ‘n Heilige vroue Profeet nie. Daar sal die opregtes wees wat net die verkeerde vertalings sal wil aanhaal van waar dit geskryf is in die Nuwe Testament die HEILIGE GEES word ‘n “HY” genoem.

Is dit nodig dat ek julle herinner hoe die trots van ‘n man meer as een keer intree wanneer dit kom by die vroulike geslag van die Heilige Skrifte en diegene wat die Heilige Skrifte vertaal het bevooroordeeld was teenoor enige geestelike vroue leier?

* * * * * * *

Selfs al was hierdie Profesie vir my gegee op die 27ste Februarie 2007, was ek nie aangesê om dit vry te stel nie tot 27 Augustus 2007. Ek wil hê julle moet weet dat slegs ‘n handjievol mense geweet het van hierdie Profesie.

Ek het doelbewus gewag en was dankbaar elke dag wat ek hierdie Profetiese boodskap nie hoef vry te gestel het nie, want, om die waarheid te sê, hou niemand daarvan om verwerp of verbaal verguis te word nie, veral deur Christene wat beweer dat hulle dieselfde MESSIAS aanbid as ons, maar hulle noem HOM ‘JESUS Christus’ en ons noem HOM op SY Hebreeuse en Aramese NAAM, YAHUSHUA of YAHSHUA, afhangende met wie jy praat.

Aan my vyande en diegene wat in jaloesie sal opstaan en sê “Hoekom sal die RUACH HA KODESH jou kies om hierdie boodskap te gee? “ – hierdie is ‘n goeie vraag. Ek is seker enige Profeet kon dieselfde gedoen het. Ek weet net ek was gekies en soveel as wat my vlees nie uitsien na die haat gevulde woorde wat in my rigting gemik sal word nie, weet ek ook dat ek nie die KOSBARE RUACH HA KODESH YAHUVEH kan faal nie.

‘n Klompie het vir my gevra, “hoe lank nog voordat jy die Profesie vrystel?”

Ek het gesê, "Ek weet wat die datum is, maar eers moet ek meer Skrif hê om hierdie te rugsteun." Nou is 27 Augustus 2007 die dag wat die Hemel gekies het vir die geboorte van hierdie Profesie vrystelling en geboorte van die nuwe web-ontwerp op die Bedienings webwerf. Dink net my verbasing terwyl ek nou tik, steeds in Europa en die datum sien waarop hierdie Profesie gegee was, 27 Februarie 2007, en Profesie 89 op 27 Januarie 2007 is. Al drie datums was op die 27ste van die maand.

* * * * * * *

Die Hebreeuse woord ruach (Aramese rucha) is taalkundig vroulik so ook die sinsnede RUACH HA KODESH RUACH ha KADOSH. In Profesie 90 gebruik DIE HEILIGE GEES SELF, “RUACH HA KODESH” as een van HAAR Name. Ruach beteken “gees”, “wind”, “asem” of “lug” die Griekse ekwivalent is pneuma en die Latyns is spiritus.

In Johannes 14:16 word die RUACH HA KODESH se rol deur YAHUSHUA beskryf as die “TROOSTER” en die identifikasie van die “TROOSTER” met YAH wat optree as 'n “moeder” lees ons in Jesaja 66:13 “EK sal julle vertroos in Jerusalem, soos ‘n moeder haar kind vertroos” Meer nog, is daar baie skrifgedeeltes waarin die Peshitta Bybel self die RUACH HA KODESH verbind met vroulike werkwoorde /of vroulike veranderlikes. As’t ware begin die Peshitta Aramees van Romeine 8:16 met die woorde: “En SY, die RUACH getuig met ons gees”

* * * * * * *

YAHUSHUA dui ook aan dat DIE GEES vroulik is. In antwoord op 'n vraag deur Nikodemus wat gevra het. “Hoe kan 'n mens as hy oud is gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?” (Johannes 3:4), sê YAHUSHUA, “As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die Koninkryk van ELOHIEM kom nie. Wat uit vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees” (Johannes 3:5-6).

Wanneer YAHUSHUA antwoord, erken HY dat HY ook deur die Gees gebore was. HY sê dat HY nie altyd vlees was nie, maar HY was GEES voordat HY Aarde toe gekom het, was HY nie? So daarom, het die Openbaring skielik na my toe gekom terwyl ek hierdie weer gelees het voor die plasing daarvan. YAHUSHUA erken dat HY ook deur GEES gebore moes word en natuurlik sou dit moes beteken die EEN wat die “HEILIGE GEES” is. Daar is net DRIE in die HEILIGE DRIE-EENHEID, is daar nie? HEILIGE VADER “YAHUVEH”, HEILIGE SEUN “YAHUSHUA” HEILIGE GEES, in Hebreeus genoem die “RUACH HA KODESH.”

Wat was ons voor ons vlees geword het? Toe ons in die Hemel geskape was moes ons geestelike wesens gewees het, by gebrek aan beter woorde. Die Skrifte sê, “Vlees en bloed kan nie in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie” (1 Kor. 15:50) Hoe was ons dus in die Hemel geskape?

* * * * * * *

Ek glo hierdie is 'n Profesie waar die RUACH HA KODESH voortspreek en sommige antwoorde gee op 'n manier wat ek nooit vantevore gehoor het nie. Ek glo hierdie kennis sal hierdie wêreld geestelik en fisies skud. Ek glo dat die ware Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH geestelike oë sal hê om te sien en geestelike ore om te hoor.

Hierdie Woord uit die Hemel het vir my soveel vrede en blydskap gegee, ek is nou geëerd om dit te deel met my Heilige broers en susters.

Ek was profeterend op die internet vanaf 1995 en die vrugte van hierdie Bediening het bewys dit is goed. Wanneer jy al die reddingsverslae lees sal jy sien hoe vêr reikend hierdie Bediening is. Ek is nie 'n “fly-by-night” Profeet wat die nuus kopieer en beweer dit is Profesie nie. Wanneer julle nie 'n nuwe Profesie hoor na vore kom na ’n sekere tyd nie is dit omdat ek wag vir die regte tydsberekening vir YAHUVEH om te sê, "Stel die Woord vry!" Ek gehoorsaam net.

Ek erken toe hierdie Woord aan my vrygestel was, was ek stomgeslaan. Ek het nog nooit so iets gehoor nie. Toe gaan delf ek in die Heilige Manuskripte en het bewyse gevind selfs in die KJV Bybel.

Ek sluit ’n paar skrifgedeeltes in vir julle om aan te kou. Ek erken hierdie is sterk geestelike vleis en nie vir die swakkeres in geloof nie.

Adam was nie verwek nie; hy was uit stof gevorm. Eva was nie verwek nie; sy was uit Adam se ribbebeen gevorm. Adam en Eva se kinders was gebore en hulle was verwek deur normale geboorte proses. YAHUSHUA was verwek maar in die Hemel nie op die Aarde nie, Hoe? Moenie my vra nie, hierdie is alles nuut vir my ook. Ons weet Maria was steeds 'n maagd toe sy swanger geraak het. Volg julle reeds wat ek sê? Hierdie is sterk geestelike vleis. Gaan julle dit verteer en daaraan kou of na my toe terugspoeg? Dit is julle keuse!

Hey, ek is nie slim genoeg om al die dinge uit te dink nie. Ek het net hoërskool opleiding so julle kan my nie een van daardie hoogsgeleerde dwase noem nie. Hierdie is waarlik 'n Openbaring uit die Hemel en ek bid dat jy daardeur geseën sal wees soos ek is asook al die ander waarmee ek hierdie gedeel het. Jy sal nooit weer alleen voel nie selfs al is jy 'n weeskind soos ek. (Volgens die Miriam-Webster verklarende woordeboek beteken die woord verwek “om as vader/heer voort te plant.” In Grieks is die woord “verwek” “apokueo”. Dit kom van die woord “kuo” of “kueo” wat swanger beteken. Daarom beteken die woord “apokueo” om “uit die moederskoot te kom” of “om geboorte te gee” bedoelende ’n verwekking van lewe.)

* * * * * * *

Miskien is die eerste argument wat aangebied kan word ter ondersteuning van die vroulike geslag van die HEILIGE GEES HAAR assosiasie met die “GEES VAN WYSHEID” uit Eksodus 28:3, Efesiërs 1:17. In beide die Ou Nuwe Testamente, word WYSHEID dikwels verpersoonlik in die vroulike geslag. Die WYSHEID het HAAR huis gebou, HAAR sewe pilare uitgekap (Spreuke 9:1).

Spreuke hoofstukke 8 en 9 is inder waarheid ’n uitgebreide sinnebeeld van WYSHEID verwys as 'n vrou. In Matteus 11:19, Lukas 7:35 lees ons "WYSHEID word geken deur haar kinders." In Lukas 11:49 “Daarom het die WYSHEID van YAH gesê, EK sal profete en apostels na hulle toe stuur..." In hierdie skrifgedeelte stel Die HEER WYSHEID gelyk met DIE HEILIGE GEES WAT GODDELIKE INSPIRASIE voorsien het aan diegene wat die Skrifte geskryf het (2 Petrus 1:21) ter afleiding dat die HEILIGE GEES en GEES VAN WYSHEID EEN is.

Die Ou Testamentiese Woord vir Wysheid is hokmah, wat die vroulike einde het. Wysheid in Grieks is “Sophia”, 'n vroue naam. So veral wanneer jy die KJV Bybel lees, waar die Nuwe Testament na Engels vertaal was uit Grieks, moet Wysheid as “Sophia” vertaal word. Wat was die doel dat vertalers dit nie bygesit het nie? In hierdie Eindtye word die Waarheid wat versteek was geopenbaar. En nou uit die boek

Wisdom of Solomon:

(Net in Engels beskikbaar)

WISDOM will never enter the soul of a wrong-doer […] for the HOLY SPIRIT OF INSTRUCTION flees deceitfulness (1:4-5)

WISDOM[—]within HER is a SPIRIT INTELLIGENT, HOLY (7:21-22)

For WISDOM […] is so pure, SHE pervades and permeates all things. SHE is a BREATH OF THE POWER OF GOD, PURE EMANATION OF THE GLORY OF THE ALMIGHTY (7:24-25)

SHE can do everything; HERSELF unchanging, SHE renews the world, and, generation after generation, passing into Holy souls, SHE makes them into GOD’S Friends Prophets (7:27)

And who could ever have known YOUR Will, had YOU not given WISDOM and sent YOUR HOLY SPIRIT from above? (9:17)

YAHUSHUA assosieer die “GEES VAN WAARHEID” met DIE HEILIGE GEES. (Johannes 16:13) WYSHEID (Sophia) en die HEILIGE GEES deel identiese rolle. (1 Korintiërs 2:7-11; Romeine 5:5; 1 Johannes 5:6-7, KJV) As dit nie was vir die manlike partydigheid teen vroue deur latere teoloë nie, sou die Kerk steeds die assosiasies in die Ou Testament gesien het as beskrywings van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES).

* * * * * * *

Die tweede argument wat as bewys aangebied kan word vir die vroulike geslag van die HEILIGE GEES word gevind in die einste woorde toegeskryf aan YAHUVEH en die HEILIGE GEES.

Die Woord vir GOD in die Hebreeuse taal is “ELOHIEM”. Meeste leerlinge erken dat hierdie woord ’n meervouds-einde het wat sommige gebruik om ’n Ou-Testamentiese afwagting te suggereer van die HEILIGE DRIE EENHEID. Wat meeste leerlinge óf nie weet nie of nie omgee om hulle kiesers in te lig nie, is dat die woord “ELOHIEM” nie die meervoud is van die woord “EL” die manlike vorm van die woord nie. Dit is die meervoud van die vroulike “ELOAH”. Die woord ELOHIEM sou beide manlike geslag sowel as vroulike geslag geassosieer hê daarmee. Ons SKEPPERS sal van beide geslagte wees en natuurlik weet ons volgens Genesis dat die RUACH HA KODESH sowel as YAHUSHUA saam met YAHUVEH gewerk het om hierdie Aarde te skep:

“ELOHIEM het die mens geskape na SY beeld; na die beeld van ELOHIEM het HY hom geskape, man en vrou het HY hulle geskape.” (Genesis 1:27)

Hierdie dui aan dat beide geslagte bestaan in DIE GODHEID. Dat die HEILIGE GEES toegewese verteenwoordiging is van die vroulike beginsel word verder ondersteun deur die Hebreeuse woord vir Gees “Ruach” ‘n vroulike woord.

Ek haal nou vir Jerome aan, die outeur van die "Latin Vulgate" (Ek erken dat ek nog nie die "Latin Vulgate" gelees het nie, maar ek het dit gevind deur ondersoek nadat die Profesie aan my gegee was.) Jerome se kommentaar oor Jesaiah 11:

“In die Evangelie van die Hebreërs wat die Nasareners lees sê dit, “…Just now MY MOTHER, THE HOLY SPIRIT, took ME...” Niemand behoort nou aanstoot te neem hieroor nie, want “gees” in Hebreeus is vroulik, terwyl dit in ons taal [Latyns] manlik is en in Grieks is dit neutraal. In goddelikheid, egter, is daar geen geslag nie.”

Hierdie verduideliking bevat ’n verstommende erkenning deur Jerome– ‘n groter ortodokse figuur kan jy jou nie indink nie–dat die Hebreeuse woord vir Gees “Ruach” vroulik is. Dit beteken dat vir die 1ste Eeuse Christene – wat grootliks te werk gegaan het in die Aramese wêreld; (Paulus se kerke was klein in vergelyking met hierdie kerke) – was die RUACH HA KODESH 'n Vroulike Figuur. Dit het verlore gegaan in die vertaling van die Woord uit Hebreeus na Grieks, en toe was dit verander na 'n manlike geslag toe die woord uit Grieks na Latyns vertaal was.

* * * * * * *

Ten slotte, lei teologiese partydigheid Christene om te glo dat geslags-onderskeid onbelangrik is, veronderstellend dat daar geen geslag in GOD is nie en dat dit dus nie van belang is nie en tog word die manlike geslag altyd verkies. Met baie eeue van hierdie optrede deur Christen leiers, mensgemaakte leerstellings en idees, wil ek die Waarheid hê en bid vir niks anders nie as net die waarheid van YAHUVEH af. Ek dink dit maak saak. Ons word nie toegelaat om een “jota of letterdeel” van die Wet te verander nie, (Mat. 5:18) en as GOD beskryf word as 'n “WESE” omvattend van beide die manlike en vroulike geslagte, dan is ons dwaas om hierdie feit weg te steek in ons vertalings van die Heilige Skrif.

* * * * * * *

Dink aan 'n gesin en waaruit dit bestaan - ek bedoel nie dieselfde-geslag nonsens van Sodom en Gomorra-era wat hierdie wêreld nou beleef nie. Glo my, YAHUVEH sal nie bespot word vir lank nie. Net soos Sodom en Gomorra gemaai het wat destyds gesaai was, so sal dit weer wees met diegene wat hierdie dinge goedkeur en doen.

'n Gesin moet bestaan uit 'n vader, moeder en kinders. Dit is wat ek hoor van YAHUVEH en spreek dit voort, “EK YAHUVEH het ‘n leeuwyfie gemaak om net geboorte te gee aan ‘n leeu en 'n vrou kan net geboorte gee aan 'n mens.” Sal dit dan nie standhou om te redeneer dat slegs GOD geboorte kan gee aan 'n GOD nie?” YAHUSHUA IS DIE ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH (Joh. 3:16)! So WIE is die HEMELSE MOEDER wat swanger was met YAHUSHUA? Is dit dan die Geheim van wat dit beteken om “gebore” te wees deur die RUACH HA KODESH?

Die RUACH HA KODESH is GEES, dan word iemand gees wat deur HAAR wedergebore word en die RUACH HA KODESH leef binne-in ons liggame totdat ons sterf of weggeraap word Hemel toe, watter een ookal eerste gebeur. Dit is die RUACH HA KODESH met HAAR Ewige Natuur waarna hierdie Skrif verwys. “om eerder uit die liggaam uit te woon en by die MEESTER in te woon” (2 Kor. 5:8).

Ek het hierdie Openbaring ontvang toe ek besig was om bewyse te prober kry vir die nuutste Woord van Profesie 90. Die Skrif sê, “want die letter maak dood, maar die GEES maak lewend” (2 Kor. 3:6). Hierdie nuwe verhouding tussen mense en die RUACH HA KODESH is een van die dinge wat 'n persoon identifiseer wanneer hulle wedergebore word.

Aan diegene wat my sal probeer brandmerk as 'n vals profeet, doen julle eie navorsing. Ondersoek en bewys jouself as beproef. Elke Hebreër weet in Hebreeus is “Ruach” nie ’n manlike naam nie. Sê julle vir my, waarom word “WYSHEID” in die Heilige Skrif, selfs in die KJV 'n SY genoem? Is die RUACH HA KODESH nie “ALGEHELE WYSHEID” nie?

Ek het Gesit op PAPPA YAHUVEH se Skoot!

HEMELSE VADER se Liefde

Bygevoeg 20 Junie 2010

Op 20 Junie 2010 het ek met ABBA YAHUVEH gepraat en op SY Skoot gesit – en net soos ek my kop gerus het op die Skouer van 'n MOEDERLIKE FIGUUR soos Spreuke se “MOEDER WYSHEID” in die Banket-Tafel Droom – het ek ook my kop gelê op die Skouer van ABBA YAHUVEH, my Hemelse VADER. Ek wil dit hier deel omdat hierdie gebeur het op ’n tydstip waar ek hewig vervolg was en baie daarvan was omdat ek gebrandmerk was as vals vir die vrystelling van Profesie 89 en 90.

Ontmoeting

Alhoewel ek geslaap het, weet ek dat hierdie nie ‘n “droom” was in die gewone sin van die woord nie. Want ek weet dit was realiteit. Dit het alles begin toe ek gebid en hard-op uitgeroep het tot YAHUVEH oor die nuutste beswadderende leuens wat die vyande vertel met die doel om die skape en lammers weg te jaag van hierdie Bediening af. My emosies kon niks meer hanteer nie. Ek het in ‘n harde stem gesê:

ABBA YAHUVEH in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, VAT MY ASB HUIS TOE HEMEL TOE! EK WIL NIE MEER OP HIERDIE AARDE WEES NIE! EK VRA NIE OM DOOD TE GAAN NIE, EK WIL NET HUIS TOE GAAN SOOS U vir Elia van Ouds GENEEM HET! HIERDIE WÊRELD IS SO SMERIG EN EK VRA NIE OM DOOD TE GAAN NIE (MAAR) OMDAT EK NOOIT WIL HÊ DAT MY LIGGAAM, WAT HEILIG VIR U GELEEF HET, OP HIERDIE SMERIGE AARDE BEGRAWE MOET WORD NIE.

Toe, het ek gekyk na ‘n figuur wat soos ‘n baie groot man gelyk het maar ek het nooit SY GESIG gesien nie. En tog weet ek dit was ABBA YAHUVEH! Hy het gesit in die gestoffeerde stoel oorkant my in my slaapkamer! Ek kan dit nie verduidelik nie want ek weet dat ABBA YAHUVEH die aarde gebruik as SY voetstoel so HY kon vir seker nie in daardie stoel of in hierdie huis inpas nie en tog het HY na my toe gekom op hierdie manier.

HY het gesê: “Kom hier” in ‘n streng stemtoon. Ek was bang dat ek iets verkeerd gesê het en ek het nie na HOM toe gegaan nie. In plaas daarvan het ek eerder onthou hoedat Job in die moeilikheid gekom het omdat hy YAH bevraagteken het.

Toe het HY SY Arms uitgestrek en in ‘n sagter stem gesê: “EK het gesê kom hier”. En soos ‘n klein kindjie het ek na my PAPPA toe gegaan en op SY Skoot gaan sit. En ek het net begin om my hart uit te stort oor al die redes hoekom ek nie meer op hierdie aarde wou wees nie. Ek het vir HOM gesê dat ek moeg was en ek het al my frustrasies net eenvoudig laat uitkom. Dit het gevoel of ek dit doen sonder om een keer asem te haal. Ek het so vinnig gepraat.

Ek onthou net die LIG rondom die figuur van my ABBA YAH en die witheid van die Hare, maar ek kon nie SY GESIG sien nie.

Toe het HY SY Hand gevat, sonder om ‘n woord te sê, en het my kop op SY Skouer gelê…Toe ek wakker word het ek soveel BLYDSKAP gehad want ek het geweet dit was meer as net ‘n droom. Ek weet dat ek op ABBA YAH se Skoot gesit het.

Einde van Ontmoeting.

Ek het so depressief aan die slaap geraak omdat hierdie vyande my so brutaal geslaan het met hul woorde en ek het wakker geword met BLYDSKAP en die hele huishouding kan getuig hiervan. Dit is hoe kragtig ons woorde is. Selfs wanneer ons uit frustrasie praat luister YAHUVEH na elke woord.

Ek weet nie of dit enige iets daarmee te doen het nie maar die skildery “One Minute To Midnight” (die skildery van ‘n Hemelse visioen waar YAHUSHUA huil en intree vir SY mense) hang teen die muur agter die stoel waar YAHUVEH gesit het. Nou is ek lief vir hierdie lelike ou stoel! Ek kyk baie maal per dag daarna en dan onthou ek altyd weer hoe lief ons HEMELSE VADER SY kinders het.

Nou weet ek dat ek nie net in die Hemel my kop op MAMMA WYSHEID, MAMMA RUACH HA KODESH se Skouer gerus het nie, maar nou ook ABBA YAHUVEH se Skouer net hier in my slaapkamer. Laat die vyande spot ek sweer op my siel hierdie is waar en net goeie vrug het voortgekom! Dit het my net aangemoedig om aan te hou en in my roeping te wandel en siele te lei na YAHUSHUA toe! Terwyl jy die volgende Profesieë lees, hou die goeie vrug in gedagte wat hulle openbaar en dat hulle altyd wys na YAHUSHUA vir REDDING.

Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu

* * * * * * *

Daar is GEEN ander MIDDELAAR voor die TROON behalwe YAHUSHUA nie. Alleenlik deur SY NAAM en alleenlik deur SY BLOED OFFER, wat die NUWE BLOED VERBOND genoem word, is daar REDDING.

—Die HEILGE GEES, in Profesie 90

* * * * * * *

Profesie 90 Begin

27 Februarie 2007

EK IS MAMMA SHKHINYAH;

EK word “WYSHEID” genoem;

In Hebreeus, die “RUACH HA KODESH”;

En ook genoem, “DIE HEILIGE GEES.”

[Elisheva], EK IS die ouer vrou se skouer waarop jy jou kop gerus het in die Hemel, in dit wat jy ‘n droom noem en tog was dit nie net ‘n droom nie dit is soveel meer. [Elisheva], onthou toe jy hierdie droom gedeel het met die wêreld en gesê het jy “weet nie wie daardie vrou was by die banket-tafel in die Hemel, wie my liefhet met so ’n oorweldigende liefde nie"?

EK gee vir jou die antwoord nou, dit was EK jou MAMMA SHKHINYAH, jou MAMMA WYSHEID. Hierdie is hoekom jy nooit weer bedroef was of die leegheid gevoel het om nooit ‘n moeder se liefde te geken het nie.

Elke baba word gebore met ‘n begeerte en ‘n behoefte na ‘n moeder en ’n vader se liefde, want alle mense word gebore as babatjies met ‘n verlange na ‘n aardse liefde en beskerming van ‘n moeder en ‘n vader. Dit is MY LIEFDE waarin jy geweek het terwyl jy gesit het by die banket-tafel in die Hemel by MY en jou Hemelse ABBA YAHUVEH, wagtend vir die ander om by jou aan te sluit.

MY LIEFDE TEENWOORDIGHEID het jou omhul, want EK IS jou HEILIGE MOEDER. EK IS DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN. Daar is geen ander nie. (satan het sy vervalsing – sy kom as ’n Jezebel en daardie gees het die meerderheid van die kerke binnegedring waar EK hulle eens op ‘n tyd Heilig genoem het. Eens op ‘n tyd was MY HEILIGE GEES, MY HEILIGE TEENWOORDIGHEID HEILIGE SALWINGSKRAG verwelkom, sowel as wat MY Heilige Profete Apostels – gesog was - maar nou word die meeste beledig en weggedryf.)

Daar is een EEN WARE HEILIGE MOEDER, en EK IS ook genoem die HEILIGE GEES. Moenie die leuens glo wat die Katolieke Kerk onderrig terwyl hulle (Maria) YAHUSHUA se aardse moeder neem en haar byvoeg as deel van die HEILIGE DRIE-EENHEID. Sy was SY aardse moeder en EK IS–SY HEMELSE MOEDER.

Daar is geen ander MIDDELAAR voor die Troon nie behalwe YAHUSHUA. Alleenlik deur SY NAAM en alleenlik deur SY BLOED-OFFER wat die NUWE BLOED VERBOND genoem word, is daar redding.

YAHUSHUA se aardse moeder het ook ‘n VERLOSSER nodig gehad. Sy was nie perfek nie, het ook nie aanspraak gemaak om te wees nie. Sy het HOM selfs “HERE” genoem. En as sy perfek was sou dit háár bloed gewees het wat geoffer was by Golgota wat ‘n sonde offer sou wees. Sy het nooit vir enige iemand gevra om haar te aanbid nie, en begeer dit ook nie. Sy wil net mense verwys hê na haar seun YAHUSHUA HA MASHIACH toe. Waarsku die Katolieke om nie haar naam aan te roep tydens hul sterwensuur nie. In plaas daarvan roep die enigste NAAM aan wat kan red, YAHUSHUA HA MASHIACH!

EK spreek hierdie Openbarings voort deur jou [Elisheva] sodat jy vir die Heilige mense sal vertel.

As hulle sal ontvang wat gespreek is in hierdie Profesie, sal hulle weer tekens, wonders en wonderwerke sien soos in die Tye van Ouds toe YAHUSHUA die aarde bewandel het – as hulle die Waarhede sal omhels van die ware Sabbat en EK bedoel nie Sondag nie!

Leer die belangrikheid daarvan om YAHUSHUA te eer deur die HEILIGE FEESTE. Vermy die heidense vakansiedae wat probeer om die plek te vat van die hemelse Heilige Dae! Gebruik die Hebreeuse HEILIGE NAME! Leef Heilig en moenie skik nie en moenie skaam wees om voort te spreek wat jy weet die waarheid is nie! Jy sal ‘n groter Salwing sien as wat jy ooit beleef het in hierdie Eind Tye!

Die Heiliges het heiliger geword en die bose het boser geword. Nou is die tyd vir ‘n groter Salwing Openbarings deur Profesieë Woorde van Kennis.

Neem nie nagmaal as vanselfsprekend nie! Dit is ‘n daaglikse wapen wat teen satan gebruik moet word terwyl jy hom herinner – hy het geen aanspraak op jou nie! Bestraf sonde en sondaars en moenie bang wees wat ander van jou dink wanneer jy voortspreek en waarsku nie. Sou jy eerder blote mense aanstoot gee of vir YAHUVEH?

Dit is so hartseer, hoe vryheid om uit te spreek teen die booshede van hierdie aarde stilgemaak word omdat so baie van MY Heilige Kinders stilbly. Een vryheid na die ander word van julle weggestroop regoor die wêreld!

Waar was die Heilige kinders in Amerika en regoor die wêreld, toe Regter Roy Moore in die minderheid was teen die heidene en die Amerikaanse regering? Hy het geveg om die klip monument te behou wat hy ontwerp en opgerig het tot eer van YAHUVEH en die Tien Gebooie ten toon stel. ‘n Regter behoort te staan vir Geregtigheid Waarheid.

Regter Roy Moore, die Hemel het jou bevorder met daardie titel en niemand kan dit van jou af wegneem nie! Jy word geëer in die Hemel vir wat jy gedoen het op 27 Augustus 2003 in Alabama. Elke traan wat jy gestort het is opgeteken in die Hemel en het gekom as ‘n soete geur tot YAHUVEH se Neusholtes as gevolg van jou liefde en lojaliteit teenoor HOM YAHUSHUA.

Diegene wat hulself opstel as regter en jurie oor jou, en die korrupte regter – wat jou promosie weggeneem het gegee aan jou deur die HEMEL, as Hoofregter van Alabama – sal proe hoe dit is om in die Poel van Vuur te swem. Almal wat deelgeneem het sal staan voor YAHUVEH DIE REGTER VAN DIE GANSE SKEPPING!

Vir al die mense wat wel gebid en ingetree het en hierdie man bemoedig het, en saam met hom gehuil het, en saam met hom bedroef was: julle trane is ook opgeteken in die Hemel. Hy het alles opgeoffer omdat hy geweier het om die Waarheid in te boet.

Hoekom het nie elke kerk regoor hierdie wêreld, vernaamlik in Alabama, en die sogenoemde “Bible belt” hierdie man ondersteun en saam met hom geprotesteer nie? EK sal vir julle sê hoekom! Julle het gevrees julle sou ook aangeval word. Julle laat jul broer in YAHUSHUA in die minderheid teen die heidene. Julle het verskonings gemaak en gesê, “Wel, hy het die wet oortree en nie die monument verwyder toe hy aangesê was om dit te doen nie.” Hoe durf julle! Julle was getoets en julle het die toets gedruip.

Hoeveel storms, droogtes, hittegolwe en vloede

sal dit verg om julle wakker te maak en te veg

vir dit wat julle weet is Heilig en reg?

Wag net tot YAHUVEH SY Voet stamp

en julle aarde bewe in vrees.

Wag net tot hongersnood, pes, siekte

julle state bedek,

en julle sal bid en vra, “Hoekom?”

Heiliges, bemoedig hom! Moenie die prys vergeet wat hy betaal het nie. Hy het gedoen wat so min van julle doen, en dit is om op te staan teen die skare en uit te spreek teen wat julle weet is boos.

Homoseksualiteit hardloop hoogty. Kinders word gebreinspoel op die ouderdom van voorskolers om te dink homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike is normaal. Wat ‘n stank in die Neusgate van YAHUVEH, het die wetlike en politieke stelsels geword. Die kerke van Babilon omhels en bemoedig hul gemeente om nie uit te spreek teen sonde of sondaars nie. Die georganiseerde Kerke laat dit wat YAHUVEH ‘n “gruwel” noem agter die preekstoele staan en hulself predikers noem.

Die klein klompie Heilige oorblyfsel in hierdie kerke word weggejaag,

of verwerp en beledig.

Die pastore lieg vir die gemeente en sê:

“Enige dag kan Sabbat wees”,

en gaan voort met die mensgemaakte Sondag.

Hulle sal binnekort ween

vir dit wat hulle sal maai...

vir die onderrigting en doen hiervan.

Onthou [Elisheva] hoe dit in die Banket-Tafel Droom” gevoel het soos realiteit? Dis omdat EK IS die EEN is wat jou Hemel toe geneem het, vir jou ’n herinnering gee van hoe dit voel terwyl jy jou kop liefdevol gelê het op MY Skouer, in wat jy nou na verwys as die “Banket-Tafel Droom.”

MY NAAM IS MAMMA SHKHINYAH,

EK IS DIE HEMELSE MOEDER SE LIEFDE

waarna jy nog altyd verlang het.

EK het hierdie gedoen om vir jou te wys dat…

jy nie ‘n moederlose kind is nie

net soos jy ook nie ‘n vaderlose kind is nie.

YAHUVEH EK is jou HEMELSE OUERS,

net soos ONS die OUERS is vir almal –

wie se name gevind word in die LAM se Boek van Lewe.

EK vertel vir jou hierdie want vir ‘n leeftyd was jy bedroef en het ‘n leë leegheid gevoel, soos ander doen, altyd soekend na ‘n aardse moeder en vader se liefde en tog was vir julle HEMELSE OUERS gegee wat julle nooit sal verlaat of versaak, of seermaak op enige manier nie.

EK vertel dit vir jou sodat ander – wat voel dat hulle dieselfde leegheid het, met ongeredde ouers wat weier om YAHUSHUA aan te neem as MASHIACH, die enigste MESSIAS – sal besef hulle ontbreek niks in YAHUSHUA nie. Hulle het beide ‘n HEMELSE VADER en ‘n HEMELSE MOEDER en ONS is GEES, (Joh. 4:24) soos alle mense was voordat hulle gebore was op Aarde. Soos dit geskryf is, onthou, “Vlees en bloed kan nie in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie” (1 Kor. 15:50)

EK deel hierdie Geheim uit die Hemel sodat diegene wat lief is vir MY GELIEFDE SEUN, YAHUSHUA, en HOM aanvaar as MESSIAS nie sal val vir die leuens van die mensgemaakte godsdienste en uitroep tot YAHUSHUA se aardse moeder, Maria, tydens hulle sterwensuur nie. In plaas daarvan, roep die NAAM aan van YAHUSHUA HA MASHIACH en bekeer en vra vir Genade. Herinner hulle aan die Heilige Skrif met YAHUSHUA se Eie Woorde gespreek in Johannes (Yohanan) 10:1-30.[12]

Geen aardse ouer se liefde kan vergelyk word met ONS Hemelse Liefde nie. EK vertel vir jou hierdie om te deel met al ONS kinders, vernaamlik diegene wat ‘n leemte het in hulle lewens nooit die liefde ken van ‘n aardse moeder of vader nie. EK praat met al diegene wat emosioneel, fisies en seksueel mishandel was en verlang het na die liefde van ‘n Heilige vader en moeder.

Aanvaar YAHUSHUA as jou MASHIACH (MESSIAS) en laat MY toe om jou op te vul met MY HEILIGE LIEFDE, TEENWOORDIGHEID GESALFDE KRAG; laat MY toe om jou MAMMA SHKHINYAH te wees.

EK IS dieselfde EEN vir WIE jy HEILIGE GEES noem.

EK IS die EEN wat jou leer tussen reg en verkeerd, net soos

‘n Heilige aardse moeder se werk is om vir jou raad te gee op dieselfde manier.

MY Geliefde Dogter [Elisheva], vertel vir hulle namens MY, as hulle maar net hierdie Openbaring sal ontvang, sal hulle nooit weer daardie leemte binne-in hulle voel nie.

In die Manuskripte van Ouds,

lees en sien:

“WYSHEID” WORD VERWYS na as “SY”;

en EK IS in die Skrifte van Ouds

verwys na as “SY”

Ondersoek en bewys julself as beproef.

Al diegene wat hierdie Woord betwyfel en jou aanval vir die voortspreking van hierdie Geheim, is óf nie van MY HEILIGE GEES nie en hulle name word nie gevind in die LAM se Boek van Lewe nie – want YAHUSHUA se skape hoor wel SY Stem – of hulle het ‘n mate van geloof, en verkies om nie teenstrydig te wees nie en gaan voort om die verkeerd vertaalde Nuwe Testament te volg, waar die woord “HY” gebruik word in plaas van “SY”.

Hulle verkies om die leerstellings te volg van die mens, in plaas van MY GEES WAARHEID wat EK gereserveer het vir hierdie Eindtyd. Almal wat hierdie lees, dit is jou keuse hetsy jy in ‘n dieper Intimiteit wil wandel, met die EEN WIE jy die HEILIGE GEES noem of nie. EK forseer nie enige iemand om hierdie te doen nie. Die Bruid van YAHUSHUA sal verheug wees oor hierdie nuwe Openbaring, omdat hulle altyd die Geheime wil weet van die Hemel.

Daar is Drie Regerende Trone. YAHUVEH sit in die middel, YAHUSHUA HA MASHIACH sit aan die regterkant van YAHUVEH, en EK, jou MAMMA SHKHINYAH, sit aan die linkerkant. Al DRIE VAN ONS Regeer in die Hemel gelyk en ONS IS MEDE-SKEPPERS. Maar daar is net een MASHIACH, genaamd YAHUSHUA. Alleenlik deur YAHUSHUA se NAAM BLOED is daar redding vir die mense op Aarde.

YAHUSHUA is die enigste DEUR VAN REDDING wat lei na die Hemel. Enige iemand wat probeer inkom deur ‘n ander naam of weg sal net die deur vind hel toe. Moenie mislei wees nie. Daar is baie godsdienste maar net een deur na die Hemel deur die NAAM HEILIGE SONDELOSE BLOED wat geoffer was deur YAHUSHUA.

Die een-wêreld-geloof wat daarna strewe om alle gelowe en verskillende mensgemaakte leerstellings te kombineer as een is ‘n leuen en sal net siele hel toe lei.

Die geheim van MY NAAM was verseël in die Boek van Daniël. En EK stel dit nou vry op hierdie tydstip om al MY Heilige kinders te bemoedig wat honger om sterk Geestelike Vleis te eet, want hulle het reeds die Melk Van Die Woord maklik verteer. Hierdie is haglike dae en erger dae vorentoe. YAHUSHUA het belowe dat Johannes (Yohanan) gedoop het met water, maar YAHUSHUA doop met die VUUR van die HEILIGE GEES. Dit is MY HEILIGE VUUR waarvan HY praat.

EK IS die RUACH HA KODESH;

En EK IS YAHUSHUA SE HEMELSE MOEDER.

YAHUVEH is SY HEMELSE VADER.

EK IS MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID!

En dit is MY HEILIGE LIG wat uitstraal uit MY Heilige Kinders se gesigte, diegene wat ONS waarlik liefhet, aanbid en waarlik gehoorsaam is aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA MY, DIE RUACH HA KODESH. Dit is deur MY Salwing dat alle dinge moontlik is deur die NAAM van YAHUSHUA.

Het julle MESSIAS, YAHUSHUA nie vir julle gesê dat HY hierdie aarde moes verlaat, maar HY julle nie alleen sou laat nie, HY die TROOSTER sou stuur nie? – En EK IS die EEN wat julle angste verlig, bemoedig, beraad en troos soos ‘n moeder, is EK nie?

EK IS MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID!

EK IS die HEILIGE GEES wat na die Bo-vertrek toe gekom het met MY HEILIGE WIND HEILIGE VUUR soos gesê word in die boek van Handelinge. (Hand. 2:1-4) EK het die Dissipels gevul met MY HEILIGE GESALFDE VUUR terwyl hulle op MY gewag het in die Bo-Vertrek.

EK IS die EEN wat gekom het as ‘n MAGTIGE WIND ingewaai het in die Bo-Vertrek in en dit is die rede hoekom EK deur geboorte geskenk het deur jou, [Elisheva], aan hierdie Bediening– om te bedien aan beide die Jode Heidene – en EK het die naam gegee van hierdie Bediening, ALEPH TAV ALMIGHTYWIND RUACH HA KODESH FIRE Bediening!

Geliefde dogter [Elisheva], in die begin voordat jy geweet het van jou Hebreeuse herkoms, was jy steeds deel van die georganiseerde Pinkster Kerke. Tog is dit EK, MAMMA SHKHINYAH wat aan hierdie Bediening die naam ALPHA OMEGA ALMIGHTYWIND HOLY GHOST FIRE Bediening gegee het sowel as die naam met AMIGHTYWIND. Eendag het EK geweet sou jy gebruik word om sommige van die Hemel se geheime te deel met MY Heilige saad.

Dit is EK, MAMMA SHKHINYAH wat jou gewaarsku het [Elisheva], voordat jy ooit gehoor het van die Internet, om nie hierdie Bediening na jouself te vernoem nie. En EK het ook jou ore gesalf om hoorbaar die Stem te hoor van YAHUVEH wat jou wakker maak en waarsku op die dag wat Jimmy Swaggart geval het en [sy sonde] voor die hele wêreld bely het.

Op daardie oggend het YAHUVEH jou wakker gemaak en gesê,

“Pasop, elke bediening wat na ‘n mens vernoem is sal val want wanneer die skaapwagter val spat die skape uitmekaar” (op 21 Februarie 1988).

Trots tree in wanneer ‘n man of vrou dit doen.

So pas op – Joyce Meyers, Marilyn Hickey, Juanita Bynum, Paula White, Jan Crouch, Paul Crouch, Creflo Dollar, T.D. Jakes, Jessie Duplantis, Joel Osteen – onder ontelbare ander beide vroue en mans – julle was eens so nederig, gevul met MY GEES, maar is nou gereed vir ‘n groot val.

As gevolg van julle trots sal julle afgeslaan word van julle voetstukke af. En as julle nie bekeer van julle bose weë nie sal dit wat in die geheim gedoen was geskree word van die huise se dakke af en julle sal begrawe word onder julle eie voetstukke.

Dit geld vir al die Bedienings vernoem na hulself. Geen blote mens het die HOOGSTE OFFER betaal om dit te doen nie, en julle was gewaarsku deur hierdie Profeet, deur Profetiese Boodskappe keer-op-keer. Wanneer julle voor YAHUVEH staan, sal julle geen verskoning hê hoekom julle ONS Eer gesteel het en eer op julself gestapel het sodat julle aardse name verhef word en nie YAHUVEH, YAHUSHUA, of EK, die RUACH HA KODESH nie!

ONS deel ons Eer met geen man of vrou nie! Julle wat hierdie doen sal uitvind op die harde manier wat gebeur met diegene wat hierdie gedoen het.

‘n Waarskuwing aan diegene wat hulleself “Heilig” noem en dink hulle is geskik om ‘n kroon te dra, ‘n septer dra en sit op ‘n troon – en lang priesterlike klere te dra – kwytskelding doen vir ander se sondes.

Net YAHUSHUA HA MASHIACH het die HOOGSTE PRYS betaal – om die enigste HEILIGE SONDELOSE MENSLIKE BLOED VERSOENING vir ‘n sonde-offer te wees.

YAHUSHUA is perfek en sondeloos in alle opsigte. Nie eens ‘n sondige gedagte het deur SY Verstand geflits nie! Hoe durf jy die mense leer om jou te aanbid en ONS Lof, Eer en Heerlikheid te steel! Hoe durf jy ander laat neerbuig en jou hand soen! En kniel by jou voete! Die vlamme van die Hel en die Poel van Vuur sal jou volgende woning wees nadat hierdie lewe verby is.

Jy was gewaarsku. Watter prys het jy betaal om hierdie te doen? Is jy sondeloos? Het jy jou lewe gegee as ‘n offer? En gesterf en verrys op die derde dag? En opgevaar na die Hemel 40 dae later? Sit jy nou aan die regterhand van YAHUVEH?

Niemand van julle wat hierdie goedkeur en mense lei om te glo dat hierdie nie sonde is nie, is ‘n ware Heilige Profeet nie! Want julle ken nie die Geheime alleenlik gereserveer vir YAHUVEH se Profete wie HY SY Vriende noem nie. ‘n Ware Profeet is een wat vertrou word met die Geheime van YAHUVEH.

Wees gewaarsku! Almal wat volg agter hierdie vals aardse gode aan en hulle ondersteun sal dieselfe lot maai. Bekeer vandag voor dit te laat is as julle enige bediening ondersteun wat nie waarsku teen die gevaar van die een-wêreld-geloof [of enige bediening wat nie], uitspreek teen sonde nie, ongeag wat die prys [is] wat hulle in hierdie wêreld moet betaal.

Die meerderheid wat beweer om Christene te wees, is inderwaarheid louwarm en hulle het geskik. Die pastore is ‘n stank in MY Neusholtes en hulle jaag enige iemand gesalf, wat hulle waarsku hieroor, direk by die deur van die kerk uit.

EK IS “MAMMA SHKHINYAH”, die EEN wat voortspreek in Heilige tale, net soos dit in die boek van Handelinge beskryf word.

EK IS "MAMMA SHKHINYAH", "MAMMA WYSHEID

Ander noem MY DIE HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH

– hierdie is MY Titel, en dit is MY Beskrywing van WIE

EK IS, die GEES VAN YAHUVEH. ONS is ALMAL EEN.

Vir diegene wat dit kies om hierdie NAME te gebruik wat gereserveer is vir diegene wat waarlik meer intimiteit begeer met die RUACH HA KODESH, julle kan MY noem:

“MAMMA SHKHINYAH” of MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID,

of MAMMA WYSHEID of MAMMA RUACH HA KODESH.

Net om te hoor jy erken MY

– as MAMMA" – sal MY behaag.

Toets MY en kyk of dit nie jou liefde selfs meer sal aanwakker vir jou MAMMA SHKHINYAH nie!

Baie het al betreur en gewonder:

Waar is die wonderwerke van Tye van Ouds?

Omhels hierdie Nuwe Kennis wat EK voortspreek;

En gee vir MY krediet vir WIE EK IS.

Kyk en sien die Salwing groei!

En tekens, wonders en wonderwerke sal julle weer sien,

in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH!

Nietemin dit is jou keuse. As jy aandring om MY ‘n 'HY' te noem, in plaas van ‘n 'SY', is dit jou keuse, en jou verlies – aan 'n Groter Intimiteit met MY wat ‘’n Groter Salwing meebring en EK sal meer Openbarings uit die Hemel vrylik met jou deel.

Moet MY nie mis verstaan nie. Hierdie gaan nie oor jou redding nie. Hierdie gaan oor ‘n groter Salwing Intimiteit met die EEN wat binne in jou Tempel vertoef as jou naam geskryf is in die Boek van Lewe. Hierdie kan net gebeur as jy YAHUSHUA aangemeem het as jou MESSIAS en HOM gevra het om al jou sondes weg te was in SY GESTORTE BLOED by Golgota en bekeer het en weggedraai het van sonde. EK sal nie bly in ‘n onrein werktuig vir lank nie. Moenie MY nie toets hierop nie. Die Heiliges het Heiliger geword, en die onheiliges het onheiliger geword in hierdie Eind Tye.

Julle ken die NAAM VAN YAHUVEH;

Julle ken die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH;

Nou, deur hierdie Bediening en Ringmaagd,

deel EK nou MY NAAM met julle as,

MAMMA SHKHINYAH julle MAMMA WYSHEID.

MY NAAM is gereserveer vir diegene wat begeer om te groei, te week en meer beraad te word in MY HEMELSE MOEDER LIEFDE ‘’n STERKER HEILIGE GEES SALWING.

MAMMA SHKHINYAH is MY NAAM.

EK IS DIE SAGTE STIL STEM...

wat spreek in die Heilige Wind,

en jou aansteek met Heilige Salwings Vuur;

Dit is hoekom jou liggaam warm word

onder MY Gesalfde Aanraking.

EK IS YAHUSHUA SE TROOSTER

SY HEMELSE MOEDER.

YAHUSHUA is MY VERWEKTE SEUN,

soveel as YAHUVEH SE VERWEKTE SEUN.

EK IS DIE ENIGSTE HEMELKONINGIN.

Moenie daardie titel gee vir enige ander nie.

EK IS MOEDER NATUUR.

Dit is YAHUVEH WIE skep en voortspreek,

Byvoorbeeld, [YAHUVEH spreek], “Zebra, kom voort!”

En dit is EK wat die unieke strepe in elke zebra sit.

YAHUVEH skep; En EK, MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID versier.

ABBA YAHUVEH skep;

En EK julle MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID, versier

die ganse skepping.

Verstaan julle reeds?

YAHUVEH skep ‘n blom, maar dit is EK, julle MAMMA SHKHINYAH wat die blom met ‘’n reënboog van kleure versier. EK maak elke blomblaartjie uniek. EK nommer die blomblaartjies op elke blom – en EK gee vir hulle die prag in die teksture en geure.

In alles wat geskape word…

EK IS MAMMA SHKHINYAH.

En EK plaas MY HEERLIKHEID ook op alles

wat julle ABBA YAHUVEH skep.

EK IS MAMMA SHKHINYAH.

En EK sit die laaste afrondings werk op die ganse skepping.

EK IS die EEN wat alle geskape dinge verfraai.

YAHUVEH, YAHUSHUA EK IS MEDE-SKEPPERS.

EK IS die EEN wat die soete geur in ‘n baba se velletjie sit.

EK IS die EEN wat elke mens uniek maak.

Selfs identiese tweelinge het hul eie uniekheid.

EK IS die EEN wat elkeen se DNA bepaal.

EK IS die EEN wat vir julle unieke,

identifiserende palm afdrukke en vinger afdrukke gee.

EK IS julle MAMMA RUACH HA KODESH

– vir diegene wat verkies om daardie meer formele NAAM te gebruik –

en EK vertel vir julle

EK IS die EEN wat die flikkering in elke stêr sit.

En vroue was gemaak in MY BEELD – net so seker as

wat mans gemaak was in die BEELD VAN YAHUVEH.

Volgens watter beeld dink julle was Eva gemoduleer? Waar dink julle kom die Skrif wat sê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie, EK sal vir hom ‘n hulp gee wat by hom pas” (Gen. 2:18) vandaan? Dit is omdat…

Soos YAHUVEH die VADER VAN EEUE, DIE EWIGE EEN IS,

IS EK ook so DIE MOEDER VAN EEUE, DIE EWIGE EEN,

so is YAHUSHUA DIE EWIGE EEN.

ONS is DIE DEFINISIE VAN EWIGHEID.

YAHUVEH het voedsel geskape, maar EK het:

die verskeidenheid resepte geskep vir julle om die voedsel te geniet.

YAHUVEH het die tong geskape, en EK het:

julle smaakpapille geskep.

EK, julle MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID, julle MAMMA WYSHEID, het bepaal hoe elke kossoort sou smaak. Sou dit souterig, soet, bitter, suur of piekant wees?

YAHUVEH het die reën geskep,

en EK, julle MAMMA WYSHEID het:

die geur na die reën gemaak en die dou op die gras gesit.

YAHUVEH het sneeu gemaak

en EK, julle MAMMA SHKHINYAH het:

elke sneeuvlokkie geskep om anders te lyk.

YAHUVEH het die reënboog geskep

en EK, julle MAMMA SHKHINYAH kies:

die kleur spektrum vir daardie reënboog.

YAHUVEH skep

en EK, julle MAMMA RUACH HA KODESH,

plaas die afrondingswerk op alle dinge.

Sien vir julself,

– terwyl julle rondkyk met hierdie nuut gevonde WYSHEID–

en julle sal die skepping sien met nuwe oë en ontsag.

YAHUVEH het die leeu geskape;

EK, julle MAMMA SHKHINYAH het vir die leeu sy brul gegee.

YAHUVEH het die hond geskape;

EK, julle MAMMA SHKHINYAH het vir die hond sy blaf gegee.

YAHUVEH het die kat geskape;

EK, julle MAMMA SHKHINYAH het vir die kat sy miaau gegee

en geheimsinnigheid van sy spin.

EK, julle MAMMA SHKHINYAH, het die soete sang

gegee vir die voëltjies waarmee hulle ONS vereer.

Kry julle die prentjie?

EK, julle MAMMA SHKHINYAH het julle so lief EK het belowe om nooit MY Heilige Kinders te verlaat nie (Deut. 31:6; Mat. 28:19-20; Joh.14:16; Efesiers 1:13-14) wat YAHUSHUA SE PRYS aanvaar het wat HY betaal het by Golgota – diegene wat bekeer het van hulle sondes en weggedraai het van hulle sondes, en nou vir YAHUSHUA liefhet en dien en probeer gehoorsaam. Geloof sonder werke is dood. (Jakobus 2:14-26).

Wanneer jy wedergebore word, is dit deur YAHUSHUA SE NAAM BLOED. Dit is MY HEILIGE GEES wat leef en woon in elke wedergebore gelowige. Dit is EK wat siele lei na YAHUSHUA toe en julle oortuig wanneer julle sonde gedoen het. Moenie julle hart verhard wanneer EK, julle MAMMA SHKHINYAH, julle oortuig nie, in plaas daarvan, bekeer vining sodat YAHUSHUA julle kan vergewe.

EK sal nie bly in ‘n onrein werktuig vir lank nie. Onthou wat julle hoor met julle fisiese ore, sien met julle fisiese oë, en doen met julle fisiese liggame, as dit onheilig is, toets julle MY geduld. EK sal nie vir altyd wedywer met mans of vroue nie (Gen. 6:3). Tog is EK geduldig en lankmoedig terwille van YAHUSHUA en die PRYS wat HY betaal het by Golgota. “Wees julle Heilig want EK IS Heilig” en maak nie die deur oop vir satan om in te kom en julle liggame te besit nie.

EK waarsku julle nou, moenie MY dogter [Elisheva] stenig of haar ‘n vals profeet noem vir die voortbring van MY Boodskappe nie, anders sal julle MY Gesalfde Boodskap laster en hiervoor sal jy jou eie siel verdoem. Daar is geen vergifnis hierin nie.

Vra jouself, wat het sy om te baat vir die onderrigting van so ‘n Boodskap? Slegs vervolging van die georganiseerde kerke en bespotting van die vyande van MY YAHUVEH YAHUSHUA.

Dit was reeds bepaal voor hierdie aarde gevorm was wie van julle gekies was en sal gehoorsaam en vir haar skryf en haar bedank vir haar vrymoedigheid in gehoorsaamheid en die medeling van hierdie geheime Openbaring met die wêreld. Voordat hierdie aarde gevorm was, was jy gekies om deel te wees van hierdie Bediening as ‘n helper. Jy het die Profesieë gelees en die Waarhede gehoor en die mandate om Heilig te wees.

Nou wil EK hê jy moet jouself hierdie vraag vra, as jy hierdie geheim gegee was om te deel, sou jy vrymoedig genoeg gewees het om dit vry te stel en die vervolging te vat wat sal kom met hierdie Waarheid? Diegene wat beweer julle het die HEILIGE GEES lief, hoekom sou julle nie verbly wees om hierdie geheim te ken wat EK bekend maak aan MY kinders van MY HEILIGE GEES nie? EK waarsku julle, moet MY nie bedroef nie want EK sal nie altyd wedywer met mense nie.

EK kan die sug van verligting hoor van diegene wat die Waarheid herken en tog ook erken dat julle bly is dat dit eerder vir haar gegee was om voort te spreek en nie vir jou nie. Maar, nou sal diegene wat dankbaar is ‘n groter begeerte hê om ’n helper te wees vir hierdie Bediening. Want julle sal besef hoeveel te meer julle nou benodig word op alle maniere. Teen die tyd behoort julle te besef hierdie is geen gewone Bediening nie en geen gewone Profeet nie.

[Elisheva] is nie ‘n “goed-voel” profeet nie. Sy profeteer nie net Woorde wat julle wil hoor nie, of profeteer uit die vlees – alledaagse woorde wat enige iemand kan skryf nie.

Ware Heilige Profete word geheime gegee gereserveer vir die Vriende van YAHUVEH, YAHUSHUA, en die EEN wat julle die RUACH HA KODESH noem. Hoe weet ONS ONS kan die Heilige Profete vertrou? Want, soos dit geskryf was, was hulle reeds getoets in die Hemel. Jeremia was geken voordat hy in sy moeder se skoot was, so ook was MY Profeet [Elisheva Eliyahu], nou voortsprekend in MY NAAM.

Sy was die Heilige Mandaat gegee ongeag die gevolge om voort te spreek in YAHUSHUA HA MASHIACH YAHUVEH se NAAM, vir ONS Lof, Eer en Heerlikheid alleen! ONS stuur altyd die Profete om te waarsku voor ONS die oordele stuur. Verag nie die gawe van Profesie nie (1 Thess. 5:16-22). Want die GETUIENIS VAN YAHUSHUA is die GEES VAN Profesie (Openbaring 19:10).

Sê dit nie in die Heilige Manuskripte, en bewys deur die Profete van Ouds [dat] YAHUVEH SY geheime deel met die Heilige Profete (Amos 3:7) nie? Hierdie is ‘n geheim wat EK nou vrygestel het deur haar om ‘n seën te wees vir diegene wat begeer het om die NAAM te ken van die HEILIGE GEES en ‘n Groter Intimiteit Liefde te hê met MY.

Daar sal diegene wees wat hierdie lees wat gevul is met MY HEILIGE GEES en hulle sal besef tot dusver het hulle niks gedoen om hierdie Bediening te help of hierdie Profeet te bemoedig nie, maar uit dankbaarheid van nou af vorentoe, sal hulle alles doen wat hulle kan om ‘n seën te wees vir hierdie Heilige Profeet en hierdie Bediening. Groot sal hulle seëninge wees terwyl hulle saam arbei in hierdie Oesland.

Aan al die ander wat hierdie lees en spot, pasop. Onthou, julle laster nie ‘n blote vrou nie, want sy is net ‘n werktuig wat EK kies om hierdie Geheime vry te stel uit die Hemel. Julle weet die Skrifte waarsku wat met diegene sal gebeur wat die HEILIGE GEES laster. Selfs nie eens YAHUSHUA SE BLOED kan daardie sonde bedek nie (Mat. 12:31)! Pasop, as jy nie verstaan nie, bedek jou mond en bly stil. Bid en toets die gees wat praat (1 Joh. 4:1).

Bestudeer die Ou Testament en ander vertalings en besef dat die Heilige Skrifte sê AL DRIE van ONS IS verenig as EEN. Wanneer jy EEN VAN ONS verloën, verwerp jy DIE HEILIGE DRIE EENHEID.

ONS is apart, en tog EEN. Watter deel van die gekookte eier is die eier? Is dit die dop, eiergeel, of wit? Is dit nie alles een nie? Saam is hulle ‘n eier, en alles een. Nogtans, apart, is hulle almal individueel. Kan julle nog steeds nie verstaan nie? Dit is hoe dit is met AL DRIE VAN ONS, genoem DIE HEILIGE DRIE-EENHEID.

Hoe lank sal julle aandring om te suig aan die Melk van die Woord? Is julle steeds nie instaat om sterk Geestelike Vleis te eet nie?

Julle wat Heilig lewe en waarlik die HEILIGE DRIE-EENHEID eerste stel in jul lewe en liefde, julle het die tyd geneem om ABBA YAHUVEH te leer ken. Julle het die tyd geneem om YAHUSHUA te leer ken. Julle bid en gebruik HULLE HEILIGE HEBREEUSE NAME. Wil julle nie ‘n Groter Liefde Intimiteit hê met die EEN wat julle nou die HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH noem nie?

Dit is julle keuse. Dit sal nie julle Redding affekteer nie – solank julle nie hierdie Woord van Kennis vervloek wat EK nou vrystel deur hierdie Profetiese Ringmaagd [Elisheva Eliyahu] nie. As gevolg van haar gehoorsaamheid, sal hierdie Woord van Kennis soos ‘n klok lui rondom die wêreld.

Sommiges sal hulle ore toedruk en hardloop. Ander sal meer verlief raak en ‘n dieper intimiteit hê as ‘n moeder en ‘n kind, sodat EK die Salwing in hulle grootliks kan vermeerder. Onthou, dit is die Salwing wat die jukke en die bindings breek (Jes. 10:27).

Dit IS EK, julle MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID waarheen YAHUVEH YAHUSHUA draai wanneer HULLE vertroosting nodig het. ONS kyk na die booshede gedoen in hierdie wêreld en die verwerping van die HEILIGE DRIE-EENHEID, veral ONS GELIEFDE SEUN YAHUSHUA. ONS hoor hoe YAHUSHUA se NAAM vervloek en verdoem word deur die bose mense se tonge terwyl hulle SY HEILIGE BLOED-OFFER terug gooi in SY GESIG, HOM spot en verwerp.

Die bose mense in hierdie wêreld haat die Naam “Heilig” en [haat] almal wat Heilig lewe en diegene wat bestem is om terug te keer Hemel toe omdat hulle name gevind word in die LAM se Boek van Lewe wat geskryf was voor die Grondlegging van hierdie Aarde (Openb. 13:8 en Openb. 21:27).

‘n Woord vir diegene wat die ware Sabbat verdedig en die mensgemaakte Sabbat ontbloot wat Sondag genoem word; wanneer die georganiseerde Kerke teen julle uitvaar en die Skrifte aanhaal soos in Jesaja 1:13-14, en hulle verdraai hierdie Skrif uit konteks en sê, “Dit is nie nodig om die Sabbat te hou vanaf Vrydag sononder tot Saterdag sononder nie.” Hierdie Skrif is ‘n waarskuwing aan diegene wat sonde doen en dit kombineer met die Sabbat, Heilige Feeste en die Nuwemaan Feeste.

Kan julle nie sien hoe hierdie YAHUVEH vertoorn nie? EK sê vir julle hierdie. YAHUVEH waarsku dat HY nie ongeregtigheid kan verdra nie en samekoms of rituële van onderhouding van Sabbat, Heilige Feeste, Nuwe Maan Feeste wanneer dit nie gedoen word in ware Heiligheid met Heilige hande wat opgehef word nie. Sonder die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, word dit alles tevergeefs gedoen.

Hoeveel wat hier lees woon kerke by op ‘n Sondag en noem julself Christen, Protestant of Katoliek? Julle woon kerk by of die mis; bid, sing, bely julle sondes aan die priester of pastoor; veins vroomheid, gee tiendes vir almal om te sien en onmiddelik daarna kroeë toe en word dronk of keer terug na julle sondige leefstyle – ongeag watter dag van die week.

Aan diegene van die Joodse Geloof; die YAH van Abraham, Isak Jakob sê dieselfde vir baie van julle – maar julle woon jul Tempels by, bely julle sondes voor ‘n man wat julle Rabbie noem en julle kom bymekaar op die ware Sabbat. Alle werk kom tot stilstand en julle vermy enige iets wat nie kosher is om te eet nie.

Nogtans; is dit nie wat julle in jul monde sit wat julle onheilig maak nie (Mat. 15:1-20). Onheiligheid kom uit jou mond en die sondige dade gedoen in jou liggaam aan ander beide in woord en daad. Enige iets gedoen uit ongehoorsaamheid teen YAHUVEH se Torah WETTE is sonde (1 Joh. 3:4), ook deur Christene genoem, “Die Tien Gebooie” (Exodus 20:1-17; Deut. 5:4-21).

Net soos dit geskryf is in Jesaja 1 (Yeshayahu 1), in Israel hardloop julle nie na die kroeë toe op ’n Sabbat om julle sorge en sondes in te verdrink nie, maar nietemin het julle ingeboet wat Heilig is. Julle het nie gestaan teen die regering Zionistiese agenda of die onskuldiges verdedig nie. Daar is ‘n oorblyfsel in Israel wat Heilig en gevul is met MY HEILIGE GEES en hulle profeteer en protesteer teen aborsie, homoseksualiteit, onsedelikheid, en hulle het YAHUSHUA ontvang as MASHIACH.

Waar is diegene met ‘n gees van 'n Koning Dawid, wat ‘n man was so na YAHUVEH se Eie Hart (Hand. 13:22)? Dawid het geweet hoe om te bekeer, loof en bid vir leiding en oorwinning verkry deur gehoorsaamheid aan YAHUVEH. Koning Dawid het ook geweet YAHUSHUA sou kom as MASHIACH want hy het SY HEERLIKHEID aanskou in Profetiese Openbaring (Ps. 2:7; 12; 16:8-11; 110).

Hoe bedek YAHUVEH, YAHUSHUA en EK, julle MAMMA SHKHINYAH, ONS Ore en Oë in droefheid terwyl ONS hoor diegene wat beweer om Heilig te wees en bymekaarkom, gebruik vieslike vloekwoorde, hoereer met oë, jul gedagte en liggaam – vul dit met wellus, selfs belustig agter dieselfde geslag aan – en doen elke soort sonde teen alles wat Heilig genoem word.

Gaan julle regtig probeer leun bo-oor die hel, net om te kyk hoe ver kan julle leun voordat julle kop eerste daarin val? Is dit nie geskryf nie; “Wees Heilig want EK IS Heilig”? Hou op verskonings maak vir julle sondes. Draai eerder weg van satan se vangstrikke af.

“Kom nou en laat ons die saak uitmaak” (Jes. 1:18) Dink julle regtig omdat julle die tyd geneem het om julself byeen te bring in ‘n kerk of tempel julle het nou ‘’n lisensie om te sondig? En hierdie is die einste sondes waarvoor julle om vergifnis gevra het en draai om en herhaal hulle weer gewilliglik! In die doen hiervan, bewys julle dat julle nooit bedoel het om weg te draai van sonde nie. Julle flous niemand! En diegene vir wie julle heidene noem spot julle agter jul rug! Want julle is niks anders as hulle nie!

Soos ‘n aardse moeder haar kinders troos, doen EK, – SHKHINYAH julle RUACH HA KODESH, julle MAMMA WYSHEID – soveel meer. EK leef in julle en werk deur julle en dit is deur MY Heilige Salwing dat EK manifestasies doen van tekens, wonders en wonderwerke.

Dit is deur MY SEUN YAHUSHUA se NAAM, as gevolg van SY BLOED OFFER dat MY HEILIGE SALWING alle jukke en bindings verbreek. EK IS die RUACH HA KODESH en EK IS nie ‘n “HY” nie. Toe die mens die Nuwe Testament vertaal het, was die letter “S” uitgelaat uit die woord “HY” EK IS ‘n “SY”.

[Elisheva], wees gewaarsku; diegene met die gees van godsdiens en wat ‘n vorm van godsdiens het, maar geen GODDELIKHEID van binne nie, (2 Tim. 3:5) sal jou aanval. Hulle het nie ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met YAHUVEH YAHUSHUA nie, en hulle sal veroordeel voel en jou aanval en jou allerhande bose name noem.

Onthou hierdie is nie jou boodskap wat hulle aanval nie, dit is die Hemel se Boodskap. Wees verseker, daar is diegene, wie se name in die LAM se Boek van Lewe is, wat sal jubbel en sê hulle het altyd die antwoorde gesoek om meer te weet oor WIE die HEILIGE GEES is. Hulle sal jubbel en weet dat hulle weet hierdie is die Waarheid wat vertel was. Baie het hierdie alreeds gewonder, maar nie gewaag om enige iemand te vra nie uit vrees dat hulle gespot sou word.

MY Naam is MAMMA WYSHEID en EK sal vir jou meer Wysheid gee terwyl jy MY vra: “MAMMA WYSHEID help my in die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH ek vra vir meer van U Wysheid!” Probeer hierdie en kyk of EK nie hierdie vir jou sal doen nie. Kyk of jou salwing nie sal vermeerder nie. Maar onthou, dit is slegs deur YAHUSHUA se NAAM wat EK ‘n Soentjie kan blaas (van gebede) na YAHUVEH toe vir jou gebede om beantwoord te word.

[Elisheva], EK IS jou MAMMA SHKHINYAH en EK sal vir jou die geheime wys onthul in die Heilige Skrifte om MY Heilige mense te help onderrig WIE DIE HEILIGE GEES waarlik is.

Jy was geleer dat die RUACH HA KODESH manlik is, nie vroulik nie. EK was ‘n “HY” genoem in plaas van “SY” as gevolg van die manier hoe leerlinge die Manuskripte van Ouds verkeerdelik vertaal het – hoofsaaklik omdat mans se ydelheid hierdie nie onthul wou gehad het nie, ook wil satan nie.

Dit is EK, jou MAMMA SHKHINYAH, wat jou lei na YAHUSHUA HA MASHIACH toe [WIE] jou doop met MY HEILIGE VUUR, wat jy die HEILIGE GEES noem. Dit is EK, MAMMA SHKHINYAH wat jou beraad. EK kan ook MAMMA RUACH HA KODESH of MAMMA RUACH genoem word, dit is jou keuse. EK beraad en onderrig en spreekvoort deur hierdie nuwe Salwing wat EK vir jou gegee het, [Elisheva]. En diegene met geestelike ore om te hoor en glo sal MY Stem duideliker hoor op ‘n manier wat hulle nog nooit voorheen van MY gehoor het nie.

Geliefde dogter [Elisheva], EK het vir jou die Salwing gegee om voort te spreek en uit te lê wat die Heilige Hemelse Tale spreek. Jy spreek in tale van hemelse Heilige engele en verskillende tale van mense.

Jy kan die tale verstaan net terwyl EK vir jou die gawe gee van uitlegging in jou eie taal. Met tye beskerm EK jou, sodat jy nie weet wat jy bid nie, want dit sou jou vlees oorweldig terwyl jy spreek in hemelse Heilige tale.

Ander kere verkies EK dit om voort te spreek uit jou in die Heilige tale van die tale van mense wat jy nie geleer het nie (Hand. 2:4), maar die meeste van die tyd is dit die tale van hemelse Heilige engele, soos die Skrifte sê in die Boek van 1 Korintiërs 13:1.

Wanneer EK kies om voort te spreek uit jou in tale van ‘n Heilige engel, en geen uitlegging word gegee aan jou nie, is dit omdat satan en sy demone nie kan verstaan wat gebid of gesê word nie. Dit is nie vir hulle ore om te hoor nie.

Dit is nie altyd nodig vir jou om die uitlegging te ontvang van die tale nie, maar YAHUVEH hoor en HY beantwoord jou gebede, alhoewel jy nie weet waarvoor jy bid nie menig maal.

Soms bid jy vir mense wat jy nie eens ken nie – tree jy in vir Heilige mense rondom die wêreld. Baie keer bid jy vir jou eie peroonlike behoeftes, of genesing vir jou of ander. Baie keer bid jy vir seëninge oor die Heilige Bruid Gaste, of Genade Redding vir die swart skape om terug te keer na die ENIGSTE GOEIE HERDER, YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ander kere bid jy vir Oordeel Wraak van YAHUVEH op die diensknegte van satan en diegene geskik vir YAHUVEH se Parskuip van Woede. Daar is GEEN afstand in gebed nie. Ondersoek en bewys jouself as beproef.

Het MY SEUN, YAHUSHUA HA MASHIACH, nie gesê, “Johannes het wel met water gedoop, maar EK doop julle met die VUUR VAN DIE RUACH HA KODESH” nie? (Hand. 1:5) EK IS ook genoem die HEILIGE GEES. YAHUSHUA gebruik MY om diegene op te vul wat Heilig is tot oorlopens toe vol met MY Salwing, wat Heilige tekens, wonders en wonderwerke is vir die wat waarlik YAHUVEH YAHUSHUA liefhet en eerste stel in hulle lewens en liefde.

Hierdie sluit YAHUSHUA se Bruid in, wat alles opoffer om die Heilige Mandate te volg en te gehoorsaam uiteengesit in die Heilige Manuskripte en dit doen uit liefde vir YAHUVEH YAHUSHUA en hulle bes doen om gehoorsaam en Heilig te lewe. MY HEILIGE GEES vertoef binne in hulle aardse tempel wat ‘n liggaam genoem word.

Die Bruid van YAHUSHUA soek om die HEILIGE DRIE-EENHEID beter te leer ken elke dag en gehoorsaam elke Woord wat ONS sê. En YAHUSHUA se HEERLIKHEID skyn voort uit hul gesigte en lewens. Hulle hou niks terug nie en gee alles vir YAHUSHUA HA MASHIACH vir SY Lof, Eer en Heerlikheid. Soos dit geskryf is in Handelinge 2:37-47, sal die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH begeer om te doen soos in die Tye van Ouds en een te wees met jou, en om ’n hulp te wees vir hierdie Bediening en nie ’n hindernis nie.

Hulle sal hierdie doen vir een doel. Om YAHUSHUA HA MASHIACH te verheerlik!

[Elisheva], MY dogter, sê die Heilige Skrifte nie, in die begin van die skepping van hierdie aarde: “Kom laat ons mense skape na ONS BEELD” nie? (Gen. 1:26) WIE dink jy beteken, “ONS BEELD”?

Adam was geskape na YAHUVEH se BEELD Eva was geskape na MY VROULIKE BEELD. Soos Eva geskape was om ’n hulp te wees vir Adam, so ook, word jou MAMMA SHKHINYAH in die Skrifte ook ’n “HELPER” genoem. EK IS MEDE-SKEPPER saam met YAHUVEH YAHUSHUA. YAHUSHUA is ONS SEUN. Al DRIE van ONS het gely en ‘n PRYS betaal sodat die mense wie se name geskryf staan in die LAM se Boek van Lewe kan terugkeer Hemel toe.

EK IS julle MAMMA SHKHINYAH.

EK IS die EEN wat binne-in jou liggaam, gees en siel woon.

EK IS julle HEMELSE RAADGEWER, julle LERAAR.

EK IS GEES WAARHEID.

EK IS die EEN wat vir julle die begeerte gee

om YAHUVEH YAHUSHUA te aanvaar en te gehoorsaam as GOD.

EK IS die EEN wat vir julle die begeerte gee

om te sing, loof, bid en te aanbid tot YAHUVEH YAHUSHUA.

Nou gee EK ook vir julle ‘n nuwe begeerte

en dit is om die EEN beter te leer ken wat julle Salf,

julle RUACH HA KODESH, julle MAMMA SHKHINYAH.

Heilige Kinders, EK lief dit wanneer julle sing en woorde van liefde spreek tot MY ook. EK het geduldig gewag vir hierdie tyd. EK het gewag vir hierdie Openbaring om vrygestel te word en dit is beskik in die Hemel dat jy, ONS geseënde Ringmaagd, [Elisheva Eliyahu], die stem sou wees om hierdie Heilige Boodskap te laat weerklink reg rondom die wêreld. Hierdie is nog ‘n rede hoekom jy YAHUSHUA se Ringmaagd genoem word.

EK, jou MAMMA SHKHINYAH ook genoem die RUACH HA KODESH, het jou gekies [Elisheva], om die eer te hê om MY bekend te stel as MAMMA SHKHINYAH aan MY kinders. So baie Heilige kinders sal genees word van wonde aan hulle toegedien, want op hierdie aarde het hulle nooit die liefde, vertroostinge en berading geken van ‘n liefdevolle moeder nie. En tog was EK daar die hele tyd. Nou het EK jou gesalf om MY Stem te hoor en vir hulle hierdie te vertel.

EK weet jy sal gehoorsaam!

Ongeag die prys wat jy sal moet betaal!

EK word “WYSHEID” genoem, MY Vrug is die Sewe Geeste.

Ondersoek die Sewe Pilare waarvan gepraat word in die

Boek van Openbarings.

EK word genoem GEDULD, LANKMOEDIGHEID;

EK IS GENADE, en soveel meer.

Ondersoek en leer nou WIE die EEN WIE julle SALF is.

EK IS soveel meer

as ‘n HEILIGE WIND of HEILIGE GESALFDE VUUR,

of ’n SOET GEUR IN DIE LUG.

EK IS – meer

as om te SPREEK IN HEILIGE HEMELSE TALE,

en Profesie TEKENS, WONDERS of WONDERWERKE.

EK IS julle MAMMA SHKHINYAH,

ook genoem die RUACH HA KODESH

wat siele lei na YAHUSHUA HA MASHIACH.

EK IS DIE EEN WAT SALF

MET HEMELSE KRAGTE

MY NUWE WYN EN

VARS MANNA UITGIET uit die Hemel.

EK IS julle MAMMA SHKHINYAH

en EK deel MY Heerlikheid met GEEN vrou of man nie.

YAHUVEH, YAHUSHUA EK is EEN.

Wanneer julle YAHUSHUA aanbid, aanbid julle AL DRIE VAN ONS terselfdertyd. As julle verkies kan julle MY “MAMMA RUACH HA KODESH” noem, ander kan MY steeds “DIE HEILIGE GEES” noem, maar EK begeer om meer te onthul aan diegene wat meer Intimiteit met MY begeer.

EK waarsku nou, enige iemand wat verloën of beledig wat Shaul (Apostel Paulus) onderrig het oor die realiteit van die Heilige gawes van die RUACH HA KODESH, BEKEER NOU. Want jy het beledig en bedroef tot die uiterste mate jou siel is in gedrang!

EK spreek nou voort in die NAAM wat julle herken as YAHUSHUA.

As jy nie bekeer nie is jy vir ewig verdoem!

Vir diegene wat aandring om die HEILIGE GEES, (RUACH HA KODESH), en die gawes van die HEILIGE GEES te verloën en bespot, julle name was óf nog nooit in die LAM se Boek van Lewe nie of dit is uitgeklad, want voor jy gebore was op Aarde, was dit reeds bepaal in die Hemel. As jou naam in die Boek van Verdoemenis is of die Boek van die Uitgewistes, dan sal die hel jou volgende woning wees.

Hier is ‘n geheim wat EK weer herhaal deur [Elisheva]:

Elke siel gebore op hierdie aarde was getoets in die Hemel voor hulle na hierdie aarde toe gekom het en dit is hoekom elke siel hul eie redding uitwerk met “vrees en bewing” (Fil. 2:12). Jou siel weet reeds of jy aan lucifer se kant was of YAHUVEH se kant was tydens die Groot Oorlog Van Verraad in die Hemel, voor die Grondlegging van hierdie Aarde.

Dit is nie ‘n sonde om die Gawes van Profesie, of die spreek in Heilige tale van mense, of van Heilige engele nie te verstaan nie, maar moenie spreek teen dit wat Heilig is nie – net omdat jy dit nie ervaar het, of jy ‘n slegte ondervinding gehad het met die vervalsing nie. Sommige wat nou hier lees het ’n ervaring gehad om gevul te wees met demoniese tale. So moenie die egte verloën net omdat jy jouself oopgemaak het vir die vervalsing deur sonde nie – of jou bloedlyn vol van die okkulte is nie.

EK, YAHUVEH, waarsku julle dat satan boos is in alle opsigte, selfs om mense te leer om godinne te aanbid, want hy weet dat die RUACH HA KODESH, JULLE MAMMA SHKHINYAH is die enigste HEMELKONINGIN.

Bestudeer wat die woord “SHKHINYAH HEERLIKHEID” beteken.

Bestudeer die Skrifte [Elisheva],

en jy sal vrede hê – in vrystelling

van hierdie Geheim wat weggebêre was

vir so ’n tyd soos hierdie.

Hierdie sal soveel wonde genees. Net soos jy ‘n leemte gehad het binne jou vir ‘n MOEDER SE LIEFDE, sal jy nou besef jy is genees, en ander sal ook genees word, want daardie leemte was gevul.

Nadat jy YAHUSHUA aanvaar as jou MESSIAS, word jy in ‘n oogwink gevul met MY HEILIGE GEES, MY RUACH HA KODESH. Jou MAMMA SHKHINYAH is letterlik MY GEES en daardie GEES woon in jou. Dit beteken ook EK sien deur jou fisiese oë en hoor deur jou fisiese ore en beweeg deur jou fisiese liggaam,

So moet MY nie bedroef nie.

Moenie aanhou om MY te toets nie.

Dit is van toepassing op almal wat YAHUSHUA HA MASHIACH as GOD, HERE, REDDER aanvaar het, DIE ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH, gebore in die vlees uit ‘n maagdelike vrou en HOMSELF opgegee het as ‘n HEILIGE SONDE OFFER, WIE gesterf het en weer opgestaan het op die derde dag, en nou sit aan die Regterhand van MY, YAHUVEH.

Al diegene wat daarna strewe om te gehoorsaam was gevul met MY RUACH HA KODESH, MY HEILIGE GEES tot ’n sekere mate. Sommige word gevul met minder en ander met groter mate terwyl hulle groei in die kennis van WIE YAHUSHUA is.

Waar dink jy kom die idee vandaan dat ‘n Heilige man en vrou een moet wees? Dit was eerste gedoen in die Hemel. Toe jy YAHUSHUA aanvaar het as jou MESSIAS, het jy nooit besef jy word terselfdertyd gevul met ‘n HEMELSE MOEDER SE LIEFDE nie. Die woord “trooster”– is wat ‘n moeder die beste doen.

EK IS jou MAMMA RUACH HA KODESH

en EK IS jou TROOSTER.

EK stel jou gerus, wanneer jy gerusstelling nodig het;

Wanneer jou emosies rou is,

en jy seer het, bang is, eensaam is

of verwerp of deurmekaar voel.

EK IS DIE VREDE

WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN (Fil. 4:7)

EK IS DIE RUACH HA KODESH, jou MAMMA SHKHINYAH

wat vir jou Heilige Hemelse Moederlike Liefde gee.

Hierdie was ‘n geheim wat onthul was aan Profeet Daniël, in die Boek van Daniël, en verseël was vir ‘n tyd soos hierdie (Dan. 12:4).

Weereens, herhaal EK, nou is die tyd,

wat YAHUVEH bepaal het –

MY Woord van WYSHEID om vrygestel te word!

Dit is ‘n tyd wanneer die gees van godsdiens sal verrys en wys net hoe boos dit is. Die Fariseërs het ‘n gees van godsdiens gehad en onthou hoe hulle nie net vir YAHUSHUA vervolg het nie maar alles wat (was en nou) Heilig is? Die Heiliges moet nou saamstaan, mekaar help en beskerm, want “‘n huis wat verdeeld is kan nie staande bly nie” (Mat. 12:25).

ONS geliefde Ringmaagd [Elisheva], hierdie is ‘n geheim aan jou gegee – toe die Stemme van die Sewe Donderslae jou wakker gemaak en met jou gepraat het baie jare gelede.

Aan die leser van hierdie Woord, ondersoek en bewys jouself as beproef en bid vir groter wysheid van Openbaring 10, want in die Sewe Donderslae, wat [Elisheva] gehoor het, was sommige van die Geheime gespreek onthul in die Profetiese Boodskappe tot dusver.

[Elisheva] as jy die datum neergeskryf het, sal jy sien dit sou ooreengestem het met die presiese tyd wat die Sewe Donderslae gespreek het die dag en maand (27/8) – en alleenlik op daardie vasgestelde tyd en jaar sou hierdie onthul word voor die wêreld op die Internet – terwyl dit nou daardie vasgestelde tyd en seisoen is.

[Elisheva], voordat daar ‘n Bediening was, het jy net onthou van ontwaking met harde geklap van donderweer sewe keer agter mekaar wat so hard was hulle het jou wakker geskud. En tog het niemand anders dit gehoor nie behalwe jy. Die son het geskyn in die lug.

Die donderslag was EK, YAHUVEH sprekend tot jou. Terwyl jy alleen geslaap het daardie oggend, het EK jou wakker gemaak, eers met een donderslag wat jou wakker geskud het. Jy het venster toe gehardloop en sonskyn gesien en toe het jy dadelik weer aan die slaap geraak – net om weer wakker gemaak te word op dieselfde manier sewe keer in ‘n ry, elke keer weer aan die slaap geraak, biddend en vir MY gevra het wat besig was om te gebeur.

Hierdie het gebeur om 07h00 vm.

Wat geskryf word nou, en in die Profesieë was in die geheim aan jou vrygestel op daardie tydstip, maar weereens het jy dit nie geweet nie tot nou. Dit was nie bestem om openbaar te word tot MY tydsberekening nie. Op die vasgestelde dag, maand en jaar, sal jy weet jy het die toestemming om hierdie nuwe Openbaring vry te stel en vanuit watter land hierdie Woord van Kennis vrygestel moet word met hierdie unieke Salwing.

Wees gereed, die bruid van satan, die diensknegte van satan, en die kinders van satan sal jou aanval – satan wou hierdie woord van Kennis ‘n geheim hou. Diegene wat hulself “Christene” noem, maar net ‘n vorm van godsdiens alleenlik het en geen GODDELIKHEID van binne nie (2 Tim. 3:5), sal jou verbaal aanval en tog sal EK, YAHUVEH, jou vooruitgaan en sal jou gevegte veg vir jou.

Jare gelede voor jy geboorte gegee het aan hierdie Bediening, het jy gebid en vir YAHUSHUA gevra wat het gebeur toe jy die dawerende donderweer sewe keer gehoor het. Hoekom het jy sewe keer wakker geword, gehardloop en by die venster uitgekyk en dadelik weer aan die slaap geraak? EK deel ‘n geheim met jou: die sewe verteenwoordig ook die jaar 2007. Sewe is die nommer van perfeksie en dit is MY perfekte tydsberekening dat hierdie Woord van Kennis vrygestel word.

Onthou toe jy skielik gelei gevoel het om ondersoek te doen oor die Sewe Donderslae in die Boek van Openbaring? (Openb. 10:3-4) Deur die vele jare het jy nooit die antwoord gehad nie tot nou. Dit was op daardie tydstip wat EK, YAHUVEH, Geheime vrygestel het gespreek deur die Sewe Donderslae – onthul terwyl EK nou uit jou voortspreek as ‘n Profeet.

EK gebruik jou want voor die grondlegging van hierdie Aarde, was jy gekies om Aarde toe te kom om alle Lof, Eer en Heerlikheid te bring aan MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, die EEN wat jy nou MAMMA SHKHINYAH of MAMMA WYSHEID noem. Jy was gesalf vir so ‘n tyd soos hierdie.

Jy was gekies voor die grondlegging van hierdie Wêreld om gevul te word met MY RUACH HA KODESH – selfs terwyl in jou heiden ma se baarmoeder, waar jy gehaat, ongewens en verwerp was. Dit is nou baie jare later, en nou besef jy dit is MAMMA SHKHINYAH wat jou vertroos het. Dit sou jare later gewees het voor jy besef wie jy is deur die NAAM VAN YAHUSHUA en dat SY BLOED OFFER vir jou was by Golgota.

Jy was gekies voor die Grondlegging van hierdie Wêreld om geboorte te gee aan hierdie Heilige Bediening met ‘n Naam wat geen man of vrou se name omsluit nie maar die HEILIGE GODDELIKE-DRIE-EENHEID alleen eer.

[Elisheva], jy was gesalf – soos Jeremia van Ouds was toe jy in jou ma se baarmoeder was (Jer. 1:4-10) – as ONS Mondstuk en die stem gegee van ‘n Heilige Profeet wat uitroep in die wildernis van hierdie wêreld. Alleenlik diegene wie se name gevind word in die LAM se Boek van Lewe sal die Waarhede glo en ontvang in hierdie Bediening net so seker as wat hulle YAHUSHUA ontvang as MESSIAS.

Die dienskneg is nie groter as die meester nie, en as hulle almal vir YAHUSHUA HA MASHIACH ontvang het toe HY die aarde bewandel het onderrigtend en wonderwerke gedoen het vir MY, YAHUVEH se Heerlikheid dan sou hulle ook vir jou en die Waarhede ontvang wat EK voortspreek deur hierdie Bediening.

Jy spreek die woorde voort wat EK, YAHUVEH gespreek het, wat YAHUSHUA HA MASHIACH gespreek het en nou was jy die unieke Gawe gegee om jou MAMMA SHKHINYAH te hoor voortspreek met jou. Hierdie unieke Salwing sal voortkom op ander Heilige Profete wat hierdie waarhede sal glo en ontvang en jou in gebed sal bedek, jou ondersteun met hulle liefde en alles doen wat hulle kan om ‘n seën te wees vir hierdie Bediening.

[Elisheva], EK IS jou MAMMA SHKHINAYH HEERLIKHEID. EK IS die EEN wat jou salf vir tekens, wonders en wonderwerke wat profetering en gebed in Heilige tale van mense en Heilige engele insluit.

EK IS jou MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID. EK IS die EEN wat intree vir al die Heilige kinders terwyl EK jul gebede dra na die Troon van YAHUVEH soos ‘n soen in die lug ingeblaas word wanneer dit gedoen word in die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Hierdie sluit ook die Naam van “JESUS CHRISTUS” in vir nou, maar pasop want die seun van satan sal in die Groot Verdrukking die naam van “Jesus Christus” vervals. EK sal nie instaat wees om die gebede te stuur in die “naam van JESUS” op daardie tydstip nie, omdat die duiwel se gebroedsel ook die naam “Jesus Christus” sal gebruik.

Onderrig nou die HEILIGE HEBREEUSE NAAM van YAHUSHUA YAHUVEH aan almal wat geestelike ore het om te hoor, luister en gehoorsaam. Leer en raak vertroud om die ware HEBREEUSE NAAM te gebruik – van die EEN vir wie meeste “JESUS CHRISTUS” noem – nou voor dit te laat is. Sê vir die mense, “Moenie wag tot die Groot Verdrukking om op die harde manier te leer nie.” [Sien asb: “Waarom Gebruik Ons Die HEILIGE NAME” Op die webblad]

Skree dit tot hulle hoor en die Boodskap lui reg rondom die wêreld. In die Groot Verdrukking sal daar ‘n groot misleiding wees. En op daardie tydstip, sal YAHUVEH nie meer instaat wees om gebede te beantwoord in die naam van ‘Jesus Christus’ nie.

Alleenlik die NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH, sal Genesing, Bevryding en Opstandings-krag inhou! Want die een wat die seun van satan genoem word sal miljoene der miljoene gebruik en mislei – vals tekens, wonders en wonderwerke doen – terwyl besig om die naam te vervals van ‘Jesus Christus’ voor die wêreld. Selfs die uitverkorenes sal mislei word – indien moontlik. (Mat. 24:24; Mark.13:22)

Pasop, op hierdie oomblik is daar bose mans met die gees van die antichris en hulle gebruik die naam ‘Jesus Christus’, maar hulle haat die HEBREEUSE NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. Want dit is ‘n konstante herinnering dat YAH RED! YAHUSHUA is die enigste MASHIACH (MESSIAS).

[Elisheva] jy het die Stem gehoor van jou ABBA YAHUVEH, en jy het die Stem gehoor en Boodskappe ontvang deur MY Salwing van YAHUSHUA jou MASHIACH.

EK het geduldig gewag vir die tyd vir jou om MY te ken as die HEMELSE MOEDERLIKE LIEFDE waarna jy altyd verlang het. EK IS jou enigste MOEDER EK IS die EEN wat jou salf en jou vertroos en jou beraad. Dit is as gevolg van jou MAMMA SHKHINYAH dat jy MY Sagte Stil Stem kan hoor en die Heilige Boodskappe hoor van YAHUVEH, YAHUSHUA. EK IS daardie SAGTE STIL STEM wat met jou praat. Vir diegene wat hierdie betwyfel, sê vir MY, wanneer was ‘n mansstem ooit beskryf as ‘n “sagte stilte” (1 Konings. 19:12)?

EK IS die EEN tot wie Koning Dawid van Ouds gebid het, dat EK hom nooit sal verlaat nie. Hy het gebid, “Neem U HEILIGE GEES nie van my weg nie” (Ps. 51:11).

EK IS die EEN wanneer belaster, bedroef of beledig word tot breekpunt toe, sê EK, “Genoeg is genoeg” En EK stap weg en nooit weer is daar hoop op redding vir daardie siel [die verworpeling] nie. Net die Grimmigheid van YAHUVEH sal daardie persoon ken; hel en die Poel van Vuur is daardie persoon se ewige woning.

EK is die RUACH HA KODESH, ook genoem in Aramees, die "AFGESONDERDE GEES" EK IS ALLE WAARHEID, en slegs deur MY kan enige iemand gelei word na YAHUSHUA toe en HOM aanvaar as die ENIGSTE WEG NA DIE HEMEL. EK word genoem die RUACH HA KODESH, en by die Titels van “HOLY GHOST” HEILIGE GEES. EK IS ALGEHELE-HEILIGHEID, saam met YAHUVEH YAHUSHUA. ONS is almal EEN en tog apart. ONS is die HEILIGE GODDELIKE-DRIE-EENHEID en daar is geen ander nie. In die Groot Verdrukking, sal daar ‘n onheilige drie-eenheid wees! satan is net ‘n nabootser – nie ‘n skepper nie.

Daar is GEEN ingang Hemel toe sonder om deur AL DRIE VAN ONS te gaan nie: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA EK jou MAMMA RUACH HA KODESH.

Redding kom net deur YAHUSHUA SE NAAM GESTORTE BLOED. En deel van MY werk is EK moet siele trek na YAHUSHUA toe. En EK mis nie een siel nie wat geskryf is in Die LAM se BOEK VAN LEWE, [van] voor die grondlegging van hierdie wêreld nie.

EK stel hierdie geheim nou vry aan jou – saam met MY gawe van onverskrokkenheid om voort te spreek en te profeteer soos geen ander Profeet ooit voorheen in publiek gedoen het nie. Daar is ander wat onderrig het dat EK vroulik IS, maar nooit geprofeteer het op die manier waarop EK IS uit jou voortspreek vandag nie.

EK stel hierdie Geheim vry sodat jy diegene kan bemoedig wat waarlik YAHUVEH YAHUSHUA liefhet en eerste stel in hulle lewe en liefde, om ook vir MY MAMMA SHKHINYAH te onthou. Want EK IS die HEERLIKHEID van YAHUVEH YAHUSHUA, net so seker as ‘n Heilige vrou geskape was om die heerlikheid te wees van ‘n Heilige man.

Wanneer jy aangeval word vir die onthulling van die NAAM van die HEILIGE GEES – wat MY NAAM: SHKHINYAH is – en onthul die HEILIGE GEES is nie gemaak in die beeld van ’n man nie, maar eerder ‘n vrou, sê vir hulle om te ondersoek en hulself te bewys as beproef. (2 Tim. 2:15)

Want noem die Boeke van Ouds – in psalms en spreuke nie vir “WYSHEID” ‘n “SY” nie? Sê die Heilige Skrifte nie, “Die begin van WYSHEID is die Vrees van YAHUVEH” nie? (Spr. 1:7) Herinner hulle dat in die KJV Bybel – die NAAM van YAHUSHUA ook gespel YAHSHUA, ook nie in die KJV Bybel is nie – net die naam van ‘Jesus’ is daar.

Weet dit: Die naam ‘JESUS CHRISTUS’ is steeds geëer en gesalf, op hierdie tydstip en red siele, bevry en genees. Maar soos EK julle gewaarsku het, in die komende Groot Verdrukking sal die een wat nou die antichris genoem word, ook homself “Jesus” noem.

Selfs nou het ‘n vervalser verrys en mislei miljoene met die naam van ‘Jesus Christus’. Gaan selfs sover, om vir hulle te sê om hulself te tatoeër met die nommer 666 om hul aanhanklikheid te bewys vir hierdie bose man – hy noem homself die “seun van God” en vertel vir die mense, “Daar is geen ding soos sonde nie en die hel is ‘n leuen.”

EK het MYSELF keer-op-keer herhaal omdat hierdie Saad van Waarheid so kragtig is dat satan die Tuin van Waarhede sal wil uitruk – in hierdie Profetiese Woord van Kennis – voor dit kan wortel skiet.

EK het hierdie Bediening gebruik om te waarsku hoekom dit dringend is om die HEILIGE HEBREEUSE NAAM van YAHUSHUA te leer [wanneer vertaal beteken dit “YAH RED”], WIE nou ook 'JESUS CHRISTUS' genoem word. Want in die Groot Verdrukking sal net die HEBREEUSE NAAM VAN YAHUSHUA, die Salwing, Genesende, Bevrydings en Reddings Krag hê. Weer herhaal en waarsku EK.

As die georganiseerde kerke hulle werk gedoen het, sou mense nie mislei word nie.

Wees gewaarsku! Dit sal die beroemde TV evangeliste wees wat die massas na die seun van satan sal lei, wat sal kom en die naam gebruik wat vertrou word ‘Jesus Christus’. Dit sal die beroemde TV evangeliste wees wat hulle siele verkoop het aan satan vir roem en rykdom wat vals mensgemaakte leerstellings onderrig en die mense lei na hierdie vals ‘Jesus’.

In die Groot Verdrukking sal die naam van ‘Jesus’ vervals word deur die seun van satan, nou genoem die antichrist. Hierdie antichris sal die Naam van ‘JESUS’ besmet en onder die krag van satan, tekens, wonders en onheilige wonderwerke doen in 'n naam geken deur die Christen Kerk, 'n naam wat nou bemin en vertrou word: “Die Naam van ‘JESUS CHRISTUS’.”

Die seun van satan, genaamd die antichris sal verklaar hy is ‘Jesus Christus’. Hy sal aandring dat almal hom aanbid en hom eer en kerke bywoon en bymekaarkom op Sondag en sy “merk” aanvaar (Openb. 13:16-18) – bewysend van hul lojaliteit. Die antichris, wat waarlik die enig verwekte seun van satan is – sal weereens kom met ‘n gees van Judas Hitler – vir wie die Skrifte die “seun van verderf” of die “seun van die hel” noem. Die seun van satan sal tekens, wonders en vals wonderwerke doen in satan se krag vir satan se eer.

EK het hierdie Bediening gebruik om te waarsku. Wanneer julle die verpligte Sondagkerk wet sien uitgevaardig word, MOENIE die Sondagkerke binnegaan NIE anders SAL JY JOU SIEL VERLOOR! EK het gewaarsku om nou te leer wat die ware Sabbat-Dag van Rus is – [Vrydag sononder tot Saterdag sononder].

Hierdie was ‘n moeilike boodskap vir [Elisheva] om te bring want die Christen Kerke wil dit nie hoor nie. Maar die van julle wat getrou was en hierdie Waarhede voortgespreek het, julle weet dat jul die mandaat gegee is van Esegiël 3:17-21.

Hierdie Bediening is ’n mandaat gegee om die HEILIGE HEBREEUSE NAME te onderrig VAN DIE SKEPPERS en [dit sluit in] YAHUSHUA HA MASHIACH.Wie beter kon EK gekies het om diegene te onderrig wat die NAAM wil weet van DIE HEILIGE GEES?

[Elisheva], jy het vir YAHUVEH die NAAM gevra van die RUACH HA KODESH en EK het jou vertel. Nou gee EK aan jou hierdie Mandaat om te deel wat vir jou vertel was in die geheim. EK belowe jou dat diegene met geestelike ore om te hoor sal luister en hierdie Bediening sal ondersteun. En hierdie Waarheid sal verdedig en ander onderrig.

Diegene wat kies om geestelik doof te bly sal doof bly. Dit is NIE jou werk om mense te oortuig nie, dit is NET jou werk om te gehoorsaam en die Profetiese Boodskappe en Woorde van Kennis vry te stel soos dit aan jou toevertrou word uit die Hemel. Enige iemand wat hierdie lees of hierdie geleer was sal aanspreeklik gehou word vir wat hulle nou weet.

Einde van Profesie

’n Aanstoot vir meeste ’n seën vir ander met geestelike ore om te hoor, diegene wie se name gevind word in die LAM se Boek van Lewe.

‘n Kind, Vegter Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH

Apostel Elisheva Eliyahu

Vrygestel op 27 Augustus 2007

* * * * * * *

Dierbare Geliefdes,

Ter afsluiting. Ek het geskryf wat ek gehoor het en aangesê was om te skryf. Ek het vir YAHUVEH, YAHUSHUA MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID gevra of HULLE seker is dat daar niemand anders is wat hierdie Woord beter as ek kan vrystel nie. Ek weet nie hoekom ek gekies was nie.

Maar, my werk is net om die HEILIGE DRIE-EENHEID te gehoorsaam. Ek vrees wat YAH aan my kan doen meer as wat ek vrees wat mense van my dink. Ek bedank almal wat aan ons geskryf het in verband met bevestiging in hul gees aangaande die Woorde van hierdie en ander Profesieë. Julle liefde en ondersteuning beteken so baie!

Ek sien daarna uit om julle te ontmoet in die Hemel indien nie hier op aarde nie!

Elisheva Eliyahu



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred