Profesie 108

EK, YAHUVEH Sal Binnekort die Gees van Vernietiging Loslaat Op die Aarde!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 9 Maart 2009 ‘n Woord vir Purim 2009

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * * *

Na die lees van die Boek Ester en toe in gebed voor die Troon van YAHUVEH saam met ‘n geliefde suster, het ek vir YAHUVEH gevra of HY’n Woord het wat HY graag wil spreek op hierdie Purim. Hierdie is die Woord wat gespreek was.

Audioband:

Elisheva: Heeltyd hoor ek HOM sê, EK sal praat MY dogter, maar nou is nog nie die tyd nie.

EK, YAHUVEH Sal Binnekort die Gees van Vernietiging Loslaat Op die Aarde!

Want die Woorde wat EK sal spreek sal van VUUR wees. Weet net dat julle wel sprankel voor MY, al diegene wat wandel in MY heiligheid en MY waarheid, wat waarlik weet wat Purim verteenwoordig, waaroor dit gaan. Weet net hierdie, julle sprankel voor MY, julle dra die keurigste klere want daar kan geen keuriger kledingstuk wees as die Kleed van Geregtigheid wat MY Seun YAHUSHUA om julle sit nie. Weet net hierdie terwyl die vyande die vernietiging beraam van die heiliges, so weet EK ook hoe EK die onheiliges gaan vernietig.

Nou is nog nie die tyd om Woorde voort te spreek van VUUR nie, MY dogter. Wees geduldig. EK gee net hierdie paar woorde van bemoediging vir jou. Dat EK, julle ABBA YAHUVEH behaag is. EK is behaag met MY geestelike Israel, diegene wat in die voetspore loop wat EK vir hulle beskik as heilig, diegene wie se ore ingestel is op elke woord wat EK spreek. MY Kinders, MY Babas, MY Bruid, MY Uitverkorenes en MY Uitgesoektes, julle wat geen trots neem in wie julle is of wat julle kan bereik nie maar julle trots is in wat EK, YAHUVEH doen, wat EK, YAHUVEH bereik deur MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH.

Hou net aan bid soos EK vir Mordegai die onderskeiding gegee het om te weet waar die vyande was en watter planne hulle gemaak het om die heiliges te vernietig. Bid vir onderskeiding dat EK altyd vir julle wys waar die vyand versteek is selfs al is dit tussen julle. Weet net hierdie, enige iemand wat wil infiltreer en die leierskap verraai van hierdie bediening en diegene wat deel is van hierdie bediening, diegene wat beraam om hierdie bediening te vernietig, diegene wat lieg op hierdie bediening, EK met MY eie hand sê YAHUVEH sal hulle vernietig net so seker as wat EK Haman en sy 10 seuns vernietig het en al daardies wat opgestaan het teen diegene wat EK voor-af bepaal het om veilig te hou. Julle sien in hierdie eindtye weet EK reeds ongeag wat die vyand doen het EK het reeds voor-af bepaal wie EK sal veilig hou in die palm van MY hand waar geen mens hulle kan uitruk nie. Net soos in die dae van ouds het EK reeds voor-af bepaal het dat EK vir Mordegai en Ester veilig sou hou.

Niks het verander nie, maar wees voorbereid [Elisheva] want nog ‘n woord gaan kom en dit sal vol wees van MY VUUR maar weereens is hierdie nie die tyd daarvoor om vrygestel te word nie. Weet net hierdie, EK, YAHUVEH, sal nooit verskoning vra vir wat EK gedoen het aan Sodom en Gomorra en die ander stede wat hulle voorbeeld gevolg het nie en EK, YAHUVEH, belowe hierdie, EK’s op die punt om die gees van vernietiging los te laat op hierdie aarde en EK is op die punt om dinge toe te laat om plaas te vind wat nie voorheen gebeur het tot die omvang wat dit sal plaasvind nie.

Maar weet hierdie, EK vertel dit nie vir julle om vir julle vrees te veroorsaak nie maar om julle opnuut te verseker, diegene wat waarlik behoort aan YAHUSHUA, diegene wat bedek is deur MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH se gestorte Bloed, wat waarlik hulle wil en hul lewe onderwerp aan HOM en daarna strewe om elke opdrag te gehoorsaam uit die Hemel daar-bo, EK gaan julle veilig hou. Hou net vas aan julle geloof want satan wil julle geloof hê meer as wat hy jul lewe wil hê. So hou styf vas aan julle geloof en kyk wat EK met die vyand doen. Kyk wat EK doen aan diegene wat alles wil vernietig wat heilig is. Kyk wat EK, YAHUVEH, gaan doen, want hulle lot sal veel erger wees as Haman en sy 10 seuns se lot.

Leef elke dag jou lewe en sê, “Hoe kan ek U meer behaag, ABBA YAHUVEH? Hoe kan ek U meer behaag, YAHUSHUA my MASHIACH? Hoe kan ek U meer behaag, kosbare RUACH ha KODESH, my IMMAYAH, my MAMMA WYSHEID?” En julle MAMMA WYSHEID sal vir julle die wysheid gee om hierdie antwoord te weet.

O, hoe lief het EK julle. EK weet wie is MYNE. EK ken die name wie MYNE sal wees wanneer hulle uiteindelik finaal hulle wil oorgee aan MY en die Gestorte Bloed van YAHUSHUA aanvaar om hul sondes weg te was. Maar hulle weet dit is nie genoeg nie, hulle weet hulle moet wegdraai van die bose. EK weet wie julle is.

Hierdie is die woorde van bemoediging wat EK te sê het vir julle op hierdie Purim dag van 2009. Dit maak nie saak nie MY kinders, moenie ergerlik wees onder mekaar hetsy dit hierdie dag of daardie dag is nie want tye is verander deur die mens, maar EK ken jou hart. Dit vereer MY dat julle MY troon sal nader soos ‘n Ester en EK hou MY Septer uit en SY Naam is YAHUSHUA, MY enig verwekte Seun en EK ontvang julle en julle aanbidding en julle lof het na MY toe gekom soos ‘’n soete geur. So hou aan sprankel vir MY te midde van hierdie mishoop van die aarde, EK kyk uit die hemel en EK sien julle sprankel en EK is geëerd.

Einde van woord

(DRINGENDE WAARSKUWING: Die sprankel wat YAHUVEH sien is NIE die sprankel van die vals goudstof waarvan YAH gewaarsku het nie in Profesie 32 - Pasop vir Goudkoors Herleweing! Lees asb weer hierdie Profesie en waarsku die mense!)

Hierdie is die sprankel waarvan YAHUVEH praat. Hier is sommige uittreksels uit vorige Profesieë waar YAHUVEH gesê het SY Skatte sprankel voor HOM.

Uit Profesie 91 - John Hagee, Jy Is Verdoem, Sê EK, YAHUVEH!

MY geliefde skatte, die min wat EK het wat sprankel soos ‘n duur edelsteen. EK kyk van MY Troon af in die Hemel en EK sien die onlastings van onmenslikheid want dit is waarna satan se kinders vir MY lyk, hope ontlasting. Die stank reik tot aan die Hemel. Hollywood is niks meer as satan se speelgrond nie en waarlik hou die hel ‘Wie is Wie van Hollywood’. Maar julle sien EK het hierdie klein sprankelende edelgesteentes regoor die wêreld wat MY herinner, selfs in MY raserny en grimmigheid, kan EK hulle sien sprankel, omsoom deur die ontlasting reg rondom. Maar julle sprankel want MY kosbare, kosbare, kosbare Geliefde GEES is binne-in en julle sprankel.

Uit Profesie 95 - YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapen, EK LEWE!

Die tyd is so kort nou. Die lammers word oornag skape. EK giet MY Waarheid uit. EK maak hulle groot want daar is nie tyd om babas te bly vir lank nie. EK eis Heiligheid meer as ooit vantevore want boosheid woed oral rond. EK kyk vir die sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader kyk na die aarde. Sien, diegene wat behoort aan MY sprankel soos die helderste edelgesteente, terwyl MY lig skyn op hulle. Maar waarlik is julle in en is julle omring rond-om met die ontlasting van onmenslikheid. En EK soek na die sprankel en die edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en selfs uit die Hemel kan EK die kosbaarste van MY juwele aanskou. Dit is elkeen van julle wat MY eerste stel in jul lewens en jul liefde, wat strewe om te gehoorsaam ten alle koste. Wat satan bestraf en hom laat weet hy sal geen deel hê aan julle nie. Julle is MY kosbare juwele.

Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu

9 Maart 2009



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred