Profesie 105

EK, YAHUVEH Sê, “in 2009 Gaan EK Alles Skud Wat Geskud Kan Word!”

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 29 Desember 2008

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Nota: Hierdie Profetiese Woord was aan ons gegee as deel van ‘n persoonlike Woord vir ons. YAHUVEH het beveel om hierdie gedeelte van die Woord te plaas vir SY Getroue en Opregtes vir 2009.

* * * * * * *

[Hierdie eerste paragraaf was bygevoeg op 8 Januarie 2009. Die webbestuurder het vergeet om dit by te voeg vanaf die oorspronklike woord wat gegee was op 29 Desember 2008.]

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het.

In 2009 gaan EK alles skud wat geskud kan word. As jy nie gebou is op die Soliede Rots nie, gaan jy gebou word op wegsinkende sand. Dit sal wees asof dit dryfsand is en jy sal onder toe gaan. EK toets MY Bruid. Toe EK vir julle gesê het om te gaan, het julle gegaan, julle het nie gesê, “Maar hoekom moet ons gaan?”nie julle het net gehoorsaam. EK is die Opper Bevelvoerder, julle mag nie MY bevele te bevraagteken nie. Julle moet gaan na waarheen EK sê gaan, julle moet stilstaan waar EK sê staan stil, julle moet loop wanneer EK sê loop, julle moet hardloop wanneer EK sê hardloop, julle moet praat wanneer EK sê praat, julle moet stilbly wanneer EK sê bly stil, julle moet oorlog maak wanneer EK sê maak oorlog, julle moet vreedsaam wees wanneer EK sê vrede.

Moet nooit sê EK sal iets nie doen nie want EK, YAHUVEH, sal julle beskaam. Moenie veronderstel julle ken MY wil nie, in plaas daarvan vind uit MY wil. Vir die Getroues en die Opregtes, is hierdie die Woorde vir 2009 wat EK gee vir julle en alhoewel dit nie 2009 is nie sal hierdie gedeelte geplaas word voor die wêreld. Slegs deur die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH sal julle instaat wees om te staan.

Weer sê EK alles en enigiets wat geskud kan word sal geskud word, so wees voorbereid nou terwyl EK julle waarsku in 2008. Neem niks as vanselfsprekend nie, neem nie julle water as vanselfsprekend nie, neem nie julle voedsel as vanselfsprekend nie, neem nie julle inkomste as vanselfsprekend nie, neem nie julle huise as vanselfsprekend nie, neem nie julle familie as vanselfsprekend nie en die familie is diegene wat behoort aan die liggaam van YAHUSHUA MASHIACH. Want julle sal vind jul grootste vyande kan gevind word in julle eie huishoudings deur julle eie bloedlyn maar nie deur die bloedlyn van YAHUSHUA julle MASHIACH nie. Hierdie is julle ware familie, hierdies is diegene wat julle nie sal verraai nie.

Julle kom nader nou soos aan die datum van die holocaust. Leer die les deeglik van diegene wat oorleef het, tot diegene wat nie gevang was nie. Julle onderdanigheid is tot MY, YAHUVEH, nie aan die wette van die mens nie. As hulle nie in lyn is met wat EK sê nie gooi hulle weg. Julle weet wat die Woord sê. Want EK sal vir julle sê om te doen wat julle nie dink nie, EK sal vir julle sê om te sê wat julle nie dink nie, EK sal julle wegsteek op ‘n manier wat julle nie dink nie.

Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu

29 Desember 2008



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred