Profesie 110

MY Skape Hê Geen Bekommernis of Kwelling Nie, want EK Slaan die Wolwe Weg!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang op 5 April 2009 Vrygestel op 10 April 2009

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Nota: Amightywind was reeds 14 jaar op die internet maar word 21 jaar oud op 10 April 2009. Die Bediening bestaan reeds 21 jaar maar was slegs op die internet vir 14 jaar. Ek hoop hierdie verklaar al die verjaardae en herdenkings wat gevier word. Elke verjaardag en herdenking wat hierdie Bediening het is ‘n oorwinning in YAHUSHUA ons MASHIACH want die duiwel het probeer om hierdie Bediening te stop voordat ek nog gebore was.

* * * * * * *

Skree dit hard genoeg sodat elkeen duidelik die oorwinning kan sien wat hierdie Bediening vir 14 jaar gehad het op die internet. Sit in groot letters die datum 10 April want dit wat die vyand gesê het sou vernietig word in Indiana die plek van die geboortepyne van hierdie Bediening. Het op 10 April 2009 nie net geleef nie maar wêreldwyd floreer en het gegroei om 21 jaar oud te word. Hierdie is geen man of vrou se oorwinning nie maar dit is julle ABBA se oorwinning, julle YAHUSHUA se oorwinning, julle geliefde RUACH ha KODESH se oorwinning, julle IMMAYAH.

So EK wil hê niemand hoef hierna te soek nie. EK wil dit direk in die vyande se gesig hê want hierdie is ‘n dag van groot oorwinning. [Elisheva], toe EK jou op hierdie internet gesit het hoe min en wyd verspreid was die vroue Profete. Jy het die weg gebaan en EK gebruik jou om te doen wat nooit gedoen was nie want jy Profeteer in Heilige Tale. Jy kan nie eens die impak begryp wat dit op die vyand het nie terwyl dit gedra word oral oor die luggolwe na die vier uithoeke van die aarde. Jou stem vol van MY salwing, vol van MY krag, gestoor nie alleenlik in gedrukte materie nie, nie net op rekenaars en cd’s nie maar op ipods, op bandopnemers want dit is nie net die geskrewe nie, dit word gespreek.

So hierdie dag word nie net gevier op aarde nie maar dit word gevier in die Hemel. Nie net jou fisiese geboorte nie maar die geboorte van die Bediening op die internet en op 10 April, 21 jare getel in mense-tyd. Eendag in die Hemel, en dit is nie ver nie, sal al diegene wat jou gehelp het die resultate sien van die getrouheid van een klein, klein saadjie wat begin het as ‘n kleinbegin. EK gebruik dit nie net nou nie, maar dit sal gebruik word selfs in die Groot Verdrukking en MY waarhede sal aanhou om die mensdom vry te maak terwyl hulle glo.

Nou [Elisheva] weet jy hoekom die vyand altyd wou hê jy moes doodgaan en wanneer dit nie deur satan se hande was nie was dit deur jou eie hand wat jy sou probeer. Maar deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH het nie net jy die oorwinning nie maar al diegene wat luister en glo.

[MY geliefde kinders], dit was alles deel van MY goeie plan om julle te bring toe EK het want die las het te swaar geword vir [Elisheva] om te dra en as EK nie het nie sou sy opgegee het lank gelede. EK het nie daar gestop nie, EK het haar gebruik om geboorte te gee aan “YAHUSHUA se Demon Stompers” (YDS) en selfs daarin het sy ‘n prys gehad om te betaal voordat EK die Heilige Engele na haar kant toe kon stuur. Nou staan hulle (YDS) teen die magte van boosheid terwyl hulle intree en hulle bid ‘n ieder en elke dag ten minste ‘n uur op ‘n slag. Hierdie is spesiale heilige gesalfde Gebedsvegters en groot, groot, groot sal hulle seëninge wees solank as hulle getrou bly aan MY.

Elisheva: Dankie ABBA.

So, EK plaas julle in ‘n huis waar langsaan julle in ‘n weiveld die skape rondloop om julle te herinner EK, YAHUSHUA, is julle Goeie Herder en terwyl EK voorsien, onthou altyd, soos daardie skape langs julle geen bekommernis of kwelling het nie, hulle daardie boer vertrou om hulle te lei na groen weiveld. So ook, het EK julle gelei na die groen weiveld. EK beskerm julle. EK slaan die wolwe weg of enige iemand wat julle wil seermaak. Soos daardie skape geen bekommernis het nie en die lammers geen bekommernis het nie so sal julle twee wat in daardie huis woon en diegene wat deel is van julle geen bekommernis hê nie. Dit is hier MY Geliefde wat EK jou siel verkwik terwyl jy neerlê in MY groen weivelde en nie afdwaal en probeer om jou eie te soek nie.

EK praat met al diegene wat MY, YAHUSHUA, toelaat om julle MASHIACH te wees, om julle Goeie Herder te wees. EK sal diegene beskerm wat MYNE is. Aan diegene wat na hierdie Bediening kyk as ‘n seën gedoen deur MY eie hand, die spyker-deurboorde hande van julle YAHUSHUA, sal oorvloedige wonderwerke ontvang van MY. As hulle die woorde geglo het wat EK voortgespreek het en hulle was nie skaam nie en hulle bestraf enige teenwerping. Hulle bestraf die leuens. Hulle staan ferm in wat hulle glo en hulle veg teen satan die vyand en sy diensknegte wat gestuur word.

Enige iemand wat hierdie Bediening onheilig noem die ware gees binne-in was ontbloot en hulle is nie van MY nie. Ja, sê EK, die Heilige Gees is nie in hulle nie want julle kan nie dit wat Heilig is noem, dit wat net die standaard van Heiligheid oplig, mense waarsku om te bekeer voor dit te laat is, die Name oplig van julle ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA julle MASHIACH en die Kosbare RUACH ha KODESH. Enige iemand wat hierdie etiketteer as boosheid sowaar sê EK vir julle hierdie, hulle het gelaster en hulle beter bewe in vrees want elke woord wat hulle gespreek het, hoor EK. En op die oordeelsdag sal hulle presiese woorde weer gespreek word en hulle sal hul kop hang in skaamte en as hulle kon sou hulle dit weer oor doen op ‘n ander manier.

Maar onthou MY Kinders, EK het nie hierdie geëtiketteer “Die Laaste Kans Bediening” vir niks nie. Enigee iemand wat kontak het met hierdie Bediening kom van aangesig tot aangesig met YAHUVEH en wat hulle doen aan julle word gedoen asof aan HOM. Want geen man of vrou kry die eer vir hierdie Bediening nie, alle Lof, Eer en Heerlikheid aan dit wat julle die Heilige Drie-eenheid noem.

So dit is op hierdie dag en dit is op 5 April die herdenking van die eerste keer [Elisheva] wat EK vir jou gesê het, jy is MY Ringmaagd en EK gebruik die woorde wat deur jou gespreek word om hierdie wêreld te bereik, aan diegene wat wil luister en ja, EK sê, selfs diegene wat forseer word om te luister en aan diegene wat gaan luister.

Op 10 April, 2009 wil EK hierdie herdenking uitgeskree hê ver en wyd, 21 soos die mens hulle tel as jare en hierdie Bediening is steeds hier en dit is vir YAHUVEH se Lof, Eer en Heerlikheid wat EK hierdie spreek.

Einde van Woord

Elisheva: Dankie ABBA. Dankie Geliefde YAHUSHUA. Dankie Kosbare RUACH ha KODESH. Alles net omdat ons U weereens gevra het.

Elisheva: (Lag) Dankie. Ons dank U net ABBA YAHUVEH. Net Dankie Pappa dit is waarlik ‘n gelukkige feesviering, ‘n gelukkige verjaardag en dit is alles tot Lof, Eer en Heerlikheid van die Aleph en Tav, Alfa en Omega, ons ABBA YAHUVEH, ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH.

Dankie. Dankie. Dankie. Dankie.

Amen

Gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH.

5 April 2009



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred