Profesie 87

Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat EK, YAHUVEH, Te Sê Het!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 27 Augustus 2006

* * * * * * *

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

"Sh'ma Yisrael" Deut. 6:4

"Hoor, o Yisrael, YAHUVEH is ons ELOHIEM, YAHUVEH is een”

Geseënd is SY Glansryke Koninkryk vir altyd en ewig.

Profesie BEGIN

Hoor o Geliefde Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld. Kan julle nie jul Skepper hoor huil en wroeg oor hoe ver julle afgedwaal het van MY Heiligheid nie? Julle kan nie sê julle weet nie wat is reg en wat is verkeerd nie want o Israel en Jerusalem het EK nie MY Torah op julle harte geskryf nie en het EK julle nie beveel om die Torah wette te leer vir julle kinders nie? Is julle nie die saad van Abraham, Isak en Jakob nie? Het julle nie enige iets geleer van julle Koning Dawid en van Josua nie? So wat is julle verskoning?

Watter verweer het julle om die gruwels toe te laat soos homoseksuele propaganda gemik op julle jeug om hulle te verdorwe. Hoekom verwelkom julle wat EK 'n gruwel noem en 'n bespotting van die huwelik? Maak julle aanspraak op onkunde teenoor MY Tanakh? Verstaan julle nie hoe julle skande bring oor alles wat Heilig is deur hierdie verdorwenheid toe te laat om in te kom in wat eens op 'n tyd die Heilige Stad genoem was nie?

Vir die van julle in Israel en Jerusalem wat wel huil en weeklaag vir die boosheid gebring na Israel toe en julle het jul bes gedoen om te protesteer, weet dat EK julle sal beloon in die mate wat julle protesteer teen die homoseksuele gees en die bose gees van Molech genaamd aborsie. Hoekom o Israel vermoor julle eie vroulike soldate die onskuldige babatjies terwyl binne-in hul baarmoeder in plaas daarvan om eerbaar te bly? Verstaan julle nie EK sal julle nie seën nie totdat julle gehoorsaam en bekeer en wegdraai van jul bose weë en Heilig is vir MY, YAHUVEH?

O Israel en Jerusalem, waar is die vrees, gehoorsaamheid, eerbied en Heilige ontsag wat julle voorvaders Moses, Abraham, Isak, Jakob, Josef, Dawid en Josua gehad het? Is dit nodig dat EK aangaan? O manne van Israel, hoekom dink julle jul militêre krag maak van julle dapper helde? Verstaan julle nie dit is julle geregtigheid deur MY SEUN YAHUSHUA wat sal maak dat EK jul oorloë sal veg en dat julle sal oorwin nie?

O Vroue van Israel en Jerusalem, waar is die Heilige werktuie wat MY, YAHUVEH vrees, meer as wat julle vrees wat mans sê? Waar is die vroue van Israel met die Heiligheid en gehoorsaamheid en geloof soos ‘n Sarah, Deborah, Rut, Ester of Miriam? Hoekom word die Delila's en die gees van Jezebel toegelaat om te besmet wat bedoel is om Heilig te wees? Weet julle nie dat een van MY Twee Getuies 'n gees sal hê soos Deborah s'n nie wat 'n Regter was van die hele Israel.

Hoe kan julle durf om vir MY te vra om Israel en Jerusalem te seën totdat julle staan vir Heiligheid? Kan julle nie sien EK is billik in alle weë nie; EK is almagtig in liefde en in oorlog. EK seën diegene wat gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en EK vervloek diegene wat verontagsaam. Kan julle nie sien dit is geskryf in julle eie Torah en Tanakh nie daar is heilge salwings krag in MY Naam, wat YAHUVEH is? Sê MY Woord nie in Psalm 91 "EK sal hom verhef, omdat hy MY Naam ken nie"? Hoekom ondersoek julle dit nie vir julself en tel hoeveel keer EK seëninge uitgespreek het oor diegene wat MY HEILIGE, HEBREEUSE NAAM ken en gebruik nie? Hoekom het julle die Rabbies toegelaat om hierdie seën te steel by julle? Hierdie is nie altyd hoe dit was nie. Watter liefdevolle Vader steek sy naam weg vir sy kind?

MY Naam is YAHUVEH en dit maak nie vir MY saak hoe julle dit spel of uitspreek nie, solank julle erken MY Naam het "YAH" daarin en so ook het MY SEUN die enigste MESSIAS SY Naam is YAHUSHUA dit maak nie saak hoe julle dit spel nie solank julle MY Naam YAH daarin hou. ONS Naam is nie bloot 'n titel soos HaShem of Here of Adonai nie. MY Naam is bo alle name en dit is YAHUVEH. Neem terug wat die Rabbies van julle gesteel het. Julle gebruik MY Naam ydelik wanneer julle dit spel as G-D of dit afkort as YHVH of YHWH want hoe word daardie uitgespreek? Jy het 'n naam, wat laat jou dink dat EK jou Skepper nie 'n naam het nie? Wanneer jy bid noem MY op MY Naam, YAHUVEH. Diegene met geestelike ore sal hoor alle ander sal doof bly.

O Israel, hoekom gehoorsaam julle nie die wette neergelê vir julle op die Berg Sinai nie. Het EK julle nie apart gestel vir MY heerlikheid nie? Het EK julle nie liefdevol beskerm teen die plae en vloeke wat oor julle vyande gekom het nie? Het EK julle nie veilig oor die Rooisee gekry deur dit te skei en julle vyande, die Egiptenaars te verdrink nie? Is julle ooit gepla om te tel hoeveel wonderwerke EK gedoen het vir julle onthalwe? O Israel en Jerusalem, dink julle EK hou daarvan om julle te slaan om julle aandag te kry? Daar is niemand soos julle nasie op die aangesig van hierdie aarde nie. EK het julle soveel geseën, maar hoe het julle jul Skepper geseën en gehoorsaam? Keer terug na MY toe o Israel sodat EK julle weer oorvloedig kan seën. EK kan nie enige iemand seën wat in rebellie is nie. Kies julle hierdie dag watter ELOHIM julle sal dien!

O Israel, hoe is MY hart bedroef EK is YAHUVEH, EK is die ELOHIM van Israel al was julle soos 'n uitdagende rebelse vrou. Julle doen teenoorgestelde van wat EK julle voorvaders, Moses, Abraham, Isak, Jakob, Dawid en Josua beveel het wat MY Wil eerste gestel het om die gebooie te gehoorsaam gegee aan Moses op die Berg Sinai. Julle Koning Dawid het oorwinning gehad in gevegte, so het Josua want hulle het geweet dit was nie deur hulle mag nie, nie deur die getalle en krag van hulle vegters en wapens nie. Die oorwinning het gekom omdat hulle MY, YAHUVEH, se Wil eerste gestel het. Hulle het na MY toe gekom met bekeervolle harte, vas, gesalfde gebed, aanbidding en lofprysing. Hulle het geweet die vyande was oorgelewer in MY hande. Hulle het geweet hulle was gebruik om te veg in die gevegte maar dit was EK, YAHUVEH, wat die oorloë gewen het vir MY Lof, Eer en Heerlikheid alleen!

O Israel, julle het alle reg om julself te verdedig maar tot julle skande, maak julle nie meer staat op MY wapens van oorlog nie. Julle sal omring word aan alle kante want julle maak staat op 'n Judas genaamd Amerika vir julle Wapens. Julle moet verstaan, EK is YAHUVEH, en EK sal nie gespot word selfs deur Israel nie. Ja, EK het 'n verbond met Abraham gesluit om Israel te beskerm en te seën maar eerstens moet julle 'n seën wees vir MY. Julle moet julle deel doen en MY gehoorsaam voor julle in MY seëninge kan wandel van Deut. 28.

EK, YAHUVEH, seën diegene wat 'n seën is vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. EK kan nie die rebelse seën nie. EK moet diegene tug wat EK liefhet anders kan EK nie sê dat EK julle liefhet nie. EK rou oor dit wat EK moet doen want net 'n oorblyfsel van Israel sal gered word. O Israel, julle straf julle vyande veel meer as wat EK voorgeneem het, want julle vergeet dat Abraham voor MY aangesig is MY herinner dat julle vyande ook die saad van Abraham is deur Ismael. Julle verloën MY SEUN YAHUSHUA se Heilige Reddende Bloed wat Jerusalem se grond deurweek, soos hulle doen.

Selfs duisende jare later bedek een druppel van YAHUSHUA se Reddende Bloed die wêreld, tog weier julle om die geskenk te aanvaar wat EK vir julle gegee het as julle Bloed Offer, groter as enige diere bloedoffer. EK het nie net MY geliefde SEUN YAHUSHUA toegelaat om gekruisig te word vir die sondes van hierdie wêreld en om te sterf en begrawe te word in ‘n graf nie. EK het YAHUSHUA opgewek uit die dood as 'n teken vir Israel, nie alleenlik is daar lewe na die dood nie maar EK, YAHUVEH, het Jerusalem gekies vir YAHUSHUA om te sterf en begrawe te word op julle grond en weer op te staan. O Jerusalem, die tyd is op hande wanneer die wêreld sal sê, "Julle sal sekerlik sterf en nooit weer opstaan nie" maar wanneer Israel BEKEER en gehoorsaam, sal EK Israel weereens opwek.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld. EK, YAHUVEH, het hierdie gedoen vir meer as een rede. YAHUSHUA simboliseer julle wonderwerk geboorte as 'n nasie soos YAHUSHUA apart gestel is vir MY heerlikheid. Israel julle is ook bedoel om apart te wees om vir MY, YAHUVEH Heerlikheid te bring veral in hierdie eind-tye. EK het Lewende Water deur julle klaagmuur laat vloei gesimboliseer deur YAHUSHUA se trane toe HY in die Tuin van Getsemane was. HY het geween vir Jerusalem en Israel, soos EK, YAHUVEH, nou doen.

Hoor o Israel, EK berei MY Twee Getuies voor wat nou leef op hierdie aarde en wie binnekort weggevoer sal word op na die Hemel en weer sal terugkeer toegerus met nuwe salwings Kragte uit die Hemel en 'n Verheerlikte Liggaam, nie langer onderhewig aan die gebondenheid van 'n fisiese liggaam nie. MY Twee Getuies sal weer na julle toe kom met tekens, wonders en wonderwerke en MY, YAHUVEH se Naam en Heerlikheid verklaar en die Naam van die enigste Prins van Vrede wie die enigste MESSIAS is, YAHUSHUA MY SEUN. MY Twee Getuies sal weer kom om julle te bestraf o Israel en julle waarsku om te bekeer.

Hoor o Israel en Jerusalem, omdat julle YAHUSHUA se bloed geweier het by Golgota om julle sondes weg te was, sal julle bloed hê skoon tot bo by die perde se tooms en dit sal vloei deur julle land. (Openb. 14:20).

Hoor o Israel en Jerusalem, Jakob het geworstel met MY, YAHUVEH, en hieroor was hy kruppel en het mank geloop. (Genesis 32:24-26). Julle het met MY geworstel o Israel en julle sal kruppel word, nooit ware vrede ken nie totdat julle uitroep GESEËND IS HY WAT KOM IN DIE Naam VAN YAHUSHUA ha MASHIACH! Dan sal julle geseënd wees op maniere buitemate en oorvloedig meer as wat julle durf droom of vra voor.

YAHUSHUA het die oë van blindes geopen en skille het van hulle oë afgeval en hulle het YAHUSHUA geloof vir hul sig Lof en Eer bringend tot MY, YAHUVEH. Julle egter o Israel en Jerusalem, julle het ontken dat hierdie wonderwerke van die Hemel was en so is julle nou blind en het skille op julle oë en dit is hoekom julle mislei sal word deur die seun van satan wat sommige die anti-messias noem vir 3 ½ jaar sal julle mislei word en sy vals vrede glo.

YAHUSHUA ha MASHIACH het bewys Hy is die SEUN van MY, YAHUVEH, terwyl HY tekens wonders en wonderwerke gedoen het regoor Jerusalem en Israel. Tog het julle HOM vervolg hiervoor en het die wonderwerke, werke van die duiwel genoem. In die Groot Verdrukking sal satan se seun (anti-messias) na julle toe kom en julle mislei met vals tekens, wonders en wonderwerke en hulle sal kragte wees van satan omdat julle die waaragtige verwerp het, sal julle geflous word deur die vals tekens, wonders en wonderwerke. (Openb. 13:11)

MY Twee Getuies sal weer bedien soos YAHUSHUA gedoen het. MY Twee Getuies se skaduwees sal genees, herstel en bevry en selfs die Heilige gemartelde dooies sal opstaan. Kos sal vermenigvuldig word duisendvoudig soos die broodjies en die visse was toe YAHUSHUA gebid het. Wat eens gedoen was sal weer gedoen word in Jerusalem en na wie ookal of waarheen ookal MY Twee Getuies gestuur en ontvang en geglo word sal hierdie wonderwerke gedoen word in YAHUSHUA se Naam weereens. Hulle sal bedien soos YAHUSHUA gedoen het en oordeel neerroep oor die Fariseërs. Soos YAHUSHUA geoffer was, sal MY Twee Getuies hulself offer en doodgemaak word maar sal 3 ½ dae later opstaan uit die dood as 'n teken dat YAHUSHUA LEEF en HEERS en REGEER uit die Hemel en HY waarlik die SEUN is van MY, YAHUVEH. (Openb. 11:3-13).

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA gevrees was deur die heidene, beskimp, gespot, gehaat, vervolg was en mislukte pogings op SY lewe gemaak was so sal MY Twee Getuies ook dieselfde lot ly. Soos YAHUSHUA die onvrugbare vyeboom vervloek het en dit verwelk en doodgegaan het omdat dit nie vrug geproduseer het nie, so ook sal MY Twee Getuies die onvrugbare werke en sonde vervloek van die mensdom. (Mattheus 21:18-20). Die onvrugbare vyeboom wat die heidense mensdom simboliseer sal ook verwelk en doodgaan terwyl Woorde van Vuur sal voortgaan uit MY Twee Getuies se monde. Die vyande haat YAHUSHUA, Heiligheid en MY Twee Getuies en dit sal wees soos in die tye van Elia van Ouds en MY vyande sal verteer word met vuur.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA die vrou by die put ontmoet het in Samaria en vir haar die Lewende Water gegee het by die put en sy die waarheid ontvang en teruggegaan het na haar stad en die goeie nuus gedeel het en die Lewende Water van waarheid gedeel het met ander. (Joh 4). Soos YAHUSHUA gesê het vir die vrou by die put gaan en drink van hierdie Lewende Water en jy sal nooit weer dors ly nie. Is MY SEUN YAHUSHUA die Fontein van Lewe, YAHUSHUA is die Put van Lewende Water niemand kan kom na MY, YAHUVEH toe sonder om te drink van SY Fontein van Lewe en sonder om SY Bloed Offer te aanvaar by Golgota nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, EK stuur vir julle die Lewende Water keer-op-keer deur MY gesalfde werktuie maar julle het die Lewende Water teruggegooi in hulle gesigte. Julle het MY Profete vervolg, geslaan, verban, opgesluit en doodgemaak. Om hierdie rede sal EK MY Twee Getuies na Jerusalem toe stuur en hulle sal profeteer teen die boosheid wat julle o Israel gedoen het, besig is om te doen en gaan doen. MY Twee Getuies sal die lugruim seël en geen reën sal val nie want julle weier en verwerp die Lewende Water van YAHUSHUA. MY Twee Getuies sal al die vloeke loslaat van Deut 28 op diegene wat ongehoorsaam is en diegene wat die godheid verloën van MY Geliefde SEUN YAHUSHUA. MY Woede sal val op almal wat YAHUSHUA se Naam vervloek. MY onverdunde woede sal almal verteer wat die merk van die dier dra en die dier aanbid. (Openb. 13:16-18).

Hoor o Israel, Jerusalem, en die res van die Wêreld, omdat julle weier om te luister na MY Heilige gesalfde profete wie se enigste begeerte is om te gehoorsaam en MY, YAHUVEH te dien, stuur EK MY Twee Getuies wat die salwing sal hê soos Moses en Elia van Ouds. Hulle sal gestuur word om die een te teister wat die anti-messias genoem word wat die seun van satan is, die vals profeet en al sy dienaars wat die merk van die dier sal dra te teister, net soos Moses gebruik was om die bose Farao te teister, so ook sal EK MY Twee Getuies gebruik.

Soos Moses vloeke en oordele oor die Egiptenaars uitgespreek het MY, YAHUVEH se krag bewysend, so sal dit ook weer wees, net soos Moses die Rooisee verdeel het sodat die Israeliete kon oorgaan hul vyande te ontvlug, so ook sal dit weer wees. Net 'n getroue oorblyfsel sal gered word in Israel en net omdat hulle teruggekeer het na Heiligheid die eerste wette onderhou wat EK, YAHUVEH geskryf het gegraveer het met MY eie vinger van outoriteit en dat hulle MY SEUN YAHUSHUA aanvaar en aanbid as hulle MESSIAS en bekeer van hulle sondes.

EK alleen sal diegene beskerm wat die Naam seën van YAHUSHUA. HY was gebore op hierdie aarde uit 'n Hebreeuse maagdelike vrou sonder die saad van 'n man. Bewysend YAHUSHUA is MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN is wie gestuur was aarde toe met MY Woorde en outoriteit. YAHUSHUA is die Lewende Torah en julle het HOM verloën o Israel, Jerusalem en die meerderheid van die wêreld, wanneer julle HOM verloën, verloën julle MY, YAHUVEH. EK het YAHUSHUA eerste na die Jode toe gestuur en toe na die Heidene om MY Outoriteit en Heerlikheid te demonstreer.

EK sal MY Twee Getuies uitstuur een man en een vrou om MY, YAHUVEH se outoriteit te demonstreer en om MY, YAHUVEH se oordele en vervloekings neer te roep en om gesalfde woorde voort te spreek en die Krag te wys in die Heilige Gewyde Name van MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA. Voorwaar luister en hoor o Israel en Jerusalem, EK sal Israel nie seën nie totdat julle die NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA seën en totdat julle die Heiliges seën wat kom en bedien in ONS NamE.

Hoor o Israel, Jerusalem en die mense van die aarde, daar is maar een weg terug Hemel toe en dit is deur die Heilige Offer gegee vir hierdie planeet aarde wat die sondes van die mense bedek en dit is deur die Naam en Bloed van YAHUSHUA. Julle moet HOM aanvaar as MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN en julle sondes sal vergewe en weggewas word deur die enigste reddende Bloed van YAHUSHUA maar dan moet julle bekeer en wegdraai van julle sondes en gehoorsaam wees. (Joh 14:6)

Hoor o Israel, hierdie is die boodskap wat MY Twee Getuies sal voortspreek. Enige vyande van YAHUSHUA is 'n vyand van MY, YAHUVEH en as hulle nie bekeer nie is daar geen vergewing vir hierdie sonde nie. Die Hel sal hulle volgende tuiste wees.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, daar is geen koninklike bloed op hierdie aarde nie behalwe deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Alleenlik diegene wie se name reeds geskryf is in die Lam se Boek van Lewe (Openb. 17:8) voor die grondlegging van hierdie aarde kan die koninklike bloedlyn eis deur die koninklike bloed van die KONING van die HEELAL, die KONING van KONINGS en HERE van die HERE, YAHUSHUA ha MASHIACH, KONING van die Jode! Alle ander wat hulself noem uit 'n koninklike aardse bloedlyn is swendelaars en daar is niks koninklik in hulle nie. Net MY Mense ingeënt deur die bloedlyn van YAHUSHUA ha MASHIACH is Koninklik in MY oë. Net YAHUSHUA se Bruid sal gekroon word in die Hemel.

MY Twee Getuies is deel van YAHUSHUA se Eersteling Bruid van Openb. 14. Die liggaam wat hulle sal ontvang sal 'n Verheerlikte Liggaam wees. Net soos YAHUSHUA onsigbaar geloop het deur 'n skare toe die vyand HOM wou doodmaak so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. (Luk 4:28-30)

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos satan nie vir YAHUSHUA kon dood hou nie en YAHUSHUA op die 3de dag weer opgestaan het, so ook ongeag wat satan, die vals profeet en satan se seun, die anti-messias doen, kan hulle nie die opstanding stop van MY Twee Getuies uit die dood opstaan 3 ½ dae na hul dood nie. satan kan nie mense verhoed regoor die wêreld om te sien en te hoor hiervan nie en hul lewens en hul siele oor te gee en YAHUSHUA te aanvaar as die enigste ware Messias die SEUN van MY, YAHUVEH nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos YAHUSHUA opgevaar het na die Hemel voor getuies so sal ook MY Twee Getuies opvaar na die Hemel voor getuies van hierdie wêreld. Op julle luggolwe wêreldwyd, sal hierdie gesien word. Soos dit geskryf is en die dooies in (Christus) YAHUSHUA MESSIAS sal eerste opstaan, hierdie was 'n geheim en was reeds vrygestel deur hierdie profeet. MY Twee Getuies saam met MY ander Heilige kinders wat gemartel word terselfdertyd, hierdies sal die dooies wees wat eerste opstaan demonstrerend van die gesalfde krag wat YAHUSHUA opgewek het deur MY hand. EK, YAHUVEH, sal dit weer doen vir die wêreld om te sien.

Soos dit geskryf is, "Hulle wat oorbly in die lewe, sal weggevoer word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet," hierdies sal die Openb. 7 Bruid insluit. Die tyd van getuienis is 3 ½ jaar gesimboliseer deur 3 ½ dae en MY Twee Getuies se liggame lê dood alhoewel hulle Geeste in die Hemel sal wees. 3 ½ dae later sal hul Geeste teruggeroep word in hulle liggame in soos YAHUSHUA en opstaan uit die dood en menigtes sal neerbuig, bekeer en YAHUSHUA aanbid as MY SEUN en die ware MESSIAS. (Openb. 11)

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos dit geskryf is, die een vir wie julle Johannes die Doper noem het die weg voorberei vir MY SEUN YAHUSHUA so sal dit weer wees terwyl MY Elia van Nuuts die weg voorberei vir die wederkoms van YAHUSHUA om te heers en regeer op aarde soos HY gedoen het in die Hemel.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, MY Twee Getuies kom nie net met die salwing en die Gees soos Moses nie maar kom ook met die salwing en Gees soos Elia. Geen wapen sal hulle stop nie hetsy dit geestelik, mensgemaak, biologies of chemise is. In plaas daarvan, watter wapen gebruik word teen hulle daardie wapen sal terug-boemerang op die vyande. Geen leed sal oor hulle kom nie tot die einde van 3 ½ jaar van getuienis en net wanneer EK hulle toelaat om doodgemaak te word vir MY Eer om te bewys EK sal hulle weer opwek in 3 ½ dae.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos EK, YAHUVEH, vir Elia van Ouds die salwing gegee het om sy vyande te verteer met vuur so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. Net soos YAHUSHUA beheer en outoriteit gehad oor die wind en die golwe, so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. EK, YAHUVEH, sal MY Twee Getuies die krag gee om te verplaas enige plek in die wêreld. EK, YAHUVEH, sal vir hulle die gesag gee om MY Heilige Skape en Lammers, die Openbaring 7 Bruid, te beskerm en om die Gaste van die Bruilofsmaal van die Lam te bemoedig wie op aarde is gedurende hierdie tyd.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, hoe sal julle jul tande kners van woede o vyande wat YAHUSHUA verloën as die Ware Messias. Weet dit, MY Twee Getuies sal julle nie instaat wees om uit te hou uit julle Sinagoges, Tempels en Kerke nie net soos julle nie vir YAHUSHUA kon uithou uit julle Sinagoges in die tye van ouds nie. MY Twee Getuies sal verskyn aan die vyande van YAHUSHUA tentoonstellend van MY, YAHUVEH, se grimmigheid. MY Twee Getuies sal selfs instap in die anti-messias se slaapkamer in, hom teister in sy eie huis en die vals profeet se huis en ook hy sal nie die teistering vryspring van MY Twee Getuies nie.

MY Twee Getuies sal gaan na wie ookal of waarheen ookal so dikwels as wat EK hulle stuur. Geen vyand sal instaat wees om hulle uit te hou nie of hulle keer om die seun van satan en die vals profeet te teister en uit te tart nie totdat die 3 ½ jaar van getuienis verby is. EK sal hulle direk in hulle slaapkamers instuur terwyl hulle slaap en probeer rus en eet. EK, YAHUVEH, sal die vyande vervolg soos Moses gedoen het en niks sal hulle stop nie, geen alarms, geen wagte en geen wapens sal voorspoedig wees teen MY Twee Getuies nie tot 3 ½ jaar van getuienis verby is en dit is wanneer hulle werk gedoen is. Die vyand kon nie vir YAHUSHUA keer om te bedien nie en vir mense om die waarhede te aanvaar nie en niemand sal instaat wees om ook MY Twee Getuies te keer nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, julle kon nie die mond van Johannes die Doper stilmaak nie totdat EK, YAHUVEH, dit toegelaat het en alleenlik omdat sy werk getuigend op aarde gedoen was. Net soos julle nie die monde kan stilmaak van MY Twee Getuies nie wat sal aanhou praat met die salwing soos Johannes die Doper. MY Twee Getuies sal MY oordeel Profeteer; vloeke neerroep soos hulle wil en praat oor dit wat gaan kom. Hulle sal bestraf met boodskappe vol oortuiging en bekering en met 'n salwing selfs groter as Johannes die Doper.

MY SEUN kan nie kom as die Prins van Vrede na Israel toe nie totdat baie afgryslikhede plaasvind en nie tot na die vervalsing kom nie. Wanneer julle bid vir die Prins van Vrede om te kom na Israel toe nou, ken julle nie die verskrikking wat eers moet plaasvind nie, maar dit sal plaasvind. Dit het begin om plaas te vind. Want 'n trein is op loop gesit wat nie gestop sal word nie.

(Elisheva word ‘n visioen gewys: Ek sien twee treine kom en hulle besef dit nie, maar hulle gaan bots want hulle is op dieselfde spoor!)

EK tug vir Israel omdat EK Israel liefhet maar die treine sal bots want albei van hulle is op die verkeerde spoor. Die Bruid van YAHUSHUA voel wat plaasvind in fisiese Israel. Want die Bruid van YAHUSHUA is geestelike Israel. Fisiese Israel julle sal geseën word met die seëninge van Deut. 28 wanneer julle terugkeer na Heiligheid en MY, YAHUVEH gehoorsaam en die enigste manier hoe dit gedoen word is wanneer julle YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar en erken HY is julle enigste Bloed Offer gegee by Golgota. Die seëninge wat EK gereserveer het is vir Geestelike Israel en vir al diegene wat MY liefhet, MY gehoorsaam en MY eerste stel in hulle liefde en in hulle lewe, diegene wat MY Torah gehoorsaam, diegene wat die Gewydheid van MY Heilige Naam respekteer en diegene wat YAHUSHUA as MESSIAS ontvang.

Dit is hoekom julle bedroef is terwyl julle sien en julle voel wat gebeur in Israel. Abraham is voortdurend voor my aangesig en sê: “Wat gaan U doen met die kinders van Ismael, het U nie die saad van my ander seun lief nie? Stuur U boodskapper na my saad toe en gee hulle 'n kans om te glo.” Dit is hoekom julle ween vir Lebanon want is hulle nie die saad van Abraham nie? EK het geestelike Israel wat sit in Lebanon wat YAHUSHUA aanvaar het as MESSIAS.

EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Lebanon. EK het MY Bruid in Irak en Iran. EK het MY Bruid in Sirië. Onthou om te bid vir die Bruid van YAHUSHUA ongeag waar sy verstrooi is reg rondom hierdie wêreld. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in China, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Rusland, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Hong Kong, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Australië EK het MY Bruid in Amerika, Kanada, Duitsland, Frankryk en Europa, EK het hulle verstrooi regoor die wêreld. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Indië, Indonesië, Afrika, Suid Amerika en regoor die wêreld.

Net omdat julle lande 'n ander nasie bestempel as hul vyand, moet dit nie julle vyand maak nie, want die regerings van hierdie wêreld is nie van MY nie. Hulle praat nie vir MY nie, hulle respekteer MY nie en hulle wil geen deel hê aan MY nie. Julle vyande is wie EK verklaar is julle vyande. Die saad van satan is julle vyand. Wie is die saad van satan dit is al diegene wie se name NIE gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Hulle was nooit MYNE toe hulle gebore was op hierdie aarde nie.

(Bid hardop in Engels Heilig, Heilig, Heilig)

O Israel, o Jerusalem, EK ween en EK klaag oor julle. Julle het 'n vorm van Goddelikheid maar waar is die Goddelikheid van binne? Julle wil hê die wêreld moet julle genadig wees, maar waar is julle genade o Israel? Julle het ‘n reg om julself te verdedig maar julle het die lyn oorgesteek toe julle die wapens opneem van biologiese en chemiese oorlogvoering. EK is nêrens in hierdie gevegte nie, julle roep nie uit na MY, YAHUVEH, vir hulp nie, julle probeer dit doen met julle eie hand gebruik die wapens van 'n ander land. Wanneer julle biologiese en chemiese oorlogvoering gebruik straf julle jul vyande veel meer as wat EK ooit toegelaat het. Pasop want julle sal die warrelwind maai van MY, YAHUVEH se woede terwyl dit wat julle stuur terugkom in jul gesig. Die nasies wat vir julle hierdie wapens gee sal dieselfde lot maai.

Wanneer EK MY Twee Getuies uitstuur, stuur EK hulle uit na beide saad van Abraham. EK stuur hulle uit nie alleenlik na die Stam van Juda nie maar al die Israeliete, Arabiere en Heiden nasies sal hoor. Wat hulle spreek in Israel sal uitgesaai word oor die luggolwe en koerante regoor die wêreld. EK het hierdie tyd gekies met sy tegnologie, want MY woorde sal gehoor word regoor die wêreld want daar is geen tyd soos hierdie nie.

satan het hierdie tegnologie gebruik om sy agenda te bevorder maar EK gebruik die tegnologie om MY agenda te bespoedig. O, waar is die klaagliedere? Waar is die geween en geklaag? Hoekom skud mense net hul koppe en sê, "is dit nie te jammer nie"? Hoekom staan geestelike Israel nie op nie? Hoekom bid hulle nie want EK het 'n oorblyfsel saad in Lebanon. Wat as dit julle Babas was? Wat as dit julle vrouens was, julle mans, julle geliefdes, julle families en julle bure? Wat as dit julle huise was? Waansin het sy sitplek ingeneem in die Regerings.

O Israel, o Jerusalem, julle mense ween en klaag, hulle hardloop in verwarring, EK ween oor almal. Dit sal net wees wanneer EK, YAHUSHUA, kom daar vrede sal wees tussen die Broers, die vrede op Abraham se saad. Tot en met daardie tyd soos dit altyd was sal julle albei probeer aanhou om mekaar af te vee van die aangesig van die aarde af. Wanneer die vals vrede kom sal die woede en die haat steeds daar wees. Daar is geen vrede nie totdat die PRINS VAN VREDE KOM (Jes 9:6), en dit is EK, YAHUSHUA ha MASHIACH!

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf gegee aan hierdie Kind van YAHUSHUA

Apostel Elisheva Eliyahu 27/8/06

Daar was 'n persoonlike krisis wat in my lewe ingekom het terwyl die vyand my familie getref het op 'n ander manier. Dit was om my te weerhou om hierdie profesie vry te stel. Hierdie profesie het na my toe gekom in 2 dele maar ek moet die tweede deel nog nie vrystel nie, YAHUVEH sê daar is soveel geestelike vleis hier om te verteer, wat openbarings is uit die Hemel. Ek het geen idee hoekom hierdie woord aan my vrygestel is nie, met 'n werks-opdrag beskrywing vir die Twee Getuies.

Daar is 'n prys om te betaal vir 'n profeet om hierdie soort openbarings uit die Hemel te ontvang, en die geestelike aanvalle was intens gedurende hierdie tyd, maar ons het die OORWINNING in die Naam van YAHUSHUA.

* * * * * * *



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred