Profesie 40

Moenie Deel Wees Van Die Vals Bruid Nie! Indien Jy Is... VLUG!

Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu 17 September 2000

(Bid asb vir hierdie diensmaagd Elisheva Eliyahu. Vir wie God uitgekies het om hierdie ongenaakbare boodskap te bring wat miljoene sal aanstoot gee, maar sy is slegs die boodskapper. Moet asb nie die boodskapper stenig nie, sy herhaal slegs dít wat die RUACH ha KODESH sê vir een doel : om siele in die Koninkryk van die Hemel in te bring. Weens die lengte van hierdie profetiese boodskap, het ons dit verdeel in dele 1 en 2)

*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Maak gereed om huis toe te gaan, Huis toe te gaan. Julle Tuiskoms wag. MY Bruid moet gereed wees om huis toe te gaan. Sê vir MY Bruid om gereed te maak om huis toe te gaan. EK maak MY Bruid gereed om huis toe te gaan, om opgeraap te word langs MY sy terwyl julle nog leef. Vertel hulle ver en wyd; waarsku hulle per land, per lug en per see. Maak gereed om huis toe te gaan saam met MY. EK kom vir MY Bruid. Wees gereed om huis toe te gaan, om na die Bruilofsmaal van die Lam te kom. EK kan nie wag vir MY Bruid om huis toe te kom Hemel toe nie want EK het so lank gewag. Sê vir hulle EK kom vir MY Bruid. EK kom, sê vir hulle ver en wyd. Ontsien geen koste. Lê neer julle trots, gee die boodskap, en sê vir MY Bruid om gereed te maak om voor te berei om huis toe te gaan. Watter Bruid weet nie wanneer die Huweliksdag naderkom nie? Watter Bruid weet nie waneer om haar huweliksgewaad aan te trek nie? Onderdompel julself, reinig julself, bad julself, en gooi julself in MY Bloed wat vir julle gestort is op Golgota. Maak gereed om huis toe te gaan. Watter Bruid wil nie hê dat haar aroma gegeur moet wees soos die geur van pragtige blomme en speserye nie? MY Bruid se geur is nie deur mensehande gemaak of in ‘n bottel gevind nie. MY Bruid se lieflike geur is uit die Hemel gestuur. Dit is die salwing van die RUACH ha KODESH wat julle geur. Dit is nie mensgemaak nie. Dit word nie in 'n bottel gevind nie, MY RUACH ha KODESH se salwing wat julle geur. Dié wat sonder die salwing gevind word is 'n stank in MY neusgate en sal nie huis toe gaan Hemel toe saam met MY nie. Die geur van MY salwing is Heilig. Daar is sommige wat hulself MY Bruid noem, maar hulle is nie MY Bruid nie. Hulle is die Kerk van die Geveinstes wat beweer om MY te ken maar MY tog nie ken nie. Hulle geur is 'n namaaksel en is 'n stank in MY neusgate. Die vals bruid dra naas-wit. Haar juwele is net geslypte glas. Haar tiara is van blik gemaak. Sy beweer sy het MY lief, en geen liefde is daar nie. Hoekom sê hierdie vals bruid dat hulle MY liefhet maar wil nie gehoorsaam nie? Hulle sê hulle doen wonderwerke in MY NAAM, maar hulle vreemde vuur bring vir MY skande. Hulle is die vyf dwase maagde wat gevind word sonder enige olie in hul lampe. Die lamppit is nie kort geknip nie. Hulle sny en versnipper MY Woord, selfs MY Gebooie om gelykvormig te word aan hul eie beeld in wie "EK IS" is. Hulle keur sonde goed selfs al noem EK dit sonde. Hulle gaan selfs so ver om hulself 'n god te noem. Hulle herskryf MY Gebooie. Hulle herskryf die Woord van "EK IS". Hulle geestelike leier sit selfs op 'n troon. Hy reik edikte uit in sy naam. Hy bespot MY ysterstaf en noem dit 'n septer. Hy bespot MY kleed van geregtigheid en dra 'n kleed met die fynste edelgesteentes daarin geset.

Hy spot dat MY soom wat die Tempel vul en sy soom ‘n lang sleep het. Hy bespot selfs MY Woord Heilig, en laat MY mense hom 'u heiligheid' noem. Hy, hierdie geestelike leier, is wêreldwyd bekend. Daar is ander geestelike leiers in ander kerk-organisasies wat geleer word om 'n man te aanbid wat slegs uit 'n vrou gebore is en nie uit 'n maagdelike geboorte nie. Die vals geestelike leiers dwing die mense om neer te buig by hul voete, bespot MY Woord wat sê elke knie sal buig en elke tong sal bely dat YAHUSHUA ha MASHIACH die Here is. 'n Ander geestelike leier wil nog iemand by die Godheid voeg. Hierdie geestelike leier gee MY nagmaal en wil nooit vir die mense sê om te bekeer oor hul sondes nie. Dit is alles net vertoon. Hulle wat hierdie geestelike leier agterna volg, sal hom volg tot reguit binne-in die put van die hel en binne-in die Poel van Vuur in. Daar is niks heiligs omtrent hierdie onheilige een nie, want hy wil MY plek inneem. Hierdie is deel van die vals bruid wat 'n stank in MY neusgate is. Hierdie geestelike leier sal nooit so laag in sy eie oë of in die oë van ander daal om 'n ander se voete te was nie. Hierdie kerk-organisasie is die rykste ter wêreld, maar hulle is die armste in geloof. Hierdie een wat vele op ‘n dwaalspoor lei laat hulle selfs hul sondes bely tot hom.

Hierdie een waag dit om te spot met die enigste Een wat die reg het om regter te wees oor die hele mensdom en tog word die priesters geleer dat hulle die reg het om die boetes op te lê. Hulle oordeel ander se sondes en die priesters lê die vonnis neer. Niemand wat dit doen is deel van MY Bruid nie. Hulle is 'n stank in my neusgate. Selfs die vorm van vervoer spot met die manier hoe EK op 'n donkie gery het. Hulle spot selfs die teken van die kruis. Hierdie is slegs 'n deel van die vals bruid. Hulle praat 'n taal uitsluitlik vir studente lank vergete. Wees gewaarsku,Vlug indien julle deel is van hierdie vals bruid. Want dit is 'n stank in MY neusgate. Onthou EK is die Here JULLE God en julle sal geen ander Gode voor MY hê nie. Moenie mislei word nie want EK word nie maklik bespot nie. Daar is 'n prys om te betaal.

******* Want dit is gespreek en so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH. Gegee aan die nederige diensmaagd Elisheva Eliyahu. 6:15 nm 17 September 2000 DEEL 2 - Profesie 41 - Sal Die Ware Bruid Asseblief Opstaan!







CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred