Profesie 59

EK kom nie vir ‘n Ongehoorsame BRUID nie!

18 Augustus 2002 om 2:37 vm.

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu

Gedurende privaat gebed.

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Verduideliking:

Ons het voor-af geluister na ‘n opname van ‘n ander profeet van die "Prophecy Club" wat gesê het dat Amerika ‘n heining van beskerming rond-om dit sou hê. Toe ek hom dit hoor sê, het ek ‘n eienaardige visioen gehad, nie een keer nie maar twee keer, en ek het aan ander vertel wat ek gesien het. Ek weet alleenlik deur intersessie, vas en bekering in die Naam van YAHUSHUA kan ons hierdie vertraag of stop om te gebeur.

Ek sal graag wil glo dat YAHUVEH genadig sal wees, want ons woon ook in Amerika. Hier is die visioen, bid dat dit nie gebeur nie. Ek het die Amerikaanse vlag gesien en dit het gebrand vanaf die onderste regter hoek tot by die boonste linker hoek. Wat hierdie simboliseer, weet ek nie. Moet asseblief nie hierdie boodskapper stenig nie, ek weet die "Prophecy Club" het ook gewaarsku oor die toorn wat kom…en ander wil net sê wat andere laat goed voel. Ek word aanspreeklik gehou vir wat ek sê en wat ek nie sê nie, in YAHUSHUA se Naam.

Die begin van die bandopname is ek en die webwerf bestuurder wat besig was om die Webbladsye beter te rangskik. Ons besef dat dit moeilik was om te navigeer. Ons het onlangs ‘n ‘Save The Pledge of Allegiance’ petisie geplaas, julle gevra om dit te teken, maar dit bokant die prentjie geplaas van YAHUSHUA wat waghou op die perd om hierdie bediening te beskerm. Dit is waarna YAHUVEH verwys het terwyl julle na die boodskap luister.

*******

"EK KOM NIE VIR ‘N

ONGEHOORSAME BRUID NIE!"

(YAHUVEH gee hier vir ons aanwysings aangaande hierdie bediening se toevlugs-oord webblad) MY Geliefde Kinders, moet julleself nie bekommer op hierdie tydstip dat die vlag aan die bokant van die bladsy is nie. Want julle sien MY Kinders, dit werk tot MY verheerliking soos EK uitgewys het vir [Elisheva]. Want presies daar het EK gesê, waar Amerika vertel word om trou te sweer aan ‘n vlag, op daardie selfde bladsy het EK MY krag, MY salwing, MY antwoorde voortgespreek. EK gebruik dit as ‘n maneuver om ander sover te kry om te kom lees wat daar is. Moenie op hierdie stadium bedroef voel omdat die skakel bokant ‘n afbeelding is nie want EK is nie daardie afbeelding nie, daardie afbeelding is ‘n simbool; dit is die woorde aan die bokant wie EK is. EK is die Alfa & Omega. Dit is MY RUACH ha KODESH salwing op hierdie bediening. Hierdie is MY Bediening, wat EK bewaar en beskerm.

Julle moet dringend hierdie boodskappe vrystel. Moenie so bekommerd wees oor die volgorde op hierdie oomblik nie. Wees eerder bekommerd oor die dringendheid. Want inderdaad het EK vir [Elisheva] daardie visioen gegee wanneer een wat spreek vir ander met jukkende ore en beloftes maak wat EK nie gespreek het nie. EK het vir haar daardie visioen gewys van die Amerikaanse vlag, en soos MY naam doodgekrap is en afgehaal is van die geldeenheid af, want al is dit net generies en alhoewel EK God is, ken julle MY Naam en dit is afgehaal van die geldeenheid af, so sal die beskerming van Amerika ook. En, soos EK die vlag vir haar gewys het, sal dit brand van die onderste regter hoek, tot by die boonste linker hoek. Totdat hierdie vlag verteer is deur MY toorn en MY woede.

Hoe durf New York, nadat EK MY genade en liefde uitgestort het. EK het ongekende ontelbare siele gespaar van 11 September, 2001 baie dae voorts vandaar af. Terwyl hulle diegene uitgegrawe het wat hulle gedink het dood was. Terwyl EK MY engele gestuur het om hulle uit te jaag voordat die geboue inmekaar gestort het en nou waag hulle om dit wat heilig is uit te tart, hulle waag dit om die woord ‘huwelik’ te bedorwe, dit wat EK gegee het as ‘n simbool vir die Bruid en die Bruidegom. Dit is nie man-man nie. Dit is nie Adam en Steve nie, dit is Adam en “Eve”. MY toorn en MY woede sal New York verbrand as hulle voortgaan. EK het hulle gewaarsku en EK het hulle gewaarsku, dat 11 September maar net ‘n voorsmakie was. Hoe durf hulle en elke staat Kanada ingesluit en die provinsies wat volg wat dit waag om dieselfde te doen. EK herinner julle wat met Sodom en Gomora gebeur het. Hulle lot sal dieselfde wees.

Moet dit nie waag om te sê dat die heining van beskerming rond-om Amerika is nie, want dit is ‘n leuen direk uit die monde van satan se profete. Die heining van beskerming is rond-om MY Mense, diegene wat uitroep in MY Naam. Diegene wat YAHUSHUA aanbid en diegene wat MY Ware Sabbate eer en diegene wat bekeer en hulself verneder, diegene wat opkyk en weet dat verlossing nader kom. MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes, rondom diegene is MY heining van beskerming. EK het die heining van beskerming rondom Amerika afgebreek en julle sal daardie vlag sien brand. Moenie kwaad wees vir MY apostels en profete wat EK stuur om te waarsku dat oordeel kom nie. Dank MY eerder omdat EK soveel omgee om te waarsku.

EK het hierdie Diensmaagd keer-op-keer gewaarsku, EK het vir haar ‘n woord gegee, ‘n hoorbare woord, EK het vir haar gesê om die mense te vertel,

"EK sal alles doen wat EK belowe om te doen."

Dit beteken nie net die toorn wat kom nie dit beteken om julle te beskerm. EK het haar gewaarsku in 1999, mense neem notisie van die datum, as dit nie was vir die intersessor gebed-stryders wat verrys het en op 11 September 1999 gevas het nie. Die lot sou dieselfde gewees het as in 2001, 11 September. Want EK het MY woede teruggehou, as gevolg van die gebede van die regverdiges wat baie vermag. Dan word die apostels en profete vals genoem.

Wat sou julle sê as EK dit nie teruggehou het nie? Sal julle dan MY Apostels en Profete glo? Is dit wat julle regtig wil hê? EK het dit teruggehou terwille van diegene wat sidder in vrees en trane. MY kleintjies, MY Babas wat EK in MY arms toevou. Ek hou dit terug tot dusver, nie terwille van ‘n glorieryke Amerika wat hulself ‘n god in hulle eie oë gemaak het nie. Maar EK het MY woede teruggehou, terwille van MY kleintjies wat, soos ‘n klein kindjie, opkyk met vertroue en liefde tot hul Vader met hul oë. Maar Amerika, julle sal brand. EK weet hierdie profeet wat voortspreek, haar stem gaan nie gehoor wil word nie. Dit gaan teen "The Prophecy Club" se boodskappe in, diegene wat spreek van oorvloed en voorspoed, en hulle wat praat van beskerming, alhoewel dit onverdiend is.

Daar was nog altyd profete wat net woorde sal voorspreek wat ander wil hoor. Maar EK gebruik hierdie Apostel diensmaagd om die waarheid voort te spreek sodat mense sal bekeer en op hulle aangesigte val en hulself verneder voor MY. Sal wegdraai van hul bose weë en nie onkant betrap sal word nie. MY Seun kom soos ‘n dief in die nag, maar MY Bruid weet reeds om haarself te begin gereed maak. Watter Bruid maak nie haarself gereed wanneer die Bruidegom kom om haar met die paadjie af te lei nie? Sy maak seker haar rok is sonder vlek of kreukel; sy maak seker sy is geparfumeer met MY salwing. SY maak seker dat haar lig helder skyn in haar oë sodat almal MY Heerlikheid kan sien.

Het EK nie vir julle gesê nie, MY Kinders dat julle nie vir Amerika kan bekeer nie? In plaas daarvan het EK julle nie gewaarsku nie, weereens deur hierdie diensmaagd sê EK, “Bekeer vir julle eie sondes” Bekeer vir julle eie huise, salf julle huise. Moet dit nie ligtelik opneem nie. Selfs hierdie man moet bekeer omdat hy dit nie gedoen het nie. Wanneer EK sê salf julle huise, moenie sê “Maar Here U sal my in elkgeval beskerm” nie. Salf julle huise, EK gee nie om of julle hierdie boodskap in die nag hoor nie, as jy wil hê die Doods-engel moet verby-hou, as julle die heining van beskerming rond-om julle huise, instansies, besighede wil hê, dan moet julle maak soos EK sê. Want YAHUSHUA kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie.

Die Heiliges het Heiliger geword. Die bose het boser geword. Die wat koud was het kouer geword. En MY woede het gestyg tot so ‘n hoë vlak dat as dit nie was vir MY babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes nie, sou dit alles verby gewees het. Hoekom huil en treur die kerke nie oor die dinge wat gedoen word nie? Hoekom protesteer hulle nie oor die dinge wat gedoen word nie? Hoekom is hulle stil? EK sal julle sê hoekom, want hulle het die omkoop geskenk van mammon [geld] gevat om hul oë en hul monde te bedek en die mense te laat dink dat alles wel is. Hoekom is hulle nie bedroef nie? Hoekom gaan gebede nie elke dag op vir die aborsies en die moorde nie, vir die wette wat uitgevaardig word wat MY Naam laster nie?

EK sê nou vir julle, vir elke bedienaar wat agter ‘n kansel staan, vir elke geestelike leier wat nie MY mense geleer het om die Ware Sabbatdag te eer en heilig te hou nie, selfs al is jou naam in die Lam se Boek van die Lewe, sal jy die minste in die Koninkryk van die Hemel wees. Jou belonings sal jy nie ken nie. EK sal vir julle dit sê, julle geestelike leiers, want julle het nie julle mense gelei om te vas en te bid teen die ongoddelike wette wat uitgevaardig is en die ander wat oppad is nie. As jou naam geskryf is in die Lam se Boek van die Lewe, sal jy die minste wees in die Koninkryk van die Hemel. Julle werk sal wees soos stoppels en hooi as julle nie alles op die offer-altaar neergelê het nie.

Wil julle diegene ken wat EK die meeste eer, soos hierdie diensmaagd en haar huishouding. Hulle besit niks van wêreldse dinge nie; hulle weet nie waarvandaan hulle volgende bord kos gaan kom nie. Hulle het alles op die offer-altaar neergelê. Hulle het weggestap van hulle wêreldse besittings af. Selfs hulle familie en hulle vriende dink hulle is mal, kranksinnig want hulle volg MY, hulle volg agter MY Woord aan, hulle volg agter MY voetstappe aan. Hulle bou nie hulle aardse skatte in hierdie wêreld op nie. In plaas daarvan gaar hulle hemelse skatte op want hulle is nie van hierdie wêreld nie, alhoewel hulle nou op hierdie oomblik in die wêreld is. Hulle is diegene wie EK eer. Hierdie is diegene wat hulle belonings sal maai. Hierdie is die rykstes van die rykes. Want julle kan nie hulle hemelse skatte sien nie, julle kan nie hulle belonings sien nie want hulle is in MY Hemelse skatkamer waar hulle gebêre word. Julle kan nie hulle herehuise sien nie. Julle kan nie hulle pragtige kleding sien nie. Want julle kyk na hulle deur die oë van hierdie wêreld, maar EK kyk na hulle deur die oë van die Koninkryk van die Hemel.

EK het MY ware apostels en profete laat gebrek ly om die mense te toets. Want sê MY Woord nie, "As jy net soveel as ‘n beker koue water aanbied, in die Naam van YAHUSHUA, het jy dit aan MY gedoen" nie. Het EK julle nie beveel om die armes te voed en te klee nie? Het EK nie vir julle gesê, "As julle dit aan MY Kinders doen, in MY Naam", nie? EK sê nie vir julle om dit vir die heidene te doen nie, EK sê vir julle om dit vir MY Kinders te doen, julle susters en broers. Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en hulle laat honger ly? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en hulle laat dors ly? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet terwyl julle hulle laat vodde dra? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en hulle dakloos laat? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en hulle laat gebrek ly? Jy sal antwoord op die Oordeelsdag.

Vir elke keer wat EK dit op jou hart gelê het om ‘n antwoord op gebed te wees. Sê MY Woord nie, "Diegene wat MY evangelie verkondig, moet lewe van die evangelie” nie? Maar hoe kan julle sê dat julle MY liefhet wanneer julle selfsugtig en gulsig is en al waaraan julle dink is jul eie behoeftes. Hierdie diensmaagd betaal ‘n prys, al MY kinders wat gesalf is, hoe groter die salwing, hoe groter die lyding in hierdie wêreld. Hoe groter die aanvalle van die vyand en as julle nie daar is om hulle te beskerm nie, om tussenbeide te tree en vir hulle te vas nie, gaan EK wil weet hoekom en EK vra julle nou, "Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet?"

EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie. Julle gaan soos daardie vyf wees, die dwase meisies wat net genoeg olie in hulle lampe gehad het vir ‘n kort rukkie. Julle leer nie, julle tree nie in met gebed nie, julle vergader nie, of kry ‘n verhouding met MY nie. Julle soek nie die hoër salwings nie, julle verloën MY gawes en julle sal eendag uitvind wanneer EK sê, "Gaan weg van MY af, want EK het jou nooit geken nie."

So, dit is MY boodskap op hierdie dag, terwyl julle sien hoe die naam "GOD" weggevat word uit die Eed van Getrouheid. Terwyl julle sien hoe die woord "GOD" weggevat word van julle geldeenheid af. Die visioen wat EK aan MY Dogter gegee het op hierdie dag, julle sal die Amerikaanse vlag sien brand en handelaars sal van ver af ween en die wêreld sal huil en weeklaag maar sal hulle ‘n les leer by haar? O hoe min luister. Hulle ore is vol was. Hulle oë is blind, hulle wil net uit hulle eie oë sien en hulle wil nie deur MYNE sien nie.

Amerika, julle sal maai wat julle saai. EK herhaal weer, die heining van beskerming is nie rond-om Amerika nie. Die heining van beskerming is rond-om MY Geliefdes, MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes. Kyk op MY kinders, verloën nie julle geloof nie, verloën nie die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie. Verloën nie die Naam van YAHUVEH nie. Verloën nie die salwing van MY RUACH ha KODESH nie. Verloën nie MY gebooie en MY wette en MY instellings, en die Woord wat vlees geword het nie. Kyk op MY Kinders, want waarlik julle verlossing kom nader.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH vir die Lof, Eer en Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA. EK skryf hierdie woorde oor soos aan my uitgelê terwyl ek praat in daardie Hemelse taal.

Apostel Elisheva Eliyahu 18/8/02



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred