Profesie 47

Om Vooraf Gewaarsku Te Wees Is Om Vooraf Bewapen Te Wees Vir ‘n Tyd Soos Hierdie!

Gegee aan Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] 21 April 2001

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)

http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

* * * * * * *

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES

VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

JA die temperature in die Hel is besig om te styg. Besef julle nog nie die verfoeilike hitte van die hel is MY humeur wat reeds verby kookpunt is nie? Daar is geen meter wat een van twee MY almagtige liefde kan meet nie en geen meter wat MY almagtige woede kan meet nie. Nie een van die twee kan gemeet word nie want dit is sonder maat.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Die mensdom is op die punt om MY woede te ervaar, maar dit is hierdie aarde wat sal swaarkry nie die ander planete nie. Want dit is waar dat julle bo-op die Hel leef. Die Hel is diep onder die grond, maar julle loop bo-op die Hel en loop daar bo-kant dit waar die demone bly en siele ‘n eindelose teistering ly. Is dit enigsins ‘n wonder dat julle voortdurend gebombardeer word om te sondig op die een of ander manier?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Alleenlik die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) kan jou help om Heilig te wandel en slegs die Lewe en die Bloed gegee deur YAHUSHUA by Golgota vir julle sondes, kan julle sondes wegwas. Alleenlik deur te glo dat YAHUSHUA opgewek is op die 3de dag kan jy geloof hê om te glo dat YAHUSHUA die Almagtige God en REDDER is. MY enig verwekte Seun, Verwek uit ‘n maagd met die naam Miriam (Maria). Waar is jou geloof?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Vulkane is die ingange na die Hel maar die siele in die Hel kan nie ontsnap nie en ook kan niemand lewe om die Hel in ‘n fisiese vorm te sien nie. EK het ander ‘n vinnige kykie van die Hel laat sien soos gesê met die ryk man en Lazarus, en nee dit is nie simboliek of ‘n gelykenis nie. Die Hel was nie oorspronklik vir die Mensdom gemaak nie maar in plaas daarvan vir satan en sy gevalle engele, maar EK het die Mens ‘n keuse gegee waar hulle die ewigheid wil spandeer. Wat sal jy doen met daardie keuse?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Hulle wat diegene bespot wat waarsku oor die Hel, die Poel van VUUR wag vir hulle. Diegene wat kan glo dat EK ‘n Hemel geskape het wat so mooi is dat woorde dit nie kan beskryf nie en weet die enigste deur na die Hemel is deur die geskenk wat EK aan die Mensdom gegee het deur Golgota, YAHUSHUA is MY Geliefde Seun se Naam, YAHUSHUA is die enigste deur, daar is geen ander deur na die Hemel nie. Geen ander weg na MY Troon van Genade nie, Nee nie Buddha nie, ook nie Mohammed nie, want hierdie was net gewone mense wat gesterf het en nie weer opgestaan het nie. Hierdie was net mense wat nie die enigste perfekte onbevlekte Lam van God kon wees om versoening vir sondes te doen nie. YAHUSHUA is die engiste perfekte offer en dit is omdat HY die Seun van YAHUVEH is en MY enig Verwekte Seun.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

EK het MY Seun gegee, MY Geliefde Seun om die mensdom op aarde se offer te wees omdat dit die aarde was wat EK jammer gekry het. Want dit was die aarde waarheen EK vir Lucifer uit die Hemel neergewerp het. As gevolg van MY genade en liefde, wetende hoe kwaad Lucifer was en is, moes EK ‘n manier maak vir MY Kinders op die aarde om weer met hulle Skepper versoen te word. Lucifer veroorsaak groot droefheid en groot vervolging want julle woon letterlik bo-op die Hel wat EK geskep het vir Lucifer wat nou satan genoem word en sy demone. Julle word omring met boosheid wat opkom van onder uit die grond uit, sowel as die prinse, magte, owerhede en heersers in hoë plekke, in die lug, demoniese geeste wat soos troepe vergader om hierdie planeet te bestorm met elke soort sonde, en sonde is enige iets wat teenstrydig is met MY natuur, persoonlikheid en MY wil. “Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die HEERLIKHEID van God.”

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Julle word omring met ‘n wolk van getuies wat kyk wat julle met MY Seun YAHUSHUA doen. In al die planete is daar slegs een planeet, wat Aarde genoem word wat ‘n Redder nodig het, want EK het net een Verwekte Seun, en SY Naam is YAHUSHUA. Daar is slegs een planeet met sondaars. Sonde kom omdat julle bo-op die Hel woon en almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan MY Heerlikheid. EK is Almagtige God perfeksie. Om te sê jy is nie ‘n sondaar nie beteken jy is ‘n leuenaar, want niemand op aarde is perfek nie, behalwe een en dit was toe MY Seun YAHUSHUA die aarde bewandel het.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

MY woede word grootliks aangewakker, en dit sal in ‘n groter mate uitgiet deur die storms, orkane en tornados, en terwyl “EK IS” MY vuis op hierdie aarde neerbring sal dit in groter maat oopkraak en terwyl MY woede warmer word sal die vulkane ook warmer word en so ook die Hel. MY Kinders wat MY liefhet en MY dien en MY eerste in hulle lewens stel weet hoe om ‘n Vader se woede te laat bedaar want dit is nie hulle vir wie EK kwaad is nie. Hulle hoef nie bang te wees nie, hulle is nie bestem vir MY woede nie, net MY liefde. Hulle is nie bestem vir MY vloeke nie, net MY Seëninge.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

EK het gewaarsku wat sal gebeur in MY Woord wanneer die mensdom sal God speel want dit is al wat hulle kan doen is om te speel. Hulle verstaan nie hiervoor sal hulle betaal terwyl hulle ‘n God wil word ,‘n skepper, Hierdie God van die Skepping gaan hulle wys want EK sal die einste kennis wat aan hulle gegee was neem en dit teen hulle draai.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Wees gewaarsku wanneer die mensdom gekloon word, word hulle gebore sonder ‘n siel en enige skepsel sonder ‘n siel is ‘n gevaarlike ding. Want die mensdom is bedoel om ‘n siel te hê, EK het die asem van lewe in Adam ingeblaas, maar wanneer die mensdom klone maak van Adam en Eva, sê EK vir julle daar is geen asem van lewe in hulle nie. In plaas daarvan sal dit die asem wees van die siellose een, satan sal die vader wees en die boosheid sal die beloning wees om God te speel. Hierdie klone sal nie die leeftyd soos die van MY Skepping hê nie, ook nie die begeerte om die God “EK IS” te dien en te aanbid nie! Hierdie klone sal nie ‘n gewete hê nie omdat “EK IS” die mens se gewete is van dit wat reg en verkeerd is. Hierdie klone sal teen hulle einste makers draai en teen die mensdom wat sulke gruwelike skepsels toelaat.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Pasop wanneer julle siellose vleis eet; eet julle vleis wat EK nie geskape het nie. Julle liggame was nie bedoel om so besmet te word nie. Wanneer julle siektes en kwale sien wat nuut is en julle geneeshere kan dit nie genees nie, sal EK sê, geneesheer genees jouself want as daardie geneesheer nie opstaan en sê, “Nee, dit is teen die wette van die Skepping” nie, sal EK die skepping teen ditself laat draai. Julle was gewaarsku!

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Die wetenskaplike weet dat die leeftyd van ‘n kloon van korte duur is, maar hulle wil dit weer in beweging bring nadat dit doodgegaan het (die duiwel sal die opstanding van die dooies vervals in ‘n omblik in ‘n oogwink met die laaste basuin. Want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.” 1 Korintiërs 15:52. “Want dit sê ons vir julle deur die woord van die MESSIAS, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die MESSIAS, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want YAHUSHUA self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in YAHUSHUA gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die MESSIAS tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die MESSIAS wees.” 1 Tessalonisense 4:15-17) Hulle wil hierdie klone gebruik soos ‘n spaar-liggaamsdeel winkel. Die afgryse terwyl ‘n wolk van getuies toekyk en hulle koppe in ongeloof skud. Onskuldige babas wat nog in ‘n ma se baarmoeder is en steeds uitgeruk en vermoor word voor die tyd van hulle geboorte ter gerieflikheids onthalwe en ook vir liggaamsdele. Weereens as dit nie vir die prys was wat MY Seun YAHUSHUA betaal het nie sou EK berou het dat EK ooit die mens geskape het.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Pasop daar kom ‘n tyd deur naby begraafplase te woon sal jy sien hoe die vyand die bose dooies laat opstaan waarvan die gees ontbreek omdat dit in die Hel sal wees waar dit ly, maar die liggaam sal weer in beweging gebring word en gebruik word deur demone wat uit die bodemlose put kom vir een doel en dit is om dood te maak sodat die geeste uit die sielloses kan uitgaan binne-in die liggame in wat siele het, om sodoende MY skepping van die mens verder te verderf. Selfs die diere sal ’n gevaar wees op daardie tydstip.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Maar MY Kinders wat nou gewaarsku word sal weet om uit te roep in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, en tel in SY Naam ‘n stuk hout op en slaan hulle in die nek omdat die beweging van die dooies ‘n swakplek het want is die een wat die dooies in beweging bring dan nie ‘n siellose ding wat deur ‘n demoon van die bodemlose put bewoon word nie, die nek ondersteun die kop, maar MY Seun YAHUSHUA het die prys op daardie houtkruis betaal en die hout simboliseer die kruis wat satan verslaan het op daardie dag.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Wat EK nie voorheen onthul het nie dis nie sommer enige stuk hout nie maar eerder hout wat gesalf is met salwings olie, gebed en geloof dat net so seker soos YAHUSHUA die kruis oorwin het, al het HY gesterf, het HY weer opgestaan op die 3de dag, so sal jou geloof ook sterk wees om te weet dat die olie-gesalfde-hout die oorwinning verteenwoordig wat EK vir julle gegee het by Golgota, oor die duiwel en sy demone. Wanneer jy hierdie demoniese skepsels slaan wat terugkom uit die graf, vermom as mense, sal jy sien hoe hulle opfrommel grond toe, wanneer jy hulle tref in MY Seun YAHUSHUA se Naam. Hoe kan jy verwag om hulle met fisiese wapens dood te maak wanneer dit ‘n geestelike oorlog is? Vleeslike wapens sal net die demoniese dooies vermenigvuldig. Julle oorlog-wapens is nie vleeslik nie maar Geestelik en die hout verteenwoordig dit wat geestelik is.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Bid dat jy op hierdie dag nie bestem sal wees vir MY woede nie, bid dat jy op hierdie dag veilig teen MY boesem sal wees. Want hierdie wêreld dink maar net dat hulle gruwel-stories gesien het, hulle besef nie dat satan spot nie want dit wat julle meen om net ‘n gruwel fliek te wees is inderwaarheid wat satan beplan om te doen want hy kom om te lieg, steel, te vermoor en te vernietig en almal op aarde is satan se teikens. Selfs diegene wat nou vir satan aanroep besef nie al sal satan ‘n gedeelte van sy krag met hulle deel, laat hy dit slegs toe om op ander gebruik te word asook hulself om te manipuleer, te intimideer, vrees te wek, te moor en te vernietig.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

satan haat selfs diegene wat hom aanbid. hy is geen aannemer van persoon nie, want alle mense is geskape na MY beeld, en MY seun YAHUSHUA was gebore in die beeld van ‘n mens, en het ‘n openlike skouspel gemaak by SY opstanding, deur satan en alles wat satan probeer doen het belaglik te maak. YAHUSHUA het SY krag gegee aan SY Kinders wat SY Naam aanroep en HOM aanbid, liefhet en YAHUSHUA dien! satan haat MY Kinders omdat hulle ook dieselfde krag het om die werke van die duiwel te vernietig. Selfs diegene wat YAHUSHUA bespot is nog steeds in die vorm van die mensdom geskape en die duiwel weet dit en sal hy eendag straf omdat hulle MY skepping is. Jy kan die duiwel nie behaag nie. Ongeag wie dit is, hy het geen voorkeur nie, hy sal almal hel toe vat wat hy kan. satan ken sy toekoms maar hy wil hê dat dit ook die mensdom se toekoms moet wees.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Dit is hoekom EK MY enigste Verwekte Seun gestuur het om julle losprys te wees, want dit is waar dat EK ‘n prys eis vir sonde. Die Bloed-Offer wat alleenlik MY woede kon laat bedaar moes Heilig en onbesmet wees en YAHUSHUA, MY Seun, was gewillig om julle Bloedversoening te wees. Wat julle doen met daardie Bloed versoening en MY Seun en die Woord wat vlees geword het. Ondersoek en bewys jouself waardig sodat jy kan staande bly in die dae wat kom, bewaar dit in jou hart waar geen mens dit kan steel nie. Doen dit nou voordat dit van jou weggeneem word.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Vra MY Seëninge op alles wat jy eet of drink. Want niks is meer onbesmet nie, maar dit is die seëninge wat gesê word in die Naam van YAHUSHUA wat sal maak dat dit wat onrein is rein word en dat ‘n vloek verander in ‘n seën.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Want diegene wat glo dat die Hel nie werklik is nie, hulle sal binnekort die onbeteulde vure van die Hel proe wat soos geen vuur op aarde is nie. Dit is onbeskryflik in die gruwelikheid daarvan, net soos die Hemel onbeskryflik is in die skoonheid daarvan. Vir diegene wat glo dat hulle sal wandel in die verdrukking en dat EK nie ‘n weg sal maak om hulle te spaar nie, waar hulle geloof is daar sal hul verdrukking wees. In alle weë onthou altyd “Dit is onmoontlik om YAHUVEH te behaag sonder geloof.”

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Pasop vir ‘n regering wat sê, “Doen dinge op my manier, nie op die Almagtige YAHUVEH se bybelse manier nie!” Pasop vir enige een wat sê, “Die Bybel is outyds,” maak nie saak watter denominasie dit spreek nie. Die Woord van YAHUVEH kan nie lieg nie en EK het genoeg bewyse vir hierdie aarde gegee dit wat EK spreek kom in vervulling of het in vervulling gegaan.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Om vooraf gewaarsku te wees is om vooraf bewapen te wees. Enige apostel of profeet of geestelike leier wat vir jou sê dat “EK IS” nie dieselfde gister, vandag en vir altyd is nie, wat vir jou sê dat jy nie die Bybel moet glo nie omdat dit ‘n outydse boek vol stories is, en alhoewel interessant, is dit nie van toepassing op vandag se tye nie, enige geestelike leier wat vir jou vertel dat satan nie ‘n ware vyand is nie maar slegs versinsels van jou verbeelding is.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Die bose sê die Gebooie is outyds en moenie langer skuldig voel wanneer jy MY vasgestelde Sabbat Dag ignoreer nie, waarvan daar in Genesis gespreek word vanaf die skepping van die mens, moet ook nie vrees wanneer MY Gebooie nie onderhou word nie. In plaas daarvan herskryf hierdie bose geestelike leiers MY Gebooie en skryf die Heilige Woord oor volgens hulle lewenstyle. Hierdie bose geestelike leiers speel God en dring daarop aan om YAHUVEH se eer te vat en ook die ontsag wat voorbehou is vir “EK IS” en MY Seun YAHUSHUA en MY RUACH ha KODESH.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

Hierdie bose geestelike leiers moet openlik bestraf, en vermy en ontvlug word. Enige geestelike leier wat dit vir jou vertel stuur leuens reguit uit die put van die Hel. Die bose sê dat YAHUSHUA nie perfek is nie, en om enige godsdiens te beoefen en om enige God te dien is beter as geen. Die bose sê enige doktrine sal aanvaarbaar wees vir die Elohim van die Skepping of dat Jode outomaties Hemel toe sal gaan, selfs al haat hulle YAHUSHUA en weier hulle om HOM as die MESSIAS en Elohim Almagtig te aanvaar! Of die leuens dat Moslems, Buddhiste of enige ander geloof wat enige ander naam aanroep of dien, gered sal word. Pasop vir enige een wat onderrig dat om die Bybel te lees en te bestudeer nie belangrik is nie, dat ander boeke van meer waarde is. Hoe sal jy YAHUVEH ken, wie jou geskape het wie jou bevry as jy nie MY Boek lees en MY Beloftes oordink nie?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WEES IS OM VOORAF BEWAPEN TE WEES VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE!

“EK IS” praat nou en EK waarsku julle vooraf dat enige geestelike leier wat jou leer om te sondig, is van die bose mense wat jou vernietiging soek en jou siel wil hê. Weereens om vooraf gewaarsku te wees is om vooraf bewapen te wees vir ‘n tyd soos hierdie.

* * * * * * *

‘n Aanstoot vir sommiges ophelderend vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)

09h00 nm. 21/4/2001

Bevestigende Droom in verband met Besmette Vleis: Droom op 23.4.2001. “Ek en Apostel Elisabeth [Elisheva] het in ‘n wegneem ete restaurant ingegaan, Popeye’s Chicken om presies te wees. Ons het daarheen gegaan en 2-stuk hoender etes gekoop. Toe ek ons bestellings kry was daar op die Popeye se boks, die volgende woorde gedruk, “vervaardig met kunsmatige produkte – kan newe effekte veroorsaak'”. Ek het na die rooi, wit en blou Popeye boks gekyk en ons was verstom dat selfs hoender almal siek maak.” Die interpretasie was aan Elisabeth [Elisheva] gegee, dat die hoender besmet was, en die Popeye boks het bevestig dat dit Amerika is wat dit aan ons doen, as gevolg van die rooi/wit/blou kleurskema.

DROOM OOR BESMETTE VLEIS



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred