Profesie 81

O, Yisrael! EK, YAHUVEH, Bestraf Julle!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 24 Januarie 2006 om 7:00 nm. (1ste deel van die profesie) YAHUVEH het gesê, moet dit nog nie vrystel nie, dit is nog nie klaar nie. Vrygestel 2de deel 7 Februarie 2006 – 5:00 nm.

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)

http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

O, Yisrael, O Yisrael, EK is bedroef. Wat meer moet EK doen, want EK het MY Seun YAHUSHUA na julle toe gestuur.

* * * * * * *

[Op Band opname]

Elisabeth [Elisheva] sê, “Hmmm.”

“Stop, Stop, Stop!” [Sy was aangesê deur YAHUVEH om te stop en ons geestelike gesag op te neem, eers satan en sy demone weg te bind van hierdie gebied waar ons woon, alle prinse, kragte, owerhede en heersers in hoë plekke oor hierdie gebied te bind, in die Naam van YAHUSHUA, sodat hierdie woord nie verhinder sou word nie.] [Elisabeth (Elisheva) het voortgegaan in Heilige Tale en hierdie is die gebed wat na vore gekom het onder die salwing.]

“Hierdie is die woord wat aan Yisrael gegee moet word na ‘n droom wat die salwing in my aangewakker het. So ek smeek U, Abba YAHUVEH, omdat U my liefhet, omdat U my geskape het, U het hierdie lippe en tong geskape, ek sou eerder dat U my nooit geskape het nie as om my toe te laat om ooit ‘n woord vals te profeteer in U NAAM. So as hierdie waarlik van U is, laat hierdie Woord na vore kom. Indien nie, laat hierdie Woorde weggaan.

In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH bid ek. Ek vra U Abba YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA, om U hemelse kole op hierdie lippe te plaas. Laat U woorde na vore kom op ‘n manier wat hulle nog nooit vantevore het nie. (Heilige Tale) Heilig, Heilig, Heilig, ons loof U Abba YAHUVEH en YAHUSHUA.”

[Ek het die Woord gestop om na vore te kom, totdat ek die Geestelike gesag opgeneem het.] O, Heilige, Heilige, Heilige, Abba YAHUVEH, wat is dit wat U wil sê?”

* * * * * * *

Profesie 81

O, Yisrael! EK, YAHUVEH, Besraf Julle!

O Yisrael, O Yisrael, dit wat ‘n appel in MY oog is wat ‘n wurm daarin het, EK besraf julle! EK, YAHUVEH, die een vir wie Abraham, Isak en Jakob aanbid en hulle gehoorsaam het,

EK, YAHUVEH, BESTRAF JULLE!

Julle sê hoekom is ons geforseer om die land op te gee wat ons voorvaders vir ons gegee het? EK vra julle hierdie vraag: Wandel julle in Torah? Leef julle in Torah? Soos julle voorvaders gedoen het?

O, Yisrael, net so seker soos MY Seun YAHUSHUA ‘n Judas gehad het wat HOM verraai het vir 30 stukke silwer, so ook het julle ‘n Judas, die een wat vir julle die sogenaamde padkaart van vrede oorhandig wat net sal eindig in julle verwoesting, om die weg voor te berei vir dit wat genoem word die antichris, die anti-Messias.

Mense sê julle is die Heilige Land, maar EK, YAHUVEH sê daar is geen heiligheid nie. So min van ‘n oorblyfsel het EK wat as’t ware wandel in Torah en leef in Torah. Julle het ‘n Fariseër gees. En EK sê dit vir julle: alhoewel dit nie EK is wat julle land verdeel nie, maar EK sal die vyand toelaat om dit te doen vir julle ongehoorsaamheid.

Maar EK sê vir julle dit; EK sweer hierby, by MY EIE Naam, EK, YAHUVEH sweer hierby. EK sal wraak neem op julle vyande want dit is MY, en MY alleenlike outoriteit om julle te straf op ‘n manier wat EK bepaal het. Hierdie vyande wat teen julle kom sal die lot hê van ‘n Judas. EK, YAHUVEH, sal genade hê op die oorblyfsel wat Heilig is, die van julle wat huil, rou en weeklaag terwyl julle ‘n Judas verraad sien, die van julle wat pleit vir die land, vir Jerusalem, die van julle wat die man van sonde bestraf en verafsku. Die van julle wat MY Naam aanroep in MY Seun YAHUSHUA se Naam, EK sal genade hê en EK sal julle seën. Julle is nie bestem vir MY woede nie.

Maar julle o Amerika en die ander nasies wat by julle aansluit, wat dit waag om aan te raak wat EK vir julle gesê het om nie aan te raak nie, om te verdeel wat EK vir julle gesê het om nie te verdeel nie, julle sal die lot van ‘n Judas ly. Julle sal die dag berou wat julle die 30 stukke silwer na Yisrael se kant toe gegooi het. Want soos julle die land verdeel, soos julle die een omkoop om die land te verdeel so sal EK julle ook verdeel op elke manier. 2005 was net ‘n voorbeeld. Julle weet nie, verstaan ook selfs nie, die verskrikking wat EK in julle rigting laat kom nie reguit uit die Hemel gestuur deur geen mens nie! O Yisrael, O Yisrael, hoe lank sal jy nog teen MY veg? EK ken die spesifieke dag wanneer jy jou wil sal neerlê vir MY. O, maar wat ‘n bloedige pad sal julle moet deúrreis totdat MY SEUN YAHUSHUA kom en julle sal skree, “Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH!”

Maar tot daardie dag, o wat ‘n bloedige pad sal julle moet deúrreis. Die dooies is oral rond, na links en na regs, huilend en weeklaend vir die verskrikking wat kom in die nag. Julle het van beter geweet, julle het van beter geweet, en steeds het julle gedoen wat EK julle beveel het om nie te doen nie. Julle het die omkoopgeld aanvaar, simbolies genoem die 30 stukke silwer. EK bedek MY aangesig elke keer wat EK hoor na Yisrael word verwys as, Yisrael die Heilige land. EK soek ver en wyd en daar is slegs ‘n oorblyfsel wat Heilig genoem kan word voor MY en hulle is diegene wat ween en weeklaag, want hulle sien wat gebeur met hulle land.

Aborsie en homoseksualiteit, pornografie, hoerery, afgodery behoort geen deel te hê in julle nie. Keer-op-keer sien EK die Fariseër gees regeer julle steeds. Julle, o Yisrael het ‘n vorm van goddelikheid en hoeveel Goddelikheid is binne-in? EK, YAHUVEH, bestraf julle en EK tugtig julle en dit het maar net eers begin.

Bose Rabbis wat nie ‘n Rabbi is nie, maar hulle waag dit om hulself Rabbis te noem, het ‘n vorm van goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. Hulle het geen vrees vir MY, YAHUVEH, of MY Seun YAHUSHUA of vir die prys wat HY betaal het op Golgota nie. Hulle is net geskik vir die vuur van MY vernietiging. EK het ‘n oorblyfsel, so min van ‘n oorblyfsel. Hulle sidder selfs vir die naam Rabbi, want hulle is nederig voor MY en hulle is diegene wat MY behaag wat sê daar is maar een Rabbi, en SY naam is YAHUSHUA ha MASHIACH.

O Yisrael, EK kyk oor julle land en hoeveel daarvan is Torah-loos. Wetteloosheid is volop en julle wonder hoekom? Julle vrees julle vyande van die wêreld meer as wat julle MY, YAHUVEH, vrees. Julle het diegene toegelaat wat julle Rabbi noem om MY Gewyde Naam te steel, om julle te leer, “Moenie daardie Naam aanroep nie, julle is nie waardig om die Naam van die Skepper aan te roep nie!” Julle het hulle leuens geglo maar EK stuur MY Diensmaagd Profeet om nou vir julle te sê, “Moenie hierdie leuens glo nie!” Roep MY aan in MY Naam, YAHUVEH weereens en gebruik die Naam van YAHUSHUA, om by MY troon uit te kom. Julle is toegelaat om MY Naam te ken. Watter kind ken nie die Vader se Naam nie? Glo nie hierdie leuens nie. Daar is gesalfde Krag in MY Naam en EK sal julle uitroepe hoor en antwoord wanneer julle kom na MY toe in MY Heilige SEUN YAHUSHUA se Naam!

Lees julle eie Skrifte. Hoeveel keer sê EK vir julle om uit te roep in MY Naam en EK sal julle verlos? Vra julleself wie is dit wat ons sou leer dat ons nie waardig is om die Naam van die Skepper aan te roep nie? Hierdie was die duiwel se leerstellings se leuens vir julle geleer deur julle eie Rabbis. Bestraf hierdie leuens. EK is nie G-d nie. EK is nie L-rd nie. Toe julle MY Naam uitgevee het, het julle gesondig en MY Naam ydelik gebruik. EK is YAHUVEH. Hoe julle dit ookal uitspreek (YAHVEH, YAHWEH), ten minste erken julle MY Naam. EK daag julle uit sê vir MY waar het EK vir julle gesê in julle Heilige Skrifte julle is nie waardig om MY Naam aan te roep nie? MY Naam is nie Ha Shem (die naam) nie. MY Naam is nie net Adonai (Here) nie!

EK is YAHUVEH, Skepper van alles. MY Naam word nie as God gespel nie. Hierdie is etikette en titels aan MY gegee deur julle Rabbis en vertalers van die skrifte, wat begeer om MY Naam weg te laat deur dit te spel as YHVH of YHWH. EK het vir elke mens ‘n naam gegee. EK is YAHUVEH, EK het ‘n Naam. Bewys dat julle MY liefhet en MY vertrou deur MY Gewyde Naam te gebruik. Het Koning Dawid nie MY Naam aangeroep vir bevryding nie? Lees julle nie julle eie Psalms nie? Wat belowe Psalm 91 as jy MY Naam aanroep? O Yisrael so baie is by julle gesteel, selfs terwyl die Heilige Boeke herskryf was om MY Naam uit te laat. Neem terug wat gesteel was, en kyk wanneer julle uitroep na MY, YAHUVEH, in MY SEUN YAHUSHUA se Naam, EK julle nie vinnig sal bevry van julle vyande nie.

O Yisrael, O Jerusalem, YAHUSHUA ha MASHIACH MY SEUN was gestuur uit die Hemel, gebore uit ‘n Hebreeuse maagdelike meisie. YAHUSHUA is ‘n Jood en HY het geprofeteer in julle land, en het wonderwerke gedoen en die blindes het gesien, die verlamdes het geloop, die dowes het gehoor, die stommes het gepraat, melaatses was gereinig, siekes was genees, die dooies het opgestaan, alles in julle land, o Yisrael. YAHUSHUA het onderrig in julle eie Tempels op Shabbat, al die Heilige Feeste gehou, want sien julle nie dat YAHUSHUA gesimboliseer word in al daardie Heilige Feeste nie?

YAHUSHUA het ontelbare wonderwerke gedoen in julle land. Hy het onderrig en is die Lewende Torah soos HY geprofeteer het. YAHUSHUA het gelewe en was tereggestel selfs al was HY sondeloos, ter wille van hierdie wêreld. YAHUSHUA het verrys uit die dood opgestaan uit ‘n graf in Yisrael nadat HY SY Heilige Bloed vergiet het uit oor julle land terwyl mense uitgeroep het, “Kruisig HOM” by Golgota. YAHUSHUA het vir julle gebid met SY sterwens asem, “Abba vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie.” Daarom sal EK genade hê oor julle land, o YISRAEL, o Jerusalem. Terwyl YAHUSHUA se hande vasgespyker was aan ‘n boom met ysterpenne in SY hande ingedryf, het HY meer marteling en pyniging deurstaan as wat ‘n blote mens kan verdra.

EK, YAHUVEH, het julle land gekies o Yisrael, om geboorte te gee aan die enigste MESSIAS van hierdie wêreld. Dit is hoeveel EK, YAHUVEH, julle liefhet en julle begunstig o Yisrael. YAHUSHUA se bloed sal julle Yisrael weerhou om heeltemal verwoes te word en dit weerhou om heeltemal van die aangesig van die kaart afgevee te word alhoewel selfs die Naam van YAHUSHUA die meerderheid van Jode daardie Naam verafsku en SY Goddelikheid verloën. YAHUSHUA se are en slagare is uitgesprei regoor Yisrael. YAHUSHUA het SY lewensbloed uitgespuit wat die grond binnegedring het by Golgota en geestelik nou die vier hoeke van hierdie aarde bereik. EK, YAHUVEH, het julle gekies, o Yisrael, van al die nasies in die wêreld om hierdie te doen. Vir wie ookal kan glo en MY Seun YAHUSHUA sal ontvang as die enigste Heilige Bloed Offer vir die kwytskelding van sondes. YAHUSHUA is die enigste Middelaar voor MY, YAHUVEH.

YAHUSHUA is die enigste Heilige Bloed versoening wat EK sal aanvaar. Vir diegene wat weier dat hierdie gestorte Bloed hulle sondes wegwas, diegene wat YAHUSHUA se sondelose Bloed weier terwyl HY tereggestel was in die plek van ‘n sondaar, julle sal geoordeel word deur Moshe (Moses) wat geen genade oor julle sal hê wanneer julle sê dat YAHUSHUA nie waardig is om die Seun van YAHUVEH genoem te word nie en om julle Mashiach te wees nie en julle het gedink om ‘n Jood genoem te word en die Torah te volg is genoeg om jou siel te red. Dwase mense, weet julle nie daar is niemand perfek wat hierdie aarde bewandel het buiten MY Seun YAHUSHUA nie. Totdat Yisrael weereens uitroep ‘Hosanna’ tot YAHUSHUA en HY regeer as Koning van Konings, sal daar geen ware vrede wees nie totdat Yisrael erken YAHUSHUA is MY, YAHUVEH se enig Verwekte Seun, gebore uit ‘n maagdelike Joodse diensmaagd, geheel en al sondeloos. En YAHUSHUA is alles wat HY geprofeteer het en alles wat geprofeteer was deur die profete van ouds voorspellend van SY koms.

YAHUSHUA se hartklop pols dwarsdeur Yisrael, SY are en slagare dra die enigste Heilige Bloed offer wat die stank van sonde wegwas regoor die wêreld, vir diegene wat sal erken dat EK YAHUSHUA gestuur het in MY, YAHUVEH se Naam om die enigste MASHIACH te wees.

O Yisrael, daar is geen kwytskelding van sonde sonder ‘n bloedoffer nie. Waar is julle bloedoffer? Dink julle regtig ‘n dier sal weer genoeg wees? O Yisrael, o Jerusalem, kan julle nie sien daar sal geen ware vrede wees nie. Die vrees, geweeklaag en bloed sal aanhou vloei van julle land totdat jy die Judasse bestraf wat ook kom in die vorm van politici en bose Fariseers, bose Rabbis, met ‘n vorm van goddelikheid maar met geen Goddelikheid van binne nie. Yisrael, pasop vir die koms van die seun van satan, hy is die seun van verderf wat sal kom met sy vals vrede en sal lieg vir julle wanneer julle dink vrede het uiteindelik gekom, nou kan julle jul waaksaamheid verslap. In plaas daarvan vertrou die enigste Prins van Vrede en aanvaar die enigste sondelose bloedversoening wat EK vir julle gegee het deur MY SEUN YAHUSHUA by Golgota.

Daar is geen redding, geen ware vrede vir julle nie o Yisrael, tot julle nie langer die nuwe BloedVerbond verwerp wat EK vir julle gegee het deur YAHUSHUA nie, aangesien YAHUSHUA die enigste Heilige MASHIACH (Messias) is! Die ou bloedverbond kan nie julle siel red van die Hel nie. Die ou bloedverbond was net daar tot die vasgestelde tyd wanneer daar ‘n beter, nuwe bloedbedekking verbond sou wees. O Yisrael, moenie langer gelykvormig wees aan ander nasies se beeld oor wat sonde is nie. In plaas daarvan wees soos ‘n Koning Dawid weereens. Loof MY, YAHUVEH, verneder julself en bekeer van julle sondes in MY SEUN YAHUSHUA se Naam. Moenie op enige nasie vertrou om julle te red van vernietiging nie, want julle sal seerlik teleurgestel word.

As gevolg van die verbond wat EK gemaak het met Abraham en MY SEUN YAHUSHUA, sal EK julle land genees wanneer julle bekeer voor MY, YAHUVEH, en weer terugdraai om die wette te volg van Torah wat Moshe (Moses) vir julle gegee het op die berg Sinai. Staan vir Heiligheid selfs al spot die wêreld julle. O Yisrael, moenie die Profete stenig, of in die tronk gooi of die Profete doodmaak wat EK vir julle sal stuur om julle te bestraf nie. In plaas daarvan wees dankbaar dat EK julle lief genoeg het om julle te tugtig en julle te waarsku voordat EK MY woede loslaat op diegene wat weier om gehoorsaam te wees en wie MY vyande is.

Julle klaagmuur is deurdrenk met trane en is geweek in gebede smekend om genade. Julle vyande omring julle aan alle kante. Nou het diegene wat julle mislei het julle oorreed om Jood teen Jood te draai, selfs om mekaar dood te maak, mekaar uit te sit uit julle huise en lande, verloënend teenoor mekaar. Julle hardloop weg van julle Goliatte in plaas daarvan om na MY te draai soos Koning Dawid gedoen het as ‘n skaapwagterseun. EK kan julle nie seën, totdat julle nie staan vir Heiligheid nie. O Yisrael, EK maak hierdie belofte aan julle en herinner julle deur hierdie diensmaagd van MY. Julle sal neergevél word, maar nie totaal vernietig nie. O Yisrael en Jerusalem, julle sal verbysterd wees maar nie verlaat nie. EK, YAHUVEH sal vir julle hoop stuur wanneer dit lyk of daar geen uitkoms is nie. EK, YAHUVEH sal julle tugtig maar nie verlaat nie. Julle sal vertrap word deur die heidene, maar julle sal weer verrys tot groter heerlikheid. Soos in die tyd van Moses, sal EK diegene seën wat my gehoorsaam en seën, en diegene vervloek wat verontagsaam en MY, YAHUVEH vervloek.

Hierdie wêreld sal sien wanneer MY woede uitgestort word in hierdie eindtye, dat EK diegene sal wegsteek wat weggesteek is in MY SEUN YAHUSHUA. Al die plae wat uitgestort was in die tyd van Moses sal uitgegiet word in ‘n groter maat oor MY vyande uit MY, YAHUVEH se hande. Daar sal steeds weer martelaars wees soos die apostels en profete van ouds, en al diegene wat Heilig is, wie se bloed gevloei het destyds selfs soos dit nou steeds doen in verskeie dele van die wêreld, want MY Heiliges sal nooit ‘n kompromie aangaan of ontken dat YAHUSHUA die enigste MASHIACH en MY enig Verwekte SEUN is nie gestuur uit die Hemel om te heers en regeer. O Yisrael, EK het jou ‘n beker van sidderende verskrikking gemaak vir die wêreld en hulle sal daarvan drink. Die vyande kners hulle tande vir julle en ontbloot hulle kloue vir julle, afgunstig op alles waarmee EK, YAHUVEH, julle land geseën het. Julle vyande tel die aantal dae voor hulle sal probeer om julle te plunder en julle mans, vrouens, en kinders dood te maak sonder genade.

Weer sê EK EK het ‘n eed gesweer EK sal julle nooit verlaat of versaak nie, EK sal en EK het begin om julle te tugtig totdat julle staan vir Heiligheid en sê, “Geseënd is HY wie kom in die Naam van die Here YAHUSHUA HA MASHIACH.” Dan sal EK, YAHUVEH, julle verdedig o Yisrael direk uit die Hemel, en die wêreld sal sien, net soos in die tyd van Moshe (Moses) kon niemand, behalwe EK, YAHUVEH, hulle bevry uit die hand van die vyand nie en so sal dit weer wees. Daar is ‘n geheime goue kis genoem die Verbonds Ark wat geheimenisse van ouds bevat in julle land, o Yisrael. Die Ark wat niemand sal aanraak nie behalwe die wat EK voortbestem het wat waarlik Heilig is voor MY, YAHUVEH. satan wil vernietig wat in daardie goue kis is, want daar is ‘n gesalfde krag behou in die voorwerpe binne-in daardie goue kis. satan stuur sy seun genaamd anti-messias om die Ark te soek en te vernietig.

Van al die nasies in die wêreld het EK jou gekies o Yisrael om weg te steek wat beskerm was totdat dit benodig word. In die hele wêreld het EK julle gekies o Yisrael en Jerusalem, om vir MY Lof, Eer en Heerlikheid te bring. EK, YAHUVEH, het YAHUSHUA ha MASHIACH se Heilige bloed gekies om te drup en in te vloei in die grond in en bo-oor die Versoendeksel en dit is in Yisrael waar EK satan sy finale hou sal toedien. Hierdie Geheime kis bevat die staf wat die Rooisee verdeel het onder ander wonderbaarlike voorwerpe soos die Manna uit die Hemel. Die Verbonds Ark is ‘n duplikaat van dit wat in die Hemel is. EK sê dit vir julle nou as ‘n waarskuwing soos in die tye van ouds, dink nie dat net enige iemand sal leef wat hierdie kis aanraak nie genoem die Verbonds Ark, mits hulle vooraf bestem was om waardig genoeg te wees om dit aan te raak en dit oop te maak.

Bestudeer julle Skrifte en sien alleenlik met baie gebed en lofprysing en Heilige hande gewas in MY Seun YAHUSHUA se Bloed kan Die Verbonds Ark oopgemaak word en dit sal weereens gebruik word op ‘n vasgestelde en voorafbepaalde tyd. Net soos in die tyd van Moshe (Moses), sal dit gebruik word om YAHUVEH se volk te bevry op ‘n manier, in ‘n tyd wat julle nie dink vir MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA alle Lof, Eer en Heerlikheid sal bring nie. O Yisrael, weet julle toe die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere afgestroop het en SY kledingstukke verdeel het soos gesê word in die Tanakh, “Hulle het MY klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp.” (Johannes 19:24)

“En hulle het vir mekaar gesê: laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, om te sien wie s’n sal dit wees.” O Yisrael, sien julle nie net soos die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere verdeel het, so ook word julle land verdeel en Rome het ‘n hand daarin agter die skerms. Net soos daar oor YAHUSHUA se kleed gedobbel was, sal die een met die hoogste bod om julle land te verdeel julle blootlê en verraai vir die hele wêreld om te sien.

O Yisrael, EK stuur altyd MY Profete om te waarsku voor die Oordeel kom. Julle was gewaarsku hierdie dag maar net die Heilige oorblyfsel sal luister en gehoorsaam. Vir wie ookal roep tot MY, YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, wie ookal sal bekeer, wegdraai van hulle sonde en vir MY, YAHUVEH, om vergifnis vra, MY liefhet en gehoorsaam, glo en MY en MY SEUN se Godheid ontvang sodat YAHUSHUA jou enigste middelaar kan wees voor MY. Want HY alleen is waardig om te kom voor MY in SY Naam. Moenie probeer om MY Hemelse troon te nader sonder YAHUSHUA se Naam nie. Moenie kom in julle geregtigheid nie maar kom eerder geklee in SY klere van geregtigheid. Dan sal EK hoor en julle gebede beantwoord en julle sal van die Hel se vuur gered wees.

O Yisrael en o Jerusalem, julle, wat kies om doof te bly, EK, YAHUVEH, herhaal MYSELF keer-op-keer vir julle onthalwe. Word nou wakker, want die tyd is laat. EK sê nie vir julle om oor te skakel na Christendom nie want selfs hulle sien YAHUSHUA net gedeeltelik. Hulle het die belangrikheid verloën om die Joodsheid te onderrig van YAHUSHUA. Hulle het die salwing verloën in die spreking van YAHUSHUA en MY Heilige Name. Hulle het MY Sabbatte verloën, MY Heilige Feeste en Heilige Dae, diegene wat hulleself Heilige Christene noem en tog moet leer om die Joodsheid te omhels wat EK in julle geplaas het met en deur Abraham, Jakob en Isak se saad.

O Yisrael en Jerusalem, word nou wakker uit jul sluimerende slaap. Dit was as gevolg van julle hardkoppigheid, en terwille van die Heidene, dat EK jul oë toegemaak het, maar die tyd het nou gekom, maak julle oë wawyd oop, ontbloot diegene wat bose leuens vertel.

‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.

* * * * * * *

Geliefde Familie, voel asseblief vry om die profesieë te kopieer en ons te help om die nasies van hierdie wêreld te bereik, veral Yisrael en Jerusalem. Alle nasies van hierdie wêreld word geaffekteer deur dit wat gebeur in Yisrael. Al wat Elisabeth [Elisheva] vra is laat die boodskap asseblief onveranderd, selfs haar persoonlike notas.

Elisabeth [Elisheva] weet name word nie gewoonlik alles in hoofletters geskryf nie, maar die RUACH ha KODESH het vir haar gesê dat die name van ons SKEPPER en MESSIAS apart gestel en anders geskryf moet word, om die gewydheid en respek te toon vir HULLE name. Uit respek vir dit wat aan haar gesê was, doen asseblief dieselfde wanneer julle die profesieë vertaal.

Elisabeth [Elisheva] maak verskoning vir die lang tyd wat dit geneem het om die profesieë gepubliseer te kry, maar daar was ‘n prys om te betaal vir profesie 80 en 81. Dit was ‘n geveg teen satan, maar as gevolg van julle gebede en ondersteuning in die Naam van YAHUSHUA, het ons die oorwinning gekry oor daardie geveg. Alle Lof, Eer en Heerlikheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.

Omdat ek beide ‘n biologiese Jood is van my biologiese ma en pa en ‘n Geestelike Jood deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Het ek ‘n liefde vir Yisrael en Jerusalem en die Joodse volk, selfs al weet ek die meeste in Yisrael sal my haat vir hierdie woord. Ek is maar net ‘n Profeet, gestuur deur YAHUVEH om SY woorde voort te spreek en ek doen dit met ontsag en bewing. Enige ware profeet wat dit nie doen nie, bevraagteken ek… hoe kan hulle ‘n Heilige Profeet wees?

Ek bid dat ek nie een woord uitgelaat het of een bygevoeg het nie, en lewer nou hierdie profetiese boodskap en vra al diegene wat Yisrael en Jerusalem liefhet om hierdie te kopieer en te plaas op hulle webwerwe. Ons het al ortodokse Jode en Moslems gekry wat YAHUSHUA aanvaar het as MASHIACH en jy weet nooit wanneer ons saad saai wat sal groei tot pragtige vrugte van Redding nie. Hierdie profetiese boodskap het gekom na ‘n droom oor my en die 12 stamme van Israel. Dit sal so gou as moontlik gepubliseer word. Die boodskap het na vore gekom op 24 Januarie 2006 maar YAHUVEH het gesê moet dit nog nie vrystel nie want HY was nie klaar nie. Op 7 Februarie 2006 het YAHUVEH weer begin profeteer en dit was die voortsetting van hierdie profesie.

N.S. Dringend. ‘n Profeet ‘n broer in YAHUSHUA het vir my geskryf verlede jaar uit Jerusalem en vir my gesê hy neem die profesieë wat aan my gegee was regoor Israel en waarsku mense. Ek het nooit ‘n kans gehad om hierdie man te bedank nie, en ek wil dit nou doen. Ek is so jammer dat ek nie in staat was om vir jou terug te skryf nie want ek het jou e-pos adres verloor. Ek ken nie jou naam nie, maar ek wil hê jy moet weet dat ek regtig dankbaar is en jy is in my gebede en dat jy my weer sal e-pos.

Ek het gebid vir ‘n Hebreeuse vertaler om die Engelse profetiese boodskappe in Hebreeus te vertaal. Gedurende gebed, het YAHUSHUA my vertel dat HY alreeds die vertaler gestuur het wat hierdie kon doen en YAHUSHUA het my aan jou herinner. Stuur asb weer vir my ‘n e-pos. Ek het geen twyfel dat hierdie Broer ‘n lid van die Bruid van YAHUSHUA is nie. Indien enige iemand wat hier lees weet van iemand wat Hebreeus vlot kan praat en skryf sodat die profesieë wat aan Yisrael gegee is opgeteken kan word in Hebreeus, stuur dan aseblief vir my ‘n e-pos so vinnig as moontlik: Contact Us Ek het geen twyfel daar is sommige van die Bruid van YAHUSHUA wat woon in Israel en veral Jerusalem.

Kom asseblief na vore, want die tyd is nou so kort om Yisrael te bereik. Ons is ‘n asemteug weg van die Groot Verdrukking. Asseblief, lede van die Bruid van YAHUSHUA, stem saam met my in gebed dat hierdie man weer vir my sal skryf, en dat ‘n Hebreeuse vertaler na vore sal kom. Hierdie jaar moet ons oë nie op onsself wees nie, maar op Yisrael. Bruid van YAHUSHUA, bid asseblief vir die vrede van Yisrael en Jerusalem, op ‘n nuwe manier. Bid dat die Prins van Vrede YAHUSHUA ha MASHIACH, weereens sal kom.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

7 Februarie 2006 om 5:00 nm.

*******

E-POSSE ONTVANG I/S: PROFESIEË 80 EN 81:

*******

Hi sus,

Het net ‘n bybel gevat en wou sommige daarvan uitlig om vir iemand te gee. En ek het dit oopgemaak by Openbaring 14:14-20. Hier praat dit oor dit wat jy gehoor het. Die Parskuip van God se toorn. Saam met die groot oes. En voor dit dat YAHUSHUA SY bruid gereed het en verseël. So ons is op die punt om die plae te sien kom oor hierdie wêreld, onverdun. Dit alles ontvou, want die antichris is nie ver nie.

L

*******

Seëninge vir jou huishouding,

Ek moet vir jou sê dat ek vir ‘n groter salwing gebid het vanoggend van Profesie 81 en toe ek ‘n bemiddelings gebed gehad het vir iemand anders vanmiddag het die salwing so sterk oor my gekom dat dit geklink het asof ‘n ander stem uit my kom met trane! Wow dit was oorweldigend maar meer as welkom en ek is gereed om te doen wat Yahu’weh en YAHUSHUA vir my het om te doen.

Shabbat Shalom.

Michelle

*******

Liewe Sus,

Ek het so pas die Profesieë 81 & 80 gelees en ek wil en moet jou laat weet dat hierdie soos ‘n bevestiging is vir jou. 2 weke gelede op ons Sabbat Samekoms het ons gebid en terwyl ons bid het ek die salwing gevoel soos ek dit vir ‘n rukkie nie gevoel het nie. En dit was oor Israel en Jerusalem en Haman(S). Hulle is dieselfde vyand in ‘n nuwe vorm. Maar die naam staan vir dieselfde ding. En ek het geweet dat die komende Purim ‘n feesviering behoort te wees dat net soos Haman nie geseëvier het nie, so sal Hamas ook nie seëvier nie.

L……’n Lid van die Bruid in (Holland)

*******

Geliefde suster Elisabeth (Elisheva),

Ek bid vir jou gesondheid en welstand. Ek het so pas die nuutste Profesieë gelees van jou webblad. Profesie 80 is baie versekerend en kom ons bid vir die vrede van Israel! Wanneer ek die profesieë lees, kry ek die gevoel van die teenwoordigheid van ons hemelse vader YAHUVEH! Dit voel so goed.

Baie liefde in YAHUSHUA,

Stephen

*******

Shalom in Yeshua!!!

Die inhoud van 80 en 81, Het RUACH HaKodesh my reeds laat bid!!! HalleluYAH!!!

Broer Tito

*******

Shabbat Shalom in Yeshua!!!

Wow!!! Ek het die Shofar geblaas soos ek gesê het vir jou en jou familie, en vir YHVH om ‘n Vyand te wees vir ons vyande. Ek weet nie of ek flou geword het nie en of YHVH deur RUACH my platgeslaan het grond toe nie, maar ek het inderdaad grond toe gegaan!!!

HalleluYAH!!!

*******

Shalom Elisabeth (Elisheva),

Dankie dat jy die droom deel “Elisabeth (Elisheva) en die “Wok” i/s: olywe in die gaarmaak proses. Dit val bymekaar op die bodem. Die getroue bruid genaamd “Israel”

Wat ingedagte opgekom het oor die olywe, ja ek stem saam die olywe verteenwoordig die 12 stamme van Israel.

Hierdie 12 stamme is die oorblyfsel van YAHUVEH wat getrou is en sy gebooie gehoorsaam, en die getuienisse het van Yahushua. Dit is nie die Israel (sekulêr) wat ons vandag dink nie. Die ware Israel is die gelowiges wat wandel en sy stem hoor. Hulle is die getroue bruid sonder kreukels en vlekke. Wanneer al 12 stamme bymekaar kom soos een. Sal dit baie kragtige en groter salwing word in die eindtyd voor Yahushua terugkom. Yahushua sal nie terugkom voordat die 12 stamme bymekaar kom nie. Daar is baie reiniging nodig om gedoen te word tussen die gelowiges. O laat ons ontslae raak van ons kreukels en vlekke om gereed te maak vir ons komende bruidegom, Yahushua.

John Davies

*******

Hi Elisabeth (Elisheva),

Miskien is dit tyd vir die Twee Getuies om herken te word of geroep te word deur Yahuveh. Ons moet bid siende dat die salwing oor hierdie mense kan kom en Satan mag dalk baie kwaad wees. Ons het die heiliges nodig om te bid vir die Getuies se beskerming. Hulle word op die uiteinde geprofeteer om doodgemaak te word maar weer opgewek na drie dae.

Dit is tyd om vir jou ‘n artikel te stuur oor Elijah en die Profete van Baal. Dit is baie insiggewend. Ek het dit nie geskryf nie, maar dit het my hart geroer nou reeds vir baie jare.

Ek stuur dit uit oor nuusgroepe elke nou-en-dan.

Ek is eenstemmig met die Yahushua wat die 12 stamme bymekaar bring deur Elisabeth (Elisheva). Daar sal sommige helpers wees hierin. Ek het die versugtinge in my gees gehad om die ‘Verlore Tien Stamme’ te verbind met die webblad Kosher for Gentiles wat reeds onder konstruksie is. Ek het gewag vir bevestiging op my webblad en vir Yahushua om my te help om dit te bou. Dit is al meer as 1 jaar terwyl ek wag vir ‘Sy tydsberekening.’ Ek glo ek moet eers gereinig word voor hierdie gebeur. Ons moet almal geduldig wees en soos Koning David sê, “wag vir Yahuveh se Tydsberekening.”

Die bestraffing mag wees omdat Juda nie die 10 stamme toegelaat het om terug te kom nie omdat hulle soos die gelykenis van die Verlore Seun (10 stamme) gaan hoereer het agter ander gode aan (Christenskap) en het Heidene geword, hulle is in die proses van terugkering na die Vader se huis (Torah) en die getroue seun (Juda) wat tuisbly is jaloers op die terugkerende seun en verwerp hom as deel van die Familie (Israel). Juda het geweier om Ephraim te laat huis toe kom. Ephraim se iedere poging was deur Juda beskou as nog ‘n poging van vervangings teologie of dispensasionalisme.

Tweedens, ewenwel soos die 12 hoofde van die stamme (die broers) vir Josef (Ephraim) verkoop het as slaaf (sonde) en Josef toe tweede in bevel gekom het om te heers oor die regerende ryk (Amerika) toe hy homself aan hulle gewys het aan sy broer (Juda) het hulle hom (Ephraim) nie herken nie totdat hy homself aan hulle openbaar het. Yahuveh het hulle oë geopen en toe was die Familie herenig.

Ek sal die Jode moet insluit, aangesien hulle nuuskierig sal wees oor Gentiles and Kosher.

Michelle

*******

Liewe Elisabeth (Elisheva),

Daar was ‘n bose gees wat my gebind en weerhou het van lofprysing en gebed en het gaandeweg by die punt gekom om nie instaat te wees om die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA te spreek nie. Ek het gewag vir SY perfekte tydsberekening om hiervan bevry te word, en toe ek eers die nuutste profesieë 80 & 81 gelees het is ek VRY!!!!! Loof YAHUVEH, YAHUSHUA en RUACH HA KODESH!!!!!



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred