Profesie 26

Hoor MY, Vrees MY, Glo MY!

Gespreek tot hierdie werktuig van klei, onder die salwing van die RUACH ha KODESH aan Apostel Elisheva Eliyahu 1 Januarie 1999 @ 9:00 NM.

‘n Woord vir 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY woorde verag en met SY profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)

*******

Belangrike Nota Aangaande Hierdie Profesie!

YAHUVEH het dit wat hierdie jaar gebeur het teruggehou! Net soos Jona, was die Oordeel uitgestel en nou in 2001 het dit begin! Bid dat dit weer uitgestel sal word!

* * * * * * *

MY Geliefde, hoor MY Woorde en instruksies vir die komende dae van 1999 en vorentoe. EK hoor hoe MY Kinders uitroep. EK is nie doof, of blind nie, MY hand is nie te kort om julle te bevry van die beproewings wat kom nie. Wandel net deur geloof en nie deur aanskouing nie. Julle natuurlike ore en oë sal julle in die steek laat of julle mislei. Luister nie na die voorspellers van verdoemenis wat sê dat EK MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sal verlaat nie. Staan op MY Woord, glo dit en sê in jou hart "YAHUVEH het dit gesê, EK GLO DIT EN DIT IS DIT!"

In 1999 sal die woorde "Vrees om te Vlieg" 'n nuwe betekenis aanneem. MY Babas en Bruid sal nie vrees nie. Gerugte van oorlog sal nie langer net gerugte wees nie en dit sal meer as een land op 'n slag wees. EK sien en hoor MY Babas, MY Kinders, EK voel julle pyn terwyl julle luister en vreesbevange hardloop in elke rigting of julle is oorweldig en verlam, asof in skok en julle geloof dreineer daagliks oor die wêreld se nuusberigte. Baie van MY Kleintjies is paniekbevange want hulle sê, "ek kan nie YAHUVEH se stem hoor nie." Hulle huil en weeklaag in angs en bid, "Asseblief YAHUVEH, sê my waarheen om te gaan en wat om te doen."

MY Kinders, hoor MY, julle het nie gehoor wat om te doen of waarheen om te gaan nie want dit is nog nie tyd nie. Vertoef nog 'n rukkie langer, EK sal spreek en tot jul Gees bevestig op baie verskillende maniere. EK het nie MY geliefde Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes verlaat nie. EK sal ook nie. Julle name is op MY Handpalms gegraveer.

Baie van MY Kinders probeer MY volgende stap bereken. Het julle nog nie besef MY weë is bo julle manier van dinge doen nie? Daarom is EK die groot God “EK IS” en EK vra niemand om verskoning vir enigiets wat EK doen nie. In 1999 sal julle goed doen as julle leer soos julle lankal moes geleer het om nie op julle eie insig staat te maak nie, maar erken MY in al jul weë, vra van MY en jul Hemelse Vader, Almagtige God YAHUVEH sal julle pad rig.

Hou op om MY te probeer verstaan. Dit is nie julle plek om MY te verstaan nie, eerder is dit EK wat julle elke gedagte, handeling, motief en intensie van die hart verstaan. Julle kry nog net 'n gedagte en voor julle praat, weet EK wat julle sal sê. EK is die pottebakker; julle is die klei, hou op om met MY te argumenteer.

Baie van julle neem besluite wat op vrees gebaseer is. EK het julle nie die vrees gegee van julle Hemelse Vader wat MY Kinders verlaat of vergeet nie. satan het julle hierdie vrees gegee, saam met geeste van depressie en hopeloosheid. Hou julle hoop lewendig; hou julle geloof lewendig deur julle gedagte te hernu. Lees MY Woord. Alles wat EK gedoen het in die tye van ouds.

Sedert die tye van ouds het EK MY Kinders versorg wat MY dien en aanbid, probeer om MY te gehoorsaam, het EK nie? Baie geestelike leiers maak julle bang met feite, hoe MY Kinders terwille van MY gemartel en doodgemaak word. Maar EK sê vir julle nou, ja daar is martelaars, EK het altyd geliefde kinders gehad wat gewillig was om hulle lewens neer te lê terwille van MY. EK sal altyd martelaars hê; hulle bloed is so kosbaar vir MY, soos MY Seun vrywillig SY lewe gegee het op Golgota so vergiet diesulkes ook hul bloed tot MY Eer. “EK IS” wie “EK IS” en EK verander vir geen man, of vrou nie of vir julle seisoene of tye nie.

EK sal diegene seën wat vir MY 'n seën is, diegene vervloek wat vir MY 'n vloek is. Hulle wat MY skande bring sal leef vir ewig afgesny van hul skepper, in pyn en wroeging ongeken. Weereens in 1999 en vorentoe, ‘n nuwe betekenis vir die bogenoemde woorde "EK sal diegene seën wat 'n seën vir MY is en diegene vervloek wat 'n vloek vir MY is.” Hierdie woorde sal deur almal gevoel word. Hoor MY! Vrees MY! Glo MY! EK lieg nie! Wat EK profeteer sal gebeur in 1999. “EK IS” wie “EK IS”, Almagtige God YAHUVEH, die Alfa en Omega, wie die Heilige Goddelike Drie-Eenheid is.

EK sal MY Ware Kinders beloon, wat ywerig daarna soek om MY in alle weë te behaag. EK sal MY Kinders beskerm in 1999 teen die komende beproewings en verdrukkings terwille van MY Eer. Nie terwille van hulle eer nie. EK sal diegene beskerm wat daarop aandring om Heilig te wees soos EK heilig is, Heilig te lewe, Heilig te dink, Heilig te spreek, 'n lewende getuienis vir die heidene. MY Bruid, My Kinders, julle is afgesonder vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Eer alleen. EK hou daarvan om diegene te seën wat hierdie dinge doen.

MY Ware Skape en Lammers sal nooit enige ander god voor MY hê nie. MY Bruid sal dit wat EK as Heilig verklaar het op geen manier inboet nie. MY Bruid sal MY Gebooie eer, insluitende een wat deur menigtes oor die hoof gesien was. Dit was misverstaan, gespot, of die gees van rebellie het ingedring en die harte verhard. Maar MY Bruid sal nou aanspreeklik gehou word terwyl sommige van julle jul koppe in skaamte sal laat sak, onwetend hoe julle MY RUACH ha KODESH bedroef het deur nie MY Sabbatdag Heilig te hou nie.

O maar EK kan julle sien jul koppe skud en sê "Nie ek nie, U praat sekerlik met iemand anders, want ek woon op Sondag kerkdienste by," Elke Sondag, spog sommige selfs. "Maar ag MY liewe kleintjies, DIT IS JULLE WAT MY RUACH ha KODESH BEDROEF HET."

Want het julle nie MY Woord gelees nie, Eksodus 31:12-18: "Verder het YAHUVEH met Mosheh gepraat en gesê : Spreek jy met die kinders van Yiesraél en sê : Julle moet beslis MY Shabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen MY en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat EK YAHUVEH is wat julle afsonder.

Onderhou die Shabbat, want dit moet vir julle afgesonder wees. Hy wat dit ontwy, moet sekerlik doodgemaak word; want elkeen wat daarop werk verrig, daardie siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, afgesonder aan YAHUVEH. Elkeen wat op die dag van die Shabbat werk doen, moet beslis doodgemaak word. En die kinders van Yiesraél moet die Shabbat onderhou deur die Shabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond. Tussen MY en die kinders van Yiesraél is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het YAHUVEH die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het HY gerus en Hom verkwik. En HY het aan Mosheh, toe Hy geëindig het om met hom te praat op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, opgeskryf met die vinger van YAHUVEH.”

Julle werk moet in ses dae gedoen word, maar op die sewende dag moet julle rus, Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Bid en EK sal julle wys hoe om hierdie dae af te sonder en julle leer om in MY te rus en julle sal MY stem hoor, bemoedig word, verkwik op 'n nuwe manier, geseënd en beskud teen julle vyande. Het EK nie gesê EK is die groot God, “EK IS” nie? en EK en MY Woord verander nie, vir geen man of vrou nie, of tyd of seisoen nie.

Julle geestelike leiers wat dit nie onderrig het nie moet bekeer. Draai weg van hierdie boosheid om dit te doen volgens die manier van mense met mensgemaakte leerstellings. Weer sê EK, MY weë is hoër as julle weë. Vlug weg van enige geestelike leier wat weier om MY Heilige Woord sonder toegewings te onderrig. Weer sê EK, vlug. Dit is by verre beter om die waarheid by hierdie diensmaagd te leer as om te sterf in daardie leuen. Oefen nou om MY Sabbatdag heilig te hou. Die swaar tye kom nader en julle sal aanspreeklik gehou word vir dit wat julle nou weet. Julle het nie meer enige verskonings nie.

Weereens, julle wat MY ware Babas en Bruid is sal nooit enige ander gode voor MY hê nie. MY Bruid sal MY eer deur MY Sabbatte Heilig te hou. Sê nie watter Sabbatdag nie want EK het duidelik vir julle gesê dit is nie Sondag nie. MY noukeurig uitgesoektes het dit al die tyd geweet. Elke dag moet julle MY aanbid en erken, maar op die Sabbatdag, Vrydag sononder tot Saterdag sononder, moet julle rus, leer van MY, want op ‘n jaloerse manier wil EK julle op daardie dag hê om net MYNE te wees op die dag wat EK MY Sabbat noem.

Die wêreld beskou dit as dwaasheid en dink dit is hulle dag om te sondig en jolig te wees of te werk; in plaas daarvan sal MY Mense weier om te werk en jolig te wees. En bewys dat die dae van die mense dwaasheid is asook om vir MY mense te vertel om ‘n Sabbat-onderhouer te wees is dwaas. Tog is dit MY Heilige Dag en satan het julle godsdienstige sisteem gebruik om MY op daardie dag te bespot.

EK wil julle bemoedig. Diegene wat Sabbat-onderhouers genoem word, julle is MY WARE BRUID. Julle geur is aangenaam in MY neusgate, maar deur net 'n Sabbat-onderhouer te wees sal julle nie red nie. Dit moet gekombineer word met aanvaarding van YAHUSHUA as MESSIAS. Terwyl die sondige wêreld waarin julle leef aanhou om rebellie te onderrig, MY Tien Gebooie te ruïneer of te verander, soos in die dae van Moses sal EK wys wat EK doen met 'n volk met 'n rebelse hart.

Menigtes wat beweer om gelowiges in YAHUSHUA en YAHUVEH te wees breek weereens die twee kliptafels soos Moses gedoen het, maar hierdie keer op 'n ander manier. Want die rebelse kinders breek MY hart wanneer hulle MY gebooie breek en sê om die Sabbat heilig te hou is nie meer belangrik nie. Die kliptafels is die koue klip harte ver van MY, onverskillig teenoor MY Gebooie. Geestelike leiers herskryf MY Gebooie wat EK aan Moses gegee het, bespot hulle, en verbreek dit soos hulle verkies het. God-speel aangaande dit wat geskryf was en hulle idee is agter die betekenis van MY gebooie.

Wat is 'n gebod? Dit is presies dit, 'n gebod, 'n wet, opdragte georden uit die Hemel van YAHUVEH. Dieselfde gebooie op aarde word gevolg in die Hemel. Soldate neem opdragte van die opper bevelvoerder, maar tog bevraagteken MY soldate MY wanneer EK opdragte gee.

Hoekom is dit so? Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat die Rooi-See gekloof het nie? Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat vir Noag en Moses voorsien het nie? Het EK nie 'n engel gestuur om die bek van die leeu vir Daniël toe te sluit nie? Het EK nie vir Sadrag, Mesag en Abednégo in die gloeiende vuuroond beskerm nie? Kan julle glo dat EK dit weer sal doen? Dit is die geur van MY soete salwing wat verhoed het dat hulle na rook geruik het. Bid en glo in geloof dat EK julle daarvan sal weerhou om te buig voor ander vals gode.

Stel MY eerste in al julle weë soos hierdie drie Hebreeuse kinders gedoen het. Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat 'n vrou genaamd Debora as ‘n rigter gebruik het om duisende te verslaan, MY vyande na die graf en die put van die hel te neem nie? Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat 'n skaapwagter-seun en een klein klippie gebruik het om te veroorsaak dat Goliat vir altyd val nie? Is EK nie dieselfde groot God “EK IS” wat die bose Farao vervloek het nie? EK het hom geskape vir vernietiging om te bewys “EK IS” wie “EK IS”.

Niemand onderdruk of probeer om MY Uitverkorenes, MY Noukeurig Uitgesoektes in besit te neem wat MY aanbid en dien en YAHUVEH en YAHUSHUA bo alles stel nie. Hulle wat MY Noukeurig Uitgesoektes vervloek sal EK vervloek. Diegene wat dit waag om MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes dood te maak, te martel, te onderdruk, probeer beset en probeer stilmaak. EK sal hulle terugbetaal soos in die dae van Dawid en Goliat, soos in die dae van die bose Farao. Hierdie komende jaar van 1999 wat julle oor gelees het in die verlede, dit sal EK weer doen. Julle sal MY groot hand van toorn of genade sien almal sal die realiteit sien van watter God hulle gedien het.

Hierdie geestelike leiers wat apostels, profete, leraars, predikers en evangeliste is wat sê dit maak nie saak watter dag die Sabbat genoem word nie, leer vir MY mense ‘n leuen. Hulle wat sê dat YAHUSHUA die Sabbat is, maar met die volgende asem hulself veroordeel deur te sê ons behoort elke dag YAHUVEH en YAHUSHUA te dien, dit is waar, ahh, maar luister na die volgende woord om die Gees te toets wat praat met diegene wat verklaar dat hulle MY ken en MY nogtans nie ken nie, nou is hul kans om te bekeer en die waarheid te onderrig want hulle sê enige dag kan die Sabbat wees.

EK sê nou vir julle satan het MY Dag van aanbidding en rus gesteel, plaasvervang met 'n dag wat gerieflik is vir die mensdom! 'n Dag wat die mens verklaar het en nou skryf hulle weer bevele om te aanbid en te rus op dit wat nou Sondag genoem word. Maar EK het bepaal, en MY uitverkorenes en noukeurig uitgesoektes ken die dag van rus. Dit is nie bedoel om 'n gerieflikheid vir die mensdom te wees nie, maar 'n seën vir die mensdom en MY, YAHUVEH. Dit is nou 'n dag wat julle net inpas by julle besige werk en speelskedule.

Hulle het selfs die begin en einde van die week verander om by hulle skedule in te pas. Selfs diegene wat nie MY Seun YAHUSHUA as hul MESSIAS aanvaar nie, aanvaar en eerbiedig MY Sabbatdag as rus en hou dit heilig. En hulle het meer guns in MY oë as julle wat julself MYNE noem, en tog MY Seun as MESSIAS aanvaar, maar dit waag om MY Gebooie te herskryf. HOOR MY! VREES MY! GLO MY! Wraak is MYNE, sê YAHUVEH.

Julle, wat onder die geestelike leierskap is wat weier om MY Woord te verkondig sonder om 'n jota of titel weg te laat, pasop. Vlug, uit hierdie kerke, van vandag af en vorentoe sal julle saad saai in vlak harde grond. MY RUACH ha KODESH sal weggeneem word uit hierdie plekke. Wat julle in onkunde gedoen het, sal EK vergewe. EK sal julle geestelike leiers vergewe as julle sal bekeer en onderrig en doen wat reg is. In hierdie komende jaar van 1999, sal baie kerke verlate sit, want oordeel het gekom na die huis van die Here.

HOOR MY! VREES MY! GLO MY! EK is nie 'n God wat bespot moet word nie! Toe EK klaar met Moses gepraat het op die Berg Sinai het EK hom die twee kliptafels gegee gegraveer met MY vinger, die wette van YAHUVEH. Nietemin waarom het so baie die leuen geglo dat YAHUSHUA die Tien Gebooie gekanselleer het? Baie onderrig dat die verbreking van die Tien Gebooie nie meer sonde is nie. In elkgeval, YAHUSHUA het die prys betaal sê hulle. Hierdie bose geestelike leiers verdraai MY Woord; leer MY Mense om die Tien Gebooie te gehoorsaam is onmoontlik.

Moenie vergeet dat EK MY RUACH ha KODESH binne-in julle geplaas het wat 'n uitkoms bied vir elke versoeking wat julle in besit neem nie. Ander bose leraars sê om die minste van die gebooie te verbreek is nie sonde nie. Hulle vergeet om een te breek is om almal te breek. Die mens het die gebooie genommer 1-10, EK sê "Hoekom sê julle dat julle MY liefhet en gehoorsaam MY nie? Sal EK vir julle gebooie gee wat onmoontlik is om te onderhou?” Onderhou MY gebooie; pas dit toe, moenie regs of links daarvan afwyk nie. Om waarlik julle Skepper en julle MESSIAS, YAHUSHUA lief te hê is die essensie van die wet.

MY Babas en Bruid het almal MY wette gebreek en niemand kan anders sê nie, of hulle lieg. Dit is voordat julle YAHUSHUA aangeneem het as MESSIAS. Nou het julle MY RUACH ha KODESH wie julle oortuig en herinner as julle voete links of regs afdwaal. In hierdie jaar 1999, sal die Goddelikes MY teenwoordigheid uitstraal in hulle spraak, handelinge; selfs hul gesigte sal skyn met MY RUACH ha KODESH. Ook in 1999, vanaf hierdie tyd vorentoe, sal die goddelose goddeloser word.

Diesulkes sal word soos die seun van verderf en sal 'n glans manifesteer ook soos die engel van lig wat eens Lucifer genoem was of die aangesigte van die goddelose sal word soos 'n donker mistigheid. Terwyl MY Seun die aarde nader, sal die skeiding tussen MY skape en satan se bokke duideliker word. Die aarde sidder in groot angs oor die komende oordeel. Die hel stu gesmelte lawa voort. Die Poel van Vuur is MY toorn wat oorloop. Hel is deur MY toorn aangesteek. Die rivier van lewe vloei voort uit MY troon met groot liefde en genade. Vir MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sal 1999 'n jaar vol verlossing wees vir hulle wat MY eerste stel. MY Kinders sal groot seëninge ken omdat hulle onverskrokke MY Sabbat Heilig hou en diegene wat die belangrikheid daarvan ken om MY Gebooie te onderhou. MY Kinders weet ook dat indien hulle teen MY sondig en bekeer; wegdraai van daardie sonde sal slegs YAHUSHUA se Heilige Bloed gestort op Golgota hulle weer skoonwas.

In 1999 sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes MY liefdevolle hand van verlossing sien uitreik uit die Hemel en aanskou hoe YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes verlos, doen wat andersins as onmoontlik beskou was. Luister en leer hoe in 1999 om nie te vertrou op die natuurlike nie, maar vertrou eerder dat YAHUVEH en YAHUSHUA bonatuurlik vir julle sal voorsien!

EK, die Here julle God YAHUVEH is nie beperk om dinge te doen volgens die mens se manier van voorsiening vir julle nie. Want EK het die ganse Hemel tot MY beskikking. Want die van julle wat geloof kortkom, kan julle verduidelik hoekom die son warm is? Wie veroorsaak dat die ys koud is? EK sal bewys dat dit wat EK gespreek het sal gebeur. EK spreek dit deur MY ware Profete en Apostels en hierdie is net die begin.

Beginnende in 1999, sal EK meer onbeskroomd, harder, meer dikwels voortspreek, terwyl MY SEUN YAHUSHUA naderkom. Niemand sal kan sê EK het nie gewaarsku nie. Tekens in die lug en vreesagtigheid vir dit wat niemand gedink het om te vrees nie. Selfs ateïste sal sidder oor dit wat EK in 1999 en 2000 gaan doen. Maar onthou, nie al die toorn wat julle gaan sien sal van MY af kom nie. satan is baie kwaad, sy tyd is kort. satan sal sy diensknegte uitstuur en steel, moor en vernietig in 'n groter mate. Wat satan nie kan bereik, in satan se naam nie sal hy mislei en bereik deur MY Seun, YAHUSHUA s’n (satan sal die naam van Jesus gebruik om biljoene te mislei gedurende die Groot Verdrukking). satan sal selfs mislei deur MY Naam YAHUVEH te gebruik.

Julle, MY Babas, Bruid, Uitverkorens en Noukeurig Uitgesoektes sal die boosheid herken wat gedoen word in die naam van wetenskap, regering en godsdiens. Hoor en vrees, julle vyande van die Evangelie van YAHUSHUA, EK sal altyd 'n volk hê! MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes as EK sê VLUG sal dit wees soos toe EK die Rooi-See geopen het en EK sal julle die weg wys. MOENIE VREES NIE, VLUG NET! Soos Lot gevlug het, MOENIE TERUGKYK NIE!

Aan die einde van 1998 het baie gedink dit was 'n moeilike jaar, julle, wat saam 'n heildronk gedrink het, die einde van die jaar 1998 gevier het, die minute afgetel het totdat dit verby was, weet nie dat EK ook getel het nie, MY woede teruggehou het ter wille van siele nie.

Eendag sal julle verlang om 1998 weer te sien, julle sal jammer wees dat julle MY Seëninge

weggegooi het. Julle sal spyt wees omdat julle nie gehoorsaam was nie. Julle sal spyt wees omdat julle nie saad gesaai het vir die moeilike dae vorentoe nie. MY Ware Kinders sal opstaan in oorwinning, want hulle het alles gegee, hulle hou niks terug nie. Selfs as dit nodig sou wees, sou hulle hul lewens vir MY gee.

Want uiteindelik sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes die hand van YAHUVEH en YAHUSHUA sien bevry en die Goliatte van hierdie wêreld verslaan, veroorsaak dat hulle vyande in sewe verskillende rigtings vlug. MY Kinders wat MY kan vertrou in hierdie nuwe jaar van 1999, in 'n wêreld wat lyk asof dit gevul is met chaos, maar tog te midde van daardie chaos, sal MY Kinders die vrede aanvoel wat alle verstand te bowe gaan. MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sal meer seëninge, wysheid, kennis, openbarings hê om te weet hoe om die vyande se lokvalle te ontduik.

MY Kinders sal soos 'n Joshua wees en aanskou hoe die vyande en hulle mure van boosheid inmekaar tuimel op hierdie bose mense. Hierdie jaar 1999, veral in die middel, sal julle sien en onthou wat op hierdie dag 31/12//98 deur hierdie diensmaagd gespreek was. Nog een ding, alhoewel hierdie diensmaagd van Joodse afkoms is, beide moeder en vader, en EK spreek dit nie tot haar voordeel nie, maar vir ander. Dit is nie of julle 'n Jood of 'n heiden is wat julle sal red nie, maar veel meer het julle MY Seun YAHUSHUA as MESSIAS aanvaar? Het julle 'n Bloedoortapping gehad van YAHUSHUA se gestorte Bloed op Golgota?

Moenie soos die sinagoges van satan wees nie, wat verklaar dat hulle MYNE is en nogtans nie MY Wette en Sabbatte onderhou nie en nie waarlik die geskenk van YAHUSHUA op Golgota aanvaar het nie. MY Joodse mense onderhou MY wette en Sabbatte, en tog weier hulle YAHUSHUA as MESSIAS. Daar sal geen ander MESSIAS wees nie!

Julle wag tevergeefs ten koste van julle siele. EK spreek dit onbeskroomd deur hierdie diensmaagd, wie EK persoonlik na Israel en Jerusalem en ander dele van die wêreld sal stuur om hierdie boodskap af te lewer, in MY liefde nie net hare nie, soos EK ook my ander diensknegte gestuur het om vir die Joodse mense te sê, "Julle bemin en aanbid en dien YAHUVEH, julle probeer selfs MY wette, feeste en Sabbatdag onderhou, maar tog kan dit alleen niemand red nie, hetsy hulle Jood of Heiden is.

Wees gewaarsku, julle het net die helfte van MY lief as julle nie MY Seun YAHUSHUA erken, aanvaar as die enigste MESSIAS nie, vir beide Jood en Heiden. Die enigste deur hemel toe! Die enigste middelaar voor MY, YAHUVEH, die Vader. Al julle offers was tevergeefs gedoen, vir almal wat nie MY Geskenk op Golgota aanvaar het nie, YAHUSHUA is SY Naam!

Moenie MY boodskappers haat wat EK uitstuur met hierdie boodskap nie, wees eerder lief vir MY boodskappers wat julle lief genoeg het terwille van julle siele vrymoedig die waarheid gespreek het ten spyte van die koste van vervolging. Dit sou vir hulle makliker gewees het om stil te bly, maar EK sou nie toelaat dat hulle lippe stilgemaak word nie, want EK het MY Joodse mense lief. Wat sal dit verg vir julle om jul God YAHUVEH se geskenk raak te sien wat EK gegee het op Golgota?

satan wil wetgewers hê om MY boodskappers stil te maak wat gestuur is met hierdie boodskap. Hulle lewens is in gevaar, maar daar was altyd 'n hoë prys om MY Woorde voort te spreek sonder toegewings. 1999 sal 'n jaar wees waar MY ware diensknegte sal staan en aan die wêreld sal sê "EK het besluit om YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH te volg." Die woord tydig en ontydig te preek, in oorvloed of gebrek, in waarheid sonder ENIGE VREES EN GEEN KOMPROMIE!

Daar is 'n geestelike leier, met 'n ander geestelike leier wat nog kom, wat op 'n groot troon sit, hy dra 'n kroon van juwele, hou 'n staf in sy hand, mense buig laag voor hom, aanbid, eerbiedig hom, wette word uitgevaardig deur hierdie ongoddelike mensgemaakte koning wat deur die Romeinse Ryk geskep is. En onverskrokke deur MY diensmaagd spreek EK en sê, "Julle sal in 1999 sien hoe hierdie sogenaamde onheilige koning MY gebooie herskryf en 'n ander god voor die mense bring. Hierdie keer 'n vrou wat 'n godin moet wees. Dit word gesê sy is deel van die godheid, maar IS DIT NIE!

PASOP wanneer hulle die naam Maria by die Vader, Seun en HEILIGE GEES voeg. Pasop vir die leerstellings van mense. Daar is slegs een Godheid, die Groot God “EK IS” YAHUVEH, WIE julle Skepper en Hemelse Vader is en YAHUSHUA, MY Seun WIE julle MESSIAS is en die RUACH ha KODESH! GEEN ANDER NIE! Daar is GEEN ander middelaars in die Hemel nie. Alleenlik deur na MY toe te kom in die NAAM van YAHUSHUA sal EK julle aanhoor. Vir diegene wat weier om dit te glo, wat sal julle doen wanneer julle uitvind dat al julle offers, gebede in die name van ander Heiliges tevergeefs was.

Dit is satan wat julle mislei het. Want julle het ander gode voor MY gestel wat hoegenaamd geen gode is nie! Wat sal julle sê wanneer julle voor YAHUVEH en YAHUSHUA staan en uitvind dat daar geen Vaevuur-reiniging is nie, net Hemel of hel en dat julle nie iemand uit die hel uit kan bid nie ongeag hoeveel kerse julle aansteek. Julle kan nie vergewe word nie ongeag hoeveel Hail Mary's julle opsê nie. In julle sterwens-uur, hou op om die naam aan te roep van MY SEUN se moeder, Maria, sy kan julle nie help nie, alleenlik die NAAM van YAHUSHUA kan. Dit was nie haar bloed wat op Golgota gestort was nie, maar MY Seun YAHUSHUA se Bloed wat op Golgota gestort was. Dit is die enigste versoening vir sonde.

MY Geliefde Kinders, wat MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes is, die heidene noem julle nougeset wanneer julle sê dat daar net een weg is na die troon van God die Vader en slegs in een NAAM, die NAAM van YAHUSHUA, waarin EK gebede sal beantwoord. Sê julle vir hulle, "Ja, ek is nougeset want die Woord van YAHUVEH kan nie lieg nie en YAHUVEH sê alleenlik in die NAAM van YAHUSHUA sal EK julle gebede verhoor en die weg na die Hemel is smal en die weg na die Hel is breed!"

Sê julle vir hulle "Dit is die vrysinniges wat sal op-eindig om foltering te ly, eers in die hel, en dan in die Poel van Vuur! Omdat julle YAHUVEH en YAHUSHUA en hulle liefhet waarsku hulle, MY Kinders! Wees lief genoeg vir hulle om hul woede op die hals te haal. Wees lief genoeg vir hulle om 'n aanstoot te wees. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH praat die waarheid, wat die meerderheid nie wil hoor nie en ONS is 'n aanstoot vir vele.

1999 is nie net 'n jaar vir groot bevryding nie, want dit sal kom na MY Mense toe, onthou 9 is die nommer wat bevryding simboliseer en julle het dit driemaal. 3 maal is die getal van MY Drie-Eenheid, daarom het julle volkome harmonie, Vader, Seun en Ruach ha Kodesh. Pasop, satan sal 1999 vat en die rigting omdraai, en dit onderstebo draai en dit sal 6661 wees. Soos hy alles vat wat Heilig is en dit vervals deur dinge agterstevoor te doen, selfs MY Heilige gebede verdraai in sy satanistiese dienste. So hierdie jaar 1999 sal vol wees van satanistiese krag. Julle sal die krag gemanifesteer sien van satan, die antichris en die vals profeet, die onheilige drie-eenheid, deur die gebruik van wetenskap, regering en godsdiens en mensgemaakte leerstellings om baie te mislei.

satan sal die wetenskap gebruik en sê dit word gebruik ten goede, maar in plaas daarvan pasop dit word gebruik vir boosheid. Wees weereens gewaarsku, dit is ook vir die regering, godsdiens en liefdadigheidsorganisasies. Bose dinge sal gedoen word in die naam van God en erger. MY Geliefdes, julle kan nie sê EK het nie MY Profete en Apostels gestuur om julle te waarsku nie, sodat julle nie in die vyand se strikke sal val nie.

Want die mense wat sal lewe om die einde van 1999 te sien, selfs die ateïste en heidene sal moet erken, tekens, wonders en wonderwerke, verlossingskrag, het diegene gevolg wat in MY glo, MY dien, en aan hulle geloof vasgehou het, in gehoorsaamheid aan MY en as gevolg daarvan sal menigtes gered word, want hulle het hul geloof in YAHUVEH en YAHUSHUA behou en moedig voortgespreek dat hulle God hulle sou red. As gevolg van hulle moedigheid, sal menigtes hoor en gered word.

As gevolg hiervan sal baie hoor en verdoem word. Want die heidene sal steeds YAHUSHUA as MESSIAS verloën en aanspreeklik gehou word selfs nadat YAHUSHUA sy verlossingskrag bewys het vir alle oë om te aanskou. Sê nie soos die heidene sê, "Gelukkige Nuwejaar!" nie. Want die heidene weet nie wat kom nie! Maar o MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes, julle het niks om te vrees nie.

Die heidene se weë is nie MY Kinders se weë nie. EK is die God van die verlede, hede en toekoms en al wat MY Kinders moet doen is om soos 'n klein lammetjie of skaap te wees, vertrou die herder, hulle is nie gekwel of verknies nie, hulle het geloof in die goeie herder om vir hulle te voorsien. Dit is al wat EK van julle vra, hou styf vas aan julle geloof in 1999 en moenie laat los nie. EK sal julle bevry.

* * * * * * *

Gespreek deur die salwing van die RUACH ha KODESH deur hierdie werktuig van klei, maar ‘n magtige vegter in die Naam van YAHUSHUA, Eerw. Elisheva Eliyahu, 1 Januarie 1999



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred