Profesie 68

“Tart MY (YAHUVEH) As Jy Durf!”

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 26 Desember 2002

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

My geliefde Kinders, EK is nie kwaad vir julle nie. EK is bedroef oor die pyn wat hierdie wêreld MY veroorsaak. Eers word EK stil en EK raak bedroef, dan gaan julle MY toorn sien losgelaat word.

‘n Woord van waarskuwing vir MY vyande, so julle waag dit om MY (YAHUVEH) te bespot, so julle waag om die 2de koms te bespot van YAHUSHUA? Gaan voort en spot en julle sal MY toorn sien neerkom op so manier dat dit soos ‘n stortvloed sal wees, ‘n storm, ‘n windvlaag en waarlik sal dit die kaf wegvee. EK sal golwe voortbring soos die golwe van goddeloosheid die Hemel bereik het, die golwe van die oseaan en seë sal brul, die storms uit die Hemel ongelyk aan enige iets wat enige iemand gesien het. Hael en swael sal weereens val net soos EK vir jou gewys het in jou droom, want wanneer die meteoriete begin val, sal hulle uitbars in vuur. Net soos in die droom wat EK vir jou gegee het hierdie nag, sal hael kom soos nooit vantevore gesien nie gekombineer met winde. Dit sal vensters in skerwe laat spat. Die ysigheid wat hulle gewys het teen MY die Skepper teen MY Seun YAHUSHUA EK sal daardie selfde ys terug-giet bo-op hulle.

Ys sal uit die Hemel val. Vuur sal uit die Hemel val. Die aarde sal sidder en skud. Blindheid sal die mens tref soos hulle geestelik verblind was, soos hulle verblind was vir die waarheid en dit geweier het, soos hulle verblind was vir Heiligheid. Net soos in die dae van Sodom en Gemorra weereens sal swael en hael en blindheid oor hulle kom. So gaan voort, EK daag julle uit om te spot. EK praat met MY vyande nou; julle grawe net tot by julle eie vlak, na die put van die vuur hel toe wat vir julle wag, na die vlak tot waarin julle sal afdaal. Met elke woord wat voortgaan uit julle mond wat spot en tart, wat MY genade en MY liefde verwerp wat MY Seun YAHUSHUA verwerp. Gaan voort en spot, julle vyande van MY wat MY Shabbat besmet. Julle wat die Shabbat bespot, julle wat die Joodse volk spot, julle wat Israel haat, diegene wat Israel verraai, diegene wat MY eie Uitverkorenes verraai, My Babatjies, Bruid en noukeurig Uitgesoektes. Gaan voort en spot.

Dit is EK, YAHUVEH, EK sal laaste lag. Julle het MY gramskap laat opvlam, julle het MY woede laat opvlam. Julle sê ek sal God-speel met die kennis wat EK julle gegee het. Julle skep die mens in die mens se eie beeld, wanneer MY Woord sê dat julle geskep was in MY beeld. Julle speel julle speletjies met die weer. Nou sal Ek vir julle die Skepper van daardie weer wys. Julle eie klone sal draai teen julle. Julle eie uitvindings sal draai teen julle. Enige wapen wat julle probeer en gebruik teen MY Kinders sal boemerang terug bo-op julle. Want EK oordeel Sodom en Gemorra weer, EK kyk oor die aangesig van hierdie wêreld. EK weet watter MY Engele verseël het en hierdie dinge sal hulle nie oorkom nie.

Wee die res van julle. Julle beter op julle knieë val nou en bekeer terwyl daar nog tyd is. Roep die naam aan van YAHUSHUA MY Geliefde Seun, roep uit om genade vir die boosheid wat julle gedoen het. O maar julle geharde generasie, julle verworpelinge, julle wat dink julle is so ryk en julle is so vol praalvertoon, roem en glorie. Julle verheerlik julself in julle eie beeld. Net in die spieël aanskou julle jul eie skoonheid. EK sal julle skoonheid wegneem. EK sal julle roem en rykdom wegneem. EK is die enigste een wat promoveer en EK is die enigste Een wat ontslae raak. EK is YAHUVEH en EK is die begin en die einde. EK het geen begin nie en EK het geen einde nie.

Maar met MY vyande spreek EK, EK ken julle begin en EK ken jul einde. So gaan voort en waag dit om aanstoot te gee. Bal julle vuiste vir MY en vaar-uit. EK sal lag in jul gesigte. Dit is alleenlik as gevolg van die genade en die liefde wat EK gewys het deur MY Seun YAHUSHUA dat EK nie die ganse mensdom uitwis nie. Maar Ek het diegene wat EK MY Kinders noem, hulle wat ween voor MY, hulle wat intree in gebed voor MY, diegene wat hul bes probeer om gehoorsaam te wees aan MY, en MY eer. Dit is vir diegene wat EK nie die ganse mensdom uitwis nie. MY Seun kom weer! Julle hoef nie net staat te maak op die getuienis van mense nie, lees MY Woord, bestudeer MY Woorde. Diegene wat MY waarlik liefhet, het MY Seun YAHUSHUA lief. Diegene wat MY werklik begeer, diegene begeer MY YAHUSHUA, waarlik. Hierdies MY geliefde kinders is julle susters en julle broers.

Dit het julle in gemeen, en hierdie is die rede dat julle liefde vir mekaar behoort te hê. Dit is nie belangrik wat jou naam op die aarde genoem word nie. Julle sal mekaar herken aan die salwing van die Gees, julle sal die liefde van YAHUSHUA aanskou in mekaar se oë en julle sal die Salwing van die RUACH ha KODESH herken binne-in. EK skei die skape van die bokke en EK ruk die maskers van die bokke af, aangesien hulle gemasketeer het as ‘n skaap of ‘n lam, hierdie is deel daarvan om die kaf te skei van die koring, want die kaf is net geskik om verbrand te word!

Einde van Profesie.

So is dit gespreek, so is dit geskryf

26 Desember 2002 deur Apostel Elisheva Eliyahu

********

(Hieronder is ‘n persoonlike Profesie wat YAHUVEH ook terselfdertyd gespreek het, en die droom waarna YAHUVEH verwys in die Profesie is ook geplaas hieronder. Beide het gekom op dieselfde dag, op dieselfde tyd en omstandighede wat hierdie Profesie voortgekom het. Hierdie Profesie was teruggehou soos beveel was en sal geplaas word op 31 Desember 2002. YAHUVEH het ook vir ons ‘n verrassing openbaar terwyl HY vir ons die nuwe mandaat gegee het om hierdie Bediening met die RV (recreational vehicle or bus) na die mense te neem en te vra of hulle sal deel wees van hierdie finansiële wonderwerk sodat ons vryer kan reis en meer mense een-op-een kan aanraak. (Diegene wat ons help sal geseënd wees)

Persoonlike Profesie.

Hierdie boodskap is nog nie gereed om vrygestel te word nie. (26/12/02) want EK het meer om te sê. MY Geliefde Dogter jy sal weet wanneer om hierdie Boodskap vry te stel, EK sal dit bevestig wanneer jy bid. Vandag omdat jy gesmeek het en MY stem wou hoor, het Ek MY stilte verbreek en EK het gespreek.

En EK is so welbehaag met julle [Bruid van YAHUSHUA], moet nooit dink dat julle nie die beste is in MY oë nie. Wanneer julle praat en MY Dogter beskerm op ‘n manier wat EK julle gesalf het, het die duiwel geen keuse as om te hardloop nie. EK sal ‘n boodskap voortspreek en dit sal weereens kom uit MY Diensmaagd maar daar is ‘n tyd en daar is ‘n seisoen.

EK spreek deur [Elisheva], hou haar gefokus op die vraag wat sy gevra het hierdie dag.

(Ek het ‘n antwoord gesoek waarom Dr. Richard gesterf het voordat hy weggeraap was, want ek het geglo en hy het geglo dat hy sou leef om die wegraping te sien want YAHUSHUA het dit vir hom gesê voor hy teruggestuur was na die aarde toe hy die eerste keer gesterf het en weer opgewek was. Ek het gesmeek vir ‘n antwoord omdat ek, soos ander geglo het dat Dr. Eby sou gebruik word as ‘n teken van die spoedig komende wegvoering genoem die wegraping.)

Moenie dink dat jy so baie weke agter is om dinge gedoen te kry nie. Want wanneer EK dit op jou hart lê, dan weet jy dat jy dit moet doen wat EK jou beveel om te doen. Wanneer EK dit op MY Dogter se hart lê om vandag in te tree met gebede en nie vandag die Torah te bestudeer nie, weet dan dit is EK wat spreek deur haar, spreek tot haar, want EK het baie om te sê. Julle vra hierdie vraag oor MY seun, Dr. Eby, soos hierdie wêreld sy naam geken het. EK sal meer onthul en EK sal dit baie eenvoudig maak. Julle moet vergader met ander wat gesalf is, praat met hulle vandag telefonies en kry gebeds-bemiddeling aan die gang sodat die salwing aangewakker sal word en dit bevestig sal word in meer as net een. In die mond van twee of drie getuies sal dit vasgestel word.

EK gaan vir julle ‘n Tempel gee MY Kinders, en dit sal‘n Tempel wees op wiele. Julle sal instaat wees om vryer te reis en te gaan na plekke waarheen EK julle roep om te gaan. Maar EK het werklik julle RV woning uitgekies en dit sal nie net funksioneel wees nie maar ook pragtig sodat julle vir ander kan sê; aanskou die wonderwerke wat YAHUVEH gedoen het. Moet MY nie in ‘n boks sit nie, moenie sê wat EK kan doen en wat EK nie kan nie. Dit is net soos [Elisheva] om die dollers te tel wat hierdie huurmotor gekos het. Op een dag het EK dit op ‘n ander seun (Matt C) se hart gelê om daardie $60.00 te stuur. So julle sien MY Kinders, omdat julle so getrou is aan MY, omdat julle MY gehoorsaam, omdat [Elisheva] julle MY stem hoor, gesamentlik MY Kinders, sal julle dit nie mis nie. Julle sal eenstemmig wees. So luister na MY stem, wanneer EK jou beveel om ‘n (foon) oproep te maak dan maak jy ‘n oproep. Moenie bekommer oor watter dag dit is nie (Shabbat) Maak jy net seker dat jy gehoorsaam.

[Elisheva] jy moet intree en aanhou bid. Jy moet aanhou om MY aangesig te soek. Jy moet luister en gehoorsaam want jy ken nie die wapens wat afgevuur en gerig is op jou liggaam van vlees nie, so dit is waarom EK jou beveel MY Kind om te rus. Spaar jou energie MY Dogter om in te tree want vandag het jy weereens in die gaping gestaan en MY herrinner waarom, terwyl MY ander kinders ook uitroep tot genade vir hierdie mensdom. Dit is waarom EK nie elke mens uitgewis het van die aangesig van hierdie aarde af nie, want EK het steeds MY oorblyfsel en EK sal altyd MY oorblyfsel hê, diegene wat MY werklik liefhet en dien en MY eerste stel, diegene wat uitroep in YAHUSHUA se Naam, hierdies is diegene wat EK weereens verhoor. So die nuutste Boodskap MY Dogter sal genoem word: “TART MY AS JULLE DURF!” Maar dit is nog nie die tyd om hierdie vry te stel nie want Ek het nog baie meer om te sê terwyl julle intree en MY soek wanneer julle bid.

(Gelag van my want my hande word lam van die swaar salwing aangesien ek hande geklem het terwyl hierdie Profetiese boodskap voortgekom het. Ek is gesê om alles te deel en nie te sensor nie omdat dit ander moontlik kan help om te besef dat ek geensins anders as enige iemand is nie)

Hierdie was 26 Desember 2002, ek het gesê ek gaan aan die Hemel se deur hamer totdat ek ‘n antwoord kry oor die rede waarom Dr. Eby gesterf het aangesien ek hom dopgehou het en ek is reeds 27 jaar lank gered. Toe ek die eerste keer die naam van Dr. Eby gehoor het, het ek werklik geglo dat hy nie sou sterf nie en hy opgeneem sou word in die wegraping. Ek sou ook daar gewees het. So toe hy op hierdie dag sterf, het ek soos ander, ons Hemelse Vader uitgevra oor die rede? Ek het gesê ek sou hamer aan die Hemel se deur op daardie dag en intree en bid totdat ek ‘n antwoord kry. My e-pos was reeds besig om vol te raak en ek weet dat die RUACH vir my gesê het dat nog meer e-pos sou kom. Hulle sou van my verwag om vir hulle die antwoord te gee en ek het nie die antwoord vir myself gehad nie. Maar YAHUVEH het nie vir my die antwoord gegee op 26 Desember 2002 nie. In plaas daarvan het YAHUVEH vir my gesê om te wag en in te tree en dat HY vir my die antwoord sou gee.

Hieronder is die droom wat ek gehad het oor Hael en Blindheid. Hierdie droom het ook gekom op 26 Desember en YAHUVEH noem dit in hierdie profesie 68. Vyf profesieë het voortgekom in die maand Desember en 2 profetiese waarskuwings-drome. Hierdie het begin op die 1ste dag van Desember Hanukkah, en nou is die laaste een op die laaste dag van die jaar. 31 Desember. Ek het vandag ‘n nuwe een ontvang. Ek voeg nou by tot 26 Desember se notas en julle kan dit appart lees.

Vele het reeds gewonder hoe Profesie 70 sal wees. Net tyd sal leer of ek die eer gegun sal word om weer ‘n boodskap te hoor.

*******

26 Desember 2002

Ek het ‘n droom gehad waar ek in ‘n hoë wolkekrabber gebou was. Mans was oral gewees, ek onthou nie of vroue in die vertrek was nie. Oral was uitroepe terwyl een-na-die-ander van die mans blind geword het. Gille van “Help my ek is blind!” was oral. Niks kon gedoen word nie. Ek was nie bang nie want ek was nie blind nie. Toe het die droom geflits na ‘n toneel waar ek hael gesien het in alle groottes wat teen vensters dawer en groot ysballe wat uit die lug val met winde van ongeveer 100 myl per uur saam met die hael. Nog nooit was hael gesien soos hierdie nie want dit was nie klein golfbal-groote hael nie en daar was so baie dat dit gelyk het of ys rotse uit die lug val soos ‘n stortvloed. Ek het probeer om deur hierdie storm te ry op ‘n pad wat skaars enige ander karre daarop gehad het. Die wind was so sterk dat dit karre buite beheer in die rondte sou tol binne-in die aankomende verkeer in indien daar enige was. Die hael sou windskerms gebreek het en gebars het deur die dakke van karre. Ek het aan die regterkant van die pad gery en die wind het my kar in ‘n sirkel getol, daar was ‘n aankomende kar wat ook buite beheer getol het in die linkerbaan, my kar het buite beheer getol maar ons het mekaar nie getref nie, of die kar wat voor my was het ons nie getref nie, want ek het geskree “Jesus help!” (Ek erken toe ek voorheen in motor ongelukke was, het ek nie YAHUSHUA geroep nie omdat dit net te veel lettergrepe het en ek val terug na die plek waar ek eerste gered was en roep Jesus help.) Die kar het opgehou tol en ek was veilig.

Nadat ek wakker geword het het ek vir YAHUSHUA gesoek oor die betekenis van hierdie droom. HY het vir my gesê dat YAHUVEH weer volke en lande sal oordeel met vuur en swael en hael en blindheid. Net soos HY gedoen het met Sodom en Gemorra sou YAHUVEH dit weer doen. Alleenlik diegene wat uitroep tot YAHUSHUA sal gespaar word. Blindheid het na die homoseksuele toe gekom wat daarop aangedring het om seksuele omgang te hê met die 2 engele in Sodom en Gemorra volgens die Bybel. Ek weet nie wie anders die blinde manne simboliseer nie, dit kon ook geestelik beteken sowel as fisies. Die georganiseerde kerke is grotendeels blind. Die waarskuwings-droom op 19 Desember was oor meteoriete wat neergekom het soos ‘n stortreën en in vlamme uitgebars het.Vuur het uit die lug geval, en nou is die droom Hael wat ys is, en die misiel-droom jy sit dit alles bymekaar en jy het Die toorn van YAHUVEH vir die goddelose en ongehoorsames.

Ek het hierdie droom neergeskryf na die beste van dit wat ek onthou.

Apostel Elisheva Eliyahu



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred