Shavuot/ Pentecost Lering
|
![]() Hierdie kan die LAASTE PINKSTER wees wat deur die Bruid van YAHUSHUA gevier word op aarde. Ons glo en bid dat YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid op hierdie komende Rosh Hashanah. Maar ongeag wanneer HY kom, moet ons HEILIGHEID elke dag in ons lewens begeer, en GEHOORSAAM bly ongeag wat ookal gebeur! GEE DIE DUIWEL ELKE DAG ‘N BLOU-OOG! Hoe? Hou aan om in GEHOORSAAMHEID aan YAHUVEH te wandel! Die vyand doen alles in sy vermoë, terwyl hy probeer om die mense van YAHUVEH se aandag weg te lei van HEILIGHEID en GEHOORSAAMHEID. Moenie dat jou aandag afgelei word deur wêreldse belange of aanvalle deur vriende of geliefdes nie. Staan vir dit wat jy weet reg is en moenie die vyand toelaat om enige iemand te gebruik om jou te intimideer om toe te gee nie! Julle moet 'n Gelukkige Geseënde Shavuot hê in YAHUSHUA HA MASHIACH se Liefde en Seëninge, Apostel/Profeet Elisheva Eliyahu ![]() |
LOOF YAHUSHUA ha MASHIACH! GESEËND IS DIE NAAM VAN ONS GOD en MESSIAS EN SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM, DIE KONING VAN REDDING EN KONING VAN DIE KONINGS EN HERE VAN DIE HERE VIR ALTYD EN EWIG! GESEËND IS DIE NAAM BO ALLE NAME YAHUVEH en YAHUSHUA! ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Handelinge 2:1-4
En toe die dag van Shavuot aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die Hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Afgesonderde Gees en het begin praat in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. ![]() |
Lys van Profesieë vir Shavuot / Pinkster wat verwys na die RUACH HA KODESH salwing en gawes
Prophecy 35
Prophecy 85
Prophecy 86
Prophecy 89
Prophecy 96
Prophecy 98
Prophecy 99
Prophecy 114
Prophecy 128
Prophecy 136
Prophecy 142
Prophecy 145
Prophecy 150
Yehudiese manne en almal wat in Yerushalayiem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde. Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre. Maar dit is wat deur die profeet Yahuél gesê is: En in die laaste dae, sê YAHUVEH, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in daardie dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer. Nadat Petrus hulle vrae beantwoord het oor die gebeure, het hy sy boodskap gelewer – YAHUVEH se boodskap aan Israel in vers 22-36. Wat was die boodskap van Pinkster? Petrus se kern in die boodskap is dat YAHUSHUA die Messias is van Israel. Petrus gebruik vier feite om te bewys dat YAHUSHUA die Messias was: SY wonderwerke bewys dat HY deur YAHUVEH gestuur was (v. 22) SY dood was volgens die plan van YAHUVEH (v. 23) SY opstanding was in die Ou Testament geprofeteer en bewys dat HY die Messias is (v. 24-32) SY Hemelvaart en SY uitstorting van die RUACH HA KODESH was geprofeteer en bewys dat HY die Messias is. (v. 33-35) |
HIERDIE IS DIE DAG VAN PINKSTER/SHAVUOT! Epos Elisheva Eliyahu Jou Pinkster/Shavuot Wonderwerk! by Kontak ons ![]() ![]() Die Joodse Fees van Pinkster, of Shavuot, word ook genoem: Die Fees van Weke (Deuteronomium 16:10) Die Oes-Fees (Eksodus 23:16) Die Dag van Die Eerstelinge/ “first-fruits” (Numeri 28:26) Pinkster is die enigste fees in die Bybel waarvoor geen spesifieke datum gegee is nie. Inteendeel, die mense was beveel om sewe weke af te tel “…vanaf die oggend na die Sabbat, vanaf die dag wat hulle die gerf [omer] van die beweegoffer gebring het. Lev. 23:15 Dan moet julle tel van die dag na die Shabbat, van die dag af as julle die omer as beweegoffer bring, sewe volle weke moet dit wees;Hierdie heilige dag vind plaas in die maande van Mei of Junie op die Gregoriaanse kalender. Dit is die suksesvolle afhandeling van die eerste plant seisoen van koring en die herdenking van die gee van die Torah op die Berg Sinai. Die mees basiese verduideliking van Pinkster is dat dit plaasvind wanneer die Eerstelinge van die Koring Oes geoffer word aan YAHUVEH. Maar meer belangrik is, dat Shavuot/Pinkster die fees is van die herdenking van die gee van die “Wet” of Torah op die Berg Sinai (Eksodus) EN dit is wanneer YAHUSHUA eerste met die Heilige Gees en Vuur gedoop het (Handelinge). 2 Korinthiërs 3:3-6 “3 omdat julle duidelik 'n brief van YAHUSHUA is deur ons diens berei, geskryf nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende YAHUVEH; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart. 4 So 'n vertroue het ons deur YAHUSHUA by YAHUVEH. 5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit YAHUVEH, 6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe verbond, nie van die letter nie, maar van die Gees; want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend.” ![]() -Die hele opsomming van die Woord van YAHUVEH (bedoelende die “Bybel” sowel as al die profetiese woorde ens. wat waarlik vanaf YAHUVEH is, sien Daniël 10:21) – maar meestal word “Torah” gebruik om net die Chumash te beskryf (vanaf die woord wat “vyf” beteken in Hebreeus) of Pentateuch (wat die woord “vyf” beteken in Grieks). Die Chumash/Pentateuch is die eerste vyf boeke van die Bybel. Dit is hoe dit hier gebruik word. Die Torah is sonder gelyke. YAHUVEH het dit werklik gespreek. Dit was nie deur ‘n droom, visioen of inspirasie nie. Dit was aan Moses gedikteer deur die hoorbare stem van YAHUVEH. Dit het spesiale betekenis. Torah is die Goddelike geïnspireerde boek van openbaring van YAHUVEH. HY openbaar aan jou hoe jy as gelowige moet leef. HY leer jou. Moses het dit perfek neergeskryf volgens die skrifte, net soos hy dit van YAHUVEH gehoor het. Johannes 1 sê dat die Wet gegee was deur Moses, maar Genade en Waarheid het gekom deur YAHUSHUA HA MASHIACH. Dikwels word die woord Wet gebruik om na die Torah te verwys (soms ook Pentateuch genoem). Dit is wat aan Moses gegee was op die Berg Sinai vir 40 dae lank. (Sommige mense glo dat die Mondelinge Torah aan Moses gegee was tesame met die Geskrewe Torah, maar dat dit nooit neergeskryf was nie). Die kombinasie van Misnah en die Gemara word vandag die Talmud genoem (ook bekend as die Mondelingse Torah). Deur sommige is dit hoër geag as die Geskrewe Torah (maar in der waarheid is dit NIE). Ons weet dat Israel vir ‘n lang tyd sonder die Torah was. Vir ‘n tydperk voor die regering van Josia, was die Israeliete sonder die Torah. Toe Josia dit gevind het, het hulle onmiddelik die Pasga gehou. Indien daar ‘n Mondelingse Torah bestaan het, sou hulle dit herdenk het. Daarom weet ons dat die Mondelingse Torah-tradisie GEEN BASIS het nie. Dit is die tradisies van mense waarvan YAHUSHUA gepraat het. Mattheus 15:6 “So het julle dan die gebod van YAHUVEH kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering [...] 9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” Nog ‘n ding wat in gedagte gehou moet word is dat die Talmud YAHUSHUA belaster. Ongelukkig gebruik sommige van die Messiaanse Gemeentes die Mondelingse Torah, wat demoniese gemors is. (Nietemin, alhoewel die Talmud nie Goddelik geïnspireerd is nie, is dit ‘n ondersteunende bron van verskeie historiese kwessies. Byvoorbeeld, dat dit bewys is dat YAHUSHUA geleef het, en dat HY daarop aanspraak gemaak het dat HY en SY VADER YAHUVEH EEN was, en dit sê ook dat deel van SY bediening was die uitdryf van demone. Ook vertel dit vir ons dat Maria, die moeder van YAHUSHUA, die dogter van Heli was. Dit beteken dat Mattheus 1 die geslagsregister van Josef uitwys, terwyl die een in Lukas 3 dié van Maria uitwys). ![]() Skrif word dikwels deur teoloë geïnterpreteer deur middel van Griekse en Romeinse filosofie...dit is totaal en al verkeerd. (Dit behoort altyd geïnterpreteer te word soos YAHUSHUA dit gedoen het. Onthou julle die gewilde “WWJD”… ons sal dit moet verander na “What Would YAHUSHUA Do?”) Genade en Waarheid kom deur YAHUSHUA. Genade, omdat HY ons Weg van Redding is en Waarheid omdat HY VADER YAHUVEH aan ons openbaar. HY spreek SY Woord en Sy bedoeling verander nie (Num. 23:19). YAHUSHUA is die enigste weg na die VADER (Joh.14:6) en YAHUVEH word alleenlik aan ons bekend gemaak deur YAHUSHUA (Joh.1:19). Daarom moet ons die “Wet” interpreteer soos YAHUSHUA dit gedoen het en dit ook beoefen soos HY gedoen het (Mattheus 10:24-25; Johannes 13:15-16; Lukas 6:40; Filippense 2:5; 1 Petrus 2:21; 1 Johannes 2:6). HY het SY hele lewe lank die weeklikse Sabbat onderhou asook die Hoog-Heilige Sabbatte (Lukas 4:16; Hebreërs 4:15; 1 Johananes 3:4) en gedurende die Millenium sal ons dit ook doen (Jesaja 66:23). Die boek van Jesaiah profeteer dat hierdie in die laaste dae sal herleef. Jy is ‘n lid van die huis van Israel, omdat jy ingeënt is. Lees die hele Romeine hoofstuk 11, veral v 16-21. Al die verbonde wat met Israel gemaak is, is joune deur die Bloed van YAHUSHUA. WAT BETEKEN DIE AFTELLING VAN DIE OMER? ![]() ...hierdie is almal verskillende benamings vir dieselfde Heilige Dag van YAHUVEH wat ons vind in Lev. 23:15-22 asook elders in die Torah. (Die Bybel sê nie uitdruklik vir ons wanneer die spesifieke dag van Pinkster is nie. In plaas daarvan, moet ons aftel vanaf Pasga of Eerstelinge). Pasga en Eerstelinge is ‘n deel van die Fees van Ongesuurde Brood, wat die eerste is van drie hoof feeste opgeteken in Eksodus 23:14-17 [1] Ongesuurde Brood, [2] Pinkster & [3] die Oes Insameling). Almal van hierdie het te doen met die inbring van die Oeste...dink aan Lukas 10:2 of Johannes 4:35. Hierdie oestye en feeste is almal patrone en heenwysings na dinge wat was en (sommige dinge wat nog steeds) sal kom. Mense bepaal die datum van Eerstelinge (en dus Pinkster) en gewoonlik kry hulle 3 weersprekende datums. YAHUVEH is NIE die outeur van wanorde nie. Hierdie is eintlik heel eenvoudig. Ek moet dit uit-tik...dit is eintlik vermoeiend. Al wat julle moet doen is om ‘n Bybel te kry, maak seker dat jy dit gebruik en kyk of dit wat ek skryf in lyn is met die Woord...klink dit reg? ![]() Terwyl jy hier lees moet jy in gedagte hou dat ‘n dag, in die Bybel, ‘n aand en ‘n môre is; dae begin en eindig met skemer, ook sononder genoem (sien Genesis 1)! Die Bybel gee nie vir ons direk die spesifieke datums vir Eerstelinge of Pinkster nie, maar gee ons, in plaas daarvan, die datum wat betrekking het op Pasga. Die “Voorbereidingsdag” van Pasga is die 14de Nissan. Die werklike Dag van Pasga (begin teen sononder op 14 Nissan, maar) is op die 15de Nissan. Pasga is die 1ste dag van die Fees van Ongesuurde Brood (‘n week-lange fees). Die Bybel sê vir ons dat die Eerstelinge “die dag na die Sabbat” is (lees Levitikus 23). Die eerste dag en die laaste dag van die Fees van Ongesuurde Brood is beide {Hoog-Heilige} Sabbatte. (Met {Hoog-Heilige} Sabbat, bedoel ek ‘n Heilige Dag waarop ons beveel was om te rus. Ek gebruik die woord “Hoog-Heilig” om dit te onderskei van die weeklikse, 7de dag, Saterdag Sabbat). Uit die konteks van die hoofstuk, moet Eerstelinge die dag wees na een van 3 verskillende Sabbatte: [1] die weeklikse, Saterdag Sabbat; [2] Pasga Dag, ‘n {Hoog-Heilige} Sabbat; of [3] die laaste dag van die Fees van Ongesuurde Brood, ook ‘n {Hoog-Heilige} Sabbat. Daar is baie debatte oor watter een van hierdie reg is. Die korrekte dag van Eerstelinge is die dag na 15 Nissan; 15 Nissan is die 1ste dag van die Fees van Ongesuurde Brood. Eerstelinge is op 16 Nissan (Die 2de dag van die Fees van Ongesuurde Brood). Hoe kan jy verseker weet (as jy sê) dat die Eerstelinge die dag na Pasga is? Wel Joshua 5:10-11 het ons antwoord: Dit sê: “En hulle het die dag na die Pesag van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.” (bybel)WeG ![]() 14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle Elohiem bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. In Lev 23:14, verbied YAHUVEH SY mense om geroosterde graan te eet “tot daardie selfde dag toe, totdat julle die offer van YAHUVEH bring”. En in Joshua 5:10-11 sien ons dat die Israeliete die Pasga seremonie (maaltyd) gehou het soos beveel in Levitikus 23:4-8 EN die dag na Pasga, “dieselfde dag” het hulle geroosterde graan geëet. Joshua 5:10-11 10 Terwyl die kinders van Yiesraél by Ghielghal uitgekamp het, het hulle die Pesag gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Yerigo. 11 En hulle het die dag na die Pesag van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.” (WeG Bybel) Onthou Pasga begin wanneer 14 Nissan eindig (teen skemeraand), maar Pasgadag, die eerste dag van die Fees van Ongesuurde brood, is op 15 Nissan. Derhalwe is die dag na Pasga die 2de dag van die Fees van Ongesuurde Brood. Dit is die korrekte dag van Eerstelinge. HOE TEL MENS DIE OMER? Levitikus 23 sê die volgende van “tel die omer”: ![]() YAHUVEH sê vanaf die dag van Eerstelinge moet sewe weke afgetel word, daardie dag is dan die dag van Pinkster (in vers 15)...OF ...tel vanaf die dag van Pasga sewe weke en voeg een dag by, daardie dag is die dag van Pinkster (in vers 16). Om dit op die manier te doen soos gevind in vers 15 is eenvoudiger as die manier in vers 16. Na die Hemelvaart van YAHUSHUA, waar die apostels onttrek het na ‘n huis in Jerusalem, het hulle daar gewag vir die RUACH HA KODESH, wat YAHUSHUA belowe het. “Die Pinkster” verwys na die historiese gebeurtenis wanneer, volgens YAHUSHUA-aanse oortuiging, die uitstorting van die RUACH HA KODESH – ‘n transformerende en diepgaande ondervinding plaasvind, soos beskryf word in die Boek van Handelinge 2:1: ![]() 2 En daar kom skielik uit die Hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 4 En hulle is almal vervul met die Afgesonderde Gees en het begin praat in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. Die volgelinge van YAHUSHUA wat die RUACH HA KODESH ontvang het op die Dag van Pinkster was ‘n voorstelling van die “Eerstelinge”, van die verlossing, wat betaal was met die kruisiging van YAHUSHUA! Drie Fisiese tekens het plaasgevind om die koms van die RUACH HA KODESH te wys. A. Klank van Wind wat Waai. B. Visioene van Vuurtonge wat op elkeen van hulle gaan sit het. Die Vuurtonge wat op die dissipels gaan sit het verteenwoordig ‘n teofanie (‘n sigbare manifestasie van YAHUVEH). Dit verteenwoordig die dinastieke opvolging (bemagtiging) van YAHUSHUA se krag aan die RUACH HA KODESH wie die gelowiges lei. C. Het met mekaar gepraat in tale/verskillende tale. Dit was belangrik in die sin dat dit noodsaaklik was vir die verspreiding van die Evangelie. Die RUACH HA KODESH het as tolk opgetree sodat elkeen wat daar teenwoordig was die boodskap, terwyl dit gepreek was, in hul eie moedertaal kon verstaan. “En daarna [of in die ‘laaste dae’] sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.” (Joël 2:28) Tweedens, ter herdenking van en danksegging aan YAHUVEH vir die wet wat gegee was vanaf die Berg Sinai, op die vyftigste dag na hul uittog uit Egipte. Dit was ‘n Fees wat gevier was op die vyftigste dag na die sestiende Nissan, wat die tweede dag van die Pasga Fees was (Levitikus 23:15, 16). Die Israeliete noem dit die Fees van Weke (Eksodus 34:22) omdat dit gevier word sewe weke na die Pasga. Dan het hulle die Eerstelinge van hul koringoes geoffer wat op daardie tydstip afgehandel was (Deuteronomium 16:9, 10). Hierdie Eerstelinge het bestaan uit twee gesuurde brode, van twee tiendes van 'n efah fynmeel, of vyf pond elk (Levitikus 23:16, 17). ![]() Eerstens is “tongue” n archaïse Engelse woord wat gebruik word deur my Elisheva Eliyahu en in die tyd van Shakespeare, en dit beteken "language" (taal). So, basies is hierdie twee woorde dieselfde, afwisselend. Maar, die “King James Version” Bybel was vertaal om en by hierdie tyd en die woord “tongue “ was gebruik in plaas van “language” (taal). Vandag gebruik meeste heiliges van YAHUSHUA die woord “tongues” wanneer hulle verwys na hierdie gawe van die RUACH HA KODESH. Hier is my definisie van tale soos die Bybel dit gebruik: Tale is uitinge, deur middel van die bo-natuurlike, in ‘n taal wat óf aards óf Hemels is. (1 Korinthiërs 13:1) wat die spreker nie geleer het nie (o.a. nie natuurlik onderrig was daarin nie). Tale kan op drie maniere gespreek word: [1] sang [2] gebed of [3] praat/preek (1 Korinthiërs 13:14-15). Tale sal een van twee oorspronge hê: die ware een van YAHUVEH of demoniese geeste. Dit is óf ‘n manifestasie van die Heilige Gees (RUACH HA KODESH) óf dit is ongoddelike geeste. satan wil alles naboots wat YAHUVEH doen...selfs die salwing van YAHUVEH (1 Johannes 2:27). Esegiël 28:14 sê dat satan ‘n GESALFDE gerub was voordat satan geval het tydens die eerste oorlog in die Hemel. Hier is die sleutel, demoniese manifestasies gaan gepaard met die sondige natuur, waar teenoor, manifestasies van die RUACH HA KODESH gepaard gaan met die vrug van die Gees! (Gaan lees Mattheus 7 en Galasiërs 5 so gou as moontlik). Byvoorbeeld; mense wat voodoo beoefen kan hulself opwerk in esoteriese transe en in tale begin praat! (Dit verduidelik dan ook waarom Angie Ray haar bediening die beskrywing gegee het van: "Pentecostal / Charismatic"). Mantras werk op dieselfde manier en is deel van satan se nabootsing van die ware Tale. Ek het ook ‘n ongeredde jong man geken wat in tale gepraat het toe hy siek was met ‘n hoë koors. Eenmaal het ek in my bed gelê en gehoor hoe demone ‘n ander taal gebruik. Weereens, eendag toe ek die duikweg gebruik het, het ‘n demoniese persoon op my geskree, in tale, en daarna vinnig weggehardloop. Lees Markus 16:17; Mattheus 7:16-23 (met 1 Korinthiërs 13 in gedagte); Jakobus 2. ![]() Die droom het nie veel uitleg nodig nie want dit is self-verduidelikend. Maar duidelik, om net die vermoë te hê om in tale te praat beteken NIE noodwendig dat jy gered is nie. Ook, net omdat jy in ‘n kerkgebou is, beteken dit NIE dat jy in die gemeenskap van die heiliges OF die RUACH HA KODESH is nie. Voor hierdie droom, het ek vanselfsprekend aanvaar dat mens gedoop is in die RUACH HA KODESH as jy in tale kon praat. So gesê, moet nou nie “die baba met die badwater uitgooi nie”! Tale is baie stigtend vir die individuele lede van die Kerk asook vir die Kerk as geheel. Vir die res hiervan, wanneer ek ookal die term “tale“ gebruik, verwys ek na “Heilige Tale” naamlik, Tale wat gepaard gaan met Heiligheid en ander vrug van die HEILIGE Gees. Baie mense stry oor dom dinge soos die bestaan van tale vandag. (Omdat dit so ‘n dom ding is om oor te stry, gaan ek dit nie eens in fynere besonderhede bespreek nie). Nog ‘n ding waaroor ek mense hoor stry het is die idee dat jy nie gered is nie behalwe as jy in tale kan praat. Vanselfsprekend is dit NIE waar NIE. Jy is wedergebore die oomblik wat jy jou vertroue in YAHUSHUA HA MASHIACH plaas om jou te red en wanneer jy die getuienis van die HEILIGE GEES het dat jy ‘n kind van YAHUVEH is. (Lees nou die hele Romeine 8 en verleen spesiale aandag aan vers 16. Indien jy voel dat jy nie daardie getuienis het nie, doen dan twee dinge. Eerstens, glo dat ons moet wandel deur geloof, nie deur gevoel nie [2 Korinthiërs 5:7]. En ook, ek stel voor dat jy YAHUVEH soek, totdat jy sonder twyfel, daardie getuienis het en die absolute versekering het dat jy HOM KEN). DIE GAWE VAN VERSKILLENDE TALE EN DIE UITLEGGING DAARVAN ![]() Hoe werk die gawe van verskillende Tale asook die uitleg daarvan? Jy moet ten minste twee heiliges hê. Die een persoon sal in Tale praat en aan die ander persoon sal die uitleg daarvan gegee word in die Gees. Daar is nege “geestelike gawes” genoem in 1 Korinthiërs twaalf: [1] woord van wysheid [2] woord van kennis [3] buitengewone geloof [4] die gawe van genesing [5] wonderwerkende krag [6] profesie [7] onderskeiding van geeste [7] praat in verskillende tale [8] uitleg van tale, & [9] die interpretasie van onbekende tale. Tale is soortgelyk aan die gawe van profesie. Dit is onderhewig aan die spreker. Ek het al dikwels gehoor dat daar gesê word dat “YAHUVEH ‘n ware heer is”. Hy sal nie woorde in jou keel afdruk nie. Jy is in beheer van jou tong en mond wanneer jy in tale praat of bid...dit is nie wanordelik soos demoniese-oorname nie. 1 Korinthiërs 13:32-33 32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; 33 want YAHUVEH is nie 'n Elohiem van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die afgesonderdes. Ek wil graag nog ‘n verdere onderskeid tref ten opsigte van Tale. Daar is [1] die gawe van uitleg van Tale [2] die gawe van verskillende Tale & [3] Bid in Tale. Die gawe van Tale en die gawe van uitleg van Tale is die laaste van die 9 geestelike gawes genoem in 1 Kor. 12. MAAR, ek glo die gebeds Taal is beskikbaar aan almal wat wedergebore is. ‘n Algemene vergelyking is dat die gebeds Taal soos ‘n geskenk is wat YAHUVEH alreeds aan jou gegee het, maar jy het nog nie die moeite gedoen om dit oop te maak of selfs na die verpakking te kyk nie. ![]() So ver ek weet, is die gebeds Taal gewoonlik in ‘n Hemelse Taal (1 Kor. 13:1; 14:2; Rom. 8:26). Asook, sê die Heilige Gees dikwels vir jou waaroor jy bid of gee aan jou die uitleg van dit wat jy sê (1 Kor. 14:13). GEBEDS-TAAL Handelinge 2: 38 En Kefa (Petrus) sê; vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Afgesonderde Gees ontvang. 39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat YAHUVEH ons ELOHIM na Hom sal roep. Die gebeds Taal is ‘n bewys en manifestasie van die Doping met die Heilige Gees. Die rede hoekom ek glo dat YAHUVEH dit gekies het as bewys, is as gevolg van dit wat geskryf staan reg deur Spreuke en Jakobus 3 dat “geen MENS die tong kan tem nie”. Handelinge 2:39 praat van die Doping met die Heilige Gees: “die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat YAHUVEH ons ELOHIM na Hom sal roep.” In die Bybel, ELKE KEER wanneer iemand Gedoop was met die Heilige Gees, het hulle die gebeds Taal ontvang. Romeine 1 sê dat die Evangelie eerste na die Jode gaan en dan na die Heidene. In Handelinge 2:4 kan julle lees oor hoe die Jode in nuwe tale gepraat het soos die Gees aan hulle gegee het. In Handelinge 8:9-25 kan julle lees oor die Samaritane (Tale word nie UITDRUKLIK hier genoem nie maar in vers 18 staan daar dat Simon die towenaar*** gesien het dat die RUACH HA KODESH gegee was en hy wou hierdie gawe koop. Vanselfsprekend, behalwe as daar ‘n fisiese manifestasie was soos in Handeling 2, moes Simon gesien het hoe hierdie gelowiges in Tale bid). In Handelinge 10:44-46 kan jy lees oor die heidene wat in nuwe tale praat. (***Terloops; Simon die towenaar was later oorgegee aan misleidende geeste. Geskiedkundige bronne sê dat hy geglo het hy kon vlieg. In ‘n poging om dit te doen, het hy van ‘n krans af gespring na sy dood toe.) In Handelinge 9:17, toe Apostel Paulus gedoop was, noem die Bybel nie Tale nie, MAAR in 1 Korinthiërs 14:18 sê Paulus “ Ek dank YAHUVEH dat ek meer in tale praat as julle almal;” Toe‘n ander groep gedoop was in die Heilige Gees, in Handelinge 19:6 sê dit “...en hulle het met tale gepraat en geprofeteer.” Hierdie sinsnede word herhaal reg deur die Boek van Handelinge. Ek maak nie ‘n onderskeid tussen wedergeboorte en die aanvanklike doping met die Heilige Gees nie. Sommige mense doen dit, maar ek dink nie dat dit ‘n belangrike kwessie is nie. Tegnies gesproke, het die eerste apostels die Heilige Gees ontvang die eerste keer toe YAHUSHUA oor hulle geblaas het in Johannes 20:22 en was daarna gedoop in die Heilige GeesVuur in Handelinge 2:3-4. (Onthou, Doping beteken indompeling, om te bad, te was. Wanneer jy eers gedoop is in die HEILIGE GEES kan SY jou hervul of vul tot oorlopens toe). Wanneer jy eers wedergebore is, is die krag van die HEILIGE GEES vir jou beskikbaar en dit is net ‘n kwessie van nederigheid en gewilligheid om YAHUVEH se Aangesig te soek. 1 Kor. 12 sê dat YAHUVEH die gewer is van gawes. Die beste gawe van almal is die EWIGE LEWE, om YAHUVEH te KEN (Johannes 17:3). En Handelinge 2:39 praat van die Doping in die Heilige Gees (waarvan ek glo dat dit die gawe van gebeds Taal insluit) “die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat YAHUVEH ons ELOHIM na Hom sal roep.” ![]() ![]() ![]() |