Profesie 129

Pasop vir die Toorn van die LAM! YAHUSHUA Bring SY Skeidings-Swaard!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 5 Julie 2016

En vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van HOM wat op die Troon sit, en vir die Toorn van die LAM;

- Openbaring 6:16

* * * * * * *

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,”

Wat letterlik beteken: “Loof YAH”:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER;

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN

HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’

ELOHIEM beteken “GOD.”

Die openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie webwerf.

(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD se BLYWENDE, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel beteken ABBA YAH ‘VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH’

Skrif aanhalings vanuit die Woord EN Getuienis vertaling mits anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:

Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku

om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.

Selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA

jou MASHIACH dat geboorte gegee was.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;

En MY EER sal ek aan geen ander gee,

Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word vir diegene wat spot:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag

en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH

teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

– 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Elisheva: Goed Ezra. Ek het jou nodig om weer in tale te bid.

[Ezra spreek in Heilige tale]

Elisheva: Wat wil U [YAH] sê? Asseblief salf my.

Ek bestraf en bind jou satan weg van my af in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. Hallelu YAH, Hallelu YAH! [Ezra en Elisheva bid in Heilige tale] O ABBA YAHUVEH raak my lippe aan! Raak my lippe aan YAHUSHUA! Raak my tong aan IMMAYAH!

[“Die Staf” van Heilige tale begin voortkom…]

* * * * * * *

Profesie 129 Begin:

5 Julie 2016

Weg van MY, julle vals profete! Julle vals apostels! Jou vervalste bruid! EK het hierdie Bediening opgerig! EK het AmightyWind Bediening opgerig om te ontbloot waar die onkruid en die wolwe is!

EK salf selfs op ‘n groter manier vir jou Ezra en vir jou Elisheva om te doen wat die verworpeling Paul Hellem geweier het om te doen! EK salf julle op ʼn groter manier om diegene te jaag met die geeste van Jesebel – wat kom om die Bediening te wil vernietig wat behoort aan MY YAHUVEH, wat behoort aan MY YAHUSHUA, en behoort aan IMMAYAH! Want Elisheva jou naam is nie daar nie!

EK salf julle om die wolwe weg te jaag – EK salf julle altwee om die maskers af te skeur van diegene wat kom as ‘n skaap of ʼn lam en tog roofgierige wolwe is – Ezra, vandag toe jy nie ʼn Woord wou spreek oor hierdie vals herders, hierdie vals profete nie, diegene wat MY eens gedien het (soos Elisheva sê hulle het eens Heilig gewandel voor MY).

Hulle het! Hulle het! Rick Joyner, Joyce Meyer, Marilyn Hickey, die lys wat EK gegee het in die Pro[fesië] voor die Profesieë [d.i. 91, 92, 93] ! - in die Profesieë. Maar dis hulle keuse om te verkoop wat EK so vrylik gegee het. Jy kan nie MY, YAHUVEH, dien en ook vir mammon dien terselfdertyd nie! Jy kan nie twee meesters dien nie (Mat. 6:24). Want jy sal een liefhê en die ander haat!

Mattheus 6:24: “Niemand kan twee meesters dien nie, want of hy sal die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie ELOHIEM en mammon dien nie”

Hoeveel het uitverkoop? Eenvoudig vir die roem en die rykdom?

En EK salf jou Ezra. Elisheva het hierdie gedoen vir baie jare – vir 21 jaar alleen op die Internet. En hierdie tel nie eens vanaf ʼn jong tiener nie toe EK haar in die kerke ingestuur het om die maskers af te ruk van die sogenaamde herders nie. En hulle het gevrees dat ʼn ware Profeet daar was. Maar nou, Ezra, sy kan nie die enigste een wees nie.

EK salf jou MY seun vandag wanneer EK vir jou sê en EK wys vir jou daardie een wat eens MY waarhede gevolg het – en nie afgewyk het van die pad af van links of ook regs nie maar gebly het op daardie smal pad, waar die fokus YAHUSHUA was (selfs al noem hulle die naam ‘Jesus Christus’), maar toe het hulle oë afgekom van die teiken af – hulle oë het afgekom van die EERSTE LIEFDE, EK, YAHUSHUA af en hulle het hul oë gesit op roem en rykdom.

EK sê vir jou MY seun.

Sy kan nie alleen staan in hierdie nie. Jy kan nie jou mond bedek en sê, “Ek gaan nie hierdie sê nie.” Dit kan nie net kom uit haar mond alleen nie. EK het julle altwee nodig. Om die wolwe te ontbloot! Om hulle weg te jaag met die Staf van MY Toorn! Anders sal hulle die klein lammetjies en skape verskeur wat EK stuur na hierdie Bediening toe… EK het jou nodig MY seun om te doen wat jy nie wil doen nie.

Maar hoekom sou EK vir jou wys as dit nie was om jou te gebruik om ander te waarsku nie? Onthou Ezra daar was ʼn tyd wanneer jy gekom het na MY toe en mense sou jou so [erg] seermaak en so [erg] wond. En hulle het gedink dat dit hulle vryheid was. Hulle het gesê hulle het gepraat vir MY.

O maar Ezra! Daar was ʼn tyd toe jy al daardie wonde ingeneem het en jy net stil weggestap het met trane in jou oë. En jy sou sê “Waar is die liefde? Waar is die liefde? Waar is die liefde in hierdie liggaam wat veronderstel is om YAHUSHUA, ‘JESUS CHRISTUS’ te wees?”

Maar Ezra! Luister na MY. EK moet hê dat jy en Elisheva hierdie les goed leer. Hierdie mense het nie gepraat vir MY nie. Dit was níe MY Woorde wat jy gehoor het nie. Hulle het ʼn vorm van goddelikheid, maar daar is geen goddelikheid van binne nie. (2 Tim 3:5) EK sal jou nie seermaak soos hierdie nie! EK sou jou nie aan flarde ruk met woorde nie. EK doen nie hierdie nie.

Maar nou Ezra, gaan hierdie nie meer gebeur nie. En Elisheva hierdie gaan nie meer gebeur nie. Want EK het julle einste voorkoppe geset soos keisteen (Esegiël 3:9, Jesaja 50:7)!

Esegiël 3:9 Jou voorhoof maak ek hard soos 'n amaril, harder as 'n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle 'n rebelse huis is.

Jesajah 50:7 Maar die meester YAHWEH help my; daarom kom ek nie in die skande nie; daarom het ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en ek weet dat ek nie beskaamd sal staan nie.

EK gebruik yster om yster skerp te maak (Spreuke 27:17)

Spreuke 27:17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van ‘n ander.

Wanneer julle weet die woorde is nie van MY nie – en hulle net bedoel is om julle en diegene te vernietig wat gebring word na hierdie Bediening toe, vernaamlik die leierskap – sal julle MY Woorde gebruik van bestraffing! Daar sal geen trane meer wees wat gestort word oor hierdie verworpling nie!

Ezra jy sal nie stil wegstap nie. En Elisheva nie een van julle twee sal sê dat – of selfs oorweeg – hierdie woorde was gestuur van MY, YAHUSHUA, nie. Hulle sal nie meer trane wees in julle oë nie. Julle sal besef, EK YAHUSHUA, vat MY Staf. En EK, YAHUSHUA, beskerm die skape en lammers. En dit is die Salwing wat ALTWEE VAN JULLE sal staan [mee]! Nie net een nie.

Wanneer EK vir julle ‘n waarskuwing gee, gee EK nie om wat hulle voorheen was nie! Het julle nie ‘n les geleer van Paul Hellem nie! Het julle nie ‘n les geleer van Judas nie! – wat eens een van MY eie dissipels was?

Hoekom dink julle het EK hierdie toegelaat om te gebeur? Om te wys dit is EK, YAHUSHUA, wat die skeidings-swaard gebring het!

Dit is EK, YAHUSHUA, wie gewaarsku het [met die vrae], “Wie is my moeder? Wie is my vader? Wie is my suster? Wie is die broer?” (sien Mat. 12:48-50 en Luk. 8:21)

Dit is EK, YAHUSHUA!

Jy kan nie iemand [Heilig] in eenheid bring met satan nie! Jy kan nie eer wat EK oneer aandoen nie! Hoor julle MY? Julle kan nie eer wat onteer is nie. Want hulle onteer MY! Hulle luister nie na MY Woord nie! Jy kan nie vir die kinders vertel om te verenig wat EK verdeel het nie.

Hierdie is die Boodskap wat EK gee.

EK IS skei die koring van die onkruid! Sê dit nie “Jou ergste vyand sal gevind word in jou eie huishouding” nie? (sien Mat. 10:36)

Mattheus 10: 36 En ’n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

Luister! Luister! Luister! Ja EK sê weer, Luister!

EK IS skei mans en vroue, EK skei kinders van moeder en vader – terwille van hulle eie siele, EK skei – net soos EK gesê het EK sou (Mat 10:34-38; Luk. 12:49-53) Dis geensins anders as wat die “Kinders van Israel” [B’nei Israel] vertel was om afgeskei te word nie. (Lev. 20:23-26) Hulle moes afgeskei word! Hulle kon nie besmet geword het nie.

Mattheus 10:34 Moenie dink dat EK gekom het om vrede op die aarde te bring nie. EK het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard.

Lukas 12:51-53 51 dink julle dat EK gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê EK vir julle, maar eerder verdeeldheid. 52 want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. 53 die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.

Daar kom ‘n tyd so vinnig! Families, as EK nie skei nie, sal mekaar verraai – wanneer een vír MY is en die ander is teen MY, wanneer een wil wandel in Heiligheid en die ander een wil wandel in die weg van die wêreld. En EK praat van ‘familie’!

Daar kom ‘n tyd so vinnig! Die moeder en die vader sal hulle eie kinders verkoop soos Judas gedoen het aan MY – alles terwille van valuta. Hulle sal hulle eie kinders rapporteer! Die kinders sal die ouers rapporteer! Die man sal die vrou rapporteer! En EK praat hulle sal rapporteer – [die Heilige mense sal] gerapporteer word – aan die regerings!

EK skei vir hulle eie beswil. MOENIE VERENIG wat EK IS skei nie! Wees versigtig watter huwelik julle voor bid vir restorasie! Wees versigtig MY kinders!

EK het dit eens gesê en EK sê dit weer!

Wie is ‘n moeder en wie is ‘n vader? Dit is diegene wat die wil doen van ABBA YAHUVEH die VADER – dit is diegene wat hul knie buig tot MY en diegene wat gehoorsaam en MY: “HERE GOD ALMAGTIG” noem. Hierdie is jou moeder. Hierdie is jou vader. Hierdie is jou suster. Hierdie is jou broer.

Wie is die ware BRUID van MY, YAHUSHUA? Dit is diegene wat die wil doen van die HEMELSE VADER & MY, YAHUSHUA. Anders is hulle van die vervalste bruid. En wie is die vervalste bruid? Dit is die bruid van satan!

So wees versigtig MY kinders. Wees versigtig. Verdedig nie die wolwe nie – selfs al het hulle eens gelyk soos ‘n skaap of ‘n lam.

Wees versigtig Ezra. Wees versigtig Elisheva. En wanneer EK vir julle sê om die Staf te lig van YAH se Toorn, moenie kyk na waarheen dit gemik is nie. Moet nooit [daarheen] kyk met medelye nie. Want daar is diegene wat sal uitvind [op die harde manier] omdat hulle pastore hulle nie gaan vertel nou nie.

Jy profeteer nie met jukkende ore net gewillig om te sê wat die mense wíl hoor nie, paai’le op hul koppies en druk’le en stuur hulle weg met ‘goeie’ woorde wat hulle nie in die Hemel sal inkry nie. Instede al wat dit gedoen het was om die vlees te kalmeer!

NEE! MY ware Profete wat gebruik word in hierdie Eindtyd en EK gaan nou diegene oordeel WAT BEWEER HULLE IS MYNE – EN TOG IS HULLE ‘PROSPERITY PIMP’ PROFETE!

Hoor julle MY? Hoor julle MY?

Kim Clement! Jy betaal met jou gesondheid! Jy is een van hulle! Eens het jy begin en EK was jou FOKUS en jou LIEFDE. En toe kom jou oë op roem en rykdom! En nou betaal jy die prys! Jy het valslik geprofeteer!

En hy’s nie die enigste een nie. Wee vir hierdie ‘prosperity pimp’ profete!

O ja! Hulle sal in lyn staan net om ‘n ‘profesie’ van jou af te kry. O ja! Jy is welkom - deur die wêreld – om die ‘goeie woorde’ te spreek wat hulle wil hoor. Maar ‘wee’ – vir ‘n Profeet – in hierdie wêreld se oë wat hulle sal bestraf soos die Profete van Ouds, net soos EK IS vir Elisheva & Ezra gebruik.

Julle word beveel! Moenie bang wees om vlees aanstoot te gee nie! Want hierdie gaan nie beskerm nie en hierdie gaan nie MY skape en MY lammers waarsku nie.

EK het julle gesalf! En EK het MY Woorde in julle monde gesit! EK beskerm MY skape en MY lammers! En hoeveel bedieninge is gewillig? Om vervolg en geaffronteer te word? Om te doen wat EK [YAH] doen?

O Nee! Dis soveel makliker om bedieninge te hê waar net liefdevolle woorde gespreek word, waar net die swakste van melk gegee word. O! Hoe min Bedieninge het EK! O! Hoe min Profete en Apostels het EK – wat gewillig is om die prys te betaal?

Maar het EK nie gesê “Die dienaar is nie groter as die Meester nie” (Joh. 13:16; en 15:20)? Wat hulle doen aan julle, het hulle alreeds gedoen aan MY. Julle waarsku hulle. Hulle luister nie.

Elisheva, van ‘n baie jong ouderdom af het jy jou lewe gegee vir MY. En jy het bedien vanaf die oomblik wat jy MY ingenooi het in jou hart. EK was jou PASSIE. EK IS jou LIEFDE BO ALLE ANDER. En EK sou jou instuur in hierdie kerke. En hulle sou vrees wat hulle sien. Die pastore sou MY Aangesig aanskou op jou en hulle het geweet hulle was in die midde van ‘n ware Profeet. En so was jy misbruik. Maar EK gebruik jou steeds – want nooit eenmaal was nie iemand vrygemaak nie.

Nou gebruik EK julle altwee in ‘n Internasionale Bediening! Ja EK sal julle seën! Ja EK het julle geseën! – finansieel, maar julle hoef nie uit te verkoop nie.

Julle hoef nie te dink of bekommerd te wees – wanneer EK hierdie name noem nie – dit is vir hulle eie beswil. Om hulle te herinner om terug te keer na hul EERSTE LIEFDE! Hoeveel het hulle EERSTE LIEFDE verloor? En hoeveel proklameer EK IS nog steeds hul EERSTE LIEFDE en tog is hulle ver, ver, ver van MY?

So ja, vergewe. Maar doen dan hierdie. Lewer hulle oor in MY Hande. Want onthou in die boek van Openbaring wanneer die Toorn kom, is dit nie net van ABBA YAH WIE op die Troon sit nie maar dis ook EK – hulle het nodig om te vrees vir die TOORN van die LAM (Spreuke 9:10 Openbaring 6:16 en Psalm 2:12)!

Spreuke 9:10 Die beginsel van die WYSHEID is die vrees van YAHWEH, en kennis van die AFGESONDERDE [HEILIGE] is verstand.

Openbaring 6:16 En vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van HOM WAT OP DIE TROON SIT, en vir die Toorn van die LAM; 17 want die Groot dag van SY Toorn het gekom en wie kan bestaan?

Psalm 2:12 Kus die SEUN, dat hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan SY Toorn ontvlam. Geseënd is almal wat skuil by HOM!

Niemand – Hoe selde wil enige iemand onderrig dat EK, YAHUSHUA, weer sal kom maar dit sal nie net in liefde wees nie! Dit sal nie net in genade wees nie! Maar dit gaan wees met DIE TOORN VAN DIE LAM!

En hulle gaan uitroep en hulle gaan sê: “Berge val op my! Verberg my van HOM wat op die Troon sit en van die Toorn van die LAM!” (sien Lukas 23:30; Openbaring 6:16) Wie gaan hierdie preek? Wie gaan hierdie onderrig – as dit nie julle twee is nie? O ja, EK het ander maar hulle is o so min. Wie gaan dit preek? Wie gaan dit onderrig – as EK nie hierdie Bediening gebruik nie – wie gaan waarsku?

O vyande van YAH! Julle gaan weggewaai word – whoosh! [YAHUSHUA maak die geluid van wind wat die vyande wegwaai] soos kaf in die wind!

Psalm 1:4 So is die afvallige mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi

EK het nog ‘n rede hoekom EK hierdie Bediening “AmightyWind” noem! Want dit is nie net as gevolg van die Bo-Vertrek nie (Handelinge 2). Dis omdat EK dit gesalf het om die verworpeling vyande weg te waai – whoosh! [YAHUSHUA maak die geluid van wind] - kaf in die wind!

Dit is omdat daar ‘n Salwing is op hierdie Bediening is wat gegroei het vir meer as 21 jaar – en dit was gebore selfs voor die Internet hier was – maar nou [is dit] die Salwing van julle twee saam!

Terwyl julle begin wandel in die volheid van die Salwing en almal die liefde aanskou wat julle het vir mekaar wat net die Salwing versterk – EK sê vir julle hierdie – elkeen wat hierdie Bediening en hierdie Profesieë ontvang as ‘n seën, elkeen wat die leierskap oplig met gebede van seën en hierdie Bediening seën, hierdie Bediening bedek met gebede van beskerming – hulle salwing is soos hierdie, whoosh [YAHUSHUA maak die geluid van wind], en sal waai op almal van hulle rondom hierdie wêreld!

Dit is ‘n Magtige Wind! (AmightyWind)

So julle sien MY kinders hierdie is nie ‘n Bediening wat net gaan in die Engelse taal nie. Dit sal wees in alle stamme en tale. En dit het alreeds begin “in ‘meer’ as 28 tale.” En EK sê hierdie altyd want julle verstaan nie eers nie (net omdat hulle nie vir julle skryf nie): hierdie Profesieë word omgesit in soveel meer tale [as] dit [wat] julle presies nou kan verstaan. Want julle het niemand, sê julle, wat dit nog vertaal in hierdie tale nie.

Maar selfs nou nadat hierdie Woord gespreek was sal meer na julle toe kom en sê: “Ek wil hierdie Profesieë vrywillig vertaal. Ek wil my [mense] bereik. Ek wil my vaderland bereik. Ek wil my landstreek bereik. Ek wil my eiland bereik. Ek wil bereik en ek sien daar is geen taal wat spreek vir my nie. Daar is geen taal wat spreek vir my mense nie”

So MY kinders hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Onthou, EK YAHUSHUA het die skeidings-swaard gebring. En dit is geensins anders nou as wat dit was met die Kinders van Israel nie. EK skei diegene wat Heilig is met diegene wat nie Heilig is nie. EK skei die koring van die onkruid. EK skei diegene wat gewas is in MY GESTORTE BLOED en die verworpeling.

Pasop o koues! Julle wat MY spot! Julle satanistiese ‘elite’ gebore met die silwer lepel in julle mond! Julle luister na die Profeet wat praat. Julle het die Profesieë gelees. En julle spot! Want julle sê: “Ek is nie warm nie en ek is ook nie louwarm nie. Ons is die koues. Ons harte is van klip gemaak.”

Die satanistiese ‘elite’ bestudeer die Skrifte. Die satanistiese ‘elite’ kom in alle vorms. Die satanistiese ‘elite’ sal selfs die Profesieë vat en, op hulle eie manier, dinge maak gebeur vir hul eie motivering. En niks daarvan lei tot redding nie.

Dit is vir die verdoeming – hulle wil chaos bring. Dit is vir die verdoeming – selfs van MY eie kinders gewas in MY BLOED, wat MY GETUIENIS dra (Psalm 94:21; Openbaring 12:11) En hulle soek hulle vernietiging! – soos EK weer gewaarsku het in hierdie Profesieë – pasop vir elke regering op die aangesig van hierdie aarde. Want, EK sê vir julle hierdie, geeneen verteenwoordig MY nie!

Psalm 94: 21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.

Openbaring 12:11 En hulle het hom oorwin deur die Bloed van die LAM en deur die Woord van hulle Getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Pasop, pasop want dit is soos ‘n muisval – en hulle stel daardie klein stukkie kaas, wat daardie muis verlok om in daardie val in te kom – om hulle kop af te kap.

Maar moenie vrees nie MY kleintjies! Moenie vrees nie!

Moenie vrees nie MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes & Uitgesoektes terwyl julle al hierdie uitvindsels sien gebeur nie, al hierdie maniere van die privaatheid indringing/ontduiking. Moenie vrees nie! Moenie vrees nie MY klein, nietige kleintjies! EK gaan vir julle wys. EK gaan vir julle maniere wys van beskerming wat EK nie kan spreek nou nie. En EK sal lag vir hierdie vyande! Want hulle dink hulle kan die EINSTE SKEPPER uitoorlê!

So hierdie is die Woorde wat EK te sê het vandag. EK het hierdie Bediening gesalf op ‘n nuwe manier. En dit is om die wolwe te ontbloot in skaapsklere. En dit is om die roofgierige, hondsdol wolwe te ontmasker – wat nie eens probeer om ‘n skaapmasker op te sit nie. En wanneer hulle hierdie Woord hoor, gaan hulle hul tande kners in raserny want hulle gaan weet hulle was ontbloot! En EK gebruik julle weereens om te herinner wat die kerk nie wil onderrig nie. En EK, YAHUSHUA het die skeidings-swaard gebring. En EK het vir julle gesê wie julle kan vertrou en dis nét diegene wat MY gehoorsaam!

Geeneen van MY Bruid sal hierdie aarde verlaat in die Wegraping as hulle nie kies om MY eerste te stel in hul lewens en hul liefde nie. En dit beteken hierdie: om hulself af te sny van diegene wat EK die verworpeling noem. Hulle moet uitroep tot MY en vir MY vra om hulle vry te maak van al die ongelyke jukke (2 Kor 6:14-18) hetsy dit in besigheid is, hetsy dit familie is – moet hulle uitroep tot MY en sê: “YAHUSHUA skei my, selfs van diegene wat sê hulle het my lief.”

2 Kor. 6:14-18

14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die wetteloosheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

15 En watter ooreenstemming het die MESSIAS met Beliál, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

16 Of watter ooreenkoms het die tempel van ELOHIEM met die afgode? Want julle is die Tempel van DIE LEWENDE ELOHIEM, soos ELOHIEM gesê het: EK sal in hulle woon en onder hulle wandel, en EK sal hulle ELOHIEM wees, en hulle sal vir MY 'n volk wees.

17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, sê YAHWEH; en raak nie aan wat onrein is nie, en EK sal julle aanneem;

18 en EK sal vir julle 'n VADER wees, en julle sal vir MY seuns en dogters wees, sê YAHWEH, DIE ALMAGTIGE.

Hulle moet verstaan hoe gevaarlik hierdie is vir die man en die vrou. Weer sê EK, roep uit tot MY voor dit te laat is.

En soos EK vir Elisheva bevry het [van een] – wat eens selfs die verlossings gebed gesê het, en EK hom nou gestempel het as verworpeling, (want hy kon nie eens meer loop as net ‘n baba nie en daar was geen groeiing van vrug op die wingerdstok nie vir baie jare) – en wat sê dit in MY Woord? – EK sal hulle afsny van die wingerdstok af (Joh 15:2; Mat. 3:10; 7:19). As hulle nie groei nie, bederf die vrug.

So bewaak jul vrug! Wees inspekteurs van vrug! Dit is nie julle wat oordeel nie maar EK gee wel vir julle die onderskeiding van geeste – om die vrug te inspekteer van ander sodat julle sal weet wie is waarklik van MY, wie spreek vir MY.

So pasop saam met wie julle vergader en bid. Laat nie dat enige iemand vergader in gebed [saam met julle] - as julle nie verstaan die gees wat in die ander persoon is is waarlik van MY nie – moenie eens hul hand gryp nie. Want daar sal oordrag van geeste wees.

Wees versigtig MY kinders! Alles is nie soos dit lyk nie! So baie bestempel hulself “Christen” en EK het gesê gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid! Pasop MY kinders!

En dit is hoekom hierdie dag, Ezra & Elisheva, EK vir julle ‘n groter gawe gegee het van onderskeiding, van onverskrokkenheid, meer as wat julle ooit gehad het voorheen. En julle het julle gesig & voorkoppe geset soos keisteen. En julle het gesê: “Ek sal nie terugdeins nie. Want ek vrees om YAHUVEH & YAHUSHUA aanstoot te gee meer as wat ek vrees om enige man of vrou aanstoot te gee.”

En ter wille van hulle siele, sal julle spreek wat EK het vir julle om te sê. Julle sal doen wat EK vir julle sê om te doen, ter wille van die Koninkryk van die Hemel. Want EK het lief genoeg om aanstoot te gee. Onthou hierdie altyd o Heilige vrou en o Heilige man – en onthou haters weet net hoe om te haat. Die verworpeling sal alles haat wat Heilig is en hulle fokus-in – net soos die gees van Jezebel, net soos Haman – sal hulle in-fokus en aanval. Maar EK het vir julle ‘n arsenaal gegee uit die Koninkryk van die Hemel om terug te veg in MY NAAM.

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het terwyl julle vergader saam met MY hierdie dag.

Tekens, Wonders en Wonderwerke elke dag – het julle reeds gevolg want julle volg MY, YAHUSHUA en julle ABBA YAHUVEH. Die SHKINYAH HEERLIKHEID het vir julle gewys in maniere – selfs nou – behoort hierdie nie ongewoon te wees nie. Want elke dag gee EK vir julle ‘n nuwe mate van geloof terwyl julle meer tekens, wonders en wonderwerke aanskou.

Sommiges sal julle deel. Sommiges sal julle nie. Sommiges is so persoonlik: Dis net bedoel vir mekaar. Sommiges gee EK vir julle as ‘n geskenk om te gee vir mekaar.

Julle gaan sien, selfs al verstaan julle nie nou nie.

Maar onthou die musieknote – hierdie is ‘n lering vir julle: hoe belangrik julle liefde is vir mekaar, want dit is nie net blote sterflike liefde nie. Dit is gekombineer, die kombinasie van MY, YAHUSHUA, van ABBA YAHUVEH en julle IMMAYAH die SHKHINYAH HEERLIKHEID.

En EK vertel julle hierdie. Mense gaan sien en hulle gaan bemoedig word deur die Woorde en liefde wat EK ten toon stel uit albei van julle. Hoe julle saam lag! Mekaar onderrig! Die Salwing! Die Salwing! Die Salwing – kom op die mense in ‘n nuwe manier!

En wanneer hierdie Woord vrygestel word, sal julle hoor en hulle sal antwoord. En diegene met ‘n gawe van Profesie wat teruggehou het gaan skryf en profeteer wetende dat hulle geseënd sal weet terwyl hulle hierdie seën gee vir julle.

Hierdie is wat EK sê hierdie dag. Nou gaan in vrede en gaan op jul weg.

Want weer Elisheva & Ezra, terwyl julle vergader en MY NAAM oplig met Katrynyah aan jul sy – en al diegene wat selfs nou, in die vier uithoeke van die aarde, het EK ‘n oorblyfsel (en hulle weet van AmightyWind: hulle mag dalk nie die naam ken van die Bediening nie, maar hulle weet daar is ‘n Bediening wat nodig het om die spesiale beskerming te hê) en selfs in hulle Heilige Tale roep hulle julle naam voort, alhoewel hulle dit nie weet nie – EK het julle onder bedekking seun en dogter.

EK het julle onder bedekking nie net [deur] diegene wat kom na hierdie bediening toe deur middel van die Internet nie, deur die Boeke, deur die Profesieë nie, maar EK het julle onder bedekking MY seun en dogter in intersessor gebede en natuurlik is julle altyd onder die beskutting van die Vlerke van ABBA YAHUVEH. Want Psalm 91, julle leef dit uit ieder en elke dag. EK het julle onder bedekking met legioene van MY beste gevegs-engele.

EK het julle onder bedekking en so hoef julle nie te vrees nie.

Julle is bedek, meeste van alles met MY GESTORTE BLOED by Golgota. Julle is bedek – terwyl julle jul gebeds versoeke neem in MY NAAM, YAHUSHUA.

Almal wat gaan luister en almal wat hierdie nuwe Profesie gaan lees en EK bedoel regtig MY Stem hoor terwyl EK voortgespreek het deur Elisheva, ‘n nuwe Wind van Herlewing – [YAHUSHUA blaas SY Asem van Herlewing] – waai op julle terwyl die Salwing van Die RUACH HA KODESH so pas vermeerder het oor julle.

En julle sal wandel in nuwe seëninge. Julle sal wandel met hernude geloof terwyl julle besef dat EK’s geen aannemer van persone nie (Handelinge 10:34) EK begeer om byeen te kom saam met julle die manier wat EK doen met Ezra & Elisheva.

Glo net! Hê net geloof! En julle sal ook wandel in tekens, wonders en wonderwerke – as, as, as julle MY, YAHUSHUA gehoorsaam, as julle julle ABBA YAHUVEH eerste stel in julle lewens en julle liefde en julle gehoorsaam en julle bekeer en julle besef satan het ‘n vervalsing. Moenie jaag agter tekens, wonders en wonderwerke aan nie! Instede bring EK, YAHUSHUA hulle na julle toe.

Einde van Woord.

Elisheva: Whew! Dank U! Dank U! Dank U! Hallelu YAH! ABBA YAHUVEH Dank U! Goed liefling.

Ezra: Hallelu YAH! Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U YAHUSHUA! Dank U IMMAYAH vir hierdie Woord wat U het – laat voortkom het tot ons ABBA YAHUVEH. Ons dank U! Ons verheerlik U! Ons verheerlik YAHUSHUA! Ons verheerlik U IMMAYAH, SHKHINYAH HEERLIKHEID! Ons verhef U NAAM bo alle dinge. En ons is gehoorsaam aan U alleen – in YAHUSHUA se NAAM – Ons seën U! Ons seën U! Ons seën U!

Elisheva: O ja.

Ezra: Dank U! Dank U ! Dank U!

Elisheva: Dank U vir hierdie seën. Dank U vir my geliefde Ezra! Dank U! Want ek kyk na hierdie Heilige man en vandat hy in my lewe ingekom het, wat 4 maande sal wees op 7 Julie [2016] –

ABBA VADER [nou] selfs voor die 4de herdenking van ‘n maand – hierdie is ongelooflik! En die Salwing! Elke enkele dag! Mense julle moet verstaan! Kyk na die aantal Profesieë wat voor die wêreld geplaas word en selfs alhoewel daar duisende en duisende was – en Katrynyah en ander is die getuie – hulle was nie geplaas voor die wêreld nie so gee net aandag aan daardies wat geplaas word voor die wêreld.

Maar vandat hierdie pragtige, kosbare, geliefde Heilige man van YAH [hier is] – wat my hart en siel hou, en wat ek liewer het as wat enige iemand ooit sal weet (want net ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH is eerste in my lewe en liefde maar dán kom hierdie man) Want as jy die regte Salwing het en jy het die regte sielsgenoot: Gaan jy groei. Daar is geen keuse nie. Jy gaan groei – en ek wil net sê dat – in hierdie 4 maande binnekort, o my! Ieder en elke dag, dink ek, is daar ‘n nuwe Profesie!

En dis nie net vir ons nie! Dit moet n seën wees vir almal van julle wat vir so lank gewag het - wat so lank gewag het. En kyk nou, VADER dek voor julle ‘n banket tafel. Ons kan nie die videos vinnig genoeg maak nie. Ons kan nie die Profesieë vining genoeg vertaal kry nie. Ons werk daaraan, maar ABBA YAHUVEH het gesê ons sal moet jaag om by te hou met alles wat HY doen in hierdie Bediening, en dit het alles begin op 7 Maart 2016.

En so vra ek dat julle vir Ezra bedek hou met spesiale gebede en ek vra om in jul spesiale gebede te wees want die oorlog raak warm, die oorlog teen goed en boos. So YAHUSHUA seën julle almal! Ons is lief vir julle! Ezra wat het jy om vir die mense te sê? Het jy nog een iets om te sê?

Ezra: Ja.

Elisheva: Wat het jy om te sê?

Ezra: Ja ek wil julle bedank dat julle ons bedek met gebede en dat julle wag vir die HEER om te beweeg daarin en om nie te jaag agter tekens, wonders en wonderwerke aan nie maar om te jaag agter die EEN WIE dit gee!

Elisheva: Amen!

Ezra: Dan sal dit volg, al die dinge wat HY belowe het. Wees getrou, gehoorsaam en soek HOM konstant met alles wat jy het. So dit is wat ek te sê het hierdie dag.

Elisheva: En ‘n groot Amen daarop!

Einde van Opname.

So is dit Geskryf. So is dit Gespreek in die NAAM van YAHUSHUA

5 Julie 2016

Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

Gespreek gedurende gebed saam met my geliefde Profeet Ezra van Israel



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred