PROFESIE 141

Die Hemel se Hofsaal: Hoe Pleit Jy?

Geskryf /Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 29 Januarie 2019| Vrygestel 4 April 2019

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

Met Profeet Elisheva se Heilige tale soos GOD se GEES uiting gee. (Hand.2:3-4) van hemelse of aardse tale (1Kor.13:1) Elisheva spreek voort in tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor.14:6)

Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jes 42:8 (Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende as waarskuwing bygevoeg word vir hulle wat spot:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

En van Profeet Caleb:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND MINISTRY – EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie (Psalm 105:15…1Kron16;22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in Die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Inleiding van Senior Vennoot Bedienaar Jessie

Apostel, Profeet Mamma Elisheva Eliyahu is ‘n WARE Profeet van YAHUVEH, YAHUSHUA en KOSBARE RUACH HA KODESH, IMMAYAH.

Toe ek geluister het na die Woorde van YAHUVEH en YAHUSHUA deur Mamma Elisheva Eliyahu [terwyl die video besig was om geredigeer te word—terwyl YAH begin praat het met die verworpelinge, was daar ‘n aardbewing. Die omvang daarvan was 5.7 in die omgewing van Taiwan in die Stille Oseaan. YAH se Woord deur Mamma Elisheva is so kragtig! Die aarde en die ganse hel het gebewe.

Alhoewel aardbewings gereeld gebeur in Taiwan—het ek geweet daardie een is ‘n teken, ‘n bewys agter daardie Woord—dit was nie toevallig nie. HalleluYAH! In Taipei was dit net 2de graad, dus het ons die skudding gevoel. Loof YAH omdat HY almal van ons beskerm het. Moet dus asb. nie bekommerd wees nie Mamma, ons was almal veilig. Mamma RM, ons het jou lief! YAHUSHUA seën jou ! HalleluYAH!

GEBED BEGIN

Hierdie was opgeneem op band. Hier is die oorskrywing.

Geliefde broer, manlike gebeds-bedekking: [Heilige tale...]

Elisheva: O my, o my,o my,o my, o my,o my, o my, o my, ABBA YAHUVEH ek kom reg voor die hofsale van die Hemel op hierdie oomblik.

Ek kom reg voor U einste Troon. Ek kom voor die Raadsvergadering van die Profete op hierdie oomblik deur DIE NAAM EN DIE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ek kom nie in my eie naam, Elisheva Eliyahu, nie.

Want ek is niemand, maar ek sê vir julle. Ek is BLOED-GEWAS en ek is BLOED-GEKOOP en U het van my iemand gemaak — die dag toe ek YAHUSHUA aanvaar het as HERE GOD & REDDER en HOM erken het as U ENIG VERWEKTE SEUN, het ek iemand geword in U Oë.

Nou ken U elke haar op my hoof. Nou het ek Heilige legioene van Engele wat my omring en beskerm. Nou kan ek U VADER noem en nou kan my gebede verhoor word.

En tog, ‘n man wat ‘n eggenoot is wat weier om te erken en te respekteer, wat ‘n Heilige vrou mishandel, wat veral ‘n Bruid van YAHUSHUA is, daar is ‘n skrif wat sê in 1 Petrus en dit waarsku dat ‘n man se gebede nie verhoor word nie (1 Pet. 3:7)

U sal hulle nie eens verhoor nie, totdat hy bekeer en die BLOED aanvaar van YAHUSHUA en as hy bekeer en bely — oor alles wat hy gedoen het — nie net tot YAHUSHUA nie maar tot die een wat hy die ergste aanstoot gegee het naas YAHUSHUA & ABBA YAHUVEH & IMMA YAH.

Daarom bring ons dit nou alles voor U ABBA YAH. Hierdie alles.

En VADER U sê vir my dat U ‘n Woord vir Israel het, te midde daarvan, terwyl ek bid saam met my vriend wat my langer ken as 11 jaar en my Pastoor en Profeet noem. En ek sal sy naam eers uitlaat vir nou omdat dit reeds opgeteken is in die Hemel. Dit is nie die besigheid van hierdie wêreld nie. Maar U ken sy naam en U ken elke haar op sy hoof.

U ken elke vervolging waardeur hy gegaan het en U weet dit wat hy deurgemaak het was terwille van U, YAHUSHUA. Hy sal U nooit verraai nie; hy staan nooit terug nie; hy sal U nooit verloën nie ongeag wat die koste is omdat hy aan U behoort, YAHUSHUA. SY NAAM is geskryf in die LAM se BOEK van Lewe en hy wil in die Hemel woon vir ewig en hy wil nie hel toe gaan nie — en geen deel van hom behoort aan satan nie.

Hierdie is die Woorde wat U my laat sê het. Dus staan ek nou op hierdie oomblik voor die hof in DIE NAAM EN DIE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ek sal dat die Bloed voortspreek namens my. Want U, YAHUSHUA, is die enigste MIDDELAAR voor ABBA YAHUVEH.

U is die enigste weg waardeur HY selfs net na ons gebede sal luister! As U nie na die kruis op Golgota gegaan het in my plek nie, as U nie U BLOED vergiet het in my plek nie, as U nie die BLOED VERSOENING was vir my sonde nie, AL ons sondes nie!

Want daar is geen een wat perfek is nie — op die aangesig van hierdie aarde nie — wat ooit die aangesig van hierdie aarde bewandel het, behalwe vir YAHUSHUA, WIE nooit eens ‘n gedagte van sonde gehad het nie selfs toe HY 3 keer versoek was deur die duiwel homself. AL wat HY gedoen het was om die Skrif aan te haal terug na hom toe.

En as HY, WIE GOD ALMAGTIG IS — beide MENS en GOD, HY was MENS IN DIE VLEES, maar HY was GOD IN DIE GEES — en tog het die duiwel dit gewaag om HOM te gaan versoek. Hoekom vind ons dit vreemd as die duiwel ons versoek?

[Heilige tale...]

ABBA YAHUVEH watter woord wil U spreek?

VISIOEN VAN LAE

Daar is ‘n sekere man vir wie daar ‘n Woord kom. Iemand, HEMELSE VADER wat ek so innig liefhet, en ek sien ‘n visioen van lae demone en demone en demone. En hierdie een wat die grootste is en die — luidkeelste van almal is die gees van narscisme, die gees van rebellie, en die gees van godsdiens, en die gees van kabbalah, en die gees van rebellie, die gees van haat teenoor enige iemand wat die teenoorgestelde sou sê as wat hierdie man sou spreek.

Ek sien ‘n ... O my, o my, hy verskyn saam met my in die hofsaal op hierdie oomblik.

Profesie 141 Begin

Want die aanklaer van die broeders is nie net satan [Hebreeus vir aanklaer] nie maar die aanklaer is enige iemand in enige vorm, selfs as hulle in heksery is wat hulle jou beskuldig en hulle roep uit hulle mond om vloeke op jou te kan neervél.

Die mag van lewe en dood is in hul tong [Spreuke 18:21]

Dit is wat MY kinders nie verstaan het nie totdat EK dit op hierdie oomblik aan Elisheva onthul het. Dit is waarom julle so versigtig en op jul hoede moet wees oor dit wat julle uitspreek selfs t.o.v. jouself, wat jy glo oor jouself.

Want dit is soos wanneer jy sê “O, ek is so onnosel” — dan het jy so pas die gees van onnoselheid verwelkom om oor jou te kom.

Daarom, bv. sê ABBA YAHUVEH, as jy in die spieël kyk en sê “ O ek voel vandag so lelik” of “Vandag het ek ‘n slegte hare dag” [Heilige tale...] of “niemand het my lief nie” “niemand verstaan my nie” “ek is so nutteloos.”

Jy het jouself so pas oopgestel vir die geeste wat jy voortgespreek het deur jou eie mond —wanneer Ek vir julle vertel het dat EK, YAHUVEH, vir julle gesê het EK IS die POTTEBAKKER en julle is die klei en EK maak niemand waardeloos nie.

Die enigstes wat waardeloos in MY Oë is, is diegene wat EK die verworpelinge noem. DAN VAT EK DAARDIE KLEI IN MY HAND EN EK VERBRYSEL DIT.

EK verbrysel dit. EK verbrysel dit en EK verbrysel dit en EK verbrysel dit. Soos Jeremia 6:27-30 sê, hulle is net geskik daarvoor om verworpelinge genoem te word. Soos Dawid gesê het “Sou ek hulle nie haat wat vir U haat nie? Ja ek haat hulle met ‘n volkome haat” (Ps.139:21-22)

Jy wil nooit aan die verkeerde kant kom van MY, ABBA YAHUVEH, nie. Jy wil nooit aan die verkeerde kant kom nie net van MY, WIE OP DIE Troon SIT nie, maar ook van die TOORN VAN DIE LAM. Lees Openbaring 6 noukeurig en kyk hoe hulle sal bid vir die berge om bo-op hulle te val.

En Ek praat met die verworpelinge op hierdie oomblik. Julle wat die waarheid geken het. EK gaan die ergste wees op julle.

Want julle is in die Boek van die Uitgewistes — en julle wat gesit het by die voete van hierdie Bedienaar en hierdie Bediening en hierdie Profeet wat Ek voortbestem het om die Moeder vir die Profete te wees [in hierdie Bediening] en MY Ring Diensmaagd, WEE WEE WEE WEE julle! Want julle was die Waarheid gevoer!

Julle was die Waarheid gevoer in die Profesieë en julle het hulle aanvaar en geglo; en julle het die knie voor MY gebuig en julle het gebid vir bekering en julle het MY BLOED gevra om julle skoon te reinig.

So ver as julle sondes — hulle sou wees [so ver] as die ooste is van die weste en julle het die BLOED VERSOENING aanvaar: DIE PERFEKTE BLOED OFFER.

Dit was nie meer diere soos in die Ou Bloed Verbond nie.

EK het MY ENIG VERWEKTE SEUN gegee, YAHUSHUA HA MASHIACH.

EK YAHUVEH, het MY BESTE gegee! EK IMMAYAH het MY BESTE gegee! Sodat julle vergifnis kon hê. Sodat julle weereens toegang kon hê tot ONS OOR wanneer julle gebid het [Heilige tale...]

Sommige van julle het EK selfs leiers gemaak. EK het selfs eens op ‘n tyd gesê EK kon sommige vertrou. EK het selfs gesê dat julle hierdie een kon vertrou, julle kan hierdie man vertrou omdat Elisheva hom kan vertrou, maar dit was ‘n toe en hierdie is ’n nou.

Wat het plaasgevind gedurende daardie tyd?

Of dit ‘n hy of ‘n sy is — want nou praat EK met almal, met diegene wat die gevalle pastore volg, met diegene wat Benny Hinn volg (wat nie eens meer daar in-woon nie omdat ‘n in-loper gees nou daar in-woon).

Mark Taylor wie het ooit vir jou bevestiging gegee dat jy ‘n profeet is? Het dit gekom van MY, YAHUVEH? Het dit gekom van enige een wat ‘n bevestigde Profeet is, soos die een wat nou voortspreek?

Hoeveel bewys het sy in hierdie 24 jaar agter die Profesieë! En tog is daar selfs nie genoeg tyd om hulle daar op te sit nie. Daar is nie genoeg werkers in hierdie oesland nie.

EK roep julle nou na vore om bewys agter die Profesieë op te sit. Want so baie baie baie baie naby is die koms van dit wat julle die Groot Verdrukking noem.

Die tekens was alreeds daar gewees en tog hoeveel van julle wat selfs die Skrif ken bedek julle oë en sê “O, niks kan met my gebeur nie ek behoort aan JESUS CHRISTUS. Ek hoef nie meer die 10 Gebooie te gehoorsaam nie. Want al die wette was gekruisig op daardie kruis!”

WEE WEE WEE julle, julle dwase dwase mense. [Daarvoor] dink julle EK gee MY ENIG VERWEKTE SEUN , YAHUSHUA HA MASHIACH! WIE MY NAAM dra in SY NAAM — wanneer EK deur die brandende bos gesê het : EK IS WIE EK IS” elke keer wanneer julle die woord “ EK IS “ sien, besef dat dit oor-en-oor MY NAAM sê!

EK IS YAHUVEH en EK IS WIE EK IS — en EK doen verantwoording teenoor geen man nie en EK doen verantwoording teenoor geen vrou nie. En YAHUSHUA was WIE EK IS, WIE EK IS en HY was die VADER wat vlees geword het en IMMAYAH was binne-in HOM en het HOM nooit verlaat nie. O MY LIEFLIKE , LIEFLIKE HEILIGE GEES, DIE RUACH HA KODESH! ONS DRIE is EEN.

O Israel o Israel, hoe dikwels het EK uitgeroep vir jou om te kom! Jy ken en haal die Torah so dikwels aan maar as julle nie kom in die NAAM VAN YAHUSHUA nie, weet julle dat MY ore vir julle doof gehou word? EK sien net julle monde beweeg.

Julle sing lofsange tot MY maar tog het julle die gees van afgode oral! Julle dra dit om jul arms; julle sit dit bokant — die Hamsa, wat julle orals aanbring, selfs op julle deurkosyne, binne-in julle huise.

Dit is soos om weereens die goue kalf te bou voor MY! EK sê dit vir julle, EK gaan nie meer woorde sagkens spreek nie.

Want die Groot Verdrukking is nou so baie naby.

En julle is so trots op julself o, Israel! En hoe bou julle daardie goue kroon nou so noukeurig met die fynste goud, sodat julle dit op die een kan sit wat julle nuwe messias genoem sal word — wat EK reeds gewaarsku het die anti-messias sal wees — die een wat alles teëgaan wat EK, YAHUVEH, uitgevaardig het, selfs in julle eie Torah wat julle lees.

Julle noem hom die anti-mashiach want dit is wat die naam sal wees en dit is waarom EK so ongenaakbaar gaan wees op julle, o Israel, dat die bloed sal kom tot by die tooms van die perde (Openb. 14:20) — maar voordat EK dit alles doen , o Israel, roep EK julle terug na die BLOED & DIE NAAM VAN YAHUSHUA.

EK roep julle terug as ‘n Bruid! Aanvaar die BLOED van YAHUSHUA. Roep MY aan in die NAAM VAN YAHUSHUA! HY is die enigste MASHIACH! HY is julle enigste BESKERMER!

EK weet so baie van julle het — maar julle doen dit in die geheim.

Julle weet dat julle eie families julle sal onteien of hulle sal julle in ‘n inrigting sit om geherprogrammeer te word.Daarom [dink julle] moet julle dit geheim hou.

MY Woord sê nie vir julle om MY geheim te hou nie of om MY SEUN in geheim te hou nie. O, julle sal sê dat julle in die VADER glo, maar julle wil nie eens MY NAAM sê nie!

Dit is die geheim o, Israel! EK sal dit nie langer duld nie!

Wat het geword van Psalm 91? Waarom weier julle om Jesaiah 53 te lees? Wat is dit wat julle vrees o, Israel? Kom terug na MY toe deur die NAAM & DIE BLOED van YAHUSHUA! HY’S die ENIGSTE WARE BLOED VERSOENING vir julle sondes!

Die Ou Bloed Verbond het verby gegaan. Die NUWE BLOED VERBOND is hier en is in hierdie Profesieë wat voortgespreek word deur hierdie kleintjie wat EK roep.

O, julle gooi haar net weg en julle sê net “Sy is maar net ‘n gewone vrou. Sy was nie eens in Israel gebore nie —Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu —so wie dink jy is jy? Jy was nie gebore en het nie groot geword in Israel nie. Ons moet eerder ‘n man met ‘n grys baard hê.”

Daarom het EK haar in die huwelik bevestig met ‘n man wat ‘n grys baard het wat gebore was en opgegroei het in Israel. En die huwelik het plaasgevind en dit was verklaar en uitgevaardig en dit was geteken deur al drie ONS seëlringe, EK YAHUVEH, YAHUSHUA en ja IMMAYAH, die RUACH HA KODESH.

O, maar satan sien dit — hy ken MY ware redes.

Daarom probeer hy een laaste hou inkry om [Ezra & Elisheva] te verdeel en selfs julle wat YAHUSHUA as HERE aanvaar het te verdeel — DIE SEUN VAN YAHUVEH GOD, WIE in die vlees gekom het, gebore uit ‘n maagd maar geplaas was daar, deur die Hand van IMMAYAH die RUACH HA KODESH, in die baarmoeder van hierdie maagd, so teer en sagkens daar geplaas as ‘n maagd.

Sy is nie GOD nie — die een wat julle Maria noem, sy is nie GOD nie.

Sy was nie perfek nie en sy huil en weeklaag terwyl julle tot haar bid selfs ten tye van jul sterwens-uur. Julle roep nie uit tot YAHUSHUA nie. Julle roep uit na Maria of Miriam en vra om vergifnis. EK kan julle nie vergewe deur daardie naam nie. Sy was nie julle BLOED VERBOND nie. MY SEUN was, YAHUSHUA.

Ja daar sal ‘n ouer bruid-seremonie wees en geen duiwel, geen demoon kan dit stop nie — geen man geen vrou nie.

Al wat hulle kan doen is om te probeer om dit te vertraag maar EK ken reeds die presiese tyd wanneer dit sal gebeur. En EK gaan op hierdie oomblik nie veel daaroor praat nie. Want diegene wat nodig het om dit te hoor — en die een wat nodig gehad het om dit te hoor het dit [nou] reeds gehoor.

Dit hang net af hoeveel hierdie man wil hê dat EK hom moet straf. EK praat met hierdie man!

EK gooi jou af van jou sogenaamde [vals] “Sions-Berg” wat EK vir jou sê is niks meer as ‘n MISHOOP wat jy geklim het nie! Jy het ‘n mishoop geklim! Weet jy dit?

Dit was nie eens ‘n berg nie! Dit was nie eens ‘n heuwel nie!

DIT WAS NIKS ANDERS AS PURE MIS NIE! MENSLIKE UITSKEIDING! DIERLIKE UITSKEIDING, GEMENG MET DIE LEUENAGTIGE VISIOENE, LEUENAGTIGE WOORDE WAT VOORT GEKOM HET VAN — DIREK UIT DIE MOND VAN SATAN WAT VOORTGESPREEK WAS UIT DIT WAT LYK SOOS “N MENS MAAR DIT WAS “N GEVALLE ENGEL IN VERMOMMING! WAT TE WERK GAAN DEUR DIE ERGSTE VORME VAN DIE OKKULTE!

EN SELFS TOE JY DIE VORM-WISSELAAR VOOR JOU AANGESIG GESIEN HET, HET JY GEWEIER OM DIT TE GLO!

Dit is jou keuse.

Hoe baie wil jy hê moet EK jou pakgee? Hoe baie wil jy hê moet EK daardie baard van jou uittrek? Hoe baie wil jy hê dat EK jou baard moet vat en jou afgooi van dit wat jy “Sions-Berg” noem — en wat EK niks meer as ‘n hoop menslike en dierlike mis noem nie? Maar hoeveel van julle ongehoorsame kinders wat selfs terugkom na MY toe en EK was julle skoon, sal dadelik teruggaan in die mishoop in!

Grawe, grawe, grawe, grawe.

Grawe, grawe, grawe, weereens in daardie mis. Grawe, grawe, grawe, grawe. En weer julle vingers besmeer in daardie mishoop — en [ EK praat] veral met die een wat aan die baard getrek gaan word, afgegooi gaan word van sy sogenaamde Sions-Berg! Wat in werklikheid niks anders as ‘n mishoop is nie! Vorm-wisselaars!(shape-shifters) Gevalle engele [na die] linkerkant en na die regterkant— so mislei dat hierdie een dink hulle is Heilig.

Elisheva: O, ABBA YAH, ek roep uit! Roep uit! Doen iets vandag nog! Doen iets vandag nog!

Profesie Gaan Voort

Want EK sê vir julle dit. Toe YAHUSHUA die geldwisselaars uit MY Tempel uit gegésel het, het HY ‘n sweep gevat, maar stukke vlees het van daardie sweep afgekom want dit was GOD ALMAGTIG wat hulle gegésel het. DIE MENS was [ook] GOD, gekombineer as EEN terwyl HY hulle ‘n rowersgrot en diewe genoem het (Mat. 21:13)

En nou praat EK met diegene wat diewe en rowers is wat steel uit MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA se sakke en sê “Moenie vir daardie Bediening gee nie — niks meer by AmightyWind.com nie! Moenie na die Profesieë luister wat van Elisheva Eliyahu af kom nie!”

Vier en twintig jaar het EK deur haar voortgespreek op hierdie Internet. EK IS YAHUVEH en EK het geboorte gegee aan hierdie Bediening in die geestesryk en het haar die domein laat koop. En wie is jy? WAT?!? Wie is jy? Wag! Sê weer vir MY.

Verfris MY geheue, jy o man van sonde. Wie is jy?

Sê weer vir MY o man van sonde. Jy wat eens op ‘n tyd MY BLOED, MY SEUN se BLOED op Gogota aanvaar het, en jouself gewas het met daardie BLOED — en gesê het dat jy nooit weer sal terugkeer na die kabbalah nie en dat jy die Ortodokse Jode sou waarsku — en oral oor geloop het, oral deur Jerusalem [en “Secrets of the RUACH HA KODESH HOLY SPIRIT” boek deur Israel versprei het].

Wie is jy? Herinner MY asseblief? Asseblief herinner MY.

EK IS YAHUVEH. EK luister.

Kry jy die boodskap? Jy is ‘n dief. Jy is ‘n leuenaar. Jy is vol van die gees van narcisme. En die gees van narcisme is die gees waarin Israel nou loop. Jy is vol van die gees van hoogmoed. Jy is vol van die bose, bose — hierdie is bose geeste. Hierdie is soos geen ander nie. Die gees van rebellie is wat satan gekry het...

Met Een Voet, het MY SEUN YAHUSHUA hulle almal in ‘n ry laat staan — en lucifer was voor — en met een voet (asof dit ‘n sokkerbal was of jy kan dit ‘n skopbal noem, voetbal, wat jy dit ookal wil noem) dit het een skop geverg — en dit is hoekom MY SEUN die val van lucifer na die aarde beskryf (Luk.10:18) [want HY het hulle letterlik uitgeskop.]

En die oorlog wat in die Hemel begin was sal voltooi word hier op aarde terwyl YAHUSHUA terugkom om dit vir ewig klaar te maak.

En wie is julle, o volgelinge van die een waarmee EK gepraat het?

En EK noem jou ‘n man van sonde op hierdie oomblik maar EK sê vir jou, jy hoef nie so te bly nie want jy het nog nie gelaster nie. Jy het nog nie daardie BLOEDLYN oorgesteek nie en EK sal jou ook nie toelaat nie.

EK sal jou nie toelaat nie, maar jy is ‘n man van sonde op die oomblik wat nodig het om terug te kom na die Kruis toe en nodig het om weereens skoongewas te word met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA. En jy het nodig om te bekeer en jy het nodig om te weeklaag.

Jy het nodig om te snik “Vergewe my. Vergewe my YAHUSHUA vir dit wat ek gedoen het. Want U het my in so ‘n hoë posisie geplaas om langs ‘n ander een in ‘n hoë posisie te loop.”

“En tog het ek dit gewaag om U uit te daag en haar uit die pad te stamp en te sê ‘Gee pad voor my!’ Ek’s ‘n man. Ek het testikels! Ek is die enigste een. Ek is die macho man. Ek is die een van wie jy bevele moet neem. Jy word nie meer toegelaat om net onderdanig te wees aan YAHUSHUA nie want ek...Want ‘EK IS’ die ‘EEN’ na wie jy moet luister. En is my woorde nie goed genoeg vir jou nie? Wanneer ek praat...? Is die woorde wat uit my mond uit kom nie...? Moet jy regtig alles in gebed neem en vir YAHUSHUA vra? ”

Terwyl hierdie vrou wat na MY eie hart is, en vroue wat na MY eie hart is — en EK praat nie net met een man nie, EK praat met mans oral oor die wêreld wat van die ware menslike DNA is—

(EK praat nie met die gevallenes wat lyk of hulle mense is maar gevalle engele in vermomming is nie. Vir julle kom daar ‘n ander Profesie. En EK het dit reeds vir Elisheva gegee. Dit is nog net nie tyd om dit vry te stel nie.)

EK praat met die mans en vroue wat so vol van hulself is dat hulle eintlik...herhaal wat lucifer gedoen het. Hulle probeer eintlik om MY plek te vat en MY gesag op te slurp.

En die mans sal vir die vroue sê “JY MOET “JOU ONDERWERP! JY MOET JOU ONDERWERP! JY MOET JOU ONDERWERP!”

WAT?!? Wat is dit? Wag wag wag. Hokaai!

Wee! Wee! Wee! Wee! Wee! Wee! So sê YAHUVEH! EK wil jou hoor — Waag om dit in MY Gesig te sê.

EK wil hê jy moet op jou knieë voor MY kom staan op hierdie oomblik, en EK wil hê jy moet kla omdat jou vrou onderdanig is aan die HERE GOD ALMAGTIG! EK YAHUVEH, EK YAHUSHUA, en EK IMMAYAH, die RUACH HA KODESH!

[Fluister] EK luister. Kan jy MY hoor?

EK kom nader, nader en nader aan jou ore. EK luister. Wat? EK kan jou nie eens hoor fluister nie? Kom nou julle manne van YAH! Waar is julle?

Jy is die een wat die gesag gebruik wat EK vir jou gegee het wat veronderstel was om net in liefde gespreek te word.

Het EK nie gesê jy mag die Bruid van YAHUSHUA nooit minag nie? Het EK nie gesê dat jy nooit die Bruid van YAHUSHUA mag mishandel nie? Dat jy haar moet liefhê soos YAHUSHUA die vergadering van die gemeentes liefhet wat aan HOM behoort het. SY EIE BRUID!

Dat jy haar net op een manier mag regeer en sy sou aan jou onderdanig wees want sy sou nie eens weet dat dit onderdanigheid is nie omdat jy reeds in lyn is met die wil en weg van MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en die KOSBARE RUACH HA KODESH. [Fluister] Gaan voort! EK daag jou uit! EK daag jou uit!

Jy het soveel verkeerd gedoen in MY Oë en EK praat met die manne op hierdie oomblik wat dit gedoen het. Selfs aan die Bruid van YAHUSHUA! Selfs aan MY BRUID! Want YAHUSHUA se BRUID is MY BRUID en MY BRUID is YAHUSHUA se BRUID! ONS IS EEN.

Het jy vergeet?

En wanneer jy daardie vrou beledig — en wanneer jy dit waag om haar te dwing om te kies tussen MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH en jy probeer ONS afgooi van die Troon af en sê vir haar “Moenie luister na dit wat GOD te sê het nie. Jy luister wanneer ek praat. My woorde is net so kragtig. Nee ek weier om dit in gebed op te neem. Nee ek weier om sy-aan-sy met jou te loop. Wie is jy? Jy is net ‘n vrou. Jy moet agter my loop. Ek moet voor loop” — wee!

Wee! Wee! Wee! Wee! Wee!

EK YAHUVEH sê “Wee!” Soos dit wat gaan gebeur in Openbaring, onthou? En in die lug, sal ‘n stem gehoor word wat sê “Wee! Wee! Wee!”(Openb. 8:13) Dit is een van die eerste weë (9:12)

Moenie herhaal wat satan gedoen het nie.

Bestraf die gees van narcisme. Bestraf die gees van hoogmoed. Bestraf die gees van alles wat MY aanstoot gee. Want lucifer het selfs probeer om MY, YAHUVEH, se lof, eer en heerlikheid te steel!

Wee julle mans — en EK gee nie om watter geloof julle julself noem nie — totdat julle julself weer was, en EK bedoel nie met ‘n waslap by die Kruis van Golgota nie.

EK bedoel julle moet in ‘n bad inspring en die visioen daarvan sien, want julle het nodig om heeltemal onder daardie BLOED in te gaan om julle sondes weg te was en om hierdie demone uit te dryf. En julle kan selfs nie net die duiwel blameer nie. Julle kan nie net die soorte okkulte blameer nie.

Dit is jyself wat gekies het om jouself op ‘n voetstuk te plaas. Dit is EK YAHUVEH wat gewaarsku het, “Moenie jouself op ‘n voetstuk plaas nie want EK YAHUVEH sal die eerste wees wat jou afgooi”

Beskou jouself as afgegooi aangesien EK jou afgekamp en in ‘n hoek het. Jy sal bekeer.

Jy sal alles wat jy gedoen het bely — en nie net voor die Kruis nie, nie net voor die HEILIGE DRIE EENHEID en YAHUSHUA nie maar jy sal gaan na diegene wat jy aanstoot gegee het. En jy sal huil en weeklaag soos Koning Dawid gedoen het, terwyl hy by my gepleit het vir die lewe van sy seun (2 Sam. 12:16-17).

Sewe dae lank het hy gehuil en geweeklaag en hy het nie omgegee wie hom sien nie en hy het gevas en hy het gebid smekend dat daardie kind sou leef wat verwek was in sonde. Want Dawid het moord gepleeg, net om haar [Bathsheba] te kry. En daar was geen manier hoe EK daardie kind sou laat leef nie, en tog het Dawid my gesmeek om vergifnis.

En MY hart was gevul met meegevoel. MY hart het oorgeloop van liefde terwyl hy homself selfs ‘n wurm genoem het, laer as ‘n wurm. Hy het op die grond voor MY gekruip in bekering oor die sonde van moord en alles wat hy ooit gedoen het.

En destyds was daar geen BLOED van YAHUSHUA nie, daar was niks wat hom van sy sonde kon bedek nie. Hy was reeds ‘n waarskuwing gestuur van ‘n Heilige Profeet, soos EK nou ‘n Heilige Profeet stuur.

Dit is dieselfde BOODSKAPPER wat voortspreek deur haar stem. EK IS YAHUVEH. EK IS dieselfde vandag, gister en vir ewig. EK waarsku julle. Kom tot by die voet van die Kruis.

O, Israel, julle is in narcisme. Julle is in hoogmoed. Julle is ‘n gees van godsdiens, ‘n gees van rebellie.

EK aanvaar nie Kabbalah nie en julle weet dit! Julle meng die Kabbalah en julle meng dit met heksery, en julle meng dit met die Torah, en julle sit dit alles bymekaar soos ‘n bredie.

En wee vir die een wat EK toevertrou het as ‘n leier en leiers.

Wee vir diegene wat hulself Rabbies noem. Wee vir hulle wat hulself so noem en dit selfs waag om te vergelyk — te sê hulle is gelykstaande aan ‘n Hoë Priester.

EK ken julle nie totdat julle terugkom by die Kruis van Golgota en ‘n bad vat in die BLOED VAN YAHUSHUA, en bely en bekeer en huil en weeklaag — en EK bedoel dit vir diegene wat EK in hoë posisies geplaas het, julle sal dit in die openbaar doen, en mense sal julle vergewe.

Hulle sal julle vergewe. Julle hoef nie in elke fynste besonderheid in te gaan nie, maar julle sal huil en julle sal weeklaag en julle sal op julle knieë wees smekend vir MY vergifnis soos Koning Dawid gedoen het — net hierdie keer sal dit deur die NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA wees.

Want nou, wil jy weet waarheen jou gebede gaan? En EK praat met een man in die besonder nou op hierdie oomblik.

Jy weet wie jy is! Jy weet hoekom jy na hierdie aarde toe gestuur was en vir wat jy gestuur was om op hierdie aarde te doen. Jy het geweet en jy weet van wie EK praat. En jy waag dit om te luister na satan se dienaars wat in jou ore fluister en jou vertel hoe magtig jy is, jy “Moses van Nuuts!”

Daar is net een Moses. Een Moshe van Ouds, wat die prys betaal het vir 40 jaar, miljoene in ‘n sirkel rond gelei het: Die Kinders van Israel.

[YAH...Stilte]

Vir diegene wat weier — en EK praat met die Jode — weier om die BLOED VAN YAHUSHUA te aanvaar, julle sal vind dat daar geen genade by die voete van die Moshe van Ouds is nie. En julle sal vind dat daar net hel op julle wag.

Daar is net EEN MESSIAS. En as Ek julle nie nou waarsku nie o, Israel, sal die Groot Verdrukking op julle wees en julle sal bid tot MY en julle sal die Torah opsê en liedere van aanbidding sing, maar sonder om MY NAAM, YAHUVEH, te noem.

EK sal huil en EK sal rou oor julle, [YAH...Stilte] omdat EK julle wil help. Hoekom dink julle dat die BLOED VAN YAHUSHUA— van al die plekke in die wêreld — het EK Israel gekies vir daardie BLOED om uitgegiet te word uit MY ENIG VERWEKTE SEUN.

EK het julle gekies. EK het julle lief.

Luister na hierdie vrou — ‘n Profeet want daar is nie ‘n man wat op hierdie oomblik aan haar sy staan nie, buiten ‘n broer wat die Salwing aangewakker het,’n broer wat soos geen ander broer is nie.

Want hy is ‘n vriend soos geen ander manlike vriend nie. Hy is ‘n broer wat sy kan vetrou en hy vertrou haar want sy was sy Pastoor en hy herken ‘n Profeet toe hy haar die eerste keer gehoor het en sy is die een wat hom herinner, “Bly op die pad van Heiligheid” “Hou aan bid dat jy waardig geag sal word om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word, maar moet nooit ooit — ongeag wat gebeur — die merk van die dier aanvaar nie. Ongeag wie probeer om jou in ‘n hoek te druk, wie jou dreig en intimideer”

Jy kan nooit enige iemand liewer hê nie as vir MY, YAHUVEH, YAHUSHUA & DIE RUACH HA KODESH. Hierdie is der ewigheids onthalwe.

Dit is die man wat EK nou het om by Elisheva se sy te staan, wat die gawe van Profesie in haar aangewakker het. Want hy is die een met wie sy nou oor die foon praat. Julle sien EK het geen tekortkominge met afstand nie.

EK sal gebruik wie EK ookal kan, maar EK soek ‘n man wat sy bes doen om Heilig te lewe voor MY, wat nie perfek is nie, maar hy weet hoe om te bekeer en hy is ‘n man na MY Eie Hart.

En hy onderrig wat hy geleer was — selfs vir sy klein kindertjies. O, kosbare seun van MY. Kosbare seun van MY.

[Heilige tale...]

EK noem jou Dom. EK weet jy wil nie jou naam genoem hê nie daarom noem EK jou net Dom.

Jy is MY klein Dom. EK het jou lief. EK YAHUVEH het jou so baie lief. EK YAHUSHUA het jou so baie lief. En EK, IMMAYAH, jou MOEDER in die Hemel, die RUACH ha KODESH, omhels jou.

Dankie dat jy daar is vir Elisheva. Dankie dat jy daar is sodat sy ‘n manlike bedekking kan hê terwyl hierdie Profesie voortkom. Want die ganse hel sou haar nou aangeval het as dit nie was vir die feit dat sy op hierdie oomblik ‘n manlike bedekking het nie.

Want Ezra is nie nou op die oomblik hier terwyl hierdie Boodskap voortkom nie. Caleb is nie nou op die oomblik hier terwyl hierdie Boodskap voortkom nie, maar jy is.

En EK wil uitroep na Israel en EK wil vir hulle sê, julle behoort nie trots te wees op daardie Derde Tempel wat gereed is om gebou te word nie. Julle behoort nie trots te wees op al die — alles wat daar binne-in gesit gaan word nie. Julle behoort nie na die woorde te luister wat op hierdie oomblik gespreek word nie.

En julle wat in die geheim weet, dat die anti-mashiach binne-in daardie tempel sal sit — en daardie kroon sal dra en op daardie troon sal sit (En al die goud wat besig is om daarin gegiet te word! En hoe die armes gaan sonder kos en sonder behuising as gevolg daarvan!) — maar julle ken die waarheid maar julle is bevrees om julle families aanstoot te gee.

Julle is bevrees om onteien te word. En tog het EK hierdie Woorde gesê, “Julle moet MY Bely, Julle moet MY Bely” YAHUSHUA, “voor mense” (Mat.10:32-33). Julle moet anders is julle nie net besig om MY, YAHUVEH, te verloën nie maar MY ENIG VERWEKTE SEUN YAHUSHUA voor die vroue en mans van hierdie aarde.

En julle is meer bevrees om julle biologiese families aanstoot te gee as om die Hemel aanstoot te gee. Dit is wat julle sê. Wanneer julle MY voor mense bely, bely julle voor MY, die VADER. Wanneer julle MY verloën voor die mense — en dit beteken julle families — verloën julle ook vir MY die VADER.

Julle moet MY bely. Julle moet YAHUSHUA bely. Julle moet al julle vrees en trots opsy sit.

O, Israel kom uit die gees van narcisme uit. Sonder die BLOED VAN YAHUSHUA is daar geen vergifnis vir daardie sonde nie. En EK praat met die mans en EK praat met die vrouens wat die gees van narcisme het.

In hierdie wêreld is daar geen hoop om vry te kom nie. Hulle sal vir jou sê om weg te hardloop van so ‘n persoon wat homself daar stel as ‘n god en sê elke woord wat uit sy mond uit kom is GOD wat praat.

Julle het julle afgode net daar o Israel. Dit is geensins anders as die tyd toe julle die goue kalf gehad het nie.

Die gees van narcisme sonder die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA— sonder om in daardie bad van die BLOED in te spring en die BLOED te sien en julleself skoon te was — is daar geen vergifnis nie want jy [as ‘n narcis] het jouself ‘n god gemaak, ‘n god wat aanbid moet word soos daardie goue kalf.

Israel julle dink nou dat julle waardig is om aanbid te word. Julle noem julself die Heilige Land” maar EK YAHUVEH sê “O, Israel waar is jou Heiligheid?”

Want julle laat elke sonde toe wat EK beveel het om verbied te word — en EK praat nie van die kos wat in julle monde ingaan nie — wat julle verontreinig nie; EK praat van dit wat uit jou mond gaan wat jou verontreinig.

Die ergste verontreiniging wat enige iemand kan dink gaan baie spoedig gebeur. As julle nie vir YAHUSHUA nou aanvaar as MASHIACH nie, sal julle buig en kniel en sal julle die Merk van die Dier aanvaar. En hiervoor is daar geen vergifnis nie. Julle sal hel toe gaan en EK YAHUVEH sal sê, “Gaan weg van MY julle werkers van onheil EK het julle nooit geken nie!”

Elisheva: Ek moet dit net sê. Ek moet dit sê Dom, ek moet dit sê. Ek wil huil terwyl ek hierdie Profesie gee want ABBA YAHUVEH het Israel so lief.

HY het SY ENIG VERWEKTE SEUN gegee en die BLOED is in die grond en die BLOED is selfs bo-op die Ark van die Verbond. Dit was gelaat as ‘n teken toe die BLOED van die kruis af gedrup het tot reg bo-op die Versoen Deksel van die Ark van die Verbond.

En net die Twee Getuies is in staat om daardie Ark oop te maak. Wee enige iemand wat probeer om dit oop te maak en dink dat hulle nie sal — o my!

O my! Ek wil my nie eens daaroor uitlaat nie. Wat YAH sal doen! Ek glo dat HY dit sal verbied, maar HY noem dit die “Geheime Kis” En [ek hoor] HY sê “EK het julle reeds hieroor gewaarsku” Dit was reeds in die Profesieë.

En ABBA YAH sê die duiwel het alreeds gelees van die Twee Getuies — en hulle is ‘n getroude paartjie en hulle is ‘n man en ‘n vrou.

En HY beveel almal om dit net te lees.

Profesie Gaan Voort

En glo dit en ontvang dit, [wat in die Profesieë geskryf is]

En bid net vir hulle. Want satan wil dit skei op ‘n manier wat nog nooit voorheen geskei was nie — satan wil grenslyne oorskrei wat EK nie sal toelaat nie.

[Heilige tale...]

EK praat nou veral met die man wat sal herken met wie EK nou praat. EK het alreeds sy ore oopgeskiet al dink hy dit is net ‘n fluistering. Hy weet dit is binne-in sy kop; dit vibreer in sy kop.

Hy luister na leuenagtige misleidende geeste — gee hom vals visioen-op-vals visioen. En wanneer hy vertel word dat daar Heilge engele aan sy regterkant en aan sy linkerkant is, in plaas daarvan, is hulle gevalle engele. En satan spot en lag vir hom.

Een maal kon hy MY stem so duidelik hoor. Eens op ‘n tyd het hy mense na die Kruis op Golgota gelei. Hy het hulle nie na die Ou Bloed Verbond toe gelei nie. Hy was gewaarsku om nooit kabbalah te onderrig nie.

Aan julle, vroue, julle moet vir MY luister. Die enigste EEN [aan] wie jy verantwoordelik gehou word om onderdanig te wees meer as enige iemand anders — en dit geld vir enige soort huwelik — wanneer jy aan YAHUSHUA behoort is HY jou EERSTE LIEFDE. HY is jou EERSTE MAN.

Julle het vir MY, ABBA YAHVEH, en julle het vir IMMAYAH, maar op hierdie aarde wanneer ‘n manlike eggenoot probeer om vir julle te sê jy moet jou “ONDERWERP, ONDERWERP, ONDERWERP” asof dit ‘n sweep is omdat hy sê, “ek is die man en jy is maar net ‘n vrou”.

En wanner hy selfs die moeder weggooi en sê, “Al wat die seuns nodig het is’n vader” — Hoe durf jy! EK YAHUVEH sê hoe durf jy! EK IS die enigste VADER IN DIE HEMEL.

En jy waag dit om te sê “Jy moet jou onderwerp aan ‘die Vader’!” en noem jouself “Die Vader” terwyl EK YAHUVEH “Die HEMELSE MOEDER” het. Selfs die heidene sal haar Moeder Natuur noem — want selfs hulle weet soveel — en ken nie eens die rede nie, maar SY beheer die natuur. En dit is IMMAYAH; dit is die RUACH ha KODESH.

MEDE-SKEPPERS — was EK YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH! Wie is jy?!

O jou pieperige mens! Jy beter voor MY aangesig kom en jy beter soos ‘n wurm wees voor MY aangesig nou dadelik want dit is hoe EK nou na jou kyk.

Want jy waag dit om die gesag van MY, YAHUVEH, en EK YAHUSHUA en IMMAYAH, RUACH ha KODESH, die HEILIGE GEES op te slurp. En jy waag dit om te kritiseer en jy waag dit om te blameer en jy waag dit om te skinder, te beswadder en te skimp, en die woord te gebruik want my vrou wil haar nie “onderwerp” nie.

Wees baie versigtig, o man! Wees baie versigtig, o manne!

Want dit is nie net een man waarmee EK praat nie dit is mans van hierdie wêreld wat die voorbeeld volg van hierdie een man, wat nou hulle eie vroue mishandel, wat dieselfde ding doen. EK sien dit agter die preekstoele, EK sien dit. Selfs die rabbies doen dit. Hulle wat hulself rabbies noem — EK noem hulle nie rabbies nie. [Heilige tale...]

YAHUSHUA is die RABBI van RABBIES. HY is die HOË PRIESTER van enige hoë priester.

Genoeg van hierdie lering van [Ezra se vals weergawe van] Melchizedek. Genoeg hiervan ! Genoeg hiervan! Genoeg hiervan! En moet dit nie waag om ooit weer jouself te skryf of te verseël met daardie letter nie. [Heilige tale...]

Jy dink jy weet so baie, en EK praat met hierdie een man in besonder, tog weet jy so min! Want jy is ‘n geleerde dwaas! En EK het jou gewaarsku wat sou gebeur as jy nie daardie hoogmoed neerlê nie. EK het jou gewaarsku oor wat sou gebeur.

Hierdie is nie die eerste keer wat jy die woord narcis hoor nie. EK het jou gewaarsku oor wat sou gebeur as jy nie die gees van godsdiens neerlê en nie uitsorteer wat waarheid is en wat nie.

EK het jou gewaarsku en EK het jou gewaarsku: Moet nooit die kabbalah onderrig nie! Dit is ‘n kombinasie van die Torah en selfs swart towerkuns is daarby betrokke. Moet nooit die kabbalah onderrig nie! Hierdie Bediening gaan alles daaroor om siele na YAHUSHUA te lei!

En vir hulle wat dit nou doen en op elke Shabbat sal hulle die Torah lees.

EK gee nou hierdie nuwe bevel: Jy lees die Nuwe Testament — die enigste ding wat jou kan red is die NUWE BLOED VERBOND — totdat jy dit in jou kop kry! Net die BLOED VAN YAHUSHUA kan my red.Net DIE BLOED VAN YAHUSHUA kan my skoon was. Wat in die verlede is, is in die verlede. Wat nou is en die toekoms is, is die NUWE BLOED VERBOND wat jou uit die hel kan hou. Wat my ore kan oophou vir elke Woord wat U sê.

En hoeveel van julle skuld Elisheva ‘n verskoning. Julle het haar eens op ‘n tyd moeder genoem. En julle weet sy was julle geestelike moeder. En julle het getuienis gegee en julle het dit selfs op julle videos gesit. ‘n Getuienis gegee wat MY, YAHUVEH, verheerlik het, YAHUSHUA verheerlik het en die RUACH ha KODESH verheerlik het.

En toe het julle dit afgehaal. Julle het gesê “ek het nie meer ‘n geestelike moeder nodig nie. Al wat ek nodig het is ‘n geestelike vader.” Dit is nie die manier waarop dit in die Hemel gedoen word nie. ‘n Man en vrou wat waarlik in YAHUSHUA is, uitgevaardig en verklaar is in die Hemel met ‘n seëlring — sy het sy geestelike ribbebeen; hy behoort nooit te ver vooruit te loop nie want dit sal aan daardie ribbebeen trek.

En wanneer dit trek aan die geestelike ribbebeen binne-in daardie vrou (wat EK YAHUVEH toegelaat het om verbind te wees — alleenlik deur die NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA kan dit gebeur) maak dit nie net haar verstand liggaam en siel seer nie, maar dit maak hom seer. En die gees van rebellie word toegelaat om in daardie man in te gaan, en die gees van hoogmoed, wat EK VERAFSKU, word toegelaat om in te gaan.

Rebellie is ‘n vorm van heksery. EK het keer-op-keer gewaarsku.

Hoe kan jy loskom van heksery van diegene wat die ergste soort okkulte teen jou opstel? Want diegene wat in rebellie is, hulle besef nie eens dat hulle die deur oopgemaak het vir heksery nie. Hoe kan hulle dus vry wees tot hulle terugkom na die Kruis toe by Golgota en bely en bekeer en huil en weeklaag?

Selfs julle lofsange hoor EK nie. Hierdie boodskap is veral vir hulle wat eens op ‘n tyd gesê het “Kom na die Kruis van Golgota. Kom in die NAAM EN DIE BLOED VAN YAHUSHUA”

“EK was eens op ‘n tyd ‘n Ortodokse Jood. Ek kan die Torah onderrig”

Wel EK vra jou hierdie vraag? Wat het verander? Hoekom wil jy nie die Nuwe Testament onderrig nie, die NUWE BLOED VERBOND? DIE ENIGSTE WEG, DIE WAARHEID EN DIE LEWE? Jy kan nie na die VADER kom nie behalwe om te kom deur die SEUN. MY ENIG VERWEKTE SEUN YAHUSHUA.

Wat het verander? EK sal jou sê wat het verander toe jy teen die Profesieë begin praat het, toe jy mense begin waarsku het teen die Profesieë.

Wat jy eens so kosbaar geag het dat jy hulle letterlik teen jou borskas vasgehou het, jou bors en jy het gesê “Ek weet dat ek die Stem van YAH gehoor het deur hierdie Heilige Profesieë” (wat EK voortgespreek het deur hierdie Apostel Profeet Elisheva Eliyahu). Toe het jy hulle gevat en jy wou hulle verander en alles uit hulle verwyder wat jou aanstoot gee.

Dit was ‘n gees van hoogmoed. Dit was ‘n gees van narcisme. Dit was ‘n gees van rebellie. Dit was ‘n gees van godsdiens — wanneer EK praat van ‘n gees, praat EK van bose, bose geeste.

Wil jy die rede weet hoekom? Julle wat vir Elisheva haat — en nie eens weet hoekom nie — soos sy vertel was deur ‘n eks-man en [hy is ] opgeskryf in MY verslae in die Hemel [asof] nooit bestaan nie. Daarom noem EK, YAHUVEH, hom ‘naamloos’ wat die ergste belediging is wat EK enige iemand kan gee — want selfs Judas het ‘n naam gehad — maar hy het gesê “ek kan nie meer vir jou gesig kyk nie. Want jou gesig is ‘n gesig van Heiligheid. Ek wil my ore blok vir jou. Want jou stem is ‘n stem van Heiligheid. Ek kan nie meer in jou oë kyk nie. Want ek sien niks anders nie as Heiligheid wat ek verafsku omdat ek nie soos jy kan wees nie.”

O, maar EK praat met hierdie spesiale man en EK praat met al julle manne wat teen haar gedraai het. Sy het julle eens op ‘n tyd seuns genoem. Julle het haar eens op ‘n tyd moeder genoem. Julle het haar eens op ‘n tyd ‘n Heilige Profeet genoem.

En nou, as gevolg van ander wat ‘julle waarsku’ wat julle reguit in die hel in lei — omdat julle MY Stem ken en julle het dit geken en dit is waarom julle na YAHUSHUA toe gekom het in die eerste plek.

Sy is die een wat julle geleer het, “Gehoorsaam die Tien Gebooie, wees Heilig soos YAHUSHUA Heilig is. Volg die voorbeeld van YAHUSHUA en val op julle aangesigte en bekeer wanneer jy dit mis.”

Want EK weet dat EK nie MY visse kan skoonmaak tot nadat EK hulle gevang het nie. En dit is [deur] YAHUSHUA se NAAM & BLOED wat hulle eerste op hul aangesigte val en bely en bekeer.

O, Israel EK laat hierdie toe om te gebeur sodat EK dit kan gebruik as ‘n voorbeeld oor hoe — baie van julle dieselfde voorbeeld volg wat julle reguit in die hel in gaan lei — as julle nie nou dadelik uitkom uit akkoord met satan nie, en besef wanneer daardie derde tempel gebou word, sal dit nie julle MASHIACH wees wat daarin sit nie; dit sal die anti-mashiach wees, die einste seun van lucifer (satan) [Heilige tale...]

En julle wat beskaamd was maar die reddings-gebed gebid het wat in ‘n video was wat Elisheva 24 jaar gelede geskryf het — dit was die eerste reddings-gebed wat sy ooit geskryf het op die Internet en EK het dat Ezra dit opsit in die Hebreeuse taal (die Salwing was in dit wat sy geskryf het) — die Hebreeus was vir julle ore om te hoor, maar net dat dit gespreek was in Hebreeus, het dit nie Heiliger gemaak as die oorspronklike woorde wat EK vir haar gegee het nie. Daardie [oorspronklike gebed] was geskryf onder die Salwing van die RUACH ha KODESH. Verstaan dit reg!) En julle het YAHUSHUA aanvaar en om vergifnis gevra, maar dan wil julle dit nie aan julle families erken nie.

Jy wil dit aan niemand erken nie. Jy dink dit is ‘n geheim wat jy net tussen jou en YAHUSHUA kan hou. [Heilige tale...] EK sê nie jy moet jou pêrels voor die swyne gooi nie. EK waarsku julle om nie julle pêrels voor die swyne te gooi nie. (EK praat nie van dit wat julle eet nie, EK praat van dit wat die verworpeling is) Genoeg dwaasheid! Genoeg dwaasheid! [Heilige tale...]

Kom na YAHUSHUA toe. Kom na YAHUSHUA toe. Kom na MY GELIEFDE SEUN YAHUSHUA toe. Kom in SY NAAM en deur SY BLOED. Kom en was julself weer skoon.

Kom weer na MY toe. Kom weer na MY toe. Moet net nie in jou naam kom nie. Moet dit nie waag om voor MY Troon te kom en te dink dat EK na jou gebede sal luister as jy nie bely en bekeer het en jouself skoon gewas het met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH nie. DIE NUWE BLOED VERBOND.

Abraham se bloed verbond is vir ‘n seën, ja, maar eers moet jy besny wees van hart. Jy moet wandel in Heiligheid. Jy moet daarna strewe om die Tien Gebooie te gehoorsaam. Jy moet YAHUSHUA aanbid as HERE, GOD & MESSIAS. Jy moet besef HY is MY ENIG VERWEKTE SEUN. Jy moet die NUWE BLOED VERBOND volg en luister en glo wat in die Nuwe Testament is.

Die Twee Boeke [Ou en Nuwe Testament] moes nooit verdeel gewees het nie. EK het dit voorheen in ‘n Profesie gesê; EK sal dit weer sê. Hulle moes nooit verdeel gewees het nie.

En dan, julle Jode, sou julle nie gestop het by die vyf boeke van Moshe nie; julle sou voortgegaan het en julle sou besef het dat die diere-offers net ‘n heenwysing was totdat YAHUSHUA gekom het. Bekeer o, Israel!

Aanvaar die enigste, die enigste NUWE BLOED VERBOND wat julle sondes kan wegwas. Bekeer o, Israel!

Bekeer, o manne van hierdie wêreld wat hul vroue geslaan het met die woorde; ‘onderwerp onderwerp’ En tog onderwerp jy jou nie eens aan YAHUSHUA nie. Jy onderwerp jou nie aan MY, YAHUVEH, nie. Jy luister nie eens na die oortuiging van die RUACH ha KODESH binne-in jou hart en jou siel en jou liggaam nie.

Jy gebruik net jou verstand, “Hoe kan ek haar beheer?” en veral wanneer sy ‘n Profeet is, “Hoe kan ek hierdie Profeet muilband? Hoe kan ek iets soos ‘n honde snoer op haar sit en haar stil maak?”

Wel, EK sal vir jou sê hoe. JY KAN NIE! EK YAHUVEH SÊ JY KAN NIE. Want EK het MY GEES binne-in hierdie vroue gesit, en diegene wat die Bruid van YAHUSHUA is, en hulle wat selfs van die Gaste is by die Bruilofs-fees van die LAM wat vroue is— geen man sal sy ooit voor MY SEUN YAHUSHUA stel nie.

Sy sal weier om haar te onderwerp mits jy jou onderwerp aan die HEILIGE VLEKLOSE LAM van MY, YAHUVEH. SY NAAM is YAHUSHUA HA MASHIACH, DIE ENIGSTE MESSIAS. Die ENIGSTE NUWE BLOED VERBOND wat EK verlang om voort te laat vloei oral oor Israel.

En EK het eerste vir Elisheva opgerig. En toe het EK jou opgerig, Ezra, om hand-aan-hand saam [met haar] te stap in eensgesindheid as mede-leiers, om nooit te dink dat een beter as die ander is nie.

Omdat julle altwee julself [behoort te] onderwerp en luister na MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH, die SOETE RUACH HA KODESH wat julle albei oortuig en vir julle sê wat is waarheid en wat is ‘n leuen — maar enige iemand wat eerder na die vals visioene luister wat jou laat dink dat jy meer as net ‘n mens is (wat gewas kan word met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA sodat jy sonder vlek of kreukel kan wees) — en in plaas daarvan luister jy na hulle wat van die hekse is: hulle wat in die vorm is van elke soort okkult; hulle wat die voortou sal neem met die gees van rebellie, en selfs gevalle engele in plek sal kry sodat jy kan hoor om jouself op te pof met hoogmoed, en selfs probeer om jou op ‘n troon te sit.

Wees versigtig. Jy volg die voorbeeld van lucifer. Wees baie baie versigtig diegene wat Judas se voorbeeld gevolg het — en ‘n dief en ‘n leuenaar en ‘n verraaier.

Moenie daardie BLOEDLYN VAN YAHUSHUA oorsteek waar daar geen terugkom kans is nie. Moenie daardie BLOEDLYN van lastering [teen die HEILIGE GEES] oorsteek nie want wat jy ookal oor hierdie Bediening sê, wat jy ookal teen hierdie Profeet wat nou hier praat gesê het.

Sy is MY Ring-Diensmaagd, en EK vertrou haar want sy was getoets, nie net in klein dingetjies nie maar in groot dinge. Sy was nou drie maal gesê dat sy moet kies aan wie sy sal onderwerp, en elke keer sou sy daardie huwelik op die offer-altaar neerlê en sy sou sê “Daar is niemand anders as YAHUVEH, YAHUSHUA en die SOETE RUACH HA KODESH IMMAYAH, aan wie ek my eerste onderwerp nie.”

EK het haar nou drie maal getoets.

Enige iemand wat vir haar wil profeteer en kom met julle leuens — julle het sy eens op ‘n tyd seuns genoem, en wat EK nou verworpelinge noem — julle het die BLOEDLYN oorgesteek van geen ommekeer. Want julle het geweet wat julle doen en nou is julle daarop uitom mekaar te kry.

Wees gewaarsku voordat jy nog ‘n tree oor daardie lyn gee — en EK praat met hulle wat nog steeds ore het om na hierdie Profesie te luister en MY Stem, ABBA YAHUVEH, te hoor praat — moenie daardie ander voet vat en dit oor daardie lyn sit nie. Want dit is lastering. Want jy het eens op ‘n tyd die Waarheid geken.

En wees gewaarsku! Want so sê YAH!

Wanneer jy kwaad vir goed vergeld aan diegene wat net goed aan jou gedoen het, wyk die kwaad nie uit jou huis nie (Spr. 17:13) — behalwe met een uitsondering wat nie daar was toe dit geskryf was nie. En dit is deur DIE NAAM EN DIE BLOED VAN YAHUSHUA, wat jy vergewe kan word.

Bely net wat jy gedoen het. En moenie net in die geheim voor YAHUSHUA bely nie. Gaan na die een toe wat jy aanstoot gegee het, naas YAHUSHUA die grootste.

Want wanneer jy voor YAHUSHUA bely, bely jy voor MY, YAHUVEH, en jy bely voor IMMAYAH die RUACH HA KODESH.

EK praat met Israel. Julle wat daardie reddings-gebed gesê het —

dat voordat die Youtube kanaal YAHSladynred afgehaal was — en o, satan het gejubel — want sien julle nie, die een Profesie wat hy die meeste gevrees het was oor die 300,000 (en julle kan dit vermenigvuldig, julle kan dit selfs verdriedubbel want Youtube sal jou nooit toelaat om die aantal besigtinge te weet nie) maar dit was meer as 300,000 mense wat net Hebreeus praat wat daardie reddings-gebed gesê het wat Ezra in die Hebreeuse taal gespreek het.

En amper almal van hulle het daardie gebed herhaal, het daardie gebed geglo — en wou dit nog steeds nie getuig nie. Want hulle was banger om hulle biologiese families te verloor as hul plek in die Hemel.

Bekeer, bekeer, bekeer!

Want EK weet reeds wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe en EK weet reeds wie se name was reeds uitgewis voor die grondlegging van hierdie aarde. Julle almal werk jul eie heil uit met vrees en bewing.

Want almal van julle ken diep binne-in jouself die besluit wat EK jou forseer het om te maak in die Hemel, aan wie se kant jy sou veg — of dit lucifer sn sou wees [wat EK nou ha satan noem] of sou dit EK YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH, DIE RUACH HA KODESH wees.

Julle almal werk julle eie heil uit met vrees en bewing (Fil.2:12) Kom na YAHUSHUA toe. Kom en was jouself skoon.

Want as jy lastering gepleeg het, en as jy oor daardie lyn gegaan het, sal jy hierdie ‘n vals Profesie noem en jy sal Elisheva haat — meer as ooit — en jy sal ontken dat dit selfs EK, YAHUVEH, is wat spreek.

En jy sal steeds sê, “Bly weg van AmightyWind.com. Bly weg van AmightyWind Bediening want dit is oorgeneem — of iemand anders praat, maar dit is nie Elisheva nie.” Dit is hoekom EK nou Profeteer. Hierdie gaan op die voorblad wees en die vorige Profesie wat in ‘n video is, is nog nie eens klaar nie.

Dit sal wees, baie binnekort, maar dit was daar opgesit [op Youtube] as Profesie 139 waarvoor EK nooit eens toestemming gegee het om te wees nie. Want dit [die amptelike weergawe] was nog nie eens klaar nie. Dit kom van hierdie Bediening af — en jy kan nie net daarop aanspraak maak om van hierdie Bediening te wees nie — jy moet vir hierdie Bediening werk en jy sal hand-aan-hand saam met Elisheva werk.

Sy weet wie die ware “YAHUSHUA’s demon stompers elite” is wat EK nou die “beste van die bestes noem” maar hulle is almal besig om getoets te word.

Jy sal hulle sien kom en jy sal hulle sien gaan. Dit hang net af hoe graag hulle die Bruid van YAHUSHUA wil wees. Hoeveel is hulle werklik bereid om prys te gee?

Want hierdie wêreld is nie julle tuiste nie. Julle is maar net vreemdelinge wat deur beweeg. Julle tuiste is in die Hemel. Dit is die Woorde wat EK vir julle moet sê.

En daar is nog wat kom vir Israel.

Want hierdie Profeet gaan nie stilbly nie. Niemand gaan ‘n honde snoer op haar sit nie. Niemand gaan vir haar sê sy moet haar onderwerp nie. Sy onderwerp haar alleenlik aan YAHUSHUA, EK, YAHUVEH & IMMAYAH, DIE RUACH HA KODESH.

En dan praat EK met al die vroue oral! Die Woorde wat EK nou net deur Elisheva gespreek het, gaan alles vir julle ook. Dan sal jy jou onderwerp aan die manlike eggenoot — wat net EK, YAHUVEH, verklaar en uitgevaardig het — dat jy ‘n geestelike ribbebeen het wat aan hom verbind is omdat hy verbind is aan YAHUSHUA se Ribbebeen. Kan julle dit nie sien nie? Daarom is hy aan YAHUSHUA verbind.

YAHUSHUA is verbind met MY en die RUACH HA KODESH sal binne-in jou leef, en daarom sal jy nooit ooit vir ‘n vrou sê om haar te onderwerp aan enige iets wat nie in lyn is met die wil van die GODHEID, DIE HEILIGE DRIE EENHEID nie. En vir elke manlike eggenoot reg oor hierdie wêreld wat dit gedoen het, EK waarsku julle nou. Nahum 1(vers 2) sê EK IS ‘n jaloerse YAH!

En ja EK weet die KJV Bybel sê EK IS ‘n jaloerse “GOD” maar EK het ‘n naam en MY NAAM is YAHUVEH. En niemand vat MY plek nie en niemand vat YAHUSHUA se plek nie en niemand vat die RUACH HA KODESH se plek nie.

SY is MY SOETE, SOETE RUACH HA KODESH en SY is julle GEESTELIKE MOEDER in die Hemel. SY is MOEDER WYSHEID. Dit is waarom EK nie vir “King James” toegelaat het om die NAAM — SY as WYSHEID, te verwyder nie.

Lees self die Boek van Wysheid en vind uit WIE die RUACH HA KODESH is. Jy sal baie verbaas wees oor WIE die HEILIGE GEES waarlik is. En lees die boek wat 7 jaar van niks anders as studie geverg het nie en dit is “Secrets of the RUACH HA KODESH, HOLY SPIRIT”

En EK het dit vir Elisheva Eliyahu gegee en saam met ander het hulle dit gevorm en in ‘n boek gesit. En hierdie boek het nie net die beeld wat EK vir Elisheva gegee het, terwyl sy dit so duidelik in ‘n visioen gesien het nie, maar op die agterkant daarvan is die wapen, die heilige seël van beskerming.

So maak dus seker wanneer jy hierdie boek kry, waar dit is. Sit dit selfs onder jou kussing en bid dat EK die gawes aanwakker van visioene en openbarings en drome en beskerming. Hou dit binne bereik en jy sal sien en jy sal MY hoor praat.

En daar kom ‘n nuwe uitgawe. Maar dit hang alles af van die besluit van een man: Hoe graag hy sy getuienis daarin wil hê. Ezra, hoe graag [wil] jy jou getuienis in die nuwe boek hê?

EK ROEP JOU TOT VERANTWOORDING! Ezra Caleb, EK roep jou tot verantwoording!

Voor die hele wêreld, roep EK jou tot verantwoording.

Jy wat oral deur Jerusalem geloop het en sonsteek gekry het hoeveel keer? Jy wat gely het om daardie boek oral deur die hele Israel te kry. Weet jy nie dat hulle vir jou wag nie? Om jou te her-programmeer? Diegene in die kabbalah.

Moenie sê dat jy nie deur jou vrou gewaarsku was nie, wat toevallig ‘n Heilige Profeet van MY is, ‘n Apostel. Moenie sê jy was nie gewaarsku nie.

Is jy meer bevrees oor dit wat hulle van jou gaan dink in Israel? Is dit hoekom jy hierdie boek vertraag? Omdat jy vrees dat jou biologiese familie sal hoor.

Dit is waarom jy nie enige van daardie Profesieë oorgesit het in Hebreeus nie. Dit is hoekom jy bang was. Jy het geweet ‘n Nuwe Woord kom. En dit is die een wat jy nie wou hoor nie. Jy wou nie jou biologiese familie verloor nie, daarom is jy bang om hulle na AmightyWind.com te lei.

Jy is bang om hulle na enige Bediening te lei waar die Profesieë gespreek word en dat hulle in Hebreeus sowel as Engels sal hoor. Jy is selfs te bang om te sê wat jy en Elisheva onderrig.

Jy sê, “O, maar ek het reeds my familie van YAHUSHUA vertel.”

Dit is nie genoeg nie. Het jy hulle gewaarsku dat hulle hel toe gaan as hulle nie vir YAHUSHUA en die NUWE BLOED VERBOND aanvaar nie. Het jy dit gewaag om jou pa te waarsku — wat nou so baie naby aan die graf is terwyl hy gevorderd is in jare?

EK profeteer dit aan jou, Ezra, voor die hele wêreld: droefheid op droefheid op droefheid, sal jy ken. Want die antwoord is nee, jy het nie.

Enige iets anders, geliefde seun, neem dit na die Kruis toe. Wees soos ‘n Koning Dawid en val op jou aangesig en neem weereens ‘n bad in die BLOED VAN YAHUSHUA. Gaan dan na jou vrou toe en voor die wêreld, sal jy bely.

Want jy sien, dit is beter dat jy ‘n meulsteen om jou nek vasmaak en verdrink, as om te doen wat jy gedoen het aan die kleintjies — so jonk in YAHUSHUA dat hulle sou glo dat hulle nie meer ‘n geestelike moeder nodig het nie. Dit is soos wanneer EK, YAHUVEH, sê, “EK het nie meer die RUACH HA KODESH, MY SOETE HEILIGE GEES nodig nie, IMMAYAH,” wat EK nooit sal doen nie.

En EK praat met elke man in hierdie wêreld wat dieselfde gedoen het en gesê het, “Jy hoef nie te hoor van wat GOD sê nie! Jy hoef nie so baie te bid nie! Jy hoef nie die aangesig van YAH te soek nie! Wanneer EK vir jou sê om iets te doen, gehoorsaam jy net. Onderwerp jou net”

Dit is nie hoe dit werk nie. EK het duidelike instruksies gegee. En vir die van julle wat nooit geluister het na “Bone of My Bone” nie, ‘n Profetiese gedig nog voor daar enigsins ‘n Ezra was. Hulle huweliks-instruksies is presies daar.

En vir julle pastore wat daardie sweep gebruik het — en agter die grootste preekstoele van die gemeentes gestaan het — en daardie vrou gewaarsku het dat sy haar moet onderwerp, dat sy nie enige Woord kan voortspreek wat jy afkeur nie want wat van die tiendes, wat van die offerandes? Daarom maak jy haar stil en jy muilband haar en jy dreig en jy intimideer haar of jy dreig om te skei.

Ja en julle sal geskok wees as julle weet hoeveel van die vroue wil praat en moet net staan agter die mans in die preekstoele van die sogenoemde Sondag kerke. Maar tog hou EK daardie vroue verantwoordelik.

Want hulle weet wie YAHHUSHUA is. En hulle weet dat niemand ‘n mens voor GOD eerste moet stel nie. Daarom hou EK hulle verantwoordelik vir wanneer hulle stilbly en ‘n gewone man toegelaat het om dit aan hulle te doen, in plaas daarvan om MY, YAHUVEH & YAHUSHUA eerste te vrees & IMMAYAH die RUACH HA KODESH. Die begin van Wysheid is die vrees vir MY, YAHUVEH. (Spr.9:10)

Elisheva: Nou bid ek op hierdie oomblik ABBA YAHUVEH in die NAAM van YAHUSHUA dat ek elke woord gespreek het wat U wil hê ek moet sê. En diegene wat moet luister; wat die mans is wat dit gedoen het reg-oor die wêreld en daardie sweep gebruik het asof dit ‘n...

En nie net dit nie, hulle het gesteel — HEMELSE VADER — hulle het gesteel deur vir die vroue te sê hulle moenie gee nie. Hulle het gesteel deur vir die mans te sê moenie vir hierdie Heilige Bediening gee nie, wat meer gee as wat dit ontvang en 24 uur ‘n dag werk, VADER, en U weet dat dit waar is terwyl ons nou video-makers het wat U voort gebring het, en nou wag ons vir die vertalers om voort te kom.

En ek vra veral hierdie vertaler van — die een wat die Profesieë sal neem en hulle in Hebreeus sal vertaal wat bedoel is vir Israel. KOM NA VORE IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA. MOENIE LANGER UITSTEL NIE!

Dit wat Ezra geweier het om te doen, kom jy na vore! Want YAH het altyd iemand om ‘n ander een se plek te neem wat geweier het om te gehoorsaam uit vrees vir wat iemand anders sal sê.

[Heilige tale...]

Profesie Gaan Voort

EK praat met die gees van die man. EK praat met die gees van die manne, EK praat met die gees van die vroue wat hierdie Profesie sal ontvang en sal weet dat dit van MY af kom.

En vir die van julle wat nie glo nie en nie verstaan nie — dan is dit eerder een van twee dinge: Jy is óf ‘n verworpeling, jy is uitgewis; of dit is nog nie tyd vir jou om te verstaan nie, maar jy sal verstaan in die Groot Verdrukking en jy sal hierdie Profesie onthou.

Want reeds het EK net ‘n geringe glinstering oopgebreek van die verseëlde profesie van Profesie 78 wat verseël was sedert — wat verseël is vir jare reeds. Want dit is so ‘n vreeslike, vreeslike, vreeslike Profesie. EK het Elisheva nie toegelaat om dit te spreek of te onthou nie terwyl dit na mekaar-na mekaar-na mekaar-na mekaar gegee was.

En dan wis EK dit uit haar brein uit ingeval sy dit te gou sou voortspreek, maar [EK het ‘n kykie gegee] nadat diegene wat sy haar seuns genoem het, diegene wat sy grootgemaak het in die geestesryk en hulle na YAHUSHUA toe gebring het, gewaag het om hulself “profete” te noem — gewaag het om haar te beledig; gewaag het om haar vals te noem; gewaag het om te steel van hierdie Bediening, selfs ‘n “PayPal” banier daar gesit het.

Dink julle dat EK, YAHUVEH, nie weet nie?! Waar is julle vrees? Die vrees vir die hel? Waar is die vrees? Julle verworpelinge— julle gee hierdie vals visioene — wat die in-loop geeste het van haar grootste vyand!(hulle is letterlik bose geeste in die vorm van ‘n man of ‘n vrou en hulle loop direk binne-in hulle in!)

Hulle praat met die een wat van beter behoort te weet as dit terwyl Elisheva reeds gewaarsku het,” Hulle probeer mekaar oortref in visioene. Hulle gee vir jou leuenagtige visioene om jou kop met hoogmoed op te pof.”

Maar het hy geluister? NEE NEE en NEE! Daarom moet EK hom nou voor die hele wêreld bestraf. Totdat hy op sy knieë kom en met trane en berou bely en met trane van smeking om vergifnis vra en erken dat hy nie die hoof leier van hierdie Bediening is nie! DIT IS DIE GODHEID. DIT IS DIE HEILIGE DRIE EENHEID.

Dit was, dit sal altyd wees — net soos dit in die Hemel is so is dit hier op hierdie aarde deur hierdie Bediening waaraan EK deur haar geboorte gegee het. [Heilige tale...]

Hierdie is ‘n waarskuwing aan alle mans — julle vroue gaan nou in opstand kom; hulle gaan in julle gesigte wees — aan almal van julle wat die woord “onderwerp” soos ‘n sweep gebruik het (soos in die geldwisselaars se tempel, waar jy in der waarheid stukke van haar vlees en siel en haar gees en haar verstand en haar liggaam daarmee saam vat).

Omdat sy jou liefhet en sy jou wil respekteer, maar sy weet dat sy haar alleenlik moet onderwerp aan DIE SKEPPER, MESSIAS & DIE HEILIGE GEES, DIE RUACH HA KODESH wat binne-in haar leef. Wanneer jy in lyn is met die HEILIGE GODHEID, DIE HEILIGE DRIE EENHEID, dan onderwerp sy haar aan jou.

Want sy weet dat sy dit doen omdat jy dit doen vanweë beskerming. YAHUSHUA het gesê dat die woord “onderwerp” alles gegaan het oor beskerming. Die woord aangaande “hoof”, selfs wanneer EK jou, Ezra, die geestelike hoof GEBEDS leier noem — kan jy nie die kapitalisasie van die letters sien waarin EK voortdurend die woord GEBED moet skryf nie?

Verstaan jy nie hoekom EK vir jou gesê het dat jy moet profeteer en spreek in ander tale nie, alhoewel jy nie geweet het dat dit ‘n Profesie was nie? Dit was, in die uitspreking van ander tale.

Jy het haar beskerm. Jy het haar vooruit gegaan. Dit is wat die geestelike hoof GEBEDS leier is. Dit is nie dat jy die HOOF van hierdie Bediening is nie. Dit is nie omdat jy die hoof oor haar is nie.

EK YAHUVEH IS DIE HOOF! EK YAHUSHUA IS DIE HOOF! EK IMMAYAH RUACH HA KODESH IS DIE HOOF! Kan julle nie verstaan nie o, manlike eggenote van hierdie wêreld wat dieselfde ding aan hulle vrouens gedoen het?

En EK kan op hierdie oomblik name noem, maar EK sal nie. Want julle weet wie julle is. En julle weet wanneer hierdie Profesie rond-om hierdie wêreld gaan, sal hierdie vroue wat waarlik gevul is met MY GEES, hierdie vroue wat waarlik die Bruid van YAHUSHUA is — hulle sal julle nie meer vrees wanneer hulle gesê word en verkeerd geleer word nie.

Hulle sal in jou gesig wees en vir jou sê, “Ek sal hierdie opneem in gebed. En as YAHUSHUA met jou saamstem, dan sal ek my onderwerp aan jou, maar ek sal alleenlik onderwerp aan jou deur die NAAM en die LIEFDE van YAHUSHUA. Ek sal nie aan jou onderwerp omdat jy wreed is nie; ek sal nie aan jou onderwerp omdat jy woorde van verguising gebruik nie; ek sal nie aan jou onderwerp omdat jy my intimideer en my laat vrees nie; ek sal nie aan jou onderwerp nie. Alleenlik in die liefde, alleenlik in die 1 Korintiërs 13 definisie van liefde sal ek aan enige man wat ‘n eggenoot genoem word onderdanig wees.”

En as jy dit durf waag om vir my te sê dat jy nie saam met my sal bid nie, en dat jy nie nagmaal saam met my sal hou nie en dat jy aanbid sonder my, liewer alleen, dan sal ek sê — en EK praat nou, EK gee hierdie toestemming aan die vroue reg oor die wêreld, gaan voort en sê vir daardie manlike eggenoot, “Dan is jy nie in lyn met die wil van YAHUSHUA nie. En ek sal gaan en alleen gaan lofprysing doen en ek sal alleen nagmaal gebruik en ek sal alleen gaan bid en ek sal vir YAHUSHUA vra wat ek doen met ‘n man — moet ek ‘n Heilige egskeiding uitvaardig?”

En nou praat EK met die manlike eggenote wat vrouens het wat presies dieselfde ding doen. En hulle wil nie hê dat jy enige iets moet opneem in gebed nie, wat geheel en al niks Heiligs saam met julle wil doen nie. Julle moet besluit. Wie vrees jy meer?

Daardie vrou wat jou intimideer? Wat jou laat vrees? Wat jou seksueel sal afsny? Wat jou dreig? Wat sê “Ek sal selfs jou klere by die deur uitgooi, ek sal jou skei, ek sal die kinders vat”?

Julle moet besluit o, manlike eggenote van hierdie wêreld. Want hierdie vroue, noem EK Jezebels!

Hulle wil nie hê dat jy moet hoor van MY, YAHUVEH, nie. Hulle wil nie hê dat jy van YAHUSHUA hoor nie. Hulle wil nie hê dat jy moet hoor van die RUACH HA KODESH nie. Hulle wil net hê dat jy ‘n gewone vrou moet gehoorsaam wat weier om haarself te was in die BLOED VAN YAHUSHUA en [om vergifnis] vra en hul sondes bely, nie net aan YAHUSHUA nie — en smekend vir bekering sodat hulle sondes so ver verwyderd sal wees soos die ooste van die weste — maar voor die manlike eggenote sal erken dat hulle nie die heilige manlike eggenote toegelaat het om hulle te lei na ware bekering nie: Om hulle te onderrig, hulle raad te gee nie.

Want dit is wat MY begeerte is. Toe EK ‘n man en vrou saamgevoeg het, was dit meer as om kinders te hê. Hulle kan mekaar raad gee, maar hulle moet vertroue en getrouheid hê. En hulle moet dit eerstens voor die HEILIGE DRIE EENHEID hê, voordat hulle dit vir mekaar kan hê.

Dit is die Woorde wat EK vandag te sê het en baie van julle het aanstoot geneem. Daarvoor vra EK, YAHUVEH, nie om verskoning nie, maar baie van julle was verlig en julle het gesien deur oë wat nou helderder is.

En baie van julle val nou op jul aangesigte voor YAHUSHUA en sê “O, nee wat het ek gedoen?” EK sal jou sê wat om te doen.

Jy kruip op jou hande en knieë terug na die Kruis van Golgota toe waar EK jou in die eerste plek gevind het. En EK IS getrou om jou te vergewe. EK IS getrou om weer jou gebede te verhoor. EK IS getrou om weer vir jou en jou vrou saam, ‘n seën te wees. Dit is wat EK vir julle te sê het.

En o Israel! ‘n Ander Profesie kom voort. En omdat EK jou so liefhet gaan dit nie makliker word nie. Dit gaan strenger word op jou.

Want die dag kom baie spoedig wanneer EK jou as MY Bruid gaan terugeis, maar onthou dat groot tugtiging daarmee saam kom — as jy nie gehoorsaam en gelykvormig aan die beeld van YAHUSHUA word nie.

Dit is wat EK te sê het. Soos dit gespreek is so is dit geskryf.

Einde van Profesie

Elisheva” Wat is die datum vandag?

Kathrynyah: Wel dit was die 29ste.

Elisheva: 29 Januarie 2019

Kathrynyah: Dit is nog steeds die 29ste

Elisheva: Wel dit was die 29ste Nou goed dan. 29ste en ek het [YAH se Woorde] gespreek en ek bid ABBA YAHUVEH in die NAAM VAN YAHUSHUA dat U Woord wat ek gespreek het nie op onvrugbare grond sal val nie, maar dat dit sal wortel skiet en dat dit sal groei om die mooiste blomme te wees — die mooiste plante, die mooiste oes reg rond-om hierdie wêreld (Dat ons nou in meer as 50 tale is!) maar veral vir Israel.

Hulle sal bekeer. Hulle sal uit narcisme kom.

En vir die mans wat in die vangstrikke van narcisme geval het asook rebellie en alle vorme van heksery, en wat luister na vals visioene en vals profete wat dit gegee het (en wat letterlik vir satan self werk om hierdie manne hel toe te vat) — en ek praat ook met die vroue wat die mans het wat dieselfde gedoen het: “Moenie meer na enige iemand luister nie behalwe as hulle in lyn is met die wil van ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE RUACH HA KODESH, IMMAYAH.

Plaas net julle huwelike op die offeraltaar — en net soos Abraham dieselfde moes doen — moet julle dieselfde doen, maar bid net vir hulle en bedek hulle met jul gebede en vra dat hulle bekeer.

Want dit is al wat ons kan doen is om te vra dat hulle bekeer in die NAAM VAN YAHUSHUA en dat hulle sal terugkom na die Kruis waar ABBA YAH hulle gevind het, sodat hulle gebede weereens verhoor kan word.

Want ons het hulle nodig. Ons het hulle nodig. Ons het hulle beskerming nodig. Ons het die beskerming van YAHUSHUA, maar YAHUSHUA U het [dit ] vir my gesê toe U eerste vir Ezra Caleb [na hierdie Bediening toe] laat kom het, en hy voor my uitgegaan het.

[Elke keer] voor ek geprofeteer het, het hy ‘n waarskuwing gegee dat enige iemand wat teen ons sou kom, dat die Staf van Woede sou neerkom. Die Staf van Woede sou neerkom op enige iemand wat teen hierdie Bediening of hierdie huwelik sou kom. YAH se Staf van Woede — YAHUSHUA se Staf van Woede sou neerkom op hulle.

En ek het gevra wat die rede is, maar nou verstaan ek. Hoeveel sal die woord ‘onderwerp’ vat en hoeveel sal ‘n vrou se gebede weggooi en hoeveel is jaloers en begerig, selfs oor die verhouding met hul WARE MANLIKE EGGENOOT YAHUSHUA in plaas daarvan om haar te bemoedig en op te bou?

So, julle vroue verrys. Verrys, veral julle wat die Bruid van YAHUSHUA wil wees. Verrys!

En daar kom ‘n tyd wanneer ‘n vrou moet kan praat met ‘n man wat selfs ‘n eggenoot is, en sê “Dit is wat ek YAHUSHUA hoor sê” En lees dit in die Skrifte vir hulle. YAH is nie ‘n aannemer van persoon nie.

HY het vir my man en my gesê dat dit óf ek sal wees wat hom berading gee of dit sal hy wees wat my berading gee. Dit maak nie saak watter kant om nie. Solank ons saam die trappe van geloof na die Hemel klim. Daardie woorde was aan Ezra Caleb en vir my gegee in Israel. En nou gee ek dit net aan vir julle.

Die huwelik gaan nooit oor diktatorskap nie. Wanneer jy ‘n Bediening het en dit is ‘n mede-leierskap, gaan dit nooit oor ‘n diktatorskap nie. Dit gaan oor samesyn. Die dienskneg is nie groter as die MEESTER nie. Ons MEESTER is ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH: Die GODHEID.

Laat ons verbly daarin! Laat ons saam daarin verbly! Want HULLE sal ons nooit op ‘n dwaalweg lei nie. Wanneer geen man of vrou perfek is nie, is die GOD wat ons dien wel. Dank U ABBA YAHUVEH. Ek was geëerd om hierdie woord te gee. Ek weet nie wat hulle aan my gaan doen nie.

Ek het ‘n ander man gehad wat vir my in die gaping gestaan het vanaand terwyl Ezra nie by my was ten tye wat hierdie Profesie gegee was nie; en so ‘n baie baie spesiale vriend en broer gehad om vir my in die gaping te staan.

En ek dank U dat hy vanaand my gebeds-bedekking was. Want ek respekteer ‘n manlike hoof bedekking en ek het dit nodig gehad en ek dank U omdat U my beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA. Seën hom en beskerm hom in alle weë in die NAAM VAN YAHUSHUA bid ek. En AMEN!

Iemand gee Eer aan YAH!

Ander: HalleluYAH! Loof YAH! Loof YAHUSHUA!

Elisheva: En ek weet geliefde Ezra as jy hier was geliefde Ezra Caleb, (Caleb ek roep jou na vore!) Ek weet dat jy ook vir YAHUSHUA sou loof en aanbid, maar jy was nie hier toe hierdie woord voortgekom het nie — en daarom het ‘n ander broer jou plek geneem sodat ek ‘n gebeds bedekking van ‘n man kon hê.

Dank U YAHUSHUA! AMEN! HALLELUYAH! EER TOT U HEILIGE NAAM ABBA YAH! Niemand sal my ooit muilband nie! Niemand sal ek ooit liewer hê as die HEILIGE DRIE EENHEID nie! ABBA YAH, YAHUSHUA & IMMAYAH, RUACH HA KODESH! SOETE HEILIGE GEES! Niemand sal ooit U plek vat nie.

En al die vroue sê — en skree dieselfde ding — AMEN, AMEN, AMEN.

En al die manlike eggenote sê vir die vroue wat in dieselfde situasie is —AMEN , AMEN, AMEN.

Ander: HalleluYAH! Loof YAH!

Elisheva: AMEN, AMEN, AMEN. Ek gee U die Eer ABBA YAHUVEH, ek gee U die Eer YAHUSHUA, ek gee U die Eer IMMAYAH vir hierdie pragtige Profesie en ek weet dit gaan saam met Israel. Ek bid dat hulle bekeer.

Ek bid dat hulle bekeer, dat hulle nie sal trots wees, nie in narcisme sal wees nie, sal besef dat die derde tempel wat gebou sal word nie ‘n dag sal wees waarin hulle moet verbly nie. Dit sal ‘n dag van rou wees— behalwe as hulle YAHUSHUA het om hulle te beskerm.

Dit is my gebed. O Israel ek het julle lief. Ek het julle lief. Ek is ‘n volbloed Jood.

Ja ek is ‘n vrou en nee ek het nie ‘n grys baard nie, maar net omdat ek nie in Israel gebore is nie— ek is getroud met ‘n volbloed Jood, wat gebore en getoë was in Israel, maar hy weet ook dat hy moet bekeer en alleenlik deur die BLOED EN DIE NAAM VAN YAHUSHUA kan hy in die Hemel kom. En dit is ‘n daaglikse proses.

En vir almal van julle wat YAHUSHUA aanvaar het a.g.v. daardie reddingsgebed — die Hebeeuse reddingsgebed wat my man gesê het, Caleb Ezra — julle kan dit nie ‘n geheim hou nie.

Julle moet dit bely. Julle kan nie daarmee sterf en dink dat julle Hemel toe sal gaan nie. Nee.

YAHUSHUA gaan nie net sekeres kies na wie HY sal kom nie, terwyl jy op jou sterfbed lê en net — selfs al was jy so “goed” en getrou om die Torah te lees en jy het YAH gehoorsaam die beste [gedoen] wat jy kon gedoen het, maar jy weier om YAHUSHUA te aanvaar. Nee. HY gaan nie vir YAHUSHUA na jou toe stuur nie.

Hoekom sou HY dit doen? HY is geen aannemer van persoon nie.

Jy moet bely voor jy sterf dat jou MASHIACH, jou BLOED BEDEKKING, DIE HEILIGE VERSOENING vir jou sondes en die EEN na wie jy sal uitroep om vergifnis, YAHUSHUA HA MASHIACH die ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH is.

En lees Jesaiah 53. Dit beskryf nie die land van Israel nie. Dit beskryf wat YAHUSHUA deurgemaak het vir jou en my en almal wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe. Dit is al wat ek te sê het.

Shalom vir ‘n ieder en elk van julle. Ek dank U ABBA YAHUVEH. Ek weet U het soveel meer om te sê. Ek gaan dit net hier stop.

Dus, ABBA YAHUVEH, bly ek U Apostel, U Profeet U Elisheva Eliyahu, die vrou van Ezra, die vrou van Caleb Ezra!

Mag die Caleb [binne-in hom] na vore kom. Ek wag vir hom! IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA! AMEN.

Einde van Oorskrywing

So is dit gespreek, So is dit geskryf.

Hierdie dag in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH

Op hierdie 29 Januarie 2019

KLIEK HIER of die prent hieronder om direk na die youtube kanaal YAHSladyinred te gaan.

* * * * * * *



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred