Profesie 109

EK, YAHUVEH, Sê, Dankie vir Julle Getrouheid!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 27 Maart 2009

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Oorgeskryf vanaf ‘n oudioband:

Elisheva sê:

Ek het gehoor dat iets veronderstel was om te gebeur op 27 Maart. Hierdie is ‘n film wat by die teater sou wees, wel maar elkgeval, so het ek gedink o daar was ‘n aftelling daarop, gedink dit gaan op TV wees.

Maar die hoofsaak is dit is nie wat dit was nie. Daar was iets spesiaals vandag, dit was nadat ons [Amightywind leierskap] nagmaal gehou het en ons gevra het of ons winkel [toe] kon hardloop om ‘n paar goedjies te kry want dit eer Vader en HY beskerm wanneer ons vra. Ewe skielik het HY (YAHUVEH) begin praat oor geloof en HY het gesê hoe HY ons beloon wanneer jy iets doen wat YAHUVEH vir jou sê om te doen en dit ‘n groot stap van geloof verg om dit te doen. Jy moet jou hele vlees beveg, jy moet jou vrees beveg, jy moet omstandighede beveg, maar jy sal gehoorsaam wanneer YAHUVEH vir jou sê om daardie stap te neem van geloof. HY sê wag en kyk of EK jou nie meer sal seën as wat jy ooit moontlik gedroom het nie.

Toe die volgende ding wat HY gesê het vir my, het HY gesê dit was net soos ons nog nooit ‘n lekker huis gehad het om in te woon nie. Ons was altyd net o my goeiste ons sal nie eers die kort termyne doen wat ons in plekke gewoon het en wat die huiseienaars aan ons gedoen het of toe ons in ‘n bus gebly het of altyd moes hardloop van een plek na die volgende nie. Dit was aaklig. Dit was aaklig. Ons was nie geseënd toe ons in Amerika was nie. Behalwe toe ons die grootste stap van geloof geneem het, wel in my oë was ons nie [geseënd in Amerika] nie, ons het immers ons grootste stap van geloof geneem en ek het gedink alles binne my —dit was een plek waaraan ek geen deel wou hê nie. Ek het immers my grootste stap van geloof geneem toe ek daardie oggend wakker geword het — ek sou dit nooit gedoen het as YAHUSHUA nie vir my gesê het nie en HY het gesê ons moes Alaska toe gaan. Deur trane heen het ek vir [die leierskap span] vertel dat YAH gesê het ons moet Alaska toe gaan.

Alhoewel ek nie daardie houthuis as ‘n seën beskou vir 6 maande nie, sal ek sê goeie dinge het daaruit voortgekom want HY het iemand opgerig, Cathy O.

[Hierdie volgende paragraaf was per ongeluk uitgevee van die oudioband af toe [ons] daarmee gewerk het om dit te plaas. So, hierdie volgende paragraaf is nie op oudioband nie — ons vra om verskoning daarvoor.

Alhoewel sy ‘n vyand is nou en ons instaat was, eerstens, eerstens het ons nie geweet hoe ons die geld in die hande sou kry om in staat te wees om Alaska toe te gaan om te gehoorsaam nie. HY het ‘n ander vrou opgerig om die geld te stuur, ons net totaal verras. Daardie jong vrou wat pas gered was en pas die waarheid ontdek het deur hierdie Bediening en dit is hoe ons in Alaska gekom het en dit was ‘n reuse stap van geloof om te verhuis Alaska toe. Toe ons dan aangesê was om Alaska te verlaat en ons nie verstaan het waarheen ons gaan nie, wat ons sou doen nie, het HY vir Cathy O. opgerig en weereens was dit ‘n reuse stap van geloof om Amerika te verlaat.

(weer op oudioband Deel 2)

Toe het HY net vir my gesê terwyl ek gebid het het HY gesê dat ek waarlik, die seëninge het waarlik nie voortgevloei nie totdat ons ‘n stap van geloof geneem het toe HY gesê het, “Julle sal nooit weer terugkeer Amerika toe nie, julle mag nooit weer terugkeer Amerika toe nie.” Ek weet nie, ek glo in geloof dat HY nooit iemand sal toelaat om ons te dwing om dit te doen nie maar deur ons eie wilskrag (wil) sal ons nooit terugkeer Amerika toe nie. Dis, dis enorm, ek bedoel al ons families is daar, biologiese families is daar en om te weet dat ons nooit, ooit daarheen sal terugkeer nie. Tog het HY gesê, “EK het MY seëninge uitgegiet” en HY het. HY het ons uitermate en oorvloediglik geseën sedert ons daardie reuse stap van geloof geneem het en Amerika verlaat het.

Net soos Kathrynyah, toe het HY met my begin praat oor Kathrynyah en haar reuse stap van geloof. Kyk nou waarmee sy beloon was, sy het haar geliefde Adam en ons kosbare suster wou ons so graag net ontmoet en nou woon sy by ons en sy het daardie reuse stap van geloof geneem. Ek meen elkeen van ons en dit is die les vandag op 27 Maart. YAH het ‘n belofte gemaak, wanneer jy ‘n reuse stap van geloof neem wat HY vir jou sê om te doen, sal HY jou seën uitermate en oorvloediglik meer as wat jy durf droom of vra. Dit is wat ek geleer het vandag op 27 Maart 2009.

HY herinner my ook aan my reuse, reuse, reuse stap van geloof. Met my, was my enorme, enorme stap van geloof om ooit weer ‘n ander man te vertrou, ah ek het nooit ‘n man vertrou om mee te begin nie tot en met Adam [my broer en mede bedienaar]. Ek het gesê, “Wel YAH ek gehoorsaam U” en ek het nooit ooit ooit enige daarvan berou nie. Ek Dank U net, ABBA YAHUVEH vir U belofte, solank ons U waarlik hoor en U vir ons sê om daardie stap te neem van geloof, moet U getrou wees en ons beskerm en U sal dit doen en U sal ons uitermate en oorvloedig seën.

(Stroomband oudio Deel 3 begin hier)

Ek het ‘n stap van geloof omdat ek gehoorsaam het. So, dit is al wat ek te sê het daaroor. Ons gee U net die Eer ABBA YAHUVEH. U is so getrou.

Elke keer — winkel toe, elke enkele keer by hierdie deur uit het ons geloof [om] weer veilig terug te keer. Ons jubbel by daardie deur, ons neem dit nie toevalligerwys aan nie want YAH het vir ons gesê om dit nie te doen nie. So ABBA YAH ons dank U net en ons Loof U. Nou gaan ons dit in gebed opneem hetsy ‘n paar dinge te gaan kry want PAPPA sê, “Elke keer wat ons dit doen,” sê ABBA YAHUVEH dit eer HOM en dit behaag HOM dat ons gehoorsaam en dit nie toevalligerwys aanneem nie. So dit is wat ek te sê het.

(Ek het dit nie op die band gesê nie maar een van my grootste stappe van geloof was toe ABBA YAHUVEH vir ons gesê het dat ons Afrika toe moet gaan. GEEN, GEEN, GEEN manier wou ek Afrika toe gaan nie. Dit was selfs erger as om Alaska toe te gaan. Ek het visioene in my kop gehad van woon in ‘n grashut met geen lugreëling nie en ek was so ontsteld. Maar toe het ons Geliefde YAHUVEH vir my ‘n Woord gegee en HY het my daaraan herinner dat HY my SY “lugreëling baba” noem en dat HY sou omsien na ons en ons seën omdat ons gehoorsaam. YAHUVEH is so getrou want hierdie is toe ons werklik begin het om geseënd te wees en ons het aangehou om elke dag meer geseën te word terwyl ons gehoorsaam. Hoe groter die stap van geloof is, hoe groter is die seëninge. O ja, ons het ook lugreëling gehad oral waar ons ookal gebly het. LOOF YAHUSHUA!)

[Elisheva begin bid in tale:]

Julle het MY gedank vir MY getrouheid MY Geliefdes, maar EK Bedank julle vir julle getrouheid. Vir al 5 van julle getrouheid, want al 5 van julle het vir MY julle lewe gegee en gesê, “Gebruik dit soos U wil, gebruik dit om U Eer te bring, gebruik dit om vir U SEUN YAHUSHUA Eer te bring.” Al 5 van julle is lewende offers vir MY. EK is konstant in julle gedagtes. Julle sit MY in julle planne. Julle sê, “Wat wil U hê moet ek doen ABBA,” en hierdie behaag MY. Julle strewe getrou, getrou daarna om MY te gehoorsaam en te behaag op elke manier en bereik siele vir die Eer van MY SEUN. Julle aanbid en loof getrou. Julle neem ONS nie as vanselfsprekend nie.

En nou praat EK nie net met julle nie, maar EK praat met die getroue YDS’e (YAHUSHUA se Demon Stompers, gebedsintersessors) want hulle doen dieselfde. Hierdie is die merk; Hierdie is die seël van diegene wat die Bruid van YAHUSHUA genoem word. Hulle is getrou. Hulle is lojaal. Hulle sal nie skik nie. Hulle sal nie terugdeins nie. Hulle sal staan vir wat reg is. Hulle sal bestraf wat verkeerd is.

Watter soort huwelik sou julle [mans en vrouens] gehad het as julle nie geweet het die ander is getrou nie? EK hoef nie begaan te wees dat jul oog sal gaan vir ‘n vals god nie want EK weet julle is getrou. So julle Bedank MY vir MY getrouheid. EK Bedank julle vir julle getrouheid.

EK Bedank julle vir al die kere wat julle jul planne maak en sê, “Ek sal dit of dat doen hierdie dag,” en EK Bedank julle vir julle getrouheid selfs wanneer EK julle planne opskeur en sê, “Nee MY Kinders, julle gaan dit op hierdie manier doen.” Julle gee MY getrou nogsteeds die lof en sê, “Abba YAHUVEH maak soos U wil.” Julle strewe getrou om te behaag en gehoorsaam. So dan MY Kinders vra EK vir julle hierdie vraag. Hoekom sal EK julle nie oorvloediglik wil seën op elke manier nie? Wanneer EK vir julle vra om die grootste stap te neem van geloof, hoekom sal EK julle nie getrou beskerm, julle seën solank julle dit doen op MY manier nie?.

EK spreek hierdie boodskap aan almal, almal, almal wie MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en die Kosbare RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH eerste stel in julle lewe en julle liefde. EK praat met al die Bruid van YAHUSHUA. Dankie vir julle getrouheid. Dankie vir julle getrouheid, dat julle satan aanhoudend bestraf. Julle sal nie skik met sonde nie. Julle oë is altyd op die Hemel. Dankie vir julle getrouheid en wees verseker soos julle getrou is aan MY, is EK getrou aan julle. MY oog is ewig op julle. MY oor is geneig tot elke woord wat julle spreek.

Net omdat EK nie julle gebede dadelik beantwoord, op die manier wat julle dink EK moet nie, dink nie dat EK julle nie hoor nie. EK sal antwoord, somtyds is dit ja, somtyds is die antwoord nee en baie maal is die antwoord wag dit is nog nie MY tyd nie. Maar wees verseker EK is nie doof nie, EK, YAHUVEH is nie blind nie en enigiets wat julle aangaan, gaan MY aan. EK, YAHUVEH, is julle Skepper en EK weet wat die beste is vir julle, selfs wanneer julle nie weet wat die beste vir julself is nie. Terwyl julle MY getrou vertrou, sal EK getrou julle nie in die steek laat nie.

So weer wil EK sê, Dankie vir julle getrouheid. Hou aan vertrou in MY. Hou aan om nie te steun op jul eie insig nie. Selfs wanneer julle nie verstaan wat aan die gang is in die wêreld nie, selfs wanneer julle nie weet wat om te doen nie. Hou aan om getrou te bly, dat EK julle sal wys wat om te doen. Selfs wanneer julle val, MY Kleintjies, is EK daar om julle getrou op te tel en julle wonde te verpleeg. EK is getrou MY Kleintjies om MY toorn uit te giet op julle vyande. Net omdat julle eie oë nie sien wat EK doen nie, moenie dink dat EK nie getrou is om julle te verdedig nie. Bly getrou en weet hierdie, die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH sal nooit die krag daarvan verloor nie, die genesende, bevrydings, vergewings, opwekkings krag. Weet hierdie; die Woord wat vlees gemaak was, kan nie lieg nie. Elke Woord in die Heilige Geskrifte is ‘n “ja” en ‘n “amen”. MY Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie dit sal doen wat EK dit geroep het om te bewerkstellig om te doen.

So EK wou net sê en op hierdie dag van 27 Maart 2009, gee EK vir julle ‘n nuwe Profetiese Boodskap vir diegene wat is soos ‘n hert smagtend na water. Hulle kom na hierdie Bediening toe vir vars LEWENDE WATER. EK kan sê en profeteer van dit wat gaan gebeur maar julle het nie nodig om hierdie nou te hoor nie. Julle het net nodig om te hoor, ongeag wat gebeur. Ongeag wat julle sien. Ongeag wat in die lug verskyn. Ongeag wat die aarde skud. Ongeag die wapen wat teen julle gevorm word, hetsy deur die hand van die duiwel, hetsy deur die hand van die mens, hetsy deur die hand van ‘n alien. Weet hierdie; EK sal diegene getrou beskerm wie MYNE is. Roep MY aan in die tyd van benoudheid. Roep MY aan. Roep MY aan in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH. EK is getrou om julle uitroepe te hoor. EK is getrou om julle te verlos en julle in ere te herstel.

Julle gaan dit nodig kry, hierdie jaar. Julle gaan dit nodig kry om herinner te word, ongeag wat gebeur, EK is getrou. YAHUSHUA julle MASHIACH is getrou. Die soete RUACH ha KODESH julle IMMAYAH, SY is getrou. Aan diegene wat getrou is aan ONS, ONS sal ‘n weg voorsien vir julle waar dit lyk of daar niks is nie. Hou julle oë nie op die golwe en op die storm nie anders sal julle verdrink. Stel nie julle vertroue in die geldeenheid van julle nasie nie anders sal julle neergevel word. Hou julle geloof in MY. Hou julle geloof in YAHUSHUA julle MASHIACH. ONS is julle Voorsieners. ONS is julle beskutting. ONS is die Een wat vir julle manna voer uit die Hemel. ONS is die Een wat vir julle die LEWENDE WATER gee om te drink.

En weer wil EK sê, Dankie vir julle getroudheid dat julle hierdie Boodskap ontvang. Dankie vir julle getrouheid hoewel julle met julle fisiese oë die Hemel nie gesien het nie, glo julle steeds, want ONS beloon wel diegene wat ywerig soek na ONS. ONS beloon wel diegene wat ONS ywerig dien. ONS beloon wel diegene wat ONS ywerig gehoorsaam. Daar is belonings vir Heilig wees en daar is gevolge vir onheilig wees. EK IS YAHUVEH, en EK sal getrou wraak neem op MY vyande. Dink nie dat hulle wegkom om MY te bespot nie! Hierdie wêreld sal baie spoedig sien wat gebeur met ‘n volk wat MY verlaat en bespot het. Maar MY Geliefde Getroues kyk op, kyk op Bruid van YAHUSHUA; kyk op want waarlik kom julle verlossing nader.

Einde van Woord.

Dank U, Dank U, Dank U, Dank U, Dank U, Halleluyah, Loof U Heilige Naam ABBA YAHUVEH. Loof U Heilige Naam Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH. Loof U Heilige Naam Soete HEILIGE GEES ons IMMAYAH ons Geliefde MAMMA WYSHEID. Loof, o Loof, o Loof, o Loof U Heilige Naam!

U het aangehou en aangehou en aangehou om vir my te sê “27 Maart, 27 Maart” en ek het gesê, Wat het gebeur op 27 Maart? Wat is dit wat veronderstel is om te gebeur op 27 Maart? Toe ons dit die minste verwag het na nagmaal het ons PAPPA vir ons ‘n lieflike Woord gegee en ons hou vas aan U getrouheid ABBA YAHUVEH. Ongeag hoe U hierdie wêreld skud glo ons getrou dat U ons nie sal toelaat om geskud te word nie. U sal nie ons geloof toelaat om geskud word nie. Ons glo, getrou, getrou, getrou ABBA YAHUVEH dat U ons sal beskerm.

O Dank U PAPPA vir hierdie Woord. Dank U vir die bemoediging vir diegene Hemelse VADER wat hul werke verloor het, diegene Hemelse VADER wat nie hulle rekeninge kan betaal nie, diegene wat nie weet waar hulle gaan woon nie, diegene waar ongesteldheid, siekte en kwale hulle huishoudings oorgeneem het, Hemelse VADER en hulle so swak is en hulle nie weet wat om te doen nie. Dank U vir U getrouheid, ABBA YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH. Presies nou gaan geloof in hulle kom Hemelse VADER, diegene wat nie weet wat om te doen nie. Diegene in ‘n huwelik wat ongelyk gejuk is en hulle weet nie wat om te doen nie, Hemelse VADER. Hulle is op die rand van egskeiding, Hemelse VADER en hulle weet nie wat om te doen nie, Hemelse VADER. Ons dank U vir U getrouheid Hemelse VADER in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH sal U die skeidingswaard gebruik op die huwelike wat nodig het om geskei te word, Hemelse VADER en U sal die huwelike bymekaar bring wat nodig het om bymekaar gebring te word deur die liefde van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Dank U vir U getrouheid, Hemelse VADER vir die terugbring van die kinders VADER om weereens die pad te loop van Heiligheid Hemelse VADER. Dank U vir U getrouheid Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH vir die gestorte Bloed van YAHUSHUA en verlossing wat na die huise toe kom van diegene wat gebid het vir die verlossing van hulle geliefdes. Dank U vir U getrouheid ABBA YAHUVEH dat U ons beskerm teen die regerings, die korrupte regerings van hierdie nasies Hemelse VADER. ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH, Dank U vir U getrouheid en U kragveld wat ons beskerm Hemelse VADER en maak dat ons onsigbaar is Hemelse VADER deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH, sodat die vyande ons nie kan sien nie en ons weggesteek sal wees en ons onsigbaar sal wees.

Dankie vir die vernietiging van die papierwerk wat die vyand op ons het Hemelse VADER. Dank U en Loof U ABBA YAHUVEH presies nou. U weet van watter papierwerk ek praat, Hemelse VADER. U ken die geheime wat die regerings hou Hemelse VADER. Ek praat van die papierwerk Hemelse VADER wat gehou word teen enige iemand wat Heilig is Hemelse VADER terwyl hulle opspoor en hulle name registreer word ABBA YAHUVEH in ‘n databasis Hemelse VADER gemerk vir uitwissing VADER. Dank U ABBA YAHUVEH vir die stuur van Heilige inmekaargeskakelde engele presies nou om hulle te omring en te beskerm [met] koepels oor hulle wonings Hemelse VADER. Dank U ABBA YAHUVEH net so seker soos U vir Lot gespaar het, net so seker soos U vir Noag en sy familie gespaar het, net so seker soos U vir Daniël in die leeukuil gespaar het en Sadrag, Mesag en Abednego in die vlammende vuuroond. Dank ons U vir U getrouheid ABBA YAHUVEH om al diegene te beskerm wat waarlik, waarlik, waarlik behoort aan YAHUSHUA ons MASHIACH.

Dank U vir U getrouheid om ons te beskerm terwyl hulle die gif versprei in die lug Hemelse VADER, deur wat genoem word ‘chemtrails’ regoor die wêreld om die populasie te verminder. Hulle dink dit wat hulle in die geheim gedoen het is nie bekend nie. Terwyl U, ABBA YAHUVEH gesê het, “wanneer julle hierdie dinge sien, pleit die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, bid die wapen terug op die vlieënier, bid die wapen terug op die een wie hierdie gifstowwe geskep het, bid die wapens terug op die regerings wat dit toelaat, wat dit stuur”. Laat die Bloed van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH wees soos ‘n antibiotika. Beskaam die vyand, ons Dank U en ons Loof U, ons stuur verwarring in die vyande se kamp in. Hulle dink hulle het die antibiotika en hulle gee dit vir hulle vriende en hulle familie o maar ABBA YAHUVEH U sit dood in daardie inspuitings. U sit dood in daardie pille. In plaas daarvan is dit die Heiliges wat beskerm word want hulle kan ons nie seermaak tensy U dit toelaat nie. So getroues, wanneer julle die gif ‘chemtrails’ sien in die lug, onthou om die gebed te bid, “Ek pleit die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH hieroor. Ek stuur hierdie wapen terug na die vlieënier, die chemikus wat dit geskep het en die regerings wat dit stuur.”

Want YAHUVEH is getrou en wanneer hulle die kos en die water vergiftig en selfs die luggolwe dood uitstuur, siektes. Dank ons U vir ABBA YAHUVEH se getrouheid dat ons beskud sal wees teen al hierdie. Maar dit is die een wat hierdie wapens uitstuur na wie dit sal terugkeer op hulself, want daar is geen beskerming teen die wraak van ABBAYAHUVEH nie want HY het belowe om ons getrou te beskerm en om wraak te neem op ons vyande.

Dank U Pappa YAHUVEH dat U ons beskud onder U vleuels soos Psalm 91 sê. Dank U ABBA YAHUVEH met ons oë sal ons die vergelding sien van die bose. Enige vyand van U ABBA YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH is ‘n vyand van ons. Enige iemand ABBA YAHUVEH wat onheiligheid verdedig, wat sonde goedkeur of hulle dit weet of nie hulle dien satan en hulle is ‘n vyand van die Heilige Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Ons sal U getrou dien ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH al die dae van ons lewens op hierdie aarde en vir altyd ewig in die Hemel. Net soos ons U hier Loof en aanbid so sal ons U getrou Loof en aanbid vir ewig in die Hemel. Ons vra ABBA YAHUVEH en ek staan nou vir die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH en ons vra dat dood nie hierdie liggame sal aanraak nie, dat ons ‘n getuienis sal hê soos Henog voor hy opgeneem was Hemel toe behaaglik gevind was tot ons ABBA YAHUVEH.

‘n Iedere en elke dag belowe ons om getrou te strewe om U meer te behaag elke dag ABBA YAHUVEH. Om U al die Lof, Eer en Heerlikheid te bring deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH. Ons Aanbid U. U is ons Majesteit. Ons Aanbid U. Ons het U lief. Ons Bewonder U. Ons Loof U, ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH ons IMMAYAH ons MAMMA WYSHEID ons MAMMA SHKHINYAH ons MAMMA HEERLIKHEID. U is al hierdie dinge o Kosbare HEILIGE GEES en ons Aanbid U.

Ons dank U vir die Salwing wat U op my geplaas het hierdie dag om U stem te hoor op hierdie onverwagse manier net om vir U geliefdes te sê, “Dankie vir julle getrouheid”. Dit het alles begin met ons wat U gedank het vir U getrouheid en U het op die ou-einde ons bedank.

Dank U. Amen.

Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu

27 Maart 2009.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred