Profesie 66

Blaas Die Basuin En Waarsku, YAHUSHUA Kom Nie Vir Die Kerk Nie, Maar Vir SY BRUID!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH deur Profeet Elisheva Eliyahu 8 Desember 2002 In ‘n Droom en ‘n eegaande Profesie.

6 = nommer van ‘n mens

twee 6’sse, = 2-stryd, skeiding, getuie

12 (6 + 6) = uitvoering

Uitvoering van Oordeel oor die mens, terwyl hy stry teen YAHUVEH, skeiding tussen die mens en sy Skepper. Elisheva is ‘n getuie hiervoor deur middel van die droom/profesie wat YAHUVEH aan haar gegee het om bekend te maak in die publiek.

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

VERDUIDELIKING:

Op 8 Desember 2002 het ek Elisheva gedroom ek sien ontploffende sterre en missiele wat na Amerika toe kom! Bid dat YAHUVEH hulle nutteloos sal maak waar julle woon voor dit te laat is.

Ek het ook Profesie 66 heeltemal onverwags ontvang terwyl ek hierdie uigetik het.

Kyk op Amerikaners; verneder julself, bekeer, bid vir YAHUVEH se oordeel om uitgestel te word. Die missiele gaan binnekort kom en slegs gebed of vas kan hulle nutteloos maak of hulle vertraag. Neem asseblief hierdie profetiese-droom ernstig op voor dit te laat is. YAHUVEH praat in drome en visioene sowel as Profesieë.

Apostel Elisheva Eliyahu

*******

Kopieër asseblief en stuur hierdie aan vir ander sowel as bedienings webwerwe. Niemand kan sê hulle was nie gewaarsku nie. Bid vir Wysheid van YAHUVEH vir President Bush en die twee-ster-generaals en al die mense in die regering insluitend Collin Powell. Nou is nie die tyd om politiek te speel nie. Bid terwyl ons nog die vryheid het om te bid. Ek het ‘n droom gehad met die uitlegging en ek het ontploffende sterre gesien en missiele wat na Amerika toe kom. Bid dat YAHUVEH hulle nutteloos sal maak waar julle woon en ook regoor die hele Amerika.

Hierdie is my profetiese droom van waarskuwing. Ek wil hê julle moet die omstandighede verstaan waartydens ek aan die slaap geraak het sodat julle sal weet ek het nie te veel CNN gekyk voor slaap nie. Ek het nie aan enige terrorisme aanval gedink voor ek aan die slaap geraak het nie.

So gesê, sal ek die droom vertel.

Droom

Ek was buite en het na die sterre gekyk terwyl ek in ‘n oostelike rigting gedraai was. Ek was stomgeslaan oor hoe mooi die sterre gelyk het daardie aand. Die lug het soos ‘n swart fluweel skilderdoek gelyk en die sterre was so helder, groot en pragtig. Ek het gesê, "Kyk na die sterre, ek het hulle nog nooit so helder en mooi gesien nie." Ek het afgegaan op my knieë en begin bid en YAHUVEH en YAHUSHUA geloof omdat HULLE sulke pragtige dinge geskape het— GOD YAHUVEH gedank vir die seëninge en beskerming geken in Amerika. (Let wel: ek het nie ‘n jas aangehad nie en dit het nie gesneeu nie en waar ek tans woon het ek nog net een keer sneeu gehad en die sneeu het gesmelt en die weer was nie so koud nie).

Die volgende ding wat ek gesien het in my droom is moeilik om te verduidelik. Terwyl ek biddend opgekyk het, het ek iets gesien wat lyk soos ‘n “Ontploffende Ster.” Een ster het eerste ontplof met ligte reg-rondom dit in allerhande kleure. Ek het aanhou bid want ek het nie geweet wat hierdie was nie – biddend en lofprysend tot YAHUVEH vir SY beskerming en seëninge en prag wat YAHUVEH GOD geskape het. Ek het opgekyk, nie meer alleen nie want mense het my begin dophou hoe ek bid en YAHUVEH en YAHUSHUA loof. Menige mense het begin kyk na die hemelruim saam met my. Vyf vroue het langsaan gekniel en aangesluit—YAHUVEH en YAHUSHUA geloof vir beskerming. Hierdie was ons eerste vriende [Bedienings-span] wat aangesluit het in die droom en hande gevat het. Menige ander het net teruggestaan en na ons gekyk, sommiges het ons gespot. Ek het na die hemelruim gekyk en gedink die ontploffende ster sal nie weer gebeur nie. Tot my groot verbasing was daar nog ‘n ontploffende ster gewees, toe nog een. Ons het aangehou bid en meer mense het by ons aangesluit op hulle knieë en gebid.

Daar was ten minste 4 ontploffende sterre, sommige groter as ander. Ek het toe besef die mense wat by ons aangesluit het was vir ons en diegene wat geweier het om te bid en tussenbeide te tree vir Amerika, was teen ons. Ek het gewonder wat die ontploffende sterre beteken het. Ek het gesê, "Vreemd want hierdie is nie vuurwerke nie, want dit is nie die 4de Julie nie". Toe het ek ‘n kleurvolle streep in die lug gesien wat vinnig ‘n baie lang strook in die lug gevorm het.

Ek het ‘n harde geluid gehoor soos iets wat die grond getref het. Ons het nader gehardloop om te sien wat die grond getref het, daar was mense oral rond-om ‘n groot donker grys missiel wat halfpad in die grond ingegrawe was met twee rooierige vinne wat uit die grond gesteek het. Mense was bang maar terwyl ons nadergegaan het, biddende, het ons ‘n wonderwerk aanskou dit was ‘n missiel wat nie ontplof het nie.

Prys YAHUVEH en YAHUSHUA. Die missiel in die grond was nutteloos. O ons het toe besef dat dit ons gebede was wat ons gered het. Net YAHUVEH en YAHUSHUA kon verhoed wat veronderstel was om te ontplof om ‘n nuttelose misiel te word. Toe het mense begin om ons te volg en hulle wou presies gaan waar ons ookal heen gegaan het omdat hulle geweet het dat hulle veilig sou wees, as hulle by ons sou aansluit in gebed, ons was mekaar se gebeds bedekking. Ek het geweet dat ons die plek sou verlaat waar ons gewoon het en ons het ook in geloof geglo vir ons veiligheid want sekerlik sou dit gevaarlik wees, want die sterre was steeds besig om in die lug te ontplof wanneer ons daarna gekyk het.

Ons het proviand vir die reis benodig. Ons het ‘n stampvol winkel binnegegaan met mense in lang rye. Mense het ons gevolg, nuuskierig oor wat ons volgende sou doen want hulle het geweet dat die missiele onskadelik sou wees waar ons ookal heengegaan het. Dit was ons belofte van YAHUVEH en YAHUSHUA en ons sou beskerm en versorg word. Ek het gesê, "ek weet al diegene (die Bedienningspan) wat ons gevolg het in die winkel sou beskerm en versorg word” Ons het ‘n tree gegee en die mense het gevolg, treë reg agter ons aangegee. Die mense reeds in die winkel was gulsig en het net aan hulself gedink, gestamp en mekaar gestoot. Almal van ons, wat saam in die winkel ingeloop het, het omgegee vir mekaar se behoeftes.

Die mense reeds in die winkel het my herken as die persoon wat die ontploffende sterre uitgewys het en wat gebid en gewaarsku het. Sommige in die winkel het van my gehou, ander nie en sommige het my of geïgnoreer of hulle was ongeskik en vol haat. Terwyl ek in die ry gestaan het, het mense vir my plek gemaak voor hulle sodat ek vinniger proviant kon koop. Ek het ‘n paar items gekry en in my hande vasgehou, alles was kos items gewees en een was ‘n groot pak aartappel skyfies. Toe ek voor in die ry gekom het en die kassiere my goedere oplui wat ‘n klein bedrag was, het ek in my sak gevoel en agtergekom dat ek geen kontant gehad het nie, net ‘n $700.00 geld koepon en ‘Betaal aan ’ was oopgelaat. (Let wel: As enige iemand weet waarom dit hierdie bedrag was en hoekom dit nie ingevul was nie — ek het nog nie die uitlegging gekry nie — e-pos my asseblief as julle ‘n openbaring kry van die RUACH ha KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES.)

Nota: Terwyl my webwerf bestuurder dit gelees het, het hy ‘n verduideliking gekry. $700.00 geld koepon. 7 = Die Vader se nommer van PERFEKSIE. ‘n Tjek van die Vader wat perfek aan my verwagtinge sou voldoen. Bygevoeg: Die bedrag van $700.00 is ingevul, maar dit is aan niemand uitgemaak nie. So Vader sal vir ons ekstra geld gee sodat ons, ons benodighede kan koop, en HY alleen sal weet aan wie dit uitgemaak word.

Ek het gebid dat die kassiere genoeg geld in die geldlaai sou hê sodat sy dit kon wissel, toe het ek ‘n skiet-gebed gebid dat sy dit kon wissel. Ek het vir haar gesê, "Dit is al wat ek het. Het jy genoeg geld in die geldlaai? "Dit was in die middag gewees en ek het gebid dat sy genoeg gehad het veral omdat ek die groot aantal kliënte gesien het wat sy daardie dag gehad het. Sy het gekyk en genoeg gehad. Sy het my ID dokument gevra en ek het besef dat my vriend my beursie gehad het, hy was agter in die winkel gewees en het in die ry gestaan omdat mense nie vir enige iemand plek gegee het behalwe vir my nie, en ek het gesê, "Wag net asseblief, ek moet net my bestuurderslisensie by my vriend gaan kry." Die mense wat nie van my gehou het nie, was kwaad omdat ek die ry opgehou het, die ander het verstaan. Ek het na die agterste deel van die winkel gegaan en my ID by my vriend gekry en toe teruggegaan na die kassiere toe en sy het na my ID gekyk en gesê dat sy dit nie gewoonlik doen nie maar sy het herken wie ek was en het die klein bedrag opgelui en vir my die kontant teruggegee vir die geld koepon. Ek het vir haar gesê dat ek baie dankbaar is. Ons het die winkel verlaat met mense wat ons gevolg het waar ons ookal heengegaan het; hulle het geweet dat daar vir ons gesorg sou word en dat ons veilig sou wees.

Einde van die droom.

*******

Uitlegging van die droom:

Toe ek wakker geword het 10:30 Sondagoggend, het ek gebid, die eerste om te bid oor die ontploffende sterre. Ek het die ontploffende sterre eerste gesien in my droom en hulle uitgewys en gebid in die droom en nou terwyl ek wakker is. Ek het gesê, "Ek verstaan nie wat die ontploffende sterre beteken nie?" YAHUVEH het onmiddelik vir my gesê terwyl ek hierdie woorde gespreek het. "Wat het julle vlag op?" Ek het gesê, "Sterre". YAHUVEH het gesê, "Wat verteenwoordig die sterre?" Ek het gesê, "State". YAHUVEH het gesê, "Bid dat die missiele wat die State gaan tref, wat dieselfde aantal is as die ontploffende sterre wat jy gesien het in jou droom, onskadelik sal wees." YAHUVEH het ook gesê,

"BLAAS DIE BASUIN EN WAARSKU, YAHUSHUA KOM NIE VIR DIE KERK NIE, MAAR VIR SY BRUID!"

(Let wel: Hierdie profesie begin met ‘n bevel om vir Jim Bramlett van die "Fives Doves" bediening te vertel. Almal wat hierdie lees, kry asseblief hierdie profesie en droom by Jim uit want ek weet nie of hy die e-pos sal ontvang wat ek vir hom gestuur het nie. Help my asseblief om te gehoorsaam. Nooit was ek voorheen ‘n bevel gegee om vir ‘n sekere persoon ‘n profesie te vertel en hulle hulp te vra om die boodskap uit te kry nie! Ek gehoorsaam nou. Of Jim gehoorsaam sal wees en die profetiese waarskuwing sal ontvang sal net die tyd leer. YAHUVEH sal jou seën as jy dit ten minste vir hom en vir ander mense stuur. Asseblief stuur vir my ‘n e-pos en laat my weet jy het my geseën op hierdie manier. Dankie)

*******

Profesie 66

"Blaas Die Basuin En Waarsku, YAHUSHUA Kom Nie Vir Die Kerk Nie, Maar Vir SY BRUID!"

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu

8 Desember 2002

Sê vir Jim Bramlett van die "Five Doves" Bediening, plaas hierdie droom en profesie en waarsku almal wat sal luister. Want oordeel kom na Amerika toe. Diegene wat by jou aansluit en bid sal gespaar word en die missiele sal nutteloos wees dit sal hulle nie seermaak nie. Die mense wat vir jou ‘n seën is sal YAHUVEH en YAHUSHUA seën. Die Mense wat die boodskappe vervloek en bespot wat EK vir jou gee om te waarsku voor dit te laat is. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA sal toesien dat hierdies sal gaan sonder kos en skuiling en die missiele sal kom waar hulle woon en die missiele sal nie onskadelik wees nie.

EK het jou uitgestuur vir jare reeds nou en jou gestuur as MY Elia van Nuuts [Eliyahu] na die weduwees van Sarfat in Amerika en regoor die wêreld en hulle het nie geweet hulle is behoeftig nie want die tyd het nie gekom nie maar nou sal dit spoedig op hulle wees. Diegene in die winkel wat nie van jou gehou het en nie saam met jou gebid het, of jou gehelp het nie, in plaas daarvan die boodskappe gespot het wat EK vir jou gegee het sal diegene wees wat swaarkry wanneer die boosheid hierdie aarde gaan oorkom in ‘n manier wat dit nooit tentoongestel was vantevore nie.

Net diegene met geestelike oë en ore sal selfs hoor hoe jy die troepe op die mure waarsku wat EK jou beveel het om te versamel. Moet jouself nie verontrus met diegene wat gerebelleer het teen die waarhede wat EK jou laat voortspreek het nie. Moenie verontrus wees hoeveel mense sal ophou om jou finansieel te ondersteun nie want EK sal diegene seën wat jou seën en diegene vervloek wat jou vervloek het en sal ander oprig om hulp vir jou te wees en nie ‘n hindernis nie. Hierdie bediening is nie na ‘n man of vrou vernoem nie maar bring eerder aan YAHUVEH die Eer selfs in die naam.

Hierdie bediening het nie woorde voortgespreek vir jukkende ore nie maar eerder vir Heilige ore wat behaaglik en gehoorsaam wil wees vir YAHUVEH soos Henog en Elia van ouds gewandel het, so sal diegene doen wat luister en gehoorsaam en diegene wat YAHUVEH behaag en sal YAHUSHUA se Bruid genoem word. EK, YAHUVEH, stuur nie MY Seun om die kerke weg te voer nie maar eerder die Bruid van YAHUSHUA wie die eerste vrugte is. Daar is vereistes om YAHUSHUA se Bruid te wees. EK, YAHUVEH, het dit hoorbaar vir jou gesê, "YAHUSHUA kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie." Onthou die 5 wyse maagde met olie in hulle lampe? Onthou die 5 dwase maagde het verontagsaam? Beide was gewaarsku die Bruidegom kom. Beide het gewag. Die Bruid sal hulle verheerlikte liggame ontvang en skaars sal die wêreld notisie neem terwyl sy weggevoer en voorberei word met mars-bevele hoe om die gaste te help en die gaste te beskerm wat nie geskik was om die Bruid genoem te word nie, want die gaste het nie daardie ekstra myle geloop wat dit verg in gehoorsaamheid en Heiligheid nie die dinge van hierdie wêreld te versaak terwille van die Koninkryk van YAHUVEH nie.

Die gaste het die Bruidegom lief maar nie genoeg om die heidense weë en vakansie seisoene te versaak nie, insluitende die kerke van Babilon en die mensgemaakte geestelike wette. Die gaste het geweet wie Jesus is maar het geweier om meer te leer oor wie YAHUSHUA is die Koning van die Jode, julle Joodse Hoë Priester wat die Hoogs-Heilige Dae en Feeste onderhou het. Die gaste het aangedring daarop om gemaklik te bly in ‘n roetine deel te neem aan ‘n samekoms wat vir hulle ou gemufte krummels brood gevoer het in plaas van vars manna uit die Hemel. Die Bruid van YAHUSHUA is besorg oor meer as net hulself maar werk om ander tot die waarhede te bring van die Koninkryk van die Hemel. Die Bruid van YAHUSHUA sal die gaste voorberei vir die bruilofs-fees soos hulle nou doen in hulle sterflike liggame en sal aanhou help om die gaste voor te berei nadat die Bruid in hulle Verheerlikte Liggame verander en sal die gaste waarsku om nie die Merk van die Dier te neem nie en om hulle te help beskerm beide in die fisiese ryk en die geestes ryk.

Hoeveel van julle wat nou hier lees of hoor weet EK, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA het die waarheid voortgespreek in hoorbare woorde, profesieë, drome, visioene en gesalfde leringe van MY Joodse Apostel [Elisheva Eliyahu] en het moedswillig julle ore toegedruk en opgehou om hierdie Bediening te ondersteun sodat julle nie aanstoot hoef te neem en sal moet erken julle het gesondig nie? Hoeveel van julle het gebly in Kerke van Babilon om gerieflikheids onthalwe? Hoeveel van julle het die ou wyn en die nuwe wyn gemeng en wonder hoekom dit bars? Hoekom die Pastore van ander kerke nie hierdie waarhede sal ontvang wanneer julle hulle gekonfronteer het nie? As julle nie bekeer nie is julle die gaste of erger die Louwarm kerk wat EK uit MY mond sal braak.

EK, YAHUVEH, het hierdie Bediening gebruik om die mense te toets soos in Jeremia 6:27-30, hoe min het geluister, totdat die missiele tref, die mense sal spot maar agterna sal hulle bid vir genade, beskerming en voorsiening en sal na hierdie Bediening toe kom vir antwoorde. Op sommiges sal EK genade hê en vir sommige sal EK nie. Die weduwee van Sarfat sou doodgegaan het as sy nie vir Elia van Ouds gehoorsaam het nie. EK stuur MY Apostels en Profete om te waarsku en tog hoe min sal luister of by hulle aansluit in gehoorsaamheid, bekering, aanbidding en lofprysing dat EK, YAHUVEH, al diegene sal spaar wat hulself verneder en vra dat oordeel uitgestel word terwille daarvan om meer verlore siele te bereik . Hierdie tyd van seisoen gaan alles oor gulsigheid en selfsug en EK het vir julle gulsigheid en selfsug gewys selfs in daardie droom wat EK gegee het vir MY diensmaagd, [Elisheva] en die eind-resultate wat dit sal wees. EK het vir haar gesê om die Basuin te Blaas en om die troepe te versamel op die muur. Hoeveel van julle is doof vir daardie basuin? Hoeveel sal hierdie lees en julle plekke inneem op daardie muur?

EK, YAHUVEH, belowe jou MY geliefde Dogter en al die ander wat aansluit by jou in die waarhede wat EK jou geleer het wat in lyn is met MY Heilige Skrifte. Waar jy ookal woon MY Dogter, waar ookal die getroue kinders van MY is wat hierdie waarskuwing en ander waarskuwings wat EK uit jou voortgespreek het ernstig opneem en bid en intree vir Amerika, en MY gehoorsaam in Heiligheid en volg in YAHUVEH se voetspore, een tree op ‘n keer, EK, YAHUVEH, sal hulle seën en hulle beskerm. Wie ookal by jou aangesluit het in daardie droom en herken dat EK jou geroep het om ‘n wagter op die muur te wees en jou gesalf het om MY troepe te versamel, help om die Bruid voor te berei vir MY Seun, YAHUSHUA se koms, en jou seën en nie vervloek nie, te doen wat hulle normaalweg nie doen nie, dit is om ‘n seën te wees vir hierdie bediening. EK sal seën en beskerm en voorsien vir hulle, terwyl julle saam hande vat en bid vir Oordeel om uitgestel te word op Amerika aangesien dit nie gestop kan word nie, anders sal EK, YAHUVEH, om verskoning moet vra vir Sodom en Gomorra onder andere wat EK vernietig het vir sondigheid en afgodery.

EK, YAHUVEH, waarsku al die mans wat hierdie boodskap sal verag en spot omdat dit kom uit die mond van ‘n vrou; moet EK julle herrinner hoe EK Deborah van Ouds gebruik het? Die troepe op die muur is magtige vroue van YAHUVEH en hulle is meer as die mans. EK gebruik die vroue om die mans te beskaam soos EK gedoen het met Barak. Net EK, YAHUVEH, weet wat dit sal verg om te maak dat die mans MY Geestelike leiers sal wees en nie die volgelinge nie. MY Magtige Vroue-Vegters wat manlike eggenote het in die oë van hierdie wêreld, wat daarop aandring om volgelinge te wees van die kerke van Babilon wat leuens onderrig, die vlees navolg, en nie die RUACH ha KODESH nie, nie leiers van waarheid en heiligheid nie, sal tot openlike skande gebring word.

EK vertel nie vir die vroue wat EK gesalf het soos in die Boek van Joël 2:25-28, om MY Gebooie te verontagsaam nie selfs al is dit die vrou se manlike gade wat sê sy moet onderdanig wees aan hom. Die instruksie aan die vrou wat sê, "Vroue, wees onderdanig aan julle mans in alles" is nie bedoel vir die wat ongelyk gejuk is met ongelowiges nie. MY Woord was verdraai om ‘n vrou te dwing om gelykvormig te word aan ‘n heiden se beeld wanneer dit gebruik word deur ‘n heidense man. EK gebruik MY Dogter nou om hierdie waarheid voort te spreek sodat dit julle sal vrymaak. Menige vroue worstel hiermee maar die waarheid is jy het daardie maat gekies met jou vlees en mans wat maats het wat Heiligheid en die redding van YAHUSHUA verwerp jy het daardie vrou gekies, want EK het nie en sou nie ‘n gelowige en ‘n ongelowige in YAHUSHUA saam juk nie, maar EK sal julle toelaat en het julle toegelaat om die keuses te maak. EK plaas julle in herinnering aan Nehemia en Esra. (Esra 9:1-4) (Nehemia 13:23-30). Die Jode was nie toegelaat om heidene as ‘n vrou te neem nie. MY Kinders ingeënt op die tak van YAHUSHUA alhoewel julle nie biologiese Jode mag wees nie, is julle geestelik net soveel ‘n Jood. Hierdie Hebreeuse wette is van toepassing op julle ook.

As ‘n man nie vir YAHUVEH en YAHUSHUA volg in Heiligheid en waarheid nie en aandring dat die vrou die Torah verontagsaam wat al Tien Gebooie insluit, en MY Gesalfde Vroue verhinder om YAHUVEH en YAHUSHUA se wil, eerste in hulle lewens te stel, noem EK, YAHUVEH, hierdie huwelike nie gelyk gejuk nie en EK, YAHUVEH, sal ‘n huwelik verdeel waar ‘n man weier om die vrou toe te laat of die manlike gade om alles te wees wat EK hulle geroep en gekies het om te wees. EK sal doen wat die man of vrou voor gebid het sonder ophou en in geloof. As hulle gehoorsaam en Heilig is, sal EK nie enige iets of iemand toelaat om te kom tussen MY, YAHUVEH, die Vader en Skepper en YAHUSHUA die MESSIAS nie.

As ‘n man of vrou nie inmeng met die manier waarop die man of vrou hulle Skepper en Messias aanbid in waarheid en gehoorsaamheid nie, en ‘n oop-kop het vir redding, sal EK meer verdraagsaamheid en geduld hê met hom of haar. Die vrou sal steeds wees soos ‘n Deborah van ouds en EK sal haar magtig gebruik terwyl sy intree vir haar man solank hy haar nie op enige manier seermaak of haar verbied om MY bevele en die roeping te gehoorsaam wat EK, YAHUVEH, geplaas het op haar lewe nie. EK spreek voort, saam sal julle geestelike oorlogvoering doen om te bid en tussenbeide te tree vir die nasies en die mense van alle rasse, volke en tale om dit te bereik waarvoor EK julle uitgestuur het met die herrinnering dat baie geroep maar min uitgekies is afhangende van hoeveel julle geestelik wil groei. Hierin lê julle keuses. Sal julle die weë van die wêreld liefhê en gehoorsaam? Of sal julle MY, YAHUVEH, en MY Seun, YAHUSHUA, gehoorsaam? Dit is julle keuse. Voor die grondlegging van hierdie wêreld het EK, YAHUVEH, reeds geweet wie se naam gevind word in die Lam se Boek van Lewe.

Asseblief kontak my en laat my weet dat die werk wat ons doen nie tevergeefs is nie.

Offensief vir sommige maar verligtend vir ander in die Naam van YAHUSHUA

Apostel Elisheva Eliyahu

2 Kronieke 7:13-14

13 As EK die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as EK die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as EK pes onder MY volk stuur,

14 en MY volk, oor wie MY Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal ÉK uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Esra 8:21-23

21 Toe het ek daar 'n vastyd uitgeroep aan die rivier Ahawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse ELOHIEM ten einde van HOM 'n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.

22 Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse ELOHIEM is ten goede oor almal wat HOM soek, maar SY krag en SY toorn oor almal wat HOM verlaat.

23 So het ons dan gevas en onse ELOHIEM dit gevra, en HY het ons verhoor.

Joël 2:25-29 (Lees asseblief die hele Joël 2)

25 En EK sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het--MY groot leërmag wat EK teen julle gestuur het.

26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van YAHUVEH julle ELOHIEM prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en MY volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

27 En julle sal weet dat EK in die midde van Israel is, en dat EK YAHUVEH julle ELOHIEM is, en niemand anders nie; en MY volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

28 En daarna sal EK MY GEES uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal EK in dié dae MY GEES uitgiet.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred