Profesie 1

Oordeel Begin By Die Huis Van YAHUVEH!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu 31 Desember 1996

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Dit is 'n vreesagtige en verskriklike ding om in die hande van 'n lewende GOD te val. MY toorn kan net so groot wees soos MY liefde, maar niemand praat van dit nie. In die jaar 1997, sal EK MYSELF openbaar nie net as 'n GOD van Liefde nie, maar vir hulle wie MY krag bespot en ontken of MY liefde weier, en probeer om MY Skape mislei ... hulle sal weereens die dae van Ananias en Saffira beleef. Wysheid is die Vrees van YAHUVEH! Baie van MY eie Skape neem MY as vanselfsprekend aan. Hulle doen dinge en dink dit word deur genade bedek. Hulle doen dinge wetende dat dit onheilig is en MY beledig.

Maar hulle dink EK IS blind en doof. Die jaar 1997 sal EK bewys EK is 'n GOD van vuur en dit wat in MY Dienaars se weg staan sal deur MY woede verteer word. Hulle wie dit waag om die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH te keer sal die ergste ly. EK kom vir 'n kerk sonder vlek of rimpel en EK sê weer vir julle, waarsku die kerk. Die kerk is nie die pastoor nie, dit is nie die gebou nie. Die kerk is die mense, MY Skape. EK het genoeg gehad van mans wat bedienings na hulself benoem; hulle het geen reg om hierdie afskuwelikheid te doen nie. Hulle het nie die hoogste prys betaal nie; hulle is nie heilig genoeg om dit te doen nie. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH, het die prys op Golgota betaal.

Tensy hulle sondeloos en volmaak is, het hulle geen reg om 'n bediening na hulself te benoem nie. EK alleen is volmaak en sondeloos, nie 'n mens nie, "Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van YAHUVEH!" Julle is sondeloos voor MY aangesig omdat MY Bloed julle sondes wegwas. Dit is nie omdat julle sondeloos is nie. Julle is sondaars, gered deur MY genade en barmhartigheid. Die Bloed op Golgota was julle sondes weg, dis waar. Maar 'n bediening verteenwoordig MY, julle Vader YAHUVEH en die bediening moet vir heiligheid benoem word nie 'n mens nie.

EK profeteer weereens deur jou en sê pasop. Waarsku hulle, want as die onperfekte mens val (en hy sal), sal die bediening wat sy naam dra, val en die skape versprei na die vyande se kamp toe. Vertel vir hulle, MY Diensmaagd. Waarsku hulle. Moenie meer hierdie afskuwelikheid voor MY aangesig pleeg nie. Want EK het gesê, "Wees Heilig want EK is Heilig". Selfs die top profete en bedienaars wie MY salwing het is geklik trots en hulle noem dit wat nie hulle s'n is nie, die gesalfde bedienings, na hulself. Hulle sal val deur dit te doen. EK sal daar wees om hulle op te tel nadat hulle gekasty was.

Maar waarsku hulle, dit is soos 'n kind wat slae kry, maar baie maal gewaarsku was. EK kasty diegene wie EK liefhet. EK is 'n lam vir hulle wie MY Bloedgeskenk op Golgota aanvaar. EK is 'n LEEU uit die stam van Juda vir MY vyande. Ek is 'n kryger en nie 'n papperd nie. EK het eenmaal die ander wang gedraai. Maar wanneer EK weer na MY vyande toe kom, bring EK MY woede. Ellende wag op hulle wie hulself MY vyande noem en dit durf waag om die goeie werke te vernietig wat EK deur MY diensknegte verrig. 'n Leeu skeur en verskeur voordat dit sy prooi verslind. So ook die arend, wat julle Hemelse Vader verteenwoordig. Julle sal in 1997 MY woede aanskou.

Maar MY Kinders het niks om te vrees nie, hulle wie MY waarlik liefhet, aanbid en MY eerste in hul lewens stel. EK gaan die tempels skoonmaak. Ek gaan bewys dat EK 'n GOD is wat grootliks gevrees moet word. EK is nogsteeds 'n GOD wie Heiligheid van MY Kinders eis. EK praat nie van uiterlike voorkoms nie; dit is ydelheid en mensgemaakte heiligheid. Ware Heiligheid kom van binne. Daar kom 'n burgerloorlog na Amerika en dit het alreeds begin.

Maar daar beter nie 'n burgeroorlog in MY kerke wees nie. Hulle moet liewer nie bevooroordeeld wees nie, of dit uiterlike voorkoms of ras is. Want as MY Kinders mekaar sien, moet hulle liewer ROOI sien, MY BLOED! Hou op om julle kerke volgens kleur te verdeel. EK sien geen kleur raak nie. EK is alle rasse in een. Hou op om mekaar op uiterlike voorkoms te oordeel. Want waar die gees van vooroordeel is, sal MY RUACH ha KODESH nie bly of inwoon nie. Instede daarvan sal bosegeeste toegelaat word. Julle is gewaarsku.

Elisheva jy het nie geweet wat jy woord na woord sou tik nie. Gee hierdie profesie vir almal van hulle wie ore het om te hoor, laat al die ander doof bly. EK kom terug vir 'n kerk sonder vlek of rimpel. Wat MY terughou is die eintlike ding wat MY moet terugbring. MY kerk! MY mense! MY pastore! MY leraars! EK haat trots! Dit is een van die 7 dodelike sondes, nogtans dink MY eie pastore, wie MY salwing dra, dat hulle die kerk bou, hulle besit die kerk en hulle moet die skape beheer. EK alleen is die enigste Goeie Herder. Julle taak is om die vinger te wees wat die weg moet aanwys na MY, YAHUSHUA toe.

Trots, geweldige trots, het selfs in die tempels ingesluip waar EK MY salwing uitgestort het. Wie het die grootste gemeente, die meeste geld? Dit maak MY siek. Wie wen die meeste siele? Die jaloesie en afguns is in MY eie tempels. Dit maak MY siek. Julle sê, "Wanneer kom YAHUSHUA weer?" EK sê, "EK wag vir die kerk, die tempels, om hulself te reinig". Hou op om onder julleself te kibbel. Ontbloot die wolwe wat MY Skape verslind. Hulle is agter die kansels en elkeen is so besorg oor hul eie kerke, niemand gee om vir die skape nie.

Wie kan groter tempels bou? Wie kan die meeste mediadekking kry? Wie is die nommer een evangelis, profeet, pastoor, kerk? EK sê vir julle deur hierdie Profetes, luister na haar. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH! Dan sal EK met die heidene deel. Dit maak MY siek. EK verlang daarna om julle in MY arms te troetel, en instede daarvan kibbel en beledig julle mekaar as gevolg van julle geslag. EK kies wie om te gebruik wie EK kies om te gebruik. EK sal die nederiges op 'n kragtige manier gebruik.

EK verkies om hierdie kruik te gebruik omdat sy dink sy is die swakste van die klomp, maar EK sê weereens, EK sal die nederige en die swakke gebruik, hulle wie niemand dink EK sal gebruik nie want MY krag word die beste vertoon in swak mense. Ander weet dit is nie uit hulle nie en hulle spog nie. Want hulle weet dit is slegs MY salwing wat elke juk, boei, ketting, skakel en slawerny verbreek. Dit is nie deur julle mag of krag nie maar deur MY Gees. So spreek YAHUSHUA, "EK het gekies om as 'n baba te kom, die swakste van almal om te wys, moenie na die uiterlike kyk nie, kyk na die innerlike. Die salwing ken geen geslag, ras of ouderdom nie."

Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gebruik gewillige, gehoorsame erdekruike, nie hulle wat skree, "Gebruik my want ek is so pragtig, ek is meer heilig as die res", nie. EK sal nie hulle gebruik wie dink hulle is goud nie; EK gebruik hulle wat weet hulle is gebreekte erdekruike maar magtige krygers vir YAHUSHUA ha MASHIACH. In 1997, sal EK uitreik na hulle wie bedienings gehad het en nederig gebly het of wat nie vir die oorgrote meerderheid bestaan het nie. Hulle vir wie EK nie net geroep het nie maar hulle wat gekies was, gekies terwille van hulle geloof waarvan EK die outeur en voleinder is. EK begin nie iets en misluk dan nie. EK is julle GOD wat nie kan misluk nie.

Wees gereed, want EK sê vir julle die rykdom van die bose sal in 1997 na die hande van die regverdiges gedraai word deur MY NAAM en MY Bloed, YAHUSHUA ha MASHIACH s'n. Dit sal MY Skape wees wat die rykdomme en die poste het. Die vyande se kinders sal dit sien en hulle tande kners uit woede en jaloesie, maar EK doen dit om te bewys dat MY skrifte geen leuen is nie. Deut 28 se seëninge is nogsteeds gereserveer vir MY Kinders en EK ken hulle by die naam en deur die hare op hulle hoof.

Wees gereed want vir MY Kinders is dit die grootste uitstorting van MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) ooit. EK sal hulle gebruik wie dink hulle is nie gewild, pragtig, of gebrek aan opleiding het, hulle wat weet hulle kan niks doen sonder MY salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie. Hulle wat weggegooi, mishandel, geìgnoreer is en gesê is om op te gee, dit is nie die moeite werd nie.

Hulle wie nie die finansies gehad het nie sal na die Almagtige GOD kyk en EK sal die vensters van die Hemel oopmaak en hulle so oorvloedig seën dat hulle verplig sal wees om aan ander uit te deel sodat hulle ook oorvloedig geseënd sal wees. En dit sal soos 'n kettingreaksie wees. MY Woord sê, "Geliefdes, EK wens dat julle in alle dinge voorspoedig mag wees en dat julle gesond is, soos dit met julle siele goed gaan."

EK gaan bewys dat MY Woord nooit leeg na MY toe terugkeer nie. Pasop wie julle verwerp as waardeloos. Want dit is die pastoor wie die kleinste kudde het, maar aandring dat die RUACH ha KODESH volle beheer het, ongeag hoeveel van die skape die kerke verlaat waar daar geen tekens, wonders, wonderwerke is nie, want daar is ook geen oordeling van die RUACH ha KODESH nie.

Pasop om die evangeliste te verwerp wie in julle oë onbekend is en hulle eie fiansies gebruik om die evangelie te versprei en siele te wen. Pasop om die profeet te spot, te mishandel en te ignoreer wat na julle toe kom met 'n profesie en omdat julle nie die profesie wil glo nie omdat hulle van die verkeerde geslag is of omdat hulle niemand is nie en nie beroemd is nie. Pasop om die jonges te beledig wie EK oprig om te profeteer en ja, die oues te waarsku om na die stem van die Almagtige GOD te luister.

Hou op om trots te wees. Omdat hulle die eintlike persone is wie EK stuur. Wanneer julle hulle beledig, beledig julle die GOD wie hulle stuur. Hulle is slegs MY Boodskappers, so moenie die boodskapper stenig nie. Dit is die 'nobodies' wat EK oprig, die onbekendes deur wie EK MY tekens, wonders en wonderwerke doen en 'n woordvoerder is vir YAHUVEH. Want hulle is nie 'n 'nobody' nie. Slegs in die oë van die hoogmoediges. Hulle is iemand vir MY want EK kan en sal hulle magtiglik gebruik vir MY Lof, Eer en Glorie. Want hulle sal dit nie van MY steel soos ander probeer het nie.

Julle het nie hierdie suksesvolle bedienings gebou nie. Dit was deur die krag en salwing van die RUACH ha KODESH dat dit 'n sukses was. Hou op om MY Glorie te steel. Julle is nie die geneser, verlosser nie; dit is die Almagtige YAHUVEH alleen wat verlos. Die boodskap aan die kerk van 1997 is, raak nederig voor YAHUVEH. Hierdie boodskap is vir die Profete, Evangeliste en Pastore. Julle het geen krag sonder MY salwing nie. EK is 'n jaloerse GOD. Haal die mens se naam van MY bedienings af. Julle is gewaarsku. Gee die lof, erkenning aan die enigste een wie 'n reg het om 'n bediening na homself te vernoem, julle Heer en Verlosser, die een wie julle proklameer om te dien en te aanbid. EK deel MY Glorie met geen mens nie.

Daar is 'n valse leerstelling wat in hierdie eindtye rondgaan in sommige van MY kerke waar MY salwing uitgestort was. 'n Gees van trots en godsdiens het die leuen versprei dat die pastore sê 'net ons het die outoriteit om te sê wie kan bid en wie kan nie bid nie. Julle word verbied om vir mekaar te bid sonder ons toestemming'. Nie eens YAHUVEH Almagtig, Skepper van Hemel en Aarde sal so iets sê nie.

MY Woord sê eenvoudig, 'Bid vir mekaar.' EK ag niemand hoër as 'n ander nie. So hoekom sal EK so 'n ding toelaat. Jaag hierdie valse herder uit MY huis uit. Sê vir hulle julle ken die Woord van YAHUVEH. Hou op om hierdie leuen te glo en te versprei. Ja, daar is mense wie sal probeer om julle te vervloek in plaas van te seën, maar die vloeke sal slegs op die hoof van die een wat hierdie vervloeking, vermom as 'n gebed uitspreek, neerkom. Die okkultiese gees wie probeer om MY Skape te vernietig, sal boemerang op die een wat dit stuur.

Die RUACH ha KODESH is heeltemal instaat om hulle te beskerm vir wie daar gebid word. Hou op om te probeer doen wat julle nie veronderstel was om te doen nie. Dit is die RUACH ha KODESH se taak. Dit is die Goeie Herder se taak en EK alleen is die Goeie Herder; EK is in staat om almal te versorg wat MYNE is. Haal die balk uit julle eie oë voordat julle oordeel of iemand waardig is om vir 'n ander te bid. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH. EK gaan in 1997 op 'n magtige manier kom huis skoonmaak, voordat EK die heidene oordeel. Sonde is sonde. Onheiligheid is nogsteeds onheilig. EK is nie 'n GOD wat saam met julle tye verander nie. EK is dieselfde, gister, vandag en tot in ewigheid. Omdat pastore weier om in dapperheid op te staan en te sê bely en YAHUVEH se woord sê dit is sonde. Hulle is bang om hulle belastingvrystellingstatus te verloor, en laat toe dat die regering hulle stilmaak terwille van vrees. Nou sal hulle iemand anders hê om te vrees, EK, YAHUSHUA. Omdat julle stilgebly en nie gepraat het en gesê het bely of anders sal die Hel se vuur julle verteer nie. Dit sal julle teken wees dat hierdie profesie van MY af kom want julle sal dit sien gebeur. Promosie kom van nêrens anders as uit die Noorde nie, en dit is Hemel.

Dit is EK wat een verhoog en 'n ander demoveer. Baie sal in 1997 gedemoveer word wie winste gemaak het deur gawes van die RUACH ha KODESH te verkoop. Dit was nie julle eiendom om te verkoop nie. Hulle wie tot die bediening toegetree het en gedink het dit is 'n manier om vinnig ryk te word, en sommige top bedienings is nou baie gulsig. Hulle sal of bely of val. Julle sal dit sien gebeur. Leraars wie in die geheim sondig, sal ontbloot word soos jare tevore en beskaam word vir die hele wêreld om te sien. Want die gees wat in die geestelike leier is, is ook die gees in die gemeente. EK moet 'n openbare vertoon maak en hulle bestraf wie die Woord van YAHUVEH verkondig, maar geen vrees vir MY het nie, wie dink EK is verblind deur hulle goeie werke. Dit is nie deur goeie werke wat julle Hemel toe gaan nie, sodat geen mens kan spog nie. Aan wie baie gegee is, word baie verwag.

Pastore, Evangeliste, Profete, Leraars, MY Kinders ... julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Sommige weet meer as ander, maar dan word hulle meer verantwoordelik gehou want hulle weet van beter as om MY te beledig. Ondersoek julleself in 1997 en versaak sondige leefstyle en die geeste van trots en rebellie. Omdat EK 'n GOD is wat alles weet, sien en hoor. Hulle wie hulself MY Skape en leraars noem, sal verantwoordelik gehou word vir wat hulle weet is Heilig en onheiligheid praktiseer.

Hierdie pastore wie slegs voorgee om die skape lief te hê en te versorg, maar eintlik nie meer omgee nie, sal teruggesit (demote) word. As hulle daar is deur gulsigheid, sal hulle armoede ken. Oordeel sal in 1997 op 'n magtige wyse in die huis van YAHUVEH begin en as julle wie regverdig is skaars gered word, hoeveel meer het die heidene om te vrees. Toets die Gees wat spreek en julle sal sien dit is die stem van die RUACH ha KODESH wat uit hierdie Profetes spreek om die heiliges van YAHUVEH te bestraf, te seën en te stig en blaas die trompet van verdoeming vir die vyande van die evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH.

Raak MY gesalfdes nie aan nie, moet ook MY Profete geen leed aandoen nie. Moenie hierdie boodskapper stening omdat sy MY boodskap bring nie, omdat skade oor die een sal kom wie 'n woord teen MY Boodskapper rig. Toets MY en kyk of EK nie 'n GOD van verterende vuur is nie. Die hel se vuur is MY woede wat aangesteek is. Moenie dat dit teen julle aangesteek word nie.

Kopieer hierdie en gee dit aan almal van hulle wie ore het om te luister. Laat al die ander doof bly. Net omdat hulle nie glo nie, beteken nie EK sal nie doen wat EK gespreek het nie, dit sal gebeur. Esegiel 3:17-21 sê, waarsku hulle en as hulle nie luister nie, sal die bloed nie op julle hande wees nie. As julle hulle nie waarsku en hierdie profesie aanstuur nie, dan sal hulle sterf in hulle sonde maar die bloed sal op julle hande wees. EK stuur my profete om te waarsku voordat die verdoeming kom. EK stuur MY Profete om te sê 'n seën gaan kom, voor die seën kom.

* * * * * * *

Gegee op hierdie dag 31 Desember 1996 aan Eerw. Elisheva Eliyahu toe sy dit die minste verwag het terwyl sy aan iemand geskryf het om hulle te bedank vir gebed.



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred