Profesie 21

Is Julle Gereed Vir 'n Skok? Gabriël Het Sy Ramshoring Geblaas!

Luister na hierdie Profesie gelees deur Apostel Elisheva Eliyahu 7 Augustus 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Daniël 12:1 En in daardie tyd sal Migaél, die groot heerser wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op daardie tyd nie; maar in daardie tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boekrol opgeskryf staan.

12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot oneer, vir ewig afgryslik.

12:3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die lugruimte, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altyd.

Gespreek/ geskryf onder die salwing van die Heilige Gees deur

Apostel Elisheva Eliyahu

7 Augustus 1998

* * * * * * *

SKREE DIT VAN DIE INTERNET AF! SKREE DIT VAN DIE HUISE SE DAKKE AF!

PROKLAMEER DIT IN DIE STRATE, EN KERKE! RADIO en TELEVISIE!

YAHUSHUA MESSIAH IS OPPAD!

Gabriël het sy basuin geblaas! Die klankgolwe is geblokkeer met die verwoede oorlog wat nou in die Hemele aan die gang is. Mìgael en satan en die engeleskare veg, goed teen kwaad, maar goed triomfeer atyd. Daar is diegene wat die ramshoring gehoor het en hulle wat nie het nie.

Maar EK sê vir julle EK het die waarskuwing gegee aan hulle wat die ramshoring gehoor het, alhoewel Gabriël se ramshoring tot dusver slegs deur 'n PAAR gehoor was, was dit alleenlik om MY Bruid voor te berei want haar Bruidegom kom. Moenie bekommerd wees dat jy nog nie die basuin van Gabriël gehoor het nie want dit is nog vir 'n bepaalde tyd. Selfs die klankgolwe kan slegs geblokkeer word vir 'n vasgestelde tyd. Want is EK nie die een wat weet hoe ver die Hemel van die Aarde af is nie? Selfs die berekeninge hiervan het EK vooraf bepaal.

Doen vining waarvoor EK jou bestem en geroep het om te doen. Diegene wat EK finansieel geseën het, wanneer EK terugkom en EK vind julle het julle geld opgegaar vir ‘n reëndag en die profete en apostels gebrek laat ly wat die profetiese woorde oor die wêreld moet voortspreek en vertel van MY wederkoms en die noodsaaklikheid om gereed te maak.Wee hulle wat dit gedoen het.

Wee hulle wat MY Apostels en Profete gemuilband het of probeer muilband of ontmoedig of verhinder het om voort te spreek. Wee hulle wat MY Apostels en Profete gespot en mishandel het omdat hulle hierdie voortgespreek het. Julle is gewaarsku, vertel dit nou aan ander. EK het dit eerstens aan MY diensmaagd [Elisheva Eliyahu] vertel en vir haar gesê om die Gees wat praat te toets en om dit gaandeweg vir ander te vertel. Sy sou die bevestiging kry wat sy gesoek het, van diegene wat sy nie geken het nie maar EK het geweet dat hulle ore het om te hoor. Hierdie het teen haar leerstellings en oortuigings ingedruis wat sy geleer was wanneer Gabriël die basuin geblaas het. Dan sal julle wat nog leef opgeneem word om MY in die lug te ontmoet.

Hierdie is waar maar wat julle nie weet nie is openbarings wat EK nou deur hierdie diensmaagd openbaar. Dit sal teen julle godsdiens indruis, ja, en julle leerstellings. Maar MY Woorde is betroubaar en waar. Daar is 'n tydsverloop tussen hierdie gebeurtenisse. Eerstens blaas Gabriël die ramshoring, dan 'n groot oorlog in die Hemele wat hierdie aarde reeds sien, die weerlig en die gebrul van MY donderweer hoor. Hierdie aarde voel alreeds die kataklismiese skokgolwe soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die Hemele gee geboorte aan die Seun van YAHUVEH se wederkoms!!! Die Hemele trek krampagtig saam soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die aarde sal hierdie kontraksies sien en voel net soos 'n vrou wat geboorte skenk. Daar sal orkane, tornados, vulkane en aardbewings wees en hulle omvang sal hewiger word terwyl MY koms nader.

Julle het altyd hierdie dinge gehad, dit is waar, maar nou sal julle 'n verandering sien in die atmosfeer, want EK alleen is die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH en EK sal bewys dat julle nie die kalender kan vertrou om te sien watter seisoen sal verskyn nie. Neem kennis van die planete terwyl EK dit wat julle geglo het verskuif en wys wat julle nog nie gesien het nie.

Neem kennis van die son en die maan en die sterre want weereens het EK verrassings gebêre vir hierdie aarde. EK sal bewys dat EK alleen ALMAGTIGE YAHUVEH is! Ek sal verskaf EK sal nie langer bespot word nie. Dit wat die heidene gesê het onmoontlik is, sal EK wys dat met ALMAGTIGE YAHUVEH is alle dinge moontlik. Die heidene se gode sal verkrummel tot puin. Die aarde sal oopgaan en vir Boeddha insluk. EK sal bewys in watter pieperige gode die heidene hulle vertroue gestel het. EK sal geen ander gode voor MY hê nie. Diegene wat ander gode aanbid sal saam met hulle gode sterf behalwe as hulle vandag bekeer. Môre mag dit te laat wees! Julle was gewaarsku! Enigiets wat julle voor YAHUSHUA ha MASHIACH stel is 'n god. Hetsy dit 'n persoon, plek of ding is. Enigiets wat julle liewer het as vir MY, sal EK verwyder. Nahum 1 sê duidelik EK is 'n jaloerse GOD.

Julle sal sien hoe EK my vyande beveg en vernietig. EK sal diegene afsonder wat aan MY behoort, in hul verstand, liggaam, geeste en siele. EK weet wie waarlik vir YAHUSHUA aanbid en wie waarlik die RUACH ha KODESH het om dit te bewys inwonend in hierdie aardse werktuie. EK word nie mislei deur herhalende woorde of aksies of 'n godsdiens nie. EK was bespot en ALLES wat heilig is was bespot, en MY Naam word verdoem, herhaaldelik vervloek op julle luggolwe, in liedjies, op televisie en selfs in huise waar MY Kinders woon. In 'n land wat afgesonder is vir MY heerlikheid. 'n Klein babatjie tog so onverskrokke en parmantig om vir die Skepper te sê "In GOD we Trust" en MY nogtans bespot deur MY RUACH ha KODESH nie toe te laat in hulle skole, howe of regering nie, EK sal die Hooggeregshof wys wie alleen Oppermagtig is. EK sal vir Amerika wys wat gebeur met 'n baba wat sê gaan weg, ek het nie meer hierdie Vader YAHUVEH nodig nie.

EK sal Amerika wys en haar gebruik as ‘n voorbeeld want EK het MY ergste gehou vir laaste. Julle straf is besig om opgehoop te word. Die arend sal die land wat dit moes bewaak, opvreet! O! O! Maar EK kan MY Babatjies, MY ware Babatjies, MY Kinders, hoor, beide klein en volwasse, beide wat vleis eet en steeds aan die melk van MY bors drink. En hulle sê, "Nie ek nie, sekerlik nie ek nie, ek bly in Amerika wat sal van my word?" Trane stroom uit sommige van julle se oë in vrees, ander knip die trane weg.

Hier is wat EK sê vir diegene wat MY RUACH ha KODESH het en MY eerste stel en nie skaam is vir die NAAM van YAHUSHUA of om 'n wedergebore, RUACH ha KODESH gevulde Christen genoem te word nie. Luister mooi en hulle wat MY stem ken sal 'n vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan en weet dit is EK, julle Meester YAHUSHUA ha MASHIACH, wat hier voortspreek uit hierdie diensmaagd tot die wêreld!

Hier is wat julle Verlosser YAHUSHUA spreek tot SY kinders gevul met MY RUACH ha KODESH, luister mooi en vertel vir almal wat wil luister. Soos in die dae van Moses, so sal dit weer wees. EK sal die Israeliete en die Egiptenaars skei.

MY seëninge en MY vloeke, seëninge vir diegene wat MY gehoorsaam en vloeke vir hulle wie ongehoorsaam is aan MY. Het EK nie 'n plek vir hulle voorberei, toe die bose Farao dit onmoontlik gemaak het om daar in die heiden land te woon nie? Gebeur dit nie ook nou in Amerika nie? Sien julle nie ook hoe die bose faraos verrys in die vorm van regering besig om julle Christelike vryhede weg te neem nie? Wette uit te vaardig wat sê julle mag nie praat teen dit wat EK 'n gruwel noem nie. Julle dwing om vir hierdie gruwels te betaal met belastinggeld wat EK nie beskik het vir julle om te betaal nie. Lewenswyses wat EK eenvoudig in MY Woord gesê het is ‘n gruwel vir YAHUVEH.

Julle woon in 'n land in Amerika waar MY NAAM konstant bespot en vervloek word. Die verdoeming val net terug op diegene wat MY NAAM verdoem vir wins. EK sal julle nie hiervoor vergewe as hierdie akteurs nie trane van berou stort en voor die mense bely dat hulle gesondig het nie. Het EK nie 'n veilige plek vir Lot voorsien wat moes vlug nie? Net Lot se vrou wat omgekyk het was vernietig. Want sy het verlang na die lewenswyse waarvan sy weggevlug het. Daarom het EK vir haar dieselfde loon gegee. Vernietiging!

Het Ek nie 'n veilige plek vir Noag voorsien nie? Hoekom sal EK nie 'n veilige plek voorsien vir MY Kinders gevul met MY RUACH ha KODESH nie? Hoekom sal julle MY Liefde betwyfel as hulle nie het nie?

O, hoe bedroef julle MY wanneer julle dit doen. Is EK nie instaat om almal op hierdie aarde te versorg wat aan MY en MY Vader behoort nie! Hou op om MY te betwyfel! Het EK nie in die tyd van Moses selfs die Heidene forseer om hulle silwer en goud op te gee nie sodat diegene wat heilig was nie met leë hande en armoedig vertrek het nie? Die rykdom van die goddelose word opgegaar vir die regverdiges.

Moenie na die ekonomiese wee luister nie. Dit is die heidene se wee, nie MY Kinders se wee nie. Tot Eer van YAHUSHUA, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH, sal EK MY Mense seën op maniere waarvan hulle nooit gewaag het om te droom nie, nie vir hulle selfsug nie. EK gee dit sodat MY Apostels en Profete vir die wêreld kan skree, Gabriël het sy ramshoring geblaas.

Kinders wat MY stem hoor EK beveel julle om MY Apostels en Profete te ondersteun wat dit waag om met vrymoedigheid te spreek. Dink julle dit is nie Skriftuurlik nie? Het EK nie 'n klein weduwee vroutjie voortbeskik met net genoeg om 'n broodjie vir haar en haar seun te bak vir 'n laaste maaltyd, om MY Profeet van Ouds Elia te voed nie? Maar sy het geglo dat wanneer jy 'n Profeet seën so sal jy voorspoedig wees. Op vele maniere buiten die finansiële het EK daardie weduwee geseën.

EK het selfs dat Elia van Ouds haar seun se lewe red, hom teruggebring uit die dood. MY Profete sal nie instaat wees om te werk soos julle werk nie, want wie wil 'n persoon in diens neem wat die stem van YAHUVEH kan hoor? Hulle sal vir hulle lewens vrees, en ook dat hulle sondes ontbloot word. So voed MY Apostels en Profete soos julle MY ander bedieninge gevoed het. Wanneer julle die apostels en profete se monde snoer deur vir hulle te sê hulle is nie belangrik genoeg om te ondersteun nie, maak julle MY Stem stil wat gehoor moet word op hierdie aarde in ‘n luide, suiwer, vrymoedige stem.

Dit is die ware apostels en profete wat hulle lewens daagliks op die altaar lê, wat gehaat en verwerp word terwille van MY NAAM maar hoe min van julle ondersteun 'n apostel of profeet. Hulle ly gebrek terwyl julle dít ondersteun wat julle as waardiger bedieninge ag.

GABRIËL HET DIE RAMSHORING GEBLAAS! DIE KLANKGOLWE IS GEBLOKKEER TOT DUSVER, AS GEVOLG VAN DIE VERWOEDE OORLOG IN DIE HEMELE, MAAR O NOG SO 'N KORT TYDJIE EN DIE EEN VIR WIE JULLE WAG SAL VERSKYN VIR SY BRUID! SAL JULLE GEREED WEES? SPREEK VOORT DIE GEHEIME WAT EK VIR JULLE VERTEL IN ONVERSKROKKENHEID!

Ondersteun die bedieninge, al lyk hulle minderwaardig teen die groteres met volop finansiële ondersteuning, dink julle EK sal julle seën omdat julle vir die bedieninge gee wat nie julle geld nodig het nie. Julle geld maak hulle net gulsiger en kragtiger in hul eie naam, vir hul eie roem. EK beveel julle om aan die Profete en Apostels te gee wat op MY staatmaak om hulle te ondersteun deur die saad te stuur deur MY Mense, die een tot wie EK hierdie spreek weet nie eers waar die volgende doller vandaan gaan kom nie, maar sy vertrou MY en EK sal voorsien.

Want deur dit te waag om te spreek wat EK nog deur geen ander Profeet tot dusver gespreek het nie, sal MY Dogter [Elisheva Eliyahu] vervolg word omdat sy dit voortspreek, en selfs gespot word deur haar eie tydsgenote. Groot sal hul toorn wees omdat hulle dit doen, en groot sal haar beloning wees om te spreek wat sy nie langer kan verswyg nie. In die tyd van Moses, het EK nie vir die Kinders van Israel voorsien nie? Nogtans het kinders van Israel hulle ondankbaar gedra.

Maar al MY Kinders tree een of ander tyd dieselfde op. Hoeveel van julle neem jul seëninge vanselfsprekend wat EK daagliks gee? Maar net soos julle jul kinders vergewe as hulle julle nie elke dag bedank omdat julle hul versorg nie, so vergewe EK julle omdat julle ook vergeet. In die tyd van Moses het EK nie water uit 'n rots voorsien vir hulle dors nie, 'n harde droë rots? Nogtans het dit MY Lewende Waters laat voortvloei wat hulle onderhou het. MY Kinders was dors daarom het EK vir hulle water uit 'n rots gegee en EK kan dit weer doen en EK sal, EK is GEEN aannemer van persoon nie.

Glo net en glo dat EK apostels en profete sal oprig en opgerig het wat al hierdie dinge sal doen en nog meer. EK SAL DIT WEER DOEN! Hulle wat nie MY Lewende Water aanneem nie sal dors ly, sal sterf en hel toe gaan. Vir MY Eer alleen sal EK Lewende Water uit rotse voortbring. Het EK my Kinders laat Hongerly in die woestyn? Verstaan julle hoeveel moes EK voed? Het EK 'n probleem gehad? NEE! Sonder om selfs 'n pyl af te vuur, sonder om selfs na die voëls te soek, het EK die voëls hulle lewens laat opoffer sodat MY Kinders vleis kon hê toe hulle moeg geraak het vir die manna, Engele-Brood uit die Hemel.

EK het hulle met kos uit die Hemel gevoed waaroor hulle gemurmureer en waarvoor hulle moeg geraak het en so sal EK hulle weer voed. Wanneer hulle dan gekla het omdat hulle moeg geraak het van kos uit die Hemel, het EK vir hulle die vleis van hierdie aarde gegee waaraan hulle gewurg het en duisende het gesterf. EK was kwaad oor hulle ondankbaarheid! So pasop, want weereens is EK 'n GOD wat nie VERANDER nie! Nou is julle geleer op hierdie dag. EK het vir Moses en MY Kinders die deurgang deur die Rooi See gegee toe hulle rue teen die dood was voor hulle, en agter hulle, en so sal EK weer doen.

Glo MY net; EK het 'n plek voorberei vir MY Kinders. EK het nog nie hierdie plek openbaar nie selfs aan die apostels en profete nie. Want die tyd is nog nie reg vir hulle om te maak dat MY Kinders vlug nie. Julle kan nie voor die wolk van heerlikheid uitgaan nie en julle kan nie agter dit aangaan nie. Julle moet reg onder dit bly en beweeg wanneer dit beweeg en staan wanneer dit staan. EK sal weer vir julle 'n wolk van heerlikheid gee om te volg en 'n vuurkolom om julle pad in die nag te verlig. Moenie bekommerd wees oor die elektrisiteitsmaatskappye nie.

As dit vir MY nodig is, sal EK die engele stuur om julle te lei. EK sal steeds ‘n volk hê. EK sal nogsteeds dit wat MYNE is beskerm. JA, sommige van julle sal gewillig julle lewens vir MY gee, maar EK sal net jou lewe vir jou teruggee. Sommige sal in die Hemel ontwaak wetende dat hierdie bloed net meer Stefanusse opgewek het. Want onthou Saulus het die kleed van Stefanus gehou toe Stefanus gestenig was en Saulus het Paulus geword. Hierdie martelaar Stefanus het MY gesien toe die Hemele geopen het en MY GLORIE het sy gesig laat skyn, so moenie dink dat dieselfde tipe martelaars wat verrys wat alreeds hulle lewens gegee het nie dieselfde gesien het nie.

Sommige van MY Apostels, Profete en Kinders sal doodgemaak word en nogtans weer lewe en die duiwel kan dit nie stop nie ook nie die mensdom nie. EK sal meer wonderwerke in hierdie eindtye tentoonstel as in die hele Bybel saam. Sal julle gereed wees? Sal julle aan die kant wees wat MY verloën of MY bely as Heer en Verlosser?

Jammer om te sê, maar selfs MY eie soos Petrus wat op die water geloop het, toe dit kom by vrees vir sy lewe, het MY verwerp en verloën, so sal dit wees en was dit ook reeds weer gewees. Wees nou dankbaar teenoor MY vir dit wat julle het, anders sal EK kom en selfs dit wegneem. So sal EK in julle leeftyd weer al hierdie dinge doen selfs al hoor julle nie daarvan nie. Weet dit sal gedoen word! EK is dieselfde God gister, vandag en tot in ewigheid. EK, die Here julle God YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH VERANDER NIE! Pasop om die aarde se vleis bo die Hemelse manna te verkies.

EK gaan al hierdie dinge doen en nog meer vir MY GLORIE om te bewys dat EK ALMAGTIGE God alleen die laaste sê het, nie satan, nie die antichris, nie die vals profeet en nie die regering nie. EK sal bewys dat YAHUSHUA ha MASHIACH (JESUS CHRISTUS) die skape kan versorg wat aan HOM behoort! Selfs Moses se skoene het nie verslyt nie. So sal dit weer wees. Neem MY op MY Woord. Weet dat EK ALMAGTIGE God is en vir MY is alle dinge moontlik. Want MY Kinders sal Gabriël se ramshoring hoor. Sommige het alreeds, slegs as 'n voorspel om vir MY Profete te sê, spreek dit voort om ander te bemoedig want die volgende keer wanneer hulle dit hoor sal al MY Kinders dit terselfdertyd hoor.

Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, kryger, Bruid, Profeet Elisheva Eliyahu 7/8/98 begin op 10:00 vm en geëindig 10:13 vm

* * * * * * *

IS JULLE GEREED VIR 'N SKOK?

GABRIËL HET SY RAMSHORING GEBLAAS!

Deel 2 "DIE DOOIES SAL OPSTAAN"

Hier is nog 'n openbaring wat EK gedeel het met hierdie Profeet waardeur EK spreek. Wees gereed vir 'n skok tot julle dogmatiese leerstellings en hoor 'n waarheid wat meeste nie verstaan het nie. Ek moes vir hierdie Profeet wat nou onder MY Salwing skryf, drome gee om dit te bevestig, en ook deur dit te spreek, en dit selfs gespreek deur haar eie jong seun.

Tog het sy nie geluister nie want dit het geskud wat sy geleer was as 'n nuwe baba in YAHUSHUA. Maak gereed vir 'n skok tot julle godsdienstige-opleiding en pasop om dit wat julle nie VERSTAAN nie te bespot! Ek is 'n GOD wat nie kan lieg nie, hierdie Profeet skryf onder MY salwing. Sy kan nie vir julle lieg nie en het GEEN rede om die bespotting teweeg te bring wat bo-op haar gestapel sal word nie, behalwe om MY waarhede voort te spreek nie.

EK het net onlangs vir [Elisheva] hierdie dinge gewys in die maand Julie en dit bevestig deur ander toe sy VRYMOEDIG voort gespreek het en dit bepeins het en die Gees getoets het wat gespreek het. O, inderdaad sê EK in MY Woord, "En die dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en dan sal julle wie nog lewe opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet". Maar hier is die gedeelte wat julle nie verstaan het nie. LUISTER AANDAGTIG! satan sal die opstanding van die heiliges bespot. Wanneer hulle Geestelike liggame kom en herenig met die aardse liggame sal hulle inderdaad op die aarde wandel soos toe EK opgewek is. Die heiliges het opgestaan het hulle nie? Satan na-aap alles wat EK doen, en so sal hy dit weer doen.

Daniël 12

1 En in dié tyd sal Mìgael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

EK vertel dit nou vir julle sodat wanneer julle hierdie dinge sien gebeur julle nie sy weermag van ZOMBIES sal vrees wat verslaan sal word deur die KRAG VAN DIE KRUIS van YAHUSHUA ha MASHIACH nie! Onthou slaan hulle met 'n plank of hout wat die KRUIS verteenwoordig. Die dooies in YAHUSHUA (Jesus Christus) wat sal loop en getuig tot MY Eer sal loop net soos in die tye van ouds en getuig van die Hemel, om nie die MERK VAN DIE DIER te aanvaar nie! Hulle sal bewys dat daar lewe na die dood is. MY heiliges sal julle hoor en sien in Verheerlikte Liggame, WAT NIE DOODGEMAAK KAN WORD NIE!

satan sal sê dit is nie net die Christene wat opgestaan het uit hulle grafte nie, maar diegene wat nie Christene is nie en hy sal dit bewys deur groot vrees te bring oor almal wat nie MY woorde op hierdie dag gehoor het nie. Hulle sal na sy bose vleisvretende demone kyk wat met die heidense aardse liggame verenig het, uit die bodemlose put kom, om chaos te veroorsaak sodat hierdie wonderwerk ongesiens verbygaan, maar satan se weermag van die dooies is nie in werklikheid die Moeders, Vaders, Susters, Broers, Mans of Vrouens van die heidene nie, maar demone wat sal byt en hierdie demone sal oorgaan in lewendiges in, maar weereens sal slegs die heidene hierdeur geaffekteer kan word.

Slaan hulle dus met 'n stuk hout in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH! Bestraf hulle en bind hulle! Dryf die demone uit en sê, "Die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is teen jou satan en alle demone moet wegvlug van my af" en hulle sal! Die heidense dooies sal op die grond neerval. Bestraling van VVO’s [UFO’s] het nie hierdie chaos veroorsaak nie; dit is 'n plan uit die hel en julle is vandag vooraf gewaarsku deur hierdie Profeet wat MY gevra het om haar nie hierdie te laat spreek voordat dit MY tydsberekening was nie. DIT IS NOU MY TYDSBEREKENING!

Nou vir nog 'n Skok, is julle gereed? Ja, julle sal opgeneem word om MY in die lug te ontmoet. Julle sal waarlik weggeraap word saam met julle Verlosser in MY arms. Maar eerstens moet EK julle herinner, het EK nie vir 40 dae na MY opstanding in MY Verheerlikte Liggaam op die aarde gewandel nie? Julle is die liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH en daarom sal julle weer dieselfde doen en vir MY getuig en die heidene waarsku om nie die Merk van die Dier te aanvaar nie. Bewys dat die Hemel werklikheid is. YAHUSHUA ha MASHIACH is werklik. Die dood is nie die einde nie maar die begin van óf verlossing, óf verdoemenis.

Dan na die 40 dae waar julle in julle Verheerlikte Liggame wandel, waar geen tralies julle kan vashou nie en geen behoefte vir kos of water nie, alhoewel julle dit kan kry as julle so verkies. Het EK nie vis geëet nie? Het EK nie 'n liggaam gehad waar Thomas sy hand in MY sy kon druk nie? So sal julle ook. Het EK nie deur mure geloop nie? Die deur was gesluit toe EK die eerste keer na MY dissipels gegaan het, onthou? So sal julle deur mure loop. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie vir 40 dae lank. Hulle wat nie Verheerlikte Liggame het nie sal treur want hulle sal onthou dat YAHUSHUA die waarheid gepraat het toe hy gesê het "Soos julle MY sien opgaan in die wolke so sal julle ook."

EK het hierdie woorde deur MY RUACH ha KODESH tot MY dissipels gespreek. Nou spreek EK dit weereens deur MY dissipel [Elisheva Eliyahu]. Verheug julle, julle wat aan MY behoort. Watter groter beloning vir hierdie aarde om jou in jou verheerlikte liggaam te sien en vir die vyand om te weet dat hulle jou nooit weer kan doodmaak nie.

Diegene oor wie EK ween word uitgebeeld in die skildery en visioen "One Minute until Midnight", en is die kerk van die huigelaars. Godsdiens sal julle weerhou om MY Bruid te wees. 'n Liefdevolle, gehoorsame verhouding met MY is die enigste manier hoe julle hierdie seën deelagtig kan wees. Ag, die droefheid en die trane en snikke en geweeklaag terwyl die vyf maagde sonder olie in hulle lampe haas om te kry wat die vyf maagde gehad wat hulle bruidegom ingewag het, met vars olie in hulle lampe, hulle sal wil hê wat julle het en sal nie instaat wees om dit te koop of te ontvang sonder om hulle lewens op te offer vir MY nie.

Diegene wat MY nie verwag nie, en nie glo dat EK sal kom om MY Bruid te red nie, diegene wat glo dat MY Bruid deur die Groot Verdrukking en Groot Toorn sal moet gaan, jammer om te sê, julle sal kry wat julle glo. Maar dit beteken nie dat julle nie gered sal word nie. Dit beteken net dat EK julle wou spaar maar julle was nie gereed nie. Na die 40 dae sal EK MY Bruid huis toe neem en ons sal feesvier aan die BruilofsMaal van die Lam. MY Verheerlikte Bruid sal die bose weermag van die dooies beveg terwyl hulle op die aarde is. Want hulle ken die krag van die kruis.

Dit is hoekom hulle MY Bruid genoem word. Dit is hoekom EK hulle Verlosser is. Hulle bruilofskleed is skitter wit en sal nie die bloed of toorn van hierdie wêreld op hulle hê nie. Slegs MY Bloed was witter as sneeu. Bid vir die diensmaagd tot wie EK hierdie profesie gespreek het, want die vyand sal verlang om haar mond permanent stil te maak omdat sy dit waag om met soveel vrymoedigheid te spreek.

Bid vir [Elisheva Eliyahu] om aan te hou om dit wat die wêreld onmoontlik ag uit te spreek. Julle het nie veel van haar gehoor nie, want reeds het hy probeer om die stem stil te maak wat EK sal aanhou gebruik om tot MY Skape te spreek, ryk en arm, leiers, hoe meer hulle probeer om hierdie stem stil te maak, hoe HARDER sal EK deur haar SKREE!

Hoe groter sal die toorn wees vir enigeen wat spot met dit wat soveel vrymoedigheid geverg het om MY toe te laat om te spreek. Hoe groter die seën vir almal wat ontvang het wat deur hierdie Profeet [Elisheva Eliyahu] gespreek is.

So is dit geskryf op 7 Augustus 1998 10:00 vm. So is dit gespreek en sal gebeur. EK het hierdie dinge gesê om julle vooraf te waarsku en sodat MY Kinders nie sal vrees nie en die vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH sal weet wie om te vrees, en wat om te vrees. YAHUSHUA ha MASHIACH is 'n GOD van genade en liefde en 'n GOD van oorlog! EK voer nie oorlog teen MY Kinders nie maar slegs teen MY vyande wat vir 'n ander een sê Heer en meester. Julle was gewaarsku!

* * * * * * *

Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, kryger, Bruid, Apostel Elisheva Eliyahu, 7/8/98 10:00 begin, geëindig 10:13 vm.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred