Profesie 88

EK YAHUVEH, Speel Met MY Vyande!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 16 Oktober 2006

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

[Hierdie Profesie was opgeneem op audioband en was geskryf presies soos opgeneem.15 minute van intense oorlogstale het voortgekom, voordat hierdie woord gekom het]

* * * * * * *

En hierdie is ‘n waarskuwing aan die vyand! Jy sluip in op haar [Elisheva]), terwyl sy slaap. Jy dink dat EK haar nie sal wakker maak nie. Al is jy onsigbaar, is jy nie onsigbaar vir MY nie! Sy praat nie jou taal nie; o maar EK, YAHUVEH, praat jou taal. Jy wil haar doodmaak, waar mense hande jou nie kan aanraak nie.

O maar EK, YAHUVEH, kan jou aanraak. Jy sal ‘n prys betaal hiervoor. EK spot jou, EK teister jou nou, want jy sal jou eie stem en jou eie taal oor die luggolwe hoor en jy sal sê, “Hoe kan sy ons taal ken? Hoe kon sy weet dat dit ek was wat aangeval het?” Dit is nie sy wat weet nie, dit is die Skepper van ALLES wat weet!

Jy kan nie enige iets doen nie, o vyand van MY, waarvan EK nie weet nie en sy weet net dit wat EK haar vertel, niks meer nie, niks minder nie, net ‘n onskuldige baba, en EK is die Vader wat onderrig. Sy het ‘n Messias, sy het ‘n middelaar, sy het ‘n Bloed versoening, dit is MY Seun YAHUSHUA! Waar is joune?

Jy is verdoem vir die hel! Jy is verdoem vir die Poel van Vuur! Jy seil in onsigbaar, in die geestes ryk, sluip in om die onskuldige een dood te maak terwyl sy gelê het. Dit is EK, HA, HA, HA, dit is EK wat jou spot! Terwyl sy daar lê, is dit EK wat haar laat hoor jy seil in. Dit is EK wat gesê het, “[Elisheva], luister,” al is sy vas aan die slaap, is dit EK wat gesê het, “Die volgende keer wat jy jou mond oopmaak, sal jy in ‘n taal praat waarvan jy nie weet nie, ‘n taal wat jy nie gehoor het nie, maar dit sal EK wees wat ‘n oordeel sal voortspreek tot die onsigbare vyand wat probeer om jou dood te maak.”

EK speel net met jou (vyand) om jou te wys, dit is EK, YAHUVEH, wat alle dinge weet, sodat EK jou net genoeg tou gee om jouself te hang. Want jy sal sterf aan Haman se galg! EK het die bedekking vermeerder, sy het geen gewone [lewe] nie. O, hulle roep uit, hulle wil 'gewoon' wees maar daar is niks gewoons nie, want daar is niks gewoon omtrent hierdie bediening nie, daar is niks gewoon omtrent diegene wat EK bestem het om te beskerm en te verdedig nie.

So hardloop, hardloop, hardloop! Sommige van julle sal lewe en sommige van julle sal sterf hierdie nag, maar die boodskap sal teruggeneem word, terwyl julle eie taal gehoor word oor die luggolwe. EK sal vir ander profete die uitlegging van hierdie taal gee, tot jul erge verskrikking.

Julle sien, elke keer wat julle haar aanval, elke keer wat julle een van die 5 wyses aanval, wat die 5 wyse maagde simboliseer, elke keer wat julle een van MY Bruid aanval (Openbaring 14 en Openbaring 7), is daar nêrens vir julle om weg te kruip nie. EK lag vir julle (Katah, katah, katah, Heilige taal word gehoor), net geskik vir oordeel, net geskik vir verdoeming. Die van julle wat die vyand is van hierdie Ringmaagd, van hierdie bediening, van MY Bruid, is slegs geskik vir MY verdoeming en dit sal die Hel wees, in ‘n Poel van Vuur sal julle bly!

Einde van die waarskuwing.

* * * * * * *

Elisheva se kommentaar op die audioband:

“Ek het ‘n nag gehad — net spasie en tyd nodig gehad”, so het 'n stil vreedsame aand gehad. Stiltetyd met YAHUSHUA, en net ‘n tydjie om te lag en te speel en iets wat [ek] vir ‘n lang tyd nie gehad het nie, om onsself te bepaal by ons eie sake — uiteindelik gaan slaap na intense geestelike aanvalle vroeër in die dag. So ek is vas aan die slaap as wat kan kom en ewe skielik hoor ek iemand ons deur oopmaak, die kliek van die deurknip wat die deur laat oopgaan. Ek onthou om skaars van wakker word om te sê, ‘Iemand het nou net ingekom. Iemand het nou net die deur oopgemaak', maar ek was aan die slaap selfs toe ek dit gesê het.

Alhoewel ek vas aan die slaap was het ek begin hoor van YAHUVEH. En YAHUVEH het gesê hy, “Gaan begin praat in ‘n taal van die vyand wat die deur oopgemaak het.” om te wag. En ek was nog steeds aan die slaap en HY het gesê, “Wag net, die volgende keer wat jy jou mond oopmaak, gaan dit in ‘n taal wees waarvan jy nog nooit gehoor het nie.” En dit is wat gebeur het van daar af. Dit is al wat ek weet en ek kon (in ‘n visioen) mense sien wat hardloop en ek kon oordeel en vuur sien en hulle was bang want hulle het geweet hulle was gesien en hulle het geweet ek behoort geen manier te gehad het om te weet hulle was daar nie.

En dit is al wat ek onthou behalwe dat ek weet iets is baie belangrik omtrent die woord “katah” en HY het vir my gesê iemand gaan hierdie taal herken of iemand sal die gawe gee van uitlegging want daar is meer hieraan as wat ons nou weet en dit is wat ek wil sê. Wat ek wil byvoeg is, voor ek hardop kon praat met my mond, met daardie tale, was dit die eienaardigste ding. YAHUVEH het my laat skree op die vyande in die Gees met daardie tale. Ek het die tale gehoor in die geestes ryk skreeuende op die vyand voor ek fisies daartoe in staat was om hulle los te laat met my mond, fisies. HY (YAHUVEH) was woedend en op een stadium, het HY my hand gevat en ek onthou hierdie omdat ek dit al in die Gees gedoen het voorheen en dit selfs gedoen het in die fisiese, en ek het my hand gevat en soos ‘n warrelwind en ek het dit aangewakker, “vinniger, vinniger, vinniger, vinniger, vinniger.” En HY het gesê, “Dit is hoe dit gaan wees vir die vyande wat hierdie bediening aanval.” Hulle het ons finansies aangeval en tog sê YAHUVEH, [Elisheva begin weer in tale bid, en hierdie woord het voortgekom]

* * * * * * *

SAL JY DIE EKSTRA MYL LOOP?

Seëninge, Seëninge, Seëninge oor almal wat ‘n gebeds bedekking was vir hierdie bediening. Julle het gewonder wat verkeerd was. Want [Elisheva] se stem was stil sedert die onlangse profesie. Hoe min het selfs geskryf omdat hulle in sulke vrees was. Ander briewe was gesteel, so die bemoediging kon sy nie hoor nie. Hoeveel van julle het MY stem gehoor en probeer skenk vir hierdie bediening? Tog was julle kredietkaarte geblokkeer maar hoekom het nie enige een van julle navraag gedoen, waarom nie?

Julle was nie in staat om hierdie bediening te ondersteun soos julle gedoen het in die verlede nie. Hoekom loop julle nie die ekstra myl nie? Hoekom sê julle nie, “Daar moet ‘n ander manier wees” nie? Weet julle nie die kragte wat in hierdie wêreld is wil haar wurg nie? Want sy het geweier om die belasting vrystelling status te neem, sy het geweier om gesnoer te word as ‘n profeet.

Julle sê hierdie bediening beteken so baie vir julle. Julle smag na die volgende woord en tog hoekom het nie een van julle, behalwe vir ‘n klompie uitgesoektes, die ekstra myl geloop om te sê, “Is daar ‘n ander manier hoe ons finansies tot by jou kan kry nie?”

Nou praat EK met diegene wat EK aangesê het om te gee en julle finansies het teruggekom na julle toe. Nou sal julle weer gee, ingedruk en saamgeskud en oorlopend sal mense skatte op haar boesem stapel. Want dit is EK, YAHUVEH, wat ‘n bevel uitgereik het dat jy ‘n helper moet wees en wanneer een deur toe is, soek altyd om te sien of daar nie ‘n ander een is want jy weet die woorde wat voortkom is van MY.

Julle weet hierdie bediening is vir die ‘Laaste Kans Eind-bestemming.’ Soos julle ‘n seën vir hierdie bediening is, so sal EK ook ‘n seën vir julle wees. Vir die van julle wat ‘n vloek is vir hierdie bediening, wat geluister het en niks gedoen het om te help nie, wat daarop gevoed het, geestelik vet geword het en tog van geen hulp was nie. EK spreekvoort nou uit hierdie boodskap, julle word aanspreeklik gehou.

Daar is meer as een manier om finansies by haar te kry. Julle sien hulle in ‘n vreemde land. Julle sien hulle doen wat julle moes gedoen het. Maar julle wou nie die gemak van julle huise opgee nie, van die van julle familie nie, so EK het ‘n ander een opgerig. Julle weet nie en julle kan nie eens die prys begryp wat hulle betaal vir die salwing wat julle gehoor het hierdie dag nie.

Die enigste rede wat EK nog nie MY Seun YAHUSHUA gestuur het om te versamel vir SY Bruid nie, daar is dinge wat nog moet plaasvind. Daar is steeds werk wat gedoen moet word. Dit is hoekom die magte wat is, die Amerikaanse regering, hierdie bediening wil afhaal van die internet af, om die finansies te wurg. Maar waar een deur toe is, maak EK ‘n ander een oop. Hoeveel van julle sal hoor, en hoeveel van julle sal luister? Hoeveel van julle sal haar kontak en nie net ophou by een e-pos nie maar die hemel bombardeer totdat jy haar bereik en sê, “Ek moet jou help, ek het ‘n mandaat om jou te help.”

[Baie e-posse wat vir ons gestuur was, is gesteel. Hou aan e-pos stuur, totdat jy terugvoering van ons af kry.]

Sien, hierdie bediening is vir al die heiliges. Dit dra geen naam van geen man, geen vrou nie. Hierdie woorde is nie hare nie. Hierdie salwing is anders as enige ander. As jy wil deel in hierdie salwing, as jy wil deel in die seëninge, as jy wil weet jy is beskerm soos EK haar beskerm en die ander van die Bruid, moenie langer ledig daar staan nie. Want die Kerke van Babilon is hoere; hulle neem die belasting vrystelling status. Hulle laat hulself toe om gesnoer word. Hulle weier om te praat teen aborsie, homoseksualiteit, hulle weier om te praat teen dit wat hulle regerings doen, maar nie hierdie bediening nie. Daar is geen prys etiket daarop nie, want dit behoort aan die Hemel en wie probeer waag om “EK IS”, YAHUVEH te snoer? Wie probeer waag om MY Seun YAHUSHUA te snoer? Wie probeer waag om die RUACH HA KODESH te snoer?

Julle sal sekerlik betaal.

Sê MY Woord nie, “As jy net soveel as ‘n beker koue water vir ‘n profeet gee sal jy ‘n profeet se beloning ontvang?” nie. EK laat haar die Lewende Water uitgiet. Hoe min van julle gee dit vir haar terug? Hulle betaal dit uit die finansies (bedienings uitgawes), die prys bly styg. Hoe min van julle gee selfs om? So EK spreekvoort uit haar.

Terselfdertyd, waarsku EK die vyande. EK verklaar ook ‘n seën oor al diegene wat ‘n seën is vir hierdie bediening en al diegene wat haar bedek en al diegene wat hierdie bediening bedek en wie die ekstra myl loop. Die boodskap aan die Heiliges, die boodskap aan MY Bruid, want die Bruid van YAHUSHUA is die Bruid van YAHUVEH, jubbel! Julle is een dag nader aan SY koms. Julle is een dag nader aan YAHUSHUAse koms! Julle is een dag nader aan die Hemel, julle huis, en groot, groot, groot sal julle belonings wees vir alles wat julle opgeoffer het.

EK verklaar MY seëninge aan die getroues, aan diegene wat weier om te skik. Nie een ding wat julle deurgemaak het sal vermors word nie, sal tevergeefs wees nie. Onthou hierdie, Bruid, julle het mekaar nodig, so moenie meer julle koppe skud en sê, “Ag wel, ek kan nie ‘n plek vind om te skenk nie.” Loop die ekstra myl. Gaan deur die oop deur. Kontak haar. Hamer aan die Hemel se deur want boeke word gepubliseer. Sommiges is nou net in die proses om geskryf te word en hierdie boeke sal uitgedeel word (deur ander) tydens die Groot Verdrukking. Vra hoe jy kan help want die publiseringskoste is hoog.

Hoe min van julle gee selfs om watter lewenskoste dit verg om te gaan waarheen EK sê gaan en doen wat EK sê doen? EK kon dit net uitgiet uit die hemel, die finansies, maar hoe sal dit ‘n seën vir julle wees? Die oes is so groot en die arbeiders so min. Diegene met geestelike ore om te hoor weet dat EK met julle praat. Alle ander – julle is MY vyande, bly doof. Niks van hierdie boodskap, behalwe die van oordeel, is vir julle bedoel nie.

[Op band sê Elisheva, “My hand is lam.” (as gevolg van die salwing.)]

* * * * * * *

[Hierdie volgende woord was gegee die volgende aand op 17 Oktober 2006 nadat ons alarm stelsel uitgesny het en die vroue in gebed was. Esnart is die voodoo huishulp wat twee keer ‘n week na die huis toe kom om wasgoed te doen in die motorhuis.]

* * * * * * *

EK het vir jou ‘n vegters taal gegee soos geen ander. Wanneer jy MY woord voortspreek in MY taal, spreek jy dit nie net in een taal nie, jy spreek dit in baie tale. EK weet waar die vyande is. EK weet van watter lande hulle is en hierdie taal sny hulle af met en akkuraatheid en presiesheid.

Katherine, jy eer MY dat jy die tyd sal neem om te doen wat jy gedoen het (Oorskryf van Heilige Taal). Sodat EK vir jou kan wys net hoe werklik hierdie is en dit wat nie vertaal kan word nie is omdat dit ‘n taal is van engele. Hierdie is net ‘n bykomende vorm van beskerming. As jy maar die vyande kon sien wat hierdie wêreld omring, sou jy verwonderd gewees het. O, maar EK staan voor die vyande. EK staan voor die vyande van MY Bruid. Hulle moet deur MY kom om by julle uit te kom, en wie kan deur MY kom?

[Elisheva Biddend: Heilig, Heilig, Heilig. Heilig, Heilig, Heilig, Heilig.] [Op die audioband vra Katherine of ons die dood van Esnart gaan sien. Elisheva vra, “sy is verantwoordelik hiervoor (die sekuriteits krag wat af was) is sy nie ABBA YAHUVEH? Sy het ons alarm afgesny.]

Hierdie nag het EK nie (vir jou hele huishouding) vrede gegee om te slaap nie, en EK het jou gewaarsku [Elisheva] in jou droom. Katherine [Kathrynyah], jy het die een wat vrede, sekuriteit en liefde verteenwoordig gehad wat jou kamer binnegekom het om vir jou te wys dat alles reg sal wees. Dink jy dat dit toevallig was dat jy gewerk het aan hierdie magtige vegters taal, op dieselfde nag wat hierdie alles gebeur het? Daar is geen toeval nie.

[Elisheva], dit is waar EK het jou taal verander na die van ‘n magtiger vegter selfs. Elke keer wanneer jy hierdie bid, wanneer boosheid probeer om jou huis binne te kom, hou die vegters gebed dit uit, want dit is onder MY salwing.

Katherine, jy het hierdie woorde gespreek keer-op-keer-op-keer, jy het na hulle geluister keer-op-keer-op-keer, hulle het in jou gees ingegaan. Dit was asof ‘n fort opgerig was, boosheid kon nie inkom nie. EK het die vyand beskaam hierdie nag. EK is akkuraatheid, EK is presiesheid, EK is perfeksie. Wee enige iemand wat MY gesalfdes probeer seermaak. Wee enige iemand wat MY profete probeer seermaak. Hulle mag dalk een keer probeer maar hulle sal nie lewe om weer te probeer nie.

Jy het nie ‘n idee hoeveel EK vir jou doodgemaak het nie. Iewers in die einste middel van uitroepe tot satan vir jou vernietiging, [Elisheva], het hulle hul harte vasgegryp en doodgegaan gedurende daardie gebed. Iewers in die onsigbare ryk, terwyl hulle kom om aan te val, was die laaste ding wat hulle gehoor het hierdie taal, terwyl hulle siele hel toe geneem was, maar hulle liggame uitgestrek was op die vloer elders in ‘n ander land. Sommiges het net verdwyn en sal nooit gevind word nie.

MY weë is soveel hoër as julle weë. Julle kan nie eers begin begryp waarvan EK praat nie. Julle verstand is nie in staat om dit in te neem nie. Selfs nou sukkel julle en wil meer weet. Dit is nie vir julle om te weet nie. Dit is nie vir julle om te verstaan nie. Weet net dat EK, YAHUVEH is, en dit sal presies, akkuraat wees soos EK beplan het.

Selfs die vyande loop in MY strik in. Want EK sê, “Hier is hulle, kom kry hulle.” Weet julle nie dat EK vooruit weet dat daardie alarm af sou wees nie? Is EK nie in staat om diegene wat aan MY behoort te beskerm nie? Ja, dit is goed dat julle op is. Dit is goed dat julle nie dwaas optree nie, want die vyand hou dop van ver af. Hulle weet dat hulle nie naby kan kom nie en MY Heilige engele staan wag. Hou vir Esnart dop, moet haar nie as vanselfsprekend aanvaar nie, want boosheid seil onbewustelik in. Jy was so respekvol wanneer sy uitreik om aan jou te raak en jy vining die salwingsolie op jou sit. Maar van nou af, laat haar weet met geen onsekere terme, dat jy haar tot dusver toegelaat het om dit te doen tot dusver omdat jy nie onbeskof wou wees nie maar niemand word toegelaat om aan jou te raak sonder jou toestemming nie. EK gee vir jou hierdie mandaat om dit te doen want EK het jou bedek keer-op-keer.

Nou praat jy en jy spreek uit. Sy sal die boodskap kry en dit nie ‘n tweede keer wil doen nie. Daar is maniere om dit te sê en jy sal weet met watter stem om te praat, want sy is ‘n wandelende dood en die dood reik uit na jou om jou te probeer aanraak keer-op-keer, siekte, kwale en vernietiging maar moenie vrees nie MY dierbare een, EK het jou bedek. Maar jy gaan haar laat weet, niemand raak aan jou sonder jou toestemming nie. Dit geld vir almal van julle. Jy moet die gees ken waarmee jy aanraak. Sê MY Woord nie, “Moenie haastig enige iemand die hande oplê nie?” Vernaamlik hier in Afrika, neem hierdie baie ernstig op.

Einde van woord gegee op 17 Oktober 2006.

* * * * * * *

Hierdie woord is ‘n waarskuwing aan YAHUVEH se vyande. Die vyand het deur astrale projeksie in ons slaapkamer ingekom om Elisheva dood te maak, maar YAHUVEH het tussenbeide getree en HY het die vyand weggejaag. LOOF YAHUVEH en YAHUSHUA! Hierdie dinge is werklik mense, neem dit asseblief ernstig op!

Die Bruid van YAHUSHUA sal nou begin om die vyand te sien val en jy mag dalk nie die vyand met jou oë sien val nie, maar julle moet geloof hê, terwyl YAHUVEH en YAHUSHUA wraak neem vir ons.

* * * * * * *



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred