Profesie 103

EK, YAHUVEH, Oordeel Jou Volgens Jou Vrug!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 9 November 2008

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * *

Elisheva: Ek het wakker geword met 'n baie interessante droom. Julle weet 'n Profeet is iemand wat YAHUVEH vertrou met SY Geheime maar dit sou niks baat om hierdie geheim vir myself te hou nie en ek weet dat ek veronderstel is om hierdie met diegene te deel wat waarlik, waarlik daarna strewe om ons Geliefde YAHUVEH en ons Geliefde YAHUSHUA MASHIACH en ons Geliefde RUACH ha KODESH, ons IMMAYAH, kosbare, kosbare HEILIGE GEES, ons MAMMA WYSHEID te behaag.

Ek het hierdie droom gehad (twee maal) agtermekaar en ek het dieselfde ding gesien. Ek het 'n verslagkaart gesien en in daardie verslag is dit YAHUVEH wie ons die Verslagkaart gee. Maar HY hou nie rekord soos ons in Amerika volgens die alfabet gradeer, A, B, C, D, E, F, nie Nee, HY het 'n hoër manier wat HY gradeer en HY gradeer op drie verskillende maniere. HY gradeer volgens persentasie heel eerste, volgens die persentasie van die tyd wat ons HOM gehoorsaam, volgens die gesindheid waarmee ons HOM gehoorsaam. Met ander woorde, ek gaan dit weer sê : Volgens ons werkverrigting, volgens hoe vinnig ons verrig en die gesindheid wat ons openbaar wanneer ons vir HOM werk verrig, wanneer ons HOM dien, wanneer ons gehoorsaam.

Julle sien, ons word gegradeer op ons verslagkaarte, en my hand begin bewe, deur ons gehoorsaamheid. Al drie van hulle gesamentlik. HY neem daardie telling en HY neem 'n persentasie en twee keer, agtermekaar het ek [‘n] Verslagkaart gesien. Dit was 93% Ek glo dat die Bruid weggeraap word van hier-uit, want net soos Henog en ek was herinner hieraan en 'n Woord het begin voortkom omdat ek probeer het om alles te snap wat YAHUVEH gesê het. Henog het 100% gehad. Hoe weet ek hy het 100% gehad? Want Hebreers 11:5 [Henog was weggeneem. Hy het die dood nie gesien nie, want voor sy wegneming het hy YAHUVEH behaag]

HEY, dit is omdat YAHUVEH 100% verwag Bruid! Ons is nie hier weg nie voordat ons 100% bereik nie! So.....elke keer wanneer ek 'n Boodskap ontvang dat die Bruid nog nie gereed is nie, probeer ons om ons punte-telling te verbeter. Terwyl ek hierdie bepeins het, en deel van my graad, ek het nie my Verslagkaart gesien nie, maar deel van my graad is hoe vinnig ek 'n Woord of 'n droom sal voortspreek, selfs al dink ek dit is iets wat ek dink iemand nie te ingenome mee gaan wees nie.

Ons sal nie 100% kry nie totdat YAHUSHUA sê "Kom na vore," julle weet, so hy weet hoeveel hy daaraan moet werk en, soos ek gesê het, die gesindheid gedeelte.

Ons kan dinge doen en ons kan net sê, "O ek moet dit doen en ek moet dat doen." Die gesindheid is wat ek dink die Bruid werklik harder aan moet werk. Dit is dat ons dit vreugdevol doen. En wat YAH ookal sê, ek meen ons vlees gaan ineenkrimp, maar wanneer HY beveel om iets te doen en julle sê, “Ag nou goed, ek sal dit doen” (wrewelrig). Raai wat mense julle persentasie het dan sopas gedaal. Dit sê ons moet dit met blydskap doen soos vir die Here.

Wanneer dit tyd word om 'n tiende te gee, sê HY om die tiende te gee, en julle gee die tiende waar jul gevoed word. Dit is net soos hierdie Bediening. Julle sal verbaas wees, verbaas, as julle weet hoe baie net eenvoudig dink dit is 'n plek waarheen hulle net kan gaan en geestelik gevoed word, maar hulle gee nie regtig om of ons gevoed word nie. Julle sal werklik, werklik verbaas wees. Hierdie is wat ons doen 24 uur per dag. Ons is hier om ons Geliefde ABBA YAHUVEH te dien, om SY Skape en Lammers te voed.

Hierdie webwerf gee julle nie net iets wat net woorde alleen is nie, wat nie mooi is om na te kyk nie. YAHUVEH het ons vir gesê om buitengewoon en oorvloedig meer te doen waarvoor julle selfs vra en julle het die prag daarvan. Nou selfs vir diegene wat nie die tyd wil neem om te lees nie, julle kan selfs net luister na die Woord. Ek meen, ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer doen wat ABBA YAHUVEH hierdie Bediening beveel het om te doen, om te doen wat HY mý beveel het om te doen.

Byna 14 jaar gelede, toe ek eers op die Internet gekom het, voor die hele wêreld, waar HY my genoem het 'n "Profeet vir die uithoeke van die aarde – voordat ek HOM gedien het, maar dit was nie [soos dit nie] – toe ek op daardie Internet gekom het [is dit] wat dit geword het. Dit is toe HY gesê het ek moet hierdie geharde Eindtyd generasie vermaak en ook inlig.

OK, nou het julle die mooiheid en nou kan julle selfs die Woord hoor en nou kan julle die Woord lees en wat julle daarmee doen is nie my verantwoordelikheid nie. My verantwoordelikheid soos HY vir my 'n droom gegee het en vir my gesê het, en HY hoorbaar met my gepraat het en vir my gesê het, "Voed MY skape." So, ons doen die beste wat ons kan doen om julle te vermaak sowel as om julle in te lig. Maar hoe min van julle wys selfs julle waardering, maar dit maak regtig nie saak nie, want ons werkverrigtings-graad word nie deur hierdie wêreld gegee nie. Ons werkverrigtings-graad word uit die Hemel gegee en ek vra nou vir U ABBA YAHUVEH en ek dank U. U het tweekeer vir my die droom gegee en U het gesê U gaan selfs my werkverrigting gradeer oor hoe vinnig ek die droom sou vertel.

Die elementêre dinge gedaan–weet julle wat, dis nie genoeg nie. ABBA YAHUVEH [sê] “Goed jy het tot hier gevorder. Nou het EK ‘n hoër roeping vir jou.”

So wanneer YAHUVEH sê, "Gaan jy hom [die mens] gehoorsaam of gaan jy MY gehoorsaam?" sê ek vir julle ek gaan [YAH gehoorsaam.] Ek glo eerlikwaar dit is 100% Bruid. Wanneer dit 100% bereik, is ons weg hiervandaan! En ek is nog steeds hier so ek weet dit is nog nie 100% nie.

[Elisheva praat in Heilige Tale.] O ABBA YAHUVEH, dank U, dank U, dank U vir daardie droom. Dank U. Dank U vir daardie openbaring. Niemand, niemand, niemand het hierdie openbaring nie. U het my weereens vertrou om dit vir U mense te gee, om U mense te bemoedig, om vir hulle te wys wat U van hulle verlang en verwag.

Profetiese Woord Begin:

O MY Geliefde, MY Geliefde, MY Geliefde, wanneer jy eers YAHUSHUA jou geliefde MASHIACH aanvaar in jou hart, in julle lewens en HOM eerste stel in jou liefde, begin jy deur te strewe om die Tien Gebooie, die Tien Wette te gehoorsaam. Maar dit is maar net laerskool want MY Woord sê, “Wees julle Heilig want EK is Heilig."

Elke dag is dit waarna julle strewe maar wanneer julle in die Bruidsklas kom is dit asof julle in julle aardse kollege kom vir julle Meestersgraad want julle wil julle MEESTERS graad hê en vir die van julle vir wie daardie Hemelse diploma oorhandig word op daardie dag dit is wanneer julle sal wees soos ‘n Henog vir MY en julle sal opgeraap word om MY te ontmoet in die lug.

Ek praat met MY Eerste Vrugte. EK praat met diegene wat die 144,000 is. EK gradeer volgens persentasie, nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar deur watter gesindheid julle het dat julle MY gehoorsaam; hoe vinnig julle MY gehoorsaam en die graad van die werkverrigting, hoe volkome julle MY gehoorsaam.

Doen julle dinge in julle tyd? Of doen julle dinge in MY tyd? Wanneer EK vir julle sê dat julle iets moet doen, doen julle dit met 'n vrolike hart? Wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun gooi julle net vir hulle jul oorskiet kleingeld soos julle 'n kelnerin of 'n kelner 'n fooitjie sou gee? Maak julle seker dat die profete wat bedien vir julle, wat julle voed, gevoed en gehuisves is? Want hierdie bediening reis deur die wêreld. Hulle bly net in een plek totdat EK, YAHUVEH vir hulle sê hulle moet aanbeweeg. Weet julle hoe baie keer moes hulle alles agterlaat? Hoeveel van julle sou 'n lewe kon lei soos hierdie? Hoeveel sou gewillig wees om hulle geliefdes agter te laat? Agterlaat in 'n land wat hulle nooit weer sal sien nie omdat EK, YAHUVEH, so gesê het? Dit is nie deur MY Hand dat hulle ooit sal terugkeer nie. Elkeen, elkeen, elkeen, wat YAHUSHUA as julle MASHIACH aanvaar, elkeen wat YAHUSHUA die Enig Verwekte Seun van YAHUVEH noem, behoort elke dag te strewe om MY, YAHUVEH te behaag.

Toe YAHUSHUA julle MASHIACH hierdie aarde bewandel het, het HY een, een, een begeerte gehad dat HY MY, YAHUVEH behaag. Konstant het HY julle daaraan herinner dat die dinge wat HY gedoen het, HY gedoen het om MY, YAHUVEH te behaag. Hierdie is wat MY Bruid doen. Hierdie is wat YAHUSHUA se Bruid doen. Aan die nuwe baba bekeerlinge, julle is nog maar net in die laerskool maar net soos 'n kind in die laerskool na die nuwe graad wil gaan, so ook, behoort julle te strewe.

Onthou vir Henog. Vra MY. Raak eerlik met MY en EK sal vir julle jul persentasiegraad wys. Hierdie is nie vir julle om opgepof te raak in trots nie want niemand, niemand, niemand, nie eers die Ringmaagd wat hier praat het al 100% nie. Die dag wat EK vir YAHUSHUA MY Enig Verwekte Seun sê, "Gaan haal JOU Bruid," sal diegene wat opgeraap word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet daardie dag weet hulle het 100% behaal van MY tevredenheid.

Daar sal diegene wees wat hierdie Boodskap sal hoor wat net sal inkom in die Hemel met hulle laaste asem. Hulle sal alles doen wat hulle kan om net die Tien Gebooie te hou, Heilig voor MY te leef op daardie manier. Op daardie dag sal hulle in die Paradys wees. Maar julle sien daar is vlakke tot die Hemel en die Bruid se enigste begeerte is om instaat te wees om direk in die Troonkamer in te kom. Hulle is die 100 persenters.

EK oordeel jou volgens die persentasie van die tyd wat jy MY gehoorsaam, weereens hoe vinnig jy MY gehoorsaam. Gee jy vir MY jou beste? Of kom jy net-net daarby? O hoe hartseer wanneer sommige van julle net krummels gooi na MY toe. Julle sien, EK, YAHUVEH, oordeel jou hart. Ek luister nie net na jou mond nie, EK weet wanneer jy wrewelrig iets vir MY doen of wanneer jy jubel. Net soos wat EK diegene opgerig het om helpers te wees vir hierdie Bediening, jy het begin as 'n vriend vir hierdie Bediening. Jy was biddend en het gebid en gebid as ‘n nuwe bekeerling begeerlik om YAHUSHUA meer te behaag elke dag en het gesê "ABBA YAHUVEH, wat kan ek doen om hierdie Bediening te help, wat kan ek doen om my lewe te laat tel in hierdie wêreld? Gee vir my 'n werk ABBA YAHUVEH. Maak my lewe dit werd om te leef." So EK gee vir jou 'n werk.

Ek praat met die een wat gewoonlik die pos hanteer het van hierdie Bediening. Ek het vir jou 'n werk gegee. Jy het begin met blydskap. Jy het begin dat jy nie genoeg kon doen nie, om te weet die pos moet aangestuur word bring ‘n werk mee, 'n Heilige werk wat EK vir jou gegee het. Diegene wat die pos hanteer, diegene wat die finansies hanteer word skroomlik beproef. Diegene wat aangesê word om van hulle finansies te gee om hierdie Bediening te ondersteun word skroomlik beproef. Maar word jy sterker? Of word jy swakker? Verloën jy die werk wat EK vir jou gegee het om te doen?

Sommige het gesteel, diegene wat EK vir [Elisheva] gesê het sy kon vertrou het verraai, want op die tydstip wat EK dit spreek kan hulle vertrou word. Maar EK het nooit gesê vir hoe lank nie. Maar diegene binne-in haar huishouding het EK gesê kan ten volle vertrou word. Julle ken julle name. Daar is diegene in YAHUSHUA se Demon Stompers, die Heilige Gebeds-Vegter Intersessors, hulle staan in die Voorste Linies, hulle kan op staat gemaak word om te vas en te bid, om Heilig te leef voor MY, hulle kan vertrou word op hierdie tydstip.

O hoeveel rou EK oor diegene wat sê, "Gee my net 'n werk om te doen. Gee my 'n werk om te doen. Wat is my werk op hierdie aarde, ABBA YAHUVEH." En EK gee vir hulle hul werk en hulle moet geëerd voel en hulle sê hulle is geëerd en hulle begin met die regte gesindheid en dan word die beproewinge te moeilik en hulle vlees staan op en hulle gooi die werk terug in MY gesig en hulle verraai hierdie Bediening weereens. Weet jy nie, EK oordeel jou hiervoor? EK oordeel jou einste hart.

Elke keer wat jy daardie brief van ondersteuning uitskryf, oordeel EK jou en die persentasie. Wanneer 'n Woord voortkom wat die vlees aanstoot gee, net soos hierdie Woord gaan doen, oordeel EK jou hart. Bedank jy MY? Bedank jy die Boodskapper? Plaas jy aksie agter jou woorde? Doen jy enigiets om hierdie Bediening te help? EK, YAHUVEH, oordeel jou, want jy sien, die Heilige Skrifte sê, jy word aanspreeklik gehou vir wat jy weet. (Is jy) bang om jou geliefdes se vlees aanstoot te gee, jou bure se vlees, vreemdelinge se vlees meer as wat jy bang is om MY, YAHUVEH aanstoot te gee?

Praat jy reguit en spreek uit teen homoseksualiteit, dit wat 'n gruwel is wat julle "selfde-geslag huwelike" noem? Dit is geen huwelik nie! satan spot MY hierdeur!

Verdedig jy die ongeborenes? Staan jy op vir sedelikheid? Vir wie het jy gestem gedurende die 2008 verkiesings? Skik jy met sonde?

EK gradeer julle MY Kinders. En op daardie dag in die Hemel wanneer julle staan voor MY Troon en die Boek van Lewe word geopen, daar sal ook jou graad wees.

Vra vir MY. Moenie vir 'n ander vra nie. Vra vir MY, YAHUVEH om vir jou 'n droom te gee, om vir jou 'n teken te gee en as jou hart opreg is en as jy instaat is om jou graad te hanteer, en dit jou nie sal ontmoedig of jou laat ophou probeer nie, sal EK vir jou jou graad wys, hoe gewillig jy was om jou lewe neer te lê vir MY, vir MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se onthalwe, hoe gewillig jy was en watter gesindheid jy het wanneer jy jou Getuienis van YAHUSHUA, MY Geliefde Seun deel. Is jy 'n hulp of is jy 'n hindernis vir hierdie Bediening? Aangesien jy hierdie Boodskap van hierdie Bediening hoor, word jy nou aanspreeklik gehou. Staan jy op en verdedig? Vertel jy vir jou familie, jou vriende, waarheen hulle kan gaan om die Waarheid te hoor wat direk uit die Hemel kom?

EK het julle so lief. Vir diegene wat slegs in die laerskool is, julle ABBA YAHUVEH het julle so lief! Julle het die eerste stap geneem! Julle het julle lewe gegee vir YAHUSHUA julle MASHIACH. Maar julle kan nie in die laerskool stop nie anders sal julle net vrugte wees wat aan die wingerdstok doodgaan. Julle moet. Julle moet. Julle moet aangaan. Moenie dink julle kan ophou nie. Strewe. Strewe. Strewe om Heilig te wees in alle gevalle want EK verwag meer in hierdie Eindtye. Aan jou vrug ken EK jou. Aan jou vrug sal die ander Heiliges jou ken. Aan jou vrug, gradeer EK jou vir die persentasie van jou vrug, hoeveel is goed en hoeveel is sleg.

Dit is hoekom die Bruid van YAHUSHUA MASHIACH SY Eerste Vrugte genoem word, SY beste. Hulle is verniel en geslaan en hulle is gekneus deur hierdie wêreld maar in SY oë, in YAHUSHUA se oë, is hulle die beste vrugte want hulle het daardie kneusing gevat, hulle het daardie vernieling gevat vir SY Naams ontwil en hulle is SY beste vrugte. Hulle is die Bruid.

En nou praat EK met die Bruid van Openbaring 7. Julle is ook goeie vrugte. O, maar julle vernieling en julle kneusing was nie tot die graad van die Openbaring 14 Bruid nie, maar julle vrugte behaag MY. En EK kan julle vertrou soos EK die Bruid van Openbaring 14 kan vertrou, want alhoewel julle nie 100% is nie, strewe julle elke dag om te wees.

So nou, deel EK hierdie geheim uit die Hemel wat niemand nog ooit vrygestel het nie. So loof MY en vra wat jou graad is en as EK dink jy kan dit hanteer, sal EK dit met jou deel, maar weereens, EK doen hierdie nie om een te vergelyk met ‘n ander nie want as EK dink jy sal opgepof raak met trots, omdat EK, YAHUVEH jou hart en gedagte ken, sal EK nie vir jou vertel nie. As EK dink hierdie sal gebruik word om jou in die grond in te slaan deur satan en as jy is nie instaat is om dit te hanteer nie, sal EK jou nie vertel nie. Maar jy het niks om te verloor nie, vra MY net.

Onthou dit, almal van julle wat behoort aan YAHUSHUA julle Geliefde MASHIACH, MY Enig Verwekte Seun, is almal ‘n werk in wording. Julle almal bewerk jul pad terug Hemel toe waarheen julle belonings julle sal volg maar dit is nie julle werke wat julle in die Hemel gebring het buiten gehoorsaamheid aan die Tien Wette nie, dit is YAHUSHUA se werk by Golgota, toe HY SY lewe neergelê het vir julle en toe HY weer opgestaan het uit die dood. Dit is SY werk wat julle in die Hemel bring sodat geen mens kan roem nie.

Selfs julle Verslagkaarte, julle Vorderingskaarte, soos EK hulle noem, is nie vir julle om te spog nie. Dit is deur SY Naam en SY Bloed, dit is tot die graad wat julle die RUACH ha KODESH toelaat, julle Kosbare IMMAYAH, om deur julle te werk dat julle gradeer word. As julle skaars die Tien Gebooie kan onderhou is julle maar net in die laerskool en as dit die enigste graadgemiddelde is wat julle kan kry, sal EK julle in die Paradys sien, die eerste vlak van die Hemel.

Dit is waar die dief wat bekeer het heengegaan het by Golgota. Dit is hoekom YAHUSHUA gesê het, "EK sal jou in die Paradys sien." Hy het niks anders vir MY gedoen nie behalwe dat hy YAHUSHUA erken het, MY Enig Verwekte Seun as die Seun van YAHUVEH en hy het gesê, "Dink aan my in die Hemel," en julle sal hom ontmoet in die Paradys. Maar hy was die eerste een wat bekeer het voor YAHUSHUA opgevaar het, net voor YAHUSHUA opgevaar het. Hy het die ander een aan die kruis daaraan herinner, hy het vir die ander een gesê, "Ons verdien die prys wat ons betaal maar hierdie man het niks gedoen om dit te verdien nie." Sy tuiste is nou in die Paradys.

So nou, MY Dierbares, wees bemoedig. Nou weet julle hoe EK, YAHUVEH, julle gradeer en aan julle vrug ken EK julle. Aan die vrugte van hierdie Bediening, ken julle dit, want julle weet dit was ‘n seën vir julle en hierdie dag het EK vir julle vars manna gegee uit die Hemel om te eet en nuwe wyn in julle uitgegiet en julle het goeie vrugte geëet, vir diegene wat waarlik behoort aan MY Enig Verwekte Seun, YAHUSHUA, julle MASHIACH. Vir sommige van julle het die werk pas begin, vir sommige van julle kom julle werk tot 'n einde. Vra vir MY jou graad en as EK dink jy kan dit hanteer, sal EK jou vertel.

Ter afsluiting, herinner EK julle aan die rykman wat 'n dissipel kon word van YAHUSHUA, wat geglo het hy was waardig om die Dissipel te wees van YAHUSHUA. YAHUSHUA het vir hom gesê, "Gaan en verkoop alles wat jy het (en gee dit) aan die armes en kom en volg MY." Maar EK het sy hart geoordeel. EK het gekyk na hierdie rykman se hart want in der waarheid was sy liefde vir sy rykdomme groter as YAHUSHUA. Sy begeerte na materiële dinge was groter as YAHUSHUA. Hy was nie gewillig om alles neer te lê vir YAHUSHUA, julle Geliefde MASHIACH nie, en hy het jammerlik weggegaan, want 'n mens kan nie twee meesters dien nie, hy sal die een haat en die ander liefhê.

YAHUSHUA julle MASHIACH is julle MEESTER. Vir watter persentasie was jy gewillig om alles neer te lê? Toe EK verdeel het met MY Goddelike Hand huwelike wat EK nie georden het nie, waar julle ongelyk gejuk was, wat is julle gesindheid? EK het dit gedoen vir julle eie beswil terwyl hulle hulself gejuk het aan satan en sy leuens. Hoeveel erger af sal dit wees in die Groot Verdrukking, die Tyd van Jakob se Benoudheid, waar daardie verraad die ander Heilige een se lewe sal kos, wat was jou gesindheid? Het jy 'n "Ag ellendige ek," gesindheid? Het jy 'n brommende, kwaad gesindheid? Wat is jou gesindheid? EK ken jou vrug, daaraan oordeel EK jou.

Vir die van julle wat die dae aftel, en daar is 'n webblad by “Five Doves”, hoeveel skade het julle aangerig en alhoewel julle bedoel om MY te eer, bou julle mense op vir so 'n dag wat julle sê, “Die wegraping sal kom.” Julle vertel vir die mense, “Al wat julle moet doen is om YAHUSHUA as MASHIACH te aanvaar en julle is gewaarborg in daardie eerste wegraping.” Julle Amerikaners is so opgepof in trots.

Julle sê, "Voordat verwoesting gebeur met Amerika, voordat enige oorlog kan uitbreek in Amerika, voordat enige kernbom Amerika kan tref, sal ons weg wees want YAHUVEH het die Amerikaners so baie lief! Meer as enigiemand anders op die aangesig van hierdie aarde! Ja, ons Amerikaners, ons sal gespaar word.” Dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, DWAAS! Dink julle dat EK, YAHUVEH, dat MY Seun YAHUSHUA, Amerikaners liewer het as die res van die wêreld?! Waar kry julle hierdie idees vandaan?

In plaas daarvan om mekaar te bestraf, in plaas van om te sê, “‘n Leuen- en misleidende gees het gespreek uit jou droom, jou visie, jou openbaring,” waar was die bestrawwing vir Pastoor (F.M.) Riley? Waar was die bestrawwing vir Jim Bramlett? En al die ander wat vals gespreek het? Wat is fout Jim? Jy sal dit nie plaas nie. Jy sal dit nie erken nie. Hoe baie was afgetakel? Hoeveel was verleë, verneder, het opgegee, instede daarvan om te erken dat jy verkeerd was? Pastoor Riley, EK het dit teen jou, jy wat jou formule gebruik by “Five Doves”, dit is nie genoeg om net in die laerskool te wees, noem dit grammatika, kleuterskool, in jou oë, voorskool. Wanneer iemand net vir YAHUSHUA aanvaar is hulle in voorskool. Hulle het nog nie eens begin om die Tien Wette te gehoorsaam nie tog waarborg jy hulle die Hemel?! Jy waarborg hulle die wegraping?! Jy gee 'n datum wat nie kom nie.

Hoeveel was vernietig, hoeveel sal hel toe gaan? Waar hierdie Bediening die Waarheid uitspreek en vrees om geen man of vrou aanstoot te gee nie. Julle moet Heilig leef. Julle moet Heilig wees. Julle moet strewe om Heilig te wees anders sal julle nie die Hemel sien nie.

Julle kan nie oor die hel leun so ver soos julle kan gaan en dink julle sal nie inval nie! BEKEER! BEKEER! BEKEER! Almal van julle wat in Amerika is, julle is so opgepof in trots, julle dink dat oorlog nooit na julle kuslyn toe sal kom nie. Julle sê, “Ek is die vernaamste nasie!" Maar EK kyk na jou, o, Amerika, EK kyk na die een wat jy so pas verkies het as president en dit was nie deur MY hand nie maar EK het jou keuse toegelaat want die een wat jy verkies het wys die gees in Amerika en dit is niks om op trots te wees nie! DIT WYS DIE HOEVEELHEID VAN DIE STANK VAN SONDE!

En Amerika, jy wat eens (Heilige) sendelinge oorsee gestuur het, jy wat eens gestaan het teen die diktators van hierdie wêreld, nou het jy, self, sopas 'n diktator van diktators verkies. Jy, self, het sopas 'n president verkies wat staan vir alles wat EK haat!

Geniet jou verdoemenis Amerika. Huil en treur, O Amerika. O, julle kerke, wat Oprah Winfrey se “evangelie” gesluk het. Die bose geheime, geheimhouers, sal nou die Withuis vul. EK het geprofeteer deur hierdie Ringmaagd. EK het julle gewaarsku oor die bose geheimhouers. (Lees Profesie 51 oor die bose geheimhouers). Gaan terug en kyk want mense het na haar (Elisheva) toe gekom en gesê “Wie is die bose geheimhouers? Watse bose geheime?” EK vertel nie vir haar alles nie want hierdie is geprofeteer lank vooruit voordat die geheime selfs vrygestel was. Onthou die geheime is uit die hel gestuur. Daar is slegs een weg in die Hemel in. Daar is slegs een weg deur MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se Bloed en Naam. Daar is slegs een weg, een Evangelie, en enigiemand wat vir julle vertel daar is ander maniere, julle beter hardloop. (Dit gaan oor Oprah Winfrey se goedkeuring van ‘n vals nuwe evangelie genaamd “The Secret”)

Julle beter wegkruip want nou vat die een wat so pas verkies is tot president daardie vals evangelie binne in die Withuis in en dit sal 'n stank wees en julle sal sien wat gebeur as julle 'n vyand van julle siel verkies en selfs diegene wie se name opgeskryf is in die Lam se Boek van Lewe, julle het deelgeneem hieraan, wetende hy staan vir kindermoord, wetende hy is pro-aborsie, wetende sy agenda is homoseksualisme! En EK kon soveel meer sê....

Julle sal sien hoe dit is om te lewe onder 'n diktatorskap. In die vorige verkiesings het EK vir julle gesê dat Bush die geringer van twee booshede was. EK het julle gewaarsku wat sou gebeur as Gore sou inkom. Die doodskampe vir die Christene sou vol gewees het maar EK het vir Amerika meer tyd gegee.

EK het die Verenigde Koninkryk (U.K.) gewaarsku. EK het die wêreld gewaarsku oor Harry Potter. Die toordery deurtrék nou, nie net in huise nie, maar in nasies. EK waarsku voor EK Oordeel stuur. Hoeveel wou nie luister nie? Hoeveel van julle wat julself Christen noem lees nogsteeds die Harry Potter boeke vir julle kinders? So moenie verbaas wees as julle die gees van rebellie sien en die ergste sonde manifesteer in julle kinders, die kleinste van die kleuters nie. EK, YAHUVEH, het julle gewaarsku. Moenie verbaas wees wanneer julle sien verwoesting kom na julle nasie toe deur nie op te staan vir Heiligheid nie. Hierdie is die Eindtye en aan julle vrug ken EK julle. Aan elke nasie, aan elke leier, ken EK julle. Hoeveel is net nikswerd, vrot stank in MY neusgate!

Aan diegene wat MY gehoorsaam, aan diegene wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en julle Geliefde RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, eerste stel in julle lewe en julle liefde, moenie stilbly nie.

Hulle (Homoseksualiste, Lesbieërs en ander) marsjeer en betoog in die strate en sê, “Ons eis die reg vir selfde-geslag huwelike! Ons eis die reg om erken te word as lesbieërs en gays. Dis ons Konstitusionele reg.” Die voorvaders het nooit dit bedoel wat daardie Konstitusie geskryf het nie. Julle het geen regte in MY oë nie! Julle wie hierdie promoveer is 'n gruwel! Julle sal die lot ondergaan van 'n Sodom en ‘n Gomorrah en die sewe stede ook vernietig. Julle het geen regte buiten die hel as julle nie bekeer nie. EK oordeel julle aan julle vrug. Aan julle vrug ken EK julle.

Nou waar is MY Heiliges om op te staan en nie stil te bly nie en aan te hou om uit te spreek teen hierdie gruweldaad! Vir die van julle wat dit gedoen het, en gestaan het teen aborsie EK sal ekstra genade hê oor julle. Want weet julle nie vir elke baba wat geaborteer word, word hierdie gedoen as 'n offer aan satan nie! Hierdie word gelê voor die voete van Molok! Onskuldige, onskuldige, onskuldige, onskuldige bloed word vergiet! Daar is niks onskuldiger as die ongeborene nie! Vir die van julle wat dit gedoen het, vir die van julle wat hierdie goedkeur, as julle nie bekeer en wegdraai van hierdie boosheid nie, vir ewig sal julle die geskreeu van die onskuldiges hoor terwyl hulle vermoor was in die ma se baarmoeder!

EK, YAHUVEH het hulle stille geskreeu gehoor! En nou is daardie kinders by MY. Maar julle, julle, julle, julle slagters, julle wat opstaan en sê, “Die vrou het die reg om die ongeborene dood te maak,” wat van die ongebore kind se reg? As julle nie gehoereer het nie sou hierdie nie gebeur het nie! Dit is julle, julle moeders wat die keuse het! Dit is julle, wat julself vaders noem, wat 'n keuse gehad het!

Herlees die Profesieë en julle sal sien, EK het julle gewaarsku dat die moord sou begin by die ongeborenes, vermetel om hulle níé mense te noem nie. Waar is hulle onvervreembare regte? Waar is hulle reg tot die strewe na geluk? Waar is hulle reg om te lewe? Waarom het julle dit weggeneem? Waarom sou julle 'n president verkies wat een stap verder gaan in die gruwel en gedoen het wat niemand gewaag het om voorheen te doen nie en gesê het "As 'n kind aborsie oorleef, is dit die reg van daardie moeder om dit te laat doodgaan, moet dit nie aanraak nie, laat dit ly in doodsangs en laat dit sterf.”

Dit is die hart van die een wat julle verkies het as president. Wat dink julle gaan met julle gebeur? Huil, O treur, o Amerika, want jy het sopas jou ondergang verkies! Want EK ken die vrug in Barack Hussein Obama en vir die van julle wat huil en treur, wat weet hierdie is nie Amerika se beste uur nie, bid en vra vir MY wat julle moet doen en waarheen julle moet gaan voor die verskrikking Amerika óórkom, want Amerika, EK ken jou vrug! Aan jou vrug, O Amerika, sal EK jou oordeel! Net soos die ander nasies van hierdie wêreld! Hierdie is die tyd wanneer kwaad goedgepraat word en van goed word gepraat as boosheid.

En nou eindig EK hierdie sprekend tot MY Geliefde Kinders. Nou eindig EK hierdie sprekend tot YAHUSHUA se Bruid en MY, YAHUVEH, se Bruid. Strewe elke dag om beter grade te maak met MY. Strewe elke dag om MY, YAHUVEH, te behaag sodat julle ‘n Getuienis kan hê soos Henog. En hierdie word slegs gedoen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA, MY Enig Verwekte Seun. Pasop vir enigiemand wat net die Naam JESUS sê en nou homself 'n "profeet" noem, want alhoewel EK gesê het daar is nog steeds vergifnis, genesing, bevryding, opstandings-krag in die Naam van JESUS CHRISTUS, pasop en maak seker julle weet van watter Jesus hulle praat. Dis hoekom EK altyd vir hierdie Profeet sê wat nou met julle praat, dit is YAHUSHUA MASHIACH, YAHUVEH se Enig Verwekte Seun, gebore uit 'n maagd, wat gesterf en weer opgestaan het op die derde dag, die enigste losprys vir sonde is SY gestorte Bloed. Dit is die YAHUSHUA MASHIACH. Daar is geen ander! En dis alleenlik, alleenlik, alleenlik deur SY Naam en Bloed is die enigste pad na die Hemel! So moenie luister na enige iemand wat vir julle anders vertel nie. Daar is geen ander deur na die Hemel nie! Om te luister na enige ander evangelie sal julle hel toe lei. (Oprah Winfrey se evangelie).

So het EK gespreek hierdie dag deur MY Ringmaagd weereens. Wat jy doen met hierdie Woord, hang van jou af. Weet net dat jy geoordeel sal word want EK ken en EK onderskei jou hart selfs terwyl jy gelees het en jy gehoor het. Is jy vasbeslote meer as ooit om MY te behaag? Of sal jy jou hande wanhopig in die lug gooi? EK ken jou vrug. Dit is waarop EK jou gradeer. EK ken jou vrug. Hierdie is hetsy jy sal weet jy gaan Hemel toe of hel toe. Hierdie is ‘n nuwe dag vir baie van julle terwyl julle oë oopgemaak was en nou weet julle wat behaag MY, YAHUVEH.

Einde van Woord.

Elisheva: Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U vir die eer om U Woorde voort te spreek. Dank U omdat U vir my hierdie droom gegee het agtermekaar. Dank U dat U my vertrou om U geheime mee te deel om U Skape en Lammers te bemoedig. Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U. Vir die Heerlikheid van ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, U Enig Verwekte SEUN, ons is geëerd en ons het U so baie lief. Ons aanbid U. Ons loof U. Ons sal voortgaan om die skape en die lammers te voed. Help ons asseblief om hierdie boeke uit te kry. Asseblief ABBA YAHUVEH, laat die mense opstaan. Laat hulle 'n hulp wees vir hierdie Bediening en nie meer 'n hindernis nie. O, ABBA YAHUVEH, asseblief, asseblief, asseblief rig die Heiliges op. Ons het hulle nodig. Ons het hulle gebede nodig. Ons het hulle ondersteuning nodig. Ons het hulle liefde nodig. Ons het hulle bemoediging nodig. Ons is geëerd om U te dien ABBA YAHUVEH. Ons is geëerd dat U hierdie Bediening vertrou met U Waarhede. Dank U. Dank U.

Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu

9 November 2008

As hierdie Profesie vir jou 'n seën was epos asseblief en laat my weet.

www.amightywind.com

www.almightywind.com

1Thes 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Meester wees

Jes 40:31 Maar die wat op Yahuveh wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie

Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die Son van Geregtigheid opgaan en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Matteus 25:1-13

1: Dan sal die koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

2: En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3: En toe die wat dwaas was hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4: Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hulle lampe geneem.

5: En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

6: En om middernag was daar 'n geroep: Kyk die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

7: Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

9: Maar die verstandiges antwoord en sê" Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

10: En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

11: Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!

12: Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.

13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.

Judas 1:14-15

14: En Henog; die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Meester het gekom met sy afgesonderde tienduisentalle.

15: Om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle afvallige werke wat hulle gedoen het, en oor al die harde woorde wat die afvallige sondaars teen Hom gepraat het.

Openbaring 3:10

10: Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Matteus 13

24: 'n Ander gelykenis het HY hulle voorgehou en gesê : Die koninkryk van die Hemel is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;

25: Maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.

26: En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.

27: En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meester, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?

28: En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar maak?

29: Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.

30: Laat altwee saam groei tot die oes toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

41: die Seun van die mens sal sy boodskappers uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die wetteloosheid beoefen.

42: en sal hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

43: Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

47: Verder is die koninkryk van die hemel soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;

48: en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.

49: So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die boodskappers sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei.

50: en hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Matteus 20

8: En toe dit aand geword het, sê die meester van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.

9: En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n dinarius ontvang.

10: Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen 'n dinarius ontvang.

11: En toe hulle dit ontvang, kerm hulle by die huisheer

12: en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.

13: Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n dinarius nie?

14: Neem dan wat joue is en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.

15: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?

16: So sal die wat laaste is, eerste wees en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies

Matteus 21

40: Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen:

41: Hulle antwoord Hom: Die slegte mense - hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.

42: Yahushua sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?

43: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van Elohiem sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

44: En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, daardie een sal hy vermorsel.

Matteus 22

1: En Yahushua het weer deur gelykenisse met hulle begin praat en gesê:

2: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het

3: en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.

4: Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.

5: Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.

6: En die origes het sy dienskengte gegryp en mishandel en doodgemaak.

7: Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.

8: Daarop sê hy vir sy dienskengte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.

9: Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.

10: En daardie dienskengte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het; slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

11: En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.

12: En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.

13: Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

14: Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Skrifgedeeltes rakende spreek in Tale:

Markus : 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek..

Hand 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hand 2:11 Kretense en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van Elohiem praat.

Hand 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohiem groot maak. Toe het Petrus begin praat.

Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gepraat en geprofeteer.

1 Kor 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerlei tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

1 Kor 12:28 En Elohiem het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerlei tale.

1 Kor 12:30 Het almal bedieningsgawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?

1 Kor 13:1 Al sou ek die tale van mense en boodskappers praat, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

1 Kor 14:5 Ek wens dat julle almal in tale praat, maar nog liewer dat julle profeteer. want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

1 Kor 14:6 Maar nou, broers, as ek na julle kom en in tale praat, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle praat óf deur 'n openbaring, óf deur kennis, óf deur profesie, óf deur lering nie?

1 Kor 14:18 Ek dank my Elohiem dat ek meer in tale praat as julle almal;

1 Kor 14:21 In die Torah is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk praat, en ook so sal hulle na MY nie luister nie, sê Yahuveh.

1 Kor 14:22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

1 Kor 14:23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale praat en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?

1 Kor 14:39 Daarom, broers, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gepraat word nie.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred