Profesie 76

Geliefde Bruid van YAHUSHUA, Verrys en Maak Jouself Gereed Want Jou Bruidegom Kom!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 12 September 2004

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesie� bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na �n man of �n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar �n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

�Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.�

YAHUSHUA Het Vir My Ges� Om Vir Die Ganse Bruid Te S�,

"Gelukkige Rosh Hashanah!"

Dit is 'n geskenk van HOM aan SY Bruid, gegee 3 dae voor Rosh Hashanah

Deel asseblief met diegene wat julle weet YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet. Stuur hierdie asseblief presies soos dit vir my gegee was. Ek besef dit is 'n lang Woord, maar dit is defnitief jou tyd werd. Daar is Sterk Geestelike vleis nie bedoel vir die geestelik Swakke nie om geleer te word in bykans elke paragraaf. Ek het saam met julle geleer, terwyl YAHUSHUA hierdie woorde met my gespreek het.

Tyd tussen: 10:30 vm en 12:00nm.

* * * * * * *

GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA, VERRYS EN MAAK JOUSELF GEREED, WANT JOU BRUIDEGOM KOM!

O, MY geliefde �Ringmaiden�, jy roep uit na MY en s�, "Wie is ek om so 'n boodskap vry te stel, want ek voel nie waardig om hierdie eer te h� nie. Wie sal glo hierdie boodskap is uit die Hemel Gestuur?" Maar EK s� vir jou MY geliefde, dit is nie of jy jouself waardig ag om hierdie boodskap voort te spreek tot die ganse Bruid nie. Die enigste ding wat saak maak is EK het jou waardig geag en jou opinie van jouself of wat ander s� is van geen belang nie, net dat jy gehoorsaam is en skryf en voortspreek wat EK jou beveel om te s�. Moet MY nie redigeer op enige manier nie. In die vele jare wat jy MY gedien het, het jy die angel gevoel van die Godsdienstige demone wat jou beswadder met woorde en dade. Maar hierdie nuwe woord sal die demoon van Jezebel ontbloot in diegene wat hulleself ag as Heilig en tog geen heiligheid in hulle het nie. Hulle sal jou aanval en tog sal EK, YAHUSHUA, jou beskerm want jy is MYNE.

Net soos Elia van Ouds beskerm was teen Jezebel en Ahab, so sal jy ook wees, so sal die ganse Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH beskerm word. Nou is die tyd vir die Skild-Meisies om na vore te kom en jou te bedek in hulle gebede, liefde en ondersteuning, want hulle sal ook aangeval word terselfde tyd terwyl hulle na vore tree in geloof en jou kontak. EK gee hulle nou die mandaat: Diegene wat herken dat hulle die Bruid van YAHUSHUA is kom na vore en vergader saam met hierdie �Ringmaiden� uit wie EK hierdie woord vrystel. Skerm haar met julle bemiddelings gebede, bemoedigende woorde, en ondersteuning en kom bymekaar sodat sy julle ook kan bemoedig en versorg en ondersteun teen die aanvalle van die vyand van jul gedagtes, liggaam, gees en siel. Hier is 'n geheim: Net soos EK 'n Bruid het, so ook het satan en wanneer die Heilige Goue Arende vergader, so ook sal die aasvo�ls vergader.

Bruid van YAHUSHUA, julle het mekaar nodig, want julle vyande is groot in getal. Baie jare gelede het EK vir hierdie Diensmaagd 'n boodskap gegee in twee drome, agtermekaar. "Versamel die Troepe op die muur." Hierdie is nou daardie vasgestelde tyd; moenie jul dag van samekoms misloop met mekaar nie. Nou, [Elisheva], wees dapper soos Elia van Ouds [Eliyahu] en spreek voort die woorde wat EK jou beveel het om te skryf en te spreek, en kwel jouself nie met diegene met dieselfde geeste soos die van 'n Jezebel en Ahab nie. Maar weet dat diegene wat jou aanval omdat jy MY gehoorsaam dieselfde lot sal ly as �n Jezebel en Ahab en die profete van Baal, want diegene wat jou aanval val die een aan wat jou salf om voort te spreek. Pasop julle met die gees van die Farise�rs voordat julle MY geliefde aanval. Julle beter julle eie harte ondersoek. Wie ookal nie saamstem met hierdie Profetiese Woord nie, neem dit na die Regter van die ganse Skepping, want MY geliefde het net gehoorsaam. Hierdie is nie haar woorde nie maar MYNE en diegene met geestelike ore om te hoor en luister, EK vra julle om haar te bemoedig en laat haar weet.

Verrys Bruid van YAHUSHUA, soos die 5 wyse Maagde in die gelykenis wat EK gegee het in Mattheus 25:1-13 en maak julself gereed, want jul spoedig komende BRUIDEGOM en MESSIAS kom o so gou. Bid dat julle waardig geag sal word om die Bruid genoem te word van YAHUSHUA ha MASHIACH. Neem hierdie nie as vanselfsprekend nie. Moenie opgeblase raak met trots nie, want sommige sal uitvind hulle is die Gaste en nie die Bruid nie vir hierdie rede. Te veel word gegee, baie meer word verwag.

EK, YAHUSHUA, is die Goeie Herder en MY Bruid sal nie na enige ander Meester toe gaan nie. Soos dit geskryf is, vertel EK MY geheime aan die Profete en so deel EK geheime nou met MY Geliefde Bruid en die Ge�erde Gaste wat uitgenooi sal word na die Bruilofsmaal van die Lam. En net diegene wat sal bywoon, hulle name word gevind in die Lam se Boek van Lewe, ingeskryf voor die grondlegging van hierdie w�reld.

Ondersoek en bewys julself as beproef terwyl jul mediteer oor hoekom Henog, Elia en Eli�ha van groot belang is. EK, YAHUSHUA, leer julle nou dat dit van belang is vir die Bruid van YAHUSHUA. EK spreek hierdie openbaring voort. Kyk dit is 'n nuwe ding. Die boek van Henog was nie ingesluit met die Boeke wat in die Bybel is nie en tog gee EK vir julle hierdie mandaat om hierdie boek te vind en dit te bestudeer en YAHUVEH toe te laat om vir julle waarhede te leer selde onderrig, want daar is boeke wat ingesluit moes gewees het in die Heilige Bybel en opsetlik uitgelaat was omdat hulle te konfronterend sou wees. Nie alles wat die verlore boeke van die Bybel genoem word nie, maar sommige. Julle moet onderskeiding gebruik watter boeke is van die Heilige Gees en Waarheid en watter is mensgemaak. Vra julself waarom sou die Skepper 66 boeke in die Bybel sit, want hierdie is nie 'n heilige getal nie. Ses is die getal van die mens, 666 is die getal wat geassosieer word met die antichris.

EK spreek hierdie tot diegene wat Geestelike ore het om te hoor en luister, alle ander sal doof bly en bespot wat hulle nie verstaan nie. Voorwaar EK s� vir julle, EK gee julle sterk geestelike vleis om te eet. Dit is nie bedoel vir die Geestelik Swakkeres nie! Elia van Ouds was maar net 'n heenwysing van die wegvoering van die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH. Elia van Ouds het geweet watter missie hy moes klaarmaak en het geweet hy sou nie sterf op daardie tydstip nie. Elia van ouds het geweet watter dag, uur en minuut YAHUVEH die Vurige Strydwa sou stuur om hom weg te voer Hemel toe. En Elia van Ouds het voor die tyd geweet wie die eer sou h� om dit met hulle eie o� te aanskou en die man se naam was Eli�ha. Elia van Ouds was Hemel toe geneem, met Hemelse vervoermiddele en so ook sal die Bruid van YAHUSHUA weggevoer word wanneer EK, YAHUSHUA, persoonlik kom vir julle MY geliefde Bruid. (2 Kon. 2:1-14)

Herlees al die Profesie� en julle sal sien vir baie jare het EK [Elisheva] MY Elia van Nuuts [Eliyahu] genoem. Ja, haar wettige nooiensvan is Elijah [Eliyahu], maar dit is nie die rede hoekom EK hierdie gedoen het nie. Sy het net onlangs die rede geleer en dit is meer as om haar te stuur na die weduwees van Sarfat om hulle te toets. En hulle weet dit nie want hulle hongersnood het nog nie gekom nie, dit is nie net hierdie rede soos uiteengesit in baie van die profesie� wat EK deur haar gespreek het nie. EK het hoorbaar met haar gepraat op Pasga, 5 April (een dag na haar verjaardag), en vir haar ges�, haar wakker gemaak met die woorde wat sy nie verstaan het nie en net deur hierdie boodskap meer ten volle s�l verstaan "Jy is MY �Ringmaiden�

Voorwaar EK s� vir haar en vir julle met geestelike ore om te hoor en luister. EK YAHUSHUA noem haar MY Elia van Nuuts [Eliyahu] en onthul hierdie geheime openbarings gegee aan haar direk uit die Hemel om 'n se�n te wees vir haar asook die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH. Net soos Elia van Ouds geweet het wanneer om YAHUVEH se perdgedrewe Strydwa van Vuur te verwag om hom weg te voer Hemel toe en hy die presiese tyd en dag geweet het en voorbereid was en Eli�ha vooraf gewaarsku het om hom dop te hou. Elia van Ouds is die heenwysing van wat sal gebeur met die Bruid, so hoekom sou EK enige iets minder doen vir die Bruid van YAHUSHUA?

EK sal eerste vir Aartsengel Migael stuur om te kom en die pad oop te maak vir die Engel Gabri�l om te kom om haar te vertel. EK het vir haar ges� om te wag vir die geboorte van die aankondiging van die datum wat YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid, dan sal een van haar mandate wees as MY �Ringmaiden� om hierdie nuus te laat weerklink rondom hierdie w�reld aan al die Elite genoem Die Geliefde Bruid van YAHUSHUA. Geliefde vra jouself hierdie vraag en lees weer Mat 25:6-7 en hoor dit nou met Heilige ore want dit s�, "En middernag was daar 'n geroep gehoor, kyk die bruidegom kom; gaan uit hom tegemoet. Toe het al daardie maagde opgestaan en hulle lampe gereed gemaak." Voorwaar EK s� vir julle iemand was gekies om daardie boodskapper te wees om die roep te laat weerklink wat die Ganse Bruid van YAHUSHUA sal hoor. En EK het hierdie �Ringmaiden� gekies om hierdie eer te h�.

Wat YAHUVEH gedoen het vir MY Moeder Miriam (Maria) toe EK, YAHUSHUA, aarde toe gekom het, sal EK doen vir MY Bruid en die Engele stuur na [Elisheva] om te proklameer die Bruidegom kom. Maak julself gereed en wag vir MY op hierdie datum, want EK kom om weg te glip met MY Bruid. Weer, s� EK vir julle, Elia van Ouds was 'n heenwysing van MY Bruid wat weggevoer word, en MY Bruid sal toegerus word met 'n nuwe uitstorting van 'n salwing terwyl hier op hierdie aarde as 'n standaard teen die bose wat sal kom teen julle soos geen ander gegee vantevore nie. MY ganse Bruid sal weet hierdie boodskap is waar, want sommiges het geweet hierdie sou gebeur en het gewag vir die aankondiging om te kom na die 4 hoeke van die aarde waar EK MY Bruid versteek het.

Hierdie datum sal gespreek word in die geheim en net aan MY Ware Bruid sal sy hierdie spreek. Julle sal hierdie nooit gepubliseer sien n�rens nie behalwe as dit gedoen word sonder MY toestemming, en wee die Judas wat so 'n ding sou doen, pogend om MY Bruid in gevaar te stel. Jy wat sal probeer om dit te doen sal dieselfde lot ly as Judas. Moenie dink [Elisheva] het gevra hiervoor nie, want waarlik s� EK vir julle, EK het baie Profete na haar toe gestuur na Profesie 74 en 75 om vir haar te s� hierdie sou gebeur, en sy het ges� sy is nie waardig vir hierdie eer nie.

[Bedienings werkers] en sy het geantwoord, hierdie Bediening wou nooit 'n wegrapings datum-bepaler gewees het nie en voorwaar EK s� vir julle altwee, julle is nie die datum bepaler nie. Niemand sal die woord hoef te neem van die berekeninge gegee aan 'n blote man of vrou nie. Engele sal gestuur word van MY Troon af om die Datum aan te kondig, sodat MY Bruid sal wees soos die 5 wyse maagde en gereed sal wees vir haar MESSIAS Bruidegom om te kom. Aan diegene wat s�, "Maar daar staan geskryf dat geen mens moes weet watter dag of uur nie," hierdie is waar, toe die skrif geskryf was meer as 2000 jaar gelede, watter nut sou dit gehad het? Hoekom sou ABBA YAHUVEH duisende jare vooruit die datum vrystel wanneer EK, YAHUSHUA, sou kom vir MY Bruid soos van gespreek in Matheus 25:1-13.Watter doel sou dit gedien het om diegene te frustreer wat sou moes wag?

Onthou Geliefde, selfs die 5 dwase maagde het geweet die Bruidegom kom maar was onverhoeds betrap. Die Gelykenis wat gespreek word wys die 5 dwase Maagde wat nie die salwing gehad het nie en gewaak en gewaak en gewag het saam met diegene met die salwing om te weet wanneer die Bruid se Bruidegom sou kom. Hierdie gelykenis wys ook hoe EK die 5 dwase maagde waarsku wat gedink het die salwing van die Bruid kon gekoop word met geld, wat nie te koop is nie en die Bruid weet hierdie, en spot diegene wat dink YAHUVEH se gawes is te koop.

Toe die 5 dwase maagde teruggekeer het, het die Bruidegom en Bruid weggeglip. Toe hulle gehamer het aan die Hemel se deure om ingelaat te word saam met die Bruidegom en Bruid, was hulle huilende weggestuur terwyl die Bruidegom ges� het, "Gaan weg van my, ek het julle nooit geken nie!" Nie elkeen is geskik om die Bruid te wees nie; daar is streng kwalifikasies. En die 5 dwase het EK nie herken as MY Bruid nie. Maar, EK los vir hulle 'n waarskuwing en dit is die 5 dwase Maagde nie weet wanneer EK sal terugkeer vir die Gaste nie, en hulle beter gereed wees mits EK, YAHUSHUA, DIE MESSIAS/BRUIDEGOM weer kom en die Gaste aan die slaap vind of sonder olie in hulle lampe. (Matt 25:1-13)

Al 5 die dwase maagde sal getoets word in die vuur van beproewing en sommiges sal anderkant uitkom soos goud, sommige sal gemartel word, sommige sal oorbly, en sommige sal saam met MY weggevoer word. Sommige van die 5 dwase maagde is gaste en was nie geskik gevind om die Bruid te wees van YAHUSHUA nie.

EK sal nie MY ware Bruid onverhoeds betrap nie, want sy sal die Shofar Horing hoor blaas en sy sal wakker word van die Geroep wat EK sal laat weerklink uit hierdie �Ringmaiden� van MY. Onthou, satan wil MY vooruit gaan, so moenie geflous word met die vals datum nie en wee enige een wat hulself MY �Ringmaiden� noem buiten die een wat EK gesalf het, wat EK nou gebruik om voort te spreek as MY mondstuk. Daar sal 'n salwing wees wat nie in staat sal wees om vervals te word wanneer die Engele hierdie boodskap bring nie sodat die Ware Bruid van YAHUSHUA geboorte sal gee aan 'n uitstorting van 'n salwing uit die Hemel soos geen ander tot dusver nie. Dit sal die vroe�-en-laat re�n salwing wees bymekaar gevoeg, gekombineer met die dubbele porsie van die Elia-salwing. Selfs julle Skaduwees sal die GODDELIKES genees, want MY genesings balsem van Gilead, sal in MY ganse Bruid wees. EK het hierdie woorde hoorbaar gespreek met [Elisheva] jare gelede: "Gawe van Genesing, Klank van Basuin". Sy het nooit die betekenis van hierdie woorde geken nie tot nou.

Net soos die Shofar Horing geblaas word by 'n Joodse Troue om die koms aan te kondig van die Bruidegom, so ook sal EK, YAHUSHUA, die Shofar Horing laat blaas om MY koms aan te kondig want MY geliefde Bruid, luister vir die Shofar Horing, dit is nie ver weg nie. EK het geprofeteer deur hierdie �Ringmaiden� dat EK sou terugkom op 'n Sabbat en EK het tot haar gespreek, "Wat AS Rosh Ha Shanah die dag is wanneer EK sal kom" jy weet nog nie watter een nie." EK het ook geprofeteer deur haar en hoorbaar met haar gepraat, "Eers een wegraping en dan 'n ander vir diegene wat EK liefhet." Die gaste sal in daardie tweede wegvoering wees in die gelykenis van die tien maagde; die tweede kans word gegee aan die dwase sogenaamde Bruid dit is wanneer EK vir hulle s� om dus te waak, want julle weet nie watter uur EK weer sal kom nie.

Elia van Ouds moes ook sy liggaam verander gehad het in 'n oogwink, want sterflike liggame moet beklee word met die onsterflike liggame om in te gaan in die Koninkryk van die Hemel in so ook sal MY Bruid. Elia van Ouds het sy Mantel (gebeds mantel) laat val, sy gewaad van kleding wat hy gedra het. (2 Konings 2:12-13) Net soos julle wat die Bruid is van YAHUSHUA, nie nut sal h� aan jul aardse kleding nie wanneer EK julle klere verander in die pragtigste, skitterende, re�nboog kleurige, Wit Gewaad waarmee geen aardse gewaad of kledingstuk kan begin vergelyk nie. Want julle sal glinster soos die skitterendste helderste diamant wat die w�reld nog gesien het. EK sal 'n Tiara plaas op die vroue se hoofde terwyl MY Geliefde Bruid versier word en die mans sal 'n kroon h� gevul met kosbare gesteentes wat niks op hierdie aarde kan vergelyk nie.

Hierdie is geheime wat EK met julle deel soos die boek van Dani�l wat EK verse�l het tot die eindtyd generasie. Vra van MY en EK sal vir julle meer vertel want EK deel hierdie geheime met MY Bruid en EK gee nie al MY openbarings aan een persoon of profeet nie, so deel met hierdie Boodskapper wat My boodskap voortspreek as 'n se�n vir julle. Se�n haar terug en laat haar weet hoeveel julle MY salwing onderskei het en die openbarings wat EK aan julle gegee het. Vir sommige het EK drome gegee en ander visioene en ander profetiese woorde. Nou is die tyd vir die Bruid om bymekaar te kom. EK vaardig 'n Wekroep uit. As julle nie bymekaar kan kom in die vlees nie, kan julle op ander maniere. E-pos of skryf vir haar. Daar is diegene wat hierdie lees wat iemand onderskei wat hulle weet is die Bruid van YAHUSHUA en tog kan daardie persoon dit dalk nie sien nie, so deel hierdie met daardie persoon en laat hulle skryf vir MY diensmaagd, want sy sal die gawe h� om te onderskei wie is die Bruid en wie is die Ge�erde Gaste nadat die Engel Gabri�l aan haar verskyn het EK het met tye reeds vir haar vooruit gewys hiervan.

Elia van Ouds het 'n salwing gehad wat die profete van Ba�l doodgemaak het asook die vyande wat hom agtervolg het en so sal julle ook. Die Ware Bruid van YAHUSHUA sal daardie selfde salwing h� om die Vuur uit die Hemel te roep wat julle vyande sal verteer. Julle, die Ware Bruid van YAHUSHUA sal ook veg teen en die oorlog wen teen die Jezebel demone. Die lot van diegene wat probeer om MY ware Profete en die Buid te vernietig deur te probeer om hulle uit te put met die demoniese Geeste van Jezebel en Ahab sal dieselfde lot ly as die profete van Ba�l, sowel as Elia van Ouds se vyande. Julle, die Bruid van YAHUSHUA sal doen wat Elia van Ouds gedoen het selfs meer voor julle hierdie aarde verlaat. En nadat julle terugkeer uit die Hemel, word julle toegerus met nuwe kragte met julle Hemelse Opdragte om uitgevoer te word soos gedeeltelik genoem in Openbaring 14. Die res is geheim vir nou; ons hoef nie die vyande vooruit te laat weet nie. Julle MY geliefde Bruid, sal 'n lied sing soos geen ander en EK sal dit SELF vir julle leer.

Die Bruid van YAHUSHUA sal die eerstelinge wees verlos van hierdie aarde voor die groot dag van YAHUVEH se grimmigheid genoem die Groot Verdrukking. Julle wat die Bruid van YAHUSHUA is is ewig getrou en trou aan julle MESSIAS en Bruidegom. Julle die Bruid van YAHUSHUA sal ook die gawe h� om te verplaas enige plek in die w�reld en sal geen behoefte h� aan aardse vervoer nie. Moet EK julle herinner hoe sommige van MY dissipels van ouds nie 'n verheerlikte liggaam gehad het nie en tog kon hulle dieselfde doen? (Handelinge 8:27-40) Die Bruid van YAHUSHUA kan verskillende voorkomste h� soos EK, YAHUSHUA, gehad het na MY opstanding. MY eie Apostels het hulle Meester nie herken nie.

Voorwaar EK s� vir julle, net soos Eli�ha getuie was met sy eie o� en gesien het Elia van Ouds word in die lug weggevoer in die perdgedrewe wa van vuur, omdat Eli�ha geweier het om hom te verlaat en aan sy sy was toe hy weggevoer was, het hy 'n dubbele porsie van salwing ontvang soos Elia van Ouds geprofeteer het. Hier is 'n geheimenis: Het julle gewonder hoekom Eli�ha geskei was en nie geneem was deur die Wa van Vuur saam met Elia van Ouds nie? (2 Konings 11). Dit is omdat Eli�ha 'n heenwysing was na die 12 Stamme van Israel in Openbaring 7 en Elia is 'n heenwysing na MY Bruid in Openbaring 14. So ook sal die verse�lde 144,000 van die 12 stamme van Israel ook beskerm en verse�l word op hierdie aarde soos dit geskryf is in Openbaring 7 deur 'n Engel uit die Hemel. Wapens van die mens sal hulle nie seermaak nie ook sal die plae nie naby hulle kom nie, want hulle is nie bestem vir YAHUVEH se grimmigheid nie. Hulle sal bly onder YAHUSHUA se Genade, die bloedlyn wat YAHUSHUA getrek het by Golgota en satan kan nie daardie bloedlyn oorsteek nie. Hierdie 144,000 sal die Bruid se mantel aanskou terwyl die salwing op hulle val op 'n manier wat hulle nie vantevore geken het nie.

Voorwaar EK s� vir julle dat Henog 'n Heenwysing was van die Bruid van YAHUSHUA. Want Henog was weggevoer Hemel toe, omdat hy hierdie getuienis gehad het. Hy het nie gesterf nie maar was na die Hemel geneem omdat hy behaaglik gevind was vir YAHUVEH. So ook sal julle die Bruid van YAHUSHUA ook weggevoer word, want julle sal ook hierdie getuienis h� dat julle YAHUVEH die Vader van die ganse Skepping behaag asook vir MY, YAHUSHUA, SY Seun, omdat julle gehoorsaam het en julself Heilig hou sonder vlek of kreukel. Dit is hoekom EK vir [Elisheva] ges� het in 'n droom om Hebre�rs 11:5 te memoriseer. Julle die Bruid van YAHUSHUA, sal vir YAHUVEH en vir MY, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, ook deur sommige genoem HEILIGE GEES, geen skande bring nie. MY Bruid julle gehoorsaam nie net die 10 Gebooie nie, want watter uitdaging is daar in dit? EK sal vir julle sommige van die belangrike kwalifikasies vrystel oor hoe julle sal weet of julle MY Bruid is en of julle die Ge�erde Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam in hierdie eindtyd boodskap vir MY Bruid en die Ge�erde Gaste. Hierdie boodskap is nie vir die heidene nie behalwe om hulle te waarsku.

Pasop vir enige iemand wat beweer om MYNE te wees, en tog hierdie Profetiese woord aanval, want hulle bewys van watter bose gees hulle is en bewys die demoniese gees van Jezebel val MY �Ringmaiden� aan wat EK gesalf het om MY Stem te hoor sodat MY Bruid sowel as die gaste van die Bruilofsmaal van die Lam gese�n en bemoedig sal word. satan is die enigste een wat sy wolwe sou stuur geklee soos skape om MY Apostoliese Profetiese �Ringmaiden� aan te val, genaamd [Elisheva Eliyahu]. EK gebruik haar volle naam vir MY eie redes wat niemand aangaan nie buiten die vyande wat haar vernietiging wil h�, wat haar name gebruik terwyl hulle vloeke stuur.

Voorwaar EK s� vir julle, enige iemand wat s� hulle Aanbid en stel YAHUVEH en YAHUSHUA eerste stel in hul lewens en liefde, en tog sukkel om die Torah/Wette te gehoorsaam wat die 10 gebooie insluit, het 'n ernstige geestelike probleem en beter besef hierdie is jou siel wat op die spel is. Voordat jy MY aanvaar het as MESSIAS en MY gevra het om in jou hart in te kom en jou lewe oor te neem, het jy 'n verskoning gehad. Maar nou het jy geen. Bekeer nou voor dit te laat is. Versoeking is nie sonde nie maar pasop, want sonde kom eerste in deur die gedagte en dan deur die aksies van jou liggaam. MY Bruid, julle is Heilig en leef Heilig as 'n voorbeeld van julle MESSIAS. Julle praat Heilig en julle gedagte is konstant op die Liefde van julle lewe en dit is ABBA YAHUVEH en EK, YAHUSHUA. MY Bruid, julle doen nie opsetlik sonde nie, want julle wil MY nie bedroef nie en ook nie satan 'n rede gee om julle aan te kla of vir MY skande te bring nie.

MY Geliefde Bruid, julle bestaan uit beide manlik en vroulik. Julle word 'n maagd genoem, omdat julle uitgekom het uitgekom uit die mensgemaakte leerstellings en gevlug uit die kerke van Babilon. MY Bruid, julle is nie bang om boosheid te ontbloot nie, selfs wanneer dit in die kerke is en ontbloot die kompromiserende Pastore van die kerke en diegene wat hulself Rabbis noem wat ook toegewings maak. Hierdie is boosheid in MY o�. Julle, MY Bruid, sal nie stilbly nie en hoe meer die heidene en die Farise�rs en die Louwarm Christene en die 6 kerke genoem in Openbaring probeer om julle te snoer, hoe harder skree julle. MY geliefde Bruid, julle wat loof, aanbid, liefhet, vereer, en bo alles begeer om 'n glimlag op ABBA YAHUVEH se gesig te sit om HOM sowel as julle MESSIAS en spoedig komende Bruidegom te behaag. MY Bruid, julle weet gehoorsaamheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA is Liefde en julle bewys julle liefde en lojaliteit deur gehoorsaamheid aan YAH se opdragte.

Wat is die prys van jou siel? Daar is vals leraars in die w�reld wat julle vertel dit is onmoontlik om die Tien Wette te gehoorsaam EK s� vir julle hierdie vals leraars gestuur deur satan om julle op 'n dwaalweg te lei in die hel in. Hoekom noem julle MY Meester en gehoorsaam MY nie? Is dit nie geskyf nie, "Wees Heilig want EK is Heilig"? Het EK nie die voorbeeld gestel vir julle nie? Dit is die salwing wat alle jukke en bindings breek en EK het die trooster genaamd RUACH ha KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES, om julle in volle waarheid in te lei en om julle te leer asook om julle te oortuig wanneer julle in oortreding is. Dit is die RUACH ha KODESH wat julle sal weerhou om te sondig teen MY.

Die Bruid van YAHUSHUA sukkel nie om die Tien Gebooie te onderhou nie. Instede daarvan bewaak julle hulle en verdedig hulle met die wete dat YAHUVEH hierdie Tien Wette geskryf het op 'n tablet van klip met SY eie vinger en HY het nie die Wette verander en ook nie enige van hulle weggegooi nie. Die mens verander die Wette, nie ABBA YAHUVEH nie wie die Skepper is van die wette gegee aan Moses by berg Sinai. YAHUVEH is die Skepper van die Sabbat en het die ganse skepping beveel om dit te eer toe HY gerus het op die 7de dag na die skaping van ganse Skepping. Die Sabbat is ewigdurend, nimmer eindigend, en sal selfs ge�er word in die Heerskappy van die Millenium.

Voorwaar EK s� vir julle, die Ware Bruid van YAHUSHUA, julle weet al hierdie en julle enigste begeerte is om YAHUVEH se iedere woord te gehoorsaam en EK is daardie Woord wat Vlees geword het. EK is die Lewende Torah. Voorwaar, EK s� vir julle dat julle, die Bruid van YAHUSHUA gehoorsaam wil wees en die ekstra myl loop, wat dit ookal verg om ABBA YAHUVEH te gehoorsaam, om te doen wat ander dwaas ag soos om die Heilige Fees Dae waar te neem en die ware Sabbat te hou en te vlug van mensgemaakte-godsdiens wat die Sabbat verander het na 'n Sondag. MY Bruid julle weet enige iets wat korrup of pervers is is nie Heilig nie en is 'n gruwel vir YAHUVEH soos aborsies, homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike. MY Bruid, julle bly nie stil nie maar protesteer hierdie dinge luidkeels en veroordeel enige iemand wat dit nie doen nie, noem hulle 'n lafaard en huigelaar.

Is dit enige wonder dat die Jode en die Israeliete nie wil luister na die Christene nie, want hulle weet geen Seun van YAHUVEH wat s� HY is Koning van die Jode en MESSIAS sou die Sabbat weggooi en onderrig dat enige dag voldoende sal wees nie, terwyl dit die 7de dag was waarop YAHUVEH en EK gerus het nadat die Skepping gemaak was? Hoekom ontheilig julle wie julself Christene noem MY deur die verbreking van die Torah Wette gegee aan Moses en eer nie die Heilge Dae bepaal deur YAHUVEH om Heilig vir HOM te wees nie? Het EK nie ges� dat EK nie gekom het om die wette van die profete van ouds te kanseleer nie maar om hulle te vervul?

Voorwaar EK s� vir die van julle wat julself Christene noem, julle benadeel MY,YAHUSHUA, meer as wat julle MY help wanneer julle so optree. Wat sal julle verskoning wees wanneer julle voor MY staan, 'n wan vertaalde en misverstaande skrif? Die Ware Bruid van YAHUSHUA sal nie inboet wat sy weet die waarheid is nie. Sy is getrou aan die YAH wie sy dien. Voorwaar EK s� vir julle, MY Bruid moet geestelik volwasse wees, oud genoeg om te trou. EK praat nie van julle biologiese ouderdom nie maar julle geestelike ouderdom. Afhangende van julle geestelike groei en dit is selfs nie eers om die dae te tel vandat julle MY as julle MESSIAS aanvaar het nie, want kinders groei en raak volwasse teen verskillende tempo, sommige is geestelik volwasse in 'n kort tydjie ander neem baie jare om volwasse te word, selfs Pastore en ander word steeds nooit volwasse nie, hulle is net tevrede met die melk van die woord leer nooit enige iets nuuts nie.

Volwassenheid vir jou MY Bruid hang af van hoe vinnig julle besef julle verlang meer as net geestelike melk van MY Woord, maar benodig Geestelike Vleis om te eet. Julle voel die honger pyne van uithongering as julle dit nie gereeld kry nie. Julle wat die Bruid van YAHUSHUA is het geestelike tande van 'n leeu en verorber vinnig gesalfde geestelike vleis soos hierdie profetiese woord wat julle herken as MY Stem en is nooit tevrede met blote aardse kennis nie, maar soek en vra vir meer Hemelse kennis, om YAHUVEH te ken op die manier wat Abraham het. MY Bruid julle wil die ware geheime van YAHUVEH ken wat gereserveer is vir diegene wat HY en EK kan vertou.

MY Bruid, julle is versprei regoor die w�reld nou. MY Bruid, julle bestaan uit die eerstelinge soos genoem in Openbaring 14. Julle is die beste vrugte wat EK sal verlos van die aarde voor die Groot Verdrukking. MY Bruid, julle roem alleenlik in wie julle dien en julle bly nederig, begryp nooit ten volle hoekom EK, YAHUSHUA, julle sou kies nie, maar voel ge�erd dat julle gekies was en aanvaar dit nooit as vanselfsprekend nie en bid steeds dat julle waardig geag sal word om MY Bruid genoem te word. MY Bruid verstaan die belangrikheid om die Heilige Dae waar te neem wat haar Joodse Messias Bruidegom gehou het. MY Bruid, julle het alles neergel� op die offer altaar en hou niks terug nie en sal julle MESSIAS volg en alles gehoorsaam wat EK s�. Die uitroep op julle lippe is Heilig.

MY Bruid, julle het nie net ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA lief nie maar is hartstogtelik verlief op ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, net soos in die Hooglied van Salamo. MY Bruid, julle stel beide die Skepper en die Messias gelyk eerste in julle lewens en liefde. Alle ander hetsy hulle eggenoot, kinders, familie, vriende, besigheid of plesier is kom tweede in julle liefde en lewe. MY Bruid, julle sal bereid wees om julle lewe neer te l� indien nodig, as hierdie YAH se wil was. MY Bruid, julle het al julle aardse gerief verlaat toe EK ges� het, "Kom en Volg MY!"

MY Bruid, julle sal nie alleenlik MY naam op julle voorhoofde geskryf h� nie maar die naam van ABBA YAHUVEH sodat almal sal sien wat Openbaring 14 duidelik verklaar. MY Bruid, julle het 'n las om die waarhede voort te spreek wanneer slegs 'n oorblyfsel regtig begeer om te hoor en gehoorsaam. MY Geliefde Bruid, julle sal eerder die naam van julle geliefde ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, op julle lippe h� sprekend van ONS in liefde en mediterend oor wie ONS is en hoe om ONS te behaag en Hemelse Dinge bestudeer en profetiese dinge wat kom en julle verag nie die gawe van profesie nie en spot ook nie die gawes van die RUACH ha KODESH nie. Julle weet al die gawes van die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) is van waarde en begeer hulle almal. Julle leer alles wat julle kan oor julle Hemelse woning en bewaar die Heilige Skrifte in jul hart. MY Bruid, julle weet hierdie aarde is nie julle tuiste nie; julle beweeg slegs deur tot die werk waarvoor EK julle gestuur het om te doen, klaar is. MY Bruid, julle verlang om daardie Shofar Horing te hoor wetende dat julle MESSIAS Bruidegom sal verskyn direk na die geklank van die Shofar om julle persoonlik weg te dra na julle Hemelse woning. 'n Herehuis wat EK vir julle gebou het wag, saam met julle belonings wat vir julle bewaar word in julle pakhuise.

MY Bruid, julle verlang na MY op die manier wat EK verlang het om fisies by julle te wees en dit is nie meer so ver weg nou nie. Neem vertroosting, MY geliefde, en op hierdie volgende Rosh Ha Shanah 2004, praat met MY op die manier wat julle met 'n geliefde eggenoot sal praat wanneer julle wil h� hy moet terugkom na julle toe omdat hy weggegaan het op 'n lang reis. Huil vir MY terugkoms uit liefde en verlange, nie uit vrees nie. EK verlang om julle woorde van passie en liefde te hoor vir MY en so doen ons Abba YAHUVEH.

EK het vir julle MY woorde van liefde gelaat in die Hooglied van Salomo. Hierdie gaan nie oor 'n seksuele liefde nie maar 'n liefde wat min kan verstaan behalwe MY Bruid doen. Lees hulle met Geestelike onderskeiding en vra MY en EK sal die gelykenis sonnette verduidelik, want dit is meer as net Salomo se liefde wat beskryf word, MY Bruid is versteek in hierdie verse. Kan julle dit vind? EK deel nog 'n geheim met die Bruid van YAHUSHUA. MY �Ringmaiden� [Elisheva], dra alreeds 'n geestelike trouring. Sy sal weet aan wie EK hierdie ringe gegee het. Elkeen van MY Bruid sal 'n unieke trouring dra wat 'n refleksie is van die prys wat hulle betaal het om MY Bruid te word. Geen twee ringe sal dieselfde wees nie.

Geliefdes, wanneer die Bruid en die Gaste almal arriveer, dan sal die Bruilofsmaal van die Lam 'n aanvang neem. EK, YAHUSHUA sal nie net dans en juig saam met MY geliefde Bruid nie maar ook saam met MY geliefde Ge�erde Gaste. Gese�nd is almal wat uitgenooi is na die Bruilofsmaal van Die Lam soos dit geskryf is in Openbaring 19:9. Die uitnodigings was uitgestuur aan elkeen in hierdie w�reld en tog hoe min weet watter eer dit is om MY Bruid genoem te word of om die uitnodiging te ontvang as 'n Ge�erde Gas. Min verstaan die Prys wat EK betaal het om julle uit te nooi. Sommige uitnodigings het verlore geraak, sommige weggegooi en as rommel bestempel, sommige uitnodigings gaar stof op, sommige uitnodigings is vervals en sommige Gaste verstaan nie dit is alleenlik 'n RSVP uitnodiging nie. Net diegene wat reageer en MY, YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar sal die Bruilofsmaal van die Lam bywoon en slegs diegene wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie w�reld.

Wee die vyande wat hierdie �Ringmaiden� Bruid van MY wil bespot, diskrediteer, seermaak, beswadder of doodmaak of hierdie Bediening wil vernietig. Waarom kners julle jul tande in raserny? Julle met 'n gees soos 'n Farise�r, julle wat Judasse in vermomming is, weet julle nie die letter maak dood en die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) gee lewe aan my Woorde nie? Waarom gee al die bogenoemdes om, want nie een van julle is of MY Bruid of MY Gaste nie, en waarheen julle bestem is sal daar geween en gekners wees van tande. Julle wat 'n gedaante het van Goddelikheid en geen Goddelikheid van binne en geen Heiligheid van binne nie, het lank gelede verdoemenis gekies in plaas van redding. Niemand behalwe die Ware Bruid van YAHUSHUA, sal die Jaar, Dag of Uur ken wat EK, YAHUSHUA, sal kom om my Bruid weg te voer nie.

Aan diegene wat hierdie boodskap spot, dit was nie vir julle o� om te sien of julle ore om te hoor nie. (1 Korinthi�rs 2:9-16). Net die Bruid van YAHUSHUA en slegs die wat bestem is om die Bruilofsfees van die Lam by te woon sal herken hierdie is die stem van die enigste MESSIAS en spoedig komende Hemelse Bruidegom. Hulle sal weet, alle ander sal blind en doof bly. Net soos 'n geliefde man vir SY Bruid, omgee, beskerm en koester, hoe sou EK dan enigsins minder doen vir MY Bruid maar meer.

EK, YAHUSHUA, kom, maak julself gereed, dit is nie genoeg om net gewas te wees in my Bloed, wat vir julle gestort was by Golgota nie, want die Gaste is gewas in die versoenings Bloed, by Golgota. Maar MY Bruid is vlekloos, sonder vlek of kreukel op haar uitrusting, skitterend wit, bring MY geen skande nie. Verrys MY Bruid, luister vir die Shofar Horing, laat julle lig skyn voor almal. Julle Bruidegom kom gou.

En die Gees en die Bruid s�, " Kom, YAHUSHUA ha MASHIACH, kom." En laat enige een wat hoor s� kom. En laat enige een wat dors het kom; en laat enige een wat wil die water van lewe neem verniet. En HY wat dit getuig s�, Ja EK kom gou!" Amen, Selah.

* * * * * * *

Gegee aan hierdie �Ringmaiden�, moet asseblief nie hierdie Boodskapper stenig nie, maar as julle dit doen sal dit wees tot Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Apostel Elisheva Eliyahu

(Apostel beteken 'Uitgestuurde een')



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred