PROFESIE 156

IS JULLE GEREED?

HIERDIE PROFESIE HET NA VORE GEKOM OP 11 SEPTEMBER 2026 OP ROSH HASHANA TERWYL ONS VERGADER HET GEDURENDE LOFPRYSING EN AANBIDDING.

YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë uit Profesie 105:

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva, om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof aan die gesnede beelde nie (Jesaiah 42:8).

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word om diegene te waarsku wat spot:

Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. 2 Kronieke 36:16

* * * * * * * * *

Ons het ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA KODESH Geloof en bedank en gewag op YAHUSHUA HA MASHIACH. Toe ons begin bid het, het hierdie kort maar belangrike Profesie na vore gekom as ‘n herinnering vir ons almal, dat hoewel ons GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH nie gekom het om SY Bruid te neem hierdie Rosh HaShana nie, bly die vraag, is ons gereed vir HOM om terug te kom? Is ons voorbereid met ons hele Hart om ons geseënde REDDER te ontmoet? Sal HY ons gereed vind en steeds wagtend vir HOM? Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën en ons aanhou om te bid, mag ons waardig geag word om die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH te wees en om ‘n getuienis te hê soos Henog. Geseënde Rosh HaShana vir julle almal, in YAHUSHUA HA MASHIACH se

Liefde en shalom,

Geliefde Profeet en Suster Grace en die res van die Leierskap van AmightyWind Bediening.

* * * * * * * * *

Profeet Grace: Dank ABBA YAHUVEH, dank U YAHUSHUA HA MASHIACH, dank U MAMMA IMMAYAH, SHKHINYAH HEERLIKHEID vir U Fees van Basuine, L’shanah Tovah (beteken, vir ‘n goeie jaar)! Ons wag vir U, YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons wag vir U! Ons bid om waardig geag te word om ‘n Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH te wees!

Dank U omdat U ons reinig. Ek bid, ABBA YAHUVEH, dat ons U sal behaag in alles wat ons geroep was om te doen. EK bid, ABBA YAHUVEH, wanneer U afkyk na ons toe, dat U ‘n weerspieëling sal sien van U. Dat U nie vir ons sal sien nie, maar ‘n spieëlbeeld van U. Mag ons ganse lewens, ABBA YAHUVEH, oorgegee wees aan U. Mag ons lewe vir U, ABBA YAHUVEH, U Skrifte en U Woord, mag ons dit aanwend in ons lewens in die Naam en Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Om nie net lesers en hoorders van die Woord te wees nie maar om daders van die Woord te wees en om ander te leer om dieselfde te doen, ABBA YAHUVEH!

Ek dank U so, so, so, so baie vir hierdie geseënde en gesalfde familie waarmee ek omring is. Ek het hulle baie lief. Dank U, YAHUSHUA HA MASHIACH. Vir seker sal goedheid en guns ons volg al die dae van ons lewens en ons sal in die Huis van YAHUVEH woon. Ek dank U, ABBA YAHUVEH. Ek dank U met my hele hart. My hart is so bly. Ek dank U, ABBA YAHUVEH. Ek dank U, YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek dank U, MAMA IMMAYAH SHKHINYAH HEERLIKHEID! Dank U vir U Salwing! Dank U vir U gawes! Dank U vir U Waarheid!

Dank U dat ek deel was van hierdie Bediening sedert ek 12 jaar oud was! Ek kan nie glo nie byna 20 jaar. O, HERE wees genadig! Wow! Dank U, ABBA YAHUVEH! Waarlik, waarlik, waarlik is U ‘n GOD wat red! U is ‘n GOD wat verlos! U is ‘n GOD wat bevry! En U is ‘n wonderwerkende GOD! Ek dank U, ABBA YAHUVEH. Ek dank U, YAHUSHUA. Ek dank U, IMMAYAH!

En dank sal nooit ophou nie, ABBA VADER. Ek is so in ontsag oor U! Ons is so in ontsag oor U! En ek dank U, VADER, vir U goedheid. Ek dank U vir die vervulling van U beloftes. En ek dank U, ABBA YAHUVEH, dat alles wat U geprofeteer het sal gebeur! In die Naam en Bloed van YAHUSHUA, HA MASHIACH!

Deursoek ons harte. Reinig ons van alle ongeregtigheid. Trek ons nader aan U. Ek bid dat ons soveel tyd sal spandeer voor U troon, ABBA YAHUVEH. Mag diegene wat verlang om U te leer ken, tyd spandeer by U Troon, by U voete ABBA YAHUVEH! Diegene wat U Stem wil ken, hulle het nodig om U te ken, ABBA YAHUVEH!

Ek dank U vir U seëninge! Ek dank U! Ek dank U en ek weet dat U iets het om te sê wat die rede is hoekom ek laaste moes gaan so, ABBA YAHUVEH. Ek bind my vlees in die Naam en Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek bedek my oë, ore en lippe met die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Laat nie ‘n enkele woord uit my vlees voortkom nie in die Naam en Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH! Mag my ore geneig wees tot U stem ABBA YAHUVEH. Mag ek elke Woord duidelik hoor in die Naam en Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en ek pleit die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH oor my keel en oor my stem. Ek bid vir beskerming in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam bid ek. Amen. Okay.

Profeet Grace bid in Heilige Tale.

Profesie Begin:

Heilige dae, Heilige dae! Hierdies is Hoogs-Heilige dae! My dierbare kinders, sit julle sitplekgordels aan want dinge gaan net vinniger word! Rosh HaShana, so ‘n Heilige tyd! En EK vra vir MY kinders weer, wat as Rosh HaShana die tyd is wat EK terugkom?

Is julle gereed? Is julle voorbereid? Sal EK ‘n Bruid vind wat vlekloos is, met olie in haar lamp? EK vra, is julle gereed?

EK roep uit na MY Bruid, berei julleself voor! Sal EK geregtigheid vind? Sal EK Heiligheid vind? Sal EK ‘n Bruid vind wat geduldig wag om die uitroep te hoor, om die roeping te hoor?

Is jy ‘n wyse Bruid of is jy ‘n dwase een? Is julle waarlik gereed, terwyl julle hierdie Woorde hoor? Neem hierdie geleentheid om julle hart te deursoek en vra julleself, is EK eerste in julle lewe? Of is EK tweede? Of derde? Of vierde? Of is EK laaste?

Tyd hardloop uit!

Kathrynyah, Adam, julle sal hierdie Woord voorberei. Kry dit gereed om vrygestel te word. Die titel is eenvoudig en die Woord is kort. Dit is eenvoudig, “Is julle gereed?”

Einde van Woord

Almal: Amen! Loof YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, MAMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID IMMAYAH!



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred