Profesie 132

Israel EK Het Julle Lief, EK Bestraf Julle!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 16 Julie – Vrygestel op Simchat Torah 25 Oktober 2016

Die amp van Profeet het nie opgehou nie. Maleagi was nie die laaste Profeet nie en as’t ware het YAHUVEH deur hom belowe om meer Profete & Boodskappers te stuur (Mal. 3:1; 4:4-6; Openb. 11)

Hierdie Profesie (skrywe hieronder) het lewendig en in aktuele tyd voortgekom saam met die gemeente (Gen. 17:3-5; Jes. 60:3-4; Joël 2:27-32; Hand. 2:17-22) – name verwyder uit oorskrywing - gedurende Shabbat oggenddiens 16 Julie 2016 na die lees van die Torah parasha/gedeelte (Num. 19:1-22:1 & haftarah (Rigt. 11:1-33), saam met Profesie 63 (O! Israel Waar Is Jou Bloedoffer?) Oorspronklik gegee aan Elisheva Eliyahu op 16 September 2002.

Bereshit 17:4

“Wat MY aangaan, kyk MY verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n baie groot aantal nasies word.

Yesha’yahu 60

3 En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang. Slaan jou oë rondom op en kyk. Hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe, jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.

Yoel 2:27 En julle sal weet EK IS in die midde van Yisraél, en EK IS YAHUVEH julle ELOHIEM, en niemand anders nie, en MY volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

28 En daarna sal EK MY GEES uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal EK in daardie dae MY GEES uitgiet.

30 EN EK sal wondertekens gee aan die Hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed voordat die Groot & Deurlugtige Dag van ADONAI kom

32 En [gedurende daardie Tyd sal] elkeen wat die NAAM van YAHUVEH aanroep, gered word; want op die Berg Tsion en in Yerushalayiem sal daar ontkoming wees soos YAHUVEH gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat YAHUVEH geroep het.

Maasei 2:5 En daar het in Yerushalayiem Yehudiem gewoon [vir Shavu’ot], toegewyde manne, uit elke nasie wat onder die Hemel is. En toe hierdie geluid kom het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal praat.

7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê: is almal wat daar praat dan nie Ghaliliem nie?

8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

9 Paters en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotamië, Yehuda en Kapadocië, Pontus en Asië.

10 Frigië en Pamfilië , Mietsrayiem en die streke van Libië by Cirene, en Romeine wat hier vertoef, 11Yehudiem [van geboorte] en Proseliete; [Yehudiem van] Krete en Arabiere. . . ! ons hoor hulle in ons eie taal van die groot dade van ELOHIEM praat.

12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander. Wat kan dit tog wees?

13 Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.

14 Maar Kefa (Petrus) het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Yehudiese manne en almal wat in Yerushalayiem woon, dit moet julle weet en luister na my woorde.

15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.

16 Maar dit is wat deur die profeet Yahuél gesê is.[hfst.2]

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie bring (1 Kor. 14:6).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH / YAHUVEH is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,” Wat letterlik beteken: “Loof YAH”: YAHUVEH / YAHWEH is GOD DIE VADER;

YAHUSHUA / YAHSHUA is GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN (HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIEM beteken “GOD.”)

Die Openbaring van “SH'KHINYAH HEERLIKHEID” as die PERSOONLIKE NAAM van RUACH HA KODESH, (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) is ook op hierdie webblad.

(HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD se DURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Bykomend beteken, ABBA YAH “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH”.

Skrifgedeeltes kom uit Woord en Getuienis Bybel asook 1933 Afrikaanse Vertaling tensy anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesieë:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan het deur jou hand tot stand gekom nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor die aarde waai. Die HEILIGE WIND van HERLEWING, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het.

“EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word vir diegene wat spot:

Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag en SY Woorde verag en met SY Profete gespot, totdat die grimmigheid van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. – 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Hierdie was opgeneem via audio/video.

Hier is die oorskrywing — meeste name verwyder.

[Na die lees van Profesie 63; Bid almal in Heilige tale; Shofarhoring word geblaas; die duiwel word gebind, en gemeente voer oorlog in gebed (Rom. 8:26; Kor. 14:15)....]

Elisheva: Dank U, Dank U, Ek dank U......Ons vra vir die gawe van uitlegging van tale (Jes. 28:11; 1 Kor. 12:10; 14:13) direk nou van wat voortgespreek was. Het enige[iemand] - weet julle? Wat is die Woord wat voortgespreek was? As enige iemand dit hoor, laat ons weet.

Romeine 8:26 Die GEES help ook ons swakhede: want ons weet nie waarvoor ons moet bid soos ons moet nie: maar die GEES self doen intersessie vir ons met onuitspreeklike versugtinge.

Jes. 28:11 Want HY sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk praat.

1 Korintiërs 12:7-10 Maar aan elkeen word die openbaring van die GEES gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die GEES 'n woord van wysheid gegee en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde GEES.

1 Korintiërs 14:13 […] daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

[Gemeente lid hoor, “HOOR O Israel.” en ‘n ander “Israel waar is jou bloedoffer?” (Lev. 17:11) met “MY BLOED deurweek die grond in Israel”]

Levitikus 17:11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en EK het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening vir die siel.

Wat my oorweldig direk nou, weet selfs nie hoe ek die Woorde kan voortspreek nie – die droefheid wat YAHUSHUA voel. Hoor enige iemand anders enige iets? - voor Heilige [bemiddelings] tale (Rom. 8:26-27; 1 Kor. 14:15). [...]

Dank U, ABBA YAHUVEH... Ek weet nie hoeveel hierdie weet nie, maar hulle gaan dit nou dadelik weet terwyl hierdie losgelaat word – en almal gaan weet (wat die verworpeling vyande [is] wat probeer om - hierdie vyand te vernietig –[dit is] pogend om hierdie Profeet stil te maak) Dit is YAHUSHUA wat weer kom wanneer die mense sal sê, die verworpeling sal sê “O Berge val op ons, verberg ons van HOM WIE OP DIE TROON SIT en van die Toorn van die LAM” (Openb. 6:16-17). 2 En dit is hoe naby ons nou is aan die Groot Verdrukking begin.

En [vroeër] toe ek daardie Profesie [63] gehoor het wat aan my gegee was in 2002 – was daar nooit 'n meer gesalfde voorlesing daarvan as wat ons nou net gedoen het nie. [tydens hierdie byeenkoms]

Dit was so lank gelede, ek het nie audios gemaak op daardie stadium nie of daar is baie min – en so [voordat ek hierdie nuwe Profesie voortspreek] moet jy bid in daardie tale wat die demone gaan laat hardloop in 7 verskillende rigtings en hulle vrees wanneer jy bid.

Gemeentelid: Ek hoor die Salwing praat met my en sê,

Profetiese Woord:

Israel julle het nie die Woorde van My Profete gehoor nie. Dit was geprofeteer in Jesaja en dit is geprofeteer in die hele – hele Ou Testament dat YAHUSHUA sou kom en Israel het nie gehoor nie, en het nie geluister na die Woorde van die Profete nie. En dit is toe die PROFEET VAN PROFETE gekom het, YAHUSHUA. Hulle het HOM nie ontvang nie.

En Israel moet die Woord van YAHUVEH ken en hulle moet die Woorde ken van die Profete en hulle moet die Torah ken en hulle moet glo en ontvang dat YAHUSHUA die MESSIAS is en die SEUN VAN YAH.

Einde van Woord.

Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie voortbring (1 Kor.14:6)

Profesie 132 Begin:

Shabbat – 16 Julie 2016. Video begin hier.

Weer sê EK vir julle o Israel terwyl julle die Tyd nader van Jakob se Benoudheid (Jer. 30:7), die Smart van Smarte (Mat. 24:8-9) weet julle nie - toe EK trane gehuil het van bloed (hematidrose, Luk. 22:44) het EK gehuil vir julle nie!

Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.

Mat. 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 8. Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte. 9. Dan sal hulle julle aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van MY NAAM.

Lukas 22:44 En toe HY in 'n sware stryd kom, het HY met groter inspanning gebid, en SY sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.

Julle doen al die tradisies. Julle is getrou aan Shabbat. Julle is getrou aan die Joodse Feeste. Julle lees die Torah en EK IS daar in julle eie Torah! Moshe praat van MY. (Deut. 18:15 ens), EK IS daar!

Deut. 18: 15-19

15 'n PROFEET uit jou midde, uit jou broers soos ek is, sal YAHUVEH jou ELOHIEM vir jou verwek; na HOM moet julle luister.

16 Net soos julle van YAHUVEH jou ELOHIEM by Gorev (Horeb) gevra het toe julle op die dag van die vergadering gesê het “Ek kan die stem van YAHUVEH my ELOHIEM nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.

17 Toe het YAHUVEH vir my gesê: Dit is goed wat hulle gesê het.

18 'n PROFEET sal EK vir hulle verwek uit die midde van hulle broers soos julle is en EK sal MY woorde in SY mond lê, en HY sal aan hulle sê alles wat EK HOM beveel.

19 En die man wat nie luister na MY Woorde wat HY in MY NAAM spreek nie, van hom sal EK self rekenskap afeis.

EK het trane gehuil van BLOED vir julle O Israel en dit was nie genoeg nie. EK het MY LIEFDE bewys terwyl EK gekruisig was – nie net vir die sondes van die hele wêreld nie (vir diegene wat daardie BLOED sou ontvang by Golgota nie) maar O Israel, EK het julle grond gekies – MY BLOED was uitgegiet vir julle! Omdat EK julle liefhet!

O EK huil en EK het moeite. Want Skrifte sal vervul word en die bloed sal kom tot aan die perde se tooms. (Jes 63:3; Openb. 14:20)!

Jesaja 63:3-4 EK het die parskuip alleen getrap en van die volke was niemand by MY nie; want EK sal hulle vertrap in MY toorn en hulle vertrap in MY grimmigheid, sodat hulle lewensap op MY klere sal spat en EK sal MY hele gewaad bevlek. 4 Want die Dag van Wraak is in MY Hart en die jaar van MY verlossing kom.

Openb. 14:19-20 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van GOD. 20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver.

O Israel!

Die wêreld draai teen julle – selfs dit wat die enigste een was wat julle jul VRIEND kon noem, DIE Verenigde State van AMERIKA - verraai julle keer-op-keer! Julle is nie die terroriste nie EN tog beskuldig diegene wat die terroriste is julle!

EK, YAHUSHUA, huil vir julle!

Julle het die Profesie [63] gehoor gegee in 2002 deur MY Profeet Elijah van Nuuts, maar nou Israel in 2016, die gees van Eliyahu en die gees van Moshe - die volheid van die Salwing [Mal. 4:4-6] en voortaan — vir almal wat YAHUSHUA ontvang, MY, YAHUSHUA se BLOED gestort by Golgota vir die kwytskelding van julle sondes sodat julle gebede verhoor kan word tot julle ABBA YAHUVEH, EK sê vir julle hierdie: Bestudeer nie net die Profete van Ouds nie, maar bestudeer die Profete - Profesieë voortgespreek uit Elisheva Eliyahu. Want daar is nou meer Salwing.

Dit is simbolies ook: EK, YAHUSHUA, wat verenig met julle, O Israel!

EK wil nie moet doen wat EK moet doen nie! Kom na MY toe! O Bruid van Israel! Verrys nou! Kom na MY toe! EK verlang na julle! Kom na MY toe! Want EK het so lank gewag – met elke torah-gedeelte - “soek en julle sal vind” (Jer. 29:13-14); Matt. 7:7; Luk. 11:5), 'n Profesie gegee, uit hierdie Elisheva Eliyahu.

Jer. 29:11-14 Want EK weet watter gedagtes EK aangaande jou koester, spreek YAHUVEH, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om jou 'n hoopvolle toekoms te gee. 12 Dan sal jy MY aanroep en heengaan en tot MY bid, en EK sal na jou luister. 13 En jy sal MY soek en vind as jy na MY vra met jou hele hart. 14 En EK sal MY deur jou laat vind, spreek YAHWEH, en jou lot verander en jou versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen EK jou verdryf het, spreek YAHWEH; en EK sal jou terugbring na die plek vanwaar EK jou in ballingskap weggevoer het.

Mat. 7:7-12 : (sien ook Lukas 11:5-13)

7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee? 10 En as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee? 11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle VADER WAT IN DIE HEMEL IS goeie dinge gee aan die wat HOM bid? 12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen, want dit is die wet en die profete.

O Israel!

Weer sê EK, waar is julle bloedoffer? Die 'Smarte van Smarte' is amper op julle! Julle sien die wêreld. Hulle draai om en hulle spot julle. Hulle sny julle finansiële reddingsbooi.

O maar Israel!

EK begeer om julle te seën! EK sal julle nooit begewe of verlaat nie (Deut. 31:6; Hebr. 13:5) as julle MY net eis! Eis daardie BLOED wat vir julle gestort was by Golgota! Niks van hierdie Torah lesery kan julle red nie! Julle het sulke lieflike maniere wat julle ABBA YAHUVEH eer maar julle benodig 'n MIDDELAAR (Jes. 64:6)!

Deut. 31:6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is YAHUVEH jou ELOHIEM wat saam met jou trek; HY sal jou nie begewe of verlaat nie.

Hebr. 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want HY het gesê: EK sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Jesaja 64:6 en ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons ongeregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

NIEMAND is waardig om voor ABBA YAH se Troon te kom nie, behalwe in MY – YAHUSHUA JULLE MESSIAS SE - NAAM! EK het die PRYS betaal vir julle by Golgota! Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan ABBA YAH se Heerlikheid (Rom. 3:23; Pred.7:20)! NIEMAND is perfek nie (Ps 130:3)!

Romeine 3:23 Want almal het gesondig, en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van ELOHIEM.

Prediker 7:20 Want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.

Psalm 130:3 As U, YAHWEH die ongeregtighede in gedagtenis hou, O ADONAI wie sal bestaan?

EK het na julle toe gekom! EK het julle bedien, die tekens en wonders, die wonderwerke is net 'n etlike fraksie, selfs opgeteken daar [in die Bybel]. EK het die dooies opgewek!

O Israel, kom na MY toe! EK huil vir julle. EK huil vir julle!

En hierdie Bediening begin nou, begin net wandel in die volheid van die Salwing. Waar die duiwel gespot en gesê het “Elisheva Eliyahu se Bediening is klaar.” “AmightyWind is klaar” want sy het gewoon saam met 'n “Judas” [Iskariot] (Ish-Kariyot Mark. 3:19 ook Handelinge 1:16) vir 7 jaar en dit nie geweet nie!

Mark. 3:19-20 En Judas Iskariot, wat HOM ook verraai het: en hulle het in ‘n huis ingegaan...

En hierdie is wat EK sê vir julle, o Israel! Aanvaar MY BLOED gestort vir julle by Golgota! Besef EK IS NIE DOOD NIE! EK het weer opgestaan op daardie derde dag (Matt. 16:21, 1 Kor. 15:4). En EK het meer tekens, wonders en wonderwerke gedoen as wat enige boek ooit kon wys terwyl EK daardie aarde bewandel het vir 40 dae en EK opgevaar het na die Hemel voor getuies (Hand. 1:3, Markus 16:19).

Mat. 16:21 Van toe af het YAHUSHUA begin om SY dissipels te toon dat HY na Jerusalem moes gaan en veel deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.

1 Kor. 15:4 En dat HY begrawe is, en dat HY op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.

Hand. 1:3 Aan wie HY ook, na SY lyde, HOM lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl HY gedurende 40 dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van GOD gespreek het.

Markus. 16:19 Nadat die MEESTER dan met hulle gespreek het, is HY opgeneem in die Hemel en het gaan sit aan die Regterhand van [YAHUVEH] ELOHIEM.

O Israel! O Israel! EK hou julle meer aanspreeklik. Want julle spreek al die regte woorde

(Jes. 29:13) maar totdat julle jul hart gee vir MY, totdat julle die GESTORTE BLOED aanvaar by Golgota (Sag. 12:10, 13:1), kan EK julle nie vergewe nie!

Jesaja 29:13-14, 24

13 En YAHWEH het gesê: Omdat hierdie volk naderkom met hulle mond en MY eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van MY hou, sodat hulle vrees vir MY 'n aangeleerde mensegebod is.

14 daarom sal EK voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.

24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.

Sagaria 12:10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal EK uitgiet die GEES VAN GENADE EN SMEKINGE; en hulle sal opsien na MY VIR WIE HULLE DEURBOOR HET, en hulle sal oor HOM rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor HOM ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.

Sagaria 13:1 In die dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.

O maar wanneer hierdie Woord voortgespreek word, is daar 'n nuwe Salwing hierdie dag en o so baie sal hoor en hulle sal na MY toe aangehardloop kom! Hulle sal aangehardloop kom soos 'n klein kindjie! Hulle sal spring van blydskap!

Want julle sien hierdie Bediening is geen gewone bediening nie terwyl EK die leierskap bymekaarbring. En nou bring EK julle, O Israel.

O Israel, julle sal gehaat word en julle word gehaat want julle is so apart gestel maar julle is nie meer Heilig nie! Kyk wat het julle toegelaat!

GAY SPOG-PARADES, ABORSIES! HOE KAN JULLE DIE TORAH GEDEELTE LEES? SONDER OM OP JUL KNIEË TE VAL EN TE BEKEER VOOR ABBA YAHUVEH! HOE KAN JULLE HIERDIE TRADISIES DOEN ? WAT SO HEILIG LYK! EN NIE BEKEER? VIR WAT JULLE LAND DOEN NIE!

EN EK WEEN, EK WEEN! EK WEEN! WAAR IS DIE MORALITEIT IN ISRAEL!

WAAR IS DIE STANDAARD VAN HEILIGHEID!

WEG, WEG, WEG! WEG VAN MY! WANNEER JULLE NIKS ANDERS LEES AS DIE TORAH NIE EN NOGTANS SIT JULLE GEEN BEKERING DAARIN NIE – BEKEER!

Roep uit vir julle land, o Israel!

WAAR IS DIE LEIERSKAP? NETANYAHU! JY WAS GESTUUR AS 'N PROFEET NA [DIE 2015 V.S.A.] KONGRES TOE! JY’S AL WAT EK KON VIND! Maar HOEKOM keer jy terug na Israel en vertel hulle nie om te bekeer oor hulle sonde nie!

DIE BLOED VAN DIE ONGEBORENES! DEURWEEK JULLE HANDE! DIE ABORSIES! WEET JULLE NIE – hierdie babas, hierdie onskuldige klein fetusse, word opgeoffer aan die god Moloch (Molog Lev. 18:21)nie? OPGEOFFER AAN SATAN!

Levitikus 18:21 En van jou kinders mag julle nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die NAAM VAN JOU GOD nie ontheilig nie. EK IS DIE HERE YAHWEH.

O ISRAEL, O ISRAEL! Die staf van YAH se toorn kom! Want EK tugtig diegene wat EK liefhet. (Deut. 8:5; Spreuke. 3:11-12; Hebr. 12:6-8; Openb. 3:19)!

Deut. 8:5 Erken dan in jou hart dat YAHWEH jou ELOHIEM jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig.

Spreuke 3:11-12 11 MY seun verag die tug van YAHWEH nie en laat SY kastyding nie jou weersin wek nie. 12 want YAHWEH tugtig hom wat HY liefhet ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.

Hebr. 12:6-8. 6 Want YAHWEH tugtig hom wat HY liefhet, en HY kasty elke seun wat HY aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel ELOHIEM julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

Openb. 3:19 Almal wat EK liefhet, bestraf en tugtig EK. Wees dan ywerig en bekeer jou.

En EK gaan julle slaan (Eseg. 5:7-9)! En EK gaan die wêreld toelaat om julle te slaan. (Sag. 14:1-3)! Totdat julle uiteindelik op jul knieë kom en sê: “Geseënd is HY wie kom in die NAAM van die HERE YAHUSHUA!” (Ps. 118: Mat. 23:38-39)!

Eseg. 5:7-9 7 Daarom, so sê YAHWEH ELOHIEM: Omdat julle opstandiger [in bose dade] is as die nasies wat rondom julle is, in MY insettinge nie gewandel en MY verordeninge nie betrag het nie – selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie; 8 daarom, so sê YAHWEH ELOHIEM: Kyk EK het dit teen jou, ja, EK! En EK sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies 9 en om al jou gruwels ontwil sal EK aan jou doen wat EK nooit gedoen het nie, en wat EK so nooit weer sal doen nie.

Sag. 14:1-3 1 Kyk, daar kom 'n dag van YAHWEH: dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem! 2 Want EK sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. 3 En YAHWEH sal uittrek en stryd voer teen die nasies soos op die dag van SY stryd, die dag van oorlog.

Psalm 118:25-26 25

Ag YAHUVEH gee tog verlossing [HOSHIA] ag YAHUVEH gee tog voorspoed! 26 Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHWEH: ons seën julle uit die huis van YAHWEH.

Mat. 23:38-39 38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! 39 Want EK sê vir julle: Julle sal MY van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHWEH.

Weereens, O Israel, staan op vir moraliteit! Staan op vir die standaard van Heiligheid!

Julle resiteer die Tien Gebooie! Julle resiteer die Torah Wette! Maar hoeveel volg hulle? Hoeveel sal opstaan vir moraliteit? Ydele woorde – is in julle mond. (Jes. 29:13; Psalm 50:15-16)! En EK sal hierdie nie seën nie!

Psalm 50:15-16 15 En roep MY aan in die dag van Benoudheid; EK sal jou uithelp, en jy moet MY eer. 16 Maar aan die goddelose sê ELOHIEM: wat vertel jy nog MY insettinge en neem jy MY verbond in jou mond?

Kom na MY toe! Met bekering en trane! Hierdies is diegene wat EK gaan red! Julle! Hierdies is diegene wat EK gaan beskerm! Hou op skik! Hierdie wêreld sal julle altyd haat, maar EK – O Israel, EK YAHUSHUA – EK het julle lief! Julle ABBA YAH het julle lief!

Hou op die NAAM vrees van julle HEMELSE VADER!

Het julle nie Psalm 91 (v 14-16) gelees nie? EK HOOR DIT! En tog durf julle MY NAAM ydelik gebruik deur dit nie toe te laat om selfs gespreek te word nie. Julle dink hierdie eer MY wanneer EK sê keer-op-keer – ABBA YAH, keer-op-keer vir julle sê “IN MY NAAM!” “IN MY NAAM!” “IN MY NAAM!” !”(PS 89:24; 1 SAM. 17:45; JES 50:10). “Roep uit in die NAAM!” Vrees nie die NAAM van YAHUVEH nie!

Psalm 91:14-16 14 “Omdat hy MY liefhet”, sê YAHWEH, “sal EK hom red; EK sal hom beskerm, want hy erken MY NAAM. 15 Hy sal MY aanroep en EK sal hom antwoord; EK sal by hom wees in moeilikheid, EK sal hom uitred en eer aan hom gee. 16 Met 'n lang lewe sal EK hom versadig en hom MY redding wys. [Yeshuati].”

Vrees nie die NAAM van YAHUSHUA nie! “YAH” is in MY NAAM!

O Israel, O Israel!

EK ween vir julle! EK het smarte vir julle! Trane van BLOED was gestort vir julle (hematidrose, Luk. 22:44). Waar het satan MY versoek (Mat. 4:1-11; Markus 1:12-13; Lukas 4:1-13) — behalwe in Israel? So hierdie dag neem EK die tyd om vir julle te sê O Israel, Kom na MY toe.

Kom na MY toe! Want die Tyd van Jakob se Benoudheid & Smart is so spoedig op julle!

Kom na MY toe! Leer van MY! En wees gewaarsku — selfs hierdie Woord wat voortkom nou. Dit wat sal kom as die vals messias (Sag. 11:17; Dan. 7:7-8; 24-25; 8:23-24; 9:27) is SO baie, baie naby! Moenie mislei word nie! Kom na MY toe nou!

Sagaria 11:17 Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word.

Daniël 8:23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.

24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges[...]

Kom na, MY, YAHUSHUA toe! En EK belowe EK sal MY Arms vou om julle! Julle sondes sal wees so ver soos die ooste is van die weste (Ps. 103:2)! EK sal julle bedek met MY BLOEDVERBOND! EK sal 'n ring om julle vinger sit! EK sal julle vul met die RUACH ha KODESH! Kom na MY toe O Israel!

Psalm 103:12 So ver as die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder HY ons oortredinge van ons.

O MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED! Selfs een druppel kon die HELE Israel gered het! Dit kon die HELE werêld red! Net een druppel! Tog het EK dit alles uitgestort!

Geeneen het 'n verskoning, of geeneen kan sê hulle ken nie MY NAAM nie. Hierdie is die Woorde op MY Hart hierdie dag O Israel.

IMMAYAH wil julle bymekaarmaak en vir haar (Israel) onder HAAR Vlerke sit. (Want SY is die 'MOEDER AREND'! SY is nie 'n 'hoender' nie [sien griekse Mat. 23:37; Luk. 13:34 ornis is lettelik. "voël"])! SY wil julle beskerm! Dit wat julle noem die SOETE HEILIGE GEES, die RUACH HA KODESH wil julle vul.

Mat. 23:37 (sien ook Lukas 13:34) O Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou EK jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen [d.i. ‘n wyfie voël] haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, en jy wou nie!

Kom na MY toe O Israel! Aanvaar die BLOED wat EK vergiet het vir julle by Golgota!

Die spykers – die penne wat ingedryf was in MY Hande, Voete! Die doringkroon was op MY Kop gesit. EK was geslaan vir julle O Israel! Alles wat EK deurgemaak het was nie alleenlik net vir hierdie wêreld nie, [diegene] wat dit sou ontvang nie maar O Israel, EK het julle gekies! EK het julle gekies! EK het julle gekies om die grond te bewandel waarop EK geloop het. EK het julle gekies!

O Kom na MY toe O Israel! Julle wil GOD ABBA YAHUVEH eer, DIE VADER? Eer MY dan. Want julle kan nie Hemel toe kom nie, julle kan nie na ABBA YAH toe kom sonder om te kom deur MY NAAM & MY BLOED nie!

O Israel! Weereens staan op vir moraliteit! Die wêreld wil julle haat? Gee hulle 'n rede! Julle staan op vir moraliteit! Julle staan op vir geregtigheid! Julle doen wat geen ander nasie of land op die aangesig van hierdie aarde doen nie! Julle wees apart gestel vir Heiligheid weereens! Julle was die bloed van die aborsies van julle hande af!

O waar is die leier wie se hart behoort aan MY? Wat nie vrees nie! Om te sê, “ O Israel keer weer terug!” Na dit – wat Moshe gepreek het! Na Heiligheid! Na geregtigheid!

Daar is 'n NUWE BLOEDVERBOND en dis MY BLOED gestort vir julle — soos EK dit gestort het vir al diegene wat dit sou ontvang – maar. direk. nou. Israel. Praat EK met JULLE!

Keer terug!

Keer terug. Keer terug na dit wat die Dissipels van Ouds, die Apostels, onderrig het! Keer terug. Moenie net die Torah Wette resiteer nie — gehoorsaam hulle! Gehoorsaam hulle.

Omdat EK julle so liefhet!

Waarsku EK julle weer terwyl julle sien wat gebeur in hierdie wêreld, terwyl julle selfs wette sien uitgevaardig word om Israel te etiketteer “terroriste” en die haat wat kom na julle toe en die politieke leiers wat sê hulle is vriende en werklik vyande is, maar daar is 'n man wat nie eens MY Gebooie volg nie — maar sy naam is Donald Trump — en hy is waarlik lief vir Israel! Hy sou 'n vriend wees vir julle.

Want EK handel met hom selfs nou. Dit is hoekom hy [aanvanklik] die visie-president gekies het (Joh. 6:70-71) wat hy wou hê saam met hom sou hy die verkiesing wen, maar hierdie kan nie gebeur as genoeg mense nie bid en aksie sit agter hulle gebede en uitgaan en stem nie!

EK sê net vir julle nou.

Toe EK met Elisheva Eliyahu gepraat het en sy die gebeds vegters beveel het om te bid [vernaamlik met Profesie 131] vir Donald Trump (alles a.g.v. 'n droom wat EK vir haar gegee het, en 'n verandering van haar hart) om hierdie man te bedek in gebed, kyk na die keuse wat hy gemaak het (Joh. 6:70-71) — 'n man wat ook [op sy platform] waarde heg aan “lewe” “evangelies” — [hoewel net in aanskyn (Joh. 12:6)] — 'n man so “nederig,” die teenoorgestelde van Donald Trump se trots.

Joh. 6:70 YAHUSHUA antwoord hulle: Het EK nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel! 71 En HY het bedoel Yehudah van Keriyot, die seun van Shimon, want hy sou HOM verraai, hy wat een van die twaalf was.

Joh.12:10 Toe sê een van SY dissipels, Yehudah van Keriyot, die seun van Shiemón, wat HOM sou verraai: 5 “Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?”6 En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.

Dit was EK, YAHUSHUA wat dit op sy hart gelê het [om evangelies te neig]. Want EK trek hom. EK trek hom. Hy wil nie die speletjie speel van politiek nie. En soveel moet hy hou vir homself.

Net soos Netanyahu – heg hy waarde aan die heiligheid van die huwelik maar hy skik! Hy skik terwille van politiek! Hy wil nie die gay spogparades hê of dieselfde-geslag 'huwelik' nie! Toegee! Toegee! Dit is waaroor die politiek van hierdie wêreld alles gaan – vrees om te sê wat hulle werklik glo.

Maar vandag O Israel, roep EK uit na julle. EK, YAHUSHUA, het smarte gely vir julle terwyl EK op hierdie aarde was. En ABBA YAHUVEH roep uit vir julle! Sit aksie agter daardie Torah Woorde! Wanneer julle die Torah Wette resiteer sit aksie daaragter. Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).

Jakobus 2: 17-19. 17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. 18 Maar iemand sal sê: julle het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. 19 Julle glo dat ELOHIEM één is. Julle doen goed; die duiwels glo dit ook en hulle sidder. 20 Maar wil julle weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? 21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 22 Sien julle dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? 23 En die Skrif vervul wat sê: En Abraham het ELOHIEM geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n Vriend van ELOHIEM genoem.

Van nou af – EK praat met die leierskap van hierdie Bediening en EK sê vir julle hierdie – saam met daardie Torah gedeeltes, wanneer julle spreek van die Profete van Ouds, spreek julle ook die Profesieë wat EK gegee het vir Elisheva Eliyahu. Want dit is vir hierdie tyd en hierdie uur.

Want hulle sal die mense van Israel lei na MY, YAHUSHUA toe!

O Israel julle het altyd aardbewings gehad maar julle kan nie begryp oor wat gaan gebeur nie: wanneer EK YAHUVEH & EK YAHUSHUA & EK IMMAYAH, DIE RUACH HA KODESH VOET-STAMP regoor Israel nie! Om hulle te tugtig! Wanneer julle mond so uitgedroog is omdat julle geweier het om die LEWENDE WATER, MY, YAHUSHUA te ontvang, EN EK SLUIT DIE HEMELRUIM! EN EK laat MY Twee Getuies verklaar geen reën sal meer val nie!

EK waarsku julle nou. EK waarsku julle nou. Dit is alles deel van tugtiging!

Ontvang die LEWENDE WATER nou en julle sal nooit weer dors nie, O Israel. Eet van die HEMELSE MANNA en julle sal nooit weer honger word nie, O Israel.

EK kan julle onsigbaar maak (Jer. 36:26; Psalm 27:5; 31:20) te midde van 'n skare net soos EK gedoen het toe EK die aarde bewandel het in Israel. (sien Lukas 4:29-30; Joh. 7:30; 8:59; 10:39). EK het reg tussen-in diegene geloop wat vyande sou wees en niemand het MY eens gesien nie! Die regerings dink hulle het julle bio-data. O! Maar EK, YAHUSHUA, kan julle DNA verander.

EK kan so baie dinge doen O Israel – om julle te beskerm as julle maar net julle knie sal buig tot MY. EK kan julle wegsteek op maniere wat julle nooit moontlik gedroom het nie. Psalm 91 is 'n belofte wat EK gegee het vir julle, maar julle moet kom in die NAAM van YAHUSHUA en deur die BLOED van YAHUSHUA.

EK begeer om julle te beskerm O Israel – diegene wat EK MY kinders gaan noem, die verlostes, die verlostes – die oorblyfsel hulle sal kom!

Hulle sal hierdie Profesie hoor en hulle sal hardloop, hardloop, hardloop na MY toe! En EK sal hulle verwelkom want EK het julle so lief O Israel! Selfs op hierdie Shabbatdag, hoeveel van julle buig direk nou julle hoofde en bid? En tog is julle so ver van MY. Julle weier om MY te aanvaar, maar hierdie gaan verander – want EK het 'n Bruid van Israel.

En wanneer hulle hierdie Woorde hoor, gaan hulle hul MESSIAS herken en hulle gaan die GESKENK aanvaar wat EK gegee het by Golgota en met MY BLOED, gaan hulle gereinig word.

En die Hebreeuse vertalers sal na vore kom en hulle sal help vertaal! Vrylik sal hulle hierdie gawe gee en help om hierdie Woorde in die Hebreeuse taal te kry.

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het op hierdie Shabbatdag na die lees van die Torah gedeelte. Maak seker om die Profesieë in te sluit wat EK gegee het vir hierdie Profeet Eliyahu.

Einde van Woord – Deel 1

Elisheva: Loof YAHUSHUA!

[ Applous, Lofprysing ]

...in die NAAM van YAHUSHUA. Dank U ABBA YAH. Dit is al [wat ek hoor].

So ek wil net sê Dank U ABBA YAHUVEH! Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Dank U IMMAYAH! Terwyl hierdie Profesie [63] gegee in 2002, 'o Israel Waar is Jou Bloedoffer' gelees was, o, het ek net gevoel YAHUSHUA huil en het moeite.

En HY het Woorde gespreek van selfs hoekom HY daardie trane gestort het van BLOED en ek het nie eens geweet of ek woorde het om in staat te wees om te praat nie omdat die emosie so groot was. Maar ek Dank U vir hierdie Heilige tale — die Boodskap was instaat om na vore te kom.

[Die gemeente aanbid en 'n uur later, spreek YAH meer voort...]

Elisheva: Ek hoor 'n Woord na vore kom vir almal – hoe, ek weet nie hoe om julle lofprysing te onderbreek nie. Ek weet nie wat om te doen nie. Wil julle gaan [Grappig, Gelag] of wil julle die Salwing aanwakker [met die gawe van tale]?

Reg, begin julle bid. Wag 'n oomblik, laat ek eerste bid.

HEMELSE VADER – dit was sulke pragtige lofprysing – GELIEFDE YAHUSHUA. ABBA YAHUVEH, GELIEFDE YAHUSHUA & KOSBARE IMMAYAH, ons kom — ons kom bymekaar in U TEENWOORDIGHEID. Ons kom voor U Troon met danksegging en lof want U het gesê dit is die enigste manier dat ons gebede werklik gehoor word (Ps. 95:2; 100:4; 1 Thes. 5:17-18). En ons verheerlik en ons aanbid [Audio slaan oor] ons dank U en ons loof U!

Psalm 95:2 Laat ons SY aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange HOM toejuig!

Psalm 100:4 Gaan SY poorte in met lof, SY voorhowe met lofgesang; loof HOM, prys SY NAAM.

1 Thessalonisense 5:17-18 Bid sonder ophou. 18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van ELOHIEM in YAHUSHUA oor julle.

Selfs die engele hulle loof U 24 uur 'n dag (sien openb. 4:8; Jes. 6:2-3) U sê selfs die klippe sal uitroep as ons U nie loof nie. (Hab.2:11; luk. 19:40 sien ook Jos. 24:27) En ons doen, want U is so waardig om geloof te word!

Habakuk 2:11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.

Lukas 19:40 En HY het geantwoord en vir hulle gesê: EK sê vir julle, as hulle swyg sal die klippe onmiddelik uitroep.

En terwyl ons U aanbid het YAHUSHUA, het ek gehoor 'n Woord kom na vore en ek het nie geweet hoe om te onderbreek nie, hoe om instaat te wees om dit te sê toe die Salwing so sterk op my was nie. So ek vra nou terwyl ons loof, vra ek dat daardie Woord weer voortkom om U geliefde kinders te seën. Ek vra hierdie tot U Eer ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE IMMAYAH!

So gaan julle voort en begin julle bid.

[Gemeente sluit vir ‘n wyle aan, bid in Heilige tale] [Heilige tale] [Elisheva bid in Heilige tale]

Profesie 132 Deel 2 Begin:

O! MY geliefde, MY geliefde, MY geliefde, MY geliefde, MY geliefde Bruid! O hoe — o hoe neem EK genoeë in julle hierdie dag! Julle lê julle planne opsy wat julle kon gemaak het! In plaas daarvan kom julle en julle AANBID MY! JULLE LEER van MY!

[Gehuil en vreugdevolle geluide] En EK sê vir julle hierdie.

IMMAYAH is in daardie lofprysing en aanbidding (Ps. 22:3)! Want selfs terwyl julle gedink het julle staan net daar of sit net daar, ja sê EK vir julle: Selfs diegene wat hierdie sal hoor, ALMAL van julle was voor MY Troon! ALMAL van julle en as hulle luister na die aanbidding en die lofprysing terwyl julle hierdie [Profesie] deel en hulle harte is bekeervol voor MY en hulle is skoongewas met MY GESTORTE BLOED!

Psalm 22:3 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel.

Is daar nie een ding wat EK sal weerhou van julle nie (Ps. 84:11), nie een versoek wat julle voor MY gelê het nie (Mat. 7:11) – terwyl dit in lyn is met die wil van die VADER – sal EK dit doen vir julle en selfs ver bo en oorvloediger as dit wat julle durf droom of vra voor (Ef. 3:20)!

Psalm 84: 11 Want YAHWEH ELOHIEM is 'n SON & SKILD YAHWEH sal guns en eer gee: HY sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.

Mat. 7:11 As julle dan wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle VADER WAT IN DIE HEMEL IS, goeie dinge gee aan die wat HOM vra?

Ef. 3:20 En aan HOM wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die KRAG wat in ons werk.

Dit is wat gebeur wanneer julle kom na MY toe met aanbidding en lofprysing (met gehoorsame harte)!

Julle het gesien wat EK gedoen het en vinnig wat EK gedoen het! So EK sê vir julle, EK’S geen aannemer van persone nie. (Deut. 10:17; Hand. 10:34; Rom. 2:11)! Bly getrou aan MY! Hou julle oë gefokus op MY! Want EK begeer om julle te seën! En EK sal julle seën! En buitengewoon en oorvloediger as wat julle durf droom of vra voor!

Deut. 10:17 Want YAHWEH julle ELOHIEM is die ELOHA VAN ELOHIEM & MEESTER VAN DIE MEESTERS, DIE GROTE, MAGTIGE EN GEDUGTE EL wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie.

Hand. 10:34 En Petrus het sy mond oopgemaak en gesê: Ek sien waarlik dat ELOHIEM geen aannemer van die persoon is nie.

Rom. 2:11 Want daar is geen aanneming van die persoon by ELOHIEM nie.

Weet julle jul aanbidding hierdie dag terwyl julle jul stemme opgelig het tot MY—julle het nie net julle stemme opgelig nie – julle lig julle harte, julle het julle siele opgelig! En die Heilige engele en die wolk van getuies het saam met julle aanbid!

So vir diegene wat ore het wat hierdie gaan hoor [Mat.13:16-17] wat nie daar is nie, julle doen dieselfde ding. EK belowe julle hierdie. Julle sal Hier wees selfs voor die Troon! Selfs al is julle liggame op aarde, is daar een laag van julle gees en siel wat ook, terselfdertyd kan wees voor die Trone in die Hemel! Voor julle ABBA YAHUVEH! Voor MY YAHUSHUA! En ja, selfs voor IMMAYAH!

Hierdie is die seën wat EK het vir julle! Neem julle versoeke — en bring hulle vir MY selfs nou terwyl EK praat. In die geheim, gee hulle vir MY maar onthou om te sê “Terwyl dit saamhang met ABBA YAH se manier.” Gee dit vir MY. Gee dit vir my, en dit sluit AL julle laste in (Ps. 55:22; 1 Pet. 5:6-7) Gee dit vir MY en kyk en sien wat EK gaan doen.

Psalm 55:22 Werp jou sorge op YAHWEH, en HY sal jou onderhou; HY sal nooit die regverdige laat wankel nie.

1 Petrus 5:6-7 Verneder julle dan onder die kragtige Hand van ELOHIEM, sodat HY julle kan verhoog op die regte tyd. 7 Werp al julle bekommernis op HOM, want HY sorg vir julle.

Want hierdie eer van aanbidding — en julle harte van aanbidding en julle siele wat aanbid — was 'n seën vir MY! Dit is hoekom EK hierdie musiek gestop het en EK wil net sê hoe baie lief EK julle het, hoeveel EK, begeer om by julle te wees! En dit sal regtig gou wees!

O Bruid van YAHUSHUA hoor MY! EK het verlang na julle! EK het gesmag na julle! EK het getreur vir julle! EK het gehuil vir julle! Soos Elisheva vrygemaak was — so, was ook die Bruid van YAHUSHUA – AS hulle maar sal ontvang!

KOM WEG - daarvan om ongelyk gejuk te wees (Deut.7:3-4)! Wat het 'n bok en 'n skaap in gemeen (Deut. 22:10); Mat. 25:32-33)?

Deut. 7: 3 Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie – jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie. 4 want hy sal jou seun van MY afvallig maak, sodat hulle ander magtiges dien en die toorn van YAHUVEH teen jou ontvlam en HY jou gou vernietig.

22:10 Jy mag nie met 'n os en 'n esel [donkie] gelyk ploeg nie. [d.i. Moet hulle nie saamjuk nie].

Mat. 25:32-33 en voor HOM sal al die nasies versamel word, en HY sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei. 33 en HY sal die skape aan SY Regterhand en die bokke aan SY Linkerhand sit.

Sê MY Woord nie, “Moenie ongelyk gejuk wees nie” (2 Kor. 6:14) O MY geliefde kinders terwyl julle MY seën, seën EK YAHUSHUA julle nou!

2 Kor 6:14 “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?”

Elisheva: Ek het 'n visioen gehad. Ek het Moshe gesien die Kinders van Israel lei.

Profesie gaan voort:

En EK sê vir julle hierdie: Die Israel, die Heilige wat sal verrys – diegene wat geweet het sonde was kwytgeskel – hulle sal nie langer stilbly wanneer hulle hierdie Profesie hoor wat vroeër voortgekom het nie.

(ELISHEVA: want YAH sê...)

HY gaan hierdie [AmightyWind] Bediening gebruik en die twee salwings van die gees van Eliyahu & Moshe, SAAM om Israel te lei tot BEKERING (sien Eseg. 37)! Want dit is die enigste manier wat Israel gered sal word (sien Sag. 7-14; Jer. 30; Miga. 5:5-6; Rom. 11:1; 11-12; Openb. 7-19)!

En dit gaan 'n sterk leier vat, een wat sal weier om te skik ter wille van 'n politieke loopbaan! Hy sal meer vrees hê vir sy siel!

En net soos 'n Regter Roy Moore ten spyte van die gevolge, ten spyte van die vervolgings en beskuldigings — die leier in Israel, YAHUVEH roep uit na hom nou in die NAAM van YAHUSHUA, jy weet wat is reg en wat is verkeerd! Wat is die prys van jou siel (Matt. 16:26)? Want die Heiliges en die verlostes sal verrys in Israel! En hulle soek na 'n leier wat nie sal skik nie!

Matt. 16: 26 Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

En “YAHUSHUA’S demon stompers” soos julle beveel was om te bid vir Donald Trump nou ook, sê EK YAHUVEH, bid julle vir daardie leier in Israel om na vore te kom! Om terug te keer tot die standaard van Heiligheid!

Hulle spreek dit in die Torah! Hulle ken die Torah Wette! Hulle resiteer die Tien Gebooie! ([Elisheva:] Nou sê YAHUSHUA...) wag EK vir hulle om hulle te gehoorsaam! En geen kompromie nie! O Israel!

(Elisheva: Weer hoor ek vir YAHUSHUA sê,)

Profesie Gaanvoort:

EK het julle lief. En EK begeer weereens vir julle. Staan vir Heiligheid! En eendag sal julle daardie “Heilige Land” wees. “Want EK gaan heers en regeer vanuit Israel (Ps. 2:6-12; Ps. 110:1-2; Jes. 9:6-7; Jer. 23:5; Eseg. 43:7; Dan. 7:13-14; Sag. 6:12-13; 14:4; Luk. 1:32-33; Open. 19:15-16; sien ook Jer. 33:6-18 ens)!

Psalm 2:

6 ÉK tog het MY KONING gesalf oor Sion, MY Heilige Berg. 7 EK wil vertel van die besluit:

YAHWEH het aan MY gesê: U is MY SEUN, vandag het EKSELF U gegenereer. 8 Eis van MY en EK sal nasies gee as U erfdeel en die eindes van die aarde as U besitting. 9 U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.

10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku o regters van die aarde! 11 Dien YAHWEH met vrees en juig met bewing.

12 Kus die SEUN dat HY nie toornig word en julle op die weg vergaan nie, want gou kan SY toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by HOM skuil.

Psalm 110:1-6

YAHWEH het tot MY HERE [ADONI] gespreek: Sit aan MY Regterhand, totdat EK U vyande maak 'n voetbank vir U Voete. 2 U magtige septer sal YAHWEH uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van U vyande.

3 U volk sal baie gewillig wees op die dag van U krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van U jong manskappe.

4 YAHWEH het gesweer, en dit sal HOM nie berou nie: U is Priester vir ewig volgens die Orde van Melgisédek. 5 YAHWEH aan U Regterhand verbrysel konings op die dag van SY toorn.

6 HY sal 'n strafgerig hou onder die nasies: HY maak dit vol dooie liggame; HY verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.

Jesaja 9:5-6

Want 'n KIND is vir ons gebore, 'n SEUN is aan ons gegee; en die heerskappy is op SY Skouer, en HY word genoem: WONDERBAAR, RAADSMAN, STERKE GOD, EWIGE VADER, VREDEVORS – 6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die Troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van YAHWEH VAN DIE LEËRSKARE sal dit doen.

Jeremia 23:5

Kyk daar kom dae, spreek YAHWEH, dat EK vir Dawid 'n REGVERDIGE SPRUIT sal verwek; en as KONING sal HY regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.

Esegiël 43:7

En hy het vir my gesê, mensekind, dit is die plek van MY Troon en die plek van MY Voetsole waar EK vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal MY Heilige NAAM nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings by hulle dood.

Daniël 7:13

Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die Hemel het EEN gekom soos die SEUN VAN DIE MENS [d.i. Die MESSIAS wat verskyn as 'n mens], en HY het gekom tot by die OUE VAN DAE, en hulle het HOM nader gebring voor HOM. 14 En aan HOM is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het HOM vereer; SY heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en SY koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Sagaria 6:

12 En sê vir hom, So spreek YAHWEH van die LEËRSKARE, kyk die MAN wie se NAAM die SPRUIT is, en HY sal uit sy plek uitspruit en HY sal die tempel van YAHWEH bou. 13 Ja, HY sal die Tempel van YAHWEH bou en HY sal majesteit verkry en sit en heers op SY Troon, en die raad van vrede sal tussen hulle TWEE bestaan.

Sagaria 14:4

En SY Voete sal op daardie Dag staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê aan die Oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander na die suide..

Lukas 1

32 HY sal groot wees en die SEUN VAN DIE ALLERHOOGSTE genoem word; en YAHWEH ELOHIEM sal aan HOM die Troon van SY vader Dawid gee. 33 En HY sal KONING wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid en aan SY koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Openbaring 19

15 En uit SY Mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY sal hulle met 'n ysterstaf regeer en HY trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van ELOHIEM DIE ALMAGTIGE. 16 En HY dra op SY Kleed en op SY heup die NAAM wat geskrywe is : DIE KONING VAN DIE KONINGS & HERE VAN DIE HERE.

So dit is wat gebeur wanneer julle kom voor MY met aanbidding en lofprysing! Weer vir die tweede maal, het EK hierdie Profesie gegee deur MY Ringmaagd, MY Elisheva. Want julle het die Salwing aangewakker. Dit is alles as gevolg van julle aanbidding en julle liefde!

Einde van Woord.

Elisheva: Ek kyk nou na die monitor op die oomblik [Beeldmateriaal verlore] en ek weet nie of iemand die lig aangeskakel het nie en wat aangaan nie, maar daar is so ‘n lig wat ek sien! Ek weet nie of dit in die geestesrealm is — of ek weet nie [fisies] dit te sien nie? Iemand 'n lig of iets aangeskakel daar anderkant?

Ek het geen klank nie. As julle met my praat, is daar geen klank nie. Het iemand 'n lig daar aangeskakel daar anderkant? [...] ek moet seker sien... miskien sien ek in die geestes realm, maar julle het so 'n lig in daardie vertrek wat nie voorheen daar was nie! SHKINYAH HEERLIKHEID LIG is oral oor elkeen van julle in die NAAM van YAHUSHUA!

Reg! Dit is al wat ek hoor!

1 Medies verduidelik as hematidrose—rare toestand van uiterse siels-kwelling (Mat 26:38; Mark 14:34) waarin ‘n mens bloed sweet (Luk 22:44) & in ernstige gevalle, trane van bloed stort.

2 Gen 16:7, 13; 18:1-2; 19:24; 22:11-12, 15-18; 31:11-13; 32:24, 29-30; 49:10; Eks. 3:2-4; 23:20-21; Eks. 24:9-12; Num 24:14, 17-19

3 Die amp van Profeet het nie opgehou nie. Maleagi was nie die laaste Profeet nie, en inderwaarheid, het YAHUVEH deur hom belowe om meer Profete en Boodskappers te stuur (Mal 3:1; 4:4-6).

4 RUACH HA KODESH dit is “HEILIGE GEES” in Hebreeus, is taalkundig vroulik. HA SHKHINYAH, beteken DIE GODDELIKE TEENWOORDIGHEID is verpersoonlik in Judaisme as die SABBAT BRUID & GOD SE KONINGIN ‘n HEMELSE MOEDER—YAH, “IMMA-YAH”— en onder WIE SE Bedekking /Vlerke daar skuiling is, (sien “Kanfei al RUACH” [Ps 18:10], letterlik “Vlerke van die GEES/WIND”— die GEES VAN YAH, IMMAYAH, het vlerke). Vergelyk ook met Psalm 91 en vele ander Skrifgedeeltes (Eks. 19:4; Deut. 32:11-12; Ps. 17:8; Ps. 36:7; Ps. 57:1; Jes. 31:5) waar YAH beskryf word om soos ‘n arend te wees.

5 Hoender of arend? GOD moenie vergelyk word met ‘n hoender nie. YAH maak ‘n sarkastiese skimp op ‘n klein klompie dikwels verkeerd verstaande Skrifte (Mat 23:37, Luk 13:34)— waar in wanvertalings dit lyk asof GOD vergelyk word met ‘n hoender wat sorg vir sy klein kuikens “soos ‘n hen haar kuikens versamel onder haar vlerke”

(Luk 13:34, WeG), maar vergelyk hierdie met die Grieks Mat. 23:37 & Luk. 13:34 waar (ornis) voël beteken (as om op te styg in die lug in – Strong’s G3733) en ss/ss (nossia/nossian), jong uitbroeisel van uitgebroeïdes of voëlkuikens.

‘n Meer gepaste vertaling sou eerder wees: “ soos ‘n moeder voël haar kleintjies versamel onder haar vlerke”. (“Hen,” soos hier vertaal, beteken in Afrikaans enige wyfie voël van enige spesie “kuiken” eweneens, enige pas uitgebroeide voëltjie, maar “hoender” is ‘n algehele partydige vertaling aangesien die Griekse term nie eksklusief pluimvee of hoenders aandui nie.

‘n Moeder arend? Alhoewel na enige voël verwys kan word, insluitend hoenders, kan die herkoms daarvan heenwys na ‘n arend en arendkuikens van (oros) berg, en ‘n (“airo”) om op te styg/verrys, dui ‘n oorspronklike Griekse begrip aan van voël wat beide vlieg, en moontlik gewoon het in ‘n hoë berg. Hierdie is ook soos Psalm 91: 1, 4 “Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE [ELYON] sit, sal vernag in die Skaduwee van die ALMAGTIGE [SHADDAI]. […] HY sal jou dek met SY Vere, en onder SY Vleuels sal julle skuil” waar die ALLERHOOGSTE vergelyk word met ‘n arend wat woon op ‘n hoë berg, waar die arendkuikens, in die beskutting van ‘n hoë nes ook skuil onder die vleuels van hul moeder en vader.

Neem kennis dat SHADDAI (Ps 91), wat verwant is aan woorde vir borste, berg en vrugbare velde (Gen. 28:3; 35:11; 49:25) ‘n VROULIKE NAAM is van GOD, wat die HEILIGE GEES aandui. As die VROULIKE EWEKNIE van YAHUVEH, SY is baie meer soos ‘n moeder arend, as ‘n hoender.

Laastens, beteken “chicken” soos gebruik in Engelse idiome, dikwels ‘lafaard’. So YAH gebruik hierdie ook as ‘n pun om te sê die RUACH HA KODESH, SHADDAI is nie net ‘n GOD van seëninge nie, maar ook ALMAGTIG met woede en verwoesting (Jes. 13:6; Joël 1:15)! ‘n Moeder arend kan beide sagkens met haar kleintjies wees, maar vernietigend vir haar vyande, diegene wat haar baba arende sou seermaak.

6 Hierdie spreek van die oorblyfsel van Israel, “Die hele Israel sal gered word” (Rom. 11:26); die Israel van die toekoms, Sag. 13:8-9; Jes. 10:20-25; Jes. 27:31-32.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred