Profesie 77

Aanskou, EK, YAHUVEH Stuur Julle Uit Met 'n Nuwe Salwing! Na Die Pinkster Kerke vir Die wat sal Glo & Ontvang!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van Die HEILIGE GEES (RUACH ha KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 26 Desember 2004 - Vrygestel 7 Januarie 2005

Onderaan is die Profesie soos dit voortgekom het

– met Profeet Elisheva se “Heilige tale” - soos GOD se GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”

Wat letterlik beteken: “Prys YAH”

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA

GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN

HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’

ELOHIM beteken “GOD”

Die Openbaring

van “SH’KHINYAH GLORY’

– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH

In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- is ook op hierdie web werf.

(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH}

is Hebreews vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH beteken ‘VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH’

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui

*******

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva],

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.

Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die mond van YAHUSHUA

jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is deur die Mond van Die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand, was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND

wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHUVEH, dit is MY NAAM;

En MY EER sal EK aan geen ander gee,

Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8

(Profesie 105)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook beveel dat die volgende gedeelte bygevoeg moet word voor elke Profesie as ‘n waarskuwing vir hulle wat spot:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag

en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH

teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

2 Kronieke 36:16

En, in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag om hierdie twee Gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore was. Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen MY Profete geen kwaad nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong uitskeur!

(Profesie 128)

* * * * * * *

Ons is gretig om die ware Bruid van YAHUSHUA te ontmoet terwyl ons vergader saam met die Heilige Arende en ek was die mandaat gegee deur YAHUVEH om ‘n spesiale gesalfde verseëlende gebed te bid vir die dae wat kom vorentoe.

Diegene wat vertel was deur YAHUSHUA dat julle die Bruid van YAHUSHUA is e-pos my en as dit bevestig is sal ek met julle die geheime deel alleenlik voorbehou vir die ware Bruid van YAHUSHUA wat aan haar vrygestel was sedert Profesie 76, bid voor die tyd sodat ek sal weet of ek hierdie geheime met jou moet deel wat die salwing in jou lewe sal vermeerder en jou in ‘n dieper intimiteit sal bring met YAHUSHUA HA MASHIACH.

Liefde, jul suster,

Elisheva

Hierdie Profesie was opgeneem deur audioband. Hier is die oorskrywing.

[Elisheva] : O ABBA YAHUVEH, O ABBA YAHUVEH! Herhaal asseblief daardie Woord wat U voortgespreek het in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH!

Profesie 77 Begin:

26 Desember 2004

Leer hulle MY Dogter! Leer hulle!

Jy het 'n las vir die Pinksters! Want EK het jou GERED in 'n Pinkster Kerk! EK het jou GESALF in 'n Pinkster Kerk - EK het jou GEVUL met MY KOSBARE RUACH HA KODESH - waar jy die Heilige Tale ontvang het. Dit is waar EK jou die begeerte gegee het om MY te dien al die dae van jou lewe! Nou vra EK jou om terug te betaal.

Jy sê jy is kwaad want die Pinkster Kerke het jou nie die Joodsheid van julle MESSIAS geleer het nie, die onderhouding van die Heilige Sabbat, die onderhouding van die Heilige Feeste – DAN LEER JÝ HULLE! Dit is waarvoor EK jou uitgestuur het na hierdie land toe - na hierdie staat waarheen jy sê dat jy, “nie wil gaan nie.”

Maar EK sê vir jou dat SALWING KOM WAT GROTER IS AS ENIGE VAN DIE AZUZA [HERLEWING]! Want EK stuur jou uit na die Pinkster Kerke! Want hoe kan hulle gehoorsaam wat hulle nie ken nie? Tot dusver het jy net gesê jy is “Messiaans Joods”,

So die Pinksters kom skaars –

Behalwe diegene wat EK stuur een-vir-een.

Maar nou stuur EK jou uit. HIERDIE IS DIE NUWE GEBOORTE!

EK stuur jou uit om HULLE TE LEER.

EK stuur jou uit om HULLE TE SALF.

EK stuur jou UIT, in die Pinkster Kerke in - waar jy gesê het, "Ek gaan nie meer in 'n Sondag Kerk in nie." O, maar NOU is die tyd! En nou is die seisoen wat EK jou UITSTUUR met 'n SALWING soos jy nog NOOIT voorheen geken het nie - sodat hulle nie enige verskoning sal hê wanneer hulle voor MY staan en sê , "Niemand het vir MY gesê nie!" Want EK ken hulle harte!

EK ken die harte van diegene wat MY waarlik aanbid en MY waarlik loof. Hulle is soos jou hart en hulle sê, "Niemand het vir ons gesê nie." So EK stuur jou uit om hulle te vertel! Voortaan, wanneer hulle sê, "Watter denominasie?"

[Sê], "MESSIAANS JOODS PINKSTER!!!–

EK HET GESÊ, "MESSIAANS JOODS PINKSTER!!!”

Jy sien, hulle sal nie die woorde ‘Messiaans Joods’ herken nie, maar hulle sal die woord Pinkster herken.

Want ELKE DAG behoort ‘n DAG van PINKSTER te wees!

ELKE DAG wil EK julle vul met MY KRAG!

ELKE DAG wil EK met julle ptaat!

Want die Pinksters - regoor die wêreld - roep uit!

En hulle sê, “VUL my met U SALWING, O YAHUVEH." O hulle noem MY by ‘n naam ‘JEHOVAH.’ Maar EK ken MY NAAM - leer hulle, hou op kla!

EK sal diegene wat hulself “herders” noem verantwoordelik hou! Jy sal nie deur almal ontvang word nie. Jy sal weet van watter gees hulle is. Wanneer julle na hulle kerke toe gaan - EK sal vir julle wys watter kerke - sal EK vir jou die Pastore wys. O EK weet selfs nou MY dogter sê jy, "Wie ek? Sekerlik NIE ek nie?" Onthou jy die woorde wat EK gesê het sy sou sê? Hierdie is die einste woorde waarmee sy nou probeer om MY te beveg terwyl EK haar tong beheer.

Leer hulle. En sê vir [die webwerf bestuurder]:

Hierdie is die Nuwe Boodskap. Hierdie is die Nuwe Woord.

EK wil hê die Pinksters moet die INVULLING HÊ VAN DIE NUWE SALWING WAT GROTER SAL WEES AS DIE VAN AZUSA wanneer hulle uitroep tot MY SEUN— NIE ALLEENLIK in die Naam ‘JESUS CHRISTUS’ nie, maar wanneer hulle die erfdeel eer wat EK vir HOM gegee het op hierdie aarde. Want HY het gekom uit die geslag van Dawid. HY het gekom as 'n Hebreër — so leer hulle. EK WIL HÊ HY MOET VEREER WORD & GENOEM WORD OP SY NAAM, YAHUSHUA!

En EK maak 'n Belofte. En EK lê 'n Eed af.

Diegene wat sal gehoorsaam, diegene wat hulself Pinksters noem — julle is wêreldwyd verstrooi—hierdie is waaroor satan sidder en bewe:

As julle net die Waarheid aanvaar van die Joodsheid

van die MESSIAS vir wie julle jul lewens gegee het!

As julle maar net sal gehoorsaam!

En weet die Sabbat Dag – is nie op 'n Sondag nie!

Want EK het nie verander net vir die gerief van die mens nie!

As julle net MY Heilige Feeste sou ontvang

—Wat EK steeds wil hê julle moet waarneem!

Dit is omdat dit 'n seën is vir julle, Pinksters!

En EK praat net met diegene wat 'n hart het tot MY! Diegene wat die VADER GOD YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH eerste gestel het in hul lewe en liefde! EK ken julle harte en julle begeer om MY te gehoorsaam! Julle is Gesalf. Julle veg vir Heiligheid. Maar daar KOM 'N GROTER SALWING as dit wat julle reeds ken.

Julle BENODIG dit om te veg teen die boosheid! Sê MY Woord nie, ’Wanneer die vyand inkom— soos ‘n VLOED —sal EK 'n standaard oprig teen hom’ nie (Jes.59:19) Hierdie is die VLOED, MY kinders.

As julle maar net, sal ontvang! As julle maar net sal glo!

As julle maar net mensgemaakte leerstelings en dae sal neerlê!

En die Waarheid optel!

Leer hulle, MY kind. Leer hulle, MY [Elisheva]. Moenie brom nie, moenie kla oor al die jare wat jy nie geweet het nie. Maar leer hulle. En hulle sal kom. En hulle sal neerval by MY Voete en sê, "VADER, ek het nie geweet nie, YAHUSHUA, ek het nie geweet nie. EK het nie U HEBREEUSE NAAM geken nie."

Jy sien, daar is nie regtig so groot verskil tussen jou en hulle nie. Hulle is ook — en EK praat van die ware en nie die valse nie — hulle is GEVUL met die KOSBARE HEILIGE GEES, die RUACH HA KODESH. EK spreek in woorde wat hulle ook verstaan. En EK praat met hulle. En tekens, wonders en wonderwerke manifesteer deur hulle. Maar tot dusver het hulle net dofweg gesien deur die glas en nou wil EK hê hulle moet duidelik sien deur die glas —veral in hierdie Einde van Dae. MY kinders, hierdie is die VELDBRAND SALWING waarvan EK praat. Neem dit in hulle Kerke in!

So baie van hulle is verdor en droog — hulle het ‘n keuse om hul monde wyd oop te maak en die LEWENDE WATER, VARS & OPNUUT, DIREK UIT DIE HEMEL te ontvang. EK gee opdrag vir julle altwee, voer MY skape! O maar julle sê, "Ek het!"

Maar daar is — daar was — 'n verwydering. Hulle verstaan nie. So voed diegene wat nie verstaan het nie.

Bereik die Pinkster Pastore. Bereik die Pinkster skape en lammers. Hulle het ‘n denominasie oor hulle gestel, so EK gebruik daardie denominasionele naam. En EK sê bereik hulle vir MY HEERLIKHEID. Bereik hulle. Want EK begeer om hulle te seën op 'n groter manier as waarop hulle reeds geseënd is. Ek begeer om hulle te gebruik! Om 'n standaard op te rig teen hierdie bose mense!

Onthou hierdie MY kinders.

Een saam met MY, YAHUVEH — deur die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA —is 'n meerderheid. 'n Miljoen, selfs tien miljoen, sonder MY—sonder MY SEUN YAHUSHUA se BLOED wat hulle bedek — is die minderheid. Jy is tot ALLES in staat deur MY, YAHUVEH, wat jou krag gee.

So hierdie is net een van die Nuwe Geboortes, MY kinders, waarvoor EK julle gestuur het. En moenie selfvoldaan in hul kerke instap, en selfs op 'n Sondag nie. Moet hulle nie verafsku vir dit wat hulle nie weet nie. Moet hulle nie veroordeel vir dit wat hulle nie weet nie. Want EK het hulle vergewe. Dit is SLEGS NADAT hulle weet dat hulle aanspreeklik gehou word vir dit wat hulle weet, net soos julle is.

Einde van Profesie/Opname. So was dit gespreek. So was dit geskryf.

Gegee aan hierdie Bruid van YAHUSHUA, Apostel Elisheva Eliyahu

Hierdie woord het na vore gekom, na die besigtiging van 'n TV program, ‘n heruitsending oor Pinkster, op MSNBC Investigates genaamd: “Pentecostals Moving Millions.” ‘n Droefheid het oor my gekom en ek het uitgeroep, "O, YAHUSHUA, stuur asseblief iemand om die Pinksters te leer wat aan ons geleer was oor die Joodsheid van die MESSIAS."

Ek het toe nagmaal geneem en dit was die nag toe ons [ex] webwerf bestuurder voor die hele wêreld moes bekeer vir die plasing van nie-goedgekeurde visioene, van iemand genaamd ‘Raven’ van wie ons nie ‘n bevestiging kry dat sy visioene spreek wat van YAHUVEH kom nie. Dit was 'n tyd van groot hartseer en geween gedurende gebed en tot ons verbasing het hierdie Woord voortgekom! Ons was deur YAHUVEH vertel dat ons geestelike geboorte sou gee en dit sou in drieë kom. Hierdie is die Eerste Geboorte.

Apostel Elisheva Eliyahu



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred