Profesie 111

EK, YAHUSHUA MASHIACH Vergun Julle ‘n HEILIGE Egskeidings-Dekreet, Vir Diegene Wat Dit Nodig Het.

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang 22 Mei 2009 Vrygestel 27 Junie 2009

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Geliefde Familie in YAHUSHUA MASHIACH,

Ek het ‘n nuwe mandaat om myself selfs verder te verootmoedig en iets te deel uit my verlede om saam te val met die nuutste Profesie 111. Ek moes hierdie alles skryf en toevertrou aan ‘n man genaamd Stephen wat na ons (AmightyWind leierskap) gekom het vir huweliksberading, alhoewel hyself ‘n Christen Huweliksberader is. Die salwing het na vore gekom om hierdie nuwe profetiese Boodskap te hoor, “EK, YAHUSHUA MASHIACH Vergun julle ‘n HEILIGE Egskeidings-Dekreet.”

Verdra my asseblief terwyl ek ‘n ware verhaal deel wat met my gebeur het by my x-man in die oë van die wêreld. Hierdie sal ingesluit word in die komende outobiografie, dit is as die wegraping nie eerste plaasvind nie. O hoe bid ek en pleit dat die wegraping gebeur op Rosh Hashana 2009! Ek deel wat baie min mense weet, en ek wou dit graag so hou. Kathrynyah het ‘n moeilike tyd om my sover te kry om my lewe op paier neer te pen voor my huwelik, want ek hou nie daarvan om die pyn te onthou van hoe my lewe was nie. Ek doen hierdie net om ander te help in gehoorsaamheid aan YAHUSHUA MASHIACH.

Ek krimp ineen as my vyande dit sal lees en hoe hulle dit sal gebruik as ‘n wapen teen my. Ek weet dit wat ek aangesê is om neer te skryf deur YAH sal ander vrymaak en ek weet YAH het lank gelede vir my gesê, ek het ‘n huwelik gely georden uit die hel, om die Salwing te hê om gebruik te word om ander wat gevange gehou word vry te maak. Ek was hierdie vertel ongeveer 10 jaar gelede. Ek besef nou na die ontvanging van Profesie 111 hoe waar hierdie is. Geen Pastoor het hierdie onderrig waarvan ek weet nie, weereens is ek die eerste Profeet gekies deur YAHUSHUA MASHAICH om hierdie voort te spreek, sodat die Heiliges sal weet hul gebede is gehoor en beantwoord.

Vir die eerste keer besef ek nou hoekom ek vertel was deur YAHUSHUA MASHIACH jare gelede, terwyl ontvlugtend van my verguisende x dat ek reeds geskei was in die Hemel se oë, maar as gevolg van die huweliks-kontrak geteken deur hierdie baie jong tiener op daardie tydstip, moes YAHUSHUA Self dit nul, en tot gener waarde en kragteloos maak uit die Hemel, onderteken met YAHUSHUA se eie naam in SY gestorte Bloed, sodat ek vergewe kon word. Hierdie geld vir almal wat getrou het met ‘n man of vrou nie georden en geseën uit die Hemel nie.

Terwyl jy ‘n deel lees van my getuienis wat nou eers onthul word, onthou die woorde wat YAHUVEH tot my gespreek het meer as 21 jaar gelede toe hierdie bediening begin het, “As die lyding nie groot was nie sou hierdie bediening nie groot gewees het nie.” Ek weet nou my lyding was nie tevergeefs nie, my druiwe was gekneus sodat YAHUSHUA MASHIACH die NUWE WYN kon uitbring wat die Salwing is om ‘n seën te wees vir almal wat sal ontvang en deel aan hierdie Vars Manna uit die Hemel. Dankie aan elkeen wat hierdie Bediening help ondersteun want ons bereik die 4 uithoeke van die aarde vir YAHUSHUA ons MASHIACH se Lof, Eer en Heerlikheid!

Ons benodig steeds meer vertalers om die profesieë te vertaal om na vore te kom om meer vreemde lande te bereik. Hoe sal mense wat nie Engels kan lees nie die seën kry wat YAHUSHUA uitspreek oor egskeiding en of dit ‘n sonde is.

“AS DIE LYDING NIE GROOT WAS NIE, SOU HIERDIE BEDIENING NIE GROOT GEWEES HET NIE!”

My x-man het ‘n vennoot gehad in konstruksie, sy naam was John. John het saam met ‘n vrou gewoon genaamd Tammy. My identiese tweeling seuns Jason en Jonathan was 1 jaar oud. Ek was nog nooit voorheen op vakansie nie. My x het my nooit voorheen op ‘n vakansie geneem nie en ek het dit gevrees om êrens heen te gaan saam met hom want hy het altyd maniere gevind om my te misbruik en terroriseer veral terwyl hy bestuur het. Hy sou met opset jaag, somtyds so vinnig as 90 m.p.u. of wanneer hy my regtig wou terroriseer sou hy jaag en tot direk teenaan ‘n ‘semi’ se buffer so naby as wat jy kan kom.

Ek het ‘n huwelik gehad wat pure hel was. Hy het gelewe om my te terroriseer en bewys dat hy my lewe kon neem ter eniger tyd wat hy wou en tog het hy dit liefde genoem. Ek het swanger geraak elke keer van ‘n verkragtingsdaad. Ek het babas gemiskraam ten minste 10 keer as gevolg van mishandeling. Goed, terug na wat ek julle wou vertel.

Eendag het my x by die huis gekom en vir my gesê hy gaan ons op ‘n vakansie neem na Disneyland in Florida, ons sou daarheen ry. Hy het vir my brosjures gewys en vir my gesê om te kies in watter hotel ek in Disneyland wou bly. Hy was regtig so gaaf, dit was vreeswekkend. Wel, om ‘n lang storie kort te maak het ek die hotel gekies, en was verbaas dat hy gesê het ons sou daar wees vir ‘n week, en geen begroting nie, niks anders as net die beste van alles nie. Hy het toe vir my gesê om vir Tammy te skakel en vir haar die hotelbesprekings te gee want sy stel alles op. Ek het nie van Tammy gehou nie, ek het geweet sy was betrokke in heksery en sy het my gehaat omdat ek ‘n Evangelis was wat altyd probeer het om haar te lei na Jesus toe. Dit was die naam wat ek YAHUSHUA genoem het destyds, ek was nie op die Internet op daardie tydstip nie.

Julle wonder seker hoe dit alles van toepassing is op YAHUSHUA vergun ‘n Heilige egskeiding. Wel dit is verdra my nog net ‘n klein rukkie langer.

Ek het vermoed dat Tammy en my x ‘n verhouding gehad het. Hy het haar altyd geraadpleeg oor alles in die besigheid en nie vir John nie. Nou hier was ek ‘n vakansie aangebied om my babas te vat en Florida en Disneyland te gaan sien. Tog het ek my x geweldig gevrees en wou nie saam met Tammy wees nie.

So ek het onmiddellik my gebeds-vennote geskakel en gevra hulle moet my in gebed hou, dat ek Florida toe gaan saam met my x, maar dat ek gevrees het vir my lewe. Ek het hulle gevra om my in gebed te bedek dat hy en sy my nie kon vermoor nie.

Oppad soontoe het hy soos gewoonlik gejaag en ek het probeer om nie my vrees te wys nie. Hy het dit geniet om my in vrees te sien en eenkeer het ek gesien die snelheidsmeter wys 100 m.p.u. en ek gegil, “Ry stadiger, dink aan die kinders!” Hy het net gelag en aanhou jaag wetende dat hy sy doel bereik het om vrees in my in te boesem.

Toe ons by Disneyland kom was daar so baie tekens dat die 2 van hulle ‘n verhouding het. Byvoorbeeld, sou hy vooruit loop saam met haar en ek sou agterna kom met die stootwaentjie met die tweeling binne-in, en John het agter my geloop. Ek wou net weghardloop, maar daar was nêrens om heen te hardloop nie. Ek het na ‘n kerk toe gegaan en ‘n Pastoor in my vertroue geneem wat vir my gesê het, ongeag wat my x ookal aan my gedoen het, ek moes vir hom sê ek het hom lief, want ‘n vrou word beveel om haar man lief te hê.

Die volgende dag het my x vir my gesê ons sou ‘n boot huur en vroeg die oggend uitgaan en het my beveel om gereed te wees teen 4.00 vm. Ek het gesê, “ek is nie iemand wat vroeg opstaan nie en dit sou moeilik wees om die tweeling so vroeg gereed te hê.” Hy het gesê, “Moenie bekommerd wees oor die tweeling nie, John gaan na die babas kyk, Tammy gaan saam met ons.” Elke alarm het afgegaan binne-in my, ek het geweet hulle beplan om my dood te maak! Ek het gesê, “Ek wil nie gaan nie, ek los nie my kinders vir John om op te pas nie!”

Hy het gesê, “Dis afgehandel, Tammy het reeds die kaptein van die boot betaal.”

Ek het feitlik die hele nag gebid sonder ophou, wetende wat hulle plan was en YAH het dit aan my bevestig. Ek het vir hom gesê toe ek wakker geword het in die oggend dat ek siek was en nie kon gaan nie, dit was waar my maag was naar as gevolg van geen slaap en bekommernis. Hy het vir my geskree, “Jy gaan!” Ek het tot YAH gebid wat moet ek doen? YAH het vir my gesê, “Vertrou MY, EK sal jou beskerm”. So het ek gedoen. Dit was my eerste bootrit.

Toe ons Tammy ontmoet was sy reeds saam met die eienaar van die boot. Die wolke het regtig stormagtig gelyk. Hy het ‘n opmerking gemaak dat hy nie gedink het dit was wys om uit te gaan in hierdie weer nie, maar beide die x en Tammy het daarop aangedring dat hy vooruitbetaal was en hulle wou die boot hê. Ek het geweet dit was YAH wat die storm gebring het. Die kaptein van die boot het gesê, “Goed, maar as dit slegter raak gaan ek onmiddellik terugkom.” Die wind het reeds redelik sterk gewaai.

Die x-man in die wêreld se oë het my gelei na die plek waar hy wou hê ek moes staan en ek het opgemerk dat dit regtig naby aan die kant was en hy was weg van die kant af. Tammy het by hom gestaan. Die boot het vinnig beweeg, die kaptein het sy rug na ons gedraai en die golwe was rof en dit was baie winderig. Die x het al nader aan my gekom en sy ook. Ek het regtig geweet hulle was van voorneme om my oorboord te stamp en ek kan nie swem nie, buitendien was hierdie ‘n oseaan waarin ons was. Ek het probeer wegbeweeg maar hulle het my vasgekeer.

Ek het hard en baie bang gebid. Skielik het ek begin opgooi, en die mislikheid het my so skielik oorval ek het nie kans gehad om om te draai en in die water op te gooi nie. Ek vermoed dit was seesiekte en dit was projektiele braking.

Ek was so verleë, ek het opgegooi op albei van hulle! Dit het gemaak dat hulle na die ander kant van die boot gehardloop het en hulle het hulle monde bedek en ook opgegooi! Hierdie het ook die kaptein se aandag getrek en hy het gesê, “Ek draai hierdie boot om, kyk na daardie lug, daar is ‘n tornado waarskuwing uitgestuur, en sy is siek!”

Wel, ek het geweet YAH het ‘n manier gevind om my te beskerm, maar kon HY hulle nie oorboord gooi nie, het ek by myself gedink, en nogtans het ek YAH Geloof dat HY my lewe gered het.

Toe ons terugkom by die hotel, was dit asof die land nogsteeds op die oseaan golwe was. Ek het op die bed neergeval en was onmiddellik aan die slaap. Toe ek wakker word het ek uitgevind daar was geen elektrisiteit nie en het vir die x gevra wat het gebeur. Hy het gesê ‘n tornado het die hotel se krag uitgeslaan! Kan julle dit glo, ek het deur ‘n tornado geslaap en op daardie tydstip was dit ongewoon vir tornados om Florida te tref, was ek later vertel. Orkane wel, maar selde tornadoes. Ek het geweet YAH se grimmigheid was in daardie tornado, en het enige verdere moord-pogings op my verhoed.

Daardie aand het ons uitgegaan om te eet en ek het my mooi aangetrek. Ek het hierdie pragtige swart uitrusting gedra. Tammy en John het ons vergesel, natuurlik. Ek sal nooit vergeet toe die x gesê het, hoe mooi ek gelyk het, en hoe lief hy my het nie. Nou normaalweg neem ‘n vrou dit as ‘n kompliment om te hoor jou man het jou lief, maar elke keer as my x-man in die wêreld se oë, dit gesê het, het ek geweet daar kom nog ‘n moord-poging teen my. YAH het vir my hierdie presiese woorde gesê, “Pasop vir die kobra want hy berei voor om te pik.” Ek sou ‘n visioen sien van ‘n slang met sy giftande wat uitsteek, gereed om my te pik.

Ek onthou dat ek gevoel het soos, ag wel, laat hy my maar net doodmaak. Ek kan nie langer in hierdie vrees lewe nie. Ek het vir hom gesê, “Jy weet, ek sou eerder hê dat iemand my doodmaak wat sê hulle het my lief, as ‘n vreemdeling wat nie eers voorgee nie.” Ek het geweet wat ek op die punt was om volgende te sê ‘n leuen was, maar ek wou net sien hoe die woorde klink, en buitendien het daardie Pastoor vir my gesê ek was beveel om my man lief te hê. So, ek het vir hom gekyk deur die refleksie van ons albei in die spieël, terwyl sy arms om my middel was, en gesê, “ek het jou ook lief”. Die woorde was gesê met ‘n klein hartseer stemmetjie, wat steeds trane in my oë bring terwyl ek hierdie skryf.

Ok, dit was regtig ‘n dom ding om te sê, ek stem, en YAHUSHUA het my regtig bestraf later omdat ek die woorde gesê het, want ek het sopas toestemming gegee met my mond vir satan om die x-man in die wêreld se oë, te gebruik om my dood te maak! Onthou in die tong is daar óf lewe of dood, seëninge of vloeke.

Toe ons terugkom van aandete af, wou ek net gaan slaap. Ek wou regtig doodgaan en aangesien die x my ingespuit het met ‘hypo’ naalde vol watse gif of dwelm wat ek nie ken nie, terwyl ek geslaap het, en dit selfs later bewys was deur ‘n dokter het ek geweet ek mag dalk in die Hemel wakker word.

GEE AANDAG, DIE VOLGENDE DEEL IS VAN BELANG WAAROM YAHUVEH VIR MY SÊ OM HIERDIE GETUIENIS TE DEEL MET JULLE. YAHUSHUA HET MY WAKKER GEMAAK EN EK HET HOM DUIDELIK GESIEN. HIERDIE WAS NIE ‘N VISIOEN NIE. Ek het oor die groot koninggrootte bed gekyk, my x-man in die wêreld se oë, het aan sy kant van die bed geslaap. Hierdie was die eerste keer wat ek vir YAHUSHUA gesien het vir wie ek JESUS CHRISTUS genoem het op daardie tydstip.

HY het daar gestaan in ‘n verruklike wit kleed, maar HY was kwaad en HY het hierdie presiese woorde gesê, woorde wat ek nou aangesê word om te deel met julle. Ek weet die woorde het betrekking op enige iemand wat voel soos ek gevoel het en hulle huwelik vergelyk met ‘n doodsvonnis in die dodesel, soos ek gedoen het met my x-man. Jy probeer steeds jouself oortuig jy is lief vir hulle. Nou word ek aangesê om vir julle te sê dat dit wat YAHUSHUA vir my gesê het, HY nou vir julle sê,

“SÊ NIE DAT JY HIERDIE HEIDEN LIEFHET NIE, OF JY SAL DEEL IN SY STRAF!”

Ek was geskok! Ek het nie geweet JESUS CHRISTUS my YAHUSHUA MASHIACH sou kwaad word vir my nie! Per slot van rekening bemin ek HOM, strewe om HOM te gehoorsaam en dien HOM. HY was kwaad oor die manier wat ek die woord liefde gebruik het, dit was ‘n belediging vir YAHUSHUA want Heiligheid het niks in gemeen met verworpeling of ‘n huwelik nie georden uit die Hemel nie! Onthou dat ek aangesê word om julle ook te waarsku, alhoewel HY nie verskyn het aan die leser hiervan soos aan my nie, beskou dieselfde waarskuwing vir jou!

HY het onmiddellik verdwyn en ek het grootliks begin bekeer. Ek kon nooit peil nie, het YAHUSHUA MASHIACH, JESUS CHRISTUS gesê ek sou hel toe gaan? Ek wil nie weet nie, want ek het van beter geweet daarna.

‘n Ander pastoor het my in groot moeilik gebring want hy het vir my geleer dat selfs wanneer my x my sou vloek met die G-D woorde en F woorde, dat ek my x in sy gesig moes kyk en sê, “JESUS seën jou”! Wel ek het dit eenmaal probeer en het in groot moeilikheid beland weereens, ek kom nie baie gereeld in die moeilik by YAHUSHUA MASHIACH nie, hierdie 25 jaar plus was ek selde berispe deur YAHUSHUA of YAHUVEH. Dit is hoekom ek so duidelik onthou wanneer ek fouteer.

Die x en ek het in die kombuis gestaan in ‘n argument jare later. Hy het my gedreig en my vloekwoorde genoem en het my rug hard teen die kombuisblad gedruk gehad. Sy gesig was naby my gesig terwyl hy vir my geskree het. Ek haat dit om mans te hoor vloek en skree, en dit is as gevolg van hom. Ek het na hom gekyk en volgens wat die pastoor gesê het, sou die demone wyk wanneer ek die woorde “JESUS seën jou!” sê. So, ek het die woorde gesê.

Die volgende ding wat gebeur het was dit asof ek hom in die gesig geklap het! Hy het pas die woorde gesê G-D M-F en die woord JESUS CHRISTUS gebruik bo-op al daardie vloekwoorde. Hy het teruggetree van my af toe ek saggies gesê het terwyl ek hom reguit in die oë gekyk het “JESUS seën jou” en was stil vir omtrent 5 sekondes, die volgende ding wat hy gedoen het was om baie gewelddadig te raak teenoor my, en het my erger en harder gevloek. Ek kan nie sy woorde onthou nie, die belangrikste ding wat ek onthou was die pyn wat ek emosioneel en geestelik gevoel het want ek kon nie verstaan nie en ek het vir JESUS gevra hoekom het dit nie gewerk nie? Ek kon YAHUSHUA duidelik hoor sê in ‘n stroewe stem iets wat ek nooit vergeet het nie, “Jy seën nie wat EK nie vir jou gesê het om te seën nie, en jy vervloek nie wat EK nie vir jou gesê het om te vervloek nie!”

Wetende dat ek vir YAHUSHUA MASHIACH kwaad gemaak het het my seerder gemaak as enigiets wat die x ooit aan my kon doen en ek was wettig getroud met hom sedert ek ‘n jong tiener was tot my tweeling 21 jaar oud geword het, so julle weet ek het baie gely. Ek het ook daardie huwelik vergelyk met ‘n doodsvonnis in die dodesel. So ek verstaan as mense in ‘n ongelyk gejukte huwelik is of ‘n huwelik nie georden deur YAHUVEH nie selfs al is dit met ‘n ander Christen, as YAH nie daardie huwelik saamgevoeg het nie, is dit verdoem om nie geseënd te wees nie. Selfs al eindig dit nie in ‘n wettige egskeiding nie sal jy altyd in jou hart weet jy het ‘n fout gemaak en hierdie is nie die maat wat jy georden was uit die Hemel om mee saam te wees nie. Miskien sal jy weet jy was nooit bedoel om te trou en ‘n maat te hê nie.

Ek vertel vir julle wat ek vertel was deur YAHUSHUA MASHIACH. Dit is ‘n lewende dood, soos om in die dodesel te wees, om vasgevang te wees in ‘n ongelukkige huwelik, waar die enigste ding wat julle in gemeen het die pyn is wat julle altwee voel en die onsigbare tronktralies waardeur julle gevange gehou voel. Ek onthou YAHUSHUA MASHIACH se presiese woorde aan my wat my geskok het, omdat ek ander geestelike leiers gehoorsaam het wat gesê het ek was gedwing om getroud te bly in YAHUVEH se oë en dit maak nie saak hoe ongelukkig en misrabel ek was nie, selfs al het dit gevoel soos ‘n doodsvonnis.

Die kinders ly en kan die spanning, woede, liefdeloosheid, bitterheid aanvoel en dit benadeel hulle op meer maniere as wat ek kan skryf. YAHUSHUA het vir my gesê, “MOENIE ENIGE BELONINGS VERWAG BO IN DIE HEMEL OM MISRABEL GETROUD TE BLY MET ‘N HEIDEN NIE.” Goeiste, dit was ‘n verrassing, ek het regtig gedink ek sou ‘n beloning kry. Per slot van rekening, ek het 5 keer probeer om die ou te skei en hy het aangehou om my prokureurs om te koop, en in 2001 het ‘n regter in Conway, Arkansas hierdie presiese woorde gesê wat ek nooit verstaan het nie, selfs nadat hy gehoor het hoe ek moes weghardloop uit vrees vir my lewe, het hy gesê, “Ek kon jou ‘n egskeiding gun, maar ek gaan nie.” Die regter was gebruik deur die duiwel om vir my meer teistering te bring en het geweier om my ‘n egskeiding toe te staan!

Ek het tydelik Arkansas toe gevlug met my 13 jarige seun om ‘n nuwe lewe vir myself te maak, en het my x-man gedwing om na Arkansas te reis waar ek hom met egskeidings-papiere bedien het, en hierdie dienskneg van satan het geweier om my ‘n egskeiding toe te staan. My prokureur was verstom, hy het nog nooit van so iets gehoor nie!

Daar was ‘n groot finansiële skikking wat my x sou moes betaal en as gevolg van wat daardie regter gedoen het, het die x na sy staat teruggekeer en agter my rug ‘n egskeidings-aansoek gedoen daardie selfde dag, en my nooit daarvan gesê tot na die egskeiding finaal was nie en alles wat gesamentlik verdeel moes word van my af weggeneem was nie. Hy het my opsetlik nie in kennis gestel nie sodat ek nie sou opdaag in die hof nie, so ek was beskuldig van minagting van die hof.

Om ‘n lang storie kort te maak, het hy selfs die huis wat gewaardeer was vir $200,000 (+- R1,8mil.) vervreem aan ‘n ander persoon agter my rug. As gevolg van wat daardie bose Conway, Arkansas Regter gedoen het, heelwaarskynlik deur omkoopgeld te aanvaar om my ‘n egskeiding te weier, was ek gedwing om weg te kruip met my 12½ jarige seun totdat hy 18 geword het sodat ek hom veilig kon hou teen hierdie sluipjagter van ‘n x-man, in die wêreld se oë.

Nietemin, het YAHUSHUA MASHIACH lank gelede vir my gesê, ek was nooit getroud in die oë van die Hemel met hierdie man nie. Ek het eindeloos gely as gevolg van die skrifte wat ander Pastore in my keel af geforseer het deur te sê egskeiding is ‘n sonde!

Onthou ek was net vry van hierdie x man in ‘n wettige egskeiding in die wêreld se oë.

‘n Huwelik is alleenlik ‘n huwelik georden uit die Hemel terwyl albei YAHUVEH, YAHUSHUA MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH liefhet, gehoorsaam en dien, meer as vir mekaar — strewe om hierdie HEILIGE DRIE-EENHEID te behaag meer as vir mekaar en HULLE liefde toelaat om te kombineer met julle liefde en sonder dit is daar geen gelukkige huwelik of ‘n huwelik geseënd deur die Hemel nie. ‘n Vrou behoort altyd ‘n geliefde man te gehoorsaam solank as hy in lyn is met wat YAHUSHUA MASHIACH sê.

Die Heilige Skrifte wat sê, “Vrouens gehoorsaam en onderwerp julself aan julle mans soos hulle doen aan die HERE YAHUSHUA MASHIACH.” Julle is nie verplig om ‘n heidense eggenoot te gehoorsaam nie! Skrifte was verdraai deur mans om vroue te laat optree soos ‘n robot tot hul iedere bevel terwyl YAHUSHUA nie ‘n diktator is nie, HY gee liefdevol en met meegevoel vir ons SY leiding, nie met brute krag, woede, intimidasie, en manipulasie nie.

‘n Ware heilige manlike eggenoot sal dieselfde doen as YAHUSHUA en dit is die liefde in ‘n heilige manlike eggenoot wat homself onderwerp aan YAHUSHUA MASHIACH wat maak dat ‘n vrou begeer om te gehoorsaam en te onderwerp aan jou heilige man se outorieit gegee aan hom deur YAHUSHUA MASHIACH. ‘n Heilige manlike eggenoot sal nooit vir jou vertel om enigiets te doen teen die Heilige Skrifte of wat YAHUSHUA vir haar sê om te doen nie.

Ons het menige e-posse gehad wat na ons toe kom smekend vir antwoorde oor “Is dit sonde om hierdie huweliksmaat te skei?” Meeste van die tyd skryf ons terug met Bybel Skrifte of dele van die Profesieë aan my gegee as antwoord. Nou het ek iets nuuts om te gee wat ‘n antwoord sal wees op almal se vrae direk van YAHUSHUA MASHIACH se lippe na myne.

Indien die leser wat hierdie lees geseënd is met hierdie woorde, skryf asseblief vir my terug, ek het die bemoediging nodig. Ek weet ek gaan aangeval word vir hierdie nuutste openbaring gegee aan my oor YAHUSHUA WAT HEILIGE EGSKEIDINGS TOESTAAN, maar ook weet ek baie mense sal in hulle gees weet dit is die waarheid en YAH het hul vrae beantwoord en sal doen wat YAHUSHUA gespreek het deur my.

Jammer om te sê die man wie se naam Stephen is vir wie hierdie woord spesifiek gegee was, was mislei en wil steeds in die dodesel sit in ‘n huwelik van sonde terwyl YAHUSHUA MASHAICH duidelik gestaaf het hierdie huwelik met Hilda was nie georden uit die Hemel nie. Ons het ontelbare dae en ure spandeer om vrylik te bedien aan hierdie man in Texas, geluister hoe hy sê hy is nie lief vir sy vrou nie, hy weet hy het ‘n fout gemaak, en hy het sy huwelik vergelyk met ‘n lewenslange vonnis in die dodesel, wagtend dat hy moet doodgaan om vry te wees.

Hy het hierdie woorde aangeneem en alhoewel hy verbly was aan die begin omdat hy vry was, nou weer die leuens geglo dat egskeiding ‘n sonde is. Hy het die woorde gevat van YAHUSHUA MASHIACH en die Kwytskelding soos gegee aan ‘n man of vrou in die dodesel en vir YAHUSHUA gesê, “Selfs al is dit waarvoor ek gebid het, het ek besluit dit is makliker om in hierdie huwelik te bly wat nie deur U georden is nie.” Is dit nie hartseer nie?

So ek wou nie herinner word hoe YAHUSHUA MASHIACH se kwytskelding op hom gemors was nie, en hierdie verborge woord was tot dusver nie vrygestel nie. Ek voel soveel veroordeling omdat ek nie hierdie seën van ‘n kwytskelding deur YAHUSHUA MASHIACH vrygestel het nie dat ek dit nou doen. Laat diegene met geestelike ore om te hoor, die stem hoor van YAHUSHUA MASHIACH, laat diegene wat kies om geestelik doof te bly, doof bly.

Hierdie is die bewys van die Heilige Skrif, “Hulle vir wie YAHUSHUA MESSIAS vrygemaak het, is waarlik vry.”

Genadiglik onthou ek nou baie min van die huwelik georden uit die hel met my x, want wie wil sulke afskuwelike herinneringe onthou? Ek het dit gedoen om te oorleef meeste van my lewe. Ek erken ek het baie min nagedagtenis van die leeftyd van my jare. Ek is ‘n oorlewende en ‘n oorlewende sou nie oorleef het as hulle al die lyding, pyn en mishandeling in hul lewe onthou het nie. Sommige wonde kan niemand aanraak nie behalwe YAHUSHUA MASHIACH en ek mag hulle Hemel toe neem saam met my, want na al die tyd, bly hulle steeds. Ek besef nie hoe ek nogsteeds ly as gevolg van die skande en pyn nie, totdat ek gedwing word deur YAH om iets van my verlede te vertel, soos ek flussies gedoen het met elkeen wat hier lees.

Die vele jare wat ek gely het deur die hande van hierdie x man, in die wêreld se oë, het ‘n groot tol geëis op my emosioneel en fisies, maar geestelik het ek sterker geword en het die getuienis dat YAHUSHUA MASHIACH die oorwinning het in my lewe. YAHUSHUA MASHIACH het vir my ‘n woord gegee lank gelede en ek deel dit met enige iemand wat die geloof het om te glo wat YAHUSHUA gedoen het vir my en wat YAHUSHUA gaan doen vir my, sal HY doen vir jou, as jy geduld het om te wag. “EK sal vir jou die beste gee in ‘n man waar jy net die ergste geken het!” Vir diegene wat hierdie lees en jy is ‘n man, weet net hierdie woord is van toepassing op jou ook, hoor net die woorde van YAHUSHUA MASHIACH wat vir jou sê, “EK sal vir jou die beste gee in ‘n vrou waar jy net die ergste geken het.”

Asseblief, ek het regtig nodig om te hoor van almal vir wie hierdie woorde ook ‘n seën is en hierdie Heilige Egskeidings-Dekreet sal aanvaar van YASHUSHUA MASHIACH. Dit het my vrygemaak van baie wonde en vrae in die verlede in my lewe, en nou bid ek dit sal dieselfde doen vir almal wat nodig het om te hoor dat egskeiding nie ‘n sonde is nie, dit is ‘n sonde om te bly in ‘n huwelik wat nie georden was deur YAHUVEH nie.

Die enigste ding wat ek het om te win deur die vrystelling van hierdie nuutste Profesie “YAHUSHUA MASHIACH Gun julle ‘n Heilige Egskeidings-Dekreet uit die Hemel vir Diegene Wat dit Nodig Het,” is die seën van YAH om te weet dat ek gehoorsaam, en hopelik sommige woorde van bemoediging en ‘n getuienis van ander wat die stem van YAHUSHUA MASHIACH hoor voortspreek uit my en weet dit is ‘n ware woord van YAHUSHUA MASHIACH en deur gehoor te gee het jy jouself nou uit die dodesel gehaal. Julle sien, YAHUVEH wag vir julle om dit te doen, want dit is deur die wellus van die vlees dat julle met hulle getrou het, maar moenie dat trots of vrees julle keer om vry te wees van ongelyk gejukte gebondenheid van ‘n wettige huwelik wat nie wettig is in die Hemel nie.

Hierdie woord was oorspronklik gegee aan ‘n Christen man genaamd Steve Rossi Snr. Maar YAHUSHUA MASHIACH het gesê nadat dit voortgespreek en geskryf was, hierdie woord is vir almal wat vasgevang is in ‘n huwelik wat jou laat voel jy is in die dodesel die dae aftellend tot jy sterf. Wetende YAH moes ‘n ander doel in jou lewe gehad het buiten as om misrabel getroud te wees. YAHUSHUA sê vir my ek moet ‘n paar woorde verander om julle te laat weet dit geld vir beide mans en vroue. Ons is baie naby aan die Groot Verdrukking soos beskryf in die Bybel en om ongelyk gejuk te wees aan ‘n ongelowige sal letterlik baie van julle jul lewens kos terwyl hulle julle sal verraai aan die anti-chris en hulle die merk van die dier sal neem.

Ek het getalm om hierdie woord vry te stel totdat ‘n ander kosbare Suster in YAHUSHUA ongelukkig getroud met ‘n moslem aan my geskryf het en vir my gesê het dat Pastore en ander vir haar vertel dat dit ‘n sonde is om hierdie man te skei. Ek voel so veroordeel nou en kwaad vir myself omdat ek hierdie Heilige Egskeidings-Dekreet van YAHUSHUA MASHIACH weerhou het van almal op wie hierdie van toepassing is. Jy sal weet as hierdie op jou van toepassing is, jy hoef nie vir my te skryf en vir my te vra nie. Hierdie woord is van toepassing op al die gelowiges in YAHUSHUA MASHIACH wie Heilig wandel voor HOM. ‘n Huis wat verdeeld is kan nie staan nie, ook nie ‘n huwelik nie.

EK, YAHUSHUA MASHIACH Vergun Julle ‘n HEILIGE Egskeidings-Dekreet,

Vir Diegene Wat Dit Nodig Het.

22 Mei 2009 geskryf en gespreek deur

Apostel Elisheva Eliyahu

(Gegee gedurende die aftel van die Omer wagtend vir die Dag van Pinkster)

“Geliefde Seun (of Dogter), EK sien jou jou huwelik vergelyk met ‘n vrou (of man) wat tyd aftel soos ‘n gevangene in die tronk in die dodesel, jy bedroef MY meer as wat jy weet. Jy vrees om jou huweliks-beloftes te verbreek en dink egskeiding word nie toegelaat nie, maar hierdie huwelik was nie georden deur MY nie, eerder was dit georden deur julle altwee.

Jy het hierdie vrou (of man) gekies en MY gevra om te seën wat EK nie saamgevoeg het nie. Dit was net ‘n kwessie van tyd voor beide van julle jul keuses sou berou en besef hierdie illusie van ‘n huwelik is soos die lot van die Titanic boot, dit het uitgedraai as nog een van satan se wrede poetse.

Wees verbly MY Seun (of Dogter) en weet hierdie, EK IS YAHUSHUA MASHIACH, EK IS jou ROTS VAN EEUE, jou anker en EK sal jou nooit begewe of verlaat nie. EK sal jou nooit laat gaan nie!

‘n Man (of vrou) in die dodesel kan vrygelaat word deur die ondertekening van ‘n kwytskelding deur ‘n persoon van outoriteit. Daar is geen hoër mag as “EK IS” nie so deur die Outoriteit van die Hemel met MY Heilige Gestorte Bloed teken EK hierdie egskeidings-dekreet, EK, YAHUSHUA jou HEER/GOD/MASHIACH skeld jou nou vry! Onthou, EK het vir jou lewe in oorvloed belowe en vol van MY Heerlikheid en EK het gekom om die gevangenes te bevry!

Nou, al wat EK van jou vra is om wettige aksie agter MY woorde te sit. Maak dit so in die wêreld se oë wettig en bekeer van hierdie sonde, laat dit nie weer gebeur nie. Gaan voort om jou oë te hou op MY en wees ‘n gelowige waterloper en onthou wat gebeur as jy jou oë hou op die onrustige stormagtige waters in ‘n see van depressie en wanhoop. Dit sal jou verdrink as jy nie jou oë op MY hou nie.

EK het nou die skille van jou oë verwyder en jou ore ontdoof sodat jy duidelik kan sien en hoor dat die vrou (of man) met wie jy ongelukkig getroud is deur jou eie wellustige hand was. Julle is geestelik ongelyk gejuk op verskeie maniere. Julle geeste en persoonlikhede komplimenteer mekaar nie ongeag hoe hard julle probeer. Dit is alles ‘n skyn, ‘n leuen. Dit is soos om te probeer om asyn en olie te meng, ongeag hoe hard jy probeer, dit sal altyd skei aan die einde. Moenie hierna kyk as nog ‘n mislukking nie, in plaas daarvan besef dat EK jou seën met nog ‘n nuwe Heilige begin.

Die grootste ding wat albei van julle in gemeen het is gebreekte stukke van versplinterde harte, onrus en pyn, want beide van julle het ‘n illusie gehad hierdie sou ‘n gelukkige huwelik wees en julle sou nooit weer misluk nie. Julle het altwee gedink jul ken mekaar, en nou hou nie een van julle van die gees wat julle waarneem in die ander nie. Hierdie huwelik het nie uitgedraai soos wat albei gedink het dit sou wees nie. Dit is omdat Seun of Dogter, dit nie georden was in die Hemel en as ‘n seën georden deur die HEILIGE DRIE-EENHEID nie. So deur MY Naam, YAHUSHUA MASHIACH jou HEER, GOD en REDDER, neem EK nou MY bloed en wend dit aan op daardie mensgemaakte huweliksertifikaat en EK sê wie EK, YAHUSHUA ha MASHIACH vrygemaak het is vry inderdaad. EK vergun jou nou hierdie HEILIGE Egskeidings-Dekreet!

So is dit gespreek en so is dit geskryf.

Ek bid dat jy nadat jy hierdie gelees het, nie soos Stephen sal wees met wie YAHUSHUA MASHIACH oorspronklik gepraat het en voor geskryf het nie. Stephen weet hierdie is ‘n Heilige Woord van YAHUSHUA MASHIACH, maar hy wil dit gebruik as ‘n kom-gratis-uit-die-tronk kaart wanneer hy dit nodig kry soos in die bordspel Monopoly. Het jy ooit enige iemand geken wat kla oor hoe ongelukkig en verguis hulle is en wanneer hulle die antwoord gegee word direk uit die Hemel dat hulle nie langer hoef te ly nie hulle steeds verkies om te kla en te ly? Hulle trots weier om hulle gemoedsrus te laat hê.

Die hartseerste deel van alles is, Stephen het ook gebid vir ‘n teken oor sy vrou, in die wëreld se oë, en wat haar verhouding met YAHUSHUA MASHIACH werklik is, aangesien sy beweer om Christen te wees. Gedurende hierdie tyd wat ons hom bedien het, het Stephen ‘n droom ontvang oor sy vrou Hilda wat hom verraai in die Groot Verdrukking en die merk van die dier aanvaar, 666. Nogtans, toe YAHUSHUA hom laat weet dit is nie ‘n sonde om haar te skei nie, dring hy steeds aan om te ly.

Nog ‘n hartseer ding is hierdie man was geroep om ‘n Bruid te wees van YAHUSHUA MASHIACH en weer het hy ‘n droom gehad waar hy by ‘n bankettafel was en hy het vir my en die res van die Bruid gesien en ons het almal volgelaaide skinkborde vol van die beste voedsel gehad. Net toe hy sy bord ophoop vol van die beste vleis, was sy bord skielik van hom weggegryp en in yswater gesit.

Onthou die Heilige Skrifte, “Baie is geroep maar min is uitverkies.” Stephen was geroep deur YAHUSHUA MASHIACH om deel te wees van die Openbaring 14 of Openbaring 7 Bruid, maar hy het in plaas daarvan gekies om ‘n besluit te maak en toegelaat dat sy Bruids-Banket bord weggegryp word deur ‘n onsigbare hand en in yswater gesit word. Stephen sê hy ontvang die waarhede in hierdie Bediening en het hierdie Woord ontvang van YAHUSHUA en nogtans bewys hy deur sy dade dat hy wil aanhou ly. Dit is werklik hartseer — nogtans sê YAH HY sal sy wil nie dwarsboom nie. ‘n Dubbelhartige man ontvang niks, moet dit nie vergeet nie. Wie jy ookal gehoorsaam is jou God. YAHUSHUA MASHIACH het gesê in die Heilige Skrifte, “Hoekom noem julle MY Here en gehoorsaam MY nie?”

Ek het sommige gekopieer van dit wat ek vir hom geskryf het en mag almal wat vasgevang is in ‘n huwelik, in die wêreld se oë, nie georden deur YAHUSHUA MASHIACH nie ook hulself dieselfde vrae vra wat ons vir hom gevra het.

Aangesien jy jou na ons gewend het vir raad, voeg ek hierdie by: “Hoekom sou jy in ‘n liefdelose huwelik wou bly?” Wat dink jy sal jy daaruit kry?” Ook, dit is satan wat alles het om te wen in jou wat nie vry is van die dodesel nie, want hierdie is ‘n wapen van hom om jou te laat aanhou ly en te laat leef sonder vrede en harmonie in jou huis, en satan sal jou aanhoudend spot want jy het ‘n kwytskelding gehad van ons MASHAICH en jy het dit teruggegooi in YAHUSHUA MASHIACH se gesig. ‘n Heilige huwelik is simbolies om verenig te wees in verstand, liggaam, gees en siel met mekaar terwyl die 2 liggame verenig as een vlees. satan spot mense wat vasgevang is in ‘n huwelik wat nie georden is deur YAHUVEH en YAHUSHUA MASHIACH nie!

Egskeiding is pynlik om jou sonde te erken deur met iemand te trou waarmee YAH jou nie saamgevoeg het nie. Hoewel nie so pynlik soos om te leef in ‘n ongelukkige misrabele huwelik wat YAHUVEH nie geseën het nie.

Ek het hierdie visioen van jou gesien laas nag na die lees van die woorde wat YAH direk met jou gespreek het.

VISIOEN VAN ‘N MAN OF VROU WAT AANDRING OM TE BLY IN ‘N ONGELYK GEJUKTE HUWELIK:

Ek het jou gesien in ‘n geslote tronksel. Ek het YAHUSHUA sien kom en die tronksel oopsluit, terwyl HY jou gehoor pleit en huil het om vrygelaat te word. Ek het jou verwonderd gesien omdat die tronksel se deur oopgesluit was en oopgemaak was deur YAHUSHUA MASHIACH se eie spyker-deurboorde hand. Ek het gesien die tronkdeur swaai wyd oop, ek het jou verwonderd daarna sien kyk en toe wegloop en terugkom op jou knieë biddend, huilend en YAHUSHUA smeek om vrygelaat te word. Selfs al het die seldeur oopgestaan, het jy steeds nie uitgegaan nie.

Die waarheid sal jou vrymaak (Johannes 8:28).

Elisheva



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred