Profesie 28

Is Jy Een Van MY Weggesteektes?

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 25 Januarie 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Die wapens van julle oorlogvoering is nie vleeslik nie maar is magtig om satan se vestings neer te werp. 'n Skootrekenaar sal een van daardie wapens wees wat gebruik word om die vyand te ontbloot, gebruik word om teen die vyand te waarsku, gebruik word om die vyand te keer om MY Mense te vernietig weens 'n gebrek aan kennis. Vertel vir MY Mense om in hierdie hedendaagse gereedskap te belê, want wanneer hulle moet vlug kan hulle nie met groot rekenaars reis nie. Ek het die rekenaar ontwerp vir hierdie tyd en hierdie doel. Dit is die kennis wat vermeerder en heen-en-weer hardloop. Dit is hoe julle in staat is om op een plek te wees maar om op 'n ander plek met MY Mense regoor die wêreld te praat. Moet vir geen oomblik dink dat hierdie wapen nie kragtig is nie. satan wil die internet beheer om MY Mense stil te maak. Maar hy kan nie enige iets doen wat EK nie toelaat nie.

Julle tyd is kort maar EK sal julle in kontak bring met diegene wat rekenaarkennis het. 'n Netwerk van MY mense sal 'n luide stem wees in hierdie eindtyd. MY rekenaar-genies was weggesteek vir so 'n tyd soos hierdie. Diegene met die wysheid van YAHUVEH en YAHUSHUA was weggesteek vir so 'n tyd soos hierdie. Hulle arbei in die wêreld om die maniere van die heidene te leer, om in staat te wees om teen die heidene en hul maniere gebruik te word op die toepaslike tyd. EK het MY Mense in alle gebiede ongeag waar julle gevrees het, van die polisie, tot die weermag, tot die Inkomstebelastingdiens, tot die regering, tot die kruideniers, tot die internet verskaffers, soek MY Mense. Julle sal hulle vind. Nou is die tyd wanneer hulle sal opstaan en skyn. Soos die son sal hulle voortskyn.

Die kennis wat opgedoen was in tersiêre instansies voorsien deur die vyand sal gebruik word teen die vyand om diegene te beskerm wat EK MYNE noem. Hulle sal weet van maniere rond-om wette wat julle gedink het onmoontlik is. EK het prokureurs, dokters; EK het onderwysers in alle areas. Moenie dink die heidene het meer wysheid nie. MY Genies was weggesteek vir 'n vasgestelde tyd. MY Genies het die wysheid van MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en kan enigiets vinnig leer, selfs al het hulle nooit vantevore daaraan gedink om dit te leer nie. Kommunikasie sal 'n waardevolle gereedskap wees in hierdie eindtye.

Maniere rond-om dit wat die wêreld van voorneme is om te doen om MY Mense stil te maak, is daar. EK sal nie nou die maniere openbaar nie, maar julle sal hul herken wanneer julle dit hoor. EK sê dit vir julle hulle kan hulle torings van Babel bou; EK sal vir MY Kinders 'n uitweg voorsien om altyd in kontak te bly. Vertrou MY en leer MY weë, wees bewus dat MY Mense weggesteek was, verborge gawes van die RUACH ha KODESH het, alleen gewandel het sonder raadgewing aan mekaar, om onderrig te word, en tog is hulle onderrig deur MY RUACH ha KODESH.

Om te reis gaan toenemend moeiliker word om van een land na 'n ander te kom sonder daardie land se toestemming. Maar EK sê vir julle EK het reeds MY Mense aan die werk in hierdie gebiede en MY Mense sal ontvlug wanneer die tyd kom om te ontvlug. EK het vliegtuie, vlieëniers en lugwaardinne. EK het MY plan in werking. EK is 'n God wat nie verras kan word nie ongeag wat die vyand dink. EK het 'n plan en MY plan vir julle is ten goede en nie tot julle onheil nie. MY plan vir MY Geliefde Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes is tot seëninge, so baie seëninge dat julle nie in staat sal wees om dit almal op te noem nie.

MY planne vir My vyande is tot vervloeking, so baie dat hulle nie instaat sal wees om dit almal op te noem nie! Wees gereed vyande, die vloeke is oppad na julle toe! Natuurrampe sal hulle dit noem, maar daar is niks natuurliks in die rampe wat deur die hand van 'n TOORNIGE YAHUVEH kom nie. Julle spog oor julle surplusse maar daar sal geen surplus wees nie as gevolg van MY toorn wat onverdun uitgegiet sal word, maar nie MY Mense sal benadeel nie. EK sal MY Mense beskerm soos EK in die tyd van Noag gedoen het, soos in die tyd van Lot, soos in die tyd van Moses.

Die vyand sal hul tande kners van woede en raserny want hulle sal sien niks kan diegene stop of verhinder wat gehoorsaam is aan en vertrou op YAHUSHUA as hulle Goeie Herder nie. Geen wolwe kan MY Skape verras nie. EK gaan voor die wolwe uit en spreek woorde aan MY Profete en Apostels en waarsku vooruit waar en wanneer die wolwe gaan aanval. Julle sien, hierdie wolwe is nie bloot net wolwe met skerp slagtande nie, hulle is hondsdol en as hulle eenkeer byt, is hulle byt dodelik. So dit is nie bloot net 'n byt nie maar julle siele en lewens is op die spel.

Die slange wat gestuur is om julle te omsingel is nie net een nie, maar baie, die slange sal probeer om julle te omsingel en hulle byt is nie net 'n slangbyt nie maar daar is kobras wat gif in julle Gees inspuit en vir julle vertel dat YAHUVEH en YAHUSHUA nie hulle skape kan versorg nie, dit is hopeloos, hulle sal julle met 'n leuenagtige gif inspuit en sê: "Vertrou die regering nie julle God nie!". Dan sal hulle luislange gebruik om te probeer om julle te beknel op elke manier wat hulle kan. Finansieel, geestelik, liggaamlik, verstandelik, terselfdertyd sal die regering julle druk soos 'n luislang terwyl hulle die kobra gebruik om die giftige venyn van leuens in te spuit om selfs die sterkstes in geloof te laat bewe van vrees.

Maar EK spreek nou voort deur hierdie diensmaagd om vir julle te vertel MY Geliefde dat julle nie hierdie wolwe of slange hoef te vrees nie! EK het vir julle gesê dat EK altyd 'n volk het wat die Groot God “EK IS” aanbid, dien en gehoorsaam en dit altyd sal doen! EK, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA kyk in stilte toe en neem waar wat die vyand doen en ons rapporteer dit deur ons Profete en op hulle beurt waarsku hulle nie net nie maar bemoedig julle ook soos nou, om julle te laat weet dat EK in MY tydsberekening vir julle sal sê wanneer om te gaan, wat om te doen, hoe om die luislange en die dodelike kobras te vermy!

Wag net op MY, want EK die Here julle God is nooit te vroeg of te laat nie. EK sal MY Mense op so manier red dat julle dit wonderbaarlik sal vind. Ja, daar sal diegene wees wat gemartel word en besig is om gemartel te word maar hulle bloed val in die grond en sal net ander laat opstaan om te praat en om groter werke te doen in MY Seun YAHUSHUA se NAAM. Moenie treur oor diegene wat EK toelaat om doodgemaak te word ter wille van MY nie. Maar treur eerder oor die een wat die moord en marteling gedoen het. Hulle het die ewigheid om te ly vir dit wat hulle gedoen het, vir dit wat hulle aan MY Kinders gedoen het wat hul lewens neergelê het vir MY. Hulle sal op dieselfde manier vir ewig in die hel gemartel word. Diegene wat gemartel was het in die lewe gely maar sal vir ewig nooit weer ly nie. Hulle belonings is groot in die Hemel.

EK kom vir MY Bruid sonder vlek of kreukel. Leer nou hoe om MY te behaag. Leer nou om MY te gehoorsaam. Leer nou om alles op MY offeraltaar neer te lê. Wat EK vir julle teruggee is bedoel as 'n seën, wat EK wegneem was julle nie veronderstel om te hê nie, want dit sal julle net benadeel. EK is 'n Goeie God. EK is julle Hemelse Vader en EK waak versigtig oor hulle wat uitroep na MY om met hulle te praat, hulle te wys wat om te doen, wanneer om dit te doen, waarheen om te gaan. Moenie vir een oomblik dink julle gebede was nie gehoor nie. Dit is bloot nog net nie die tyd om die antwoorde voort te spreek nie.

EK wag, terwyl julle wag, EK wag geduldig terwyl meer siele daagliks na YAHUSHUA draai as hulle verlosser en saligmaker. EK kan nie veel langer wag nie want die vyand beplan om 'n aanval te loods wêreldwyd op dieselfde tydstip. EK sal MY Kinders wat na MY stem luister nie toelaat om mislei te word nie. Luister aandagtig na die vyand se stem en julle sal sien wanneer julle dit oor al die luggolwe hoor hierdie is nie die stem van julle Skepper en Verlosser nie! Luister aandagtig en kyk na die oë terwyl hulle praat, moenie net met julle fisiese ore luister nie, maar gebruik julle geestelike ore en moenie met julle fisiese oë sien nie, maar vra die RUACH ha KODESH om julle te wys met julle geestelike oë.

In hierdie wêreld is alles nie wat dit voorgee om te wees nie. In hierdie wêreld regeer die god van leuens en vernietiging baie lande. Maar die God van Waarheid is YAHUVEH en YAHUSHUA en EK het binne-in almal wat MY aanbid dien en gehoorsaam die RUACH ha KODESH geplaas en die RUACH ha KODESH sal die waarheid van die leuens skei. Die RUACH ha KODESH sal julle beskerm teen die komende vernietiging en verwoesting. Moet jul oë nie toelaat om net te fokus op die duisternis, die negatiewiteite van hierdie wêreld nie, maar bedink eerder die goeie, die beskerming, die wonderwerke wat EK sal doen om MY Kinders te red. Net soos in die tyd van Moses, so sal EK dit weer doen. Op 'n nuwe manier, met nuwe hedendaagse moderne gereedskap, maar nietemin sal EK my Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes beskerm. EK sal nie net beskerm nie maar EK sal MY Geliefde Bruid seën op maniere wat hulle nie eens van gedroom het nie. VERTROU MY Net!

Nie almal wat hulself MY Bruid noem en op MY wag sal EK op daardie dag saam met MY huis toe neem nie. MY Seun YAHUSHUA sal slegs 'n Bruid sonder vlek of kreukel aanvaar. Lewe jy in sorgelose gemak, in sonde maar bedek dit in die gestorte Bloed van YAHUSHUA? Dink jy jy hoef nie MY Gebooie en MY opdrag tot Heiligheid te gehoorsaam nie omdat dit weggedoen was aan die kruis van YAHUSHUA? As jy so dink, dan is jy nie MY Bruid nie. Want MY Bruid weet om MY lief te hê is om MY te gehoorsaam. MY Bruid toets MY nie om te sien hoe vêr sy kan oorleun in die hel in en nog steeds die Hemel haal nie. MY Bruid wag nie om te sien of EK straf om hulle te laat weet hulle het gesondig nie. Hulle word oortuig deur MY RUACH ha KODESH en bekeer voordat EK hulle hoef te straf.

Vir almal wat hulself noem by MY Seun YAHUSHUA se Naam en sê dat hulle gered is en nogtans 'n lewe van sonde ly. Julle flous niemand anders behalwe julleself nie. BEKEER VANDAG! MY Bruid sal EK spaar van die komende afgryse wat nog moet kom, maar nie julle wat speletjies speel met die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH op Golgota nie! Julle dink dit bedek julle sonde wanneer julle vooraf julle sondes bedink? Julle dink deur kerk toe te gaan word daardie sonde weggewas omdat julle heilig lyk vir ander, dit beteken nie dat julle Heilig vir MY is nie. BEKEER! Die afgrylike dae wat kom sal bewys wie waarlik na MY soek en wie vir MY weggekruip het. Moenie vergeet nie EK ken julle harte, EK ken julle gedagtes; EK ken julle motiewe sonder dat julle 'n woord spreek. EK, YAHUVEH, wat julle geskape het, ken julle op elke manier. Niks is verborge vir MY nie. Onthou vir Ananìas en Saffìra, hulle het gedink hulle kon vir die RUACH ha KODESH lieg. Soos in die dae van Ananìas en Saffìra so sal dit weer wees. Hulle wat dit waag om MY te bespot, sal gespot word! (Handelinge 5:1-11)

Die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH op Golgota sal of red of deur verloëning of weiering van die geskenk op Golgota sal julle veroordeel word. Een of die ander, vir sommige is die geskenk wat gegee was op Golgota 'n seën en hulle sal die ewigheid in die Hemel ken. Vir ander, sal MY Geskenk wat ek op Golgota gegee het soos 'n vloek wees want hulle het die enigste weg na die Hemel verwerp, die enigste weg tot vergifnis. Sodoende het hulle satan en die hel en alles wat dit bied aanvaar. Wee hulle wat in hierdie eindtye die weë van satan aanvaar en 'n lewe van onheiligheid lewe, want julle lewe sal vrugteloos wees en elke seëning wat julle het sal afgesny word. Maar vir diegene wat probeer om MY Gebooie te onderhou, en geen ander God as YAHUVEH en YAHUSHUA het nie en slegs na die stem van die RUACH ha KODESH luister en nie agter die verleidende geeste aanloop nie. Julle lewens sal vol seëninge op aarde en in die Hemel wees. EK sal julle nooit begewe of verlaat nie. Glo net. Moenie julle geloof weggooi terwyl julle die komende Oordeelsdag sien nie.

* * * * * * *

So is dit geskryf, so is dit gespreek op hierdie 25 Januarie 1999, 12:00 NM. geskryf gespreek deur hierdie Diensmaagd, Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA Messias.

Apostel Elisheva Eliyahu



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred