Profesie 64

"Sê Vir MY Kinders Om Te Vlug Uit Die Kerke Van Babilon!"

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 16 Oktober 2002

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Elisheva praat:

Dit verbaas my altyd wie die RUACH ha KODESH sal gebruik om die profetiese salwing in my aan te wakker en wanneer. Vandag was ek aangesê om verskeie vennote te bel om te hoor of hulle bediening nodig het. Ek het ‘n getroue vennoot van hierdie bediening gebel en omdat ek gehoorsaam was het hierdie nuwe Profesie na vore gekom. Ek sal nie om verskoning vra vir dit wat YAHUSHUA deur my spreek nie alhoewel ek weet hierdie profetiese boodskap is ‘n aanstoot vir vele bid ek dat julle sal besef dat ek moet doen wat in Esegiël 3: 17-21 staan.

Ek doen dit omdat ek meer vrees het om YAHUVEH of YAHUSHUA aanstoot te gee as om julle aanstoot te gee. Ek doen dit omdat ek julle waarlik liefhet en julle in die Hemel wil ontmoet. Vergewe my hierdie is langer as gewoonlik, maar ek kan nie die RUACH ha KODESH sensor nie. Vir diegene wat my en hierdie bediening liefhet vra ek om ons asseblief te bedek in jul gebede en vas. Stuur asseblief vir ons ‘n e-pos en laat weet ons dat julle dit doen. Hierdie profetiese boodskap is bedoel om gedeel te word en veral met julle Pastore. Ek beskik ook oor ‘n Pastorale lisensie en as ek nie die waarhede in hierdie boodskap geken het nie sou ek nie die een gestenig het wat hierdie boodskap aanstuur nie ek sou daardie persoon bedank het. Dit neem ‘n nederige Pastoor om te aanvaar dat hulle verkeerd was en om die Sondag Aanbidding te verander na Vrydagaand of Saterdag oggend of middag.

Terwyl ek op die foon was met ‘n Suster in YAHUSHUA genaamd Carol het hierdie profetiese boodskap heel onverwags na vore gekom. YAHUVEH roep weereens SY mense uit die georganiseerde Babiloniese kerkstelsel. YAHUSHUA sal nie weer kom nie totdat SY kinders en die Bruid begin gehoorsaam. Kom nou uit o magtige Krygers van YAHUSHUA. Oordeel begin by die huis van die Here God YAHUVEH. Katolieke Kerke is deel van die georganiseerde Babiloniese stelsel. Dit is die Katolieke Kerk en Konstantyn wat die mens gemaakte Sabbat gemaak het wat Sondag is. As jy dink dit is nie belangrik nie sê dit dan vir my nádat jy geluister het na die nuutste profesie.

SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu

16 Oktober 2002

(Elisabeth [Elisheva] Bid) Ek pleit die bloed van YAHUSHUA oor hierdie luggolwe. Ek weet dat was bedoel dat ek vir Carol bel, Vader want ek weet nou Vader dat U die profetiese salwing wou aanwakker binne my. O Vader God YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ons dank U net en ons loof U op hierdie oomblik terwyl ons nou vergader in U Naam op hierdie oomblik in die Naam van YAHUSHUA. (Begin hier bid in Hemelse Tale deurgaans bemiddelend)

Ons bestraf en bind jou satan op hierdie oomblik weg van ons af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. EK bestraf en bind elke leuen-en-misleidende gees weg van my af op hierdie oomblik in die Naam van YAHUSHUA. Ek sal slegs die woorde voortspreek van YAHUVEH en YAHUSHUA my lippe en my tong is bedek in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ek bind my eie tong daarvan om ‘n woord uit die vlees voort te spreek in die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH. Carol ek sê vir jou die salwing is so sterk op my op hierdie oomblik dat ek skaars in Engels kan praat. Wat is dit Pappa wat U wil sê? Wat is dit?

*******

SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!

Sê vir hulle MY Dogter, sê vir hulle. Die meerderheid van die kerke is Babilon. Hulle verhonger MY baba skapies en MY lammetjies. Die pastore is niks anders as boos in hierdie kerke van Babilon wat MY Woorde voortspreek nie en tog is geen krag in hulle nie. Geen melk, geen vleis nie die enigstes wat gevoed word is die bose herders met die materiële profyt van hierdie wêreld om aan te bou aan hulle geboue reeds gebou. Om die getalle met mekaar te vergelyk terwyl hulle spog, ek het hierdie baie in my gemeente en ek het daardie baie in my gemeente maar o hoe min is gevul met MY GEES. O, MY hart is bedroef, MY Kinders!

SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!

Die wat die mensgemaakte Sabbat het. O so min van‘n oorblyfseltjie is in MY kerke. Hulle sê hulle is MY kerke en hulle behoort nie eens aan MY nie. EK het vir MY Mense gesê MY ware magtige krygers om te vlug. Is MY RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) nie daartoe in staat om in hulle in te kom terwyl hulle in hul eie huise sit nie? Waarlik sê EK dit vir julle die bose het boser geword maar MY salwing het sterker gegroei in die GODDELIKES. Want demone was losgelaat en waar is die eerste plek waar hulle heengaan? Hulle vul die kerkbanke en hulle staan agter die altare, agter die podiums. Hulle staan daar opgepof in hul trots. Hulle sê ek het miljoene wat my volg. Hulle spog oor hulself op TV maar EK sê vir julle die waarheid MY GEES is nie in hulle nie.

Hardloop kinders, hardloop, hardloop, hardloop, want MY oordeel begin by die huis van YAHUVEH. Die kerke wat eens op ‘n tyd aan MY behoort het gee EK nou die instruksies vir MY kinders om te vlug. O die kleintjies hulle gaan na hierdie kerke toe net vir ‘n slukkie van die melk van MY Woord. Hulle besef nie agter die preekstoel van so baie van hierdie kerke staan daar ‘n man of vrou gevul met satan se gees nie.

Die jeug-pastore, die aanbiddingspan-leiers, o hoeveel is vol van satan se gees.

O EK is bedroef en EK huil vir diegene wat eens begin het om MY te volg en YAHUSHUA ha MASHIACH aanbid het, wat uitgeroep het na Jesus Christus, wat op die regte pad begin het maar wanneer moeilikheid kom en beproewing kom en hulle meer van MY salwing nodig het draai hulle na die georganiseerde kerk waar MY salwing nie gevind kan word nie, want dit is die salwing wat die jukke en bindings breek wat die gevangenes vrymaak. Maar hulle draai in plaas daarvan na ‘n georganiseeerde kerk, hulle draai in plaas daarvan na ‘n godsdiens, hulle soek na MY in dooie plekke soos ‘n begraafplaas dit is wat EK hierdie seminare noem hulle is begraafplase. Maar MY magtigste krygers word nie daar gevind nie en EK stuur MY magtigste krygers om agter die klein lammetjies aan te gaan en om hulle te lei na MY toe.

So MY Kinders waarsku hulle. Gaan uit daarheen en kry MY klein lammetjies en waarsku MY skape want die bose pastore is onder MY toorn, diegene wat nie die waarheid wil preek nie, en MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor lei, diegene wat nie wil waarsku dat EK, YAHUSHUA julle MESSIAS, nie net ‘n God van liefde is nie maar ‘n God van toorn. EK was ‘n Lam net eenmaal nou kom EK terug as ‘n leeu uit die stam van Judah. Soos EK die geldwisselaars pakgegee het soos EK hulle tafels omgegooi het so sal EK dit weer doen. Maar die kerke sal nie staande gelaat word nie; die Pastore sal nie lewend gelaat word nie want EK IS jaloers vir MY lammers en MY skape.

Voor die Kristal Katedrale afkom, die wat deur silwer en goud gebou is sal EK, YAHUSHUA, die Skape en die Lammers uitjaag diegene wat MYNE is wat gevul is met MY RUACH ha KODESH sal hulle salf vir Magtige Oorlogvoering en hulle sal die poorte van die hel afbreek in die Naam van YAHUSHUA. Hulle sal die gevangenes vrymaak in die Naam van YAHUSHUA. Hulle sal genesings doen in die Naam van YAHUSHUA.

Daar is maar een Goeie Herder en enige pastoor wat hulle laat dink hul is die enigste goeie herder, EK sê dit vir hierdie bose herders wat probeer om die mense te beheer, wat vir hulle sê doen dit op my manier en nie op julle manier nie. EK sal die bose herders doodmaak. EK sal die huise afbreek wat met hande gemaak is, gemaak met die silwer en goud wat hulle gulsig opgegaar het.Terwyl die verfoeilike tye op ons is, die verfoeilike tye op julle en hierdie wêreld is. Al wat hulle doen is om hulself te wil beskerm, hulle dink nie om vir enige iemand anders te voorsien behalwe hulself nie. Maar MY ware herders, diegene vir wie EK die salwing gegee het om die lammers en die skape te beskerm, wat die salwing het om hulle te lei na MY toe. Hulle het die begeerte om te voorsien te voed en kleding te gee aan MY Baba lammetjies en skape.

Hulle het die salwing om lief te hê en om die liefde van YAHUSHUA toe te laat om deur hulle vloei. Hulle het lief genoeg om te waarsku oor die hel. Hulle het genoeg liefde om te waarsku dat EK ‘n God van balans is. Dit is hoe julle sal weet of MY RUACH ha KODESH in ‘n herder is. Hulle pof hulself nie op met trots nie. Hulle bou nie multi-miljoen doller kerke nie. Julle sal onderskei of MY RUACH ha KODESH inwonend is.

Maar O in hoeveel van die sogenaamde kerke, O in hoeveel van daardie sogenaamde Tempels word MY RUACH ha KODESH nie eens toegelaat binne-in nie. Geen beweging van die GEES nie. Enige ware apostel en profeet word uitgeskop. MY RUACH ha KODESH word uitgeblus. MY Profete moet selfs permissie hê om te profeteer. Wee julle bose herders. Wee julle bose pastore. Julle leer vir MY Mense ‘n leuen. Julle sal nie eens vir hulle die Ware Sabbat leer nie. Julle sê vir hulle enige dag sal voldoen. Maar EK vra vir julle hierdie vraag wat goed genoeg was vir die Skepper is dit nie goed genoeg vir julle nie?

So hardloop klein Skapies en hardloop klein Lammetjies. Diegene vol van MY salwing en MY RUACH ha KODESH, hardloop weg van die kerke van Babilon af sodat dit nie bo-op julle inmekaartuimel nie. Hardloop weg van die yskiste van die Moseleums. Sodat EK julle kan vul met MY Vuur van die RUACH ha KODESH want die kerke van Babilon sê die een godsdiens is dieselfde as die ander hulle sê vir julle God is net liefde, een wêreld godsdiens is die volgende stap na die anti-chris.

O dit is waar EK het ‘n klein klompie kerke het, maar o so baie min is vol van MY RUACH ha KODESH. So baie min is vol van MY liefde, so baie min preek die waarheid, nie enige kerk op ‘n Sondag sal voldoen nie. EK praat met die mense binne-in hulle nou gaan na julle pastore toe en vertel hulle die waarheid. Herinner hulle aan die Tien Gebooie wat EK vir julle gegee het. Herinner hulle die Sabbat was ingestel vanaf die skepping toe EK hierdie wêreld gevorm het. Dan sal daardie pastoor aanspreeklik gehou word of hy die gemeente die waarheid leer.

YAHUSHUA keer terug op ‘n Sabbat. Sal julle die 5 wyse maagde wees of die 5 dwases? EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie. Daar is kwalifikasies om MY Bruid te word. O hoe bedroef is EK en o hoe huil EK oor diegene wat dink hulle is MYNE en tog is die RUACH ha KODESH die HEILIGE GEES nie eens binne-in nie. EK kyk in hierdie kerke van Babilon en EK sien niks anders as verdroogde beendere nie.

Bedrieglike Pous met sy bedrieglike septer EK kyk na een wat sit op ‘n troon, ‘n septer dra en ‘n ‘n kroon dra, sy bevele uitvaardig, aanbid word deur miljoene wêreldwyd en tog is MY RUACH ha KODESH nie binne-in nie, in plaas daarvan woon die gees van die anti-chris daar. Net soos in die tye van ouds, was lewens geëis van diegene wat hom nie wou aanbid nie, so sal dit weer wees terwyl hy ‘n verdrag sluit met satan, terwyl hy ‘n verdrag sluit om Israel te vat, is daar geen christus binne-in hom nie en selfs die staf wat hy dra spreek hierdie. O hoe huil EK en hoe ween EK vir die massas mense wat uitgestrek op hul aangesigte lê en aanbid by sy voete.

Kliek Hier Om te Leer van “The Significance of the Cross Held By The Pope”

Hierdie is ‘n Babiloniese geloof, die een wat die ware Sabbat verafsku. Want hierdie mensgemaakte Sabbat sal MY ware kinders vermy. Gaan na julle pastore toe en waarsku hulle as hulle nie wil luister nie, vlug dan. Want julle sal bewys het dat die RUACH ha KODESH waarlik deur julle gespreek het. Vlug kinders, vlug uit die kerke van Babilon want hulle gaan ineenstort. Die Kristal Katedrale is ‘n stank vir my neusgate. Hierdie pastore wat nie eens die waarheid sal praat nie, homoseksualiteit is ‘n gruwel vir MY. Aborsie is moord; seksuele omgang buite die huwelik is hoerery.

MY ware kinders verlang om MY te behaag. Wees Heilig want EK is Heilig. Versteek MY Woorde in jou hart. Memoriseer Psalm 91 en herinner MY aan MY Woord. Want waarlik EK kom weer en EK kom om MY Bruid weg te voer. Maar is julle lojaal, is julle getrou? EK sal nie ‘n vrou vat wat nie getrou is nie. EK sal nie ‘n vrou vat wat nie lojaal is nie. EK sal nie ‘n vrou vat wat MY nie eerste stel nie selfs al beteken dit dat dit haar lewe kos. Bekommer jou nie oor wat ‘n mens aan jou vlees kan doen nie. Bekommer jou oor die vernietiging van jou siel, om hel toe te gaan en die Poel van Vuur, want hierdie is waarheen die ontroues gaan. Dit is beter dat jou naam nooit gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie as om uitgeklad te word omdat jy ‘n ontrou vrou is.

Die bose het boser geword maar die GODDELIKES het GODDELIKER geword, hulle het meer wysheid as die bose herders wat sit in die kerke van sonde. So vlug my Kinders, vlug uit die kerke van Babilon. Diegene wat verwerp was, diegene wat uitgegooi was, die wat geïgnoreer was, diegene wat die waarheid gepraat het en selfs geprofeteer het en al wat hulle gekry het is die pastoor se haat en versmading. Hierdies is MY ware Magtige Krygers. Hierdies is diegene wat EK MY arms om vou. Hierdies is diegene wat die Vuur van die RUACH ha KODESH helder brand.

Hou op bedroef wees MY Kinders diegene wat uitgeskop was uit die kerke van Babilon want julle was verwerp deur satan, nie verwerp deur YAHUSHUA julle MESSIAS nie. Julle was verwerp deur die gees van die anti-messias. So wees verheug my Kinders want dit sou nie gebeur het as MY RUACH ha KODESH nie waarlik binne-in julle was nie.

Julle is diegene wat MY stem kan hoor. Julle is diegene wat MY iedere tree wil hê. Julle is diegene wat begeer om Heilig vir MY te wees. Julle is diegene wat EK sal gebruik en groter werke sal julle doen, terwyl julle almal saam vergader, al diegene wat EK uitgeroep het uit die kerke van Babilon. Want die groot afvalligheid het alreeds gebeur in die meerderheid van die georganiseerde kerke, hulle het hulself verkoop soos ‘n hoer aan die hoogste bieër. So moenie bedroef wees nie MY Kinders wanneer EK vir julle sê om te vlug uit die kerke van Babilon nie in plaas daarvan wees verheug MY Kinders want julle hoef nie in ‘n gebou te wees om by MY voete te sit nie. EK vertel julle die waarheid MY Kinders dít is wanneer julle MY vleis sal eet.

Herinner julle pastore aan die Torah en herinner hulle die Sabbat was ingestel vanaf die skepping soos gesê word in Genesis. Herinner julle pastore die Sabbat is ewigdurend dit sal vir ewig wees; hierdie is in die Heilge Skrifte. EK sal nie die Sabbatdag verander vir die mens nie al was dit geskep vir ‘n heilige rus vir die ganse mensdom.

Hierdie is ‘n gewyde dag apart gestel wat ‘n nabyer samesyn teweegbring met MY ‘n dag wat restorasie bring, ‘n dag wat Heilig moet wees en apart gestel moet word van die ander dae wat julle MY dien en aanbid. EK plaas MY Seël van beskerming op my Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes wat hierdie doen as ‘n herinnering van hulle Skepper YAHUVEH en hulle enigste Verlosser YAHUSHUA.

Pastore julle word nou aanspreeklik gehou vir wat julle nou weet. Bekeer en hou op om my skape op ‘n dwaalspoor te lei. EK vergewe julle vir dit wat julle nie voorheen geweet het nie, maar nou kan julle nie langer voor MY staan en sê, “Julle het nie geweet nie.” EK sal julle herinner pastore aan die dag toe ek my Baba Lammetjies en Skape na julle toe gestuur het om julle te waarsku om die waarheid te onderrig sodat MY Kinders gereed sal wees op hulle Huweliksdag.

O MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes julle was so mislei deur wolwe wat blyk om soos skape te lyk. Hulle het ingesluip tussen julle kuddes. Hulle verslind MY lammers aangesien die lammers nie die wolwe kan herken met die masker van ‘n skaap nie. Baie van die welbekende Pastore, Evangeliste en bevrydings-bedienaars, en baie Christene sal hulle name ken, aanbid waarlik iemand anders, selfs terwyl hulle die naam Jesus aanroep en tog in werklikheid heimlik 33ste graad vry-messelaars is.

Hierdie bose wolwe aanbid satan en berei die lammers en die skape voor as ‘n slagoffer terwyl hulle die Heilige Skrifte lees en hulle verdraai om gelykvormig te word aan hulle beeld van hulle god en die Heilge Skrifte manipuleer verskonings maak vir hulle eie sondes. Pasop MY klein Skapies en Lammetjies! Hardloop weg van hierdie Babiloniese Pastore en evangeliste af, hulle het nie MY HEILIGE GEES binne-in nie. Hierdie bose mense het ‘n bloed-eed afgelê want alle 33ste graad vry-messelaars het ‘n bloed-eed afgelê aan satan, sweer onderdanigheid aan hom, waag selfs om die naam te gebruik van “EK IS” maar hulle vermy die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA maar tog vrees hulle nie die naam Jesus of Christus nie.

Geliefdes dit beteken nie dat almal wat die naam Jesus Christus gebruik in plaas daarvan om MY gewyde naam te gebruik van YAHUSHUA wolwe of 33ste graad vry-messelaars is nie.

Menige van MY Kinders reg-oor die wêreld noem MY Here Jesus Christus. Moenie vrees nie, wees verseker EK weet wie MY Kinders is. EK herinner julle dat MY Heilige Skrifte waarsku oor diegene wat sal kom en sê, "Here, Here het ons nie in U naam geprofeteer nie en in U naam duiwels uitgedryf en baie wonderlike werke gedoen nie?" En EK sal sê, "EK het julle nooit geken nie, gaan weg van MY af julle werkers van ongeregtigheid." (Mattheus 7:22-23)

Hierdie bose wolwe het die massas om die bos gelei maar pasop julle bose Pastore wat uitgesaai word op die TV stasies wêreldwyd en radiogolwe, pasop want EK word nie om die bos gelei nie, EK ken julle werke wat julle beweer om te doen in MY Naam en tog doen julle hierdie vals manifestasies onder die okkultiese kragte van satan. Julle sal maai wat julle gesaai het en dit is die hel en die Poel van Vuur. Wanneer MY Oordeel val sal dit wees asof ‘n reuse vuis julle mensgemaakte tempels platgeslaan of ingesluk het in die grond in. Verbryselende glashuise sal neerval.

New Age Pastore julle is nie warm of koud nie en EK sal julle uitbraak uit MY mond uit. (Openbaring 3:16) Pasop EK ken julle werke julle wil net van die Hemel praat en nie waarsku of selfs glo daar is ernstige gevolge om te sondig nie en dit is die Hel en die Poel van Vuur. Julle bose Pastore wat mense op ‘n dwaalweg lei, julle is bang om van die Hel en van die Poel van Vuur te onderrig want julle weet dit is julle volgende tuiste! Moenie mislei word nie, weer sê EK aan die Babiloniese kerke want EK, YAHUSHUA, sal julle oordeel en julle werke en julle geld en julle roem sal julle nie red in daardie komende Oordeelsdag nie. (Openbaring 2)

Julle wat satan dien en julself 33ste graad messelaars noem, julle wat julself illuminati noem daar is geen lig binne in julle nie! Die God van die skepping het die hel en die Poel van Vuur gemaak vir ‘n ander doel en dit is vir die gevalle engele en satan maar dit is julle wat daarop aangedring het om in rebellie te bly en die god van ongehoorsaamheid en rebellie en die anti-chris te dien julle sal die ewigheid deurbring in verdoemenis want julle weier MY Redding. Toets die vrugte, MY Kinders.

AS enige Pastoor nie in lyn is met MY Heilige Woord nie hardloop dan weg van hierdie Pastoor af. Die kerk is nie ‘n gebou nie; die kerk en die tempel is MY Mense wat saam vergader in MY Naam. Moenie mislei word deur roem en rykdom, deur die grootte van ‘n kerk of Tempel of gemeente nie. Moenie mislei word deur vals manifestasies wat sommige wonderwerke noem nie en tog sê EK vir julle dit is Toordery en Alchemie (chemie). EK sê vir julle dit is die okkulte wat so baie van julle kerke vul en ja, Christelike radiogolwe. Hoe lank MY Kinders, moet EK wag om te kom en MY Bruid te kry? EK sê vir julle hoe lank, totdat MY Bruid ophou om ongehoorsaam te wees en begin om te gehoorsaam wat hulle weet die waarheid is en begin wegvlug van die boosheid in die meerderheid van kerke wat die leiding neem. As julle MY stem hoor in hierdie profesie en nou wegvlug uit die Babiloniese kerke dan sal julle nie in die vervalste kerke sit wanneer die antichris in hierdie kerke kom en aanbid word en setel nie.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH. Moet asseblief nie hierdie boodskapper stenig nie om die waarheid te sê bedek my en hierdie bediening in gebed vir beskerming. Hierdie profetiese boodskap is slegs vir die Kinders van YAHUSHUA ook genoem Here Jesus Christus. Hierdie profetiese boodskap is vir diegene wat kan hoor met hulle geestelike ore en met hulle geestelike oë die waarheid kan onderskei wat gespreek was in hierdie profesie al die ander moenie bekommerd wees nie, hierdie boodskap was nie vir julle nie en julle is soos die bose faraoh en sal geestelik doof bly vir die woorde in hierdie profetiese boodskap.

Ek het ‘n visioen gesien terwyl hierdie woord aan my gegee was en ek het in die kerke hope dooie uitgedroogde beendere sien lê uitmekaar geraamtes op mekaar gestapel, lewe het in die dooie beendere ingekom en hulle het heel geraamtes geword springend en gehardlopend terwyl vlees oor hulle beendere gekom het terwyl die waarheid oor hulle gekom het en hulle geweet het die waarheid in hierdie profesie maak hulle vry.

Ek lê hierdie nederig aan julle voor in die Naam van YAHUSHUA.

‘n Diensmaagd, Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA.

Kom YAHUSHUA kom vinnig in die Naam bo alle Name, YAHUSHUA ha MASCHIACH

(YAHUSHUA die MESSIAS)

Apostel Elisheva Eliyahu 12:20 na middag, 16/10/02

Deel hierdie asseblief met ander sodat die waarheid hulle ook kan vrymaak. In die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH bid ek.

So is dit gespreek, so is dit geskryf en saam bid ons; Vader God YAHUVEH dat ons waardig geag sal word om U woede te ontvlug asook die Groot Verdrukking wat gaan kom in die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH (Lukas 21:36). Om ingesluit te word in die enigste kerk wat lewendig weggevoer sal word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet soos dit geskryf is wat die kerk van Philadelphia genoem word (Openbaring 3:7-12). Amen.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred