Profesie 128

Shavu’ot Profesie 2016

Die Hemel Jubel Oor die Nuwe AmightyWind Nuwe Leierskap

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Shavu’ot/Pinkster 2016 – 12 Junie 2016

* * * * * * *

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,”

wat letterlik beteken, “Loof YAH”:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER;

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN-

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIEM beteken “GOD.”

Die Openbaring van “SH'KHINYAH HEERLIKHEID”

- as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH,

wat ook die “HEILIGE GEES” genoem word - is ook op hierdie webwerf.

(HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus

vir GOD se BLYWENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Addisioneel, beteken ABBA YAH, “VADER YAH”

en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat vooraan die Profesieë bygevoeg moet word:

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva

om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.

Selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA

jou MASHIACH dat geboorte gegee was.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;

En MY EER sal ek aan geen ander gee,

Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word vir diegene wat spot:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag

en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH

teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

– 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Profesie Begin:

Shavu’ot/Pinkster 2016 – 12 Junie 2016

Wee oor enige een wat dit waag om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore was. Moenie MY gesalfdes aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong sou uitskeur!

Die geveg het gewoed! Hierdie is nie net 'n gewone bediening nie! Dink julle nie dat satan hierdie weet nie?—hy het sommige van sy top generaals verloor!—hy het sommige van sy top opperbevelvoerders verloor!

Hierdie is nie net 'n bekendmaking van 'n manlike leier nie—hy [satan] moes veg op twee verskillende fronte: hy moes Elisheva beveg op maniere wat sy nie weet nie; hy moes diegene beveg wat hierdie wonderwerk moontlik gemaak het—die YDS wat soveel liefde en werk en Salwing sit. En dit is hoekom EK alles geseën het wat hulle aangeraak het.

Maar hy is 'n 'pri—' (“prins van hierdie wêreld,” Johannes 12:31; 14:30; 16:11)—satan is ‘n prins en ‘n mag en ‘n owerste van die lug (Efesiërs 2:2), so die YDS moes hom daar beveg. En dan is daar die 'Been van my Gebeente': dan is daar jy Ezra en jy Elisheva wat EK so lank terug geprofeteer het— hoewel julle dit nie geweet het nie.

En vandag is 'n dag van Oorwinning! Op hierdie Shavu'ot (Pinkster) is 'n dag van Oorwinning! Want die “Goliat” sal val! en EK praat van meer as een Goliat!

Vandag is die Oorwinning! En dit sal erken word as sulks. En dit is nie net 'n viering van een dag nie. Want vir so lank as AmigtyWind Bediening op die internet is sal dit in herinnering wees van hierdie dag—vir een week—sal julle feesvier!

Julle sal vir MY Eer & Heerlikheid gee! En almal wat hierdie Bediening beskou as 'n seën en almal wat die eenheid seën wat EK bymekaar gevoeg het hierdie dag —voor die publiek, voor die wêreld—Ek sal hulle seën oorvloediglik!

Die salwing in beide van julle sal oorloop na elke Bedienaar, elke ondersteuner, elkeen wat sê, “Hierdie Bediening is 'n seën en ek sal dit verdedig, selfs dit verdedig in gebed”—MY oor is ingestel om te hoor!

EK vertel vir julle hierdie!

Die Hemel jubel! Die engele jubel! Want wanneer julle hierdie gedoen het—hierdie dag—het julle die tyd verhaas [wat] YAHUSHUA HA MASHIACH sal kom vir SY Bruid. En die draak kners sy tande in raserny (Openb. 12:7-9, 12) want hy kon nie stop wat plaasgevind het vandag nie!

Dit is nie net 'n leierskap nie, dit is 'n liefde wat net kom uit die Hemel daarbo: georden, vasgestel, gekose, “die volheid van die Salwing”, wat geprofeteer was wat nooit gebeur het nie — totdat EK Ezra aan jou sy gebring het. So jubel vir die Oorwinning!

Het EK julle nie gewaarsku nie, Ezra & Elisheva dat daar 'n oorlog was in die Hemelse realm?—'n oorlog— terwyl legioene en legioene van engele-vegters uit die Hemel moes afkom en veg.

Maar Ek sê vir julle hierdie. EK YAHUSHUA het daardie geveg gewen by die Kruis! Hierdie was MY geveg. Want hierdie Bediening behoort nie aan 'n man of 'n vrou nie. Hierdie Bediening behoort aan YAHUVEH, EK YAHUSHUA & IMMAYAH! Hierdie is ONS Oorwinning. En nou deel ONS dit met julle. En miljoene en miljoene sal bereik word!

Julle sal sien en die mense sal die nuwe Salwing bemerk in die Profesieë! Waar die “Ringmaagd” alleen gestaan het sonder 'n manlike leier aan haar sy— nie langer sal profeteer in gebondenheid nie, nie langer sal profeteer terwyl misbruik nie.

Nou!—sal sy profeteer—in vryheid! Met 'n leier wat net liefhet en beskerm, wat haar net sal aanmoedig om aan te hou vorentoe beur! Want altwee van hulle beur vorentoe! Vir meer Salwing en nie minder nie.

So diegene wat na hierdie Bediening toe kom hierdie dag op Shavu’ot, EK sê vir julle hierdie.

Moenie treur vir die een wat eens genaamd was 'Nikomia' nie! Word kwaad vir die een wat eens genaamd was 'Nikomia'! Het julle Judas betreur? Moet dan nie treur [oor] hierdie 'Judas' nie.

Instede jubel! Want EK het vir julle meer gegee! Nie net een Apostel nie, twee Apostels! Nie net een Profeet nie, twee Profete! Nie net een nie! Nie net een Pastoor nie, maar twee Senior Pastore! Nie net een Leraar nie, maar twee Leraars! Nie net een Evangelis nie, maar twee Evangeliste!

EK YAHUVEH sê waar daar een leier was, altyd een leier was— dit was 'n illusie [dat] daar ooit 'n manlike leier was!— gee EK nou vir julle 'n geseënde, gekose, aangestelde manlike leier. En in eensgesindheid sal Ezra & Elisheva staan sy-aan-sy, hand-aan-hand—sielsgenote—met 'n liefde wat hierdie wêreld nooit sal verstaan nie. Want selfs hulle, skud hul koppe in verbasing.

En as julle daardie eerste video gesprek sien op 7 Maart 2016, sal julle sien voor julle oë wat EK alreeds gedoen het. Julle sal sien hoe Elisheva gesê het sy vertrou nie enige man baie maklik nie buiten hul seuns in die YDS en natuurlik Adam. Maar julle sal sien dat EK dit voortgespreek het dat Ezra vertrou kan word, vertrou behoort word.

Julle sal die sin vir humor sien. Julle sal die gelag hoor. Julle sal die liefde sien. Julle sal die Salwing sien. Julle sal die lering hoor—waar Elisheva selfs geëerd voel en nooit moeg raak om hom te hoor onderrig nie—waar geen man, geen man, geen man nog ooit gegaan het voorheen nie. Want EK sou dit nie toelaat nie.

Dit was vir hierdie vasgestelde en bepaalde tyd.

Elisheva kon hierdie man vertrou, kon leer van hierdie man. En omdat sy vertrou, kan die gemeente vertrou.

Julle ken MY Stem—diegene wat geluister het na die Profesieë en geglo het—so julle weet dit is EK, YAHUVEH nou wat praat! Jubel!

Jubel want al hierdie is vir een doel. Om vir YAHUSHUA alle Lof, Eer & Heerlikheid te bring terwyl HY siele trek en vir hulle wys hoe lief HY hulle het! HY was bereid om die PRYS te betaal by Golgota want HY het lief op 'n manier wat niemand kan verstaan nie en HY vergewe so ver as wat die ooste is van die weste (Ps 103:12)! Bekeer net. Hierdie Bediening lig die NAAM op VAN YAHUSHUA en dit trek wél mans en vroue nader. (Joh. 12:32)

Maar EK sê vir julle hierdie!

Diegene wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe— geeneen sal ontken dat hierdie Bediening MY YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH verheerlik nie.

En wee vir diegene wat getrek word na hierdie Bediening toe vir die doel van satan om hulle te gebruik om te probeer om hierdie man en vrou te vernietig.

Hierdie Bediening het gekom onder wreedaardige aanval. Maar nou is die tyd! Die 500,000 versamelde vegters rondom hierdie wêreld—wanneer hulle hierdie Waarhede hoor—gaan terugveg! Want daar is krag in getalle!

So Bruid van YAHUSHUA hierdie dag, gee EK, YAHUVEH, vir julle 'n seën—en terwyl julle hierdie man en hierdie vrou seën, die leiers wat EK aangestel het, terwyl julle al die Bedienaars seën, terwyl julle die “YAHUSHUA’S demon stompers” seën, terwyl julle die ondersteuners seën— sê EK vir julle hierdie. Seëninge sal kom oor julle.

Vir diegene wat wil haat, diegene wat 'n verworpeling [gees/gedagtes] het, julle was net hierheen getrek vir julle eie oordeel en julle verdoeming vir MY YAHUVEH se Toorn & Drif! Julle was gewaarsku. Julle was gewaarsku. Dis beter jy bedek jou mond en hardloop van die Internet af. Want julle was gewaarsku.

En EK seën ieder en elkeen in die YDS wat hulle liefde en hulle werk gegiet het in elke video. En EK seën oorvloediglik die web bestuurders.

En EK sê vir julle hierdie. Julle kan die ganse internet deursoek en julle sal nie 'n meer gesalfde Bediening vind nie! Julle sal nie 'n mooier — mooier video vind nie. “Mooier”, Want EK het vir haar gesê lank gelede jy moet hierdie Eindtyd generasie vermaak sowel as inlig.

Een en twintig jaar gelede was niks hiervan moontlik nie! Aanskou Nou die mooiste webwerf wat EK gesalfde hande gebruik om voort te bring!

Hierdie is 'n geveg soos geen ander, op die Internet nie! Maar EK, ABBA YAHUVEH julle ABBA YAHUVEH, belowe julle hierdie. Julle wen! Net so seker as David vir Goliat geslag het, net so seker as Daniël gered was in die Leeukuil, net so seker as Jona uitgekom het uit die mond van die maag van die walvis — net so seker as EK Verlossing gebring het hierdie dag.

En die engel-vegters en Aartsengel Michael & Gabriël en soveel ander—EK sê vir julle hierdie—hulle sal aanhou om oorlog te maak om julle onthalwe!

Hierdie dag trek EK die tande uit van die brullende leeu wat probeer het om te verslind!

En die laaste ding wat EK YAHUVEH sê: enige iemand wat nie hou van die verandering in die nuwe manlike leierskap nie?—alhoewel jy hom nooit eens geken het nie [eens genaamd 'Niko']—JY NEEM DIT NA MY TOE! Jy neem dit na MY toe in gebed!

Ek daag jou uit om te kla! Want jy het die waarheid gesien hier. Jy neem dit na MY toe. Jy argumenteer met MY! Jy argumenteer jou saak voor YAHUSHUA MASHIACH —EK YAHUVEH sê, EK daag jou uit.

EK daag jou uit.

So vyande van hierdie Bediening julle beter wegspring al hardlopende!

Want daar’s 'n man hier wat nie geïntimideer sal word nie, wat nie sal verraai nie, wat nie lui is nie, wat ten volle gesalf is— terwyl die twee Salwings een geword het—julle beter wegspring hardlopende! Vyande, in sewe verskillende maniere! Want die Staf van MY Toorn sal neerkom op julle hierdie dag!

Julle beter tweekeer dink! Want Deuteronomium 28, die vloeke, sal gelê word op julle wat EK YAHUVEH geskryf het—as julle een woord opper, een woord skryf, beswadder, hoon, probeer om te besmet—het julle nie die toorn van 'n vrou of 'n man nie, en julle sal hê en julle sal die einste ASEM voel VAN EK YAHUVEH wat julle sal wegblaas soos kaf in die wind!

EK sal nie duld wat gedoen was vorige jare nie.

Aan elke vyand wat hierdie gedoen het, jy gaan antwoord daarvoor. Want jy het net jou weg bewerk na benede tot die vlak van die hel met die woorde van jou mond.

En vir elkeen wat die leuens geglo het en tog beweer hulle is MYNE —beweer hulle is bloed gewas deur die BLOED VAN YAHUSHUA en tog het jy die leuen herhaal en jy het “die leuen geglo”, (2 Tess 2:11), jy beter eerder vinnig bekeer of weet hierdie: Ek gaan jou aanspreeklik hou vir elke woord wat jy gespreek het, elke woord wat jy geskryf het en elke leuen wat jy glo —wanneer jy kom voor die Regterstoel.

En aan die verdedigers, aan daardie ondersteuners, bemoedigers—EK YAHUVEH sê hierdie vir julle. Dankie. Julle sal beloon word. Want julle het die Stem gehoor van EK YAHUVEH, die Stem van YAHUSHUA & IMMAYAH. Julle kon die Salwing voel. En julle baai in daardie Salwing. En julle jubel in daardie Salwing. En julle het bekeer as gevolg van daardie Salwing. En groot is julle belonings terwyl julle aanhou om so te doen.

Want niemand in die Bruid van YAHUSHUA sal ooit klippe gooi na hierdie Profeet [Elisheva] toe nie en nou ook hierdie nuwe Profeet [Ezra]. Niemand in die Bruid van YAHUSHUA sal probeer om MY kleintjies seer te maak nie.

En dit was die gebede van die regverdiges wat so baie vermag het (Jakobus 5:16), rondom hierdie wêreld, die gebede van die “YAHUSHUA’S demon stompers” wat so baie vemag het—dit is die oorlog deur die engel-vegters—wat hierdie Oorwinning gewen het. En dit is alles as gevolg van die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA wat gestort was vir julle by Golgota!

Einde van die Woord

Elisheva: Oh boy, wow! Loof YAHUSHUA!

[Kathrynyah ook vaagweg gehoor in die agtergrond: Amen, loof U ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, IMMAYAH...!]

Ezra: O loof ABBA YAHUVEH! Loof U YAHUSHUA! Loof U RUACH HA KODESH! DANK U! DANK U ABBA vir hierdie Oorwinning—vir hierdie—oorlog te wen en al die dinge wat U gedoen het om ons onthalwe.

Kathrynyah: Amen.

Ezra: Ons dank U ABBA YAHUVEH! Ons seën U! Ons verheerlik en ons sal jubel vir die volle 7 dae soos U ons beveel het om te doen. Om te geniet en jubel!

[Elisheva lag vrolik]

Ezra: Want die Oorwinning is ons s’n! Die Oorwinning is U s’n! U het geveg om ons onthalwe—terwyl ons lofsange sing tot U NAAM VADER. Hoe wonderlik is U! Hoe groot is U NAAM! Hoe groot is U NAAM (Sag 14:9)!

Elisheva: Amen! Amen! Amen!

Ezra: Amen en amen!

Einde van Opname

So is dit gespreek, so is dit geskryf in die Naam van YAHUSHUA,

12 Junie 2016

Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred