Profesie 82

Laaste Roep Vir Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH!

Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu 15 Februarie 2006 9:00 vm. tot 9:50 vm.

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

HOE HIERDIE PROFETIESE BOODSKAP NA VORE GEKOM HET…

Ek, Elisheva, was voorgestel aan Luigi wat in Suid-Amerika woon deur 'n ander geliefde lid van die Bruid, Adam in Kanada en het met Luigi oor die telefoon gepraat begin van September 2005 en begin van Januarie 2006.

Luigi het ons vertel dat, Luigi, Adam en ek verheerlikte liggame sou kry en weggeraap word – Hemel toe geneem sou word – op 20 Februarie 2006. Ek sou een week hê om die Bruid van YAHUSHUA in kennis te stel en selfs as ek hulle nie kon in kennis stel nie, sou hulle geestelik weet.

Luigi het ook gesê een week voor 20 Februarie 2006, dat eerstens die engel Gabriël sou kom en dan sou Aartsengel Migael kom om die eerste aan my te bevestig. Luigi het ook gepraat van die bruilofsfees wat plaasvind vir 7 jaar in die Hemel, terwyl die Groot Verdrukking op die aarde gebeur en hy het gesê dat ons bo in die Hemel sal wees en sigare sal rook, en whisky sal drink by die Bruilofsmaal van die Lam.

Hierdie was 'n onmiddelike rooi vlag en ek het geweet dit was nie waar nie maar ek het nie vir Luigi bestraf op daardie tydstip nie. In stede daarvan het ek dadelik vir Adam gebel nadat ek met Luigi gepraat het en vir Adam gevra of Luigi rook en drink want hy het hom persoonlik geken en omdat Luigi by hom gebly het vir 'n kort rukkie in Kanada.

Adam het gesê Ja, Luigi het gesê dat YAHUSHUA vir hom vertel het dat hy moes begin rook. Ek het vir Adam gesê dat die Bruid nie so 'n ding sou doen in die Hemel nie. Ek het nie 'n bevestiging gekry dat Luigi hierdie moes doen op aarde nie. Adam het vir my vertel dat hy Luigi sou konfronteer en my kommer sou deel. Een week later het ek weer met Adam oor die telefoon gepraat. Hy het gesê dat hy vir Luigi gekonfronteer het en dat Luigi daarop aangedring het dat YAHUSHUA vir hom vertel het om hierdie te doen en dat ek die rede sou weet hoekom hy aangesê was om dit te doen.

Ons het teruggestaan en nie vir Luigi gekonfronteer nie. Ons wou almal sien of dit wat Luigi gesê het sou waar word, eerstens waar die Heilige Engele sou kom op 13 Februarie alhoewel ons geen bevestiging hiervoor gekry het nie want dit is nie wat YAHUVEH vir ons vertel het deur die profesieë en hoorbare woorde wat aan my gegee is nie. 20 Februarie is nie op 'n Heilige Fees Dag of selfs op die Sabbat nie. Van alle dinge word 20 Februarie Presidents Dag genoem.

Ons weet deur die Profesieë aan my gegee dat YAHUSHUA sal terugkom vir SY Bruid op ’n Shabbat en op 'n Rosh Hashanah. Toe ons die datum 20 Februarie geplaas het en die profete gevra het om te bid om te sien of hulle enige iets spesiaals kon agterkom vir daardie dag, het e-posse en telefoon oproepe gekom, waarskuwings van 'n vals wegraping. Nou dit is nie dat daar 'n vals wegraping was nie, maar satan het gelief vir Luigi en gesê dat daar ‘n wegraping gaan wees.

Luigi het 11 jaar van sy lewe gegee, alles opgeoffer, oral oor die wêreld gegaan en die evangelie gepreek en gewaarsku om te bekeer, dat die Koninkryk van die Hemel naby is. Maar hierdie man, is in Argentinië alleen op die voorste linies, 61 jaar oud getref deur 'n demoon wat vir hom gelieg het en is deur daardie demoon vertel om die leuen aan te stuur vir my en Adam.

Maar, weer het ek 'n droefdheid in die Gees gevoel en geweet dat hierdie nie sou gebeur nie. Ek het aanhoudend vir Adam en Luigi gesê dat ons die Gees moet toets wat praat. As hierdie nie gebeur nie, Luigi, sal jy moet erken dat jy deur satan mislei was. Wat hierdie ondervinding gedoen het was om hom nederig te maak en hy het nou ‘n leerbare gees wanneer ons vir hom sê dat alles in lyn moet wees met die Heilige Skrif, en dat 'n profeet onderhewig is aan 'n ander profeet. Ek was diep bedroef hieroor want ek wou nie vir Luigi seermaak nie, want hy wou so graag hê dat ons Messias moes kom en hy en Adam het die dae afgetel tot 20 Februarie 2006.

Luigi het vir my gesê, toe ek hom gevra het wat met hierdie Bediening sou gebeur, ek nie gevoel het ons werk was klaar nie, en Luigi het gesê my werk was klaar. Ek het geweet die werk was nog nie klaar nie, daar is ander dinge wat moet gebeur met Yisrael voor die Bruid van YAHUSHUA geneem word, as eerstelinge vrygekoop van die Aarde soos gesê in Openbaring 14. Luigi is so alleen in hierdie vreemde land dat alhoewel hy nooit gerook het nie, het hy geglo dat YAHUSHUA met hom gepraat het en gesê het dat dit reg was, omdat YAHUSHUA vir hom ‘n begeerte van sy hart gegee het. Mense, hierdie is nie die tipe begeerte van die hart wat YAHUSHUA ons belowe nie.

Op 15 Februarie 2006, toe ek gebid en gevra het, hoe kon Luigi, wat beweer om 'n Heilige man en profeet te wees, so mislei word, het die woord voortgekom hieronder. Op Shabbat, 18/2/2006, het ek hierdie profetiese boodskap gespeel vir Luigi in Argentinië oor die foon op 'n bandopnemer. Luigi het trane gestort van berou en bekering en my gevra wat moet hy volgende doen? Ek het vir hom die instruksies gegee, natuurlik, om die duiwel te bestraf en op te hou rook en alkohol te drink en om sy lippe te salf met salwingsolie.

Hy het so 'n nederige en liefdevolle Gees, en toe ek vir Luigi vertel iets goeds het voortgekom uit die bose misleiding waaronder Luigi was, dat ander vir my geskryf het met soortgelyke probleme en vrae oor rook, drinkery, pornografie, dwelms en alhoewel hulle lief is vir YAHUSHUA, wil hulle steeds weet, kan hulle die Bruid wees? Ek het vir YAHUSHUA gewag om vir my die antwoord te gee en hieronder is daardie antwoord. Weereens as hierdie nie gebeur het nie, sou hierdie woord hieronder nie voortgekom het nie.

Ons bid dat terwyl julle hierdie lees, diegene wat waarlik begeer om YAHUSHUA se Bruid te wees, as julle enige iets doen wat YAHUSHUA aanstoot gee, julle dit dan nou sal stop voor dit te laat is en julle agter gelaat word in die Groot Verdrukking. Sommige van julle wat hierdie lees was geroep om YAHUSHUA se Bruid te wees, maar het geweier om dit op te gee wat YAHUSHUA aanstoot gee. Die Skrif sê, "Want baie is geroep, maar min is uitverkies". (Mattheus 22:14)

Ek voel gelei deur die RUACH ha KODESH om julle te vra om asseblief nie vir Luigi te oordeel nie want sommige van julle wat hierdie lees het gedoen wat Luigi deur satan bedrieg was om te doen, en jy self doen dieselfde ding of nog erger. Die belangrikste ding is bekeer en bestraf satan en versaak enige iets wat YAHUSHUA aanstoot gee en wat jou daarvan kan weerhou om SY Bruid te wees. Dit is dit mense, hierdie is waarlik die laaste roep vir die Bruid van YAHUSHUA. Moenie meer enige tyd mors nie. Niks anders maak saak nie behalwe dit wat ons doen vir ons geliefde YAHUSHUA MESSIAS, ons spoedig komende Bruidegom. HY wag by die deur vir SY Bruid, wees Heilig want HY is Heilig!

Ons sien dinge so vinnig gebeur, en die stukke van die legkaart kom bymekaar. Hierdie jaar sal wees soos geen ander jaar nie. Hou julle oë op Yisrael!

* * * * * * *

Profesie 82

LAASTE ROEP VIR DIE BRUID VAN YAHUSHUA MESSIAS!

Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu

15 Februarie 2006

9:00 vm. tot 9:50 vm.

* * * * * * *

[Elisheva begin bid, "O, Heilige, Heilige, Heilige, YAHUSHUA wat is dit wat U wil sê?"]

YAHUSHUA ha MASHIACH sê,

[Elisheva], EK wys jou 'n visioen. Kyk MY Bruid.

Sy staan daar in skitterende wit, Heilig en onbesmet. Hierdie is die Bruid waarvoor EK kom; sy is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie. Daar is 'n verskil tussen haar en ander wat haar heiligheid vermy. Ander wat nie van MY Gees is nie, ander spot haar heiligheid, want sy weier om deel te neem aan die sondes in hierdie wêreld. Sy is getrou, heilig vir MY, sy skik nie met sonde nie, sy kyk nie hoe ver sy kan oorleun oor die hel voordat sy daarin val nie. Sy wil geen deel hê aan die hel nie. Sy wil geen deel hê van satan nie, sy wil geen deel hê aan satan se bose onbevoeglikhede nie. Die vrede wat sy verlang, sy draai net na MY toe, die Prins van Vrede.

Kyk nou na hierdie visioen. Dit verander nou. Nou sien die vyand van julle siel MY Heilige Bruid en sê, “ek moet haar besmet, sy kan nie daar staan sonder vlek of kreukel nie”. So hy sit 'n sigaret in haar mond, sodat sy die stank van rook het. Hy sit die bedwelmende drankies in haar hande, sodat sy rondsteier soos 'n dronkaard. Kyk nou vir MY Bruid, waar pornografie in haar hande gesit is, sê die vyand, "Moenie bekommer nie, niemand kan hierdie geheim sien nie, steek net weg". Nou was MY Bruid, wat eens so Heilig was, so besmet gewees. So EK draai weg, want EK kan nie kom vir 'n Bruid soos hierdie nie.

MY Bruid het nie die stank van 'n sigaret nie. MY Bruid steier nie soos 'n dronkaard nie. MY Bruid lees nie pornografie agter die deure nie. Dit is 'n vals Bruid en EK aanvaar net die egte. So EK gee julle 'n keuse, want die enigste geur wat enige iemand rondom jou behoort te ruik is die geur van MY salwingsolie, die parfuum wat EK vir jou gegee het. Julle klere kan nie sonder heiligheid wees nie, die klere van MY geregtigheid klee julle, hulle kan nie eens 'n vlek of ‘n kreukel hê nie. Hulle kan nie enige rede vir hierdie wêreld hê om jou aan te kla van sonde nie.

Besef julle nie, wat julle oë aanskou, aanskou MY oë nie? Besef julle nie, julle liggame is die Tempel van die RUACH ha KODESH nie? Moenie mislei wees nie, want sonde kan geen deel in julle hê nie. Julle wonder of julle MY Bruid is. Julle bid regoor die wêreld, "Is ek U Bruid"? Jy wil weet, [Elisheva], hoe iemand wat vir jou 'n sekere datum vertel wanneer EK kom vir MY Bruid en die gegewe Woord tog nie in lyn is met MY Heilge Skrifte nie. Hierdie is die begin van die misleiding wat ingetree het.

Hoeveel keer het EK gesê, as dit nie in lyn is met MY Heilige Woord nie,want EK is die Heilige Woord, EK is die lewende Torah, selfs as hulle kom van 'n Engel van lig, moet dit nie aanvaar wat nie van MY is nie. Hoeveel keer het EK gesê, “Toets die gees wat praat?” Jy wil weet hoe julle broer mislei was? Dit beteken nie dat hy MY nie liefhet nie. Dit beteken nie dat hy nie begeer om MY te dien nie, maar dit beteken hierdie is die eerste stap toe hy weggeloop het, en misleiding ingetree het.Toe satan 'n houvas gekry het en vir hom gesê het, "Moenie luister na die Heilige Woord nie". In plaas daarvan het hy begin luister na 'n stem wat nie van MY was nie.

EK is nie 'n mens dat EK kan lieg nie. MY Woord is Waarheid. Wat EK sê, gebeur. Die Heilige Engel het nie gekom nie, want [Elisheva], waar het EK ooit vir jou gesê dat EK vir ‘n ander sal sê, om vir die Ringmaagd te vertel, verwag YAHUSHUA om op hierdie dag te kom vir SY Bruid. Hoekom sal EK jou nie eerste vertel nie? Dit is hoekom EK gesê het keer-op-keer. Toets die Gees wat praat. Wie gaan luister na een wat 'n getuienis het wat lyk en ruik soos die wêreld? Maak nie langer verskonings vir hom nie. My Volk het gaan hoereer agter ander Gode aan, maar beteken dit dat EK julle geroep het om hoereerders te wees? Die mense is dronk met bedwelmende drankies. Beteken dit dat EK julle geroep het om 'n dronkaard te wees? Die mense het gedraai na ander bronne van vrede, maar beteken dit dat EK wil hê dat jy moet soos 'n skoorsteen ruik of opskiet soos 'n dwelm verslaafde?

Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid! EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad! Hoeveel van julle wat begeer om MY Bruid te wees, wie EK geroep het om MY Bruid te wees, het Heiligheid verlaat? Hoeveel van julle maak verskonings vir sonde? Hoeveel van julle weet MY Woord sê eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig en tog vul julle die kerke op Sondag.

Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, MY Bruid sal geen deel hê in hierdie dwaasheid nie. EK het gesê, wees Heilig want EK is Heilig. MY Bruid sal Heilig wees of EK sal geen deel aan haar hê nie. Julle wil weet wie die dwase maagde is? Julle wil weet hoekom hulle nie genoeg olie in hulle lampe gehad het nie? Hulle het nie genoeg Heiligheid gehad nie.

Hulle het geweet dat EK kom, maar hulle het nie voorberei nie.

Dit is nie genoeg om MY net lief te hê nie, dit is nie genoeg om MY net te dien nie, dit is nie genoeg om net MY Woorde te preek nie.

EK vereis Heiligheid.

Soos [met ‘n Heilige] man [aan ‘n Heilige vrou], sou EK geen deel aan jou gehad het as jy nie Heilig was nie. Hoeveel te meer van 'n standaard van Heiligheid het EK. Hou op verskonings maak vir sonde. [Elisheva], jy weet keer-op-keer het EK gesê, “Toets die gees wat praat.” Hou op verskonings maak vir jou broer. Dit beteken nie dat EK hom nie liefhet nie, maar dit beteken hy het die gees van misleiding toegelaat om in te kom.

Toe hy geglo het EK het gesê, tel op die sigarette en drink daardie likeur, hoe sou mense die verskil ken tussen MY Gees en die van die vyand want hy preek MY Woord maar hy ruik soos die wêreld.

EK het hierdie toegelaat om te gebeur, trots kom voor 'n val. Luigi moet 'n leerbare gees hê; hy moet bekeer en erken EK is nie 'n mens wat kan lieg nie. Waar hy eens net MY stem gehoor het, maar bietjie vir bietjie die vyand ingesluip het so het Ek hierdie toegelaat vir jou om in te tree en vir jou om te bid, want terwyl jy vir hom gebid het, het jy vir ander gebid wat begeer om MY Bruid te wees. Soos jy die misleiding aanskou het wat hom bedrieg het, so ook het jy die misleiding aanskou in ander wat MY Bruid wil wees.

Kan jy jou 'n prentjie voorstel van 'n Bruid wat daar staan in sprankelende wit? Kan jy jou nou daardie gewaad voorstel met nikotien vlekke? EK sit nie MY Kinders; EK sit nie MY Bruid in gebondenheid nie. Kan jy vir jou 'n prentjie voorstel van MY Bruid waar elke woord wat uit haar mond kom Heilig is? Kan jy jou nou die stank van alkohol voorstel in haar asem? Haar vingers gevlek met nikotien? Kan jy MY Bruid voorstel wat Heilig daar staan, net wag om die skoonheid van MY te aanskou? Kan jy jou nou dieselfde Bruid voorstel, agter geslote deure kruip sy weg, met wellus in haar oë, terwyl sy na pornografie kyk, haar gedagtes gevul met vieslikheid?

Weg van MY, moenie durf om julself MY Bruid te noem nie, dit beteken nie dat jy nie geroep was nie, dit beteken net dat EK jou nie sal aanvaar as jy nie voor MY VADER kan staan soos 'n Ester nie, Heilig en rein en gehoorsaam voor MY en MY Vader YAHUVEH. Kan jy jou voorstel MY Bruid wat daar staan in sprankelende wit, elke woord wat uit haar mond gaan is weer Heilig met Lofprysing op haar lippe vir MY, elke woord vol bewondering en liefde. Nou stel jou voor daardie selfde een wat voor MY staan met vloeke op haar lippe, vuil taal wat kom asof dit uit 'n riool kom. Sê MY Woord nie uit jou mond spreek jou hart nie? Moenie verskonings maak hoekom jy vloek nie. Elke woord wat uit jou mond kom, elke woord wat uit MY Bruid se mond kom moet Heilig wees.

EK IS WOEDEND!!!

Jy wil weet hoekom die Heilige Engele nog nie gekom het nie, [Elisheva]? Jy het reeds geweet, EK het vir jou gesê EK sou jou vertel. EK het vir jou gesê jy is die Ringmaagd, EK het nooit vir jou gesê om na ‘n ander te luister nie. EK het vir jou gesê dit sal in lyn wees met MY Heilige Feeste. EK het vir jou gesê dit sal in lyn wees met MY Heilige Woord. Toe jy uitgevind het dat dit wat aan jou gesê was deur 'n ander nie in lyn was met MY Heilige Woorde nie, hoekom het jy nie bestraf wat jy gehoor het nie? EK het hierdie toegelaat om te veroorsaak dat jy meer vrymoediger sal wees, want jy het geweet dat jy nie kon glo wat vir jou vertel was nie.

EK sal 'n Bruid hê, sy is reeds verseël, en die dwase kyk na verskonings om te sondig, maar EK het 'n Bruid. Dit is hoekom EK vir jou gesê het keer-op-keer, EK vereis Heiligheid. Hierdie Bediening staan vir Heiligheid. Hierdie Ringmaagd moet Heiligheid verwag. Hierdie beteken nie dat EK die ander nie liefhet nie. Maar EK het net een Bruid. Soos EK vir jou gesê het [Elisheva], en jy was nie vrymoedig genoeg om dit te spreek nie, maar nou sal EK.

Op Rosh Hashanah 2005, toe jy gebid het, "O maak my waardig om U Bruid genoem te word soos in Openbaring 14, want ons weet hierdie alleenlik YAHUSHUA is U Bruid." En EK het gesê, "Luister [Elisheva], as EK kies om te beskerm en EK kies om te verseël en EK vat sommige van MY Bruid, soos Openbaring 14 dit verklaar, vrygekoop van hierdie aarde, verseël en beskud op hierdie manier, en EK kies om sommige van MY Bruid te los soos van gespreek in Openbaring 7 verseël en beskud maar EK los hulle in hierdie wêreld om aan te hou om MY Woorde te preek, om die standaard te wees teen die bose, beskerm en verseël EK steeds MY Bruid nie?"

Wat is dit enige belang van jou hoe EK MY ganse Bruid beskerm en verseël? Sommige van hierdies is soos Openbaring 14, en hulle is MY eerstelinge, [Elisheva]. EK het alreeds vir jou gesê hierdie is die groep, waarin jy sal gaan. Sommiges is MY Skild Krygers en Skild Meisies in Openbaring 7 en hulle is reeds verseël, hulle is net in afwagting vir dit wat EK gesê het moet gebeur, maar hulle is verseël en geen leed sal na enige een van hulle toe kom nie. Albei is MY Bruid. EK het net een Bruid. EK kies net om sommiges eerste huis toe te neem, en EK kies om sommiges hier te los op hierdie aarde.

Sal jy nou voortspreek wat EK vir jou vertel het om te sê in vrymoedigheid?

Hoeveel van MY Bruid het gesê, "Ek voel net nie asof ek nou al hierdie aarde verlaat nie." Dit is omdat hulle van Openbaring 7 is want EK het 'n vegters Gees in hulle gesit, 'n Gees van oorlewing. Die ander in Openbaring 14 verlang na MY om te kom. Hulle sien nie hulself veg op hierdie aarde nie, maar EK sal kom vir die Openbaring 7 Bruid net so seker soos EK sal kom vir die Twee Getuies. Die Twee Getuies, herhaal EK weer vir julle, is deel van die Bruid van Openbaring 14 en hulle sal eerste geneem word as die eerstelinge en dan sal hulle terugkom. Die gaste tot die Bruilofsmaal van die Lam sal kom uit die Groot Verdrukking. Hulle sal diegene wees wat hulle klere gewas het in MY Gestorte Bloed.

Daar kom 'n vals wegraping. Die duiwel bedoel om MY te bespot op alle maniere. Dit is hoekom dit so uiters dringend is om die woord uit te kry sodat mense nie mislei sal word nie.

Pasop vir die evangeliste op TV. Hoekom dink julle is hulle so ryk en so beroemd? Want hulle gaan siele lei na die anti-messias toe, hulle het die prys betaal, hulle is gekoop. Pasop vir die evangeliste op TV wanneer hulle julle nie die Joodsheid leer van MY nie.

O, hoe maklik word hierdie wêreld mislei. As hulle nie onderrig dat mense moet wegdraai van sonde nie, dat hulle moet bekeer, val op hulle aansigte voor MY nie, dan is hulle nie van MY nie. Dit is meer as om net te sê, "O Jesus, kom binne-in my hart in." Dit word genoem, wegdraai van sonde, satan af te sweer, bekerend, en MY te laat woon binne-in hulle. Pasop vir hierdie predikers wat net julle jeukende ore wil streel. Dit is hoekom EK bedieninge opgerig het soos hierdie, wie die waarheid preek in Heiligheid. Pasop vir enige iemand wat sê die Tien Gebooie het verander, ons kan gaan en ons kan aanbid en enige dag die Sabbat Dag noem.

Hierdie is die boodskap wat EK laat by julle op hierdie dag, en niks van hierdie boodskap sou na vore gekom het as EK nie ‘n Luigi na julle toe gestuur het omdat hy mislei was nie. Hierdie beteken nie dat hy nie aan MY behoort nie. Hierdie beteken hy moet op sy aangesig val voor MY. Hy moet homself verneder en dit verlaat wat EK hom nie vertel het om te doen nie. EK gee nie net hierdie boodskap vir hom nie, EK gee dit vir almal van julle. Uit hierdie ganse wêreld, noem EK net 288,000 MY Bruid, uit hierdie ganse wêreld. Maar dit beteken nie dat EK nie liefhet en EK nie red nie, dit beteken net dat net 'n baie klein oorblyfseltjie alleenlik waardig is om MY Bruid genoem te word.

Hoeveel julle MY liefhet, kan julle meet aan hoeveel van ‘n begeerte vir Heiligheid julle het, want dit is waarna EK kyk. MY Bruid sal haarself nie prostiteer voor ander Gode nie, maar EK en MY Vader YAHUVEH sal nommer een wees. EK en MY Vader is EEN. Onthou dit wanneer jy wil weet, "YAHUSHUA, is ek U Bruid?" Antwoord dit vir jouself. EK het 'n hoë standaard vir Heiligheid vir MY Bruid.

[Elisheva], EK sal nooit iemand anders vertel om vir jou te sê wanneer jy daardie Heilige Engele moet verwag om te kom nie. EK sal nooit vir iemand anders vertel watter dag EK gaan kom nie, want EK het vir jou gesê dat EK jou eerste sal vertel, MY Ringmaagd, sodat jy kan sê, "Berei julle die weg voor, die Bruidegom kom."

Sodat die nuus kan uitroep en lui na MY Bruid ver en wyd. Wanneer die Heilige Engele na jou toe kom, sal MY Bruid weet terwyl hulle intree help en vir jou bid, sal MY Bruid weet, want MY Bruid het 'n begeerte om een te wees met jou, want jy is een met MY. Enige iemand wat hierdie Bediening haat is nie deel van MY nie, want hoe kan hulle deel wees van MY en Heiligheid en gehoorsaamheid haat?

Pasop vir enige profeet wat hulself 'n profeet noem, selfs al lyk dit of MY Woorde voortkom uit hulle lippe, selfs al lyk dit of dit in lyn is met MY Woord, as hulle uiterlik sondig, uiterlik veroorsaak dat daar 'n stank kom tot hulle getuienis. EK vra julle hierdie, “Waar het EK ooit in die Heilige Skrifte MY Profete beveel, of waar het ABBA YAHUVEH SY Profete beveel, om op enige ander manier op te tree buiten HEILIG?” Het ONS nie altyd die Profete apart gesit om Heilig vir ONS te wees nie?

So julle moet enige iemand bestraf wat na julle toe kom wat verskonings maak vir sonde en sê dat EK, YAHUSHUA of YAHUVEH vir hulle gesê het om te sondig. EK herinner julle hieraan. Enige iemand wat dink hulle is datum bepalers en gestuur om vir jou te sê wanneer die wegraping van die Bruid sal kom, EK het hulle nie gestuur nie. Dit is hoekom EK jou die Ringmaagd noem en EK het jou reeds vertel dat EK sal terugkom op 'n Shabbat, en enige iemand wat sê dat dit op 'n Sondag sal wees, weet dat hulle nie van MY is nie. Enige iemand wat sê dat dit op enige ander dag buiten die Sabbat sal wees, weet dit nie van MY is nie want EK is nie 'n mens wat kan lieg nie. Leuenaars sal kom, en hulle sal na jou toe kom, net soos ‘n engel van lig. Hoekom dink jy soveel kere, het die Woord uitgegaan, hierdie dag, daardie dag, sal die wegraping kom, maar dit is nie in lyn met wat EK vir jou gesê het nie?

Bestudeer en lees die profetiese boodskappe wat EK reeds vir jou gegee het, en as dit nie in lyn is nie, gooi dit uit. Want jy is MY Ringmaagd, en net soos die roeper uitgeroep het, "Berei julle die weg voor die Bruidegom kom,” So ook sal EK vir jou sê, en die ware Heilige Engele sal kom. Maar jy het niemand nodig om vir jou die datum te vertel nie. Die Heilige Engele sal net opdaag en die vyand onverhoeds betrap. Nou [Elisheva], hoef jy nie langer die las te dra wanneer mense vir jou skryf en sê, "Is ek die Bruid?" nie. Nou kan hulle hierdie profetiese boodskap hoor wat direk uit MY mond kom en hulle self kan weet deur wat die woorde gesê het, "Is ek YAHUSHUA se Bruid?" Pasop vir die vals bruid. Aanskou MY Ware Bruid. Hierdie is die Laaste Roep vir MY Bruid.

* * * * * * *

‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH,

Apostel Elisheva Eliyahu

15/2/06

N.S. Voel asseblief vry om te kopieer en met ander te deel, al wat ons vra is los asseblief die hele boodskap onveranderd insluitend die verduideliking van hoe die profetiese boodskap na vore gekom het. Baie dankie aan almal wie ‘n hulp is vir hierdie Bediening en vir my.

Brief van Bemoediging van Elisheva 20/2/06

Geliefde van YAHUSHUA ha MASHIACH,

YAHUSHUA het gesê om vir die Mense te vertel, "Moenie moed opgee nie, kom net skoon." YAHUSHUA het vir my gesê terwyl ek met Adam oor die telefoon gepraat het nou, dat ek ‘n ope brief moet skryf vir die mense om vir hulle hierdie te sê, "Moenie moed opgee nie, kom net skoon." Hierdie het gekom nadat ek ‘n gekanseleerde subskripsie ontvang het van iemand wat op die lys was vir baie maande. Ek het vir haar hierdie geskryf en ek deel met almal van julle wat kwaad voel vir my oor die mees onlangse Profesie 82. “Laaste Roep Vir YAHUSHUA se Bruid!"

Ek weet jy moet seker kwaad wees oor die mees onlangse Profesie 82, "Laaste Roep Vir YAHUSHUA se Bruid!" Ek wil jou net bemoedig en jou laat weet hierdie gaan nie oor redding nie; hierdie gaan om geroep te wees tot die Heiligheid van YAHUSHUA se Bruid soos ‘n Esther. Ek moet vir jou sê dat dit nie beteken jy moet moed opgee nie, maar dit beteken net jy moet skoon kom, soos almal van ons moet na-streef om te doen. Ek sal nie meer vir jou skryf nie, en gewoonlik doen ek niks wanneer mense “unsubscribe” nie, maar jy is baie spesiaal vir YAHUSHUA so moet asb nie dat die duiwel jou stukkend slaan nie. Ons het almal gesondig en dit ontbreek ons aan die perfeksie van YAHUSHUA.

Ek is net die boodskapper wat strewe om alles te wees wat ek kan wees in YAHUSHUA se genade om waardig genoem te word om ook YAHUSHUA se Bruid genoem te word. Dankie vir al die e-pos wat inkom en my bedank vir die lewering van so ‘n harde boodskap van tugtiging. Onthou YAHUVEH tugtig diegene wat HY liefhet. So ook doen YAHUSHUA. Ek word herinner aan die vrou wat betrap was in die daad van egbreek en toe ander haar wou stenig, het HY haar verdedig, en toe vir haar gesê, “Gaan en sondig nie meer nie”

Dit is al wat YAHUSHUA sê vir SY Bruid. Moenie opgee nie, kom skoon. Bestraf satan en besef as jy vertel word dit is hopeloos vir jou om Heilig te wees soos YAHUSHUA eis vir SY Bruid, herken dan die stem van satan, en bestraf hom en vertel hom die gestorte Bloed van YAHUSHUA staan teen jou, satan, en ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en jy moet van my af wegvlug, in die Naam van YAHUSHUA. As jy wil hê ons moet eenstemmig staan dat jy die oorwinning sal hê oor watter sonde jou ookal gebonde hou, skryf vir ons en ons sal vir jou bid. Dankie dat jy nie hierdie boodskapper stenig nie. Dankie vir jou briewe van liefde. Ons is waarlik familie. Liefde en seëninge in YAHUSHUA se Naam

Jou Suster in YAHUSHUA

Elisheva



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred