Profesie 125

Satan se elite sal die bloedrooi maan gebruik van 27 September

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 27 September 2015

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het

EK is YAHWEH, dit is MY Naam; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Gedurende gebed na nagmaal met mede Profeet Kathrynyah vanoggend oor die foon, het ek nog ‘n Profesie ontvang, wat volgende moet wees - 125 - Profesie 124 is verseël vir toekomstige vrystelling. Ons het ‘n mandaat om hierdie op te kry voor die mense so gou as moontlik, so ons plaas dit op ons web rubriek. En ons dank ABBA YAH vir SY genade teenoor ons!

[HIERDIE PLASING IS ‘N WERK IN WORDING]

Ek het ‘n droom gehad dat ons die vensters bedek, toe neem ek hierdie in gebed saam met Kathrynyah. Die Profesie volg op hierdie instruksies uit die Hemel. Deel asseblief met ander, veral diegene wat julle weet leef Heilig vir YAHUSHUA (Hebreeus vir JESUS):

• Moenie na die maan kyk nie.

• Bly binne (bring julle troeteldiere ook na binne), en wees in gebeds-voorbidding vir beskerming teen satan se agenda.

• Maak toe, bedek en salf julle vensters. Dit is:

• Maak toe julle blindings en gordyne. Bedek letterlik julle vensters met iets. As julle vensters het sonder gordyne, kan julle dit toemaak met ‘n laken of doek, of sny en plak vullissakke. Hou vensters toe en bedek.

• Verseël julle vensters in gebed met salwings olie. Julle kan olyfolie gebruik {enige olie wat julle het, of selfs water as julle niks anders het nie.} Bid net daaroor, dat dit die Bloed van die LAM, YAHUSHUA verteenwoordig – dieselfde as Exodus 12 – plaas dan daarvan op julle vensters.)

• Ons moet dit ernstig opneem hierdie nag om – voor die tyd – ons huise, deure en vensters te salf en neem Psalms 91 gebede ernstig op!

• Indien jy geskeduleer is om by jou werk te moet wees gedurende die verduistering, bel in vir siekverlof indien nodig, en bly by die huis of ten minste iewers binnens-huis waar jy kan bid. Indien jy woon in ‘n ongelyk gejukte huishouding, salf jouself en die onmiddellike omgewing rondom jou.

• Die verduistering is 27 of 28 September, afhangend van jou tydsone. Kyk na hierdie webwerf skakel vir die tyd waar jy woon.

• Dit begin 28 Sept. UTC/GMT 00:11 (rondom middernag, 12:11 AM UTC) en eindig 5:22 (5:22 AM UTC). Die maksimum verduistering is UTC 2:47 AM.

• Selfs as die verduistering nie sigbaar is in jou land nie, beteken dit nie dat die boosheid nie na vore gekom het nie. SO WEES IN GEBED!

Dit sal gedeeltelik sigbaar wees vanaf Europa, Suid/Wes Asië, Afrika, Noord Amerika, Suid Amerika, Stille, Atlantiese, Indiese Oseaan, Arkties, Antarktika. Wees asseblief in gebed, (en moenie daarna kyk nie).

Jesaja 26:20

Kom MY volk gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die gramskap verbygaan

Gaan in julle slaapkamers in, my volk, sluit die deure agter julle toe. Kruip 'n rukkie weg totdat GOD klaar is met straf. 1983 Vertaling

* * * * * * *

Elisheva: Is daar enige iets anders HEMELSE VADER?

Kathrynyah: Dank U vir die waarskuwing voor die tyd.

E: Goed, goed. Ek hoor iets… Word ek opgeneem?

K: Ja.

[Heilige Tale & Profesie begin:]

MY kinders, MY kinders, MY kinders!

Wanneer julle die duisternis sien, of julle hoor (van) die duisternis wat die maan sal bedek, bly binne! Want, wanneer die maan rooi word, is dit tyd vir MY Heiliges om te verrys en voorbidding te doen en om te bid teen die duisternis!

Bid teen die geestelike duisternis, die vloeke, die mens se onmenslikheid teenoor die mens – want die regerings wat jullle gedink het julle kon vertrou regoor hierdie wêreld wat bedoel was om mense te beskerm – nou gee EK vir julle ‘n nuwe bevel – vra vir beskerming [van al hierdie] Want satan het 'n meesters-plan.

Moenie mislei word nie. Hierdie is NIE, MY, YAHUVEH se grimmigheid nie.

Hierdie is die elite se grimmigheid op diegene wat hulle “landelikes” noem. Die woord “ontvolking” word net sorgloos gespreek deur hierdie elite. Pasop vir die elite. Want satan sal demone loslaat om die elite te vul op ‘n nuwe manier. En hulle gedagtes sal nie wees om die mensdom te bewaar nie, en enige meegevoel sal weggewas word.

Pasop vir die elite van hierdie wêreld. En julle sal sê, “Maar wie is die elite?” Hulle is die rykstes van die rykes. Hulle dien reeds vir satan. Hulle sê hulle is “beter as enige iemand anders.”

Dwase mans en dwase vroue – julle begeer om te hê wat hulle het! Tog besef julle nie – al wat hulle het wat wag is hel en die Poel van Vuur! Sommiges noem julle “filmsterre.” Sommiges is in hoë regerings posisies. Sommiges is biljoenêrs. En baie male miljoenêrs.

EK sal nie die name noem nie. EK sal nie hierdie Profeet wat praat in gevaar stel nie. EK het net vir julle ‘n kykie gegee van die elite: die verderwers van geregtigheid. Sommiges bepaal selfs die einste wette van die land! In hoë politiese plekke!

Pasop vir die elite!

So hierdie maan is net ‘n heenwysing. Want MY grimmigheid vir hierdie wêreld het nog nie gekom nie, maar dit sal (Openb. 6:16) en EK, en EK alleen, die SKEPPER van daardie maan, EK, YAHUVEH sal nog ‘n rooi maan daar plaas, wanneer julle dit die minste verwag. Dit sal NIE wees soos die wetenskaplikes dink nie.

EK IS YAHUVEH!

Het EK NIE tyd gestop nie (Joshua 10:13; Jesaja 38:8)?

Die Heilige Skrifte lieg nie!

‘Hoe kan jy die draaiing stop van die wêreld, sonder dat almal af-vlieg?’

Tog het EK YAHUVEH, tyd gestop! Dink julle regtig dit is onmoontlik vir MY om nog ‘n verduistering te bring oor die maan – en die maan sal verander in bloed (Joël 2:31)!

EK IS YAHUVEH! DIE SKEPPER VAN ALLES!

MY raserny bou steeds op. MY GENADE roep steeds (Spreuke 1:20; 8:1) “Kom na YAHUSHUA HA MASHIACH toe terwyl jy nog kan, want HY ALLEEN is die ENIGSTE MIDDELAAR!”

Dit is NIE ‘n man geklee in ‘n rok nie! Hy beklee homself met gewade, maar dit is nie MY, YAHUSHUA se geregtigheid nie! Hy het die ganse ewigheid om te betaal vir aanvaarding van die aanbidding van mans en vroue. Nooit sê hy ooit, “Kyk op na YAHUSHUA nie! Kyk op waar jul WARE VERLOSSING nader” nie (Lukas 21:28)! Julle weet hy verlustig in [geniet] die verering en aanbidding van die mens. (Johannes 5:41; 12:43).

Pasop vir die elite! Pasop vir die een wat homself ‘n “Pous” noem! Pasop vir die Vatikaan!

Pasop vir die elite. Want, hulle IS NIE elite in MY oë nie. Hulle is die elite van satan. Hulle behoort aan satan – verstand, liggaam, gees en siel – en dit is hoekom EK gesê het hel en na die Poel van Vuur toe, sal hulle gaan!

O maar EK het MY elite - hulle is gewas in die gestorte Bloed van MY SEUN YAHUSHUA, julle MASHIACH. Hulle is volgelinge en gelowiges en verdedigers van dit wat julle die Tien Gebooie noem. EK kyk nie na hulle finansiële inkomste nie. Hulle is MY elite. Hulle is MY elite magte wat staan teen die duisternis.

Want dit is “die gebede van die regverdiges wat baie vermag” (Jakobus 5:16)! Nie die gebede van die onregverdiges nie!

Deuteronomium 28 is MY Woorde! Dit is jou keuse of jy die seëninge dra van EK YAHUVEH vir gehoorsaamheid, of die vloeke van EK YAHUVEH vir jou rebellie en jou ongehoorsaamheid en jou weiering om Heilig te lewe!

En in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, sal EK jou gebede hoor. Sal EK jou vergewe. Sal EK genade hê. So kom na MY toe, nederig – terwyl daar steeds tyd is.

Hierdie wêreld het gewettig wat EK ‘n “gruwel” genoem het (Lev 18:22) Maar hierdie wêreld is nie die WETGEWER nie.

EK, YAHUVEH IS DAARDIE WETGEWER!

Elisheva: Vir U HEERLIKHEID ABBA YAHUVEH! Vir U HEERLIKHEID YAHUSHUA! Vir U HEERLIKHEID! Ons bestraf die [bose] elite nou in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Die elite van satan – ONS BESTRAF JULLE!

Ons vra U ABBA YAHUVEH om die vloeke los te laat van Deuteronomium 28! Laat hulle dit dra soos ‘n tweede vel (Psalm 109:17-19)! Ons vra U ABBA YAHUVEH, neem wraak. Want U het gesê, “Wraak is MYNE, Sê YAHUVEH” (Deut 32:25, Rom 12:19), U sal vergeld!

Vir U Heerlikheid ABBA YAHUVEH. Ons dank U en ons loof U vir U beskerming hierdie nag wanneer die super maan gaan kom – die verduistering en dit bloedrooi word ABBA YAH – ons dank U vir U beskerming teen die demone wat losgelaat gaan word. En diegene met die vreemde vuur en wat die okkult beoefen, sal dit gebruik om hulle vloeke uit te stuur en hulle rituele te doen.

Ons bestraf dit! Ons ontvang dit NIE! In die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons staan op die Skrifte van Psalm 91 dat geen plaag naby ons huishouding sal kom nie! U het Heilige Engele gegee om ons te beskerm! Ons dank U en ons loof U ABBA YAHUVEH dat U die vyand beskaam!

En in plaas van die sogenaamde landelikes wat sterf, sal dit die einste elite wees wat U oordeel. Dit wat hulle wil sit op die onskuldiges van hierdie wêreld, in plaas daarvan sal dit terugkeer op die elite van hierdie wêreld – die elite van satan, die bruid van satan, die dienaars en dissipels van satan.

Dank U ABBA YAHUVEH! Dank U dat U ons beskerm! Dank U! Dank U vir die Gestorte Bloed van YAHUSHUA! Dank U vir die onsigbare kragveld – daardie koepel wat rondom ons huise is! Dank U ABBA YAHUVEH!

Want U het gesê, “Gaan steek julself weg MY kinders, vir ‘n kort tydjie” (Profesie 60, Jesaja 26:20) totdat U grimmigheid oorgaan. Dank U dat U ons beskerm teen die mens se onmenslikheid teenoor die mens.

Dank U dat U legioene van Heilige Engele loslaat. Terwyl duisternis die maan oordek en dit lyk of dit bloedrooi is, dank U ABBA YAHUVEH vir die loslating van legioene van Heilige Engele op hierdie aarde om elkeen te bedek en te beskerm wat waarlik U s’n is, YAHUSHUA!

Ek vra nie vir die bedekking van die louwarme nie – diegene wat voorgee om aan U te behoort nie!

[Spreek onder ‘n sterk salwing:] Die kerk van die geveinstes – WEG VAN MY, WEG VAN MY! ONS het niks in gemeen met julle nie!

Ons is bloed-gekoop deur die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. En ons enigste doel in die lewe is om Heilig te leef voor HOM! Ons is nie perfek nie! Net HY is perfek! Maar ons weet dit, ons toets ABBA YAH nie doelbewus en sondig nie.

So dank U ABBA YAHUVEH! Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Dank U KOSBARE, KOSBARE IMMAYAH, ons KOSBARE, KOSBARE, SOETE HEILIGE GEES! Dank U!

U skei die koring van die onkruid (Matt. 13:24-30). En ons dank U ABBA YAHUVEH dat ons U koring is! En nie enige GMO [genetiese gewysigde] koring nie! Ons verteenwoordig die Hemelse koring.

Dank U vir die LIG wat ons gesigte vul, sodat die SOETE, SOETE HEILIGE GEES gesien kan word! En nie die VALS lig [van die booswigte] nie – want dit is soos ‘n fluoressent lig! Ons het die WARE LIG.

Ons dien die LEIDENDE LIG, ons HERDER, ons MESSIAS, ons HERE, GOD & REDDER, DIE ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH, DIE GEKRUISIGDE & OPGESTANE – ons GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH, ons SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM!

En ons dank U! Ons loof U, GELIEFDE YAHUSHUA, omdat U ons salf, ons beskerm, ons seën, ons lei – vir ons onderskeiding gee [van] wie goed is en wie is boos, die begeerte om regverdig voor U te leef – om aan U heerlikheid te bring. Verdedigers van die Tien Gebooie, ons dank U, vir [ons] om gereken te word as een van die elite van ons GELIEFDE YAHUSHUA, ons MASHIACH – gebeds bemiddelaars wat staan teen die boosheid van hierdie wêreld… Dit is al.

K: Amen! [Elisheva lag vreugdevol.]

E: Dank U ABBA YAHUVEH!

K: Jy weet net nooit…

E: Hierdie is Profesie – wow. Hierdie is ‘n Profesie! [Lag, opgewonde en bly.] En dit sou nie voortgekom het as ons nie nagmaal gehou het nie. As ons nie geweet het nie, as jy my nie gebel het nie…sou niks hiervan gebeur het nie.

K: Ek weet.

E: Dit is so ontsaglik VADER! Op die einste nag, wat almal vrees, was ‘n nuwe Profesie vrygestel gedurende die dag!

K: Wel, terwyl jy dit gespreek het, en terwyl HY gepraat het van tyd, het ek ‘n oupa-klok gesien.

E: Ek hoop jy het hierdie bandopname.

K: Ja.

E: Ok, gaan voort…

K: En toe sien ek – dit het gevoel of ek tusssen almal was in die Hemel en hulle het almal neergebuig terwyl HY gepraat het. Eintlik het ek dit gesien. Ek het almal sien neerbuig.

En toe, [was dit] asof ons op grondvlak was en terwyl hierdie gespreek was in die geestes realm…

K: (...), sien ek, jy weet ‘n middelpunt van ‘n aardbewing en die golwe wat uitgaan daarvandaan? Die krake, nie krake nie – vibrasies. Dit is wat ek gesien het. En toe YAH gesê het – jy het gebid dat die bose sal omtuimel. Het ek dit ook gesien. Ek het twee donker figure sien omval, neerval soos ‘n piramide.

E: John Hagee is een van hulle. John Hagee is een van die elite. En Joel Osteen is een van die elite.

K: Amen.

Adam: Wow.

E: Ja, ja. Die oupa-klok. Dit was interessant. So jy weet wat die OUPA is – dit is ABBA YAH!

K: Ja!

E: GROOTVADER, GROOT HEMELSE VADER! Dit is ontsaglik. Dit is absoluut ontsaglik. Ek het hierdie nie verwag nie. Ek weet nie of die “Asië Bruid Kom Na Vore”! nou 124 is wat nie vrygestel is nie of – en of dit is waarom dit opgehou word nie.

K: Moet ek aanhou opneem of stop?

E: Nee hou aan opneem vir nou, sodat mense kan verstaan. Ek het hierdie nie verwag nie. Hahaha!

K: Wel jy – ons doen nooit nie!

E: Ek weet, ek doen nooit nie! [Lag terwyl sy dit sê!] Ek, waarlik, dit is waarlik – geen wonder dat ek onder aanval was nie. 28:01 VADER ek dank U en loof U op hierdie oomblik dat U my mond seën. Ek gee aan U die Heerlikheid HEMELSE VADER! Vir al diegene wat my probeer stilmaak het – my mond, soos U gesê het HEMELSE VADER, skree net harder wanneer U wil hê ek moet in die Naam van YAHUSHUA.

Offensief vir meeste, en 'n seën vir ander, ‘n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred