Profesie 117

EK, YAHUVEH Sê, “Oordeel is Vasgestel!”

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang 6 Junie 2008 Vrygestel 3 Februarie 2010

* * * * * * *

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

1 Sam 15:22:

22 Daarna sê Shemuél: Het YAHWEH behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van YAHWEH? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme

Filippense 2:12

Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie verlossing uit met vrees en bewing;

* * * * * * *

Elisheva: [Biddend terwyl die salwing so intens is en sy die teenwoordigheid voel van YAHUSHUA.] Wat is dit YAHUVEH? Wat is dit Geliefde YAHUSHUA? Te midde van my gebede het U begin praat en ek het in my beendere die Heilige vuur begin voel. U het my wakker gemaak vandag en U het vir my gesê dat U wil praat. Heilig, Heilig, Heilig, ons aanbid U. Ons loof U. Ons het U lief. Ons bewonder U. Wat is dit Geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH? Wat is dit Geliefde ABBA YAHUVEH?

* * * * * * *

Profetiese Woord begin:

O, MY Geliefdes, EK maak julle wakker hierdie dag en EK bring julle in herinnering oor wat gebeur met die vyande wat satan hierheen stuur. EK herinner julle aan name lank vergete, nogtans is hulle nie vergeet deur MY, YAHUVEH nie.

Om jou emosies te beskerm teen hierdie verraderlike, pynlike herinneringe, blok jy hulle uit. Maar net EK ken die pyn wat hulle veroorsaak het. Nogtans gebruik EK hierdie, [Elisheva], tot MY Eer, om aan satan te bewys oor en oor dat nie vir roem, ook nie rykdom en selfs jou eie lewe wat bedreig word keer-op-keer nie, die lyding wat jy verduur het uit die hand van satan, jy MY nogtans nie sou verraai nie. Jy sal MY nie uit-verkoop nie. Jy het nie hierdie Bediening vir satan gegee nie.

Die woorde wat jou vyande spreek maak YAHUSHUA o so diep seer. Hoe durf enige vyand die BLOEDLYN kruis om te sê, “Hierdie Bediening dien satan,” en jou beskuldig om ʼn vals profeet te wees en siele te lei na satan toe? Jy bid dat hulle bekeer, maar MY dierbare een oordeel was reeds vasgestel! Alhoewel die vyande, vernaamlik louwarm Christene, net profesieë wil hê wat hul jeukende ore streel, is hulle kwaad wanneer jy MY waarskuwings voortspreek om te bekeer, en jy vir hulle sê om op te hou om ʼn vorm van heiligheid te hê maar daar is geen heiligheid van binne nie! Net soos met Koning Saul die gees van kranksinnigheid het besit geneem terwyl hy voortgegaan het om Dawid van Ouds te vervolg en kwaad aan te doen. Hierdie vyande is gevul met donker demone van haat vir hierdie Bediening en almal wat Heilig is voor MY. Die bose herders lieg en verwar, probeer MY Skape en Lammers wegdraai van jou af omdat jy MY waarhede voortspreek.

Wee almal wat sal staan voor ʼn vertoornde YAHUVEH op Oordeelsdag! Die Heilige Boeke sal oopgemaak word en al hulle name is gelys, as diegene wat verraai het probeer het om alles te vernietig wat Heilig is! Sommige van MY Kinders is martelaars en gedwing om te sterf as gevolg van die vyande wat MY haat; vir beloning het hulle beswadderende leuens vertel. Die vyande nou en in wat genoem word die Groot Verdrukking, sal selfs familielede verraai tot die dood en marteling (Matt 24; Markus 13:12-13). Die vyande wat jy nou beveg sal sommiges bekeer, weghardloop vir wetteloosheid, en gemartel word vir YAHUSHUA SE NAAM’S ontwil.

Bose vyande sal jy teëkom en beveg op geestelike Berg Karmel. Die vyande se werke van boosheid sal geoordeel word net soos die vals profete van baäl (1 Konings 18:17-40). EK sal jou gebruik soos EK Elia van Ouds het wanneer die tyd kom, want EK noem jou MY Elia van Nuuts [in Hebreeus Eliyahu].

Baie van die vyande wat jou aanval nou en in die toekoms sal hul siel verkoop soos Judas het met die 30 stukke silwer en die merk ontvang van die dier vir almal om te sien (Matt. 26:14-16, Open 14:9-11). Waarsku hulle nou hierdie is ʼn onvergeeflike sonde. Verworpeling siele wat alles bespot en haat wat Heilig is sal Jeremia 6:27-30 dra en MY woede sal hulle ten volle oordek. Daar is geen ongelukke ten opsigte van wie hierdie Bediening vind nie, sommiges sal die Bruid wees van YAHUSHUA HA MASHIACH, sommiges sal die Gaste wees by die Bruilofsmaal van die Lam, sommiges sal die vyande wees van jou siel, want hulle is MY vyande want almal sal getoets word!

Almal, almal, almal wat kom na Amightywind Bediening toe, almal wat lees of luister na een Woord daarvan, word getoets. Hoe hulle jou ontvang, is hoe hulle MY ontvang. Hulle kan ander bedrieg maar wat hulle saai sal hulle maai! (Gal 6:7-8).

Almal het nodig om te bid en hierdie vraag te vra, “Weeg hulle op teen die maat van Heiligheid? Is hulle bedek in die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH? Het hulle die begeerte en strewe hulle om MY Woorde te gehoorsaam in die Heilige Skrifte en Profesieë?”

Trek hulle hul skouers op, bedek hulle ore en sê, “Gaan weg! Ek kan sondig soveel ek wil. Niemand kan my keer nie. Per slot van sake, het JESUS CHRISTUS gesterf en opgestaan vir my. As jy vir my sê om te bekeer en weg te draai van my sondes, sal ek jou net weer vervloek!” Kinders, besef julle nie julle vrugte verteenwoordig die manier hoe julle jul lewe leef vir YAHUSHUA HA MASHIACH nie? (Joh 15:1-16). Julle kan nie leef soos die duiwel en sê, “ek eis ek is ʼn Christen so guns en genade sal my bedek in elk geval” nie.

EK waarsku jou nou, jy sal gehaat word en van jou naam sal kwaad gespreek word, selfs wanneer jy bedien in waarheid en liefde (Lukas 6:22-23). Die vyande en veral diegene wat hulself Christene noem maar aan hulle bose vrugte weet jy dit is ʼn leuen (Matt 7:15-23), die vyande haat hierdie Profeet en hulle haat almal wat deel is van Amightywind Bediening, want EK, YAHUVEH, sal nie die Leierskap toelaat, wat in MY voetspore volg, om te skik met sonde nie. YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid sal nooit inboet wat hulle weet om waar te wees nie! Hulle sal in satan se gesig kom en sy diensknegte se leuens bestraf!

MY Geliefde Kinders, EK is behaag terwyl julle sonde en sondaars bestraf het wat weier om te bekeer en weg te draai van hul sonde, en julle weier om oorreed te word deur die sondaars se leuens. EK vertel vir julle ʼn geheim, in die Hemel het EK het ʼn goue juweelde boek wat ontwerp was net vir elkeen van MY Heilige Kinders wat sonde en sondaars bestraf, wat strewe om te gehoorsaam, en wat satan bestraf in YAHUSHUA se NAAM. Hier is ʼn geheim (Aan Sheren wat sê hierdie Bediening het baie geheime, Die Bybel sê in Amos 3:7 “YAHUVEH deel SY geheime met die Profete”), in jou spesiale boek is daar name wat jy lankal vergeet het terwyl hulle gespot en vervolg het, jou gehaat het sonder oorsaak, terwyl al wat jy gedoen het vir hulle was bid dat hulle hul sonde sou versaak.

EK, YAHUVEH, het elke traan wat jy gestort het in ʼn juweelde flessie met ʼn Heilige Engel wat dit versorg (Psalm 56:8). En wanneer jy vervolg word vir YAHUSHUA HA MASHIACH se NAAM’S ontwil, weet terwyl die bose probeer om jou te oordeel en beskuldig, EK, YAHUVEH het sommige venynige vyande van jou geoordeel terwyl jy gebid het, en sal aanhou om hulle te oordeel! Die Heiliges wat uitroep na MY, “Verlos my uit die hand van hierdie bose vyande!” sal verlos word (Jer. 15:21)!

[Elisheva], baie van jou venynigste vyande is in die hel nou, want deur MY Hand het EK hulle laat leef lank genoeg om hul graf te grawe met hul tong, om aan te hou om hulle onbekeerde sonde op te hoop, totdat hulle simbolies die vlak bereik het van die hel wat EK voor-af geweet het hulle sou af-daal. Jy het nie meer van hulle gehoor nie want, EK, YAHUVEH, het jou verlos uit die hand van die vyande wat probeer het om jou lewe te neem, en EK het hulle verwyder toe hulle dit die minste verwag het van die aangesig van die aarde af! Sommige ken jy die name van (Angie Ray, Bobbie Barnes om net twee te noem), want jy het gehoor hulle is dood. Ander vyande wat jy beveg, neem skrifte en verdraai hulle en sê dat hierdie Bediening ʼn haat bediening is. Dwase mans en vroue, weet hulle nie hierdie is nie haar haat vir sonde nie, dit is MY, YAHUVEH s’n, vir sonde! Vir elke onbekeerde sonde is daar ʼn prys om te betaal (Rom 6:23). Die vyande grawe met hulle monde nou (tot) die vlak van die hel wat hulle sal bewoon wanneer hulle sterf, as hulle nie bekeer en wegdraai van hierdie boosheid nie!

Onthou die man wat jy die “geleerde dwaas” genoem het?

Jy het sy brief geplaas voor die wêreld terwyl hy alles bespot het wat Heilig is. Jy het vir hom geskryf en vir hom gesê terwyl hy jou vervolg het, dat hy nie sou lewendig wees volgende jaar dieselfde tyd nie. Wat jy geprofeteer het het gebeur en hy het gesterf voor die tyd. EK het jou gestuur om hom te waarsku. Hy was gestuur na die Bediening toe en hy het dit ʼn vervloeking genoem, sy jong seun geleer daar is geen nodigheid om GOD te vrees nie omdat GOD nie bestaan nie. Jy het hom gewaarsku, hy het nie geluister nie, en nou wens hy hy het! Die geleerde dwaas wat by jou gespog het met sy kollege grade, is nou in die hel en het uitgevind wat jy gesê het was waar en hy skree nou luidkeels, “YAHUVEH ek glo nou in U!”

EK kon in detail ingaan maar dit sou geen doel dien nie. Weet net hierdie, soos dominoes sal jou vyande en die vyande van al YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid val soos ʼn Goliat om nooit weer op te staan nie. Jou vyande se lewens was nooit weer dieselfde nie. Vir diegene wat steeds lewe, is daar nog tyd om te bekeer en julself te verneder en om verskoning te vra. Want wanneer julle probeer om Heilige Bedienings te vernietig soos hierdie en ander, raak julle nie ʼn blote vrou of man aan nie, julle het die appel van MY oog aangeraak.

Julle wat optree soos ʼn wolf in skaapsvel, julle skree so hard, “Gee pad van Amightywind Bediening af!” EK sal julle oordeel terwyl julle die Skape en Lammers op dwaalweë gejaag het as julle nie vining bekeer en om verskoning vra vir die voortspreking van bose beswadderende leuens nie. Erken julle het ʼn Heilige Bediening gehaat en aangeraak. Dit is nie julle werk om dit te oordeel nie, want hierdie Bediening is geordineer deur MY. EK, YAHUVEH, weier om jou toe te laat, [Elisheva] om verskonings te maak vir hulle terwyl hulle skik met sonde. Wanneer EK vir jou ʼn verworpeling siel wys moenie bid dat hulle bekeer nie, want hulle is slegs geskik vir MY Oordeel (Jer. 7:16, 11:14, 14:11-12; 1 Joh 5:16). Soos Kain, Esau en Judas sal hulle hel toe gestuur word!

Nou spreek EK, YAHUVEH ʼn nuwe Woord oor ʼn ander onderwerp. Wat hierdie salwing in jou aangewakker het is in gebed het jy seëninge gebid op YAHUSHUA se demon Stompers. MY geliefde gebedsintersessors wat EK gebruik soos ʼn skild om die wapens te deflekteer gemik teen die leierskap van die Bediening. YAHUSHUA se demon Stompers was getoets as lojaal en word vertrou op die voorste linies. O hoeveel opoffering, hoeveel trane het hulle gestort! Hulle is MY Geliefde YDS en waarlik sal hulle belonings hulle volg Hemel toe en al hulle gebede is ‘n seën vir MY en is uit die Hemel gestuur.

Moenie rou wanneer mense die waarhede aanvaar in die Heilige Profesieë en dan weer terugdraai na die hond se braaksel toe en hulle teen hierdie Heilige Bediening draai nie terwyl hulle sê, “Dit is geen pret om Heilig te lewe nie en ek (sou) eerder terugkeer na my sondige weë” (Spreuke 26:11; 2 Petrus 2:22). Nie almal is geskik om in MY Hemelse Weermag te wees nie.

EK sê vir julle hierdie, weet dat julle weet, EK vertel julle vooruit van vyande wat julle aanval in ʼn geestelike oorlog hierdie jaar 2008 soos geen ander tot dusver. Moenie bekommerd wees nie. Deur die NAAM en die BLOED van YAHUSHUA sal julle wen! Vas, ook nagmaal, en die Jerigo Marse is ʼn wapen wat julle nodig het nie net vir julself nie maar ook vir ander om die oorwinning te hê. Nagmaal is ʼn geheime wapen. Gebruik dit vrylik. Moenie stop wat jy weet werk nie.

Onthou MY Geliefdes, werp nie julle pêrels voor swyne nie (Matt 7:6). Die swyne is diegene wat weier om te luister na waarheid. EK stuur jou uit na ander wat EK gestuur het wat sal luister en gehoorsaam aan elke Woord in die Heilige Profesieë wat EK sê. EK, YAHUVEH profeteer hierdie al, al, al, al, die Profetiese Boodskappe wat EK voortgespreek het uit jou sal nie net in Engels wees nie maar sal in Samoans wees. En die sterkste salwing [Elisheva], wat jy ooit geken het het EK op jou gesit in Maui, Hawaii voor ʼn kamer vol getuies. ʼn Buddis het erken dat Buddah nie kon doen wat hy pas vir JESUS CHRISTUS sien doen het nie terwyl EK jou gesalf het [Elisheva], en hierdie man genaamd Frank, terwyl jy gebid het vir die mense in Maui, Hawaii, het Frank sy lewe gegee vir YAHUSHUA daardie dag en het siele gelei Hemel toe en vertel vir almal YAHUSHUA, JESUS CHRISTUS kan nie misluk nie!

ʼn Samoaanse pastoor wat sy kerk regeer het met ʼn ystervuis, het jou gehoor profeteer. En alhoewel hy enige vrou verbied het in sy kerk om te preek, moenie die dag vergeet toe EK hierdie wonderwerk gestuur het nie terwyl hy jou gevra het met ʼn nederige gees om te kom en profeteer en preek by sy kerk in Maui, Hawaii. Jy het uitgereik na die Samoaanse mense waar EK jou uitgestuur het na daardie Samoaanse pastoor.

Jy was bedroef omdat jy nooit die verwerkliking gesien het om te herder in daardie Samoaanse kerk, as die eerste vrou toegelaat om so te doen nie, want jy was in ʼn egskeiding-voogdyskap stryd en moes vertrek.

EK het ʼn Profetiese woord voortgespreek dat jou stem gehoor sal word in die stem van Samoan. EK het jou uitgestuur sodat New Zealand die waarhede sal hoor wat EK voortgespreek het in die Heilige Profesieë. Samoane wat luister en YAHUSHUA HA MASHIACH aanvaar as ALMAGTIGE GOD, HERE en VERLOSSER sal geseënd wees.

EK, YAHUVEH, het dieselfde geprofeteer deur jou mond vir Afrika. Die (Profetiese) Woorde sal nie net in Afrikaans wees nie. Die Profesieë sal oorgeskryf word deur vele regoor die wêreld. EK, YAHUVEH, speel met jou vyande en lag vir hulle. Sien die verwarring van die vyand? Hulle het hierdie sonde oor hulself gebring. Waarsku EK nie in die Heilige Skrifte, “Raak MY gesalfde nie aan en doen MY Profete geen leed aan nie” (1 Kronieke 16:22, Psalm 105:15)? Nogtans weier hulle om te gehoorsaam, in plaas daarvan bespot en hoon dit wat hulle nie eens moeite doen om jou te vra of te bid tot MY wat hulle nie verstaan nie.

Die vyande hou Amightywind Bedienaars dop in vrees wetende hulle kan hul nie stilmaak nie. Die vyande hou hulpeloos dop Almightywind Bedieninge floreer en groei voor hul einste oë. EK hoor hulle komplotte en planne om jou te probeer vermoei, om bediening op te gee. EK, YAHUVEH, stuur verwarring in die vyande se kamp en EK sal diegene verdeel wat wetteloosheid voortspreek en hierdie onderrig. Dit beteken EK, YAHUSHUA waarsku EK het MY skeidings-swaard en EK verdeel families wat ʼn gevaar is vir MY Heiliges in die spoedig komende dae (Matt 10:34-36)! Die vyande weet nie hoe om jou te keer om die Heilige Profesieë voort te spreek nie. Die vyande se kamp is gefrustreerd en verslaan terwyl EK dieselfde Profetiese Woorde oprig in baie verskillende [lande] en hierdie is net die begin.

EK, YAHUVEH, het baie jare gelede hierdie Bediening gebaar deur [Elisheva]. As haar lyding nie groot was nie, sou hierdie Bediening nie ʼn groot salwing gehad het nie, want die dienskneg is nie groter as die meester nie (Joh 13:16; 15:20). YAHUSHUA is die MEESTER. Die pyn wat sy verduur het, sal niemand ooit weet nie behalwe EK. Die prys wat sy betaal het sal niemand ooit weet nie behalwe EK. Selfs die man wat sy haar x-man noem, wat nooit ‘n man was in die Hemel se oë nie, sou vir haar sê keer-op-keer hy “moes hierdie Bediening stop,” en hy “moes doen wat satan beplan het om hierdie Bediening te stop.” Hy sou haar tart terwyl hy haar misbruik en gesê het, “ek het jou gewaarsku om op te hou bedien. Sien wat jou GOD my laat doen?” Maar EK het daardie bose planne van satan gedwarsboom terwyl EK haar lewe soveel keer gered het van hierdie bose man wat probeer het om haar dood te maak.

EK het haar gebede beantwoord. Sy was getoets. En nou het EK bewys wie EK, YAHUVEH kan vertrou - wie MY sal gehoorsaam as leiers van hierdie Bediening [d.i. EK vertrou diegene wat MY gehoorsaam]. Waar daar eens een vroue-leier was van hierdie Bediening wat EK georden en gesalf het, is daar nou leiers van hierdie Heilige Bediening [AmightyWind leierskap-span] en EK roep hulle.

EK gee ʼn mandaat aan almal wat EK ordineer en salf om Geestelike leiers te wees in ʼn Bediening: EK vereis julle gehoorsaamheid op alle maniere aan MY, YAHUVEH, want hierdie is ʼn getuienis hoe lief julle YAHUSHUA HA MASHIACH het. Terwyl julle HOM gehoorsaam, gehoorsaam en behaag julle MY. (Joh 14:23-24).

Wanneer julle ʼn Jerigo Mars doen en vas het julle dit nodig vir julleself net soveel as wat julle dit nodig het vir ander. Neem die name van die verworpeling vyande na MY toe wanneer julle bid en net soos EK vir Joshua gedoen het by Jerigo, en die mure ineengestort het (Jos 6)! So ook spreek EK hierdie waarskuwing aan enige iemand wat probeer vernietig wat EK, YAHUVEH voortgebring het. MY vyande, wat julle vyande is, sal vergruis word onder die geestelike mure van Jerigo weereens!

Hierdie einste jaar met jul eie ore sal julle sien, sal julle hoor hoe EK verworpeling sondaars beloon het wat MY Heilige Bediening vervolg het boos genoem het wat EK, YAHUVEH, goed genoem het! Julle vyande is MY vyande en hulle haat julle omdat julle die waarheid voortspreek, want hulle verkies die leuens. Die booswigte val almal aan wat Heilig lewe wat onderrig, “Bekeer, draai weg van sonde voor jy hel toe gaan!” Die gevaarlikste vyande is diegene wat hulself Christene noem maar nie is nie (2 Kor 11:12-14). Hulle is van die sinagoge van satan! (Open 2:9; 3:9)!

Die bose vyande wat satan stuur om jou te teister oefen elke dag hoe om MY, YAHUVEH, te vertoorn en bespot die Gestorte BLOED van YAHUSHUA jou MASHIACH! Sommige eis hulle ken MY SEUN en tog ken hulle HOM net met hulle kop en nie met hulle hart nie. Daar is geen vrees wanneer hulle weet hulle het gesondig en HOM aanstoot gegee nie. Die begin van wysheid is die vrees om jou SKEPPER aanstoot te gee! Die Heiliges het Heiliger geword, die bose het boser geword. MY wraak, MY oordeel het neergekom en sal aanhou neerkom totdat MY woede opgebruik is.

Heilige Bruid julle vra vir MY Oordeel teen homoseksualisme en hierdie bespotting van dieselfdegeslag-huwelike, die kloning van die mens, die vermenging van ʼn menslike embrio en ʼn dier. Julle gaan MY Oordeel sien neerkom. Hou aan om hierdie dinge op te lig na MY toe (1 Tess 5:17). Moenie moeg raak wanneer julle bid nie (Luk 18:1-8). Marsjeer in Oorwinning en weet dat EK gaan antwoord terwyl snelle Oordeel sal neerkom op hierdie vyande. Reël vir reël, gebod op gebod sal julle hierdie dinge sien gebeur.

Wanneer [Elisheva] sou sê, “Daar is nie een persoon wat ons kan vertrou nie. Ons hou aan om die vals Bruid te ontmoet van YAHUSHUA. Waar is die ware Heilige Bruid wat weier om te skik met sonde?” Het EK [haar] aanhou sê om te wag, EK sou die ware Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH bring. Nou het EK, YAHUVEH sommige van YAHUSHUA se Bruid gebring om sy-aan-sy te woon. Onthou, wanneer EK kyk na een van YAHUSHUA se Heilige Bruid, sien EK almal van julle terselfdertyd.

Diegene wat YAHUSHUA se demon Stompers Gebedsvegters, die Intersessor Gebiedsvegters van hierdie Bediening, genoem word julle ken reeds die vertroudes, hulle bestraf sonde en skik nie met sonde nie en maak ook nie verskoning vir onbekeerde sondaars wat weier om die sondes van die vlees te beveg nie. YAHUSHUA se demon Stompers staan vegtend aan jou sy.

YAHUSHUA se demon Stompers is versprei reg oor die wêreld. Jy ken nie eers hulle name nie maar hulle ken joune en jy het hulle geseën deur die Woorde wat EK, YAHUVEH, gegee het vir hierdie Bediening. MY kinders ontvang MY woorde van lewe wat EK voortspreek in die Profesieë en die Profetiese Woorde wat gespreek word gemeng met geloof in wie YAHUSHUA is, het wortel geskiet en gegroei tot waar diegene wat geseënd is groei met rasse skrede!

Mense se lewens word verander want wanneer hulle die gesalfde Woorde hoor uit die Hemel gee hulle Eer aan YAHUSHUA HA MASHIACH. Wanneer jy jou mond oopmaak en MY toelaat om dit te vul met MY Woorde van Profesie, gee EK vir hulle ʼn Woord van Lewe wat beloftes daarin het vir hulle. [Elisheva], jy sal diegene ontmoet wat geseënd was deur die Heilige Profesieë in die Hemel selfs al ontmoet jy hulle nie op aarde nie. Heilige Profete word vervolg vir YAHUSHUA se NAAM’s ontwil, so word evangeliste (Joh 15:20). Groot, groot, groot is julle belonings in die Hemel! (Matt 5:11-12; Lukas 6:22-23).

Een van jou belonings [Elisheva] is al die mense wat ‘n seen is, wat jou ondersteun op alle maniere en jou help. Evangeliste wat siele bereik help jou om die mense te lei na YAHUSHUA MESSIAS toe. Mense wat vissers van mense is wat siele bring na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, julle sal beloon word hiervoor in die Hemel. Weereens, is hierdie belofte nie net vir [Elisheva] nie, maar alle evangeliste. Julle sal aan hulle voorgestel word in die Hemel, elke siel wat julle aangeraak en gewaarsku het vir YAHUSHUA HA MASHIACH se Eer alleen. Onthou wanneer julle HOM verheerlik en HOM dien en HOM liefhet doen julle dit vir die RUACH HA KODESH en vir MY. Wanneer julle soveel as ʼn beker water gee vir hierdie Profeet doen julle dit asof vir MY en dit geld vir almal van julle wat EK YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid noem. (Matt 10:40-42).

EK laat los hierdie Profetiese Woord [Elisheva], op jou geboorte-moeder se verjaardag 6 Junie. Terwyl sy nou in die hel woon, jy het haar probeer lei na YAHUSHUA toe en nou laat satan haar nog meer ongekende sielesmart ly omdat sy gefaal het in haar pogings om jou lewe te neem voordat hierdie Bediening gebore kon word. Jy sien, EK, YAHUVEH het ʼn doel gehad en MY doel word bereik en ongeag hoe enige iemand probeer het om jou lewe te neem, en steeds doen, het EK het jou beskut destyds, en EK, YAHUVEH, beskut, voorsien en beskerm jou nou soos ʼn baba kuikentjie in die palm van MY hand. Ongeag watter wapen gevorm word teen jou, het nie net jou lewe nie maar hierdie Bediening oorleef (Jesaja 54:17). En tot groot ontsteltenis van jou vyande wat diegene haat wat MY gebooie gehoorsaam, is jy lewendig! En ALEPH & TAV Almightywind RUACH ha KODESH Bedieninge groei steeds in die Salwing en lewe nie net nie maar floreer! En EK gebruik hierdie Bediening vir YAHUSHUA HA MASHIACH se Eer om lewens te verander.

So is dit gespreek, so is dit geskryf.

Eerw. Elisheva Eliyahu

6 Junie 2008.

Tot U Eer, ABBA YAHUVEH. Amen! Amen!

* * * * * * *

Opmerking van Elisheva:

Weet dat YAHUSHUA jou sal vergewe vir jou sondes en dan moet jy jouself vergewe! Jy moet bekeer, wegdraai van sonde en glo dat deur YAHUSHUA jy ook die mag het om sonde te bestraf. Jy bid dat jy deur HOM die mag het om sonde te bestraf. Jy moet glo dat YAHUSHUA jou vergewe het en dan gaan jy weer vorentoe met ʼn skoon bladsy. (Ps 51:2-4) “Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ek ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou”.

Elke Profesie is gerugsteunde Skrif. Hier is die Skrifte wat dit rugsteun:

Deut 32:41: “As EK MY glinsterende swaard skerp gemaak het en MY hand na die strafgerig gryp, sal EK wraak uitoefen op MY vyande en MY haters vergeld”.

Jesaja 59:19: “Wanneer die vyand inkom, sal die GEES van YAHUVEH ʼn standaard teen hom oprig”.

1 Kor. 16:22: “As iemand YAHUSHUA HA MASHIACH nie liefhet nie, laat hom ʼn vervloeking wees! Maranata!” Kom YAHUSHUA! Kom!

1 Kor. 1:27 : “Maar YAHUVEH GOD het die dwase dinge van die wêreld gekies om die wyses te verwar; en YAHUVEH GOD het die swak dinge van die wêreld gekies om die dinge wat magtig is te verwar.”

Jer. 7:23-24 : “Maar hierdie saak het EK hulle beveel, naamlik : Luister na MY stem, dan sal EK vir julle ʼn ELOHIEM wees en julle sal vir MY ʼn volk wees; en wandel net in die weg wat EK julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

24 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie”.

Jer 7:27,28: “Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel maar hulle sal nie na jou luister nie en jy moet na hulle roep maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28 Sê dan vir hulle dit is die nasie wat na die stem van YAHUVEH hulle ELOHIEM nie geluister het nie en die tugtiging nie aangeneem het nie: die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond”.

Belangrike Skakels:

Die ‘geleerde dwaas’.

http://www.allmightywind.com/hell/soulbattle.htm

‘Geseënd in Hawaii’.

http://www.allmightywind.com/elisabeth/hawaii.htm

Op Woensdag aand 3 Februarie 2010, was ʼn seldsame verskynsel gesien van Vuurballe in die lug wat beweeg het vanaf Noord van Suidelike-Ierland tot Noord Ierland waar vastende YAHUSHUA demon Stompers Krygers aan beide kante van Ierland woon. Hierdie was gesien teen sononder op die laaste dag van die 21ste dag van vas! Vastend op water alleenlik het begin op 14 Januarie vir 10 dae en die vas het geeïndig 21 dae later op 3 Februarie 2010. YAHUVEH het vir Elisheva gesê om die YDS se Vaskrygers te laat vas vir 21 dae want dit het 21 dae geneem vir Daniel om ʼn antwoord te kry op sy gebede.

http://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-1248665/Fireball-lights-Irish-sky-extremely-rare-asteroid-falls-Earth-100-000mph.html

YAHUVEH is woedend vir die vyande van hierdie Bediening en ABBA YAHUVEH het vir Elisheva en al die YDS vastende Krygers ʼn teken gegee dat HY wraak sal neem op al diegene wat hierdie Bediening en Heilige Profeet beswadder het! Dit is in SY tydsberekening en SY manier wanneer hulle dit die minste verwag. Die ergste vyande van hierdie Bediening is nie diegene wat uiterlik boos is nie, maar is diegene wat voorgee om ʼn Christen te wees en bid in die naam van JESUS CHRISTUS! Hulle haat hierdie Bediening want dit weier om verskonings te maak vir sonde en sondaars en die boodskappe in al die Profesieë is: bekeer en draai weg van sonde, moenie lewe soos die duiwel en verwag om Hemel toe te gaan nie. Sy was allerhande bose name gebrandmerk omdat sy onderrig dat jy die 10 Gebooie moet gehoorsaam! Sy was ʼn vals Profeet genoem vir die onderrigting dat daar ʼn hel is om te betaal as jy YAHUVEH nie gehoorsaam nie!

Elisheva Eliyahu en al die YDS Heilige Gebedsintersessors het vir YAHUVEH gebid om wraak te neem op SY vyande en Elisheva het gebid “Bewys asb dat hierdie vas nie tevergeefs was nie en dat ABBA YAHUVEH SY oordeel sal neerreën op die vyande!” YAHUVEH het Elisheva se gebede beantwoord en die teken in die lug gesit met vuurballe wat baie raar is in Ierland en 100,000 myl per uur trek! Wee die vyande. Die YDS’e het gevas en gebid dat YAHUVEH se Oordeel moet neerkom, net soos toe Elia van Ouds geveg het teen die vals Profete van Baäl!

Die RooiSee Wonderwerk Vas het 21 dae geduur en ons het baie wonderwerke sien voortkom, maar hierdie is heel bo-aan die lys!

Hierdie Profesie was nie vrygestel aan die publiek nie, net 5 mense het dit gehoor. Ons het gedink dit is ʼn persoonlike Profesie gegee op 6 Junie 2008 en sommige persoonlike dele is uitgelaat wat nie van enige belang was vir die publiek nie. Ons mede Bedienaar het hierdie Profesie gevind op 3 Februarie 2010 toe sy vir iets anders gesoek het wat YAHUVEH gespreek het deur Elisheva. In stede daarvan het sy geweet toe sy hierdie lees dat sy vir Elisheva moes skakel. Terwyl sy hierdie Woord gelees het het beide sy en Elisheva duidelik gehoor die salwing daarin het vermeerder en dit moes vrygestel word omdat dit inpas by die omstandighede wat hulle nou beveg met die vals Profete van Baäl en Jesebel-gees in diegene wat hulself Christene noem, maar daar is geen Christus in hulle nie!

YAHUVEH het gesê dit is nou tyd om hierdie vry te stel as Profesie 117, want niks het verander nie. Dit is dieselfde oorlog as in 2008 met die Gees van vals Profete van Baäl, Fariseers en Jesebel, net ander gesigte wat onder die Oordeel van YAHUVEH kom! ABBA YAHUVEH het gesê die 21 dae vas het die salwing verhoog en Oordeel was vasgestel terwyl hierdie met almal gedeel word, veral hardop uitgespreek sodat die vyande dit kan hoor! Hierdie is nou in proses om gedoen te word.

Malcom Heap, Linda NewKirk, Jack Barr, Sherry Shriner, Steve Thompson, die lys van vyande is in YAHUVEH se hande en HY het bewys deur vir Elisheva te wys, terwyl ander gebid en gevas het, dat sy ook dieselfde mag gegee sal word in YAHUVEH se tydsberekening as Elia van Ouds toe hy gebid het en ʼn wonderwerk gegee was op die Berg Karmel en YAHUVEH ʼn teken gestuur het met vuur. So het YAHUVEH dieselfde gedoen en vir Elisheva Eliyahu ook ʼn teken van vuur gestuur in die lug!

Dit is nie belangrik die naam waaronder YAHUVEH se demon Stompers Gebedskrygers in Suid en Noord Ierland woon nie, maar wat belangrik is, is die Vuurballe het gegaan van Suid Ierland, waar die vas eerste geproklameer was, tot waar hulle beweer het die meteoriete of Vuur in die Lug geland het in Noord Ierland, waar ʼn Heilige mede Bedienaar woon en daarop aangedring het om die water-vas langer te doen as die res van die YDS Heilige Vastende gebedsintersessors.

Gaan voort en spot vyande, maar binnekort sal julle die vuur van YAHUVEH voel wat julle verteer in SY woede net soos hierdie Vuurballe in die lug! Hierdie Bediening behoort nie aan ʼn vrou of ʼn man nie, dit dra alleenlik net die name van die HEILIGE DRIE-EENHEID! Die Profesieë wat julle beswadder is nie uit ʼn vrou nie maar van YAHUVEH, die Oue van Dae, Ewige HEMELSE VADER, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH HA KODESH wie die HEILIGE GEES is! Ons sal nie vir julle huil wanneer dit gebeur nie want julle was gewaarsku om op te hou om, dit wat goed is, boos te noem en nou sal julle maai wat julle gesaai het. In plaas van treur sal ons wees soos ‘n Deborah van Ouds en jubel omdat YAHUVEH hierdie Bediening in ere herstel het en SY vyande vernietig het net soos die vals Profete van Baäl en Jesebel!

* * * * * * *



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred