Profesie 44

Verrys Wagters Op Die Muur!

Gespreek onder die salwing tot Eerw. Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu). 8 Oktober 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)

http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

* * * * * * *

Want EK roep nou baie na vore, sê YAHUVEH. Hierdie is MY voortgebringde werktuie, voortgebringde instrumente, in MY bonatuurlike weermag wat eenheid sal bring vir MY liggaam. Hulle sal orde bring. Want nou is die tyd, sê YAHUVEH, nou is die tyd vir MY wagters. Nou is die tyd vir diegene wat die middernag ure geloop het. Verrys, verrys, verrys o slapendes. Verrys nou, verrys nou, verrys nou en verklaar die oorwinning. ‘n Weermag vreeslik en sterk, ‘n weermag wat die vyand sal laat sidder en bewe met vrees en angs by die aanhoor van die geluid van jul byeenkoms en van julle marsjering deur die land. Hou aan om uit te roep en te verklaar en die Evangelie van verlossing te verkondig.

Neem deel aan julle geestelike voeding en skud die slaap van julle ooglede af en hoor die stemme van MY wagters. Want dit is hulle vir wie EK hierdie, MY Woord, gegee het vir julle om te verrys, verrys verrys, sê YAHUVEH doen dit wat kosbaar is voor MY aangesig. Doen dit wat MY Eer sal bring en dit wat ‘n groot oes van siele sal meebring en EK sal weet dat julle MY waarlik liefhet. Verrys, verrys, verrys en ontwaak tot die waarheid en omgord julself met die waarheid en wandel in daardie waarheid, want MY ewigheidsplan het onder julle gemanifesteer en daar is nogsteeds baie voorbereiding wat gedoen moet word en doen dit waarvoor EK julle geskape het om te doen.

(MY Hemelse Vader het vandag met my gepraat en hierdie dinge vir my gesê vandag, so duidelik, so helder. Want daar is onweerswolke aan die broei in die harte van mense wat nie sigbaar is in die natuurlike nie en terwyl die oorlogswolke oor die horison vergader, en terwyl die donderweer en die weerlig van die krag van daardie oorlogswolke aanhou om hulself te manifesteer van binne.)

Julle hoor en julle sien, moenie bang wees nie, sê YAHUVEH, vir daardie dinge wat van MY af kom nie. So berei julle harte voor, al hierdie dinge kom in beweging sal hulself manifesteer, sê die Almagtige YAHUVEH. EK het my uitgeroepenes goed voorberei. Dit is nie julle verantwoordelikheid om die waarheid voort te bring nie. Dit is slegs julle verantwoordelikheid om op MY Waarheid te reageer, sê die Here julle God. Want julle sal die ware van die valse onderskei en julle sal vrede in julle harte hê dat daardie dinge wat van MY af is vir julle ten goede is en julle sal daardie dinge onderskei dat die dinge wat vals is en deur die vyand en sy volgelinge gestuur was gestuur is om julle te mislei. Gebruik versigtigheid; moenie julle waaksaamheid verslap nie.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred